Italiaans - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien
Italianers
Italiaans
italiano
lingua italiana
Uitspraak:
[itaˈljaːno], [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]
Gepraat
in:
Italië
Switserland
San Marino
Vatikaanstad
Slowenië
Kroasië
Somalië
Eritrea
Libië
Malta
Kosovo
Montenegro
Gebied:
Suid-Europa
Totale
sprekers:
64 miljoen (moedertaal)
3 miljoen (tweede taal)
Rang:
20
Taalfamilie
Indo-Europees
Italies
Romaans
Wes-Romaans
Italoromaans
Italiaans
Skrifstelsel:
Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in:
Europese Unie
Italië
Switserland
San Marino
Vatikaanstad
Orde van Malta
Gereguleer deur:
Accademia della Crusca
Taalbedreigingstatus
Uitgesterf
EX
Uitgestorwe taal
Bedreig
CR
Krities bedreigde
SE
Erg bedreigde
DE
Bedreigde
VU
Kwesbare
Veilig
NE
Nie bedreig nie
Dit is
nie 'n bedreigde
taal volgens die
UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale
Taalkodes
ISO 639-1
it
ISO 639-2
ita
ISO 639-3
ita
Nota
: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Die
taal
Italiaans
italiano
, [itaˈljaːno],
luister
hulp
inligting
of
lingua italiana
, [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]) is 'n lid van die
Romaanse taalgroep
. Net soos ander Romaanse tale was die gesproke Latynse taal of
Vulgêrlatyn
die uitgangspunt vir 'n taalkundige proses wat in die
Middeleeue
met die vestiging van Italiaans as selfstandige taal afgesluit is. Die oudste tekste, wat as Italiaans geklassifiseer word, dateer uit die tydperk tussen 960 en 963 en staan bekend as
Placiti Cassinesi
. Hulle is opgestel as juridiese dokumente vir die beslegting van 'n grondgeskil tussen drie
Benediktynse
kloosters
en 'n plaaslike grondeienaar in die omgewing van Capua,
Kampanië
. Blykbaar was ten minste een van die partye nie Latyn magtig nie sodat 'n vertaling in die volkstaal of
volgare
as nodig geag is.
'n Inskrif op 'n marmertafel in Capua herinner aan die oudste bekende teks in Italiaans
Italiaans word deur ongeveer 65 miljoen sprekers in
Italië
San Marino
, die
Vatikaanstad
Switserland
(hoofsaaklik in die kanton Ticino),
Monaco
Frankryk
département
Alpes-Maritimes
), Italiaanse minderhede in dele van
Kroasië
en
Slowenië
asook Italiaanse gemeenskappe in die Europese en oorsese buiteland gepraat. So is dit danksy grootskaalse immigrasie vanaf die 19de eeu die tweede mees gesproke taal in Argentinië naas Spaans. Met die groot emigrasiegolwe van die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Italiaans as een van die mees gesproke tale naas
Engels
in die
Verenigde State
gevestig. Wêreldwyd is tussen vyftien en twintig miljoen sprekers Italiaans as tweede taal magtig.
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Van Vulgêrlatyn tot vroeë vorme van Italiaans
wysig
wysig bron
Die ontwikkeling van Italiaans as Romaanse skryf- en literêre taal in eie reg het – in vergelyking met ander dele van die Romaanse taalgebied – relatief laat begin omrede Latyn nog betreklik lank maklik verstaanbaar was. Terwyl die Latynse stelsel van ses naamvalle of morfologiese kasus in Italiaans – net soos in ander Romaanse tale – verlore gegaan het, is die verbuigingstelsel bybehou. Opvallend is die oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksies – 'n proses wat reeds in die Vulgêrlatynse taalfase begin het.
Oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksies
wysig
wysig bron
Klassieke Latyn
Vulgêrlatyn
Italiaans
Afrikaans
laudor
laudatus sum
sono lodato
ek het lof ontvang
cantavi
habeo cantatum
ho cantato
ek het gesing
Bron: Ursula Reutner/Sabine Schwarze:
Geschichte der italienischen Sprache. Eine Einführung
. Tübingen: Narr Francke Attempto 2011, bl. 24
Middeleeuse Italiaans
wysig
wysig bron
Oksitaanse invloede
wysig
wysig bron
'n Reeks faktore het daartoe bygedra dat 'n literêre Italiaanse standaardtaal eers betreklik laat begin ontwikkel het. So het baie digters in Noord- en Suid-Italië aanvanklik voorkeur gegee het aan Oksitaans wat hulle nie net as 'n aantreklike taal beskou het nie, maar wat ook elders in Europa groot aansien geniet het en deur elites maklik verstaan en gelees kon word. Vroeë liriek in Suid-Italië is derhalwe in Oksitaans geskryf, terwyl in Noord-Italië naas Franko-Italiaanse
chansons de geste
(heldegedigte of epiese liedere wat die geïdealiseerde wêreld van
ridders
beskryf, in Afrikaans dikwels regstreeks vertaal ook Dadeliedere genoem) ook talle ander teksdokumente soos kronieke en ande geskiedkundige werke, digkuns, diergedigte en -fabels asook ander prosa in Oksitaans geskep is.
Selfs die Italiaanse meesterdigter Dante Alighieri het sy respek aan Oksitaans betoon en laat in
Canto XXVI
van sy
Purgatorio
die Oksitaanse
trobador
Arnaut Daniel (1150−1210), hoofverteenwoordiger van die sogenaamde donker en ingewikkelde styl van trobador-liriek (wat onder meer deur versteekte sinspelings gekenmerk is, bekend as
trobar clus
) wat deur hom as die "beste smid van die moedertaal" beskryf is, in sy eie taal optree.
Sisiliaanse Skool
wysig
wysig bron
Die Normandiese gedeelte van die
Palazzo dei Normanni
of
Palazzo Reale
te
Palermo
Sisilië
. Hier, waar Frederik II grootgeword het, het later ook sy hof, die
Magna Curia
, vergader – 'n multikulturele sentrum van kunste en wetenskappe
Die vroegste vorme van geskrewe literêre Italiaans dateer uit die 13de eeu en uit die suide van die taalgebied. Hier het Frederik II (1194−1250), keiser van die
Heilige Romeinse Ryk
en koning van Sisilië, 'n kunssinnige en intellektueel hoogstaande heerser wat ook self gedigte geskryf het, aan sy Sisiliaanse hof as beskermheer van digters opgetree. Die Sisiliaanse Skool (of
Scuola siciliana
) was 'n klein groep digters, naas enkele vastelanders meestal Sisiliane wat deel uitgemaak het van die koningshof, die
Magna Curia
Met die notaris
Giacomo da Lentini
as hul hoof het hierdie groep tussen 1230 en 1266 meer as driehonderd gedigte met hoofse liefde as sentrale tematiek voortgebring wat, soos elders in Italië, deur
Oksitaanse
trobador-liriek geïnspireer is, maar vir die eerste keer in die volkstaal geskryf is, en juis nie in Oksitaans nie. Koning Frederik II se litêrere eksperiment is ná sy afsterwe voortgesit deur sy seun Manfred.
Toskane
wysig
wysig bron
Beide
Dante Alighieri
en
Francesco Petrarca
was belangrik in die vestiging van hul Toskaanse dialek as die vernaamste literêre taal in die hele Italië tydens die Laat-Middeleeue.
Die dryfkrag agter die vorming van 'n Italiaanse standaard-skryftaal in die Middeleeue was die sukses van digkuns wat verder noord, in
Toskane
, ontstaan het. Gebaseer op die Toskaans-Florentynse dialek in sy geskrewe 13de eeuse vorm, die
fiorentino letterario
, en met die stad
Florence
as kulturele sentrum, het die werke van drie Florentynse digters,
Dante Alighieri
(1265−1321),
Francesco Petrarca
en
Boccaccio
, wat as die
Tre corone di Firenze
vereer word, 'n literêre uitgangspunt vir 'n algemeen aanvaarde Italiaanse standaardskryftaal begin vorm. Die publikasie van Dante se
Divina commedia
in Toskaanse Italiaans het daartoe bygedra dat die volkstaal naas Latyn as literêre medium erkenning kon kry. Die oudste geskrewe materiaal in die vroeë volkstaal stam uit die 10de eeu. Daar is egter baie meer materiaal uit die 14de eeu wat die werke van die bogenoemde klassieke Florentynse digters insluit. Vanaf die 16de eeu is Standaarditaliaans in sy geskrewe vorm algemeen aanvaar.
Terwyl Latyn gedurende die Middeleeue die enigste medium vir enige vorm van wetenskaplike diskoers was, was Alighieri een van die eerste Italiaanse filosowe en geleerdes wat bereid was om aan Italiaans as gesproke moedertaal die status van selfstandige studieonderwerp toe te ken. Blykbaar het sy siening van Italiaans geleidelik verander. In een van sy vroeë werke,
Vita nuova
(1294), het hy nog daarvoor gepleit om die gebruik van die volkstaal tot liefdesliriek te beperk. Ook in die
Convivio
(1304−1307) beklemtoon hy steeds die ondergeskikte rol van Italiaans teenoor Latyn. Hierdie siening kontrasteer met die opinie oor die volkstaal wat hy in sy Latynse traktaat
De vulgari eloquentia
(1303−1304) vervat. Volgens hom is dit juis Italiaans se natuurlikheid wat dit verhewe maak bo Latyn. Geleerdes se refleksie oor hul eie moedertaal het algaande hulle belangstelling gewek vir taalgeskiedenis en taalkundige verandering.
Venesië
wysig
wysig bron
Die gebrek aan 'n konings- of ander hof, waar heersers as beskermhere en -dames van kunste kon optree en sodoende 'n geskrewe literêre standaard kon bevorder wat wyer erkenning sou geniet, was een van die redes hoekom die
Republiek Venesië
se taalvariant,
Venesiaans
of
venexian
, maar 'n ondergeskikte rol in die proses van Italiaanse taalstandaardisering sou speel – al was die Dogerepubliek een van die belangrikste politieke en ekonomiese rolspelers in die taalgebied. Literatuur en digkuns is in Venesië as 'n privaat aangeleentheid beskou en nie deur die owerheid bevorder nie.
Ook was Venesiane meer behoudend in die omgang met Latyn as uit die antieke tydperk oorgeërfde skryftaal. Latyn het hierdie funksie nog tot omstreeks 1500 vervul – met 'n aanvanklike neiging om vir geskrewe kommunikasievorme Latyn en vir mondelinge die inheemse koinē of algemene volkstaal te gebruik. Geleidelik het Venesiaans dieselfde status begin vervul soos Latyn, en so is daar 'n betreklik omvangryke korpus van Venesiaanse tekste uit verskillende vakgebiede.
Venesiane se taalkundige
pragmatisme
en onverskilligheid teen enige vorm van konsekwente taalbeleid het daartoe bygedra dat vanaf omstreeks 1500, net soos elders in Italië, die Toskaans-gebaseerde Italiaanse standaardskryftaal de facto as die voorkeurmedium van wetgewing en die meeste ander vorme van geskrewe kommunikasie in Venesië aanvaar is.
Bybelvertalings
wysig
wysig bron
'n Bladsy uit Nicolò Malermi se Venesiaanse Bybelvertaling van 1471
Bybelvertalings
in Italiaans het, in teenstelling met ander Europese lande, geen noemenswaardige bydrae gelewer tot taalstandaardisering nie. Eerste Italiaanse uitgawes van enkele Bybelboeke dateer uit die 13de eeu en uitsluitlik as handgeskrewe eksemplare wat net deur 'n klein minderheid belangstellendes bekostig kon word. In die volgende eeu is steeds meer Bybelboeke vertaal sodat kort voor lank die hele Heilige Skrif in die landstaal beskikbaar was. Nogtans was daar geen enkele volledige uitgawe nie – alle Bybeltekste is deur anonieme vertalers op verskillende plekke en tye in Italiaans saamgestel.
Die uitvinding en verspreiding van die drukpers het die publikasie van die eerste volledige Bybeluitgawe moontlik gemaak wat in 1471 in Venesië gedruk is. Nicolò Malermi (1422−1481), 'n Camaldulenser-monnik, het die Latynse Vulgata-Bybel en bestaande Italiaanse uitgawes as basis vir sy eie vertaling gebruik wat binne agt maande voltooi is. 'n Aantal terme is deur Malermi deur Venesiaanse woorde vervang. Nogtans was die
Bibbia del Malermi
die eerste Italiaanse Bybeluitgawe wat op nasionale vlak versprei is.
'n Tweede Venesiaanse Bybeluitgawe is in 1532 deur Antonio Brucioli, 'n boorling van Florence en humanis wat in
Protestantse
leerstellings belang gestel het sonder om sy bande met die Rooms-Katolieke Kerk te verbreek (alhoewel hy uit sy geboortestad verban is en sy oortuigings deur vele as teologiese kettery beskou is), as eerste Italiaanse Bybel regstreeks uit die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tekste vertaal. Brucioli het sy vertaalwerk stapsgewys voltooi. So het in 1530 vooraf 'n nuut vertaalde uitgawe van die
Nuwe Testament
verskyn (
«di greco novamente tradotto in lingua toscana»
) en in die volgende jaar die
Psalms
«da la hebraica verità»
).
Die Brucioli-Bybel het, al was dit allesbehalwe 'n literêre meesterwerk, dekades lank aanklank gevind by Italiaanse Protestante en nonkonformiste. Hersiene uitgawes daarvan is later gepubliseer, ook deur Rooms-Katolieke outeurs, waaronder een in
Antwerpen
en twee in
Lyon
, alhoewel geen noemenswaardige sukses aan hierdie vertalings beskore was nie. Van groter belang is die drie boekdele met kommentare op die Bybel wat Brucioli in 1540 gepubliseer het (vier bykomende dele het later verskyn), veral vanweë die soms onverhulde Protestantse standpunte wat die skrywer inneem (en reeds in die voorwoord tot die Venesiaanse Bybel van 1532 begin deurskyn het).
Dat Brucioli geen geleerde was nie, maar 'n leek wat blykbaar Grieks en Hebreeus aangeleer het, maak sy prestasie des te merkwaardiger. Moontlik was sy Hebreeuse taalvaardighede beperk – 'n groter gedeelte van die Hebreeuse Geskrifte in sy Bybeluitgawe steun sterk op 'n vroeëre Latynse vertaling van die Italiaanse Bybelgeleerde Santi Pagnini (1470−1536) sonder dat dit eksplisiet vermeld word.
In 1607 het in
Genève
'n nuwe Italiaanse vertaling van die Bybel verskyn wat as taalkundige meesterwerk beskou is en die standaarduitgawe vir Italiaanssprekende Protestante sou word, saamgestel deur die gereformeerde teoloog, hebraïs en diplomaat Giovanni Diodati (1576−1649) wie se adellike ouers weens godsdienstige vervolging uit Toskane gevlug het. Die mees onlangse uitgawe daarvan is in 2014 gedruk.
Die Rooms-Katolieke geestelikheid was in die 16de eeu verdeeld oor die kwessie van Bybelvertalings. Dele van die klerus het daarop gewys dat die Kerk moontlik van vervalsing en bedrog beskuldig sou word indien die Bybel nie vir gelowiges sonder kennis van Hebreeus, Grieks of Latyn beskikbaar sou wees nie. Ander het Bybeluitgawes in die volkstale as die eerste stap tot wangeloof en
kettery
verwerp. Tydens die Tridentynse Konsilie van 1546 is dus geen besluit oor 'n Katolieke Bybel in Italiaans geneem nie en slegs die Latynse Vulgata-Bybel se outentisiteit as Rooms-Katolieke standaardwerk bekragtig.
Die indeks van verbode werke, wat deur
pous Paulus IV
in 1559 gepubliseer is, het vir die eerste keer Bybelvertalings in die volkstaal soos Brucioli s'n bevat. In 1596 is die vertaling van Bybeltekste en die druk daarvan eksplisiet verbode en oortreders met kerklike sensuur en ekskommunikasie gedreig. Ongewoon genoeg is soms Italiaanse Bybels op kerkpleine verbrand.
Die verbod op Bybels in Italiaans is eers deur 'n dekreet opgehef wat
pous Benedictus XIV
op 13 Junie 1757 uitgevaardig het. Rooms-Katolieke is die reg toegestaan om Italiaanse Bybelvertalings te lees en raadpleeg mits hulle deur die Heilige Stoel goedgekeur en onder die toesig van 'n Rooms-Katolieke biskop gepubliseer is. Antonio Martini (1720−1809), wat in 1781 as aartsbiskop van Florence benoem en gewy is, het vervolgens met die vertaling van die Vulgata begin. Die eerste deel van sy Bybeluitgawe het in 1769 verskyn, die volledige Italiaanse uitgawe was vanaf 1781 beskikbaar. Anderhalf eeue lank was Martini se Bybelvertaling die enigste Italiaanse uitgawe wat die Kerk se goedkeuring geniet het.
Die
Questione della lingua
of taalkwessie – 16de eeuse Italiaanse taalstudies
wysig
wysig bron
Pietro Bembo was 'n invloedryke figuur in die ontwikkeling van die Italiaanse taal vanuit die Toskaanse dialek, as 'n literêre medium, nadat hy die taal vir moderne standaardgebruik gekodeer het
In die 15de en 16de eeu was daar reeds 'n aantal Europese tale wat 'n prestigieuse standaardvariant vir literêre doeleindes en gebruik as kommunikasiemiddel op regeringsvlak voortgebring het – met 'n status en vlak van ontwikkeling wat hoog en gevorderd genoeg geag is om in tweetalige woordeboeke en vertalings met klassieke Latyn vergelyk te word. In
Frankryk
is die gesproke taal van
Parys
, die koninklike regeringsetel, verhef tot daardie status; in
Spanje
het dié eer Kastilies te beurt geval, die taalvariant wat in
Toledo
as setel van die koningshof gebesig is (wat eers in 1561 na
Madrid
verskuif is); in
Engeland
het die taalgebruik van die
Londense
kanselary landswye normerende invloed uitgeoefen, versterk deur die feit dat die meeste Engelse drukkerye in Londen gesetel was, net soos die koningshof en die regeringsinstellings in
Westminster
, terwyl ook die belangrikste Engelse Bybelvertalings die taalgebruik van die hoofstad en sy omgewing weerspieël het; in Duitssprekende gebiede is die variant, wat deur kanselarye in die
Hoogduitse
taalgebied vir kommunikasiedoeleindes gebruik is, as die invloedrykste en mees prestigieuse geag, saam met die normerende invloed van
Martin Luther
se Bybelvertalings in 'n nou verwante variant van Duits, met vergelykbare ontwikkelinge in
Skandinawiese
lande soos
Denemarke
en
Swede
In 16de eeuse Italië, waar steeds verskillende streekvariante van Italiaans naas mekaar gebesig is, is die taalkundige ontwikkeling in die buiteland deur geleerdes noukeurig dopgehou. Dit het ook by hulle die behoefte aan een of ander gestandaardiseerde vorm van Italiaans laat ontstaan. Dieselfde het vir skrywers en drukkers gegeld wat daarin belang gestel het om hul werke in die hele Italiaanse taalgebied in 'n geskrewe variant te versprei wat deur enige belangstellende leser maklik verstaan kon word.
Die normering van 'n nasionale taalvariant is nogtans deur twee belangrike faktore belemmer en verstadig. Eerstens was die Italiaanse taalgebied verdeel in verskillende onafhanklike politieke entiteite, en al is Italianers oor grense heen saamgesnoer deur 'n gemeenskaplike kulturele identiteit, was daar geen enkele administratiewe sentrum wat sy taalkundige invloed landswyd kon laat geld nie, nog was daar 'n Bybelvertaling wat in die hele taalgebied as gesaghebbend geag is. Tweedens het Latyn in dié tydperk steeds baie hoë funksies van 'n standaardtaal vervul, langer en op meer gebiede as in ander Europese lande, en vasbeslote verdedig deur Italiaanse Latiniste. Al het die gesproke volkstaal vordering gemaak op die meeste gebiede, het dit nog in die skadu van Latyn gestaan en is daar meer werke in die klassieke taal gepubliseer as in die eietydse spreektaal.
Drie basiese modelle is vir die normering van 'n Italiaanse standaardtaal ontwikkel:
Met die eerste, waarvan die Venesiaanse digter en literatuurteoretikus Pietro Bembo die mees gesiene voorstander was, is vir 'n argaïserende terugkeer tot die taalgebruik van 14de eeuse klassieke Florentynse digters en skrywers gepleit, veral die
Tre corone
. Hierdie voorstel was aanvaarbaar danksy die feit dat Toskaans in die afgelope twee eeue min verandering ondergaan het (behalwe vir strukturele besonderhede), maar sou ondenkbaar gewees het in die Franse of Engelse taalgebied.
Die tweede model was eklekties van aard met sy voorstel om die eietydse gesofistikeerde hoofse taalgebruik as standaard te aanvaar – die
lingua cortigiana
of
lingua commune italiana
Die derde voorstel was om die destydse Florentynse taalgebruik as normerende standaard vir heel Italië te aanvaar.
Standaarditaliaans as nasionale ampstaal
wysig
wysig bron
Die eerste Italiaanse woordeboek, die
Vocabolario degli Accademici della Crusca
, is in 1612 in Venesië gedruk
Biblioteek van die
Accademia della Crusca
, Florence
Alessandro Manzoni het die basis vir die moderne Italiaanse taal geskep en gehelp om taalkundige eenheid in Italië te ontwikkel
Toe Standaarditaliaans vroeg in 1861 met die vorming van 'n eenheidstaat die status van ampstaal gekry het, was dit die huistaal van 'n baie klein minderheid van tussen drie en vyf persent Italianers. Een van die belangrikste struikelblokke vir die uitbreiding van Standaarditaliaans was die hoë aandeel ongeletterdes – in 1861 was 74,7 persent van die bevolking ongeskoold (67 persent in die noorde en 87 persent in die suide). Die meerderheid het dialekte gebesig wat eers in die 20ste eeu, onder meer deur die invloed van massamedia, aan belangrikheid verloor het.
In die eerste twee dekades van sy bestaan het die openbare uitsaaiwese (met RAI as nasionale uitsaaikorporasie) nog aandag gegee aan 'n verskeidenheid kulturele en opvoedkundige verantwoordelikhede. So is daar selfs programme gebeeldsend waarmee ongeletterdes lees- en skryfvaardighede kon aanleer. Met die opkoms van privaat televisiekanale, wat op vermaakprogramme gefokus het, is standaarde dikwels verlaag, ook wat taalkeuses betref.
Alhoewel Italiaans oor 'n omvangryke woordeskat beskik en die grootste Italiaanse woordeboeke tussen 80
000 en 250
000 inskrywings kan hê, die taal ryk is aan idiomatiese uitdrukkings en semantiese fynhede, het 'n ondersoek oor die alledaagse taalgebruik van Italianers, wat die Italiaanse taalkundige en professor in algemene taalkunde aan die Sapienza-universiteit te Rome Tullio De Mauro (1932−2017) enkele jare voor sy afsterwe deurgevoer het, ontmoedigende resultate opgelewer. Sowat die helfte van die Italiaanse bevolking gebruik in hul alledaagse kommunikasie net sowat 3
000 woorde. Ook word sekere grondleggende aspekte van Italiaanse grammatika in die gesproke taal verontagsaam – soos die subjunktief wat foutief gebruik of soms summier weggelaat word.
Italiaanse dialekte (
dialetti italiani
Noordelike dialekte (
Settentrionali
Gallo-Italiese dialekte
: Piëmontees, Liguries, Lombardies, Emiliaans
Venesiaans
Toskaanse dialekte (
Toscani
Sentraal-Toskaans (Florence)
Wes-Toskaans (Lucca, Pisa, Livorno)
Suid-Toskaans (Siena, Arezzo)
Sentraal-Italiaanse dialekte (
Centrali
Dialekte van Noord-Latium
Dialekte in dele van Umbrië en Marche
Suidelike dialekte (
Meridionali
Napoletaanse dialekte
: Suid-Latium, Abruzzi, Kampanië, dele van Lucania, Noord-Apulië
Sisiliaanse dialekte
: Salentynse skiereiland, Kalabrië, Sisilië
Sardies en Korsies
wysig
wysig bron
Op die eilande
Sardinië
en
Korsika
word dialekte gepraat wat saam met dialekte op die vasteland as deel van die Italiaanse dialekkontinuüm beskou word. Om kulturele redes word hulle nogtans soms as selfstandige Romaanse idiome beskryf.
Korsikaans
, wat baie ooreenkomste met Toskaanse dialekte toon, word in 'n konteks gepraat waar Frans die status van enigste ampstaal geniet en Korsikaans eers vanaf die 1970's weer as onderwysmedium toegelaat is nadat dit dekades lank onderdruk is.
Sardies
is in baie opsigte 'n behoudende taal waarin 'n aantal fonetiese en grammatikale besonderhede van die Latynse oorsprongstaal bewaar gebly het (soos die velare uitspraak van c voor e en i as
k-
, in teenstelling met die Italiaanse
tsj-
). Historiese bande met
Katalonië
het spore in die Sardiese woordeskat gelaat.
Spelling
wysig
wysig bron
Manuskripalfabet in kursief, onderrig aan Italiaanse skole in die 20ste en 21ste eeu
Verspreiding van Italiaans in Europa
Die geografiese verspreiding van Italiaans op wêreldskaal
Moedertaal
Tweede of nie-amptelike taal
Italiaanssprekende minderhede
Gebruik van die Italiaanse taal in Europa en voorheen in Afrika
Italiaans word in die
Latynse alfabet
geskryf – net soos
Afrikaans
volgens
fonetiese
beginsels. As mens die uitspraakreëls ken, sal mens geen moeite hê om geskrewe woorde uit te spreek nie, en andersom. In Italiaans word alle
lettergrepe
van 'n woord uitgespreek – maar nie noodsaaklik alle letters nie. So het die letter /i/ in sommige woorde geen fonetiese waarde nie, maar dien as 'n soort diakritiese teken wat die uitspraak van /g/ en /c/ of /cc/ voor die letters /a/, /o/, en /u/ as respektiewelik [dʒ] en [tʃ] aandui, soos byvoorbeeld in
giallo
[ˈdʒallo] en
carpaccio
[karˈpattʃo].
In woorde soos
scienza
(«wetenskap») word 'n sj-klank aangedui deur die letters
sci-
Die Italiaanse
alfabet
bestaan uit slegs 21 letters. Die letters
en
kom in Standaarditaliaans uitsluitlik in vakterme (
parole di origine dotta
) en leenwoorde uit ander tale (
parole di origine straniera
) voor, soos byvoorbeeld
bikini
kibbutz
watt
ex
uxoricida
xerocopia
spray
yacht
en
yoga
Italiaanse leenwoorde in ander tale
wysig
wysig bron
Die Evangelies die Bybel in Italiaans
'n Vrou wat Sisiliaans en Italiaans praat
Italiaanse vakterme het ingang gevind tot die internasionale terminologie van
musiek
, kuns, ontwerp, tegnologie en die bankbedryf. Veral in die Renaissance- en baroktydperk is die Italiaanse notasiestelsel vir klassieke musiek algemeen aanvaar, saam met Italiaanse terme, onder meer omdat baie toonaangewende komponiste uit Italië afkomstig was. Finansiële vakterme is reeds in die Middeleeue uit Italiaans ontleen. Groeiende handelstrome het vereis dat die verskillende geld- en munteenhede gewissel kon word. Hierdie taak is deur sogenaamde
banchieri
uit Noord-Italië in heel Europa oorgeneem.
Invloed in Afrikaans
wysig
wysig bron
Daar is Afrikaanse woorde wat aan Italiaans ontleen is of regstreeks, soms deur Nederlands, uit Italiaans kom.
Kookkuns
wysig
wysig bron
Pizza
pasta
spaghetti
tortellini
mozzarella
espresso
cappuccino
Tiramisù
Gorgonzola
, prosecco, al dente.
Finansies
wysig
wysig bron
Bankrot
– Afgelei van
banca
(bank) en
rotta
(gebreek). Die houtbanke van Italiaanse
banchieri
op openbare pleine is dikwels deur woedende klante omvergewerp as geldbedrae, wat hulle belê het, nie terugbetaal kon word nie.
Bank
kapitaal
kassa
saldo
Hierdie woorde is in die 14
en 15
eeu met die
Italiaanse boekhoumetode
in Nederlands opgeneem en het so ook in Afrikaans hulle opwagting gemaak.
Musiek
wysig
wysig bron
Allegro
– lewendig, opgewek
Piano
– sag
Andante
– op 'n loopgang
Sonate
Forte
– hard
Continuo
– ononderbroke
Crescendo
– geleidelik harder
Ander
wysig
wysig bron
Fresko
Fiasko
Casino
Campanile
– kloktoring
Ghetto (Venesiaans)
Mafia
Regatta
(Venesiaans)
Verwysings
wysig
wysig bron
en
"Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Italian"
Ethnologue
. Besoek op
9 Januarie
2025
Berloco 2018
Simone 2010
de
Per Sture Ureland (ed.) et al.:
Entstehung von Sprachen und Völkern. Glotto- und ethnogenetische Aspekte europäischer Sprachen. Akten des 6. Symposions über Sprachkontakt in Europa, Mannheim 1984
. Tübingen: Max Niemeyer Verlag 1985, bl. 143
de
Ronnie Ferguson:
Venetian Language
. In: Eric E. Dursteler:
A Companion to Venetian History, 1400–1797
. Leiden • Boston: Brill 2014, bl. 952
en
S.L. Greenslade (red.):
The Cambridge History of the Bible, Volume 3. The West from the Reformation to the Present Day
. Cambridge: Cambridge University Press 1975, bl. 110
en
it
I Promessi sposi or The Betrothed
Geargiveer
18 Julie 2011 op
Wayback Machine
de
Andreas Michel:
Einführung in die italienische Sprachwissenschaft
. Tweede hersiene uitgawe. Berlin/Boston: Walter de Gruyter 2016, bl. 35
Verdere leesstof
wysig
wysig bron
en
Berloco, Fabrizio (2018).
The Big Book of Italian Verbs: 900 Fully Conjugated Verbs in All Tenses. With IPA Transcription, 2nd Edition
. Lengu.
ISBN
9788894034813
it
Palermo, Massimo (2015).
Linguistica italiana
. Il Mulino.
ISBN
9788815258847
it
Simone, Raffaele (2010).
Enciclopedia dell'italiano
. Treccani.
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wiki-webtuistes
Wikipedia
Sien gerus
Wikipedia
se uitgawe in
Italiaans
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Italiaans
Wikiwoordeboek
het 'n inskrywing vir
Italiaans
BBC
en
BBC Languages – Italian
Indo-Europese tale
Kentum-tale
Italiese tale
Italiese groep
Oskies
Umbries
Faliskies
Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans
Aragonees
Asturies
Galicies
Katalaans
Ladino
Leonees
Portugees
Spaans
Galloromaans
Langues d'oil
Frans
Gallo
Lorreins
Normandies
Auregnais
Guernésiais
Jèrriais
Sercquiais
Pikardies
Champenois
Waals
Anglo-Normandies
Oksitaans
Aranees
Auvergnat
Gaskons
Languedokies
Limousin
Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies
Lombardies
Monegaskies
Piëmontees
Venesiaans
Retoromaans
Romansch
Ladinies
Friulaans
Italoromaans
Dalmaties
Italiaans
Napolitaans
Suid-Romaans
Korsikaans
Sardies
Campidanies
Galluraans
Logudories
Sassaries
) |
Sisiliaans
Balkanromaans
Aroemeens
Istro-Roemaans
Meglenoroemaans
Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua
Interlingue
Lingua Franca Nova
Tale
van
Kroasië
Amptelike tale
Kroaties
Minderheidstale
Bosnies
Tsjeggies
Hongaars
Italiaans
Rusyn
Serwies
Slowaaks
Gebaretale
Joego-Slawiese gebaretaal
Sien ook:
Minderheidstale van Kroasië
Tale van
Roemenië
Amptelike taal
Roemeens
Streeks-/
minderheidstale
Albanees
Armeens
Bulgaars
Kroaties
Tsjeggies
Duits
Grieks
Hongaars
Italiaans
Macedonies
Pools
Romani
Russies
Rusyn
Serwies
Slowaaks
Krim-Tataars
Turks
Oekraïens
Jiddisj
Gebaretale
Roemeense gebaretaal
Tale
van
Slowenië
Amptelike tale
Sloweens
Minderheidstale
Kroaties
Duits
Hongaars
Italiaans
Romani
Serwies
Gebaretale
Joego-Slawiese gebaretaal
Normdata
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Israel
Ander
NARA
Ontsluit van "
Kategorie
Italiaans
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Italiaans
Nuwe onderwerp
US