Italië - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Italiaanse Republiek
Repubblica Italiana
Italiaans
Vlag
Wapen
Volkslied
Il Canto degli Italiani
Italiaans
vir: "Die Lied van die Italianers")
Hoofstad
Rome
41°54′N
12°29′O
41.900°N 12.483°O
41.900; 12.483
Grootste stad
Rome
Amptelike
tale
Italiaans
Regering
President
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike
republiek
Sergio Mattarella
Giorgia Meloni
Onafhanklikheid
Vorming
• Unifikasie
• Republiek
• Huidige grondwet
17 Maart
1861
2 Junie
1946
1 Januarie
1948
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
301
340
km
71
ste
116
350 myl
1,24 (2015)
Bevolking
- 2023-skatting
- 2011-sensus
Digtheid
58
916
404
25
ste
59
433
744
201,3 / km
71
ste
521,4 / myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2024
-skatting
$3
287
miljard
13
de
$56
016
(30
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2024
-skatting
$2
284
miljard
ste
$38
926
(26
ste
MOI
2021
0,895
30
ste
baie hoog
Gini
2022
32,7
medium
Geldeenheid
Euro
(€) (
EUR
Tydsone
Somertyd
MET (
UTC
+1
MEST (
UTC
+2
Internet-TLD
.it
Skakelkode
+39
Portaal
Europa
Italië
Italiaans
Italia
, [iˈtaːlja],
luister
hulp
inligting
), amptelik die
Italiaanse Republiek
Repubblica Italiana
, [reˈpubblika itaˈljaːna]), is 'n
land
in
Suid-Europa
wat – naas die
Povlakte
in Noord-Italië – grotendeels uit die stewelvormige Appenyne-
skiereiland
sowel as twee groot eilande in die
Middellandse See
bestaan:
Sisilië
(Sicilia) en
Sardinië
(Sardegna). Daarbenewens behoort kleiner eilande in die Middellandse See soos
Capri
en
Elba
ook tot Italië. Die land het 'n gematigde Sentraal-Europese klimaat in die noorde en 'n Mediterreense in die suidelike landsdele.
Nasa
-Satellietbeeld van Italië in Maart 2003
Die Alpynse meer Lago Maggiore op die grens tussen Italië en Switserland
Jong meisies in die tradisionele kleredrag van Ovodda, Sardinië
'n Lamborghini Gallardo van Italië se padpolisie en snelwegpatrollie
Polizia Stradale
(wat deel uitmaak van die Staatspolisie of
Polizia di Stato
Aan die noordekant word dit begrens deur die
Alpe
, en grens aan
Frankryk
in die noordweste,
Switserland
en
Oostenryk
in die noorde en
Slowenië
in die noordooste. Suid van die Italiaanse vasteland is die
eilandstaat
Malta
geleë wat nie deel uitmaak van Italië nie.
Dikwels word Italië as 'n land van besondere skoonheid beskryf – met 'n veelvuldigheid aan landskapsvorme. Die noorde van die land word deur die ruwe bergwêreld van die Alpe beslaan. Die hoogste bergpieke is in die Monte Rosa-massief langs die grens met Switserland en in die Mont Blanc-massief in die Frans-Italiaanse grensgebied geleë. Net suid van die westelike Alpe het
gletsers
diep valleie in die bergrotse gesny en 'n Alpynse landskap van mere geskep wat suidwaarts tot die Povallei en die
Piëmont
strek.
Toskane
, 'n historiese landskap in westelike Sentraal-Italië, is een van die belangrikste kultuurlandskappe van Europa met 'n ryk geskiedenis. As kernland van die
Renaissance
het dit kulturele invloed ver buite Italië se grense uitgeoefen. 'n Tweede groot bergreeks, die Appenyne, strek vanaf die die Sentraal-Alpe suidwaarts. In die omgewing van Rome strek dit oor byna die hele wydte van die Italiaanse stewel-skiereiland. Dit vernou in Suid-Italië waar twee wye kusvlaktes aan weerskante van die berge geleë is – een langs die
Tirreense See
, die ander langs die
Adriatiese See
Groot dele van die suidelike Appenyne het as byna ongerepte wildernis bewaar gebly. Hierdie landskap is die habitat van dierspesies wat elders in Europa nog nouliks aangetref word, soos
wolwe
en
bere
. Tektonies is die suidelike Appenyne-bergwêreld een van die mees onstabiele streke in Europa met aktiewe
vulkane
, waaronder die majestueuse
Vesuvius
wat 'n konstante bedreiging vir die miljoenestad
Napels
en eilande in die
Golf van Napels
inhou. Wes en suidwes van Italië is die land se twee grootste eilande geleë, Sardinië en Sisilië.
Vanaf die eerste 1ste eeu v.C. tot die 5de eeu was Italië in 'n enkele ryk verenig, die Romeinse Ryk. Italië se besonderse topografie het vervolgens oor eeue heen die politieke geskiedenis en geografie van die land bepaal. Die bou van paaie is deur ontoeganklike bergterrein belemmer sodat kommunikasie, handel en ander betrekkinge tussen die verskeie landsdele dikwels tot 'n minimum beperk was. In Italiaanse stede en streke is sodoende 'n sterk onafhanklike gees geskep. Stadstate soos
Venesië
en
Genua
het hulle liewer tot die see gewend om handel met ander Mediterreense gebiede te dryf. Elke streek het sy spesifieke dialek van Italiaans en sy eie kookkuns ontwikkel.
Nog in 1847 was die land in politieke opsig verdeel in agt onafhanklike state en kon die Oostenrykse staatsman en minister van buitelandse sake
Klemens von Metternich
sy beroemde en omstrede uitspraak doen waarvolgens Italië eintlik geen nasie was nie, maar net
une expression géographique
, 'n suiwer geografiese term,
terwyl die Italiaanse skrywer
Umberto Eco
in 'n onderhoud met die Franse
dagblad
Le Monde
taal as die band beskryf het wat die verskillende streke van Italië en hul bewoners saamsnoer.
In teenstelling met lande soos byvoorbeeld Frankryk,
Engeland
en Duitsland, wat reeds vroeg in hul geskiedenis as eenheidstate gevestig het, is die verskillende landsdele van Italië eers betreklik laat met die 19de eeuse Risorgimento-beweging in 'n gemeenskaplike monargie verenig, wat tussen 1861 en 1946 deur die
Huis van Savoje
regeer is. Vinnige industrialisering het bygedra tot die land se nuut verworwe status as een van Europa se
groot moondhede
wat vanaf die 1880's 'n koloniale ryk in
Noord-
en
Oos-Afrika
gevestig het.
Groot verliese is in die Eerste Wêreldoorlog gely waarin Italië tussen 1915 en 1918 aan die kant van die geallieerdes teen die
Duitse Keiserryk
en
Oostenryk-Hongarye
geveg het. Alhoewel die staatsgebied met die insluiting van
Suid-Tirol
vergroot is, het sosiale en politieke onluste 'n klimaat geskep wat die weg gebaan het vir die magsoorname deur die
fascistiese
beweging onder
Benito Mussolini
in 1922.
As bondgenoot van die Spilmoondhede, die
Duitse Ryk
en
Japan
, gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Italië 'n verpletterende neerlaag gely. Koloniale besittings in Afrika het hierna verlore gegaan, terwyl 'n klein gebied in die noordooste aan
Joego-Slawië
afgestaan moes word. In Junie 1946 is die monargiese regeringstelsel in 'n referendum verwerp en die Republiek Italië geproklameer.
Italië is 'n stigterslid van die
Europese Unie
en die
NAVO
asook 'n lidland van die
Verenigde Nasies
. Dit maak deel uit van die
Eurosone
Etimologie
wysig
wysig bron
Die oorsprong van die woord
Italia
is onbekend, maar dit is minstens 3000 jaar oud.
10
Aanvanklik het hierdie term na 'n klein streek in die suide van Italië verwys en toe ook die suidelike
Apennyne
en later die hele skiereiland ingesluit. Taalkundiges en historici het al verskeie hipotese opgestel, waarvan een sê, dat die woord van die antike volk Italiker (
Italus
) afgelei is, op sy beurt afkomstig van
vitulus
, wat kalf beteken.
11
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Voor- en Vroeë geskiedenis
wysig
wysig bron
Die Chimera van Arezzo, van die bekendste voorbeelde van
Etruskiese
kuns (5de eeu v.C.)
Matera met sy Neolitiese
Sassi
word as een van die oudste stede wêreldwyd beskou
12
Die Geskiedenis van Italië met 'n
hominiede
vestiging op die Apennyne-skiereiland en die omliggende eilande is minstens 1,3 tot 1,7 miljoen jaar oud; die
moderne
mens
het sowat 43
000 tot 45
000 jaar gelede in Italië verskyn en duisende jare lang langs die
Neanderdaller
geleef. Tot in die 6de eeu v.C. het jag, visvang en versammel die grondslag van die bestaan gevorm.
Teen 6100 v.c. het eerste groeperings van buite die skiereiland, glo van oorsese gebiede soos Suid-
Anatolië
en die
Nabye Ooste
landbou
saamgebring en die
jagter-versamelaars
verdring. Gedurende die 2de eeu v.C. het vir die eerste keer uit dorpies eerste stadagtige nedersettings geword en die samelewings het eerste duidelike spore van hiërargieë getoon.
Die uit skriftelike bronne bekende geskiedenis van Italië skop eers na die vestiging van Italiese volke af. Nes hulle het die
Etruskiese kultuur
, wie se herkoms onbekend is, rondom 600 v.C. 'n bloeitydperk beleef. Gedurende die 8ste eeu v.C. het die
Griekse kolonisasie
van die Suid-Italiaanse vasteland en Sisilië begin, en langs die weskus van dié eiland het die
Fenisiërs
hulle gevestig. Hierdie kolonies het later tot
Kartago
behoort.
Antieke tydperk
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Romeinse Ryk
Die
Colosseum
in Rome; opgerig in 80 n.C.
Die
Romeinse Ryk
rondom 117 n.C.
Reeds voor die Romeinse tydperk was Italië, veral Sentraal- (
Etrurië
) en Suid-Italië (
Magna Graecia
), 'n belangrike Europese kulturele sentrum. Vanaf die 4de eeu v.C. het die Romeinse uitbreiding begin, in 146 v.C. is beide
Korinthe
en Kartago verniel, die verowering van die Mediterreense gebied, later ook dele van Sentraal- en Noord-Europa het kulturele invloede en mense uit die hele ryk en die aangrensende gebiede na Italië gebring. Die skiereiland het die sentrum van die Romeinse Ryk gevorm en met klein uitsonderinge tot die ontbinding van die
Wes-Romeinse Ryk
in 476 gebly. Daarmee het 'n verandering in die landbou-ekonomiese basis gepaard gegaan, wat aanvanklik uit
boere
bestaan en tot 'n stelsel van 'n wye Latifundien op die grondslag van
slawerny
ontwikkel het. 'n Digte padnetwerk het die groeiende stede met mekaar verbind, waarvolgens die ruil van goedere, maar ook die afhanklikheid van eksterne goedere, soos Noord-Afrikaanse
koring
en
olyfolie
, gegroei het.
In die laat oudheid het nes slawerny en die vrye boere nuwe stelsels soos die heffing aan die grond – Kolonat – verskyn, alhoewel nog rondom 500 tussen vrye en onvrye Kolonen onderskei is. Gedurende die 4de eeu n.C. is die
Christendom
tot amptelike godsdiens verhef.
Oor eeue heen was Italië die spilpunt van die Romeinse Ryk. In 41 v.C. is die Italiaanse kernland, wat voorheen tot die
Rubicon
by
Rimini
gestrek het, met die provinsie
Gallia Cisalpina
uitgebrei. Sisilië en Sardinië (asook Korsika) is eers later deur
Diocletianus
se herbelyning by die Moederland Italië (
Dioecesis Italiae
) bygevoeg.
Middeleeue
wysig
wysig bron
Piazza San Marco in
Venesië
Ysterkroon van die konings van Italië
Na die inval van die
Gote
en die
Lombarde
(410 en 568) het die land in verskeie heerskappye verval. In die 8ste en 9de eeu, veral onder
Pepyn die Korte
en
Karel die Grote
, het die
Franke
Italië oorheers, maar onder Karel se opvolgers het 'n aparte Koninkryk Italië begin ontwikkel. Vanaf Otto die Grote se bewind het Italië oorwegend tot die
Heilige Romeinse Ryk
behoort, terwyl die suide vir 'n lang tydperk deel van die
Bisantynse Ryk
was. In 827 het egter
Arabiere
Sisilië en dele van Suid-Italië verower.
In die 11de eeu het oor dekades heen die Normanne Suid-Italië verower. Met die groei van beide handel en verkeer het veral die stede van Noord-Italië in die 11de eeu meer en meer onafhanklik geword. Die Normanne en die meeste Noord-Italiaanse stede het tydens die
Investituurstryd
tussen 1076 en 1122 die
pous
ondersteun.
Met die ondergang van die Staufer-dinastie het in 1268 hul pogings om die dalende gesag van die ryk in Italië te hernu, misluk, alhoewel Hendrik VI die Suid-Italiaanse Normandiese Ryk deur huwelik bygekry het. Vanaf 1268 was in Suid-Italië die Franse Anjou-dinastie aan bewind. Die Noorde is deur amper selfstandige stede, wat formeel tot die Heilige Romeinse Ryk behoort het, oorheers.
Renaissance
wysig
wysig bron
Die
Katedraal van Florence
is van die bekendste bakens van die Renaissance
Italië rondom 1494
In die Italië van die laat 14de eeu het die
Renaissance
begin verskyn; die 15de en 16de eeu word as kernperiode beskou. Die wesenskenmerk was die herlewing van die antieke gees en die
Humanisme
was die oorheersende geestelike beweging. Dit het met 'n herorientasie van die wetenskap van 'n teosentriese na 'n antroposentriese aanskouing gepaard gegaan.
Gedurende die 14de en 15de eeu het magte met 'n groot ekonomiese en kulturele voorsprong verskyn. Van die vernaamstes was die Hertogdom Milaan, die
republieke Venesië
Genua
en
Florence
, die Koninkryk Napels en die Pouslike Staat, maar ook
Ferrara
en
Mantua
. Hierdie stede het in wisselende koalisies politieke mag en hulpbronne van die Italiaanse skiereilande onder mekaar verdeel en 'n relatief hoë vlak aan politieke vryheid gewaarborg, wat tot nuwe wetenskaplike en kulturele inspirasies gelei het. Die groot fortuine, wat deur handel ontstaan het, het groot openbare en private kunsprojekte vergemaklik. Daarbenewens het die ontwikkeling van die pragmatiese geletterdheid reeds in die vroeë 13de eeu 'n opswaai beleef, wat die korrespondensie van die koopmans aangespoor en die geletterdheid laat groei het, waardeur meer en meer mense geletterd geword het.
Gedurende die 15de eeu was Italië onder die mees verstedelikte gebiede in Europa.
Moderne tyd
wysig
wysig bron
16de tot 18de eeu
wysig
wysig bron
Kaart van die Napoleontiese Koninkryk Italië in 1807
Italië rondom 1796
Die agteruitgang van Italië het onmiddellik na die ontdekking van die
Amerikas
in 1492 begin, aangesien die handelsbedrywighede van die Wes-Europese lande na die oorsese kolonies verskuif het, ook weens die oorheersing van die Middellandse Meer deur die
Ottomaanse Ryk
. In politieke opsig het Italië onder die invloed van ander magte gekom. Gedurende die 16de eeu het Frankryk en Spanje om die oppergesag oor die skiereiland meegeding. Die Slag by Pavia in 1525 het tot die oorheersing van Spanje gelei, wat Suid-Italië en Lombardye verower het. In 1797 is uit die Cispadaniese Republiek en die Transpadaniese Republiek die Cisalpiniese Republiek gevorm, wat in 1805 ontbind is.
In 1796 het
Franse Rewolusietroepe
Noord-Italië verower. In 1805 het
Napoleon Bonaparte
homself in Milaan tot Koning van Italië gekroon. Na die
Slag van Waterloo
in 1815 het Italië onder die invloedsfeer van die
Keiserryk Oostenryk
en later
Oostenryk-Hongarye
geval. Gedurende die langste tydperk tussen die 16de tot die vroeë 19de eeu was Italië onder die gesag van ander magte.
19de eeu
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Unifikasie van Italië
Bersaglieri
(Italiaans vir "skutte") verower Rome en voltooi daarmee die Unifikasie van Italië, September 1870
Giuseppe Garibaldi
(links) ontmoet op 26 Oktober 1860 Koning Victor Emmanuel II by Teano
Die Italiaanse nasionale beweging in die 19de eeu word dikwels
Risorgimento
(Italiaans vir: "herlewing") genoem. Onder leiding van die
Huis van Savoje
, konings van Sardinië-Piëmont, en aangedryf deur vrywillige troepe onder
Giuseppe Garibaldi
is gedurende drie onafhanklikheidsoorloë (1848 tot 1870) Italië verenig. Op 17 Maart 1861 is Victor Emmanuel II in
Turyn
as koning van Italië geproklameer. In 1865 is die hoofstad na Florence verskuif. In 1866 is na die derde onafhanklikheidsoorlog die voorheen Oostenrykse
Veneto
en
Frioelië
by die Koninkryk Italië ingelyf.
Rome
is in September 1870 verower en het in 1871 die Italiaanse hoofstad geword. Daarbuite het Italië gepoog om sy eie koloniale ryk op te rig, aan die
Horing van Afrika
(vanaf 1890
Eritrea
Ethiopië
) en in
Libië
. Die meeste ander Europese magte het reeds 'n lang koloniale geskiedenis opgeteken; maar Italië het in 1871, nes die
Duitse Keiserryk
, nog geen eie kolonies gehad nie.
Eerste Wêreldoorlog, Fascisme en Tweede Wêreldoorlog
wysig
wysig bron
Britse soldate by Calvi Risorta tydens die Italië-veldtog, 1943
Alpini
tydens die
Guerra Bianca
van die Eerste Wêreldoorlog, 1915
Italië na die verdrag van St. Germain in 1919
Italië het, ondanks sy lidmaatskap in die
Drievoudige Verbond
(met die Duitse Keiserryk en Oostenryk-Hongarye), in 1915 by die
Drievoudige Entente
aangesluit. Laasgenoemde alliansie het in die Londense geheime kontrak territoriale winste belowe, waardeur die Koninkryk aan die seëvierende kant van die
Geallieerdes
Julies-Veneto,
Trentino
en die Duitstalige
Suid-Tirol
kon annekseer.
In Oktober 1922 het
Benito Mussolini
en sy
Fascisti
na die Opmars na Rome die bewind oorgeneem. Stap-stap het Mussolini die Koninkryk in 'n totalitere staat omgeskep en homself onder die titel
Duce
("leier") as staatsleier geïnstalleer. Op 3 Oktober 1935 het Italië die
Keiserryk van Ethiopië
oorval en geannekseer. Hierdie met die internasionale reg teenstrydige besetting het deel gevorm van Mussolini se plan om die ou Romeinse Ryk te laat herleef. Met verskeie ooreenkomste het Mussolini se Italië 'n bondgenoot van
Nazi-Duitsland
onder
Adolf Hitler
geword (byvoorbeeld met die sogenaamde "
Verdrag van Staal
" in Mei 1939). In Junie 1940 het Italië uiteindelik aan die kant van Duitsland en
Japan
Achse Berlin-Rom-Tokio
) die
Tweede Wêreldoorlog
betree.
Op 10 Julie 1943 het die Italië-veldtog van die westelike
Geallieerdes
begin; na swaar nederlae is Mussolini op 25 Julie 1943 van die Fascistiese Grote Raad afgesit en vasgevang. Koning Victor Emanuel III het die bevel oor die troepe oorgeneem en vir maarskalk Pietro Badoglio opdrag gegee om 'n militêre regering te vorm. Badoglio het die Fascistiese Party en sy onderdele volgens wet vir ontbind verklaar. Op 8 September het die regering Badoglio met die Geallieerdes die Wapenstilstand van Cassibile gesluit en Italië het die
Spilmoondhede
verlaat. Gedurende die oorlog is sowat 198
500 Italianers dood.
13
Die daaropvolgende inval van die Duitse
Wehrmacht
het tot die weerstand van die
Resistenza
gelei. Die Duitse Ryk het probeer om die "swarthemde" weer aan bewind te bring en op 12 September 1943 is Mussolini bevry. Noord-Italië tot by Rome is deur Duitse troepe beset en onder 'n regering van Mussolini geplaas, wat die "Italiaanse Sosiale Republiek" geproklameer het. Hierdie parallelle regering was 'n bondgenoot van Duitsland, het oorlog teen die van die Geallieerdes besette dele van Italië verklaar en in Noord-Italië teen Italiaanse partisane geveg.
Vervolgens is veral Sentraal-Italië gedurende swaar gevegte langs die front erg verwoes. Burgerlikes was die teiken van Duitse weerwraak. Die regering Badoglio het op 13 Oktober 1943 oorlog teen Duitsland verklaar, wat die laaste 18 maande van die Tweede Wêreldoorlog sou duur. Nadat die Duitse troepe in Junie 1944 tot by die "Gotelyn" in die Apennyne onttrek en Italiaanse partisane hul aanvalle op Duitse soldate versterk het, het die Duitse Wehrmacht met nuwe massamoorde aan burgerlikes en ander oorlogsmisdade deur Duitse en Italiaanse fascistiese troepe reageer. Op 29 April en 2 Mei 1945 het die Weermaggroep C aan die westelike Geallieerdes oorgegee.
Naoorlogse tydperk
wysig
wysig bron
Herdenking op 29 Mei 1967 ter geleentheid van die tiende verjaarsdag van die Romeinse verdrae
Na afloop van die oorlog het Italië sy kolonies kwytgeraak – met uitsondering van Italiaans-Somaliland, wat in 1950 deur die
Verenigde Nasies
vir 'n verdere tien jaar aan Italië oorhandig is. Die Italiaanse Moederland het grootliks van gebiedsverliese gespaar gebly (die grootste deel van Julies-Veneto is aan
Joego-Slawië
, d.w.s. die huidige
Slowenië
en
Kroasië
, die Italiaanse
Dodekanese
aan
Griekeland
, die gemeentes Tende en La Brigue aan Frankryk oorhandig.
'n Grondwetgewende Vergadering het op 22 Desember 1947 die
Costituzione della Repubblica Italiana
("Grondwet van die Italiaanse Republiek") goedgekeur. Hierdie grondwet het op 1 Januarie 1948 in werking getree.
Die naoorlogse tydperk in Italië is binnelands veral deur wisselende regerings gekenmerk, alhoewel tot in 1990 vier dekades onder die Christelike Demokrate, en buitelands deur die stigting van die Europese Ekonomiese Gemeenskap en ekonomies deur die ekonomiese wonderwerk. Na dekades se hoë
inflasie
(die lira het 'n groot deel van sy waarde verloor) is in die 1990's nuwe lenings stopgesit, om die Maastricht-kriterias in te pas en die euro as nuwe geldeenheid in te voer.
Aan die begin van die 1990's is die politieke elite as gevolg van die korrupsieskandaal
Tangentopoli
en die
Mani pulite
se regsondersoeke uitgeruil.
Hedendaagse tydperk
wysig
wysig bron
Vanaf 1994 tot 2011 is die Italiaanse politiek deur party-alliansies rondom
Silvio Berlusconi
asook wisselende sentraal-linkse-koalisies gekenmerk. In 2011 is hy deur
Mario Monti
opgevolg, veral weens die sedert 2009 smeulende Eurokrisis en die hoë staatsskuld van Italië, en Monti het 'n kabinet van partylose deskundiges saamgestel. Hy is deur die Kabinet Letta (28 April 2013 tot 22 Februarie 2014) en Kabinet Renzi onder
Matteo Renzi
opgevolg.
14
Renzi se beplande herontwerp van die Grondwet is op 4 Desember 2016 deur die kiesers verwerp, waarna Renzi bedank het.
Paolo Gentiloni
het die nuwe eerste minister geword.
15
Na die verkiesings in 2018 is 'n koalisie, bestaande uit Vyfsterbeweging en
Lega Nord
onder die partylose eerste minister
Giuseppe Conte
gevorm, wat op 1 Junie 2018 ingesweer is. Nadat Lega Nord die koalisie verlaat het, het Conte sy kabinet hersien, wat vanaf 5 September 2019 naas die Vyfsterbeweging deur die Partito Democratico, Liberi e Uguali, Italia Viva en die Movimento Associativo Italiani all’Estero ondersteun is. Nadat dié koalisie verbrokkel het en Conte moes bedank, is
Mario Draghi
, voormalige president van die Europese Sentrale Bank, opdrag gegee om 'n nuwe regering te vorm. Hy is op 13 Februarie 2014 ingesweer en het 'n koalisie gelei bestaande uit Lega Nord, die Vyfsterbeweging en die Partito Democratico.
16
Sedert 22 Oktober 2022 dien
Giorgia Meloni
van
Fratelli d'Italia
as eerste minister. Sy lei 'n koalisie bestaande uit Fratelli d'Italia,
Lega
en
Forza Italia
Geografie
wysig
wysig bron
Oppervlakte en topografie
wysig
wysig bron
Die topografie van Italië
Italië het 'n oppervlakte van 301
300
km² en is sodoende ietwat kleiner as die
Suid-Afrikaanse
provinsie
Noord-Kaap
(361
830
km²). Groot dele van die staatsgebied strek as Appenynse skiereiland ver in die Middellandse See uit, met 'n maksimale afstand tussen die uiterste noordweste en suidooste van 1
200
km. Die internasionale grens in die noorde strek oor 1
900
km (488
km met Frankryk, 734
km met Switserland, 430
km met Oostenryk en 232
km met Slowenië). Die kuslyn is heelwat langer met sowat 7
500
km.
As Italiaanse
ekslawe
, wat volledig deur Switserse gebied omsluit word, geniet Campione d'Italia spesiale voorregte. Die nedersetting met 'n bevolking van sowat 2
000, wat deur die Meer van Lugano, die nedersettings Bissone en Caprino asook bergpieke (Sighignola) van die res van die Italiaanse staatsgebied geskei word, is sterk in die Switserse ekonomie geïntegreer en gebruik die
Switserse frank
as geldeenheid. Die onafhanklike Republiek San Marino en die Vatikaanstad vorm enklawes op Italiaanse staatsgebied.
35 persent van die oppervlakte word deur berggebiede (
montagne
) beslaan (veral die Noord-Italiaanse Alpe en die Appenyne-bergreeks in Sentraal-Italië), 23 persent deur vlaktes (
pianure
; die Povlakte in Noord-Italië is die grootste laagvlakte in Europa met 48
000
km²) en 42 persent uit heuwellande (
colline
).
Eilande
wysig
wysig bron
Die strand van La Pelosa (
Spiagga della Pelosa
) naby Stintino op Sardinië word danksy sy deursigtige siaanblou water onder die mooistes in Italië gereken
Die twee grootste eilande in die Middellandse See, Sisilië en Sardinië, maak deel uit van die Italiaanse staatsgebied. Sowat 'n sesde van die totale landoppervlakte word deur see- of riviereilande beslaan – met sowat 350 see-eilande (insluitende dertien argipels), 'n honderdtal strandmeer- en meer- asook enkele riviereilande (soos die Isola Tiberina in Rome se
Tiberrivier
). 32 van die provinsie Venesië se strandmeereilande is bewoon. Net sowat 'n tiende van alle Italianers is eilandbewoners.
Ekonomie
wysig
wysig bron
Oorsig
wysig
wysig bron
Ná die Tweede Wêreldoorlog het Italië 'n merkwaardige ekonomiese transformasie en ingrypende strukturele veranderinge ondergaan wat dikwels as "naoorlogse ekonomiese wonder" beskryf word. Die land, wat tradisioneel sterk op landbou gesteun het, het binne 'n betreklik kort tydperk gevorder tot een van die mees geïndustrialiseerde nasies ter wêreld. Die dryfkragte agter hierdie ontwikkeling was grotendeels klein en middelgroot ondernemings in familiebesit wat in uitvoergerigte sektore werksaam was.
Italië is die agtste grootste ekonomie ter wêreld en die vierde grootste in Europa na Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Frankryk. Volgens die nominale produksiewaarde is Italië die Tweede grootste nywerheidsland in Europa na Duitsland.
17
Die Italiaanse ekonomie word steeds gekenmerk deur 'n hoë aandeel innovatiewe en buigsame klein en middelgroot ondernemings wat suksesvol op die wêreldmark meeding – ondanks die betreklik hoë belastingtariewe en burokratiese struikelblokke van hul tuismark. Hulle fokus op produkte en dienste van hoë gehalte volgens klante se verwagtinge en algemene verbruikerstendense. Hierdie ondernemings, wat grotendeels in die noorde van die land gesetel is, deel baie eienskappe met hul Duitse eweknieë met wie hulle omvattende handelsbande handhaaf. So word baie onderdele vir die Duitse motorbedryf deur Italiaanse ondernemings verskaf.
Ekonomiese ontwikkeling in die Eurosone
wysig
wysig bron
Ontwerp en produkte van wêreldfaam:
Delta + Alessi • Ferrari F8 Tributo • Valpollicella-wyn in Verona • De’Longhi espresso- en koffiemasjien
Alhoewel Italië onder die wêreld se voorste nywerheidslande gereken word en oor 'n hoogs ontwikkelde industriële sektor beskik (wat die tweede hoogste bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) van enige EU-lidstaat lewer en net deur Duitsland se sekondêre sektor oortref word), het sy ekonomie sedert die land se toetreding tot die Eurosone feitlik geen groei meer getoon nie. Ekonome wys veral daarop dat die Italiaanse ekonomie sedert omstreeks 1995 geen noemenswaardige groei in produktiwiteit (gemeet as BBP per werkuur) meer ervaar het nie – in teenstelling met die meeste ander westerse lande wat 'n kontinue en standhoudende groei in produktiwiteit getoon het. Groei in produktiwiteit word as die belangrikste ekonomiese aanwyser vir 'n ekonomie se langtermyn-vooruitsigte beskou.
18
Luigi Zingales, professor in finansies aan die Universiteit van Chicago, en Bruno Pellegrino, wat aan die Universiteit van Kalifornië te Los Angeles verbonde is, het navorsing gedoen oor die onderliggende probleme wat groei in Italië strem. Volgens hulle is daar 'n sterk korrelasie tussen die "baantjies-vir-boeties"-beleid van baie Italiaanse bestuurders en die trae aanvaarding en toepassing van nuwe tegnologieë wat groei kan dryf.
19
Groei, buitelandse handel en skuldlas
wysig
wysig bron
As gevolg van die finansiële krisis van 2009, waartydens Italië se ekonomie met 9 persent gekrimp het, is daar enkele jare lank hoegenaamd geen groei meer aangeteken nie. Eers in 2015 het die ekonomie sy groei hervat met 0,8 persent. Hierdie groei het versnel tot 0,9 persent in 2016 en 1,5 persent in 2017. Uitvoere het in 2017 gestyg met 7,4 persent terwyl invoere met 9 persent toegeneem het. Die handeloorskot het gestyg tot €47,45 miljard. Die inflasiekoers was 1,2 persent. In die derde kwartaal van 2018 het die Italiaanse ekonomie egter weer begin stagneer. Eers in die derde kwartaal van 2019 het dit onverwags met 0,1 persent gegroei.
20
Dit is Italië se stygende skuldlas wat as sorgwekkend beskou word. Gemeet in persent van die bruto binnelandse produk het dit toegeneem van 105,7 in 2008 (ou berekeningsmetode) tot 112,5 persent in 2009 (nuwe berekeningsmetode volgens SEC 2010) en 131,8 persent (of €2,3 biljoen) in 2017 – meer as dubbel so hoog as die Eurosone se amptelike limiet van 60 persent.
21
Ter herfinansiering van die staatsskuld – tans word jaarliks nuwe lenings ter waarde van €400 miljard benodig – is die Italiaanse regering aangewese op internasionale markte – en die welwillendheid van leners. Nadat die agentskap Moody's Italië se kredietgradering vir langtermyn-staatseffekte op 19 Oktober 2018 tot Baa3 (stabiel) verlaag het – een stap bo rommelstatus – en kapitaal uit die land onttrek is, is beleggersvertroue broodnodig.
22
Dit is veral klein privaat beleggers in Italië en Italiaanse banke – naas Italië se Sentrale Bank – wat in staatseffekte belê het. Die Italiaanse banksektor het volgens ontleders geld, wat deur die Europese Sentrale Bank beskikbaar gestel is om likiditeit op markte in die Eurosone te verhoog, eerder aangewend om staatseffekte te koop as om krediete vir Italiaanse ondernemings toe te staan. Van al die lenings, wat wél deur Italiaanse banke beskikbaar gestel is, word volgens statistieke van die Wêreldbank 14,4 persent as sogenaamde probleem-lenings beskou – merkbaar meer as die Eurosone se gemiddeld van 3,4 persent.
23
Ekonomiese aanwyser
2019
2020
2021
BBP in miljard € (nominaal)
1788
1632
1755
BBP in miljard € (KKP)
2455
2245
2399
BBP per capita (nominaal)
29
609
27
037
29
095
Reële groei van BBP per capita (KKP)
0,5
-8,9
5,0
BBP per capita
(in koopkragstandaarde)
2017:
29
100
2018:
29
700
2019:
30
300
Bron: Germany Trade and Invest (GTAI): Wirtschaftsdaten kompakt Italien (Mai 2020).
Gegewens vir 2020 en 2021 berus op skattings
'n Ekonomies verdeelde land
wysig
wysig bron
'n Kaart van Italiaanse streke volgens BBP per capita in 2018
Italië word dikwels as 'n ekonomies verdeelde land beskryf – met hoogs ontwikkelde en welvarende streke in die noorde en noordooste wat met sektore soos hoëtegnologie, masjienbou en die vervaardiging van verskillende luukse goedere 'n sterker ekonomiese basis het as baie streke van Noord-Europa en sowat 75 persent tot die land se welvaart bydra. Geweste soos Trentino-Suid-Tirol het buitegewoon lae werkloosheidsyfers in vergelyking met ander gebiede in die EU. Sommige Italiaanse ondernemings – waaronder baie klein- en middelgroot maatskappye in familiebesit – is wêreldmarkleiers ten opsigte van voedselprodukte en verbruikersgoedere van hoë gehalte. Ook is daar 'n uitstekende moderne infrastruktuur met hoëspoed-treindienste en meer gebiede met ultrasnelle internettoegang deur middel van
glasvesel
24
Aan die ander kant bly die histories onderontwikkelde suide of Mezzogiorno met 'n oorwegend agrariese ekonomie en laer per capita-inkomste. Strukturele en langtermynwerkloosheid bly hier 'n groot uitdaging, net soos werkloosheid onder die jeug van heel Italië. In Augustus 2018 was 31 persent van jong Italianers tussen die ouderdom van 15 en 24 jaar sonder werk. Dit was die derde hoogste syfer in die Europese Unie.
25
Burokratiese strukture en onbuigsame arbeidswette het net soos hoë vlakke van korrupsie 'n nadelige uitwerking op die arbeidsmark en die ekonomie in sy geheel. Die ou Italiaanse konsensus tussen werkgewers en -nemers – laer salarisse en lone in ruil vir veilige langtermyn-werkkontrakte – het al jare lank uitgedien. Hoë kwalifikasies is nie langer 'n waarborg vir vaste aanstellings en leefbare salarisse nie. Die getal gekwalifiseerdes, wat 'n heenkome in die buiteland probeer vind, het toegeneem.
26
Die Italiaanse regering moet met sy ekonomiese en sosiale beleid dus 'n verskeidenheid uitdagings aanpak. Terwyl ekonome in die binne- en buiteland 'n beroep op die regering gedoen het om met sy begroting op ekonomiese groei te fokus, het die regeringspartye ook 'n agenda vir sosiale verandering – 'n belofte wat hulle in die verkiesingsveldtog gemaak het. Tot dusver is die Italiaanse sosiale welvaartstelsel swakker ontwikkel as dié van ander Europese nywerheidslande. Langtermyn-werkloosheid beteken dat mense in
armoede
moet leef aangesien die Italiaanse staat tot dusver vir 'n maksimum van twee jaar finansiële steun verskaf – mits 'n werknemer bydraes vir die werkloosheidversekeringsfonds betaal het. Die huidige regering beplan om hierdie steun oor 'n langer termyn en vir alle werknemers te betaal. Na raming is daar sowat 6,5 miljoen persone wat reeds op die lang termyn werkloos is – veral in die armer streke van Italië suid van Rome met werkloosheidsyfers van tot 30 persent. Die Italiaanse vise-premier en minister vir ekonomiese ontwikkeling, arbeid en sosiale beleid, Luigi di Maio (Vyf Sterre-beweging), beplan om maandeliks €780 aan langtermyn-werkloses uit te betaal wat aktief werk soek.
27
Daarnaas sal die normale aftree-ouderdom verlaag word.
'n Ander punt op die agenda is 'n belastinghervorming vir klein en baie klein ondernemings. Klein en middelgroot ondernemings het ook met burokratiese struikelblokke te kampe. Sodra hulle byvoorbeeld meer as vyftig werknemers in diens het, is hulle verplig om 'n vakbondsekretaris aan te stel. Baie entrepreneurs het hulle ondernemings derhalwe nie uitgebou nie om hierdie soort inmenging te vermy.
28
Italië se skadu-ekonomie
wysig
wysig bron
Merkwaardig is die groot omvang van Italië se informele sektor of skadu-ekonomie (veral in die landbou-, bou- en dienstebedryf) wat volgens regeringsverslae op minstens 20 persent van die totale ekonomiese aktiwiteit beraam word en die Italiaanse staat jaarliks meer as €100 miljard aan verlore belastinginkomste kos. Al word dit nie in amptelike statistieke weerspieël nie, dra die informele sektor grootliks by tot Italië se ekonomiese groei – en groei twee keer so snel as die formele sektor.
29
Geld, wat in die skadu-ekonomie verdien word, is immers beskikbaar vir wettige privaat verbruik.
Energievoorsiening
wysig
wysig bron
Die Reschenmeer in Suid-Tirol is tussen 1947 en 1949 ingedam vir 'n nuwe waterkragsentrale. Landbougrond en die Middeleeuse Sint Katharinakerk in die dorpie Alt-Graun het in die damwater versink
Daar is kleiner hoeveelhede aardgas- en ruolie-reserwes wat ontgin word, waarby die olie- en gasontginning 'n afnemende tendens toon. In 2017 is 5,3 miljard kubieke meter gas en 86 duisend bpd (1 bpd staan gelyk aan een vat met 159,1 liter per dag) ru-olie ontgin. Die totale oliereserwes word op 0,6 miljard vate beraam.
30
Italië is sterk afhanklik van energie-invoere wat in sowat 79 persent van sy behoeftes voorsien. 'n Voorstel om hierdie afhanklikheid deur die hervatting van kernkragprojekte te verminder is in 'n referendum, wat op 12 en 13 Junie 2011 gehou is, deur Italiaanse kiesers verwerp.
Tans voorsien
ruolie
in 36 persent van die land se energiebehoeftes, gevolg deur
aardgas
met 35 persent,
hernieubare energiebronne
met 15 persent, vaste brandstowwe met 9 persent en ingevoerde
elektrisiteit
met vyf persent.
31
Subsidies vir hernieubare energiebronne is deur nuwe wetgewing in Junie 2014 beperk. Stadige groei word verwag by die ontwikkeling van son- en windenergie. Biomassa en biogas speel nog geen noemenswaardige rol nie.
Ekonomiese sektore
wysig
wysig bron
Modebedryf
Die Italiaanse modebedryf is een van die voorste produsente en uitvoerders op die wêreldmark. Die foto wys mode en bybehore wat deur die Venesiaanse modeontwerper Antonia Sautter ontwerp is
Die Italiaanse modebedryf word tradisioneel onder die kernsektore van die ekonomie gereken. Sy omset het in 2017 met 2,4 persent gegroei tot €54,1 miljard. Die bedryf groei oneweredig – so het verkope van eindprodukte soos klere, skoene en bybehore soos sakke gestyg, terwyl die afset van voorprodukte soos tekstielstowwe jare lank gestagneer het. In 2017 het albei deelsektore groei getoon.
32
Uitvoere het in 2017 vir die eerste keer die €30 miljardkerf verbygesteek.
Tans vind in die bedryf 'n belangrike omwenteling plaas, veral as gevolg van die digitalisering van vervaardigings- en bemarkingsprosesse en die groeiende aanlynhandel. Ook word meer aandag aan volhoubaarheid geskenk.
Politiek
wysig
wysig bron
Staatstigting
wysig
wysig bron
Uitslag van die Italiaanse referendum oor die regeringsvorm in 1946
Ná die Tweede Wêreldoorlog het Italiaanse kiesers op 2 Junie 1946 in 'n referendum die toekomstige politieke bedeling (republiek of monargie) en die afgevaardigdes vir 'n grondwetlike vergadering bepaal. 89,1 persent van die 28 miljoen stemgeregtigde kiesers het hul stemme uitgebring. Vir die eerste keer was ook vroue stemgeregtig.
Die eindresultaat is op 18 Junie 1946 deur die Italiaanse Kassasiehof bekendgemaak: 54,27 persent van die uitgebragte stemme was ten gunste van 'n republikeinse staatsvorm, terwyl 45,73 persent die voorkeur aan 'n monargiese stelsel gegee het. 1,5 miljoen stembriewe is ongeldig verklaar (waarvan 1,1 miljoen leeg was). Interessant genoeg was Noord- en Suid-Italië verdeeld oor die toekomstige politieke bedeling. In die noorde het 66,2 persent van kiesers ten gunste van 'n republiek gestem, terwyl die suide 'n monargiese stelsel met 63,8 persent goedgekeur het.
Ongewenste immigrasie
wysig
wysig bron
Ongewenste immigrasie uit EU-lidstate, Afrikalande en die Nabye Ooste het een van die grootste uitdagings vir die Italiaanse owerheid geword. So is net die helfte van alle Sinti en Roma in die land (na wie in Italië na aanleiding van hul nomadiese leefstyl as
nomadi
verwys word) Italiaanse burgers, terwyl tienduisende uit die voormalige Joegoslawië en ander Balkanlande die vrye beweging van werknemers in die Europese Unie misbruik het om hulle in Italië te vestig waar hulle in kampe gehuisves moet word.
Die huisvesting van ongewenste migrante uit Derdewêreldlande het volgens nuusberigte 'n winsgewende bedryf vir georganiseerde misdaad geword. Terwyl sommige kriminele netwerke daarvan beskuldig word dat hulle saam met neofasciste by etniese suiwerings in sekere woonbuurte betrokke is, verdien ander miljoene deur die beskikbaarstelling van behuising vir migrante.
In die tydperk tussen Augustus 2018 en Julie 2019 het sowat 9
000 asielsoekers en onwettige migrante Italië binnegekom.
33
Administratiewe verdeling
wysig
wysig bron
Kaart van Italië
Kaart van Italiaanse provinsies
Kaart van
città metropolitane
in Italië
Italië word administratief onderverdeel in twintig streke (
regioni
), veertien stedelike gebiede met besondere status, 93 provinsies en 7
981 munisipaliteite. Op 1 Januarie 2015 is die bevoegdhede van nege provinsies deur dieselfde aantal metropolitane stede met besondere status (
città metropolitane
) oorgeneem. Artikel 114 van die Italiaanse grondwet reël die bevoegdhede van alle administratiewe eenhede en ken verskillende vlakke van selfregering en politieke outonomie aan hulle toe.
Die twintig administratiewe streke (
regioni
, enkelvoud
regione
), waarvan vyf 'n spesiale outonome status (
statuto speciale
) geniet, aangedui deur 'n *, is:
Abruzze
(Abruzzo)
Basilicata
Kalabrië
(Calabria)
Kampanië
(Campania)
Emilia-Romagna
Friuli-Venezia Giulia
Latium
(Lazio)
Ligurië
(Liguria)
Lombardye
(Lombardia)
Marche
Molise
Piëmont
(Piemonte)
Apulië
(Puglia)
Sardinië
(Sardegna) *
Sisilië
(Sicilia) *
Toskane
(Toscana)
Trentino-Suid-Tirol
(Trentino-Alto Adige)
Umbrië
(Umbria)
Aosta-vallei
(Valle d'Aosta)*
Veneto
Città metropolitane
wysig
wysig bron
In April 2014 het die Italiaanse parlement 'n wet (n. 56/2014) afgekondig wat die provinsiale status van die land se tien grootste stedelike nedersettings verhoog het tot dié van metropolitane stede (
città metropolitane
) – in 'n poging om nuwe vorme van intermunisipale samewerking en koördinasie in Italië se grootste metropolitaanse gebiede te bevorder. Terwyl die wet die skepping van 'n institusionele raamwerk hiervoor reël, het die betrokke metropolitane stede die vryheid en verantwoordelikheid om self die omvang en diepte van die samewerking tussen munisipaliteite te bepaal.
34
Demografie
wysig
wysig bron
Italië se bevolkingsdigtheid volgens die 2011-sensus
Kaart van Italië se amptelik erkende minderhede
35
Italië se bevolking van 60,5 miljoen is oneweredig oor die land versprei. So kontrasteer die dig bevolkte Noord-Italiaanse Povlakte, waar die miljoenestede Milaan en Turyn en die groot agglomerasies rondom Verona, Vicenza en Padua geleë is, net soos die kusgebiede rondom Genua, Napels, Rome, Bari, Catania en Palermo met die yl bevolkte bergagtige binneland waar met Florence en Bologna slegs twee stedelike nedersettings met bevolkings van meer as 300
000 aangetref word. Die hartland van die Suid-Italiaanse streke Kalabrië en Basilicata is net soos die binneland van die eiland Sardinië yl bevolk.
Italië word deur 'n demografiese struktuurverandering met lae of selfs negatiewe bevolkingsgroei en veroudering geraak. Die fertiliteitskoers is die laagste in die Europese Unie – met 8 geboortes per 1
000 inwoners in 2015
36
– asook een van die laagstes ter wêreld. Die veroudering van die Italiaanse samelewing het eers sedert 2015 weens afnemende immigrasiesyfers tot 'n bevolkingsafname gelei.
Bevolkingsgroei en -verandering 2008–2019 (persentasie)
wysig
wysig bron
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
+0,66
+0,46
+0,31
+0,17
+0,27
+1,16
+0,92
-0,10
-0,17
-0,15
-0,17
-0,1
Bron:
Statista 2019 / Wêreldbank. Besoek op 6 Oktober 2019
Ouderdomstruktuur
wysig
wysig bron
Italië is – ná
Japan
– die land met die hoogste gemiddelde ouderdoms-mediaan ter wêreld in 2020 – 47,3 jaar. Dit beteken dat een helfte van die bevolking in 2020 jonger en die ander ouer sal wees as 47,3 jaar.
37
Ouderdomstruktuur in 2020
Ouderdomsgroep
Aandeel
0-14 jaar
13,0%
15-24 jaar
9,6%
25-64 jaar
54,1%
65 jaar en ouer
23,3%
Kultuur
wysig
wysig bron
Basiliek van
Sint Franciskus
, Assisi
Al is Italië 'n betreklik jong nasie as politieke entiteit, strek sy kulturele tradisies ver terug in die geskiedenis. Sy identiteit is gevorm in die glanstye van die Romeinse Ryk, die Renaissance- en die Baroktydperk. So is Italië die land met die meeste
Unesco
wêrelderfenisgebiede
(altesaam 53, waarvan 48 kulturele en vyf natuurerfenisgebiede).
Die besteding aan kultuur en die bewaring van kunsskatte deur die Italiaanse staat, administratiewe streke en munisipaliteite is laer as die gemiddeld van alle lidstate van die Europese Unie. In 2015 het dit byvoorbeeld slegs 0,19 persent van die jaarlikse nasionale begroting beloop. In dieselfde jaar is egter die belastingvoordele vir die bevordering van kuns, kultuur en die kultuurerfenis verbreed asook bykomende befondsing van groot kultuurprojekte en die bewaring van nasionale monumente beloof.
Nasionale kulturele aangeleenthede val in die ressort van die ministerium vir kulturele monumente, kulturele aktiwiteite en toerisme (
Ministero dei Beni e delle Attività Culturali e del Turismo
). Kultuurbevordering in die buiteland word deur 83 kultuurinstitute gekoördineer wat plaaslike kultuurprogramme aanbied, terwyl die Dante Alighieri-maatskappy met 88 institute in Italië en 401 in die buiteland die Italiaanse taal bevorder.
Sport
wysig
wysig bron
Die
Italiaanse nasionale sokkerspan
tydens die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982
in
Spanje
Italië
speel teen
Wallis
tydens die
Sesnasies-toernooi
in 2007
Sokker
is verreweg die gewildste
sportsoort
Italië. Die
Italiaanse nasionale sokkerspan
Gli Azzurri
– "die bloues", is een van die suksesvolste nasionale sokkerspanne wêreldwyd en hulle het vier
FIFA
Sokker-Wêreldbekertoernooie
gewen (in
1934
1938
1982
en
2006
), asook die
UEFA Europa-beker
twee keer (in 1968 en 2021). Italiaanse sokkerspanne kon reeds 48 belangrike Europese trofeë verower, wat van Italië die tweede suksesvolste nasie in Europa maak. Italië se hoogste sokkerliga is die
Serie A
, gevolg deur die Serie B.
Ander gewilde sportsoorte sluit in
vlugbal
basketbal
en
rugby
. Rugby geniet 'n hoë vlak aan gewildheid, veral in die noorde van dié land. Die
Italiaanse nasionale rugbyspan
ding in die
Sesnasies-toernooi
met
Engeland
Frankryk
Ierland
Skotland
en
Wallis
mee en neem gereeld aan
rugbywêreldbekertoernooie
deel. Die
vroue-eweknie
neem aan die jaarlikse
Sesnasies-vrouetoernooi
deel wat deur dieselfde rugbyunies bestuur word en hulle kwalifiseer ook gereeld vir
vrouerugbywêreldbekertoernooie
Krieket
word ook in Italië gespeel en die
Italiaanse nasionale krieketspan
het in 2025 vir die
T20I-wêreldbeker 2026
gekwalifiseer, gelyk aan hul eerste deelname aan ’n wêreldbekertoernooi ooit.
38
Tydens die hooftoernooi se eerste rondte in
Indië
en
Sri Lanka
het die span nederlae gely teen
Engeland
Skotland
en
Wes-Indië
, maar hulle kon daarin slaag om
Nepal
te klop, gelyk aan hul eerste
T20I-wêreldbekeroorwinning
ooit.
39
Die
Giro d'Italia
is 'n belangrike fietswedren wat elke Mei gehou word en tot die drie Grand Tours behoort, saam met die
Tour de France
en die
Vuelta a España
. In
Formule Een
word sedert 1950 die
Italiaanse Grand Prix
aangebied, oorwegend in Monza.
Italië het reeds verskeie groot sportgeleenthede soos twee FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie (in 1934 en
1990
), een
Olimpiese Somerspele
(in
1960
in Rome) en drie
Olimpiese Winterspele
(in
1956
in Cortina d'Ampezzo,
2006
in Turyn en
2026
in Cortina d'Ampezzo en Milaan) gehuisves.
Vakansiedae
wysig
wysig bron
Die
Festa della Liberazione
is op 25 April 2009 in
Florence
gedenk
Die
Festa della Repubblica
is op 2 Junie 2005 in Italië gedenk
Datum
Afrikaanse Naam
Plaaslike Naam
Opmerking
1 Januarie
Nuwejaarsdag
Capodanno
6 Januarie
Driekoningedag
Epifania
Veranderend
Paassondag
Pasqua
Veranderend
Paasmaandag
Lunedì di Pasqua
25 April
Herdenking van bevryding
Liberazione
1945
1 Mei
Werkersdag
Festa del Lavoro
2 Junie
Republiekdag
Festa della Repubblica
1946
15 Augustus
Mariahemelvaart
Assunzione
1 November
Allerheilige
Tutti i Santi
8 Desember
Onbevlekte Ontvangenis van Maria
Immacolata
25 Desember
Kersfees
Natale
26 Desember
St. Stefandag
Santo Stefano
31 Desember
Oujaarsaand
San Silvestro
Verwysings
wysig
wysig bron
en
"Italy"
Central Intelligence Agency
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Julie 2021
. Besoek op
7 Maart
2024
en
"Surface water and surface water change"
OESO
. Besoek op
7 Maart
2024
it
"Bilancio demografico mensile e popolazione residente per sesso, anno 2023"
. Nasionale Statistiekinstituut
. Besoek op
7 Maart
2024
it
"Resident population and population change"
. Nasionale Statistiekinstituut.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019
. Besoek op
12 Mei
2014
en
"Italy"
Internasionale Monetêre Fonds
. Oktober 2023
. Besoek op
7 Maart
2024
en
"Human Development Report 2021/2022"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 2021
. Besoek op
7 Maart
2024
en
"Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey"
. Eurostat
. Besoek op
7 Maart
2024
fr
Clio Voyages culturels – Paul Guichonnet: Le sentiment national Italien. Besoek op 5 Augustus 2018
fr
Le Monde, 18 Maart 2011: Umberto Eco
: "L’Italie, c’est avant tout une langue". Besoek op 5 Augustus 2018
Geargiveer
11 September 2018 op
Wayback Machine
it
Alberto Manco:
Italia. Disegno storico-linguistico.
L’Orientale, Neapel 2009,
ISBN 978-88-95044-62-0
en
J. P. Mallory, D. Q. Adams:
Encyclopedia of Indo-European Culture.
Fitzroy and Dearborn, Londen 1997, bl. 24.
en
smithsonianmag.com – How Matera Went From Ancient Civilization to Slum to a Hidden Gem
en
Charles T. O’Reilly:
Forgotten Battles. Italy’s War of Liberation, 1943–1945.
Lexington, Lanham 2001, bl. 162, nota 40.
it
governo italiano
de
"Gentiloni gewinnt Vertrauensabstimmung im italienischen Senat"
, besoek op 15 Desember 2016.
en
"Mario Draghi's new government to be sworn in on Saturday"
. The Guardian. 13 Februarie 2021
. Besoek op
7 Maart
2024
de
GTAI Germany Trade and Invest: SWOT-Analyse Italien (Dezember 2018). Besoek op 6 Februarie 2019
[dooie skakel]
en
The Conversation, 6 Maart 2018: Italy’s economy has ‘cronyism disease,’ but will its next government treat it? Besoek op 9 November 2018
en
Bruno Pellegrino en Luigi Zingales:
Diagnosing the Italian Disease. New Working Paper Series No. 14
. Chicago: Stigler Center for the Study of the Economy and the State – University of Chicago Booth School of Business 2018
en
Trading Economics: Italy GDP Growth Rate. Besoek op 4 November 2019
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Italië – Ekonomiese situasie. Besoek op 9 November 2018
Geargiveer
25 Maart 2019 op
Wayback Machine
en
Trading Economics: Italy. Besoek op 10 November 2018
de
WirtschaftsWoche, 12 November 2018: Profianleger meiden Italien und sorgen sich um Europa. Besoek op 13 November 2018
de
euractiv.de, 23 Oktober 2018: Die wichtigsten Antworten zum Italien-Chaos. Besoek op 9 November 2018
de
statista – Das Statistik-Portal. Europäische Union: Jugendarbeitslosenquoten in den Mitgliedsstaaten im August 2018. Besoek op 11 November 2018
de
Die Welt, 20 Februarie 2012: Italiens Talente flüchten ins Ausland. Besoek op 13 November 2018
de
euractiv.de, 23 Oktober 2018: Die wichtigsten Antworten zum Italien-Chaos. Besoek op 11 November 2018
de
MSN Finanzen, 13 November 2018: Roms Staatsverschuldung: Profianleger meiden Italien und sorgen sich um Europa. Besoek op 13 November 2018
de
Der Standard, 30 Oktober 2017: Schattenwirtschaft stimuliert Italiens Wachstum. Besoek op 11 November 2018
de
GTAI Germany Trade and Invest: Wirtschaftsdaten kompakt – Italien Mai 2019
[dooie skakel]
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Italië – Ekonomie. Besoek op 5 Augustus 2018
Geargiveer
25 Maart 2019 op
Wayback Machine
de
GTAI Germany Trade and Invest, 25 Mei 2018: Italienische Modeindustrie auf Innovationskurs. Besoek op 6 Februarie 2019
[dooie skakel]
de
Frankfurter Allgemeine Zeitung, 5 September 2019: Fünf Sterne und PD – Das sind die Prüfsteine für Italiens neue Regierung. Besoek op 6 Oktober 2019
en
OECD:
Governing the Metropolitan City of Venice
. Paris: OECD Publishing 2015, bl. 7
it
"Lingue di Minoranza e Scuola: Carta Generale"
www.minoranze-linguistiche-scuola.it
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Februarie 2019
. Besoek op
16 Julie
2016
en
TheLocal.it, 23 September 2016: The real reasons young Italians aren't having kids. Besoek op 8 Oktober 2019
de
Statista.com: Die 20 Länder mit dem höchsten Durchschnittsalter der Bevölkerung im Jahr 2020 (Altersmedian in Jahren). Besoek op 6 Oktober 2019
en
"Italy make history by qualifying for 2026 T20 World Cup"
. ESPNcricinfo. 11 Julie 2025
. Besoek op
24 Februarie
2026
en
Alan Gardner (12 Februarie 2026).
"Moscas star as Italy dismantle Nepal for first World Cup win"
. ESPNcricinfo
. Besoek op
24 Februarie
2026
Bronnelys
wysig
wysig bron
Algemeen
en
"Italy"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
7 Maart
2024
en
"Italy"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
7 Maart
2024
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wiki-bronne
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Italië
Wikiwoordeboek
het 'n inskrywing vir
Italië
en
Toerisme-inligting oor
Italië
op
Wikivoyage
Italiaanse regering
it
governo.it
Italiaanse toeristekantoor | Agenzia Nazionale Turismo
it
italia.it
Media
it
youtube.com: Italia.it – 90 sekondes Italië
Frankryk
Monaco
Liguriese See
Switserland
Oostenryk
Slowenië
Spanje
Middellandse See
Adriatiese See
Kroasië
Bosnië en Herzegowina
Montenegro
Albanië
Italië
Algerië
Tunisië
Middellandse See
Middellandse See
Malta
Libië
Ioniese See
Griekeland
Administratiewe streke van Italië
Abruzze
(Abruzzo)
Apulië
(Puglia)
Basilicata
Kalabrië
(Calabria)
Kampanië
(Campania)
Emilia-Romagna
Friuli-Venezia Giulia
Latium
(Lazio)
Ligurië
(Liguria)
Lombardye
(Lombardia)
Marke
(Marche)
Molise
Piëmont
(Piemonte)
Sardinië
(Sardegna)
Sisilië
(Sicilia)
Toskane
(Toscana)
Trentino-Suid-Tirol
(Trentino-Alto Adige) •
Umbrië
(Umbria)
Valle d'Aosta
Veneto
Lande en gebiede in
Europa
Onafhanklike lande
Albanië
Andorra
Armenië
Azerbeidjan
Belarus
België
Bosnië en Herzegowina
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Georgië
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kasakstan
Kroasië
Letland
Liechtenstein
Litaue
Luxemburg
Malta
Moldowa
Monaco
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Oekraïne
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Rusland
San Marino
Serwië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Switserland
Tsjeggië
Turkye
Vatikaanstad
Verenigde Koninkryk
Ysland
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Donetsk
Kosovo
Loehansk
Noord-Siprus
Suid-Ossetië
Transnistrië
Afhanklike gebiede
Finland
Åland
Koninkryk van Denemarke
Faroëreilande
Noorweë
Jan Mayen
Svalbard
Portugal
Asore
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Gibraltar
Guernsey
Jersey
Man
Lande van
Afrika
Asië
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Asië
. 2. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die
Kanaaleilande
Europese Unie
(EU)
België
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kroasië
Letland
Litaue
Luxemburg
Malta
Nederland
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Tsjeggië
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
(NAVO)
Albanië
België
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Griekeland
Hongarye
Italië
Kanada
Kroasië
Letland
Litaue
Luxemburg
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Pole
Portugal
Roemenië
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Tsjeggië
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Ysland
Groep van Sewe (G7)
G6
G8
G8+5
G14
Lidlande
G7
Duitsland
Frankryk
Italië
Japan
Kanada
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
G8
Duitsland
Frankryk
Italië
Japan
Kanada
Rusland
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Verteenwoordiger
Europese Unie
G8+5
G8
Brasilië
China
Indië
Meksiko
Suid-Afrika
G7+1
G7
Rusland
G6
Duitsland
Frankryk
Italië
Japan
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Huidige politici
Leiers
Merz
Macron
Meloni
Kishida
Trudeau
Starmer
Trump
Michel
Von der Leyen
Ministers van buitelandse sake
Wadephul
Colonna
Tajani
Hayashi
Joly
Cleverly
Rubio
Borrell
Ministers van finansies
Klingbeil
Le Maire
Giorgetti
Suzuki
Freeland
Hunt
Bessent
Gentiloni
Ministers van verdediging
Pistorius
Lecornu
Crosetto
Kishi
Anand
Wallace
Hegseth
Ministers van justisie
Hubig
Dupond-Moretti
Nordio
Furukawa
Lametti
Raab
Bondi
Reynders
Ministers van binnelandse sake
Dobrindt
Darmanin
Piantedosi
Kaneko
Mendicino
Braverman
Noem
Johansson
Reserwebankgoewerneurs
Nagel
Villeroy de Galhau
Visco
Kuroda
Macklem
Bailey
Powell
Lagarde
Spitsberade
1975
1976
1977
1978
1979
1980
1981
1982
1983
1984
1985
1986
1987
1988
1989
1990
1991
1992
1993
1994
1995
1996
1997
1998
1999
2000
2001
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
2024
2025
2026
Ooreenkomste
Louvre-akkoord
Heiligendamm-proses
Muskoka-inisiatief
Gleneagles-dialoog
Klimaatsveranderingrondetafel
Lyste
Leiers
Langs dienende
Spitsberaadoorde
Junior 8
Sien ook
G-20
OESO
Kategorie
Multimedia
bygewerk 22 Mei 2022
Groep van Twintig (G20)
Argentinië
Australië
Brasilië
Duitsland
Europese Unie
Frankryk
Indië
Indonesië
Italië
Japan
Kanada
Meksiko
Rusland
Saoedi-Arabië
Suid-Afrika
Suid-Korea
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Volksrepubliek China
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Kroasië
Korea
Vatikaan
Israel
Katalonië
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
İslâm Ansiklopedisi
Ontsluit van "
Kategorieë
Administratiewe streke van Italië
Italië
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Italië
Nuwe onderwerp
US