Jane Fonda - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jane Fonda
Fonda in 2015 op die
Cannes-rolprentfees
Geboortenaam
Jayne Seymour Fonda
Geboorte
21 Desember 1937
1937-12-21
(88
jaar
oud)
New York-stad
New York
VSA
Nasionaliteit
Amerikaans
Beroep(e)
Aktrise, skryfster, aktivis
Aktiewe jare
1959–tans
Internet-rolprentdatabasis
-profiel
Jane Fonda
(geb.
Jayne Seymour Fonda
op
21 Desember
1937
) is ’n
Amerikaanse
aktrise, skryfster en politieke aktivis, asook ’n fiksheidsghoeroe en voormalige model. Sy het die
Oscar
al twee keer gewen en in 2014 het sy ’n prys vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf van die Amerikaanse Filminstituut ontvang.
Fonda het in 1960 haar verhoogdebuut gemaak in
There Was a Little Girl
, en vir haar spel is sy vir die eerste van twee
Tony
-pryse benoem. Later in dié jaar het sy haar rolprentdebuut gemaak in
Tall Story
. Sy het in die 1960's bekend geword danksy rolle in prente soos
Period of Adjustment
(1962),
Sunday in New York
(1963),
Cat Ballou
(1965),
Barefoot in the Park
(1967) en
Barbarella
(1968). Haar eerste benoeming vir ’n Oscar was vir die prent
They Shoot Horses, Don't They?
(1969), en daarna het nog ses benoemings gevolg. Sy het twee Oscars gewen: vir
Klute
(1971) en
Coming Home
(1978).
Vroeë lewe
wysig
wysig bron
Fonda is die dogter van die akteur
Henry Fonda
en die
Kanadees gebore
sosiale vlinder Frances Ford Brokaw (geb. Seymour). Een van Jane se voorouers aan vaderskant was die stigter van die stad Fonda in die deelstaat New York (sien
"Descendants of Jellis Douw Fonda (1614–1659)"
. fonda.org.
en
"Ancestry of Peter Fonda"
. genealogy.com. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Maart 2012.
Sy is genoem na
Jane Seymour
, die derde vrou van
koning Hendrik VIII
van
Engeland
, aan wie sy verlangs verwant is deur haar ma se familie.
Sy het ’n broer,
Peter
, ook ’n akteur, en ’n halfsuster, Frances de Villers Brokaw.
Voor haar toneellooppbaan was Fonda ’n model en het sy twee keer op die voorblad van die tydskrif
Vogue
verskyn.
Loopbaan
wysig
wysig bron
Rolprente
wysig
wysig bron
Fonda en die fotograaf Alan Light in 1990 by die Oscars.
Fonda het in 1954 in toneelspel begin belangstel terwyl sy saam met haar pa in ’n welsynopvoering van
The Country Girl
gespeel het.
In 1958 het sy die akteur, regisseur en toneelafrigter Lee Strasberg ontmoet en hy het vir haar gesê sy het talent. Dit het volgens Fonda haar hele lewe verander en toneelspeel was al waaraan sy daarna kon dink.
Ná haar verhoogloopbaan in die 1950's het sy in die 1960's in amper twee rolprente per jaar verskyn. Die eerste was
Tall Story
(1960). Daarna het
Period of Adjustment
en
Walk on the Wild Side
in 1962 gevolg. Vir laasgenoemde het sy ’n
Golden Globe
gewen vir die beste nuweling.
Ná nog ’n paar rolle het haar deurbraak in 1965 gekom met
Cat Ballou
. Dié komedie-western het vyf Oscar-benoemings gekry en was een van die top-10-prente by die loket. Hierna het die komedies
Any Wednesday
(1966) en
Barefoot in the Park
saam met
Robert Redford
(1967) gevolg. In 1968 is haar rol as ’n sekssimbool gevestig met die prent
Barbarella
. Vir haar spel in die tragedie
They Shoot Horses, Don't They?
(1969) het sy groot lof gekry, asook haar eerste Oscar-benoeming.
Fonda in 2013 in
Cannes
Fonda het in 1971 haar eerste Oscar vir beste aktrise gewen vir haar rol as ’n
prostituut
in die moordraaisel
Klute
. Sy het ook ’n
Golden Globe
daarvoor gewen, en in 1978 nog een vir
Coming Home
. Vir laasgenoemde het sy ook nog ’n Oscar gewen.
Tussen die twee laasgenoemde prente het Fonda op politieke aktivisme gefokus en nie eintlik in suksesvolle prente verskyn nie. Die komedie
Fun with Dick and Jane
(1977) word algemeen beskou as haar terugkeer. In dié jaar was sy ook in
Julia
, waarvoor sy positiewe resensies, ’n
Bafta
vir beste aktrise in ’n hoofrol, ’n Golden Globe vir beste aktrise in ’n dramaprent en ’n Oscar-benoeming gekry het.
In dié tyd het sy aangekondig sy gaan haar toespits op prente oor belangrike sake, en sy het dit gedoen. Sy het nog ’n Bafta vir beste aktrise gewen vir haar spel in
The China Syndrome
, oor ’n toesmeerdery ná ’n ongeluk by ’n
kernaanleg
In 1980 het Fonda in
9 to 5
verskyn saam met
Lily Tomlin
en
Dolly Parton
. Dit was baie gewild by die loket en die prent in dié jaar met die tweede grootste finansiële sukses.
Fonda wou al lank saam met haar pa werk en het gehoop dit sal hul stram verhouding verbeter.
Sy het die rolprentregte vir die toneelstuk
On Golden Pond
gekoop vir hulle twee.
10
Vir die prent, met ook
Katharine Hepburn
in, het Henry Fonda sy enigste Oscar vir beste akteur gewen. Jane het dit namens haar pa ontvang omdat hy siek was. Hy is vyf maande later dood.
In die 1980's het Fonda in nog ’n paar prente gespeel en ’n
Emmy
in 1984 gewen vir
The Dollmaker
. Die romatiese drama
Stanley & Iris
(1990) saam met
Robert de Niro
was haar laaste rolprent vir 15 jaar.
Oefeningvideo's
wysig
wysig bron
Fonda het baie jare lank
ballet
geneem om fiks te bly, maar nadat sy haar voet seergemaak het tydens die verfilming van
The China Syndrome
, kon sy nie meer dans nie. Sy het aan
aërobiese oefeninge
begin deelneem onder Leni Cazden. Die
Leni Workout
het die
Jane Fonda Workout
geword, wat vir ’n tweede loopbaan vir Fonda gesorg het. Sy het jare daarmee volgehou.
Dit word beskou as een van die redes vir die fiksheidsbewustheid onder middeljarige vroue destyds. In 1982 het Fonda haar eerste oefeningvideo,
Jane Fonda's Workout
, uitgereik wat geïnspireer is deur haar trefferboek
Jane Fonda's Workout Book
. Die video was ’n paar jaar lank die beste verkoper onder tuisvideo's; meer as ’n miljoen is verkoop. Nog 23 video's in die reeks het gevolg, waarvan altesaam 17 miljoen verkoop is – meer as enige ander oefeningvideoreeks.
Sy het tot in 1995 vyf boeke met oefeninge uitgereik asook 13 oudioprogramme. Twee fiksheid-
DVD
's het in 2010 gevolg, wat gemik was op ’n ouer gehoor.
11
Fonda saam met die regisseur en ander akteurs van
Youth
by die Cannes-rolprentfees in 2015.
Aftrede en terugkeer
wysig
wysig bron
In die vroeë 1990's, ná drie dekades as aktrise, het Fonda haar uittrede uit die rolprentbedryf aangekondig.
12
In Mei 2005 het sy na die skerm teruggekeer in die prent
Monster-in-Law
, saam met
Jennifer Lopez
Twee jaar later het sy ’n byrol gehad in die drama
Georgia Rule
, saam met
Felicity Huffman
en
Lindsay Lohan
In 2009 het sy vir die eerste keer sedert 1963 weer op die verhoog verskyn in Moisés Kaufman se
33 Variations
13
14
Sy is vir ’n Tony vir beste aktrise in ’n verhooghoofrol benoem vir haar spel.
15
Hierna het nog rolprentrolle gevolg in
All Together
(2011),
Peace, Love and Misunderstanding
(2011),
The Butler
(2013),
Better Living Through Chemistry
This is Where I Leave You
(2014) en
Youth
(2015).
Politieke aktivisme
wysig
wysig bron
Fonda in Januarie 1975 op ’n konferensie in
Den Haag
teen die Viëtnamoorlog.
In die 1960's het Fonda begin deelneem aan die aktivistiese bedrywighede van die Amerikaanse burgerregtebeweging. Sy was sterk gekant teen die
Viëtnamoorlog
en het saam met ander akteurs op ’n toer na militêre dorpe aan die Amerikaanse weskus gegaan om met soldate te praat oor hul deelname. ’n Fliek is in 1972 van die toer gemaak, met sterk, openlike kritiek teen die oorlog deur manlike en vroulike soldate.
Sy het
Hanoi
in Julie 1972 tydens die oorlog besoek om die skade aan dyke in Noord-Viëtnam te bekyk en die Amerikaanse regering daarvan beskuldig dat hulle die dyke met opset vernietig.
16
Benewens kritiek wat sy ontlok het met haar besoek aan beskadigde dorpe, hospitale, skole en fabrieke en haar kritisering van die Amerikaanse regering, is sy afgeneem waar sy op ’n Viëtnamese lugafweerwapen sit; die foto het sommige Amerikaners woedend gemaak
17
en haar die bynaam "Hanoi Jane" besorg. In haar outobiografie van 2005 het sy geskryf sy is gemanipuleer om op die wapen te sit terwyl sy uitgeput was, en sy is jammer dat foto's daarvan geneem is.
18
In ’n onderhoud in 1988 met
Barbara Walters
het Fonda gesê sy is jammer oor sommige van haar dade en kommentaar en verskoning gevra vir Viëtnamsoldate wat sy seergemaak het. Sy het toe ook gesê sy is spyt oor die foto van haar op ’n lagafweerwapen van die vyand, wat dit laat lyk het of sy op Amerikaanse vliegtuie probeer skiet.
19
In ’n onderhoud op 31 Maart 2005 in
60 Minutes
het sy gesê: "The image of Jane Fonda, Barbarella, Henry Fonda's daughter … sitting on an enemy aircraft gun was a betrayal … the largest lapse of judgment that I can even imagine."
20
Saam met ander bekendes het Fonda in 1969 die besetting van
Alcatraz
-eiland deur Amerikaanse
Indiane
gesteun; hulle wou daarmee die aandag vestig op die mislukking van die Amerikaanse regering in verdrae vir Indiaanse sowereiniteit.
21
Sy het die
Black Panthers
en hul medestigter die aktivis en rewolusionêr
Huey Newton
in die vroeë 1970's gesteun en gesê: "Rewolusie is ’n daad van liefde; ons is die kinders van rewolusie, gebore om rebelle te wees. Dit is in ons bloed." Sy het die Black Panthers "ons rewolusionêre voorhoede" genoem en gesê: "Ons moet hulle ondersteun met liefde, geld, propaganda en waagmoed."
22
Sy is sedert die 1970's ook betrokke by die
feministiese beweging
Persoonlike lewe
wysig
wysig bron
Fonda en Ted Turner in 1992 by die
Emmys
Fonda is op 14 Augustus 1965 in
Las Vegas
met haar eerste man, die Franse regisseur
Roger Vadim
, getroud.
23
Hulle het ’n dogter, Vanessa, wat in 1968 in
Parys
gebore is. Sy is genoem na die aktrise en aktivis
Vanessa Redgrave
24
Op 19 Januarie 1973, kort ná hul egskeiding, is Fonda in
Los Angeles
met die aktivis
Tom Hayden
getroud.
25
Hul seun, Troy Garity, is in 1973 in Los Angeles gebore. Hy het sy ouma aan vaderskant se van gekry omdat die vanne "Fonda en Hayden te veel bagasie saamdra".
26
In 1982 het Fonda en Hayden ’n swart Amerikaanse tiener, Mary Luana Williams, nieamptelik aangeneem.
27
Sy was die dogter van lede van die Black Panthers.
28
Fonda en Hayden is in 1990 geskei.
29
Sy is op 21 Desember 1991 in
Florida
met haar derde man, die
CNN
-stigter
Ted Turner
, getroud.
30
Hulle is in Mei 2001 geskei.
31
Borskanker
is daarna by haar gediagnoseer en in November 2010 het sy ’n kwaadaardige knop laat uitsny.
32
Pryse
wysig
wysig bron
In 1981 het Fonda die Kristalprys van Women in Film Los Angeles ontvang.
33
en in 1994 het die
Verenigde Nasies
haar ’n welwillendheidsambassadeur gemaak.
34
In 2004 het sy die Women's eNews 21 Leaders for the 21st Century-prys gekry as een van "sewe wat die wêreld verander het".
35
In 2007 het sy ’n ere-
Palme d'Or
by die
Cannes-rolprentfees
ontvang.
36
Nog net drie ander mense het dié spesiale prys ontvang.
In Desember 2008 is Fonda in die
Kaliforniese
eresaal (
Hall of Fame
) opgeneem.
34
37
In 2009 het sy ’n lewensbydraeprys van die New York Women's Agenda gekry en in 2014 een van die Amerikaanse Filminstituut.
38
Rolprentpryse
wysig
wysig bron
Benewens talle benoemings het Fonda die volgende pryse vir haar toneelspel gewen:
Jaar
Titel
Prys
1965
Cat Ballou
Laurel
-prys vir beste spel deur ’n aktrise in ’n komedie
1969
They Shoot Horses, Don't They?
Kansas City Film Critics Circle Award vir beste aktrise
New York Film Critics Circle Award vir beste aktrise
1971
Klute
Oscar
vir beste aktrise
Fotogramas de Plata-prys vir beste spel in ’n buitelandse prent
Golden Globe
vir beste aktrise in ’n rolprentdrama
Kansas City Film Critics Circle Award vir beste aktrise
National Society of Film Critics Award vir beste aktrise
New York Film Critics Circle Award vir beste aktrise
1977
Julia
Bafta
vir beste hoofrolaktrise
David di Donatello vir beste buitelandse aktrise
Golden Globe
vir beste aktrise in ’n rolprentdrama
1978
Coming Home
Oscar
vir beste aktrise
Golden Globe
vir beste aktrise in ’n rolprentdrama
Los Angeles Film Critics Association Award vir beste aktrise
1978
Comes a Horseman
en
California Suite
Los Angeles Film Critics Association Award vir beste aktrise
1979
The China Syndrome
Bafta vir beste hoofrolaktrise
1981
On Golden Pond
American Movie Award vir beste vroulike byspeler
Utah Film Critics Association Award vir beste vroulike byspeler
2015
Youth
Hollywood Film Award vir beste vroulike byspeler
Verwysings
wysig
wysig bron
Davidson, Bill (1990).
Jane Fonda: An Intimate Biography
. Dutton. p.
39.
ISBN
978-0-525-24888-0
Jane: an intimate biography of Jane Fonda
, Thomas Kiernan, Putnam, 1973, p. 12
Citizen Jane: The Turbulent Life of Jane Fonda
, Christopher P. Andersen, Dell Pub., 1991, p. 14
Fonda, 2005, p. 41.
Craven, Jo (12 Oktober 2008).
"Pilar Corrias: a new gallery for a new era"
The Daily Telegraph
(in Engels). London.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2019.
Browne, Pat; Browne, Ray Broadus (2001).
The guide to United States popular culture
. Bowling Green, OH: Bowling Green State University Popular Press. p.
288.
ISBN
0-87972-821-3
Foster, Arnold W., and Blau, Judith R.
Art and Society: Readings in the Sociology of the Arts
, SUNY Press (1989) pp. 118–119.
ISBN 978-0-7914-0116-3
Uit ’n onderhoud in die Amerikaanse televisieprogram
Inside the Actors Studio
1980 Yearly Box Office Results.
boxofficemojo.com
"Barbarella comes of age"
The Age
, 4 Mei 2005; URL besoek op 5 Mei 2008
Goldwert, Lindsay (14 September 2010).
"Jane Fonda is back in her leotard, at 72; iconic actress and fitness guru to debut new fitness DVDs"
Daily News
(in Engels). New York.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019
. Besoek op
23 Julie
2013
Solomon, Deborah.
"Jane Fonda profile"
The New York Times
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2013
. Besoek op
19 Julie
2011
"Jane Fonda returns to Broadway in '33 Variations' "
USA Today
. Associated Press. 3 November 2008; URL besoek op 19 Julie 2011.
Frey, Hillary (3 Maart 2009).
"Broadway Bows Down to Power Dames Fonda, Sarandon, Lansbury"
The New York Observer
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Januarie 2012
. Besoek op
6 Maart
2009
"Search Past Winners"
Geargiveer
18 Augustus 2013 op
Wayback Machine
. Tony Awards. URL besoek op 19 Julie 2011.
"The Battle of the Dikes"
Time
(in Engels). 7 Augustus 1972. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Augustus 2013
. Besoek op
1 April
2008
Roberts, Laura (26 Julie 2010).
"Jane Fonda relives her protest days on the set of her new film"
The Daily Telegraph
(in Engels). Londen.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 September 2018
. Besoek op
19 Julie
2011
"The Truth About My Trip To Hanoi"
. 22 Julie 2011. Op Jane Fonda se amptelike webtuiste. URL besoek op 27 Januarie 2014.
"Interview with Barbara Walters"
(in Engels). UC Berkeley Library Sound Recording Project. 1988.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2018
. Besoek op
16 Februarie
2008
"Jane Fonda: Wish I Hadn't"
60 minutes
(in Engels). CBS. 31 Maart 2005.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2013
. Besoek op
16 Februarie
2008
"Alcatraz is Not an Island"
(in Engels). PBS. 2002.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2015
. Besoek op
16 Januarie
2016
"The Black Panthers"
Socialist Worker
(in Engels). Londen, UK. 6 Januarie 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Augustus 2013.
"Jane Fonda Marries Frenchman"
The Miami News
. 14 Augustus 1965.
[dooie skakel]
Fonda, 2005, p. 203.
"Jane Fonda Weds Chicago 7 Member"
Gadsden Times
. 22 Januarie 1973.
Fonda, 2005, p. 342.
Tyrangiel, Josh (2 April 2005).
"Being Jane"
Time
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Augustus 2013
. Besoek op
24 Desember
2010
Fonda, 2005, pp. 382–84.
"Star Tracks"
People
(in Engels). 2 Julie 1990. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Maart 2016.
"Ted Turner, Jane Fonda Tie Not"
Observer-Reporter
. 22 Desember 1991.
"Jane Fonda Gets Divorce From Turner"
Bangor Daily News
. 24 Mei 2001.
"Jane Fonda suffers
from
breast cancer"
Geargiveer
16 November 2010 op
Wayback Machine
The Daily Telegraph
. 13 November 2010.
"Past Recipients: Crystal Award"
Women In Film
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Februarie 2015
. Besoek op
10 Mei
2011
"California Hall of Fame biography of Jane Fonda"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019.
"21 Leaders for the 21st Century – Seven Who Change Their Worlds"
Womens News
. 23 Desember 2003.
"An Exceptional Palme d'Or to Jane Fonda"
(in Engels). festival-cannes.fr. 26 Mei 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 November 2016
. Besoek op
4 Oktober
2010
Jack Nicholson, Jane Fonda inducted into California Hall of Fame
, Celebrity.Com, 15 Desember 2008.
AFI Life Achievement Awards
; American Film Institute; 26 Desember 2013; URL besoek op 27 Januarie 2014.
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Jane Fonda
in die
Internet-rolprentdatabasis
Wikimedia Commons
het meer media in die kategorie
Jane Fonda
Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia
Los Angeles Film Critics Association-prys vir beste aktrise
Florinda Bolkan
(1975)
Liv Ullmann
(1976)
Shelley Duvall
(1977)
Jane Fonda
(1978)
Sally Field
(1979)
Sissy Spacek
(1980)
Meryl Streep
(1981)
Meryl Streep
(1982)
Shirley MacLaine
(1983)
Kathleen Turner
(1984)
Meryl Streep
(1985)
Sandrine Bonnaire
(1986)
Holly Hunter
Sally Kirkland
(1987)
Christine Lahti
(1988)
Andie MacDowell
Michelle Pfeiffer
(1989)
Anjelica Huston
(1990)
Mercedes Ruehl
(1991)
Emma Thompson
(1992)
Holly Hunter
(1993)
Jessica Lange
(1994)
Elisabeth Shue
(1995)
Brenda Blethyn
(1996)
Helena Bonham Carter
(1997)
Fernanda Montenegro
Ally Sheedy
(1998)
Hilary Swank
(1999)
Julia Roberts
(2000)
Sissy Spacek
(2001)
Julianne Moore
(2002)
Naomi Watts
(2003)
Imelda Staunton
(2004)
Vera Farmiga
(2005)
Helen Mirren
(2006)
Marion Cotillard
(2007)
Sally Hawkins
(2008)
Yolande Moreau
(2009)
Kim Hye-ja
(2010)
Yoon Jeong-hee
(2011)
Jennifer Lawrence
Emmanuelle Riva
(2012)
Cate Blanchett
Adèle Exarchopoulos
(2013)
Patricia Arquette
(2014)
Charlotte Rampling
(2015)
Isabelle Huppert
(2016)
Sally Hawkins
(2017)
National Society of Film Critics-prys vir beste aktrise
1966–2000
Sylvie
(1966)
Bibi Andersson
(1967)
Liv Ullmann
(1968)
Vanessa Redgrave
(1969)
Glenda Jackson
(1970)
Jane Fonda
(1971)
Cicely Tyson
(1972)
Liv Ullmann
(1973)
Liv Ullmann
(1974)
Isabelle Adjani
(1975)
Sissy Spacek
(1976)
Diane Keaton
(1977)
Ingrid Bergman
(1978)
Sally Field
(1979)
Sissy Spacek
(1980)
Marília Pêra
(1981)
Meryl Streep
(1982)
Debra Winger
(1983)
Vanessa Redgrave
(1984)
Vanessa Redgrave
(1985)
Chloe Webb
(1986)
Emily Lloyd
(1987)
Judy Davis
(1988)
Michelle Pfeiffer
(1989)
Anjelica Huston
(1990)
Alison Steadman
(1991)
Emma Thompson
(1992)
Holly Hunter
(1993)
Jennifer Jason Leigh
(1994)
Elisabeth Shue
(1995)
Emily Watson
(1996)
Julie Christie
(1997)
Ally Sheedy
(1998)
Reese Witherspoon
(1999)
Laura Linney
(2000)
2001–hede
Naomi Watts
(2001)
Diane Lane
(2002)
Charlize Theron
(2003)
Imelda Staunton
Hilary Swank
(2004)
Reese Witherspoon
(2005)
Helen Mirren
(2006)
Julie Christie
(2007)
Sally Hawkins
(2008)
Yolande Moreau
(2009)
Giovanna Mezzogiorno
(2010)
Kirsten Dunst
(2011)
Emmanuelle Riva
(2012)
Cate Blanchett
(2013)
Marion Cotillard
(2014)
Charlotte Rampling
(2015)
Isabelle Huppert
(2016)
Sally Hawkins
(2017)
Olivia Colman
(2018)
Mary Kay Place
(2019)
Frances McDormand
(2020)
Penélope Cruz
(2021)
Cate Blanchett
(2022)
Sandra Hüller
(2023)
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Nederland
Noorweë
Letland
Kroasië
Chili
Griekeland
Korea
Swede
Pole
Israel
Katalonië
Akademie
CiNii
Kunstenaars
ULAN
MusicBrainz
ADK
Grammy Awards
Emmy Awards
FID
Mense
Trove
Deutsche Biographie
Deutsche Synchronkartei
DDB
Ander
IdRef
NARA
SNAC
Ontsluit van "
Kategorieë
Amerikaanse aktiviste
Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu
Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu
Amerikaanse skrywers
Klimaataktiviste
Geboortes in 1937
Lewende mense
Versteekte kategorie:
AS1-bronne in Engels (en)
Jane Fonda
Nuwe onderwerp
US