Spele van die XXXIe Olimpiade
Die
Olimpiese Somerspele 2016
Portugees
Jogos Olímpicos de Verão de 2016
[ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as die
Spele van die XXXIste Olimpiade
, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 in
Rio de Janeiro
Brasilië
, aangebied. Tydens die geleentheid het 11
238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillende
sportsoorte
deelgeneem. Die spanne van
Kosovo
en
Suid-Soedan
het vir die eerste keer aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem.
Maracanã-stadion
in
Rio de Janeiro
Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert
1896
. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele in
Suid-Amerika
, die tweede keer in 'n
Latyns-Amerikaanse
stad ná
Meksikostad
in
1968
en die eerste keer sedert
2000
(en derde algeheel) in die
Suidelike Halfrond
Naas Rio de Janeiro was
Madrid
Tokio
en
Chicago
kandidate vir die aanbied van die 2016-Somerspele.
Die opening- en sluitingseremonies het in die
Maracanã-stadion
plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met
Griekeland
die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.
Wayde van Niekerk
, die naelloper wat in die 200
en 400
meter sou meeding, het die
Suid-Afrikaanse vlag
ingedra.
Die
Paralimpiese Somerspele 2016
is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.
Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016:
Verkose stad
Kandidaatstede
Aansoekende stede
Die stede wat die Somerspele wou aanbied het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van die
Internasionale Olimpiese Komitee
(IOK) aanvaar.
10
Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms in
Athene
. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio.
11
Bakoe
Azerbeidjan
),
Doha
Katar
) en
Praag
Tsjeggië
) is uitgeskakel.
11
Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres in
Kopenhagen
as die verkose stad aangewys.
12
13
Tokio het uiteindelik gasheer vir die volgende
Olimpiese Somerspele 2020
geword.
Die stemming het as volg verloop:
Die IOK het tydens 'n kongres in Oktober 2009 besluit om
sewesrugby
en
gholf
weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers vir
bofbal
en
sagtebal
wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is.
15
Met 306 stelle van medaljes beskik die speletjies oor 28 Olimpiese sportsoorte. Hierdie sportbyeenkomste is op 33 plekke in die gasheerstad en op 5 plekke in die stede
São Paulo
(Brasilië se grootste stad),
Belo Horizonte
Salvador da Bahia
Brasília
(Brasilië se hoofstad) en
Manaus
beslis.
28 Olimpiese sportsoorte in 306 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 307 goue medaljes oorhandig.
Kaart van die sportplekke
Deodoro-stadion
Arena da Amazônia
in
Manaus
Arena Corinthians
in
São Paulo
Arena Fonte Nova
in
Salvador da Bahia
Estádio Nacional
in
Brasília
Mineirão
in
Belo Horizonte
18 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2016 gebruik:
Legende
Bestaande (geen permanente werk vereis)
Bestaande (permanente werk benodig)
Bykomende tydelike (speletjies afhanklik)
Nuwe permanente
Nuwe wedstrydplekke
Sportplekke
Sportsoorte
Kapasiteit
Carioca Arena 1
Basketbal
16
000
Carioca Arena 2
Judo
en
Stoei
10
000
Carioca Arena 3
Skermsport
en
Taekwondo
10
000
Olimpiese Akwatiese Stadion
Swem
en
Waterpolo
(uitspeelwedstryse)
15
000
Olimpiese BMX-sentrum
Fietsry
(BMX)
000
Olimpiese Gholfbaan
Gholf
20
000
Olimpiese Hokkiesentrum
Veldhokkie
15
000 (10
000 veld 1, 5
000 veld 2)
Olimpiese Tennissentrum (hoofbaan)
Tennis
19
750
Deodoro Olimpiese Whitewater-stadion
Kano/Kajak (slalom)
000
Rio Olimpiese Velodrome
Fietsry
(baan)
000
Jeug Arena (Deodoro)
Basketbal
(vroue se groepuitdunne),
Moderne vyfkamp
(skermsport)
000
Bestaande wedstrydplekke
Sportplekke
Sportsoorte
Kapasiteit
Deodoro Akwatiese Sentrum
Moderne vyfkamp
(swem)
000
Maracanã-stadion
Ceremonies and
Sokker
(halfeindrondte 2, eindstryde)
74
738
Olimpiese Stadion (Engenhão)
Sokker
(8 x groepuitdunne),
Atletiek
(baan en veld)
60
000
Rodrigo de Freitas Lagoon
Roei
Kano/Kayak
(sprint)
14
000
Maracanãzinho Arena
Vlugbal
12
000
Maria Lenk Akwatiese Sentrum
Sierduik
Gesinchroniseerde swem
Waterpolo
(groepwedstryde)
500
Marina da Glória
Seilvaart
10
000
Olimpiese Ruitersentrum
Ruitersport
14
000
Olimpiese Skietbaan
Skyfskiet
Nie gelys nie
Rio Olimpiese Arena (HSBC Arena)
Gimnastiek
12
000
Riocentro –
Pavilion 6
Boks
000
Riocentro –
Pavilion 3
Tafeltennis
000
Riocentro –
Pavilion 4
Pluimbal
500
Sambódromo
Boogskiet
Atletiek
(maraton)
36
000
Tydelike wedstrydplekke
Sportplekke
Sportsoorte
Kapasiteit
Copacabanastadion
Strandvlugbal
12
000
Deodorostadion
Moderne vyfkamp
(perdry, gekombineerde hardloop en skiet)
Sewesrugby
15
000
Fort Copacabana
Maratonswem,
Fietsry
(padwedlope),
Driekamp
000
Future Arena
Handbal
12
000
Bergfietssentrum
Fietsry
(bergfiets)
000
Pontal
Atletiek
(renloop),
Fietsry
(tydproewe)
000
Riocentro –
Pavilion 2
Gewigoptel
500
Sportplekke buite Rio de Janeiro
Sportplekke
Sportsoorte
Ligging
Kapasiteit
Mané Garrincha Nasionale Stadion
Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte)
Brasília
Distrito Federal
69
394
Mineirão
Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, W halfeindrondte, M 3rde plek)
Belo Horizonte
Minas Gerais
58
170
Arena Fonte Nova
Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte)
Salvador
Bahia
51
700
Arena Corinthians
Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, M halfeindrondte, W 3de plek)
São Paulo
São Paulo
48
234
Arena da Amazônia
Sokker (6 x groepwedstryde)
Manaus
Amazonas
40
549
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die
Nasionale Olimpiese Komitees
wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud
vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer
vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons
vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou
vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi
vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2016 deelgeneem het nie.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
US