Gebruikerbespreking:Wordscape - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jongste opmerking:
1 jaar gelede
deur Oesjaar in onderwerp
Afrikaans?
Ek is met langtermyn studieverlof en spandeer meeste van my tyd op my twee plase in die Wes-Kaap deesdae, terwyl ek werk aan my
nuwe publikasies
. Verskoon dus maar stiltes van wisselende duur.
+ Begin 'n nuwe gesprek
Argiewe:
Welkom!
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Hallo
Wordscape
hartelik welkom
op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in
Wikipedia
. Ons werk hier aan die ideaal van 'n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die
Afrikaanse Wikipedia
bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds
128 778
artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers 'n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak, vóór jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons
Sandput
besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers
vry voel om hulle gang te gaan
, maar dit doen natuurlik geen kwaad om 'n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons
Geselshoekie
, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
___
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
___
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
___
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
___
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
___
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
___
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? 'n opskrif? tabelle?
___
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook 'n paar dinge wat ons nié hier doen nie
___
Beelde
As jy jou kiekies wil oplaai
___
Beleefdheid
Ken jou maniere
___
Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel
Soms sê die naam alles
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so 'n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met
~~~~
of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.
Groete
Adriaan90
Bespreking
Bydraes
22:45, 13 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
{User grc-2}}
vs.
{Gebruiker grc-2}}
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
3 opmerkings
1 mens in gesprek
Hallo daar. Ek gaan die Engelse titelweergawe van hierdie sjabloon (waaarvan, glo ek, die Afrikaanse weergawe presies dieselfde doel het?) vir skrapping lys. Sal jy asb. so gaaf wees om eerder die Afrikaanse titel van die sjabloon te gebruik? Ons gebruik gewoonlik nie Engelse woorde soos "user" vir ons gebruikersboksies (of Engelse woorde vir enige ander doeleinde op die Afrikaanse Wikipedia) nie. Jy kan dit skuif of knip-en-plak. Ek sal dit so teen more of so skrap. As dit nog nie geskuif is nie, sal ek solank al die info op die Engelse sjabloon op die Afrikaanse een plak en dit dan skrap. Ek sal ook vir jou hier oor die skrapping inlig. Baie dankie vir jou bydraes, ek hoop jy geniet dit hier.
Groete
Adriaan90
Bespreking
Bydraes
11:31, 15 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Hey, so ook vir
{User Physics Subject}}
{User degree/PhD subject}}
{User writer}}
kan jy hierdie na Afrikaanse titels skuif?
Groete
Adriaan90
Bespreking
Bydraes
12:26, 15 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Ek het nou al die Engelse sjablone na Afrikaanse titels geskuif. Moet asb. nie weer sjablone met Engelse name skep nie - dit moet eerder Afrikaans wees.
Groete
Adriaan90
Bespreking
Bydraes
13:39, 15 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Subsaadjie
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
2 opmerkings
1 mens in gesprek
Haai, Wordscape.
Ek sien jy is besig om
Sjabloon:Sub-Saadjie
te skep, wat ek aanneem dieselfde bedoeling het as die Engelse
en:Template:Expand-section
? Ons gebruik egter met rede nie hierdie kennisgewing nie (en ook baie van die ander nie). Die konsensus van die gemeenskap is dat hulle onooglik is, die artikel se gesag ondermyn en nie lei tot 'n oplossing nie.
Anrie
kontak
17:17, 16 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Ek het jou
hier
geantwoord.
Anrie
kontak
18:51, 16 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Leë sjablone
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Jammer om jou so gou weer te pla, maar ek noem maar dinge soos ek dit raaksien, anders vergeet ek hulle. Jy het nou al 'n paar sjablone geskep waarvan jy die inhoud later toe heeltemal verwyder het. Gaan jy hierdie sjablone nog gebruik? Indien nie, kan jy hulle merk met
{{skrap|rede}}
, waar jy "rede" met die rede vir skrapping vervang. Hierdie sjabloon kan by enige bladsy gebruik word wat vir spoedige verwydering kwalifiseer. Groetnis,
Anrie
kontak
18:57, 16 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Johan Heyns
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Haai, Wordscape
Dit blyk dat jou artikel oor Johan Heyns 'n vertaling van die Engelse Wikipedia-artikel met dieselfde naam is. Jy het egter nie melding daarvan gemaak in jou wysigingsopsomming (
edit summary
) nie, wat beteken dat jy nou as die oorspronklike outeur van die eerste weergawe van die teks aangeteken staan. Dit is ongelukkig plagiaat en teenstrydig met die voorwaardes van die GFDL (waaronder die ensiklopedie verskyn).
Dit klink miskien vreeslik (en vreeslik ingewikkeld), maar is maklik om te voorkom. Wanneer jy 'n artikel vertaal moet jy asb. die oomblik wanneer jy jou bronteks (die oorspronklike teks) hier stoor, in jou wysigingsopsomming noem "plaas bronteks vanaf
vir vertaling" of iets in die voege. Sien byvoorbeeld die wysigingsgeskiedenis van die artikel
Titanic
, dan kan jy sien hoe 'n ander gebruiker dit gedoen het.
Ek weet dit voel miskien nou asof 'n miljoen dinge tegelykertyd op jou neerkom, maar soos ek bo gesê het, ek noem die dinge soos dit voorkom. Dankie in elk geval vir 'n goeie artikel!
Anrie
kontak
11:03, 17 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Verwydering van inhoud
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Haai, Wordscape
Ek weet nie wat jy
hier probeer doen het
nie, maar ek het dit teruggerol. Mens kan nie sommer inhoud geheel en al uit 'n artikel verwyder nie - veral nie as ander mense ook reeds aan die artikel bygedra het nie.
Anrie
kontak
12:37, 17 Junie 2009 (UTC)
Beantwoord
Bronne
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Haai, Wordscape
Goed om jou weer terug te sien. Ek merk dat jy aan nuwe artikels werk en wil graag, terwyl hulle nog in die "besig"-rakkie lê, 'n vraag stel. Hoe bedoel jy dat daardie lang lys joernaliste jou bronne was? Ek neem aan dat jy inligting uit 'n artikel gebruik het wat deur hulle geskryf is - in daardie geval kan jy die artikel aanhaal (naam van artikel, joernalis, koerant en datum). Sien byvoorbeeld heel onderaan
Krugerstandbeeld
waar koerantartikel aangehaal is. Ek's nog net vandag en môre hier, dus as jy hierdie eers Maandag of later lees en jy vrae het, kan jy hulle in die
Geselshoekie
stel. Sterkte met die artikels!
Anrie
kontak
08:32, 25 Julie 2009 (UTC)
Beantwoord
Ek wag net vir die in -en uitplof navigasiefunksie om te werk op die Afrikaanse Wiki voor ek van die artikels begin publiseer. Ek het 'n ander "sitaat: koerant" sjabloon geskep (en ander subsitaat sjablone soos video, toespraak, e.a.) wat nie die "<" en ">" wys nie. Die bestaande sjabloon dupliseer ook data. Dankie.--Wordscape 14:31, 28 September 2009 (UTC)
Infodoos film
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Haai, Wordscape. Ek weet nie of jy daarvan bewus is nie, maar daar bestaan reeds 'n
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ....
Anrie
kontak
21:06, 4 Oktober 2009 (UTC)
Beantwoord
dankie Anrie, ek weet daarvan. Sjabloon:"Inligtingskas film" en ander sjablone wat op die verwerkte
Afrikaanse weergawe
van die
Engelse moederbron
gebaseer is beskik nie oor alle vermoëns (beide struktureel, stilisties en funksioneel) om sjablone wat tabelle en rye gebruik te akkommodeer nie. Enige wysiging aan die bestaande Sjabloon:Inligtingskas sal egter bestaande skakels beïnvloed. --Wordscape 21:39, 4 Oktober 2009 (UTC)
Sjabloon
wysig bron
Nuutste opmerking:
16 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
Die skakel in jou sjabloon is dood.
Jcwf
kontak
21:28, 4 Oktober 2009 (UTC)
Beantwoord
Hallo Jcwf. Na watter sjabloon verwys jy? Voorsien my asseblief van die permanente skakel daarheen. As jy praat van sjablone onder my verbruikersprofielblad, wees bedag dat dit almal sjablone is wat nog onder konstruksie is. Ek publiseer die finale weergawes op die standaard sjabloonruimte wat meestal deeglik getoets is. Sjablone wat ek besig is om te skep het soms afhanklike sjablone wat eers geskep moet word alvorens hulle werk en mag dus probleme verskaf as hulle voortydig gebruik word. As ek die skakel na die spesifieke sjabloon ontvang waarna jy verwys, gee ek dadelik aandag daaraan. Baie dankie! --Wordscape 21:50, 4 Oktober 2009 (UTC)
Afrikaans?
wysig bron
Nuutste opmerking:
1 jaar gelede
1 opmerking
1 mens in gesprek
As jou moedertaal Afrikaans is, hoekom is jou Gebruikersblad in Engels? Groete!
Oesjaar
kontak
15:31, 20 Maart 2025 (UTC)
Beantwoord
Ontsluit van "
Gebruikerbespreking
Wordscape
Nuwe onderwerp
US