Noorweë - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Koninkryk Noorweë
Kongeriket Norge
Bokmål
Kongeriket Noreg
Nynorsk
Norgga gonagasriika
Noord-Samies
Vuona gånågisrijkka
Lule-Samies
Nöörjen gånkarïjhke
Suid-Samies
Vlag
Wapen
Nasionale leuse
Alt for Norge / Noreg
Noors
vir: "Alles vir Noorweë")
Eidsvoll-gelofte (1814)
Enig og tro til Dovre faller
Einig og tru til Dovre fell
Noors
vir: "Verenig en lojal totdat die berge van Dovre verkrummel")
Volkslied
Ja, vi elsker dette landet
(Noors vir: "Ja, ons is lief vir hierdie land")
Koninklike Volkslied:
Kongesangen
Hoofstad
Oslo
59°56′N
10°41′O
59.933°N 10.683°O
59.933; 10.683
Grootste stad
Oslo
Amptelike
tale
Noors
Bokmål
en
Nynorsk
) •
Samies
Noord-Samies
Lule-Samies
en
Suid-Samies
Regering
Monarg
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Harald V
Jonas Gahr Støre
Onafhanklikheid
Vorming
• Vereniging
• Ou Noorse Koninkryk
Kalmarunie
• Denemarke-Noorweë
• Noorse Herstigting
• Eerste grondwet
• Opskorting van Unie met Swede
872
1263
1397
1523
1524
1814
25 Februarie
1814
17 Mei
1814
7 Junie
1905
Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
385
207
km
61
ste
148
729 myl
5,32 (2015)
Bevolking
- 2026-skatting
Digtheid
627
400
118
de
14,6 / km
213
de
37,6 / myl
BBP
KKP
- Totaal
- Per capita
2024
-skatting
$470,170
miljard
51
ste
$84
851
(8
ste
BBP
(nominaal)
- Totaal
- Per capita
2024
-skatting
$567,740
miljard
27
ste
$102
459
(3
de
MOI
2022
0,966
de
baie hoog
Gini
2022
27,5
laag
Geldeenheid
Kroon
NOK
Tydsone
Somertyd
MET (
UTC
+01
MEST (
UTC
+02
Internet-TLD
.no
Skakelkode
+47
Noorweë
Bokmål
Norge
luister
hulp
inligting
Nynorsk
Noreg
luister
hulp
inligting
Noord-Samies
Norga
Lule-Samies
Vuodna
Suid-Samies
Nöörje
), amptelik die
Koninkryk Noorweë
(Bokmål:
Kongeriket Norge
; Nynorsk:
Kongeriket Noreg
; Noord-Samies:
Norgga gonagasriika
; Lule-Samies:
Vuona gånågisrijkka
; Suid-Samies:
Nöörjen gånkarïjhke
), is 'n
Noord-Europese
land. Dit is in die weste van die
Skandinawiese Skiereiland
geleë en strek oor 'n afstand van meer as 1
600 kilometer van die Noordkaap na Lindesnes in die suide. Dit grens in die Arktiese noorde aan die
Russiese Federasie
en
Finland
, en vanaf
Lapland
in die noorde tot by die
Skagerrak
in die suide aan
Swede
'n Satellietbeeld van die vastelandse Noorweë in die winter van 2003
By sy wydste punt strek die land oor 'n afstand van sowat 430 kilometer in wes-oostelike rigting, terwyl die Arktiese hawestad
Narvik
slegs agt kilometer van die Sweedse grens af lê. Sowat 'n derde van die land lê binne die Noordpoolsirkel, maar trek in klimatiese opsig voordeel uit die warm
Golfstroom
se matigende effek: Die seehawens van die Arktiese kuslyn soos
Hammerfest
en Kirkenes bly in die meeste winters ysvry.
Noorweë is die sesde grootste land in Europa, maar ook een van sy ylbevolkstes met slegs 14 inwoners per vierkante kilometer. Die bevolking is oneweredig oor die land versprei, met groot konsentrasies in die kusgebiede van Suid- en Wes-Noorweë. Die hoofstad van Noorweë is
Oslo
. Ander belangrike stede is
Bergen
Trondheim
en
Stavanger
. Hierdie vier stedelike sentra behels sowat 'n kwart van die Noorse bevolking, terwyl groot dele van die sentrale berggebiede en die noordelike landsdele ongerep en byna onbewoon is.
Noorweë is 'n
grondwetlike monargie
. Die huidige koning is
Harald V
en die eerste minister is
Jonas Gahr Støre
. Noorweë was 'n selfstandige koninkryk van die 9de eeu tot 1397, waarna dit in die
Unie van Kalmar
opgeneem is saam met
Denemarke
en Swede. Toe Swede in 1521 die Unie verlaat het, het Noorweë 'n provinsie van Denemarke geword. Dit het onder Deense gesag gebly tot dit in 1814 in Sweedse hande oorgegaan het. Noorweë het daarmee 'n eie grondwet en meer selfbestuur gekry. In 1905 het Noorweë weer 'n onafhanklike staat met koning
Haakon VII
as staatshoof geword.
In teenstelling met sy buurlande Swede en Finland het Noorweë nie by die
Europese Unie
aangesluit nie, maar is nogtans 'n lidstaat van die
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
(NAVO). Die samewerking met ander
Skandinawiese
lande in die
Nordiese Raad
is veral op sosiale welvaart en opvoeding gemik.
Noorweë se geskiedenis en tradisionele bedrywe weerspieël sy verbintenis met die see. Sowat 1
000 jaar gelede het
Wiking
-seevaarders uit Noorweë die noordelike oseane verken en nedersettings langs die kuslyne van Brittanje,
Ysland
Groenland
en selfs
Noord-Amerika
gestig. Vissery, skeepsbou en skeepvaart het sindsdien 'n belangrike ekonomiese rol gespeel, en die land beskik nog steeds oor 'n groot handelsvloot.
Volgens die
Menslike Ontwikkelingsindeks
(MOI), wat jaarliks deur die
Verenigde Nasies
se Ontwikkelingsprogram uitgegee word, behoort Noorweë tot die lande met die hoogste lewenskwaliteit.
10
Etimologie
wysig
wysig bron
Eerste stel van Ohthere se Oudengelse rekening, wat vertaal as: "Ohthere het aan sy heer koning Ælfrede gesê dat hy noord van alle Noorweërs woon"
Noorweë se Noordkaap is die mees noordelike punt van Europa
'n
Yslandse
kaart van
Noord-Europa
uit die jaar 1599
Na die seeroete vanaf Karmøy en verder noordwaarts is vroeër verwys as
Norðrvegr
of "Roete na die Noorde". Hierdie benaming, wat oorspronklik deur Gote en
Dene
gebruik is, het net soos
Vestrvegr
Austrvegr
of
Suðrvegr
geleidelik tot 'n geografiese naam vir die gebied ontwikkel wat ook in tale soos
Engels
Duits
en
Frans
gebruik is om na die Wes-Skandinawiese land te verwys.
Op 'n later tydstip is die skeepsroete se naam gebruik om na die land te verwys wat aan die oostelike kant geleë was. Dit is nie presies bekend wanneer
Østlandet
gebruik is om na die land langs die
Norðrvegr
te verwys nie, aangesien hierdie gebied in die 12de eeu meestal aan die Deense konings belastingpligtig was.
In Ottar se verslag vir die Engelse koning
Alfred
, wat omtrent 880 geskryf is, word die terme
Norðweg
en
Norðmannaland
gebruik.
11
12
13
Die rune-inskrifte op een van die Deense Jelling-stene, wat omstreeks 980 ontstaan het, gebruik die akkusatief
Nuruiak
wat van die nominatief
Norvegh
afgelei is.
Middeleeuse
Yslandse handskrifte verwys na die land as
Noreg(h)r
of
Norveg(h)r
In die 14de eeu is die naam saamgetrek tot die nominatief-vorms
Noreg(h)e
Norig(h)e
en
Norg(h)e
. Ná hierdie eeu het nominatiewe soos
Norie
en
Nories
ontstaan waarby die
as 'n j-klank uitgespreek is (soos in die huidige Sweedse benaming vir Noorweë). Vanaf 1450 kom die variant
Noreg(h)
nog skaars voor, terwyl
Norg(h)e
ál meer gebruiklik raak, as 'n gevolg van die nasionale gemeenskap
Denemarke-Noorweë
en dus die invloed van die
Deense
taal.
Ivar Aasen het die dialektiese vorm
Norig
gebruik toe hy in die 19de eeu die Noorse skryftaalvariant
Landsmål
geskep het. In 1917 het die variante
Norig
en
Noreg
gelyke status in Landsmål gekry, maar met die spellingshervorming van 1938 het
Noreg
die eenheidsvorm in
Nynorsk
geword. In
Bokmål
en Riksmål was
Norge
steeds die enigste woordvorm.
Geografie
wysig
wysig bron
Geologie
wysig
wysig bron
Die hoogste vertikale rotswand in Europa, Trollveggen en Trollryggen oor die rivier Rauma in die vallei van Romsdalen
Die landmassa van Noorweë is in geologiese opsig baie oud – die bergreekse van die land is reeds meer as 400 miljoen miljoen jaar gelede, teen die einde van die geologiese Siluur- en die begin van die Devoon-tydperk, aan die westelike kant van die Baltiese Skild gevorm. Hierdie bergvorming of orogonese het deel uitgemaak van die Kaledoniese bergvorming wat na die Latynse naam vir sy uitgangspunt
Skotland
Caledonia
) vernoem is.
14
Die
Skandinawiese bergreeks
loop oor 'n afstand van byna 1
700 kilometer deur die land, en tussen Kaap Lindesnes teen die 57ste noordelike breedtegraad in die suide tot by die Noordkaap teen die 71ste
breedtegraad
in die noorde is die grootste deel van hierdie bergreeks op Noorse gebied geleë – waaronder die hoogste bergspitse in Noord-Europa: Galdhøppigen (2
469 meter bo
seevlak
) en Glittertind (2
465 meter) in die Jotunheimenreeks en Snøhetta (2
286 meter) in die Dovrefjell.
Sowat die helfte van Noorweë se oppervlakte is gebiede met 'n hoogte van meer as 500 meter bo seevlak, en sowat 'n kwart van die land is selfs teen 'n hoogte van meer as 1
000 meter geleë.
Landskapsvorme
wysig
wysig bron
Die berglandskap van die Nasionale Jotunheimenpark
Hierdie satellietfoto van Suid-Noorweë met vals kleure (
sneeu
word in rooi vertoon) verduidelik die topografiese struktuur van die land. Die
Sogne-
en Hardangerfjord is duidelik sigbaar aan die linkerkant van die beeld
Noorweë is 'n ruwe, bergagtige land, en sy klimaat en topografie, wat die lewe in baie gebiede steeds moeilik gemaak en eeue lank ook die oorsaak van honger en armoede was. Dit bemoeilik nog steeds kommunikasie en vervoer. Die landskap van Noorweë word deur golwende plato's, die sogenaamde
vidda
, met 'n gemiddelde hoogte van 300 tot 900 meter bo seevlak oorheers, alhoewel sommige bergspitse tot hoogtes van tussen 1
500 en 2
500 meter rys, veral in die gebied tussen Oslo, Bergen en Trondheim. Die pieke in Noord-Noorweë bereik daarenteen net hoogtes van minder as 2
000 meter.
Die hoogste berggebiede, soos byvoorbeeld die
Jotunheimen
bo-oor die
Sognefjord
, is met permanente ysvelde bedek. Die Noorse bergreekse het gedurende die laaste 400 miljoen jaar in drie verskillende periodes van bergvoming ontstaan en bevat gesteentes uit die vroegste geologiese tydperke. Tydens die bergvorming is ook vulkaniese materiaal by die gesteentes gevoeg wat veral uit groot hoeveelhede graniet en gneiss bestaan. Hierdie gesteentes bevat Noorweë se mineraalrykdomme.
Daar is min lae vlaktes in die land, alhoewel in die ooste diep riviervalleie in die
viddas
ingesny het. Die riviere vloei na die laer geleë gebiede van Suidoos-Noorweë.
Gedurende die glasiale periodes van die
Ystydperk
was die hele gebied van Noorweë met die groot noordelike yskap bedek. Toe die ys sowat 10
000 jaar gelede afgesmelt het, het dit groot afsettings agtergelaat, die sogenaamde glasiale morenes waarvan die Raa-morenes in die omgewing van Oslo die bekendstes is.
Gebiede met sanderige of gruiserige grond is gewoonlik bebos, terwyl die Noorse landbou die beter grond in ander streke vir akkerbou of veeteelt gebruik.
Die kusgebiede en eilande
wysig
wysig bron
Selfs as die fjorde nie ingereken word nie, strek Noorweë se kuslyn oor 'n lengte van 2
650 kilometer – die fjorde se oewers vertiendubbel hierdie syfer sodat die Noorse kuslyn net so lank is as dié van
Australië
. Mits al sy eilande ingereken word, beloop die Noorse kuslyn selfs sowat 60
000 kilometer. As Noorweë om Oslo geroteer sou word, sou die Noordkaap (die noordelikste punt van die land) by
Rome
geleë wees.
Die kenmerkende kuslandskap het 'n sterk invloed op Noorweë se historiese ontwikkeling tot 'n seevaardersnasie uitgeoefen. Nou fjorde met steil rotswande aan weerskante, wat deur die glasiale yskap gevorm is, sny diep in die
viddas
van die Wes-Noorse kus in. Die Sognefjord is met 'n lengte van 203 kilometer en 'n wydte van minder as vyf kilometer die grootste van hierdie fjorde. Die smal strepies land langs die fjorde word vir landboudoeleindes gebruik, terwyl die hoër geleë berghange gedurende die somermaande as weivelde vir beeste en skape dien. Die plaaslike waters is belangrike visgronde.
Langs die Noorse kus lê honderde eilande. Die Lofoten-eilande noord van die Arktiese of Noordpoolsirkel is die grootste argipel van hierdie eilandwêreld wat die vastelandse kusgebiede teen die sterk branders van die Noorse See beskerm. Veer- en vissersbote trek sodoende voordeel uit veilige waterweë langs die kuslyn.
Die nabygeleë Arktiese
Svalbard
- en
Jan Mayen
-eilandgebiede val onder Noorweegse heerskappy en word sedert die 1920's as deel van die Noorweegse koninkryk beskou, terwyl die
Bouvet-eiland
in die Suid-Atlantiese Oseaan en die
Peter I-Eiland
in die Suidelike Stille Oseaan as Noorweegse besittings, wat nie deel is van die Noorweegse koninkryk is nie, gesien word. Noorweë maak verder ook aanspraak op
Dronning Maud Land
in
Antarktika
Die
steenkoolmyne
in Svalbard word deur Noorweë en Rusland gemeenskaplik ontgin. Die seegebied bevat daarnaas
ruolie
- en
gasvelde
, terwyl Jan Mayen ook as 'n belangrike basis vir die uitsaai van radioprogramme en weerkundige doeleindes gebruik word.
Die klein eilandjies langs die Suid-Noorse kus word
skere
genoem. Hulle is die hoogste spitse van 'n kusplato wat tydens die koueperiodes van die Ystydperk deur die beweging van ysmassa's sy huidige gestalte gekry het en in die latere warmer periodes deur seewater oorstroom is. Slegs die hoogste spitse rys tans tot by sestig meter bo die seevlak. Net 'n klein gedeelte (sowat 2
000) van die altesaam 150
000 skere is bewoon.
Die fjorde
wysig
wysig bron
Geirangerfjord
-uitsigplatform
In die koue periode van die Pleistoseen, wat tussen twee en drie miljoen jaar lank voortgeduur en eers sowat 10
000 jaar gelede geëindig het, het Noorweë onder 'n dik yslaag gelê. As gevolg van die swaartekrag het die gletsers se magtige ysmassa's stadig van die bergreekse na die see beweeg. Die bestaande V-vormige kerfdale was natuurlike paaie vir die ys en is deur die geweldige gewig van die gletsers, asook grint en rolstene, wat hulle meegevoer het, tot benede die seevlak tot U-vormige trogdale uitgegrawe.
Vanweë die verskillende vloeisnelhede van die gletsers en hardheidsgrade van die gesteentes het elkeen van die valleie sy eie spesifieke karakter ontwikkel. By die vorming van die Sognefjord is 10
000 kubieke meter se gesteente geërodeer.
15
Tydens die daaropvolgende warme periode het die yslaag grotendeels afgesmelt, en vanweë die groot watermassa's wat nou na die see begin stroom het, het die seevlak aansienlik gestyg en die trogdale begin oorstroom. Die vasteland, wat tydens die koue periode onder die gewig van die yslaag geswig het, het sedertdien begin rys. In sommige dele van Noorweë rys die land nog steeds sowat een sentimeter per jaar, terwyl die opheffing van die vasteland in die binneste gedeeltes van die fjorde tot enkele millimeter per jaar beperk bly.
Die fjordbeddings lê gewoonlik dieper as die bodem van die see waarin hulle uitmond – die Sognefjord se bedding lê byvoorbeeld tot by 1
308 meter benede seevlak. Die fjorde en die oop see word meestal deur 'n rotsskuinste, wat net 100 meter benede seevlak lê, van mekaar geskei. Die watertoeloop vanuit die see veroorsaak 'n hoë soutgehalte van die fjordwater wat egter na gelang van die afstand tot by die oop see steeds laer word. Hierdie verskynsel word onder meer deur die groot hoeveelhede soetwater veroorsaak wat na die fjord vloei sodra die sneeu in die lente begin smelt.
Die fjell-landskappe van Suid- en Sentraal-Noorweë
wysig
wysig bron
Suid- en Sentraal-Noorweë word deur uitgestrekte fjell-landskappe oorheers. Die Noorse term
fjell
verwys na 'n berg, rots of berglandskap, maar dui ook die verskillende hoogteliggings aan: Die algemene fjell is teen 'n hoogte van tussen 400 en 600 meter geleë, die platofjell tussen 700 en 1
500 meter, en die hoogfjell rys tot by sowat 2
500 meter. Die bekendste fjellgebiede en gewilde bestemmings vir voetslaners en bergklimmers is Sognefjell en Dovrefjell.
Klimaat
wysig
wysig bron
Herfskleure in September. Tennfjorden, eiland Hinnø (provinsie
Nordland
Klimaatsones in Noorweë volgens die
Köppen-klimaatklassifikasie
Ondanks sy noordelike ligging word Noorweë as gevolg van die passaatwinde, wat vanuit die Amerikaanse vasteland oor die
Atlantiese Oseaan
waai, en die warm stromings wat noord van die ewenaar in rigting van die Noorse See vloei, deur 'n gematigde klimaat gekenmerk. Hier lei die hoek van die Noorse kuslyn en die oop baan in rigting van die
Arktiese Oseaan
gematigde lug- en watermassa's na die noordelike breedtegrade.
Noorweë se klimaat en weerpatrone is baie wisselvallig, veral in die noordelike randgebiede van die gematigde klimaatsone. Die laagste temperatuur, wat ooit aangeteken is, was –51
°C in Karasjok (Noord-Noorweë). Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is tussen sowat 8
°C aan die weskus en benede vriespunt in die berggebiede – in die valleie van Oos-Noorweë daal die kwik dikwels tot –20
°C. Januarie en Februarie is die koudste maande van die jaar, terwyl die hoogste temperature in die binneland in Julie aangeteken word. In die kus- en berggebiede word die warmste temperature van die jaar soms ietwat later aangeteken.
Vanweë sy geografiese en topografiese kenmerke verskil Noorweë se klimaat duidelik van dié in ander Skandinawiese lande. Die hoë bergreekse wat die Noorse vasteland in twee helftes verdeel, beskerm groot dele van die Oos-Noorse binneland teen neerslae en skep ondanks die nabyheid van die see eerder kontinentale klimaattoestande. In sommige streke oos van die bergreekse word gemiddelde jaarlikse neerslae van minder as 300 millimeter aangeteken, terwyl die jaarlikse reënvalle langs die Noorse weskus tot by 3
000 millimeter kan beloop.
16
Die belangrikste streke kry jaarliks reënvalle van tussen 500 en 1
000 millimeter, en Julie en Augustus is die natste maande van die jaar. In die Noorse binneland word sowat 100 reëndae per jaar aangeteken, terwyl hierdie syfer langs die kus tot by 200 dae kan styg. Windsterktes en -rigtings varieer weens die snel bewegende fronte en lae- en hoëdrukgebiede sterk. Langs die kus en in die bergstreke word dikwels baie sterk winde aangeteken.
Geskiedenis
wysig
wysig bron
Die Ystydperke
wysig
wysig bron
Die
vergletsering
van die
Noordelike Halfrond
gedurende die laaste
Ystydperk
. Die magtige ysskilde het die seevlak met sowat 120 meter laat daal
Prehistoriese rotstekeninge wat
rendiere
uitbeeld (Alta-museum, Noord-Noorweë)
As gevolg van 'n globale afkoeling was die gemiddelde jaarlikse temperature in die gebied van die huidige Noorweë enkele honderdduisend jaar vroeër sowat 8
°C laer as vandag, en gedurende hierdie langdurige
Ystydperke
het magtige gletsers begin vorm. Navorsers neem aan dat die gletsers sowat 300
000 jaar gelede hul maksimale uitbeiding bereik het, en destyds was Skandinawië onder 'n yslaag met 'n dikte van tot by 3
000 meter begrawe.
17
Slegs op enkele plekke het die hoogste pieke bo die see van ys en sneeu verrys, en die geweldige yslaag het die Skandinawiese vasteland met sy groot gewig benede die seevlak begin druk wat destyds sowat 120 meter laer as vandag was. Die Noordsee was gedurende die Ystydperke 'n toendra sonder bome, en sy uitgestrekte gebied, wat deur groot riviere deurstroom is, het veral uit sanderige heidevelde en groot moerasgebiede bestaan.
Vroeë geskiedenis
wysig
wysig bron
Toe die groot ysdekke van die laaste glasiale Ystydperk op die Skandinawiese vasteland sowat 15
000 jaar geleidelik begin smelt het, het die eerste mense na die gebied getrek, vermoedelik vanuit Denemarke en Swede of vanuit die
Kola-skiereiland
. Die swaar ysmassa's het die Noorse landskap ingrypend verander, en die seevlak langs die Noorse kuslyn was aanvanklik nog sowat 200 meter hoër geleë as vandag. Met die afsmelting van die yslaag het die seevlak begin styg, net soos die Skandinawiese landmassa.
Die voorvaders van die huidige Noorse bevolking was sowat 10
000 jaar gelede nog oorwegend jagters, en rendiervleis was hul
stapelvoedsel
. Argeoloë het die oudste sporevan 'n menslike nedersetting op 'n heuwel in die suidoostelike gewes Østfolds opgegrawe. Die heuwel was destyds waarskynlik nog 'n eiland voor die kus en net suid van die gletsertong af geleë.
18
Daar is min bekend oor die oorsprong van die eerste Nore en hul roetes op pad na Noorweë, behalwe vir die feit dat hulle deur Østfold getrek het. Voorwerpe wat in die plaaslike vroeë nedersettings gevind is, lyk op dié wat in Suid-Swede en Denemarke opgegrawe is. Moontlik het mense op hul pad na Suidwes-Noorweë nog 'n ander roete deur die gebied wat vandag as die Noorsee-vasteland bekend staan gevolg.
Die vroeë jagters het hulle in klein groepe in die land gevestig, en die belangrikste argeologiese spore van hul vroeë beskawing is steenwerktuie, kleipotte en rotsgravure en -tekeninge. Die laasgenoemdes is orals in Noorweë ontdek en beeld gewoonlik hul prooidiere uit – rendiere, elande, herte, bere en visse, alhoewel daar ook beelde van mense of bote geteken of ingegraveer is.
Die gebied rondom die Oslofjord was die eerste waar mense in die tydperk tussen 4
000 en 3
000 v.C. begin het om na landbou oor te skakel. Argeologiese vondse, wat uit die Bronstydperk (1
500 tot 500 v.C. dateer), getuig dan ook van 'n vroeë agrariese beskawing wat veral in die suide van die land uitgebrei het. In plaas van stene, bene en hout is werktuie nou meestal van brons vervaardig, akkers is met perde en ploeë bewerk, en skaapwol het huide as die belangrikste materiaal vir die klerevervaardiging vervang. Die bewoners van Noord-Noorweë was in hierdie periode nog steeds jagters wat hulle in groter nedersettings in die gewes Finnmark in dier uiterste noorde gevestig het.
Brons- en glasvoorwepe asook wapens wat in die periode van die
Romeinse Ryk
(0–400 n.C.) vir begrafnisrituele gebruik is, verwys na die destydse handelsbetrekkinge met die beskawings van Suid-Europa. Die destydse bewoners van Noorweë het danksy die suidelike invloede ook hul eerste rune-alfabet ontwikkel.
Argeologiese vondse dui daarop dat ook Noorweë deur die onstuimige tydperk van die Europese Volksverhuisings (400 tot 550) geraak is. Boereplase in kleiner gebiede toon dat die land destyds al relatief digbevolk en die kusgebiede onbebos was. Die plaaslike stamme het hulle met versterkings teen potensiële aanvallers beskerm: oorblyfsel van hierdie soort bouwerke is oor 'n afstand van 50 kilometer aan die oosoewer van die grootste meer in die land, die Mjøsa, gevind.
Die Wiking-tydperk
wysig
wysig bron
Die Oseberg-skip in die Wikingskipmuseum van Bygdøy (
Oslo
Vanweë die gebrek aan skriftelike oorlewerings moet die geskiedenis van die
Wiking-tydperk
aan die hand van argeologiese vondse en die Nordiese saga's bestudeer word. Alhoewel die saga's eers later neergeskryf is, baseer hulle op mondelinge oorlewerings wat van een generasie na die volgende toe oorgedra is.
Baie deskundiges beskou die aanval op en die plundering van die
klooster
Lindisfarne voor die kus van Noordoos-Engeland in die jaar 793 as die begin van die Wiking-tydperk. As gevolg van hulle rooftogte word die Wikings in sekere dele van Wes- en Suidwes-Europa nog steeds as wrede barbare beskryf wat nedersettings verwoes en hul bewoners dikwels in
slawerny
verkoop het. Alhoewel dit een aspek van die rol is wat die Wikings in die vroeë Middeleeuse geskiedenis gespeel het, het hulle steeds ook as vreedsame handelaars en setlaars opgetree. Noorse Wikings het nedersettings op die
Orkney
-,
Shetland
- en
Hebride
-eilande gestig, asook op die eiland
Man
gestig en hulle daarnaas op die
Noord-Skotse
vasteland en in
Ierland
gevestig. Die huidige Ierse hoofstad
Dublin
is in 840 deur Wikings gestig en het tot 1171 onder Nordiese heerskappy gestaan.
Ysland en Groenland was onbewoonde gebiede waar Noorse Wikings hulle as boere en seevaarders gevestig het. Die huidige Ysland en sy bewoners gaan regstreeks terug op die Noorse kolonisasie, terwyl die Oud-Nordiese nedersettings enkele eeue later om onbekende redes uitgesterf het.
Die Wikings het by hulle ekspedisies gebruik gemaak van snel en hoogs maneuvreerbare skepe. Die vroeë Skandinawiërs was ervare seevaarders wat met hul langbote selfs die kusgebiede van Noord-Amerika bereik het. Volgens die Nordiese saga's het
Leif Erikson
in 1001 in Vinland – die destydse benaming vir 'n gebied wat êrens in Noord-Amerika geleë was – voet aan wal gesit. Huidige navorsers neem selfs aan dat ander Wikings nog voor Erikson in Amerika geland het.
Die Wiking-tydperk het sy hoogtepunt (en ook sy einde) in 1066 bereik toe die Noorse koning Harald Hardradi en sy leër tydens hulle mislukte poging om Engeland te verower in die Slag van Stamford-brug verslaan is.
Die vereniging van Noorweë
wysig
wysig bron
Plekke van die Germaanse stamme in Noorweë volgens deur Jordanes
Die Wes-Skandinawiese gebiede wat later Noorweë sou vorm was tot in die 9de eeu nog nie verenig nie, alhoewel daar reeds vroeg pogings onderneem is om hulle in 'n gemeeskaplik ryk saam te smelt. Die meeste van hierdie gemeenskappe was in vergaderings of
tings
georganiseer wat deel uitgemaak van 'n sentrale
alting
, of hulle is as klein koninkryke geregeer.
Veral die boeregemeenskappe in die kusgebiede, wat steeds deur roofbendes en Wikings op hulle pad huis toe bedreig is het na 'n vreedsame bestaan verlang. Die kusgemeenskappe was danksy hul roofgoed en handelsware baie welvarend, en die plaaslike heersers het klein, maar gevestigde ryke geregeer wat deur middel van voordelige huwelike tot 'n groep magtige klein state ontwikkel het.
Die plaaslike heersers van Viken – 'n gebied aan die oewers van die Oslofjord – het 'n sentrale rol by hierdie politieke proses gespeel en hul magsgebied steeds verder uitgebrei. Ná 'n slag in die Hafrsfjordgebied naby Stavanger – wat vermoedelik in 872 plaasgevind het – het Harald Mooihaar (Harald Hårfagre) sy posisie as heerser oor 'n uitgebreide ryk gevestig.
19
Ná dekades se bloedige botsings is Noorweë omstreeks 1060 verenig.
Die Middeleeue
wysig
wysig bron
Die sarkofaag van die Deens-Noorse koningin
Margrethe I
, een van die magtigste vroue in die Middeleeuse geskiedenis, in die katedraal van
Roskilde
Denemarke
Die jaar 1130 markeer die begin van 'n periode wat deur politieke konflikte en 'n burgeroorlog gemarkeer is wat tot 1227 voortgeduur het. Dit is egter ook die begin van die Hoë Middeleeue, 'n tydperk van bevolkingsgroei, konsolidasie in die kerk en die ontwikkeling van die eerste stedelike sentra. Hoe meer nedersettings onder die gesag van die Noorse kroon en kerk gekom het, hoe meer het die openbare administrasie uitgebrei en sy gesag oor die land gevestig en sodoende die skepping van die monargiese eenheidsstaat voltooi.
In die 12de en 13de eeu het sowel die kerk asook die feodale leenhere die oppergesag van die Noorse koningshuis erken, en die tradisionele wêreldlike adel is deur sogenaamde dienende aristokrate vervang. Die boere se status het van grondbesitters na leenmanne verander wat nogtans in teenstelling met die meeste ander lande in Europa lewenslange grondhuur en dus persoonlike vryheid behels het.
20
Die slawerny, wat uit die Wiking-tydperk oorgeërf is, het eweneens gedurende die Hoë Middeleeue verdwyn.
Die tradisionele politieke sentrum van die land in Suidwes-Noorweë is deur die nuwe politieke swaartepunt aan die Oslofjord vervang, en onder die heerskappy van koning Håkon in die 13de eeu het Oslo die Noorse hoofstad geword. Oslo was aanvanklik net 'n onbeduidende nedersetting, en toe die Swart Dood omstreeks 1350 in Noorweë aan wal gekom het, het die dorp 'n bevolking van slegs sowat 2
000 mense gehad – in teenstelling met Bergen se 7
000 en Trondheim se 3
000 inwoners.
21
Die staatsinkomste was gedurende die Hoë Middeleeue gevolglik nog beskeie in vergelyking met dié van ander Europese lande en was net voldoende om die uitbreiding van die administrasie te finansieer. Na beramings het die helfte of selfs twee derdes van die Noorse bevolking aan die Swart Dood beswyk, en die Noorse kroon en adel was gedwing om op hulle inkomste uit landgoedere en feodale besittings sowel binne as buite van Noorweë te steun. Hulle het sodoende ook 'n bydrae tot die politieke unie van die Nordiese lande gelewer.
Noorweë en Swede het in die periode tussen 1319 en 1343 'n gemeenskaplike monargie gevorm en die aanleiding tot 'n politieke instelling gegee wat later deur voordelige huwelike in Skandinawië voortgesit is. Koning Håkon VI (1340–1380) – die seun van die Sweedse heerser Magnus Eiriksson en sy eggenote Ingebjørg, dogter van Håkon V – was die regmatige erfgenaam van die Noorse troon. Hy het met Margrete, die dogter van die Deense koning Valdemar Atterdag, getrou, en hul seun
Olav
is ná die afsterwe van Valdemar in 1375 as Deense koning verkies. In 1380 het Olav ook die Noorse koningstitel van sy vader geërf sodat Noorweë en Denemarke tot 1814 in 'n politieke unie verenig was.
Die kerstening van Noorweë
wysig
wysig bron
Olaf Haraldsson
Die kerstening van Noorweë was eers ná 'n periode van tot by 200 jaar voltooi. Die Wiking-rooftogte en handelsbande met die res van Europa het die plaaslike bevolking vir die eerste keer in aanraking met die nuwe godsdiens gebring, en sendelinge uit Engeland, Duitsland en Denemarke het 'n groot bydrae gelewer tot die uitbreiding van die Christendom gelewer. Die tradisionele Nordiese religie en godhede het veral danksy die invloed van die koninklike sendelinge Håkon die Goeie, Olaf Trygvasson en Olaf Haraldsson (Olaf die Heilige) minder gewild geraak. Met die marteldood van Olaf Haraldsson in die slag van Stiklestad in 1030 het hy 'n heilige geword, terwyl die kerk uiteindelik 'n oorwinning oor sy heidense teenstanders behaal het.
Vanaf die middel van die 11de eeu getuig die Noorse lied- en boukuns van die Christendom se vestiging. Kort voor die jaar 1100 is die eerste diosese gestig, waaronder dié van Nidaros (later Trondheim) wat sedert 1152 as setel van die aartsbiskop gedien het. Die laasgenoemde het steeds ook 'n belangrike rol in Noorweë se politieke lewe gespeel.
Die Reformasie het in 1537 ingevolge 'n koninklike dekreet plaasgevind. Noorweë was in hierdie periode 'n Deense besitting sodat die Reformasie met die toepassing van die Deens-Noorse ritus in die plaaslike kerk deurgevoer kon word. Die Evangelies-Lutherse geloof was sedert die vroeë 17de eeu die staatsgeloof van Noorweë.
Die unie met Denemarke
wysig
wysig bron
Die Koninkryk Denemarke-Noorweë tot 1814
Die Universiteit van Oslo
Die Laat Middeleeue was 'n tydperk van ekonomiese agteruitgang in Noorweë, onder meer as gevolg van pes- en ander epidemieë gedurende die
14de eeu
wat tot 'n groot bevolkingsverlies gelei het. Talle plase in die randgebiede van die land was verlate, terwyl die inkomste orals in die land gedaal het. Historici het verskeie teorieë oor die oorsake van die krisis ontwikkel, wat 'n nadelige
klimaatsverandering
, die invloed van die
Hanseverbond
op die Noorse ekonomie en uitputting van landbougrond insluit.
Die ekonomiese depressie het ook politieke gevolge ingehou. Denemarke het sy magsposisie uitgebou en tot die beduidendste Nordiese land ontwikkel. Deense en Duitse adellikes het die belangrikste ampte in Noorweë se administrasie beklee, terwyl landgoedere en biskoplike besittings deur buitelanders oorgeneem is. Die Noorse adel se posisie het aansienlik verswak, net soos die land die se vermoë tot selfbestuur.
In die periode tussen 1319 en 1343 was daar reeds 'n personele unie met Swede, en huwelike is as 'n middel gebruik om nouer politieke bande tussen Noorweë, Swede en Denemarke te smee. Håkon VI (1340–1380), die seun van die Sweedse koning Magnus Eriksson en sy eggenote Ingebjorg, 'n dogter van Håkon V, was die regmatige Noorse troonopvolger wat met Margarethe, die dogter van Waldemar IV Atterdag van Denemarke, getrou het. Hul seun Olav is in 1375 tot Deense koning verkies, en toe hy ná die afsterwe van sy vader in 1380 ook die Noorse troon geërf het, is Noorweë en Denemarke in 'n politieke unie verenig wat tot 'n lang tydperk vn Deense heerskappy oor Noorweë sou lei. Die Noorse digter Henrik Ibsen het hierdie periode in die Noorse geskiedenis, wat deur die Noorse volk later as 'n Deense oorheersing en uitbuiting ervaar is, as "400 jaar se nag" beskryf wat oor Noorweë aangebreek het.
22
Die politieke unie met Denemarke is vanaf 1450 deur 'n formele ooreenkoms gereël. Oorspronklik het die twee lande ooreengekom dat die Noorse Ryksraad invloed op die Deense koningsverkiesing sou hê, maar in die praktyk is hierdie bepaling verontagsaam, net soos die grondwetlike gelykberegtiging van die twee koninkryke.
In 1536 het Noorweë sy status as onafhanklike koninkryk verloor toe die Deense koning Christiaan III tydens 'n nasionale vergadering aan Deense adellikes belowe het dat Noorweë voortaan aan die gesag van die Deense kroon ondergeskik sou wees net soos enige ander Deense afhanklikheid. Die Noorse Ryksraad is ontbind, en die Noorse Kerk het sy selfbestuur kwytgeraak. Deense edelmanne was gemagtig om 'n loopbaan as wettelike amptenare in Noorweë te volg en hul inkomste uit dié land te ontvang. As 'n Deense vasallestaat is Noorweë vanaf 1572 deur 'n Deense stadhouer in Kristiania bestuur. Alhoewel die land in politieke, godsdienstige en kulturele opsig aan Denemarke ondergeskik was, is die Noorse regstelsel, wat in 1274 uit die verskillende gewestelike regsisteme saamgestel is, net soos die inheemse geregshowe, nie aangetas nie.
Daarnaas het ook Noorweë se samelewing en ekonomie grotendeels selfstandig ontwikkel, waarby hierdie proses dikwels regstreeks deur die Deense kroon bevorder is. Die juk van oorheersing deur die Hanseverbond is in die 16de eeu afgeskud sodat die land sy eie handelsbande met oorsese lande soos Engeland en Nederland kon smee. Vissery, houtuitvoere, skeepsbou, silwer-, koper- en ystertertsmynbou het as basis vir hierdie betrekkinge gedien.
Kenmerkend vir Noorweë was die swak posisie waarin die plaaslike adel – in teenstelling met Denemarke – verkeer het. Die aantal adellikes was net soos hul invloed uiters beperk sodat vrye boere vanaf die 18de eeu in staat was om landerye, wat voorheen in besit van die kroon, die adel of die kerk was, aan te koop en as vrye grondeienaars kon optree.
Die politieke unie met Denemarke het van Noorweë 'n gedwonge bondgenoot in die Deense oorloë teen Swede en die Baltiese seemagte gemaak. Die Deense koning moes Noorse gebiede aan Swede afstaan – soos byvoorbeeld Jämtland en Herjedalen (Noors:
Jemtland og Herjedalen
) in 1645, Bohuslän (Noors:
Båhuslen
) en Trondheim in 1658. Die laasgenoemde is egter al twee jaar later aan Noorweë teruggegee.
'n Algemene vergadering van die Deense State het in 1660 Fredrik III tot erfgenaam van die Deense troon verklaar en aan hom die opdrag gegee om 'n nuwe grondwet vir die koninkryk af te kondig. Die Koninkryk Denemarke-Noorweë het sodoende tot 'n
absolute monargie
ontwikkel waarin die politieke gesag in Noorweë deur Deense amptenare uitgeoefen is. Noorweë het nogtans voordeel uit hierdie ontwikkeling getrek – sommige Deense amptenare was immers vertroud met die situasie in Noorweë, en hulle standpunte ten opsigte van Noorse aangeleenthede is dikwels gerespekteer.
In die absolutistiese stelsel is Denemarke en Noorweë as 'n ekonomiese eenheid beskou. Denemarke het in 1737 die monopolie op graanverkope in Suidoos-Noorweë verkry. 'n Soortgelyke monopolie is op die handel met Noorse yster in Denemarke ingevoer. Danksy die voorregte wat in 1662 aan stedelike nedersettings gegee is was die houthandel beperk tot stadsburgers wat geregtig was om hout van boere en besitters van saagmeule aan te koop. Met hierdie doelbewuste maatreël het die owerhede die ontstaan van 'n welvarende stedelike middelklas bevorder.
Die nuwe burgery het egter vanaf die 18de eeu ook 'n nasionale bewussyn ontwikkel. Naas hul groter welvaart was ook die Deense voorneme om van Kopenhagen die ekonomiese sentrum van Denemarke-Noorweë te maak 'n belangrike dryfkrag agter die groeiende selfbewussyn. Noorse handelaars was immers nie in staat om met die magtige handelshuise van Kopenhagen mee te ding nie.
Die meeste invoere na Noorweë is in die laat 18de eeu deur Kopenhagen gehanteer. Die houthandelaars van Suidoos-Noorweë het daarop aangedring dat 'n Noorse staatsbank gestig moes word, terwyl hoë amptenare hulle ten gunste van 'n Noorse universiteit uitgespreek het. Die Deense regering het egter geweier om aandag aan hierdie eise te skenk aangesien hulle as 'n moontlike stap in die rigting van Noorse selfregering en dis as 'n bedreiging vir die politieke unie beskou is. Die plan om 'n nasionale Noorse bank en universiteit te stig het sodoende vinnig 'n simbool vir die groeiende nasionale bewussyn van Noorweë geword.
Gedurende die Napoleontiese Oorloë tussen 1807 en 1814 het die Noorse onafhanklikheidsstrewe nog versterk. As 'n bondgenoot van Frankryk is Denemarke-Noorweë se ekonomie deur 'n blokkade getref wat die land van die Europese mark afgesny het. Die vervoerstelsel en houthandel is ontwrig, en die embargo het uiteindelik 'n hongersnood in Noorweë veroorsaak. Dit was vir Kopenhagen nou nie meer moontlik om Noorweë regstreeks te bestuur nie, en 'n regeringskommisie van hoë amptenare het nou hierdie funksie waargeneem. Koning Fredrik VI het die stigting van 'n nasionale universiteit goedgekeur wat in 1811 geopen is.
Die skeiding van Denemarke
wysig
wysig bron
Die Grondwetlike Vergadering (
Eidsvollsforsamlingen
) in 1814. Skildery deur Oscar Wergeland
In die Slag van Leipzig in 1814 het Swede en ander Europese magte
Napoleon Bonaparte
'n verpletterende nederlaag toegedien. Swede, wat vooraf reeds Finland aan die Russiese Ryk moes afstaan, was nou van plan om Noorweë as 'n soort bufferstaat langs sy westelike grens te annekseer.
Die geallieerdes het diplomatieke en militêre druk op Kopenhagen uitgeoefen, en in
Januarie
1814 het die Deense koning Fredrik VI gekapituleer en sy politieke bande met Frankryk verbreek. Toe hy Noorweë aan Swede afgestaan het, het die unie van Denemarke en Noorweë ná 434 jaar tot 'n einde gekom.
In die ooreenkoms met Denemarke het die geallieerde magte Noorweë se reg op selfregering en sy status as 'n onafhanklike nasie bevestig. Alhoewel die land nou in 'n politieke unie met Swede verenig is, het die Sweedse koning Carl XIII in 'n proklamasie Noorweë se outonomie erken: Die land het die reg gekry om sy eie grondwet af te kondig, sy eie nasionale vergadering en regering te hê en om self belastings te hef.
Die unie met Swede was in Noorweë aanvanklik minder gewild. Die destydse goewerneur van Noorweë, prins Christiaan Frederik ('n neef van die Deense koning) het 'n opstand georganiseer om die vereniging met Swede te verhinder en moontlik om die ou unie tussen Denemarke en Noorweë te herstel.
23
Danksy die inisiatief van prins Christiaan Frederik is 'n nasionale vergadering byeengeroep om 'n nuwe grondwet daar te stel. Die afgevaardigdes, wat in
Eidsvoll
, sowat 70 kilometer noord van Oslo vergader het, het onder die invloed van die gedagtes van die
Amerikaanse
en
Franse Rewolusie
gestaan, en met die afkondiging van die nuwe Noorse grondwet op 17 Mei 1814 en die vekiesing Christiaan Frederik as Noorse koning het hulle ook die soewereiniteit van die Noorse volk as 'n politieke doelwit beskou.
Die geallieerdes was egter nie bereid om enige afwyking van die oorspronklike ooreenkoms te aanvaar nie. Die Swede het begin om diplomatieke druk uit te oefen en uiteindelik 'n militêre veldtog na Noorweë geloods. Na hul oorwinning het die Swede in Augustus in Moss, 'n stad suid van Oslo, 'n ooreenkoms gesluit waarin hulle die Noorse grondwet erken het. Verwysings na die unie met Swede is by die oorspronklike teks van die grondwet gevoeg. Koning Christiaan Frederik het op 10 Oktober 1814 afstand gedoen van sy magsbevoegdheid en die land verlaat.
Die unie met Swede (1814–1905)
wysig
wysig bron
Ja, vi elsker dette landet – Ja, ons is lief vir hierdie land
: 'n Patriotiese poskaart wat ter geleentheid van die referendum oor Noorweë se onafhanklikheid gedruk is
Die jare ná 1814 was 'n tydperk van ekonomiese depressie in Noorweë aangesien die gemeenskaplike mark met Denemarke nou nie meer bestaan het nie, terwyl belangrike houtmarkte soos dié van die Verenigde Koninkryk nie toeganklik was vir Noorse uitvoerders nie.
Eers die 1830's was weer gekenmerk deur 'n ekonomiese opswaai en 'n liberalisering van die buitelandse handel, asook tegniese modernisering: Die eerste spoorlyn is in 1854 tussen Oslo en Eidsvoll gebou, telegrafiese dienste het kommunikasie vergemaklik, en ook die landboousektor is deur nuwe metodes gemoderniseer.
Die nywerheidsomwenteling het in 1840 met die oprigting van die eerste tekstielfabrieke begin, terwyl ook die moderne ingenieurswese al hoe belangriker geword het. Die vinnige groei van Noorweë se handelsvloot gedurende die 19de eeu – dit was destyds die derde grootste ter wêreld ná dié van die Verenigde Koninkryk en die VSA – het by die maritieme tradisies van die land aangeknoop. Eers omstreeks 1900 het die omskakeling na stoomskepe groot strukturele veranderings saamgebring – stoomskepe was vyf keer duurder as 'n seilskip, en net groot rederye kon hulle bekostig. Dit was nou duidelik dat die land sy eie nywerhede moes ontwikkel om tred te kan hou met die tegniese vooruitgang.
Die ekonomiese ontwikkeling het net soos in ander Europese lande gepaardgegaan met sosiale vraagstukke, en die opkoms van 'n Noorse werkersklas het die bevolking se politieke selfbewussyn versterk. Boere en liberaalgesindes het hulle in 1884 in die radikale Liberale Party verenig, terwyl hulle politieke teenstanders enkele maande later die Konserwatiewe Party van Norweë gestig het.
Die sosiale omwentelinge van die industrialersing was 'n oorheersende onderwerp in die 19de eeuse Noorse letterkunde. Dalende houtpryse het talle groot boere laat verarm, koopmans bankrot gemaak en 'n groot aantal plattelandse werkers van hul inkomste ontneem. Tipiese literêre verwerkings van die sosiale moeilikhede en ellende is
Bjørnstjerne Bjørnson
se drama "'n Bankrotskap" (1875) waarin hy skerp kritiek op die meedoënlose winsbejag van sy landgenote uitspreek, en Knut Hamsun se roman "Honger" (1890).
Vanweë die ellende in hul tuisland is talle Nore gedwing om 'n nuwe heenkome in oorsese lande te vind. In die tydperk tussen 1865 en 1914 het meer as 670
000 Nore na Noord-Amerika geëmigreer. Tans het sowat 2,6 miljoen Amerikaners Noorse voorvaders.
24
Voor 1910, toe vir die eerste keer gerieflike moderne stoomskepe tussen Oslo en New York gevaar het, het emigranteskepe vir hul haglike en onmenslike toestande gedurende die seereis bekend gestaan – die vervoer van emigrante was 'n winsgewende bedryf, en reders het gewoonlik nie omgegee nie. Passasiers was self verantwoordelik vir hul proviand wat meestal net uit plat brood en klein vaatjies suurmelk bestaan het. Die mans was daarnaas verplig om die waterpompe aan boord aan die gang te hou. Die skrywer
Henrik Ibsen
se dramatiese werk "Steunpilare van die maatskappy" (1877) lewer felle kritiek teen die wegestelde Noorse koopmans wat by hierdie bedryf betrokke was.
Noorweë het geleidelik ook begin om meer selfbewus teen die Sweedse monargie op te tree en meer regte vir die Noorse parlement beding. In die 1880's het vir die eerste keer 'n Liberale politikus, Johan Sverdrup, die amp van premier beklee. 'n Geskil oor afsonderlike Noorse konsulate in die buiteland het uiteindelik tot 'n politieke krisis gelei. Op 7 Junie 1905 het die Noorse parlement die personele unie tussen die twee monargieë herroep. Swede het op 'n referendum aangedring, en in Augustus 1905 het 368
392 Nore vir en slegs 184 teen 'n onafhanklike Noorse staat gestem.
25
Noorweë en Swede het in Karlstad onderhandelinge oor die vreedsame einde van hul politieke unie gevoer en 'n gemeenskaplike ooreenkoms in hierdie verband onderteken.
Die tydperk tussen 1905 en 1939
wysig
wysig bron
Koning
Haakon VII
(1905–1952)
In 'n tweede referendum het die Noorse bevolking ten gunste van 'n monargiese regeringsvorm gestem, en die
Storting
het op 18 November 1905 die Deense prins Carl tot koning van Noorweë verkies. Prins Carl was getroud met prinses Maud, 'n dogter van die Britse koning Edward VII, en het die naam Haakon VII aangeneem.
Die ekonomiese groei het in die jare ná 1905 tot jaarliks sowat vier persent versnel, en Noorweë het die tweede fase van sy nywerheidsomwenteling betree. Hierdie fase was gekenmerk deur die opwekking van goedkoop waterkrag en grootskaalse buitelandse beleggings, die opbou van 'n elektrochemiese en elektrometalurgiese bedryf, die stigting van groot maatskappye soos
Norsk Hydro
en nuwe nywerheidsentra. Die ekonomiese opswaai het tot by die
Eerste Wêreldoorlog
voortgeduur.
Ook Noorweë se arbeidersbeweging het in die periode ná 1905 sy aanvang geneem. Die eerste vakbond is in 1872 en die Noorse Arbeidersparty in 1887 gestig. In 1912 het die party reeds 26 persent van die uitgebragte stemme op hom verenig en was met 23 afgevaardigdes die tweede grootste party in die parlement ná die Liberale. Die algemene stemreg vir mans is in 1898 en dié vir vroue in 1913 ingevoer.
Die sosiale strukture is aanvanklik minder sterk deur die industrialisering geraak. Die land- en bosboubedryf het in 1910 nog steeds 42 persent van alle ekonomies aktiewe Nore in diens gehad, en hierdie syfer het ook tot 1920 nog 37 persent beloop.
26
Op politieke gebied het die land geleidelik begin om diplomatieke betrekkinge met ander state aan te knoop, en sy buitelandse beleid het die neutraliteit van Noorweë beklemtoon. Die land het ondanks sy vriendskaplike bande met die Verenigde Koninkryk nie aan die Eerste Wêreldoorlog deelgeneem nie, tog het die Noorse handelsvloot as gevolg van duikbootaanvalle talle skepe en meer as 2
000 seemans verloor.
Sowjet-Rusland het tydelik 'n beduidende invloed op radikale elemente in die Arbeidersparty uitgeoefen en sodoende die stigting van arbeiders- en soldaterade bevorder, tog het ver-linkse sosialiste uiteindelik geen noemenswaardige rol in Noorweë se politieke lewe meer gespeel nie.
In finansiële opsig het die land voordeel uit die oorlog getrek, en Noorweë was in staat om belangrike maatskappye, wat deur buitelanders beheer is, terug te koop, waaronder Borregaard en die steenkoolvelde van Spitzbergen (Svalbard). As gevolg van vredesooreenkomste het Noorweë in 1920 ook sy soewereiniteit oor Svalbard teruggekry. In dieselfde jaar het die land by die Volkebond aangesluit.
Die Liberale het in die verkiesing van die jaar 1918 hul meerderheid in die parlement verloor, en tot 1945 was geen party meer in staat om 'n meerderheid van die setels te verower nie. Alhoewel die Arbeidersparty in 1928 vir die eerste keer 'n regering kon vorm, is hierdie kabinet ná slegs 19 dae weer deur 'n burgerlike meerderheid tot 'n val gebring.
Die nadelige gevolge van die Groot Depressie is ná 1929 nog versterk deur die regering se monetêre beleid. Veral die handels- en vervoerbedryf het onder die krisis gebuk gegaan. Die Noorse kroon se wisselkoers het duidelik verswak, en daar was 'n knellende tekort aan buitelandse valuta. Werkloosheidsyfers het tot by die begin van die Tweede Wêreldoorlog hoog gebly, terwyl lone en salarisse ingekort is. Vanaf 1932 het die ekonomie egter weer begin groei.
Die oorlogsgevaar in die laat 1930's het ook die binnelandse beleid oorskadu. Liberale en Sosialiste het skepties teenoor 'n verhoging van die militêre begroting gestaan, en toe die Sosialistiese regering in die laat dertigerjare uiteindelik begin het om meer geld aan die Noorse weermag te bestee was dit al te laat om die land se militêre slaankrag nog aansienlik te verhoog. Noorweë het met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog opnuut sy neutraliteit verklaar.
Die Tweede Wêreldoorlog
wysig
wysig bron
Voedsel het tydens die
Tweede Wêreldoorlog
ook in Noorweë skaars geword: Klante staan in 'n lang tou by 'n Oslose koswinkel
Die land kon sy neutraliteit ná die uitbreek van die
Tweede Wêreldoorlog
slegs enkele maande lank handhaaf. Op 9 April 1940 het Duitse troepe die land aangeval. Ondanks die militêre steun van die Verenigde Koninkryk en Frankryk was Noorweë ná twee maande se hewige gevegte gedwing om te kapituleer. Die geallieerde troepe het die land ontruim, en ook die koninklike gesin, die Noorse regering en senior amptenare het in ballingskap gegaan. Die regering het sy funksies vanuit die Verenigde Koninkryk vervul.
Die Noorse handelsvloot met meer as 1
000 skepe – die vierde grootste ter wêreld en selfs die grootste ten opsigte van tenkskepe is aan die geallieerde magte beskikbaar gestel, en die Noorse weermag is in die Verenigde Koninkryk geherorganiseer om aan die geallieerde kant teen die Spilmoondhede te veg.
27
Noorse troepe was by die seegevegte in die Atlantiese Oseaan, die gevegte ná die geallieerde landing in Frankryk in 1944 en by die lugstryd bo Engeland en die vasteland betrokke. Teen die einde van die oorlog het die Nore ook die toestemming van die Sweedse regering gekry om in die oostelike buurland militêre eenhede vir die stryd teen die Duitse besetters op te bou.
Ook die burgerlike weerstand teen die besetters het steeds gegroei, terwyl ook geheime militêre eenhede in die ondergrond saamgestel is. Die kommuniste het in Noorweë se versetbeweging (
Hjemmefront
, "Tuisfront"), wat met die Noorse regering in ballingskap nou saamgewerk het, geen noemenswaardige rol gespeel nie. Die
Hjemmefront
onder leiding van Paal Berg, die voormalige president van die Noorse Hooggeregshof, is ook deur die Evangelies-Lutherse biskop Berggrav ondersteun en het in 1943, toe die Duitse besetters met die gedwonge rekrutering van Noorse mannekrag begin en die Universiteit van Oslo gesluit het, die massavlug van burgers en studente na Swede georganiseer.
Nadat die Duitsers in 1943 ook begin het om Noorse offisiere, wat al uit die krygsgevangeskap vrygelaat was, weer te interneer en jong Nore in Mei 1944 deur die fascistiese Noorse
Nasjonal Samling
-regering onder leiding van Vidkun Quisling (1887–1945) vir diensplig opgeroep is, het 'n groot aantal burgers by die
Hjemmefront
se militêre vleuel
Milorg
aangesluit. Vanaf Oktober 1944 het Milorg die vervoer van Duitse Finland-troepe terug na die Duitse Ryk met sabotasie-aksies teen vervoerpaaie, skepe en brandstoftenks belemmer.
28
Alhoewel die gevolge van die militêre besetting minder dramaties as in baie ander lande was, het die Duitsers die Noorse ekonomie vir hul eie doeleindes uitgebuit en weerstand met teregstellings en ander geweldaksies beantwoord. Toe die Duitse Ryk in 1945 gekapituleer het, was daar nog sowat 400
000 Duitse soldate in Noorweë gestasioneer.
Vanaf 8 Mei 1945 het troepe van die Noorse weerstandsbeweging begin om Duitse posisies in te neem. Ook geallieerde Britse en Sweedse en Noorse weermagtroepe het geleidelik in Noorweë aangekom. Koning Haakon het op 7 Junie aan boord van 'n Britse vlootskip die hawe van Oslo aangedoen.
Noorse oorlewendes het uit die Duitse
konsentrasiekampe
na hul tuisland teruggekeer, net soos 92
000 landsburgers wat in ballingskap was. Naas die Duitse besetters was ook 141
000 buitelanders, waarvan 84
000 Russiese oorlogsgevangenes, in Noorweë.
29
10
262 Noorse burgers het hul lewens as gevolg van oorlogshandelinge of in gevangeskap verloor.
Ná die oorlog het die kinders van Noorse vroue en Duitse soldate die tragiese slagoffers van genadelose diskriminasie geword. Die tussen 12
000 en 20
000 nakomelinge van Duitse Weermagsoldate en Noorse moeders het eers in 2005 volgens 'n parlementsbesluit 'n finansiële genoegdoening van 20
000 Noorse kroon (27
400 ZAR) ontvang.
30
Die tydperk ná 1945
wysig
wysig bron
Die moderne stadshorison van Oslo
Die verkiesing van 1945 is deur die Arbeidersparty gewen, en daar was nasionale konsensus dat die heropbou van die land as die belangrikste politieke doelwit binne 'n tydperk van vyf jaar bereik moes word. Die regering het hom hierby veral op die swaar nywerhede gekonsentreer, en die ekonomiese groei het uiteindelik die meeste verwagtings nog oortref. Die land het ook voordeel getrek uit die Amerikaanse Marshall-plan vir Europese samewerking en in die jare tussen 1948 en 1951 ekonomiese bystand ter waarde van 2,5 miljard NOK ontvang.
31
Ten opsigte van sy buitelandse beleid het Noorweë daarna gestrewe om sy neutraliteit te handhaaf en om nie by potensiële konflikte tussen die twee
groot moondhede
Verenigde State en Sowjetunie betrokke te raak nie. Veral die Verenigde Nasies onder leiding van hul eerste sekretaris-generaal, die
Noorweër
Trygve Lie, is as 'n geskikte internasionale instelling beskou om hom vir sleutelkwessies soos wêreldvrede en -veiligheid te beywer.
Met die toenemende politieke spanninge tussen die Westerse lande en die Oosblok het Noorweë sy buitelandse beleid hersien. Die Kommunistiese magsoorname in
Tsjeggo-Slowakye
in 1948 en die Sowjet-voorstel om 'n militêre ooreenkoms met Noorweë te sluit het vurige reaksies uitgelok. Aanvanklik is daar pogings onderneem om 'n ooreenkoms oor die stigting van 'n Nordiese Verdedigingsalliansie te bereik, maar in 1949 het Noorweë saam met Denemarke en Ysland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (
NAVO
) aangesluit.
Die binnelandse beleid het veral op die uitbou van die welvaartstelsel en die skepping van 'n egalitêre samelewing gekonsentreer. Die ontdekking en ontginning van ruolie- en gasvelde in die Noordsee sedert die laat 1960's en later ook in die Noorse en
Barentssee
het van Noorweë 'n beduidende uitvoerder van fossielbrandstowwe gemaak. Die inkomste van die olie- en gasbedryf het 'n gunstige klimaat vir ekonomiese groei geskep. Die referendum van 28 November 1994, waartydens 'n meerderheid van Noorse kiesers hulle teen die land se toetreding tot die
Europese Unie
uitgespreek het, het dan ook geen nadelige gevolge vir die Noorse ekonomie ingehou soos deur die destydse regering oorspronklik voorspel is nie.
Met die toetrede van Finland en Swede tot die NAVO in onderskeidelik 2023 en 2024 is al die Skandinawiese lande vir die eerste keer sedert die ontbinding van die
Kalmarunie
in 1523 weer lede van een (en dieselfde) militêre alliansie.
32
33
Ekonomie
wysig
wysig bron
Mineraalhulpbronne en nywerhede
wysig
wysig bron
Noorse bruto nasionale produk, 1865–2003
Die hawe van Kirkenes
Ruolie en aardgas. wat uit die seebed ontgin word, is tans die belangrikste mineraalhulpbronne, maar Noorweë is ook ryk aan ertse.
Yster
- en loodertse kom in die noorde voor, koper in Sentraal- en titaanerts in Suid-Noorweë. Alhoewel daar geen
steenkool
in die vastelandse gebiede voorkom nie, is kleiner steenkoolvelde op die eilande van die
Svalbard
- of
Spitsbergen
-argipel in die Arktiese See ontdek. Die tekort aan steenkool word egter deur waterkrag gekompenseer wat sedert die vroeë 20ste eeu ontgin word.
Die lae energiekoste het die ontwikkeling van houtpulp-, papier-, chemiese en metaalverwerkende nywerhede bevorder. Baie nywerheidsaanlegte het langs die oewers van afgeleë fjorde ontstaan waar
hidroëlektriese
krag en diepseehawegeriewe vir die invoer van grondstowwe en die uitvoer van verwerkte goedere en metale beskikbaar is.
Die Noorse metaalbedryf het sedert die Tweede Wêreldoorlog veral in die noorde begin ontwikkel. Ná sy eerste verwerking word Noorse ystererts vanuit Kirkenes na 'n smeltery in Mo i Rana verskeep, terwyl steenkool vanuit Svalbard na die smeltery vervoer word. Die ysvrye Noorse seehawe Narvik is al in 1903 met die Sweedse spoorwegstelsel verbind sodat Sweedse ystererts ook tydens die Skandinawiese winter na sy bestemmings in Sentraal-Europa verskeep kan word.
Die vinnige industrialisering ná 1945 en ontginning van ruolie en aardgas in die laat 20ste eeu het van Noorweë, wat voor die oorlog veral op tradisionele bedrywe soos
vissery
, landbou en skeepvaart gesteun het, 'n welvarende nywerheidsland gemaak.
Ekonomiese struktuur
wysig
wysig bron
Die olieplatform Statfjord A in 1982
Noorweë se olie-ontginning
Die eksklusiewe ekonomiese sone van Noorweë en sy oorsese gebiede
Die Noorse ekonomie verskil sterk van dié van ander Europese lande. Die land was tot by die 1970's nog een van die armer Wes-Europese state wat in ekonomiese opsig veral op skeepsbou en skeepvaart, vissery, land- en bosbou gesteun. Met die ontginning van die ruolie- en aardgasvelde in die Noordsee het Noorweë skielik die sewende grootste ruolieprodusent ter wêreld en die derde belangrikste uitvoerder ná
Saoedi-Arabië
en die
Russiese Federasie
geword. Net soos in ander nywerheidslande lewer die dienstesektor sowat 39 persent van die bruto geografiese produk op.
34
Terwyl die Noorse ekonomie geen stadium van hoë industrialisering deurloop het soos ander moderne ekonomieë nie beskik Noorweë net soos ander gevorderde nywerheidslande oor 'n hoogs ontwikkelde dienstesektor wat grotendeels op uitvoergoedere soos ruolie, aardgas, vis en hout steun.
Die inkomste uit ruolie-uitvoere vloei sedert 1990 in 'n sogenaamde oliefonds wat die kapitaal in die buiteland belê en sodoende verseker dat ook latere generasies voordeel uit die land se huidige natuurlike hulpbronne kan trek. Die oliefonds is op 1 Januarie 2006 amptelik hernoem tot Staatspensioenfonds. Die fonds het in Januarie 2011 oor buitelandse aandele ter waarde van 3
126 miljard Noorse krone (398,2 miljard € of 3
822 miljard ZAR) beskik.
35
Vandag geniet die Noorse bevolking 'n baie hoë lewensstandaard met lae werkloosheidsyfers, hoë oorskotte op die lopende rekening en begroting en een van die hoogste bruto geografiese produkte ter wêreld wat in 2006 461
000 Noorse krone (580
000 ZAR soos op 31 Desember 2007) per capita beloop het.
36
Volgens die jaarlikse ondersoeke van die Londense navorsingsinstelling
Economist Intelligence Unit
wat die prysvlak van goedere en dienste in belangrike metropole ranglys is Oslo sedert die jaar 2006 die duurste hoofstad ter wêreld.
37
Die belangrikste sektore
wysig
wysig bron
'n Vulstasie van die Noorse maatskappy
Statoil
in
Pole
Die Noorse toerismebedryf trek voordeel uit die land se natuurskoon: Die Nærøyfjord
Ruolie- en gasontginning is tans die sleutelbedrywe in die Noorse ekonomie wat in 2006 26 persent van die bruto geografiese produk (BGP) en – na gelang van olieprysskommelings – tussen 30 en 50 persent van die totale uitvoerwaarde verteenwoordig het. Nogtans bied die ontginningsbedrywe net 'n beperkte aantal werkgeleenthede (in 2004 was die gemiddelde volgens die Statistisk Sentralbyrå sowat 1,4 persent van die ekonomies aktiewe bevolking).
38
Die inkomste uit olie- en gasuitvoere het verseker dat daar teen die begin van die 21ste eeu steeds 'n begrotingsoorskot was. Vanweë die afhanklikheid van die wêreldmarkprys vir ruolie verskil Noorweë se konjunktuursikluus gewoonlik van dié van die
Europese Unie
en word deur 'n teengestelde beweging gekenmerk.
Skeepvaart speel al lank 'n beduidende rol in die Noorse ekonomie, en Noorweë beskik oor die vierde grootste handelsvloot ter wêreld. Saam met ander maritieme bedrywe verteenwoordig skeepvaart die tweede grootste sektor van die ekonomie wat in 2004 met byna 29,5 miljard NOK vir sewe persent van die BGP verantwoordelik was. Van die skepe met meer as 2
830 bruto-registerton, wat in 2005 in gebruik was, was 863 in Noorweë en 'n bykomende 670 Noorse skepe in die buiteland geregistreer.
39
Die visserybedryf behels die tradisionele seevissery en moderne visteelt. Terwyl die vangste van seevissers geleidelik afneem, behoort Noorweë se visteeltbedrywe tot die mees gesofistikeerdes ter wêreld. Visuitvoere beloop 5,2 persent van die totale uitvoerwaarde en mak van vis die derde belangrikste uitvoerproduk na fossiele brandstowwe en metale. Die belangrikste bestemmings is Denemarke, die Russiese Federasie, Frankryk en Japan.
40
Net soos in baie ander Europese lande speel die landbousektor 'n belangrike en dikwels emosionele rol in die bewussyn van die Noorse bevolking en die regering in Oslo. Noorse boere word deur middel van subsidies, wat onder die hoogstes ter wêreld gereken word, teen die uitwerkings van buitelandse mededinging beskerm. Die Noorse landbousektor het in 2006 nogtans slegs 0,5 van die BGP en 2,6 persent van alle werksgeleenthede verteenwoordig.
41
Die houtbedryf se totale omset het in 2005 39,5 miljard NOK beloop wat gelykstaan aan byna 7 persent van die totale nywerheidsomset. Die houtbedryf het tans sowat 6
000 werknemers in diens, en kommersiële bosgebiede beslaan 24 persent van Noorweë se oppervlakte.
42
Die energiebedryf is geliberaliseer en steun in teenstelling met die meeste ander nywerheidslande byna uitsluitlik op waterkrag. Die bou van nuwe waterkragsentrales bly net soos die oprigting van gaskragsentrales vanweë hul verreikende ekologiese gevolge omstrede.
Die algemene nywerheidsektor het dekades lank grotendeels uit kleiner nasionale ondernemings bestaan. Tans is baie nywerheidsektore afhanklik van die olie- en gasbedryf se konjunktuursiklus, waaronder byvoorbeeld Noorweë se skeepswerwe. Ander sektore het hulle op halfvervaardigde goedere en komponente vir die Europese mark toegespits, waaronder aluminiumkomponente vir die motorbedryf.
Die Noorse toerismesektor toon steeds sterk groei en verteenwoordig tans sowat 3,4 persent van die BGP en 6,4 persent van alle werkgeleenthede.
43
Politiek
wysig
wysig bron
Politieke bedeling
wysig
wysig bron
Die parlementsgebou (
Stortinget
) in Oslo
Noorweë is volgens die grondwet van 17 Mei 1814, wat reeds verskeie kere gewysig is, 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre demokratiese regeringstelsel. Die parlementêre stelsel is in 1884 ingevoer, en die koning beklee nog slegs 'n simboliese funksie as staatshoof ("Koning in die Staatsraad") en amptelike verteenwoordiger van die Noorse samelewing en ekonomie. Hy speel egter ook 'n belangrike integratiewe rol in nasionale krisistye. Koning Håkon VII het byvoorbeeld verset gebied teen die Duitse inval in 1940 en uit die land gevlug om vanuit
Londen
teen die besetters te werk.
Die koning benoem volgens die Noorse grondwet die regering (
Stadsrådet
), het 'n beperkte vetoreg te opsigte van parlementêre wetsbesluite en fungeer as opperbevelhebber van die Noorse weermag en as hoof van die Evangelies-Lutherse Staatskerk van Noorweë. As staatshoof word die koning deur die regering geadviseer wat uit die eerste minister (
Norges Statsminister
) en (tans) 19 ministers bestaan. Nege van die huidige ministers is vroue.
Die staatsgesag word in drie magte verdeel: Die Storting of nasionale parlement wat die wetgewende gesag uitoefen, die regering (uitvoerende gesag) en die geregshowe (regsprekende gesag). Die openbare administrasie word soms as die vierde politieke mag in die staat beskryf aangesien dit selfstandig kan optree en groot invloed op die politieke beleidstoepassing uitoefen. Die politieke gesag word sodoende ook in geografiese opsig verdeel in staats-, provinsiale en munisipaliteitsvlak.
Die bevolking is deur regstreekse verkiesings en die lidmaatskap in verenigings en ander organisasies betrokke, en volgens statistieke is die gemiddelde Noorse burger lid van vier verenigings, terwyl 70 persent van die volwasse bevolking lid van tenminste een vereniging is.
44
Hierdie verenigings kan danksy hulle formele en informele betrekkinge met die openbare administrasie politieke invloed op owerhede uitoefen. Die betrekkinge tussen belangegroepe, staande parlementêre komitees en staatsdepartemente lei daartoe dat die Noorse politiek op funksionele deelgebiede gemik is soos byvoorbeeld die nywerheidsbedryf, landbou of onderwys.
Die algemene stemreg vir mans is in 1898 en dié vir vroue in 1913 ingevoer. Die stempersentasie in verkiesings is gewoonlik hoog en beloop byna 80 persent. Burgers word op 18-jarige ouderdom mondig.
Storting
wysig
wysig bron
Stortingssalen
, die vergadersaal van die Noorse parlement
Die
Storting
of Noorse Nasionale Vergadering dien sedert die invoering van die parlementêre stelsel in 1884 as die hoogste vlak van politieke instellings. Die Storting word vir 'n termyn van vier jaar volgens 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging verkies. Die regering word in opdrag van die Noorse koning uit die geledere van die Storting verkies.
Die Storting bestaan uit 165 lede wat almal 'n politieke party verteenwoordig. Dit is 'n gemodifiseerde eenkamerparlement wat in twee kamers verdeel word sodra dit sy wetgewende funksie uitoefen – die Odelsting (3/4 van die lede) en die Lagting (1/4) wat oor proporsionele bevoegdhede beskik. Wetsontwerpe van die regering moet eers deur die Odelsting en daarna deur die Lagting goedgekeur word. Die Noorse grondwet kan slegs by wyse van 'n tweederdemeerderheid van parlementslede gewysig word.
Aangesien die Noorse parlement nie voor die einde van sy ampstermyn ontbind mag word nie, het die Noorse partye 'n tradisie van minderheidsregerings en parlementêre samewerking oor partygrense heen ontwikkel sodat regeringsbesluite dikwels met afwisselende politieke meerderhede geneem kan word. In die praktyk het die Storting se politieke invloed en magsbasis teenoor die regering as gevolg van hierdie konsensusbeleid steeds toegeneem.
Staatsorganisasie
wysig
wysig bron
Administratiewe kaart van Noorweë in 2017
Provinsies (fylke) in 2024
45
In administratiewe opsig is Noorweë in 15 provinsies (Noors:
fylke
45
en 357 munisipaliteite (
kommuner/-ar
) verdeel. Die munisipaliteite is selfregerende politieke liggame met eie bevoegdhede ten opsigte van onderwys, gesondheid en welsyn. Die provinsies fungeer sowel as instrumente van administratiewe desentralisasie met goewerneure (
fylkesmann
), wat deur die Noorse regering benoem word, asook as selfregerende geweste met bevoegdhede ten opsigte van sekondêre onderwys en ander sake.
Provinsies in 2024
Administratiewe setel
Oslo
Oslo
11
Rogaland
Stavanger
15
Møre og Romsdal
Molde
18
Nordland
Bodø
31
Østfold
Sarpsborg
32
Akershus
Oslo
33
Buskerud
Drammen
34
Innlandet
Hamar
39
Vestfold
Tønsberg
40
Telemark
Skien
42
Agder
Kristiansand
46
Vestland
Bergen
50
Trøndelag
Steinkjer
55
Troms
Tromsø
56
Finnmark
Vadsø
Munisipaliteite en
Fylke
beskik oor hul eie parlemente (munisipale en provinsiale verkiesings word twee jaar ná die verkiesing op nasionale vlak gehou) en naas staatssubsidies ook oor hul eie belastinginkomste.
Binnelandse beleid
wysig
wysig bron
Noorweë se oorsese gebiede
Die binnelandse beleid van Noorweë word hoofsaaklik deur vier primêre faktore oorheers:
46
Die uiteenlopende sosiokulturele kontekste van die verskillende landsdele – die suidooste met die grootste stedelike sentra en sy moderne nywerheid- en dienstesektor het steeds nou bande met ander Europese lande gehandhaaf, die Atlantiese gebiede van Suidwes- en Wes-Noorweë word nog sterk deur piëtistiese houdings beïnvloed, terwyl die yl bevolkte noorde, wat aan Rusland grens en waar talle mense 'n lewe maak uit die kommersiële visserybedryf, deur moeilike lewensomstandighede gekenmerk word.
Die oorheersende rol van die sogenaamde "distriksbeleid", wat daarop gemik is om vir afgeleë gebiede dieselfde lewensgehalte te skep as in die digbevolkte landsdele, ongeag die hoë koste wat hieraan verbonde is. Ook die Noorse verkiesingswette bevoordeel in sommige opsigte die yl bevolkte landsdele.
Die baie sterk nasionale bewussyn wat as gevolg van die relatief laat stigting van 'n nasionale staat, wat eers in 1905 tot stand gekom het, ontstaan het. Die politieke term "unie", wat eeue lank met die Deense en Sweedse oorheersing vereenselwig is, het nog steeds 'n negatiewe konnotasie.
Die gespanne verhouding tussen die Noorse model van 'n welvaartstaat en die egalitêre strukture van die samelewing aan die een kant en die uitwerkings en uitdagings van die
offshore
-ekonomie en globalisering aan die ander. Uitgebreide sosiale dienste vir elkeen het dekades lank die grondslag van die Noorse model van 'n welvaartstaat gevorm, waarvan die Sosiaal-Demokratiese en Sosialistiese partye die belangrikste voorstanders vorm. Globaliseringstendense, die ekonomiese opswaai sedert die 1970's en die vinnige verstedelikingsproses wat daarmee gepaard gaan het die waardestelsel van die Noorse samelewing nogtans ingrypend verander.
Huidige regering
wysig
wysig bron
Solberg se kabinet in 2018
Verkiesing van 2005
In die parlementêre verkiesing op 12 September 2005 het die linkse en groen partye 87 van die 169 setels in die Storting gewen. Die nuwe links-groen regering onder leiding van die Sosiaal-Demokratiese eerste minister
Jens Stoltenberg
is op 17 Oktober 2005 deur koning Harald V ingesweer. Die koalisieregering is saamgestel uit die Noorse Arbeidersparty (
Det Norske Arbeiderparti, DnA
), die Sosialistiese Linksparty (
Sosialistik Venstreparti, SVP
) en die Sentrumsparty (
Senterpartiet, SP
) en die eerste Noorse regering in meer as twintig jaar wat oor 'n meerderheid setels in die parlement beskik. Vroue beklee die helfte van die 18 ministersposte.
47
Die nuwe koalisie se beleid fokus op die inkomste uit die olieontginning, wat in 'n staatsfonds belê word, die ekonomie, die welvaartstelsel en omgewingsbewaring. Die oliefonds se bates het in laat 2005 1
312 miljard Noorse kroon beloop. Die eerste minister Stoltenberg het aangekondig dat 'n deel van die fonds se bates onder meer gebruik sal word vir die volhouding en uitbreiding van sosiale dienste, waaronder die arbeidsmark, die gesondheidstelsel, bejaardesorg en die onderwysstelsel.
Alhoewel die regeringskoalisie klem op omgewingsbewaring geplaas het, volg die Arbeidersparty ten opsigte van die energiesektor 'n sakevriendelike beleid. Nadat die gas- en olie-eksplorasie in die Barentssee as gevolg van omgewingstudies een jaar lank uitgestel is, het die regering se toestemming vir die voortsetting van eksplorasie-aktiwiteite gegee. Noorweë het sy aktiewe vredesbeleid bevestig, tog is die land se deelname aan die internasionale vredesmag in Afghanistan (ISTAF), waar 500 Noorse soldate en 20 offisiere gestasioneer was, verminder.
Verkiesing van 2009
Die links-groen regeringskoalisie het ook in die nasionale verkiesing van September 2009 die meerderheid stemme gekry en 'n meerderheid setels in die Storting verower. 86 setels het aan die regeringspartye gegaan, 83 setels aan die burgerlike opposisiepartye. Die
Arbeiderpartiet
het 35,4 persent van die uitgebragte stemme op hom verenig, terwyl die
Fremskrittspartiet
met 22,9 persent die beste stemuitslag in sy geskiedenis behaal het. Die stempersentasie was 76,4 persent.
Verkiesingsuitslae in 2001, 2005, 2009, 2013, 2017 en 2021
wysig
wysig bron
Jens Stoltenberg
het tussen 2005 en 2013 die amp van eerste minister van Noorweë beklee
Jonas Gahr Støre
is sedert 2021 die eerste minister van Noorweë
Partye
Stemme 2001 (%)
Stemme 2005 (%)
Stemme 2009 (%)
Stemme 2013 (%)
Stemme 2017 (%)
Stemme 2021 (%)
Setels 2001
Setels 2005
Setels 2009
Setels 2013
Setels 2017
Setels 2021
Noorse Arbeidersparty (Det Norske Arbeiderparti)
24,3
32,7
35,4
30,8
27,4
26,3
43
61
64
55
49
48
Progressiewe Party (Fremskrittspartiet)
14,6
22,1
22,9
16,3
15,2
11,6
26
38
41
29
27
21
Konserwatiewe Party (Høyre)
21,3
14,1
17,2
26,8
25,0
20,4
38
23
30
48
45
36
Sosialistiese Linksparty (Sosialistisk Venstrepartiet)
12,7
8,8
6,2
4,1
6,0
7,6
23
15
11
11
13
Christelike Volksparty (Kristelig Folkeparti)
12,4
6,8
6,2
5,6
4,2
3,8
22
11
11
10
Sentrumsparty (Senterpartiet)
5,6
6,5
6,2
5,5
10,3
13,5
10
11
11
10
19
28
Liberale Party (Venstre)
3,9
5,9
3,9
5,2
4,4
4,6
10
Kusparty (Kystpartiet)
1,7
0,8
0,2
0,1
0,1
0,1
Groen Party (Miljøpartiet De Grønne)
0,3
2,8
3,2
3,9
Rooi Party (Rødt)
1,3
1,1
2,4
4,7
Totaal
100
100
100
100
100
165
169
169
169
169
169
169
Godsdiensbeoefening
wysig
wysig bron
Die
Staafkerk van Borgund
, 'n tipiese Noorse staafkerk in
Borgund
Noorweë beskik oor 'n amptelike Protestantse Staatskerk wat op die Evangelies-Lutherse geloof baseer. Alhoewel daar geen formele skeiding tussen kerk en staat bestaan nie, het alle burgers volgens 'n grondwetlike klousule uit die jaar 1964 die reg om hul godsdiens of religie vry te beoefen. Sowat 90 persent van die Noorse bevolking is lede van die Noorse Staatskerk, alhoewel slegs sowat tien persent meer as een keer per maand aan kerkdienste of ander Christelike byeenkomste deelneem.
48
Sowat 5,9 persent van die Noorse bevolking is lede van ander religieuse gemeenskappe, terwyl 6,2 persent ongebonde is. Die grootste religieuse en eties-filosofiese organisasies buite die Noorse Staatskerk is die Humanistiese Beweging (63
000 lede), Islamitiese groeperings (60
000 aanhangers), die Pinksterbeweging (45
000), die
Rooms-Katolieke Kerk
(40
000), die Evangelies-Lutherse Vrykerk (20
000), die Metodistekerk (13
000) en 'n aantal kleiner onafhanklike gemeenskappe.
Die kerstening van Noorweë het omstreeks die jaar 1000 begin en het uit 'n kombinasie van handelsbetrekkinge met en Wiking-rooftogte in die Christelike Europa voortgespruit. Sendingaktiwiteite van die Angelsaksiese Kerk en sendelinge uit Duitsland en Denemarke het 'n goeie reputasie vir die Christelike geloof opgebou sodat dit die tradisionele godhede van die Oud-Nordiese mitologie en die natuurgodsdiens van die Sami-bevolkíng geleidelik verdring het.
Tot die Reformasie in 1537 was Noorweë 'n Rooms-Katolieke land. Wes- en Suid-Noorweë was reeds sedert die laat 18de eeu die kerngebiede van piëtistiese strominge. Rondtrekkende lekepredikante het met hul fanatiese toesprake aandag getrek, tog is hul leerstellings en praktyke deur die Staatskerk as sektaries beskou en onderdruk.
49
Baie van hul godsdienstiges gedagtes is nogtans later deur Christelike matigingsbewegings oorgeneem wat hulle onder meer vir 'n verbod op alkoholiese dranke beywer het.
Die verbod op lekepredikante is in 1842 opgehef en het die aanleiding tot die groei van 'n sterk lekebeweging in die geledere van die Staatskerk asook die stigting van enkele vrykerke gegee. Die Noorse kerke is gevolglik deur 'n konserwatiewe Christelike interpretasie en 'n sterk sendingsbeweging oorheers.
Demografie
wysig
wysig bron
Die bevolking van Noorweë
wysig
wysig bron
'n
Samiese
man met sy
rendier
in Noord-Noorweë
Die demografiese ontwikkeling in die periode tussen 1900 en 2000
Noorweë het tans 'n bevolking van sowat 5,3 miljoen. Net soos in ander Europese lande word die demografiese ontwikkeling in Noorweë tans deur 'n periode met lae geboortesyfers gekenmerk wat op 'n tydperk met 'n relatief hoë natuurlike bevolkingsaanwas gevolg het. Die natuurlike bevolkingstoename het in die jare kort ná die Tweede Wêreldoorlog nog 1 persent beloop, maar sedert die 1970's merkbaar afgeneem. Hierdie tendens is in die 1980's nog steeds ondervind, en eers sedert die jaar 1995 het die bevolkingsaanwas veral danksy immigrasie weer begin versnel.
Die geboortekoers van etniese Noorse vroue het sedert die laat 19de eeu vanweë die toepassing van gesinsbeplanning duidelik afgeplat. Die lae geboortesyfers van minder as een persent beteken dat Noorweë se bevolking sonder immigrasie sal afneem. Statistieke vir die jaar 2006 toon nogtans 'n hoër geboortesyfer, en met 'n gemiddelde van 1,9 kinders per vrou het Noorweë se fertiliteit die hoogste vlak sedert 1991 bereik. Die syfer is ná dié van
Albanië
Turkye
, Ysland, Frankryk en Ierland selfs die sesde hoogste in Europa.
50
In 1665 het Noorweë 'n bevolking van sowat 440
000 gehad.
51
Volgens die eerste volledige sensus in 1769 was daar destyds 700
000 inwoners. In 1822 het die bevolking die een-miljoenkerf oorskry, in 1890 die twee-, in 1942 die drie- en in 1975 die vier-miljoenkerf. Vroeër as orspronklik verwag het dit intussen ook by die vyf-miljoen-kerf verbygesteek.
Die sterftesyfer was in die verlede as gevolg van natuurrampe, oorloë en epidemieë onderhewig aan sterk skommelings, maar dit is danksy die ekonomiese en sosiale ontwikkeling van die land en verbeterde gesondheidsorg aansienlik verminder. Die gemiddelde lewensverwagting by geboorte is tans 78,7 jare en behoort tot die hoogstes ter wêreld.
52
Die bevolkingsdigtheid in Noorweë varieer tussen 118 mense per vierkante kilometer rondom die Oslofjord en 1,6 in Finnmark.
53
Sowat 'n derde van die Noorse bevolking is langs die suidkus en die Oslofjord saamgetrek. Die beduidendste stedelike gebiede is Oslo in die suide, Trondheim in Sentraal-Noorweë en Tromsø in die noorde. As gevolg van die ruolie-ontginning het 'n stedelike ontwikkelingsas in die suidweste ontstaan wat van Stavanger tot by Bergen strek. Hierdie dig bevolkte streek kontrasteer met Finnmark in die uiterste noorde en die hoër geleë berggebied wat albei deur 'n baie lae bevolkingsdigtheid gekenmerk word.
Die noorde is die tradisionele tuisland van sowat 12
000 Kwene (mense wat uit Finland na Noorweë geïmmigreer het) en 40
000 Sami waarvan sommige nog hul oorspronklike leefwyse as vissers en rendiertelers bewaar het.
Taal
wysig
wysig bron
Die taalvoorkeure van Noorse munisipaliteite:
Bokmål
Nynorsk
of
Nøytral
. Die laasgenoemde groep gebruik in die praktyk dikwels Bokmål.
Noors
, wat deur 95 persent van die bevolking gepraat word, het twee amptelike skryftale,
Bokmål
en
Nynorsk
, wat as oorkoepelende standaardtale dien, terwyl baie sprekers in die alledaagse lewe dialekte praat wat soms aansienlik van die twee standaard-skryftale kan verskil. Albei skryftale geniet erkenning as ampstale en word deur sowel die administrasie asook die media gebruik. Die oorgrote meerderheid van die bevolking (tussen 80 en 85 persent) gee die voorkeur aan Bokmål.
In die algemeen is die meeste Noorse dialekte onderling verstaanbaar, alhoewel sommige aansienlike pogings aan die kant van 'n luisteraar mag vereis om dit te verstaan. Verskeie
Oeraalse
Sami
-tale word oor die hele land gebesig en ook as skryftaal gebruik, veral in die noorde waar 'n groot deel van die Sami-bevolking gekonsentreer is. Sprekers van dié tale het 'n reg op moedertaalonderwys, ongeag hulle woonplek, en mag in hul eie taal met staatsinstellings kommunikeer.
'n Klein minderheid praat daarnaas Kweens, 'n Oeraals-Finse taal.
Migrasie
wysig
wysig bron
In die laat 19de en vroeë 20ste eeu het honderdduisende Nore na oorsese bestemmings, veral na die Verenigde State en Kanada, geëmigreer. Die emigrasiegolf het sy hoogtepunt in die 1860's bereik toe twee derdes van die natuurlike bevolkingsaanwas of tussen 10 en 15 persent van die totale bevolking die land verlaat het. Emigrasiesyfers was nog tot by die Eerste Wêreldoorlog en die
Groot Depressie
van die 1930's hoog.
Sedert die laat 1960's het 'n groot aantal immigrante hulle in Noorweë gevestig wat in die 1970's en die vroeë 1980's sowat 1 persent van die totale bevolking beloop het. As gevolg van die dalende geboortesyfers van die etniese Noorse bevolking verteenwoordig immigrasie tussen 35 en 40 persent van die totale bevolkingsaanwas in Noorweë.
54
Die immigrante het in die 1960's veral uit Suid-Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika gekom en hulle merendeels in Oslo en sy omgewing gevestig. In 1975 het die regering 'n verbod op immigrasie geplaas wat nog steeds bestaan. Hierdie verbod word nie op bepaalde groepe vlugtelinge en asielsoekers toegepas nie. Die immigrasie van hierdie groepe, wat veral uit Pakistan, Viëtnam, Iran en Turkye kom, word deur 'n kwotastelsel beheer. 'n Beperkte aantal van familielede van immigrante wat hulle reees in die land gevestig het mag eweneens Noorweë toe kom. Vanweë die tekort aan opgeleide mannekrag het Noorweë ook 'n gewilde bestemming vir immigrante uit ander Europese lande geword. Die sowat 120
000 buitelanders in Noorweë verteenwoordig minder as drie persent van die totale bevolking.
Kuns en kultuur
wysig
wysig bron
Die
Nationaltheatret
in Oslo is in 1899 geopen
Noorse
bunader
Alhoewel Noorweë nog 'n relatief jong nasie is en oor 'n tydperk van 400 jaar met Denemarke verenig was, pronk die land met 'n lang geskiedenis, veral as een van die beduidendste Europese seenasies, en selfstandige kulturele tradisies. Saam met musiek, literatuur en kuns speel ook die tradisionele Noorse kleredrag, die sogenaamde
bunader
, nog steeds 'n belangrike rol as 'n nasionale simbool en word by spesiale geleenthede soos huwelike, dope en op
Noorweë se nasionale dag
(17 Mei) gedra.
Die oorspronklike inheemse bevolking van Noorweë, die Sami, het hul eie kulturele erfenis bewaar.
Naas die ander Skandinawiese lande oefen vandag veral die Engelssprekende wêreld 'n groot invloed op Noorweë se kultuur en samelewing uit – Amerikaanse rolprente en televisiereekse oorheers byvoorbeeld die oudiovisuele media. Engels is die belangrikste vreemde taal in die land wat byna orals verstaan en gepraat word.
55
Die Noorse staat bevorder die plaaslike kuns- en kultuurbedryf ook in die yl bevolkte gebiede van die land. Noorse skrywers soos Jostein Gaardner en Erik Fosnes Hansen het net soos die toneelskrywer
Jon Fosse
internasionale bekendheid verwerf.
56
Edvard Grieg
is nog steeds die mees bekende klassieke komponis.
Argitektuur
wysig
wysig bron
Die Nidaros-katedraal in
Trondheim
Die staafkerk van Urnes
Damsgård hovedgård. Skildery deur J.F.L. Dreier (1810)
Die argitektoniese geskiedenis van Noorweë weerspieël die historiese ontwikkeling van die land, en eers met die relatief laat kerstening van Noorweë in die 11de eeu kan daar sprake wees van 'n selfstandige Noorse boukuns. Met die vereniging van die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike ryk sowat 1000 jaar gelede het Noorweë in nouer aanraking met die argitektoniese tradisies van ander Europese lande soos byvoorbeeld muurwerk gekom. Die eerste katedraal in die Gotiese styl, wat ooit in 'n Nordiese land opgerig is, die Nidaros-katedraal, het in Trondheim op die graf van die heilige Olav ontstaan. 'n Groot aantal ander kerkgeboue uit steen is orals in Noorweë in die Romaanse styl gebou. Veral die Engelse en Noord-Duitse boukuns het groot invloed op die plaaslike argitektuur van die Romaanse en Gotiese periode uitgeoefen.
Maar aangesien hout as 'n uiters geskikte boumateriaal steeds volop beskikbaar was, het die land al vroeg sy eie tradisie van houtboukuns ontwikkel. Vandag is van die mees interessante voorbeelde van eietydse Noorse argitektuur van hout gemaak en getuig van hierdie materiaal se aantreklikheid vir Noorse ontwerpers en boumeesters.
57
In die vroeë Middeleeue het baie kerkgemeentes in Noord-Europa hul kerke van hout gebou; hiervoor is gewoonlik houtpale in die grond versink. Hierdie tradisie is in Noorweë verder ontwikkel en het sy argitektoniese hoogtepunt vanaf die 12de eeu met die oprigting van staafkerke bereik waarvan 28 bewaar gebly het en nog steeds die belangrikste Noorse bydrae tot die wêreld se argitektuurgeskiedenis verteenwoordig. Die staafkerk van Urnes is selfs deur
UNESCO
as 'n argitektoniese
wêrelderfenis
gelys. Die vorm en versierings van staafkerke is aan die skeepsbou- en kunstradisie van die Wiking-tydperk ontleen, en veral die kerkportale is 'n opvallende mengsel van Wiking- en Christelike motiewe.
Die
lafting
-tegniek of gebruik van langhoute het in Noorweë tot 'n gesofistikeerde vlak ontwikkel. Noorse plase het byvoorbeeld oor 'n aantal houtgeboue van verskillende groottes beskik wat elkeen 'n spesifieke funksie vervul het, en daar was 'n groot aantal tipes en samestellings van geboue in die verskillende geweste van die land.
Naas die binnelandse boerderygemeenskappe het ook die vissersdorpies langs die Noorse kus hul eie kenmerkende houtboukuns ontwikkel wat gedurende die Middeleeue oor die hele kuslyn uitgebrei het. Noord-Duitse koopmans van die Hanseverbond het byvoorbeeld die aanleiding gegee tot die bou van 'n reeks nou houtgeboue langs die oewerlyn van Bergen se Bryggen-skeepswerf wat as hulle hoofkwartier gedien het.
Twee van die stede, wat tydens die 17de eeu deur die Deense koning in Noorweë gestig is, Kongsberg en Røros, het as gevolg van mynbouaktiwiteite ontstaan. Kongsberg pronk nog steeds met 'n kerkgebou in die destydse barokstyl, terwyl in Røros kenmerkende lang geboë houthuise ontstaan het. Net soos die Bryggen van Bergen is ook Røros se historiese stadskern deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Vanweë die politieke en ekonomiese oorheersing deur Denemarke is die ontwikkeling van 'n welvarende Noorse
bourgeoisie
belemmer, en belangrike stylrigtings van die Europese argitektuur het derhalwe dikwels eers baie laat begin om 'n invloed op die plaaslike boukuns uit te oefen wat dan ook dikwels beperk was. Nogtans is daar uitmuntende voorbeelde van historiese boustyle soos die Baronie Rosendal bo-oor die Kvinnheradfjord met sy barok-invloede en die statige landhuis Damsgård in Bergen wat volgens die Rokoko-styl as 'n houtgebou ontwerp is.
Met die skeiding van Denemarke in 1814 het Oslo (destyds Kristiania) se nuwe funksie as hoofstad van Noorweë die aanleiding tot die bou van 'n aantal representatiewe geboue gegee. Die argitek Christian H. Grosch het naas die oudste gedeelte van die Universiteit van Oslo, die Effektebeurs en die vroeëre Sentrale Bank van Noorweë talle ander geboue in Oslo asook sowat sewentig kerke dwarsoor die land ontwerp.
In die 20ste eeu het Noorse argitekte nasionale tradisies met eietydse argitektoniese stromings verbind. Toe die stad
Ålesund
in 1904 deur 'n brandramp verwoes is, het inheemse boumeesters hulle by die heropbou onder meer deur die
Art Nouveau
-boustyl laat inspireer. Die 1930's met hulle funksionalistiese tendense was 'n eerste groot bloeitydperk van die Noorse boukuns, alhoewel die plaaslike argitekte eers in die laaste dekades van die eeu internasionale bekendheid verwerf het.
Skilderkuns
wysig
wysig bron
Hans Fredrik Gude:
Brudeferden i Hardanger
("Bruidvaart in Hardanger", 1848)
Volksverhaal-illustrasie van die Kersman wat op 'n bok se rug ry.
Terwyl sowel Middeleeuse geskilderde antependia asook muur- en gewelfskilderye bewaar gebly het, word die vroeë 19de eeu as die beginpunt van die moderne Noorse
skilderkuns
beskou. Die eerste generasie van Noorse Romantici het hul inspirasie van buitelandse kunstenaars gekry – soos Johann Christian Clausen Dahl (1788–1857) wat in Duitsland gebly en daar onder die invloed van Caspar David Friedrich gestaan het. Thomas Fearnly (1802–1842) was een van die eerste inheemse landskapskilders. Die laat-Romantiese periode was deur 'n konsentrasie op die volkslewe, die Nordiese geskiedenis en mitologie gekenmerk.
Skilders van landskappe en persone soos Hans Gude (1825–1903), Johan Fredrik Eckersberg (1822–1870), Adolph Tidemand (1814–1876) en Christian Krogh (1852–1925) is onder meer deur die Düsseldorfse Akademie in Duitsland beïnvloed. Die Franse skilderkuns het veral met sy impressionistiese stromings inspirasie vir Noorse skilders soos Fritz Thaulow (1847–1906) en Gerhard Munthe (1849–1929) gelewer. Die impressionisme is opgevolg deur die
Art Nouveau
-kuns met
Edvard Munch
(1863–1944) as een van sy bekendste Noorse verteenwoordigers.
Die karikaturis Olaf Gulbransson (1873–1958) het die kenmerkende grafiese styl van die satiriese Duitse tydskrif
Simplicissimus
ontwikkel, tog het ander nie-figuratiewe kunsstromings in die eerste helfte van die 20ste eeu soos die kubisme of konstruktiwisme min aandag in Noorse kunstenaarskringe gekry. Eers in die 1950's het hulle hul invloed in die dikwels melancholiese Noorse landskapskilderkuns laat geld.
Sedert die 1970's het die beeldende kuns in Noorweë sy inspirasies ten opsigte van vorm en inhoud uit die veelvuldige internasionale kunsstromings gekry, alhoewel Noorse kunstenaars steeds weer op onderwerpe konsentreer wat die plaaslike natuur bied.
Sport
wysig
wysig bron
Die Noorse skiër
Marit Bjørgen
is met 15 medaljes die suksesvolste deelnemer aan
Olimpiese Winterspele
nog
Die Noorse skaakspeler
Magnus Carlsen
was van 2013 tot 2023 die wêreldkampioen
Sport vorm 'n belangrike deel in die Noorse kultuur, en gewilde sportsoorte sluit in
sokker
handbal
tweekamp
heg-en-steg-ski
skansspring
langbaanskaats
, en, in 'n minder mate,
yshokkie
Sokker is in Noorweë die gewildste sportsoort in terme van aktiewe deelname. Volgens 'n 2014–2015-opname was sokker ver agter tweekamp en heg-en-steg-ski wat die gewildheid onder toeskouers betref.
58
Yshokkie is die belangrikste binnesport.
59
Die Noorde nasionale vrouehandbalspan het verskeie titels ingepalm, waaronder twee Olimpiese goue medaljes (in
2008
en
2012
), drie wêreldbekertoernooie (in 1999, 2011 en 2015), asook ses Europese kampioenskappe (in 1998, 2004, 2006, 2008, 2010 en 2014).
In sokker het die nasionale vrouespan die wêreldbekertoernooi in 1995 en die Olimpiese Sokkertoernooi in 2000 gewen. Die vrouespan het ook twee
UEFA
Europese vrouekampioenskappe ingepalm (in 1987 en 1993). Die
Noorse nasionale manssokkerspan
het al drie keer aan die
FIFA
Sokker-Wêreldbekertoernooi
deelgeneem (in
1938
1994
en
1998
), en een keer aan die
UEFA Europa-beker
(in 2000). Die beste FIFA-rang wat Noorweë behaal het, is tweede, 'n plek wat hulle twee keer bereik het, in 1993 en in 1995.
60
In vrouesokker vaar Noorweë heelwat beter en hulle het die
Vrouesokkerwêreldbeker 1995
in Swede beklink.
Bekende Noorse spelers in die
Nasionale Voetballiga
sluit in
Halvor Hagen
Bill Irgens
Leif Olve Dolonen Larsen
Mike Mock
en
Jan Stenerud
61
Bandy
is 'n tradisionele sport in Noorweë en die land is een van die vier stigters van die
Vereniging van Internasionale Bandy
. In terme van gelisensieerde atlete is dit die tweede belangrikste wintersport in die wêreld.
62
Teen Januarie 2018 het die nasionale mansspane een silwer- en bronsmedalje elk verower, terwyl die nasionale vrouespan vyf bronsmedaljes tydens wêreldbekertoernooie ingepalm het.
Noorweë se eerste deelname was tydens die
Olimpiese Somerspele 1900
en sedertdien het die land atlete vir al die
Olimpiese Spele
gestuur, behalwe vir die min bemarkte
Olimpiese Somerspele 1904
en die
Olimpiese Somerspele 1980
in
Moskou
wat deur die
Weste
geboikot is. Noorweë voer die algehele medaljetabel by die
Olimpiese Winterspele
met 'n goeie voorsprong aan. Noorweë het al twee keer Olimpiese Spele gehuisves: Die
Olimpiese Winterspele 1952
in Oslo en die
Olimpiese Winterspele 1994
in
Lillehammer
. Dit het ook die Olimpiese Jeugwinterspele 2016 in Lillehammer aangebied en sodoende die eerste land geword wat beide die Winterspele en Jeugwinterspele gehuisves het.
Noorweë se nasionale vrouespan in
strandvlugbal
het aan die CEV Strandvlugbal Kontinentale Beker 2018–2020 deelgeneem.
63
Skaak
het sterk in gewildheid toegeneem in Noorweë. Die Noorse
Magnus Carlsen
was van 2013 tot 2023 die wêreldkampioen.
64
Letterkunde
wysig
wysig bron
'n Selfstandige Noorse letterkunde het eers met die nasionale onafhanklikheidsbeweging vanaf 1814 begin ontwikkel sodat die vroeë literêre lewe as deel van 'n gemeenskaplike Skandinawiese letterkunde beskou moet word.
Die Noors-Yslandse periode (tussen omstreeks 800 en 1400)
wysig
wysig bron
Wetenskaplikes het hul kennis oor die vroeë Wiking-beskawing onder meer aan Yslandse skrywers te danke wat in die 12de en 13de eeu begin het om die mondelinge tradisies neer te skryf.
Die wêreld van Nordiese godhede en helde is die hoofonderwerp van die Edda, die oudste literêre werk van Noorweë. In die 13de eeu het skalde (afgelei van die Yslandse
skáld
"digter") Wiking-ideale soos verwantskap, heldedom, eer, eerlikheid en deug, wat aanvanklik in eenvoudige stafryme van rune-inskrifte behandel is, in 'n meer ingewikkelde literêre styl verheerlik. Rondtrekkende sangers het tydens die lang Skandinawiese winters veral die hoofse publiek met hul heldesange oor legendes, historiese gebeurtenisse, heldedade, veldslae en deugsame krygers vermaak. Die eerste bekende Noorse skald uit die eerste helfte van die 9de eeu was Bragi Boddason. Later was die skaldedigkuns hoofsaaklik tot Ysland beperk. Ook die Nordiese sagas, vroeë Skandinawiese prosawerke, het ondanks hulle Noorse wortels in Ysland ontstaan, soos byvoorbeeld Snorri Sturluson se Kroniek van die Noorse konings uit die 13de eeu.
Die religieuse en hoofse literatuur van die Middeleeuse Europese – vertalings van preke, legendes rondom heiliges en heldedigte oor Koning Artus,
Karel die Grote
en Theoderik die Grote – is ook in Noorweë oorgeneem. Die sogenaamde Koningsspieël, 'n didaktiese afhandeling oor sedes en moraal wat in versvorm gegiet is, was 'n belangrike inheemse literêre werk. Daarnaas het ballades vanaf die 13de eeu 'n beduidende rol in Noorweë se literêre lewe begin speel.
Die Noors-Deense periode (tussen omstreeks 1400 en 1814)
wysig
wysig bron
Die Noorse Geselskap, skildery deur Eilif Peterssen in 1892
In die tydperk van die Kalmarunie het die Oud-Nordiese literatuur sy hoogtepunt al lank oorskry, en eers met die Reformasie was daar weer 'n oplewing in die produksie van literêre tekste. Aangesien Noorweë tot 1643 nie oor 'n eie drukkery beskik het nie, is hoofsaaklik Deense boeke van Kopenhaagse uitgewers ingevoer. Die Deense taal, wat uiteindelik ook ampstaalstatus in Noorweë gekry het, het 'n oorheersende invloed op die Noorse letterkunde uitgeoefen.
Die 16de eeuse humanisme het Noorse skrywers soos Absalon Pederssøn Beyer en Peder Claussøn Friis geïnspireer. Friis het met sy vertaling van Snorri Sturluson se
Heimskringla
-saga uiting aan patriotiese gevoelens gegee, en in 1739 het die geestelike Petter Dass met sy werk
Norlands Trompet
("Die Trompet van die Noordland") sy belewenis van die landskap van Noord-Noorweë in versvorm uitgedruk.
Die Noorse letterkunde het veral in die 18de eeu begin om sy eie identiteit en uniekheid uit te druk. By hierdie ontwikkeling het die Noors-gebore Deense skrywer Ludvig Baron von Holberg sentraal gestaan. Op sy reise deur Europese lande is hy deur die Franse
rasionalisme
en Engelse deïsme beïnvloed, en hy het begin om hierdie ideeë in sy literatuur in te werk. Holberg se werke het historiese afhandelings, satiriese digkuns en morele opstelle ingesluit, alhoewel hy veral met sy tydlose realistiese komedies bekendheid verwerf het wat nog steeds in Noorse en Deense teaters opgevoer word.
Ander bekende skrywers in hierdie periode sluit Holberg se literêre opvolger, Johan Herman Wessel, die digters Christian Braunman Tullin en Johan Nordahl Brun en die kritiese essayis Claus Fasting in. 'n Spesifieke nasionale Noorse literatuur het in 1772 met die stigting van die Noorse Geselskap (
Det Norske Selskab
), 'n vereniging van klassisistiese digters, gestalte gekry.
Die 19de eeu
wysig
wysig bron
Henrik Ibsen
(1828–1906)
As gevolg van die Napoleontiese Oorloë is Noorweë se politieke bande met Denemarke in 1814 verbreek, maar ook in die nuwe alliansie met Swede, wat voorsiening vir selfregering gemaak het, is die kulturele bande met Denemarke steeds gehandhaaf. Tegelykertyd het die nasionale beweging van Noorweë vir die ontwikkeling van 'n selfstandige Noorse literatuur gepleit wat onder meer in die romantiese stylperiode verwesenlik is.
Die beduidendste romantiese digter in Noorweë was Henrik Arnold Wergeland, wat as uitgewer en opvoedkundige ten gunste van 'n selfstandige Noorse literêre tradisie was wat die ou bande met Denemarke sou vervang. In die opkomende sogenaamde Noorse kultuurstryd was daar egter ook voorstanders van 'n voortgesette kulturele unie met Denemarke, soos die digter Johan Sebastian Welhaven.
Die romanties-nasionalistiese stroming in die letterkunde het met digters soos Peter Christian Asbjørnsen en Jørgen Moe ondr meer die literêre skatte van die volksdigkuns, wat tot dusver net mondeling oorlewer is, herontdek en in geskrewe vorm versamel. Die taalkundige Ivar Aasen het met die wetenskaplike navorsing ten opsigte van Noorse dialekte begin, terwyl die joernalis Aasmund Olafsson Vinje in sy nasionaal-romantiese werke Noors as 'n literêre taal gevestig het. 'n Selfstandige Noorse geskiedskrywing het met Peter Andreas Munch 'n aanvang geneem.
Met die literêre realisme het Noorweë skrywers van wêreldfaam voortgebring. Die roman
Amtmandens døttre
van Camilla Collett was in die jare 1854 en 1855 net die begin van 'n ontwikkeling wat met die dramatikus
Henrik Ibsen
, die politieke skrywer
Bjørnstjerne Bjørnson
Jonas Lie
(wat later deur die impressionisme beïnvloed is, 1833–1908) en
Alexander Kielland
(1849–1906) sy hoogtepunt bereik het. Verskeie van Ibsen se werke het deel van die wêreldliteratuur geword.
Die naturalisme, landelike lewe en volkstradisies het in die werke van skrywers soos Amalie Skram en Arne Garborg neerslag gevind.
In die laaste dekade van die 19de eeu is baie Noorse skrywers deur die nuwe romantiek beïnvloed. Die bekendste outeur in hierdie periode was
Knut Hamsun
. Sy eensame romanhelde voel dikwels aangetrokke tot die natuur en die irrasionele.
Die 20ste eeu
wysig
wysig bron
Die musikus en misdaadskrywer
Jo Nesbø
(* 1960)
Die elektroniese uitgawe van die Groot Noorse Leksikon (
Store Norske Leksikon, SNL
Ná die einde van die politieke unie met Swede in 1905 het die realistiese styl weer 'n oplewing beleef, en Noorse skrywers het hulle op maatskaplike vraagstukke begin konsentreer. Olav Duun het met sy omvattende epiese roman
Juvikfolke
, wat ses boekdele behels, 'n boeiende verhaal oor die landelike lewe en die geskiedenis van 'n familie geskep. Johan Bojer het in sy werke die morele kwessies van 'n moderne nywerheidsmaatskappy behandel, terwyl Johan Petter Falkberget hom op die probleme van mynwerkers toegespits het.
Met Sigrid Undset (1882–1949) het 'n nuwe skryweres van wêreldfaam op die literêre toneel verskyn. Met haar trilogie
Kristin Lavransdatter
(1920–1922), wat in die tradisie van Oud-Yslandse sagas geskryf is en in die Middeleeuse Noorweë afspeel, het sy in 1928 die Nobelprys vir Letterkunde verower. Naas Undset het ook ander realistiese skrywers soos Olav Dunn (1876–1939) en Johan Folkberget (1879–1967) dikwels etiese probleme teen 'n historiese agtergrond behandel.
Die politieke spannings in die tydperk tussen die wêreldoorloë is onder meer in die werke van Nordahl Grieg weerspieël. Net soos Grieg het ook die digter Arnulf Øverland in sy liriek die Duitse besetting van Noorweë tydens die Tweede Wêreldoorlog gekritiseer. Die oorlog en die besettingstyd het ook ná 1945 'n sentrale in die literêre lewe gespeel en is onder meer in die romans van Odd Bang-Hansen en Kåre Holt verwerk. Algemene kritiek op die maatskappy het die romans en liriek van Jens Ingvald Bjørneboe oorheers, terwyl die prosa van skrywers soos Johan Borgen sterk deur eksistensialistiese tendense beïnvloed is. Die kwessie van goed en kwaad het in die psigologiese romans van Åge Rønning sentraal gestaan.
Net soos Sweedse outeurs het ook Noorse skrywers soos Karin Fossum, Anne Holt,
Tom Egeland
en
Jo Nesbø
met hul rillers en
misdaadromans
internasionale sukses behaal. Ook Jostein Gaarder het met sy filosofiese roman
Sofies verden
(1991), wat vir jonger lesers bedoel was, 'n internasionale blitsverkoper geskryf. Ander belangrike eietydse skrywers sluit Jan Kjærstad en die dramatikus Jon Fosse in.
Noorweë se literêre stelsel
wysig
wysig bron
Noorweë het 'n unieke literêre stelsel ter bevordering van Noorse literatuur, skrywers en die uitgewersbedryf. Dit baseer op voorgeskrewe pryse vir boeke, die aankoop van honderde eksemplare van bepaalde nuwe titels, die vrystelling van boeke van belasting op toegevoegde waarde (BTW) en kollektiewe ooreenkomste tussen regtehouers. Die program was die sleutelfaktor vir die vestiging van 'n veelsydige en dinamiese boekmark in Noorweë.
65
66
Aankoopprogram
Die Noorse aankoopprogram vir boeke word deur die staat befonds en deur die Noorse Kunsteraad geadministreer. Jaarliks word tussen 550 en 1
500 eksemplare van sowat 600 nuwe boektitels aangekoop en aan biblioteke dwarsoor die land beskikbaar gestel. Die program se hoofdoelwitte is die bevordering van Noorse boekpublikasies, die versekering van toegang tot nuwe werke vir die algemene leserspubliek en die verskaffing van hoër inkomstes aan skrywers.
Die program is in die 1960's as 'n aankoopstelsel vir Noorse fiksie vir volwassenes geloods en is reeds kort daarna uitgebrei om ook literatuur vir kinders en jeugdiges in te sluit. So is ook skoolbiblioteke van nuwe boektitels voorsien. Die program was 'n groot sukses en het bygedra tot hoër produksie- en oplaagsyfers. Die aankoopprogram is intussen verder uitgebrei na vertaalde fiksie en nie-fiksie, Noorse nie-fiksie vir volwassenes, Noorse nie-fiksie vir kinders en jeugdiges en grafiese romans.
Voorgeskrewe boekpryse en vrystelling van BTW
Die voorgeskrewe vaste boekprys vir elke nuwe titel mag deur die uitgewery vasgestel word. Boekwinkels en ander kleinhandelondernemings mag tot 1 Mei van die volgende jaar 'n afslag van maksimaal 12,5 persent aan klante aanbied. Deur boeke orals in Noorweë teen meer of min dieselfde prys te verkoop word skrywers en uitgewers van 'n stabiele grondslag vir hul finansiële beplanning voorsien. Die vrystelling van BTW maak boeke vir lesers meer bekostigbaar en verseker toegang tot literatuur vir almal.
Kollektiewe ooreenkomste
Kollektiewe ooreenkomste, wat tussen die Vereniging van Noorse Uitgewers aan die een en die belange-organisasies van skrywers, illustreerders en vertalers aan die ander kant gesluit is, verseker vir alle partye, wat regte in die publikasieproses hou, 'n billike deel van die inkomste.
Ander programme ter bevordering van Noorse literatuur
wysig
wysig bron
Die Noorse Kunsteraad stel beurse beskikbaar vir talentvolle en belowende skrywers asook finansiële steun vir projekte en produksies. Die uitvoer van Noorse literatuur word deur 'n ander liggaam,
NORLA – Norwegian Literature Abroad
, deur aktiewe bemarking en subsidies vir vertalings bevorder. NORLA is in 1978 gestig en het in die tydperk tot 2004 die vertaling van nagenoeg 5
200 Noorse boektitels in 65 tale finansieel gesteun. NORLA se werksaamhede word deur die Noorse Departement van Kultuur befonds.
Die grootste kulturele inisiatief in die buiteland ooit sal Noorweë se deelname as eregas aan die Frankfurtse Boekebeurs van 2019 wees. Aktiwiteite in hierdie verband word eweneens deur NORLA gekoördineer. In samewerking met die regtehouers onderhou NORLA ook 'n webtuiste wat inligting oor Noorse boekpublikasies in Engels bied,
Verwysings
wysig
wysig bron
no
"Språk i Norge – Store norske leksikon"
. 22 Mei 2019
. Besoek op
3 Maart
2024
no
kirkedepartementet, Kultur- og (27 Junie 2008).
"St.meld. nr. 35 (2007–2008)"
. Regjeringa.no
. Besoek op
3 Maart
2024
en
"The Re-establishing of a Norwegian State"
. regjeringen.no. 5 Julie 2020
. Besoek op
5 Julie
2020
no
"Arealstatistics for Norway 2019"
. Kartverket, mapping directory for Norway. 20 Desember 2019
. Besoek op
3 Maart
2024
en
"Surface water and surface water change"
OESO
. Besoek op
3 Maart
2024
no
"Population, 2026-01-01"
. Statistiek Noorweë. 1 Januarie 2026
. Besoek op
25 Februarie
2026
en
"Norway"
Internasionale Monetêre Fonds
. Oktober 2023
. Besoek op
3 Maart
2024
en
"Human Development Report 2023/2024"
(PDF)
. United Nations Development Programme. 13 Maart 2024
. Besoek op
3 Maart
2024
en
"Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey"
. Eurostat
. Besoek op
3 Maart
2024
no
"Facts about Norway"
. gonorway.com. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Desember 2007
. Besoek op
19 Desember
2007
no
"Nomino 6:6"
Nomino
NRK
. 4 Oktober 2016
. Besoek op
5 Oktober
2016
no
"Sår tvil om Norges opphav"
. Forskning.no for Universitetet i Agder. 29 Februarie 2016
. Besoek op
5 Oktober
2016
en
Dagfinn Skre (2020).
Rulership in 1st to 14th century Scandinavia
. De Gruyter. pp.
3,
5–
10.
hdl
20.500.12657/23221
. Besoek op
5 Oktober
2016
de
Galli, Max en Johannes Holzleiter:
Norwegen
. Augsburg: Weltbild 2008, bl. 18
de
Galli/Holzleiter (2008), bl. 32
en
www.norwegen.no: Klimaat
Geargiveer
7 Junie 2007 op
Wayback Machine
de
Galli/Holzleiter (2008), bl. 18
en
www.norwegen.no Noorweë – Geskiedenis: Die eerste Nore
en
www.norwegen.no Geskiedenis: Die Wiking-tydperk
Geargiveer
23 Oktober 2007 op
Wayback Machine
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: Die Middeleeue
Geargiveer
23 Oktober 2007 op
Wayback Machine
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: Die Middeleeue
Geargiveer
23 Oktober 2007 op
Wayback Machine
de
Galli/Holzleiter (2008), bl. 20
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: Die skeiding van Denemarke
Geargiveer
23 Oktober 2007 op
Wayback Machine
de
Henningsen, Bernd en Lothar Schneider (reds.):
Skandinavien
. Augsburg: Weltbild 2008, bl. 47
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: 1814–1905
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: Noorweë ná 1905
Geargiveer
13 Februarie 2007 op
Wayback Machine
no
Evig heder 1:6 (dokumentêr), NRK
Hordaland
1995
de
Gruchmann, Lothar:
NS-Besatzungspolitik und Résistance in Europa
. In: Broszat, Martin en Norbert Frei (reds.) in samewerking met die
Institut für Zeitgeschichte (München)
PLOETZ – Das Dritte Reich
. Freiburg/Würzburg: Ploetz 1983, bl. 216
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: Die Tweede Wêreldoorlog
de
Der Fischer Weltalmanach 2006
. München 2005: Fischer Taschenbuch Verlag, bl. 342
en
www.norwegen.no – Geskiedenis: Noorweë ná die Tweede Wêreldoorlog
Geargiveer
23 Oktober 2007 op
Wayback Machine
de
Ronald D. Gerste (30 Mei 2023).
"Unabhängigkeit von Schweden – Alter Schwede"
. Die Zeit
. Besoek op
11 Maart
2024
de
Linda Koponen (28 Februarie 2024).
"Gewinnt die Nato nach Schwedens Beitritt die alleinige Kontrolle über die Ostsee? Es ist kompliziert – eine Analyse in Karten"
. Neue Zürcher Zeitung
. Besoek op
11 Maart
2024
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Noorweë – Ekonomiese Struktuur
Geargiveer
30 Januarie 2011 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ekonomie van Noorweë
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
en
www.norwegen.no – Algemene inligting
Geargiveer
27 Oktober 2007 op
Wayback Machine
no
"Fylkesinndelingen fra 2024"
. Regjeringen. 5 Julie 2022
. Besoek op
3 Maart
2024
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake: Noorweë – Binnelandse Beleid
Geargiveer
21 Junie 2008 op
Wayback Machine
de
Der Fischer Weltalmanach 2007
. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2006, bl. 364
en
www.norwegen.no – Algemene inligting: Religie in Noorweë
Geargiveer
8 Februarie 2007 op
Wayback Machine
de
Henningsen/Schneider (2008), bl. 33
en
Statistics Norway – Statistisk sentralbyrå: Focus on Population
Geargiveer
28 Desember 2007 op
Wayback Machine
en
Statistics Norway – Statistisk sentralbyrå: Focus on Population
Geargiveer
28 Desember 2007 op
Wayback Machine
en
www.norwegen.no – Bevolking
Geargiveer
8 Februarie 2007 op
Wayback Machine
de
Dittmann, Frank (red.):
Reisehandbuch Skandinavien 2008
. Essen: Nordis 2008, bl. 112
en
www.norwegen.no Mense: Migrasie
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Kuns en kultuur
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
de
Duitse Departement van Buitelandse Sake – Kuns en kultuur
Geargiveer
21 April 2008 op
Wayback Machine
en
www.norwegen.no: Die ontwikkeling van die Noorse argitektuur
no
"Knock-out fra Northug & co"
. Dagbladet. 22 Junie 2015
. Besoek op
22 Junie
2015
no
"Stor interesse for ishockey"
NRK
. 13 April 2013
. Besoek op
11 Junie
2016
en
"FIFA/Coca-Cola World Ranking"
FIFA
. 22 Junie 2015. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 19 Februarie 2015
. Besoek op
19 Februarie
2015
en
John Grasso (2013).
Historical Dictionary of Football
. Scarecrow Press. p.
490.
ISBN
978-0-8108-7857-0
en
"Bandy destined for the Olympic Winter Games!"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Oktober 2018
. Besoek op
17 Oktober
2018
en
"Continental Cup Finals start in Africa"
Fédération Internationale de Volleyball
. 22 Junie 2021
. Besoek op
7 Augustus
2021
no
"Carlsen er verdensmester – Jeg er lykkelig og lettet"
NRK
. 22 Junie 2015
. Besoek op
22 Junie
2015
en
www.norway2019.com: Literary system. Besoek op 16 Februarie 2019
no
Den Norske Forleggerforening: The Norwegian Literary System. Besoek op 16 Februarie 2019
Bronnelys
wysig
wysig bron
Algemeen
en
"Norway"
Encyclopædia Britannica
. Besoek op
3 Maart
2024
en
"Norway"
Central Intelligence Agency
. Besoek op
3 Maart
2024
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Noorweë
en
Toerisme-inligting oor
Noorweë
op
Wikivoyage
no
Amptelike webwerf
en
Noorse Ambassade in Suid-Afrika
en
Algemene inligting oor Noorweë
en
State of the Environment Norway
Groenland
Ysland
Noorse See
Noorse See
Svalbard
Barentssee
Franz Josef-land
Faroëreilande
Jan Mayen
Noordsee
Barentssee
Rusland
Noorweë
Verenigde Koninkryk
Noordsee
Skagerrak
Denemarke
Swede
Swede
Finland
Rusland
Europese Vryhandelsvereniging
(EVHV)
Liechtenstein
Noorweë
Switserland
Ysland
Lande en gebiede in
Europa
Onafhanklike lande
Albanië
Andorra
Armenië
Azerbeidjan
Belarus
België
Bosnië en Herzegowina
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Georgië
Griekeland
Hongarye
Ierland
Italië
Kasakstan
Kroasië
Letland
Liechtenstein
Litaue
Luxemburg
Malta
Moldowa
Monaco
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Oekraïne
Oostenryk
Pole
Portugal
Roemenië
Rusland
San Marino
Serwië
Siprus
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Switserland
Tsjeggië
Turkye
Vatikaanstad
Verenigde Koninkryk
Ysland
Omstrede gebiede
Abchasië
Artsach
Donetsk
Kosovo
Loehansk
Noord-Siprus
Suid-Ossetië
Transnistrië
Afhanklike gebiede
Finland
Åland
Koninkryk van Denemarke
Faroëreilande
Noorweë
Jan Mayen
Svalbard
Portugal
Asore
Verenigde Koninkryk
Akrotiri en Dhekelië
Gibraltar
Guernsey
Jersey
Man
Lande van
Afrika
Asië
Noord-Amerika
Oseanië
Suid-Amerika
1. Land
deels
in
Asië
. 2. Geografies in
Asië
, maar gereeld beskou as deel van
Europa
a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as die
Kanaaleilande
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
(NAVO)
Albanië
België
Bulgarye
Denemarke
Duitsland
Estland
Finland
Frankryk
Griekeland
Hongarye
Italië
Kanada
Kroasië
Letland
Litaue
Luxemburg
Montenegro
Nederland
Noord-Masedonië
Noorweë
Pole
Portugal
Roemenië
Slowakye
Slowenië
Spanje
Swede
Tsjeggië
Turkye
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Ysland
Nordiese lande
State
Denemarke
Finland
Noorweë
Swede
Ysland
Outonome lande
Åland
Faroëreilande
Groenland
Spesiale status/kulturele area
Svalbard
Sápmi
Verwant
Nordiese Raad
Sien ook
Oudnoors
Skandinawië
Nordiese Raad
Volle lede
Denemarke
Finland
Noorweë
Swede
Ysland
Geassosieerde lede
Åland
Faroëreilande
Groenland
Waarnemers/kantore
Sápmi
Estland
(identiteit)
Letland
Litaue
Karelië
Sleeswyk-Holstein
Normdata
Internasionaal
ISNI
VIAF
FAST
WorldCat
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Japan
Tsjeggië
Spanje
Portugal
Noorweë
Israel
Katalonië
Geografies
MusicBrainz-area
Akademie
CiNii
Kunstenaars
KulturNav
Mense
VK-parlement
Ander
IdRef
Geskiedkundige Woordeboek van Switserland
NARA
Ensiklopedie van Moderne Oekraïne
Ontsluit van "
Kategorieë
Noorweë
Skandinawië
Versteekte kategorie:
Voorbladartikels
Noorweë
Nuwe onderwerp