Ontbossing - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Satellietfoto van ontbossing by die Tierras Bajas-projek in die ooste van
Bolivië
Ontbossing
is die proses waarin
woude
of bosse uitgehaal word en die
grond
daarna vir iets anders gebruik word.
Voorbeelde van ontbossing is waar bome uitgehaal word om plek te maak vir landboubedrywighede of nuwe woongebiede. Tropiese reënwoude is tans die plek waar die grootste ontbossing plaasvind.
Byna 30% van die aarde se landoppervlak word deur woude bedek.
Ontbossing vind om baie redes plaas: die bome word afgekap om te verkoop of gebruik te word as brandstof en houtskool of houtprodukte, terwyl die land dan gebruik word vir weiding vir diere, plantasies en nedersettings. Wanneer bome uitgehaal word sonder om weer nuwe bome aan te plant, is die gevolge gewoonlik baie nadelig vir die gebied. Daar is 'n verlies aan biodiversiteit en dit het ook 'n verminderde reënval tot gevolg. Ontbossing word ook soms toegepas in oorlogsituasies om skuilplek vir die vyand minder te maak en sekere hulpbronne weg te neem. Moderne voorbeelde hiervan is die VSA se gebruik van
Agent Orange
in die
Viëtnamoorlog
. Sedert 2005 het die netto ontbossingstempo in lande met 'n per capita
Bruto Binnelandse Produk
van ten minste 4,600 miljoen Amerikaanse dollar nie verder vermeerder nie.
Gebiede wat ontbos is het gewoonlik ernstige
erosieprobleme
en die gebied word dikwels ook 'n woesteny.
Tussen  2000 en 2012 is 2.3 miljoen vierkante kilometer se bosse reg oor die wêreld afgekap.
As gevolg van ontbossing bly daar net 6.2 miljoen vierkante kilometer van die oorspronklike 16 miljoen vierkante kilometer se woude oor wat vroeër die aarde bedek het.
Oorsake
wysig
wysig bron
Volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Klimaatsverandering is die hoofrede vir ontbossing vir landboudoeleindes. Die oorsake van ontbossing is soos volg:
Bestaansboedery – 48%;
kommersiële boerdery – 32%;
houtkappery vir die houtbedryf -14%; en
die afkap van bome vir brandhout – 5%.
Korrupsie in regeringsinstellings,
die oneweredige verdeling van rykdom en mag,
10
groei in populasie,
11
menslike oorbevolking
12
13
en verstedeliking is verdere redes vir ontbossing.
14
Globalisering
word dikwels gesien as een van die kernoorsake van ontbossing,
15
16
maar tog is daar gevalle waar die impak van globalisering (nuwe invloei van mannekrag, kapitaal, kommoditeite en idees) 'n positiewe bydrae gelewer het om sekere woude te herstel.
17
'n Moeraswoud in Indragiri Hulu, Sumatra,
Indonesië
is totaal afgesaag om plek te maak vir 'n oliepalm-plantasie. Hier is die laaste vrag hout uit die woud.
Die vernietiging van woud-ekosisteme hou verband met die ekonomiese beskouing wat die transformasie van woude ekonomies aanlokliker maak as die bewaring van die woude.
18
Baie van die funksies van die woude het geen kommersiële waarde vir die eienaar van die woude of gemeenskappe wat op die woude staatmaak vir hulle welvaart nie.
18
Die waarde van woude om koolstof uit die atmosfeer te dreineer of as 'n belangrike
biodiversiteitsbron
te gebruik gaan bloot na die ryker, ontwikkelde lande en die vergoeding vir hierdie dienste is onvoldoende. Ontwikkelende lande voel dat sekere lande in die ontwikkelde wêreld, soos die VSA, hulle eie woude eeue gelede afgekap het en geweldig baie daarby gebaat het. Nou is hulle bloot skynheilig om te verwag dat ontwikkelende lande hierdie geleenthede misgun word wanneer daar gepleit word vir die bewaring van woude. Hul siening is dat die armes nie die koste van bewaring moet dra indien die rykes die probleme veroorsaak het nie.
19
Sommige kommentatore het 'n verskuiwing opgemerk in die oorsake vir ontbossing die afgelope 30 jaar.
20
Ontbossing is hoofsaaklik gedoen deur bestaansboere en regeringsontwikkelingsprojekte soos
transmigrasie
in lande soos
Indonesië
en kolonisasie in
Latyns-Amerika
Indië
Java
en so meer in die laat 19de eeu en eerste helfte van die 20ste eeu. Teen die 1990's is ontbossing hoofsaaklik veroorsaak deur industriële faktore soos die natuurprodukte-industrie, grootskaalse beesboerdery en uitgebreide landboubedrywighede.
21
Omgewingsprobleme
wysig
wysig bron
Atmosferies
wysig
wysig bron
Die onwettige afkap en verbranding van woude in
Madagaskar
, 2010
Ontbossing is steeds aan die gang en verander die
klimaat
en
geografie
22
23
24
25
26
Ontbossing dra beslis by tot
aardverwarming
27
28
en word dikwels genoem as een van die vernaamste oorsake van die versnelling in die
kweekhuiseffek
. Ontbossing van tropiese woude is verantwoordelik vir ongeveer 20% van die wêreld se vrystelling van
kweekhuisgasse
29
Ontbossing is daarvoor verantwoordelik dat koolstofdioksied langer in die atmosfeer bly. Wanneer koolstofdioksied toeneem, produseer dit 'n laag in die atmosfeer wat die son se uitstraling vasvang. Hierdie uitstraling verander in hitte en dit veroorsaak aardverwarming.
30
Plante verwyder
koolstof
in die vorm van
koolstofdioksied
van die
aarde se atmosfeer
deur
fotosintese
, maar stel weer koolstofdioksied in die atmosfeer vry deur normale respirasie. Net in die aktiewe groeiproses kan 'n boom of 'n woud koolstof uit die atmosfeer verwyder deur dit in plantweefsel te berg. Wanneer die boom verrot, of brand, word die meeste van hierdie gestoorde koolstof terug in die atmosfeer geplaas. Indien die bome in 'n woud afgekap word en gebruik word vir produkte wat lank sal hou en jong boompies word geplant om dit te vervang, kan dit help om die koolstof uit die atmosfeer te verwyder.
31
Vure op
Borneo
en
Sumatra
, 2006. Hier kap die inwoners die bome af en verbrand dit om plek te maak vir landbou.
Leke glo vas dat reënwoude 'n groot bydrae lewer tot die wêreld se suurstofvlakke,
32
tog aanvaar wetenskaplikes dat reënwoude net 'n geringe bydrae maak tot die atmosferiese suurstofvlakke.
33
34
Dis wel so dat die verbranding van woude groot hoeveelhede CO
vrystel wat weer bydrae tot aardverwarming.
28
Wetenskaplikes reken ook dat die ontbossing van tropiese gebiede elke jaar 1.5 miljard ton koolstof in die atmosfeer vrystel.
35
Hidrologie
wysig
wysig bron
Die
waterkringloop
word ook deur ontbossing beïnvloed. Bome onttrek
grondwater
met hul wortels en stel dit in die atmosfeer vry. Wanneer 'n deel van 'n woud vernietig word, kan bome nie meer hierdie water vrystel nie en daarom word die klimaat veel droër. Ontbossing verminder die hoeveelheid water in die grond en grondwater en verminder ook die atmosferiese vogtigheid. Die droë grond bied minder water wat die bome kan onttrek.
36
Ontbossing maak grondverbingind minder en daarom is erosie, vloede en grondstortings alles moontlike gevolge van ontbossing.
37
38
Wanneer die area wat bebos is kleiner word, maak dit die landskap se vermoë om die neerslag op te vang en te behou, minder. Dit voorkom dat die reënwater deurfilter na die grondwater en die meeste van die reën in die gebied spoel weg. Omdat oppervlakwater vinniger wegspoel as grondwater sal daar baie meer vloede in 'n gebied voorkom as toe dit 'n woud was. Volgens een studie in Noord- en Noordwes-China het die gemiddelde jaarlikse reënval in die gebied met een derde afgeneem tussen die 1950's en 1980's nadat die gebied ontbos is.
39
Tropiese reënwoude produseer omtrent 30% van ons planeet se vars water.
32
Grond
wysig
wysig bron
'n Voorbeeld van ontbossing in
Rio de Janeiro
Brasilië
. Die bome is uitgehaal om die klei te gebruik.
Daar is min erosie in woude wat onaangeraak is, bloot 2 metrieke ton per km². Met ontbossing verhoog die hoeveelheid grond wat verlore gaan weens erosie aansienlik want dan spoel die water makliker weg.
Boomwortels hou die grond om die boom bymekaar en kan dit ook verbind met die rotslaag onder die wortels. Wanneer die bome teen 'n steil helling uitgehaal word, is die laag grond wat oorbly vlak en los en dit verhoog die moontlikheid van grondstortings wat mense wat in die omgewing woon kan in gevaar stel.
Biodiversiteit
wysig
wysig bron
Wanneer ontbossing deur menslike ingryping veroorsaak word, het dit 'n reuse impak op die
biodiversiteit
van die gebied,
40
en dit was al wêreldwyd  die oorsaak van die uitwissing van sekere
spesies
41
Wanneer groot stukke van die woude verwyder of verwoes word, het dit 'n negatiewe impak op die omgewing en veral die biodiversiteitsvlakke word ernstig daardeur benadeel.
Bome word onwettig afgekap in
Madagaskar
. In 2009 is die grootste gedeelte rooshout wat onwettig bekom is, na
China
uitgevoer.
Aangesien reënwoude die mees diverse
ekostelsels
op die aarde is,
42
43
en ongeveer  80% van die wêreld se biodiversiteit in hierdie reënwoude gevind word,
44
45
lei die vernietiging en verwydering van hierdie belangrike areas tot 'n verswakte
46
omgewing met 'n verlaagde biodiversiteit.
47
Daar word bereken dat ons daagliks 137 plant-, dier- en insekspesies verloor weens die ontbossing van die reënwoude. Dit is ongeveer 50 000 spesies per jaar.
48
Soogdiere en voëls word ook slagoffers van die ontbossing en daar word elke jaar ten minste een spesie van soogdiere en een van voëls uitgewis.
Ongelukkig is daar nog onsekerheid oor die proses van uitwissing en daarom kan wetenskaplikes nie 'n akkurate voorspelling maak oor die impak van ontbossing op die biodiversiteit nie.
49
Die meeste voorspellings oor die biodiversiteitsverlies wat gepaard gaan met ontbossing, word op spesifieke spesies in sekere areas gedoen en dan word daar algemeen aanvaar dat indien die woude verminder, sal die spesies wat daar voorkom ook verminder.
50
Tog is baie van hierdie veronderstellings al verkeerd bewys en 'n verlies in habitat beteken nie noodwendig dat die spesie op groot skaal gaan uitsterf nie.
50
'n Onlangse studie van die Brasiliaanse
Amasone-reënwoud
voorspel dat ten spyte daarvan dat daar nog nie tot op hede so baie spesies uitgewis is nie, gaan ten minste 90% van die voorspelde uitwissings binne die volgende 40 jaar plaasvind.
51
Ekonomiese impak
wysig
wysig bron
Die nywerhede wat geskoei is op produkte uit die woude vorm 'n groot deel van die ekonomie van beide ontwikkelde en ontwikkelende lande. Korttermyn winste wat gemaak word wanneer woude ontbos word en vir landbougrond gebruik word, of die oorbenutting van houtprodukte lei ongelukkig tot 'n verlies van inkomste oor die langtermyn.
Wes-Afrika
Madagaskar
en
Suidoos-Asië
en baie ander streke het 'n laer inkomste weens die vermindering in houtprodukte. Ontwettige houtkappery het jaarliks 'n groot verlies aan inkomste vir die nasionale ekonomie van baie lande tot gevolg.
52
Snelgroeiende ekonomie het ook 'n effek op ontbossing. Die meeste druk kom van die wêreld se ontwikkelende lande wie se bevolkings die vinnigste groei. Daarmee saam het hulle ook 'n vinnige ekonomiese (industriële) groeikoers.
53
Wanneer 'n bevolking groei, is daar nuwe huise, gemeenskappe en woongebiede. Om al hierdie gebiede met mekaar te verbind is  nuwe paaie nodig. Paaie op die platteland bevorder ekonomiese ontwikkeling, maar dit sorg ook vir ontbossing.
53
Ongeveer 90% van die ontbossing in die Amasone-reënwoud het plaasgevind in die 100
km paaie wat in die woud is.
54
Die
Europese Unie
is een van die grootste invoerders van produkte wat gemaak word uit onwettige ontbossing.
55
Historiese oorsake
wysig
wysig bron
Artefakte uit die
Neolitikum
: byle, beitels en poleerwerktuie.
Eens op 'n tyd het reënwoude 14% van die aarde se landoppervlakte bedek; nou bedek dit bloot 6% daarvan en kundiges voorspel dat die laaste bestaande reënwoude binne 40 jaar heeltemal uitgewis sal wees.
56
Ontbossing op 'n klein skaal is deur sommige gemeenskappe gedoen tienduisende jare voordat die beskawing begin het.
57
Die eerste bewys van ontbossing word gevind in die Mesolitiese tydperk.
58
In daardie jare was die enigste manier om te ontbos, deur die woud aan die brand te steek. Die Mesolitiese kossoekers het vuur gebruik om openinge te maak waar
edelherte
en bosvarke kon deurkom.
In die
Neolitikum
is daar intensiewe ontbossing gedoen om plek te maak vir landboubedrywighede.
59
60
Daar word ook voorbeelde van ontbossing gevind in die
Minoïese beskawing
. Die omringende dele van die paleis van
Knossos
is intensief ontbos in die
Bronstydperk
61
'n Kaalgestroopte
Paaseiland
Oor die afgelope paar honderd jaar het
Paaseiland
ernstige probleme ondervind met
erosie
. Dit is vererger deur landboubedrywighede en ontbossing.
62
Jared Diamond
gee 'n uitstekende beskrywing van die ineenstorting an die antieke inwoners van Paaseiland in sy boek
Collapse
.  Dit wil voorkom asof die verdwyning van die bome op die eiland saamval met die agteruitgang van die beskawing in die 17e en 18e eeu. Hy skryf hierdie ondergang toe aan ontbossing en die oorbenutting van alle hulpbronne.
63
64
'n Deel van die probleem van uitgebreide ontbossing is dat baie stede in die woude gebou is sodat hout, vir bouwerk, skeepsbou en die vure van pottebakkers, maklik beskikbaar kon wees. Indien ontbossing plaasvind sonder om weer nuwe bome te plant, raak die inheemse hout al hoe skaarser en moeiliker om in die hande te kry. Dikwels het die mense weggetrek en die verlate stede het agtergebly. Dit het dikwels in antieke Klein-Asië gebeur.
Omdat die grootste gedeelte van die bevolking afhanklik was van landbou, is daar oral bome afgekap om plek te maak vir veeboere en die aanplant van gewasse. Daar is tog van die bome agtergelaat om te gebruik vir vuurmaakhout, die vrugte daarvan te pluk en om 'n gebied te laat waar bosvarke aangetref word. Die edelstand het ook hulle eie jaggebiede beskerm en op daardie manier is van die woude beskerm.
Ontbossing van Brasilië se Atlantiese woud, 1820–1825
Vanaf 1100 tot 1500 n.C. het ontbossing op groot skaal in
Wes-Europa
plaasgevind omdat die menslike bevolking al hoe meer geword het. Europese vlooteienaars het sedert die 15e eeu baie van die woude uitgeroei om die hout te gebruik vir die bou van houtskepe. In Spanje het seerowery ook gelei tot baie bome wat afgekap is. Dit het weer veroorsaak dat Spanje se ekonomie ná die ontdekking van Amerika deur
Christopher Columbus
verswak het. Die ekonomie het staatgemaak op die bedrywighede van die koloniste. Van hierdie bedrywighede was plundering, mynbou, veeboerdery, plantasies en ruilhandel.
Die enorme gebruik van houtskool op industriële skaal in die vroeë moderne Europa en Engeland het ook bygedra tot hewige ontbossing. Engeland het hul visier gerig op die onbeskadigde woude in
Nieu-Engeland
vir hout om skepe vir die vloot te bou, omdat die meeste woude in Engeland uitgeroei is om houtskool te maak. Vir die hele skeepsvloot van Nelson se Koninklike Vloot wat deel was van die slag van Trafalgar (1805), is daar 6
000 volwasse eikebome gebruik om die skepe mee te bou.
Tempo van ontbossing
wysig
wysig bron
Die afkap-en-brand-metode word toegepas om plek te maak vir landbougrond. Rondônia, wes
Brasilië
Die tempo van wêreldwye ontbossing
65
het vinnig toegeneem sedert 1852.
66
67
Daar word bereken ongeveer die helte van die aarde se volgroeide tropiese woude —tussen 7.5 miljoen en 8 miljoen km
van die oorspronklike 15 miljoen tot 16 miljoen km
wat tot 1947 groot dele van die aarde bedek het,
68
—is nou vernietig.
69
70
Sommige wetenskaplikes het voorspel dat indien daar nie drastiese maatreëls getref word nie, daar teen 2030 net  10% sal oorbly
66
70
met nog 10% in 'n baie swak toestand.
66
80% sal verlore wees en daarmee saam honderde duisende spesies wat onvervangbaar is.
66
Die beramings met betrekking tot die omvang van tropiese ontbossing wissel.
71
72
Wetenskaplikes beraam dat een vyfde van die wêreld se tropiese reënwoude tussen 1960 en 1990 vernietig is. Hulle beweer dat reënwoude 60 jaar gelede 14% van die aarde se grondoppervlakte beslaan het, maar nou is dit bloot 5-7%. Verder meen hulle dat al die tropiese woude teen die middel van die 21ste eeu totaal vernietig sal wees.
73
'n Analise van satellietbeelde wat in 2002 gedoen is, doen aan die hand dat die tempo van ontbossing in die vogtige trope (ongeveer 5.8 miljoen hektaar per jaar) rofweg 23% laer is as wat algemeen geglo is.
74
Aan die ander kant het 'n nuwe analise van satellietbeelde openbaar dat die ontbossing van die Amasonereënwoud twee keer vinniger gebeur as wat wetenskaplikes voorheen voorspel het.
75
76
'n Satellietfoto van
Haïti
se grens met die
Dominikaanse Republiek
(regs) wys die oormatige ontbossing aan die kant van Haïti
'n 2005 verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie (VLO) bereken dat, al verminder die aarde se totale woudarea met 13 miljoen hektaar per jaar, die wêreldwye tempo waarteen ontbossing plaasvind onlangs begin afneem het.
77
78
Tog is daar ander wat meen dat reënwoude tans teen 'n snelgroeiende pas vernietig word.
79
Die Reënwoudstigting is van mening dat: "Die VN se statistiek gebaseer is op die definisie van 'n woud as 'n area met net 10% boombedekking. Dit sal dus areas insluit soos savannas en erg-beskadigde woude."
80
Ander kritici van die VLO se data wys daarop dat hulle ook nie onderskeid tref tussen tipes woude nie.
81
Voorts sê hulle dat hierdie inligting gebaseer is op data wat verskaf is deur verskillende individuele lande se bosboudepartemente
82
wat nie tred hou met nie-amptelike bedrywighede soos die onwettige afkap van bome nie.
83
Ten spyte van hierdie onsekerhede, stem almal saam dat die vernietiging van die reënwoude 'n belangrike omgewingskwessie is wat aandag verdien. Tot soveel as 90% van
Wes-Afrika
se reënwoude aan die kus het sedert 1900 verdwyn.
84
In
Suid-Asië
is byna 88% van die reënwoude vernietig.
85
Die meeste van dit wat oorbly van die wêreld se reënwoude is in die
Amasone-kom
, waar die Amasone-reënwoud ongeveer 4 miljoen vierkante kilometer bedek.
86
Die streke waar die meeste tropiese ontbossing tussen 2000 en 2005 plaasgevind het, is
Sentraal-Amerika
wat elke jaar 1.3% van sy woude verloor. Tropiese
Asië
is ook op die lys.
80
In
Sentraal-Amerika
is twee derdes van die tropiese woude in weiveld verander sedert 1950 en 40% van al die gebied se reënwoude is in die laaste 40 jaar vernietig.
87
Brasilië
het 90–95% van sy Mata  Atlântica woud verloor.
88
Volgens 'n studie wat in 2010 gedoen is, het
Paraguay
15.000 hektaar se semi-reënwoude in 'n tydperk van twee maande verloor.
89
Paraguay
se parlement het in 2009 geweier om wetgewing daar te stel om die afkap van natuurlike woude heeltemal stop te sit.
Ontbossing by die Pakke Tierreservaat in Indië
Madagaskar
het 90% van sy oostelike reënwoude verloor.
90
91
Sedert 2007, is daar minder as 1% van
Haïti
se woude oor.
92
Meksiko
Indië
, die
Filippyne
Indonesië
Thailand
Mianmar
Maleisië
Bangladesj
China
Sri Lanka
Laos
Nigerië
Demokratiese Republiek van die Kongo
Liberië
Guinee
Ghana
en die
Ivoorkus
het groot gedeeltes van hulle reënwoude verloor.
93
94
Baie lande, veral
Brasilië
het ontbossing in hul land as 'n nasionale krisis verklaar.
95
96
Die
Wêreldnatuurlewefonds
(WWF) het in 'n katalogus sekere habitatte reg oor die wêreld geklassifiseer en gewys dat selfs in die ryk lande se woude, soos sekere dele van
Kanada
, byna die helfte van die woude of weg is, of versteur is.
Streke
wysig
wysig bron
Ontbossing verskil van land tot land.
Top tien mees bedreigde Woude (2011)
Bedreigde Woud
Streek
Oorblywende habitat
Oorwegende plantsoorte
Notas
Indo-Mianmar
Asië
Stille Oseaan
5%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Riviere, vloedvlaktes en moeraslande, mangrove woude.
Mianmar
Thailand
Laos
Viëtnam
Kambodja
Indië
97
Nieu-Kaledonië
Asië
Stille Oseaan
5%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Sien nota vir die gebied wat geraak word.
98
Sundaland
Asië
Stille Oseaan
7%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Westelike helte van die Indo-Maleisiese argipel insluitend suidelike
Borneo
en
Sumatra
99
Filippyne
Asië
Stille Oseaan
7%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Woude oor die hele land insluitend 7,100 eilande.
100
Atlantiese-woud
Suid-Amerika
8%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Woude langs
Brasilië
se Atlantiese kus strek tot by dele van
Paraguay
Argentinië
, en
Uruguay
101
Berge van Suidwes Sjina
Asië
8%
Gematigde konifeerbos
Sien nota vir die gebied wat geraak word.
102
Kalifornië
Floristic
Provinsie
Noord-Amerika
10%
Tropiese en subtropiese droë breëblaarwoudTropical
Sien nota vir die gebied wat geraak word.
103
Kuswoude van
Oos-Afrika
Afrika
10%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Mosambiek
Tanzanië
Kenia
Somalië
104
Madagaskar
en Indiese Oseaan eilande
Afrika
10%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woude
Madagaskar
Mauritius
, Reunion,
Seychelle
Comore-eilande
..
105
Oostelike Afromontane
Afrika
11%
Tropiese en subtropiese vogtige breëblaar woudds
Montane graslande
Uitgestrekte woude langs die oostelike kant van Afrika, van
Saoedi-Arabië
in die noorde tot
Zimbabwe
in die suide.
106
Tabelbron:
107
Kontrolering van ontbossing
wysig
wysig bron
Daar is verskeie betroubare en geskikte maniere om ontbossing te kontroleer en te verminder. Een metode is die visuele interpretasie van lug- en satellietfoto's. Dit is arbeidsintensief, maar 'n mens het nie hoëvlak-opleiding in rekenaarbeeldprosessering nodig nie.
54
Ontbossing word gewoonlik beoordeel aan die hand van die grootte van die gebied wat ontbos is op 'n spesifieke tydstip. Uit 'n omgewingsoogpunt sal 'n mens kyk na die skade wat aangerig is en die moontlike gevolge daarvan. Uit 'n bewaringsoogpunt sal daar eerder gefokus word op wyses om die woud te beskerm en ander moontlike grond beskikbaar te stel om die voortgesette ontbossing te stop.
54
35
Die bestuur van woude
wysig
wysig bron
Daar word al vir honderde jare gepoog om ontbossing te keer of die tempo daarvan te laat afneem, want dit is lank reeds bekend dat ontbossing groot omgewingsprobleme veroorsaak. Daar is selfs voorbeelde waar 'n hele samelewing in duie gestort het weens ontbossing. In die 17e en 18e eeu in Tokugawa,
Japan
108
het die
sjogoens
'n hoogs gesofistikeerde stelsel in plek geplaas om langtermynbeplanning te doen, en selfs ontbossing van vorige eeue om te keer. Hulle het houtprodukte met ander produkte vervang en ook land waarop vir geslagte lank geboer is, vir ander nuttighede te gebruik. In Duitsland in die 16e eeu het grondeienaars sekere reëls neergelê om die probleem van ontbossing te beperk.
In gebiede waar die beginsel van afkap-en-brand gebruik word, moet eerder afkap-en-verkool toegepas word. Dit is 'n metode om sogenaamde biochar te maak wat by die grond gevoeg kan word om die gronde se agteruitgang te beperk. Wanneer biochar met die
biomassa
gemeng word, verander dit in
terra preta
, 'n Portugese woord wat swart grond beteken. Dit is van die vrugbaarste tipes grond op die planeet, en die enigste grond wat in staat is om homself te regenereer.
Bamboes kan met groot sukses as brandstof gebruik word en kan voorkom dat hout daarvoor afgekap word.
109
Sommige lande stel maatreëls in plek om die hoeveelheid bome op aarde te vermeerder. China het in 1981 begin om 'n Nasionale
Boomplantdag
-woud te vestig en woude bedek nou weer 16,55% van China se grondgebied. Twee dekades gelede was dit bloot 12% wat met woude bedek was.
110
Die gebruik van
bamboes
as brandstof het baie voordele. Dit brand skoner as hout en omdat bamboes vinniger volwassenheid bereik as wat hout doen, word die ontbossing verminder want die voorraad kan vinniger aangevul word.
109
Aanplant van woude
wysig
wysig bron
In baie dele van die wêreld, veral in die Oos-Asiese lande, word die woude herstel deur weer bome aan te plant, maar daar word ook nuwe woude gevestig op plekke waar daar nie woude was nie.
111
Die hoeveelheid grondgebied met bome daarop het sodanig vermeerder dat dit nou 22 van die 50 lande met die grootste woude daarop is. Asië as geheel het 1 miljoen hektaar woude tussen 2000 en 2005 bygekry. Die tropiese woude in
El Salvador
het meer as 20% groter geword tussen 1992 en 2001. Indien hierdie stappe voortgesit word, word daar in 'n studie voorspel dat die woude wêreldwyd 10% meer sal wees teen 2050. Dit is 'n area so groot soos Indië.
112
In die
Volksrepubliek China
waar grootskaalse ontbossing reuse woude vernietig het, het die regering in die verlede vereis dat elke burger tussen die ouderdom van 11 en 60, wat in staat is om dit te doen, drie tot vyf bome jaarliks plant. Alternatiewelik kan hulle ook werk in woudgebiede. Die regering maak daarop aanspraak dat daar sedert 1982 ten minste een miljard bome in China geplant is. Deesdae word dit nie meer van burgers vereis nie, maar elke jaar op 12 Maart is dit 'n nasionale vakansiedag wat as Plantdag bekend staan. Daar is ook 'n projek begin wat bekend staan as die Groen Muur van China.  Daarmee wil die Sjinese die uitbreiding van die Gobi-woestyn stuit deur bome te plant. Ongelukkig is hierdie projek nie baie suksesvol nie omdat baie van die bome (soveel as 75%) gevrek het nadat dit aangeplant is. Sedert die 1970's het die woudgebiede in China 47 miljoen hektaar groter geword.
112
Die aantal bome wat aangeplant is, beloop min of meer 35 miljard.
113
In Westerse lande dring verbruikers toenemend aan dat hout op 'n volhoubare manier geoes moet word en houtprodukte op 'n volhoubare manier vervaardig moet word. Dit dwing eienaars van die woude en die bosboubedrywe om op verantwoordelike bestuur van die woude te fokus en om seker te maak die hout word volgens die regte prosedures geoes.
Verskeie omgewingsorganisasies soos die Wêreldnatuurfonds, Cool Earth en Greenpeace beywer hulle daarvoor om die woude te bewaar. Greenpeace het 'n wêreldkaart vrygestel waarop al die woude wat nog ongeskonde is aangedui word.
114
HIerdie inligting is ook op die Internet beskikbaar. Die Wêreld Hulpbron Instituut het 'n kaart vrygestel wat die hoeveelheid woude aandui voordat die mens ongeveer 8000 gelede op die aarde kom woon het, en hoeveel minder woude daar tans is.
115
HIerdie kaart dui ook aan hoeveel woude daar geskep moet word sodat die skade wat deur die mensdom aangerig is, herstel kan word.
Verwysings
wysig
wysig bron
SAFnet Dictionary|Definition For 'deforestation'
Kauppi, P. E.; Ausubel, J. H.; Fang, J.; Mather, A. S.; Sedjo, R. A.; Waggoner, P. E. (2006).
"Use Energy, Get Rich and Save the Planet"
The New York Times
, April 20, 2009
"Facts About Rainforests"
Geargiveer
22 Oktober 2015 op
Wayback Machine
UNFCCC (2007).
Burgonio, T.J. (3 Januarie 2008).
"WRM Bulletin Number 74"
Geargiveer
4 Oktober 2008 op
Wayback Machine
"Global Deforestation"
Geargiveer
15 Junie 2011 op
Wayback Machine
Alain Marcoux (August 2000).
Butler, Rhett A.
"Impact of Population and Poverty on Rainforests"
Jocelyn Stock, Andy Rochen.
Karen.
"The Double Edge of Globalization"
Butler, Rhett A.
"Human Threats to Rainforests—Economic Restructuring"
Susanna B. Hecht, Susan Kandel, Ileana Gomes, Nelson Cuellar and Herman Rosa (2006).
Pearce, David W (Desember 2001).
Erwin H Bulte; Mark Joenje; Hans G P Jansen (2000).
Butler, Rhett A. and Laurance, William F. (August 2008).
Rudel, T.K. 2005
"Tropical Forests: Regional Paths of Destruction and Regeneration in the Late 20th Century"
Columbia University Press
ISBN 0-231-13195-X
"NASA – Top Story – NASA DATA SHOWS DEFORESTATION AFFECTS CLIMATE"
Geargiveer
28 Junie 2009 op
Wayback Machine
"Massive deforestation threatens food security"
Geargiveer
18 Julie 2011 op
Wayback Machine
Deforestation
Geargiveer
13 Mei 2009 op
Wayback Machine
, ScienceDaily
Confirmed: Deforestation Plays Critical Climate Change Role
, ScienceDaily, 11 Mei 2007
Clearing Forests May Transform Local—and Global—Climate; Researchers are finding that massive deforestation may have a profound, and possibly catastrophic, impact on local weather
4 Maart 2013 Scientific American
Deforestation causes global warming
Geargiveer
5 Augustus 2009 op
Wayback Machine
, FAO
Philip M. Fearnside1 and William F. Laurance,
TROPICAL DEFORESTATION AND GREENHOUSE-GAS EMISSIONS
, Ecological Applications, Volume 14, Issue 4 (August 2004) pp. 982–986
"Fondation Chirac
» Deforestation and desertification"
Mumoki, Fiona.
I.C. Prentice.
"How can you save the rain forest"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 17 Mei 2008
. Besoek op
26 Februarie
2016
Broeker, Wallace S. (2006).
Moran, Emilio F. (1993).
R Defries, F Achard, S Brown, M Herold, D Murdiyarso, B Schlamadinger, C Desouzajr (2007).
"Underlying Causes of Deforestation"
Geargiveer
11 April 2001 op
Wayback Machine
Daniel Rogge.
China's floods: Is deforestation to blame?
Hongchang, Wang (1998-01-01).
Sten Nilsson,
Do We Have Enough Forests?
Geargiveer
7 Junie 2019 op
Wayback Machine
, American Institute of Biological Sciences, Maart 2001
Sahney, S., Benton, M.J. & Falcon-Lang, H.J. (2010).
"Rainforest collapse triggered Pennsylvanian tetrapod diversification in Euramerica"
(PDF)
Geology
38
(12):
1079–
1082.
doi
10.1130/G31182.1
{{
cite journal
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
Tropical rainforests – The tropical rainforest
, BBC
"Tropical Rainforest"
Geargiveer
2 Maart 2000 op
Wayback Machine
U.N. calls on Asian nations to end deforestation
Geargiveer
24 September 2015 op
Wayback Machine
, Reuters, 20 Junie 2008
"Rainforest Facts"
Tropical rainforests – Rainforest water and nutrient cycles
, BBC
Rhett A. Butler,
Primary rainforest richer in species than plantations, secondary forests
, mongabay.com, 2 Julie 2007
Rainforest Facts
Pimm Stuart L, Russell Gareth J, Gittleman John L, Brooks Thomas M (1995).
Timothy Charles Whitmore; Jeffrey Sayer; International Union for Conservation of Nature and Natural Resources.
Sohn, Emily.
"Destruction of Renewable Resources"
rainforests.mongabay.com
Kenneth Chomitz.
Ferraz, Silvio Frosini de Barros; Vettorazzi, Carlos Alberto; Theobald, David M. (2009).
"Stolen Goods: The EU’s complicity in illegal tropical deforestation"
(PDF).
Taylor, Leslie (2004).
Flannery, T (1994).
Brown, Tony (1997).
"hand tool: Neolithic tools"
"Neolithic Age from 4,000 BC to 2,200 BC or New Stone Age"
Geargiveer
4 Maart 2007 op
Wayback Machine
C. Michael Hogan. 2007.
"The Mystery of Easter Island"
Smithsonian Magazine
, 1 April 2007
"Historical Consequences of Deforestation: Easter Island"
Geargiveer
29 April 2009 op
Wayback Machine
"Jared Diamond, Easter Island's End"
Duke Press policy studies / Global deforestation and the nineteenth-century world economy / edited by Richard P. Tucker and J. F. Richards
E. O. Wilson, 2002,
The Future of Life
, Vintage
ISBN 0-679-76811-4
Map reveals extent of deforestation in tropical countries
, guardian.co.uk, 1 Jule 2008
Maycock, Paul F.
Deforestation
[dooie skakel]
Rainforest Facts
Geargiveer
22 Oktober 2015 op
Wayback Machine
Ron Nielsen,
The Little Green Handbook: Seven Trends Shaping the Future of Our Planet
, Picador, New York (2006)
ISBN 978-0-312-42581-4
Teja Tscharntke, Christoph Leuschner, Edzo Veldkamp, Heiko Faust, Edi Guhardja, eds. (2010).
Intergovernmental Panel on Climate Change (2000).
John F. Mongillo; Linda Zierdt-Warshaw (2000).
Achard Frederic, Eva Hugh D, Hans- , Stibig Jurgen, Mayaux Philippe (2002).
Jha, Alok.
Satellite images reveal Amazon forest shrinking faster
, csmonitor.com, 21 October 2005
"Pan-tropical Survey of Forest Cover Changes 1980–2000"
Committee On Forestry
Worldwatch: Wood Production and Deforestation Increase & Recent Content
Geargiveer
25 Oktober 2008 op
Wayback Machine
, Worldwatch Institute
Rhett A. Butler (16 November 2005).
The fear is that highly diverse habitats, such as tropical rainforest, are vanishing at a faster rate that is partly masked by the slower deforestation of less biodiverse, dry, open forests.
"Remote sensing versus self-reporting"
The World Bank estimates that 80% of logging operations are illegal in
Bolivia
and 42% in Colombia, while in Peru, illegal logging accounts for 80% of all logging activities.
"Forest Holocaust"
Geargiveer
22 April 2009 op
Wayback Machine
"Rainforests & Agriculture"
Geargiveer
30 September 2012 op
Wayback Machine
The Amazon Rainforest
, BBC, 14 Februarie 2003
John Revington.
"What is Deforestation?"
kids.mongabay.com
"Paraguay es principal deforestador del Chaco"
[dooie skakel]
IUCN – Three new sites inscribed on World Heritage List
Geargiveer
14 Januarie 2009 op
Wayback Machine
, 27 Junie 2007
"Madagascar's rainforest map"
Geargiveer
27 Maart 2009 op
Wayback Machine
"International Conference on Reforestation and Environmental Regeneration of Haiti"
Chart – Tropical Deforestation by Country & Region
Rainforest Destruction
. rainforestweb.org
Amazon deforestation rises sharply in 2007
, USATODAY.com, 24 Januarie 2008
Vidal, John (31 Mei 2005).
Indo-Burma
, Conservation International.
New Caledonia
, Conservation International.
Sundaland
, Conservation International.
Philippines
, Conservation International.
Atlantic Forest
, Conservation International.
Mountains of Southwest China
, Conservation International.
California Floristic Province
, Conservation International.
Coastal Forests of Eastern Africa
, Conservation International.
Madagascar & Indian Ocean Islands
, Conservation International.
Eastern Afromontane
, Conservation International.
The World's 10 Most Threatened Forest Hotspots
, Conservation International, 2 Februarie 2011.
Diamond, Jared
Collapse: How Societies Choose To Fail or Succeed
; Viking Press 2004, pp. 320–331
ISBN 0-14-311700-9
Rosenberg, Tina (2012-03-13).
John Gittings.
Foley Jonathan A; DeFries Ruth; Asner Gregory P; Barford Carol; et al. (2005).
James Owen,
"World's Forests Rebounding, Study Suggests"
National Geographic News, 13 November 2006
John Gittings,
"Battling China's deforestation"
, World News, 20 Maart 2001
"argiefkopie"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 27 Maart 2009
. Besoek op
27 Maart
2009
"Alternative thematic map by Howstuffworks; in pdf"
Geargiveer
11 Julie 2009 op
Wayback Machine
(PDF).
Eksterne skakels
wysig
wysig bron
Global map of deforestation based on Landsat data
Old-growth forest zones within the remaining world forests
EIA forest reports
: Ondersoeke na onwettige houtkappery.
EIA in the USA
Geargiveer
26 Februarie 2016 op
Wayback Machine
Verslae en inligting.
Cocaine destroys 4
m2 of rainforest per gram
The Guardian
"Avoided Deforestation" Plan Gains Support – Worldwatch Institute
Geargiveer
28 Julie 2011 op
Wayback Machine
OneWorld Tropical Forests Guide
Geargiveer
22 Julie 2011 op
Wayback Machine
Some Background Info to Deforestation and REDD+
General info on deforestation effects
Geargiveer
18 April 2021 op
Wayback Machine
In die media
Maart 14, 2007,
Independent Online
Destruction of forests in developing world 'out of control'
Geargiveer
17 Maart 2007 op
Wayback Machine
Pappas, S. (2013-11-14).
"Vanishing Forests: New Map Details Global Deforestation"
LiveScience.com
. TechMediaNetwork
Aanlyn rolprente
Kyk die Kanadese Nasionale Rolprentraad se dokumentêre film
Battle for the Trees
Forest in Crisis
Video oor onwettige ontbossing in Paraguay
Normdata
Nasionaal
Duitsland
Verenigde State
Frankryk
BnF-data
Tsjeggië
Letland
Israel
Ander
NARA
Ontsluit van "
Kategorie
Geologie
Versteekte kategorie:
AS1-onderhoud: meer as een naam
Ontbossing
Nuwe onderwerp