Argentinië - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argentynse Republiek
República Argentina
Spaans
Vlag
Wapen
Nasionale leuse
En unión y libertad
Spaans
vir: "In eenheid en vryheid")
Volkslied
Himno Nacional Argentino
Hoofstad
Buenos Aires
34°36′S
58°23′W
34.600°S 58.383°W
-34.600; -58.383
Grootste stad
Buenos Aires
Amptelike
tale
Geen op federale vlak nie
Spaans
de facto
Regering
President
Adjunkpresident
Federale presidensiële
grondwetlike
republiek
Javier Milei
Victoria Villarruel
Onafhanklikheid
Meirewolusie
• Verklaar
• Huidige grondwet
• Erken
van
Spanje
25 Mei
1810
9 Julie
1816
1 Mei
1853
29 April
1857
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
780
400
km
ste
073
500 myl
1,57
Bevolking
- 2023-skatting
- 2022-sensus
Digtheid
46
621
847
33
ste
47
327
407
14,4
/ km
178
ste
37,3 / myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2023
-skatting
$1
240
miljard
30
ste
$26
506
(66
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2023
-skatting
$621,833
miljard
24
ste
$13
297
(66
ste
MOI
2021
0,842
47
ste
baie hoog
Gini
2021
42,0
medium
Geldeenheid
Peso
($) (
ARS
Tydsone
Somertyd
ART (
UTC
-3
nie toegepas nie (
UTC
-3
Internet-TLD
.ar
Skakelkode
+54
a. Alhoewel die Spaanse taal nie die amptelike taal is nie, is dit die enigste taal wat in die bewoording van wette, besluite, amptelike dokumente en openbare handelinge gebruik word.
b.
Guaraní
, Qom, Mocoví, Wichí en ander tale word as plaaslike tale erken.
c. Argentinië maak ook aanspraak op 1
000
000
km² van
Antarktika
, die
Falkland-eilande
en
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Argentinië
Spaans
Argentina
, [aɾxenˈtina],
luister
hulp
inligting
), amptelik die
Argentynse Republiek
(Spaans:
República Argentina
), is 'n Spaanssprekende
land
in die suide van
Suid-Amerika
, tussen die
Andesgebergte
in die weste en die suidelike
Atlantiese Oseaan
in die ooste. Die naam "Argentinië" is afgelei van die
Latynse
woord
argentum
silwer
), 'n edelmetaal wat 'n belangrike rol gespeel het in die opkoms van Europese kolonialisme in Argentinië.
Nasa
-Satellietbeeld van Argentinië
Argentinië grens in die noorde aan
Bolivië
en
Paraguay
, in die ooste aan
Brasilië
en
Uruguay
, suid van die
Río de la Plata
aan die Atlantiese Oseaan, in die weste aan
Chili
en in die suide aan die
Suidelike Oseaan
. Argentinië maak aanspraak op 'n sektor van
Antarktika
Argentyns-Antarktika
, Spaans:
Antártida Argentina
), die
Falkland-eilande
(Spaans:
Islas Malvinas
) en ander Suid-Atlantiese eilande (Spaans:
Islas del Atlántico Sur
) soos
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Islas Georgias del Sur y Sandwich del Sur
), die
Suid-Shetland
- (
Islas Shetland del Sur
), en
Suid-Orkney-eilandgroep
Islas Orcadas del Sur
).
Argentinië trek die aandag van ekonomiese navorsers nadat dit in die laat 19de en vroeë 20ste eeu genoeg gevorder het om onder die tien welvarendste lande ter wêreld gereken te word, maar sy ekonomiese ontwikkeling het vanaf die
Groot Depressie
in die vroeë 1930's 'n reeks van af- en opwaartse kurwes getoon wat dit agter sy buurlande, veral Chili, laat terugsak het – om êrens tussen die vyftigste en sestigste plek te beland. Vinnige en selfs stormagtige groei in die 1990's het in 2001 in een van dié land se diepste ekonomiese krisisse geëindig – en van dié land die grootste buitelandse wanbetaler in die geskiedenis gemaak.
Tegelykertyd het Argentyne sedert hul onafhanklikwording in die vroeë 19de eeu nooit daarin geslaag om 'n oorkoepelende nasionale identiteit te skep nie. Argentinië word soms beskryf as 'n nasie van Europeërs wat aan boord van emigrasieskepe gegaan het om die mees Europese land van Amerika of die mees Amerikaanse land van Europa te word. Sy politiek en samelewing is gekenmerk deur spanninge, geweldpleging, 'n halfeeu van staatsgrepe en 'n bloedige vervolging van andersdenkendes, linkses, intellektueles of blote verdagtes tydens die
militêre diktatuur
tussen 1976 en 1983, wat – ná jare van politieke onrus, ekonomiese chaos, geweldpleging en opspraakwekkende ontvoerings van buitelanders – eufemisties as "Nasionale Proses van Herorganisasie" (Spaans:
Proceso de Reorganización Nacional
) beskryf is en moontlik 30
000 menselewens geëis het. Dit het sy hoogtepunt – en einde – in die militêre aanval op die Britse Falkland-eilande tydens die
Falklandoorlog
van 1982 gevind. Argentinië het daarna teruggekeer na 'n stabiele demokratiese regeringsvorm.
Argentyne toon 'n neiging om hulself veral in teenstelling en opposisie met ander te definieer en het dus in hul geskiedenis onderskeidings tussen "federaliste en aanhangers van 'n eenheidstaat", "'n beskaafde samelewing en barbaarse toestande", "radikale en behoudendes", "Buenos Aires en die res van dié land", "Peroniste en anti-Peroniste" gemaak, ongeag dié land se redelik homogene bevolking van merendeels
Italiaanse
en
Spaanse
afkoms en die gebrek aan enige merkwaardige taalkundige of etniese diversiteit.
Etimologie
wysig
wysig bron
Omslag van die eerste uitgawe van die 1602-gedig
La Argentina
deur Martín del Barco Centenera
Die verwysing na die streek met die woord
Argentina
is vir die eerste keer gebruik op 'n
Venesiaanse
kaart in 1536.
In Afrikaans is die naam "Argentinië" ontleen aan
Spaans
; dié benaming is egter nie Spaans nie, maar
Italiaans
Argentina
manlik
argentino
) beteken in Italiaans "(gemaak) van
silwer
" of "silwerkleurig", ontleen aan die
Latyn
argentum
vir silwer. In Italiaans word die
byvoeglike naamwoord
of die
eienaam
dikwels gebruik in 'n selfstandige wyse as 'n
selfstandige naamwoord
en word dus
l'Argentina
Die naam
Argentina
is waarskynlik die eerste keer gebruik deur Venesiaanse en Genuese seevaarders soos
Giovanni Caboto
. In Spaans en
Portugees
is die woorde vir "silwer" onderskeidelik
plata
en
prata
en "(gemaak) van silwer" is
plateado
en
prateado
Argentina
is oorspronklik geassosieer met die silwerberge-legende wat wydverspreid was onder die eerste Europese ontdekkingsreisigers van die La Plata-kom.
10
Die eerste skriftelike gebruik van die naam in Spaans kan opgespoor word in
La Argentina
, 'n 1602-gedig deur Martín del Barco Centenera wat die streek beskryf.
11
Hoewel
Argentina
teen die 18de eeu algemeen gebruik is, was die land se amptelike naam "Vise-Koninkryk die Río de la Plata" in die
Spaanse Ryk
en "Verenigde Provinsies van die
Río de la Plata
" ná sy onafhanklikwording.
In die 1826-grondwet is die naam "Argentynse Republiek" vir die eerste keer in 'n regsdokument gebruik.
12
Die naam "Argentynse Konfederasie" was ook algemeen gebruik en is in die Argentynse 1853-grondwet geformaliseer.
13
In 1860 het 'n presidensiële dekreet die land se naam bepaal as "Argentynse Republiek"
14
en dié jaar se grondwetlike wysiging het al die name sedert 1810 as wettiglik geag.
15
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Vroeë geskiedenis
wysig
wysig bron
Die grot Cueva de las Manos naby die stad Perito Moreno (provinsie Santa Cruz) besit een van die oudste rotsskilderye in Argentinië
Die eerste Europeërs, wat in die 16de eeu langs die Argentynse kus geseil en hier voet aan wal gesit het, was seevaarders op soek na 'n suidelike deurvaart van die Atlantiese na die Stille Oseaan, waaronder
Ferdinand Magellaan
en
Pedro de Mendoza
. Laasgenoemde het die nedersetting
Nuestra Senora Santa Maria del Buen Aire
, die huidige
Buenos Aires
, in omtrent 1536 gestig. In die noordweste van dié land, waar goeie
landbougrond
gevind word, het die
Spanjaarde
, wat vanuit die onderkoninkryk Bolivië suidwaarts beweeg het, verskillende nedersettings soos Mendoza, Tucuman,
Córdoba
en Salta gestig. Hier is
perde
geteel, vee vir
vleisproduksie
aangehou en
suiker
tabak
en
groente
verbou.
Die noordwestelike deel van Argentinië het sy bloeitydperk in die 17de en 18de eeu as gevolg van handel met die onderkoninkryk Peru beleef, terwyl Buenos Aires destyds niks meer as 'n tweederangse hawe was nie. Eers in 1776 het Buenos Aires die administratiewe sentrum van die nuwe vise-koninkryk 'Rio de la Plata' geword, 'n gebied wat die huidige Argentinië, Uruguay, Paraguay en 'n deel van Bolivië ingesluit het.
Geboorte van die Argentynse nasie
wysig
wysig bron
Landskap in Patagonië
Portret van generaal José de San Martin,
Libertador
(bevryder) van Argentinië,
Chili
en
Peru
Buenos Aires
Op 25 Mei 1810 het die Kreoolse bevolking van Buenos Aires in opstand teen die koloniale Spaanse bewind gekom. Hulle het voor die
Cabildo
vergader, die gebou waar afgevaardigdes, wat deur die Spaanse Kroon benoem is, byeengekom het en die visekoning en heersende junta se bedanking geëis. Ná 250 jaar se heerskappy oor die kolonie was die heersende klas só verswak dat hulle voor die betogende massas geswig het. Die politieke mag het skielik in die hande van 'n Kreoolse junta beland.
Ook in ander dele van Suid-Amerika, waar 'n opgeleide en liberale stedelike Kreoolse middelklas deur merendeels Spaans-gebore bewindhebbers geregeer is, het inheemse burgers op magsdeling aangedring. In Europa het
Napoleon Bonaparte
destyds militêr teen sy ou politieke bondgenoot Spanje opgetree, dié land binnegeval en, ondanks plaaslike weerstand, sy eie broer tot nuwe koning verklaar. Hierdie gebeure het die politieke druk op Spanje se koloniale bewind in Suid-Amerika versterk en die tafel gedek vir politieke hervormings.
Die inheemse Kreoolse bevolking was vasberade en magtig genoeg om politieke veranderings teweeg te bring, soos hulle reeds in 1806 en 1807 bewys het toe die inwoners van Buenos Aires 'n militêre oorwinning oor twee invallende Britse leërs behaal het. Terwyl die eerste Britse mag met slegs 1
500 soldate nog relatief klein was, was die tweede oorwinning oor 'n magtige en goed opgeleide leër van 11
000 man, wat deur Buenos Aires se bevolking gedwing is om te kapituleer, al hoe indrukwekkender. Die slaankrag van plaaslike burgermagte het selfs geblyk om groter te wees as dié van Spaanse koloniale regimente. Die Kreoolse bevolking het uit hierdie groot militêre sukses hul reg op selfregering afgelei.
16
In 1816 het Argentinië onafhanklik van Spanje geword, na 'n kort stryd met die
Spaanse
besetters, onder leiding van
José de San Martin
. De Sa Martin, wat ook in Chili en Peru vir onafhanklikheid geveg het, word nog steeds deur die Argentyne as 'n held beskou. In die eerste jare van die jong nasie ontstaan diverse konflikte tussen
sentraliste
en
federaliste
, tot in 1853, toe 'n nuwe
grondwet
aangeneem is.
In die tweede helfte van die 19de eeu gaan Buenos Aires snel vooruit, deels as gevolg van die aankoms van duisende immigrante. Nuwe tegnologieë (vries van vleis, spoorweë) stimuleer landbou en veeteelt. Nuwe gebiede soos
Patagonië
word verower. Immigrante uit
Engeland
en
Wallis
begin
skaapteelt
op groot estancias. Argentinië word na die
Verenigde State
die tweede "Beloofde Land" van die
Amerikas
Vervolgens word Argentinië egter gekenmerk deur aanhoudende politieke konflikte tussen
konserwatiewe
en
liberale
elemente en tussen burgers en die weermag. Na die
Tweede Wêreldoorlog
verskyn die
populistiese
"peronisme", wat die verhouding tot 'n punt dryf. Tot 1983 word steeds bloediger optredende militêre juntas afgewissel met outoritêre siviele regerings, wat lei tot toenemende ekonomiese probleme,
korrupsie
, algemene afkeur in die politiek en die nederlaag in die Falklandoorlog teen die
Verenigde Koninkryk
in 1982.
Hierna help vier vrye verkiesings om demokrasie in Argentinië stewig te vestig. In 2001 het ekonomiese probleme, insluitend die wanbetaling van buitelandse skuld, gelei tot bloedige onluste en die val van die regering. Ekonomiese maatreëls soos die ontkoppeling van die
Argentynse peso
van die
Amerikaanse dollar
het vervolgens tot ekonomiese herstel gelei en Argentinië is nou ook 'n gewilde
toeristebestemming
, aangehelp deur die gunstige wisselkoers teenoor meeste belangrike
geldeenhede
. Argentinië se totale buitelandse skuldlas het in 2009, te midde van die internasionale finansiële krisis, nogtans weer tot 145 miljard VSA-$ gestyg.
17
Politiek
wysig
wysig bron
Die huidige president
Javier Milei
Kaart wat Argentinië met opgeëiste gebiede
Victoria Villarruel
dien sedert Desember 2023 as Argentinië se adjunkpresident onder
Javier Milei
Volgens die grondwet van 24 Augustus 1994 is Argentinië 'n presidensiële federale republiek.
Die Argentynse grondwet van 1853 (hersien in 1994), bepaal 'n skeiding van magte tussen uitvoerende, wetgewende en regsprekende magte, sowel op nasionale as provinsiale vlak. Die
president
en adjunkpresident word direk verkies vir ampstermyne van vier jaar. Beide mag slegs twee opeenvolgende termyne dien, maar kan na 'n tussenpose van ten minste een termyn vir 'n derde termyn staan.
Die president benoem die ministers. Die grondwet gee aansienlike mag aan die president in die dubbele funksie as
staatshoof
en regeringsleier. Die president het onder andere die vermoë om in "dwingende en noodsaaklike" omstandighede presidensiële dekrete uit te vaardig. Die huidige regeringsleier is
Javier Milei
Die Argentynse parlement (
Congreso Nacional
, "Nasionale Kongres") bestaan uit die Senaat (
Senado
) met 72 setels en 'n Kamer van Afgevaardigdes (
Cámara de Diputados
) met 257 setels. Sedert 2001 word senators regstreeks verkies en elke provinsie, insluitend die federale hoofstad, word deur drie senators verteenwoordig. Senators dien 'n termyn van ses jaar en afgevaardigdes vier jaar. Verkiesings word elke twee jaar gehou vir een derde van die senaat- en die helfte van die afgevaardigdes se setels. Beide kamers word verkies deur proporsionele verteenwoordiging.
Die belangrikste politieke partye in Argentinië is die Partido Justicialista (PJ, Peroniste), die Unión Cívica Radical (UCR, Radikale Burgerunie), die Frente para Victoria (FPV) en die Alternativa para una República de Iguales (ARI).
Vroue het eers in 1952 stemreg gekry en omdat daar nog steeds afsonderlike manlike en vroulike kieserslyste bestaan, moet vroue ook in afsonderlike verkiesingslokale stem. In die presidentsverkiesing van 2007 het twee vroulike kandidate meer as twee derdes van die uitgebragte stemme op hulle verenig.
18
Politieke betrekkinge met Suid-Afrika
wysig
wysig bron
Argentinië behoort saam met Suid-Afrika tot die
Groep van 20
Suid-Afrikaanse
diplomatieke skakeling met Argentinië het in 1938 begin; dié land het sy betrekkinge met Suid-Afrika egter op 23 Mei 1986 vanweë
Pretoria
se beleid van rasseskeiding tydelik verbreek.
Die moontlikheid van 'n Suid-Atlantiese Verdragsorganisasie is in die sewentigerjare voorgestel. Vir 'n dergelike militêre alliansie tussen Suid-Afrika, Argentinië, Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay het destyds veral die Raad vir Inter-Amerikaanse Veiligheid gepleit. Dit het egter nooit tot stand gekom nie.
Provinsies
wysig
wysig bron
Provinsies van Argentinië. Argentynse Antarktika en Suid-Atlantiese Eilande (langs 23) nie vertoon nie
Argentinië bestaan uit 23 provinsies (
provincias
) en 'n federale distrik (
distrito federal
). Argentinië maak aanspraak op 'n gedeelte van Antarktika (
Antártida
), alhoewel hierdie vasteland algemeen as supranasionaal en besit van die wêreldgemeenskap beskou word. Die grondgebied van die Provinsie Tierra del Fuego, Antártida e Islas del Atlántico Sur bevat dus ook internasionale gebiede.
Buenos Aires
(Federale Distrik)
Buenos Aires
Catamarca
Chaco
Chubut
Córdoba
Corrientes
Entre Ríos
Formosa
Jujuy
La Pampa
La Rioja
Mendoza
Misiones
Neuquén
Río Negro
Salta
San Juan
San Luis
Santa Cruz
Santa Fe
Santiago del Estero
Tierra del Fuego, Antártida e Islas del Atlántico Sur
Tucumán
Die huidige amptelike naam vir die federale distrik is "Ciudad Autónoma de Buenos Aires".
Geografie
wysig
wysig bron
Die Lago Argentino met die
gletser
Perito Moreno
Kaart van Argentinië
Meer nog as Suid-Afrika, wat hierdie leuse al in die tagtigerjare ter bemarking van sy toerismebedryf gebruik het, verteenwoordig Argentinië alle
klimaatsones
– en dus die wêreld – in een land. Dié land strek van die tropiese gebiede in die noorde tot by die subantarktiese streke van die suide en beskou ook 'n gedeelte van Antarktika as Argentynse staatsgebied.
Argentinië kan rofweg in drie geografiese gebiede verdeel word: die vrugbare vlaktes van die
Pampas
in die noordelike helfte van dié land (die bron van die Argentynse agrariese rykdom); die plato van Patagonië in die suidelike helfte tot aan
Vuurland
(Tierra del Fuego); en die rotsagtige
Andes-bergrug
langs die westelike grens met Chili, met
Aconcagua
as hoogste punt (6
962
m), gevolg deur
Ojos del Salado
(6
893
m).
Belangrike riviere sluit in
Bermejo
Colorado
Paraguay
Pilcomayo
Salado
Uruguay
en die langste rivier,
Paraná
. Die laasgenoemde twee vloei saam in die
Río de la Plata
voordat dit in die Atlantiese Oseaan uitmond. Die Argentynse klimaat is hoofsaaklik gematig. Die Noorde is subtropies, die suide droog en sub-Antarkties.
Ekonomie
wysig
wysig bron
Estancia Jesuitica in Alta Gracia
Argentinië word volgens sy bruto nasionale inkomste per capita by die
ontwikkelende lande
met 'n middelinkomste gereken. Dié land profiteer van 'n ruim hoeveelheid natuurlike hulpbronne, 'n geletterde bevolking, 'n uitvoergerigte landbousektor en gevarieerde industrie. Vanaf die einde van die jare 80 van die 20ste eeu het internasionale skuld egter hoog opgeloop. Inflasie het 200% bedra en produksie ineengestort.
Om die ekonomiese krisis teë te werk, het die regering besluit om vrye handel, deregulering en privatisering na te volg. In 1991 het radikale monetêre hervorming plaasgevind, waarvolgens die Argentynse peso aan die Amerikaanse dollar verbind en geldgroei tot die groei in nasionale reserwes beperk is. Die Argentynse peso se onrealisties hoë wisselkoers het 'n negatiewe invloed op dié land se mededingendheid uitgeoefen, veral in vergelyking met Brasilië en ander
Mercosur
-lidstate. As gevolg hiervan en vanweë die gelyktydige liberalisering van die buitelandse handel het 'n massale deïndustrialisasie plaasgevind.
Aanvanklik was die hervorminge 'n sukses. Inflasie het gedaal en die
bruto nasionale produk
(BNP) het gestyg, maar opeenvolgende ekonomiese krisisse in
Meksiko
Asië
Rusland
en Brasilië het tot 'n nóg groter ekonomiese val vanaf 1999 gelei. Die regering het met belastingverhogings en besuinigings gereageer ter beperking van die begrotingstekort, wat teen 1999 tot 2,5% van die BNP gestyg het. Binnelandse en internasionale beleggers het egter aangehou twyfel in die regering se vermoë om die skulde af te los en die vaste wisselkoers tussen die peso en dollar te handhaaf.
In 2001 het die toestand nog meer versleg deur die groei van die aantal verpligtinge, massale geldopnames by banke en 'n verdere val van verbruikers- en produsentevertroue. Regeringpogings om 'n begroting wat klop te bereik – om so die bankstelsel te stabiliseer en ekonomiese groei te herstel – het geblyk om onvoldoende resultaat op te lewer. President Eduardo Duhalde het daarin geslaag om van die
Internasionale Monetêre Fonds
'n lening van 20 miljard VS$ te verkry, maar verdere maatreëls is nie toegepas nie. In Januarie 2002 is die peso losgemaak van die dollar en die ekonomie het op 'n lae vlak begin stabiliseer. Die sterk ekonomiese groei van die jare 2003 en 2004 was 'n gevolg van die dramatiese afname in die bruto nasionale produk in die jare voor 2003.
Huidige situasie
wysig
wysig bron
Die nywerheidstad
Córdoba
is die sentrum van die Argentynse motorbedryf: Avenida Chacabuco
Argentinië se ekonomie maak net stadig vordering nadat die land teen die middel van 2018 'n kwaai resessie beleef het. Die ekonomie het met 'n gemiddeld van 2,5 persent oor die hele jaar en met meer as 6 persent in die laaste vier maande gekrimp. Vir 2019 word 'n verdere krimping van sowat 1 persent verwag.
Die uitvoergerigte landbousektor sal danksy die verwagte rekordoes in 2019 in die tweede kwartaal 'n hupstoot kry. Beleggings sal voor die verkiesing in Oktober 2019 waarskynlik geen noemenswaardige bydrae tot ekonomiese groei lewer nie.
Argentinië bly aangewese op massiewe finansiële steun deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat krediete ter waarde van VS$57 miljard goedgekeur het. Die Argentynse regering sal in ruil hiervoor sy begrotingstekort teen 'n vinniger tempo verminder en 'n restriktiewe monetêre beleid volg nadat pogings om die inflasiekoers van meer as 50 persent te verminder misluk het. Die binnelandse vraag na goedere en dienste sal as gevolg hiervan afneem.
Die Argentynse peso het in 2018 meer as die helfte van sy waarde teenoor die Amerikaanse dollar ingeboet. Invoere het as gevolg hiervan merkbaar afgeneem (29 persent in die vierde kwartaal van 2018). Uitvoere het na die peso se devaluasie skerp gestyg, net soos die getal buitelandse toeriste (terwyl Argentyne die voorkeur aan binnelandse vakansies begin gee), sodat daar in 2019 'n oorskot op die handelsbalans verwag word.
Die land se infrastruktuur word as sterk verouderd beskou. Grootskalse beleggings in vervoer- en ander geriewe is in die vooruitsig gestel, maar voorlopig gestaak. Op 16 Junie 2019 het 'n grootskaalse kragonderbreking die land se kwesbaarheid getoon.
Landbou
wysig
wysig bron
Wynberg naby Cafayate in die Salta-provinsie
Sojaboonoeste in die provinsie van Buenos Aires. Argentinië is die derde grootste produsent van sojabone in die wêreld.
19
Die sojaboonbedryf is een van die drie grootste sektore in dié land, ná die petrochemiese en metaalbewerking
Die hoogs gemeganiseerde landbousektor beslaan sowat 65 persent van dié land se totale oppervlakte. Alhoewel die landbou se bydrae tot die bruto nasionale produk slegs 11 persent beloop, is dit steeds die grootste bron van buitelandse valuta. Die landbousektor word deur 'n klein aantal welvarende gesinne met groot landerye oorheers. Die belangrikste landbouprodukte is
koring
mielies
sorghum
, lynsaad, soja,
sonneblompitte
grondboontjies
katoen
, suikerriet,
groente
vrugte
wyn
tabak
en
mate
Argentinië is steeds een van die grootste vleisprodusente ter wêreld, alhoewel sy aandeel aan die wêreldproduksie geleidelik begin afneem. Die belangrikste produkte van die veeteeltbedryf is
bees
- en
skaapvleis
, en weivelde beslaan sowat 52 persent van dié land se oppervlakte. Oos-Patagonië is die sentrum van die Argentynse skaapteeltbedryf.
Die bosboubedryf beslaan 13 persent van die oppervlakte; bosvelde en woude is die belangrikste bossoorte. Die Quebrachoboom lewer tannien op. Die
visserybedryf
langs die kus en in internasionale waters word al hoe belangriker.
Nywerhede
wysig
wysig bron
Die plaaslike
nywerheidsbedryf
het sy sentrums veral in die metropolitaanse gebiede van Buenos Aires, Córdoba en
Rosario
en lewer 32 persent van die bruto nasionale produk op. Die swaartepunt van die sektor het in die afgelope dekades van ligte nywerhede en voedselverwerking na die
chemiese
ruolie
-,
yster
-,
staal
-, elektriese,
masjienbou
- en
motorbedryf
begin verskuif. Die Argentynse motorfabrikate sluit Anadón, ASA, Biscayne en JVA in, en volgens sommige is Lamborghini Latinoamérica 'n aparte motormerk.
Energie
wysig
wysig bron
Atucha is die eerste kernkragsentrale wat in Latyns-Amerika gebou is. Argentinië is die land met die grootste aantal kern-fasiliteite in die gebied
Die belangrikste kragvoorsieningsbronne is
waterkragsentrales
(41 persent van die totale kragopwekking) en termiese kragsentrales (52 persent).
Kernkragsentrales
(7 persent) is in Atucha en Río Tercero opgerig.
Argentinië se minerale rykdomme sluit onder meer groot
aardgasvelde
in; hierdie energiebron speel al 'n beduidende rol en word tans veral vir koskook- en verwarmingsdoeleindes en as alternatiewe brandstof vir voertuie gebruik. Nogtans het die groeiende vraag na aardgas, die wanbestuur van plaaslike energiemaatskappye en die toenemende tekort aan fossiele brandstowwe daartoe gelei dat steeds groter hoeveelhede aardgas uit die buiteland, veral Bolivië, ingevoer moet word.
Herwinbare energiebronne word al hoe belangriker. Naas waterkrag word sedert 1994 steeds meer elektrisiteit deur
windkragsentrales
voorsien. Windenergie speel in die suidelike provinsie Chubut (Patagonië) met sy winderige klimaat al 'n belangrike rol. Windkrag het 'n baie groot potensiaal in Argentinië en word sedert die laat 1990's deur die regering bevorder. In 2006 was Argentinië nogtans slegs die derde grootste produsent van windenergie in Latyns-Amerika, ná Meksiko en Brasilië.
Buitelandse handel
wysig
wysig bron
Ontwikkeling van Argentinië se buitelandse handel tussen 1999 en 2005
Argentinië voer hoofsaaklik
mynbouprodukte
en fossiele brandstowwe, plantaardige en voedselprodukte, organiese olies en vette uit. Die belangrikste invoere is masjinerie, instrumente en elektroniese goedere, halfverwerkte nywerheidsgoedere en vervoeruitrusting. Die hoofhandelsvennote is Brasilië, die Verenigde State en die
Volksrepubliek China
In 2006 het Argentinië se uitvoere met 15 persent gegroei en 'n rekordvlak van 46,6 miljard VS-dollar bereik. Die invoere het selfs met 19 persent tot 34,2 miljard VS-dollar gestyg. Agrariese grondstowwe en voedsel het weer sowat vyftig persent van die uitvoerwaarde verteenwoordig. Nogtans het die aandeel van nywerheidsprodukte (32 persent van die totale uitvoere) met 23,5 persent sterk toegeneem. Die belangrikste markte vir Argentynse uitvoere in 2006 was die Suid-Amerikaanse vryehandelsone Mercosur met 'n aandeel van 21,3 persent, die
Europese Unie
met 17,5 persent en die
Noord-Amerikaanse
vryehandelsone
NAFTA
met 12,9 persent.
20
Invoere (waaronder veral nywerheidsprodukte) het in 2006 vir die vyfde opeenvolgende jaar duidelik toegeneem. 37 persent van die totale invoere het uit Mercosur-lidstate gekom, veral uit Brasilië (34 persent), 17 persent uit die Europese Unie, 16 persent uit die NAFTA-lidstate en 9 persent uit die Volksrepubliek China. Invoere uit die Volksrepubliek China het in 2006 met 40 persent toegeneem.
Suid-Afrikaanse handel met Argentinië
wysig
wysig bron
Die eksklusiewe ekonomiese sone van Argentinië
Dekades lank is die ekonomiese bande met Latyns-Amerika nouliks ontwikkel; die Suid-Afrikaanse handel met Argentinië het stadig gegroei en in 1980 nog steeds minder as 100 miljoen VSA-dollar beloop. 'n Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel bestaan sedert 1973 in Buenos Aires, terwyl sy Argentynse eweknie vyf jaar later in
Johannesburg
gestig is.
Suid-Afrika se belangrikste uitvoerprodukte op die Argentynse mark was aanvanklik staal, ystererts,
asbes
en
mangaan
, terwyl Argentinië leerware, verwerkte voedsel,
tekstielgoedere
, chemiese produkte en landboumasjiene na Suid-Afrika uitvoer.
Ekonomiese kernsyfers
wysig
wysig bron
Ekonomiese Kernsyfers
21
22
23
2010
2011
2012
2013*
2014*
2015*
2016*
2017*
2018*
Bruto binnelandse produk (BBP, nominaal, in miljard VS$)
475,2
484,6
497,2
630,4
541,7
595,0
475,4
BBP per capita (nominaal, in VS$)
11
583
11
679
11
849
14
617
12
425
13
497
10
667
Reële groei van die BBP in
9,2
8,9
1,9
2,4
-2,5
2,5
-1,8
2,9
-2,6
Inflasiekoers in
10,0
10,5
11,4
23,2
31,8
Werkloosheid in
7,7
7,2
7,3
6,5
9,2
8,4
8,9
Begrotingstekort (in
% van die BBP)
-2,6
3,4
-3,0
-6,6
-7,1
-6,7
-5,4
Tekort op die lopende rekening (in
% van die BBP)
-0,0
-0,8
-0,8
-2,5
-2,3
-4,9
-3,7
Publieke skuldlas (in
% van die BBP)
47,7
47,8
45,9
52,1
51,8
57,6
62,7
* skatting
Vervoer
wysig
wysig bron
Spoorweë
wysig
wysig bron
Kaart van Argentinië se passasierspoorweë
Die
Gran Capitán
, 'n langafstandtrein wat tussen Buenos Aires en Posadas geloop het, omstreeks 1990
Die beroemde
Tren a las nubes
("Trein na die wolke") loop deur bergagtige terrein in die Andes-bergreeks
Die eerste Argentynse trein het op 29 Augustus 1857 geloop. Vervolgens is dié land se spoornetwerk vinnig uitgebrei, waarby Britse ondernemings en kapitaal 'n sentrale rol gespeel het. Spoorweë het in die volgende dekades 'n sleutelbedryf by die ekonomiese ontwikkeling van dié land geword. In die 1930's was die Argentynse spoornetwerk met 'n totale lengte van 43
000 kilometer groter as dié van die meeste Europese lande. Nadat dit byna 'n eeu lank deur 'n groot aantal onafhanklike privaat ondernemings, waaronder talle Britse maatskappye, bedryf is, het president Perón die spoorbedryf in 1946 genasionaliseer.
Amerikaanse raadgewers, wat teen die einde van die 1950's aangestel is om die verdere ontwikkeling van die bedryf te beplan, het die voorkeur aan padvervoer gegee sodat in die volgende jare steeds meer spoorlyne gesluit is. Argentinië se nasionale spoorweë is in 1992 onder die regering van president Carlos Menem weer geprivatiseer. Passasiervervoer is verder verminder en die invloedryke spoorwegvakbond ontbind. Meer as 50
000 mense het hul werk verloor en hele streke het agteruitgegaan, terwyl korrupsie in die spoorbedryf toegeneem het.
Argentinië beskik oor 'n uitgestrekte spoorwegnetwerk met 'n totale lengte van sowat 31
000 kilometer met drie verskillende spoorwydtes. Twee spoorlyne verbind dié land met Chili, ander lyne loop oorkant die landsgrense na Bolivië, Paraguay, Uruguay en Brasilië. Nogtans hanteer dit tans minder as vyftien persent van dié land se totale vragvervoer (in vergelyking met Europa se vyftig persent), word verdere lyne gesluit of raak in verval. 85 persent van alle vrag word op Argentinië se paaie vervoer. Die regering beplan om 'n groter deel daarvan na die spoorweë te skuif.
Nog 'n rede vir grootskaalse beleggings in die modernisering van die spoorbedryf, wat grotendeels deur Chinese lenings ter waarde van maksimaal 4,9 miljard VS$ gefinansier sal word, is 'n reeks noodlottige treinongelukke wat die lewens van 'n vyftigtal passasiers geëis het, naas vertragings en ander probleme. In die vroeë 21ste eeu is 'n groot getal privaat spoormaatskappye genasionaliseer nadat hulle al lank afhanklik van staatsubsidies was. Privaat spoorlyne speel egter nog 'n belangrike rol as diensverskaffers in die openbare vervoerstelsel van Argentinië, terwyl die
infrastruktuur
deur die staatsonderneming
Administración de Infraestructuras Ferroviarias Sociedad del Estado (ADIF S.E.)
bestuur word. Die laaste privaat maatskappy, wat in Oktober 2013 ná 'n reeks ongelukke genasionaliseer is, was
Sarmiento
wat pendelaardienste in die weste van Groter Buenos Aires bedryf.
Beplande moderniserings fokus op die opknapping van die spoornetwerk van
Ferrocarril General Belgrano Cargas
, 'n onderneming wat altesaam 11
000 kilometer se spoorlyne bedryf. Hiervan sal 3
200 kilometer opgeknap word – 'n taak waarvoor selfs militêre treinwerkwinkels ingespan sal word om herstelwerk aan treinwaens te doen. In Junie 2013 het die Argentynse regering reeds spoornetwerke in die streke Cuyo (San Martín) en Entre Rios (Urquiza) genasionaliseer wat sedert 1999 deur die Brasiliaanse maatskappy
ALL
bedryf is en in 2012 sowat 4,2 miljoen ton vrag vervoer het. 'n Nuutgestigte staatsonderneming,
Belgrano Cargas y Logística SA
, bestuur tans openbare vragdienste.
Die regering het 1
266 nuwe passasiertreinwaens by Chinese vervaardigers aangekoop – twee keer so veel as wat tans bedryf word. Die nuwe waens sal van
Duits
-vervaardigde remme,
Japannese
aandryf- en
Sweedse
veiligheidstelsels voorsien word. 1
046 van die nuwe waens sal vir openbare vervoer- en pendelaardienste in Sarmiento, Mitre, Roca en San Martín in die metropolitaanse gebied van Buenos Aires gebruik word. Daarnaas is 220 langafstandwaens en 22 lokomotiewe bestel.
China South Locomotive & Rolling Stock
, 'n Chinese onderneming wat 700 van die waens sal vervaardig, het aangekondig dat dit twee aanlegte vir die bou van vrag- en passasiertreinwaens in Argentinië sal oprig.
Ander projekte sluit die modernisering en elektrifisering van spoorlyne in Groter Buenos Aires, die modernisering van die spoorlyn tussen Buenos Aires en Mar del Plata en beleggings in Buenos Aires se moltreinnetwerk in. Die stad Mendoza oorweeg die bou van 'n enkelspoortrein-netwerk, terwyl 'n beplande bilaterale projek met Chili die bou van 'n spoortonnel deur die Andesgebergte met 'n totale lengte van 52 kilometer en multimodale terminale vir spoor- en padverkeer behels.
24
Demografie
wysig
wysig bron
Argentinië se bevolkingsgroei (1961–2010)
Met 'n bevolking van meer as veertig miljoen mense en 'n oppervlakte van 2,8 miljoen vierkante kilometer is Argentinië 'n ylbevolkte land. Die metropolitaanse gebied van die hoofstad Buenos Aires behels tans sowat 34 persent van die totale bevolking, terwyl die bevolkingsdigtheid in die suide van dié land (Patagonië) tot minder as twee mense per vierkante kilometer daal.
Blanke bevolking
wysig
wysig bron
Vroeë 20ste eeu: Immigrante sit in Buenos Aires voet aan wal
Andrea Gabriela García Gava, "Koningin van die Italiaanse Gemeenskap", tydens die
XXXV Fiesta Nacional del Inmigrante
(35ste Nasionale Immigrantefees) wat in 2014 in Oberá (provinsie Misiones) gehou is. Na beraming het 25 miljoen Argentyne ten minste een Italiaanse voorvader
Die Argentynse bevolking is 'n mengsel van nasionale en etniese groepe, waarin die nakomelinge van
Italiaanse
(36 persent) en Spaanse immigrante (29 persent) oorheers. In die tydperk tussen 1850 en 1970 het sowat agt miljoen immigrante hulle in Argentinië gevestig. In die periode tussen 1820 en 1920, toe 'n geskatte 55 miljoen Europese emigrante hulle in oorsese gebiede gevestig het, was Argentinië met 5,5 miljoen nuwe aankomelinge die tweede belangrikste ontvangende land ná die Verenigde State en nog voor
Kanada
en Brasilië.
Daar is tans sowat 4 miljoen Argentyne van
Duitse
afkoms en kleiner minderhede van nasate van
Engelse
Walliese
Ierse
Franse
, Switserse en ander Wes- en Middel-Europese immigrante. In die metropolitaanse gebied van Buenos Aires en in die provinsies Chaco en Misiones is daar groter groepe van
Poolse
immigrante wat hulle in die 1920's hier gevestig en baie van hul tradisies bewaar het.
Klein groepe
Afrikaners
– die sogenaamde "
bittereinders
" – het hulle na die
Tweede Vryheidsoorlog
in die omgewing van
Comodoro Rivadavia
(provinsie Chubut) gevestig. Die meeste van die sowat 600 emigrante het in die dertigerjare weer na Suid-Afrika teruggekeer. Veral in die stedelike gebiede woon ongeveer 'n half miljoen immigrante uit
Sirië
Libanon
en andere lande in die
Midde-Ooste
. Sedert die negentigerjare het 'n aantal immigrante uit
Oos-Asië
en die voormalige
Sowjetunie
hulle in dié land gevestig. Dié land trek ook sommige sogenaamde ekologiese immigrante uit Europa.
Nogtans het die getal immigrante sedert die laat 20ste eeu bestendig afgeneem, terwyl talle hoogs gekwalifiseerde Argentyne hulle in die buiteland gevestig het. Veral gedurende Argentinië se ekonomiese krisis in die tydperk tussen 1998 en 2002 het emigrasiesyfers skerp gestyg.
Immigrasiepatrone
wysig
wysig bron
Balvanera is gekenmerk deur skilderagtige huurkamerwonings in
Nederlandse
styl
In die geskiedenis van 19de en 20ste eeuse immigrasie- en emigrasiebewegings was Argentinië in dié opsig uniek dat Europese immigrante vanaf die laat 19de eeu 'n buitengewoon hoë aandeel van die bevolking verteenwoordig het. Van die totale Argentynse bevolking van agt miljoen in 1914 was omstreeks 58 persent óf in die buiteland gebore óf kinders van immigrante van die eerste generasie. In die hoofstad Buenos Aires was meer as die helfte van die inwoners dekades lank oorsee gebore.
Europese massaimmigrasie is 'n redelik onlangse verskynsel in die Argentynse geskiedenis. Nog tot omstreeks 1850 was dit hoofsaaklik relatief klein getalle Spaanse amptenare, militariste en soldate wat hulle in die La Plata-streek gevestig het. Eers daarna het dié land 'n belangrike bestemming vir Spaanse en Italiaanse immigrante geword. Die laasgenoemdes het die grootste groep nuwe aankomelinge gevorm – met twee miljoen immigrante in die tydperk tussen 1840 en 1960. Daar word beraam dat sowat 25 miljoen Argentyne tenminste gedeeltelik van Italiaanse afkoms is.
25
Baie van hulle het net tydelik in dié land gebly om hier te werk en kon danksy regstreekse skeepsverbindings tussen Italië en Argentinië in groot getalle as seisoenale werkers immigreer.
So het immigrasie in Argentinië in 'n tweede opsig van migrasiepatrone in byvoorbeeld die Verenigde State of Brasilië verskil. Daar was geen kontinuïteit met ouer migrasiebewegings wat hul verlede in 'n koloniale verlede gehad het en ook geen gedwonge verskuiwing van mense as slawe nie. Immigrante het hulle om suiwer ekonomiese redes in Argentinië gevestig om hier in uitvoergerigte nywerhede te werk – dié land se binnemark was nog nouliks ontwikkel.
Argentinië se ekonomie het aanvanklik op skaapteelt gesteun. Beesvleisproduksie het voor 1900 nog geen noemenswaardige rol gespeel nie. Die omwenteling in die landbousektor het in die periode ná 1875 plaasgevind toe Argentinië, wat aanvanklik
graan
moes invoer, binnekort tot een van die grootste graanuitvoerders ter wêreld ontwikkel het. Die rol van immigrante was beperk tot dié van landarbeiders of pagters. Opwaartse sosiale mobiliteit was beperk sodat min landarbeiders ooit hul eie grond kon koop en bewerk.
Ekonomiese en sosiale faktore het verhoed dat Argentinië tot 'n "smeltkroes" van kulture kon ontwikkel soos die Verenigde State. Die Spaans-Kreoolse bolaag van die samelewing het min moeite gedoen om die groot getalle immigrante te integreer, terwyl meer as 90 persent van nuwe aankomelinge nie Argentynse burgerskap aanvaar het nie om nasionale diensplig te vermy. Italiaanse immigrante in Buenos Aires het nogtans groot belang gestel in die politieke ontwikkelinge van hul vaderland. Leidende Italiaanse politici soos Giuseppe Mazzini en
Giuseppe Garibaldi
het vurige aanhangers in Suid-Amerika gehad.
26
Walliese immigrasie
wysig
wysig bron
Die seilskip
Mimosa
Teen die middel van die 19de eeu was Patagonië nog 'n fel omstrede gebied waarop Argentinië sowel as Chili aanspraak gemaak het. Die stigting van 'n Walliese kolonie is deur die Argentynse regering as 'n kans gesien om beheer oor die grotendeels onbevolkte streek te verseker. So het Walliese immigrante hulle in 1865 in Y Wladfa of "Die Kolonie" in Patagonië gevestig – 'n kolonie met 'n voorgestelde oppervlakte van sowat 100 vierkante myl waaraan volgens die oorspronklike planne militêre beskerming, selfbeskikking en selfs onafhanklikheid toegeken sou word.
'n Tweetalige straatbord in die provinsie Chubut. Die getal Argentyne van Walliese afkoms word op sowat 72
500 beraam – van wie tussen 5
000 en 12
000 nog Wallies as huistaal praat
In
Liverpool
, 'n Noordwes-Engelse hawestad met 'n betreklik groot bevolking van Walliese afkoms, is 'n emigrasie-komitee onder voorsitterskap van Michael Jones, 'n boorling van Bala, in die lewe geroep wat die Argentynse kolonie as 'n kans beskou het om die Walliese identiteit, taal en kultuur oorsee te bewaar. In 1865 het 'n groep van byna 200 Walliesers aan boord van die
Mimosa
, 'n brik van 447 ton, vanuit Liverpool-hawe na Patagonië vertrek. Die skip het veilig in Suid-Amerika aangekom waar die immigrante in die hawe van die latere Puerto Madryn voet aan wal gesit het.
Ná 'n moeilike begin het die Walliese nedersettings, wat grotendeels langs die Atlantiese kus van Chubut geleë is, begin floreer. In die volgende vyf dekades het nog honderde Walliese immigrante hulle hier kom vestig om Walliese nedersettings soos Porth Madryn (Puerto Madryn) in die Nuwe Baai; Rawson, Gaiman, Trelew en Dolovan in die Chubut-vallei en Trevelin in Cwm Hyfryd te stig. Nasate van Walliese setlaars word daarnaas aangetref in Esquel, geleë aan die voet van die Andes-bergreeks; in Comodoro Rivadavia (die grootste nedersetting in die provinsie); in Colonia Sarmiento en elders in Argentinië.
Die kolonie, waarin die tradisionele Walliese regstelsel toegepas en die Keltiese Walliese taal gebesig is, sou die eerste samelewing word wat stemreg aan vroue toegeken het. In 1876 is die eerste kulturele fees of
Mawr Eisteddfod
op Beti Huws se plaas in Chubut gevier.
27
Die fees, wat sedert 1900 gereeld in Trelew gehou word, is die hoogtepunt van Patagoniese Walliesers se kulturele lewe.
Die Walliese nedersettings in Argentinië het – meer nog as soortgelyke Walliese gemeenskappe in Utica in die Amerikaanse deelstaat
New York
of Scranton in
Pennsilvanië
– daarin geslaag om hul kulturele identiteit tot vandag toe te bewaar.
28
Inheemse bevolking
wysig
wysig bron
'n
Guaraní
ma en haar seun in die Yiriapú-mission
Argentinië word dikwels as 'n Blanke samelewing in Suid-Amerika beskryf, tog is daar ook 'n inheemse bevolking van tussen 1 en 1,5 miljoen nakomelinge van oorspronklik dertig Indiaanse volke wat hoofsaaklik in die noorde, noordweste en suide van dié land gekonsentreer is. Baie
Indiane
is gedurende die sogenaamde Woestynveldtog van generaal Rocas (1875–1879) gedood, terwyl nomadiese volke soos die Huarpes en Pehuenches intussen uitgesterf het.
Die grootste Indiaanse volke is die Kollas in Jujuy en Salta, die
Mapuche
of Araukaners in Neuquén en Río Negro, en die Wichi en Toba in Chaco en Formosa. Die Coya-Indiane in Noordwes-Argentinië is afstammelinge van die ou
Inka
-beskawings. Slegs 'n minderheid van indigene Argentyne woon in hul oorspronklike stamgebiede. Die meeste Indiane het hulle in die groot stedelike sentra gevestig waar hulle dikwels in suiwer Indiaanse woonbuurte bly en moeilike lewensomstandighede moet hanteer. Sedert die 1980's word pogings onderneem om die oorspronklike tradisies en leefwyse te bewaar.
Die noordooste met die provinsies Misiones en Corrientes is die enigste streek in Argentinië waar 'n kulturele versmelting tussen
Guaraní
-Indiane en Spaanse setlaars plaasgevind en 'n groot aantal gemengde huwelike voorgekom het.
29
Oor 'n tydperk van driehonderd jaar vanaf die begin van die Spaanse kolonisasie het naas die Kreole (nasate van Spaanse setlaars) ook 'n groot groep van Mestiese (mense van gemengde Spaans-Indiaanse afkoms) ontstaan.
Menslike ontwikkeling
wysig
wysig bron
Sowat 97 persent van die Argentynse bevolking is geletterd, en kinders in die ouderdomsgroep tussen 5 en 14 jaar is skoolpligtig.
Tans leef sowat die helfte van die bevolking op of onder die broodlyn en die werkloosheidsyfer het sedert 2001 byna 20 persent bereik.
Tale
wysig
wysig bron
Die enigste
amptelike taal
is Spaans, hoewel die immigrante se nasate wat ouer as 40 jaar is, hulle eie
taal
behou het.
Godsdiens
wysig
wysig bron
Die
NG kerk Chubut
in
Sarmiento
Die Argentyne is hoofsaaklik aanhangers van die staatsgodsdiens, die
Rooms-Katolisisme
(90 persent van die bevolking). Sowat sewe persent van die bevolking is aanhangers van ander Christelike kerke. Die
Joodse
gemeenskap is met 'n kwart miljoen siele die grootste in Latyns-Amerika. Die
Afrikaners
in
Comodoro Rivadavia
en
Sarmiento
is
Nederduits Gereformeerd
of
Gereformeerd
Sport
wysig
wysig bron
Wedstryd tussen
Argentinië
en
Engeland
tydens die
Rugbywêreldbeker 2011
in
Nieu-Seeland
Die
Argentynse nasionale sokkerspan
tydens die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986
in
Meksiko
Pato
is die nasionale
sport
van Argentinië
30
en is 'n ou perdspel wat in die vroeë 1600's plaaslik ontstaan het en die voorganger van perdbal is. Die gewildste sportsoort is
sokker
. Saam met
Brasilië
en
Frankryk
is die
Argentynse nasionale sokkerspan
een van slegs drie nasionale sokkerspanne wat die belangrikste internasionale triplet gewen het: Die
FIFA
Sokker-Wêreldbeker
(in
1978
1986
en
2022
), die
Sokker-Konfederasiebeker
(in
1992
) en die Olimpiese goue medalje. Hulle kon tot dusver ook 16 Copas América, sewe Pan-Amerikaanse goue medaljes en verskeie ander trofeë verower. Daarbenewens het Argentinië die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 gehuisves wat deur die plaaslike nasionale sokkerspan gewen is. Ná
Spanje
het Argentinië die tweede span geword wat drie belangrike internasionale toernooie agtereenvolgens kon wen. Argentinië onderhou 'n sterk mededinging teen buurlande soos Brasilië, Chili en Uruguay. Argentinië se hoogste sokkerliga is die
Argentynse Primera División
, gevolg deur die
Primera B Nacional
. Van Argentinië se bekendste sokkerspelers sluit in
Diego Maradona
en
Lionel Messi
wat albei die Sokker-Wêreldbeker kon wen. Argentinië sal saam met
Marokko
Paraguay
Portugal
Spanje
en
Uruguay
die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030
aanbied.
31
Rugby
is een van Argentinië se gewildste sportsoorte en die
Argentynse nasionale rugbyspan
, bekend as
Los Pumas
, het tot dusver aan elke
rugbywêreldbekertoernooi
deelgeneem en in
2007
hul beste prestasie opgelewer en die derde plek behaal. In
2015
en
2023
het hulle in die vierde plek geëindig. Sedert 2012 ding Argentinië in
die Rugbykampioenskap
teen die
Australiese
Wallabies
, die
Nieu-Seelandse
All Blacks
en die
Suid-Afrikaanse
Springbokke
mee.
Ander suksesvolle en gewilde sportsoorte sluit in
polo
basketbal
en
veldhokkie
. Die Argentynse nasionale vrouehokkiespan, bekend as
Las Leonas
, is een van die suksesvolste nasionale spanne, met drie Olimpiese silwer en twee bronsmedaljes, twee Wêreldbeker-, een Wêreldliga- en sewe Kampioene-trofeë. Die Argentynse nasionale basketbalspan, bekend as
El Alma Argentina
– "Die Argentynse Siel", is die enigste in die FIBA se Amerikas-sone wat die kwintuplet-kroon gewen het: Wêreldkampioenskap, Olimpiese goue medalje, Diamantbal, Amerikas-kampioenskap en Pan-Amerikaanse goue medalje. Argentinië oorheers sonder twyfel in polo en het meer internasionale kampioenskappe as enige ander land gewen en is sedert die 1930's slegs selde geklop. Die
Dakar-tydren
is van 2009 tot 2019 in beide Chili en Argentinië en later ook Peru aangebied.
Bekende Argentyne
wysig
wysig bron
Che Guevara in 1967
Gustavo Cerati, (1959–2014), een van die invloedrykste kunstenaars in Latino-Rock
Pous Franciskus
, Rooms-Katolieke pous
Juan Manuel Fangio
, renjaer
Jorge Luis Borges
, skrywer
Carlos Gardel
, komponis, sanger en akteur
René Favaloro
, hartchirurg
Lionel Messi
, sokkerspeler
Carlos Menem
, president
Máxima Zorreguieta
, koningin
Astor Piazzolla
, komponis
Che Guevara
, vryheidsvegter
José Meolans
, swemmer
Diego Maradona
, sokkerspeler
Verwysings
wysig
wysig bron
es
"Población por sexo e índice de masculinidad. Superficie censada y densidad, según provincia. Total del país. Año 2010"
(XLS)
Censo Nacional de Población, Hogares y Viviendas 2010
. Buenos Aires: INDEC – Instituto Nacional de Estadística y Censos. 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014.
en
"Argentina"
Central Intelligence Agency
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 Oktober 2023
. Besoek op
10 Desember
2023
es
"Hay más de 47 millones de argentinos, según el Censo-2022"
. Infobae.
en
"Argentina"
Internasionale Monetêre Fonds
. Oktober 2023
. Besoek op
10 Desember
2023
en
"Human Development Report 2021/2022"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2021
. Besoek op
10 Desember
2023
en
"Gini Index – Argentina"
Wêreldbank
. Besoek op
10 Desember
2023
en
Jill Hedges:
Argentina. A Modern History
. Kindle e-boek. Londen en New York: I.B. Tauris 2011, pos. 118–142
es
"El nombre de Argentina"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Maart 2016
. Besoek op
3 Maart
2016
en
David Rock (1987).
Argentina, 1516–1987: From Spanish Colonization to the Falklands War
. Berkeley, Kalifornië: University of California Press. pp.
6, 8.
ISBN
978-0-520-06178-1
en
Todd L. Edwards (2008).
Argentina: A Global Studies Handbook
. Santa Barbara, Kalifornië: ABC-CLIO. p.
7.
ISBN
978-1-85109-986-3
es
Juan Traba (1985).
Origen de la palabra "¿¡Argentina!?"
. Rosario, Santa Fe: Escuela de Artes Gráficas del Colegio San José. pp.
15, 71.
en
National Constituent Convention
(22 Augustus 1994),
Constitution of the Argentine Nation
Santa Fe
besoek op 9 Mei 2004
en
National Constituent Convention
(22 Augustus 1994),
Constitution of the Argentine Nation
Santa Fe
besoek op 9 Mei 2004
es
Ángel Rosenblat (1964).
El nombre de la Argentina
. Buenos Aires: EUDEBA – Editorial Universitaria de Buenos Aires. p.
78.
en
National Constituent Convention
(22 Augustus 1994),
Constitution of the Argentine Nation
Santa Fe
besoek op 9 Mei 2004
en
Gordon Bridger:
Britain and the making of Argentina
. Kindle e-boek-uitgawe. Southampton: WIT Press 2013, pos. 127
de
www.taz.de, 24 Februarie 2009:
Argentinien und die Schulden: Nicht zahlungsunfähig, zahlungsunwillig
. Besoek op 19 Julie 2009
de
www.stern.de:
Cristina Presidenta!
Besoek op 19 November 2007.
es
indexmundi.com:
Mapa Comparativo de Países > Petróleo – producción – Mundo
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Argentinië – Ekonomie
Geargiveer
20 April 2008 op
Wayback Machine
de
GTAI Germany Trade and Invest: Argentinien – Wirtschaftsdaten kompakt
[dooie skakel]
de
GTAI Germany Trade and Invest: Argentinien – Wirtschaftsdaten kompakt, Mai 2016. Besoek op 27 September 2016
Geargiveer
10 November 2016 op
Wayback Machine
de
GTAI Germany Trade and Invest: Argentinien – Wirtschaftsdaten kompakt, November 2016. Besoek op 22 Mei 2017
Geargiveer
28 November 2017 op
Wayback Machine
de
Germany Trade & Invest, 20 November 2013: Argentinien will seine Eisenbahnen modernisieren. Besoek op 15 Januarie 2014
Geargiveer
27 April 2014 op
Wayback Machine
es
Argentina Investiga: Historias de inmigrantes italianos en Argentina. Besoek op 15 Oktober 2019
de
Jürgen Osterhammel:
Die Verwandlung der Welt. Eine Geschichte des 19. Jahrhunderts
. Spesiale uitgawe. München: C.H. Beck 2011, bl. 238–239
en
Peter N. Williams, Ph.D:
Presenting Wales from A to Y. The People, the Places, the Traditions. An Alphabetical Guide to a Nation's Heritage
. Victoria, BC: Trafford 2003, bl. 79
en
Terry Breverton:
The Welsh. The Biography
. Stroud, Glos: Amberley Publishing 2012, bl. 274
de
Schillat, Monika:
Argentinien – Buenos Aires
. Ostfildern: Mairdumont 2006, bl. 13
es
"Argentina Decree Nº 17468 of 16 September 1953"
. Federación Argentina de Pato. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 11 November 2013
. Besoek op
16 Oktober
2012
en
Emma Middleton (11 Desember 2024).
"How will the 2030 World Cup work?"
BBC
. Besoek op
12 Desember
2024
Bronnelys
wysig
wysig bron
Algemeen
en
"Argentina"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
10 Desember
2023
en
"Argentina"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
10 Desember
2023
Ekonomie en demografie
de
Das große WELT Lexikon in 21 Bänden. Boekdeel 1: A-Atn
. Mannheim: Bibliographisches Institut & F.A. Brockhaus AG 2007
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Argentinië
en
Toerisme-inligting oor
Argentinië
op
Wikivoyage
nl
Argentinië
nl
Argentinië
es
Presidencia
– Amptelike presidensiële webwerf
es
Honorable Senado de la Nación
– Amptelike senaatswebwerf
es
Honorable Cámara de Diputados de la Nación
– Amptelike laerhuiswebwerf
es
'n Webpoort van die Kongresbiblioteek na die wêreld – Argentinië
en
Council on Hemispheric Affairs
Latyns-Amerikaanse inligting en ontledings
es
Amptelike nuusagentskap
Geargiveer
17 Junie 2013 op
Wayback Machine
en
South America Pictures
en
South America Map
af
en
es
Inligting in Afrikaans oor Argentinië se provinsies
en
Travelling in Argentina
– Die belangrikste plekke om te besoek
en
Expat Argentina
Webjoernaal
omtrent die lewe as 'n eks-Argentyn en ander kwessies in Argentinië
af
nl
Die Boerekolonie in Patagonië
– 'n Artikel met foto's oor die Boere in Argentinië
af
nl
Boeresports in Patagonië
– 'n Artikel met foto's oor die Boeresportsfees in Argentinië
Argentynse koerante
wysig
wysig bron
es
Clarín
, "Clarin", die gewildste koerant in Argentinië
es
La Nación
, "The Nation", 'n konserwatiewe koerant
es
Página/12
, voormalig 'n progressiewe Spaanstalige koerant, maar dit behoort nou aan Clarín.
es
InfoBae
, 'n regsgesinde koerant
es
La Nueva Provincia
, "The New Province", 'n konserwatiewe koerant van
Bahía Blanca
, 'n stad suid van Buenos Aires
de
Argentinisches Tageblatt
, 'n Duitstalige koerant
es
Diario La Capital
, 'n koerant van Rosario, Argentinië se derde grootste stad
es
La Voz Del Interior
, die koerant van Córdoba, Argentinië se tweede grootste stad
es
La Gaceta
, die koerant van Tucumán, die belangrikste stad in die noordwestelike streek
es
La Crítica
, die koerant van Tucumán
Chili
Bolivië
Paraguay
Brasilië
Chili
Uruguay
Atlantiese Oseaan
Argentinië
Chili
Suidelike Oseaan
Antarktika
Atlantiese Oseaan
Falkland-eilande
Lande en gebiede in
Suid-Amerika
Onafhanklike lande
Argentinië
Bolivië
Brasilië
Chili
Colombia
Ecuador
Guyana
Paraguay
Peru
Suriname
Uruguay
Venezuela
Afhanklike gebiede
Ecuador
Galápagos-eilande
Frankryk
Frans-Guyana
Verenigde Koninkryk
Falkland-eilande
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Lande van
Afrika
Asië
Europa
Noord-Amerika
Oseanië
Groep van Twintig (G20)
Argentinië
Australië
Brasilië
Duitsland
Europese Unie
Frankryk
Indië
Indonesië
Italië
Japan
Kanada
Meksiko
Rusland
Saoedi-Arabië
Suid-Afrika
Suid-Korea
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Volksrepubliek China
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Argentinië
Vatikaan
Israel
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
İslâm Ansiklopedisi
Internet Encyclopedia of Ukraine
Ontsluit van "
Kategorieë
Argentinië
Voormalige Spaanse kolonies
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Argentinië
Nuwe onderwerp
US