Jimmy Wales - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jimmy Wales
Jimmy Wales in 2019
Gebore
Jimmy Donal Wales
7 Augustus
1966
Huntsville, Alabama, VSA
Nasionaliteit
Verenigde State
Bekend
vir
Stigter van Wikipedia
Webwerf
Jimmy Donal (Jimbo) Wales
(gebore op
7 Augustus
1966
in
Huntsville, Alabama
) is 'n
Amerikaanse
Internet-entrepreneur
wat hom ten doel gestel het om kreatiwiteit te vestig en samewerking tussen gebruikers te ontwikkel. As gevolg van sy werk met Wikipedia, wat die wêreld se grootste ensiklopedie is, het
Time
tydskrif Wales in
2006
as een van die wêreld se invloedrykste mense gelys. Wales woon in
St. Petersburg, Florida
, met sy vrou en hul dogter Kira (* 2001).
Lewensloop
wysig
wysig bron
Wales is die seun van Jim en Doris Wales. Wales se pa werk as 'n bestuurder van 'n kruidenier terwyl sy ma en ouma 'n klein privaatskool bestuur. Hy ontvang sy vroeë onderwys aan dié skool. Ná graad 8 gaan hy skool by die Randolph Skool, 'n universiteitsvoorbereidingskool in Huntsville. Hierna studeer hy in
ekonomie
aan die Auburn University waar hy sy Baccalaureusgraad behaal, en aan die Universiteit van Alabama waar hy sy Meestersgraad verwerf. In
1994
word Wales toegelaat om vir 'n PhD aan die Indiana Universiteit te studeer. Hy voltooi egter nie die studie nie, maar werk tussen 1994 en
2000
as navorsingsdirekteur by Chicago Options Associates, 'n termynware- (
futures
) en opsiesverhandelingsfirma in
Chicago
Loopbaan
wysig
wysig bron
Chicago Options Associates en Bomis
wysig
wysig bron
Gedurende die tyd is een van die projekte wat Wales onderneem die stigting van die webportaal Bomis, 'n
webwerf
wat onder meer gebruikergeredegeerde webringe huisves. Volgens
The Atlantic Monthly
, word die webwerf "...geposisioneer as die Playboy van die
Internet
". Vir 'n tyd het die maatskappy erotiese foto's verkoop en het Wales die mark van die webwerf beskryf as "... soortgelyk aan Maxim-tydskrif. So dit is soort van 'n mansgeoriënteerde
soekenjin
". Wales word nie meer verbind met Bomis nie. Bomis het wel die aanvanklike befondsing vir die Nupedia-projek voorsien.
Nupedia en Wikipedia
wysig
wysig bron
In Maart 2000, begin Wales 'n oopinhoud
ensiklopedie
met ewekniekeuring (
peer-reviewed
), Nupedia ("vrye ensiklopedie") en neem
Larry Sanger
in diens as hoofredakteur. Nupedia het ten doel gehad om deur middel van die ewekniekeurproses artikels te produseer gelykstaande aan professionele ensiklopedië. Nadat Sanger in die openbaar op
10 Januarie
2001
voorgestel het dat 'n
wiki
gebruik moet word om 'n ensiklopedie te skep het Wales wiki-sagteware op 'n bediener geïnstalleer en Sanger gemagtig om die projek onder sy toesig te loods. Sanger noem die projek "Wikipedia" en saam met Wales ontwikkel hulle die stigtersbeginsels, raamwerk vir inhoud en die stigting van 'n internet-gebaseerde gemeenskap van bydraers gedurende daardie jaar. Wikipedia se aanvanklike doel was om 'n wiki-gebaseerde webblad te wees vir samewerking om inhoud te help skep vir uiteindelike gebruik in Nupedia. Wikipedia se groei het gou Nupedia se ontwikkeling in die skadu gestel. Sanger werk aan en bevorder beide die Nupedia- en Wikipedia-projekte totdat Bomis die befondsing vir sy pos in Februarie 2002 gestaak het. Sanger bedank as hoofredakteur van Nupedia en as "hooforganiseerder" van Wikipedia op 1 Maart. In 'n onderhoud met Slashdot gedurende 2004, het Wales sy doelwit met Wikipedia as volg beskryf: "Stel jou 'n wêreld voor waarin elke persoon op die planeet vry toegang verleen word tot die somtotaal van al die menslike kennis. Dit is wat ons besig is om te doen."
Wikimedia-stigting
wysig
wysig bron
Wales het eienaarskap van
Wikipedia
teen middel 2003 aan die
Wikimedia-stigting
oorgedra, 'n organisasie sonder winsbejag wat hy gestig het en gesetel is in St. Petersburg, Florida. Wales behou die posisie van "Chair Emeritus at the Foundation" en is een van die sewe direkteure op die raad van trustees van die Wikimedia-stigting. Die werk wat hy doen vir die Stigting is sonder vergoeding, insluitende die bevordering van Wikipedia by rekenaar- en onderrigkonferensies. In hierdie verband het hy
Suid-Afrika
by twee geleenthede besoek.
Wikia
wysig
wysig bron
Jimmy Wales in 2014 by die
CeBIT
Global Conferences
Wikipedia Zero
Wales het in 2004 saam met Angela Beesley Wikia, Inc., 'n nie-winsgewende maatskappy, gestig. Wikia is 'n wikiplaas, 'n versameling van verskillende individuele wiki's oor verskillende onderwerpe, almal gehuisves op dieselfde webwerf.
Nog 'n diens wat deur Wikia aangebied word is 'n oopbronwebsoekenjin bekend as Wikia Search, waarmee Wales poog om 'n uitdaging aan
Google
te stel en deursigtigheid te bevorder. Dit open openbare debat oor hoe 'n soekenjin geskep word en hoe dit werk. Volgens Wales "vertrou ek Google redelik goed, maar dit is soos om te sê dat jy 'n gunsteling politikus het. Ek vertrou die politikus, maar ek wil nog steeds hê dat die stadsraad in die openbaar vergader. Ek wil 'n mate van deursigtigheid hê oor hoe die regering bestuur word, self al vertrou ek die persoon in beheer." Volgens Wales, "word [dit] bedoel om Google aan te vat deur die skepping van 'n soekenjin waar alle redaksionele besluite gemaak word deur die algemene publiek en alle sagteware oop is."
Persoonlike filosofie
wysig
wysig bron
Wales beskou homself as 'n "objektivis", en het sy dogter Kira vernoem na die heldin in
Ayn Rand
se
We the Living
. Hy stel egter dat "ek dink ek doen dit beter as baie persone wat hulself as objektiviste beskryf — deur nie my sienswyse op ander mense af te dwing nie." In antwoord op 'n vraag tydens 'n onderhoud op C-SPAN se
Q&A
oor Rand, stel Wales "die
deug
van onafhanklikheid" as persoonlik belangrik vir hom. Wales het vanaf 1992 tot 1996 'n elektroniese poslys "Moderated Discussion of Objectivist Philosophy" bestuur.
Sien ook
wysig
wysig bron
Jimmy Wales se gebruikerblad op die Engelse Wikipedia
Verwysings
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Jimmy Wales
en
Horovitz, David (1 Julie 2011).
"Jimmy Wales's benevolent Wikipedia wisdom"
. The Jerusalem Post
. Besoek op
12 Desember
2011
en
"Jimmy Wales"
. Monroe, Florida's County Clerk website (Marriage License Database). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 November 2020
. Besoek op
21 Mei
2008
en
Clifford Thompson (28 Februarie 2007).
Current Biography Yearbook, 2006
. H. W. Wilson.
ISBN
978-0-8242-1074-8
en
Who's Who In America: Diamond Edition
(60
uitg.). Marquis Who's Who. 12 Oktober 2005.
ISBN
978-0-8379-6990-9
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Tsjeggië
Pole
Israel
Akademie
DBLP
Mense
DDB
Ander
IdRef
Ontsluit van "
Kategorieë
Amerikaanse entrepreneurs
Geboortes in 1966
Lewende mense
Wikipedia
Versteekte kategorie:
Artikels met hCards
Jimmy Wales
Nuwe onderwerp
US