Meksiko - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Verenigde Meksikaanse State
Estados Unidos Mexicanos
Spaans
Vlag
Wapen
Volkslied
Himno Nacional Mexicano
Hoofstad
Meksikostad
19°26′N
99°08′W
19.433°N 99.133°W
19.433; -99.133
Grootste stad
Meksikostad
Amptelike
tale
Geen op federale vlak nie
Spaans
de facto
Regering
President
Federale presidensiële
grondwetlike
republiek
Claudia Sheinbaum
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Bereik
• Erken
• Eerste grondwet
• Tweede grondwet
• Huidige grondwet
van
Spanje
16 September
1810
27 September
1821
28 Desember
1836
4 Oktober
1824
5 Februarie
1857
5 Februarie
1917
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
964
375
km
15
de
758
449 myl
1,58 (2015)
Bevolking
- 2024-skatting
- 2020-sensus
Digtheid
130
739
927
10
de
126
014
024
66 / km
142
ste
172,4 / myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2024
-skatting
$3
434
miljard
12
de
$25
963
(70
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2024
-skatting
$2
017
miljard
12
de
$15
249
(63
ste
MOI
2022
0,781
77
ste
hoog
Gini
2022
43,5
hoog
Geldeenheid
Peso
MXN
Tydsone
Somertyd
UTC
-5
tot
-8
UTC
-5
tot
-7
Internet-TLD
.mx
Skakelkode
+52
a. Spaans is
de facto
die
amptelike taal
van die federale Meksikaanse regering.
b.
Majaans
Mixteeks
Nahuatl
Zapoteeks
en
64 andere inheemse tale
word sedert 2003 as nasionale tale erken.
Meksiko
of
Mexiko
Spaans
México
, [ˈmexiko],
luister
hulp
inligting
Nahuatl
Mexihco
, [me:'ʃiʔko]), amptelik die
Verenigde Meksikaanse State
10
(Spaans:
Estados Unidos Mexicanos
11
luister
hulp
inligting
; Nahuatl:
Mexihco Tlacetililli Tlahtohcayotl
), is ’n federale presidensiële grondwetlike
republiek
geleë in
Noord-Amerika
. Meksiko grens in die noorde aan die
Verenigde State van Amerika
, in die suide en weste aan die
Stille Oseaan
, in die suidooste aan
Guatemala
Belize
en die
Karibiese See
en in die ooste aan die
Golf van Meksiko
. Meksiko strek oor ’n gebied van sowat 2 miljoen km² (sowat 760
000 myl²), is die sesde grootste land van die
Amerikas
wat oppervlakte betref, en die
15de grootste onafhanklike land ter wêreld
. Met ’n geskatte bevolking van sowat 130 miljoen in 2024
het die land die
tiende grootste bevolking ter wêreld
, en is benewens die digsbevolkte Spaanssprekende land, ook die tweede mees bevolkte land in
Latyns-Amerika
naas
Brasilië
Die
Majastad
Chichén Itzá
op die
Yucatán-skiereiland
, sedert 1988 'n
Unesco
Wêrelderfenisgebied
Tydens die Voor-Colombiaanse tydperk, voor die aankoms van die
Europeërs
in die gebied van die huidige Meksiko, het verskeie belangrike beskawings soos die
Olmeke
Mixteke
Tolteke
Teotihuacáne
Zapoteke
Maja
Tlaxcalteke
en
Asteke
hier bestaan. Teen 1521 het die
Spaanse Ryk
met die
verowering
en kolonisasie van die gebied vanuit hul basis in
México-Tenochtitlan
begin en die
Vise-Koninkryk Nieu-Spanje
gestig. Met die onafhanklikheidsverklaring van Spanje op 16 September 1810 het die
Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog
begin, op 27 September 1821 het Meksiko sy onafhanklikheid verkry en op 28 Desember 1836 is dit deur Spanje erken. Ná die onafhanklikheidsoorlog het Meksiko sy eerste grondwet op 4 Oktober 1824 bekragtig en die huidige grondwet is tydens die
Meksikaanse Rewolusie
(1910–1920) op 5 Februarie 1917 aanvaar. Die oppervlakte van Meksiko is gedurende die 19de eeu met die onafhanklikheidsverklaring van die
Sentraal-Amerikaanse
lande en ná oorloë teen die Verenigde State van Amerika meer as gehalveer.
Die Verenigde Meksikaanse State is ’n federale presidensiële grondwetlike republiek met ’n presidensiële stelsel en ’n tweekamerparlement, bekend as die kongres van die Unie (
Congreso de la Unión
), wat uit die senaat van die republiek (
Senado de la República
) en die huis van afgevaardigdes (
Cámara de Diputados
) bestaan. Die land se
hoofstad
en grootste stad is
Meksikostad
, wat nie deel uitmaak van een van die
31 deelstate
nie, maar sedert onlangse strukturele hervormings ’n soortgelyke status het. Die stadsregering pleit egter vir die amptelike status van ’n deelstaat.
Etimologie
wysig
wysig bron
Afbeelding van Meksiko-Tenochtitlan uit die
Codex Mendoza
, 15de eeu
Die Meksikaanse Onafhanklikheidsverklaring van 1821
Nadat Nieu-Spanje in 1821 sy onafhanklikheid van Spanje verkry het, is besluit om die land na sy hoofstad Meksikostad, wat in 1524 op die ruïnes van die Asteekse hoofstad Meksiko-Tenochtitlan (Nahuatl:
Mēxihco Tenōchtitlan
) gestig is, te vernoem. Die naam is afgelei uit die Asteekse taal Nahuatl, maar die oorspronklike betekenis daarvan is onbekend.
Mēxihco
was die Nahuatl-term vir die hartland van die Asteekse Ryk,
12
die Vallei van Meksiko, sy bevolking, die
Mexica
en die omliggende gebiede, wat later ’n deel van die land Meksiko geword het. Dit word in die algemeen beskou as ’n toponiem vir die Vallei, wat die primêre etnoniem vir die Asteekse Driebond geword het.
Die amptelike naam van die land is saam met die regeringsvorm verander. Tydens twee geleenthede (1821–1823 en 1863–1867) het die land bekend gestaan as
Imperio Mexicano
("Meksikaanse Keiserryk"). Al drie federale grondwette (van 1824, 1857 en 1917, die huidige) het die naam
Estados Unidos Mexicanos
("Verenigde Meksikaanse State") gebruik. Met die grondwet van 1824 het die land ’n federale republiek met die amptelike name
Nación Mexicana
("Meksikaanse Nasie") en
Estados Unidos Mexicanos
("Verenigde Meksikaanse State") geword.
13
In die grondwette van 1836 en 1857 is die amptelike naam ná
República Mexicana
("Meksikaanse Republiek") verkort, maar vir amptelike geskrifte het die langnaam steeds in gebruik gebly.
14
15
Met die huidige grondwet van 1917 is die langnaam "Verenigde Meksikaanse State" weer ingevoer.
16
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Vroeë geskiedenis
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Meso-Amerika
’n Model van die
Asteekse
hoofstad
Tenochtitlan
waar
Meksikostad
tans geleë is
Territoriale ontwikkeling van Meksiko sedert die Onafhanklikheid van 1821
Die eerste spore van menslike beskawing is in die Vallei van Meksiko gevind en is meer as 23
000 jaar oud. Eers is
mielies
en
bone
gekweek en omstreeks 7000 v.C. het die eerste nedersettings ontstaan. In 1500 v.C. is die stad Tlatilco gestig, wat eers in die 4de eeu n.C. weer ontruim is.
Komplekse kulture het tussen 900 en 300 v.C. ontwikkel en tussen 100 en 900 n.C. het die Meso-Amerikaanse beskawings soos die Asteke, Maja, Mixteke, Olmeke, Tlaxcalteke en Tolteke ontstaan. Tydens die vroeë post-klassieke tydperk het die Tolteke Sentraal-Meksiko en die Mixteke
Oaxaca
oorheers, en die laagland as Maja-gebied het belangrikste sentrums in
Calakmul
Chichén Itzá
Mayapán
Palenque
en
Uxmal
gehad. Omstreeks 1500 het die Asteke in die gebied van die huidige Meksiko geheers.
Meksiko het daarmee ’n lang geskiedenis waar die Asteke en Maja onder die Amerikaanse hoogkulture van die
Middeleeue
in Meso-Amerika tel. Die sentrum van die Asteke was Tenochtitlan op die gebied van die huidige hoofstad Meksikostad. Die sentrum van die Maja was Chichén Itzá op die
Yucatán-skiereiland
. Die meeste kennis omtrent die geskiedenis van die Asteke en Maja is aan verskeie codexe ontleen.
Die Spaanse koloniale bewind
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Nieu-Spanje
Kaart van Nieu-Spanje in 1794
Kaart van Nieu-Spanje in 1819
Met die ontdekking van die Amerikas deur
Christophorus Columbus
op 12 Oktober 1492 het die Europese verowering van die twee kontinente begin. Tussen 1517 en 1518 het die eerste Spaanse ekspedisies onder Francisco Hernández de Córdoba en Juan de Grijalva die Yucatan-skiereiland bereik. Die "nuutontdekte" beskawings en die rykdom aan
goudvoorwerpe
het die
tierra firme
, die vasteland, vir die
Spanjaarde
aanloklik gemaak.
Tussen 1519 en 1521 het
Hernán Cortés
die Asteekse Ryk met behulp van talle inheemse bondgenote vernietig, die gebied vir
Spanje
verower en Nieu-Spanje gestig. Gelyktydig het Francisco de Montejo die
Yucatan-skiereiland
en Pedro de Alvarado vir Guatemala verower en die laaste Majastede vernietig. Die kolonie was weens sy goud- en
silwerrykdom
onder die belangrikste oorsese besittings van Spanje. Oor die volgende drie eeue heen het die Spanjaarde en hul sendelinge die
Rooms-Katolieke Kerk
en die Spaanse taal in Meksiko gevestig.
Vanaf Onafhanklikheid tot Rewolusie
wysig
wysig bron
Die Republiek van Meksiko in 1824
Agustin de Iturbide
het Meksiko tussen 1821 en 1822 as regent, en vanaf 1822 tot 1823 as keiser Augustin I regeer
Ná die voorbeelde van die
Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring
tydens die
Amerikaanse Rewolusie
op 4 Julie 1776 en die
Franse Rewolusie
op 14 Julie 1789, het die Meksikaanse Onafhanklikheidsverklaring op 16 September 1810 die Onafhanklikheidsoorlog teen die Spaanse heerskappy begin, terwyl Spanje deur die
Franse besetting
(1808–1814) onder
Napoleon Bonaparte
verswak is. Op 27 September 1821 het Meksiko onafhanklik geword en die
Eerste Meksikaanse Keiserryk
(1821–1823) is onder
Agustin de Iturbide
gestig, terwyl Spanje tot 1829 gepoog het om Meksiko te herower. Spanje het die onafhanklikheid van Meksiko eers op 28 Desember 1836 amptelik erken.
Ná die Rewolusie op 19 Maart 1823 het Meksiko ’n republiek geword, terwyl die Sentraal-Amerikaanse lande
Costa Rica
El Salvador
Guatemala
Honduras
en
Nicaragua
ook hul onafhanklikheid verklaar en die
Federale Republiek van Sentraal-Amerika
op 1 Julie 1823 gestig het, wat reeds op 31 Mei 1838 weer ontbind is.
Chiapas
is op 14 September 1824 deur Meksiko geannekseer, gevolg deur Soconusco in 1842 en
Sonora
op 8 Mei 1854.
Die
Republiek van Texas
met geëiste gebiede
In 1835 het die Verenigde State probeer om Texas en Kalifornië van Meksiko te verkry. Op 2 Oktober 1835 het die
Texaanse Onafhanklikheidsoorlog
begin, wat op 21 April 1836 met die onafhanklikheid van die
Republiek van Texas
, wat op 2 Maart 1836 gestig is, beëindig is. Tydens die
Koekoorlog
vanaf 16 April 1838 tot 9 Maart 1839 het Frankryk om ’n kompensasie vir ’n Franse bakkery, wat deur Meksikaanse beamptes verwoes is, geveg. Ná sentralisering van die regering is die
Republiek van die Rio Grande
op 17 Januarie 1840 gestig, wat reeds op 6 November 1840 geannekseer is. ’n Wyle later is op 16 Maart 1841 die
Republiek van Yucatán
gestig, wat ná die uitbreek van die
Kasteoorlog
deur die inheemse Majabevolking in 1847, militêre steun van Meksiko gesoek en ná die toestemming weer by Meksiko aangesluit het. Meksiko sou eers op 22 Januarie 1901 die hele Yucatan-skiereiland terugwen.
Die Meksikaanse sessie van 1848 volgens die
Verdrag van Guadalupe Hidalgo
ná die
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Op 25 April 1846 het die
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
begin, wat op 2 Februarie 1848 met die anneksasie van die
Republiek van Kalifornië
, die gebied van die huidige Amerikaanse deelstate
Arizona
Kalifornië
Nevada
Utah
en die dele oos van die
Rio Grande
-rivier van
Colorado
Nieu-Meksiko
en
Wyoming
deur die Verenigde State beëindig is. Met die
Verdrag van Guadalupe Hidalgo
het die Rio Grande-rivier die huidige grens tussen Meksiko en die Verenigde State geword.
Kaart van die Gadsden-aankoop deur die Verenigde State in 1853
Gadsden, ’n gebied suid van die
Gilarivier
wat vir ’n beplande, maar nie-geboude spoorwegverbinding benodig was, is op 30 Desember 1853 vir 10 miljoen
VS-dollar
(sowat $260 miljoen in 2010) aan die Verenigde State verkoop. Die gebied maak deel uit van die huidige suidelike
Amerikaanse deelstate
Arizona en Nieu-Meksiko.
Ferdinand Maximilian Joseph Maria van Oostenryk
het Meksiko tussen 1864 en 1867 as keiser Maksimiliaan I regeer
Tydens die
Hervormingsoorlog
is op 5 Februarie 1857 ’n liberale grondwet in Meksiko afgekondig wat die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk beperk het, waarteen konserwatiewe kragte gestry het. In die winter van 1861/62 het Meksiko in ’n skuldkrisis beland wat tot die besetting van dele van die golfkus deur Frankryk, Spanje en die
Verenigde Koninkryk
gelei het. Op 1 Desember 1861 het die
Franse inval
onder keiser
Napoleon III van Frankryk
begin en die
Tweede Meksikaanse Keiserryk
(1864–1867) met die Oostenrykse aartshertog
Maksimiliaan I
van
Habsburg
as keiser is gestig. Die Republikeine onder
Benito Juárez
het na
Monterrey
gevlug. Ná die uitsetting van Franse soldate deur die Verenigde State en die teregstelling van Maksimiliaan I is die Tweede Republiek in 1867 uitgeroep, nadat Meksikostad op 15 Julie 1867 deur Benito Juárez bevry is.
Ligging van die
Clipperton
-eiland voor die kus van Meksiko
In 1905 is die suidelike
Clipperton
-eiland beset, wat ná ’n bemiddeling van die
Italiaanse
koning
Viktor Emanuel III
in 1931 aan Frankryk oorhandig en op 12 Junie 1935 amptelik in besit geneem is.
Sedert die Meksikaanse Rewolusie
wysig
wysig bron
Rebelle-gebiede tydens die
Meksikaanse Rewolusie
tussen 1916 en 1920
Die lang diktatuur van
Porfirio Diaz
het in 1910 tot die Meksikaanse Rewolusie en sy bedanking gelei. Tydens die rewolusie is op 5 Februarie 1917 die huidige liberale grondwet ingevoer. ’n Opstand teen antiklerikale bepalings van die grondwet het tot die
Cristero-oorlog
tussen 1926 en 1929 gelei, maar die bepalings is eers met ’n omvattende grondwetlike hervorming in 1992 afgeskaf.
In Januarie 1917 het die
Duitse Keiserryk
tydens die
Eerste Wêreldoorlog
’n alliansie met Meksiko teen die Verenigde State probeer smee wat een van die oorsake van die Verenigde State se toetrede tot die oorlog en die besetting van die hawestad
Veracruz
was.
Die Meksikoplein met die
Franciskus van Assisi
-kerk aan die
Donau
-rivier in
Wene
Op 23 September 1931 het Meksiko by die
Volkebond
aangesluit, wat op 20 April 1946 weer ontbind is. Met die uitbreek van
fascisme
in Europa het Meksiko as ’n belangrike land van ballingskap gedien. In die
Spaanse Burgeroorlog
het die land saam met Frankryk, die
Sowjetunie
en die Verenigde State die Republikeine teen die Nasionaliste onder
Francisco Franco
Italië
Nazi-Duitsland
en
Portugal
ondersteun. Die regering het op 19 Maart 1938 as die enigste van 17 lede van die Volkebond teen die aansluiting van
Oostenryk
by Nazi-Duitsland protes aangeteken. Meksiko het daarop gewys dat die Duitse optrede ’n bedreiging vir die wêreldvrede sou inhou indien laasgenoemde sy verpligtinge uit die Volkebond nie sou nakom nie en die
internasionale reg
nie sou eerbiedig nie. Hiervoor is die naam van die Aartshertog-Karel-plein in
Wene
op 20 Junie 1956 ná
Meksikoplein
gewysig.
Tydens die
Tweede Wêreldoorlog
het Meksiko van 1939 tot 1941 neutraal gebly en eers op 22 Mei 1942 oorlog teen Nazi-Duitsland, Italië en
Japan
verklaar, nadat Duitse duikbote die twee
olietenkers
Potrero del Llano
en
Faja de Oro
vernietig het. Aan die einde van die oorlog het Meksiko op 7 November 1945 ’n stigterslid van die
Verenigde Nasies
17
op 31 Desember 1945 ’n lidland van die
Internasionale Monetêre Fonds
18
en die
Wêreldbank
19
en op 30 April 1948 ’n stigterslid van die
Organisasie van Amerikaanse Lande
geword.
20
Ondertekening van die NAFTA-verdrag in Oktober 1992 (v.l.n.r., agter): president Carlos Salinas de Gortari (Meksiko), president
George H.W. Bush
(Verenigde State) en eerste minister Brian Mulroney (Kanada); voor: Jaime Serra Puche (Meksiko), Carla Hills (Verenigde State) en Michael Wilson (Kanada)
Tydens die
Koue Oorlog
het Meksiko te danke aan sy handelsbetrekkinge met die Verenigde State ekonomiese groei ervaar (
Meksikaanse wonder
) en as die gasheer van die
Olimpiese Somerspele 1968
, die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970
en die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986
opgetree. Op 19 September 1985 is Meksikostad deur ’n
aardbewing
getref, wat dele van die hoofstad vernietig het, en waarin meer as 10
000 mense die lewe gelaat het. In November 1993 het die land by
APEC
aangesluit.
21
Volgend op ’n ooreenkoms van 17 Desember 1992, het Meksiko saam met
Kanada
en die Verenigde State die
NAFTA
-vryehandelsone op 1 Januarie 1994 in die lewe geroep. Op dieselfde dag het
indígenas
in die Suid-Meksikaanse deelstaat
Chiapas ’n opstand
teen die uitwerking van
globalisering
en
diskriminasie
van Indios begin, wat op 12 Januarie 1994 beëindig, maar tans (2020) nie opgelos is nie.
22
Op 18 Mei 1994 het Meksiko by die
OESO
aangesluit. In Desember 1994 het die Tequila-krisis begin, nadat die Meksikaanse regering nie die vaste
peso
-wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar kon byhou nie. Die krisis is deur lenings van die Verenigde State, die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank in 1995 beëindig. Op 1 Januarie 1995 het Meksiko ’n stigterslid van die
Wêreldhandelsorganisasie
geword.
23
In 1999 het Meksiko die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker
aangebied én gewen.
Uitbreiding van die
dwelmoorlog in Meksiko
Sedert die 1990's word die land deur ’n
dwelmoorlog
geskud, wat amptelik op 11 Desember 2006 met
Operasie Michoacan
van die Regering teen die
dwelm
kartelle
begin het. Die dwelmoorlog word nie net tussen die Meksikaanse Regering en die dwelmkartelle gevoer nie, maar ook onderling tussen die dwelmkartelle wat om invloed en smokkelroetes meeding.
24
25
Dit word verder aangehits deur wapensmokkelary uit die aangrensende Verenigde State, waar self oorlogswapens in deelstate soos Texas en Nieu-Meksiko by gelisensieerde handelaars vry te koop is.
26
27
Sedert 2016 is die stadsregering van Meksikostad besig om aan die hoofstad die amptelike status van dié land se 32ste deelstaat te verleen, maar volgens die grondwet mag die hoofstad nie in een van die deelstate lê nie. In 2018 is Meksiko saam met Kanada en die Verenigde State as mede-gasheer van die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
aangewys. Vir Meksiko sal dit die derde
Sokker-Wêreldbeker
wees wat in dié land aangebied word.
28
Geografie
wysig
wysig bron
Nasa
-Satellietbeeld van Meksiko
Die ses vulkane
Iztaccíhuatl
Popocatépetl
Malintzin
Cofre de Perote
Citlaltépetl
en
Sierra Negra
, wat deel uitmaak van die
Sierra Volcánica Transversal
Die vulkaan Citlaltépetl of Pico de Orizaba, die hoogste berg in Meksiko
Topografiese kaart van Meksiko
Kaart van Meksiko se eksklusiewe ekonomiese sone
Popocatépetl is die tweede hoogste berg in Meksiko asook die tweede hoogste vulkaan in Noord-Amerika
In die weste is die skiereiland
Neder-Kalifornië
in die
Stille Oseaan
en die
Coloradorivier
geleë, wat in die
Golf van Kalifornië
uitmond. Die westelike vasteland word deur die
Rotsgebergte
en die suide deur
reënwoude
gekenmerk. In die noordooste is die
Rio Grande
(in Meksiko
Río Bravo del Norte
genoem) geleë, wat die grens met die Verenigde State vorm, en in die oostelike
Golf van Meksiko
uitmond. Die noorde van Meksiko tussen die Stille Oseaan in die weste en die Rio Grande in die ooste word deur
woestyngebiede
soos die Chihuahua- en die Sonora-woestyn gekenmerk. Die Yucatan-skiereiland grens in die noorde aan die Golf van Meksiko en in die ooste aan die
Karibiese See
. 210 kilometer vanaf die oostelike kus van Yucatan is die
eilandnasie
Kuba
geleë.
Die land word gekenmerk deur die
Sierra Madre
wat die
Meksikaanse Hoogland
in die ooste (
Sierra Madre Oriental
), suide (
Sierra Madre del Sur
) en weste (
Sierra Madre Occidental
) omring. In die suidweste daarvan is die
Landengte van Tehuantepec
geleë, tussen die
Golf van Campeche
in die noorde en die
Golf van Tehuantepec
in die suide, wat in die ooste aan die Yucatan-skiereiland grens. Die Landengte van Tehuantepec vorm die geografiese en geologiese grens tussen Noord- en Sentraal-Amerika.
Die totale lengte van die grenslyn is 4
263
km; daarvan vorm 3
141
km die gemeenskaplike grens met die Verenigde State in die noorde, waarvan 2
008
km die Rio Grande vorm. In die suidooste word Meksiko deur Guatemala (871
km) en Belize (251
km) begrens, waar Meksiko met beide lande die Yucatan-skiereiland deel. Meksiko het ’n kuslyn van 9
330
km, waarvan 7
338
km aan die Stille Oseaan en die Golf van Kalifornië en 2
805
km aan die Golf van Meksiko en die Karibiese See geleë is.
Die hoogste
berg
in die land asook die hoogste vulkaan in Noord-Amerika is
Citlaltépetl
met ’n hoogte van 5
636
m bo
seespieël
, waarna
Popocatépetl
met 5
462
m en
Iztaccíhuatl
met 5
286
m. Die langste
rivier
is die Rio Grande wat 3
034
km lank is.
Meksiko is op vier van die aarde se
tektoniese plate
geleë wat aardbewings en vulkaniese aktiwiteit veroorsaak. Dié land is dus een van die seismologies-aktiefste gebiede wêreldwyd.
Deelstate
wysig
wysig bron
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Deelstate van Meksiko
Meksiko bestaan uit 31 deelstate (
Estados
) en Meksikostad (
Ciudad de México
). Meksikostad is tans in oorgang om Meksiko se 32ste federale entiteit te word wat dit ’n vlak van outonomie soortgelyk aan dié van ’n deelstaat sal gee. ’n Klousule in die Grondwet van Meksiko verhoed egter dat dit ’n deeltaat kan word, aangesien dit die plek van mag in dié land is, tensy die hoofstad van dié land elders verskuif word.
Die 31 deelstate en Meksikostad (
Ciudad de México
Deelstaat
Hoofstad
Gestig op
Bevolking
29
Oppervlakte (km²)
Distrito Federal
Meksikostad
18 November 1824
839
361
479
Aguascalientes
Aguascalientes
5 Februarie 1857
133
137
625
Baja California
Mexicali
16 Januarie 1952
122
408
71
546
Baja California Sur
La Paz
8 Oktober 1974
558
425
73
943
Campeche
Campeche
29 April 1863
791
322
57
727
Chiapas
Tuxtla Gutiérrez
14 September 1824
483
886
73
681
Chihuahua
Chihuahua
6 Julie 1824
376
062
247
487
Coahuila
Saltillo
7 Mei 1824
615
574
151
445
Colima
Colima
9 Desember 1856
597
043
627
Durango
Victoria de Durango
22 Mei 1824
547
597
123
367
Guanajuato
Guanajuato
20 Desember 1823
033
276
30
621
Guerrero
Chilpancingo
27 Oktober 1849
143
292
63
794
Hidalgo
Pachuca de Soto
16 Januarie 1869
415
461
20
856
Jalisco
Guadalajara
23 Desember 1823
989
304
78
630
México
Toluca
20 Desember 1823
14
739
060
22
333
Michoacán
Morelia
22 Desember 1823
971
225
58
667
Morelos
Cuernavaca
17 April 1869
668
343
892
Nayarit
Tepic
26 Januarie 1917
968
257
27
862
Nuevo León
Monterrey
5 Julie 1824
420
909
64
203
Oaxaca
Oaxaca de Juárez
21 Desember 1823
551
710
93
343
Puebla
Puebla de Zaragoza
21 Desember 1823
624
104
34
251
Querétaro
Santiago de Querétaro
23 Desember 1823
705
267
11
658
Quintana Roo
Chetumal
8 Oktober 1974
290
323
42
535
San Luis Potosí
San Luis Potosí
22 Desember 1823
479
450
61
165
Sinaloa
Culiacán
14 Oktober 1830
650
499
57
331
Sonora
Hermosillo
10 Januarie 1824
499
263
184
946
Tabasco
Villahermosa
7 Februarie 1824
045
294
24
747
Tamaulipas
Ciudad Victoria
7 Februarie 1824
174
134
80
148
Tlaxcala
Tlaxcala
9 Desember 1856
127
331
997
Veracruz
Veracruz
22 Desember 1823
270
413
71
856
Yucatán
Mérida
23 Desember 1823
909
965
39
671
Zacatecas
Zacatecas
23 Desember 1823
380
633
75
416
Die deelstate van Meksiko in 1821
Die deelstate van Meksiko in 1823
Die deelstate van Meksiko in 1836
Die deelstate van Meksiko tussen 1836 en 1845:
Die deelstate van Meksiko in 1865
Die huidige 31 deelstate van Meksiko saam met Meksikostad (
Ciudad de México
Nedersettings
wysig
wysig bron
Die sentrum van
Meksikostad
met die twee vulkane Popocatépetl en Iztaccíhuatl op die agtergrond
Die elf grootste stede met meer as een miljoen inwoners is
Meksikostad
Ecatepec de Morelos
Puebla de Zaragoza
Tijuana
Guadalajara
León
Ciudad Juárez
Zapopan
Monterrey
Nezahualcóyotl
en
Mexicali
. Hulle is meestal in die binneland geleë. Die kusgebiede is in teenstelling hiermee yl bevolk.
30
In Meksiko is die verskil tussen die kern- en die randgebied baie opvallend. Meksikostad speel die oorheersende rol. Die metropolitaanse gebied huisves 18 persent van die land se bevolking en is in die kruispunt van die Westelike, Oostelike en die Suidelike Sierra Madre in die
Vallei van Meksiko
naby die sentrum van die land geleë.
Veracruz is die belangrikste hawestad aan die Golf van Meksiko, terwyl
Acapulco de Juárez
die belangrikste hawestad aan die Stille Oseaan en
Cancún
die belangrikste hawestad aan die Karibiese See is.
Metropolitaanse gebiede van Meksiko
31
Nommer
Naam
Deelstaat
Bevolking
Nommer
Naam
Deelstaat
Bevolking
Beelde
Meksikostad
Distrito Federal
851
080
13
Mérida
Yucatán
777
615
Guadalajara
Tijuana
Zapopan
Monterrey
Ecatepec
México
655
015
14
San Luis Potosí
San Luis Potosí
722
772
Guadalajara
Jalisco
495
182
15
Aguascalientes
Aguascalientes
722
250
Puebla
Puebla
434
062
16
Hermosillo
Sonora
715
061
Juárez
Chihuahua
321
004
17
Saltillo
Coahuila
709
671
Tijuana
Baja California
300
983
18
Mexicali
Baja California
689
775
León
Guanajuato
238
962
19
Culiacán
Sinaloa
675
773
Zapopan
Jalisco
142
483
20
Guadalupe
Nuevo León
673
616
Monterrey
Nuevo León
135
512
21
Acapulco
Guerrero
673
479
10
Nezahualcóyotl
México
104
585
22
Tlalnepantla
México
653
410
11
Chihuahua
Chihuahua
809
232
23
Cancún
Quintana Roo
628
306
12
Naucalpan
México
792
211
24
Querétaro
Querétaro
626
495
Klimaat
wysig
wysig bron
Klimaatsones in Meksiko volgens die
Köppen-klimaatklassifikasie
Meksiko se
klimaat
is baie uiteenlopend met een van die wêreld se mees diverse weerstelsels. Die klimaatstreke wissel van subtropiese, berg- tot
woestyntoestande
. Dit streek van die buitenste
subtropiese klimaat
met vogtige
somers
in die suidooste van dié land oor die heeljaar droë subtrope langs die
Kreefskeerkring
tot die klimaat van Kalifornië met
winterre
ën in die uiterste weste (Baja California).
Meksiko word deur die Kreefskeerkring in gematigde en tropiese gebiede verdeel. Gebiede noord van die 24ste Breedtegraad ondervind laer temperature gedurende die
wintermaande
, terwyl die temperature suid van die 24ste Breedtegraad heeljaar redelik konstant is en net van die ligging bo seevlak afhang. Die noorde van die land ontvang gewoonlik minder
neerslag
as die suide.
Van Meksiko se groot stede is baie in die Vallei van Mexiko of in aangrensende valleie met hoogtes van gewoonlik meer as 2000
m (6
562
voet) geleë. Dit gee hulle 'n heeljaar gematigde klimaat met gemiddelde temperature van 16 tot 18
°C (60,8 tot 64,4
°F) en koel nagtemperature. Van die stede in die noorde soos Monterrey, Hermosillo en Mexicali ondervind somertemperature van 40
°C (104
°F) of meer. In die Sonorawoestyn kan die kwik tot 50
°C (122
°F) en hoër styg. Albei Meksikaanse kuslyne, behalwe vir die suidkus van die Golf van Campeche en noordelike Neder-Kalifornië, is kwesbaar vir ernstige orkane gedurende somer en
herfs
Bioklimatiese landskappe van Meksiko
Tropiese reënwoud
Selva Lacandona
Chiapas
Droë bos
Tamasopo
San Luis Potosí
Vleiland
Pantanos de Centla
Tabasco
Oase
Mulegé
Baja California Sur
Taiga
Sierra de Juárez
Baja California
Alpynse klimaat
Nevado de Toluca
México
Subtropiese woud
Miahuatlán
Oaxaca
Gematigde woud
Ocoyoacac
México
Subtropiese hoogland
Apan
Hidalgo
Tropiese hoogland
Cuitzeo del Porvenir
Michoacán
Woestyne en duine
Samalayuca
Chihuahua
Dorre woestyn
Cataviñá
Baja California
Flora en fauna
wysig
wysig bron
Meksiko is een van die 17 lande wat as die sogenaamde "biodiversiteit-brandpunte" bekendstaan. Dit is die habitat van 200
000 verskillende
spesies
, wat 10 tot 12% van die totale wêreldbiodiversiteit uitmaak. Meksiko het met sy 763 opgetekende reptielspesies die meeste, met 448 soogdierspesies die tweede meeste en met 290 opgetekende amfibiespesies die vierde meeste spesies ter wêreld. Die
flora
sluit 26
000 verskillende spesies in. Ongeveer 2
500 spesies geniet amptelike beskerming.
In 2002 het Meksiko die tweede grootste vlak van ontbossing in die wêreld gehad, net ná Brasilië. Sowat 170
000
km² (65
637
myl²) is as "beskermde natuurgebiede" aangewys. Dit sluit 34 biosfeerreservate (onveranderde ekosisteme), 67 nasionale parke, 4 natuurlike monumente (weens hul estetiese, wetenskaplike of historiese waarde vir altyd beskerm), 26 gebiede met beskermde flora en fauna, 4 gebiede vir natuurlike hulpbronbeskerming (bewaring van grond, hidrologiese watergebiede en woude) en 17 heiligdomme (gebiede ryk aan diverse spesies).
Die ontdekking van die Amerikas het aan die res van die wêreld baie algemeen gebruikte voedselgewasse en eetbare plante besorg. Van Meksiko se inheemse kulinêre bestanddele sluit in:
sjokolade
avokado
tamatie
, mielies,
vanielje
guave
chayote
, welriekende hondebossie,
patats
yamboon
, zucchini, sapote, baie variasies van boontjies, en ’n nog groter verskeidenheid van chilipeper soos habanero en jalapeño. Die meeste van hierdie name is van inheemse tale soos Nahuatl afkomstig.
Biodiversiteit van Meksiko
Xoloitzcuintle
Kaliforniese seeleeu
(Zalophus californianus)
Poema
(Puma concolor)
Axolotl
(Ambystoma mexicanum)
Lepisosteus
Steenarend
(Aquila chrysaetos)
Kalkoen
(Meleagris gallopavo)
Amerikaanse bison
(Bison bison)
Ovis canadensis
Amerikaanse swartbeer
(Ursus americanus)
Gaffelbok
(Antilocapra americana)
Suid-Amerikaanse ratelslang
(Crotalus durissus)
Meksikaanse wolf
(Canis lupus baileyi)
Jaguar
(Panthera onca)
Gryswalvis
(Eschrichtius robustus)
Avokado
(Persea americana)
Kersfeesster
(Euphorbia pulcherrima)
Opuntia ficus-indica
Echinocactus grusonii
Cylindropuntia imbricata
Dahlia
Rooioogboompadda
(Agalychnis callidryas)
Amerikaanse melkbosvlinder
(Danaus plexippus)
Valsskilpad
(Caretta caretta)
Geelvlerk-ara
(Ara macao)
Quetzal
(Pharomachrus mocinno)
Crataegus mexicana
Taxodium mucronatum
Kapokboom
(Ceiba pentandra)
Geeldenne
(Pinus ponderosa)
Saguaro
(Carnegiea gigantea)
Fouquieria columnaris
Politiek
wysig
wysig bron
Uitvoerende gesag
wysig
wysig bron
Claudia Sheinbaum, die huidige president van Meksiko
Voorblad van die oorspronklike kopie van die Meksikaanse grondwet in 1917
Meksiko is volgens die grondwet van 1917 ’n federale presidensiële grondwetlike republiek met die president as regeringshoof en hoogste verteenwoordiger van dié staat. Die grondwet het tydens die Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) ontstaan en is deur ’n grondwetgewende vergadering uitgewerk. Dit vorm ’n kompromis tussen verskeie belanghebbendes en bevat dus anti-klerklike, nasionale, anti-imperialistiese, republikeinse, paternalistiese en sosiale-hervormings-elemente. Daarbenewens omvat die grondwet liberale elemente soos burgerregte, wetlike sekuriteit, universele stemreg, staatswelsyn en die waarborg van private eiendom.
32
Die president word vir een sesjaartermyn, die
sexenio
verkies. ’n Herverkiesing is volgens die grondwet verbode. ’n Voortydige einde van die ampstermyn is nie moontlik nie en tree net by die afsterwe van die president in werking.
Die president kombineer ’n baie hoë gesag. Hy het die inisiatiefreg in die wetgewende proses en die vetoreg by die wetgewende inisiatiewe van die kongres. Verder is hy die opperbevelvoerder van die Meksikaanse weermag, benoem die hoogste range, ’n aantal staatsamptenare en die Prokureur-generaal. Met die goedkeuring van die kongres en die ministersraad kan die Meksikaanse president ’n noodtoestand verklaar. Hy het die inisiatiefreg vir oorlogsverklaring, stel riglyne vir buitelandse beleid voor en onderteken internasionale verdrae.
33
Wetgewende gesag
wysig
wysig bron
Binnekant van die Meksikaanse huis van afgevaardigdes
Die Palacio Nacional in Meksikostad aan die Plaza de la Constitución, (Zócalo)
President Vicente Fox (2000–2006) spreek die Meksikaanse parlement toe
Binnekant van die voormalige setel van die Meksikaanse senaat
Die kongres van die Meksikaanse Unie bestaan uit twee kamers: die huis van afgevaardigdes met 500 lede en die senaat met 128 senatore. Die 500 afgevaardigdes word elke drie jaar verkies, 300 daarvan in ’n direkte verkiesing en 200 volgens partylyste. Die senatore word vir ’n termyn van ses jaar verkies. In elk van die 32 deelstate word drie senatore benoem, twee daarvan deur die meerderheid van stemme en die derde een word deur die grootste opposisieparty benoem. Die 32 ander senatorplekke word volgens ’n nasionale proporsionele verteenwoordiging-stelsel verkies.
34
Die senatore en die afgevaardigdes kan, soos die president, nie herverkies word na hul ampstermyn nie. Die belangrikste funksie van die huis van afgevaardigdes is die jaarlikse ondersoek, bespreking en goedkeuring van die federale begroting, waarby ’n verwerping nie aanvaarbaar is nie. Die belangrikste bevoegdhede van die senaat is die goedkeuring van internasionale verdrae en toestemming vir die ontplooiing van soldate in die buiteland. Daarbenewens het die kongres verantwoordelikheid oor die goedkeuring van wette en bevele, die ekonomiese, politieke en territoriale organisasie van die land, goedkeuring van oorlogsverklarings asook die bevordering van onderwys en arbeidswetgewing.
Die sentrale regering het vir ’n lang tyd die deelstate se sake bestuur, en hierdie invloed is vandag nog in werking. Die goewerneurs is direk deur die volk verkies, maar was in hul bevoegdhede sterk deur hul kontak met die president beperk en van sy welwillendheid afhanklik. Dit volg uit die afhanklikheid van elke deelstaat van die federale regering, omdat die regering dié deelstate en munisipaliteite se belastinginkomste toewys. Daarbenewens het die ministeries verteenwoordigende kantore (
Delegaciones
) in die deelstate, administratiewe distrikte en munisipaliteite. In hierdie kantore word veral federale befondsing vir welsyn en ontwikkelingsprogramme toegeken.
Regsprekende gesag
wysig
wysig bron
Die Hooggeregshof se setel in Meksikostad
Die Hooggeregshof van Meksiko is die
Suprema Corte de Justicia de la Nación
. Dit bestaan uit elf federale regters (
Ministros
), wie deur die president voorgestel en deur die senaat bevestig word. Hul ampstermyn is beperk tot 15 jaar, die president word uit eie geledere vir vier jaar verkies en kan nie direk daarna herverkies word nie.
35
In die 71 jaar gedurende die heerskappy van die PRI het die regsprekende gesag besonders gely. In die loop van die jare het dit meer en meer invloed verloor. Eers met die grondwetlike hervorming van 1995 het die Suprema Corte de Justicia de la Nación weer die bevoegdheid ontvang, om oor die grondwetlikheid van die beleid te oordeel. Sedert 2000 moet die Prokureur-generaal deur die senaat bevestig word.
Buitelandse beleid
wysig
wysig bron
Sedert 2005 word die Meksikaanse grens tot die Verenigde State, soos hier tussen
San Diego
Kalifornië
(links), en
Tijuana
Baja California
(regs), versterk uitgebrei
Die Amerikaanse president
Barack Obama
, Meksiko se president
Enrique Peña Nieto
en Kanada se eerste minister
Stephen Harper
tydens die NAFTA se spitsberaad in 2014
Buitelandse betrekkinge van Meksiko:
Meksiko
Lande met ’n Meksikaanse ambassade
Meksiko se president Enrique Peña Nieto tydens ’n staatsbesoek saam met die Kubaanse president
Raúl Castro
in
Havana
2014
Lande waarmee Meksiko ’n vryehandelsooreenkoms onderteken het
Chili se president
Michelle Bachelet
tydens ’n staatsbesoek saam met die Meksikaanse president Enrique Peña Nieto in 2015
Meksiko se buitelandse beleid word deur die president se politiek gekenmerk
36
en deur die ministerie van buitelandse sake bestuur.
37
Die beginsels van die buitelandse beleid word grondwetlik erken in artikel 89, seksie 10, insluitend: respek vir die internasionale reg en wetlike gelykheid van nasies, hul soewereiniteit en onafhanklikheid, nie-inmenging in die huishoudelike sake van ander lande, vreedsame oplossing van konflikte, en die bevordering van die gesamentlike veiligheid deur aktiewe deelname in internasionale organisasies.
36
Sedert die 1930's het die
Estrada
-doktrine gedien as ’n belangrike aanvulling tot hierdie beginsels.
38
39
Meksiko is een van die stigterslede van verskeie internasionale organisasies, veral die Verenigde Nasies, die Organisasie van Amerikaanse Lande, die Organisasie van Ibero-Amerikaanse Lande,
40
die OPANAL
41
en die Rio-groep.
42
In 2008 het Meksiko meer as 40 miljoen Amerikaanse dollar tot die Verenigde Nasies se gereelde begroting bygedra.
43
Daarbenewens was dit sedert sy toetreding in 1994 die enigste Latyns-Amerikaanse lidland van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) voordat Chili in 2010 ’n volle lid geword het.
44
Meksiko is ook ’n waarnemende lidland van internasionale organisasies soos die
Andesgemeenskap
, die
Beweging van Onverbonde Lande
Mercosur
en die
Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
(UNASUR).
Meksiko word as streeksmoondheid beskou,
45
46
weens sy teenwoordigheid in die groot ekonomiese groepe soos die G8 + 5 en die G20. Daarbenewens het Meksiko sedert die 1990's met die ondersteuning van Kanada,
Italië
Pakistan
Suid-Korea
Spanje
Argentinië
Turkye
en
Malta
, wat ’n informele groep, bekend as die Koffie-Klub,
47
vorm, gepoog om ’n hervorming van die Verenigde Nasies se
veiligheidsraad
en sy werksmetodes te stimuleer. Daarby vorm hulle ’n opposisie teen die lande van die G4-groep, bestaande uit Duitsland, Brasilië,
Indië
en Japan, wat aanspraak maak op permanente setels in die VN se veiligheidsraad. Meksiko se politiek is hoofsaaklik gerig teen die setel van Brasilië, omdat dit beskou word as bedreiging in die magstruktuur binne Latyns-Amerika.
Sedert die onafhanklikheidsoorlog is die verhoudings van Meksiko hoofsaaklik gefokus op die Verenigde State van Amerika, sy noordelike buurland, grootste handelsvennoot,
48
en die mees kragtige akteur in die westelike hemisfeer en wêreldsake.
49
Meksiko het die Kubaanse regering sedert hul stigting in die vroeë 1960's,
50
die Sandinistiese rewolusie in Nicaragua in die laat 1970's,
51
en linkse rewolusionêre groepe in El Salvador gedurende die 1980's ondersteun.
52
Tydens Felipe Calderón se bewind is ’n groter klem op verhoudings met Latyns-Amerika en die
Karibiese Eilande
geleë.
53
Ekonomie
wysig
wysig bron
Algemene oorsig
wysig
wysig bron
Meksikaanse deelstate volgens
Bruto binnelandse produk
in 2007
Deelstate van Meksiko volgens
Menslike ontwikkelingsindeks
in 2004:
0,80 en hoër
0,750–0,799
0,70–0,749
Meksiko
Ander lande van die
NAFTA
Ander lande wat met Meksiko ’n
vryehandelsooreenkoms
gesluit het.
Lande wat belangstelling getoon het in ’n handelsooreenkoms met Meksiko.
Werkloosheid
in Meksiko in 2011:
54
≤2,5%
≤3,0%
≤3,5%
≤4,0%
≤4,5%
≤5,0%
≤5,5%
≤6,0%
>6,1%
Meksiko beskik oor een van die grootste ekonomieë ter wêreld en word as ’n plaaslike mag asook 'n belangrike tussengangervennoot beskou. Daarbenewens het Meksiko in 1994 die eerste van twee Latyns-Amerikaanse lidlande van die OESO, vóór
Chili
, geword en is volgens die Wêreldbank ’n gevestigde nuut-geïndustrialiseerde land met bo-gemiddelde inkomste
55
en een van die opkomende magte.
56
Meksiko beskik oor die
14de grootste nominale BBP
en die
11de grootste BBP
volgens
Koopkragpariteit
. Die ekonomie is sterk gekoppel aan dié van sy NAFTA-vennote, Kanada en die Verenigde State. Meksiko is ook ’n lidland van die Organisasie van Amerikaanse Lande, van die
Groep van Vyf
, van die
Groep van Agt + Vyf
, van die
Groep van 15
, van die
Groep van 20
, van APEC en van die
Latynse Unie
Meksiko se vernaamste handelsvennote volgens uitvoer sluit in (2013): die Verenigde State (78,5%), Kanada (2,9%), Spanje (2,4%), die
Volksrepubliek China
(1,5%),
Duitsland
(1,3%) en
Colombia
(1,2%). Die ses vernaamste handelsvennote volgens invoer is (2013): die Verenigde State (49,4%), die Volksrepubliek China (15,8%),
Japan
(4,8%), Duitsland (3,7%),
Suid-Korea
(3,4%) en Kanada (2,7%).
Volgens die Amerikaanse multinasionale beleggingsbank
Goldman Sachs
word Meksiko as die wêreld se vyfde grootste ekonomie teen 2050 geprojekteer.
57
PricewaterhouseCoopers
(PwC), ’n multinasionale professionele diensmaatskappy gevestig in
Londen
in die
Verenigde Koninkryk
, het in Januarie 2013 beraam, dat Meksiko in 2050 die wêreld se sewende grootste ekonomie sal wees.
58
Hulpbronne en produserende bedryf
wysig
wysig bron
Stadshorison van Meksikostad, die ekonomiese sentrum van sowel Meksiko asook Latyns-Amerika
Meksiko is naas Brasilië en voor
Argentinië
Latyns-Amerika se tweede grootste
staalprodusent
met sowat ’n kwart van die totale produksie en wêreldwyd die 13de grootste staalprodusent met omtrent 18
995 miljoen metrieke ton in 2014. Dié land is tans met 2
934
000 vaatjies in 2013 die tiende grootste
ruolie
-produsent ter wêreld, ná ander Amerikaanse lande soos die Verenigde State, Kanada,
Venezuela
en nog voor Brasilië. Die grootste ontginner van ru-olie in Meksiko, die staatsmaatskappy PEMEX, is Meksiko se grootste maatskappy en die sewende grootste ruolie-ontginner ter wêreld.
Meksiko is die sewende grootste mielie- (22
663
953 ton in 2013) en die vyfde grootste boontjie-produsent (1
294
634 ton in 2013) ter wêreld.
Meksiko beskik oor die wêreld se sesde grootste elektroniese bedryf ná lande soos die Volksrepubliek China, die Verenigde State, Japan, Suid-Korea en die
Republiek China
Toerismebedryf
wysig
wysig bron
Volgens die Wêreldtoerismeorganisasie is Meksiko een van die mees besoekte lande ter wêreld en die tweede mees besoekte land in die Amerikas na die Verenigde State. Die belangrikste plekke, wat deur toeriste besoek is, sluit in die Meso-Amerikaanse ruïnes, kulturele feeste, koloniale stede, natuurreservate en kusstede. Meksiko het die 23ste hoogste inkomste van
toerisme
in die wêreld en die hoogste een in Latyns-Amerika.
59
Die meeste toeriste, wat Meksiko besoek, kom veral uit die Verenigde State en Kanada, gevolg deur Europa en Asië asook ’n kleiner aantal uit Latyns-Amerika.
60
Meksiko staan bekend as een van die belangrikste toeristebestemmings ter wêreld met stede soos Acapulco de Juárez en Cancún. Dié land beheer met 35
Unesco
wêrelderfenisgebiede
die meeste in die Amerikas en die sewende meeste ter wêreld,
61
62
63
en is in 2010 met 22,5 miljoen internasionale aankomste per jaar die tiende mees besoekte land ter wêreld.
64
Belangrike toeristetrekpleisters in Meksiko
Meksikostad
Distrito Federal
Riviera Maya
Quintana Roo
Cancún
Quintana Roo
Guadalajara
Jalisco
Acapulco
Guerrero
Cabo San Lucas
Baja California Sur
Puerto Vallarta
Jalisco
Monterrey
Nuevo León
Mazatlán
Sinaloa
Veracruz, Veracruz
Veracruz
Nuevo Vallarta
Nayarit
Puebla
Puebla
Santiago de Querétaro
Querétaro
Mérida
Yucatán
León
Guanajuato
Ixtapa
Guerrero
Tijuana
Baja California
Oaxaca de Juárez
Oaxaca
Villahermosa
Tabasco
Cozumel
Quintana Roo
San Luis Potosí
San Luis Potosí
Hermosillo
Sonora
Chihuahua
Chihuahua
Aguascalientes
Aguascalientes
Huatulco
Oaxaca
Morelia
Michoacán
Manzanillo
Colima
Ciudad Juárez
Chihuahua
Cañón del Sumidero
Chiapas
Toluca de Lerdo
México
Mediabedryf
wysig
wysig bron
Stasie van TV Azteca in Mérida, Yucatán
Stasie van Televisa in Torreón, Coahuila
In Meksiko is daar meer as 500 televisiekanale, waarvan die meeste behoort aan twee private TV-maatskappye met nasionale dekking wat die kykergetalle oorheers: "Televisa" en "TV Azteca", waarvan Televisa die grootste televisie-aanbieder in die Spaanssprekende wêreld is. In die metropolitaanse gebied van Meksikostad is daar ook "Canal 11, Nasionale Polytechnic Institute", "Channel 22 van die Nasionale Raad vir kultuur en die kunste (CONACULTA)", Project 40 en Chain drie (Kanaal 28, XHTRES-TV).
Uit die Verenigde State is daar die amptelike kanale en takke van twee groot kettinggroepe met plaaslike uitbreidings. In Tijuana, Baja California, is daar verskeie Amerikaanse maatskappye wat ’n kanaal in die stad het: Singapore (33), Fox (6), ESPN en andere.
In noordoostelike Meksiko, het die "Multimedia"-netwerk sy eie ontwikkeling onderneem, wat alom bekend staan as "die derde netwerk in die land",
wat uitsaai vanuit die stad Monterrey.
Meksikostad (
Ciudad de México
) is tans (2018) op soek na ’n frekwensie. Daarbenewens het elke staat van die republiek ’n stelsel van openbare televisie vir hulle stede. Die instelling wat die skedule bepaal van programme wat op televisie uitgesaai word, is die Direktoraat-generaal van Radio, TV en Film.
Demografie
wysig
wysig bron
Oorsig
wysig
wysig bron
Meksiko se bevolkingsgroei (1961–2003)
Volgens die laaste sensusopname van 2010,
65
wat deur die
Instituto Nacional de Estadística y Geografía
("Nasionale Instituut vir Statistiek en Aardrykskunde"), oftewel INEGI, gehou is, het Meksiko ’n amptelike bevolking van 112
336
538 gehad. Meksiko is daarmee die 11de grootste bevolking ter wêreld, die derde grootste in die Amerikas (ná die Verenigde State en Brasilië) en die tweede grootste in Noord-Amerika. Die grootste stad met die meeste inwoners in sy omtrekgebied is die hoofstad Meksikostad, waar 8,9 miljoen mense binne die stadsgrense en 21,2 miljoen in die metropolitaanse gebied saamgetrek is. Die land waarheen die Meksikane hoofsaaklik heen verhuis is die aangrensende Verenigde State, waar 9,9 miljoen Meksikane bly.
Bevolking
wysig
wysig bron
Meksikaanse deelstate volgens bevolkingsdigtheid
Die Meksikaanse bevolking bestaan uit 65% Mestizo's, wat afstammelinge van mense met inheemse en Europese (veral vanuit Spanje) herkoms is, 17,5% Amer
indiane
, 16,5% blankes en 1,0% ander etniese groepe.
Die totale inheemse bevolking van Meksiko maak sowat 15,7 miljoen mense uit. Die grootste inheemse etniese groep is die
Nahua
, die nasate van die Asteekse bevolking, met sowat 2,5 miljoen mense. Tweede op die lys is die Maja, met sowat 1,5 miljoen mense. Die Mixteke en Zapoteke is volke wat beide omtrent 750
000 groot is. Die deelstate met die grootste inheemse bevolking is Yucatán met 59%, Quintana Roo met 39% en Campeche met 27%.
66
Die oorgrote meerderheid van die Meksikaanse bevolking word as
Mestizo's
geklassifikeer. Dit beteken dat hulle hulself nie as deel van die inheemse of deel van die Europese bevolking beskou nie, maar as nakomelinge van gemengde herkoms.
Sedert die Spaanse verowering van die Asteekse Ryk in 1521 het Europeërs, veral Spanjaarde, saam met Conquistadore na Meksiko geïmmigreer. Hulle was tydens die koloniale bewind die land se politieke elite, maar het nooit die meerderheid van die bevolking geword nie.
Tale
wysig
wysig bron
Kaart van die inheemse tale van Meksiko met meer as 100
000 sprekers
Die
amptelike taal
wat deur die regering gebruik word is
de facto
Spaans, terwyl in die huidige Meksikaanse grondwet van 1917 geen amptelike taal vir die federale vlak vasgelê is nie. Volgens die grondwet vorm Spaans saam met Majaans, Nahuatl en 65 ander inheemse tale Meksiko se landstale.
67
Meksiko is die grootste Spaanssprekende land ter wêreld met omtrent ’n derde van alle moedertaalsprekers van Spaans;
68
69
in 2011 het 105 miljoen mense Spaans as hul moedertaal gebruik. Weens die Meksikaanse immigrasie na Kanada en die Verenigde State is Meksikaans-Spaans ook in albei lande gebruiklik.
Omtrent 5,4% van die Meksikaanse bevolking praat inheemse tale, waarvan Nahuatl met sowat 1,45 miljoen moedertaalsprekers die grootste is,
70
gevolg deur Majaans met 750
000 moedertaalsprekers.
Mixteeks
en
Zapoteeks
word beide deur sowat 400
000 mense gepraat.
71
Godsdiens
wysig
wysig bron
Die Katedraal van Meksikostad; die
Rooms-Katolieke Kerk
is verreweg die belangrikste godsdiens in Meksiko
Onse liewe vrou van Guadalupe, die beskermheilige van Meksiko
Die belangrikste godsdiensgroep en denominasie is die Rooms-Katolieke Kerk met sowat 93 miljoen (83%) lede volgens die sensus van 2010, terwyl 10% (11 miljoen) lede van ander
Christelike
kerke, soos Evangelikalisme (5%), Pinksterbeweging (1,6%),
Jehovah se Getuies
(1,4%), Sewendedagadventistekerk (0,6%) en die
Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae
(0,3%) uitmaak.
72
Volgens die grondwet van 1917 beskik Meksiko nie oor ’n staatsgodsdiens nie en godsdiensvryheid word gewaarborg.
Meksiko het die derde grootste Christelike bevolking (107 miljoen) ter wêreld ná die Verenigde State en Brasilië, asook met 92
924
489 lidmate
72
die tweede grootste Rooms-Katolieke bevolking ná Brasilië.
73
Volgens die persentasie Rooms-Katolieke van die landsbevolking (95,0%), staan Meksiko wêreldwyd op die sesde plek. 47% van die Rooms-Katolieke Meksikane besoek weekliks die kerk.
74
Die feesdag van Onse Liewe Vrou van Guadalupe, die beskermheilige van Meksiko, word op 12 Desember gevier en deur baie Meksikane as die belangrikste godsdienstige vakansiedag van hul land beskou.
75
Volgens die sensus van 2010 bly 67
476
Jode
, 18
185 aanhangers van die Oosterse godsdienste soos
Boeddhiste
en 300
Moslems
in Meksiko.
72
Kultuur
wysig
wysig bron
Plein van die drie kulture in Meksikostad. Dié plein versamel drie argitektoniese style wat die geskiedenis van Meksiko versinnebeeld: Meso-Amerikaans, Spaans-koloniaal en die onafhanklike nasie
Meksiko se kultuur weerspieël die kompleksiteit van die land se geskiedenis deur die vermenging van inheemse kulture met die
kultuur van Spanje
, meegedeel tydens Spanje se 300 jaar lange kolonisasie van Meksiko. Mettertyd is eksogene kulturele elemente in die Meksikaanse kultuur opgeneem.
Die Porfiriose tydperk (
el Porfiriato
) in die laaste kwart van die 19de eeu en die eerste dekade van die 20ste eeu is gekenmerk deur ekonomiese vooruitgang en vrede. Ná vier dekades van burgerlike onrus en oorlog, het Meksiko die ontwikkeling van filosofie en kunste, bevorder deur president Díaz self, beleef. Sedert daardie tyd, soos beklemtoon tydens die Meksikaanse Rewolusie, het die kulturele identiteit sy oorsprong in die
mestizaje
, waarvan die inheemse (d.w.s. Indiaanse) elemente die kern vorm. Aangesien van die verskillende etniese groepe wat die Meksikaanse bevolking vorm, het José Vasconcelos in sy publikasie
La Raza Cósmica
("Die Kosmiese Wedren", 1925) Meksiko as smeltkroes van alle etniese groepe gedefinieer (en dus die definisie van die
mestizo
uitgebrei), nie net biologies maar sowel kultureel.
76
Literatuur
wysig
wysig bron
Nezahualcoyotl
word as ’n wyse koning en digter vereer
Die Meksikaanse digter
Octavio Paz
Nobelprys vir Letterkunde
-wenner in 1990
Die Meksikaanse literatuur is die Spaanstalige literatuur van Meksiko en behoort tot die Spaans-Amerikaanse literatuur. Dit is een van die mees omvattende, bekende en nie net sedert die toekenning van die Nobelprys aan Octavio Paz in 1990 internasionaal mees bekende Latyns-Amerikaanse literature. Teen die agtergrond van Meksiko se uiterste sosiale diversiteit is dit gekenmerk deur talle filosofiese en kulturele strydpunte, ’n moeilike soek na identiteit en van die koloniale tydperk tot die huidige dag herhalende eise vir geregtigheid en vergoeding.
77
Die literatuur in Meksiko het sy oorsprong in die literatuur van die inheemse nedersettings van Meso-Amerika. Die mees bekende Voor-Spaanse digter is
Nezahualcoyotl
. Die moderne Meksikaanse literatuur is beïnvloed deur die konsepte van die Spaanse koloniasie van Meso-Amerika. Uitstaande koloniale skrywers en digters sluit in Juan Ruiz de Alarcón en Juana Ines de la Cruz.
Ander belangrike skrywers sluit in Alfonso Reyes, José Joaquín Fernández de Lizardi,
Ignacio Manuel Altamirano
, Carlos Fuentes,
Octavio Paz
(Nobelpryswenner), Renato Leduc, Carlos Monsiváis, Elena Poniatowska, Mariano Azuela ("Los de abajo") en Juan Rulfo ("Pedro Páramo"). Bruno Traven het
Canasta de cuentos mexicanos
("Mandjie van Meksikaanse Stories") en
El tesoro de la Sierra Madre
("Die skat van die Sierra Madre") geskryf.
Kuns
wysig
wysig bron
Die paleis van die skone kunste (
Palacio de Bellas Artes
) in Meksikostad, soos gesien vanaf die Latyns-Amerikaanse toring (
Torre Latinoamericana
), in 2006
Frida Kahlo
saam met
Diego Rivera
in 1932, soos fotografeer deur
Carl Van Vechten
Die kuns van Meksiko word gekenmerk deur voor-Colombiaanse tradisies en die invloed van die Spaanse veroweraars. Hoewel die Spanjaarde gewelddadig met die hoë verteenwoordigers van die Indiese mag gebreek het, het ’n sterk verwysing na die voor-koloniale kuns behoue gebly. Daarbenewens het in Meksikostad onder die regering van die visekoning gemaskerde parades plaasgevind, wat die herinnering aan die Asteekse dinastie sou handhaaf.
78
Die tradisionele kunsvorme is sodoende met nuwe ontwerpe verbind. Byvoorbeeld het veerbeelde met Maria-voorstellings ontstaan, wat na die Christelike geloof verwys het wat deur die Spanjaarde ingevoer is.
79
Die hele veerkuns, wat alvorens net tot die adellikes beperk was, het ’n Christelike herinterpretasie beleef en is byvoorbeeld gebruik vir Biskopkappies en altaardoeke, waarby die tradisionele Asteekse kleurbetekenis bewaar gebly het. Tot in die 19de eeu was Pátzcuaro ’n sentrum van die veerverwerking met beduidende kunshandwerklike fasiliteite. Nog ’n gebied van die beeldvorming met tradisionele grondslae was kaarte en genealogiese voorstellings. Daarby is elemente van Europese kartografie saam met Meksikaanse glyfe gebruik.
80
Tydens die 19de eeu het Europese kunstenaars na Meksiko gereis en die land in sy diversiteit tentoongestel. Die belangrikste hiervan was waarskynlik Johann Moritz Rugendas, wie landskappe, genre-tonele en studies van die natuur en die bevolking gemaak het.
81
Die Meksikaanse kuns het ná die Meksikaanse Rewolusie ’n bloeitydperk beleef. Kunstenaars soos David Alfaro Siqueiros, José Clemente Orozco en Juan O'Gorman was deur hul werk betrokke by die Meksikaanse Rewolusie en sosiale kwessies, sowel as die Meksikaanse geskiedenis tot by die voor-Colombiaanse tydperk. Die bekendste Meksikaanse kunstenaars is
Diego Rivera
en
Frida Kahlo
. Diego Rivera het saam met andere die Muralisme gestig, ’n kunsvorm van monumentale openbare muurskilderye, wat in Meksiko wye inslag gevind het en vandag nog gesien kan word in baie openbare geboue in Latyns-Amerika en in die Verenigde State. Beduidende muurskilderye van Riviera kan gevind word in die Palacio Nacional en vertoon gebeurtenisse in die Meksikaanse geskiedenis. Die huidige kuns in Meksiko beeld hoofsaaklik sosiale kwessies soos geweld en misdaad uit, en voorbeelde hiervan is werke deur Teresa Margolles, Daniel Guzmán en Eduardo Abaroa.
Musiek
wysig
wysig bron
Die Meksikaans-Amerikaanse rocksanger
Carlos Santana
in 2011
Die Meksikaanse aktrise en sangeres
Lila Downs
in 2009
Populêre musiek in Meksiko bestaan uit ’n wye verskeidenheid van musikale style en genres. Dit het sy oorsprong in die voor-Colombiaanse en Europese, veral Spaanse, kultuur. Die belangrikste style is die Meksikaanse Son en die Corrido, wat beide reeds in die 18de eeu ontstaan het. Elemente van die Corrido kan ook in die Narcocorrido gevind word, wat sedert die begin van die 21ste eeu die tipiese Meksikaanse volksmusiek verpersoonlik. Die Ranchera het tydens die Meksikaanse Rewolusie in die vroeë 20ste eeu ontstaan en vind sy manifestasie as Norteña in die noorde van Meksiko. In die 1920's is die oorspronklik Kubaanse dansstyle Bolero en Danzon verder ontwikkel tot onafhanklike vorme. Agustin Lara, ’n skepper van die Meksikaanse bolero, het ook die klankbaan vir die eerste Meksikaanse klankfilm "Santa" (1932) gekomponeer. Wêreldbekende volksliedjies sluit in:
Bésame mucho
(Bolero),
Cielito lindo
(Ranchera),
El Rey
(Ranchera),
Granada
(Bolero),
La Bamba
(Volkslied),
La Cucaracha
(Corrido),
Las mañanitas
(Volkslied),
México Lindo y Querido
(Ranchera),
Solamente una vez
(Bolero) en
Somos Novios
(Bolero).
’n Musiekgroep wat die verskillende style van tradisionele musiek speel, word Mariachi genoem. Die Mariachi-musiek is in 2011 deur Unesco in die verteenwoordigende lys van die mondelinge en ontasbare erfenis van die mensdom opgeneem.
Die vader van die Meksikaanse rockmusiek (
rock nacional
) is Carlos Santana, wie die Latynse rock in die 1960's geskep het. Ander bekende popmusikante sluit in: Maná, Luis Miguel, Alejandro Fernandez, Thalia, Marco Antonio Solis, Pepe Aguilar, Paulina Rubio, Angelica Maria, Alejandra Guzmán, Gloria Trevi en Cristian Castro.
In klassieke musiek is die eerste Meksikaanse opera,
La Partenope
, gekomponeer deur Manuel de Sumaya, in 1711 vir die eerste keer opgevoer. In die 19de eeu was die wals gewild en Meksikaanse komponiste (Ernesto Elorduy, Juventino Vázquez, Felipe Villanueva) het ’n onafhanklike Meksikaanse vorm geskep. Die Meksikaanse simfonieorkes
Orquesta Sinfónica Mexicana
is in 1928 deur Carlos Chávez gestig. Een van die internasionaal-bekendste tenore van die huidige tydperk is Rolando Villazón.
Kookkuns
wysig
wysig bron
Tacos met carnitas-vulling
Sjokolade
is ’n oorspronlik Meksikaanse drank en was ’n belangrike deel in die Asteekse kookkuns
Die Meksikaanse kookkuns word gekenmerk deur ’n sintese van die Asteekse en Spaans-koloniale, en in die suide ook deur die Majatradisies. Plaaslik is daar groot verskille tussen die kus en die sentrale hoogland, die brandrissie-liewende suide en die beesvleis-georiënteerde noorde.
Die belangrikste maaltyd van die dag is middagete, dienooreenkomstig is die middagete-pouse lank binne ’n gewone werksdag. Die aandete is dan slegs ’n klein happie soos vrugte, tacos of iets soortgelyks. In ’n warm, tropiese land met ’n welige plantegroei speel vars vrugte en sekere groente ’n dominante rol.
Tipies vir Meksiko, hoort tortillas by elke maaltyd. Gewoonlik is rissies of rissiesouse ook op die tafel, waarvan die skerpheid baie kan verskil. Die skerpste rissie is die Chili Habanero, ’n meestal groen, ongeveer drie duim groot verteenwoordiger van die
genus
. Baie ligter is die Chili Jalapeño, wat in tradisionele restaurante by die maaltyd gevoeg word.
Nog ’n gewilde gereg in Meksiko is die sogenaamde churros. Dit is lang, diepgebraaide deegstukkies wat tradisioneel bedien word met suiker of sjokolade.
Drinkwater
word gewoonlik in bottels of blikkies verkoop omdat kraanwater dikwels nie drinkbaar is nie. Horchata word graag gedrink en is deur die Spanjaarde ingevoer. Dit is ’n soet rys/kaneel-drank wat verkoel bedien word. Die gewone alkoholiese drankies is
bier
, tequila, mezcal en pulque.
Meksikaanse kos geniet sedert die afgelope dekades ’n toenemende gewildheid en sommige geregte is, soortgelyk aan die Italiaanse kookkuns, internasionaal bekend.
Sport
wysig
wysig bron
Die Bofbal-stadion in Monterrey, tuisveld van die Monterrey Sultans
Kenteken van die
Olimpiese Somerspele 1968
Die Estadio Azteca is die sesde grootste stadion en derde grootste sokkerstadion ter wêreld
Wedstryd tussen Meksiko en
Suid-Afrika
tydens die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Nigel Mansell het in 1987 en 1992 die
Meksikaanse Grand Prix
op die
Autódromo Hermanos Rodríguez
in Meksikostad gewen
Meksiko se nasionale sport is
Charrería
82
en dit is veral in die noorde van dié land gewild. Dié sport is gebaseer op die aktiwiteite van
Charro
en bestaan uit verskeie puntwedstryde, soortgelyk aan Rodeo. Nog ’n tradisionele sportsoort, wat deur die Spanjaarde in Meksiko gevestig is, is die stiergeveg. Ander gewilde sportsoorte in Meksiko sluit in
sokker
boks
bofbal
en
basketbal
. Die Meksikaanse stoeiskou, wat bekend staan as
Lucha Libre
, is ook uniek.
Sokker is die gewildste sportsoort in Meksiko en is op klubvlak in ’n nasionale ligastelsel georganiseer. Die topsokkerliga is die
Primera División
, wat in 1943 gestig is. Tans ding 18 spanne mee, die kampioen word in ’n uitspeelwedstrydstelsel van agt spanne bepaal. Die suksesvolste spanne is
Club América
uit Meksikostad met 13 ligatitels, gevolg deur Club Deportivo Guadalajara uit Guadalajara met twaalf titels en Deportivo Toluca FC met tien titels.
83
Meksiko het as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 opgetree, en albei eindstryde is op die Estadio Azteca, tans die derde grootste sokkerstadion ter wêreld, beslis.
84
Die Meksikaanse nasionale sokkerspan het aan 17 uit die 22 moontlike Wêreldbekertoernooie deelgeneem, en is saam met Argentinië en Brasilië, een van die beste nasionale spanne in die Amerikas. Meksiko het ook die
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999
aangebied én gewen. Daarbenewens het hulle die
CONCACAF
se goue beker al nege keer gewen. Die Suid-Amerikaanse
CONMEBOL
het Meksiko vir tien Copas América uitgenooi en hulle het twee keer as naaswenner geëindig (in 1993 in 2001). Internasionaalbekende sokkerspelers sluit in
Hugo Sanchez
Rafael Marquez
Ricardo Osorio
en
Pavel Pardo
. In 2018 is Meksiko deur FIFA saam met Kanada en die Verenigde State as gashere vir die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
aangewys; dit sal die vierde toernooi in Noord-Amerika wees en die derde vir Meksiko.
85
Vir die eerste keer mag 48 spanne aan ’n
Sokker
-Wêreldbekertoernooi deelneem en altesaam 80 wedstryde beslis.
86
Bofbal in Meksiko het in die 1940's gevestig. Die topbofballiga is die
Liga Mexicana de Béisbol
, wat in 1925 gestig is en die hoogste klassifikasie vir die Major League Baseball het, en dit word beskou as een van die beste ligas ter wêreld. Tans neem 18 spanne daaraan deel, die kampioenspan is Leones de Yucatán uit Mérida. Sowat 100 spelers het daarin geslaag om in die Amerikaanse-Kanadese Major League Baseball te speel, waaronder Fernando Valenzuela, Vinny Castilla en Aurelio Rodríguez. Die nasionale span het vier silwermedaljes by die bofbalwêreldbeker en vier bronsmedaljes by die Pan-Amerikaanse Spele gewen.
Die topbasketballiga in Meksiko is die
Liga Nacional de Baloncesto Profesional
, wat in 2000 gestig is en tans uit 14 spanne bestaan. Boks is nog ’n gewilde en suksesvolle sport en Meksikaanse boksers het al wêreldkampioenskappe en Olimpiese medaljes gewen. Daar bestaan tradisioneel ’n besonderse wedywering met boksers uit
Puerto Rico
87
Vanaf 1962 tot 1970 en vanaf 1986 tot 1992 het die
Formule Een
Meksikaanse Grand Prix
in Meksikostad plaasgevind; van 2015 tot 2019 en weer sedert 2021 word die Grand Prix op die
Autódromo Hermanos Rodríguez
beslis.
88
As gevolg van sy sukses is die gholfspeler Lorena Ochoa, wat sedert 2007 die LPGA Tour lei, baie gewild.
89
Meksiko het die
Olimpiese Somerspele 1968
in Meksikostad aangebied, die eerste Latyns-Amerikaanse gasheerland, en die
Olimpiese Somerspele
is eers weer in
2016
in
Rio de Janeiro
gehou.
90
112 Lande het in Meksikostad deelgeneem met ’n totaal van 5
516 atlete en 172 kompetisies in 20 sportsoorte. Die wêreldrekord in die verspring deur Bob Beamon en die Fosbury-flop in die hoogspring was uitstaande tydens hierdie spele. Meksikaanse atlete het tot op hede 69 medaljes by Olimpiese Spele gewen, waarmee Meksiko die 43ste plek in die alle-tye lys van medaljes beklee. Die medaljes is in ’n verskeidenheid van sportsoorte soos
ruitersport
sierduik
swem
, boks,
polo
en
skerm
gewen.
Bekende Meksikane
wysig
wysig bron
David Alfaro Siqueiros
(1896–1974), skilder en grafiese kunstenaar
Luis Barragán Morfín
(1902–1988), argitek
Porfirio Díaz
(1830–1915), president
Lila Downs
(* 1968), sangeres
Salma Hayek
(* 1966), aktrise
Miguel Hidalgo
(1753–1811), priester en rewolusionêr
Agustin de Iturbide
(1783–1824), keiser
Benito Juárez
(1806–1872), president
Frida Kahlo
(1907–1954), skilderes
Maksimiliaan I van Meksiko
(1832–1867), keiser
Rafael Marquez
(* 1979), sokkerspeler
Mario J. Molina
(* 1943), chemikus en
nobelpryswenner
Ximena Navarrete
(* 1988), mej heelal 2010
Juan O’Gorman
(1905–1982), argitek en skilder
José Clemente Orozco
(1883–1949), skilder
Octavio Paz
(1914–1998), skrywer en
nobelpryswenner
Elena Poniatowska
(* 1932), skryfster
Diego Rivera
(1886–1957), skilder
Alfonso García Robles
(1911–1991), politikus en
nobelpryswenner
Selena
(1971–1995), sangeres
Bekende Meksikaanse akteurs
Ramón Novarro
Dolores del Río
Gael García Bernal
Salma Hayek
Bekende Meksikaanse politici
Porfirio Díaz
Miguel Hidalgo
Benito Juárez
Alfonso García Robles
Bekende Meksikaanse regisseurs
Luis Buñuel
Arturo Ripstein
Guillermo del Toro
Alejandro González Iñárritu
Verwysings
wysig
wysig bron
es
"Politieke Grondwet van die Verenigde Meksikaanse State, titel 2, artikel 40"
(PDF)
. MX Q: SCJN.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011
. Besoek op
14 Augustus
2010
en
Rafaela Castro (2000).
Chicano Folklore: A Guide to the Folktales, Traditions, Rituals and Religious Practices of Mexican Americans
. Oxford University Press. p.
83.
ISBN
978-0-19-514639-4
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Mexico"
Central Intelligence Agency
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 4 Oktober 2024
. Besoek op
3 Oktober
2024
en
"Surface water and surface water change"
OESO
. Besoek op
3 Oktober
2024
es
"Censo Población y Vivienda 2020"
. INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]
. Besoek op
26 Januarie
2021
en
"Mexico"
Internasionale Monetêre Fonds
. April 2024
. Besoek op
3 Oktober
2024
en
"Human Development Report 2023/2024"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 13 Maart 2024
. Besoek op
3 Oktober
2024
en
"Gini Index – Mexico"
Wêreldbank
. Besoek op
3 Oktober
2023
es
"Catálogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas"
. Inali.gob.mx
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Acerca de México"
. Washington, D.C.: Embajada de Mexico en Estados Unidos (Meksikaanse Ambassade in die Verenigde State), Ministerio de Relaciones Exteriores (Ministerie van Buitelandse Betrekkinge)
. Besoek op
21 Julie
2016
[dooie skakel]
es
"Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos (Politiese Grondwet van die Verenigde Meksikaanse State)"
(PDF)
. MX: Regering van Meksiko. 27 April 2010.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2018
. Besoek op
1 Desember
2018
en
William Bright (2004).
Native American Placenames of the United States
. University of Oklahoma Press. p.
281.
ISBN
978-0-8061-3598-4
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Constitución federal de los Estados Unidos mexicanos (1824)"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 November 2015
. Besoek op
21 Julie
2016
es
"Leyes Constitucionales de 1836"
. Cervantes Virtual. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 Januarie 2016
. Besoek op
21 Julie
2016
es
"Constitución Federal de los Estados Unidos Mexicanos (1857)"
(PDF)
. Besoek op
8 Januarie
2016
[dooie skakel]
es
"Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos (1917)"
(PDF)
. Besoek op
8 Januarie
2016
[dooie skakel]
en
"Member States of the United Nations"
Verenigde Nasies
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"List of Members"
Internasionale Monetêre Fonds
. 13 Junie 2012.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 April 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Member Countries"
Wêreldbank
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Multilateral Treaties – Mexico"
Organisasie van Amerikaanse Lande
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Member Economies"
APEC
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Towards a history of events in Chiapas"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 26 Januarie 2011
. Besoek op
21 Julie
2016
en
"Members and Observers"
Wêreldhandelsorganisasie
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
Grillo, Ioan (11 Desember 2006).
"Mexico cracks down on violence"
Seattle Post-Intelligencer
. Associated Press.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020
. Besoek op
21 Julie
2016
es
"Quinto año de gobierno: 60 mil 420 ejecuciones"
. Semanario Zeta. 12 Desember 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 16 November 2016
. Besoek op
8 Januarie
2016
en
"American citizen in Mexican custody on arms-trafficking"
CNN
. 6 September 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 1 Julie 2012
. Besoek op
6 September
2011
en
"Study: U.S. lacks strategy to fight arms smuggling into Mexico"
CNN
. 6 Maart 2012. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Maart 2012
. Besoek op
7 November
2010
en
"World Cup 2026: Canada, US & Mexico joint bid wins right to host tournament"
BBC
. 13 Junie 2018.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Instituto Nacional de Estadística Geografia e Informática"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 28 Januarie 2007
. Besoek op
8 Januarie
2016
de
Knox, Paul L.; Marston, Sallie A. (2001).
Humangeographie
. Berlyn: Spektrum Akademischer Verlag. p.
127.
ISBN
3-8274-1109-2
en
"Población total de los municipios a mitad de año, 2005–2030"
. Besoek op
8 Januarie
2016
[dooie skakel]
de
Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).
Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung
. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p.
392.
ISBN
978-3-531-14252-4
de
Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).
Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung
. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p.
394.
ISBN
978-3-531-14252-4
de
Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).
Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung
. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p.
395.
ISBN
978-3-531-14252-4
de
Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).
Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung
. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p.
396.
ISBN
978-3-531-14252-4
es
"Artikel 89, Seksie 10"
(PDF)
Politieke Grondwet van die Verenigde State van Meksiko
. Kamer van Afgevaardigdes. 5 Februarie 1917. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 25 Augustus 2007
. Besoek op
28 Maart
2009
es
"Artikel 2, Seksie"
Interne Reëls van die Ministerie van Buitelandse Sake
. Ministerie van Buitelandse Sake. 10 Augustus 2001.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2010
. Besoek op
28 Maart
2009
de
Stüwe, Klaus; Rinke, Stefan (2008).
Die politischen Systeme in Nord- und Lateinamerika. Eine Einführung
. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften. p.
410.
ISBN
978-3-531-14252-4
es
Palacios Treviño, Jorge.
"La Doctrina Estrada y el Principio de la No-Intervención"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 16 Junie 2016
. Besoek op
4 April
2009
es
"Members"
. Organisasie van Ibero-Amerikaanse Lande.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Estados Miembros del OPANAL"
. OPANAL. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 5 Desember 2018
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"El Presidente Felipe Calderón Hinojosa en la Ceremonia de Entrega de la Secretaría Pro Témpore del Grupo de Río"
. Ministerie van Buitelandse Sake. 7 Maart 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 23 Augustus 2009
. Besoek op
6 April
2009
en
"Regular Budget Payments"
Global Policy
. Verenigde Nasies. 2008.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Chile signs up as first OECD member in South America"
OESO
. 11 Januarie 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Japan's Regional Diplomacy, Latin America and the Caribbean"
(PDF)
. Ministry of Foreign Affairs of Japan.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Latin America: Region is losing ground to competitors"
. Oxford Analytica.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2007
. Besoek op
4 April
2009
en
Maggie Farley (22 Julie 2005).
"Mexico, Canada Introduce Third Plan to Expand Security Council"
Los Angeles Times
. Besoek op
21 Julie
2016
en
"Bilateral Trade"
. Embassy of the U.S. in Mexico. 2006. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 27 Augustus 2009
. Besoek op
28 Maart
2009
en
Kim Richard Nossal (29 Junie – 2 Julie 1999).
"Lonely Superpower or Unapologetic Hyperpower? Analyzing American Power in the Post-Cold War Era"
. Queen's University.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
Renata Keller (2009).
"Capitalizing on Castro: Mexico's Foreign Relations with Cuba, 1959–1969"
(PDF)
. Latin American Network Information Center. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 22 Januarie 2012
. Besoek op
28 Maart
2009
en
Salaverry, Jorge (11 Maart 1988).
"Evolution of Mexican Foreign Policy"
. The Heritage Foundation.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"El Salvador in the 1980s"
. Historical Text Archive.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2007
. Besoek op
28 Maart
2009
es
"Se hará política exterior de Estado: Patricia Espinosa"
Dirección General de Coordinación Política
. Senate of the Republic. 2 Desember 2008. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 Mei 2011
. Besoek op
29 Maart
2009
es
"Indicadores de ocupación y empleo"
. INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. 19 Januarie 2012.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2019
. Besoek op
8 Januarie
2016
en
"Country and Lending Groups"
Wêreldbank
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
Uppermiddle Income defined as a per capita income between $3,976 – $12,275
en
"G8: Despite Differences, Mexico Comfortable as Emerging Power"
. ipsnews.net. 5 Junie 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 September 2018
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Mexico 2050: The World´s Fifth Largest Economy"
. The Catalist. 17 Maart 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"World in 2050"
(PDF)
. PricewaterhouseCoopers. Januarie 2013. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 10 Desember 2014
. Besoek op
8 Januarie
2016
en
"UNWTO Archive
World Tourism Organization UNWTO"
(PDF)
. Unwto.org. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 2 Oktober 2018
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Turismo de internación 2001–2005, Visitantes internacionales hacia México"
. Secretaría de Turismo (SECTUR). 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2008
. Besoek op
8 Januarie
2016
bl. 5
en
"World Heritage Sites in Mexico"
. Worldheritagesite.org.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 10 April 2019
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Properties inscribed on the World Heritage List (34)"
Unesco
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 April 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Mexico's World Heritage Sites Photographic Exhibition at UN Headquarters"
Unesco
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Toerisme"
(PDF)
. Wêreldtoerismeorganisasie. Junie 2011. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 13 Januarie 2012
. Besoek op
13 Januarie
2012
es
"Censo de Población y Vivienda 2010"
. INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Comisión Nacional para el Desarrollo de los Pueblos Indígenas. México"
. Cdi.gob.mx.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 April 2020
. Besoek op
8 Januarie
2016
es
INALI [Instituto Nacional de Lenguas Indígenas] (14 Januarie 2008).
"Catálogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas"
(PDF)
Diario Oficial de la Federación
652
(9). Meksikostad: Regering van Meksiko, Ministerie van Binnelandse Sake: 22–78 (eerste afdeling), 1–96 (tweede afdeling), 1–112 (derde afdeling).
OCLC
46461036
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Spanish Language History"
. Today Translations.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 September 2018
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"Título Primero, Capítulo I, De las garantías individuales"
(PDF)
Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos
. Kongres van die Unie van die Verenigde Meksikaanse State. 19 Junie 2007.
Geargiveer
(PDF)
vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2013
. Besoek op
21 Julie
2016
es
Perfil sociodemográfica de la populación hablante de náhuatl
(PDF)
. XII Censo General de Población y Vivienda 2000 (Publicación única
uitg.). Aguascalientes, Mex.: INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]. 2005.
ISBN
970-13-4491-X
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 2 Oktober 2008
. Besoek op
2 Oktober
2008
es
"Catalogo de las lenguas indígenas nacionales: Variantes lingüísticas de México con sus autodenominaciones y referencias geoestadísticas"
. Instituto Nacional de Lenguas Indígenas. 16 November 2007.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 16 November 2007
. Besoek op
8 Januarie
2016
es
"Censo de Población y Vivienda 2010 – Cuestionario básico"
. INEGI [Instituto Nacional de Estadísticas, Geografia e Informática]
. Besoek op
21 Julie
2016
en
"The Largest Catholic Communities"
Adherents.com
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"Church attendance"
Study of worldwide rates of religiosity
. University of Michigan. 1997. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 25 Oktober 2011
. Besoek op
3 Januarie
2007
en
"Our Lady of Guadalupe"
. Catholic Online.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
es
Vasconcelos, José (1997).
La Raza Cósmica ("Die Kosmiese Wedren")
. Didier T. Jaén (vertaler). The Johns Hopkins University Press. p.
160.
ISBN
0-8018-5655-8
de
Kruip, Gerhard (1996). "Kirche und Gesellschaft im Prozeß ethisch historischer Selbstverständigung. Die mexikanische Kontroverse um die ‚Entdeckung Amerikas'
".
Schriften des Instituts für Christliche Sozialwissenschaften der Westfälischen Wilhelms Universität Münster 34
. Münster: Lit Verlag: 325.
de
Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung
. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. p.
15.
ISBN
3-88609-510-X
de
Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung
. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. p.
46.
ISBN
3-88609-510-X
de
Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung
. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. pp.
47–
49.
ISBN
3-88609-510-X
de
Koloniale Kunst aus Lateinamerika – Prozesse gegenseitiger Aneignung
. Berlin: Staatliche Mussen zu Berlin Ethnologisches Museum. p.
54.
ISBN
3-88609-510-X
es
"La Charrería "Nuestro Deporte Nacional"
. Mexican Department of Tourism. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 18 Desember 2013
. Besoek op
14 Julie
2008
El año de 1933 fue muy importante, ya que el general Abelardo L. Rodríguez, emite un decreto presidencial, dando a la Charrería el título de único Deporte Nacional.
en
"Mexico – List of Champions"
. Rec.Sports.Soccer Statistics Foundation.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 20 April 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"About CONCACAF"
. The Confederation of North, Central American and Caribbean Association Football (CONCACAF). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 10 April 2008
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"World Cup 2026: United States, Canada and Mexico Win FIFA Vote"
The New York Times
. 13 Junie 2018.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020
. Besoek op
1 Desember
2018
es
"U.S., Mexico and Canada officially launch bid to co-host 2026 World Cup"
. ESPN. 10 April 2017.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 November 2018
. Besoek op
1 Desember
2018
en
Kevin Baxter (15 Julie 2008).
"This rivalry packs real punch – When boxers from Mexico and Puerto Rico face each other, winning for their homeland is key"
. LA Times
. Besoek op
21 Julie
2016
en
"Five-year Mexican Grand Prix deal signed – report"
. 22 Julie 2014
. Besoek op
1 Desember
2018
en
"LPGA Rolex Women's World Golf Rankings"
(PDF)
. 1 Oktober 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 16 Oktober 2011
. Besoek op
7 Oktober
2007
en
"2016 Binational Olympics"
. San Diego Metropolitan. Desember 2003.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 September 2007
. Besoek op
7 Oktober
2007
Bronnelys
wysig
wysig bron
Algemeen
en
"Mexico"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
3 Oktober
2024
en
"Mexico"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
3 Oktober
2024
Geskiedenis
en
Enrique Krauze (1998).
Mexico: Biography of Power: A history of Modern Mexico 1810–1996
. New York: Harper Perennial. p.
896.
ISBN
0-06-092917-0
en
Michael C. Meyer; William H. Beezley (2000).
The Oxford History of Mexico
. Oxford University Press. p.
736.
ISBN
0-19-511228-8
en
Henry Bamford Parkes (1972).
A History of Mexico
(3de
uitg.). Boston: Houghton Mifflin.
ISBN
0-395-08410-5
en
William H. Prescott (2009).
History of the Conquest of Mexico
. Londen/New York: Continuum.
ISBN
978-1-4411-4699-1
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Meksiko
en
Toerisme-inligting oor
Meksiko
op
Wikivoyage
es
Regering van Meksiko
es
Presidentskap van Meksiko
es
Senaat van Meksiko
es
Kongres van Meksiko
Geargiveer
24 Mei 2012 op
Wayback Machine
es
Verkiesingskommissie van Meksiko
Geargiveer
4 Julie 2012 op
Wayback Machine
es
Nasionale Instituut van Statistiek en Aardrykskunde
en
Inligtingsblad oor Meksiko
[dooie skakel]
Stille Oseaan
Verenigde State
Verenigde State
Hawaii
Stille Oseaan
Golf van Meksiko
Kuba
Meksiko
Clipperton
Stille Oseaan
Stille Oseaan
Karibiese See
Belize
Guatemala
Deelstate van Meksiko
Meksikostad, Federale Distrik
Aguascalientes
Baja California
Baja California Sur
Campeche
Chiapas
Chihuahua
Coahuila
Colima
Durango
Guanajuato
Guerrero
Hidalgo
Jalisco
México
Michoacán
Morelos
Nayarit
Nuevo León
Oaxaca
Puebla
Querétaro
Quintana Roo
San Luis Potosí
Sinaloa
Sonora
Tabasco
Tamaulipas
Tlaxcala
Veracruz
Yucatán
Zacatecas
Lande en gebiede in
Noord-Amerika
Onafhanklike lande
Antigua en Barbuda
Bahamas
Barbados
Belize
Costa Rica
Dominica
Dominikaanse Republiek
El Salvador
Grenada
Guatemala
Haïti
Honduras
Jamaika
Kanada
Kuba
Meksiko
Nicaragua
Panama
St. Kitts en Nevis
St. Lucia
St. Vincent en die Grenadine
Trinidad en Tobago
Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede
Frankryk
Clipperton
Guadeloupe
Martinique
Saint-Martin
Sint Bartholomeus
Sint Pierre en Miquelon
Koninkryk van Denemarke
Groenland
Koninkryk van die Nederlande
Aruba
Curaçao
Sint Maarten
Nederland
Bonaire
Saba
Sint Eustatius
Verenigde Koninkryk
Anguilla
Bermuda
Britse Maagde-eilande
Kaaimanseilande
Montserrat
Turks- en Caicoseilande
Verenigde State
Amerikaanse Maagde-eilande
Navassa
Puerto Rico
Lande van
Afrika
Asië
Europa
Oseanië
Suid-Amerika
NAFTA
Kanada
Meksiko
Verenigde State van Amerika
Groep van Twintig (G20)
Argentinië
Australië
Brasilië
Duitsland
Europese Unie
Frankryk
Indië
Indonesië
Italië
Japan
Kanada
Meksiko
Rusland
Saoedi-Arabië
Suid-Afrika
Suid-Korea
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Volksrepubliek China
Normdata
Internasionaal
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Japan
Italië
Australië
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Noorweë
Chili
Argentinië
Korea
Pole
Vatikaan
Israel
Katalonië
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
Trove
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
Internet Encyclopedia of Ukraine
Ontsluit van "
Kategorieë
Meksiko
Voormalige Spaanse kolonies
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Meksiko
Nuwe onderwerp
US