Gebruiker:Alias/Voorblad - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gebruiker:Alias
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia
Welkom
by
Wikipedia
- die gemeenskapsprojek wat 'n volledige veeltalige
ensiklopedie
skep. Daar is al miljoene artikels in
vele tale
asook
ander projekte
buiten die ensiklopedie.
Die weergawe in
Afrikaans
is opgestel in 2001 en bevat nou
128 774
artikels. Wat Wikipedia besonders maak is dat artikels gratis en vrylik beskikbaar is om te lees, redigeer en te versprei. Die inhoud van Wikipedia (en dus ook u bydraes) val onder die
GNU/FDL-lisensie
Artikel van die week
Mary Louise "Meryl" Streep
(gebore 22 Junie 1949) is 'n
Amerikaanse
aktrise. Sy word beskou as een van die veelsydigste akteurs van haar tydperk en is bekend vir haar tegniese presisie, praat in verskillende
dialekte
en professionele langlewendheid. Streep het 'n
BA
in lettere en wysbegeerte en 'n
MA
in
beeldende kuns
Haar artistieke proses behels dikwels die verfyning van haar karakers se dialoog sodat hulle motiverings 'n sielkundige diepte besit wat bo dié van tradisionele argetipes uitstyg. Benewens haar kreatiewe werk is sy 'n prominente kampvegter vir gendergelykheid, arbeidsbeskerming en 'n teenstander van die invloed van die
male gaze
, mans wat vroue in rolprente as seksvoorwerpe beskou.
Streep het haar professionele
verhoogloopbaan
in 1975 begin in
Trelawny of the Wells
en is die volgende jaar vir 'n
Tony
benoem vir
27 Wagons Full of Cotton
. Sy het in 1977 in haar eerste rolprent,
Julia
verskyn. In 1978 is sy vir 'n
Oscar
benoem vir haar rol in
The Deer Hunter
. Sy het die volgende jaar haar eerste Oscar gewen vir
Kramer vs. Kramer
. Sy het in die 1980's 'n vooraanstaande aktrise geword met rolle in
The French Lieutenant's Woman
(1981),
Sophie's Choice
(1982),
Out of Africa
(1985) en
A Cry in the Dark
(1988), waarvoor sy die
Cannes-prys
vir beste aktrise ontvang het.
Nadat Streep in die 1990's haar rolle uitgebrei het, het sy in die 2000's 'n nuwe vlak van kommersiële sukses behaal met rolle in prente soos
The Devil Wears Prada
(2006) en 'n sangrol in die blyspel
Mamma Mia!
(2008). Sy het terselfdertyd groot lof ingepalm vir haar dramatiese vertolkings in rolprente soos
Doubt
(2008) en
The Iron Lady
(2011), waarvoor sy haar derde Oscar gewen het.
Die pryse wat sy gewen het, sluit in drie Oscars, agt
Golden Globes
, twee
Baftas
, vier
Emmys
en twee Screen Actors Guild Awards. Sy is 'n ontvanger van die
Kennedysentrum-eerbewys
, die
Cecil B. DeMille-prys
en 'n ere-César van
Frankryk
. In 2014 het sy die Presidensiële Vryheidsmedalje gewen. Sy is meer as enige ander akteur vir 'n Oscar en Golden Globe benoem, onderskeidelik 21 en 34 keer. Sy het oor die jare in meer as 60 rolprente en 18 televisieprojekte verskyn.
...lees verder
Nog voorbladartikels...
Hierdie dag in die geskiedenis
24 April
: Gedenkdag aan die
Armeense volksmoord
1915
).
Hubbleruimteteleskoop
1967
– Die Russiese
ruimtevaarder
Wladimir Komarof
sterf aanboord
Sojoes 1
1970
– Die
Volksrepubliek China
lanseer hul eerste
satelliet
1975
– Die
Rote Armee Fraktion
blaas die
Wes-Duitse
ambassade in
Stockholm
op.
1984
Apple Computer
stel die Apple IIc draagbare
rekenaar
bekend.
1990
– Die
Hubble-ruimteteleskoop
word deur die
Discovery
-ruimtependeltuig
gelanseer.
nog uitgesoekte herdenkings...
Kategorieë
Geesteswetenskappe
Geografie
Geskiedenis
Kuns
Taal
Mense
Politiek
Religie
Sport
Tegnologie
Vervoer
Wetenskap
Sien ook
Alle hoofkategorieë
Diverse lyste
Alle artikels
Het u geweet ...
Hier word die werk gekoördineer vir die
interessante brokkies
op die voorblad onder die opskrif "Het u geweet?" Dit word outomaties op die voorblad ingesluit. Die werkswyse is as volg:
'n Interessante item word in 'n subblad van hierdie blad geskep. Sien die skakels onder vir die volgende beskikbare naam (kies die rooi skakel onder die laaste brokkie).
Elke item bevat slegs een brokkie wat bewoord word om die sin "Het u geweet ... " sinvol te voltooi. Dus behoort meeste inskrywings te begin met "... dat" ('n ellips en die woord 'dat'). Daarna 'n kort uitleg van die gegewe feit.
Die voorblad wys die inhoud van
Wikipedia:Interessante_brokkies/Voorblad
wat outomaties vyf willekeurige brokkies laai.
Items moet skakel na bestaande artikels. Dit sal help om die kultuur van bronverwysings te versterk. Teikenartikels moet van redelike kwaliteit wees en nie onder oorweging vir verwydering, NPOV of kopieregprobleme wees nie. Aangesien die artikel op die voorblad geadverteer word, moet dit netjies wees, maar hoef geensins volledig of voltooid te wees nie. Moenie kontroversiële of debateerbare sake behandel nie en gebruik feite wat maklik sal wees om na te spoor.
As jy 'n nuwe brokkie hieronder byvoeg, dan moet jy op
Wikipedia:Interessante_brokkies/Voorblad
die eerste nommer op elke lyn inkrement sodat dit een getal hoër is as die huidige bedrag brokkies. (b.v. as daar 130 brokkies is, dan moet die nommer 131 wees)
Die brokkies
Interessante brokkie 0
... dat die
Mercury-Redstone 1
ruimtevlug as die
vierduim vlug
bekend staan?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 1
... dat die oorspronklike benaming vir die eerste maand van die jaar (
Januarie
), die
Latynse
benaming is vir die
Romeinse god
Janus? Die vroeër benaming vir hierdie maand was "louwmaand" en dit stam uit die middel-Hollandse taal. In Holland word hierdie maandnaam nog gebruik, maar die Latynse benaming is meer algemeen.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 2
... dat die
Groot
en die
Klein Magellaanse Wolk
na
Ferdinand Magellaan
vernoem is, maar dat
Al Soefi
dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het? Hy verwys daarna in sy "Boek van sterre" wat uit
964
dateer.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 3
... dat
Noord-Sotho
nie 'n enkele taal is nie, al is dit 'n amptelike
taal van Suid-Afrika
? Dit is bloot 'n versamelnaam vir 'n klomp verwante tale, waarvan
Pedi
die grootste aantal sprekers het en die amptelike skryfwyse bepaal.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 4
... dat party stowwe se
smelt- en stoltemperature
nie ooreenstem nie? Alhoewel
seewierjellie
by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as
histerese
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 5
... dat
Tafelberg
die enigste aardkenmerk is waaraan 'n
sterrebeeld
se naam ontleen is?
Mensa
, wat "tafel" beteken, is 'n
sterrebeeld
van die
Suidelike Halfrond
wat taamlik laat afgebaken is en dus geen antieke
mitologie
het nie.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 6
... dat
water
sy hoogste
digtheid
by 4
°C
bereik? Hierdie eienskap is belangrik vir waterorganismes en kom in slegs twee ander stowwe voor.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 7
... dat u kan sien watter artikels na 'n spesifieke een toe skakel en
aanstuur
? Onder "gereedskap" (links) is "Skakels hierheen" beskikbaar wat hierdie inligting verskaf. Dit werk selfs vir artikels wat nog nie bestaan nie.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 8
... dat
Suid-Afrika
Finland
in
1939
bygestaan het in die
Winteroorlog
? Verskeie lande het Finland bygestaan en Suid-Afrika het 29
Gloster Gauntlet
-vliegtuie geskenk.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 9
... dat
Frans
deur honderdduisende mense as huistaal gepraat word in die
VSA
? Alhoewel miljoene Amerikaners van Franse herkoms is, het
Engels
Frans hoofsaaklik verdring en kan slegs 'n klein deel van die Franse nasate nog Frans praat.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 10
... dat
Suid-Afrika
die
VSA
gehelp het met intelligensie as deel van
ECHELON
? By die
Silwermyn Natuurreservaat
is
antennes
wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 11
... dat die profeet
Mohammed
in die gedeeltes van die
Koran
wat tydens die eerste vyf jaar van sy openbare bediening in
Mekka
opgeteken is, nie een keer die naam
Allah
gebruik het nie? In dié tyd het hy na
God
verwys as "Heer" of "Skepper" (Rabb).
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 12
... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam?
By die
Voorvoegselindeks
kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle
artikelname wat met "ek" begin
, opspoor.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 13
... dat sekere vroue in die
Victoriaanse tydperk
arseen
gemeng met
asyn
en kalk gedrink het? Dit is gedoen om hul gelaatskleur te verbeter en hulle velle ligter te maak as bewys dat hulle van 'n hoër stand is en nie in die landerye werk nie.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 14
... dat daar
ridders
was wat terselfdertyd ook
monnike
was? Die
Orde van die Tempeliers
was so 'n ridderorde.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 15
... dat die
Ellis Park-stadion
nie na
William Webb Ellis
vernoem is nie? Dit is vernoem na 'n Johannesburgse stadsraadslid mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die oprigting van die stadion beskikbaar gestel het.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 16
... dat die
Bastille
, een van
Parys
se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie? Dit is tussen 16 Julie 1789 en Oktober 1790 deur Pierre-François Palloy afgebreek.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 17
... dat die
kapibara
se idiomatiese naam, "watervark", 'n wanbenaming is? Dié dier is in werklikheid verwant aan die
muis
en die
rot
, en met lengtes tot meer as 130cm, is dit die grootste
knaagdier
ter wêreld.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 18
... dat
2006
as 'n
Mozart
-jaar gevier is? Mozart is 250 jaar tevore, op
27 Januarie
1756
gebore.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 19
... dat
Pretoriabrug
'n hefbrug in
Ottawa
Kanada
is? Dit is vernoem na Pretoriastraat wat in
1902
van Janestraat hernoem is om die
Britse
oorwinning in die
Anglo-Boereoorlog
te vier.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 20
... dat daar niks "suur" aan
suurstof
is nie? Die woord het ontstaan toe mense vroeër geglo het dat alle
sure
suurstof bevat.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 21
... dat
Manfred von Richthofen
, die Duitse vegvlieënier wat ook as die
Rooi Baron
bekend gestaan het, tydens die
Eerste Wêreldoorlog
tot 80 vyandelike
vliegtuie
afgeskiet het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 22
... dat 'n hartvorm (
) deur 'n
wiskundige
funksie geteken kan word? Die funksie staan bekend as 'n
kardioïed
en kan eenvoudig gedefinieer word in
poolkoördinate
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 23
... dat
broom
en
kwik
die enigste twee
elemente
is wat in suiwer vorm as 'n vloeistof by kamertemperatuur voorkom?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 24
... dat
Wikings
reeds 500 jaar voor
Christopher Columbus
Amerika
ontdek het? Hulle het 'n nedersetting by
L'Anse aux Meadows
op
Newfoundland
eiland
in
Kanada
gevestig.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 25
... dat daar geraam word dat meer as die helfte van alle
fotosintese
wat op aarde plaasvind nie vanaf plante afkomstig is nie, maar vanaf
bakterieë
en
alge
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 26
... dat die
Deense
wiskundige
Piet Hein
'n
superellipsvorm
gebruik het om die
Sergels Torg
-verkeersirkel in
Stockholm
Swede
te ontwerp?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 27
...
Samuel Morse
, die uitvinder van die
telegraaf
, vir burgemeester van
New York
gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 28
... dat die
Kaap Agulhasvuurtoring
by
Kaap Agulhas
wat op
1 Maart
1849
in gebruik geneem is, gebou is volgens die model van die
Pharos van Alexandrië
, een van die
Sewe wonders van die antieke wêreld
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 29
... dat die
meter
tussen
1960
en
1983
in terme van die lig wat van 'n
kripton
isotoop
af uitgestraal word, gespesifiseer is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 30
... dat die
chemiese element
en radioaktiewe edelgas
radon
, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, beskou word as die belangrikste oorsaak van longkanker naas sigaretrook? Jaarliks sterf meer as 40
000 mense wêreldwyd aan longkanker wat deur radon veroorsaak is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 31
... dat die eerste wêreldrekord deur 'n
Suid-Afrikaner
in
1883
deur die verspringer Izak Prinsloo op
Kerkplein
in
Pretoria
opgestel is? In dié tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 32
... dat die
Russiese
komponis
Dmitri Sjostakovitsj
die
DSCH
- musikale motief gebruik het om homself in musieknote voor te stel?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 33
... dat die
Groenpuntvuurtoring
die oudste vuurtoring in
Suid-Afrika
is? Dit staan op die noordwestelike punt van
Tafelbaai
in
Mouillepunt
Kaapstad
, en is in
1823
voltooi. Die rotsagtige Mouillepunt staan reeds eeue lank onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 34
... dat die
Kasteel die Goeie Hoop
in
Kaapstad
, wat tussen
1666
en
1679
deur die
VOC
gebou is, die oudste gebou in
Suid-Afrika
is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 35
... dat byna die hele
Kaapse Skiereiland
deel is van die
Tafelberg- Nasionale Park
? Dié natuurreservaat is in
1998
gestig en beslaan die
Tafelberg
-bergreeks.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 36
... dat
Clarens
in die
Oos-Vrystaat
vernoem is na Clarens, die noordwestelike stadswyk in
Montreux
Switserland
, waar president
Paul Kruger
van die
Zuid-Afrikaansche Republiek
oorlede is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 37
... dat die skrywer
J.R.R. Tolkien
op
3 Januarie
1892
in
Bloemfontein
gebore is? Sy pa is kort voor sy geboorte na Suid-Afrika verplaas, waar hy aan die hoof van 'n Britse bank gestaan het. Die toekomstige skrywer is egter op driejarige ouderdom terug na Engeland geneem.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 38
... dat
Helsinki
, die hoofstad van
Finland
, tot teen die einde van die
19de eeu
'n oorwegend
Sweedstalige
stad was? Vandag is Helsinki 'n tweetalige stad en praat 6,2% van sy inwoners Sweeds en 88%
Fins
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 39
... dat
Keulen
in
Duitsland
naas die
Franse
stad
Bordeaux
in die
13de eeu
die grootste uitvoerhawe vir wyn was?
Engeland
was een van die vernaamste bestemmings. Vandag is die stad beter bekend vir sy bier, Kölsch, wat ook die naam van die plaaslike dialek is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 40
... dat die
Millau-brug
naby
Millau
in die suide van
Frankryk
hoër is as die
Eiffeltoring
en net 40
meter korter as die
Empire State-gebou
? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 41
... dat
Montreal
in
Kanada
die tweede grootste
Franstalige
stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie
Quebec
en die tweede grootste in Kanada.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 42
... dat die
Indiese
politikus
Mahatma Gandhi
vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in
Durban
gewerk het? Hy was tussen
1893
en
1915
in
Suid-Afrika
woonagtig. Hier het hy die Natalse Indiese Kongres gestig, wat later met die
ANC
sou saamsmelt.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 43
... dat die
Wes-Kaapprovinsie
drie amptelike tale het? Die
amptelike tale
van die provinsie is
Afrikaans
Engels
en
Xhosa
en die
1998
-grondwet is in al drie tale beskikbaar. Volgens die 2011-sensus praat 49,7% van die bevolking Afrikaans, gevolg deur Xhosa (24,7%) en Engels (20,2%).
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 44
... dat 'n
eenvoudige hangbrug
se dek 'n
kettinglynvorm
volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n
parabool
en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 45
... dat die "Kop"-paviljoen by
Liverpool
se Anfield-stadion vernoem is in eerbied van die
Slag van Spioenkop
? 300
Britse
soldate het in die slag gesneuwel en 1
653 is gewond. Teenswoordig is dit die gewoonte in Engels om na enige steil paviljoen as 'n "kop" te verwys.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 46
... dat
Ellen Johnson-Sirleaf
die eerste vroulike president van 'n
Afrika
-land is? Sy is as president van
Liberië
ingehuldig op
16 Januarie
2006
. Op
9 November
2011
is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 47
... dat die
katedraal van Straatsburg
, met sy toring van 142 meter, wat in
1439
in
Straatsburg
voltooi is, sover bekend tot
1874
die hoogste gebou ter wêreld was?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 48
... dat die Normandiese dialek
Jèrriais
nog steeds op die
Kanaaleiland
Jersey
as omgangstaal gepraat word, alhoewel die eiland reeds sedert
1066
onder die Britse Kroon val?
Jersey
vorm egter nie deel van die
Verenigde Koninkryk
of die
Europese Unie
nie.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 49
... dat die
Toepolef Tu-144
van die
Sowjetunie
die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld was? Die eerste toetsvlug het op
31 Desember
1968
plaasgevind, enkele maande voordat die Frans-Britse
Concorde
vir die eerste keer opgestyg het.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 50
... dat
Asië
en
Noord-Amerika
op verskillende tye in die verlede deur die
Beringlandbrug
verbind is? Die laaste keer was tussen 22
000 en 7
000 jaar gelede.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 51
... dat 'n
eland
tot 1
000 kilogram kan weeg? Dit maak die eland die grootste van die
boksoorte
, alhoewel hy, nes die
buffel
, tot die subfamilie "beesagtiges" behoort.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 52
... dat 'n lid van die
Britse
koningshuis in
Suid-Afrika
gesterf het?
Prins Christian Victor van Sleeswyk-Holstein
het tydens die
Anglo-Boereoorlog
op
29 Oktober
1900
in
Pretoria
aan maagkoors gesterf.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 53
... dat
Winston Churchill
'n krygsgevangene in
Suid-Afrika
was? Tydens die
Anglo-Boereoorlog
is hy in Natal deur boeremagte gevang. Op
12 Desember
1899
ontsnap hy uit die
Staatsmodelschool
waar hy aangehou is en vlug te voet en per trein na
Lourenço Marques
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 54
... dat 'n deel van
Brasilië
vroeër aan
Nederland
behoort het?
Nederlands-Brasilië
was van
1630
tot
1654
'n Nederlandse kolonie wat van
Portugal
oorgeneem is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 55
... dat die
Republiek van Vermont
in
1777
die eerste geskrewe grondwet in
Noord-Amerika
aanvaar het? Dit het in
1791
as
Vermont
die 14de deelstaat van die
VSA
geword.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 56
Stokbrode
... dat 'n mens
baguettes
van gehalte in stede soos
Phnom Penh
in
Kambodja
kan koop? Kambodja was 'n protektoraat van
Frankryk
van
1863
tot
1953
en die Franse invloed is steeds te bespeur in die land se kookkuns, waar geroosterde baguettes dikwels saam met kerriegeregte geëet word.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 57
... dat die laaste moedertaalspreker van
Kornies
in
1780
gesterf het? Kornies is, soos
Wallies
en
Bretons
, 'n
Keltiese taal
van die Britonse groep. Dit is in
Cornwall
gepraat en pogings is in
1904
vir die eerste keer aangewend om die taal te laat herleef.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 58
... dat 'n groot aantal immigrante uit
Cornwall
in myne in
Suid-Afrika
kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die
ZAR
gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van
rugby
as 'n sport in Suid-Afrika.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 59
... dat die
Franse
sneltrein
TGV
die vinnigste
trein
ter wêreld is? Die trein bereik gereeld 'n
snelheid
van 320
km/h
, maar het in 'n toetsrit in
1990
'n rekordsnelheid van 515,3
km/h behaal.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 60
... dat 'n
Noord-Germaanse
of Skandinawiese taal vroeër in
Skotland
gepraat is? Op die
Shetland
- en
Orkney-eilande
en in Caithness op die vasteland is die uitgestorwe
Norn
gepraat. Nadat die eilande in die 15de eeu deur
Noorweë
aan Skotland teruggegee is, is dit deur
Skots
vervang.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 61
... dat die dorp
Roodepoort
wes van
Johannesburg
se naam verwys na die rooi grond wat so algemeen in die omgewing is? Die dorp het ontstaan nadat 'n goudmynkamp op 'n plaas met die naam "Roodepoort" gestig is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 62
... dat
Nkosi Sikelel' iAfrika
nie net die eerste deel van die
Suid-Afrikaanse volkslied
is nie maar ook deur ander lande gebruik word? Die lied, wat deur
Enoch Sontonga
gekomponeer is, is ook die volkslied van
Tanzanië
en
Zambië
en word ook in
Zimbabwe
en
Namibië
gesing.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 63
... dat daar 'n dorpie in die
Spaanssprekende
Venezuela
is waar
Duits
gepraat word en
koekoekklokke
gemaak word?
Colonia Tovar
het 'n groot aantal nasate van immigrante van die 19de eeu uit die
Kaiserstuhl
-gebied in
Duitsland
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 64
... dat
Arabies
saam met
Hebreeus
'n amptelike taal van
Israel
is? Daar is sowat een miljoen Arabiessprekende burgers in Israel. Arabies is die amptelike taal in 25 lande, die derde meeste naas Engels en Frans.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 65
... dat die
Lae Lande
deur 'n kaart wat soos 'n
leeu
lyk voorgestel kan word? Die
Leo Belgicus
is 'n gestileerde kaart van wat die Nederlande in die vorm van 'n leeu uitbeeld en die eerste weergawe is reeds in
1583
geskep.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 66
... dat daar reeds in
1951
aan die
Woordeboek van die Afrikaanse Taal
begin werk is? Dit is die grootste
woordeboek
wat
Afrikaanse
woorde beskryf en is steeds nie voltooi nie.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 67
... dat
magnesium
die
chemiese element
in die
periodieke tabel
is met die agste grootste verspreiding? Dié
aardalkalimetaal
beslaan ongeveer 2% van die
aardkors
en is die element wat die derde meeste voorkom in oplossing in seewater.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 68
... dat die
Franse
stad
Colmar
in
Elsas
48 jaar lank 'n
Duitse
stad was? Dit was van die
Pruisies-Franse
Oorlog in
1871
tot met die
Verdrag van Versailles
in
1919
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 69
... dat regeringstroepe in
Grenoble
in
Frankryk
op die vooraand van die
Franse Rewolusie
met dakteëls bestook is? Dit het in
1788
in die sogenaamde "Dae van die Dakteëls" plaasgevind.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 70
... dat die
koffiebone
waarmee
koffie
gemaak word nie regtig boontjies is nie? In werklikheid is hulle die sade van die vrugte van die
koffieplant
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 71
... dat
Ayrton Senna
die oggend op die dag van sy dood 'n vergadering van renjaers bygewoon het om veiligheid in
Formule Een
te bespreek?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 72
... dat
Cyril Ramaphosa
'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die
NUM
, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 73
... dat die
Hughes H-4 Hercules
, een van die grootste vliegtuie wat ooit vervaardig is, slegs een keer gevlieg het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 74
... dat
sterrestelsels
konstant in beweging is? Sommige stelsels, soos dié in die stelsel
Arp 87
, raak soms selfs in botsings betrokke.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 75
... dat
seelikkewane
die enigste likkewaan is wat gereeld onder seewater swem? Hulle duik tot 30 minute lank om seewier te vreet.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 76
... dat
Edmund Hillary
oorspronklik 'n
byeboer
was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berg te klim.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 77
... dat die plant
Welwitschia mirabilis
, wat tot 600 jaar oud kan word, slegs twee blare het? Die blare skeur die hele tyd tydens die plant se lewe en laat dit lyk asof hy baie blare het.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 78
... dat
goudvissies
nie so slegte geheue het as wat geglo word nie? Hulle kan geleer word om deur doolhowe te navigeer en kan na 'n paar maande hulle eienaars herken.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 79
... dat
Leonardo da Vinci
se
Mona Lisa
in
1912
uit die
Louvre
, in
Parys
gesteel is? In die drie jaar voor dit teruggevind is, is ses kopieë as die ware Jakob teen reuse pryse verkoop.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 80
... dat 'n mens se
hart
ongeveer 101
000 keer 'n dag klop? Tydens 'n gemiddelde leeftyd sal 'n hart ongeveer 400 miljoen liter bloed pomp.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 81
... dat die diepste myn ter wêreld in
Suid-Afrika
is? Die Mponeng-myn (voormalige
Western Deep Levels
-myn) in
Carletonville
is 3,5 km diep.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 82
... dat die wêreld se oudste restaurant in
Salzburg
in
Oostenryk
is? Die Stiftskeller St. Peter was oorspronklik 'n klooster wat reeds in
803
n.C. begin het om reisigers van maaltye te voorsien.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 83
... dat
speelkaarte
reeds in die
12de eeu
in
Persië
en
Indië
bekend was? 'n Pak kaarte het toe uit 48 kaarte bestaan, in plaas van 52.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 84
... dat die eerste
e-pos
in
1972
gestuur is?
Koninging Elizabeth
van
Brittanje
het reeds haar eerste e-pos in 1976 gestuur.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 85
... dat die
Skotse
uitvinder
John Logie Baird
reeds in 1926 in
Londen
die eerste publieke demonstrasie van 'n
televisie
gegee het? 10 jaar later was daar slegs 100 televisiestelle in die wêreld; vandag is daar meer as 1,5 miljard.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 86
... dat
Indië
die land is wat die meeste
rolprente
vervaardig? Die Indiese rolprentbedryf, waaronder ook
Bollywood
, vervaardig jaarliks 'n gemiddelde 800 rolprente, twee keer soveel as
Hollywood
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 87
... dat die
Britse
koningshuis hulle van twee keer verander het? Hulle het dit in
1917
van
Sakse-Koburg-Gotha
na
Windsor
verander, die naam van hulle
kasteel
. Tot in 1901 was hulle die
Huis van Hannover
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 88
... dat
radiogolwe
vinniger as klankgolwe beweeg? Tydens 'n regstreekse uitsending sal radioluisteraars duisende kilometers weg 'n stem hoor nog voor die mense wat agter in die opnamelokaal sit dit hoor.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 89
... dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die
Olimpiese Somerspele
Sokker-Wêreldbekertoernooie
Krieketwêreldbekertoernooie
Rugbywêreldbekertoernooie
en
Formule Een
is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 90
... dat die eerste
duikboot
reeds in
1620
gebou is? Die
Nederlandse
Cornelis Drebbel het een vir die Engelse koning gebou en in die
Teems
getoets.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 91
... dat die
Honderdjarige Oorlog
nie 100 jaar geduur het nie, maar 116 jaar? Daar was periodes van vrede tussenin en dit het geëindig met die verdrywing van Engelse magte uit Frankryk.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 92
... dat die
Kanariese Eilande
na honde vernoem is? Die oorspronklike
Latynse
naam,
Insularia Canaria
, beteken "Eiland van die honde".
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 93
... dat 'n mens se
are
blou lyk omdat die
bloed
daarin geen
suurstof
bevat nie? Are vervoer naamlik die bloed waarvan die suurstof reeds aan die verskillende liggaamselle afgelewer is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 94
... dat die
bedryfstelsel
Debian
na sy ontwikkelaar en dié se meisie vernoem is?
Ian Murdock
het dit na hom en sy vriendin Debra vernoem.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 95
... dat die
eendbekdier
die enigste giftige
soogdier
is? Die mannetjies het 'n giftige haak op die agterkant van hulle voete.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 96
... dat die
Skewe Toring van Pisa
nooit regop gestaan het nie? Kort nadat met die bou van die toring begin is, het die fondament oneweredig gesink. Die bouwerk is stopgesit en eers 100 jaar later hervat, maar die gebou het skeef bly staan.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 97
... dat daar absoluut niks tussen
en
13 September
1752
gebeur het nie? In hierdie maand is die
Juliaanse kalender
in Brittanje en sy Amerikaanse kolonies met die
Gregoriaanse kalender
vervang. Die nuwe kalender was 11 dae voor die ou een; dus het 14 September direk op 2 September gevolg.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 98
... dat slegs een van die oorspronklike
Sewe Wonders
steeds bestaan? Buiten die
Groot Piramide van Giza
het almal vergaan.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 99
... dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op
20 Julie
1969
het
Neil Armstrong
en
Buzz Aldrin
'n
Amerikaanse vlag
op die
maan
geplant wat tot vandag toe nog daar staan.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 100
... dat
varke
uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as die meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 101
... dat
Elisha Gray
sy
patent
vir die
telefoon
'n uur vóór
Alexander Graham Bell
geregistreer het? Na jare van regsgedinge het Bell die patent gekry.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 102
... dat
water
nie altyd by 100°
Celsius
kook nie? Hoe hoër bo
seevlak
'n persoon is, hoe laer die
kookpunt
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 103
... dat
Suid-Afrika
se
twaalf amptelike tale
relatief min is? Alhoewel hulle nie as amptelike tale erken word nie, kom 'n mens 710
tale
in
Indonesië
teë en 453 in
Indië
Zimbabwe
spog met 16 ampstale en
Papoea-Nieu-Guinee
is volgens
Ethnologue
die land met die meeste lewende tale, naamlik 840.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 104
... dat die eerste
fiets
, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 105
... dat die
Gautrein
se spoorwydte van 1 435 mm breër is as die standaardwydte van 1 067 mm van die Suid-Afrikaanse smalspoor? Dit is só gekies om die trein se stabiliteit te verseker teen sy topsnelheid van 160 km/h.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 106
... dat daar in Suid-Afrika twee
plaaslike munisipaliteite
met presies dieselfde naam is? Hulle is
Emalahleni in Mpumalanga
en
Emalahleni in die Oos-Kaap
. eMalahleni is ook die amptelike naam van
Witbank
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 107
... dat
Botswana
die mins korrupte land in
Afrika
is? Volgens Transparency International is dit naby lande soos
Portugal
en
Suid-Korea
gelys.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 108
... dat daar altesaam vier
seë
is wat in
Afrikaans
na
kleure
genoem is? Dit is die
Geel-
Rooi-
Swart-
en
Witsee
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 109
... dat daar moontlik meer as twee wêreldoorloë plaasgevind het? Sommige historici beskou ook die
Sewejarige Oorlog
en die
Napoleontiese Oorloë
as wêreldoorloë, omdat beide op verskille
kontinente
geveg is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 110
... dat in
Australië
en
Nieu-Seeland
meer
skape
as
mense
is? In Australië is daar 65,8
miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96
miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8
miljoen skape (2019) en 5
miljoen mense (2023).
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 111
... dat die
baardskeerder-spinnekop
nie 'n ware
spinnekop
is nie?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 112
... dat die doelhok in
sokker
2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 113
... dat 'n
springhaas
nie werklik 'n haas is nie, maar 'n
knaagdier
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 114
... dat die stigter van
Windhoek
Curt von François
, in
Königs Wusterhausen
, nou 'n stad in die
Duitse
deelstaat
Brandenburg
, oorlede is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 115
... dat Julius Richard Petri die eerste
mikrobioloog
was wat 'n moderne stelsel daargestel het om
bakterieë
te kweek met die ontdekking van die petribakkie?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 116
... dat geboue rondom die
Fullerton Hotel Singapoer
bo 'n sekere hoogte verbied word deur die plaaslike owerheid, sodat die historiese gebou direk vanaf die see waargeneem kan word?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 117
... dat
Nelson Mandela
18 jaar van sy totale 27 jaar tronkstraf op
Robbeneiland
deurgebring het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 118
... dat daar sowat 350
000
Han-Chinese
in
Suid-Afrika
woon? Die meeste van hulle is in
Johannesburg
en praat
Chinese tale
soos
Mandaryns
en
Hakka
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 119
... dat daar sedert 30 Januarie 2017 'n gemeenskaplike landgrens tussen die
Afrika-unie
en die
Europese Unie
is? Die twee klein
eksklawes
Ceuta
en
Melilla
van die EU-lidland
Spanje
grens aan die AU-lidland
Marokko
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 120
... dat die
Blohm & Voss BV 138
vliegboot
dieselaangedrewe
motors gebruik het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 121
... dat
Jane Elizabeth Waterston
die eerste vrou in
Suid-Afrika
was wat 'n mediese praktyk geopen het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 122
... dat
Tsutomu Yamaguchi
die enigste persoon is wat beide die
atoombomontploffings
op
Hirosjima
en
Nagasaki
oorleef het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 123
... dat
Hattie McDaniel
die eerste
Afro-Amerikaner
is wat 'n
Oscar
gewen het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 124
... dat
Swede
in 1712
30 Februarie
op
29 Februarie
laat volg het deur die Sweedse kalender af te skaf?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 125
... dat
Gladys Steyn
die eerste vroulike
advokaat
in
Suid-Afrika
was?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 126
... dat die
taalkundige
verhouding tussen
Fidjiaanse Hindi
en
Hindi
soortgelyk is aan dié tussen
Afrikaans
en
Nederlands
? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte
Awadhi
en
Bhojpuri
ontstaan, met verskeie
Engelse
en
Fidjiaanse
leenwoorde
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 127
... dat die
Namibiër
Rudie van Vuuren
die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee
sportsoorte
krieket
en
rugby
, aan 'n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die
Krieketwêreldbeker 2003
en die
Rugbywêreldbeker 2003
verteenwoordig.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 128
... dat die heel eerste artikel wat op die
Afrikaanse Wikipedia
geskep is,
Hindoeïsme
was? Dit was op 17 November 2001.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 129
... dat die voormalige dorp
Darlington
oorstroom is toe die
Darlingtondam
in die 1920's in die
Sondagsrivier
gebou is? Dit word nou deur die dam bedek.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 130
... dat
Rosamund Everard-Steenkamp
die eerste vrou is wat 'n
Spitfire
en straalvliegtuig gevlieg het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 131
... dat sedert die toetrede van
Finland
en
Swede
tot
NAVO
in onderskeidelik 2023 en 2024 al die
Skandinawiese
lande weer lede van een (en dieselfde) militêre alliansie is? Dit was laas die geval tydens die
Kalmarunie
wat in 1523 ontbind is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 132
... dat die
USS
Archerfish
die enigste
duikboot
is wat ooit 'n
vliegdekskip
gekelder het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 133
... dat
Baldwinstraat
in North East Valley,
Nieu-Seeland
volgens die
Guinness Wêreldrekords
die steilste straat ter wêreld is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 134
... dat
Kiribati
die enigste land op aarde is wat oor al vier die
hemisfere
strek: die
Noordelike
Suidelike
Westelike
en
Oostelike halfrondes
? Daarbenewens is dit een van die eerste bewoonde gebiede om die
nuwejaar
te vier.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 135
... dat die
DART
-ruimtetuig doelbewus geprogrammeer is om teen
Dimorfos
, 'n maan van die asteroïed
65803 Didumos
, te bots?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 136
... dat
Punt Nemo
die mees afgeleë plek op die
Aarde
is? Hulle naaste bure is die
Internasionale Ruimtestasie
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 137
... dat
Venus
'n gemiddelde oppervlaktemperatuur van 464 °C het?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 138
... dat die
snelheid
wat nodig is om heeltemal van die
Aarde
se swaartekragveld te ontsnap en in die interplanetêre ruimte te beweeg, ongeveer 11,2 km/s (40 300 km/h) is?
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 139
... dat die
North American X-15
op 3 Oktober 1967 die hoogste snelheid vir 'n bemande, kragaangedrewe vliegtuig van 7
274
km/h behaal het? Die rekord staan steeds.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 140
... dat die langste
insekte
stokinsekte
is? In Suid-Afrika is daar stokinsekte wat langer as 200
mm is.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 141
... dat
Bermuda
met 'n bevolking van sowat 60
000 die kleinste land of gebied is wat ooit vir 'n
krieketwêreldbekertoernooi
gekwalifiseer het? Dit oortref self
Tonga
se rekord vir
rugbywêreldbekertoernooie
(100
000) en
Curaçao
se rekord vir
Sokker-Wêreldbekertoernooie
(sowat 150
000).
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 142
... dat daar nie 'n
landingeslote land
in
Noord-Amerika
of
Oseanië
is nie? Die buurlande
Bolivië
en
Paraguay
is ook die enigste twee landingeslote lande in beide die
Amerikas
en die
Westelike Halfrond
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 143
... dat binne een-en-'n-half jaar drie vername vroue
wêreldbekertoernooie
in
Nieu-Seeland
beslis is? Dié land het die
Vrouerugbywêreldbeker 2021
(uitgestel na 2022), die
Vrouekrieketwêreldbeker 2022
(oorspronklik beplan vir 2021) en die
Vrouesokkerwêreldbeker 2023
(saam met
Australië
) gehuisves; al drie behoort tot die gewildste en suksesvolste vrouesportsoorte in Nieu-Seeland.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Interessante brokkie 144
... dat ná die
Korea-oorlog
dié skiereiland se ekonomiese landskap drasties verander het? Tydens en kort ná die
Japannese koloniale tydperk
het die ekonomie in die vrugbare
Suid-Korea
hom veral op landbou toegespits, terwyl die nywerhede veral in die ryk aan mineraalbronne
Noord-Korea
saamgetrek was.
Bekyk
Wysig
Geskiedenis
Aktueel
Geordin Hill-Lewis in 2023
Die
Tisza-party
onder
Péter Magyar
wen tydens die
Hongaarse
parlementsverkiesing 'n volstrekte meerderheid en beëindig 16 jaar se heerskappy deur
Viktor Orbán
se
Fidesz
-party.
Tydens die
Demokratiese Alliansie
se
Federale Kongres
is die
Kaapstadse
burgemeester
Geordin Hill-Lewis
tot nuwe leier verkies.
Die
IUBN
het die
keiserpikkewyn
se
bewaringstatus
op sy
rooilys
weens
aardverwarming
se uitwerkings na "
kritiek bedreig
" aangepas.
Die laaste kwalifiseringsplekke vir die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
, wat van 11 Junie tot 19 Julie in
Kanada
Meksiko
en die
Verenigde State
beslis word, is bespreek.
Sarah Mullally word die eerste vroulike
aartsbiskop van Kantelberg
en daarmee van die
Kerk van Engeland
Voortdurend:
Russiese inval in Oekraïne sedert 2022
Aanvalle op Iran
Soedanese burgeroorlog
Onlangs oorlede
Ruan Fourie
Albert Mazibuko
Afrika Bambaataa
Johnny Davids
Jan Wilkens
In ander tale
Met meer as 100
000 artikels
Engels (English)
Duits (Deutsch)
Frans (Français)
Pools (Polski)
Japannees (日本語)
Italiaans (Italiano)
Nederlands
Portugees (Português)
Spaans (Español)
Sweeds (Svenska)
Russies (Русский)
Sjinees (中文)
Noors (Bokmål)
Fins (Suomi)
Volapük
Romeens (Română)
Katalaans (Català)
Koreaans (한국어)
Tsjeggies (Česky)
Turks (Türkçe)
Oekraïens (Українська)
Hongaars (Magyar)
Esperanto
Slowaaks (Slovenčina)
Deens (Dansk)
Indoniesies (Bahasa Indonesia)
Arabies (العربية)
Viëtnamees (Tiếng Việt)
Met meer as 10
000 artikels
Hebreeus (עברית)
Litaus (Lietuvių)
Serwies (Српски/Srpski)
Sloweens (Slovensko)
Bulgaars (Български)
Esties (Eesti)
Nepalees (नेपाल भाषा)
Kroaties (Hrvatski)
Teloegoe (తెలుగు)
Cebuano (Sinugboanong Binisaya)
Galicies (Galego)
Thai (ไทย)
Grieks (Ελληνικά)
Persies (فارسی)
Noors (Nynorsk)
Maleisies (Bahasa Melayu)
Eenvoudige Engels (Simple English)
Baskies (Euskara)
Bosnies (Bosanski)
Bishnupriya Manipuri (ইমার ঠার/বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী)
Luxemburgs (Lëtzebuergesch)
Yslands (Íslenska)
Georgies (ქართული)
Albanees (Shqip)
Bretons (Brezhoneg)
Latyn (Latina)
Azerbaidjans (Azərbaycan)
Bengali (বাংলা)
Hindi (हिन्दी)
Marathi (मराठी)
Ido
Tagalog
Tale verwant aan Afrikaans
Fries
Limburgs
Nederlands
Nedersaksies
Pennsilvaans
Platduits
Ripoaries
Seeus
Wes-Vlaams
Ander Suider-Afrikatale
Shona
Sotho
Swahili
Swati
Tsonga
Tswana
Venda
Xhosa
Zoeloe
Ander tale
Abchasies
Afar
Akana
Alemannies
Amhaars
Angelsaksies (Anglo-Saxon)
Aragonees (Aragonés)
Armeens
Basjkirs (Башкортса)
Gaelies
Guarani
Interlingua
Javaans
Jiddisj (ייִדיש)
Joroeba
Kasjoebies
Kanarees/Kannada
Kasjmiri
Korsikaans (Corsu)
Koerdies (Kurdî)
Letties (Latviešu)
Malajalam/Malabaars (മലയാളം)
Malgassies
Maoritaal
Masedonies (македонски)
Nahuatl
Napolitaans (Nnapulitano)
Nauruaans
Oksitaans
Pasjtoe
Punjabi
Sanskrit
Serwokroaties
Sisiliaans
Tamil (தமிழ்)
Tataars
Tibetaans
Tok Pisin
Turkmeens
Oerdoe (اردو)
Waals (Walon)
Wallies (Cymraeg)
Witrussies (Беларуская)
volledige lys
Susterprojekte
Meta-Wiki
Koördinasie van al die Wikimediaprojekte
Commons
Versameling van multimedialêers
Wikiwoordeboek
Woordeboek
Wikiboeke
Boeke en handleidings
Wikispesies
Spesiegids
Wikibronne
Vrye brondokumente
Wikiquote
Versameling van aanhalings
Wikinuus
Vrye nuus
Ontsluit van "
Kategorie
Voorblad
Gebruiker
Alias/Voorblad
Nuwe onderwerp