Wikipedia:Geselshoekie/Argief2020 - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wikipedia:Geselshoekie
Hierdie bladsy dien as 'n
argief
van ou besprekings.
Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie.
Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die
huidige besprekingsblad
Vraag: "Local content"?
How is "local content" judged? By article name or by content itself. For example, the article
Stoomlokomotief
, although a general artcile, has a definite South African flavour - it has 10 images that can be assigned to a particular country. Of these, 6 show South African engines, 3 show British steam engines and one shows a German steam engine.
Martinvl
kontak
19:20, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Martinvl
. Ek glo dit het absoluut alles te make met die kategorisering.
Let maar op die onderwerpe
onder Afrikaans. Boeke. Waar is
Droomwa
en
Moltrein
? Aha - "Kategorie:Afrikaanse boeke", nie die gewenste "Kategorie:Afrikaanse roman" nie. Maar wag, hoe op dees aarde beland MXit daar, asook die Belydenis van Belhar? Nou is ek in die war.
Suidpunt
kontak
19:59, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Suidpunt
: Dankie
Martinvl
kontak
21:37, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Walvis
Op die bladsy
walvis
word ons vertel van
seevarke
. As iemand weet wat 'n seevark is, skryf vir ons 'n artikel, asb.
JMK
kontak
15:49, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Volgens
en:Dolphin
is
sea pig
'n argaïese naam vir 'n dolfyn. Ek weet nie of dieselfde in Afrikaanse geld nie (in welke geval die toutologie uit ons artikel verwyder kan word). –
K175
skil 'n appeltjie
17:46, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Vanuit die
Oxford English Dictionary
kry ek:
sea-pig
n. (a) a marine mammal; esp. a porpoise or dolphin; (b) the tunny.
1826 M. R. Mitford Our Village (1863) II. 387 Driving about an unhappy porpoise in a wheel~barrow, and showing it at two-pence a head, under the name of a sea pig.
1879 E. P. Wright Animal Life 130 [Dolphins] are sometimes also called ‘sea-pigs’."
Martinvl
kontak
19:07, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Die
Ensiklopedie van suidelike Afrika
, bl 449, meld dat seevarke lede van die familie
Delphinidae
is. Hierdie is iets wat ek sal opvolg met my verbintenis by die SAIAB. Groete!
Oesjaar
kontak
19:41, 1 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!
Vir diegene op Facebook en wat belang stel, sien gerus die groep
Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!
op
. Daar word gereeld skakels na die Afrikaanse Wikipedia gedeel in vrae en antwoorde oor Afrikaanse woorde en uitdrukkings. –
K175
skil 'n appeltjie
12:13, 2 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Haai dis oulik, net jammer ek het niks met sosiale media ("satansmedia") te doen nie, maar baie oulike idee en bevorderlik vir ons geliefde taal!
Charlielv55
kontak
13:11, 2 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Toepolef Tu-16
Gemeenskap, dit lyk vir my asof die grysstof hierbo nog met vakansie is... Uit die Engelse artikel:
, wat sal die volgende in Afrikaans wees:
...could carry AS-1 missiles over a combat radius of 1,800 km (1,100 mi)
Groete!
Oesjaar
kontak
16:49, 2 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Antwoord
...kon AS-1 missiele binne 'n gevegsradius van 1 800 km (1 100 myl) lewer/afvuur
--
Aliwal2012
kontak
08:04, 3 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Algemene Raadsvergadering WikimediaZA 2019: 'n paar vrae
Ek kom af op
die volgende blad
, en het 'n paar vrae.
In future only South African chapter members will be eligible for travel grants/bursaries. This is for logistical reasons.
Met ander woorde, gestel mens wil hierdie jaar op 'n Wikimania-trippie Thailand toe gaan, dan is dit mooi woorde om te sê "gaan sny Oom Jaap se gras langsaan vir sakgeld"? Tensy jy nou lid is van WikimediaZA? Dit maak seker sin, want die uitgawesyfers van vyf-nulle het my nogal groot laat skrik...
Maar, verneem ek, om lidmaatskap te verkry, pro annum, is R30,00. Lewenslank is R300,00 in die sentebussie. Dus - gooi jou paar sentjies in die melkblik, en melk die koei binne perke?
Dan is die Afrikaanse Wikipedia so belangrik, dat aan ons 'n hele opskriffie toegewy is.
Solidarity (South African Trade Union) Afrikaans Wiki page will be nominated for deletion if not remedied, as they are using their page for marketing purposes and it sets a bad example so as to the functioning and place of Wikipedia.
Decision to establish a formal Afrikaans Wikipedia Committee who can formally represent the community.
Growing at 15 articles a day and picking up speed
Too many matters for Wikimedia South Africa, Afrikaans Wikipedia needs to stand in its own
Nomination to support Deon as the Director of Afrikaans Wikipedia. Seconded by Andy.
Pending a voting process within Afrikaans Wikipedia.
My kommentaar, voorstelle en vrae aan die begenoemde:
Standaardprosedure.
Bots met vraagstuk 4. Waarom is 'n komitee nodig as ons buitendien op eie houtjie vuur moet maak?
"Hand aan hand, deur die groen koringlande, sal ons saam in die skemer indwaal..."
Aggenee
, beteken dit nou ons moet weer aan ons eie droë genadebrood kou soos voor 2015? Nou maar ja, dan moet ons weer daardie swartboekietjie uithaal. Juffrou De Kock, ek dikteer - skryf asseblief: (roggel) "Sehr geehrte Wikimedia Deutschland, Wir brauchen ihren Hilfe, schnell und sofort, es ist ein Notfall!" (lugsirene skreeu) "Ich wiederhole, es ist ein Notfall!"
Ek glo aan eenvoud: 1-2-3-Skêr-Of-Klip. Ons is seker min genoeg?
Dan het ek nog een lastige vragie. Ek het met aandag
die voorlegging
bekyk en merk op b. 6/11 'n allemintige lysie WikimediaZA-vennote. Onder andere die Goethe Institut, die Sweedse Ambassade, ens. Maar, soos alles in die lewe, "there is no such thing as a free lunch" en aangesien enige verhouding wedersydse betrekkinge smee, vra ek my af wat hierdie organisasies, wat so mildelik gee, in ruil soek? Wil die Goethe Institut hê, in ruil vir (nou wat op aarde kan hulle die Afrikaanse Wikipedia bied wat ons in elk geval nie reeds vertaal het nie?) dat ons meer aandag aan die Duitse taal,
Duits as vreemde taal
ens. sal skenk? En die Sweedse ambassade? Meer artikels oor Sweedse suurkool?
Suidpunt
kontak
22:04, 2 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, ek gaan oor die volgende week of twee oor 'n paar dinge uit die notule hier praat en 'n strategie vasmaak vorentoe. Ons is eintlik alleen maar ek is 100% positief dat met al die vaardighede, kennis en ondervinding binne die Afrikaanse gemeenskap ons 'n Wêreldklas Ensiklopedie (nie blog/skindertydskrif/bemarkingsblad nie) daar gaan stel! Ons moet net reg fokus! Groete!
Oesjaar
kontak
20:02, 5 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Taal(versorging)
Ek werk soms teen wat ek voel 'n duiselingwekkende spoed is (subjektief... miskien?) - derhalwe vra ek om verskoning indien my taalgebruik nie altyd heeltemal op standaard is nie. (bv. "by" die ----kollege gestudeer' in pleks van die korrekte Afrikaans "aan" [dankie
Burgert
!]). Dankie die Here mens kan altyd iets leer en nie aanhou foute herhaal soos 'n robot nie. Groete,
Charlielv55
kontak
23:41, 2 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Charlie, neem jou tyd en voltooi die artikels op jou gemak. Daar is nie 'n prys te wen vir x aantal artikels per week/maand/jaar nie. Kwaliteit voor kwantiteit ten alle tye. Ek het dit al voorheen genoem, jy laai 'n paar artikels tegelykertyd om aan te werk. Laai net een op 'n slag, moenie jouself onder druk plaas nie! Almal maak foute, Wikipedia is 'n spansport... Groete!
Oesjaar
kontak
04:47, 3 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ja-nee, en almal maak maar foute. Moenie dink jy hoef elke keer 'n perfekte artikel te lewer nie.
Burgert
(kontak)
06:54, 3 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ja-ja, ek moet bieg: Ek het eergister 'n paar van Charlie se aanstuur-plekhouers "gedelete"! .....Dit was nie om jou te frustreer daarmee nie, ek wou net sien of dit petrol op jou vuur is vir jou vele artikels-in-wording, hêhêhê! Vrede, --
Aliwal2012
07:54, 3 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie julle, stadig maar seker wen dikwels die beker;)
Charlielv55
11:16, 3 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
My elfde jaar hier!
Gemeenskap, vandag is my elfde jaar hier op Wikipedia! Hierdie laaste jaar is spesiaal omrede ek my eerste voorbladartikel geskryf het! Groete!
Oesjaar
05:33, 6 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Baie geluk
Oesjaar
Charlielv55
07:00, 7 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Meervoud van motor
Gemeenskap,
Petterual
het die meervoud van motor in die artikel
Turboskroef
van motors na motore verander. Ek is nie 'n taalkundige nie, nog altyd gesê ek is 'n tegnokraat! In elk geval, ek die HAT oopgemaak wat bevesig dat die meervoud van motor motors is wanneer na 'n voertuig verwys word maar waar die woord motor gebruik word en na 'n masjien verwys bv elektriesemotor, dan is die meervoud motore! Hierdie fout het ek meer as net eenkeer gedoen....ai! Neem kennis asb! Groete!
Oesjaar
04:47, 7 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:ธนบดั เมืองโคตร
Gemeenskap, bogenoemde gebruiker skep daagliks 'n hele klompie artikels en dit is duidelik dat hy 'n vertaler gebruik. Die inhoud van die artikels handel hoofsaaklik oor persone, wat, en laat ons maar eerlik wees, 'n klompie gate toemaak op die Afrikaanse Wiki. Maar vertalers bring hulle eie uitdagings en ek het reeds 'n klompie van sy artikels verbeter. Van julle het ook gehelp hier. Ek kan eenvoudig nie alles van hom kontroleer nie. Hoe gaan ons hom hanteer, vra dat hy bv. net twee 'n dag skep sodat ons tyd kan kry om dit na te gaan? Die Engelse Wiki laat geen vertalings toe gedoen deur masjiene nie. Julle insae asb! Groete!
Oesjaar
05:12, 7 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- Hy doen goeie werk en eintlik is sy vertalings nie van so 'n swak gehalte dat dit 'n hindernis is nie, ek bedank hom altyd vir sy artikels, want ons het regtig ouens soos hy bitterlik nodig. Ek stem 100% saam oor jou voorstel betreffende twee artikels per dag.
Charlielv55
06:57, 7 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Stem saam. Hy kan self ook maar die goed deeglik deurlees, sodat ander mense dit nie vir hom hoef reg te maak nie.
Burgert
13:06, 7 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- Ek het ook sy hoë uitset van nuwe artikels opgemerk, maar sy vertalings is van 'n aanvaarbare gehalte. Ek stel voor 5 per dag, ons ander bydraers sal genoeg tyd hê om dit af te merk as gepatrolleer. Sy/haar gebruikersnaam is bietjie vreemd? Groete! --
Aliwal2012
15:01, 7 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hy het ondertussen sy gebruikersnaam verander na 'n meer leesbare
Thanabordee Muangkod
, --
Aliwal2012
kontak
11:49, 19 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Improving the translation support for Afrikaans
Content translation
has been successful in supporting the translation process on many Wikipedia communities, and we want to help additional wikis with potential to grow using translation as part of
a new initiative
Content translation facilitates the creation of Wikipedia articles by translating content from other languages. It has been used already to create more than half a million articles. In addition, the tool provides
mechanisms to encourage the creation of good quality content
, preventing the publication of lightly edited machine translations. In general, our analysis shows that the translations produced are
less likely to be deleted than the articles started from scratch
Afrikaans editors have used Content translation to create more than two hundred articles last year. Given the size of the editing community, we think that there is potential to use translation to create more articles, expand existing ones, and attract new editors that learn how to make productive edits. In order to achieve this goal, we want to collaborate with you to make Content translation more visible in the Afrikaans and support new ways to translate.
As a first step, during the next weeks we plan to enable Content translation by default on Afrikaans Wikipedia. That will make it easy for users to discover the tool
through several entry points
. Users not interested in translation will still be able to disable it from their preferences.
Please feel free to share any comment in this conversation thread.
Thanks! --
Pginer-WMF
kontak
17:16, 13 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
The fun part for is the translation work... I will never use a translator. Groete!
Oesjaar
kontak
17:33, 13 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Great stuff. Thanks for the heads-up.
Dumbassman
kontak
17:50, 13 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Pginer-WMF
Thanks for your note here and letting us know. Just an idea: If the WMF wants to support smaller wikis, they must get rid of the compact list of languages, in my own opinion. This automatic setting for all readers worldwide discriminates against all the small projects. They don't see the smaller languages, though the space on the left side is big enough and not fully used anymore. The WMF thinks all users say for their browsers which languages they prefer, but not all people know how to set this. In fact, nobody wants to set this on all computers/smartphones they use. My browser don't know which languages I prefer, and I prefer more than the automatic nine. South Africa e.g. has eleven official languages and I don't want to speak about countries like India or Indonesia. Because of this compact list of languages there is no good reason to link new articles on Wikidata anymore or to mark featured articles there, because no reader on the big wikis will see this. For most readers on the English or German wikis the Afrikaans Wikipedia doesn't exist anymore, in fact it's now fully useless for them. I thought space isn't that limited on Wikipedia, so I don't understand this. This compact list of languages annoys me for years and I guess, I'm not alone! Sorry for writing this emotional critic, but I want to use this chance now. Groete. --
SpesBona
22:35, 13 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Thanks for the comments, SpesBona. Your comments seem related to
this question
from the Compact Language links project (which is independent to Content Translation). One of the ideas behind Compact Language list is that links to smaller languages are often (a) buried in the middle of a long list (since content available in small languages is often available in many other wikis of a larger size) or (b) not present (since small languages have less content available), which can result in making it hard to find them since users have to make the same effort every single time. With Compact language links, once you select one language (small or large), it will become easier to pick the next time. Note that the top priority languages are those the user accessed previously. The effect on small languages was a valid concern, and
the team measured the impact in navigation
across languages, which was increased for large and small languages. If you have any suggestion, you are welcome to provide feedback
in the discussion page for the project
. The only change Content Translation makes in this area is to add grey link for some languages you may want to translate (i.e., languages where the content is missing, and you are likely to use). This helps to identify opportunities to translate content. For example, if you contributed to a small language, it would help you to identify when an article is missing in that language. --
Pginer-WMF
kontak
12:30, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Pginer-WMF
Two problems in my opinion:
1) You get the
standard
translation (word-for-word) and then you get the
real
translation: idea-centred. I prefer the latter - for South Africans and Namibians (our biggest reader base) need even more background information. You have to think for the overall language community as well. I mean, it is okay if you are living in the middle of Catalonia and are surrounded by monuments, books, culture which one would regard as "general knowledge" - in South Africa, this context is completely absent and unknown. Furthermore, not all the words or phrases may necessarily have the correct nuances for the correct context.
2) How could I check if the translation is correct? Let's take Catalan, you mother language, for example. The only way would be to KNOW the language in the first place. My artillery only consists of
Routledge - Catalan: A Comprehensive Grammar
(2002) and a few bananas. Oh, by the way - as I'm studying the language at the moment, I only have one question or two: do you really need to know Spanish if you are studying Catalan? Or could you just skip it? I see Paracel63 of the Swedish Wikipedia only knows English and French. That said: do the Catalans use a lot of loanwords from French?
Suidpunt
kontak
09:10, 14 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
thanks for the feedback, Suidpunt. Regarding 1), Content Translation is intended to help create an initial version for the article. Users can translate as much or little as the need form the original content, and the articles are expected to evolve independently. As the user creates such first version (and when other editors contribute later) content will be edited to incorporate the community perspectives and nuances. Regarding 2) creating a translation requires the knowledge of both source and target languages, reviewers would be focused on the target article. That is, if I create an article from Catalan to Afrikaans (let's imagine I knew the language), you can review the resulting article as any other article created from scratch. Since it would be connected to other Wikipedia languages you may check the English version references on the topic for additional validation. Regarding your question on learning Catalan, it is a language evolved from latin so it has connections with related languages (Spanish, Italian, French), so knowing one may help understanding another one, but there are no dependencies among them. --
Pginer-WMF
kontak
12:30, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hi,
Pginer-WMF
. I find some articles that were created with the Content translation tool to be horrible and some to be amazingly good quality. The only reason for this that I can think of is that some use Google Translate and some use Yandex.Translate. I find Google's to be way more reliable. Is there some way we can make new users aware of this? Especially in cases where people just publish the article and doesn't proofread it. Your thoughts?
Dumbassman
kontak
12:32, 20 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hi
Dumbassman
. Thanks for taking a look to the articles. Maybe you can share a few examples of both high and low quality content created with the tool. The
translation debugger
(example in the attached video). This can help to identify patterns about both the translation engine used and the percentage of modifications to the initial machine translation. Based on that we can decide whether to adjust
the machine translation limits
, adjust the translation services we expose, or both.
Thanks --
Pginer-WMF
kontak
10:52, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hi
Pginer-WMF
, so here are two articles created by bots today. High-quality
Arthur Tedder
; low quality
Berekenbaarheidsteorie
. Will definitely check out the debugger! Cheers
Dumbassman
kontak
14:14, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Note that above I was talking about articles created with Content Translation. You can check those from
the Recent Changes page
. Bot articles are not created with content translation and won't show in the translation debugger tool (you can check the "contenttranslation" tag from the history view of any article to fin out whether it was created with Content Translation). --
Pginer-WMF
kontak
08:18, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hello everyone. We have enabled
Content translation
by default on Afrikaans Wikipedia this week.
Now it is easy for users to discover the tool
through several entry points
. However, users not interested in translation can disable it
from their preferences
We expect this will help translators to create more content of good quality in Afrikaans. We’ll be monitoring
the statistics for Afrikaans
as well as
the list of articles created
with the tool. Content translation provides
quality control mechanisms
to prevent the abuse of machine translation and the limits can be adjusted based on the needs of each community. Please, feel free to share your impressions about the content created and how the tool works for the community. This feedback is essential to improve the tool to better support your needs.
Thanks! --
Pginer-WMF
kontak
12:51, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Oor hoenders en wurms
Dis wat Wikipedia so esiklopedies maak: "Jack Parow het 11 hoenders, waarvan een se naam Tinker-Bell is. Hierdie hoenders word ingevoerde wurms van Switserland gevoer."
Burgert
(kontak)
19:56, 13 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Tinker-Bell? Wat van Blaartjie, Aroenoe, Piet, Swartjie, Hannes, Gina, Bekkie, Orankie (uitgespreek: Oraainkie) of Boksie... Ook maar kleuter, elkeen kry 'n kuikentjie present tydens 'n uitstappie, en later laai almal hulle "geskenke" by jou af. Ek het self hordes van die goed gehad, en dank die hemel hulle is almal weg. Die voer is 'n lokmiddel vir al wat knaagdier is. Jou tuin bestaan nie meer nie; elke grassprietjie word opgevreet (lees: ZEF!). Die heining word met draad toegekamp (ZEF!). Daar is net een ding wat erger is: eende. Ingevoerde Spaanse vliegval gebruik, en die hondestrontreuk wat jou soggens 'n snotklap gee, het seker nou al 1
200 brommers en vlieë na hul dood gestuur. Selfs die bure het geen las meer van vlieë nie, want hulle is almal by jou! Van die larwes broei sommer in die sak uit soos die wyfies disintregreer, maar vorder nie verder nie. Of wat van daardie dik wit bolwurms wat steunend uit die mis... Ek - op 'n plaas bly? Vergeet dit!
Suidpunt
kontak
20:27, 13 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Padda
Hallo almal, wat is die Engels
toad
in Afrikaans? Volgens die HAT verwys
padda
na die familie
Ranidae
wat nie sg.
toads
insluit nie. Sien ook die bespreking by
. –
K175
skil 'n appeltjie
08:44, 14 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Sien
Leemte in die taal
. Nederlands het dieselfde probleem. Duits ken wel Kröte.
Suidpunt
kontak
09:24, 14 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Toad
is 'n skurwepadda, van die familie Bufonidae.
Burgert
(kontak)
12:49, 14 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
en
Burgert Behr
Baie dankie. Dit was dus al die tyd nie 'n voorbeeld van taalleemte nie! –
K175
skil 'n appeltjie
07:36, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Beleid vir konsekwente artikeluitleg
Hallo almal. Lees asseblief
vir konteks. Kan ons 'n beleid skep vir 'n standaarduitleg vir ons artikels? Ek stel voor dat na die gewone inhoud, moet die laaste opskrifte/afdelings die volgorde gebruik: Sien ook → Verwysings → Bronne → Eksterne skakels → Verdere leesstof → navigeerkassies soos
{{Huidige leiers van die G20|state=collapsed}}
→ vertalingnotas → Normdata → dan kategorieë heel onder.
(Kopie aangepas--Aliwal2012)
Wat dink julle? As julle nie saam stem nie, gee asseblief julle redes/voorstelle. Groete. -
Rooiratel
kontak
04:57, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink ons kan gerus na
en:Wikipedia:Manual of Style/Layout
verwys. Die Engelse projek het reeds baie mens-ure aan hierdie vraagstuk bestee. –
K175
skil 'n appeltjie
07:58, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Die volgorde hier bo lyk vir my goed.
Burgert
(kontak)
08:49, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Terwyl ons besig is, kan ons dalk ook sommer besluit oor waar om 'n verwysing na bv. die Engelse artikel te sit by vertaalde artikels? Ek hou nie van daardie sjabloon onderaan die blad nie en het dié verwysing altyd onder Eksterne skakels gesit omdat daar gewoonlik reeds so 'n hofie is en dit goed lyk daar. Dan hoef 'n mens nie 'n ekstra hofie net daarvoor te maak nie. Dit vind egter nie oral byval nie en daarom probeer ek om dit onder Bronne of so iets te gaan sit as ek onthou. Kan ons dit so doen, of het iemand 'n beter voorstel? (Net nie daai lelike sjabloon nie, asseblief
:) )
Burgert
(kontak)
09:05, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Verdere leesstof is soortgelyk aan Bronne(lys), dus moet dit bo Eksterne skakels wees. In voorbladartikels is natuurlik
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... die laaste sjabloon net bo die kategorie(ë). Maar let ook op
Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang
. Hoofouteurs van mooi/groot artikels geniet ook 'n soort vryheid, soos dit ook in die Duitse Wikipedia bekend is. Bv. verkies Burgert die Commons inlyn en ek sal dit nie wil verander nie. Dis sy goeie reg.
:) Groete. --
SpesBona
22:10, 15 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek hou ook van
en:Wikipedia:Manual of Style/Layout
. Nou oor die vertalings-nota/skakel... Ek hou nie daarvan om dit onder "Eksterne skakels" te sit nie, omdat dit nie 'n eksterne skakel is nie. En ek hou ook nie daarvan om dit onder "Bronne" te sit nie, want dit is eintlik nie 'n bron vir die feite nie, dit is net 'n bron van die vertaling. En ek stel voor ons plaas dit onder die opskrif "Notas". Dit maak vir my sin. Ek hou van die idee om 'n sjabloon te gebruik, want ons vertaal baie artikels, so dit spaar tyd. Maar ons hoef nie noodwendig die
{{en-vertaal}}
gebruik nie. -
Rooiratel
kontak
05:15, 16 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
'n Nuwe vertaalsjabloon
(Kopie aangepas)
Ek het 'n nuwe vertaalsjabloon geskep wat 'n mens kan gebruik en wat ek
{{
Vertaaluit
}}
genoem het. Dit lyk so:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die
Engelse Wikipedia
vertaal.
Dis eintlik net 'n aanpassing van die ou sjabloon
{{
Vertaalvanaf
}}
. Dit kan vir enige taal gebruik word:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die
Duitse Wikipedia
vertaal.
Burgert
(kontak)
06:25, 16 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het nie enige probleem met die uitleg van Burgert se artikels nie. Hy is langer hier betrokke as ek en skryf beide meer en beter artikels as ek. As 'n mens hier baie doen, het jy ook 'n soort vrye keuse hoe jy dit doen. My mening. Groete. --
SpesBona
06:38, 16 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Tye op Geselshoekie
Weet iemand dalk hoekom tye op dié blad Greenwichtyd is? Dit is sover ek kan sien die enigste blad waar dit gebeur. My tyd is reg gestel onder Voorkeure.
Burgert
(kontak)
07:02, 16 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dis nou 'n raaisel. Wat op aarde het Suid-Afrika met Greenwichtyd te doen? Julle het vanaf einde Maart tot einde Oktober diesselfde tydsone as Duitsland, maar ons twee het nooit dieselfde as Londen s'n. Groete. --
SpesBona
20:40, 16 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Het -- hoop nie dis onwettig nie -- iets by die Duitse geselsers gelos en toe maar weer uitgevee. Duitse tyd tans een uur agter ons s'n. Hulle word dus nie in hul Wikipedia by Greenwich ingedeel nie.
Mieliestronk
kontak
15:27, 19 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Wiki Loves Folklore
Hello Folks,
Wiki Loves Love is back again in 2020 iteration as
Wiki Loves Folklore
from 1 February, 2020 - 29 February, 2020. Join us to celebrate the local cultural heritage of your region with the theme of folklore in the international photography contest at
Wikimedia Commons
. Images, videos and audios representing different forms of folk cultures and new forms of heritage that haven’t otherwise been documented so far are welcome submissions in Wiki Loves Folklore. Learn more about the contest at
Meta-Wiki
and
Commons
Kind regards,
Wiki Loves Folklore International Team
Tulsi Bhagat
06:14, 18 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Voorkoming van onkunde
Waaroor ek nog altyd wonder, is hoe en of "feite" deur (naastenby se) kenners van onderwerpe gekontroleer word nadat dit in 'n artikel of selfs saadjie neergepen is. In die saadjie oor byewas, het ek gevind, is die leser nêrens die belangrikste ding vertel nie – dat byewas deur die bye gebruik word om heuningkoeke te bou waarin hulle heuning opgaar en waarin jongbye (hul papies of larwes) bewaar word. Pleks daarvan skryf die skrywer pront en alleen maar dat byewas deur bye gebruik word om hul KORWE te bou. Arrie nee, soos die oom altyd gesê het. Ek het die regstelling gedoen. Enige Afrikaanse webgebruiker wat iets van bye weet en slegs hierdie kort artikeltjie te sien gekry het, kon mos maklik net op grond daarvan besluit het: "Nee wat, bly maar weg van die Afrikaanse Wikipedia." Goed, die oes is groot en arbeiders min, maar om iets ensiklopedies te skryf, beteken darem dat die skrywer ten minste die basiese van sy onderwerp moet weet. Ek weet nie hoe dit afdwingbaar gemaak kan word nie. Maar anders sal daar altyd 'n etiket aan die Afrikaanse Wikipedia kleef: "Gebruik sy inligting, maar kontroleer eers elders of dit waar is."
Mieliestronk
kontak
15:04, 19 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ja swaer! Laat my dink aan 'n 1977-eerstejaarstudent (later my kollega) in Farmasie op Potch. Hy wou in ons praktiese klas die Engelse term "bees wax" vertaal na beeswaks (i.p.v. byewas soos hierbo)! Hoe stupid/onkundig kan mens wees? --
Aliwal2012
kontak
15:23, 19 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hahaha, ja. Sug. Maar ons almal kan maar dom wees, veral in ons prille jeug. Ek het self doer in 1957 in my eerste jaar (vak Afrikaans) onnadenkend buite op een van my aantekeningboeke geskryf: Diktatuurboek. Gelukkig het ou prof. Gerhard Beukes dit baie vermaaklik gevind. Moes eintlik Literatuurboek gewees het.
Mieliestronk
kontak
20:04, 19 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Aanval op Pearl Harbor
Gemeenskap, uit bogenoemde artikel skryf die outeur dat hulle die skepe weer vlot gemaak het. Die Engelse gebruik die woord
salvage
. Ek is seker daar is 'n Afrikaanse woord om skepe te herwin iets soos geberg... Ouderdom! Is daar dalk enige gebruiker wat meer wakkerder is as ek... Groete!
Oesjaar
kontak
06:52, 20 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk volgens die HAT of vlot maak 'n erkende uitdrukking is. Ek dink berging is iets anders.
Burgert
(kontak)
13:24, 20 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
WikimediaZA AGM 2019
Hallo almal, op die WikimediaZA AGM 2019 was die volgende bespreek in verband met Afrikaans:
Solidarity (South African Trade Union) Afrikaans Wiki page will be nominated for deletion if not remedied, as they are using their page for marketing purposes and it sets a bad example so as to the functioning and place of Wikipedia.
Decision to establish a formal Afrikaans Wikipedia Committee who can formally represent the community.
Too many matters for Wikimedia South Africa, Afrikaans Wikipedia needs to stand in its own
Nomination to support Deon as the Director of Afrikaans Wikipedia. Seconded by Andy. Pending a voting process within Afrikaans Wikipedia.
Oesjaar
Ek dink nie enigiets hiervan is al bespreek nie.
Dankie
Dumbassman
kontak
12:56, 20 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Jy is reg, die belangrikste ding egter is eers die Wêreldspektrum en Kennis kopiereg situasie wat op môreaand se Raadsvergadering gefinaliseer moet word wat ek al lankal aan Douglas gestuur het. Groete!
Oesjaar
kontak
12:59, 20 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Sodra Douglas op reageer, sal Spoor & Fischer se kopieregkenners met hom in verbinding tree in hierdie verband. Ons wag op 'n spoedige reaksie sodat ons kan weet watter kant toe dit gaan.
Elana Barker
kontak
11:08, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek verstaan. Die eertse weergawe is opgestel, besig met proeflees. Onthou net asb, ons almal is vrywilligers en pas maar die dinge in tussen wer, familie ens. Groete!
Oesjaar
kontak
11:16, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Beeldvertaling
Hallo almal. Ek het die volgende bladsy geskep:
op versoek van Oesjaar. Ek dink dit sal goed wees om al die beelde wat ons gebruik en wil vertaal in een plek te sit om dit makliker te maak vir almal. Lekker dag almal. -
Rooiratel
kontak
05:33, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Bernard Montgomery
Gemeenskap, ek het
Gebruiker:Elana Barker
gevra om bogenoemde te vertaal. Sy het dit gedoen met 'n vertaler en daarna verbeteringe aangebring met die Visuele Redigeerder. Ek merk egter dat die sjabloon
Nowiki
baie deur die redigeerder gebruik is. Is daar enige rede daarvoor? Groete!
Oesjaar
kontak
14:06, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit maak die woorde heeltemal verkeerd. As die Engelse artikel sê "American school", maak hy dit
'
om dit kursief en tussen enkelaanhalings te sit. Dan lyk dit so: '
Amerikaanse skool
'.Die nowiki is om te voorkom dat die drie aanhalings langs mekaar dit vet maak. Weet nie hoekom nie.
Burgert
(kontak)
15:24, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
En om dit reg te maak, verwyder net neem ek aan? Groete!
Oesjaar
kontak
15:35, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Koddigste dinge kom na vore met sulke "vertalings". EK het selfs op 'n kol sit en grinnik oor ou Montgomery, net te erg.
Mieliestronk
kontak
15:55, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Elana Barker
, watse vertaler het jy gebruik? Groete!
Oesjaar
kontak
16:58, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek wonder wat sal gebeur as ons dieselfde artikel deur, sê, 5 vertalers laat vertaal...
Oesjaar
kontak
17:02, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Is daar enige vrywilliger wat groot artikel soos Bernard Montgomey met 'n paar vertalers vertaal en kyk wat dit oplewer... Groete!
Oesjaar
kontak
17:34, 21 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hallo almal,
Ek het Google Translate gebruik om dit stuk-stuk oor te vertaal. Om dit self te doen sou my net te lank neem. Ek het na die tyd die woordorde reggemaak, en soos Oesjaar noem van "school" het ek dit verander na "skool". Ek gebruik die visuele redigeerder. Ek sal gaan kyk op die ander redigeerder en die vreemde goed verwyder.
Elana Barker
kontak
06:39, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Elana Barker
Die vreemde goed kan deur 'n robot verwyder word. Dit is vir my wonderlik om te sien hoe ons stadig maar seker alle kennis in Afrikaans beskikbaar stel. –
K175
skil 'n appeltjie
06:42, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Arrienee tog, ai, die vreemde goed is nie geplant nie, maar gesaai oor die ganse akker. 'n Mens kies lukraak ses paragrawe in die artikel en vind 'n string goggas daarin, onder meer: Montgomery dring daarop aan om homself onmiddellik ná die begrafnis weer in sy werk te gooi (eina). Hy teken 'n gebeurlikheid wat destyds baie afgeleë gelyk het. Hy het sy persoonlike hoedanighede binne perke gehou wat hy lank genoeg gehad het. Albei van Monty se stiefseuns het uiteindelik die kolonel behaal. Totale onsinnighede. En die artikel verwys na Britse POWs pleks van Britse oorlogsgevangenes. Sulke goed. Sal veel makliker wees om van voor af met behulp van die menslike brein te vertaal. Vertaalprogramme, na my gevoele, kan nie die ou beproefde manier vervang nie. Nog lank nie.
Mieliestronk
kontak
02:00, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
Ek stem saam, Oom Mieliestronk. Rekenaarvertaling is nie die antwoord nie. –
K175
skil 'n appeltjie
06:58, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Sjoe, ek sal eerskomende week aandagtig hierdeur werk en alle lelike onsinnighede verwyder! Ai ek het gedink ek wen tyd, maar ek sien nou die stadige manier is maar die beste en enigste opsie!
Elana Barker
kontak
11:06, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Jy het ons oë oopgemaak met die gehalte van vertalers! Glo my! Groete!
Oesjaar
kontak
11:14, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Wêreldspektrum en Kennis
Gemeenskap, daar is 'n bietjie onsekerheid en dus verskille tussen Maroela Media en WikimediaZA oor die vertolking van die Kopieregwetgewing van Suid-Afrika. Dit beïnvloed die gebruik van bogenoemde twee bronne in 'n woord-vir-woordgebruik daarvan. Na 'n WikimediaZA-raadsvergadering gisteraand en 'n gesprek met Susan Lombaard, HUB van Maroela Media, vanoggend gaan die direkte kopieëring van die twee tydskrifte tydelik gestaak word totdat die regsaspekte uitgeklaar is.
Ek kan net bevestig dat die President van WikimediaZA
Douglas Scott
vertroud is met die Kopiereg-dinge en deel is van 'n taakgroep wat die Regering versoek het vir verslapping in sekere aspekte van die regulasies. Maroela Media het ook hulle regsmense op bystand, die kwessie is dus in goeie hande.
Susan stem saam dat ons net 'n oomblikkie stilstaan, die regstegniese dinge uitsorteer alvorens dit weer voet in die hoek is!
Ter agtergrond, Wikimedia en al sy sustersgroepe is 'n regspersoon, al dit 'n nie-winsgewende organisasie. Deel van die pligte van die WikimediaZA-raad is om op te let vir gevalle van plagiaat, bedrog, skending van die kopiereg, blatante bemarking ens. en die toepassing van die Wikimedia reëls bv. neutraliteit, objektiwiteit ens. Wikimedia kan dus ander regspersone dagvaar of gedagvaar word. Ek dink mens vergeet somstyds die dinge in die lig dat dit 'n vrywilligersorganisasie is.
Groete!
Oesjaar
kontak
07:44, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia en
Pretoria FM
Gemeenskap, ek was laas Woensdagoggend op
Pretoria FM
in 'n onderhoud met Elsje van Jaarsveld op haar program
Oggendkuier
, oor ons Wiki natuurlik. Sy het goed voorbereide vrae gevra en voorbereiding gedoen. Na die onderhoud het ons gesels en ek kan nou meld dat sy onderneem het om elke Maandagoggend die nuwe voorbladartikel op haar program te noem. Ek sal ook unieke inheemse artikels onder haar aandag bring bv Jackie Grobler se
Voorlaaier (geweer)
, dan sal sy ook daarna verwys. Sy is ook gewillig om 'n onderhoud met die skrywers te voer indien hulle gewillig is. Dit is goeie nuus! Groete!
Oesjaar
kontak
08:40, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Goeie nuus inderdaad!
Charlielv55
kontak
15:56, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Van die voorbladartikels is in 'n klein dorpie êrens in
Brandenburg
, sowat 15
km oos van
Königs Wusterhausen
geskryf. Hoop maar hulle geniet dit en raak nie verveeld aan al die sport nie! 'n Onderhoud is ter eniger tyd welkom. Waar kan mens na jou onderhoud luister? Ek geniet nou my daaglikse rooibos en sien uit na al die krieket-/rugby-artikels wat nog voorlê! Groete. --
SpesBona
19:15, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Sal jy praat as hulle jou in Duitsland skakel? Groete!
Oesjaar
kontak
19:20, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek kan bevestig dat Elsje elke Maandag oggend tussen 9 en 10 na ons nuutste voorbladartikel sal verwys! Sien ook haar positiewe insetsel op FB
In Gesprek Met Elsje
oor ons! Dankie Elsje! Pretoria FM rock! Groete!
Oesjaar
kontak
12:23, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
O ja, gee so bietjie kommentaar op haar FB! Groete!
Oesjaar
kontak
12:24, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Deon, ek sal antwoord as hulle my hier skakel. RSG, my liewe stasie daar, wat doen julle? Ek's elke dag ingeskakel, wanner ek hier skryf!
Pas gesien ons kry nou 13 voorbladartikels in krieket, nou is ek in die moeilikheid! Dít het ek nooit belowe nie! Groete. --
SpesBona
19:15, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Gee 'n telefoonnommer, dan kyk ons! Groete!
Oesjaar
kontak
21:10, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Movement Learning and Leadership Development Project
Hello
The Wikimedia Foundation’s Community Development team is seeking to learn more about the way volunteers learn and develop into the many different roles that exist in the movement. Our goal is to build a movement informed framework that provides shared clarity and outlines accessible pathways on how to grow and develop skills within the movement. To this end, we are looking to speak with you, our community to learn about your journey as a Wikimedia volunteer. Whether you joined yesterday or have been here from the very start, we want to hear about the many ways volunteers join and contribute to our movement.
To learn more about the project,
please visit the Meta page
. If you are interested in participating in the project, please complete
this simple Google form
. Although we may not be able to speak to everyone who expresses interest, we encourage you to complete this short form if you are interested in participating!
--
LMiranda (WMF)
talk
19:01, 22 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ons FB-groep
Gemeenskap, ons Facebook groep het nou meer as 500 lede! Groete!
Oesjaar
kontak
10:47, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
En na Prof Laurette se praatjie vanoggend op RSG het ons sommer 6 nuwe lede! Welkom aan hulle ook! Groete!
Oesjaar
kontak
09:53, 26 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Engelse Wiki het sopas 6 miljoen artikels
Mense, die
Engelse Wikipedia
het sopas hul 6 miljoenste nuwe artikel geplaas, sjoe! Ek was bly om
daar doenig te wees
toe dit gebeur het.
Gaan kyk na hul mooi wikilogo met in rooi "6,000,000 articles" onderaan geskryf op enige Ingelse artikel! Groete, --
Aliwal2012
kontak
19:47, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Burgerlikelugvaartowerheid vs Burgerlugvaartowerheid
Gemeenskap, ek sien
Die Beeld
gebruik laasgenoemde.
Burgert
, (soos die Engelsman sê: Excuse the Pun), jou mening asb? Groete!
Oesjaar
kontak
11:19, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien albei is reg (Pharos en WAT). Die laaste een is korter en wen my stem ook.
Burgert
(kontak)
12:24, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
'n Mens sou dink "burgerlike" is byvoeglik, dus "Burgerlike Lugvaartowerheid" of "Burgerlugvaartowerheid". Maar nou ja... Groete.
Frank
kontak
13:50, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Naudefj
As dit 'n burgerlike owerheid vir lugvaart is, is dit burgerlike lugvaartowerheid. As dit 'n owerheid vir burgerlike lugvaart is, is dit burgerlikelugvaartowerheid. Go figure.
:)
Burgert
(kontak)
13:58, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ai, ons probeer 'n taai gekoude toffie weer in sy papierjie toedraai! Ek stem vir "Burgerlugvaartowerheid". Sterkte daarmee, --
Aliwal2012
16:54, 24 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon skep vir paaie
Gesprek teruggeskuif uit
Argief 2018
deur K175
Kan iemand asseblief 'n sjabloon skep vir paaie. Iets soos die Engelse
en:Template:Infobox road
? –
Oesjaar
Ek het probeer, maar ek kon dit net nie reg kry nie. Ek dink dit sal baie nuttig wees vir bladsye soos
N1 (Suid-Afrika)
N2 (Suid-Afrika)
B1-hoofweg_(Namibië)
Japan_Nasionale_Roete_1
ens. Groete
Rooiratel
kontak
08:00, 15 Augustus 2018 (UTC)
antwoord
Ek het solank begin hiermee in die sandput. Daar is 'n paar skakels na modules wat nog gebreek is. Maar jy kan solank rondspeel met wat ons sover het.
K175
08:50, 15 Augustus 2018 (UTC)
antwoord
Dankie
K175
, ek sal sien wat ek kan doen. Groete
Rooiratel
09:44, 15 Augustus 2018 (UTC)
antwoord
K175 se werk in die sandput is nou lewendig by
Sjabloon:Inligtingskas Pad
, Aliwal2012 het die dokumentasieblad vertaal en gestoor by
Sjabloon:Inligtingskas Pad/doc
. Groete, geniet die naweek! --
Aliwal2012
09:35, 18 Augustus 2018 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Rooiratel
en
Aliwal2012
Uitgevoer
K175
skil 'n appeltjie
09:24, 26 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
K175
Groete!
Oesjaar
kontak
09:56, 26 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
RSG se Taaldinge op 26 Januarie 2020 oor Wikipedia
Gemeenskap, julle kan die potgooi aflaai by
Groete!
Oesjaar
kontak
10:53, 26 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink enige professor verlang terugvoer, so hier is my stuiwers.
1. Dit is duidelik dat ons hoogleraar werklik moeite gedoen het om agtergrondinligting in te win; ek kry selfs die idee dat sy elke liewe letter van my ellelange brief by
PRAAG
deurgelees het. Ek is ewe dankbaar dat prof. Pretorius die Afrikaanse Wikipedia met ander kleiner Wikipedias begin vergelyk het. Ek is
veral
dankbaar dat sy insae probeer kry het oor die Katalaanse Wikipedia; juis omdat Afrikaans en Katalaans albei moordende slae gekry het - en nog steeds ly. Ek dink Katalaans kry boonop dwarsklappe van twee kante af: Spanje en Frankryk. Die ironie is juis dat hierdie taal in die "ryk" deel van Spanje gebesig word; net soos Hebreeus gekoppel word aan "welgestelde" mense.
2. En dit is miskien al puntjie waar ons miskien klippe kou: want ek glo nie die deursnit Afrikaanssprekende is ryk nie. Of, ás hulle welgesteld is, is hulle lief, of gewoond daaraan, om te delegeer. Of, dalk was mense van desjare saf-gemaak met die idee van 'n Staatmasjinerie wat iemand in 'n donker kamertjie die opdrag gee om Boek X, Artikel X, ens. te vertaal; jy hoef net lank genoeg te wag en iets sal gebeur. Stel dit so - ek het juis steun probeer werf onder die meer regse groeperinge (die gesofistikeerdes, nie die "Praat Afrikaans of hou jou bek!"-tipe nie), diegene wat 'werklik' omgee vir hul taal en... daar kom net mooi niks nie. Dit gaan my verstand heeltemal te bowe. Dit lyk vir my dit is makliker om 'n kontantoordrag van R10
000,00 eenmalig te maak as om ure met woorde self te sukkel. Dit is makliker om R1
000,00 vir die kerkbasaar te skenk as om die hele Saterdagoggend in die gietende reën jou voete vol blase te staan in 'n poging om 142 pannekoeke teen R7,00 stuk te verkoop (en dan nog kritiek te kry ook). Natuurlik kan daar soveel ander infrastruktuurprobleme wees, soveel ander dinge wat ons tyd opvreet (soos die inmaak van sakkies halfverlepte pere om sente om elke hoek en draai te spaar) dat niemand tyd het vir die Afrikaanse Wikipedia nie.
3. Nog 'n probleem is die Afrikaanssprekendes en hul bronne se yl verspreiding oor Suid-Afrika en veral Namibië. Israel (waar die meeste werk vir die Hebreeuse Wikipedia gedoen word) is 'n rapsie groter as die Krugerwildtuin (19
485 km²), naamlik 22
145 km². Katalonië (32
108 km²) is meer as anderhalf keer so groot as die Krugerwildtuin. Selfs 'n oppervlak soos Nederland sou nog kon werk ( 41
543 km² ). Die sprekers is almal hier saamgekoek. Ek, hier doer onder in die Overberg, het geen ander keuse as om my boeke deur 'n Duitse aanlynboekwinkel in Die Wilgers, Pretoria, aan te vra nie. Die bronne is so ylverspreid, jy kry soms 'n Afrikaanse boek oor Goties in die museum op Calitzdorp van alle plekke; maar as hierdie boeke nie op die internet bemark word nie - bly dit stof vergader tot die vismotte satgevreet is. Ek kry my ander boeke op aanlynwinkels van Roodepoort en Hatfield. Dit duur soms weke om die bronne te kry waarna ek soek. Die universiteite en Google Books probeer darem dinge vir ons makliker maak (ek verneem egter Namibië het nie Google Play waar e-boeke aangekoop kan word nie). Die ergste is buitelandse boeke wat nie meer aangekoop kan word nie omrede die Rand so swak is. Aan die ander kant is hope boeke in die openbare besit nou tot ons beskikking.
4. Nog 'n vraag wat ons moet vra: waarom, as Afrikaans so deksels maklik is, is daar so weinig mens uit die buiteland wat Afrikaans leer en hier wil kom bydra? Het dit net nie genoeg prestige nie, of wat? Wat meer wil jy nog hê - geen genders, minimale vervoegings en verbuigings, redelike klankgetrouheid soos Duits (behalwe dat 'hartjie' en 'harkie' homofone is; en dat die verkleinwoorde dikwels 'n klinkerverwisseling kry: tand - tandjie (t
aai
nkie))... Al die Afrikaanse woordeboeke is onder een dak by die
Virtuele Instituut vir Afrikaans
te kry - dit vra maar 'n enkele e-posadres. Afrikaanse boeke van Penguin en LAPA is maklik op Google Play te kry en te koop - daarteenoor sukkel jy jou dood om splinternuwe Hollandse boeke in die hande te kry. Ek sien byvoorbeeld 'n Sweed wat homself Katalaans geleer het en nou meer op die Katalaanse Wikipedia boer as op die Sweedse een. Wat keer mense van ander tale om dit
hier
met Afrikaans te doen? Dit herinner my so aan my Aardrykskundeklas: daar was mos van my klasmaats, wat toevallig SkeiNat geneem het, wat gesê het hulle dink Aardrykskunde is maklik (nooit 'n dag in die klas deurgebring nie). Wel, die vak was
so máklik
dat uit die 108 matrikulante van 2008 slegs
die vak geneem het. Nou
hoe
verklaar jy dit dan? Wat moet 'n mens
nog
doen?
5. Of is dit omdat die Afrikaanssprekendes nie bereid is om wedersydse betrekkinge aan te gaan nie, 'n gee en neem, soos "goed, as ek jou Taal X leer en jou kultuurgoed ondersoek, is jy bereid om Afrikaans leer?" Ek het wel gesien die gemiddelde spreker van Groot Tale gee dikwels nie 'n bloue duit om vir die klein taaltjies nie. Dis goed en wel om uit Frans te vertaal, maar wat gaan Frans vir ons doen? Ek was die diepste teleurgesteld in die Duitsers wat, buiten Sweeds en Hollands, in geen ander Germaanse taal wil belangstel nie - van die Franse, wat klaar langtand aan Engels kou, sou mens so iets kon verwag het (hul eie kindertjies moet net Latyn en Duits op skool soos elitetale leer om van die onderpresterende hoipolloi geskei te word). Die deursnit studeer selfs
groter, ouer of moeiliker
tale met prestige. Kortom: Groot Tale kan makliker sonder Afrikaans klaarkom. My bevinding is weer dat dit die sprekers van die kleiner tale is wat "gevlei" voel as 'n taal wat min bedreiging inhou (Afrikaans) hul kultuur probeer bevorder. Ten eerste suig jy nie die reeds kreperende taal leeg nie (dink maar as Spaans Katalaans se lewensbloed uitsuig), en ten tweede kry jy dikwels eksklusiewe inhoud wat in geen ander taal daarbuite beskikbaar is nie. Ironies genoeg steun Katalaans baie op die bronne in Spaans geskryf, wat eintlik net die afhanklikheid van Spaans versterk; juis daarom moet ander tale gesoek word. M.a.w. dit help nie Afrikaanse taalakademici hou die bedelbak op 'n Euro-toer om Afrikaans aan verskeie tersiêre inrigtings oorsee te bevorder (en sien toevallig St. Petersburg oor die hoof, wat nie eens 'n visum benodig nie), maar is nie bereid om Pools hier te lande te bevorder nie. Dit werk nie so nie, want Europeërs se koppe werk eenvoudig nie so nie. Aan die ander kant het jy 'n taal soos Russies (met uitstekende artikels, onder andere oor Tsonga) wat geen Wes-Europeër, tot hul nadeel, meer wil leer nie. Die vraag is dus:
watter tale, met 'n ryke literêre geskiedenis, kan/moet die Afrikaanse Wikipedia, as alternatief, 'n soort bondgenootskap mee aangaan?
6. Prof. Pretorius kan haar eie eksperiment gaan doen. Sommer vir die interessantheid. Dit lyk my of jy verskillende taalgroepe kry wat net eenvoudig anders ingesteld is. Kyk na die Noorse Wikipedia en vergelyk dit met die Deense een. Albei tale word deur die staat ondersteun, en Noorweë is selfs ryker (om die kunste te bevorder), want hy het 'n olieboor op sy agterplaas. Die kwaliteit kan jy nie eens vergelyk nie: die Nore se artikels lyk eenvoudig beter. Maar gaan nou na Worldcat en kyk hoeveel
gedrukte
Deense BOEKE is in die jaar 2018 (yr:2018) uitgegee (ja, baie is miskien herdrukke) en hoeveel is beskikbaar op Google Play (ek het al 'n paar daar gekoop - peperduur, bygesê). Onthou ook dat die Nore in getalle minder is as die Dene. Die hoeveelheid tyd (1 jaar) bly egter dieselfde. Ek gaan dus die aanname maak dat die Dene se boekpublikasies (13
296 titels, as dit ooit akkuraat is) al verby versadigingspunt bereik het - dit wil sê: te veel boeke vir te min lesers!
Waarmee hou die Dene hulle besig, waarmee hou die Nore hulle besig?
Die Katalane se boeke is minder as die Dene (dus, 8
700), maar so ook is die boeke in Hebreeus 10
677. Noors trek wel by 1
091 rond, 'n paar boektitels minder as Afrikaans se 1
467. En nou die
geldmag
: Nederlands het 29
564 boektitels in 2018 laat druk (vir 'n bevolking van hoeveel moedertaalsprekers? 23 miljoen, as dit so baie is); Russies maar 27
646 vir sy 150 miljoen moedertaalsprekers (ek wonder wel hoeveel boeke is nooit gekategoriseer nie, of word op die swartmark verhandel). Gaan kyk ook maar na Litous en al die ander mini-tale van Europa: dit is duidelik waar hulle moeilikheid of teenstand kry van die drukpers (rompslomp, politiek (ons publiseer nie
dit
of
dat
nie), drukkoste, verspreiding, verkope) hulle hul toevlug sal neem tot Wikipedia.
Suidpunt
kontak
18:57, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Jongman
, baie dankie vir die analisering van Prof Pretorius se geselsie en ook die bybring daarvan op
Afrikaanse Wikipedia
. By laasgenoemde het jy goed gedoen. Ek gesels deesdae baie met die Prof, een van die dinge waar sy my ondersteun is hoe ons die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
permanent aan boord gaan kry... Hou hierdie spasie dop...
Uit haar gesprek - klein artikels... Dit is tans ongelukkig 'n siekte hier by ons wat medisyne kort. Ek sien uit na Don 30 Januarie se werkwinkel met die Akademie, as ons uit elke groep van twintig net een die lig kan laat sien... Groete!
Oesjaar
kontak
19:09, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Aangaande #5: Daar is Afrikaanse professore wat besoeke aan Moskou bring - en ook uitruilprogramme met Russiese universiteite:
wêreldwyd.co.za, 9 Februarie 2017: Russia students see future for Afrikaans
Russiese studente sien toekoms vir Afrikaans
Voyageur
kontak
19:23, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Wel, ek is dan baie bly daaroor, veral in die lig van die Russiese Departement wat by die grootste universiteit in Suid-Afrika gesluit is saam met Italiaans, Spaans en Duits en binnekort ook Bybel-Hebreeus. Ek skaam my dood. Maar
veral as mens hierdie reisbeskrywing/reisjoernaal deurgelees het
begin mens werklik wonder wat Europeërs van ons moet dink. Is ons handelaars, of bedelaars? Jou Europeër gaan wonder: "wat traak dit my, wat baat dit my?" Om nou die dekoloniseringskaart te speel en skuldgevoelens op te wek gaan jy beslis nie vriende maak nie, behalwe onder die paar smartvrate.
Suidpunt
kontak
20:54, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Daardie leemte sal moontlik gedeeltelik gevul kan word deur kulturele instellings wat deur die betrokke lande in die buiteland onderhou word. Dit lyk asof tersiêre onderwys in Suid-Afrika tot toegepaste wetenskappe en beroepsgerigte onderwys gereduseer word. Moontlik is daar ook potensiaal in samewerkingsooreenkomste met buitelandse instellings sodat Suid-Afrikaanse studente, wat graag in spesifieke taal- en kultuurvakke wil studeer, toelating kan kry tot universiteite in die betrokke lande.
As 'n alternatief kan ons die potensiaal ontleed wat digitalisering bied - tersiêre studies kan net soos toerisme gereduseer word tot logistiek en dataverwerking om koste te kontroleer. As die Afrikaanssprekende gemeenskappe genoodsaak word om hul onderwysstelsel te privatiseer, is digitalisering eweneens die juiste antwoord op baie uitdagings. Dit maak nie langer sin om studente in duur koshuise te huisves nie as hulle maklik van hul woning af aanlynlesings of -lesse kan bywoon. Dis ook hoekom ek steeds meer aanvullende studiemateriaal oor onderwerpe, wat in artikels hier behandel word, vir lesers by die eksterne skakels gaan voeg.
Voyageur
kontak
21:08, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het na die geselsie met iemand gepraat oor ons Wiki en twee dinge besef: Die Afrikaanse Wikipedia het sy kinderskoene ontgroei! Vraag is, is hy reg om groot te word, te groei na 'n wêreldklas ensiklopedie?
Tweedens: Prof het verwys na hoe artikels geskep kan word, onder andere het sy verwys na vertalings uit Engels. Na 'n besoekie aan 'n boekwinkel het ek nou die dag besef ons het feitlik al die Afrikaanse feite boeke opgebruik as bronne, voëls, slange, bome... Met die koste van boeke is vertaling uit Engels amper die maklikste. Groete!
Oesjaar
kontak
19:31, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek sal graag jou mening wil hoor oor wat jy dink (of hoop) gaan spruit uit hierdie werkwikel.
Burgert
(kontak)
19:32, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit gaan meer 'n opleidings sessie wees as 'n strategie sessie, tussen Prof Pretorius en prof
Anne-Marie Beukes
het hulle onder andere 'n paar akademici aangekeer vir opleiding - ook ons vriend
J.E.H. Grobler
. Ek gaan spesifiek opleiding doen oor skepping van gebruikersname, skakels en sjablone. As ons van hierdie akademici aangeskakel kan kry... Daarna is die plan dat ek en die twee Prowwe moet sit en meer strategies praat: bv die
Akademie
ken jaarliks baie pryse toe. Toe die Akademie gestig is, was daar nie so iets soos digitale media nie, ek dink dit is nou tyd dat die Akademie 'n jaarlikse prys gee vir die beste voorbladartikel op Wiki! Een van die gedagtes! Groete!
Oesjaar
kontak
19:42, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Outomatiese vertalings vanaf Engels
Hallo julle, hoe kan mens jou stellings verander dat die vertaalfunksie nie outomaties verskyn wanneer 'n nuwe artikel geskep word nie? Dit kom nou herhaaldelik op, en dit wil nie toemaak wanneer mens die kruisie aan die regterkant van die boodskap bo klik nie. (ek moet bysê dat dit wil voorkom asof Wikipedia se Afrikaanse vertaaltoep merkwaardig verbeter het!) Baie dankie!
Charlielv55
kontak
07:46, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
Gaan na
Voorkeure
->
Voorkoms
-> Access to start a translation, from the contributions page, the language list, and new page creations (heel laaste opsie op die oor). Ek moes dit ongelukkig ook afskakel, want my rekenaar vries elke keer wat die ding laai. Ek sou dit graag een of ander tyd wou uitprobeer, maar ek is bevrees ek sal eers 'n beter rekenaar moet kry. –
K175
skil 'n appeltjie
07:51, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie jong!
Charlielv55
kontak
08:02, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Na
Bernard Montgomery
is ek allergies vir vertalers! Groete!
Oesjaar
kontak
08:36, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Vordering met nuwe artikels
oorgedra vanaf
Gebruikerbespreking:K175
Hallo K175, ek sien ons kort slegs 154 nuwe artikels om
Tartaars
in te haal! --
Aliwal2012
10:40, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ja, olie jou bot! Groete!
Oesjaar
10:48, 23 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
en
Oesjaar
ek het hierdie lopie slegs 400 botartikels geskep. Ek het gedink om dit onder 500 te hou sodat botartikels altyd in die minderheid bly. Ek is bevrees ons sal self skouer aan wiel moet sit om Tartaars verby te steek. –
K175
skil 'n appeltjie
10:04, 25 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ag nee man, ek stem saam met Oesjaar, laat waai met jou Kabouterbot! Dis ons enigste hoop om 'n merk te maak teenoor die ander wiki's. As ons 100 000 bereik het, kan ons weer "afslêk"! Het jy nog onderwerpe nodig? Sterkte, --
Aliwal2012
10:18, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk of ons sover goed sonder 'n robot vorder. Ek sal nog 400 artikels skep sodra ons 89,000 bereik het. –
K175
skil 'n appeltjie
19:46, 30 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Pond (massa)
vs
Pond (eenheid)
Gemeenskap, hierdie twee artikels moet versmelt word. Wat is die korrekte term? Groete!
Oesjaar
kontak
17:26, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
altwee is seker korrek, maar
Pond (eenheid)
het meer
vleis
aan, dit kan behou word. Naand, --
Aliwal2012
18:41, 27 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
- --
Aliwal2012
kontak
08:28, 28 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Aardmantel
Burgert
, goed gedoen met die vertaalde skets in die artikel! Groete!
Oesjaar
kontak
17:52, 28 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Burgert
(kontak)
18:43, 28 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Klokkie werk nie
Ervaar ander mense ook deesdae dat iemand jou naam iewers noem, maar jy kry nie 'n kennisgewing daaroor boaan jou blad nie?
Burgert
(kontak)
18:48, 28 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Triengggg...trienggg...
Kan u my nou hoor? Myne werk nog normaal.
Suidpunt
kontak
19:58, 28 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, hallo? Dié keer het dit gewerk, dankie.
Burgert
(kontak)
09:54, 29 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Skuif van artikels en Wikidata
Gebruiker:Rooiratel
, indien 'n artikel geskuif word, wat gebeur in Wikidata? Verander dit outomaties of moet ons met die hand iets doen? Groete!
Oesjaar
kontak
07:13, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
dit verander outomaties, maar dit kan 'n minuut of twee vat voordat jy die taalskakels weer sien op die artikel. -
Rooiratel
kontak
08:11, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Februarie 2020
Werkswinkel van 30 Jan te SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Gemeenskap, ek was deel van die Wikipedia Werkswinkel te
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
in Pretoria. Prof Laurette Pretorius (ons eie
Gebruiker:Petterual
) was die dryfkrag agter die dag, bygestaan deur Dr. Gideon Kotze (
Gebruiker:SkaakBurger
). Ek het ook 'n bietjie aanbiedingswerk gedoen, maar met die twee op hul beste het ek maar meestal net sit en probeer mooi en slim lyk! Daar was 27 kursusgangers, baie akademici. Hulle het almal die vertrek met 'n gebruikersnaam verlaat aan die einde van die dag, die meeste nuut! Een gebruiker het sommer so tussen die dinge haar eerste artikel geskryf:
Palmolie
, goed gedoen
Gebruiker:HettieC
Ons het net die basiese beginsels beklemtoon: gebruikersregistrasie, verskillende maniere om artikels te skep, redigering, hoe skakels werk en hoe om sjablone, soos Prof. Laurette sê:
te spoeg en plak
. Hopenlik kan al ons nuwe gebruikers nou spoeg en plak! Ek gaan 'n paar opvolgaksies hê met sommige van die nuwe gebruikers, hulle het hul kundigheid aangebied en soos ons sê: buig die boompie terwyl hy jonk is! Een gebruiker wil betrokke raak by
Wikispecies
, altyd welkom! Staan asb ons nuwe gebruikers by soos hulle hul voete vind!
Prof. Laurette het ook baie gefokus op die vertaalgedeelte van Wiki, dankie prof ons weet waar jou lojaliteit is!
Dankie aan Prof.
Anne-Marie Beukes
HUB
van die Akademie, wat die dag geborg het.
Daar sal ook opvolgsessies wees waar ons gaan fokus op sekere aspekte van ons Wikipedia. Hou die spasie dop! Groete!
Oesjaar
kontak
08:05, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, sehr gut gemacht. Kan ek maar daardie foto op Facebook bedel, asseblief?
Afrikaanse Wikipedia
lyk maar besonder kaal. Ek moet eintlik daardie Wikimania-video wat
Aliwal2012
aangeraai het ook byvoeg.
Suidpunt
09:27, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Seker jongman! Gebruik hulle almal, dit behoort nou aan die gemeenskap! Gister het my baie nuwe moed gegee! Groete!
Oesjaar
09:30, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir die RSG-potgooiskakel na Laurette Pretorius se gesprek met Ina Strydom op Taaldinge. Met die intrapslag maak prof. Pretorius egter 'n fout wanneer sy "Creative Commons erkenning insgelyk deel" beskryf. Sy voel dit beskerm die integriteit van die ensiklopedie (nie juis nie) en dat gebruikers hulle van die implikasies moet vergewis. Pretorius: "Mens kan nie net wikipedia gebruik en 'n boek maak en verkoop as jou eie nie." Nee prof., jy mag beslis juis dit doen en lekker geld maak, behalwe as jy met "jou eie" "jou eie kopiereg" bedoel. Lg. mag jy nie. Jy moet nie jou eie kopiereg op hierdie eie boek hou nie, maar die boeke is joune om te verkoop, sonder kopiereg, net soos mielies of grondbone joune is om te verkoop sonder kopiereg, en jy moet die eersgenoemde lisensie vermeld, al vermeld jy nie wikipedia self nie.
JMK
kontak
16:14, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
JMK
, ek hou van gebalanseerde argumente, wat van die res van die praatjie? Dink jy Prof Pretorius mors haar en ons tyd deur ons te probeer help?
Oesjaar
18:39, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Nog 'n fout in die bg. gesprek is die stelling dat daar 14 aktiewe gebruikers op die Afrikaanse Wikipedia is. Daar is 14 administrateurs en administrateurstatus is nie noodwendig 'n maatstaf van aktiwiteit nie. Daar is verskillende maniere om "aktiewe bydraer" te definieer. 'n Eenvoudige formule wat op
m:List of Wikipedias
gebruik word definieer 'n aktiewe gebruiker as 'n geregistreerde gebruiker wat in die afgelope 30 dae ten minste een wysiging aangebring het. –
K175
skil 'n appeltjie
16:21, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Vergeet die veertien, dit kan tien, twintig ook wees, sy benadruk dat daar vrywilligers is wat nog meer tyd opoffer as jou gewone gebruiker om seker te maak Wikipedia verval nie in chaos nie.
Oesjaar
kontak
18:39, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Iets waaroor ek weer wonder: 190 administateurs op die Duitse Wikipedia... vir 'n artikeltal van 2,3 miljoen. Vergelyk die Engelse Wikipedia, 6 miljoen artikels, 1 143 administrateurs. Dieselfde met Frans en sy 2,1 miljoen artikels (163 administrateurs). Russies het ook 84 administrateurs.
Ek bedoel, op die pad vorentoe, soos meer mense bykom, voel ek dit is "natuurlik" dat die aantal administrateurs sal aangroei. Ek bedoel, die werk raak tog meer! Goed, jy kry gewillige patrolleerders (sonder die voorregte) en al, maar - beteken dit nou as die Afrikaanse Wikipedia aangroei (ook met 'n hipotetiese 10 000 baie aktiewe gebruikers) ons nou knus op ons trone kan bly sit bloot omdat ons eerste hier was? Dis nou nie asof daar 'n vervalperiode van administrateurskap is nie (behalwe as jy nooit aktief was nie). Dis geen wonder die Duitsers en Russe het 'n "blok"-meganisme geskep nie, maar... dit voel vir my steeds erg benepe en burokraties.
Interessant genoeg het ek pas die eerste Wiki's se "Admins" met hul "Aktiewe gebruikers" vergelyk. Dit blyk dat die meeste in die boonste kategorie verkies om dit onder die 1% te hou (Admins X 100 / Aktiewe Gebruikers). Die een wat vir my werklik gek is, is Japannees met 'n 41:14 622-verhouding, oftewel 0,28%. Sweeds, met sy bots of te nie, neig darem na 2,15% (60:2 779). Pools het ook (101:5 050), oftewel 2,0% is admins. Spaans het 0,408, Arabies het 0,45%, Turks het 0,477 en Hindi het 0,56%, Persies 0,57, Russies het 0,8%, Frans het 0,77%, Engels het 0,83%, Duits het 0,83%, Indonesies 0,91%, Nederlands 0,91... ens. Die Afrikaanse Wikipedia het 14 admins vir 197 aktiewe gebruikers, dus, 7,1% is admins. Van die hoogstes wat jy kan kry is Latyn (21:157 - 13,375%); Nieunoors (20:154 - 12,987%).
Suidpunt
kontak
19:48, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Terzijde, maar voor belangstellenden: zie in dat laatste verband ook
hier
Wutsje
kontak
18:14, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek kan nie 'n gebalanseerde argument verskaf soos bo gevra word nie, want daar is te veel onbekende veranderlikes by hierdie eksterne aksies. Daar word byvoorbeeld gesê dat een van die deelnemers betrokke wil raak by wikispecies. Weet die persoon hoe kompleks wikispecies is? Weet hy/sy wat hy/sy daar wil gaan doen? Wil hy/ sekere aspekte van wikispecies aanpak, en indien wel, watter? Weet hy waar om te los en waar om te vat? Wat sou die persoon bekwaam om daardie aspekte aan te pak? Wil hy ander se nuwe wikispecies-bydraes nagaan? (Daar het ons nou 'n groot behoefte aan admins, by name oversighters, patrollers en checkusers! As die persoon arriveer sonder spesifieke agendas is dit die plek om aan te meld!) Daar is m.a.w. min mense wat 'n nuttige bydrae op wikispecies kan maak, en ek weet niks omtrent die gemelde persoon nie. Oor die algemeen skep hierdie eksterne inisiatiewe nuwe skrywers wat wikipedia sekerlik nodig het, of nuwe vertalers wat ook nodig is, en dis aan te beveel in hoër akademie en skole. Maar watse motiewe en vooroordele bring hulle saam, wat verstaan hulle, gaan hulle ooit die leerkurwe enduit loop, leer wat goeie praktyk is of nie, kom hulle met doelwitte, gaan hulle wikipedia meer lastigheid as oplossings gee, die standaard afbring of lig, goeie of swak taalvaardighede hê, is hulle vir die oomblik gemotiveerd en later nie? Is dit 'n skaaptrop vir 7,1% admins? Aldus gaan ek wegbly van heuning-om-die-mond-smeerdery, nòg sê dat sy haar tyd mors, elkeen moet sy/haar foute maak, lesse daaruit leer, aangaan en 'n dik renostervel aankweek om nooit geaffronteerd te voel nie.
JMK
kontak
18:59, 9 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Om by Wikipedia te wees, is inderdaad 'n kultuur op sy eie. Ek dink wat Wikipedia betref slag twee faktore 'n hele skaaptrop tot 'n skaaptjop:
1.
Indien mense niks daarvoor kry nie, sal hulle nie deelneem nie. In elk geval nie baie lank nie (veral nie as hulle agterkom hulle politiek is maar 'n enkele figment tussen miljoene ander idees, oogpunte ens. nie). Ek dink daardie etos of verantwoordelikheidsin of selfs toekomsdrang of -visie is aangebore, nie aangeleer nie. Ook ontbreek die geduld: mense soek kitsresultate - as hulle die pit plant moet dit onmiddellik vrugte afwerp. As jy met spruitkool tevrede is, ja. As jy 'n sederboom soek, dan moet jy wag.
En daardie soort met 'n toekomsvisie is maar min. Dus: Of jy wil werklik deelneem om die groei in Afrikaans te sien [die saak, die toekomsvisie is belangriker as "ek"], jou taalgenote en -aanleerders op die koop toe hordes ure, geld en tyd spaar; of jy gaan kyk watter roem jy kan maak ["ek" is belangriker as die saak] en daarom nie deelneem nie. Jy kon seker jou tyd gebruik het om tekste in boekvorm uit te gee. Nou, hierdie mense is ook weer nodig, want sonder Afrikaanse bronne sit ons met leë hande.
So, wat dryf my?
1) Kultuurbande word deur vertaling en die uitruil van kennis verstewig. (Dit spoor ook lesers aan om die grondtaal te leer.)
2)
Geld
en veral
tyd
wat gespaar word deur oorvolledigheid. [Bronne is dikwels onbekombaar. Mense weet nie of hulle 'n kat in die sak gaan koop nie (bv. fiksie). Soms word studente gedwing om een handboek te koop slegs vir twee paragrawe.]
3) Die soeke na waarheid.
4) Die bladtrekke (noem dit die 'kitsloon' waarvan almal hou).
5) Die feit dat jy nuwe inligting met Afrikaanssprekendes (en ander lesers) deel waarvan hulle niks geweet het nie. Ek sou nie eens sover gedink het dat ons, soos die
Katalaanse Wikipedia
, sommer ons eie Afrikaanse ondersteuningsliggaam ('Chapter') kon begin nie. Stel jou nou vir een oomblik voor ons stuur
WikimediaZA
in sy peetjie soos die Katalane met
Wikimedia España
wou doen. Is dit dan so maklik? Suid-Afrikaanse bydraers is klaar min genoeg (maar ja, uit 'n vorige vergadering verneem ek ons moet nou self ons eie probleme nou oplos). Maar voordat ons almal nou holderstebolder ons energie loop staan en uitput om 'n Afrikaanse liggaam op die been te bring, sien ons wat Wikimedia met die Katalane gedoen het. Dit spaar ons geweldig tyd en moeite.
2.
Waar daar te kuier en te vrete is, daar sit die mense. Maar waar daar te werk is...
Suidpunt
kontak
20:16, 9 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Beeldvertaling
Gebruiker:Rooiratel
Gebruiker:K175
en
Gebruiker:Burgert Behr
, julle is ons kundiges hier! So tussen julle ander miljoen take... Groete!
Oesjaar
kontak
08:22, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
My verbintenis in Nederland
Gemeenskap, na aanleiding van inligting wat ek gesoek en gekry van my vriende oor
Johanna Luyt
op die Nederlandse Wiki vra Elly die volgende:
Nu nog de muziek te horen van Johanna Luyt-Plomp ... is dat ergens te vinden? En inderdaad nog een boek om te lezen, de titel alleen al is puur humor
;-).
Elly
overleg
) 30 jan 2020 00:30 (CET)
In deze publicatie
staat overigens dat zij niet gestudeerd zou hebben aan het Conservatorium Amsterdam (het artikel op AF: vermeldt dat ook niet).
Elly
overleg
) 30 jan 2020 00:36 (CET)
Kan iemand dalk help asb? Groete!
Oesjaar
kontak
09:28, 31 Januarie 2020 (UTC)
antwoord
Ons FB-blad en
Grasveldwitjies
Gemeenskap, ons FB-blad is nou 530 lede sterk! Laasweek het 'n inligting omtrent die Grasveldwitjies daargestel, sien die resultaat:
Groete!
Oesjaar
kontak
06:42, 3 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Egipties-Arabiese Wikipedia
Die
Egipties-Arabiese Wikipedia
vorder met rasse skrede! Met
107 413
176 000 artikels bevind hulle hul nou in die 47ste plek, nadat Afrikaans,
Volapük
en
Tamil
hierdie week verbygesteek is...en vandag sommer oor nog 5 "gespring" het!
Aliwal2012
15:50, 20 Februarie 2020
Ek dink ons moet eers kyk na die gehalte van ons bestaande artikels voordat ons ander Wikipedias wil verbysteek. Dit maak nie saak hoeveel artikels jy het nie; as dit van swak gehalte is, jaag jy mense na die Engelse Wikipedia. En maak dit regtig saak as ons meer artikels as die Egipties-Arabiese of Tartaarse Wikipedia het?
Burgert
(kontak)
19:47, 4 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
jy is reg met jou redenasie, maar wikipedia is 'n stokperdjie, en dis my stokperdjie om te tel hoeveel artikels, ens. ons tot nou toe bereik het. Nie almal het die gawe om 'n enkelartikel van 30 000 grepe te skryf nie, so enkelparagrawe en
saadjieplanters
is seker welkom, solank die outeur nie 'n
pot snot
in die artikel kwytraak nie.
Die goeie lopie van die Egipties-Arabiese Wikipedia interesseer my, omdat ek wonder hoe hul bydraers 26 000 nuwe artikels in 10 dae kon monster!! Dit moet seker 'n bot of twee se werk wees? Paleisgroete --
Aliwal2012
kontak
22:59, 4 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit is dalk maklik vir hulle om outomaties uit Arabies te vertaal. Net 'n moontlikheid. –
K175
skil 'n appeltjie
16:22, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dan weer, kyk na Sweeds en Cebuano... "Ek ken 'n bot, haar naam is Anna, Anna is haar naam..."
8 en 11 gigagreep rekenaarvertaalde inligting,
meine Fresse
! (Beste Duitse vertaling nog vir
my moer!
).
Suidpunt
kontak
17:37, 6 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Stem asb. vir toekomstige voorbladsterre
Hallo, diegene wat nog nie gestem het nie, stem asb voor Saterdag vir
Kandidaatartikels vir die voorblad
, sodat ons hierdie projek op datum kan hou. Groete, --
Aliwal2012
kontak
00:17, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
My doel vir 2020 was eintlik om vir elke week 'n nuwe artikel op ons voorblad te hê. Dis 'n prestasie wat ons sedert 2001 nog nooit bereik het nie. Daarbenewens wou ek van die Afrikaanse Wikipedia die eerste projek maak wat al die vernaamste spanne in beide krieket en rugby as voorbladsterre het. Dis weereens 'n prestasie wat geen ander taal het nie. Selfs Engels en Frans kan net met enkele rugbyspanne spog. Na al die sport wou ek nog Amsterdam, Nederland en Botswana tot voorbladartikels uitbrei. Ek het ook al oorweeg om die een of ander Olimpiese Spele of sokkertoernooi op ons voorblad te sit. Maar danksy heelwat kritiek gaan dit alles nie meer gebeur nie.
Die laaste sportartikel, wat voor my reeks nuut as voorbladartikel aangewys is, was die Olimpiese Somerspele in 2012! Jammer, dat ek oor die afgelope tien jaar versuim het om sportartikels uit te brei en dit nou doen. As al die sport julle pla, gaan ek die projek onmiddelik staak. Ek het nou al tien jaar ons voorblad versorg, dis waarskynlik genoeg. Vanaf hierdie Sondag moet dit iemand anders doen. Ek het julle lank genoeg met my swak Afrikaans gepla. Wat die krieket en rugby betref, moet die leser die Engelse Wikipedia raadpleeg, ek gaan hier niks meer doen nie. Groete. --
SpesBona
08:20, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Hallo
SpesBona
, dink jy nie jy is net so bietjie liggeraak nie? Hoe anders kan ons dan nou as om jou bydrae te waardeer! Wikipedia is mos die vryelike uitdeel van opinies sonder vrees of voorbehoud en die gee van jou opinie wanneer jou dit pas (onderhewig aan sekere reëls van hoflikheid). Baie gebruikers stem vir sportartikels, ander wat weer nie so gek is oor sport nie, gee hulle opinie vryelik wanneer hulle bevraagteken of daar nie miskien genoeg sportvoorbladartikels is nie. Dit is mos waaroor dit gaan - die respekvolle gee van opinies en inagneming van andere se opinie sonder om aanstoot te gee of te neem. Almal is mos geregtig op hul opinie, maar dit beteken nie dat ons almal nie jou besondere bydrae deur die jare waardeer nie! Inteendeel, waar dink jy sou hierdie projek nou gewees het sonder jou?
Byvoorbeeld, wanneer ek my versugting uitspreek dat daar meer akademiese artikels op Wiki moet wees ter bevordering van Afrikaans se status as uitnemende wetenskapstaal, en my opinie oor die wenslikheid van die of daai artikel as voorbladartikel aanbied, en dit word afgekeur/verwerp of nie gesteun vir plasing nie om welke rede ook al, dan is dit mos maar so .... Gebruikers kan hulle steur aan my pleidooie, of nie, of besluit om my ernstig op te neem, of nie; dit is hul vrye keuse en ek kan hul regtig nie in 'n rigting in dwing nie. Dis mos maar 'n geval van gee en neem en die vooropstelling van 'n gemeenskaplike doelwit (dit wil sê verbetering van artikels se kwaliteit en die vermeerdering van die artikeltal). Of dit nou wetenskap, wiskunde, poësie, musiek, kwantumfisika, die ruimte, heelal en les bes, sport is, almal probeer mos maar net hul bes.
Dit is maar net my respekvolle opinie, uitspreek van waardering, en boodskap aan jou. Groete
:)
Charlielv55
kontak
08:56, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Charlielv55
, die probleem is nie al die ander artikels op ons voorblad nie. Ek was amper elke dag op soek na nuwe voorbladartikels. My plan was om net al om die twee weke sportartikels op ons voorblad te sit. Ek weet, dit was baie voorbladartikels, maar ek wou hulle so gou as moontlik afhandel. Danksy die weeklikse stelsel het dit myns insiens nie anders gewerk nie. Ek het self nog ander kandidate in my kop, maar ek los dit liewers. Baie dankie vir jou warm woorde, dis erder
hierdie komentare
wat my baie pla!
SpesBona
kontak
09:05, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Hi
SpesBona
- sport is 'n belangrike deel van baie mense se lewens - ek self hou nogal baie van die voetbal van die Spaanse liga (LaLiga) en so bietjie van die
Premier League
- ek pleit skuldig - ek is van kleintyd af 'n
Liverpool FC
ondersteuner. Verder is ek ook gaande oor tennis - ek het die artikel gedoen oor
Simona Halep
Maar my heel gunsteling sport van alle tye is sonder twyfel
bofbal
, ek probeer altyd die MLB volg, en natuurlik is die
"World Series"
een van my gunsteling tye van die jaar!
:)
Charlielv55
kontak
09:16, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Sokker is natuurlik alombekend in Duitsland. Selfs RSG berig amper elke dag oor ons Bundesliga. Ek het my bydraes altyd vir Afrikaans gedoen, want Afrikaans het sy eie terme in albei sportsoorte. Wat krieket betref het ons in Duits nie eens eie begrippe nie. Ons sê
wicket
en
cricket
. Glo die Nederlanders doen dit ook só. Kyk maar vir hul krieketartikels. Ons kan Nederlandse lesers lok. Maar ander mense sien dit weer anders. Te veel sport op ons voorblad. Al die tennisspelers het ek ook na elke groot toernooi hersien. Maar dit vat baie tyd. Groete.
SpesBona
kontak
09:28, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Terwyl ons oor voorbladartikels praat:
Wanneer weet ons as Wikipedia-artikels oorspronklik geskryf in Afrikaans, in die Afrikaanse leefwêreld, met Afrikaanse bronne, met Afrikaanse insig, goed genoeg is? Om artikels uit vreemde tale te vertaal en as voorbladartikels deurgevoer te kry en voorbladsterre (ein Stern, zwei Sterne; een ster, twee sterre; one star, two stars) op te plak is maklik genoeg. Maar met 'n bronskaarste uit die buiteland oor 'n Afrikaanse kultuurverskynsel - kyk, dan raak dit ontsaglik moeilik. En dit is juis wat die buitelanders en Suid-Afrikaners soek! Dikwels is jy maar aangewese op een, twee, miskien drie bronne. Nie almal het toegang tot die Kaapse argief nie.
Maar, ek moet saamstem dat een persoon 'n passie sal hê vir krieket en in sulke artikels sal skitter en uitblink. Dit is soos Linux wat sal volhou, volhou, volhou tot die bitter einde toe. Die ratte is geolie, die woordeskat is bekend. Toe ek oor luislange geskryf het gebruik mens net dieselfde woorde, maklik genoeg. Veral iemand wie se aanleertaal Afrikaans is. Laat ons ook onthou dat Wikipedia tegelyk 'n passie en 'n stokperdjie is. Al besit ek ook 'n woordeboek oor sterrekunde, betwyfel ek dit sterk of ek ooit
Burgert Behr
se artikels met soveel sorg sou skrywe. Dit lê eenvoudig buite my belangstellings- en kundigheidsveld. Maar dan weer, sekere onderwerpe (soos
Frans
) is soos olywe leer eet: aaklig, sleg, goor, suur, afstootlik in die begin, maar sodra jy "olyf" met "ersatz-salm" vervang, en olywe soos salm begin smaak, en jy
glo
olywe smaak soos salm - dan ryg jy die goedjies in (want weet jy hoe donders duur is hierdie invoervis?). Skywe eiervrug met feta op brood in die oond smaak ook soos salm. Met Wikipedia-artikels gebeur dit wanneer iets skielik vir jou waarde kry. Soos
Kathaar
. Al is dit reeds 'n voorbladartikel, kort dit ruime uitbreiding. En toevallig sit ek met
The Cathars
deur Malcolm Lambert waarin uitvoerig gekyk word na die laaste oorblyfsel van hierdie sekte in Bosnië. Die feit dat hulle so naby aan Ragusa (Dobrovnik) was, en ek belangstel in die taalpolitiek wat daar geheers het, brei my belangstelling in daardie rigting uit.
In dieselfde asem moet ek tog noem dat 1 artikel van 100 tot 300 kilogreep, en uit 'n ander taal as Engels, beslis langer sal duur om vertaal te kry. Sekere artikels duur maande om vertaal te word - oorleg moet met die oorspronklike skrywer gepleeg word, sekondêre bronne moet gesoek word vir beter agtergrond. So - ek kan dus verstaan dat een persoon meer sportblaaie geplaas gaan kry as die res. Dit gebeur egter ook dat een persoon met verskeie artikels gelyktydig teen 'n slakkepas werk, omrede bronne drupsgewys (deur die pos, biblioteek, ens.) versamel word.
Suidpunt
kontak
09:33, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir jou bydrae
Suidpunt
, moet sê ek vind dit altyd vrek interessant en informatief! Groete
:)
Charlielv55
kontak
10:01, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Ai, my maat
SpesBona
is dit nie maar 'n geval van mense wat krap waar dit nie jeuk nie?
Dumbassman
kontak
10:09, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Nee, dit is nie 'n geval van krap waar dit nie jeuk nie. Die feit dat geen ander Wikipedia soveel sportartikels op die voorblad het nie, is reeds 'n aanduiding dat ons artikels nie gebalanseerd is nie.
SpesBona
, jy ken my reeds en weet seker ek maak soms 'n vinnige aanmerking, en dan klink dit ongeskik. Ek het dit nie so bedoel nie en waardeer natuurlik wat jy hier doen en ook die manier waarop jy Afrikaans geleer het -- sodat jy selfs voorbladartikels kan skryf. Ek het net bedoel ons moet dalk 'n bietjie briek aandraai met die sportartikels ter wille van balans.
Burgert
(kontak)
12:59, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Moet ook nie ophou om die sportartikels uit te brei nie; jy doen dit uitstekend. Dis goed om die passie te sien waarmee jy daaraan werk.
Burgert
(kontak)
13:16, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Lyk vir my ek het al die redenasies oor laas weeks se voorblad gemis, nogal jammer maar ja, ek moes gaan en doen wat die rekeninge betaal. Ek sal
8.8 cm Flak 18/36/37/41
so gou as moontlik klaarmaak en ook
Rolls-Royce Merlin
daarna klaarmaak. Groete!
Oesjaar
kontak
06:17, 17 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Konsentrasiekampe
Dagsê gemeenskap
Ek werk tans aan 'n lysie van erfenis-onderwerpe en merk nou, terwyl ek 'n artikel oor die Mafeking-konsentrasiekamp skryf, dat daar onder die onderwerp "Konsentrasiekampe" op die Afrikaanse Wikipedia geen verwysing na Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe is nie, maar wel na ander oor die wêreld heen. Kan ek daardie leemte vul deur artikels oor die verskillende konsentrasiekampe te skryf, dit op een Afrikaanse blad te konsolideer en dan 'n skakel na "Suid-Afrika" op die bestaande blad "Konsentrasiekampe" te skep, of werk iemand anders reeds daaraan?
PetronelFourie
Goeiemiddag
PetronelFourie
Ek kan die volgende voorstel: konsentrasiekamp bedoel die wêreldwye verskynsel. Voeg dus bloot "Suid-Afrika" by, dus
ja
. Sodra die onderwerp so lank raak dat dit
so
allesoorheersend begin raak (dis eintlik 'n gevoelsding, dus tussen 35 tot 50+ kilogreep inligting, dus 50 000+ karakters; en die artikel as geheel trek nou al verby 150 kilogreep om nog te verwys na Duitsland, Rusland, China, Kambodja, die Vatikaan (wel, mens weet nooit nie)...), skryf dan net 'n kort opsomming op "Konsentrasiekamp" oor Suid-Afrika en begin dan 'n volgende artikel. Iets soos "Konsentrasiekampe in Suid-Afrika" of "Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe".
Dit het met my gebeur toe ek te veel op die onderrig van Latyn in
Latyn
gefokus het. Gelukkig bestaan
Latynonderrig
toe reeds in Duits, Engels en Noors. Maar raak die nadruk op Suid-Afrika te veel, dan kan ek dit verder onderverdeel in 'n nuwe artikel, "Latynonderrig in Suid-Afrika". Soos u sal sien is die "Suid-Afrika"-deel eintlik klaar weer te groot. Ek hou dit maar eers daar, aangesien ek nie dink daar enige vernuwing of opspraakwekkende nuus oor Latynonderrig binnekort in Suid-Afrika sal kom nie. Maar Duitsland sal beslis nog nuus oplewer.
Suidpunt
kontak
12:56, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Petronel
, jy sal in
Kategorie:Konsentrasiekampe
sien daar is reeds artikels oor enkele SA kampe. Jy is natuurlik welkom om die getal uit te brei of een omvattende artikel te skryf, nes jy wil.
Burgert
(kontak)
13:07, 5 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Gebruik van kategorieë
Vragie aan die gemeenskap by Afr-Wiki
Waar kan mens meer te wete kom oor die skep en gebruik van 'n kategorie? Ek sou bv graag wou kyk hoe lyk die kategorie BIOGRAFIE, of TAALVERSKYNSELS, of WETENSKAP. Ek weet mens kan gewoonweg die woorde soek in die soekvenster. Maar hoe word dit bestuur? Wie skep ketagorieë? Word dit beheer of gestruktureer op 'n manier? En wat van die kwessie van 'n Portaal? Is dit nog 'n hoër "kategorie"? Gaaf, dis my klip in die bos.
Albatros
kontak
00:50, 10 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit werk soos 'n
Matrjosjka
-pop. Kom ons gebruik
Die nag het net een oog
. Jy skryf gewoon
[[Kategorie:Afrikaanse romans]]
, en dit sal onderaan verskyn. 'n Nuwe kategorie sal in rooi onder verskyn (in hierdie geval is dit nou blou, want dit bestaan reeds, maar ek meen nou maar). Klik jy daarop, moet jy in hierdie nuwe kategorie 'n volgende, enige ander (ouer) kategorie byvoeg wat reeds bestaan. Die sal byvoorbeeld
[[Kategorie:Afrikaanse boeke]]
wees.
Ek moet wel byvoeg dat onder "biografie" verstaan ek 'n boek of geskrif (daarbuite) oor 'n persoon wat bestaan (het). As dit oor
Paul Kruger
handel, word die leser reeds bedien met die volgende:
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse politici]],
[[Kategorie:Presidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek]], [[Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika]], [[Kategorie:Mense in die Eerste Vryheidsoorlog]], [[Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog]], [[Kategorie:Afrikaners]], [[Kategorie:Geboortes in 1825]], [[Kategorie:Sterftes in 1904]]
Volksetimologie
het weer
[[Kategorie:Etimologie]] en [[Kategorie:Taalkunde]]
. Ek dink laasgenoemde is waarna u soek.
Die uitleg van 'n kategorie, sou mens by "Wysig bron" klik, bestaan uit
{{Broodkrummels}}
en enige ander kategorie(ë) wat daarby kan pas. Solank daar 'n ander kategorie is, sal jou kategorie wat jy skep aanvaar word.
Suidpunt
kontak
04:59, 10 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie vir die flink terugvoer en hulp, Suidpunt. Ek neem aan daar is 'n paar tegniese punte hierby betrokke, aspekte wat ek sal moet leer. Ek het in die besonder gedink aan hoe mens die kategorie van
biografie
sou aanvul, deur oor nuwe persone iets te skryf, mense uit die geskiedenis, outeurs en dies meer; my tweede behoefte is om artikels oor
boeke of publikasies
op die regte wyse aan te voor.
Albatros
kontak
06:58, 10 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Ratko Janef
Dear respectful editors, May I kindly ask you to create a short article on academician
Ratko Janev
, famous member of Macedonian Academy of Sciences and Arts. Sincerely yours,
178.222.6.107
11:42, 10 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Met plesier!
Charlielv55
kontak
11:58, 11 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Charlielv55
kontak
12:15, 11 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Seks
Gesprek oorgeskuif na
Bespreking:Seks
--
Aliwal2012
kontak
18:47, 13 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Direkte skakels na musiekvideo's, liedjies ens.
Gemeenskap, direkte skakels uit sangers, popgroepe artikels na musiekvideo's ens. is bemarking en moet verwyder word. Kan die praktyk asb gestaak word! Groete!
Oesjaar
kontak
18:35, 17 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit maak nie sin nie aangesien die hele artikel dan reeds as bemarking kwalifiseer. Ook sokkerklubs is kommersiële instellings sodat sportartikels as bemarking kwalifiseer. Ons moet streng gesproke alle inligting oor onderwerpe verwyder wat nog aan kopiereg onderhewig of te koop is en sodoende kommersieel ontginbaar is. Artikels oor ondernemings moet eweneens geskrap word.
Bronliteratuur mag nie meer genoem word nie omdat sodanige publikasies sodoende ook bemark word. Die ISBN-nommer mag dan net as 'n metode beskou word wat die bestelproses vir die betrokke werk vergemaklik. Elke aanhaling of uittreksel kwalifiseer as bemarking, net soos 'n enkele videosnit uit 'n kunstenaar se repertoire.
Videosnitte, wat sonder skending van kopieregwette beskikbaar gestel word, verskaf aan die publiek net 'n kunsgenot waarvoor hulle nie eens moet betaal nie. Die enigste vorm van bemarking, wat ons in 'n digitale wêreld nie kan aanvaar nie, is 'n regstreekse skakel na die betrokke werk of produk by 'n aanlynwinkel.
Elke Wikimedia-projek het in die betrokke artikels regstreekse skakels na die webtuistes van ondernemings en musiekkunstenaars wat as bemarking kwalifiseer.
Die opvoedkundige doelwit met regstreekse skakels is die bestudering van verskillende musiekstyle, visuele vorme van kuns en ander.
Voyageur
kontak
18:46, 17 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
As jy sê dat die artikel reeds bemarking is, dan moet ons die Wiki maar doodmaak want dan oortree ons die reëls. Ek verwys die aangeleenthied na WikimediaZA. Groete!
Oesjaar
kontak
19:01, 17 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Ns. Suid-Afrika het sy eie kopiereg wetgewing, ongelukkig.
Inderdaad. Ons kan artikels oor Suid-Afrikaanse nedersettings maklik van foto's voorsien wat moord en geweldpleging, vullishope en gebrekkige infrastruktuur wys sodat hulle nie as toerisme-bemarking misverstaan word nie. Groete
Voyageur
kontak
19:32, 17 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Nee wat, dit sien ons elke dag....
Oesjaar
kontak
19:36, 17 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
'n Voorbeeld van blatante bemarking is
Gebruiker:Iceberg icecream
. Sal 'n burokraat die ou asseblief in totaal skrap? --
Aliwal2012
07:39, 19 Februarie 2020 (SA)
Net om duidelikheid mense - dit geld seker nie vir nuusberigte en onderhoude nie? Maar wag, moet ek alle skakels nou verwyder by
Kersliedjies in Afrikaans
? Ek kan dit doen, maar het net gedink dit sal mense help om die kloutjie by die oor te kry. Onthou, buitelanders lees ook ons ensiklopedie. Dit is heel toevallig dat RSG verlede jaar besonder moeite met hul speellys Afrikaanse Kersliedjies gedoen het - waarvoor ek erg dankbaar is; maar... kon Wikipedia nie miskien 'n klein rolletjie hierin gespeel het nie? Of moes ons maar tevrede wees met Djiengel-bêls, Djiengel-bêls, ôl di wei?
Suidpunt
kontak
07:13, 19 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Die Engelse en Duitse susterprojekte het geen sodanige beleid nie. Die beste verwyderingskandidate is artikels oor skole en kerkgemeentes sonder ensiklopediese relevansie en waarde. Het vroue en LGBT dieselfde beroepsmoontlikhede daar? Anders word nog die grondwet geskend met daardie soort bemarking. LOL! Dit is vanuit 'n suiwer ensiklopediese standpunt bekyk bemarking vir bepaalde soorte vryetydsbesteding of kommersiële diensverskaffing in die onderwyssektor. Nagklubeienaars moet anders ook 'n kans gegun word om artikels oor hul aktiwiteite hier te plaas.
Voyageur
kontak
12:41, 19 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Die Engelse Wikipedia het 'n bladsy wat verduidelik dat daar nie 'n algehele verbod is op die insluiting van videoskakels nie, en hoe videoskakels individueel geëvalueer kan word word vir insluiting:
Wikipedia:Video links
. Groete
Ossewa
kontak
09:17, 22 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Totsiens.
Ek is klaar met die
Afrikaanse Wikipedia
Totsiens. Verwyder asseblief my gebruikerblad.
Charlielv55
kontak
16:44, 24 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Wie probeer jy nou vermaak Charlie? Jy het jou al voorheen gewip as jy nie jou sin kry nie! Wikipedia is 'n gemeenskapsprojek wat berus op konsensus. Groete, Gert
Gebruiker:Aliwal2012
- ek sal dit waardeer indien jy asb. my wense sal eerbiedig en my as gebruiker sal deregistreer. Groete en alles van die beste vorentoe vir jou.
20:03, 24 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Charlie, mens noem dit 'n wiki-vakansie. Mens het dit soms nodig. En niemand gaan jou pla op jou vakansie nie. Die behoeftes van Afrikaans bly dieselde.
JMK
kontak
21:42, 3 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Foto's van bekendes
Ek is bekommerd oor die baie foto's van SA bekendes wat deesdae gelaai word. Volgens die opsommings word die foto's verskaf. Dis natuurlik wonderlik dat ons sulke mooi foto's van hulle het, maar die kopiereg behoort aan die fotograaf, nie aan die mense wat afgeneem is nie.
Elana Barker
Ek wil net weet wie verskaf hierdie foto's en is daar êrens bewyse daarvan gelaai?
Burgert
(kontak)
10:11, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Hallo Burgert, die foto's wat nie deur Maroela Media joernaliste geneem is nie en wat vir artikels gebruik is, is deur die persoon self verskaf. Dit is ook die bewoording wat dan op die Maroela artikel staan onder die foto (foto: Verskaf). Is dit verkeerd? Moet ek dit afhaal?
Elana Barker
kontak
12:40, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Wat sê die ander mense wat meer van dié goed weet? Maroela se manier van doen laat my dink hulle vat dalk kanse? Dit is sover ek weet teen Wikipedia-beleid om foto's te plaas sonder die skriftelike toestemming van die fotograaf.
Burgert
(kontak)
12:45, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Dit bly die beleid, geen rede om te verander nie. Groete!
Oesjaar
kontak
12:50, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Beteken dit die foto's moet verwyder word tensy dit deur Maroela se joernaliste geneem is. En in daardie geval moet Maroela skriftelik toestemming gee dat hulle eie foto's gebruik mag word? Dis hoe ek dit verstaan.
Burgert
(kontak)
13:07, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Absoluut!
Oesjaar
kontak
13:15, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Definitief, geen van daardie foto's voldoen aan Commons se kopieregvereistes nie.
Dumbassman
kontak
16:04, 25 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Waar kan ek die bewys oplaai sodat julle kan sien ek is nie skelm nie?
Elana Barker
kontak
13:07, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Hiermee die e-pos waarin ek formeel toestemming het namens die uitvoerende hoof van Maroela Media om foto's deur Maroela-joernaliste te plaas:
Dagsê Elana
Ek gee hiermee toestemming dat foto’s wat deur Maroela Media geneem is en/of aan Maroela Media behoort, gebruik mag word by tersaaklike Wikipedia-artikels.
Groetnis
Susan Lombaard
Uitvoerende hoof
Maroela Media
Tel 012 644 4413
Sel 082 334 0347
maroelamedia.co.za
Wikipedia beleid is duidelik, die fotograwe moet toestemming gee, Maroela Media of enige persone van die maatskappy het geen reg oor Wikipedia beleid nie. Jammer, maar hou by die beleid. Indien julle 'n probleem het met die beleid moet dit met die Wikimedia Stigting opgeneem word.
Oesjaar
kontak
15:22, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
kan jy asb. 'n skakel na die spesifieke beleid deel? Ek het nou gesoek, maar kon niks kry nie. Dit klink nie vir my reg dat die kopiereghouer (in hierdie geval MM) nie die foto's in die publieke domein mag plaas nie. –
K175
skil 'n appeltjie
16:35, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ek dink nie die probleem is met foto's waarvan Maroela die kopiereg besit nie, maar foto's wat met slegs "Foto verskaf" geplaas word en nie deur Maroela geneem is nie. 'n Akteur kan dus nie 'n foto van homself verskaf nie, want hy is nie die kopiereghouer nie.
Burgert
(kontak)
16:49, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Dit maak sin. Maar foto's wat deur MM geneem is of aan hulle behoort - dit kan seker opgelaai word sonder die fotograaf se toestemming, nadat die redakteur van MM toestemming gegee het? –
K175
skil 'n appeltjie
16:54, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ja, as 'n Maroela-joernalis die foto geneem het, sal Maroela die kopiereg daarop besit. Maar nie as 'n akteur dit bv. verskaf het nie, of selfs nie 'n gekoopte foto nie, want foto's word gekoop vir sê maar een plasing, en nie om te versprei nie.
Burgert
(kontak)
16:59, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Additional interface for edit conflicts on talk pages
Sorry, for writing this text in English. If you could help to translate it, it would be appreciated.
You might know the new interface for edit conflicts (currently a beta feature). Now, Wikimedia Germany is designing an additional interface to solve edit conflicts on talk pages. This interface is shown to you when you write on a discussion page and another person writes a discussion post in the same line and saves it before you do. With this additional editing conflict interface you can adjust the order of the comments and edit your comment. We are inviting everyone to have a look at
the planned feature
. Let us know what you think on our
central feedback page
! -- For the Technical Wishes Team:
Max Klemm (WMDE)
14:14, 26 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Gladys Steyn
Morne
en
Burgert
: kan julle twee nuushonde dalk help met 'n bietjie inhoud vir bogenoemde? Ek dink die tannie verdien 'n bietjie meer van ons kant af. Ek het geen bronne oor haar tot my beskikking nie nie. Groete!
Bespreking:Terblanche Jordaan
Ek weet nie of ander mense ook 'n e-pos hieroor van
en:User:Emufarmers
gekry het nie, maar blykbaar wil die man hê ons moet sy bladsy skrap omdat hy privaat wil bly. Ek weet nie wat die beleid is nie. Ons kan mense seker nie dwing om op Wikipedia te wees nie? As daar 'n artikel oor hom in Engels was, is dit verwyder.
Burgert
(kontak)
07:48, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Mens kan dalk die persoonlike inligting uithaal? Die inligting is sensitief en daar is nie verwysings by nie.
Burgert
(kontak)
08:03, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Enigiets wat deur 'n bron gestaaf word, kan gehou word. Ongelukkig is die persoon 'n publieke figuur. –
K175
skil 'n appeltjie
08:15, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Uit
en:Wikipedia:Biographies_of_living_persons
: "Biographies of living persons ("BLPs") must be written conservatively and with regard for the subject's privacy. Wikipedia is an encyclopedia, not a tabloid: it is not Wikipedia's job to be sensationalist, or to be the primary vehicle for the spread of titillating claims about people's lives; the possibility of harm to living subjects must always be considered when exercising editorial judgment."
Burgert
(kontak)
08:24, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Ingevolge
WP:LEWEND
kan enige materiaal wat nie geverifieer kan word nie verwyder word. –
K175
skil 'n appeltjie
08:26, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stel voor ons skrap die artikel. Groete!
Oesjaar
kontak
08:33, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam. Of hou dit kort en verwyder die persoonlike inligting. Daar is net een skakel onder die bronne wat werk. 'n Mens kan dus nie die persoonlike inligting verifieer sonder om 'n speurtog deur 'n klomp argiewe te doen nie.
Burgert
(kontak)
08:41, 27 Februarie 2020 (UTC)
antwoord
Bredasdorp vs Heuningberg
Gemeenskap, is dit dieselfde berg daar by
Bredasdorp
? Groete!
Oesjaar
kontak
20:23, 3 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Is dit 'n geval van dubbelsinnigheid? Meer as een Heuningberg?
JMK
kontak
21:47, 3 Maart 2020 (UTC)
antwoord
CS1_errors
Gemeenskap: ek sien die spesiale bladsy werk weer. Sien hierdie probleem kind van ons:
Enige hulp is welkom hier. Groete!
Oesjaar
kontak
18:27, 4 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Oi, baie werk vir niks.
Burgert
(kontak)
09:20, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
O ja! Het gisteraand 'n klompie gedoen, my kennis van HTML is 'n beperkende faktor. Maar ek leer... Groete!
Oesjaar
kontak
13:54, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ook begin help daarmee, maar moed verloor na eerste korreksie, want iemand het mos laas jaar weer aan die "Sjabloon:Cite book" gaan peuter. Dit gee nou weer 'n klomp gebreekte skakels, ek gee moed op!! --
Aliwal2012
kontak
14:18, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt oortuig my -
Orania
Met genoegdoening lees ek vandag
Suidpunt
se kommentaar betreffende die plasing van die artikel oor
Orania
op die voorblad van die Afrikaanse Wikipedia.
Dié een enkele (daar is egter nog) nugterdenkende,
onafhanklike
"nie-geboeliede"
genuanseerde
en verblydende skrywe het my laat besef daar is nog hoop vir die Afrikaanse Wikipedia projek, ten spyte daarvan dat dit voel asof ek my soms andersins tussen (met respek) oikofobete, kommuniste en persone bevind wat graag sal meehelp (of eerder ongeërg toekyk!) aan die projek om die juweel van die mensdom, die Westerse beskawing (baie kan in die verband ook kwytgeraak word en 'n genuanseerde argument gedryf word in verband met die Afrikaner se posisie in SA en die werklikheid en onverbloemde realiteit van die wesentlike botsing (indien nugter en met 'n oop gemoed daaraan gedink word en alle linkse propaganda tersyde gestel word) [van "doerie jare" af [1652] ] van die westerse volksplanting en sy gepaardgaande westerse waardestelsel versus die van subkontinentale Afrika, en derhalwe die onbenydenswaardige - en "laertrek" posisie waarin die Afrikaner nog altyd homself moes beskerm,
en wat hy dan nog mooitjies voor geblameer word
) en die kroon daarvan: (Let wel: ten spyte van die feit dat die Sosiale Demokrasie 'n uitgediende politieke konsep is, Sien die opkoms van President
Donald Trump
, die onlangse sege van
Bibi
en sy Likud Party, die onlangse uitslag in
Slowakye
[sien
], die oorwinning in Australië van die Konserwatiewe Party en die oorwinning van die
Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)
- al is die party eintlik allesbehalwe werklik konserwatief - wat op 'n deurlopende en volhoubare wêreldwye neiging terug na behoudendheid en konserwatisme dui)
vrye mark kapitalisme en sy eweknie, vrye denke,
te vernietig.
Nodeloos om te sê moet mens jouself dan afvra, wie is vandag bekrompe en wie verlig? Ek kan nie en sal my nie skuldig daaraan maak om op te gaan in vandag se polities korrekte, skynheilige denke soos gemanipuleer deur die hoofstroommedia nie. (sien vir 'n briljante voorbeeld hiervan die volgende artikel:
wat die skreiende boosheid van 'n dubbelstandaard diskoers ontbloot wat sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog hoogty vier en die diskoers teen wil en dank teen almal probeer afdwing. Nodeloos om te sê is behoudendes (sien my hedendaagse tradisioneel konserwatiewe/behoudende held
Roger Scruton
) "blerrie" moeg daarvan om teen gediskrimineer te word deur die linkse program (media, akademie, vermaak, en ja, ook sport (sien ESPN!) - want hedendaagse sport is niks meer as vermaak nie.... om net 'n paar te noem).
Ek beskou myself as 'n gekultiveerde individu met verskeie belangstellings en as 'n belese persoon; tóg beskou ek myself egter eerstens as Afrikanerpatriot, Afrikaans-patriot, die nasaat van trotse pioniers wat met durf en waagmoed 'n volk aan die suidpunt van my geliefde land teen alle logika in en teen alle vyandelikheid in geskep het; my volk en my taal is wonderwerke - ons is so HEELTEMAL anders as bv. die Argentyne, Australiërs, Brasiliane, Kanadese of Amerikaners, wat bly vasklou het aan die stamtaal, en ander oorwegings - ons het ons en ons lotgeval - kom wat wil - heeltemal blootgestel aan Afrika en sy probleme en giere. 'n Nuwe taal en 'n nuwe volk is geskep - nie 'n verwronge en verwaterde weergawe van die stamland s'n nie.
Kritiese opmerkings oor Afrikaners en hul bewegings is natuurlik welkom, maar ook genuanseerde denke, gebalanseerdheid en perspektief.
Ek is nie skaam vir my volk se verlede nie, (en sy toekoms en toekomsprojekte soos Orania) dit is 'n deurleefde geskiedenis met al die misnoeë, vergrype, wonderlike prestasies (Eerste menslike hartoorplanting - sien Dr.
Christiaan Barnard
. Sien
Orania
, wat 'n wonderwerk en vernuwende beweging is en wat voorheen - voordat linkses nie meer tradisionele liberalisme begin aanhang het nie, maar die kleed van fascisme begin aantrek het [sien bv. Antifa. Derhalwe kan die vraag gevra word; is fascisme nog 'n begrip wat met die regs verbind word of met vandag se onverdraagsame, anti-vryheid van spraak, anti reg op selfverdediging linkses ] - deur liberales wat voorheen besondere nadruk geplas het op
selfbeskikking
verwelkom en oor gejuig sou word) en hartseer wat jy van die mensdom kan verwag. Dit is 'n boeiende verhaal! Soos
Hermann Giliomee
sê in sy magistrale biografie oor ons: "geskiedenis het met die Afrikaner gebeur".
Ek is o.a. myns insiens ook nie skaam oor artikels soos die nou verwyderde Helpende Hand nie. Slegs iemand wat nie lid daarvan is en bydra nie, en wat nie die goeie werk wat die organisasie teen wil en dank doen verstaan nie, kan daarteen gekant wees. (nie dat ek sê daar is bevooroordeeldheid nie! Myns insiens is dit onbewysbaar)
Verlede week merk ek op die artikel word geplaas op die lys vir verwydering as gevolg van sekere
regmatige
besware. Jong, toe gaan dit wild en ek spoeg en plak, soek verwysings na, en artikels oor die aktiwiteite van HH op MM om die bewerings vervat in die artikel mee te staaf, en beitel die artikel reg, ek lig die beswaardes ook in van my voorneme en vra om respekvolle wyse dat ek kans gegun word om die artikel reg te timmer.
Mooitjies is ek nog aan die gang, .... die volgende oomblik sien ek, is ek besig om 'n nuwe artikel te skep!
Groot was my ontnugtering dat ek by wyse van wat 'n ander gebruiker "konsensus" noem (te wete dit waarteen
Sokrates
ons gewaarsku het, die sogenaamde
demokrasie
- waar 51% die regte van die ander 49% kan WEGNEEM, soos taalregte, die reg op moedertaalonderrig, die reg om vryelik te assosieer en vryheid van denke en gewete te hê, die reg op privaat eiendom met as eweknie die vrye mark kapitalistiese stelsel waar ongeëwenaarde denke en groei moontlik is en inderdaad enigiets in die heelal moontlik is) ontneem is van my wilsdaad om die artikel te korrigeer en sodoende by te dra.
Ek is lief vir my taal en wil inligting daarin beskikbaar maak sodat elke Afrikaanssprekende (d.s.w. beide wit en bruin Afrikaners en enigiemand anders) wie so begeer die inligting kan verkry en inneem, ek wil nie gebruikers in ideologiese kampe verdeel en 'n ideologiese herrie veroorsaak nie, maar danksy (met respek) die heldere en verligte denke van een gebruiker en my verligting en blydskap daaroor is ek oortuig om weereens deel te neem, tensy my bydrae en denkraamwerk waarvoor ek nie skaam is nie, nie welkom is nie.
Nog 'n beweegrede vir my ommekeer is die feit dat ek nog soveel wil doen! Ek is besig om
James Joyce
se
Portrait of an Artist as a Young Man
te lees, en wil nog iets daaroor skryf asook 'n artikel oor die tegniek daarin gebruik:
vrye indirekte spraak
(Free indirect speech) wat slegs in Engels beskikbaar is en in Afrikaans beskikbaar gestel moét word en waarvan Joyce 'n pionier was. (die mening word ook uitgespreek dat bg. werk die eerste werk van Letterkundige Modernisme is).
Wat ek beslis nie kwytraak nie en nie vir een oomblik dink nie is dat my bydrae onvervangbaar is, ek is bloot maar net 'n deelnemer wat meehelp om 'n sukses van 'n projek te probeer maak ter ondersteuning van my taal, wat sekerlik 90% van Afrikaners se identiteit is en waarsonder ek nie bereid is om te leef nie.
Laastens, ten spyte van verskille waardeer ek almal wat bydra en weet dat die projek onbaatsugtige en dikwels ondankbare werk behels en dat die enigste beloning die genoegdoening is wat mens verkry wanneer jy besef dat jy bygedra het om inligting en kennis in Afrikaans beskikbaar te stel (en so deur die sluier van onontkombaarheid en taalonderdukking gebreek het), welke inligting voorheen ontoeganklik en onbekombaar was.
Charlielv55
kontak
09:21, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
NS: Let wel: dit staan enigiemand vry om sosialisme of die "oortreffende trap" daarvan (kommunisme) aan te hang (welke egter tog volksvreemd en kontra die Afrikaner se ingesteldheid is) - maar nie om dit op onverdraagsame wyse (sien bo my opmerking oor hedendaagse linkses en die omvorming daarvan tot iets ondenkbaar en afgryslik) te probeer afdwing nie.
Charlielv55
kontak
09:33, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
NS2: Na aanleiding van Leon Lemmer se artikel gister op
PRAAG
oor
Hennie Aucamp
kon ek myself nie help nie en het ek Aucamp se boek "’n Vreemdeling op deurtog" gister by EB vir R165 aangekoop - anders as Lemmer se ondervinding; hy vermeld in sy artikel dat hy Aucamp se "oor en weer" as uitgooi-item teen R99 in ‘n boekwinkel aangekoop het (my vermoede synde dat die boekwinkel seker in die
Kaap
geleë is, wat skynbaar nooit weer Hollands sal wees nie;) maar tans snel verengels).
Charlielv55
kontak
11:23, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
hallo daar,
Ek wil graag weet of die artikel van Helpende Hand weer opgespoor kan word. Ek het dit met die nuutste feite aangevul in 2019. Ek sien dit is nou geskrap
Elana Barker
kontak
13:05, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Goeiedag Elana, jy kan dalk vir
Oesjaar
vra, ek dink hy het dit uitgevee. Miskien bestaan daar 'n logboek, en gepaardgaande bladsyinhoud, van geskrapte artikels - maar ek dink slegs die administrateurs sal daarvan weet en nie ons "plebs" nie:) Jy sal opmerk ek was ook besig om dit aan te vul toe dit skielik geskrap is.
Ek dink dit 'n goeie idee om maar 'n nuwe artikel te begin met behulp van die nodige bronne op MM - maar om terselfdertyd ook net eers seker te maak dat almal tevrede daarmee sal wees anders help dit nie (dit sal net weer geskrap word). Ek sal graag weer 'n volwaardige artikel oor Helpende Hand wil sien hier op ons Afrikaanse Wikipedia. Baie dankie vir jou harde werke en bydrae:) Beste groete
:)
Charlielv55
kontak
13:42, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Hendrik Schoeman
Franse wikipedia het 'n artikel oor Hendrik Stephanus Johan Schoeman (né le 11 juin 1927 à Witklip, Delmas, province du Transvaal en Afrique du Sud et mort le 12 février 1995 à Delmas), maar ons blykbaar nie.
JMK
kontak
) 13:37, 5 Maart 2020 (SAST)
Voorlaaier (geweer)
Vraag
− Kan enige bydraer vir ons 'n duideliker foto of skets van die geweer byvoeg vir die beoogde voorbladpoging? Dié wat nou daar is, is óf van sandsteen (monument) óf marmer (fries) en "lewe" nie!
Persone wat voorblaaie nomineer, moet asb seker maak daar is binne elke genomineerde artikel ten minste een
uitstaande beeld
wat langs die geskrewe deel op die tuisbladsy geplaas sal word. Asseblief/Dankie! --Aliwal2012 (kontak) 13:30, 5 Maart 2020 (SAST)
Ek het 'n ander foto gelaai, een wat wel deur die Voortrekkers gebruik is.
Burgert
(kontak)
07:32, 6 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Dankie mnr. Behr, jy help baie! Dankie ook vir
Constantianek
Ceciliapark
Oranjekloof
e.a. by Tafelberg. --
Aliwal2012
kontak
08:17, 6 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Voorblad
Prokofiëf
het ook op
5 Maart
, dieselfde dag as
Stalin
, gesterf.
Kan die voorblad nog gewysig word?
Charlielv55
kontak
17:27, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ongelukkig word hy nie as belangrik of bekend geag nie. --
Aliwal2012
kontak
18:02, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Joh!
Charlielv55
kontak
18:06, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Nog foute...
Gemeenskap, ek het so pas hierdie ontdek
en 'n klomp gefieks... Ek sukkel met die hoë prioriteit foute... Groete!
Oesjaar
kontak
19:51, 5 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ek het nou reeds ongeveer 350 van die foutjies reggemaak. Daar is egter een wat in die
Sjabloon:VSA-deelstaat
voorkom en dus al 50 state raak. Sien
, kan iemand asb help hier? Groete!
Oesjaar
kontak
19:39, 6 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Geld in Februarie
Ek sien
hier
dat elke jaar in Februarie
Geld
baie gewild is. Interessant. -
Rooiratel
kontak
) 06:24, 6 Maart 2020 (UTC)
Kommentaar
geld pla my ander tye van die jaar ook, LOL! --
Aliwal2012
kontak
07:44, 7 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Louret van Rooyen
Gemeenskap, kan iemand asb vir my verduidelik wat se ensiklopediese waarde hierdie artikel het? Die bron: Maroela Media wat ook die skrywer
Gebruiker:Elana Barker
betaal. Hoe kan die artikel neutraal wees? Ek weet wraggies nie meer nie...
Oesjaar
kontak
12:34, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Die antwoord is eenvoudig: verskillende belangstellings. Louret van Rooyen is 'n bekende persoon in die wêreld van sosiale media, 'n splinternuwe terrein wat ook baanbrekers werk oplewer. Ek kom terug na die atleet, in wie ek geen belang het nie,
Gerda Steyn
. Ek het ook nie 'n idee wie sy is nie, maar ek is dankbaar dat jy die sportkategorie aanvul. Net omdat jy nie kennis het van elke liewe vakgebied nie, beteken nie dat ander mense besig is om aan te jaag nie.
Jou snedige aanmerkings is goedkoop en swak styl.
Elana Barker
kontak
12:57, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal my nie uitlaat oor die nuuswaardigheid van die artikel nie, maar 'n mens moet darem in die inleiding vertel van haar blogs. 'n Mens lees dit eers in die laaste paragraaf. Wat my aanbetref, kan die res regtig met driekwart gesny word.
Burgert
(kontak)
13:24, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink nie daar is fout met die artikel nie. Daar moet tog plaaslike inhoud ook wees. Miskien kan
Elana
net so bietjie daaraan skaaf soos voorgestel is deur
Gebruiker:Burgert Behr
Charlielv55
kontak
13:47, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Laat ek ook maar my stuiwer in die arm beurs gooi...ek het lanklaas!
Elana
is korrek, hierdie en die
Gerda Steyn
-artikel is na my mening ewe nuuswaardig/ensiklopedies, die een kan nie bó die ander geplaas word nie.
(Ek trek my opinie terug—Aliwal2012)
Oesjaar
, ons ouer generasie sal maar moet inspring aan die diep kant by hierdie nuwe wêreld van elektroniese en sosiale media (bv.
blogging
), dis die "in ding" soos die koronavirus! --
Aliwal2012
14:52, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Doen jouself 'n guns ek gaan kyk na
iJustine
, 'n saadjie aanvanklik deur KabouterBot.bot.bot.bot geskep. Ek het dit met swoeg-en-sweet laat een nag uitgebrei met 14kG. Dit gaan oor byna dieselfde onderwerp as
Louret van Rooyen
– elektroniese media. Ons sal moet ewewigtigheid toepas, ter wille van volledigheid en balans! Groete,
Aliwal2012
15:05, 9 Maart 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Gerda Steyn is 'n internasionale atleet, Louret is niks... Wat in die enigste bron verskyn staaf NIE die feite van die artikel nie. Hierdie artikel is nie aanvaarbaar vir die Wikipedia nie. Groete!
Oesjaar
kontak
06:30, 10 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Sloping verg baie tyd, moet asb. nie ander bydraers se tyd mors nie!
Ek stem saam die Maroela Media-bron is basies leeg, een sin! Oesjaar, nomineer asb. die artikel vir spoedige verwydering, ons kan dit dan skrap. Groete, --
Aliwal2012
kontak
14:26, 10 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Net vir interessantheid; grappenderwys en tong-in-die-kies (verwysende na die soms belaglike artikels wat op bv. die Engelse, Duitse en Spaanse Wikipedias voorkom): indien julle dink dat die artikel
Louret van Rooyen
onvanpas is, (alhoewel julle dit heel korrek het oor die gebrek aan verwysings - miskien kan
Elana
dit aansuiwer om skrapping te verhoed?) kyk na die belaglike en/of nie-wesentlike en/of nie-ensiklopedies-van-aard (in Engels noem mens dit "gibberish") artikels oor die volgende linkse narre (in die VSA staan sulke persone bekend as "libtards"):
en:Ezra Klein
, en veral diè een:
en:Matthew Yglesias
(LOLS). Nodeloos om te sê is dit nie slegs ons wat soms die kluts kwyt raak met "nonsens" en artikels oor onbelangrike persone plaas nie!
Sien ook dan, indien julle dalk tyd daarvoor het, die volgende artikel ter agtergrond:
- dit het my laat skaterlag!
Die punt wat ek hiermee probeer maak is die volgende; in die lig van die genoemde artikels en die feit dat sulke, met respek "inhoudelike gemors", op o.a. die "gesaghebbende" Engelse weergawe verskyn; doen ons nie 'n slegte "job" nie!
NS: ek is werklik van mening die
Nederlandse Wikipedia
is bevonk en die beste anderstalige Wikipedia - dis gebalanseerd, objektief en op die punt af. Soos Prof. Pretorius uitgewys het, is die
Katalaanse Wikipedia
ook briljant omdat daar voortgesette insette gelewer word deur akademici wat met passie en toewyding bydra. Groete:)
Charlielv55
kontak
19:27, 10 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ek weet nie regtig nie. Uit die Nederlandse artikel oor Scientology:
Daarnaast heeft scientology een eigen marine, genaamd Sea Org.
Beskik hulle moontlik ook oor kernwapens? LOL! Volgens ons eie artikel oor die Kerk van Sciëntologie is dit eerder 'n soort religieuse orde.
Voyageur
kontak
20:10, 10 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Miskien moet daar gekyk word na die noemenswaardigheid van die persoon, sien
Wikipedia:Ensiklopediese relevansie
. Die Engelse weergawe brei nog verder uit, sien
Wikipedia:Notability (people)
. Die Engelse Wikipedia verwyder wel artikels oor “bloggers” wat nie noemenswaardig is nie, daar is heelwat voorbeelde hiervan op die Engelse Wiki by ‘Wikipedia:Articles for deletion’. As mens sou kyk na die drie genoemde voorbeelde, Ezra Klein het 2.5 miljoen Twitter-volgers, 17.5K Instagram-volgers en was ‘n gas op Trevor Manuel se “The Daily Show”. Matthew Yglesias het 450K Twitter-volgers en verskyn op verskeie populêre YouTube-kanale. iJustine het 1.7M Twitter-volgers, 1.6M op Instagram en 6.32M op YouTube. Louret van Rooyen se Twitterbladsy sê “Account suspended”, sy het 449 Instagram-volgers en 183 YouTube-volgers. Groete
Ossewa
kontak
20:25, 10 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ja, maar die snert wat hul kwytraak .... Lees gerus die
Townhall
artikel as julle lekker wil lag. Wys net vir jou, "sifilis van die brein" is klaarblyklik meer aansteeklik as die
Wuhan Virus
LOL
:) Groete
Charlielv55
kontak
21:32, 10 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Bronne is bygevoeg by Louret van Rooyen se artikel, groete
Elana Barker
kontak
06:44, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Hi Elana, daai is almal skakels na selfgemaakte geselsies, podcasts en bloggs. Ons het betroubare, wetenskaplike verifieerbare bronne nodig, nie "chat groups" nie. --
Aliwal2012
kontak
08:34, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Dit is myns insiens steeds 'n artikel wat privaat inligting bevat. Al mag hierdie soort inligting belangrik wees vir baie lesers, sal dit beter pas by ander Afrikaanse webwerwe.
Voyageur
kontak
11:16, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Het 'n oog gegooi daar en die artikel het te ver afgewyk van wikipedia se doelwitte.
JMK
kontak
10:35, 26 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie
Gemeenskap, om besluitneming in die toekoms makliker te maak en ook tyd te spaar lees asb bogenoemde beleids dokument. Laat ook weet dat julle dit gelees het! Groete!
Oesjaar
kontak
06:01, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Gelees
Burgert
(kontak)
08:56, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Weer gelees
. --
Aliwal2012
kontak
09:02, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Charlie
Gebruiker:Dumbassman
Gebruiker:Rooiratel
Elana
, het julle al bogenoemde gelees? Groete!
Oesjaar
kontak
20:11, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Ja. Wanneer gaan jy werk maak van besluite geneem tydens laas jaar se AGM?
Dumbassman
kontak
00:07, 6 April 2020 (UTC)
antwoord
Wanneer almal wat wil stem die beleide ken en verstaan...
Oesjaar
kontak
08:32, 6 April 2020 (UTC)
antwoord
gelees
- groete!
Charlielv55
kontak
09:24, 6 April 2020 (UTC)
antwoord
Gelees
Rooiratel
kontak
11:43, 7 April 2020 (UTC)
antwoord
Uitbreiding d.m.v. vertaling
Dagsê gemeenskap
As ek 'n onderwerp wil uitbrei deur dit wat op die Engelse Wikipedia beskikbaar is te vertaal, is dit moontlik om die outomatiese vertaler te gebruik? Wanneer mens 'n nuwe onderwerp, wat nie in Afrikaans bestaan nie, uit die Engels vertaal is dit ewe maklik om die outomatiese vertaler te gebruik en die taalgebruik en sinskonstruksie van die outomatiese vertaler bloot te verbeter. Is daar 'n manier waarop ek ook die outomatiese vertaler kan inspan, as daar reeds 'n artikel oor 'n bepaalde onderwerp in Afrikaans bestaan wat ek wil uitbrei, sodat ek nie alles self van meet af hoef te vertaal nie? Ek kyk nou na die artikel oor "televisie", wat baie skraps in Afrikaans is, maar breedvoerig in Engels beskryf word.
Groete
Gebruiker:PetronelFourie
Hallo daar, ek gebruik soms nog die outomatiese vertaler, maar het dit gedeaktiveer. Om jou vraag te beantwoord (volgens my ervaring); ek dink nie dit is moontlik om die vertaler in te span in die geval waar daar reeds 'n ooreenstemmende artikel in Afrikaans bestaan nie, die beste oplossing sal derhalwe wees om
Google Vertaal
in te span vir die poging, alhoewel dit ook maar veel te wense oorlaat! Groete,
Charlielv55
kontak
08:20, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Hi
Petronel
! Ek gebruik die wiki-inhoudvertaler (onder "Bydraes" regs bo). Jy kan 'n nuwe, verbeterde/uitgebreide vertaling van 'n bestaande artikel skep, maar om te voorkom dat dit outomaties oorskryf word, gee dit 'n ander naam soos
Gebruiker:PetronelFourie/sandput/Televisie
. Wanneer jy klaar is, kan 'n admin dit vir jou skuif of versmelt met die "ou" artikel. --
Aliwal2012
09:11, 11 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Koronavirus
Ek sou tydens die afgestelde Cape Epic wedren gewerk het as die hoof
Commissaire
, soos julle weet is dit afgestel plus ander wedrenne en wedlope en ook die president se toespraak van gisteraand verwys. Die effek op die mark segment vir kleiner
Event Organiers
is dodelik. Inkomste afgesny, terwyl baie uitgawes reeds aangegaan is vir die byeenkomste. Moeilike tye vir die kleiner organiseerders. Die Epic ryers, dit kos hulle gem R200,000 per span vir al die dinge, inskrywings, vervoer, dienspakket vir fiets ens; alles verniet en verlore. My hart gaan uit na die mense. Sommige sou eers volgende Sondag terugvlieg en sou slaap in die ryer se tentdorp. Nou skielik nog geld vir akkomodasie uitlê! Vir sommige is dit 'n eens in 'n leeftyd geleentheid. Ek wag vir my vlug terug na Johannesburg! Moeilike tye! Groete!
Oesjaar
kontak
08:00, 16 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Pramwolke (voorgestelde naam)
Pramwolke.
Môre almal
Ek het gewonder hoe julle voel oor die benaming
pramwolke
vir die Latynse begrip
mammatus
, die wolke wat hoë onstabiliteit/onstuimigheid in die lug toon. Ons het juis lanklaas 'n nuwe woord by
Afrikaanse name geskep deur die Wikipedia-gemeenskap
toegevoeg.
Suidpunt
kontak
05:56, 23 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ons kan dalk ook insette van meteoroloë inwin. –
K175
skil 'n appeltjie
08:57, 23 Maart 2020 (UTC)
antwoord
So 'n woord sal nie werk of êrens byval vind nie. Dan eerder uierwolke -- as daar nie reeds 'n naam bestaan nie.
Burgert
(kontak)
09:23, 23 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Dis gewoon mammatuswolke, net soos cumuluswolke.
Voyageur
kontak
11:11, 23 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Dankie julle. Burgert en Voyageur het 'n punt beet: ek het niemand in my lewe nog hoor "mannetjieswolke" gebruik nie, en tog is dit in die WAT opgeneem: dit is 'n reënwolk wat nie reën bring nie. 'Stapelwolke' vir
cumuluswolke
, 'veerwolke' vir
cirrus
, 'laagwolke' vir
stratus
word nooit gebruik nie. 'Donderwolke' vir 'cumulonimbus' en 'cumulus'; 'reënwolke' vir
nimbus
wel.
Suidpunt
kontak
12:22, 23 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ek herriner my dat op die skool beskryf die aardrykskundeboeke die verskilende wolke. My skoolbioeke was in Engels. Wat het die Afrikaanssprekende kinders gebruik? Watter name verskyn daar? Dit is seker die name wat ons hier moet gebruik.
Martinvl
kontak
) 00:06, 24 Maart 2020
Die webtuiste van die
UCAR Center for Science Education
UCAR - Cloud Types
) het 'n uitstekende tabel wat die belangrikste tipes wolke en die hoogtes, waarop hulle aangetref word, lys en vir ons as voorbeeld kan dien. Behalwe vir weerkundiges sal baie min mense al die benamings ken, maar lesers wat graag ensiklopediese inligting daaroor wil lees, sal dit moontlik nuttig vind.
Voyageur
kontak
22:58, 23 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Martinvl
in ons Aardrykskundeklas was slegs die Latynse benaminge gebruik, maar ook afkortings, byvoorbeeld Cb. Maar dit was, soos die Hollanders sê,
flauwekul
vergeleke met die effe sonverbleikte kaart (in Frans en Engels, van die Wêreldorganisasie vir Meteorologie, as my geheue my nie parte speel nie, met (
alchemistiese
?) simbole by) by die weerstasie waar ek in 2009 en later was (vakansiewerk). Kyk maar na die Nederlandse artikel
Cirrostratus fibratus
. Dit is by die weerstasie waar ek o.a.
Mammatus
en
Fibratus
leer ken het. Ek is gevra om wolke se hoogte te bepaal, hoe bewolk dit buitekant is, en die verskillende tipes wolke te eien. Dit is (vir my) eintlik 'n onmoontlike taak, want jy het soms drie tot vier wolktipes in een (die atmosfeer laat hom nie voorskryf nie), terwyl die res daaromheen totaal daarvan verskil. Die heel hoogstes was vir my maklik te onderskei, maar die middelvlak- en laevlakwolke skei ook nie so maklik van mekaar nie. Nou, sulke indeling is nie so maklik te onderskei soos tussen Rand en sent nie. Ek sou wel iemand wat belangstel aanraai om
hier
te begin en dan aanhou "next" te klik (jy gaan dit seker 100 keer moet doen).
Ek moet ook byvoeg: in my voorgraadse jare het ek elke module Aardrykskunde geneem wat beskikbaar was (dit was my hoofvak naas Afrikaans), maar die weerkunde het
duidelik
in matriek opgehou. Dit is nooit met ons verder behandel nie, moontlik omrede geen kritiese vrae gestel kon word nie.
Suidpunt
kontak
05:50, 24 Maart 2020 (UTC)
antwoord
As daar nie 'n bestaande Afrikaanse naam is nie lyk die voorstel "pramwolke", veral na aanleiding van die Latyns, vir my na die beste voorstel. Pram- word algemeen vir vormbeskrywing aangewend, soos by perdepram (boom), pramdoring (kardamom), prambos, pramberg en pramkoppie. Uier- word waarskynlik nie as vormbeskrywing gebruik nie, en ek vind dit nie so in die woordeboek nie. Interessant dat die perdepram in Zoeloe met 'n soortgelyke konnotasie beskryf word: umNugumabele. Cumuluswolk word terloops algemeen as 'n stapelwolk (ook in Nederlands) of hoopwolk beskryf, cirruswolk as 'n veerwolk, vlieswolk, vlokwolk, sluierwolk, ens.
JMK
kontak
22:23, 25 Maart 2020 (UTC)
antwoord
April 2020
Die vyf suile/pilare van Wikipedia (vertaling voorgelê)
Oesjaar
het my gevra om die vertaalwerk te doen; ek laat die bewoording nou aan julle oor.
Wikipedia is an encyclopedia
Our encyclopedia combines many features of general and specialized encyclopedias, almanacs, and gazetteers.
Wikipedia is not
a soapbox, an advertising platform, a vanity press, an experiment in anarchy or democracy, an indiscriminate collection of information, or a web directory. It is not a dictionary, a newspaper, or a collection of source documents, although some of its fellow Wikimedia projects are.
Wêreldklasensiklopedie
As ensiklopedie is Wikipedia nie die geskikte plek vir bokwapraters, seepkisredenaars, reklametruuks of selfverering nie. Meningspeilings en stemtellery vervang nie indringende bespreking om oor 'n netelige saak tot 'n vergelyk te kom nie. As oop en selfregerende projek wil Wikipedia ook nie anargie stig of aanhits nie. Die ensiklopedie is ook nie die oplaaiplek van sommer enige willekeurige en lukrake inligting of gids nie. Wikipedia is nie 'n woordeboek, nuusbron of databank van oerdokumente nie - ander susterprojekte beywer hul daarvoor.
Wikipedia is written from a neutral point of view
We strive for articles in an impartial tone that document and explain major points of view, giving due weight with respect to their prominence. We avoid advocacy, and we characterize information and issues rather than debate them. In some areas there may be just one well-recognized point of view; in others, we describe multiple points of view, presenting each accurately and in context rather than as "the truth" or "the best view". All articles must strive for verifiable accuracy, citing reliable, authoritative sources, especially when the topic is controversial or is about a living person. Editors' personal experiences, interpretations, or opinions do not belong on Wikipedia.
Neutrale standpunt
Wikipedia bied 'n samevatting van inligting aan die leser, waarin al die verskeie gestaafde standpunte wat beskikbaar is, in welke konteks dan ook, korrek weergegee moet word. Die ensiklopedie is geen vaandeldraer wat 'n sienswyse of mening as die "absolute waarheid" bo die ander huldig, voor stry of verkondig nie. Die artikels se inligting moet bewysbaar wees en van gesaghebbende en betroubare bronne gebruik maak, veral oor polemiese onderwerpe of rakende lewende individue. Bydraers se eie smake, sienings, ongepubliseerde navorsing, ervarings, menings of vertolkings gaan Wikipedia nie aan nie.
Wikipedia is free content that anyone can use, edit, and distribute
Since all editors freely license their work to the public, no editor owns an article and any contributions can and may be mercilessly edited and redistributed. Respect copyright laws, and never plagiarize from any sources. Borrowing non-free media is sometimes allowed as fair use, but strive to find free alternatives first.
Vrye inhoud vir iedereen
Die bydraers stel hul werk vir die openbare gewin vry; derhalwe besit niemand 'n artikel nie en wysigings kan ongestoord voortgaan en versprei word. Slaan ag op outeursreg en maak jou sodoende nie skuldig aan letterdiefstal nie. "Billike gebruik" (betreffende media wat onderhewig is aan kopiereg) word onder sekere voorwaardes wel toegestaan, maar die openbare besit geniet voorkeur.
Wikipedia's editors should treat each other with respect and civility
Respect your fellow Wikipedians, even when you disagree. Apply Wikipedia etiquette, and do not engage in personal attacks. Seek consensus, avoid edit wars, and never disrupt Wikipedia to illustrate a point. Act in good faith, and assume good faith on the part of others. Be open and welcoming to newcomers. Should conflicts arise, discuss them calmly on the appropriate talk pages, follow dispute resolution procedures, and consider that there are 6,043,122 other articles on the English Wikipedia to improve and discuss.
Beleefdheid
Wees beleefd, veral wanneer ander van jou wil verskil. Los die moddergooiery en probeer die onderlinge geskille skaflik te besleg. Soek die goue middeweg, ontlont wysigingsoorloë en moenie Wikipedia dwarssit bloot om skuiwergate uit te wys nie. Handel te goeder trou en neem ander se bydraes goedertrou aan. Verwelkom nuwelinge hartlik. Klaar 'n geskil op die betrokke besprekingsblaaie uit op die billike manier en onthou van die duisende ander artikels op die Afrikaanse Wikipedia wat wag.
Wikipedia has no firm rules
Wikipedia has policies and guidelines, but they are not carved in stone; their content and interpretation can evolve over time. The principles and spirit matter more than literal wording, and sometimes improving Wikipedia requires making exceptions. Be bold, but not reckless, in updating articles. And do not agonize over making mistakes: (almost) every past version of a page is saved, so mistakes can be easily corrected.
Geen onwrikbare stel reëls of voorskrifte
Wikipedia se beleid en riglyne is geen inknellende, gebonde wet van die Meders en Perse nie, maar soepel en buigsaam. Die gebruikers gee gehoor aan die gees van die wet, nie die letter daarvan nie; soms is uitsonderings wel noodsaaklik. Voel vry en gaan jou gang, maar gaan jou nou ook nie heeltemal te buite wanneer jy artikels bywerk nie. Sou jy 'n ou foutjie begaan is dit geen doodsake nie: die meeste blaaie kan gemaklik teruggerol word na die ouer weergawe.
Suidpunt
kontak
17:38, 27 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, ek soek terugvoering hier asb! Groete!
Oesjaar
kontak
14:04, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Toe en nou
'n Tydjie na middernag, d.w.s. vroeg vanoggend, hoor ek toevallig 'n onderhoud op RSG wat hulle uit die argief opdiep. Wat my eerste opval van dié onderhoud wat André Potgieter voer met
Alba Bouwer
is die goeie Afrikaans, en wel deur albei. Eenvoudige en korrekte Afrikaans wat so verfrissend is dat ek enduit moes luister, en dit blyk toe dat die onderhoud reeds in 1964 opgeneem is. Daarna nog 'n onderhoud met haar uit 1970 wat byna ewe interessant was. Baie anders as die Afrikaans wat in 2020 die norm is, waar jy om elke draai met 'n nuwe anglisisme of wankonstruksie gekonfronteer word. Dit klink of mense nie meer Afrikaans kan praat nie, en Afrikaans is nie juis een van die wêreld se moeilike tale nie. Die besigheidsman vertel op RSG dat sy maatskappy sy "dividend 'n mis gee", en die Afrikaanse ouens op die Voetspore tv-program kan skaars 'n sin sonder 'n blaps voltooi. Een vra bv. "Is jy georden?", en bedoel blykbaar, "Is jou sake in orde?" Een taalramp na die ander. Nietemin, danksy wikipedia kon ek nou met waardering gaan lees wie Alba Bouwer was.
JMK
kontak
21:03, 29 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Ek gaan nou self 'n knuppel in die hoenderhok gooi. Dit was my beurt om skottelgoed af te droog en my ouers kyk na "Jan" op VIA. Hy is 'n Michelin-chef. Sy Frans is makelloos, maar eenvoudig. So netjies en keurig sy omgangstaal met die Franse connoiseurs en chocolateurs en die policière is, so begin my ore te bloei wanneer hy Afrikaans praat. Of hy nou 'n sjef of kok is, ofte nie, wat ek hoor is 'n skrynende
kombuis
taal!
Dit is byna onmoontlik om hierdie gedrag te bepaal.
As dit 'n teken van minderwaardigheid is, hoe moes diegene in 1950 nie gevoel het onder Britse bewind nie? Alles in die stad is nog in Engels.
As dit 'n gebrek aan opvoeding is - vroeër was geen boek oor anglisismes te kry nie en vakwoordeboeke en spreekwoordeboeke haas onbekend of ontoeganklik. Die WAT was net vir die skatrykes bedoel, of vir diegene wat elke sent omgedraai het vir 'n leergebonde eksemplaar. Vandag het ons die
Virtuele Instituut vir Afrikaans
wat dit gratis en verniet aanbied.
As dit 'n gebrek aan media is - biblioteke was nog in sy kinderskoene op die platteland.
As dit 'n gebrek aan blootstelling is - jy sou destyds wens om Afrikaans op blikkie-etikette te vind.
As dit 'n gebrek aan taalontleding is - daardie tyd, net soos vandag, het niemand ooit nagedink oor die verskil tussen "'n hond waai sy stert" (boontoe) en "'n hond swaai sy stert" (ondertoe), vir 'n "dog wags its tail", wat op 'n duidelike betekenisverskil dui nie. Dit kom vanself. Nou kry jy mense wat praat van "hoe proe dit?" as bedoel word "hoe smaak dit?" want 'proe' is 'n verkorting van "probeer". En al is dit ook hoe onlogies, dis reeds ingeburger. Volgens
F.F. Odendal
bestaan daar nie iets soos logika in taal nie. Inderdaad: die
volksetimologie
bewys dit keer op keer. Maar nou dien dit as gerieflike verskoning vir die soveelste taalfout. En so kom jy later met moord weg.
Voorsetsels is die eerste teken van taalverandering. Ek is voortdurend op my hoede daarvoor. Ek betrap my nou die dag toe ek aan 'n vriend skryf oor my besoekie
aan
die Strand terwyl ek
in
die Strand Pavilion tuisgegaan het: "wat van die ou hawehoof oorgebly het word nou inderdaad bevolk
met
al wat nat seevoël is". Wag, dit klink nie reg nie. Dit moet seker
deur
wees? En tog: in die WAT vind ek 'n voorbeeld uit 1955. Is ek nou reg, of verkeerd? Niemand weet nie. In Engels is "populated by" en "populated with" albei korrek. So ook in Hollands: "bevolkt door" het die hoogste treffertal op Google, maar "bevolkt met" gaan terug tot in 1672. Anglisisme is dit hoegenaamd nie. Duits ken slegs "von ... bevölkert".
Die vermoedens wat ek het, is:
Die Afrikaanssprekende het 'n vieslike naprater geword. Al wat Engelse is begin hul antwoord deesdae op eenvoudige Ja/Nee-vrae met "so..."
Byvoorbeeld:
Vraag: Did you start a new company back then?
Antwoord:
So
, we first took a more modern approach...
En dit is
donders
hinderlik vir my Kontinentaal-Germaanse ore. Ek hoop hierdie gier waai sommer
vinnig
oor.
Die Hollanders gebruik "nou" (uitgespreek "nauw") as stopwoord hiervoor. Ek het dit die eerste keer op
Paw Patrol
gehoor:
Chase: "Wie moet dan dat doen?"
Ryder: "Nauw, jij Chase!"
Gaan ons hierdie "so" met "nou" begin vervang?
Vraag: Was dit lekker by die see?
Antwoord: Nou, ons is bietjie windverwaaid daar weg...
Jou Afrikaans in die koerante was byna formeel, selfs kanseltaal, met sterk neerlandismes. Dit sou die Afrikaans op die een of ander wyse moes beïnvloed het. Vandag is "toeganklikheid" glo aan die orde van die dag, maar toeganklik vir "wie" en "wat"? Gaan ons binnekort verplig word om 'n woordeskat van 120 woorde te gebruik?
Zo waarlijk helpe my...
Jou Afrikaans op die kansel het geneig-neig na Hollands. Seker maar die woorde wat in Amsterdamse lesingsale gehoor is.
Ek het vir Dan Roodt in die
verlede al hieroor uitgevra
, en volgens hom bly hierdie omroepers in voorstede tussen eentalige Engelse, wat later ook meer as net die taal in hul daaglikse omgang aanneem: "Die omroepers van RSG woon in die Engelse Johannesburg en verengels gaandeweg in hul uitkyk en taalgebruik." Ook sommer as gesinstaal. Die mikrofoon is slegs hul brood en botter. Weg van die mikrofoon word hulle omring deur 'n Engelse vriendekring en so word daardie onafrikaanse taalpatrone ingeskroei. Daarteenoor was die meeste Afrikaanssprekendes vroeër woonagtig op die plaas of het verkieslik tussen ander Afrikaners gebly van dieselfde stand. Interessant genoeg bly dr. Roodt op die gholflandgoed
Dainfern
waar hy in 2011 omsingel was deur 65% wat Engelssprekend is, 5% wat Afrikaanssprekend is en 21,6% anderstaliges (d.i. Frans, Duits, Hollands ens.). Ek dink ek weet nou waar sy grootste ergernis (
pet-hate
) vandaan kom: sonde met die bure! Moet net nie sy dag met
mushrooms
begin nie.
As jy daaraan gewoond is om soos in Latyn woorde en frases voortdurend af te stof en op te rakel en uit die ou meesters aan te haal (of uit Shakespeare), wel, dit kry jy blykbaar nie in Afrikaans nie. Ek hou wel 'n boekie byderhand waarin ek interessante bewoording en sinsbou aanteken vir latere gebruik. Byvoorbeeld: "'n Draad breek waar hy die swakste is" vind ek in die WAT, maar geen tweetalige woordeboek vir "The chain is only as strong as the weakest link" nie. Dit vind ek nuttig.
Vanoggend weer gehoor van die ou "narratief". Nog 'n woord wat hulle êrens gehoor het. Iemand wat die lettere studeer het lag hom oor 'n mik soos die inbellers hierdie woord wild uit die lug gryp. Jy bedoel seker "diskoers" of "gesprekvoering"?
Die Hollanders het veral hierdie vlymskerp oordrywingsvorme wat my laat skater van die lag.
Suidpunt
kontak
05:14, 30 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Nauw
as stopwoord: ek let drie voorvalle van hierdie stopwoord op in hierdie kort insetsel:
Oké, nauw ...
Nauw ja, goed ...
Nauw, mevrouw ...
K175
skil 'n appeltjie
08:46, 30 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Nauw, dat doe je gewoon niet, hoor...
;)
Suidpunt
kontak
05:45, 1 April 2020 (UTC)
antwoord
Banier
Ek dink die banner wat boaan artikels verskyn oor "Afrika onderweg of vervoer", is dalk in hierdie tyd 'n bietjie onvanpas. Kan 'n mens dit vir eers afhaal?
Burgert
(kontak)
17:31, 30 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Bedoel jy die banier?
Charlielv55
kontak
17:35, 30 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Efebiese eed
More gemeenskap
Ek het die Engelse onderwerp "Ephebic oath" vertaal om die Afrikaanse vertaling van die eed ook op Wikipedia te plaas, maar sowaar vergeet om die opskrif te vertaal en nou sien ek nie hoe om dit te doen nie?! Kan iemand asseblief help?
Groete
Gebruiker:PetronelFourie
Goeiedag, artikel is aangestuur na 'Efebiese eed', groete
:)
Charlielv55
kontak
09:06, 31 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Terloops, baie dankie vir die artikel!
Charlielv55
kontak
09:08, 31 Maart 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Charlielv55
, ek waardeer dit!
PetronelFourie
5G en die groot petisie.
As mense nog nie weet nie, daar is 'n
moerse petisie wat op change.org
die rondte doen en elke liewe kwartier is daar iemand (of 6, 7, 8, 9 of 30 individue) wat dit onderteken. Die petisie loop al 'n jaar lank, maar kry nou eers momentum.
RSG (en Maroela Media) wat ek weet ons geselshoekie met belangstelling dophou, sal met 'n ligte google gou uitvind, waarom, sedert die Coronavirus, die teiken ondertekenaars opgeskuif is vanaf 25k handtekeninge na 35k handtekeninge. 'n Hele paar mense sal blykbaar nou liewer
optiese vesel
verkies. Dalk ietsie vir 'n geselsprogram...
Oesjaar
, ek weet 5G is jou brood en botter, dus... vraagteken?
Suidpunt
kontak
04:42, 2 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink
hierdie artikel
het 'n gebalanseerde en neutrale uitsig op die saak. -
Rooiratel
kontak
05:37, 2 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie. Ek gaan nou in elk geval 'n kort oorsig gee.
Eers was daar die teorie dat die simptome van die Coronavirus eintlik dié van 5G is.
Redes wat aangevoer word is plesierbote, lughawens en hospitale wat almal hierdie tegnologie glo het. Ook dat Vodafone en Huawei 5G die eerste keer in Wuhan ontplooi het. Daarna Spanje, Italië, die VSA - en dit duur 6 maande voor die simptome begin toon. Toevallig die lande met die meeste siekes. As deel van die sameswering, lui die een weergawe, 'plant' die dokters 'n 'fop-virus' op jou en sê jy is siek [waarom hulle so masochisties elke dag in 'n radio-aktiewe hospitaal rondloop en wag op hul eie dood, weet nugter]. Die rede waarom 5G moet ontplooi word is ("Materia Primoris"-liedjie van
X-files
speel) die NWO, want dan sal die hele wêreld besoedel wees met hommeltuie om op jou te spioeneer en nog meer data van jou insamel. Daarvoor is 20 Gbisse/s nodig. Diegene wat nie teen die Coronavirus ingeënt is nie, sal nie kan koop en verkoop nie [gaaf, dan gaan bly ek tussen die Amish of stel selfs strenger toegangsvereistes by die sekuriteitskompleks: REG VAN TOEGANG VOORBEHOU. 40 dae kwarantyn vir staatsbeamptes by voorbaat, asseblief, insluitend die Staatspresident. Wie wil in elk geval in 'n smethool soos Johannesburg gaan bly?]
Toe dit nou duidelik word dat 'n staat soos Rusland, waar 5G maar in sy kinderskoene is en Wi-Fi glo ontmoedig, ook die afgelope weke Corona-gevalle kry [al word aangevoer die wérklike getalle word, soos in Noord-Korea, doodgesmoor], en Suid-Afrika maar in 'n eksperimentele fase verkeer (wat tog wys die virus is aansteeklik), begin die teoretici 'n bietjie terug te krabbel en sê, nee - dit is die immuunstelsel wat nou verswak is en die oumense meer vatbaar maak vir Corona. Die getalle in Suid-Afrika en Rusland is dus wel steeds minder as Spanje en Italië s'n. Dit verstaan ek glad nie, want sulke radiodienste soos hierdie werk na twee kante toe, jy sou dit juis meer onder die jeug verwag wat spontaan 'n nuwe orgaan gekweek het - ons noem hom die selfoon. Meer nog wonder mens waarom diere nie ook geaffekteer word nie. Al wil jy glo daardie blikkeel, dis nou Fiebie, daardie lastige bewehondjie van die bure, is 'n robot, is hy/sy tog van hare en weefsel gemaak nes jy.
Suidpunt
kontak
07:27, 2 April 2020 (UTC)
antwoord
5G het gearriveer nadat ek die omgewing verlaat het. Wat ek ek wel weet is dat 5G teen 'n baie hoër frekwensie werk. Daar is baie berigte oor die effekte van die hoër frekwensies op mense, ek is nie kundige nie. Wat ek wel kan sê bly weg van anttennas, as gevolg van die hoë Watts wat daar uitgestraal word! Groete!
Oesjaar
kontak
09:00, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Suidpunt
kontak
10:13, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Opdatering: die storie trek nou by die beoogde 50 000 ondertekenaars. En trek reeds by 40k handtekeninge.
Suidpunt
kontak
10:24, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Bogenoemde is afgevee -
Hier is nog een
Suidpunt
kontak
08:29, 7 April 2020 (UTC)
antwoord
Regsartikels: 'n vraag
Ek het op die volgende
resensie afgekom
van
Pornografie, sensuur en reg
deur P.B. Geldenhuys.
Iets wat soos 'n paal bo water staan is die volgende op bl. 124:
Maar in die algemeen het Geldenhuys die gevare leer ken wat daarin opgesluit lê as 'n mens sonder erkenning standpunte en voetnootverwysings van ander skrywers gaps - veral as 'n mens so 'n verwysing met fout en al naskryf - maar dit moet aan sy adres beklemtoon word dat dit ook wetenskaplik onaanvaarbaar is vir 'n akademikus om feitemateriaal (met die nodige erkenning) uit sekondêre bronne te put, veral indien die primêre bron vryelik in Suid-Afrika beskikbaar is. Die soort gesag waaroor Geldenhuys hom van hoorse laat bedien - en waar die primêre bronne gemaklik bekombaar is - sluit in Amerikaanse hofsake [...] Suid-Afrikaanse hofsake [...] en al die beslissings van die Appèlraad oor Publikasies. Wat laasgenoemde betref,
haal Geldenhuys hoofsaaklik sy inligting uit koerantberigte en -kommentare.
(my beklemtoning)
Eina.
Kom ons kyk gou na
Sensuurwet
. Wat enige leser sal opval is juis die sekondêre bronne waarvan ek gebruik gemaak het. Dit sluit in werke van letterkundiges, verslaggewers (die groentjies van die koerantbedryf... erken dit nou maar) 'n drukgroep, 'n joernalis of twee... Dit is geen regskenners nie, dus kan wat hul interpretasies betref met 'n greintjie sout aanvaar word. Wat ons wel het is 'n opsomming van "indrukke" wat die skrywers omtrent die wet het.
(Iemand het nou die dag juis begin opmerk dat die pers lankal nie meer die Coronavirus wetenskaplik benader nie, maar ook net oorgaan op "indrukke" en so paniek saai).
Adv. G.C. Steyl is die enigste ou wie se
Regters aan die woord: 'n aantal uitsprake van die Hooggeregshof
sonder probleme aangehaal kan word, juis omdat die bewoording, hetsy vertaal of nie, net so gestenografeer weergegee is. En tog is sy werk ook 'n sekondêre bron!
Dit laat my dus nou wonder, met daardie hele lys bronne wat ek vanoggend opgestel het, of ek nou maar liewers die artikel eers maar moet los. Die enigste persoon wat ek nog oorweeg het is Hilda Grobler se verhandeling van 1989 in die regswese. Die werk moet tog sekerlik deur 'n regskenner nagesien gewees het?
En tog:
P. B. Geldenhuys, senior lektor in Staatsreg en Regsfilosofie aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat
[...]
Die vraag wat tans oorweeg moet word, is egter of Geldenhuys se boek vir die leserskring van die
Tydskrif vir Regswetenskap
, dus vir geskoolde en studerende regsgeleerdes, van waarde is; dit wil se of dit vir die regspraktisyn as naslaanwerk of ' vir die regstudent as handboek bruikbaar is. Op hierdie vraag
moet na my mening ontkennend geantwoord word
'n Mens kon daardie tyd nie eens jou dosente vertrou nie! En die ergste van alles is, daar is hoeveel 'gesaghebbende' boeke daarbuite wat mildelik uit hom aanhaal.
'n Mens sou dus RSG se
Regsake
-potgooi ook as sekondêre bron kon verwerp?
Ek is nou regtig bekommerd dat ek besig is om die Afrikaanssprekende publiek deur my onkunde en onwetendheid te mislei.
Suidpunt
kontak
08:11, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Gee my kans om aan hierdie te herkou... Sjoe! Sooibrand... Groete!
Oesjaar
kontak
20:24, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Wat is:
maraging steel.
Gemeenskap, ek spartel met die vertaling van die
Tiger I-tenk
. Uit die Engels, wat sal die tipe staal wees uit die volgend:
and were made of maraging steel.
Groete!
Oesjaar
kontak
20:19, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Al vertaling wat ek kry by
Viva
vir "maraging" is "martensitiese veroudering" met die nota "van staal".
Dus moet mens seker skryf "staal wat martensitiese veroudering ondergaan het"? Of wat van 'martensitiese verharding ondergaan het'?
Nou raak dit interessant, want die Hollanders neem "maragingstaal" sonder veel nadenke net so oor. Die Duitsers, wat die geskiedenis ken van hul
Adolf Martens
, die Duitse metallurg, sê: aikôna. Dit is 'Martensitaushärtender Stahl', oftewel 'martensiet-(termo)verhardende staal'. Besluit self.
Suidpunt
kontak
21:09, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
21:12, 5 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek het
martensiet-(termo)verhardende staal
gekies... Kort nou artikeltjie hieroor! Groete!
Oesjaar
kontak
14:00, 6 April 2020 (UTC)
antwoord
Swak rekenaarvertaalde artikels
Gemeenskap,
Gebruiker:MrWaxwell
is nou al vir 'n geruime tyd besig om swak vertaalde artikels hier op ons Wiki te stort. Ek het hom reeds driekeer gevra om sy artikels na te gaan en te verbeter, sonder sukses. Ek versoek toestemming om hom as gebruiker hier te skrap. Groete!
Oesjaar
kontak
07:04, 8 April 2020 (UTC)
Klein spelverbetering deur Aliwal2012 gedoen
antwoord
Ek ondersteun jou ten volle
Dumbassman
kontak
10:11, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
100% – Toe ek hier meer as tien jare gelede begin het, is rekenaarvertaalde artikels na 14 dae se wagtyd verwyder met die rede: "Swak Afrikaans (reeds 2 weke+ nie vertaal of verbeter nie)" of "Rekenaarvertaalde inhoud". Nou groei beide
Kategorie:Bladsye wat vertaal moet word
en
Kategorie:Gaan taal na
net lekker. Gaan ons swak artikels verwyder of bogenoemde se twee redes vir verwydering? Ek vra maar net (en ondersteun die eerste). Groete. --
SpesBona
21:45, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Maroela Media se gebruik van Kennis en Wêreldspektrum
Gemeenskap, neem asb kennis dat WikimediaZA vir Maroela Media amptelik versoek het om hulle gebruik om artikels net so uit Kennis en Wêreldspektrum te kopieer te staak aangesien hulle die beleid van Wikipedia oortree en daar ook kopiereg vraagstukke is. Alhoewel Maroela Media wel met hulle regspan gepraat het, het hulle regspan geen beheer of seggenskap oor Wikipedia beleid nie. Wikipedia is 'n regspersooon en kan gedagvaar word. WikimediaZA is gelukkig in die sin dat die voorsitter
Gebruiker:Discott
deel is van 'n nasionale groep wat die bestaande Kopiereg wet bevraagteken het (nou reeds vir paar jaar veg...) en uit die groep se aksies is daar tans 'n nuwe voorgestelde konsep wat nou reeds vir 'n jaar wag vir die President se handtekening... Nadat die wet geteken en promulgeer is, sal die finale besluit oor Maroela Media se aksies geneem word. Maroela Media het die situasie so aanvaar. Groete!
Oesjaar
kontak
07:34, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Dit was nou net oor Radio Algoa-nuus: die
Konsepwet op Kopiereg
is nie deur die president onderteken nie, hy het dit na die parlement teruggestuur vir heroorweging! Groete, --
Aliwal2012
kontak
13:08, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Ons Wikipedia tans en die pad vorentoe...
Gemeenskap, ek is nou reeds 11 jaar betrokke hier op ons Wikipedia. Toe ek hier begin het was ek rou en kon slegs artikels skep sonder om enige skakels of sjablone in te voeg of te gebruik. Baie van die dinge wat tans maklik is en die nuwe geslag as vanselfsprekend aanvaar, bv skakels na ander tale, het nie bestaan nie. Ons moes elke taal besoek, kyk of die artikel daar bestaan en dit dan invoeg! Die Afrikaanse Wikipedia was toe net oor die 16,000 artikels groot.
Tans beskik ons oor 89 832 artikels waarvan 23 642 saadjies is (26%), hopeloos te veel. Ons is dus besig om weg te beweeg vanaf 'n ware Ensiklopedie na 'n (hier sukkel ek om die regte woord te kry) 'n kompakte Ensiklopedie of miskien 'n slim katalogus. Baie van die saadjies het geen werklike Ensiklopediese waarde nie, bv 'n artikel oor 'n sanger van een reël met 'n taksoboks. Gemeet aan die beleid van
wat Wikipedie nie is nie
hoort hulle nie hier. En die oorvloed swak rekenaar vertaalde artikels wat tans hier gestort word verbeter die saak nie. Ons hoef nie rekenaar vertaalde artikels te aanvaar nie, maar dit is 'n Gemeenskap besluit. Dit het geen waarde as almal sê hou dit en niemand verbeter dit nie.
Ek het so twee weke gelede deur die dagtalle gewerk om inskrywings oor geboortes en sterftes te verbeter, 'n tipiese probleem lyk so: * 1940 -
Kosie Kwak
. Geen nasionaliteit nie, kort beskrywing terwyl daar ook by die ooreenstemmende jaartal geen inskrywing is nie. Ek het oor die 2000 verbeteringe aangebring nadat ek die dagtalle vir Maart en April in detail bygewerk het. Wat ek wel agterkom gekom het is dat ongeveer elke 10de akteur/aktrise se geboorte/sterfte besonderhede verkeerd is. Dit is swak...
Die een vraag wat ek het: moet ons toelaat dat inskrywings soos * 1940 -
Kosie Kwak
voortgaan? Dit het geen waarde nie, miskien 'n paar jaar terug toe ons volume gekort het...
Daar is tans 'n klompie passievolle gebruikers wat hier bydra, wat duidelik lief is vir ons taal. My boodskap aan hulle is: mense, ongelukkig is nie alles wat in Afrikaans is, ensiklopedies van aard nie! Geen persoon of instansie het 'n reg om 'n artikel hier te hê nie, slegs indien dit Ensiklopedies waarde toevoeg en so deur die gemeenskap besluit is. Dink oor jou volgende artikel asb... Vra jouself, gaan ek ensiklopedies waarde toevoeg, kan 'n skolier die inligting gebruik, is ek in lyn met Wikipedia beleid.
Onthou, enige gebruiker wat hier registreer aanvaar by uitstek die beleid en visies van Wikipedia Internasionaal en persoonlike visie en standpunte word agtergelaat.
My vrou is 'n toegewyde hoërskoolonderwyseres en doen tans baie moeite vir leerlinge in die Inperkingstyd. Sy wou graag ons Wikipedia gebruik as deel van haar aanlynpoging om die leerlinge aan die gang te hou. Haar woorde:
Deon, julle het nie veel om hoërskool kinders te help nie. Wat doen julle dan...
Wat doen ons dan...?? Die Afrikaanse Wikipedia het die groot toets gedruip. Ek los die vraag by die gemeenskap.
Hierdie is my persoonlike gedagtes en is nie die visie van Wikipedia nie.
Ek sal môre inligting hier plaas oor my gedagte van die pad vorentoe en die Jaarvergadering van Des 2019.
Groete!
Oesjaar
kontak
08:20, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam Deon. Hopenlik is hierdie meestal groeipyne. Ek onthou goed so tien jaar terug wat ek eerste keer probeer Afr wysig, dink dit was "weer" wat als masjienvertaal was. Ek het toe meestal geskrap en sover ek onthou net een kernsin oorgelos. Toe iemand my vra op my gebruikersblad hoekom ek die artikel geskrap het en dit weer terug geplaas het, het ek groot genoeg geskrik om vir die volgende paar jaar nie eers Afr Wiki te besoek nie en die mening rondgedra dat als op Afr Wiki masjienvertaal was en die mense daar is baie kwaai... My punt is gee nie om wat ons beleid/visie is nie, ons moet almal verwelkom en help waar nodig. Ek dink klaar die groot gebruikers/admins doen puik werk met kontrole probeer uitoefen, maar sien al lank hoe die nuwe gebruikers/robotte ons ver verbygaan in terme van skoonmaak. Dankie almal
Dumbassman
kontak
10:20, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Wat die rekenaarvertaalde artikels betref, kyk vir my opmerking bo. Ek beskou dit net as 'n minagting van beide Afrikaans en Wikipedia. Terloops, ek is tans baie besig met nuwe voorbladartikels soos
Amsterdam
Nederland
en
Papoea-Nieu-Guinee
. Terwyl mens vir die een voorbladartikel (en boonop ondersteuning wag), skryf jy die volgende voorbladartikel. Groete. --
SpesBona
21:57, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Afrikaanse wikipedia het miskien die groot toets gedruip maar 'n hele paar kleiner toetse geslaag. Sal dit persoonlik takseer as nie heeltemal suksesvol nie, maar darem ook nie 'n mislukking nie. Mens sien die sukses aan die besigtigingstatistiek wat wys hoe die eksamenskrywers van artikels gebruik maak totdat die eksamens verby is. Daar is ook 'n paar artikels wat 'n weeklikse kurwe toon, dit beteken die artikel het 'n nutsartikel geword wat deurentyd gebruik word. Dankie K175 vir jou aandag aan die verwysingsjablone, en ek het weens te veel verpligtinge nie na jou teruggekom daaroor nie. Maar die verwysingsjablone is steeds 'n leemte. Daar is eenvoudig geen sjabloon vir enige verwysing, hetsy nuus, web, wetenskaptydskrif of ander, wat mens uit die redigeerhokkie kan betrek nie. Wat ek self doen is, gaan na die Engelse wikipedia, kry die citation template daar, stel my verwysing op, en bring dit terug na die Afrikaanse wikipedia, vir elke verwysing, waar dit dan verkeerd vertoon word, want al die outeurs word steeds nie gewys nie, of geen outeurs word gewys nie, ens. Hier dop ons die toets werklik, sonder om enigiemand te blameer, want ek weet ook nie hoe om daai siteer-sjablone in die redigeerhokkie te kry nie.
JMK
kontak
00:49, 16 April 2020 (UTC)
antwoord
Beste
Gebruiker:JMK
, ek is gretig om te help, maar ons projek kort eers 'n koppelvlakadministrateur om die nodige JavaScript vanaf die Engelse Wikipedia in te voer. Sien die bespreking by
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2019#Verwysingsjablone
en my selfnominasie vir hierdie regte by
Wikipediabespreking:Administrateur#Koppelvlakadministrateur:_Gebruiker:K175
Oesjaar
weet ons wie die regte aan my kan toeken? –
K175
skil 'n appeltjie
09:06, 16 April 2020 (UTC)
antwoord
Gedoen. Sterkte ou maat!
Frank
kontak
09:52, 16 April 2020 (UTC)
antwoord
Wat verwysings betref, moet 'n mens net vertroud wees met die
Harvard Citation Format
Wetenskaplike skryfvaardighede is 'n voorvereiste vir die plasing van artikels - en hulle kan maklik deur iedereen verwerf word.
Bydraers moet in staat wees om selfstandig, buite en sonder raadpleging van die Engelse Wikipedia, die benodigde inligting op te soek en die naam van 'n outeur, die titel van sy werk, plek van publikasie ens. in te tik.
Voyageur
kontak
07:53, 17 April 2020 (UTC)
antwoord
Editing news 2020 #1 – Discussion tools
Read this in another language
Subscription list for this multilingual newsletter
This early version of the Reply tool automatically signs and indents comments.
The
Editing team
has been working on
the talk pages project
. The goal of the talk pages project is to help contributors communicate on wiki more easily. This project is the result of the
Talk pages consultation 2019
In a future update, the team plans to test a tool for easily linking to another user's name, a rich-text editing option, and other tools.
The team is building a
new tool for replying
to comments now. This early version can sign and indent comments automatically.
Please
test the new Reply tool
On 31 March 2020, the new
antwoord
tool was offered as a
Beta Feature
editors at four Wikipedias:
Arabic
Dutch
French
, and
Hungarian
. If your community also wants early access to the new tool, contact
User:Whatamidoing (WMF)
The team is planning some upcoming changes.
Please
review the proposed design
and share your thoughts on the talk page.
The team will test features such as:
an easy way to mention another editor ("pinging"),
a rich-text visual editing option, and
other features identified through user testing or recommended by editors.
To hear more about Editing Team updates, please add your name to the
"Get involved"
section of the project page. You can also watch
these pages:
the main project page
Updates
Replying
, and
User testing
PPelberg (WMF)
talk
) &
Whatamidoing (WMF)
talk
19:24, 8 April 2020 (UTC)
Ag, prys die Heer! Ek wou pas hierbo voorstel ons moet 'n e-posadres invoeg op die tuisblad, net om terugvoer te kry.
Ek wou die volgende geskryf het:
Kom ons kyk gou hierna. Sussie in Graad 12 soek inligting oor swangerskap. Sien, op die 'after-party' ('n nuutjie en onding sedert 2 Oktober 1986 se
Huisgenoot
, bl. 18-19) het sy meer as net haar skooldae gegroet, ook haar onskuld. Haar ma moes ophou rokke maak vir haar universiteitsjare en toe eerder kraampatrone begin koop.
Suidpunt wil op grond van 'n Duitse oeratlas uit 'Ons Winkel' weet waarom daar so
baie Duitse dorpe in 1927 in Roemenië
was, maar vergeleke hiermee nie eintlik in Pole nie. Hy wil veral weet wat op dees aarde hierdie Duitsers in Roemenië laat bly het. En of mens, net soos Jonathan Harker op reis in
Dracula
, Duits sou kon gebruik waar jy jou ook al sou bevind. Suidpunt sou ook grammatikablaaie van Russies, Italiaans en Latyn op Wikipedia wil kry.
Dus: Botsende belange.
Wie sal dit waag om 'n e-posadres op die tuisblad of banier te sit? Ek sidder wat daar gaan uitkom, maar dis steeds beter as nou. Selfs 'n agterstraatkafee kry vinniger terugvoer as ons. Ek het dit 'n hele paar keer al gesê: ons weet nie wat die mense daarbuite wil hê nie. En dit is ook hoekom die ander Wiki's sukkel. Ons weet nie waarna onderwysers soek nie. Ek weet nie wat ons buitelandse lesers wil hê nie, behalwe 'n gratis handboek op Wikiboeke hoe om Afrikaans sonder sukkel te leer.
Ons weet wel wat ons wil hê. Daarom is ons hier. En omdat ons geweldig baie inligting inwin oor ons stokperdjies en belangstellings, maak ons dit makliker vir diegene wat na ons kom. Hopelik. Soos ek sê: een skrywer op ons dorp het tien jaar navorsing gedoen oor die
Schoonenberg
en die klomp valse mites wat daaromtrent ontstaan het enetjie vir enetjie weerlê. Die boek self is maar 150 bladsye. Baie ru-erts, 'n tandjie goud. Maar wie weet van die
Schoonenberg
buiten ons hier? Op my wrakkaart is dit maar 'n spikkeltjie tussen duisende ander wrakke hierso.
Dus: Botsende belange.
Nou hoef dit nie meer nie.
Suidpunt
kontak
20:13, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
As jy belangstel in die geskiedenis van Roemenië-Duitsers en ander Duitse mindehede in Oos-Europa - hier's die nuutste agtergrondinligting (kliek op PDF om die tydskrif gratis af te laai):
bpb.de: Spätaussiedler
Voyageur
kontak
20:42, 8 April 2020 (UTC)
antwoord
Baie, baie dankie. Ek is mos nou ook 'n sosiale vlinder met slegs 1 volgeling op Twitter. Eintlik is ek net daar om die Pous dop te hou. Sy Heiligheid is die toonbeeld van taalbevordering, want ek word bedien in Duits, Frans, Spaans, Italiaans, en waarna ek eintlik soek: Kerklatyn. Ek gaan Engels, Arabies en Portugees maar oorslaan.
Ek stel nogal belang watter gratis tydskrifte jy nog alles deurlees.
bpb het nogal 'n aansienlike lang lys
. Ek lees die tweemaandelikse
Kaapse bibliotekaris
gereeld, wat hierdie maand ongelukkig met rede besonder laat is. Miskien
Taalgenoot
(deur PEN verskaf op LitNET). Ek het lanklaas
Forum Classicum
deurgewerk. Om die waarheid te sê, die hele 2019.
Suidpunt
kontak
10:33, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Daar is nie baie leesstof wat gratis toeganklik is nie. Ek sal volgende week begin met 'n lys van aanlynbronne wat dalk nuttig kan wees vir redaksionele werk en die skepping van nuwe inhoud.
Voyageur
kontak
16:36, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek steun so 'n lys ten volle. Ek sal ook op die uitkyk bly. eDusa (Germanistiek in Suid-Afrika) val my nou ook by. En daardie Pegasus-blad wat jy ook vir my aangeraai het.
Suidpunt
kontak
16:49, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Friedrich Kellner
Gemeenskap, wat gaan on smaak met hierdie artikel? Groete!
Oesjaar
kontak
06:53, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Oor die smaak:
Ek is mal oor die rooi skakels, dit pas by sy sosialistiese ingesteldheid.
Ek is mal oor hierdie sjabloon.
Beige
laat my so dink aan die dekor van die staatskantore en hospitale in die 1980's. Of daardie aaklige modes met wit hemde en kerriegeel broekies in dieselfde dekade. Die kafees wat ook lief vir wit plastiekstoele met geel kussings: asof 'n hond sy been gelig het.
Die
vertaling
van die res van hierdie artikel is steeds onvoltooid.
Voel vry om self die res aan te pak, en verwyder dan hierdie kennisgewing wanneer die werk voltooi is.
Maar Anrie het my destyds aangespreek toe ek 'n soortgelyke sjabloon geplaas het.
Suidpunt
kontak
09:38, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie Suidpunt! Voel jy ons moet die sjabloon hou? Groete!
Oesjaar
kontak
09:09, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Wel, uit 'n logiese standpunt moet mens jou afvra of Anrie nie gelyk had nie. Ek sou maklik hierdie sjabloon onder elke voorbladartikel kon plaas, want ons weet tog die inligting
is
en
sal
altyd onvolledig bly.
Suidpunt
kontak
09:17, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Internetgeriewe
Goeienaand almal, ek wil net laat weet dat ek nie beskik oor internetgeriewe (data) nie (ek is tans buitestedig en bevind my in 'n klein Vrystaatse dorpie wat ek om een of ander vreemde rede nie mag verlaat nie, al wil ek hoe graag).
Ek "geniet" derhalwe tans 'n "verlengde vakansie" (wat uiteindelik 'n verstommende 5 weke [of meer] gaan verloop, verneem ek vanaand).
Derhalwe is ek slegs in staat daartoe (ter verduideliking van my lae produktiwiteit) om klein wysigings ens. by wyse van 'n selfoon te maak; O die ellende! Groete!
Charlielv55
kontak
23:28, 9 April 2020 (UTC)
antwoord
Hi Charlie, geniet maar jou "verlengde vakansie"! Solank jou baas dit net nie as "onbetaalde verlof" opskryf nie, LOL. Ons kners maar almal op ons tande, dis definitief nie lekker nie!! Groete, --
Aliwal2012
kontak
10:25, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Ai Charlie, soos my oor'le pa altyd gesê het: wat 'n gemors van 'n gemors! Sterkte!
Oesjaar
kontak
14:03, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie julle. Groete!
Charlielv55
kontak
19:07, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
Natuurwetenskap kurrikulum vir graad 7 tot 9.
Gemeenskap: indien julle iets soek om oor te skryf, hier is die kurrikulum (natuurwetenskap) vir graad 7 tot 9.
Groete!
Oesjaar
kontak
14:01, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Eish, dit lyk nie na maklike onderwerpe nie! Ek maak op jou kiekie uit:
Eienskappe van materie
Skeiding van mengsels
Sure, basisse en neutrale stowwe
Verbindings
Chemiese reaksies
Geslagtelike voortplanting
Menslike voortplanting (ons het
seks
-voorblad mos in Feb. behandel ha-ha!)
Planeet Aarde en verder (vat hom Winston!)
Sonnestelsel
Kyk verder in die ruimte in
Geboorte, lewe en sterfte van sterre
Sterkte!
Aliwal2012
kontak
14:42, 10 April 2020 (UTC)
antwoord
Wetenskap Curriculum Graad 10 tot 12
Gemeenskap, hier 'n skakel na die res:
Geniey julle self! Groete!
Oesjaar
kontak
13:33, 12 April 2020 (UTC)
antwoord
Die vraag is - watter funksies kan 'n aanlyn-ensiklopedie soos Wikipedia vir rolspelers in die onderwyssektor vervul (insluitende leerders en studente)? Ons kan nie maklik skool- of tersiêre teksboeke vervang nie. Moet ons inleidende en samevattende inligting, 'n oorsig oor 'n vakgebied dus, aanbied? Of aanvullende inligting? Groot webtuistes soos
National Geographic
het afdelings wat uitsluitlik op onderwysers en leerders fokus.
Vir die onderwysdepartemente is Wikipediane dan ook nog niks meer as Danaërs wie se geskenke allesbehalwe gretig ontvang word nie. Geskryf en geredigeer deur vrywilligers wat eintlik nie die vaagste benul van iets het nie. Ons lewer nog self die bewys deur voortdurend artikels uit die Engelse Wikipedia te vertaal. Die waarheid is natuurlik dat selfs akademiese werke vol van foute kan wees - buitelandse top-akademici kry byvoorbeeld nie altyd die name van Russiese persoonlikhede reg nie, verskaf dikwels ook nie die wetenskaplike transliterasie nie wat handig sou wees om alle inligting te kan nagaan. In elk geval - selfs al word artikels hier geplaas wat skoolboektekste maklik kan vervang, mag leerders hulle nie gebruik en/of aanhaal nie.
Daar is verskillende opsies om Wikipedia in die raamwerke van sekondêre en tersiêre onderwys te integreer. Hulle moet nogtans stelselmatig ontwikkel word.
'n Probleemgeoriënteerde benadering / kontekstualisering / kategorisering moet nagestreef word wat ensiklopediese artikelinhoud betref.
Die ensiklopedie moet self ten volle geïntegreer wees met die digitale omgewings waarin dit bestaan. Of die gedrukte. Voorbeeld: As Afrikaanssprekende wetenskaplikes niks publiseer in akademiese velde soos Ruslandstudies nie en studente en belangstellendes aangewese is op Duitse en Engelse publikasies, word die gebruik van wetenskaplike transliterasie vir plek- en eiename verpligtend en sal Afrikaanse lettermonsters soos borsjtsj moet waai om plek te maak vir maklik leesbare spellings soos boršč sodra buitelandse wetenskaplikes dit só spel. Of: As ander kennisverskaffers soos Google op hulle digitale platforms aanvullende inligting soos videomateriaal beskikbaar stel, moet ons die diensverskaffers wees wat daardie inligting bestudeer en relevante inhoud as eksterne skakel beskikbaar stel vir snelle raadpleging.
Artikels moet die huidige stand van kennis weerspieël en bes moontlik 'n oorsig verskaf oor relevante vakliteratuur op die gebied.
Wikipedia word dan die ideale wegspringplek vir selfstandige studies. Een van die nuutste projekte wat ek graag hier op ons Wikipedia sou toets is 'n geïntegreerde digitale artikel oor Antieke Rome - na aanleiding van heelwat uiteenlopende inspirasies: 'n (histories korrekte) reisgids vir Rome in die keisertyd wat ek enkele weke gelede in 'n boekwinkel naby die Vatikaanstad gekoop het; Wikimania-toere vir volwassenes en kinders waar ons vrae beantwoord het soos "Was daar 'n brandweer in antieke Rome?"; en, en...
Ewe belangrik: Wikipedia is allesbehalwe beperk tot die wêreld van onderwys en kan moontlik as 'n ideale naslaanbron ontwikkel word vir die sakesektor, die voornemende Afrikaanssprekende toeris en ander instellings/persone wat toegang tot digitale ensiklopediese inligting benodig.
Voyageur
kontak
00:44, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
En dan moet mens ook onthou, jou Suid-Afrikaners leef in 'n stereotipiese wêreld wat moeilik uit te breek is. In die toerismeklas op hoërskool word dit net verder aangehelp, glo my - ek was daar tot einde matriek. Selfs André Pretorius se
Italiaanse Intermezzi
stel my effe teleur, want al is hy ook met 'n Italiaanse vrou getroud, skryf hy maar net wat die toeristiese mark voorskryf. Vir hierdie mark bestaan Italië slegs uit Rome, Venesië, Pompeii. En vir diegene wat al gehoor het van Napels, Florence en Genua, as jy gelukkig is. Jy sal vir die Afrikaanse leser die artikels dubbel so lank moet maak, net om hulle die konteks te laat begryp.
En Venesië laat my nou self vrae vra wat moeilik te beantwoord is. Hul papierwerk het gewissel tussen Latyn en Venesiaans, maar hoe is handel gedryf in die Ooste? Die antwoord is natuurlik "lingua franca", maar nou wil mens outomaties weet, aangesien hierdie tipe
Fanakalo
se semantiek nie vasstaan nie, hoeveel misverstande ontstaan het? Die taal op skrif is maar skaars. En dan is die groot vraag, hoe het hierdie lingua franca handel in die toekoms gekortwiek - dis nou nie asof jy, soos tussen Nederland en Italië veel later,
'n langdurige dik tweetalige stel Konsulaatreëls kan optrek nie
. Die volgende vrae sal ek seker nog raaklees:
Wat het van die geld geword? Oorloë, skipbreuke, seerowery, deurbringerig uitgeleef?, swak boekhouery, bankrotskap..., alles uitgegee op Hollandse skepe omrede ons te dom was om Ragusa se bome te laat afmaai omdat Venesië nou so goed soos boomloos is...
Nog 'n vraag: watter tegnologiese wonders het Venesië opgetower?
Suidpunt
kontak
05:19, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
Taal
- Variante van Italiaans was omstreeks 1400 die belangrikste verkeerstale in die Mediterreense wêreld; die basiese woordeskat van Genuese en Venesiaanse Italiaans was meer of min identies of nou verwant. Interessant genoeg is taalleerboeke vir Duitssprekende kooplui gepubliseer. Die groot patrisiërfamilies van Neurenberg en Augsburg het Suid-Duitse standaarddialekte gebesig, maar was dikwels twee- of meertalig.
In Venesië is tolke deur die owerheid aangestel. Alle handelskontrakte en -betrekkinge is deur die Venesiaanse gereguleer en noukeurig dopgehou; die tolke was ampsdraers wat altyd hierby betrokke was.
Tolke was vir die meeste taalkombinasies beskikbaar, so ook vir Arabies of enige ander taal in die ooste. Venesiaanse kooplui was heel waarskynlik ook een of ander vreemde taal magtig; Venesiaanse ontlenings soos
fondaco
uit die Arabiese
funduq
dui daarop dat vreemde terme en konsepte deur tweetaliges ingevoer en oorgeneem is.
In alle handelsnasies is al vroeg met die samestelling van gespreks- en woordeboeke begin wat op die behoeftes van kooplui gefokus het (Duits-Venesiaanse of Engels-Russiese handelsbetrekkinge is voorbeelde hiervan). Hier is 'n uittreksel uit 'n monografie oor Georg von Nürnberg se Venesiaanse taalskool:
Otto Harassowitz-Verlag: Ein Franke in Venedig. Das Sprachlehrbuch des Georg von Nürnberg (1424) und seine Folgen
. Hier het Venesiaanse kooplui en amptenare kursusse in Sakeduits gevolg...
Tegnologie
- Venesiane was leiers op die gebied van tegnologiese vernuwing in 'n hele reeks velde soos boukuns, skeepsbou (skeepstipes en skeepsbou op industriële skaal met standaardonderdele en spesialisering van skeepsbouers om 'n rekordgetal skepe in 'n betreklik kort tyd te produseer), tekstiel-, glas-, seepvervaardiging en ander (selfs boekdrukkerye). Baie Venesiaanse produkte soos seep was só gesofistikeerd en gewild by verbruikers dat buitelandse mededingers vervalste replika-produkte van lae gehalte teen laer pryse op die mark gebring het om die reputasie van Venesiaanse vervaardigers skade aan te doen.
Voyageur
kontak
16:31, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
Waddensee
Ek sien hierdie vraag by bespreking van bogenoemde:
Moet dit nie eerder "Waddesee" genoem word nie? 'n "Wad" is 'n drif in die see. Die meervoud moet seker "Wadde" wees, maar die HAT gee nie die woord "Wad" nie en die WAT is nog nie by die letter W nie. Die Woordelys gee ook nie "Wad" nie.
hansjoseph
kontak
13:54, 15 Augustus 2015 (UTC)
antwoord
Julle gedagtes? Groete!
Oesjaar
kontak
07:43, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
Waddesee, volgens die Ensiklopedie van die Wêreld.
Burgert
(kontak)
16:03, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
Geskuif.
Voyageur
kontak
06:18, 17 April 2020 (UTC)
antwoord
Alle aansture verander. Groete!
Oesjaar
kontak
11:14, 17 April 2020 (UTC)
antwoord
Help with translation
I apologize for posting in English
):
Dear colleagues, We are organizing a project called WPWP that focus on the use of images collected as part of various contest and photowalks on Wikipedia articles across all languages and our team needs your help with translations into the language of this community. Here is the translation link:
I am sorry if I post in the won't venue. Thanks in anticipation.
T Cells
kontak
18:10, 13 April 2020 (UTC)
antwoord
Voorbladartikels
Goeienaand gemeenskap, ek sien nou dat in 2020 'n groot hoeveelheid Britse artikels op ons voorblad verskyn, waaronder die
Verenigde Koninkryk
op sy eie en ook
Londen
. Die meeste is waarskynlik deur
Voyageur
geskryf, maar ook ek het die een of ander bygevoeg, waaronder jare gelede die
vlag van die Verenigde Koninkryk
en die nasionale spanne in beide krieket en rugby vanjaar. Blykbaar betree ons nou 'n Britse jaar op ons voorblad, al is dit toevallig of nie. Terloops, vanaand het ek die Britse geskiedenis en sport bygevoeg en sal waarskynlik dieselfde by
Italië
doen. Dit sal net lekker wees as ook
Londen
die laaste vier eeue bykry. Ons is mos 'n gemeenskap en dis net lekker om skouers aan die wiel te sit, onafhanklik wat daarbuite tans gebeur! Ek sal self nog
Amsterdam
Nederland
Papoea-Nieu-Guinee
en nog een Asiatiese land op ons voorblad bring. Ek benut net die hedendaagse
grendelstatus
, wat almal wêreldwyd raak, en wag ook vir sy einde! Bowendien nooi ek almal om
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
te besoek en vir jou gunsteling(e) te stem. Almal is welkom om hul sê te sê. Groete. --
SpesBona
21:00, 15 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie ou Gawie! Hoor-hoor vir die grendeltyd. Ek dink persoonlik die epidemie is nog lank nie oor sy kruin nie, daar gaan nog baie gevalle en sterftes aangemeld word. Maar nou ja, dis slegs in die Vader se hande! (NS: My handtekening het nou ook my provinsie se wapen by) --
Aliwal2012
21:39, 16 April 2020 (UTC)
antwoord
Kyk maar net wie die wapen opgelaai het.
;) Groete. --
SpesBona
21:05, 17 April 2020 (UTC)
antwoord
Tyddeelmultipleksering
Gemeenskap, kan iemand my asb help om die sjabloon van die Engelse artikel
en:Time-division multiplexing
hier oor te dra? Groete!
Oesjaar
kontak
19:33, 17 April 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
, sien
Sjabloon:Multipleksering-tegnieke
. Maar jy sal meeste van die vertalings moet doen. Groete. -
Rooiratel
kontak
11:50, 18 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie! Waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
11:54, 18 April 2020 (UTC)
antwoord
RIFF, my woordeboek is te oud!
Gemeenskap, ek moet
Resource Interchange File Format
vertaal... Enige voorstelle? Groete!
Oesjaar
kontak
14:25, 19 April 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, ek vermoed dit is 'n eienaam, in welke geval dit gewoonlik nie vertaal moet word nie. Maar ter verduideliking sou ek aan
Hulpbronuitruillêerformaat
dink. Dalk kan
Burgert Behr
ook 'n inset lewer? –
K175
skil 'n appeltjie
14:37, 19 April 2020 (UTC)
antwoord
Die term word gewoonlik nie vertaal nie, selfs nie in tale soos Frans en Russies nie. Ons gebruik die Engelse naam en afkorting met ‘n presiese beskrywing: RIFF is ‘n generiese houerformaat vir die uitruil en stoor van multimedialêers.
Voyageur
kontak
14:44, 19 April 2020 (UTC)
antwoord
90 000 artikels!
Gemeenskap, Dankie aan almal se werk en ondersteuning hier! Ja, nou lê die magiese 100 000 voor! Onthou die goue reël, kwaliteit voor kwantiteit! Groete!
Oesjaar
kontak
07:52, 21 April 2020 (UTC)
antwoord
Fisika/natuurkunde
Ek sien ons het 'n
Kategorie:Fisika
én
Kategorie:Natuurkunde
. Eersgenoemde het 100 artikels, 26 subkategorieë en 2 beelde, en laasgenoemde 19 artikels, 10 subkategorieë en geen beelde nie. Is dit oukei met almal as ek alles in Natuurkunde na Fisika skuif?
Burgert
(kontak)
13:42, 22 April 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun! Groete!
Oesjaar
kontak
14:33, 22 April 2020 (UTC)
antwoord
En dankie dat jy hier wil verbeter en artikels byvoeg! Groete!
Oesjaar
kontak
14:34, 22 April 2020 (UTC)
antwoord
Dit sukkel maar. Daai goeters is moeilik!
Burgert
(kontak)
20:17, 22 April 2020 (UTC)
antwoord
Deesdae is alles vir my moeilik...
Oesjaar
kontak
20:30, 22 April 2020 (UTC)
antwoord
Nasionale boomnommers
Gebruiker:K175
, die nasionale boomnommers verskyn nie op die taksobokssjablone deesdae nie. Kan jy asb kyk waarom? Groete!
Oesjaar
kontak
07:13, 23 April 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
gee gou 'n skakel na 'n artikel waar dit veronderstel is om te vertoon? –
K175
skil 'n appeltjie
11:16, 25 April 2020 (UTC)
antwoord
K175
, sien
Aartappelbos
. Groete!
Oesjaar
kontak
11:24, 25 April 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
OK, ek sien wat jy bedoel. Dalk kan ons die nommers by Wikidata voeg, dan kan dit onder in die taksonbalk saam met al die ander nommers verskyn. Uit watter databasis kom die boomnommers? –
K175
skil 'n appeltjie
16:41, 25 April 2020 (UTC)
antwoord
Hallo K175, ek het dit aanvanklik handmatig by elke boom ingesit. Bron:
Field guide to the TREES of the Kruger National Park
red. Piet van Wyk. 3de uitg. 1994. Struik Publishers.
ISBN 1 86825 508 5
(sagteband). Miskien kan jy die gids elektronies opspoor?
NS: My voorbeelde is by
Maroela
en
Wildedadelboom
(ek sien daars 'n nuwer
ISBN 978-1-77007-759-1
) Groete, --
Aliwal2012
17:08, 25 April 2020 (UTC)
antwoord
Gratis boeke van Springer
Meer as 450 boeke van die uitgewer Springer in Engels en Duits is tot en met einde Julie gratis aflaaibaar. 'n Lys van beskikbare titels is
hier
te vinde. Soek vir die titels op
Springer Link
om dit af te laai. –
K175
skil 'n appeltjie
11:51, 26 April 2020 (UTC)
antwoord
K175
Dankie!
Burgert
(kontak)
08:44, 27 April 2020 (UTC)
antwoord
Ou rassistiese woorde
Ek lees van
C. Louis Leipoldt
se gedigte en hy gebruik 'n paar keer die woord "kafferskuil". Ek het die woord glad nie geken nie so toe soek ek 'n definisie of vertaling. Dit is blykbaar 'n soort biesie, maar dit is nie die interessante ding nie. As 'n gevolge van my soektog vind ek
hierdie uiters waardevolle akademiese referaat
. Dit is 'n goudmyn van hierdie ou rassistiese woorde en wat hulle beteken. Saam met die moderne naam, of 'n voorstel vir 'n nuwe naam. 'n Mens sal bittermin inhoud met hierdie woorde deesdae vind, en kan nogal sukkel om uit te vind wat dit eintlik beteken. So ek deel dit met julle en hoop dit help iemand. Groete. -
Rooiratel
kontak
11:38, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie, dit is 'n wonderlike bron. Ons gebruik nog self hier van daardie woorde wat nou as neerhalend beskryf word en ek dink dis tyd dat ons aanpas by die moderne tye en 'n bietjie meer sensitiwiteit aan die dag lê.
Burgert
(kontak)
11:58, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Menere, ek stem volkome saam met Burgert! Groete!
Oesjaar
kontak
12:30, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Hierdie beginsel moet dan ook konsekwent op Oos-Europese etnonieme en plekname toegepas word. "Tartaar" beteken "mens uit die hel" (afgelei van die Griekse
Tartaros
- dit moet
Tataar
wees), terwyl
Kiëf
- in plaas van die amptelike
Kyiv
- die sienswyse van bepaalde Russiese elites steun waarvolgens Oekraïne niks meer as "Klein-Rusland" is en dus nie as selfstandige nasie erken word nie.
Voyageur
kontak
15:48, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Daar is ook ruimte vir ander om Afrikaanse en Afrikanergeskiedenis en -erfenis te respekteer en nie daarop aan te dring dat ons hulle gevoelens akkommodeer nie. Wikipedia word nie gesensor nie, en Afrikaanssprekendes en Afrikaners maak elke dag akkommodasie vir ander wat deur ons teenwoordigheid in die land geaffronteer word (dink maar aan die afskaffing van Afrikaans by universiteite). Dit sal dalk goed wees indien daar iewers in die kuberruimte nog 'n bietjie leefruimte vir ons kan wees waar ons net kan bestaan en nie vir ander nasies wat nie ons beste belange op die hart dra deur hoepels hoef te spring nie. –
K175
skil 'n appeltjie
16:19, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Sien die belaglikheid vandag (daar is nie eintlik 'n woord in die alfabet vir die spesifieke spesie van kleinlikheid en "skaapagtige" "slagofferskap tot vervelens toe" tipe gedrag nie, maar dis waarmee mens elke dag gekonfronteer word) op MM:
Ironies genoeg is bg. artikel uit MM en die "uitmuntende redenasievermoens" wat daarin uitgewys word 'n uitstekende vb. van die; met respek; snert en loutere twak (en bygesê 'n vb. van powere denkvermoëns) wat opgedis word deur onverdunde politiese korrektheid. Dit moet dit ten alle koste vermy word dat die Afrikaanse Wikipedia ten prooi val of lamgelê word deur politiese korrekte geboelie en liberale voorskriftelikheid. Vandag ly die meeste arme drommels juis vanweë die verfoeilike (en in my opinie bose) invloed van "Satansmedia" ("sosiale media") aan kognitiewe dissonansie (en is almal "slagoffers") en weet werklik nie meer of hulle kom of gaan nie. Weens die gemelde invloed neem intelligensie - en konsentrasievlakke (vernaam die van kinders) geweldig af.... In dieselfde asem, word die Afrikaanse Wikipedia ook nou gesensor vir enige gevalle van "wrongspeak" en "wrongthink" à la
1984
? Is dit die tipe wêreld waarin ons wil leef? Word die geniale (profetiese!)
George Orwell
se voorspellings van die sosialistiese, tirannieke, totalitêre en drakoniese "dystopia" nou waar vir ons?
Baie name wat kwansuis aanstoot sou gee is geskiedkundige name, dis deel van die geskiedenis; en geen volk (of land) Op Aarde se lei is in elk geval skoon nie, ek herhaal, nie éen nie. Moet die geskiedenis ook nou gewysig word na goedkeuring van die polities korrekte diktatuur van die liberales, soos vereis word deur die "Ministry of Truth" in
Nineteen Eighty-Four
? Dankie.
Charlielv55
kontak
18:56, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Hiermee, verbied ek, Suidpunt, op dag en datum 28 April die heuglike jaar 2020 A.D. onder die uitspansel der sterrehemele, met onmiddellike ingang, die gebruik van die woorde
vandalisme
vandaal
en
vandale
op die Afrikaanse Wikipedia. Voortaan sal slegs die begrippe
vernielsug
vernielsugtige(s)
en
vernielsugtigheid
in swang wees.
Cabrón
, die tyd het aangebreek om die wapen op te neem en hierdie Fascistiese pampoene met onverdrote ywer onder ons geledere uit te roei ('n paar skote vuur die lug in, en 'n paar ibisse val kwêêê na benede). Die versuim sal lei tot onmiddellike verbanning op hierdie heilige bloeddeurdrenkte
terra incognita
van die uitgeroepte Sosialistiese Volksrepubliek Wikipedia wat sal wreek vir die beswaddering van die Vandaalse volk. Net die uitgesoektes sal die toekoms onder my diktatuur kan binnegaan. (En wie't my nou eintlik tot god gemaak?)
Suidpunt
kontak
19:07, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Hiermee verbied ek, Charlie, amptelike segsman van die Department van Waarheid se Spesiale Komitee op Uitsonderlike Aangeleenthede, met onmiddellike inwerkingtreding, voortaan die gebruik van die term
Spaanse Griep
op hierdie blad- welke term ondermynend en beledigend teenoor indiwidue van Spaanse afkoms of nasionaliteit is. Enige indiwidue wat die term waag gebruik sal onmiddellik gesensureer word en VERPLIG word om daaglikse korrektiewe- en heroriëntasieklasse te ontvang totdat die AANVAARBARE vlakke van heroriëntasie bereik is. Verdere oortreding na behandeling is strafbaar met onmiddellike verbanning. Die persoon en al sy details sal ook onmiddellik op 'n swartlys geplaas word vir versending na die relevante wetstoepassingskomitee, met gepaste strafoplegging. Laastens word dit gelas dat die haatlike artikel met al sy inhoud dadelik verwyder word. Ons as komiteelede en comrades is bewus van die opoffering en harde werk wat dit sal verg om 'n nuwe artikel op te bou wat nie aanstoot gee nie, maar aanvaar dat ons hardwerkende mede-comrades skouer aan wiel sal sit sodat die Afrikaanse Wikipedia weereens kan spog met 'n soortgelyke artikel wat aan al die kriteria voldoen soos uiteengesit deur die Agbare komitee. Op las.
Charlielv55
kontak
20:00, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Voel julle nou beter?
Oesjaar
kontak
20:26, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Nee, dit is maar 'n jammer saak. Ek voel jammer vir diegene wat aanstoot neem aan ons bestaan, want hulle behoort beter dinge te hê om hulle mee te bemoei. En ek voel jammer vir ons projek, wat tien-teen-een 'n kompromie gaan wil bereik, nes die geval was met die tannies wat die stuipe gekry het oor die sekssketse op die voorblad. –
K175
skil 'n appeltjie
21:02, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien ek het nou 'n blikkie wurms oopgemaak. Dit was nie my bedoeling nie. Ek sê nie ons moet ons taal verander nie, maar ek weet dat taal verander in elk geval soos tyd aanloop. En soos ek vroeër gesê het, mens sal bittermin daai woorde deesdae sien, en dit maak dit moeilik om die betekenisse te vind. Ek wou net 'n hulpmiddel deel om mense te help met ou woorde wat nie meer in 'n woordeboek of iets sal verskyn nie. Lekker dag vir almal. -
Rooiratel
kontak
09:00, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Ons kan natuurlik die Afrikaanse Wikipedia uitsonder vir gebruik deur "slegs blankes". Maar dan moet ons dit seker op die Tuisblad duidelik stel. Dit is jammer dat sommige mense respek teenoor ander beskou as "sensuur" of "hulle teen ons".
Burgert
(kontak)
09:36, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Dit is nie respek teenoor ander om agteroor te buig om hulle te akkommodeer nie. Maar dit is respek van ander teenoor ons om nie van ons te verwag om ons gebruike te verander omdat hulle oor netelighede aanstoot neem nie. –
K175
skil 'n appeltjie
14:56, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Daar slaan jy sopas die spyker op sy kop
:)
Charlielv55
15:17, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
As enige persoon nie gelukkig is met die mening van myself en Burgert nie, is julle welkom om hierdie Wikipedia te verlaat. Dit is 'n ensiklopedie, gaan 'n ensiklopedie bly en niks meer of minder nie. Hierdie Wiki is neutraal en neutraal ten opsigte van politiek. In 'n ensiklopedie is daar nie dinge soos digterlike vryheid nie, en soos
K175
so 'n tydjie terug gesê het, nadat hy kommentaar van my verwyder het,
Hierdie is nie 'n blog nie.
. Hierdie is nie 'n blog nie. Doen wat
Suidpunt
doen en gaan verbreed jou horison op
PRAAG
by
Oesjaar
As julle iets bruikbaar met julle vrye tyd wil doen, ek soek naarstigtelik Afrikaanse name vir ons
Fynbos
spesies. Ons is iets soos 2000 spesies agter hier...
Oesjaar
kontak
15:27, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek wil net hê ons moet konsekwent wees. Ons het vir die sekstannies gesê "nee" toe hulle dinge hier wou verander op grond van aanstoot. So ons moet ook naamveranderinge as gevolg van aanstoot teenstaan. In elk geval kan ons wiki nie hier 'n leidende rol speel nie. Ons moet maar die benaminge volg wat in die literatuur gebruik word. –
K175
skil 'n appeltjie
21:20, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
As jy in die 21ste eeu swart mense in Afrika met woorde soos "Kaffer" wil beledig, het Afrikaans nie 'n toekoms nie! In Duits wil sommige mense met woorde soos "Neger" en "Zigeuner" voortgaan. Ry wat, hulle sit verregs.
SpesBona
kontak
21:22, 17 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt antwoord Oesjaar se fynbos-vraagstuk
Ek sit hier met berghange vervuil van die verpestelike gedroggies (
familiarity breeds contempt
), maar moenie dink daar is 'n boek in hierdie huis oor die goed nie (eerder die visse van Tsitsikamma); daar is wel 'n paar in die dorpsbiblioteek. En die bib is nou toe. Waterbesparend ofte nie, blykbaar sak muise op die tuine toe soos plunderaars op 'n Checkers-wa in Bishop Lavis. Vra jou af waarom daar byna nie een huis op hierdie dorp is wat Proteas kweek nie; ons het geleer uit Hermanus se bobbejane wat sommer in jou sitkamer kom tee skink. Toe kies ons dor(p)smense eerder die mismaakte spekboom om hul heinings te ontsier. Magtig, dis die lelikste ding wat nog uit die sand gekruip het. Dank die hemel ek hoef nooit Kirstenbosch te besoek nie.
Die suikerbekkies hier rond deel my gesofistikeerde smaak: die eksotiese hibiskus wat dwarsdeur die jaar blom (drie verskillende smake in een tuin). Die bye is ook tog te bly oor die bottelborsel, teeboom, die rose en die watersuipende koejawelboom (20 liter elke aand vir hom, die arme ding). Soos ek van my alkoholvrye
Bavaria
-bier uit Holland hou. Ook die voëls het gedurig ons vye kom uitpik tot meneer die boorkewer die stam snotsag van binne af uitgevreet het, soos ook
Elim
sal getuig. Al wat nog kort is 'n koninginpalm van 9 m hoog om my huis vir besoekers aan te dui.
Ek kan ongelukkig hierdie keer nie help nie. Nota bene: moenie die goed laat verlep nie, die reuk van die dood hang weke lank in die huis. Droog eerder 'n roos tot hy swart is. Moet ook nie kaalvoet dit buite waag nie, ek het nou die dag die een by se dood beteken.
Probeer hierdie interessante boek:
Inheemse plante geskik vir bye
. Daar is Afrikaanse name by.
Suidpunt
kontak
08:37, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Vermiste gebruikers
Mis nog iemand ouens soos
Anrie
BenBezuidenhout
Hansjoseph
Hentie Joubert
JCBrand
Jcwf
Laurens
Morne
Naudefj
Puvircho
Wawiel
en
Wutsje
? Almal gebruikers wat ek gedurende my twaalf jaar hier leer ken het. Hoe kry ons hulle weer betrokke? Groete. --
SpesBona
21:15, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek mis vir Anrie, Ben, Jcwf, Morne, Naudefj. Die ander het ek nie so goed geken nie, maar ek sien soms hul name in die wysigingsgeskiedenisse. Wutsje sien ek so nou en dan in onlangse wysigings. Nie besef hy/sy is al 'n ou bydraer nie. Ek het nou-die-dag met Anrie gepraat en dit klink nie asof sy beplan om terug te keer nie. Ek dink sy het aanbeweeg na ander tydverdrywe. –
K175
skil 'n appeltjie
21:27, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Wat mij betreft: ik volg de laatste maanden weer meermaals per dag de recente wijzigingen op deze wiki en bij gelegenheid grijp ik ook wel eens in. Wat me echter wel wat terughoudender heeft gemaakt, is de korte discussie
hier
, die me de indruk gaf dat ik hier als niet-Afrikaans-schrijvende wel mijn plaats moet kennen. Dan word je toch wat voorzichtiger met bijdragen.
Wutsje
kontak
21:47, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Stuur groete vir Anrie en sê dat ons haar BAIE mis! In 2010 het ek net ingespring met die voorbladartikels en nou skryf ons 2020... Groete. --
SpesBona
21:51, 28 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek onthou Anrie baie goed, sy was my eerste punt van kommunikasie elf jaar terug en het baie gehelp. Haar kind moet nou amper 'n tiener wees. Daarna het
Gebruiker:Naudefj
oor geneem en my gehelp. Dankie Frank en Anrie dat julle my op die pad gehelp het. Groete!
Oesjaar
kontak
15:31, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Ja, Anrie was 'n regte staatmaker. Sy het hard gewerk hier en my ook baie dinge geleer (soms op 'n kwaai manier).
Burgert
(kontak)
15:41, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Dagsê, ek is darem nie totaal vermis nie. Ek het net heeltemal te veel hooi op my vurk en per slot van sake is dit plig voor plesier. Ek lewer darem nog so dan en wan ’n bydrae.
:)
Puvircho
kontak
14:53, 1 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wutsje, natuurlik moet die Nederlandssprekendes bydra, en soos almal 'n renostervel aankweek, en met die skerp ellemboog terugstamp waar nodig. Jcwf se bydraes is ook uitstekend. En elkeen moet maar teen 'n pas werk waar hy of sy nie uitbrand nie, d.w.s. 'n wiki-vakansie neem waar nodig. Dankie SpesBona dat jy ons herinner aan die ou strydrosse, en hulle "ping".
JMK
kontak
00:14, 6 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek is nou 'n lid van die ouens! Wees maar gelukkig met botartikels en stukkende sjablone!
SpesBona
kontak
21:23, 17 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ontmitologisering
Gemeenskap, ek is nie gelukkig met hierdie artikel nie. Neutraal is dit nie. Julle mening asb? Groete!
Oesjaar
kontak
15:18, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink as die mening daarin vervat (ek het dit gewysig sodat dit nou duidelik so uitstaan) die van Rudolf Bultmann is, dit in die haak is, alhoewel die artikel aan die ander kant mank gaan aan menings wat Bultman s'n uitdaag of daarmee verskil.
Charlielv55
15:33, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
..en daarom is dit nie neutraal nie.
Oesjaar
15:36, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Ja, dit is so, ek stem saam met jou
Oesjaar
Charlielv55
16:05, 29 April 2020 (UTC)
antwoord
Blackburn
Gemeenskap, is daar enige vrywilliger om bogenoemde te skep? Dit is 'n stad in Engeland. Groete!
Oesjaar
kontak
07:13, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Word geskep.
Voyageur
kontak
07:31, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie Voya! Groete!
Oesjaar
kontak
07:34, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Voyageur
: kyk na die sin asb:
Saam met Darwen in die suide vorm Blackburn die unitêre owerheid (unitary authority) Blackburn with Darwen, met Blackburn as administratiewe setel.
Groete!
Oesjaar
kontak
08:56, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Waarom word die artikel
Kwaito
nou beskerm?
Waarom word die artikel
Kwaito
nou skielik beskerm, niemand vandaliseer dit mos nie? Ek was besig om goedertrou taal - en uitlegverbeterings daaraan te maak, of is my bydrae nie welkom nie?
Charlielv55
kontak
11:48, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Jou bydrae is welkom, moenie kinderagtig wees nie! Ek het dit vir 'n halfuur beskerm teen wysigingskonflikte tussen ons, nie vandaliserig nie! Dis nou weer gelig (14h10), gaan maar voort asb.
Aliwal2012
12:12, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir die terugvoering
Aliwal
. Groete,
Charlielv55
kontak
12:53, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
DIS NIE NODIG OM ONGESKIK TE WEES NIE HOOR
Charlielv55
kontak
19:11, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Abel Azcona
Ek het verbeterings aan die swak rekenaar-vertaalde artikel aangebring. Groete.
Charlielv55
kontak
13:11, 30 April 2020 (UTC)
antwoord
Demokrasie
Graag wil ek hiermee onder julle aandag bring dat die frase
"eerste demokratiese verkiesing"
'n dikwels herhaalde feitefout m.b.t. die begrip "demokrasie" en die 1994-verkiesing is. Om die frase te herhaal is dus feitelik verkeerd en die duplisering van 'n onwaarheid. Daar bestaan verskeie vorme van demokrasie, en selfs die destydse geliefde van die liberales,
Helen Suzman
; het in wat vandag as sekerlik polities nie korrek beskou sou word, voorgestel dat die toentertydse
NP regering
stemreg toelaat aan swartes wat oor 'n sekere vlak van opvoeding of kwalifikasies beskik of eiendom besit; die implikasie synde te wees dat dit nie toegeeflik genoeg is nie, slegs "universele stemreg" (Engels: "universal suffrage") sal toegelaat word. (sien
Robin Renwick
se
Helen Suzman: Bright Star in a Dark Chamber
Ek haal aan uit die Engelse Wikipedia se
en:Universal suffrage
: "In the
first modern democracies
, governments restricted the vote to those with property and wealth, which almost always meant a minority of the male population. In some jurisdictions, other restrictions existed, such as requiring voters to practice a given religion. In all modern democracies, the number of people who could vote has increased progressively with time. (dus was die vorige bestel 'n vorm van "demokrasie") In the 19th century in Europe, Great Britain and North America, there were movements advocating "universal [male] suffrage". asook uit dieselfde artikel: "Universal suffrage" (let wel: nie
"demokrasie"
nie) (also called
universal franchise
general suffrage
, and
common suffrage of the common man
) gives the right to vote to all adult citizens, regardless of wealth, income, gender, social status, race, ethnicity, or any other restriction, subject only to relatively minor exceptions."
Universele stemreg is weer 'n onderdeel van die sg. "een man, een stem" beginsel, wat gelei het tot die onderdrukkende "meerderheidstelsel", oftewel in Engels "majoritarian rule" wat
Afrikaanses
en vernaam
Afrikaners
tans onderdruk, (sien Jody Kollapen se uitspraak gister in die Noord-Gautengse Hooggeregshof wat diskriminasie toelaat wanneer dit by finansiële hulpverlening vanaf staatsgeledere kom.) en ook 'n konsep wat deel vorm van "demokrasie". Ek haal soos volg aan uit die Engelse artikel
en:One man, one vote
: "One man, one vote (or one person, one vote) is a slogan used by advocates of political equality through various
electoral reforms
such as
universal suffrage
proportional representation
, or the elimination of plural voting, malapportionment, or gerrymandering .... "The slogan was notably used by the anti-apartheid movement during the 1980s, which sought to end white minority rule in South Africa."
"In the United States, the "one person, one vote" principle was invoked in a series of cases by Warren Court in the 1960s. Applying the Equal Protection Clause of the United States Constitution, the Supreme Court majority opinion (8-1) led by Chief Justice Earl Warren in Reynolds v. Sims (1964) ruled that state legislatures needed to redistrict in order to have congressional districts with roughly equal represented populations. In addition, the court ruled that, unlike the United States Congress, both houses of state legislatures needed to have representation based on districts containing roughly equal populations, with redistricting as needed after censuses"
Ek haal aan soos volg uit die Engelse artikel
en:Democracy
: "Democracy (Greek: δημοκρατία dēmokratía, "rule by [the] people") is a form of government in which the people exercise the authority of government. Who people are and how authority is shared among them are core issues for democratic theory, development and constitution. Some cornerstones of these issues are freedom of assembly and speech, inclusiveness and equality, membership, consent, voting, right to life and
minority rights
(NB: "demokrasie" word heeltemal verkeerd benader deur die huidige bestel aangesien hulle "demokrasie" beskou as "die meerderheid regeer; die groep se belange seëvier; en basta met die res) . Generally, there are two types of democracy: direct and representative - however, the noun "democracy" has, over time, been modified by more than 3,500 adjectives which suggests that it may have types that can elude and elide this duality.In a
direct democracy
, the people directly deliberate and decide on legislature. In a representative democracy, the people elect representatives (soos in SA en ook in die vorige bestel, waar daar iets was soos kiesafdelings en die kieskollege in die
VSA
) to deliberate and decide on legislature, such as in parliamentary or presidential democracy. Liquid democracy combines elements of these two basic types.
In the common variant of
liberal democracy
, the powers of the majority are exercised within the framework of a representative democracy, but the constitution limits the majority and protects the minority, (dit moet gebeur, met die "wonderlike" demokrasie en "superieure grondwet" wat ons kwansuis oor beskik, maar helaas, daar is niks hiervan te bespeur nie!) usually through the enjoyment by all of certain individual rights, e.g. freedom of speech, or freedom of association. (wat van groepsregte?) Besides these general types of democracy, there have been a wealth of further types.... Republics, though often associated with democracy because of the shared principle of rule by consent of the governed, are not necessarily democracies, as republicanism does not specify how the people are to rule.
Die punt wat ek derhalwe wil maak is dat die 1994 verkiesing bes moontlik dus slegs as
"elektorale hervorming"
kan kwalifiseer en nie as die dikwels-herhaalde hoofstroommedia-gedrewe infame leuen "eerste demokratiese verkiesing" nie; en kan dit dus nie as feit voorgehou word nie. Die korrekte frase sal dus wees "die eerste verkiesing met universele stemreg".
Voorts, blyk dit dat die hunkering na "universele stemreg" eers na vore getree het toe die VSA (sien die hofbeslissing hierbo) besluit het dat dit nou ewe skielik die aangewese vorm van "demokrasie" is. Ek is persoonlik van mening dat daar niks skort met 'n stelsel waar stemreg gekwalifiseer word nie, bes moontlik is dit die enigste hoop vir ons arme vernielde land, maar dit sal
nooit
gebeur nie! Baie dankie.
Charlielv55
kontak
12:07, 1 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Charlielv55
, die term “eerste demokratiese verkiesing” het nog altyd gekrap maar ek kon nie sê hoekom nie. Ek stem saam met jou uiteensetting.
Puvircho
kontak
14:57, 1 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie
Puvircho
- ek waardeer dit opreg
:)
Charlielv55
kontak
15:11, 1 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Suid-Afrikaanse Lugdiens
Waarskynlik iets van die verlede. Net as iemand tyd het. (
Waarskuwing:
Nee, moenie oor politiek begin kla nie,
dit gebeur wêreldwyd
, ook in Europa (Lufthansa, KLM, Air France) of Australië (Virgin Australia Airlines). In Duitsland het ons ook vrot staatsbeheerde maatskappye!) Groete. --
SpesBona
21:50, 3 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hallo
SpesBona
- die enigste opmerklike verskil is die een was "lankal reeds in sy maai in", die "griep" was bloot maar gerieflik en 'n maklike verskoning om die "handdoek in te gooi". Blykbaar is 'n nuwe parasitiese weergawe daarvan in elk geval ons voorland. Jy kan bly wees jy is nie 'n Suid-Afrikaanse belastingbetaler nie. Groete!
Charlielv55
kontak
22:29, 3 Mei 2020 (UTC)
antwoord
en:Caper
Goeiedag, kan iemand dalk vir my sê of 'n
en:Caper
'n kappertjie in Afrikaans is? En is die saad daarvan dan 'n kappertjiesaad of die meervoud kappertjiesade?
Baie dankie.
Charlielv55
kontak
06:35, 5 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Jein
, dit is volgens die WAT
kapper
Capparis spinosa
) of
kapperboom(pie), -kruid, -struik, kappertjieboom, -bos
Ek het by
Volksetimologie
geskryf:
kappertjie
(blomsoort,
Tropaeolum majus
) (
kapusynerblom
(meer Neerlandisties volgens
WAT
) <
kapucijnbloem
(Nederlands), vergelykbaar met Frans
capucine
(1694)
en Duits
Kapuzinerkresse
, wat almal verwys na die kappie, soos gedra deur 'n spesifieke monnikorde)
Tropaeolum majus
is die
kappertjiesaad
wat jy in kos kan gebruik. Oor die ander een weet ek nie.
Ek dink saad kan in die meervoud bedoel word, tensy jy nou werklik wil sê 2, 3, 5 of 2 568 789 543 sade. Gewoonlik word die enkelvoud 'n verkleinwoord net om helderheid te bring: -saadjie.
Suidpunt
kontak
06:50, 5 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie
Suidpunt
ek waardeer dit - die Engelse artikel is op my lys van artikels om te vertaal. (sien
Gebruiker:Charlielv55
NS: Ek's mal oor kapperbessies (nie soveel oor die knoppe nie), absoluut versot daarop! Die plant self is ook 'n pragtige struik, net jammer dit groei nie hier nie (sover my kennis strek), moontlik sal dit goed aard in die Wes-Kaapse klimaat. Groete
Charlielv55
kontak
07:36, 5 Mei 2020 (UTC)
antwoord
In Oktober blom
Tropaeolum majus
hier, ja. In een boek word hy, net soos die koejawelboom, as indringerplant beskou. Die koejawelboom het glo verwilder en die voëls pik aan die vruggies en dra die saad in hul magies rond na die volgende plek. Ek weet dus nie of dit vir kwekerye
onwettig is om koejawelboompies te verkoop nie
. Hy groei buitendien net kuslangs.
Suidpunt
kontak
07:59, 5 Mei 2020 (UTC)
antwoord
gelees
- dankie vir die inligting.
Charlielv55
kontak
10:17, 5 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Kapkappertjie, moontlik afgelei van Cape caper, en dan spesifiek die blomknoppies daarvan, is van toepassing op
Capparis sepiaria
var.
citrifolia
(Lam.) Toelken
. Lg. het voorheen bekend gestaan onder die sinonieme
Capparis citrifolia
of
Capparis capensis
. Die Kapkappertjie is dan blykbaar die Kaapse ekwivalent van bg. Caper,
Capparis spinosa
, wat blykbaar in Europa gevind word. Die blomknoppies van die Kapkappertjie is gebruik soos dié van
Capparis spinosa
, en die plaaslike produk is toe Kapkappertjies genoem. En dit het alles (sover ek kon vasstel) niks te doen met 'n Kappertjie (
Tropaeolum majus
) nie.
JMK
kontak
23:39, 5 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie
JMK
:)
Charlielv55
kontak
06:52, 6 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Kraaifonteinspinnekopbos
Gemeenskap, lees die suksesverhaal, lees die verwysings ook. Julle is welkom om dit uit te brei! Geluk aan Kaapstad met die werk, ek het nie daarvan geweet nie.
NS, myns insiens skort ons 'n artikeltjie oor die Bracken Natuurreservaat! Kom Kaapstad...
NNS, ek kon geen Afrikaanse naam vind vir die plant nie en het maar digterlike vryheid gebruik en die Engelse naam gebruik... Kom ons hoop die Afr. Wikipedia het die voortou geneem hier...Groete!
Oesjaar
kontak
05:42, 6 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Mat Spiderhead
Gemeenskap, terwyl ek so baklei met die fynbos, wat sal 'n geskikte Afrikaanse naam vir bogenoemde wees? Groete!
Oesjaar
kontak
16:17, 6 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Kalaharitruffel
Gemeenskap, kan iemand asb help met die vertaling by
Mikorrisiese verhoudinge met plante
? Groete!
Oesjaar
kontak
19:02, 6 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Swamwortelverhoudings, lyk dit my. Ek kry net mikorisa in die Verklarende lys van plantpatologiese terme: 'n Swam wat in simbiose met die wortels van 'n plant leef. Die Verklarende Biologiewoordeboek sê mikorisa en swamwortel is sinonieme. Anders kan 'n mens dalk net praat van
simbiotiese verhoudings
Burgert
(kontak)
20:13, 6 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Help asb. met inligting op my besprekingsblad rakende die Afrikaanse naam van N'abbas (truffel pleks van tuber). Ons hang daar in die lug. Dankie! Groete. --
SpesBona
21:20, 10 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die Spinnekopbosse...
Gemeenskap, help asb met die name:
Verlorespinnekopbos
se Engelse naam is
Forlorn Spiderhead
wat ek gebruik het om die Afrikaanse naam daar te stel. Maar ek sien vandag met 'n skok daar is egter 'n ander spesie met die Engelse naam van
Lost Spiderhead
wat dan eerder Verlorespinnekopbos moet wees. Ek soek 'n alternatiewe Afr naam vir die
Forlorn Spiderhead
... Vergete-spinnekopbos? Groete!
Oesjaar
kontak
16:40, 7 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia is 'n grap.
Seks
maak voorbladstatus maar nie
Orania
nie, al is daar 'n meerderheid van stemme daarvoor (dis kamtig kontroversieel; en die ironie kan nie dikker op die mure uitslaan nie!)- wil nie ons polities korrekte meesters ontstel nie nè, ek herhaal weer: DIE AFRIKAANSE WIKIPEDIA IS 'N GRAP! Dankie.
Charlielv55
kontak
09:55, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Met trane in my oë vra ek: ensiklopedie, watse ensiklopedie!!!!!!!!!!!!!!!!! Is die Afrikanerdorpie van ensiklopediese belang of nie? Ja of nee? NEEEEEEEE o .... nou waarom in godsnaam nie?
Skaam julle!!
Charlielv55
kontak
09:58, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Charlielv55
, hierdie is 'n Wikipedia in Afrikaans vir die gebruik vir alle persone wat Afrikaans magtig. Die persone kan blank, swart, gekleurd, van Oosterse afkoms wees of in enige land woonagtig wees anders as Suid-Afrika. Soos ek reeds gesê het, Wikipedia is nie-polities nie en gee geen voorkeur aan enige etniese groepe, geloof, politieke groep of kultuur nie. Nie alle Afrikaanssprekende mense is Afrikaners nie. Ek is 'n blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner.
Gebruiker:Voyageur
is Duits,
Gebruiker:SpesBona
is Duits,
Gebruiker:Dumbassman
is 'n Afrikaanssprekende persoon met Namibiese nasionaliteit. Ek dink nie hulle val in jou definisie van Afrikaner nie - beteken dat hulle dan nie hier welkom is nie? Op hierdie stadium verloor ek eerder jou bydraes as hulle s'n... Ek wonder hoe hulle moet voel oor jou siening van Afrikaner... Jy is welkom om vir die Afrikaner te wil baklei, maar hierdie is nie die forum daarvoor nie. Ek hoop jy kommunikeer ook met die Afrikaners wat nou in ander lande woon...
Kom ons kyk so 'n bietjie na die Volkstaat Orania. Volgens die artikel hier op Wikipedia is die dorp 8,95 km
groot.
Kimberley
, is 164,3 km² groot. So daar is nie genoeg plek vir die inwoners van Kimberley in Orania nie, waar gaan die res van die Afrikaners in Suid-Afrika in die Volkstaat bly? Orania - Volkstaat? Ek kan nog verstaan as die
Wes-Kaap
homself wil afskei as 'n volkstaat of wat mens ook die ding wil noem. Die Wes-Kaap is ekonomies lewensvatbaar... Waar gaan Orania dinge soos elektrisiteit, banke, toegang na minerale, vervaardiging, landbou ens doen as daar nie plek is nie. Ek het vir ongeveer 14 dae in Orania geslaap terwyl ek besig was met 'n Transtel projek op die spoorlyn van Kimberley na De Aar. My ondervinding: net nog 'n kampplek met gemiddelde diens. Orania is 'n droom vir 'n paar mense, indien dit hulle gelukkig maak... In terme van alle kennis in 'n boek is Orania seker 'n gedeelte van die punt op die laaste bladsy.
Orania as voorblad: die artikel is ver onder die 30K vereiste en ek betwyfel die aanname van
een die grootste pekanneutplantasies in Suid-Afrika
. Die twee jaar wat ek deurgebring het op die Transtel projek het ek alle paaie weerskante van die spoorlyne en N12 asook vele kortpaaie tussen plekke soos Modderrivier, Orania, Hopetown, Kraankuil, Poupan ens gery en daar is nou definitiewe groter pekanneutplantasies ontwikkel. Kyk net na die afdeling
Ekonomie en landbou
in die artikel, nie juis goeie nuus nie.
Indien jy nie gelukkig is met my as administrateur nie, kan jy by
Jimmy Wales
beswaar aanteken en vir hom sê doen ek net wat hy van ons administrateurs verwag; kyk dat die vyf pilare van Wikipedia gevolg word en dat ek nie Afrikaner wil voorkeur gee nie...
Soos ek ook voorheen gesê het: gebruikers wat by Wikipedia registreer aanvaar die voorwaardes van Wikipedia sonder enige uitsondering.
Lank lewe die Afrikaanse Wikipedia vir alle Afrikaanssprekende persone van waar ook al...
Oesjaar
kontak
12:14, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Hoor, hoorǃ Nodige konteks.
Sobaka
kontak
12:58, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek volg nie jou argumente nie hoor, in pleks van op rasionele wyse te argumenteer volg jy die linkse wyse van argumentvoering, te wete
"virtue signalling"
"ou koeie uit die sloot uit opgrawe"
, blamering, blaamverskuiwing en die blanke-gewete-speletjie, wat geheel en al NIKS met die feite en die werklikheid te doen het nie.
Wil jy impliseer dat ek nie die bruinmense as bloedgenote of mede-Afrikaanses sien nie, of dat hulle of enigiemand anders minder aanspraak op Afrikaans as ek het? Beslis nie! Jou aanname is verwerplik! (al is dit duidelik vir enigiemand wat nie selfbedrog wil pleeg nie, dat Afrikaners Afrikaans by verre die meeste op die hart dra. Ek oordeel nie en ek beroep my nie daarop nie, maar dis 'n feit, en ek gaan nie om een of ander liggelowige, dweperige, naïwe beweegrede dit ignoreer nie
!)
Wil jy verder impliseer dat ek, deur jou en ander se handelswyse op hierdie blad te kritiseer, daarop aandring dat Afrikaans eksklusief aan Afrikaners behoort? Jy maak 'n hengse groot fout. Jou argument is nóg genuanseerd, nóg oortuigend.
Gaan kyk weer na
Voyageur
Suidpunt
, en
I90Christian
se pragtige, genuanseerde, gebalanseerde nie-partydige argumente op die stemblad. Die skreeusnaakste van alles is dat jy, en ander wat soos jy soos self-aangestelde diktators optree, julle beroep op "demokratiese" beginsels wanneer dit julle pas soos bv. by die skrapping van artikels, net om die volgende oomblik om te draai en by wyse van
fiat
te hiet en gebied, m.a.w. die kamtige "demokratiese reëls" word toegepas wanneer dit jou pas, maar wanneer dit nie die geval is nie, verwerp jy dit. Voorts blyk dit dat jou mening skynbaar die enigste is wat geld, en jy tree op soos 'n egte oikofobeet. Ek hou by my standpunt, daar's niks fout met die artikel nie. Hoeveel etlike ander voorbladartikels het nie gebreke nie? Net die ander dag was daar 'n ooglopende tikfout wat ek moes regmaak op 'n voorbladartikel.
Afrikaans is reeds in die laaste loopgraaf, maar jy besef dit skynbaar nie.
Charlielv55
kontak
13:22, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
Wil jy nie die artikel uitbrei en dan hernomineer nie? –
K175
skil 'n appeltjie
17:16, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Goeienaand
K175
- ek sal beslis dit aanpak:) Dankie vir jou kommentaar. Groete,
Charlielv55
kontak
19:09, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Vanuit 'n suiwer wetenskaplike standpunt sou ek Orania as utopiese gemeenskap definieer - waarby «utopies» beteken dat mense in 'n afgesonderde gemeenskap 'n alternatiewe leefstyl en ekonomiese konsep probeer ontwikkel. Of hierdie gemeenskap nou blank of groen gestreep is, is nie van belang nie, tensy 'n mens dit in 'n ander konteks wil plaas. Ons mag heelwat Amerikaanse utopieë soos Shaker-gemeenskappe by die definisie inreken.
Om die artikel tot die hoogste moontlike wetenskaplike en ensiklopediese vlak te verhef, sou ek eers meer navorsing oor Orania doen. Ek sou eers aanbeveel het dat Amerikaanse bydraers die artikel begin redigeer, maar nou het ek op iets interessants afgekom:
ScreenAfrica: A film called Orania
. Hier het iemand wat blykbaar Duits en Afrikaanssprekend is, die moeite gedoen om Orania vanuit 'n ander perspektief te sien. En ons kry 'n nuwe konsep - mikronasies.
Die perskommentare, wat in die artikel aangehaal word, is belaglik. Iemand lug sy mening in die media en meteens is dit van ensiklopediese belang. Die Los Angeles-joernalis en skrywer van die 1994-artikel hoef net enkele kilometer ver te ry om in 'n heel ander wêreld te beland - só rassisties, só verdeeld, met die hoogste vlakke van bendegeweld en misdaad. En dan is daar nog heelwat
gated communities
in en rondom Los Angeles wat Orania soos 'n vermaaklikheidspark laat lyk.
Ons moet ook vir die 100ste keer daarop wys dat die Engelse en Duitse Wikipedia as platform vir anti-Sciëntologiese propaganda misbruik is en word. Die leuens het so ver gegaan dat die Kerk die aanhaling van religieuse tekste deur idiote, wat op Wikipedia vir daardie onsin betrokke wil wees, summier verbied het. Godsdiensvryheid is een van die hoofbestaansredes van die Amerikaanse samelewing en word deur die grondwet beskerm.
Voyageur
kontak
17:37, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek wil graag distansieer van hierdie debat. Wel 'n paar punte:
Debat moet op goeie gronde gevoer word - nie op menings.
Juis om feite eerder as gerugte in die artikel wys, is daar so baie bronne in die artikel.
Indien daar beter, nuwer bronne en skakels beskikbaar is, dan behoort die artikel verbeter te word.
Invloedryke Wikipediane is daarteen dat die Orania-artikel 'n voorblad artikel is. Op die Afrikaanse Wikipedia word die voorblad met debat gekies - nie deur middel van verkiesings nie. Dit beteken dat daar uiteindelik iemand is wat besluit dat 'n artikel wel/geen voorbladartikel gaan wees nie. As ander mense nie daarmee saamstem nie, kan hy/sy 'n voorstel doen om die prosedure te verander. Solank dit nie gebeur nie, behoort ons die huidige prosedure te aanvaar. En dan is die artikel geen voorbladartikel nie. (punt)
Wikipedia-artikes behoort bowals op feite gebaseer te wees. Menings op Wikipedia behoort seldsaam te wees. Aangesien feite nie altyd verskillende perspektiewe kan skets nie, is menings
soms
wel belangrik is om verskillende perspektiewe te skets. Dan behoort 'n mens professionele menings soos perskommentare te gebruik en nie die mening van Jan Alleman nie.
Dan nog die argument van die dokumentêr wat 'n ander perspektief op Orania sou bied, die dokumentêr het al amper 3 jaar sy
eie artikel
op die Afrikaanse Wikipedia.
Tot slot het ek 'n persoonlike vraag vir
Voyageur
Wil jy die opmerking dat ek - en ander outeurs op die Orania-artikel - skuldig sou wees aan "onwetenskaplike propaganda" terugtrek? Dit is werklik nuttelose verdagmakery. Dankie.
I90Christian
kontak
19:48, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek weet nie waarvan jy praat nie en trek ook niks terug nie. 'n Kerk van Sciëntologie in jou nabyheid bied beslis kursusse aan wat jou leer hoe om 'n teks noukeuriig te lees en te verstaan. Ek vra vir 'n artikel wat deur een of meer Amerikaanse deskundiges geskryf word met kennis van en binne die konteks van utopiese gemeenskappe en mikronasies en/of alternatiewe ekonomiese modelle en stelsels. Velkleur en taal is nie die enigste kriteria vir die bestaan van Orania en wetenskaplike navorsing daaroor nie. Die hele onderwerp pas beter by Amerikaanse utopiese gemeenskappe as Afrikaner- of Nederlander-nasionalisme. Alhoewel ons ook die hele Apartheidstelsel vanuit die perspektief van 'n utopiese ideaal binne die Westers-Europese beskawing mag beskou, net soos kommunisme.
Ook is daar veralgemenings soos "wit liberale" wat onaanvaarbaar is. Wie is wit en liberaal? Kwalifiseer ek as liberaal sodra ek in staat is om die term "Apartheid" in 'n teks te plaas? Is die genoemde dagblaaie die spreekbuise van "wit liberale" en hoekom? Is "wit liberaal" moontlik 'n term uit die Apartheidstaat-konteks?
Blykbaar is daar ook relevante akademiese bydraes en publikasies wat nie eers in die artikelteks genoem word nie soos Sylvia Renee Seldon (Universiteit van Edinburg) se sosiologiese studie
Orania and the reinvention of Afrikanerdom
(gepubliseer in 2015). Ensiklopedie beteken ensiklopedie - 'n versameling van menslike kennis. Ek weet jy stem nie ooreen met opinies wat in die
Gefälligkeitspresse
gelug word nie, maar dit hoef nie eers in die teks genoem te word nie.
Naas sy funksie as utopiese gemeenskap en alternatiewe ekonomiese model (ek verstaan Orania in sy huidige stadium is nie 'n poging om die hele Afrikaanssprekende bevolking te akkommodeer nie) stel die Orania-gemeenskap die vraag of bepaalde swart elites bereid is om in 'n multikulturele veeltalige samelewing met Afrikaanssprekendes saam te leef en bepaalde waardes te deel of nie. As hulle nie daartoe bereid is nie, kan die land nie as unitêre politieke eenheid voortbestaan nie. Dat buitelandse ondernemings hulle tot handel met Suid-Afrika beperk, maar nie bereid is om daar iets te belê nie, is al 'n waarskuwing. Willekeurige onteienings is nie die antwoord vir die land se ekonomiese kwessies nie. Dit is nie vir Wikipedia om self by die politieke debatte betrokke te raak nie, maar ons kan bepaalde onderwerpe in 'n konteks plaas.
Voyageur
kontak
19:55, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Voyageur
Nou is ek nuuskierig of 'fiktiewe' gemeenskappe ook ingesluit moet word. My nuutste artikel op PRAAG wat die
Solarpunk
-beweging kritiseer het pas verskyn. Orania dink ek is nog gegrond op 'n sekere logika (kulture wat bots bring onmin = bly uit mekaar se pad), maar die Solarpunk-lot weet nie wat dit is nie.
Suidpunt
kontak
12:41, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
A solar utopia
. Dit maak sin om hulle as utopiese beweging te definieer. >>>
SATIRE BEGIN
>>> Alles, wat met sonenergie te make het, kan volgens Voyageur se satiriese
cultural and scientific fusion theory
ook as kernfusiereaksionêr beskryf word. As ons die son as 'n reusagtige kernfusiereaktor beskou. Wat dit eintlik ook is. >>> EINDE VAN SATIRE >>>
Die inleiding tot Robert S. Fogarty se
All Things New: American Communes and Utopian Movements 1860−1914
(reeds in 1990 gepubliseer),
Enclaves of Difference
, bevat beskrywings wat maklik op Orania toegepas kan word. Hier net een voorbeeld:
Even though such utopian communities were often ideologically and socially in opposition to American society, they were, by and large, left alone to carry out their own destinies and run their course with a minimum of interference.
(…) Most established themselves on the physical margins of the American landscape… While secession was an essential part of both the utopian and the colony-building process, complete isolation was always impossible, and beyond that there were groups that resisted such withdrawal and sought to become centers of influence and culture.
Een van my utopiese gunsteling-bewegings, die
Shakers
, was so nou verbonde met die tradisionele plattelandse leefstyl dat die industriële transformasie en die verstedelikingsproses van die Amerikaanse samelewing hul ondergang beseël het. Ek stel baie belang in die kontak / aanrakingspunte met die buitewêreld, die sosiale funksies wat hulle vervul het (hulle het byvoorbeeld vondelinge aangeneem en grootgemaak, hulle van 'n opleiding voorsien en as jong volwassenes dan self laat besluit of hulle by 'n gemeenskap wou aansluit of liewer na die buitewêreld terugkeer).
Orania keer interessant genoeg gedeeltelik terug na 'n tradisionele plattelandse Afrikaner-leefstyl. Die EFF het blykbaar die potensiaal raakgesien wat in die samewerking tussen hierdie Afrikaner- en swart gemeenskappe lê. 'n Geïndustrialiseede en verstedelikte land soos Suid-Afrika sal sekerlik nie al sy probleme met landboukundige hervormings of gemeenskapsprojekte bemeester nie. Maar waar moontlik en gangbaar, moet hierdie soort bewegings bevorder word.
Voyageur
kontak
13:04, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink ek verstaan jou punt. Mense wat hulself afsonder doen niemand eintlik kwaad nie. Daar is miskien 'n soort misterie rondom hierdie plekke, soos kloosters. Diegene wat egter 'n revolusie en opstande probeer stook of hul wil op die hele publiek wil afdwing - hulle is die moeilikheidmakers.
Ek het wel in my artikel na die Amish verwys, in die sin van die Solarpunks wat ons eintlik so ver terug as die 17de eeu wil dwing met hul irrasionele landboumetodes (soos om 'n dorp in 'n spreekwoordelike hoenderhok te wil verander). Die wetenskap en ekonomie is gemaak om met die minste geld en tyd die meeste te doen: dit is die wonder van modernisme. Die Amish self het besluit om hul af te sonder, en ek respekteer dit. Hoewel ek nie onder hulle sal wil bly nie; o.a. weens geestelike ontwikkeling wat so gekniehalter word.
Dit sluit ook aan by jou belangstelling in die Gnostici. Ook hulle het alleen agter geslote deure gaan woon; in die laat-20ste eeu het hulle veral groot invloed uitgeoefen op die Westerse kultuur en die fin-de-siècle van die 2000's.
Suidpunt
kontak
14:04, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Russiese Ougelowiges is vir my ewe interessant. Daar was groepe wat as afsonderlike gemeenskappe in Siberië gebly het. Ander weer het 'n soort Russiese Calviniste geword en onder meer as invloedryke tekstielnyweraars bygedra tot die Russiese hoofstad se 19de eeuse ekonomiese opbloei as «Kaliko-Moskou». Moet ook nog alles in die artikel ingevoeg word. Sug…
Voyageur
kontak
14:12, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Houwhoek vs Houhoek
Gemeenskap, ek struikel maar gereeld oor die plekname met hulle vorms... Watter een is korrek asb? Dit is op die N2 naby Kaapstad. Groete!
Oesjaar
kontak
13:11, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Houhoek, volgens P.E. Raper en die Ensiklopedie van Suider-Afrika.
Burgert
(kontak)
17:57, 8 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Afrikaans "amptelik" 95 jaar oud vandag.
Vandag is dit 95 jaar (
8 Mei
1925
, donkiejare terug!) vandat ons geliefde erken is as amptelike taal in Suid-Afrika! Geluk Afrikaans, ons vir jou!
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
Charlielv55
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
Ons Wikipedia sê dat Afrikaans reeds op 5 Mei 95 jaar oud is... Watter datum is korrek? Groete!
Oesjaar
kontak
06:51, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Goeiedag
Oesjaar
– volgens die artikels
Erkenning van Afrikaans
en
Afrikaans
self is dit wel 8 Mei 1925. My inligting kry ek ironies genoeg by RSG, hulle het gister (8 Mei) daaroor berig dat Afrikaans 'n besondere mylpaal behaal het. Groete,
Charlielv55
kontak
08:52, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir jou mooi antwoord hierop Charlie, nogal uit twee bronne! Jy kan so 'n gewaardeerde bydraer hier word as jy net jou beneuktheid wil laat staan!
:) Moet dit nou nie weer verkeerd opvat nie, ek skerts maar net. Geniet die naweek! --
Aliwal2012
09:31, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
5 Mei is verwyder. Groete!
Oesjaar
kontak
11:03, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Het gister ook RSG se melding oor Afrikaans verneem, hulle het blykbaar ons artikel
Afrikaans
geraadpleeg, want hulle het na Afrikaans as derde jongste erkende Germaanse taal na
Faroëes
en
Luxemburgs
verwys. Nog 'n goeie bron is
, waarmee ek die Duitse artikel oor Afrikaans hersien het; hulle het ook 5 Mei vermeld. Ek kon sodoende twee datums vier: 8 Mei 1925 én 8 Mei 1945. Groete. --
SpesBona
21:45, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
- Gelukkige
VE Day
:)
Charlielv55
kontak
23:49, 9 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Kyk hier:
vir enigiemand wat belangstel. Groete
Charlielv55
kontak
07:56, 12 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Mampoer
Ek kyk na die afgelope paar dae se
mees besoekte
blaaie. Ek kan dit nie verklaar nie, maar sedert die noodtoestand afgekondig is, het die navraag net aanhou styg. So iets is darem maar ongewoon van wetsgehoorsame Suid-Afrikaanse burgers. Dis seker maar Amerikaners of daardie liberale Hollanders.
Suidpunt
kontak
09:44, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Lols:)
Charlielv55
kontak
10:35, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Lyk vir my die manne word dors... Groete!
Oesjaar
kontak
10:47, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Of êrens word daar 'n bokdrolspoeg-kompetisie beplan? Mampoer is in
The South African Shop
se aanlynwinkel (in Slough, Berks., Engeland) te koop - ek neem dus aan dit word ook wettig gestook en uitgevoer na oorsese bestemmings?
Voyageur
kontak
12:22, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Mampoer stook (en drink) is mos wettig in SA
Dumbassman
kontak
15:20, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek dag 'n mens het 'n lisensie daarvoor nodig as jy dit wil verkoop. En daar is mos nou 'n mark noudat verkope van sigarette en drank verbied word... Soos in die ROARING 20s het ons weer
bootlegging
soos in Amerika! Skaars 'n eeu later.
Suidpunt
kontak
16:28, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Haha, ek dink mens kort al die pad 'n lisensie om te verkoop, en is seker daai verkope is nou ook verbied, maar ek is heel vir
bootlegging
Dumbassman
kontak
18:53, 11 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Protea-genera
Gemeenskap, soos julle reeds gesien het is ek doenig met die Protea's, doelwit om al 13 genera wat in Suid-Afrika voorkom tesame met die spesies te skep. Ek soek Afr. versamelname vir die volgende:
Paranomus
in Engels bekend as die
sceptres
Spatalla
in Engels bekend as die
spoons
Diastella
in Engels bekend as die
silkypuffs
Sorocephalus
in Engels bekend as die
powderpuffs
Vexatorella
in Engels bekend as die
vexators
Enige voorstelle? Groete!
Oesjaar
kontak
07:40, 12 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek kry net dít in die WAT oor Paranomus:
perdebos:
1b Enigeen van 'n paar klein struike v.d. genus Paranomus (fam. Proteaceae), veral. P. sceptrum-gustavianus en P. spicatus, wat ong. 1 m hoog word, met groengeel, smal, reguit, veervormige blare en 'n dig behaarde bloeiwyse, en wat i.d. W.- en S.Kaap aangetref word.
Burgert
(kontak)
12:15, 12 Mei 2020 (UTC)
antwoord
'n Ander manier is om maar die genusnaam, met 'n kleinletter en nie kursief nie, vir die gewone naam te gebruik, soos spatallas, diastellas, vexatorellas, ens. Dan kan jy nie verkeerd gaan nie.
Burgert
(kontak)
12:25, 12 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Lepelaar-artikel roer die lepel verkeerd om
Daar is 'n kleitrappery in die artikel oor die lepelaar (waadvoël) by
. Pleks van dit as 'n genus met ses spesies te beskryf, val dit weg deur een van die spesies, die Eurasiese lepelaar, as die hele genus voor te hou. Sê bv. ook die lepelaars is (almal) wit, maar die Amerikaanse soort is pienk. Ten minste die skakel na die Engelse artikel is ook foutief. In plaas van na
te skakel, skakel dit eweneens na
. Ek wou begin herstel, maar tyd ontbreek op die oomblik. Ek dink 'n taamlike stukkie herskrywery gaan waarskynlik nodig wees. Moontlik kan ek later probeer as iemand nie intussen reggemaak het nie!
Mieliestronk
kontak
04:18, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Mieliestronk
, jy is inderdaad korrek met die opmerkings oor die oënskynlike deurmekaar Lepelaar. Ek het deur die ouditspoor van die artikel gewerk en die gemors het begin toe die Wêreldspektrum inligting bygevoeg is. Behalwe dat Wêreldspektrum se inhoud nou bykans 50 jaar oud is (die taksonomiese navorsing gedoen sedert 1982 is ongelooflik) is die formaat waarin Wêreldspektrum hulle artikels skryf nie in lyn met die Wikipedia formaat nie. Wikipdia formaat ondersteun normaalweg nie algemene artikels nie maar verwerk die inligting per orde, familie, genus en spesie. Ek is tans besig om ons Proteas te verbeter, dit is verstommend hoe onakkuraat die inligting tans in
Protea
's is wat uit beide Wêreldspektrum en Kennis kom. Hier het ons liewe Maroela Media medewerker ook net die inligting so gestort, duidelik nie 'n poging aangewend om die feite na te gaan nie.
Tegnies is woordelikse kopieëring van teks teen die Wet op Kopiereg, dus is al die bydraes uit die twee tydskrifte onwettig. Jy is welkom om dit te verwyder en die artikel na sy oorspronklike vorm te herstel, wat ons eintlik moet doen. Laat ons eerder 100% reg wees met 70,000 artikels as 80% akkuraatheid met 100,000 artikels. Ek het soortgelyke probleme geïdentifiseer met ander bydraes uit die tydskrifte, bv
Geelhout
- kan nie die ander name onthou nie. Groete!
Oesjaar
kontak
07:19, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Vertalings in Afrikaans uit Nederlands.
Het julle ook al ondervind dat dit om een of ander rede makliker is om artikels uit Engels in Afrikaans te vertaal as om vertalings uit Nederlands te doen? Dis vreemd, mens sal dink dat vertaling as gevolg van die verwantskap tussen Afrikaans en Nederlands makliker sou wees. Miskien is dit egter net ek wat dit so ondervind. Dis waarskynlik so omdat mens baie meer blootgestel word aan Engels as aan Nederlands; maar selfs Google se vertaaltoep wil nie lekker saamwerk as Nederlandse teks na Afrikaanse teks vertaal moet word nie. Het dit nie dalk iets met die taal (Nederlands) se woordorde of woordplasing te doen nie? Ek wou die artikel oor
Paul Dirac
uit Nederlands in Afrikaans vertaal, maar het later so moedeloos geword dat ek eerder die teks uit die ooreenstemmende Engelse artikel oorgedra het ten einde dit te kan vertaal. Groete –
Charlielv55
kontak
14:07, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die liewe ding wil graag geprogrammeer word:
Google Translate – Contribute
. Die kunsmatige intelligensie verstaan daar is
Bo-
en
Opper-
in Afrikaans, maar weet nie watter een van die twee dit moet gebruik nie. Net soos die redigeerders van Afrikaans-woordeboeke wat soms onlogiese inskrywings lewer. Heel waarskynlik word Engels die meeste vertaal en lewer hierdie taal sodoende nog die beste resultate op.
Ek is al enkele weke besig om die outomatiese vertaling van Chrome OS te toets (wat dieselfde Google Translate-tegnologie gebruik) – dit lewer in die algemeen bruikbare resultate op. Sodra ons kwantumrekenaars ter beskikking het, sal rekenaars byna alles kan vertaal – mits hulle geprogrammeer word. Of dit alle nuanses van Russiese poësie sal kan hanteer? Of die verskil tussen Amerikaanse en Britse
pants
? Hulle sal die hele korpus van Russiese literatuur binne sekondes en moontlik die konteks verstaan, die tydperk waarin 'n teks geskryf is, historiese spelings en ander dinge. Interessant genoeg word die tekste vir produkbeskrywings in aanlynwinkels reeds deur kunsmatige intelligensie geskryf – veral as dit om tegnologie gaan. Die besonderhede van 'n bepaalde Intel-verwerker is voorspelbaar, net soos sy kombinasies met ander komponente.
Voyageur
kontak
14:48, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Maar nou, Voyageur, die probleem is, soos ek in
Die Vertaling as Kuns
gesien het, is
styl
. As ons Shakespeare of Goethe se styl in Afrikaans probeer na-aap, word dit onleesbaar. Dan navorsing van oertekste: 'n akademikus bv. Jan Dubbelman vind uit 'kruikie en potjie' het in Vergilius se teks X reël X woord X 'n totale ander betekenis as wat Jan Trippelman verstaan. Kyk maar hoeveel verskillende vertalings van
Die Aneïs
bestaan dwarsdeur die eeue heen... Hoe gaan 'n rekenaar dit hanteer; meer nog – sal hy weet wanneer 'n akademikus dwaal? Die meeste boeke of briewe is nie digitaal beskikbaar nie. Ook die
leemte in die taal
staan soos 'n rou seer uit. Ook jou teikengehoor sal altyd verskil: 'n kind vs. 'n professor in Oerneerlandistiek. Straattaal is ook te organies om gedokumenteer te word
Suidpunt
kontak
15:26, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Nogtans is daar reeds uitstekende vertalings van Russiese poësie in Engels. Dit lyk asof vertalers die moeite doen om 'n bepaalde stemming oor te dra na die ander taal – soos die voor-rewolusionêre storm wat dreig om los te bars. Die masjien het immers al vertalings ter beskikking en kan tot 'n gevolgtrekking kom.
Voyageur
kontak
15:38, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dit sal miskien help om woordkeuses te bepaal. Sekere clichés word oor en oor in 'n taal uit 'n betrokke era gebruik. Maar of iemand gebore 2030 dieselfde gees van die laat-1990's sal inadem as wat ek en jy beleef het is moeilik te sê. Ek kan die 1980's nie waardeer nie. Hoe verduidelik jy aan iemand die transmusiek, die wêreldwye postmodernisme, die esoteriese New Age, die opkoms van rekenaarspeletjies (
Tomb Raider
is meer as
Need For Speed
vir my die perfekte weerspieëling van die tydgees – onder andere haar kaal pensie en militêre sjoebroekie), Gregoriaanse dreunsang, futuristiese films, globalisering wat tot volle bloei kom, Pax Americana... teenoor jou Afrikaanse letterkunde wat heeltemal tot stilstand geruk het en by homself ingekeer was. Dis werklik moeilik.
Suidpunt
kontak
15:47, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
'n Tweede aspek is ook
valse vriende
en inderdaad ook, sinsbou is in die kleinste dingetjies te vinde.
Kom maar halen!
is natuurlike Nederlands; "kom haal maar!" is natuurlike Afrikaans.
Dit is die vloek tussen Katalaans en Spaans, Engels en Skots ook. Sekere woorde soos "swart spaar" ken ons nie in Afrikaans nie – dit is wanneer jy belasting ontduik en geld in ander lande se bankrekeninge stop. Op sy beurt weet die gemiddelde Nederlander nie wat 'n "akkerboom" (eikeboom) is nie.
Met Duits en Frans (trouens, enige ander taal) vind ek dit anders gesteld: jy wéét hier is 'n vreemde taal waarvan die sinsbou gaan verskil, en jy probeer juis daarvan afwyk. Dit is soos 'n stuk glas tussen jou en die teks. Jy gebruik wel Nederlandse begrippe waar dit haak, maar jou sinsbou gaan afwyk, eenvoudiger wees, passiewe vermy, ens.
Suidpunt
kontak
15:01, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Klik in die rooi boks om die vertaler by verstek na Google te stel.
Ek het dit ook agtergekom. Ek het lank laas 'n artikel vertaal, maar toe ek onlangs weer 'n paar lemmas aandurf, was ek verbaas oor hoe goed die vertaling uit Engels verloop. Ek vermoed die Google-masjienleerstelsel kry minder insette vir vertalings tussen Afrikaans en Nederlands as tussen Afrikaans en Engels (of enige taal en Engels) waaruit dit kan "leer". Ek vind die beste vertaler is maar Google. Toe ek nou onlangs weer die vertalinggerief gebruik, let ek op dat my vertaler by verstek Apertium was, wat swakker vertalings oplewer. 'n Mens kan die verstekvertaler in die rooi boks in
hierdie skermgreep
stel. –
K175
skil 'n appeltjie
19:33, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek beaam bogenoemde inligting. Die konteksvertaler vertaal Eng→Afr makliker as Ndl→Afr. Die uwe ondervind ook 'n verbetering die afgelope 3 maande. Dankie Google! --
Aliwal2012
21:02, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Google Translate gebruik Engels as intermediêre taal wanneer 'n teks in byvoorbeeld Nederlands in Afrikaans vertaal word (of andersom). Dit gaan nie altyd goed nie. Kyk ook na
hierdie bespreking
op die Nederlandse Wikipedia.
Wutsje
kontak
22:31, 13 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wutsje
, dankie vir jou antwoord. Dit is die enigste logiese antwoord wat ek verstaan uit al die baie gepraat... Groete!
Oesjaar
kontak
08:48, 14 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek ondervind min probleme in die vertaling van Nederlands na Afrikaans, miskien omdat ek minder blootgestel is aan Engels as julle daar 10
000
km verder suid of weens my Duitse moedertaal en die nabyheid daarvan aan beide Afrikaans en Nederlands. Onlangse voorbeelde van my kant sluit in
Amsterdam
(vertaal uit drie tale),
Nederland
(dieselfde benadering van uitbreiding),
Karibiese gebied
(Lande en gebiede) en
Molukke
(Geografie). Om eerlik te wees het ek die gevoel dat my taal lekker vloei as ek uit Nederlands vertaal. Ek sien nog baie verwantskap tussen Afrikaans en Nederlands (en Duits), of is ek (en boonop die Belg Petrus van Eeden se
Afrikaans hoort by Nederlands
) nou heeltemal verkeerd? Sien julle baie Neerlandismes (of Germanismes) in my taalgebruik? Af en toe skryf ek op die Nederlandse Wikipedia, dalk help dit ook, maar
dis wat moeilijker als om in het Afrikaans te schrijven.
;) As mens net van Engels vertaal gaan jy baie dinge misloop. Ek kyk altyd wat ander tale wil sê, natuurlik veral de, en, nl. Die gebruik van masjienvertaling verwerp ek ten sterkste! Ek wil (!) Afrikaans skryf (en praat) en myself in die teks indink. Ek is lui, maar nie só lui nie. Groete. --
SpesBona
21:00, 14 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek vertaal alles self en gebruik geen elektroniese vertalers nie, maar ek sukkel om goed uit Nederlands te vertaal. Ek verstaan die Engels baie beter. Ek glo dis omdat ons gewoond is aan Engels en nie aan die Nederlandse manier van skryf nie.
Burgert
(kontak)
15:55, 15 Mei 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona, jy het een woord wat in Afrikaans miskien 1 betekenis het, maar in Nederlands miskien 3 of 5, of andersom.
Jy het ook 'n woordkeuse soos "smaak" (EN: flavour) wat in Afrikaans liewer "geur" sou wees.
Vaarwater
ken ons in Afrikaans slégs as die water waarop/waarin 'n bootjie vaar op die oop see. In Nederlands beteken die woord ook
kanaal
; ek het aanvanklik gedink die Russe het verkeerd gehoor toe hulle hierdie leenwoord gebruik, maar daar skeel hoegenaamd niks met hul gehoor nie. My
Van Dale
is daarvan bewyse. Onthou ook van die gebeurtenis by
Mossiesheuwels
Iemand wat ('n) ander tale aanleer is meer geneig om die woordeboeke nader te sleep en dit kos ook oefening om iets in jou harsings te kry. Byvoorbeeld: "A mulher" moet jy oor en oor in jou kop indril "die vrou" in Portugees, maar "uma mulher" is wel "'n vrou". Na die 100ste keer kan jy dit in jou slaap doen.
As jy dus dink: "ag wat, met my bietjie Afrikaanse kennis gaan ek sommer maklik Nederlands kafdraf", dink ek misgis jy jou. Ek sien baie Afrikaanssprekende grootbekke op Duolingo - wat vol brawade is op Vlak 1, maar sommer sneuwel sodra mens "Ik houd van je" as 'n valse vriend uitwys - die betekenis strook nie met die Afrikaanse een nie. Ek probeer nie taalpartikularisties raak nie, die woorde het net dikwels ander betekenisse en gevoel in die onderskeie lande en tale.
In Nederlands is dit byvoorbeeld gewoon om te sê: "Ik ben geen meisje". Dit is neutraal. As jy in Afrikaans sê "Ek is nie 'n meisie nie" is dit neutraal, maar as jy sou sê "Ek is geen meisie nie", dan werk die ontkenning
effe
tot
baie
versterkend en kan jou antwoord selfs kortaf voorkom, afhangend van jou stemtoon.
Nog 'n gunsteling:
bombasties
. In die oorspronklike betekenis en woordeboektaal beteken dit "hoogdrawend", in die moderne Afrikaans beteken dit "kortaf, bars, onbeskof, ru": "So 'n bombastiese vent!"
Ook is die spreektaal en taalveroudering 'n probleem. Om die waarheid te sê kan ek maklik vir jou in 15de-eeuse Duits skryf en ek sal dit nie eens weet nie. Ek is nie so slim om te weet wanneer ek 'n taalfout maak nie. Gee vir my egter "sophophona" en ek weet dit is die neologisme in Latyn vir "slimfoon".
Terloops, SpesBona, probeer gerus uit Berlyns of Standaardduits in Beiers of Swabies vertaal. Dis glad nie meer so maklik nie, nè?
Suidpunt
kontak
16:21, 15 Mei 2020 (UTC)
antwoord
In of tydens
Wat is meer korrek: As jy sê iemand sing die aria uit
Madame Butterfly
in
'n lewendige uitvoering uit 1959, of indien jy sê iemand sing die aria uit
Madame Butterfly
tydens
'n lewendige uitvoering uit 1959? (in die geval van bv. 'n videogreep wat op 'n video-webwerf gelaai is) Ek is geneig om deurgaans
tydens
te gebruik. Dankie.
Charlielv55
kontak
08:45, 14 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink dat "lewendige" opvoering die korrekte vertaling van die Engelse
"live" performance
is, myns insiens beteken dit iets anders as die Afrikaanse begrip "regstreeks", soos in "regstreekse uitsending". In die konteks van
klassieke musiek
word daar dan van 'n "live" > "lewendige" opname gepraat, d.i. 'n opname wat tydens 'n opvoering gemaak word wat plaasvind voor 'n gehoor, bv.
Herbert von Karajan
en die
Berliner Philharmoniker
in
Berlyn
, in teenstelling tot 'n opname wat in 'n ateljee gemaak word.
Charlielv55
kontak
08:50, 14 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wat van "gedurende"? Gedurende en tydens is mos nie dieselfde nie. "Gedurende die 19de eeu", "maar tydens die Tweede Wêreldoorlog" klink beter as andersom. Myns insiens werk "gedurende 'n lewendige uitvoering". Groete. --
SpesBona
21:05, 14 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie
SpesBona
- ek het nie daaraan gedink nie. Sal dit probeer:)
Charlielv55
kontak
06:29, 15 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Helpende Hand
Joh, Helpende Hand doen skitterende werk te midde van die ekonomiese uitval van die "griep", en dit ten spyte van die feit dat die "regering" hulle (en ander liefdadigheid- en welsynorganisasies!) om elke hoek en draai probeer kniehalter; mens sien dit dag na dag op die nuusberigte- dis 'n SKANDE. Welgedaan ouens, welgedaan! Julle verdien 'n klop op die skouer! Sien bv.
Charlielv55
kontak
15:15, 15 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hendrik Swellengrebel
vs.
Wilhelmina ten Damme
Gemeenskap, die inligting met betrekking tot die aantal kinders gebore verskil drasties tussen die twee artikels, het iemand dalk meer korrekte inligting? Groete!
Oesjaar
kontak
19:08, 15 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Help met Latyn vertaling...
Gemeenskap, uit die Engelse
hoe sal ons
Heaped head
na Afrikaans vertaal? Groete!
Oesjaar
kontak
11:31, 16 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die verdriet van België
- nog 'n meesterlike vertaling deur die geniale Dr.
Daniël Hugo
, en een van
Hugo Claus
se grootste meesterstukke (oorspronklike titel:
Het verdriet van België
), indien nie sy heel grootste nie. Ek kan nie wag nie, en lek behoorlik my lippe af! Dié een behoort loshande die
SA Akademieprys vir Vertaalde Werk
te wen; dit is nou bykomend tot
"Sprakeloos"
deur
Tom Lanoye
en
Oorlog en terpentyn
(seker die mees hartverskeurende, nostalgiese en ontroerende boek wat ooit geskryf is) deur
Stefan Hertmans
, waarvoor Dr. Hugo reeds die akademieprys ingepalm het! 'n Hengse groot pluimpie vir Afrikaans!
Charlielv55
kontak
09:50, 17 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Artikel
Protea
Gebruiker:Elana Barker
, ek het die afgelope tyd baie energie spandeer om al die spesies en genera m.b.t. tot
Proteaceae
by te werk en te verbeter. Jou bydraes tot die artikel
Protea
kom uit Kennis (1980) en Wêreldspektrum (1982). Ek betwis sommige van die feite van jou bydraes op 19 Junie 2019 uit Wêreldspektrum.
'n Growwe fout en uit die artikel:
Spesies soos
Protea cryophylla
Protea laevis
en
Protea tenax
het ondergrondse stamme, terwyl die meeste ander bogrondse stamme het.
Later in die artikel:
Proteas met bogrondse stamme
Cynaroideae
- slegs Protea
cynaroides
. Die blom lyk soos ʼn artisjok.
Dit maak eenvoudig nie sin nie. Kyk asb weer na jou bron(ne) en bevestig die inligting.
Die volgende inliting uit Wêreldspektrum betwis ek ook want dit verskil grootliks met die onlangse navorsing soos spruit uit die
Melliferae - slegs Protea repens. Letterlik heuningdraend.
Ligulatae – lepelvormige skutblare.
Speciosae - lang hare aan die punte van die skutblare.
Exsertae - die blomkoppies is klein (ongeveer 8 cm lank), die bome is skraal en onnet en ongeveer 3 m hoog en almal behalwe Protea glabra blom in die herfs. Verbastering tussen die spesies vind maklik plaas.
Pinifoliae - die blare is smal of naaldvormig, die plante is meestal klein en die blomkoppies roosvormig.
Kyk asb weereens na jou bron.
Ek betwis ook die volgende stuk, ek vermoed dit kom uit Kennis:
Die moerasrose op Stellenbosch blom gereeld en produseer saad. ʼn Dramatiese verhaal was die ontdekking van die
Mimetes hottentotica
, die skouspelagtigste van al die skaars, silwer
Mimetes
-plante, wat heeltemal onbekend was tot dit in
1922
die eerste keer deur die bekende bergklimmer en plantversamelaar, P. Stokoe, in die
Kogelberg-natuurreservaat
ontdek is, net sowat 80 km van
Kaapstad
af. Dit lyk ongelooflik dat een van die skouspelagtigste blomstruike van
Suid-Afrika
, wat so naby Kaapstad wild groei, betreklik onlangs eers ontdek is.
Mimetes hottentotica
is 'n goeie voorbeeld van 'n endemiese (inheemse) spesie wat net op ʼn klein kolletjie van enkele hektaar voorkom.
Mimetes hottentotica
bestaan nie meer nie, dit is nou
Mimetes hottentoticus
. Sedert 1980 toe kennis verskyn het is daar ten minste nog agt nuwe spesies ontdek (sien [
], een so onlangs as 2003.
Onlangs
in 1980 is nie meer onlangs nie, dit is nou 40 jaar later. Hierdie paragraaf moet verander word.
Jy het die woord
Vandag
ses keer gebruik uit die artikel, maar dit is in 40 jaar later, hoeveel van die feite is nog korrek?
Groete!
Oesjaar
kontak
12:38, 17 Mei 2020 (UTC)
antwoord
My liewe Zeus en ander gode op die berg Olimpus
Soos u weet het ek in my
PRAAG-artikel
geskryf "Afrikaans maak van jou 'n god". Ongelukkig, soos ons die mitologie ook ken, is daar so nou en dan 'n twisappel wat in die menigte gegooi word ("Vir die skoonste"), wat nou maar noodwendig uitloop op die slag van Troje. Die geluk by die ongeluk is dat ons
Vergilius
geërf het wat die staaltjie in fleurige taal opgetower het (om te roem op die uiteindelike Romeinse oorwinning!).
Ek is glad nie verbaas dat jy 'n ander stokperdjie wil soek nie, want as mens na jou eie CV op 30-35 jarige ouderdom begin kyk, begin mens tog wonder of 'n roman wat stof tussen die duisende ander op die biblioteekrak vergaar nie miskien meer seggingskrag op papier sou hê nie. En party ander stokperdjies is net interessanter, soos kompetisies, Duolingo, om as proefleser genader te word. En as selfs jou eie moeder begin sê "dit help nie jou oë gee later in nie; Wikipedia gaan nie vir jou bril betaal nie", hoe edel ook die doel en ideaal, dan raak jou tyd op Wikipedia net effe minder.
Afrikaans is egter soos op die platteland: in die stad is jy een mens tussen miljoene wat die arbeid verdeel; op die platteland is daar één mens wat alles moet kan doen.
Nie alleen moet jy inligting skep nie, jy moet dit ook verwerk. Ook is dit moeilik om iemand te vind wat oor jou onderwerpe kan saamgesels of op verbeter, wat in 'n soort tweegesprek betrokke kan raak. Ongelukkig, soos die wet van verbruikerisme dit het, maar ook die wet van sosiale media: hoe meer jy het, hoe meer moet jy in stand hou, hoe meer moet jy antwoord, hoe minder tyd het jy.
Ek kyk byvoorbeeld na
Afrifiksie
se Twitter-voer. In 2019 springlewendig. Selfs die radio-omroepster Amore Bekker is onder die volgelinge. Sedert 23 Desember 2019 nie 'n ganse woord nie; tot nou die dag, 13 Mei 2019.
Terselfdertyd merk ek ook 'n verstarring by die Duitse Wikipedia op. Die
onlangse geskiedenis van Brasilië
gee niks te kenne van die tegnologiese wonders nie - eerder presidente wat keer op keer uit die kussings gelig is.
Eers dan besef mens in hoeveel verskillende loopgrawe mens gelyktydig moet veg en bontstaan in Afrikaans.
Suidpunt
kontak
08:54, 18 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wie ook al iets doen wat onomkeerbaar is en honderde artikels beïnvloed moet soos SpesBona voorstel asb. die volk raadpleeg op die geselsblad. Dis waarvoor dit daar is. Ek verstaan die nadele. Iemand het gesê as Moses 'n komitee gehad het, het hy nou nog in die woestyn gesit. Maar doen dit maar vir die volk se ontwil. Ons kan nie bekostig om enige aktiewe gebruikers te verloor nie. Maar ek sien darem dat sommige verwysingsjablone nou pragtig vertoon en die name van al die outeurs wys. Dis so pragtig dat my oë amper traan. Wie se bot of handewerk dit ook al verrig het, baie dankie.
JMK
kontak
10:21, 18 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die skade is nog erger as oorspronklik verwag, kyk net
Langebaan
SpesBona
kontak
12:56, 18 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
Ek skryf nou lekker op die Duitse Wikipedia oor plaaslike dinge. Later waarskynlik ook oor twee sportsoorte, waar hulle baie hersieninge en inligting benodig. Op die Afrikaanse Wikipedia sal baie artikels intussen verouder, maar dis die prys wat mens betaal as jy krap waar dit nie jeuk nie. Danksy die onlangse wysigings werk belangrike dele van die Afrikaanse Wikipedia nie meer sonder Engels nie. Ons het al die liggingkaarte reeds gehad en die
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... het mooi gewerk, ek is net regtig jammer vir daardie stukkendslanery! Die ene bot het nou ook sportartikels deurgeploeg en my konsekwente uitleg vernietig. BBC en ESPN sit nou met argiefskakels, maar hulle is van die mees stabiele webwerwe wat ek ken, selfs beter as die hele FIFA! Dit blaas net die bronteks met baie grepe oop. Mens kan maar net raai watter inligtingskas volgende stukkend geslaan woord na bogenoemde
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... (bv.
Albert Einstein
, kliek "wysig") en
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... (bv.
The Beatles
, kliek "wysig"). Op die Duitse Wiki kry mens 'n pak slae as jy ander mense se werk minag en doen wat jy wil. Ons ken dinge soos
de:Wikipedia:Korrektoren
. Jammer vir al die jare se werk wat ek hier deurgebring het... Net vir die Kaap wat weer Engels is! Wat ek nou met my Afrikaans gaan doen, weet ek nie. Ten minste is RSG nog aan die gang.
SpesBona
kontak
21:30, 19 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wel... geen taal is 'n eiland nie.
Jy kan altyd jou vriendskapsbande behou (en per briefwisseling mekaar se smake op 'n 'intiemer vlak' leer ken, selfs hul verjaarsdagdatums, daarvoor is daar mos nou tyd).
Jy kan altyd spotgoedkoop boeke daarmee lees op Google Play (veral met ons Rand wat nou in sy peetjie is)
Musiek luister
As korrespondent of rubriekskrywer optree by 'n Suid-Afrikaanse koerantjie (veral as rubriekskrywer - hier kan jy enige onderwerp skryf, onder andere onder die hofie "My stryd met die Afrikaners" (Deel 1 uit 95), want soos jy weet floreer die volk op buitelandse kritiek). Ek glo jy sal intelligenter dinge kwytraak as wat in
Ein Jahr in Südafrika: Reise in den Alltag
deur Kristina Maroldt opgedis is. Maak die volk se oë oop wat buite hul landjie aangaan.
Jy kan inskryf aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit (nie nou nie, maar eendag). Al sal die administrasie deur die bank in Engels wees en die uitspraak oor die telefoon effe verwarrend wees soos "wêmên" (woman/women) en "wôkas" (workers), sal jy steeds ortografies beter in die Afrikaanse Departement vorder as die moedertaalsprekers wat skynbaar nie 'n woordeboek benodig of
la raison
ontdek het nie. Wie weet, dalk land jy selfs eerste en wen 'n prys.
Jy kan solank 'n Pinkel-Pause neem en 'n handboek skryf oor Afrikaanse grammatika en 'n klein fortuintjie daaruit probeer maak. Of, aangesien Duolingo nog nie na my teruggekeer het oor 'n kursus wat mens wil skryf nie, kan mens seker maar een begin op
Wikibooks: Die freie Bibliothek
. Daar is gelukkig mos susterprojekte ook.
Of, nee. Begin jou eie Duitse klassie vir Afrikaanssprekendes op 'n webwerf en slaan munt uit die besoekergetalle. Die nood is groot. En as hulle eers Duits geleer het, sal hulle soos 'n Duitser begin dink. En dis mos 'n wen-wen.
Weet jy, ek sukkel my dood om sekere sinne te formuleer. Hoe sê mens byvoorbeeld: "Ek het nie 'n probleem daarmee om Duits te praat nie..." Nou soek ek die wêreld vol en kom op 'n Fransman se pikante resensie by 'n vakansieoord af: "Ich habe nichts dagegen, Deutsch zu sprechen, aber verdammt haben die Höflichkeit, mir in hochdeutsch zu antworten, nicht in Dialekt!"
Suidpunt
kontak
05:10, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Mens kan maar ook sy eie Afrikaanse goed in Duits vertaal. Met RSG byderhand het ek ten minste een nie-Engelse bron tot my beskikking. Interessant genoeg sukkel ek nou ook 'n bietjie om iets in Duits te skryf. Afrikaans het selfs 'n invloed op my moedertaal Duits! Hoe skryf ek nou dit en dat...? In Duits het ons veral baie meer Anglisismes, wat ek weens Afrikaans begin haat het. Ek hou van suiwer tale! Net Nederland is nog erger, lyk dit my.
SpesBona
kontak
21:16, 23 Mei 2020 (UTC)
antwoord
In Nederland is dit baie erger as in Duitsland. Baie woorde is nie eens anglisismes nie, maar onverdunde Engels. Baie mense haat dit. Net hierdie week is 'n klein gedig van 'n Frank van Pamelen in
nl:NRC Handelsblad
aangehaal:
Tegenwoordig is mijn slager
Sales Pork & Beef Manager
Dus hij is enorm op dreef
Met de sales van de beef
Maar ook varkensvleescentrales
Kennen hem wel van de sales
Ja, mijn slager heeft bij vlagen
Heel wat sales te managen
Wutsje
kontak
00:21, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dialoog Elana/Oesjaar
Dagsê Oesjaar
Aan die begin van 2020 het julle gevra dat ek die oplaai van artikels van Wêreldspektrum en Kennis moet staak. Ek het nie onlangs daaraan gewerk soos jy noem in jou skrywe hierbo nie. Jy beskuldig nou eintlik maar net die boodskapper, want al wat ek gedoen het was om die werk oor te kopieer. As jy 'n probleem het met die inhoud en die feite daarvan, dan moet jy dit regstel. Ek was geensins bewus van verkeerde feite in die Protea artikel nie.
Dit neem jou langer om hierdie brief te tik as om net alles wat ek opgelaai het uit te vee en oor te doen. Ek raak nie meer aan Kennis nie, dit is mos ons ooreenkoms.
Elana Barker
kontak
12:22, 18 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gaan kyk in Geskiedenis van die artikel, jy sal daar sien dat jy die goed gelaai het. Wat my betref kan Maroela Media maar hier onttrek... Ek sal wraggies nie 'n traan daaroor stort nie.
Oesjaar
kontak
13:36, 18 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal voortgaan met my werk Deon. Ek gaan nie met jou argumenteer hieroor nie.
Elana Barker
kontak
07:40, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Elana Barker
maak asb 'n
Paid-contribution disclosure
Dumbassman
kontak
08:31, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Indien sy nie gehoor wil gee aan die
Paid-contribution disclosure
nie dan moet haar gebruikersregte hier opgeskort word soos op die Engelse Wiki.
Oesjaar
kontak
09:30, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dagsê, ek het die Paid-contribution probeer onderteken, maar ek kan geen verandering aan die blad aanbring nie. Ek wil graag die skermskoot hier deel, maar ek kry nie 'n funksie wat my toelaat om dit te doen nie. Ek is al van 2018 by die Wikipedia-projek betrokke, hoekom hoor ek nou eers dat daar iets is wat ek veronderstel is om te onderteken. Deon, ek en jy het mekaar ook al persoonlik ontmoet, jy kon dit al lankal onder my aandag gebring het.
Ek wil graag die dokumentasie teken, maar ek word nou geblokkeer. Kan iemand my dalk help in die verband?
Elana Barker
kontak
18:59, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek, Aliwal2012, het die vrymoedigheid geneem om 'n verdere verklaring van jou betaalde belange op jou (af:wp) gebruikersblad te plaas. Lees dit maar, as jy nie daarmee saamstem nie, verander of wis dit uit. Indien jy enige ander inkomste uit wiki-artikels verdien, moet jy dit asb. ook meld. Ek doen dit om die saak vir albei partye te probeer besleg, hoop jy vind dit in orde so. --
Aliwal2012
10:09, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:K175
Gebruiker:K175, jou aksies van die afgelope tyd het baie ongelukkigheid tot gevolg. Jy is deel van die Afrikaanse gemeenskap en ons vertrou op jou oordeel. Maar jou aksies van die afgelope tyd het my ook aan die raai. Kan jy asb vir ons verduidelik wat jy gedoen het, hoekom jy dit gedoen het en wat jou toekoms planne is. Groete!
Oesjaar
kontak
11:21, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, dankie vir julle geduld tot dusver. Die 9-17 en die hordes modules wat bygewerk moes word, het my besig gehou (en dis nog nie klaar nie). Ek was besig om Inligtingskas Nedersetting by te werk om die Inligtingskas-basissjabloon te gebruik soos ons ander inligtingskasse. Die ou sjabloon, wat ook vanuit Engels gekopieer is, het nie lekker met inhoudvertaling saamgewerk nie. Die nuwe sjabloon behoort min of meer presies dieselfde te lyk, behalwe vir die koördinate in die titel, wat ek nog moet bywerk. Dit is effens meer ingewikkeld weens die manier waarop die parameters in die ou sjabloon aangedui is, maar ek gaan binnekort hierby uitkom. Vanuit 'n filosofiese oogpunt voel ek dat ons nie kan bekostig om die wiel van vooraf te ontdek nie, en dat ons dus maar op die Engelse mannekrag moet staat maak wanneer dit by sjablone en modules kom. Hulle het eksponensieel meer mensure in sjablone en modules gesit om dit op wêreldklasvlak te bring. Al wat met die oordrag behoort plaas te vind, is vertaling. As ek die bywerking eers getoets het, sou ek die ontbrekende modules opgemerk het en eers verseker het dat hulle almal oorgedra is voor ek die sjabloon bygewerk het sodat daar nie rooi foutboodskappe oral verskyn het nie. Ek gaan daadwerklik in die vervolg 'n poging aanwend om veranderinge aan sjablone en modules eers te toets en te bespreek. Dankie vir al julle geduld sover. Ek voel soms ek is die enigste een wat my oor ons verouderende sjablooninfrastruktuur bekommer en dan wanneer ek 'n bevlieging kry, spring ek sommer in die weg, maar ek besef nou dat voorafbespreking en -beplanning tog waardevol is. Verouderende sjablone gaan ons nie na die beloofde land lei nie. Ek het hoeveel keer al iets uit die Engels hierna probeer oorkopieer, en dan werk die sjablone nie, en dan los ek sommer die hele ding. Ek is seker ander bydraers soos
Gebruiker:Charlielv55
en
Gebruiker:Elana Barker
wat veral van inhoudvertaling gebruik maak, kan daarvan getuig hoe frustrerend dit is as die sjablone nie werk nie. Die enigste oplossing is om sjablone uit Engels te kopieer en die parameters te vertaal sodat die bronteks nog in Afrikaans kan wees. Die oorspronklike sjablone is grotendeels in elk geval vanuit Engels gekopieer, en die Engelse sjablone het intussen reuse vooruitgang gemaak in terme van buigsaamheid deur gebruik te maak van Lua in modules, wat byna alle beperkinge wat deur esoteriese sjabloonsintaksis ingestel word, uit die weg ruim, en deur van enkele basissjablone gebruik te maak, bv. een enkele Navbox en Infobox waarop alle afgeleide sjablone gebaseer word, om eenvormigheid te verseker. Ek sal in die vervolg eers toetssjablone skep en die verskil tussen die ou en nuwe weergawes met voorbeelde bespreek om te verseker ons is almal op dieselfde bladsy. Dit gaan die proses net langer maak, maar ons het seker maar die tyd. –
K175
skil 'n appeltjie
20:41, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie aan
Gebruiker:Aliwal2012
wat help met die bywerking van ontbrekende modules! –
K175
skil 'n appeltjie
20:41, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die beste oplossing is moontlik om alle sjablone summier te skrap. Redigeerders is dan meteens genoodsaak om artikels met 'n intelligente inleiding, inhoudsopgawe en uitleg te skep. Het lesers Franse poskodes en skakels nodig? Hulle gaan nooit iets skryf of inbel nie. Die versmelting van teks en visuele inhoud lyk vir my 'n groter en lonende uitdaging te wees. Watter onderneming kies vir sy webtuiste in 2020 dieselfde nostalgies-chaotiese uitleg uit die beginjare van die internet soos die Engelse (en baie ander) Wikipedia's?
Koördinateskakels is eweneens oorbodig. 'n Volledige integrasie in Google Maps bespaar tyd en is die maklikste oplossing. Lesers sonder uitgebreide kennis van sagteware en die hele spektrum van kaartdienste moet in staat wees om met een muiskliek 'n kaart op hul skerm te sien.
Voyageur
kontak
21:24, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Korona "virus"?
Nie 'n ensiklopediese onderwerp en gesprekspunt nie, ek weet (
but, please humor me
), maar met 'n "blykbare" sterftesyfer van
300,000
siele (meestal bejaarde mense, en volgens my nederige opinie grootliks oorskat, MET DIE GROOTSTE RESPEK) uit 'n wêreldbevolking van byna
8 miljard
siele, kan die griep nog 'n "pandemie" (nou dat ek daaraan dink, dis "pleinweg" LAGWEKKEND) genoem word; of is ons gewone ou mensies sopas blootgestel aan die grootste leuen en selfgeskepte, mensgemaakte
EKONOMIESE
ramp wat al ooit gepleeg is deur die ....← (tik jou teks (antwoord) hierin vir wie ook al die m**r*e geniale skelmstreek uitgedink het; ek krap nog kop daaroor)?
Net vir ingeval die vraag dalk al by sommige van julle opgekom het (ek sou so hoop!), maar julle nie die onderwerp wou aanraak nie; Wikipedia behoort tog 'n plek te wees vir skeptiese siele en ouens wat alles bevraagteken, of hoe sê ek?
Charlielv55
kontak
19:12, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ons lewe in baie vreemde tye
Charlielv55
kontak
19:17, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
As ons die geskiedenis van die Spaanse griep kort ná die Groot Oorlog ('n aansteeklike siekte wat veral vir jongmense dodelik was) en meer nog, die pandemies bestudeer wat in die Romeinse Ryk soos veldbrande versprei het (daar is grafstene vir hele gesinne waar ouers en kinders tegelykertyd oorlede is, kort nadat soldate uit die ooste teruggekeer en 'n dodelike siekte saamgebring het), moet ons baie versigtig wees. Die sterfgevalle, wat as gevolg van die Koronavirus aangeteken is, was onnodig, en die ouderdom van oorledenes sê nog niks oor hul vitaliteit, lewensplanne, waarde vir die samelewing nie... Dis net ongelukkig so dat ons immuunstelsel in ons latere lewe swakker word.
Die probleem vir lande soos die VSA is natuurlik dat mense se mediese fondse meestal aan hul werkplek gekoppel is. Ongelukkig is daar ook politici wat blykbaar nie die geskiedenis en realiteit van die 50 deelstate ken nie. Die politieke debat oor die pandemie het klaarblyklik ontspoor. Daar is vyftig samelewings met vyftig verskillende leefstyle en politieke kulture en vyftig verskillende uitdagings. En daar is besluite wat in die bevoegdheid van 'n deelstaatregering val. Mense reageer dikwels impulsief.
Sensible Republicans? Arnie Schwarzenegger!
Skakel:
Pandemic stockpile in California
Voyageur
kontak
) 19:54, 20 Mei 2020 (UTC
Uiteindelik. Iemand vir wie ek nou my vraag kan stel: is dit so dat Spanje en Italië se sterftesyfers so hoog was omrede die geld vir hospitalisasie vir jare deur sosiale toelaes (dankie Duitsland en Holland vir die kontant) agterweë gebly het, totdat die siekte almal uiteindelik aan die gat kom hap het? Maar dan weer - die Verenigde Koninkryk het glo weer te lank gesloer voordat hy, binne enkele ure ná Suid-Afrika, die hekke begin toemaak het (sy hospitaaldiens, verneem ek van 'n paar Britte voor die virus, is eersteklas). Die BBC sê weer nee, dis omdat die Duitsers meer toetse gedoen het dat hul sterftesyfer laer was. Nou, op die huidige stadium lewer die Wes-Kaap die meeste dooies op, al doen ons ook die meeste toetse. Dit laat mens nou eerder wonder hoeveel dooies lê daar iewers op straat in Yeoville waarvan ons nie weet nie. Op papier lyk alles nou te pragtig in die ander provinsies,
maar die waarheid
, soos julle my leuse teen dié tyd ken,
is iewers daarbuite
Suidpunt
kontak
20:34, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
As gevolg van al die besuinigings was en is daar 'n gebrek aan beleggings in die Italiaanse infrastruktuur, moontlik ook hospitale en mediese uitrusting. Eintlik moet ons voorbereidings tref vir 'n verskeidenheid noodgevalle en rampe, maar ons doen dit glad nie. Die probleem is: Solank dit nie benodig word nie, sal mense dit as dooie kapitaal beskou. Ons vriend Salvini baklei oor selfdegeslaghuwelike, maar het hy enige planne vir die ontruiming van metropolitaanse gebiede soos Napels? Het die pous dit?
Die Verenigde Koninkryk se
privaat
mediese sektor is eersteklas, maar nie die
National Health Service
nie:
BBC, November 2019: Hospital waiting times at worst-ever level
. Nie vir mense wat dit benodig nie. Oukei, daar is mense wat basiese dienste misbruik omdat hulle gratis is en hulle dokter toe kan gaan as hulle een keer hoes. Daar is egter tienduisende of meer bejaardes wat nie verwarming vir hul woonstelle kan bekostig nie. En ook geen gesonde dieet nie.
Die vraag is hoe en waar die virus versprei word. In Italië word die meeste sterfgevalle in streke aangeteken wat as welvarend beskou moet word.
Voyageur
kontak
20:44, 20 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir julle saampraat ouens; ter afsluiting, soos mens in goeie Afrikaans sê: dié storietjie is 'n bietjie te dik vir 'n daalder.
Charlielv55
kontak
06:24, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Vandalisme...
Ek sien daar was weer 'n klomp artikels gevandaliseer oornag. Nie goed nie. Vraag aan
Gebruiker:Aliwal2012
en
Gebruiker:SpesBona
- word die Voorblad beskerm deur die week? Groete!
Oesjaar
kontak
07:03, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ja, dit is lankal reeds beskerm! As jy op wysig klik, staan daar: "Die voorblad is beskerm sodat slegs gebruikers met administrateursregte die inhoud kan redigeer." Die dele wat jy weekliks op jou skerm sien verander, is outomaties gekoppel aan buite-insette via sjablone (al weer sjablone, "demmit!").
Ek sien ook vandalisme ruk bietjie hand uit, seker maar verveelde persone op die internet tydens grendeltyd? Lekker dag, --
Aliwal2012
07:36, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Kan iemand asseblief tog vir 178.243.112.81 blokkeer! Groete -
Rooiratel
kontak
09:07, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dis baie erg, hy is op 'n hengse lopie! -
Charlielv55
kontak
09:08, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Nou 'n nuwe een, blok asb. vir 178.243.36.79 -
Charlielv55
kontak
09:23, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hierdie is 'n georganiseerde aanval. Het dit gerapporteer en geblokkeer waar ek kan. Groete!
Oesjaar
kontak
09:49, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
(na bwc) Ik zou zeggen: blokkeer de hele range 178.243.0.0/17 voor een uurtje of wat. Dat zijn 32 768 IPv4-adressen, maar dat moet dan maar even. Het gevandaliseer is vannacht om 03:26 CEST al begonnen, dit is kennelijk een 32 768-koppige draak en dit móét ophouden.
Wutsje
kontak
Wutsje
kontak
10:07, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wutsje
, thanks for your effort. I saw that you were very active whilst we were all we sleeping last night! Thanks!
Oesjaar
kontak
10:20, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar, ek kan skaars Afrikaans skryf, maar ek kan dit baie goed lees.
:-)
Wutsje
kontak
10:28, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Goed so, was nie seker nie. Ek sukkel maar met die Nederlands! Groete!
Oesjaar
kontak
10:30, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie Oesjaar en Wutsje! -
Rooiratel
kontak
11:59, 21 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Navigasieboks
Daar is fout met
{{
Navigasieboks
}}
, lyk dit my. Kyk bv. na die eerste naam wat so alleen in ’n ry staan
hier
en
hier
Burgert
(kontak)
09:06, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Dit lyk my die module agter die sjabloon neem nou
as skeidingsteken teenoor
{{!}}
in die verlede. Dit maak die bronteks eenvoudiger en meer leesbaar. Ek kan dalk 'n bot loop om alle gevalle reg te maak. –
K175
skil 'n appeltjie
10:16, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dit sal gaaf wees, dankie, Daar is seker baie sulke sjablone.
Burgert
(kontak)
10:20, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Koronavirusartikels en -sjabloon
Hallo almal. Ek het onlangs
Sjabloon:KOVIS-19 pandemie
EARS-KoV-2
, en
KOVIS-19
geskep. Die volgende is van
Sjabloonbespreking:KOVIS-19 pandemie
Hi Rooiratel, ek dink nie só 'n sjabloon is tans nodig nie. Maar as jy verveeld voel, gaan maar voort, dan kyk ons hoe vorder dit.
Daar gaan baie gebreekte skakels wees tussen KOVIS-19 en COVID-19! Kan ons nie maar by lg. amptelike naam hou nie? Groete --
Aliwal2012
12:22, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
ja dit is seker nie nodig nie. Maar ek dink dit sal nog steeds nuttig wees. Mense kan dit verander soos nodig. Hierdie was maar net 'n raamwerk om mee te begin. Met betrekking tot die gebreekte skakels kan ons aanstuur bladsye gebruik om die probleem op te los. "Kan ons nie maar by lg. amptelike naam hou nie" - COVID-19 is die amptelike
Engelse
naam, ek weet nie wat dit met Afrikaanse te doen het nie. As iemand 'n beter Afrikaanse naam het vir die siekte sal dit my glad nie pla as ons dit verander nie. Maar ek hou nie daarvan as ons altyd net die Engelse naam vir alles gebruik nie. Anders kan ons net so wel alles in Engels skryf. Groete. -
Rooiratel
kontak
13:18, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Ja, maar ek dink eenvormigheid op ons wiki kom voor jou eie keuse van 'n Afrikaanse akroniem, of hoe? --
Aliwal2012
15:25, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Ek stem saam. Ons moet eenvormig wees. En soos ek gesê het, ons kan dit verander. Maar is daar 'n goeie rede om die Engelse akroniem te gebruik? -
Rooiratel
kontak
18:19, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met Aliwal dat ons moot konsekwent wees met ons benaming. So ek vra nou vir almal se opinies. Maar ek dink wragtig ons moet nie net al ons goed Engelse name gee nie. -
Rooiratel
kontak
19:02, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
In Afrikaans is die virus se naam die coronavirus, koronavirus of EARS-CoV-2; die siekte is Covid-19 of covid-19, soos bepaal deur die
WGO
. Dis al wat in Afrikaans erken word. Ek weet nie hoekom kovis-19 nie erken word nie. Ek sou as ek die baas was. Ek het al iewers gevra, maar is doodgeswyg.
Burgert
(kontak)
20:04, 22 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek verstaan nie. Wat weet die WGO van taal, en hoekom mag hulle bepaal watter woorde tale mag gebruik? Moet ons nou "flu" gebruik in plaas van "griep"? Of AIDS in plaas van VIGS? -
Rooiratel
kontak
07:00, 23 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Die WGO geniet dit om hom oor ondewerpe uit te laat waaroor hy niks weet nie, byvoorbeeld vraag en aanbod. Dink maar aan die advies aan die begin van die pandemie dat mense nie maskers moet koop nie omdat daar dan nie genoeg vir gesondheidsorgpersoneel gaan wees nie. In elk geval is dit ongelukkig nie Wikipedia se mandaat om neologismes te skep terwyl daar terme is wat deur betroubare bronne gebruik word nie, al is hierdie terme nie goed deurdink nie. –
K175
skil 'n appeltjie
07:13, 23 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek is nie 'n taalkundige nie, maar verkies Afrikaans waar moontlik. Groete!
Oesjaar
kontak
20:48, 23 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Knock... knock... house cleaning!
"Linkse agenda"
Net om dinge in perspektief te plaas... As ek onlangse en vroeëre kommentare lees... net een opmerking. Daar is dinge wat inderdaad voortgespruit het uit 'n "linkse agenda" (ons kan dit ook gerus vryheidsliewende, onafhanklike Kaliforniese gees noem):
Kommentaar
: Weet jy hoe sien Kalifornië deesdae daaruit, vriend? behalwe vir die ryk polities gekonnekteerde demokratiese leierskap enklaves; wat nie 'n dooie duit vir die staat van Kalifornië omgee nie, en 'n distopiese toekomsbeeld bied van die tekortkominge van linkse prerogatiewe en sosialisme op sy beste? Die gewone "man op straat" word gelos met allerhande probleme, terwyl die "limousine liberals" houtgerus AGTER HUL DIK MURE baljaar <-
"democrat hypocrisy in action, make people dependent on the government, not on their own initiative and brainpower, and let them beg, and yeah, walls are great!"
because oh! we do not want to see the misery and poverty that our socialist policies caused. Gaan DuckDuckGo gerus bv. net iets soos "San Francisco human feces map"
mikro- en persoonlike rekenaars (die ideaal en wens van enkele "linkse" hippies wat nie deur die behoudende IT-reus IBM bevredig is nie),
Kommentaar
: Jy't miskien 'n geldige punt daar beet, MAAR...
die internet,
Kommentaar
Food for thought
- dink bietjie na, wat beteken internetvryheid en vryheid van spraak indien die einste internet en veral "satansmedia" reuse soos
en
gebruik word om konserwatiewe stemme te muilband?
vrye sagteware en
Kommentaar
: "Now that's Capitalism and more specific free market principles like competition and demand and supply working at its very best!
vrye kennisprojekte soos Wikipedia.
Kommentaar
Goddank daar is alternatiewe soos Conservapedia, waar mens na 'n ander kritiese perspektief kan gaan kyk, veral wat aktuele sake betref, wat nie net alles wat die hsm sê klakkeloos napraat nie, maar ondersoekend is (d.i. wat joernalisme eens op 'n tyd was nè, geen wonder mense noem die spesie nou
"hoernaliste"
nie.
George Soros en OSF
Wat beteken $10, 20 of 30 miljard - George Soros se donasies - in vergelyking met die honderde miljarde $ wat outokratiese en diktatoriese bewindhebbers aan hul beleid en propaganda-aktiwiteite bestee?
Kommentaar
Hallo vriend, noem asseblief die outokratiese en diktatoriese bewindhebbers, en asseblief, moenie
Viktor Orbán
sê nie! (What is the first accusation that leftists accuse conservative governments of mmm? Only, I know for a fact that the Hungarian people are happy, and that the Hungarian people are happy with their government ... the only problem is the leftist media have brainwashed me into believing Orbán is the most vicious dictator alive!!! Q: must I believe the MSM's consistent chatter and attacks, or should I depend on my own judgement and scratch beneath the surface a bit and do my own research? If the Hungarian people were not happy, surely we would have known! See
Friend, the MSM's days of lying and hegemony are done!
Latest US polls
Trump approval ratings
Ek dink steeds hy moet sy impulsiwiteit tem.
Voyageur
kontak
11:01, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Amerikaners haat politiese korrektheid, DJT is so nie-polities-korrek as wat jy kan kry. Die Amerikaners wil nie 'n politiese korrekte gesanik die hele dag en nag aanhoor nie, hulle wil iemand hê wat direk met hul kommunikeer, en dit doen DJT baie goed. "Chances are still that he will win handily I think, especially with the kind of opponent he's likely to face, quite frankly, he'll eat him for lunch." Thank you for your thoughts and the opportunity to reason in a civilized manner. Enjoy your day.
Charlielv55
kontak
12:22, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Help asb, die brein wil nie vandag nie..
Gemeenskap, die Afrikaans vir
decorated senior officer
asb! Versierde klink net nie reg nie. Ai, die ouderdom. Groete!
Oesjaar
kontak
10:22, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
EK dink daar word bedoel "vername", soos in "vername senior offisier", synde dat
"decorated"
'n
sinoniem
vir
"distinguished"
is. Groete.
Charlielv55
kontak
15:01, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gedekoreerde. 'n Dekorasie is 'n ereteken wat 'n soldaat ontvang.
Burgert
(kontak)
07:15, 25 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die ding wat my bang maak
Hi
Voyageur
- so tussen die werk deur; die ding wat enige mens behoort bang te maak is dat die begrippe "waarheid", "feit" en "realiteit" deesdae relatief en hoogs subjektief is. Vra jy iemand wat op
Mother Jones
uithang (en daarom tien teen een een van die voorskriftelike, kus-gebonde linkse elite is) (welke webblad 'n ekstreme voorbeeld is van linksheid) en iemand anders (jou gemiddelde Amerikaner wat Fox-nuus kyk, Fox- nuus synde ook verdag vir konserwatiewes te wees omdat dit eintlik maar 'n
neocon
nuusagentskap is; maar in my opinie darem nog ewewigtig probeer wees), gaan hulle opinie oor President Trump drasties verskil. Die begrip "fopnuus" as ek dit reg verstaan is eintlik oorspronklik deur of Breitbart of The Gateway Pundit gemunt ten einde die slinksheid van die hsm (die Demokrate se propaganda arm) te beskryf. Van daar af het die ding op loop gegaan. Hoor hier nê, indien jy tyd het, probeer gerus die volgende
video kyk:
. Jy sal met nuwe oë na die wêreld kyk, dink ek. Dit verbaas my dat die video nog nie afgehaal is nie (m.a.w. sensurering van "dissenting conservative opinions" en omdat dit soveel bose mense en dade aan die kaak stel). Ek hoor graag jou ingeligte opinie wat ek hoog op prys stel. Groete.
Charlielv55
kontak
14:54, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die video is weer vol van samesweringsteorieë wat maklik weerlê kan word. Ek sal die ekologiese probleme, wat die Weskus teister (soos die bou van woonhuise in sones wat al duisende jare lank aan brande blootgestel is, en die spesifieke verspreiding van vuur van huis tot huis - moontlik sonder dat bome in die nabyheid daardeur geraak word), binne die volgende weke behandel. As ons deur 'n aardbewing getref word, sal ons ook nie maklik glo dat êrens daar benede linkse boosdoeners sit wat die betrokke gebied opsetlik skud nie. Groot dele van Kalifornië is reeds oorbevolk, wat beskikbare grond en waterbronne betref, en ek stem dus saam dat immigrasie streng beperk moet word.
Selfs verregses word toegelaat om deel te neem aan politieke debatte mits haatspraak vermy, basiese menseregte (insluitende dié van vroue en LGBT-mense) erken word en wetenskaplike of ander bewys gelewer word vir enige teorie.
Voyageur
kontak
15:57, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie jong. Neem tog ook asseblief kennis van die "baie gerieflike" manier van die hsm om deesdae (ek lag myself 'n papie!) alles wat nie in hul amptelike diskoers inpas as "samesweringsteorië" te brandmerk, soos bv.
"the very (in light of the 2020 election) inconvenient truth of Obamagate, the FBI's monstrous actions and General Flynn".
Nodeloos om te sê moet gay mense gerespekteer word, maar ja, dan moet die LGBT agenda nie op andersdenkende mense, soos wat tans die geval blyk te wees, afgedwing word nie. Groete en lekker aand.
Charlielv55
kontak
16:04, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die LGBT-agenda word nêrens afgedwing nie. Die anti-LGBT-agenda is wél afgedwing op mense, selfs nog deur die Kerk en staatswette.
Gif en swaar metale in die atmosfeer? Die geskiedenis van mynbou in Idaho sal mense ook laat wonder. Daar is van die aakligste waarhede, gepubliseer deur staatsinstellings.
En bepaalde elites in Rusland lewer vir ons nou asseblief die bewys dat die Verenigde State besig is om hulle te omsingel en planne smee om hulle aan te val. Oekraïne is 'n onafhanklike staat waar Amerikaners die gelyke regte het soos Russe. Soros het geen passasiersvliegtuig neergeskiet nie. Het jy Poetin se gesig op daardie dag gesien - hy was blykbaar ontsteld dat die hele saak buite beheer geraak het. Die ekonomiese skade, wat Rusland nou as gevolg van sanksies ly, was onnodig en vermybaar. En Russiese dienspligtiges betaal met hul lewens vir al die kak - van Afghanistan tot Oekraïne. As hulle vermink teruggekeer, word hulle doodgesluit en bes moontlik weggesluit in hul wonings. Daar is nog min geriewe wat openbare vervoer toeganklik maak vir gestremde mense wat byvoorbeeld op 'n rolstoel aangewese is. Daar is so veel dinge wat prioriteit moet geniet bo al die bakleiery met die weste, Soros, Sciëntologie, Oekraïne, Pussy Riot en wie ook al.
Haatdwergie Erdogan hou sy grense met Armenië gesluit en mag gerus bepaalde gebeure 'n volksmoord noem wat 'n volksmoord was.
Kommentaar
en ontken die
Armeense volksmoord
Maar wat samesweringsteorieë en al die waarhede daarbuite betref - ek glo ek het ook een ontwikkel! Die feit dat president Trump Saoedi-Arabië nie by die lys van terreurverdagte Moslemlande ingesluit het nie, laat my wonder. 9/11 was 'n Saoedi-ding. Die hele Islam-terrorisme word van daar gefinansieer. Daar is net een verklaring: Die regse, konserwatiewe beweging vorm self 'n deel van die duiwelse sameswering! As die pous dit werklik vanuit die Vatikaan bestuur: Hemeltjie, ek het al geweet ek het enkele snaakse bure daar in Rome!
Voyageur
kontak
15:57, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hehe! Dankie Voya. Bevraagteken ALLES nè. Groete.
Charlielv55
kontak
16:15, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dis hoekom ons hier 'n kritiese Afrikaanse ensiklopedie wil skep. Ons sal beslis meer oor Soros byvoeg. Hy is, inderdaad, 'n omstrede man. Soos Gabriele D'Annunzio. Jy kry 'n moderne Italiaanse meesterdigter. En tegelykertyd - nou ja - moontlik 'n fascis (in die mees negatiewe betekenis van die woord). En jy kan nie die een sonder die ander hê nie. Ons kan nie sommer sy werke verbrand nie. Goddank het Adolf Hitler geen wêreldliteratuur voortgebring nie. Dit sou 'n dilemma gewees het...
;)
L. Ron Hubbard het 'n moeilike karakter gehad, met 'n toomlose swart humeur, hy is omstrede, maar beslis intelligenter as die res. J. Paul Getty was moeilik, omstrede. Andrew Carnegie was moeilik, omstrede. Nogtans doseer en leer mense vandag nog met geld wat hierdie magnate beskikbaar gestel het en sal ons die moeite doen om almal met al hul fasette te beskryf. Sonder die leuens.
Voyageur
kontak
19:14, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie Voya; jy beskik oor 'n hele arsenaal kennis! Dit is altyd lekker, loutere leesgenot, en interessant om te hoor wat jy te sê het. Groete.
Charlielv55
kontak
08:53, 25 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wikipediabespreking:Administrateur
Gemeenskap, na aanleiding van die vandalisme aanval twee nagte terug het ek na die huidige 14 Admins gekyk en drie geïdentifiseer wat nie meer betrokke is nie. Ek het boodskappe op die drie se besprekings bladsye gelaat met geen reaksie van hulle kant af nie. Ek het twee nuwe kandidate voorgestel en my ondersteuning aan
Gebruiker:Dumbassman
verander van gekant na ondersteun.
Gebruiker:Dumbassman
dien saam met my op die Wikimedia stigting en hy moet hier ondervinding opdoen om Namibië se Wikipedia aksies aan die gang te kry waar hy woonagtig is; groot taak wat vir hom voorlê!
Die aanstelling van die drie sal verseker dat ons soortgelyke aanvalle die hoof kan bied asook nuwe speelgoed dinge in plek kan kry... Ek vra julle ondersteuning in die verband asb. Groete!
Oesjaar
kontak
21:03, 24 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun en in orde so, die gemeenskap moet asb spoedig hul stemme plaas op die bladsy hierbo genoem. Dankie,
Aliwal2012
10:41, 25 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie geluk aan
Gebruiker:Dumbassman
Gebruiker:Greenman
en
Gebruiker:Rooiratel
met jul aanstelling. Groete.
Frank
kontak
07:40, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Geluk en welkom manne! Groete!
Oesjaar
kontak
08:00, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie almal. Ek sal my beste doen om dinge hier makliker te maak vir almal. -
Rooiratel
kontak
08:31, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Julle kan nog stem vir
Gebruiker:Voyageur
as Burokraat asb! Groete!
Oesjaar
kontak
21:01, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Petronel Malan
Ek sal vandag gou die artikel oor hierdie uitstekende pianis doen; kan nie glo dat ons nie oor 'n artikel wat oor die vername dame handel beskik nie, maar ons sal darem binnekort! Groete.
Charlielv55
kontak
07:20, 25 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Taalskakels
Wat gaan nou weer hier aan? As ek 'n nuwe kategorie skep, kry ek nie 'n plek waar ek die taalskakels kan byvoeg nie.
Burgert
(kontak)
14:24, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Wat het geword van die "skakel na ander tale" skakel? Groete.
Charlielv55
kontak
15:36, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
en
Charlielv55
Dit lyk soos dieselfde probleem. Hopelik is dit net tydelik. –
K175
skil 'n appeltjie
15:51, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Is dit dus iets eksterne? Groete!
Oesjaar
kontak
15:55, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Charlielv55
kontak
16:11, 26 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Neutraliteit?
Hallo daar almal. Sien asb.
- dis baie interessant, vir die wat 'n tydjie kan afknip om te lees. Beste groete.
Charlielv55
kontak
07:57, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Inderdaad interessant, en dankie! Daar was al heelwat sulke bewerings wat dan afgeskiet word as die opmerkings van
komplotteoretici
JMK
kontak
12:17, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Sanger se artikel is self verstommend eensydig. "Gay adoption" is geen linkse beleid of agenda nie. Ons kan dan ewe goed heteroseksuele enkelouergesinne verbied. Ons kan heteroseksuele gesinne verbied omdat honderdduisende en miljoene kinders, wat in heteroseksuele huwelike gebore is, mishandel of vermoor word. Hoeveel meisies en vroue is al deur heteroseksuele kêrels verkrag en/of vermoor.
Ek vermoed die probleem lê in die politieke kampe - daar is tradisioneel meer linkse en liberale intellektueles as denkers van die regtervleuel of behoudende kant. Die Obama-skandale en hele politieke debat vind moontlik ook op 'n hoër intellektuele vlak plaas.
Listen to Daragh Tibbs, fifteen-year-old son of two dads in Northern Ireland:
Appeal en letter to Gordon Dunne MLA
Die hele probleem is intussen opgelos. Dis net vervelend en belaglik as Protestantse politici nie die opinies van jonger progressiewe kiesers eerbiedig nie.
Voyageur
kontak
13:49, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
1. Die verregse "Breitbart" is nou alles behalwe neutraal en bekend vir sy politieke houding. 2. Ondersteuners van "Breitbart" hou van die KKK en dit sê myns insiens alles! 3. Van hulle verkies 'n burgeroorlog bo samewerking met ander "rasse" wat volgens hulle nie in die Amerikas hoort nie. Groete. --
SpesBona
21:54, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dis met respek 'n leuen, nee, ekskuus! 'n onwaarheid. Ek verskil met respek vriend! (punt 1, 2 en 3; punt 1, wat betref die neutraliteit, het jy miskien gelyk, maar daar is "vlakke" van neutraliteit, né ... soos die van onse liewe MSNBC, CNN, ABC, Wash(Com)post, NYTimes (net goed vir vis & tjips papier - heeltemal bo verdenking né.../s. en al die ander alfabet analfabete. Maar nou ja, enigiets "konserwatief" word as "verregs" afgemaak, hehe!!! Ek is dit al gewoond. Om te sê BB hou van die watse Klan?, laat my stik van die lag, dankie daarvoor lols!!! (die Demokrate in die goeie, "ou, ou dae" miskien, ja) Wie hoort in die
VSA
? Mmm, dis die vraag ...? Waarom dit moeilik is om te beantwoord sonder om polities korrekte gevoelens te kwets ontgaan my ... Die vraag behoort myns insiens baie maklik beantwoord te kan word. Groete.
Charlielv55
kontak
17:07, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Maar waar presies het ons
hier
'n probleem met neutraliteit? Die aanneming van kinders deur pare in selfdegeslaghuwelike lewer in die Verenigde Koninkryk en Ierland hoegenaamd geen probleme op nie. Ons kan daaroor berig en alle bewerings van kritici maklik weerlê. Wat skandale betref, kan ons maklik binne Suid-Afrikaanse landsgrense bly. En byvoorbeeld breedvoerig skryf oor politici - van watter party ook al - wat as goeie voorbeeld mag dien. Liewe Jesus? Ja liewe hemeltjie, die man was self in sy eie tyd blykbaar omstrede. Sekerlik een van baie rewolusionêres in sy tyd. Maar hy het inderdaad daarin geslaag om 'n heel nuwe godsdiens/nuwe radikale stroming binne die Jodedom te vestig wat moeilik deur ou konserwatiewe
farts
beoefen kan word... Waar lê die probleem?
Voyageur
kontak
19:04, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55, ek dink maar die VSA en die hele Amerikas "behoort" aan die Eerste Nasies (Engels:
First Nations
). Hulle bly mos sedert derduisende jare daar. Dieselfde kan mens oor Suider-Afrika en sy Khoisan sê, hulle was die eerstes en moet respek ontvang en erkenning geniet. Maar pas op, die Eerste Nasies sal nooit sê dat "grond aan iemand behoort" nie, hulle verwerp grondeise ten sterkste. 'n Mens sal grond van die aarde net kan leen, nooit besit nie. Ons is net tydelik hier. Maar ek wil nie oor politiek baklei nie; ons het mos ons politieke sieninge en as elkeen dit respekteer, is dit net mooi. Groete. --
SpesBona
21:40, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
SpesBona
:) Groete!
Charlielv55
kontak
06:29, 2 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Taalskakels
Kan steeds nie skakels maak na ander tale nie, dis baie vreemd ...
Charlielv55
kontak
12:19, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Greenman
Gebruiker:K175
en
Gebruiker:NadzikBOT
, daar is 'n probleem met taalskakels by nuwe artikels. Weet julle dalk hoekom? Groete!
Oesjaar
kontak
13:51, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek weet nie, wie is die kontak by IT vir wie ons kan vra? –
K175
skil 'n appeltjie
15:34, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
K175
, het dit ge-eskaleer via WikimediaZA. Nou wag ons...
Oesjaar
kontak
16:42, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
Could you please give me an example? What are you trying to do? Cheers!
Nadzik
kontak
16:51, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Good evening
Nadzik
. Thank you for your inquiry. When I'm done translating/creating an article, I (and others) usually link the article to the corresponding article in other Wiki languages (one usually finds the option in the left hand bar under "Gereedskap"->"Skakels na ander tale"/"Links to other languages", I think. We're unable to do so at the moment. I hope this gives you a sufficient idea of the problem. I cannot for example link the newly created article
af:Anne Marshall
to other language options. Thank you very much for your assistance. Regards.
Charlielv55
kontak
17:40, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
. The article
Anne Marshall
is connected to the article
on the English wikipedia
. If you could prepare me a list of a few articles that you are having a problem with, I can try to connect the other ones myself too.
Gebruiker:Greenman
Gebruiker:K175
and
Gebruiker:Oesjaar
, if you have the same problem, please do so too. Cheers!
Nadzik
kontak
18:20, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hallo
Nadzik
, thank you, and please do your utmost to help enable us to link articles ourselves like we are accustomed to doing; luckily the other guys are also working on the problem, which needs fixing asap. Regards.
Charlielv55
kontak
18:34, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
For now, if you have any new article, please send it to me, I can try to connect it to other language versions. Cheers!
Nadzik
kontak
19:18, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Nadzik
, what is the problem?
Oesjaar
kontak
19:20, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Will do thanks.
Charlielv55
kontak
19:25, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
Jy kan dit intussen by
Wikidata
verander. Doen net 'n soektog daar en vul die Afrikaans onderaan die bladsy in. Dit vat 'n rukkie om te wys.
Burgert
(kontak)
21:55, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Nadzik
het laasnag die boodskap vir my gelos:
There are some problems between the Wikimedia projects and tools used on these projects. Petscan (a very useful Wikidata machine) has stopped working properly and it hasn't been fixed in a last few weeks. They are trying to fix this problem. Please show me some examples that you had a problem with. Which pages, which articles? I will look at them. Cheers! Nadzik (kontak)
20:51, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
Burgert Behr
Oesjaar
, en
Nadzik
Dit lyk of die probleem nou opgelos is. Kan enigiemand bevestig? –
K175
skil 'n appeltjie
13:09, 30 Mei 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ja, dis reg, dankie.
Burgert
(kontak)
13:23, 30 Mei 2020 (UTC)
antwoord
I do not have a problem anymore. How about the rest of you? Cheers!
Nadzik
kontak
13:10, 30 Mei 2020 (UTC)
antwoord
"WikiProjects"?
Goeie naand, almal. Hoekom is daar geen "WikiProjects" of "WikiProjekte" op dié weergawe nie? Ek meen, selfs die Skotse Wikipedia het "WikiProjects" en hulle het net oor 57 000+ artikels. Kyk ek dit miskien mis of is dit nie dalk tyd om sulke goed te skep nie? Groete. --
Lefcentreright
kontak
19:12, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Die WikiProjek-kultuur het net nog nooit hier posgevat nie. Daar is al hier en daar sjablone in hierdie verband geskep. Ek dink dit is hoogtyd dat ons met erns dit hier begin implementeer. Ek is seker daar is bydraers onder ons wat by spesifieke WikiProjekte betrokke sal wil raak. –
K175
skil 'n appeltjie
19:14, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Lig my asb in wat WikiProjek is. Groete!
Oesjaar
kontak
19:18, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Wikiproject is a group of people that concentrate on one specific aspect of editing. For example:
Poland related articles on en.wiki
Medicine related articles on en.wiki
If you have any questions, please contact me! Cheers!
Nadzik
kontak
19:20, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Hier
w:en:Wikipedia:WikiProject
. --
Lefcentreright
kontak
19:22, 27 Mei 2020 (UTC)
antwoord
6000 artikels!
Gemeenskap, baie geluk aan
Burgert
wat die eerste persoon is wat 6000 artikels op die Afrikaanse Wikipedia geskep het! Hy is ons sterrekundige, 'n veld wat hy in diepte gedek het met vele voorbladartikels! Goed gedoen Burgert en baie, baie dankie vir jou twaalf jaar se wonderlike bydraes hier. Dit word waarder! Hou so aan!
Oesjaar
kontak
05:11, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Geluk aan
Burgert
! Welgedaan, jou bydrae is van onskatbare waarde vir die behoud, relevansie en uitbou van ons taal.
Charlielv55
kontak
06:42, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, julle.
Burgert
(kontak)
08:27, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie geluk
Burgert
! -
Rooiratel
kontak
12:29, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie geluk Burgert! Ek sukkel nog met my mylpaal van 2000. Groete. --
SpesBona
21:15, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Webinaar met
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
en nog 'n paar groepe
Gemeenskap, ek is genooi om deel te neem aan 'n Webinaar met die titel:
Die vierde nywerheidsrewolusie en taal in die regsdomein
. Dit begin om 09:00 vanoggend. Groete!
Oesjaar
kontak
06:36, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Think tank
Gemeenskap, ek vertaal dit as 'n dinkskrum, is dit die korrekte woord? Groete!
Oesjaar
kontak
16:54, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ek kry dit ook so,
Oesjaar
. --
Lefcentreright
kontak
17:29, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
So blyk dit uit ons dinkskrum, ja.
Burgert
(kontak)
17:34, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dinksentrum as dit na 'n organisasie verwys.
Sobaka
kontak
17:41, 28 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Oi
Ek sien ons het weer pound seats in die saadjieparadys.
Burgert
(kontak)
16:14, 29 Mei 2020 (UTC)
antwoord
In die "ou dae" sou ons sulke goed sommer so kon verwyder het, maar nou is dit mos "kwantiteit bo kwaliteit". Maar ek swyg liewers oor sulke goed, andersins onttrek ek weer myself vir 14 dae. :D Groete. --
SpesBona
21:54, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Ja-nee, hierdie skoenmaker moet ook leer om hom by sy eie lees te hou.
Burgert
(kontak)
10:08, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Wikiprojek Suid-Afrika
Naand, julle.
Wikipedia:Wikiprojek Suid-Afrika
is nou amptelik geskep. Sluit gerus aan. Ek gaan vanaand werk aan sjablone wat in die besprekingsbladsye van verwante artikels geplaas kan word. Groete! --
Lefcentreright
kontak
17:13, 29 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie, ek beplan ook om twee Wikiprojekte/Wikiportale te skep. Groete. --
SpesBona
21:58, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Falaise Pocket
Gemeenskap, wat sal dit in Engels wees? Groete!
Oesjaar
kontak
11:54, 30 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Jy bedoel seker in Afrikaans? Seker letterlik die
Nes
van Falaise, maar dit klink vreemd. Ek sien op die Nederlandse Wikipedia word dit ook die "omsingeling van Falais" genoem.
Burgert
(kontak)
12:17, 30 Mei 2020 (UTC)
antwoord
O ja! Ek dink omsingeling is die beter opsie! Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
12:19, 30 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Please do not freak out, when you see me mass edit
Hi! I am Nadzik and few weeks I stumbled upon af.wiki, when I was performing duties on Small-Wiki-Monitoring-Team. I understand the basics of Dutch, so I've decided to help you out (especially with articles about municipalities in Switzerland). Of course, only if I am welcome here! I would also like to tell you that I will be sometimes performing Wikicode fixes. Do not freak out, when you will see my edits with description including
WPCHECK
. If you have any questions, please feel free to ask them! Cheers!
Nadzik
kontak
13:10, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Sometimes you will also be able to see my little helper
Gebruiker:NadzikBOT
. :D
Nadzik
kontak
13:11, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Thanks a lot for your help, it is a valued contribution. Is it possible to "hide" your edits from the Recent Changes page? We have a couple of users that patrol the recent changes and will make life easier. Kind regards
Dumbassman
kontak
13:13, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Dumbassman
Yes, there is.
Gebruiker:Naudefj
helped me to apply for "bot" (Robot) flag, and the process continues
HERE
. I will try to do most of the automatic edits on the NadzikBOT account, so it will not show up on Recent Changes. I will also try to apply for
Opsigters
rights, that way I would be able to give myself
Flood flag
, to also be able to hide my own edits on this account. Cheers!
Nadzik
kontak
15:30, 31 Mei 2020 (UTC)
antwoord
Bernard Montgomery
Gemeenskap: ek en
Gebruiker:Sobaka
is nou vir bykans 'n week besig om bogenoemde op standaard te kry. Ek sukkel met een sin, uit die Engels:
On 9 September, Montgomery wrote to Brooke that "one good Pas de Calais port" would be sufficient to meet all the logistical needs of the 21st Army Group, but only the supply needs of the same formation.
Wat sal hy bedoel met:
... of the same formation.
Slegs artillerie of slegs infanterie... Groete!
Oesjaar
kontak
06:27, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Adolf Eichmann
Hallo, ek probeer Adolf Eichmann skep in Afrikaans maar sukkel met die volgende terme
SS-Obersturmbannführer
en
SS-Obergruppenführer
, of kan ek maar die Duits so oorskryf? Dankie
Dumbassman
kontak
08:36, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dumbassman
, vra vir
Gebruiker:SpesBona
. Groete!
Oesjaar
kontak
08:51, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die Duitse terme word nie vertaal nie, maar waar hulle vir die eerste keer in die artikelteks voorkom sou ek 'n klein definisie in Afrikaans tussen hakies verskaf. Raadpleeg gerus die Engelse of Nederlandse weergawe van die artikel.
Voyageur
kontak
15:17, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Maak sin, baie dankie
Dumbassman
kontak
15:29, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sou niks anders kon gesê het nie, baie dankie Voyageur! Volgens
en:Obersturmbannführer
is dit die ekwivalent van luitenant-kolonel. Groete. --
SpesBona
18:44, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Mejuffrou Groot Internasionale
Gemeenskap, kyk asb hierdie artikel se naam, daar moet 'n beter vertaling wees. Groete!
Oesjaar
kontak
08:55, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, ek het dit verander na
Mejuffrou Groot Internasionaal
en die inhoud se taal verbeter, maar dit klink nog nie lekker op die oor nie! --
Aliwal2012
10:14, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die naam laat my wonder of hulle die vetste, dikste deelnemer soek... Groete!
Oesjaar
kontak
14:25, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Miskien Mejuffrou Grandioos-Internasionaal. Dit behou die klank en betekenis van "Grand".
JMK
kontak
10:55, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nee, dit sal nie werk nie! Nog nooit gehoor van "grandioos" nie. Groete, --
Aliwal2012
10:02, 4 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink 'n mens moet dit Engels los, want 'n Afrikaanse vertaling maak nie sin nie; dit kan 'n mens lelik mislei. Hoogstens dan Mejuffrou Grand International.
Burgert
(kontak)
16:10, 4 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Goeie oplossing Burgert! --
Aliwal2012
18:06, 6 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Gebruikersgroepregte
Hi Gemeenskap! I was reading the Gebruikersgroepregte page and I've noticed that your wiki does not have a tool called the
flood flag
. It allows editors to edit articles without showing up on
Onlangse wysigings
(Recent changes). It is very useful as it can help "hide" the edits of advanced users from Onlangse wysigings, so the people working on these can focus on the vandals.
I would like to ask your permission so that I would be able to ask the
Stewards
to grant me the flood flag on af.wiki. I would also like to ask your permission for temporary access to
Opsigters
permissions (under your control ofc) to be able to remove and add to myself the flood flag when it is needed. Please comment on this request and ask me any questions that you find necessary (you can also do it in Afrikaans, I will try to read it with the help of the translator). Cheers!
Nadzik
kontak
12:39, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
What do you think about the proposal
Oesjaar
Greenman
Aliwal2012
Dumbassman
Naudefj
? Please let me know if you have any opposition to that or if there is anything that I should address. Cheers!
Nadzik
kontak
21:50, 1 Junie 2020 (UTC)
antwoord
I am all for it!
Dumbassman
kontak
12:41, 2 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dink persoonlik nie ons het gebruikers of opsigters wat gevorderd genoeg is dat hulle daarmee vertrou kan word nie. Die hele idee van 'n wiki, soos wat SpesBona onlangs uitgewys het, is dat jy kan terugrol, en as jy nie kan sien wat aangejaag word nie, moet jy heeltyd op twee plekke gaan kyk wat aangejaag is, voor jy kan terugrol. (For us its not a great idea Nadzik, because I can already see how it will be abused.)
JMK
kontak
10:39, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
My tiekie: Ek stem heelhartig saam met
JMK
en ondersteun die sienswyse; dit is immers wat Wikipedia maak wat dit is: die feit dat dit eweknie-beoordeel kan word en deur enigiemand gewysig en/of verbeter kan word. Indien iemand toegelaat word om verborge wysigings ('n goeie onlangse vb: indien ek toegelaat word om in die geheim 'n artikel oor
George Soros
te skryf waarvan ander gebruikers die neutraliteit bevraagteken, maar a.g.v. die feit dat die veranderinge of wysigings verberg word, nie daarvan bewus is nie en dit dus nie meer "neutraal kan maak" of kan wysig nie.) aan te bring sal die projek nie wees wat dit moes wees nie. Groete.
Charlielv55
kontak
11:01, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
JMK
en
Charlielv55
I totally understand you. I started this topic, because some users were not happy with me flooding the Recent Changes (
Onlangse wysigings
). On other wikis it works this way: You are only allowed to "hide" your edits if you are doing a lot of them and they are not controversial. For example adding ".", "," or "and". I am willing to go through the community approval process and I agree to revoke these rights at any moment if the community agrees on that.
Hint
: These changes would only be hidden in Recent Changes (
Onlangse wysigings
), they would still be visible on your
Dophoulys
page and in the history of the article. What do you think of that? Cheers!
Nadzik
kontak
12:25, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nadzik
It seems I am the only user that was concerned about the flooding of the Recent Changes. To appease other users I withdraw my concern. Thanks
Dumbassman
kontak
15:08, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Jeanne Goosen
Hallo daar, volgens MM is bg. skryfster oorlede in die oggendure van Woensdag, 3 Junie 2020 (vandag), en ek het dit dienooreenkomstig so aangebring. 'n Ongeregistreerde gebruiker het dit verander na 2 Junie 2020. Welke is dan korrek? Moet die wysigings teruggerol word? Groete.
Charlielv55
kontak
12:48, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Radio Sonder Grense
berig in hul 13:00-bulletin van 3 deser:
Die ikoniese skrywer, digter en dramaturg Jeanne Goosen is
vandag
in die vroeë oggendure in haar huis in Melkbosstrand buite Kaapstad oorlede.
Suidpunt
kontak
12:54, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien daar is wel iemand op Versindaba (
die huldeblyk is vandag gepubliseer
) wat sê: Die skrywer, digter en dramaturg, Jeanne Goosen, is verlede nag oorlede nadat sy in ’n koma verval het. Hier kom die verwarring!
"Netwerk24 berig Goosen, wat 81 jaar oud was, is vanoggend omstreeks 01:30 in haar meenthuis in Melkbosstrand dood. Goosen het haar bewussyn verloor en haar versorger, Michele van der Westhuizen, was by haar toe sy dood is."
OFM
Suidpunt
kontak
13:04, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Suidpunt
. Groete.
Charlielv55
kontak
13:41, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
Goeienaand gemeenskap, stem asseblief vir nuwe voorbladartikels. Ons is amper op die punt met 40 nuwe voorbladartikels in 2020! Nee, dis nie net sportartikels nie, maar ook lande, stede, ruimteartikels, biografieë, geografiese onderwerpe en historiese gebeurtenisse. Ek het ook die een of ander beplande voorbladartikel in die pyplyn, soos al belowe. Kom ons maak van 2020 die jaar met die meeste voorbladartikels ooit! Groete. --
SpesBona
21:15, 3 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Galina Djuragina
Hallo daar
Voyageur
en
SpesBona
- ek wil julle 'n groot guns vra. Kan julle asseblief as julle tyd het die bg. artikel (onder die hofie 'Lewe en Werk') nagaan, wat ek deels uit die Duits vertaal het, vir korrektheid en ooreenstemming met die oorspronklike Duitse teks? Ek sal dit verskriklik waardeer! Beste groete:)
Charlielv55
kontak
09:51, 4 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ns: Ek sien die Engelse artikel is maar 'n saadjie, so dis een artikel waarin ons die Engelse oorrompel! Sien
vir agtergrond oor my kommentaar. Groete!
Charlielv55
kontak
09:54, 4 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Master of Law degree
Gemeenskap, wat sal dit in Afrikaans wees? De afkorting daarvan is LL.M. graad. Groete, --
Lefcentreright
kontak
08:34, 5 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Meestersgraad in (die) Regte.
Burgert
(kontak)
09:43, 5 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Urgent Help
Please help us translate the text (in bold) to your language
Join WPWP Campaign to improve Wikipedia articles with photos and win a prize
. Thanks for your help.
T Cells
kontak
08:04, 6 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Neem deel aan die WPWP-veldtog om Wikipedia-artikels met foto's te verbeter en wen 'n prys.
Sobaka
kontak
08:24, 6 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Turboskroef
Ek is altyd nuuskierig oor wat die gemeenskap lees:
Duidelik is tegniese artikels altyd 'n treffer! Groete!
Oesjaar
kontak
15:46, 6 Junie 2020 (UTC)
antwoord
stampvol en oorderdowende
Hoe gemaak met
Stampvol
en
Oorverdowende
, myns insiens moet die woorde se definisie sekerlik met verwysing na die
HAT
of die
WAT
verskaf word, of behoort dit altans seker ook beter by die Wiki-woordeboek projek? Groete.
Charlielv55
kontak
12:59, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Altwee moet geskrap word. Hierdie is nie 'n woordeboek nie maar 'n ensiklopdie. [
] in Afrikaans is beskikbaar daarvoor.
Oesjaar
kontak
13:17, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie Oesjaar, ook so gedink, maar ek is maar net baie sensitief om gebruikers (wat bydraes maak of wil maak) aanstoot te gee met onmiddellike skrappings, en is nie altyd seker waar om die lyn te trek nie (bemoedig/ontmoedig), derhalwe my vraag; maar julle het ondervinding m.b.t. wat om te doen in so 'n situasie: skrap! Op 'n verwante noot, ek kan nie glo dat ons eintlik net so 'n piepklein groepie is wat die projek aan die rol hou of probeer hou nie, dit verbaas my somtyds dat mens nie omkap van uitputting nie!
:) Ek moet sê, ek wens ons kon nog 'n honderd of twee gehalte bydraers en redakteure bykry, maar skynbaar is daar nie belangstelling in die hoofstroom nie, dis maar net die paar ouens wat verbete veg om 'n hoë kwaliteit aanlyn teenwoordigheid vir Afrikaans te skep by wyse van Wikipedia, eintlik is ons bitter min, die ander taalweergawes het duisende toegewyde aktiewe (met die klem op
aktiewe
!) bydraers/gebruikers wat 'n daadwerklike verskil maak. Groete.
Charlielv55
kontak
13:32, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Mens sou regtig gedink het die groot Afrikaanse bewegings sou betrokke raak... Maar nou ja! Ek spook nou al vir lank... Hullle wil blykbaar nie besef dat gedrukte media in al sy fasette einde se kant toe staan nie...
Oesjaar
kontak
13:41, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Deur betrokke te wees met die Afrocuration projekte is ek bewis wat met meeste Afrikatale se Wikis aangaan. Ek dink ons kan baie trots wees op ons eweredige groei, kwaliteit artikels en aktiewe Geselshoekie. Hou so aan
Dumbassman
kontak
14:59, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie julle. Groete.
Charlielv55
kontak
17:00, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Bemarking
Gemeenskap, ek het nou die "Onlangse wysigings" gepatrolleer en afgekom op
Gebruiker:Peterkuana1176
se blad en besprekingsbladsy wat gevul is met bemarking vir een of ander webwerf. Die besprekingsbladsy van hierdie IP-gebruiker (
Gebruikerbespreking:197.210.28.200
) is ook gevul met dieselfde woorde. As ek reg kan onthou, Wikipedia is nie 'n bemarkingsmaatskappy nie. Sal iemand asseblief hierna kyk? Groete, --
Lefcentreright
kontak
18:46, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Herman Gorter
Wat is dit met die Hollanders en sosialisme/kommunisme, agter elke boom kruip daar skynbaar 'n aanhangertjie weg? Mmm .... vreemd hoe volkere verskil, en dan deel ons klaarblyklik bloed met hulle ....? Groete,
Charlielv55
kontak
19:50, 10 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nee
, jy is salig onbewus van die verzuiling. Rooms-Katolieke, Protestante, Sosialiste en Liberaliste (eintlik Libertyne) het hoeveel aanvalle op mekaar met modderklonte geloods en tog aan dieselfde stroopwafels gekou. Dit staan selfs vandag nog. Daar is groter meningsvryheid in Nederland as in Suid-Afrika. Gaan besoek net geenstijl.nl (wat so invloedryk was om die Tweede Kamer tot referendum te dwing), moenie vir die oorspronklike bewoording skrik soos "klimaatsminaret" nie, en staan eerder geskok hoe flou en eenvormig alles in jou eie leefwêreld is. As daar iets is waarvan die Hollanders hou, hul gunstelingtydverdryf, is dit om te kibbel en te twis. En oor die 'twis en kibbel' te twis. Daaruit kry jy 'n legio antwoorde en standpunte, anders as in jou Suid-Afrikaanse Engelstalige koerante... "Wat een rijk debat hè?"
Suidpunt
kontak
14:41, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oulik. Dit hou nou nie kers vas by jou kennis en insig nie, maar ek hou daarvan om somtyds (indien ek by my ma'hulle is, welke die enigste tyd is wat ek
TV
kyk)
bvn
te kyk .... die aktuele kletsprogram, kan nou nie die naam daarvan onthou nie. Dis hoe ver ek kom om te begryp wat aangaan in Nederland en wat hulle, hulle mee besig hou. Groete.
Charlielv55
kontak
15:09, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
- daarby kan jy maar gerus die Afrikaanses ook tel! Die probleem is naspers besit alles, so alles word uit hul verwronge tonnelvisie-oogpunt vertel. Sover ek weet is die hele lotjie, van die liberale Rapport, Beeld, Die Burger en les bes, die Volksblad, almal in naspers besit, nie waar nie? Maar dit nou maar daar gelaat .... Groete.
Charlielv55
kontak
16:39, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Bruno Walter
en "komaf"
Hallo daar, net vir interessantheidshalwe, "komaf" blyk die Nederlands vir "afkoms" te wees, tog te vreemd om op sulke "bekende", tog ietwat vreemd en "val vreemd op die oor" woorde af te kom. Die wonder en interessantheid van Afrikaans, tog.
Charlielv55
kontak
20:37, 11 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek self gebruik komaf, maar destyds het die dosent my aangeraai om dit nie te doen nie. In die WAT word die woord as "verouderend, of nie algemeen" aangeteken, maar wie sal vir my voorskryf as ek 'n korter woord kan gebruik as 'afkoms' of 'herkoms'?
Suidpunt
kontak
14:31, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Net so jong, net so! As ek my nou maar in hierdie gek "brainfart"/rérig! omstandighede mag verstout om 'n vergelyking met iets heel anders te tref: niemand kan my aansê om daardie ou lappietjie oor my gevreet te trek as ek buite is nie. Betree ek nou iemand anders se eiendom soos 'n winkel/winkelsentrum, waar dit 'n voorwaarde tot toegang is (sien - eiendomsreg), aanvaar ek maar die "hiet en gebied", maar al morrende en teësinnig; andersins, nee! o hemel nee dankie! Groete:)
Charlielv55
kontak
14:56, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Komaf is uitgewis deur Groot Broer! Groete!
Oesjaar
kontak
15:36, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Ek lees gister die eerste maal van "komaf" by
Nina Hartley
(dis nou iemand wat my pa-hulle as 'n "prikkelpop" sou beskryf het). Die eerste sin lees: Nina Hartley (gebore op 11 Maart 1959) is 'n Amerikaanse pornoster, aktrise, regisseuse, en
vervaardiger van Joodse komaf
. Ek dog toe sy
vervaardig
iets soos
Joodse komaf
wat my Pa my nooit van wou vertel het nie! Wat 'n mistasting (heeltemal uit verband geruk). Dankie aan die bydraers wat my en Oesjaar kon reghelp...--
Aliwal2012
15:51, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Hehe! laat jy my nou stik van die lag
Gert
! Groete!
Charlielv55
kontak
16:42, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir almal se heerlike saampraat! Groete:)
Charlielv55
kontak
16:32, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
As ek "van Joodse komaf" sien, dan denk ek direk: Wwikix. En
inderdaad
. Destyds kon hy ook nie ophou om dit op die Nederlandse Wikipedia te doen nie. Terloops: sien
Lys van argaïsmes#K
Wutsje
kontak
01:33, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het nog nooit die woord gehoor nie, al het ek Afrikaans My Taal as handboek gehad, waar hulle maan teen anglisismes soos "troeteldierwinkel" (dit behoort "arkmark" te wees!) Dit hoort nie in 'n moderne ensiklopedie nie. --
Slashme
kontak
14:21, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Wereld
Hoe vreemd dat die Nederlandstaliges wêreld as
wereld
spel. Groete.
Charlielv55
kontak
11:38, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lees etymologiebank.nl
. Kyk veral na "mens" (*wera-) + "leeftyd" (*aldi-), dit wil sê menseleeftyd, die omgewing van mense rondom jou op 'n sekere tydstip. Dink ook aan die Oudhoogduits 'Weralt' > 'Welt'.
Suidpunt
kontak
14:25, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Vrek interessant, wáár kom jy aan die oneindige stroom kennis jong, nee ek grap net, dis altyd 'n plesier om te lees wat jy te sê het. Doe zo voort! Terloops, ek het jou artikel oor "Solarpunk" op
PRAAG
gelees, en ja-nee, kyk, Afrikaans sal nooit solarpunk wees nie;) Groete.
Charlielv55
kontak
14:48, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nonnetjie-uil
Net 'n vraag; in die Vrystaat staan die uiltjies (dierbare goed!) algemeen in die volksmond bekend as
Nonnetjies
-uile en nie
Nonnetjie
-uile nie. Wat is die korrekte term, en is dit 'n wesentlike verskil? Laat maar weet asseblief. Groete.
Charlielv55
kontak
12:40, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die WAT sê nonnetjiesuil is "ongewoon" en "selde", dus, 'n wisselvorm. Ek gebruik egter ook
nonnetjiesuil
Suidpunt
kontak
14:27, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Suidpunt
:)
Charlielv55
kontak
14:44, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek ken ook nonnetjiesuil. Die AWS gee
nonnetjiesuil
en
nonnetjieuil
aan. En Pharos kan nie sy mind opmaak nie:
nooi·en·tjies·uil → nonnetjie(s)uil
Burgert
(kontak)
16:02, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Om vir Oprah aan te haal: Almal kry 'n punt!
Burgert
(kontak)
16:06, 12 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ken iemand die drankie, 'advokaat'?
SpesBona verkies Amarula bo eierlikeur, veral as 'n persent
Goeiemiddag mense.
Ek het gister begin met die Russiese verbuigings. So land ek by
адвокат
en merk by die Franse Wiktionnaire op daar is ook 'n nie-lewende selfstandige naamwoord. 'n Drankie.
Volgens die inskrywing: "Thé brûlant au citron, parfois additionné de rhum." (Warm suurlemoentee, soms met rum by).
Die naam het vir my 'n klokkie gelui, en juis daarom is ek na die WAT. Daar staan:
Drank, berei uit brandewyn, geklitste eiers en suiker, ong. i/d verhouding: 12 eiers, 14 onse suiker, 1 bottel brandewyn en 'n bietjie vanille (sic); ook genoem
advokateborrel
(N.) omdat dit as smeersel vir die keel beskou word.
Ek het ook in my
Kramers Woordenboek
(Fransch-Nederlandsch) gaan kyk, en die Franse het geen woord daarvoor nie. Die omskrywing wat jy kry is: préparée avec de l'eau de vie, des œufs, etc. (berei uit brandewyn, eiers, ens.)
So ook lewer my Prisma Nederlands-Franse Woordeboek op: liqueur faite d'œufs et d'eau-de-vie (likeur gemaak van eiers en brandewyn)
My
Van Dale
Nederlands-Duits lewer
Eierlikör
op, wat nie te ver van die waarheid is nie.
Ek het gister vir my ouers gevra of hulle
advokaat
ken. My moeder ken die drankie omrede sy in die drankbedryf gewerk het in die 1970's. Hoewel sy hom nooit self gedrink het nie, weet sy dat hy 'n gelerige aanskyn het.
My vader ken hom ook, want sy ouers was Hollanders en het daardie drankie gereeld gemaak. Jy drink hom stadig, soos 'n jenewer.
My suster ken die naam glad nie.
Ek dink dit is duidelik dat die Hollanders ook daardie woord uitgevoer het na Rusland, maar dat die Russe 'n ander betekenis by die lemma gevoeg het. Dus, ons sit hier met 'n halwe
valse vriend
Suidpunt
kontak
10:17, 14 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ken hom, groot kopseer.... Jare laas gesien. Groete!
Oesjaar
kontak
11:18, 14 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nederlandse advocaat-eierlikeur is volgens my inligting eers in die laat 19de eeu as 'n surrogaat vir 'n ouer drankie ingevoer wat as
abacate
en
advokaat
bekend gestaan het en waarvan avokado's 'n belangrike bestanddeel was (vandaar die naam - 'n soort volksetimologie?). Sy romerige tekstuur was die aanleiding vir die eierresep. Die drankie was gewild by seelui, en sy naam is moontlik al vroeg - in die 17de of 18de eeu - deur Russiessprekendes uit Nederlands ontleen. Ek weet nie of dit moontlik tsaar Pieter I en sy geselskap was nie.
Advokaat, advocaat en eierlikeur is vandag sinonieme in Nederlands en Duits; die bestanddele van die alkoholiese drankie word (in EU-lidstate) deur 'n EU-verordening bepaal.
Verpoorten
is die premium-handelsmerk vir eierlikeur; die onderneming
Verpoorten
het sy setel in Bonn. Hulle is die markleier sodat
Verpoorten
self 'n sinoniem vir eierlikeur geword. Daar is resepte wat die naam van die handelsmerk gebruik. Ek is mal daaroor en voeg dit by sjokolade-vla, poedings of bepaalde soorte tert by.
Eierlikeur is veral gewild in Nederland en Duitsland. Volgens hul webtuiste word die drankie na 'n dertigtal lande uitgevoer. In die Verenigde Koninkryk word dit
Verpoorten egg nog/eggnog
of
egg liquor
genoem.
Hier is 'n interessante artikel:
Eater.com: Eierlikör: What It Is and How to Drink It
. Amerikaanse kenners/connoisseurs weet in elk geval wat dit is.
En Granny het haar eie variant -
custard sauce
met
brandy
of
Scotch whisky
of
butterscotch sauce
Voyageur
kontak
12:19, 14 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Sien
Advocaat
! Ek is nou sommer dors hehe! Groete.
Charlielv55
kontak
14:00, 14 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Wat die etimologie van die woord in het Nederlands en het Afrikaans betref, sien
hier
Wutsje
kontak
01:48, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Natuurlik ken ek hom, maar daar is beter eierlikeurs as
Verpoorten
se
Advokaat
. Hy is net perperduur. In Brandenburg het ons self baie goeie plaaslike eierlikeurs en soms sal ek selfs
Amarula
bo eierlikeur verkies. Groete. --
SpesBona
21:05, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Soos die
Eierlikör des Todes
;)
Voyageur
kontak
21:39, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Eerder
hierdie uit Bestensee
(net suid van Königs Wusterhausen), hy is blykbaar die naaste handelaar. Sien nou hulle ondersteun
Eisbären Berlin
, vreemd in 'n sokkerland. :O Groete. --
SpesBona
21:50, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie almal!
Suidpunt
kontak
08:08, 18 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nee
Suidpunt
! Dis baie drankie almal!
:)
Charlielv55
kontak
13:01, 18 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Klaas Steytler
Gemeenskap, kan iemand asb die sterftejaar bevestig: 1997 of 1998? Groete!
Oesjaar
kontak
19:57, 14 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
1998 aldus
. –
K175
skil 'n appeltjie
19:59, 14 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Elsa Joubert
Gemeenskap sien:
Dit is goed om te weet ons het 'n goeie artikel oor haar...haar man
Klaas Steytler
se artikel het ook 'n goeie klompie besoeke. Groete!
Oesjaar
kontak
08:42, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Mooi so! Die Afr. Wikipedia word deel van die kultuur/leeskultuur! So bevorder die Wikipedia lees onder Afrikaanses!
Charlielv55
kontak
09:17, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Forum Films
Ek is dikwels by
Commons:Deletion requests
doenig, en ek sien toe vandag
File:Forum Films .png
. Ek was nuuskierig, en toe vind ek
Forum Films
, geskryf deur
Elana Barker
As ek hierdie artikel op die Engelse Wikipedia gesien het, sou ek sommer voorgestel het dat dit verwyder word:
Daar's geen verwysings wat toon dat die maatskappy relevant is nie: normaalweg is die reël dat daar meer as een onafhanklike, betroubare bron moet wees wat die onderwerp in detail bespreek.
Die artikel is soos 'n advertensie geskryf, bv.: "Forum Films is ‘n produksiemaatskappy wat nog baie planne het vir die toekoms. Dit sluit in onder andere vollengte films, animasie, nog dokumentêre en musiekvideo’s. Forum Films se span bestaan uit ‘n groep talentvolle mense wat kan skryf, ‘n konsep bekendstel, inligting kan verwerk en in ‘n video kan omskep en die doel van die kliënt se verwagteninge na kom."
Die artikel begin nie eers met 'n beskrywing van wat Forum Films is nie. Normaalweg begin 'n mens mos met "Forum Films is 'n filmmaatskappy wat deur AfriForum gestig is" of so iets.
Ek's egter nie so bekend met die werkswyse op afwiki nie, so ek los dit maar aan diegene wat beter weet om te besluit wat om daarmee te doen. --
Slashme
kontak
14:14, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
O, jinne, hierdie artikel voldoen aan die Engelse Wikipedia opstel "
Wikipuffery
" omdat dit soos 'n advertensie geskryf is. Iemand moet miskien daardie opstel vertaal. Groete! --
Lefcentreright
kontak
14:51, 15 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Froma Sand is Bertha Slosberg
(with help of google translate)
Ek lees boeke. Meestal Duits of Engels, die laaste was van Froma Sand, Das Apartmenthaus, en ek het daarvan gehou. Ook The Daughters of Longing, 1968 of De Dochters van Lotus Lin. Uitgeverji Luitingh. 1968.
Ek wou dus meer weet oor Froma Sand.
Ek het 'n boks gevind, hierdie:
Ha
! Froma Sand is Bertha Slosberg.
Danksy Google het ek dit gevind in hierdie boek:
Women Marching Into the 21st Century: Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo
Amazing
Toe soek ek weer in verskillende wikipedias, maar sonder sukses ...
Groeten van Wolfgang Jöst vom Ubu
Antiquariat und Buchhandlung
Universitätsstr. 39/41
D-44789 Bochum
--
Ubuy
kontak
06:53, 17 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Verwysings
Goeiemore gemeenskap
Ek haak nog vas met verwysings, sou 'n werkwinkel daaroor vreeslik waardeer. Ek het nou wysigings in die artikel oor
Maroela Media
gemaak, maar nou is daar foute met die verwysings. Kan iemand asseblief help?
Dankie en groete,
Gebruiker:PetronelFourie
Uitgevoer
. Indien jy 'n storielyn skrap, maar die "ref=abc_xyz" wat daarop betrekking het in die artikel agterlaat, sal die wiki dit in vet-rooi vertoon onder "Verwysings", m.a.w. dit is nou leeg. --
Aliwal2012
10:02, 17 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie
Aliwal2012
Editing news 2020 #2
Read this in another language
Subscription list for this multilingual newsletter
The new features include a toolbar.
What do you think should be in the toolbar?
This issue of the
Editing
newsletter includes information the
Talk pages project
, an effort to help contributors communicate on wiki more easily.
Reply tool
: This is available as a Beta Feature at the four partner wikis (Arabic, Dutch, French, and Hungarian Wikipedias). The Beta Feature is called "
Besprekingsnutsgoed
". The Beta Feature will get
new features
soon. The new features include writing comments in a new visual editing mode and pinging other users by typing
. You can
test the new features
on the
Beta Cluster
now. Some other wikis will have a chance to try the Beta Feature in the coming months.
New requirements for user signatures
: Soon, users will not be able to save invalid custom signatures in
Special:Preferences
. This will reduce signature spoofing, prevent page corruption, and make new talk page tools more reliable. Most editors will not be affected.
New discussion tool
: The Editing team is beginning work on a simpler process for starting new discussions. You can
see the initial design on the project page
Research on the use of talk pages
: The Editing team worked with the
Wikimedia research team
to study how talk pages help editors improve articles. We learned that new editors who use talk pages make more edits to the main namespace than new editors who don't use talk pages.
Whatamidoing (WMF)
talk
20:32, 17 Junie 2020 (UTC)
Invitation to participate in the upcoming WPWP Campaign
Hello Wikipedians,
This is to invite you to join the
WPWP Campaign
to help improve Wikipedia articles with photos and win prizes. The campaign will run from 1st July 2020 to 31st August 2020.
The campaign primarily aims at using images from Wikimedia Commons on Wikipedia articles that are lacking images. Participants will choose among Wikipedia pages without photo images, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years.
Please visit the
campaign page
to learn more about the WPWP Campaign.
With kind regards,
Thank you,
Deborah Schwartz Jacobs, Communities Liaison, On behalf of the Wikipedia Pages Wanting Photos Organizing Team - 21:32, 18 Junie 2020 (UTC)
Kopiereg
Gemeenskap, ons moet asseblief wakker wees wanneer dit kom by kopiereg. Ek meen hierdie beeld (
Lêer:Dr. Pieter Mulder.jpg
) is 'n uitstekende voorbeeld van 'n foto wat nie op Wikipedia hoort nie.
Gebruiker:Puvircho
het dit opgelaai, maar eintlik moes hy nie, want GCIS (die eienaar) laat nie toe dat hulle beelde op Commons/Wikipedia gebruik word nie as gevolg van die regering se streng kopieregwette.
Ek weet dit omdat ek laas jaar vir hulle gevra het of ek 'n foto van die Vrystaatse premier vir Commons kon gebruik. Ek en hulle het vir omtrent 'n maand lank e-posse gestuur voordat hulle verklap het dat ek nie eintlik hulle beelde vir Commons mag gebruik nie. Skrap dit asseblief. Groete, --
Lefcentreright
kontak
19:03, 20 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Eina! Dankie dat jy dit onder ons aandag bring.
Aliwal2012
11:54, 21 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Gemorspos-witlyste
Daardie gemorspos-witlyste (
Spam whitelists
) - moet ons wysigings daar aanbring? Dis bo my vuurmaakplek.
Voyageur
kontak
17:57, 21 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Voyageur
Nie seker of ons moet nie. Die Engelse Wikipedia het dit ook so. –
K175
skil 'n appeltjie
18:47, 21 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Duitse sokkerkampioen
Kyk maar hoe vervelig sokker daar by ons in Duitsland is, alweer FC Bayern München, vir die 30ste keer! Wonder nog iemand hoekom ek meer in krieket en rugby belangstel? Groete. --
SpesBona
21:45, 21 Junie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
, dit moet inderdaad vervelig wees! Groete!
Oesjaar
kontak
06:32, 22 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lewe sonder krag...
Gemeenskap, laas dinsdag middag laat, op die koudste dag van die jaar, besluit die konneksie punt waar my huis en my buurman se kabels met die munisipale netwerk verbind om te groet! Geen krag, temp 5° en later die nag onder nul! Dit was eers Vrydag middag om 11:30 reggemaak. Dan besef mens die waarde van elektrisiteit!
Burgert Behr
, dit is erger as jou sigarette te kort! Geniet julle verwarmers en dinge! Groete!
Oesjaar
kontak
06:02, 22 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Kopieregwet
Nuus: Pres. Cyril Ramaphosa het die omstrede Wysigingswetsontwerp op Kopiereg na die parlement terugverwys vir hersiening uit kommer dat dit nie voldoen aan die Grondwet nie. [Bron: Maroela Media Nuus 22-06-2020]
--
Aliwal2012
07:35, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Voyageur
kontak
13:28, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Breitbart.com as 'n bron
Hallo julle, ek sien nou meer en meer dat Breitbart.com as 'n bron in artikels gebruik word. Is dit werklik 'n geskikte bron vir ensiklopediese artikelwerk? Ek dink nie só nie (maar dit is waarskynlik weer 'n "verlinkse/kommunistiese" siening)! Let op die verregse agenda van dié platform, sien
en:Breitbart News
. Wat dink julle? Groete. --
SpesBona
08:01, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink jou voorstel ruik na linkse sensuur; my Duitse vriend. Wat stel jy voor; CNN, BBC, Huffpost, WashCompost, NYT, Politico, Esquire,
NPR
, Slate, Salon, FiveThirtyEight, ACLU, The New Republic of; les bes, MOTHER JONES of ja, die wonderlike NBC! mmm.... sal dit aanvaarbaar wees (ag sê tog ja!)?
Niemand mag my verhoed om behoorlike, gerespekteerde bronne soos BB aan te haal nie, en dit is my submissie dat dit veral belangrik is in vandag se politiese-gelaaide wêreld en by aktuele sake en artikels oor hedendaagse figure soos Amerikaanse senators bv. om bronne soos BB aan te haal, wat nie deel is van die bedrieglike hoofstroom "nuus" nie. Derhalwe sal ek dit bly gebruik, jy kan natuurlik dit probeer verander of desnoods uitvee of my self blokkeer as jy wil, dis jou keuse of jy wil sensureer of nie, soos 'n goeie linkse (wat ek nie sê jy is nie). Eintlik wil ek vra .... werklik; IS JY ERNSTIG? Sela!
Charlielv55
kontak
08:23, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Gelukkig het ek nie tyd vir politieke bakleiery nie. Ek wil dit net onder jou aandag bring dat ons hier 'n neutrale ensiklopedie skryf. Daar is nie plek vir
Viktor Orbán
se "lag of huil" nie. Wat van die gewone mediakanale wat almal gebruik? Dalk versprei hulle net
fopnuus
, soos die "groot wit man" in die Withuis herhaaldelik sê? Vanaf 1933 is die Duitse pers
"gleichgeschaltet"
, miskien is dit 'n oplossing? Hulle sal dan nie meer 'n "linkse agenda" kan hê nie. Let op: Sedert die 1990's is die meeste Afrikaanssprekendes nie meer blank nie en ons skryf vir almal, ongeag hul velkleur! Volgens Breitbart.com tel swart lewens nie eens nie! Groete. --
SpesBona
08:43, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
My vraag aan jou is: het premier
Viktor Orbán
gesê wat hy gesê het, of nie? Of lieg ek, of dan BB? Hy is 'n aktuele figuur, en dis nou maar eenmaal die "probleem" met 'n ensiklopedie soos Wikipedia, te wete dat dit oor artikels beskik wat aktueel is. Anders moet mens dit miskien verander dat dit slegs met "werklike", histories-ensiklopediese onderwerpe handel. Wat moet ek doen, die ding alewig as 'n saadjie hou of dit probeer uitbrei, soos ek doen? Die meeste Afrikaanssprekendes is sedert "my oupagrootjie se oupagrootjie se oupagrootjie se tyd" nie blank nie, en dit is reg so en 'n feit, derhalwe verstaan ek nie wat jy probeer impliseer nie. "Volgens Breitbart.com tel swart lewens nie eens nie!" Sjoe, dan wonder ek waarom hulle altyd met trots berig oor die historiese lae vlakke van werkloosheid onder Afro-Amerikaners? (tot onlangs toe, voor die korona-ekonomiese ramp ons almal getref het) Ek betreur dit dat jy sulke gruwelike onwaarhede en veralgemenings oor BB kwytraak; jy behoort van beter te weet; veral as Duitser wat bekend is met die onderdrukking en gruwels wat gepaard gegaan het met WW2 en die duidelike gevare wat tans op die horison lê en sterk herinner aan daardie era van sensuur, fascistiese onderdrukking (nou net in die skoot van linkse organisasies soos Antifa en BLM, wat gló anti-fascisties is, o, die ironie!) en onderdrukking van vryheid van spraak , die nalatenskap waarmee jou volk nog steeds mee worstel. Sterkte vir jou daar in Europa.
Charlielv55
kontak
09:02, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Gemeenskap, bevestiging gekry dat die Engelse Wikipedia Breitbart.com verbied het as 'n betroubare bron en ons doen dieselfde. Geen argumente. Ook vra ek dat
Gebruiker:Charlielv55
vir drie maande geskors word vir sy aanhoudende politieke menings wat hy op ons afdwing. Ek het hom al 'n waarskuwing vroeër gegee. Groete.
Oesjaar
kontak
09:15, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien tans veral die herhaling van geskiedenis en ek beskou dit as my plig om dit te verhoed, veral met die Duitse geskiedenis in gedagte. Die fasciste sit nog steeds aan die regterkant. Onafhanklik of dit nou die VSA, Brasilië, Pole, Hongarye, die Filippyne of Indië is. Probeer maar om vir hulle te sê dat homoseksuele mense gewone mense soos ek en jy is. Ek praat nie eers van Jode of Moslems nie. Ek praat ook nie eers van kommunistiese diktature soos die VR China of Noord-Korea nie. Interessant genoeg is die verregses en verlinkses amper dieselfde met dieselfde hulpmiddels: sensuur en geweld. My land het twee diktature agter die rug, verregs en verlinks en ek verpes albei ten sterkste! Ek sê net:
Nie Wieder!
Groete. --
SpesBona
09:31, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
As jy my wil blok of versper doen dit dan maar asseblief, maar doen jouself net eers 'n guns en kyk na my bydraes van reeds meer as 'n jaar, maar dan kom dit nie van my kant af nie. Ek het niks vir jou of enigiemand anders gedoen nie. By verre die meerderheid werk wat ek doen is oor die letterkunde, geskiedenis en kuns. Ek probeer nie my idees op enigiemand afdwing nie. Ek het 'n ordentlike gesprek (redenasie) met 'n ander gebruiker gehad, maar as dit is hoe jy voel moet jy dit maar doen asseblief! Jy kan in alle redelikheid nie iemand skors wat soveel tyd op hierdie projek spandeer en bydraes maak (tensy ek my misgis, en ek besig is met twak) en verwag hy moet terug kruip nie, en dat die verhouding op die blad nie permanent/onherroeplik daardeur geskaad sal wees en dat dit eintlik dan maar totsiens is nie. Doen dit dan asseblief.
Charlielv55
kontak
09:51, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ons moet dan ook toegang tot en vertalings uit die Duitse en Engelse Wikipedia-projekte verbied - daar is steeds artikels waar Anonymous en ander organisasies haatspraak en leuens versprei.
Conspiracy theories
is nie beperk tot Breitbart.com nie. Wat Duitsland betref, die Verenigde State het politieke asiel aan tenminste een Duitse lid van die Kerk van Sciëntologie toegeken.
Voyageur
kontak
10:50, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ons is altyd vry om sulke artikels nie te vertaal nie, maar hoe sal ons toegang tot ander taalweergawes kan verbied? Ek is selfs by die Duitse Wikipedia betrokke (ek skryf veral oor sport en my omgewing hier in Brandenburg) en gebruikers soos
Gebruiker:Lefcentreright
en
Gebruiker:Dumbassman
by die Engelstalige Wikipedia. Groete. --
SpesBona
11:00, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ons kan 'n ander oplossing vind: Onderwerpe, wat as aktuele gebeurtenisse beskou moet word en waar verwysings voorlopig beperk moet bly tot nuusblaaie en webwerwe, hoort moontlik nog nie in 'n ensiklopedie nie.
Voyageur
kontak
10:50, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
My
twee sente
: Gemeenskap, is daar nie miskien 'n lys van bronne wat ons kan raadpleeg om te sien watter ons mag/nie mag gebruik nie? --
Lefcentreright
kontak
11:27, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek weet darem nie van sulke positivisme nie. Die waarheid kan op toiletpapier geskrywe staan, en leuens uitgebeitel op marmer. Of
Joan Hambidge
nou haar boekresensies plaas in
Die Burger
of
Die Son
of op
PRAAG
of in
Vrye Weekblad
, dit bly dieselfde Joan Hambidge. Sy mag miskien haar woordkeuse verander om by die waarskynlike leser te pas, maar prof. Hambidge bly prof. Hambidge. Dan het jy nog die redakteur wat jy in ag moet neem. Jy moet ook nog haar welstand op 'n sekere dag in ag neem.
Ek glo eerder dit gaan van die leser self afhang wat kan, wat kan nie. Nou goed, nie almal het noodwendig die vermoëns ontwikkel om "twak" en "meriete" te onderskei nie. Dit is waarom jy self die navorsing moet doen.
Kom ons veronderstel iemand op LitNET sê daar is meer Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels, weens Apartheid (wat die swartes van blankes afgesonder het), dan kan jy, ongeag die gesaghebbendheid van die bron, maklik sê dis twak - soos ek op PRAAG gedoen het - want Afrikaans het reeds in 1839 en vroeër sy invloed in Engels gehad, so... al die dekades
voor
Apartheid, waarom het die Engelse taal hier te lande nooit in dieselfde mate Xhosa of Zoeloe opgeneem soos Afrikaans nie? Ek bedoel, hulle het immers sendelingskole gehad, en hier was selfs Xhosas in die Kaap, 'n stadjie wat rou Engels was. En selfs al het Apartheid 'n rol gespeel, moes diegene wat damme gebou het tog, op 'n manier, taalkontak gehad het? So ook die huishulpe wat by blanke buurte ingewoon het. En, ek persoonlik weet van Oos-Kaapse Engelse blanke dames wat Xhosa vlot praat. Hoe is dit dan dat hulle Xhosa nooit in hul moedertaal verweef het, in briewe geskryf het, of in akademiese referate gebruik het soos
ubuntu
nie? Dan moet mens jou ook vra: waarom het ons agbare ministers nie meer van hul eie
vernaculaire
verweef in die plaaslike Engels nie - die Engelse koerante was tog daar; enigeen kon skryf! Radio Bantu was daar. Ens. ens. ens.
Hier moet jou gesonde verstand dus oortyd werk.
Ek het juis gister gelees hoe 'n INTJ en 'n INTP verskil. Die een probeer feite afstandelik (miskien sou die woord
nugter
beter pas) van die bydraer sien om neutraliteit te waarborg (INTP), die INTJ [dis nou ekke] aanvaar die gekleurdheid van die getinte bril van die skrywer as 'n gegewe. 'n Skrywer van
National Geographic
kan bloot 'n Engelse bron raadpleeg vir sy teks oor die Kaapse luiperd, maar 'n Afrikaanse bron ignoreer wat die waarheid miskien duideliker omlyn, weens sy eie onkunde van die taal. Is die joernalis en
National Geographic
nou onnoemenswaardig? Nee, dit werk aanvullend.
Dus, as jy nie seker is nie - doen jou eie navorsing.
Suidpunt
kontak
12:21, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam - daar is geen bron wat ons summier kan verbied nie. Die Suid-Afrikaanse en Amerikaanse grondwet kan as belangrike rigsnoere dien (ek sien geen kans om die reg op 'n vrye mening hier te bevraagteken nie) - en die vraag wat 'n ensiklopedie eintlik kan en moet wees. Dit is in elk geval nie die platform vir nasionale of buitelandse verkiesingsveldtogte nie. Verslaggewing oor aktuele gebeurtenisse, of dit nou politiek of sport is, dupliseer net die inhoud van dagblaaie en elektroniese nuuswerwe.
Voyageur
kontak
13:28, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Miskien 'n bietjie van compact-online.de? Dis mos die Duitse eweknie van Breitbart.com en trotse "AfD"-aanhangers.
Hier
'n "interessante" artikel oor die Duitse geskiedenis in Namibië. Hulle praat van "Schuldkult". Volgens hulle het Duitsland blykbaar twee "Schuldkulte": 'n Groot een en 'n klein een. Mag ek nou "lag of huil"? Groete. --
SpesBona
13:40, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die AfD kan soos volg argumenteer, en ons kry dadelik 'n probleem: Moslemterroriste en -chauviniste word met miljarde € deur die Duitse bewind gesubsidieer en selfs nog geïmporteer, die slagoffers van die volksmoord of etniese suiwering ontvang klein geldbedrae. Karl Lagerfeld het reeds passende kommentaar op die Duitse immigrasiebeleid gelewer. Daar is beslis nasate van Joodse burgers wat deur die NS-bewind onteien is en steeds nog nie hul eiendom terugontvang het nie.
Voyageur
kontak
13:48, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Nouja, solank "AfD"-lede soos Petr Bystron op koste van gewone mense se belastings Suid-Afrika se
Suidlanders
vir "skietoefeninge" mag besoek, hoekom nie? Let op: Hy is 'n lid van die Bundestag. Groete. --
SpesBona
13:55, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
As die "Bevölkerungsaustausch" 'n werklikheid is, in watter land sit ek dan môre? Groete. --
SpesBona
13:58, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ach, es gibt dringlichere Probleme. Vielleicht erschießt Herr Bystron mir mal ein paar kriminelle Berliner Mietskühe, sofern seine Schießübungen erfolgreich waren. Er möge sich mal bei mir melden. Und welcher Trottel regelt und genehmigt Bundestagsdienstreisen dieser Art?
Voyageur
kontak
14:02, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dis toevallig ook nie die eerste keer dat iemand verdag gemaak word vir skietoefeninge in Suid-Afrika nie. Ek dink maar aan Tino Brandt wat in 2001 "terroristeopleiding" gekry het omdat hy in Pretoria 'n paar koeldrankblikkies by 'n braai van dr. Claus Nordbruch geskiet het.
Frankfurter Allgemeine Zeitung
se kwaliteitberiggewing...
Suidpunt
kontak
14:08, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
, ek het hierbo melding gemaak van die nalatenskap waarmee die Duitsers nog sukkel, maar waarom?! Wanneer is genoeg genoeg? (met verwysing na die
Holocaust
, hoe betreurenswaardig die stukkie geskiedenis dan ook mag wees. In Djengis Khan se tyd het hulle hele bevolkings uitgeroei, die babatjies in die ma se baarmoeder saam met die ma deurboor;- op grond van die geloof dat jy niemand spaar nie, want diè se afstammelinge sal jou eendag in weerwraak probeer uitwis;- en "torings" gebou met onthoofdes se koppe ten einde andere te waarsku. My punt synde te wees; die wêreld en geskiedenis het beslis sy gelykes en meerderes opgelewer wat die wreedheid van die 20ste eeu betref) Wanneer kom 'n volk by die punt waar hy sê, maar my hemel, ek het nou genoeg om verskoning gevra, en wil weer my trots (voortleef/voortbestaan in geregtigheid -
NP van Wyk Louw
) terughê en trots daarop wees om
Duitser
te wees; want jy weet so goed as ek, gister se "onderdrukker" word vandag se "slagoffer en onderdrukte", afhangende van wie politiese mag het, en soveel te meer vir heterogene staatkundige sameflansings soos S.A. Gister se "slagoffer" (of die wat gemaak/gepropagandeer word om te dink dat hulle "slagoffer" is) word vandag se terroris, onvergenoegde en anargis, soos wat tans in die VSA gebeur. Groete.
Charlielv55
kontak
14:09, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ich hätte ihn im Februar beim
Bundestagsprojekt
fragen können. Der war fast zeitgleich mit uns in Südafrika. Vielleicht beim nächsten Mal. Vielleicht zeigt er mir dann "sein Südafrika". :O Stephan Brandner und den Sohn (sah zumindest so aus) von Beatrix von Storch hatte ich auch am Wickel. Den Brandner muss ich nächstes Mal zum Fortschritt bei den Entschädigungen für enteignete Juden fragen. Inschallah! Was
Refugees Welcome
betrifft, ist das nicht nur Deutschland, auch
Barcelona
. Groete. --
SpesBona
14:16, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
, ek voel nóg onderdruk nóg verplig om elke liewe dag aan die Holocaust te dink. Ek voel net my plig om sulke gebeurtenisse vir alle tyd te vermy, maak nie saak waar dit gebeur nie en wie vermoor word nie. Jy weet hoe daai tragedie ontstaan het? Onkennis! Dink maar net aan
Protokolle der Weisen von Zion
. Uit onwete het Antisemitisme ontstaan. Hulle het nie eens geweet hoe die godsdiens van Jode uitgeoefen word nie, nog wat Jode elke liewe dag doen. Judaïsme is eintlik nader aan Christendom (en bowendien Islam ook!) as hulle dink. Hulle het net geraai wat Jode doen en daaruit het fopnuus ontstaan. 80 jaar gelede is Jode vermoor, vandag Afro-Amerikaners en in die toekoms dalk Moslems. Dit neem nooit 'n einde nie! Groete. --
SpesBona
14:25, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Polisiegeweld (deur enkele lede van die polisiediens) in die VSA en die Duitse Holocaust is nie dieselfde ding nie.
Voyageur
kontak
14:28, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Natuurlik nie! Ek verwys meer na die oorsprong van albei as die uitvoering. Groete. --
SpesBona
14:32, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie SpesBona; meer ongewapende blankes word in die VSA gedood as swartmense; dis min of meer inlyn met die bevolkingsgetalle. Groete.
Charlielv55
kontak
14:41, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Sjoe, dan almal terug na die artikelruimtes! Anders word ons nog deur die Wikimedia-stigting versper! LOL!
Voyageur
kontak
Ek sal die VSA meer met die RSA vergelyk. As jy bekommerd is oor 'n sogenaamde "white genocide" in Suid-Afrika, dan moet jy ook bekommerd wees oor 'n "black genocide" in die Verenigde State. Andersins weet ek, aan watter kant van die politieke spektrum jy staan. Let op, die KKK (of "na-apers" daarvan) is aktief soos nooit tevore nie. My mening. Terloops, almal ken nou vir George Floyd, maar selfs Cyril Ramaphosa het onlangs gesê, niemand ken die name van die minstens elf manne, wat onlangs deur polisiegeweld in Suid-Afrika dood is. Maar nou roep die tuinslang en
de:Australische Rugby-Union-Nationalmannschaft
wil ook nog uitgebrei word soos belowe! Ai tog! Groete. --
SpesBona
14:55, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek pleit skuldig wat
Godwin se wet
betref! Liewe vader! Groete. --
SpesBona
14:59, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Afrocuration
Afrocuration doen 'n projek om artikels in Afrika-tale te skep in verband met Covid-19. Sover het ons 8 uit die 10 nodige artikels, die ander twee is
en:Social distancing
en
en:Face masks during the COVID-19 pandemic
. Help asb hiermee. Julle kan die vordering dophou op hierdie
Google Sheet
. Dankie
Dumbassman
kontak
15:29, 21 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Versperring van gebruikers
Gemeenskap, ek verstaan daar is rusie tussen sommige van ons gebruikers. Dit is 'n natuurlike deel van enige gemeenskap en hoef nie noodwendig deur gebruikerversperring aangespreek te word nie. Bladsyskrapping en terugrolle is maklik genoeg.
Gebruiker:Elana Barker
het in die verlede baie goeie bydraes gemaak deur middel van inhoudvertaling. As sy daardie tipe van bydraes kan voortsit, dan is sy 'n aanwins vir ons projek. Ek wil ook nie hê ons moet Charlie verjaag nie, ten spyte van die politieke geskil elke nou en dan. Ons duld reeds nie ontoepaslike kommentaar op besprekingsbladsye nie, en in die Geselshoekie gee ons vir gebruikers 'n bietjie meer van 'n
carte blanche
. Die bladsyverwyderingsproses werk goed en ons kan nou oor die aanvaarbaarheid van bronne gesels sonder dat enigiemand versper of andersins weggejaag hoef te word. Wat dink julle? –
K175
skil 'n appeltjie
16:09, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink nie ons moet vir
Gebruiker:Charlielv55
verjaag nie. Sy menings is vir my irriterend en uitlokkend, maar dit is syne en kom nie voor op artikels nie. Aan die anderkant
Gebruiker:Elana Barker
het herhaaldelik dieselfde foute gemaak en ek dink die 3 maande versperring is geregverdig. Dankie
Dumbassman
kontak
16:39, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Stem saam. Daar is 'n oneindige keuse van inligting daarbuite op die internet - oopbron- en materiaal wat onder 'n CC-lisensie vrygestel is. Materiaal waarmee die kerninhoud van ons ensiklopedie aangevul kan word. Daar is seker ook boeiende take vir Elana. Inligting oor Afrikaanse organisasies en wat ook al hoef nie noodwendig hier gedupliseer te word nie - dit word al elders in Afrikaans verskaf. Die probleem is steeds dat Afrikaanssprekendes meestal ook Engels ewe goed magtig is en Afrikaans maklik verdring word uit die openbare ruimte. Die geleentheid, wat ons hier het, is 'n eg Suid-Afrikaanse en Namibiese ensiklopedie wat - anders as die Engelse projek - nie deur 'n verskeidenheid teikenmarklande gedeel moet word nie. En hulle uitleg is dikwels - ek vra verskoning - s*t, 'n seer vir die oog.
Daar was nooit genoeg goeie redes vir Engelssprekendes om as groot skare na Suid-Afrika te emigreer nie. Ons moet ook kyk hoe sterk hulle geledere deur die emigrasiegolf sedert 1994 verswak is. Sekerlik is ook Afrikaanssprekendes hierdeur geraak. Afrikaanssprekendes kan in elk geval nog maklik alle terreine van die samelewing beset en ook alle inligting hier in Afrikaans versamel.
Om Joe Biden of Donald Trump aan te val is sekerlik nie die mees intelligente keuse nie. Dit lyk asof albei daarin slaag om mense tot deelname aan die openbare lewe en debat te oorreed en te motiveer wat voorheen geswyg het. Amerikaners uit klassieke landboustreke stel in elk geval in Suid-Afrika belang, sy wynboustreke, geskiedenis, leefstyl. Hulle sien ook graag as hul deelstaat of stad hier breedvoerig behandel word.
Donald vra die regte vrae. Een voorbeeld: Is daar 'n samehang tussen lae loonvlakke en massa-immigrasie? In die Verenigde Koninkryk en die VSA moontlik wél. 'n Australiese vrou (wat met 'n studente-visum die VK binnegekom het en wie se seun vlot Gaelies praat) en haar gesin is met deportasie gedreig omdat haar salaris nie die £36
000 (of watter bedrag ook al) minimum-vereiste-vlak vir gekwalifiseerde immigrante vervul nie. Maar daar is moontlik een miljoen onwettiges in die land wat slawearbeid verrig. En pseudovlugtelinge wat burgers doodsteek.
En meteens kry wetenskaplikes - wat waarskynlik nie deur die behuisingsnood in Kalifornië geraak sou word nie - ook geen visum meer nie. En as ons bekyk hoeveel bejaardes in Amerikaanse en Britse sorginstellings Koronavirus-slagoffers word - dit is klaarblyklik 'n veel hoër syfer as in Duitsland of Oostenryk - weet ons: net soos in die DDR- en Sowjet-Russiese samelewing word bejaardes in markgerigte ekonomieë as waardeloos bestempel.
Hierdie onderwerpe val in kategorieë soos globalisering (watter elites trek voordeel daaruit, wie word 'n slagoffer daarvan?), stadsbeplanning (menswaardige hoërdigtheidsbehuising en moderne openbare vervoerstelsels moet meer aandag geniet in Amerikaanse metropole), ensovoort... Sekerlik ook van belang in Suid-Afrika.
Voyageur
kontak
16:45, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Groepering van mense in rasse
Kan ons asseblief ophou om van "rasse" te praat? Ons is mense, nie katte, honde of perde nie! Dis juis die oorsaak van al die probleme, in beide die VSA en die RSA. In Duitsland verwerp ons die rassekonsep al sedert 1945, julle weet hoekom ("Ariërs" v. Jode)! Die term staan nog in die grondwet, ja. Maar daar is tans 'n groot debat aan die gang om die term te verwyder. Dieselfde moet nou wêreldwyd gebeur. Groete. --
SpesBona
18:35, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ja, asseblief. Ons moet ophou om mense in boksies te druk. Sommige mense gee nie om nie, maar daar is baie mense wat daarteen stry en dit is hoe ons mekaar eindelik in Suid-Afrika gaan vind.
Burgert
(kontak)
19:01, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ons katte hou ook nie daarvan om volgens "rasse" gekategoriseer te woord nie. Katte tree daarnaas ook nooit as Islamiste en terroriste op nie.
Voyageur
kontak
19:00, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dit sal gaaf wees as almal sinvolle kommentaar kan lewer en ophou om soos Suidpunt aan te gaan.
Burgert
(kontak)
19:02, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Voyageur, Moslems is terroriste, Afro-Amerikaners verkragters en dwelmhandelaars, Blankes rassiste, Jode bestuur die wêreld, en Grieke is lui. Dis nou alombekend. Groete. --
SpesBona
19:05, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die stadsregering van Teheran het honde as "onhigiënies" bestempel en hulle ingesamel. Die meeste diere het vervolgens van honger en dors gesterf...
Voyageur
kontak
19:08, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Mense, wat de hel gaan hier aan? As News24/EWN/IOL hierdie gesprekke sien, is dit nag. --
Lefcentreright
kontak
19:10, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek tree nie arrogant op nie, lewer sinvolle kommentaar en oorspronklike, sinvolle artikels, groepeer mense nie volgens rasse nie en beskou diere nie as goedere nie. Maar ek sal enige waansin as sulks bestempel.
Voyageur
kontak
19:21, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
'n Mens kan nie net ras ignoreer nie. Dit definieer soveel aspekte van 'n mens se geleefde ervaring. Ras, of dan wel etniese herkoms, is 'n aspek van die werklikheid wat in enige ensiklopedie behandel moet word. Ons kan byvoorbeeld 'n artikel skryf oor die beweging om mense nie volgens ras te klassifiseer nie, en die voordele en nadele daarvan. –
K175
skil 'n appeltjie
19:26, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die groepering van diere as goedere (bv. volgens Duitse wette) is 'n probleem vir 'n ander dag. Ek verwys eintlik na die amptelike taalgebruik in beide die RSA en VSA wat uit ander tye dateer en net probleme skep. Dit mag mens as waansin bestempel. Die groepering van diere as goedere in sommige lande natuurlik ook. Groete. --
SpesBona
19:35, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
K175
Nee, 'n mens kan nie. As ek môre apteek toe gaan, sal ek sien die man wat ek hoop om daar te kry, is swart. Ek is mal oor hom en hou van sy swart gesig. Ek hou van sy humor en hou van sy kennis. Ek hou van die feit dat hy in die wit bakermat, Pretoria, wil gaan woon omdat hy van die stad hou, terwyl ek vir hom sê die stad is te wit vir my. En ek hou daarvan dat ek en hy daaroor kan lag en mekaar daaroor kan spot. Dis iets anders as die goed wat ek op Wikipedia lees.
Burgert
(kontak)
19:42, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Sien, dis nou 'n bietjie soos die
Döner
-verkoper daar in Königs Wusterhausen. Hy mag oor die taalgebruik van Turke spot, want dis sy herkoms. Ek mag daaroor lag, want dis hoe hy dit bedoel: snaaks. Maar omdat hy op Vrydae Moskee toegaan, is hy waarskynlik 'n terroris. Dit kan nie anders wees nie! (Hoop maar net iemand sien die ironie!) Groete. --
SpesBona
19:51, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
:)
Burgert
(kontak)
20:04, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die lys Moslem-terroriste (en -slagoffers) is beslis langer as die lys van Sciëntologiese terroriste... Lede van daardie kerk kan natuurlik oorweeg om iedereen, wat hulle wil bekeer of hul "profeet" beledig, die keel af te sny... Ek sal dan steeds nog hier skryf. Kan ons 'n lys kry van lande waar Islam gelyke regte vir almal, 'n demokratiese samelewing en tegnologiese vooruitgang bevorder het?
Voyageur
kontak
20:09, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Daar is meer as 1,8 miljard Moslems op aarde. Hoeveel terroriste is daar nou? As daar 1,9 miljard terroriste was, sou die wêreld anders lyk! Die meeste mense op aarde wat slagoffers van terroriste is, raai wat, Moslems! Hoeveel krieketstadions is daar al opgeblaas, net omdat Pakistanse aanhangers
Allahu akbar
skree? 0, ek bedoel NUL. Hoeveel mense is al deur verregse terroriste soos
Anders Behring Breivik
Brenton Harrison Tarrant
, NSU en die KKK vermoor? Jy verwerp haatspraak teen Sciëntology, maar haatspraak teen Moslems is net billik. Dis nie konsekwent nie. Godsdiensvryheid geld vir almal of vir niemand. Groete. --
SpesBona
20:17, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal tevrede wees as hulle met hervorming begin. Ek verstaan daar is baie moderne Moslems wat dieselfde mening het.
Voyageur
kontak
20:19, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dink maar net aan
en:Islamic Golden Age
. Wat het Europa destyds gedoen? Vroue ("Hexe! Auf den Scheiterhaufen mit ihr! Ihre Wäsche ist weißer als meine! Ihre Tochter gleich mit!" ) verbrand, Jode in ghettos opgesluit en "ketters" soos
Kathare
vervolg. Ek praat nie eers van die verowering van die Amerikas (wat later gevolg het) of al die slawe uit Afrika nie. Ons het nog nie eens die 20ste eeu met Hitler, Stalin en Mao bereik nie... Groete. --
SpesBona
20:24, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam. Maar jy weet goed daar is twee strominge binne Islam, verteenwoordig deur twee state, wat orals probeer posvat. Hulle voer reeds bloedige oorloë teen mekaar en ander - as terroriste, as konvensionele oorlogspartye soos in Jemen of as aanlyn-aanstokers.
Voyageur
kontak
20:30, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dis juis die probleem. Soenniete teen Sjiite, Sjiite teen Soenniete, Iran teen Saoedi-Arabië, Saoedi-Arabië teen Iran. Dit gaan nooit eindig nie, net sodra die Mahdi uiteindelik verskyn het. Dan sal ons sien watter kant reg was. Sirië, Libië, Jemen, Libanon, Irak, ons sien hierdie soort "Stellvertreterkriege" nou meer en meer. Selfs die VSA is nou baie lekker betrokke, hulle beskerm Israel, ondersteun Saoedi-Arabië, verpes Iran en verwerp beide Russiese en Chinese inmenging. Ek het al gelees dat Islam dieselfde sal moet deurmaak as destyds die Christendom met die skisma tussen Rome en Konstantinopel, ons noem dit nou Riaad en Teheran. Groete. --
SpesBona
20:40, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ons benodig die volgende artikels...
Gemeenskap, terwyl van julle jul wortels probeer vind, ons benodig drie artikels om ons jong ingenieurs te help:
Smee-yster
Giet-yster
Manhattan-projek
Enige vrywilligers... Groete!
Oesjaar
kontak
19:49, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ons soek ons wortels en Oesjaar soek sy ysters.
:)
Burgert
(kontak)
19:53, 23 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal
Manhattan-projek
begin.
Dumbassman
kontak
14:45, 24 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, dit behoort 'n potensiële voorbladartikel te wees. Groete!
Oesjaar
kontak
16:02, 24 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek en die blomme...
Gemeenskap, laat ek dit maar erken: ek sukkel om blom artikels te vertaal... Wat sal die volgende in Afrikaans wees:
Each flower occurs in the axil of a bract and has 1 nerved perianth segments that are almost free. Each flower has 6 stamens. The seeds are characteristically shield shaped and there are one or two seeds in each chamber.
The plants may grow up to 1 metre in height and have narrow or thread like but never succulent leaves. The leaves decay into prominent fibres at the base of the stem, often netted or reticulate in appearance, although this feature is absent from the New Zealand species. They tend to overwinter and aestivate with wiry or swollen tubers.
Ek is totaal uit my diepte hier...
Groete!
Oesjaar
kontak
) 10:
18, 24 Junie 2020 (UTC)
Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir hierdie vertaling nie:
Elke blom kom in die oksel van ’n skutblaar voor en het een (is dit reg?) geaarde blomdeksegment (of anders: geaarde blokdeksegmente) wat amper vry/vrystaande/los is. Elke blom het ses meeldrade. Die saad is gewoonlik skildvormig en daar is een of twee sade in elke kamer.
Die plante kan tot ’n meter hoog word en die blare is smal of draderig, maar nooit vlesig nie. Die blare verrot tot prominente vesels by die basis van die stam. Dit is dikwels netagtig of netvormig, hoewel dié verskynsel afwesig is by die Nieu-Seelandse spesie/spesies. Hulle is geneig om deur ’n winter- of somerslaap te gaan met draderige of geswelde knolle.
Burgert
(kontak)
15:22, 24 Junie 2020 (UTC)
antwoord
"Perianth leaf" is 'n blomdekblaar of periantblaar, en word gebruik in die volgende twee gevalle
waar die periantblare ("tepals") 'n enkele of alternerende krans vorm. "Nervature" is aarstelsel, "nerved" is beaar(d), hou "geaard" vir elektrisiteit of geaardhede. Die "segments" (ook "lobes") waarvan gepraat word is maar aaneengroeiende blomblare, daarom "almost free". "Bract" is braktee of skutblaar. Die blom groei dus uit die oksel van die braktee/skutblaar en die blomdekblare/periantblare (d.w.s. nie spesifiek kelk- of kroonblare nie) is beaard/toon duidelike bearing. Kyk ook hierdie woordelys
of die Vaktaalburo se Plantkundewoordeboek.
JMK
kontak
19:00, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Jy is welkom om die hele stuk te vertaal... ASB! Groete!
Oesjaar
kontak
19:07, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
New template
Hi community! Since I've joined af.wikipedia, I've created articles about Swiss Municipalities (like
Guggisberg
). You can find more of them in
this Sjabloon
. Would there be anyone willing to help with translating a new template for this kind of article? Please let me know on my talkpage or
via e-mail
. Cheers!
Nadzik
kontak
20:12, 28 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Argiefskakels in sportartikels
Dit sal gaaf wees as Kabouterbot in sportartikels ESPN- en BBC-webwerwe sal kan los soos hulle is. Dit maak nie sin om argiefskakels by te sit nie. Eerstens is hierdie webwerwe van die mees stabiele wat ek ken, tweedens maak dit nie sin om statistiekwebwerfe te argiveer nie. ESPN se spelerstatistiek word na elke liewe toernooi deur hulle hersien en op datum gehou. Ek het al gesien dat Kabouterbot al argiewe na ou jare soos 2016 bygevoeg het. Dit maak nie sin nie!
K175
, neem asseblief kennis en programmer jou bot só, dat hy dit nie meer doen nie. Dieselfde geld vir
Wêreldrugby
se ranglys. Baie dankie! Groete. --
SpesBona
11:15, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
K175
, kan jy asb reageer? Groete!
Oesjaar
kontak
18:41, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Net 'n voorbeeld uit
Walliese nasionale rugbyspan
wat ek tans in Duits vertaal
"Most matches"
(in Engels). ESPNscrum.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2015
. Besoek op
31 Mei
2020
Let op die argief uit
2015
, terwyl die statistiekbladsy nog steeds beskikbaar én op datum is (
2020
). As ek dit verwyder, sal die bot dit hoogswaarskynlik weer insit. Groete. --
SpesBona
15:13, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sou dink argiefskakels is altyd toepaslik, aangesien selfs normaalweg stabiele webwerwe skielik aflyn kan gaan (dink maar aan
Die Burger
, of
Netwerk24
wat nou agter 'n betaalmuur is). Die korrekte benadering in die geval van statistieke is eerder om 'n onlangse argiefskakel in te sit. KabouterBot sal nie 'n bestaande argiefskakel vervang nie. Die ou argiefskakels word ingesit omdat daar nie meer onlangse argiefskakels beskikbaar is nie (omdat niemand dit nog geargiveer het nie). Wat 'n mens dalk kan doen is om spesifieke domeine op 'n witlys te plaas sodat hulle geargiveer word al is hulle reeds geargiveer. Hoe dit ook al sy, dit is moontlik om spesifieke domeine te ignoreer (d.i. om nie argiefskakels van daardie domeine in te voeg nie), en bestaande argiefskakels kan ook verwyder word, sou die gemeenskap dit goeddink. –
K175
skil 'n appeltjie
18:15, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dis onwaarskynlik dat ESPN en BBC agter betaalmure beland. Ek stel voor dat jy ESPN en BBC asseblief uitsorteer van elke argieflopie van jou bot. Al is dit te laat, want jou bot het reeds deur al die sportartikels deurgeploeg. As ek van die artikels nadat die Sesnasies 2020 uiteindelik klaar is hersien en die argiefskakels weens hul verouderde inligting verwyder (2015 in internasionale sport is alles behalwe nuut) sal jou bot dit waarskynlik somer só weer invoeg. Ek sal dan soos die liewe
Don Quixote
voel. As ek dit hoegenaamd doen... Groete. --
SpesBona
19:02, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die beste oplossing is waarskynlik om nie al die cite-sjablone te gebruik nie. Die bot is dan nie meer in staat om ou argiefskakels by te sit nie. Groete. --
SpesBona
19:35, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar is
trigger happy
....
Gemeenskap, help asb! Ek het die verkeerde blad verwyder... Sien
Wikipedia:Bladsyverwydering
, ouderdom....
Oesjaar
kontak
18:27, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
MediaViewer
Wanneer 'n prent uit Afrikaanse wikipedia in MediaViewer oopgemaak word, kan ons die artikelbyskrif onderaan lees. Ons kan ook die korterige "caption" lees wat in Commons bygevoeg is. Maar ons kan nié die "Summary Description" lees nie. Dit is soms 'n uitvoerige beskrywing en is hier en daar in Afrikaans, want ek werk self daaraan. Dit kan tans net gelees kan word as jy nuuskierig genoeg is om in Commons in te gaan, d.w.s. Afrikaanse wikipedia te verlaat. Dit is 'n ekstra Afrikaanse hulpbron wat tans versteek word. Dit wil voorkom of mens wel die Engelse beskrywing kan lees as jy die lêer uit die Engelse wikipedia benader, of selfs die Franse beskrywing wanneer daar nie 'n Engelse beskrywing is nie.
JMK
kontak
20:20, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het by dié foto onder "edit" op WikiCommons ná "en|1=Earth's crust" gevoeg "af|1=Aarde se kors" (met die krulhakies), en toe gee hy die Afrikaanse description toe ek hom in die Afrikaanse Wikipedia bekyk. Of bedoel jy iets anders? Ek weet nie of 'n mens dit met enige foto mag doen nie. Dié een het Afrikaanse byskrifte. Jy kan hom sien in die artikel
Aardkors
. As jy hom uit Commons oopmaak, gee hy die Engelse description.
File:Earth-crust-cutaway-af.svg
Burgert
(kontak)
22:37, 29 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ja dit werk, baie interessant en sal dit voorlopig gebruik. Daardie "1=" voor beskrywings sou wees om 'n "=" in die teks te systap, wat om een of ander rede die algoritme deurmekaar gooi. Maar ek het nie geweet dat dit ook bepaal hoe, en of, die teks in wikipedia vertoon word nie.
JMK
kontak
22:23, 8 Julie 2020 (UTC)
antwoord
As iemand 'n bot op commons wil loop, en daardie "1=" voor alle Afrikaanse beskrywings wil insit, kan dit dalk 'n goeie idee wees.
JMK
kontak
22:49, 8 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Weeskindjie-artikel
Benaming "Weesbladsy" het pas veroorsaak dat ek vinnig skakels na 'n bestaande artikel moes vind, sodat die kassie bo-aan die artikel verwyder kon word. Die betrokke persoon oor wie die artikel handel, is verwar omdat so 'n "wees"-naam by sy artikel gebruik is en kon glad nie verstaan waarom die inligting oor hom nou tot "weeskindjie-status" afgegradeer is nie. So asof dit nie aan die standaarde volfdoen van 'n goeie Wikipedia-artikel nie. Dis boonop 'n persoon wat hom deeglik in die lewe onderskei het, baie beslis nie 'n onnosel ou nie! En as hy so voel, moet daar mos duisende ander wees wat ook so dink. Kortom, "Weesbladsy" klink dalk "catchy", maar vir die gewone gebruiker wat nie eens die begrip van skakels tussen bladsye ten volle onder die knie het nie, klink dit Grieks. Dit kan selfs as neerhalend of kwetsend ervaar word. Kan daar nie maar net gesê word "Ongekoppelde bladsy" nie? Ek neem aan die naam "Weesbladsy" is vantevore reeds deeglik deur julle bespreek, maar ek glo regtig 'n herdink is nodig. Bedoel sonder om enigsins onmin te wil stig, asseblief. Mooi groete.
Mieliestronk
kontak
00:03, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, ek stem ons hou dit soos dit is. Daar is geen rede om dit neerhalend te ervaar nie. Dankie
Dumbassman
kontak
07:32, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Genoeg rede, dalk nie. Met kommentaar soos "daar is geen rede nie" word in my boek bedoel dat die spreker reken hy of sy weet alles omtrent die taal of sy nuanses, finish en klaar, geen gepraat verder nie!
Ai. Goed dan, ek aanvaar daar word bedoel "volgens my is daar geen rede nie". Maar ek is doodseker as ek nou êrens in die sosiale media 'n meningsopname sou loods met die vraag "wat verstaan jy as 'n woord soos << weesartikel >> bokant 'n artikel verskyn?" — ek is sekerder as seker dat bloedweinig sal weet en dat minstens 'n goeie klompie sou reken dis dalk kwetsend.
Sannie Petoors lees 'n Wikipedia-artikel oor haar en bokant staan dis "'n weesbladsy". Sy het pas oor Piet Gawerjal, Betttie Boontjie en Koos Poepies gelees, maar hul artikels is almal "skoon". Sy voel afgehaal. Ek het pas 'n vergelykbare geval ervaar. Werklik.
'n Artikel, hetsy in 'n ensiklopedie, koerant, tydskrif of waar ook al, is allereers daar vir die leser, ten tweede vir die samestellers met hul eie kodes en werkstaal wat, waar nodig, iewers aangebring moet word. In 'n ensiklopedie soos Wikipedia, waar almal kan saamwerk, kan leser-samesteller dieselfde mens wees, maar dis selde die geval. Dis daarom ewe noodsaaklik dat jou "kodetaal" vir verreweg die meeste mense verstaanbaar moet wees. Kortom, die groot gros van jou lesers het min tot geen benul wat beteken die verduideliking net ná "weesbladsy" dat skakels na die betrokke artikel gevind moet word nie. "Ongekoppelde bladsy" pleks van "weesbladsy", of iets in daardie trant, sal dit ten minste duideliker maak dat dit hier oor werkmetode gaan en nie plasing van 'n artikel in 'n sekere weeshuis-kategorie nie!
Ek dink ek praat as iemand met 'n redelik aanvaarbare aanvoeling vir die nuanses in taalgebruik! Glimlag-ikoon!
Mieliestronk
kontak
02:39, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die nuanse sal dan wees dit is neerhalend om "wees" te wees?
Dumbassman
kontak
13:55, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Nee, juis nie. Dit gaan immers oor konteks. Sê nou ek sou jou vraag só beantwoord het: Nee, seuntjie, hoe kan jy my so 'n vraag vra? Dan sou jy mos dadelik afgehaal gevoel het dat hierdie outoppie so op jou neersien. Maar kan 'n mens daaruit aflei dat dit per se neerhalend is om 'n "seuntjie" te wees? Natuurlik nie. Moet herhaal dat hierdie gebruik van "weesbladsy" nie iets is waaroor ek aanvanklik self ongelukkig gevoel het nie, maar dat dit teenoor my geopper is deur 'n deurwinterde taalman en geleerde wat wou weet hoekom sy artikel skielik 'n stempel gekry het wat lyk of dit tot "weeskindjie"-status gedegradeer is – en wat dan gedoen kan word om die "foute" reg te stel sodat die betiteling "weesbladsy" kan verdwyn. Vir hom – en ek is seker ek het hom reg gelees – was dit eintlik 'n verleentheid, al het hy dit nie in soveel woorde gesê nie. En hy sal sekerlik nie die enigste wees nie, selfs al het niemand anders nog beswaar gemaak nie, want die leek sou nie maklik weet waar om te "kla" nie.
Mieliestronk
kontak
05:54, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek hou van jou verduideliking. Ek verander my stem na "neutraal", kom ons hoor wat dink die ander. Dankie en lekker dag
Dumbassman
kontak
06:45, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die hele idee van die sjabloon is vir my laf. Hoekom moet daar so iets wees? Aan wie maak dit saak of 'n artikel geskakel is of nie? Dit is bloot verwarrend en skep onodige werk. Ek sal bv. nie die sjabloon op 'n bladsy gaan uithaal nie, al is hy nie meer "ongekoppel" of "wees" nie. Die een wat dit daar geplaas het of die sjabloon geskep het kan dit maar gaan uithaal. Dit was 'n lawwe idee en sluit aan by die Engelse Wikipedia wat deesdae so baie "waarskuwings" op hulle bladsye het dat dit lyk of geen van hulle artikels aan die standaarde voldoen nie.
Burgert
(kontak)
07:32, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, Burgert. Wyse woorde!
:-) Ek het pas die man wat ongelukkig was per e-pos gevra om vir my in 'n paar woorde te skryf presies wat hom gepla het (sonder om woorde in sy mond te probeer lê!) Hier is wat hy geskryf het:
<< Hoe beskryf ek my gevoel? Sekerlik as ietwat “cut down to size”, as ek die Engels mag inspan. ‘n Ander woord wat by my opkom: “afgehaal”.
Die “wees”-status val op my oor soos volg: nie op dieselfde vlak as ‘n volwaardige wikipedia (ware Jakob) nie, derhalwe minderwaardig, selfs minder geloofwaardig.
Iemand sou die indruk kon kry dat hierdie ou nie werklik vir ‘n wikipedia kwalifiseer nie, sommer voor op die wa is en self vir hom die reg toe-eien.>>
Dis nou uit die mond van iemand wat in sy tyd self soveel geskryf het dat dit op sigself 'n ensiklopedie sou kon vul. (Net waar hy hier bo "'n Wikipedia" skryf, moet dit stellig gelees word as "'n Wikipedia-artikel"!) Hoe ook, 'n baie bekende meningsvormer gewees, hierdie persoon,, veral opmerklik in die oorgang na 'n demokrasie 'n kwarteeu gelede. Dit alleen behoort genoeg te wees om die laaste spykers in die weeskissie in hamer. Seblief tog.
Mieliestronk
kontak
16:08, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met Burgert dat die Engelstalige weergawe 'n bietjie die kluts kwyt geraak het met al die baniere wat hulle orals plak. Vir ons wysigers bestaan daar die spesiale bladsy
Spesiaal:EensaamBladsye
, maar dit lyk my dit word geruime tyd reeds nie bygewerk nie. As ons wil wegdoen met die banier, kan ons natuurlik net die kategorie
Kategorie:Weesbladsye
by betrokke artikels voeg sodat ons hulle darem nog kan opspoor. Ek dink die doel van die banier is juis om die leser aan te moedig om die nodige wysigings aan te bring sodat die artikel nie meer in die weestoestand verkeer nie. Ek is nuuskierig,
Mieliestronk
het die persoon wat aanstoot geneem het die teks in die banier gelees, en wat was hul reaksie daarop? Verkieslik sou die teks hulle genoop het om te begin bydra. Persoonlik het ek nog nie besef dat die term as neerhalend beskou kan word nie. Dit verwys immers na die bladsy en nie na die onderwerp van die artikel nie. Maar as die taalkundiges dit eens is dat dit kwetsend is, dan is dit seker maar so. Dit kan ook verskillende nuanse onder verskillende generasies hê. Ek het al die term "orphan" in rekenaartegnologie raakgeloop, en geen negatiewe nuanse daarmee verbind nie, bv. 'n "orphaned process" wie se proses wat hom geskep het, nie meer bestaan nie. Daar is ook ander gebruike van
orphan
in Engels
hier
te lese. Hoe dit ookal sy, om die sjabloon te verwyder, sou 'n eenvoudige taak met 'n robot wees.
Gebruiker:KabouterBot
loop gereeld deur al die artikels van A-Z en voeg die sjabloon by of verwyder dit na aanleiding van die aantal skakels na elke artikel in die ensiklopedie. –
K175
skil 'n appeltjie
15:49, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
K175
, ek het begin skryf aan my voorlaaste plasing net 'n entjie hoër op, met 'n onderbreking tussenin, voordat ek jou plasing gelees het. Ek dink jy het dit dalk (aanvanklik) ook nie gesien nie?? 'n Mens het waardering vir die "weesbladsy"-nuutskepping, wie ook al die outeur daarvan was, maar dit werk myns insiens eenvoudig nie soos dit bedoel is dit moet werk nie. Bes moontlik het "wees" vir ten minste 'n belangrike deel van ons mense nie die presiese gevoelswaarde wat "orphan" vir die Engelssprekendes het nie, weens dié se meelewing met al die Oliver Twists en Orphan Annies in hul geledere. Nietemin, die vertolking van "wees" as "'n artikel wat niestandaard sou wees", kan nie geïgnoreer word nie, voel ek. Die beswaarmaker het ook duidelik nie genoeg kennis van Wikipedia se binnewerkinge om die ongekoppeldheid te verstaan nie. Maar dom is hy beslis nie! ☺ Voorts is verrewweg die meeste van ons mense natuurlik geskool in die koeranttradisie waar 'n inligtingstukkie oor die herkoms van 'n berig vooraan of agteraan gespyker word: "deur Kosie Bomskok, ons spesiale verteenwoordiger aan die oorlogsfront" of "Mathilda Moepel, onafhanklike medewerker" of "Meegedeel" of so iets. Die volk ken nie van meewerk om 'n stuk leesstof te skep nie. Hulle het maar net na Wikipedia gekom omdat hulle inligting soek.
Mieliestronk
kontak
16:34, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Stukkende sjablone
Let op al die Rooi waarskuwings
Goeienaand, gemeenskap, let op die stukkende sjablone wat ek nou onder
Gebruiker:SpesBona/Sandput
versamel het. As jy op "Wysig" en dan "Voorskou" klik, sal jy al die rooi waarskuwings sien. Help asb. Groete. --
SpesBona
21:15, 8 Junie 2020 (UTC)
antwoord
K175
beplan jy nog iets of sal ek iemand op die Duitse wiki om hulp moet vra? Vra maar net. Groete. --
SpesBona
14:23, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Hoe kan 'n mens miskien help? Moet die sjablone oorgeskryf word of hoe? Laat weet maar. Groete, --
Lefcentreright
kontak
14:34, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Myns insiens is die beste oplossing om die ou weergawes van die sjablone weer in te sit. Hulle het voorheen uitstekend gewerk. Maar onlangs het K175 baie Engelse parameters bygevoeg en nou sit ons in derduisende artikels met stukkende sjablone. Dalk sal dit werk as die ou parameters op nuut in die sjablone ingevoeg word, d.w.s. 'n soort "restourasie". Dan sal dit waarskynlik in al die artikels weer reg vertoon. Dit sal net baie harde werk wees om só te doen (die restourasie). Groete. --
SpesBona
14:40, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Ek stem saam met jou dat die ou weergawes van die sjablone weer ingesit moet word. Is daar miskien 'n manier om te sien watter artikels het stukkende sjablone? Laastens, hoekom het K175 in elk geval die Engelse parameters bygevoeg? Ek wil graag weet hoekom. --
Lefcentreright
kontak
14:46, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Byvoorbeeld
Gitega
. Kliek op "wysig" en jy sien die rooi waarskuwing. Jou vraag kan in elk geval net K175 beantwoord. Ek dink maar, net om sjablone uit die Engelse Wikipedia sonder enige vertaling in Afrikaans oor te neem. Die bronteks is dan nog steeds in Engels. Myns insiens het ek dan dieselfde reg om dit ook vir Duitse parameters te doen, Voyager vir Franse parameters, ander mense vir Nederlands, ens. Ek dog mos altyd hierdie is die Afrikaanse Wikipedia en niks anders nie. Inligtingskassies moet dus net in Afrikaans wees. Ons het die plig om die taal suiwer te hou. Dit sê ek as 'n Duitser (10
000
km noord van Suid-Afrika), interessant, né?
;) Groete. --
SpesBona
14:56, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Moet ons
K175
se admin status tydelik opskort totdat 'n plan van aksie bedink is siende dat hy nie werklik reageer op enige van ons menings nie? Groete!
Oesjaar
kontak
15:01, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek dink maar só. Ek het al baie slaaplose nagte weens hierdie dinge gehad en dis alles behalwe gesond. Tans voel ek meer tuis op die Duitse Wikipedia, waar sulke optrede streng verbode is. Daar is ook nie 'n bot wat jy soos KabouterBot teister en jou eie artikeluitleg na 12 jare se betrokkenheid net ignoreer. Van Botartikels praat ek nie eers nie. Dié bot is tans lekker aan die gang terwyl K175 swyg. Groete. --
SpesBona
15:08, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Ek het sopas gekyk (
). 5 644 artikels gebruik die Inligtingskas Nedersetting, so, met ander woorde, 5 644 artikels het stukkende sjablone. As so iets op die Engelse Wikipedia gebeur het, sou dit absoluut nag gewees het. --
Lefcentreright
kontak
15:19, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Dis juis dié probleem. As jy dit op die groot taalweergawes doen, was dit beide jou eerste en laaste paaltjie, as ek dit met 'n krieketterm mag beskryf. Daarna is jy uit. Jou adminstatus, as jy een gehad het, is dan natuurlik ook weg. Groete. --
SpesBona
15:23, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Skrap sy admin status. Wat hy gedoen het, is
w:en:Disruptive editing
. Plus, hy wil nou ook nie help om tot by 'n oplossing vir sy foute te kom nie. --
Lefcentreright
kontak
15:34, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
As hy vanaand nie antwoord nie, vra ek 'n waard/opsigter om só te doen. Ek dink maar ons sal die bot ook moet blokkeer. Ek stel voor, dat
Gebruiker:KabouterBot
vanaf nou
uitsluitlik
op besluit van die gemeenskap in werking tree en elke aksie
vooraf
met ons bespreek word. Dit sal baie werk wees om die argiefskakels en die kassies weer reg te ruk. Dis net onnodige werk en in die tyd kon ons baie ander dinge gedoen het. Groete. --
SpesBona
15:58, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Die rooi waarskuwing by
Gitega
is 'n geldige waarskuwing. Die |koördinaatwys=aansig=inlyn,titel-sintaksis is nie geldig in die nuwe sjabloon nie. Dit is iets wat maklik reggemaak kan word, ek moet net daarby uitkom. Die sjabloon is kwalik "gebreek". As jy my op nog rooi waarskuwings kan wys, sal ek graag daarna kyk. –
K175
skil 'n appeltjie
18:20, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sukkel nog om stukkende sjablone op te spoor. Dit vertoon alles netjies vir my - mis ek iets?
Voyageur
kontak
18:32, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Prayagraj
Visakhapatnam
. Sal ek nou al die artikels moet noem? Groete. --
SpesBona
18:35, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Friesland
, elke liewe toetsartikel lewer foute... Groete. --
SpesBona
18:42, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Daar is 2
974 bladsye in
Kategorie:Inligtingskas Nedersetting met onbekende parameters
. Ek kan oor die naweek of so wanneer ek tyd het daaraan aandag gee. Ek vermoed die meeste van die probleme het te doen met koördinaatwys wat in die nuwe sintaksis omgeskakel moet word.
Prayagraj
en
Visakhapatnam
het ongeldige parameters gebruik. Dit is waarvoor die waarskuwing daar is - sodat jy dit kan regmaak. –
K175
skil 'n appeltjie
18:50, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Die waarskuwings bestaan net omdat die sjablone verander is. Ons hoef nie 2
974 bladsye reg te maak nie. Die kassie het al gewerk. Dis net "geldige waarskuwings" volgens jou mening, omdat dit nie meer deel van die sjabloon is nie. Voorheen het bo die kassies die koördinate verskyn, soos in die ander taalweergawes ook. Maar nou... Ek is nie hier om 2
974 bladsye reg te maak nie. Los die sjabloon en almal is tevrede. Groete. --
SpesBona
18:55, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Jammer, maar parameters met spelfoute in is ongeldig, en moet 'n waarskuwing lewer. As jy nie daarvan hou nie, kan jy dit met liefde ignoreer. Die koördinate wat nie inlyn met die titel verskyn nie is vanweë die parameter koördinaatwys waarvan ek die sintaksis met my robot sal moet verander. –
K175
skil 'n appeltjie
19:06, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Behalwe vir die kommas in
vk, m,
is daar niks te sien in die naamruimte wat vir my verdag lyk nie. Daar is artikels met foto's van lae gehalte en/of swak uitleg wat my meer pla.
Voyageur
kontak
19:12, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Opsigter
Admins: ons moet aan iemand Opsigter status toeken. Daar is tans vier Burokrate waarvan slegs twee werklik aktief is. Ek stel voor dat ons
Gebruiker:SpesBona
opsigter status gee en myself sal Burokraat status kry. Julle opinie asb. Groete!
Oesjaar
kontak
16:01, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Ek sekondeer SpesBona as opsigter. Dankie
Dumbassman
kontak
16:36, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Maak gerus so.
Voyageur
kontak
16:56, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Jip. Gaan gerus voort.
Burgert
(kontak)
17:10, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Steun voorstel.
Sobaka
kontak
17:21, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Aliwal2012
18:04, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
– Beide gebruikers wil my en my robot versper, wat 'n verlies vir die projek sal wees. –
K175
skil 'n appeltjie
18:23, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Nadzik
kontak
12:00, 5 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het
die Stewards gevra
om vir
Gebruiker:SpesBona
opsigter status toe te ken.
Greenman
kontak
21:04, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia kan nie opsigter regte toeken nie. Opsigter is "steward" in Engels, en dis 'n
groot gedoente
. Die alternatiewe is vir burokrate die regte to kry (soos in die Engelse Wikipedia) - ons het
vyf burokrate
- of vir 'n steward elke keer te vra.
Greenman
kontak
22:01, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk as of die opsigters nie die reg aan die Afrikaanse Wikipedia burokrate sal gee. Sien
Changes that are likely to be declined
Greenman
kontak
23:13, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Greenman
Dankie, vir jou werk hier, dit is reg so. Kommmunikeer asb met 'n Opsigter wat ons dan kan gebruik soos en wanneer benodig. Groete!
Oesjaar
kontak
06:21, 16 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ons kan
op hierdie bladsy vra
. Ons moet eers ooreenkoms hier kry.
Greenman
kontak
16:37, 16 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Opmerking
Met uitgebreide verontschuldigingen aan degenen die zich eraan zullen ergeren dat ik dit in het Nederlands schrijf: op af:wiki heeft niemand de bevoegdheid om een ander
opsigter
steward
) te maken (zie
Spesiaal:LysGroepRegte
bij
Regte
):
opsigters
kunnen alleen door andere
opsigters
worden benoemd. Omdat de bevoegdheden van
stewards
projectoverschrijdend zijn, kan men dat slechts worden door zich op Meta te kandideren en daar verkozen te worden (zie
m:Stewards
en
m:Stewards/Elections
). De kans dat een af:wiki-gebruiker zonder uitgebreide
cross wiki
-ervaring op Meta tot steward zal worden benoemd, is nul.
Wutsje
kontak
19:05, 30 Junie 2020 (UTC)
(voormalig
steward
antwoord
Hierso is die bladsy.
Stewards/Elections
. --
Lefcentreright
kontak
19:13, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Afrikaans asb! Groete!
Oesjaar
kontak
19:50, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
The rather frequent small-mindedness regarding the usage of other languages than Afrikaans (and German) on talk pages of this wiki sometimes really is annoying (I even started with apologies!). When someone uses English or Afrikaans on nl:wiki, they are never met with a
Nederlands a.u.b.!
(see e.g.
here
or
here
). Google Translate is almost useless when it comes to Afrikaans. Should I use English from now on, oder wäre es besser wenn ich auf Deutsch schreiben würde?
Wutsje
kontak
20:49, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Wutsje
Von mir aus kannst du gerne auf Deutsch schreiben. Feel also free to use English. Ik begrijp Nederlands ook, maar het schrijven van het Nederlands is een beetje moeilijk. As mens in Nederlands Afrikaans praat, kyk die Nederlanders 'n bietjie snaaks. Hulle verstaan dit effens, maar dit klink ook vreemd vir hulle. Amper soos Nederlands vir Duitsers klink. Maar ek is darem baie lief vir Amsterdam en Nederland!
:) Groete. --
SpesBona
21:10, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
K175
skil 'n appeltjie
20:04, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Hierdie vertaling verstaan ek nog minder... Swak Afrikaans.
Oesjaar
kontak
20:11, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Wutsje sê eintlik dat niemand op die Afrikaanse Wikipedia die mag het om 'n opsigter self aan te stel nie. Daar word verkiesings vir opsigters elke jaar op Meta gehou. Omdat min van ons op Meta aktief is, gaan dit onwaarskynlik wees dat 'n gebruiker van Afrikaanse Wikipedia 'n opsigter word. --
Lefcentreright
kontak
20:20, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Ten minste een waard/opsigter ken ek persoonlik. DerHexer uit Berlyn. Ek wil hom nie "ping" (roep) nie, andersins dink hy, ons het sy hulp nodig. Groete. --
SpesBona
20:26, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dan sal ek as Raadslid die saak deur die WikimediaZA Komitee verder neem vir twee redes: daar is bestaande Admin's wat totaal onaktief is en hulle status moet verander word en tweedens om
Gebruiker:K175
te skors totdat daar 'n oplossing gevind word. Ons kan nie so aangaan nie, hy weier eenvoudig om deel van die span te wees... Dan is dit nou maar so. Dankie
Lefcentreright
Oesjaar
kontak
20:28, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Deon, ek stem 100% saam. Ons het vandag baie argumente gelewer, maar die meeste daarvan word net op sy gesit. Lefcentreright se verwysing (
en:Wikipedia:Disruptive editing
) is 'n ernstige saak. Ek beskou dit as minagting van ander mense se harde werk. As Lefcentreright nie wil dat 'n bot veranderinge aan die artikel aanbring wat hy begin het nie, is dit sy goeie reg. Ons is mos almal vrywillig hier en as ons vandag geteister word, is ons môre elders. Sondag het ek die minste lus ooit gehad, om die Pumas hoegenaamd vir ons voorblad voor te berei! Argentinië is onskuldig, ek belowe. Groete. --
SpesBona
20:41, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal dit môre amptelik met die Raad opneem. Groete!
Oesjaar
kontak
20:48, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Wutsje
! Groete!
Oesjaar
kontak
20:48, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Versoek
Goeie naand, gemeenskap. Kan iemand asseblief die
Sinoniem
artikel beskerm omdat dit dikwels deur IP-gebruikers gevandaliseer word? Ek het sopas vandalisme verwyder en sien in die geskiedenis dat IP-gebruikers gereeld skade aanrig. Groete, --
Lefcentreright
kontak
18:26, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
--
Aliwal2012
18:34, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Dankie! --
Lefcentreright
kontak
18:35, 30 Junie 2020 (UTC)
antwoord
Jaarlikse "Wikipedia Pages Wanting Photos"-kompetisie
Wikipedia Pages Wanting Photos (WPWP)
U word hiermee hartlik uitgenooi om by die "Wikipedia Pages Wanting Photos (WPWP)"-projek aan te sluit deur Wikipedia-artikels van foto's te voorsien en moontlik pryse daarvoor te wen. Dit begin vandag 1 Julie 2020 en sluit op 31 Augustus 2020.
Die primêre doel is om beelde vanaf Wikimedia Commons oor te dra na Wikipedia-artikels wat nie oor beelde/foto's beskik nie. Deelnemers kan enige toepaslike foto kies uit die etlike duisende op Wikimedia Commons, veral dié van vorige tematiese bydraes (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, ens.).
Besoek gerus die
kompetisie se bladsy
om meer te wete te kom oor die WPWP-poging.
Met vriendelike groete,
Dankie,
Deborah Schwartz Jacobs, Gemeenskapskakelbeampte, namens die organiseerders van "Wikipedia Pages Wanting Photos". - 08:24, 1 Julie 2020 (UTC)
Boodskap vertaal deur Aliwal2012
Apologie aan Gebruiker:Wutsje van die Nederlandse Wikipedia en ou vriend hier by ons...
Gemeenskap, neem kennis dat ek
Gebruiker:Wutsje
om verskoning gevra het oor 'n opmerking van my gisteraand oor Afrikaans. Kom ons hoop sy aanvaar dit. Groete!
Oesjaar
kontak
09:30, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Goeie nuus!
Removal of Afrikaans at Unisa unlawful and unconstitutional – SCA
. Die
Universiteit van Suid-Afrika
is verplig om Afrikaanse onderrig aan te bied. Groete. --
SpesBona
13:10, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit is inderdaad! Groete!
Oesjaar
kontak
13:21, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die beste nuus in 'n lang ruk. Groete. --
Lefcentreright
kontak
13:45, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Net omdat die appèlhof die taalbeleid "tersyde gestel" het, beteken dit steeds nie die universiteit gaan nou oor sy voete val om drastiese veranderinge aan te bring nie. Onthou, in my tyd, 2011, was Afrikaans al drasties aan die kwyn - selfs in die Departement Literatuurwetenskappe is van die derdejaarsmodules al klaar verengels; ek was nog gelukkig genoeg om my werkopdragte in Afrikaans te kon inlewer - te midde van Afrikaanssprekende dosente wat werk in Engels moes aanbied met slegs 'n Engelse modulegids! Baie van daardie dosente is nou al afgetree. So, hoe ver gaan die universiteit sy klok terugdraai, en, as ek mag vra, in watter departemente?
Opdatering: het pas via eNuus verneem die klok draai terug tot 2016.
Dit kan selfs wees dat die instansie eenvoudig die saak bloot net ignoreer, of op sy beste sloer, al is elektroniese bystand aansienlik goedkoper en bestaan daar geen verskoning waarom 'n Afrikaanse handleiding naas 'n Engelse handleiding op die internetfora nie mag bestaan nie. Ek bedoel, daar is niemand wat in 'n lesingsaal agter 'n kateder moet staan nie: jy laai gewoon jou studiebrief en studiegids af en maak jou werkopdragte klaar. Sekere modules bied ook hulp aan van sogenaamde e-tutors.
Sou die instansie wel versuim om enige vordering te toon, beteken dit dat Solidariteit maar weer hof toe moet gaan om vuur te maak om die taalmedium as't ware deurgevoer te kry, wat maar wéér sy lede se geld gaan kos, want: ek laat my nie vertel die personeel wat permanent aangestel is gaan nou oornag 'n blitskursus in Afrikaans loop nie. Die maklikste en pynloosste oplossing sal natuurlik wees om 'n paar kontrakwerkers te kry wat die merkwerk en vertaalwerk doen - dit gee die dosente ook tyd om hulle op navorsing toe te spits.
Suidpunt
kontak
16:47, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Terwyl daar Europeërs en Amerikaners is wat soms in vier of vyf verskillende vakgebiede werksaam is en dan alles nog in twee of drie of vier tale vertaal. Die eenvoudigste oplossing is om die deure van alle Engelsmedium-instellings in Suid-Afrika vir goed te sluit. Studente kan dan afstandonderrig uit lande volg wat werklik Engelssprekend is - die Verenigde Koninkryk of die VSA.
Net 'n voorbeld: Dissiplines soos Middeleeuse literatuur het 'n materiële kulturele grondslag en 'n historiese konteks wat bestudeer moet word. Dit kan nie volgens lands- en taalgrense afgebaken word nie - die hele idee is belaglik. Daar is geen Middelhoogduitse of Italiaanse letterkunde sonder Oksitaans of Frans nie. Akademici móét meer as een taal magtig wees.
As gevolg van die Koronavirus-pandemie sal tuiskantore in die toekoms 'n belangriker rol speel - daar is tog geleenthede vir Afrikaansmedium-onderwys. Elektroniese afstandonderrig kos minder en kan landswyd gevolg word. Koshuisverblyf, klaskamers en alle ander duur geriewe van residensiële universiteite is vir baie dissiplines oorbodig.
Voyageur
kontak
16:57, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Oor jou eerste punt: Mediëvistiek is reeds in die vroeë 1980's afgeskaf - heel eerste aan die Afrikaanse universiteite. Tog het Unisa 'n pragtige bundeltjie saamgestel
'n Blik op die Middeleeue
(1989) wat ek juis vanaand wil begin deurlees, alles danksy Umberto Eco wat die wêreld tot stilstand geruk het met sy boekie
Die naam van die roos
. Die tegnologiese bydraes in
'n Blik op die Middeleeue
vervat is verstommend - die ontwikkeling het nooit gestop nie. Maar die beste wat jy sou vorder, met die kultuursanksies/-boikotte en al, was Frans en Duits, met hier en daar 'n paar druppels Italiaans en Nederlands in die bibliografieë. Vergelyk nou hiermee Paul van Warmelo wat in sy studie oor die Romeins-Hollandse Reg Latyn, Frans, Nederlands, Afrikaans, Duits, Engels en bowenal Italiaanse bronne vermeld, en mens staan verbysterd hoe eentalig die wêreld geword het. Boonop, vandag met die internet, is buitelandse bronne soveel makliker tot ons beskikking.
Unisa bied wel spesiale rekenaarlokale aan hul studente by sekere uitgesoekte Thusong-sentra, soos op my dorp. Met Corona weet ek nie of hierdie sentra nog oop is nie. Anders moet jy van die plaaslike biblioteekdienste gebruik maak (ook toe tot Vlak 1). Van die selfoonmaatskappye is deur Unisa genader om gratis datatoegang te verskaf.
Suidpunt
kontak
17:31, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Mediëvistiek is klaarblyklik beperk tot lande met 'n argitektoniese, literêre en ander Middeleeuse erfenis, of lande wat taalkundig en kultureel daarin deel en oor die fondse en wetenskaplikes vir uitgebreide navorsing en onderwys beskik. Venesiaanse studies is 'n goeie voorbeeld vir 'n dissipline waar Angel-Saksiese akademici en instellings 'n oorheersende rol speel.
Voyageur
kontak
17:43, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die
IUBN-rooilys
Die slim manne, vir elke moontlike opsie behalwe EX (uitgestorwe) op die IUBN-rooilys word 'n nuwe ooreenkomstige kategorie geskep. Hoekom ook nie vir EX nie? Sien
Wolseley-tolbos
. Groete!
Oesjaar
kontak
18:41, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Nee, iemand het die taksoboks gaan verander, hoe dan anders? Dit werk as jy
{{
taksoboks2
}}
gebruik, waaraan nie verander is nie.
Burgert
(kontak)
21:11, 1 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het dit nou reggemaak. -
Rooiratel
kontak
06:52, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit werk nog steeds nie?
Burgert
(kontak)
07:17, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Op
Wolseley-tolbos
en
Kwagga
sien ek die Kategorie "IUBN Rooilys uitgestorwe spesies". Sien jy dit nie? Indien nie, probeer hierdie skakel:
en kliek op "OK". Laat my weet of dit dan nog steeds nie werk nie. -
Rooiratel
kontak
07:27, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Met die nuwe kleinletter weergawe sien ek dit... Moet ons nou al die Fauna en Flora verander? Groete!
Oesjaar
kontak
07:33, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien dat
Wolseley-tolbos
gebruik "Taksoboks2" en
Kwagga
gebruik "Taksoboks". Altwee werk vir my. Wat bedoel jy met "kleinletter weergawe"? -
Rooiratel
kontak
07:43, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het die sjabloon op eersgenoemde na Taksoboks2 verander om my punt te bewys; by Kwagga is die kategorie fisiek bygevoeg.
Burgert
(kontak)
07:45, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Taksoboks is teruggeplaas by Wolseley-tolbos. Nou is die kategorie weer weg.
Burgert
(kontak)
07:46, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ok, nou sien ek. Laat ek nog rondkrap en sien wat ek kan doen. -
Rooiratel
kontak
07:48, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Na Burgert se eerste verandering het ek nie gesien dat die taksoboks verander is nie, net gesien dat IUCN3.1 nou iucn3.1 is... Is Taksoboks K175 se monster en die Taksoboks2 die ou weergawe? Groete!
Oesjaar
kontak
07:49, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Inderdaad.
Burgert
(kontak)
07:53, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
ek dink ek het dit nou. Probeer weer asseblief. -
Rooiratel
kontak
08:02, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, nou werk al die kategorieë, lyk dit my.
Burgert
(kontak)
08:14, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Wonderlik. Ek is bly dit werk nou. -
Rooiratel
kontak
08:47, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie julle slim manne! Groete!
Oesjaar
kontak
10:30, 2 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Feedback on movement names
Hallo
. Apologies if you are not reading this message in your native language.
Help met die vertaal na uw taal
if necessary.
Baie dankie!
There are a lot of conversations happening about the future of our movement names. We hope that you are part of these discussions and that your community is represented.
Since 16 June, the Foundation Brand Team has been running a
survey
in 7 languages about
3 naming options
. There are also community members sharing concerns about renaming in a
Community Open Letter
Our goal in this call for feedback is to hear from across the community, so we encourage you to participate in the survey, the open letter, or both. The survey will go through 7 July in all timezones. Input from the survey and discussions will be analyzed and published on Meta-Wiki.
Thanks for thinking about the future of the movement, --
The Brand Project team
, 19:44, 2 Julie 2020 (UTC)
Note: The survey is conducted via a third-party service, which may subject it to additional terms. For more information on privacy and data-handling, see the
survey privacy statement
Vertaling van "Mind"
Hallo almal. Ek sukkel met die vertaling van die Engelse woord "mind". Ek sien gewoonlik die voorstelling "gees", maar vir my beteken gees "spirit", en dit is nie die selfde ding as "mind" nie. Die beste voorstelling wat ek aan kan dink is 'gemoed'. Is dit reg, of is daar beter voorstelle?
Die rede hoekom ek vra is omdat ons nie twee bladsye kan hê met die selfde naam nie. En ons kan ook nie een bladsy
gees
hê oor twee verskillende onderwerpe nie. Ek sien nl-wiki het
nl:geest
vir "mind" (
wikidata:Q450
), en vir "spirit" (
wikidata:Q193291
), noem hulle dit ook "geest" maar hulle het nie 'n bladsy daarvoor nie.
So wat is julle voorstelle vir titels vir die twee artikels:
Gees
- ontasbare wese
Gemoed
- kombinasie van kognitiewe fakulteite wat bewussyn, denke, redenering, persepsie en oordeel bied
Groete -
Rooiratel
kontak
09:01, 6 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Gemoed het vir my meer met 'n stemming te doen, m.a.w. 'n kortstondige ding. Die meeste van die tyd kan 'n mens
mind
vertaal met "gees" of "verstand". 'n Mens moet maar elke geval op sy eie oordeel. Ek dink nie 'n mens kan dit so letterlik vertaal soos wat jy dit wil doen nie.
Burgert
(kontak)
09:23, 6 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ja ek stem saam oor 'gemoed'. Dit werk ook nie so goed nie. "Verstand" beteken vir my basis dieselfde as "begrip", en dit werk ook nie. Miskien moet ons maar altwee "gees" noem waar een die betekenis verduidelik tussen hakies. Ek sien vir
Esties
, het hulle
et:Vaim (mens)
en
et:Vaim
. Dit kan seker ook werk. Byvoorbeeld:
Gees
- ontasbare wese
Gees (mens)
- kombinasie van kognitiewe fakulteite wat bewussyn, denke, redenering, persepsie en oordeel bied
Groete -
Rooiratel
kontak
09:48, 6 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dis dalk die beste opsie. As 'n mens in die HAT en WAT kyk, sal jy die baie betekenisse van die woord "gees" sien.
Burgert
(kontak)
09:53, 6 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert Behr, ek sal solank saadjies skep vier hierdie twee artikels sodat mense in die toekoms nie met hierdie probleem hoef te sukkel nie. -
Rooiratel
kontak
10:08, 6 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Tolletjies
en
Graafwater-tolbos
Is daardie wetenskaplike name reg? Dit lyk vir my soos variëteite van
Leucadendron brunioides
en moet dus eintlik
Leucadendron brunioides
var.
brunioides
en
Leucadendron brunioides
var.
flumenlupinum
wees. Ek wonder ook of die variëteitname in die kassie onder binomiale naam moet verskyn, want binomiaal beteken tog "bestaande uit twee dele". En moet elkeen sy eie artikel hê? Ek vra maar net omdat ek nie weet nie.
Burgert
(kontak)
10:39, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk op die Engelse Wikipedia vir my of variëteite in een artikel tuishoort. Kyk
en:Escobaria vivipara
Burgert
(kontak)
10:48, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die name is reg. Hulle is altwee 'n
variëteit
van
Leucadendron brunioides
. En en-wiki het ook artikels vir variëteite:
en:Capsicum annuum var. glabriusculum
en:Ulmus davidiana var. japonica 'Freedom'
en:Ulmus davidiana var. japonica 'Jacan'
en:Ulmus davidiana var. japonica 'Prospector'
Groete -
Rooiratel
kontak
11:01, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, maar dan is die name net nie reg geskryf nie. En in die kassie moet staan Trinomiale naam.
Burgert
(kontak)
11:05, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit moet as bv.
Leucadendron brunioides
var.
flumenlupinum
geskryf word. Tegnies is dit dan
trinominaal
, maar ek dink nie die kassie sal die verandering toelaat nie. Groete --
Aliwal2012
11:18, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Nou moet 'n mens nog net Variety in die kassie kry sodat dit Variëteit lees!
Burgert
(kontak)
11:49, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie manne, ek is nie 'n kundige met die blommetjies nie! Groete!
Oesjaar
kontak
13:38, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
En ons moet Trinomiale naam na die Afrikaans laat skakel in plaas van na
Infraspecific name (botany)
Burgert
(kontak)
13:47, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het nou trinomiale naam reggekry, maar sukkel met variety.
K175
Burgert
(kontak)
20:58, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Uitgevoer
Daar is nog 'n paar onvertaalde klades wat lyk dit my nog nie soseer in ons artikels gebruik word nie. –
K175
skil 'n appeltjie
16:40, 8 Julie 2020 (UTC)
antwoord
K175
'n Variëteit en subspesie is twee verskillende goed. Die plante hier bo is variëteite.
Burgert
(kontak)
08:33, 9 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
OK, maar dan moet dit in die inligtingskasse verander word - ek het net Variety na Variëteit in die sjabloon vertaal. –
K175
skil 'n appeltjie
08:36, 9 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ekskuus, ek sien daar is nou 'n debat daaroor by
Bespreking:Tolletjies
. Nie jou fout nie!
Burgert
(kontak)
08:38, 9 Julie 2020 (UTC)
antwoord
COVID-19
Gemeenskap, ek voel die volgende artikels se titels moet verander word, want die titels is effens misleidend:
Koronaviruspandemie van 2019-2020
COVID-19 pandemie
(Geen bevestiging dat die virus die jaar uitgeroei gaan word nie.)
Koronaviruspandemie van 2019-2020 in Suid-Afrika
COVID-19 pandemie in Suid-Afrika
(Die eerste geval in SA is in Maart 2020 aangeteken en nie in 2019 soos die titel suggereer nie.)
Koronaviruspandemie van 2019-2020 samesweringsteorieë
COVID-19 pandemie samesweringsteorieë
Die Engelse Wikipedia het alle artikels genaamd "Coronavirus pandemic" na "COVID-19 pandemic" geskuif. Laat weet wat julle dink. Groete! --
Lefcentreright
kontak
14:09, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Ons
oumanne
hou nie van verandering nie, tensy dit uiters noodsaaklik is! Daar is alreeds taalsuiweraars wat dit COVI
vir siekte) wil noem, hoe nou gemaak? --
Aliwal2012
15:10, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
So as hierdie pandemie nou vir nog 'n paar jaar dien, wat dan? Gaan ons elke jaar die artikels se titels moet verander? --
Lefcentreright
kontak
18:57, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek verstaan nie lekker wat jy sê nie. Bedoel jy die artikels moet verander word na
Covid-19-pandemie
Covid-19-pandemie in Suid-Afrika
en
Covid-19-pandemiesamesweringsteorieë
? Dan stem ek saam. Covid-19 is die siekte se naam. En ons mag dit met kleinletters skryf. Ek sal laasgenoemde eerder
Samesweringsteorieë oor die Covid-19-pandemie
wil maak.
Burgert
(kontak)
20:00, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Dit is wat ek bedoel. Ek moes dit duideliker geskryf het. --
Lefcentreright
kontak
20:05, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ha-ha, daai tweede een het my 'n bietjie gegooi. En ja, ons kan dit seker COVID-19 ook los, anders verwar ons weer mense. Maar ek dink die media skryf Covid-19.
Burgert
(kontak)
20:11, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Die Duitstalige Wikipedia het hierdie artikels se titels ook verander. Ek stem dus saam met die voorstel, alhoewel ek hoop (maar ongelukkig nie verwag nie!) dat hierdie siekte in 2021 verdwyn het. Groete. --
SpesBona
20:25, 7 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
die voorstel. Groete!
Oesjaar
kontak
06:00, 8 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
nou ook, kan ons dan bg. voorstelle/hernoemings implementeer? Groete, --
Aliwal2012
11:50, 14 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Vandalisme
Gemeenskap, vanoggend om 04:00 was daar weer 'n vandalisme aanval op ons Wiki. Kan alle Admin's asb help om te verseker dat die skade herstel is. Groete!
Oesjaar
kontak
05:59, 8 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Editing news 2020 #3
Read this in another language
Subscription list for this multilingual newsletter
More than
50 million edits
have been made using the visual editor on desktop.
Seven years ago this month, the
Editing team
offered the visual editor to most Wikipedia editors. Since then, editors have achieved many milestones:
More than
50 million edits
have been made using the visual editor on desktop.
More than
2 million new articles
have been created in the visual editor. More than 600,000 of these new articles were created during 2019.
The visual editor is
increasingly popular
. The proportion of all edits made using the visual editor has increased every year since its introduction.
In 2019,
35% of the edits by newcomers
(logged-in editors with ≤99 edits) used the visual editor. This percentage has
increased every year
Almost
5 million edits on the mobile site
have been made with the visual editor. Most of these edits have been made since the Editing team started improving the
mobile visual editor
in 2018.
On 17 November 2019, the
first edit from outer space
was made in the mobile visual editor. 🚀 👩🚀
Editors have made more than
7 million edits in the 2017 wikitext editor
, including starting
600,000 new articles
in it. The
2017 wikitext editor
is VisualEditor's built-in wikitext mode. You can
enable it in your preferences
Whatamidoing (WMF)
talk
12:55, 9 Julie 2020 (UTC)
Ruimtevaarders
Is daar Afrikaanse ekwivalente vir astronaut en cosmonaut, of is almal maar ruimtevaarders? Ek sien terloops die Chinese is taikonauts.
JMK
kontak
18:21, 9 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek noem cuttlebone maar skulp, tensy iemand beswaar het. Die Germaanse tale noem dit blykbaar so. Mens kan seker praat van tjokkaskulp en inkvisskulp. En bestaan Groot-Karoo in Afrikaans, en is die koppelteken korrek? Of is dit dalk Bo-Karoo? Of is die Bo-Karoo net die area rondom Orania?
JMK
kontak
11:30, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien Longman Online sê by cosmonaut: an ASTRONAUT from the former Soviet Union.
Burgert
(kontak)
13:08, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Announcing a new wiki project! Welcome, Abstract Wikipedia
Hi all,
It is my honor to introduce Abstract Wikipedia, a new project that has been unanimously approved by the Wikimedia Foundation Board of Trustees. Abstract Wikipedia proposes a new way to generate baseline encyclopedic content in a multilingual fashion, allowing more contributors and more readers to share more knowledge in more languages. It is an approach that aims to make cross-lingual cooperation easier on our projects, increase the sustainability of our movement through expanding access to participation, improve the user experience for readers of all languages, and innovate in free knowledge by connecting some of the strengths of our movement to create something new.
This is our first new project in over seven years. Abstract Wikipedia was submitted as a project proposal by Denny Vrandečić in May 2020
after years of preparation and research, leading to a detailed plan and lively discussions in the Wikimedia communities. We know that the energy and the creativity of the community often runs up against language barriers, and information that is available in one language may not make it to other language Wikipedias. Abstract Wikipedia intends to look and feel like a Wikipedia, but build on the powerful, language-independent conceptual models of Wikidata, with the goal of letting volunteers create and maintain Wikipedia articles across our polyglot Wikimedia world.
The project will allow volunteers to assemble the fundamentals of an article using words and entities from Wikidata. Because Wikidata uses conceptual models that are meant to be universal across languages, it should be possible to use and extend these building blocks of knowledge to create models for articles that also have universal value. Using code, volunteers will be able to translate these abstract “articles” into their own languages. If successful, this could eventually allow everyone to read about any topic in Wikidata in their own language.
As you can imagine, this work will require a lot of software development, and a lot of cooperation among Wikimedians. In order to make this effort possible, Denny will join the Foundation as a staff member in July and lead this initiative. You may know Denny as the creator of Wikidata, a long-time community member, a former staff member at Wikimedia Deutschland, and a former Trustee at the Wikimedia Foundation
. We are very excited that Denny will bring his skills and expertise to work on this project alongside the Foundation’s product, technology, and community liaison teams.
It is important to acknowledge that this is an experimental project, and that every Wikipedia community has different needs. This project may offer some communities great advantages. Other communities may engage less. Every language Wikipedia community will be free to choose and moderate whether or how they would use content from this project.
We are excited that this new wiki-project has the possibility to advance knowledge equity through increased access to knowledge. It also invites us to consider and engage with critical questions about how and by whom knowledge is constructed. We look forward to working in cooperation with the communities to think through these important questions.
There is much to do as we begin designing a plan for Abstract Wikipedia in close collaboration with our communities. I encourage you to get involved by going to the project page and joining the new mailing list
. We recognize that Abstract Wikipedia is ambitious, but we also recognize its potential. We invite you all to join us on a new, unexplored path.
Yours,
Katherine Maher (Executive Director, Wikimedia Foundation)
Abstract Wikipedia
User:Denny
Abstract Wikipedia mailing list
Sent by
m:User:Elitre (WMF)
19:56, 9 Julie 2020 (UTC)
m:Special:MyLanguage/Abstract Wikipedia/July 2020 announcement
antwoord
Oesjaar se fynbos projek
Gemeenskap, soos julle seker gesien het, was ek die afgelope paar maande baie besig om spesies te skep van die
Proteaceae
-familie; reeds oor die 300 spesies is geskep en 12 van die 14 genera is gedek. Die uitstaande twee genera is
Spatalla
en
Sorocephalus
. Eersgenoemde word
spoons
in Engels genoem. Ek kry geen Afrikaanse verwysing vir die genus nie, kan die
spoon
na lepel verwys?
Met betrekking tot
Sorocephalus
: daar word na die blomme verwys as
powderpuff
in Engels, terwyl die woord
Sorocephalus
stapelkop (heaped head?) beteken. Weereens kry ek geen Afrikaanse verwysings nie. Enige hulp, raad of voorstelle is welkom... Daar word ook na hulle verwys as
clusterheads
Ek wil graag die projek afhandel, daar is 31 spesies tesame in die twee uitstaande genera. Groete!
Oesjaar
kontak
12:46, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Spatalla
het blykbaar niks met 'n lepel te doen nie, maar wel die blom-morfologie van die genus. En daar is reeds Lepelbosse, vgl.
Phylica
en
Maytenus
. Stel dus voor dat jy die enigste name wat bestaan, nl. Wolbos en Slangkoppie
generies aanwend. Sou voorstel Triplespoons -> Wolbosse, want daar is twee triplespoon-spesies (
Spatalla caudata
S. confusa
) wat so bekend staan weens die wollerige bloeiwyses. Vir unispoons,
alhoewel geeneen 'n naam het nie, dan Slangkoppies wat die vorm van die bloeiwyses beskryf. By
Sorocephalus
is daar absoluut niks in Afrikaans nie (in Engels wel Clusterheads, Soranthes, Powderpuffs), maar om in voeling met die Engels te bly, kan jy miskien -kwassie gebruik, n.a.v. bolvormige bloeiwyse
wat by almal aanwesig is. Daar is reeds 'n kwasbossie in Afrikaans (
Sericorema remotiflora
), 'n kwasbiesie en die poeierkwas/rooikwas/skeerkwas (
Haemanthus
), wat almal die kwasagtige bloeiwyse of saad het. Fine-leaf soranthe is dan miskien Fynblaarkwassie, ens.
JMK
kontak
15:34, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
JMK
, dankie vir jou advies. Ja, met 'n tegniese agtergrond sukkel ek maar met die plantkunde... Hou maar 'n ogie asb, jy het beslis 'n beter aanvoeling vir die biologie as ek! Groete!
Oesjaar
kontak
16:59, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dronk taalskakels
Ek sien die taalskakels is lekker deurmekaar vandag – g'n sprake van alfabeties nie!
Burgert
(kontak)
13:04, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert, dinge het verander: ons generasie moes nog die alfabet in alfabetiese orde ken...
Oesjaar
kontak
13:06, 10 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Weet iemand wat aangaan? –
K175
skil 'n appeltjie
09:58, 12 Julie 2020 (UTC)
antwoord
K175
Burgert Behr
, en
Oesjaar
Hierdie probleem bestaan wêreldwyd,
hier die gesprek op die Duitse Navraagafdeling
en
hier die taak wat hulle geskep het
. Hou hom dop vir nuwe inligting, hulle is tans besig met 'n oplossing van dié probleem. Groete. --
SpesBona
18:15, 14 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit was nogal vanmiddag vir 'n rukkie reg, maar nou is dit weer deurmekaar.
Burgert
(kontak)
18:24, 14 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Vertaling
Gemeenskap, wat is die korrekte vertaling van
Perpetual Deacon Anglican Diocese of Namibia
? --
Lefcentreright
kontak
16:34, 11 Julie 2020 (UTC)
antwoord
"Anglikaanse Permanente Dekenaatsdiosees van Namibië" of "Anglikaanse Diosees van Namibië onder leiding van 'n permanente deken".
Voyageur
kontak
16:49, 11 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sciëntologie
Ek was daar! Wat nou? Groete. --
SpesBona
10:15, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Een van Voyageur se "ruimteskepe van lig" (wat vir my verbasend nader aan die ark lyk)
Suidpunt
kontak
13:05, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, daar is 'n menings verskil tussen twee van ons gebruikers oor bogenoemde artikel wat die twee here redelik opgewonde het. Admins, lees asb die arikel en meet die inhoud aan die Wikimedia norme vir neutraliteit ens. Ek het nog nooit die artikel deurgelees nie, sal dit doen. Die saak is dringend. Groete!
Oesjaar
kontak
06:50, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek gaan myself liewers verskoon van hierdie drama. Ek voel ek het Slashme kalm genoeg gevra om eers dit hier te bespreek voor hy die artikel skrap en vervang met 'n Duitse vertaling. Laat my weet as ek moet stem vir iets, maar tot dan hou ek my menings vir myself. Dankie
Dumbassman
kontak
07:08, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek het
Slashme
reeds in die e-pos gewaarsku, want ek ken
Voyageur
se mening. Dink maar net aan 2017, die geskrapte artikel. Hy het my waarskuwing
net geïgnoreer
blykbaar nie gekry nie. Groete. --
SpesBona
08:45, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
En ek haal myself aan uit die e-pos: "Ek gaan my springmielies voorberei vir hierdie "lekker gesprek" vanaand. Dit gaan in 'n groot botsing met die hoofouter van hierdie artikel ontaard. Onthou maar net die botsing rondom die artikel
R2-45
. Let op die besprekingsbladsy van hierdie artikel:
Bespreking:Sciëntologie
. Aan die einde van die dag gaan die Afrikaanse Wikipedia waarskynlik weer sonder hierdie BAIE belangrike outeur sit, wat nog 'n groot verlies vir dié taalprojek gaan wees. Ons het al 'n tekort aan skrywers. Maak maar 'n mooi plan hoe jy hierdie saak wil hanteer. Wat is meer belangrik, hierdie artikel of 'n baie aktiewe outeur wat al sedert 15 jaar op die Afrikaanse Wikipedia betrokke is en al baie gedoen het? Ek waarsku maar net, want ek weet presies wat gaan gebeur! Ekself is al sedert 12 jaar op die Afrikaanse Wikipedia betrokke en ek ken die mening van dié skrywer rondom hierdie saak baie goed." Groete. --
SpesBona
08:50, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
, ek het pas my email deurgesoek, en ek het geen so iets gekry nie. Is jy seker jy't dit na davidrichfield@gmail.com gestuur? --
Slashme
kontak
10:18, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ook middagete gehad, dus nou my antwoord.
Slashme
Ek is doodseker, jy het op wikimediaza@lists.wikimedia.org geskryf en ek het daar geantwoord. Kyk daar asseblief. Groete. --
SpesBona
10:55, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Miskien is jy nie op daai lys, dit kan só wees. Maar mens sien dit nie. Het ek nou vir die Nirwana 'n e-pos geskryf? Groete. --
SpesBona
11:00, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek is wel op daardie lys, en ek het die bespreking weereens deurgelees, maar dit lyk my regtig asof jou e-pos in die eter verdwyn het! Ek het wel
Dumbassman
se bedenkinge gelees, maar joune is nie daar nie. Nou ja. --
Slashme
kontak
11:55, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die vraag is of ons met wetenskaplik verantwoorde artikels wil voortgaan of met twak op sensasiepersvlak. Moet gevalle van kindermolestering in die Rooms-Katolieke Kerk in die inleidende artikel oor hierdie organisasie genoem en bespreek word? Hoekom nie enkele spotprente oor profeet X op die betrokke taalprojekte plaas? Amerikaanse wetenskaplikes kan op 'n neutrale manier oor die tematiek debatteer, maar tog nie sensasiepers-gepeupel nie. Dit is ook opvallend dat die anti-Sciëntologiese histerie buitensporig raak in lande met anti-Amerikaanse strominge - Rusland, Frankryk, Duitsland. As ek nie van die kerk hou nie, hoef ek nie lid daarvan te word nie. Ek hoef tog nie soos 'n geestesverstoorde twak vir ander lesers te versprei nie.
Voyageur
kontak
09:36, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
As ’n leek oor die onderwerp dink ek nie een van die artikels is vreeslik neutraal nie. Ek ervaar die Duitse artikel as uiters negatief, veral die laaste helfte. Daar is ook ’n heeltemal te groot klem op Duitsland. In die oorspronklike artikel is daar dikwels die gebruik van "beweer", "na bewering" en "volgens sy eie beskrywing". Tog word geen werklike kritiek genoem nie en word kritiek afgemaak as "sensasiegedrewe" en "inakkuraat". Dit alles in ag genome: Ek dink nie dis aanvaarbaar dat ’n hele langerige artikel geskrap en oorgeskryf word sonder oorlegpleging met die res van die gemeenskap nie. Ek sal graag wil sien dat die oorspronklike artikel behou word, met die byvoeging van ’n klein deel van die kritiek in die Duitse artikel – verkieslik wêreldwye kritiek en nie beperk tot Duitsland nie.
Burgert
(kontak)
09:39, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam dat die Duitse artikel te veel klem op die situasie in Duitsland lê, en daar kan geredeneer word oor hoeveel aandag aan die kritiek gegee moet word. Die artikel in sy huidige toestand is egter heeltemal eensydig en onvolledig. My standpunt is dat
Voyageur
wel 'n ongelooflike bydrae aan die Afrikaanse Wikipedia lewer, maar nie in staat is om objektief oor sciëntologie te skryf nie. Enige kritiek van sciëntologie word as haatspraak uitgekryt, wat presies die houding van die kerk is. --
Slashme
kontak
10:18, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Alle gelowe is twak en bedrog. Die kortste moontlike samevatting van kritiek is al bygevoeg. Net soos wetenskaplik verantwoorde publikasies met bronvermelding. Net kritiek van wetenskaplikes mag genoem word - om die genoemde redes. En die belangrikste feit ontbreek nog: Daar is tienduisende aanhangers wat gelukkig en tevrede is as Kerklede. Hulle word nie eers gevra deur al die arrogante assholes nie. As iemand anders nie daarvan hou nie, is dit nog geen ensiklopediese onderwerp nie. Die Amerikaanse Grondwet en Wetgewer beskerm geloofsvryheid en erken nie-winsgewende status aan religieuse organisasies toe wat aan bepaalde kriteria voldoen. Die inhoud van geloofsbelydenisse word nie beoordeel of goedgekeur nie. Dit is tydverspilling om ander se gelowe te bevraagteken. Hoekom begryp buitelanders dit nie? Ons kan in die eerste sin van die artikel oor Suid-Afrika ook vermeld het dat President Trump dit as "shithole" beskryf het. Hoekom doen ons dit nie? Omdat dit nie hier saak maak nie.
Voyageur
kontak
09:46, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal Voyageur se aanwesigheid op die Afrikaanse Wikipedia altyd bo 'n vertaling van 'n enkele artikel uit die Duitse Wikipedia verkies. Ek was destyds by die inwyding in die Otto-Suhr-Allee in Berlyn, toe Sciëntologie sy kerk daar geopen het. Ek het dit sonder enige skade oorleef. Duitsland is sedertdien ook nie bekeer nie. Baie sensasie rondom niks nie. Groete. --
SpesBona
10:00, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam dat ons nie so 'n uitstekende outeur wil verloor nie, en ek is absoluut bereid om met die gemeenskap hier te werk om die artikel op minder dramatiese wyses te verbeter! --
Slashme
kontak
10:18, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Jy kon my gerus geraadpleeg het! Daar is Amerikaanse Sciëntoloë en ander geloofsaanhangers wat die Afrikaanse projek steun - met tyd en geld. Juis mense wat ook nie Afrikaners of Suid-Afrikaners deur middel van stereotipes probeer verstaan nie. Ek weet nie hoekom hulle nou hierdie soort dank ontvang nie. Ons moet dan dieselfde beginsels op alle geloofsartikels toepas. Almal hier is vertroud Afrikaanse kerke. Kan vroue predikante wees? Is daar reëlings vir selfdegeslaghuwelike? Het hulle 'n verlede van rasdiskriminasie?
Voyageur
kontak
10:29, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
LOL! Inderdaad. Ek sou onnodige, ongevraagde en oningeligte kritiek op omstrede gelowe werklik in projekte los waar ander profete as Hubbard vereer word en die getal beledigdes miljarde beloop en nie net enkele tienduisend nie. Vir die maksimum-effek daarvan. Per spotprent of so. Slashme word dan naas 'n gebruikersnaam ook 'n uitnodiging - vir radikale aanhangers wat heel anders op kritiek reageer as Sciëntoloë.
Voyageur
kontak
10:05, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
So pas nog 'n kommentaar gekry. Ons kan almal gerus 'n besoek aan die onderaardse begraafplase van vroeë Christene in Romeinse katakombes bring. Ons is dan tussen die sterflike oorskot (as dit nog daar is) van mense wat oorlede is in die geloof van 'n heropstanding binne 'n baie kort tydperk. Hulle lê nog daar. Die kultus vind steeds sy aanhangers. Die kwessie - of ons gees en bewussyn nou gebonde is aan en beperk bly tot die organiese breinfunksionaliteit of onafhanklik daarvan kan bestaan - kan so nie beantwoord nie. Die onsterflike wese is die grondbeginsel van Sciëntologie en ander gelowe - die enigste vraag wat die moeite werd is om ondersoek te word.
Voyageur
kontak
11:14, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Steun Gebruiker Burgert Behr se voorsel. Hou die oorspronklike maar voeg van die internasionale reaksie/kritiek/aktiwiteite by. Artikel is nie tans neutraal nie.
Sobaka
kontak
17:50, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Weet julle toevallig hoeveel lidmate die Kerk in Suid-Afrika het en hoe groot die persentasie Afrikaanssprekendes is?
Voyageur
kontak
18:37, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Geschieht die Wiederauferstehung aller Christen nicht erst mit der Erscheinung des Herrn am Jüngsten Tag? Diese Idee wurde übrigens auch vom Judentum übernommen, wenn ich so an den Friedhof am Jerusalemer Ölberg denke. Groete. --
SpesBona
11:20, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ja, aber vieles deutet darauf hin, dass man die Wiederkunft Christi als ein unmittelbar bevorstehendes Ereignis angesehen hat. Sicher auch, weil das klar umrissene Konzept der Auferstehung im Kontrast steht zu sehr vagen Vorstellungen in der traditionellen römischen Religion.
Voyageur
kontak
) 11:25, 15 Julie 2020 (UTC)
Voyageur
kontak
11:25, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sehr oft sogar. Die Zeugen Jehovas vermeiden es jedoch mittlerweile, die Jahreszahl zu nennen. Groete. --
SpesBona
11:27, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Der Fehler liegt in der Überbetonung religiöser Schriften als unmittelbare Botschaften Gottes, mit der Möglichkeit, daraus zukünftige Ereignisse abzuleiten. Es gibt interessante amerikanische Traditionen (wahrscheinlich wiederhole ich mich jetzt) wie die Seekers, die derart unentschlossen im Glauben waren, dass sie auf irgendeine göttliche Botschaft gewartet haben. Daran schließt die Geschichte des Buches Mormomn an, das auf wundersame Weise auf Goldplatten entdeckt und übersetzt worden sein soll. Womit Fehler und Lücken in der Bibel schnell behoben werden konnten. Ich kenne und schätze Anhänger beider Glaubensgemeinschaften, auch wenn wir wissen, dass wir in zentralen Punkten unterschiedlicher Auffassung sind. Ich würde aber niemals ernsthaft anzweifeln, dass ein Heiliger der Letzten Tage wie Mitt Romney allein wegen seines Glaubens nicht als Präsident der USA amtieren könnte. Das ist leider sehr ausführlich so argumentiert worden. Nur die Verfassungstreue zählt. Die Kirche mag neuen Anhängern die LGBT-Frage stellen, aber es ist der Oberste Gerichtshof, der die
pursuit of happiness
für die Bürger und Exekutive definiert. Wobei Entscheidungen zeitgebunden getroffen worden sind und werden. Wie die Rassentrennung bei Chancengleichheit und gleichen Einrichtungen. Ohne dass dies jemals verwirklicht worden wäre.
Voyageur
kontak
11:34, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Richtig, schon bei JFK wurde ein Fass aufgemacht, nur weil er Katholik war. Als wenn England eine katholische Monarchin bekommen würde. Groete. --
SpesBona
11:42, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit is belangrik om 'n neutrale standpunt in te neem. Hier is die artikel daarvoor:
Om te verseker dat ons 'n objektiewe standpunt inneem vir Afrikaans Wikipedia beteken dat ons 'n neutrale platform skep. Enige artikel wat geskryf word, moet voldoen aan die "Neutrale Standpunt" artikel. As daar enige partydigheid in 'n artikel opgelet word, behoort dit aangepas te word sodat dit
feitlik
is.
LiebeB
kontak
08:08, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Solank as wat redigeerders, wat vertroud is met ´n onderwerp, dit bewerk, en in staat is om Afrikaanse artikels sonder vreemde hulp, sonder twyfelagtige bronne en met ´n fokus op die wesentlike aspekte saam te stel, gebeur dit ook nie. Ek herinner aan die Jesus van Nasaret-artikel wat jare gelede heel neutraal was. Meteens het aanhangers van bepaalde kerke byna begin huil omdat hy tog liewe Jesus is en hul beste vriend. Die skryweres van die artikel het haarself as Christen te kenne gegee; nogtans was daar nooit sprake van partydigheid nie. As iemand bydraes oor Sciëntologie redigeer en nie bereid is om triviale kritiek daarby in te sluit nie, word hy/sy as partydig bestempel. My naam het nooit op die ledelys van die Internasionale Vereniging van Sciëntoloë verskyn nie, terwyl kerke andersyds kan bevestig dat ek die moeite doen om self 'n indruk te kry van iets.
Die mees omstrede saak, die beweerde skeppingsmitologie of wat ook al dit is, kan ek, soos ek reeds beken het, nie beoordeel nie omdat dit net toeganklik is Kerklede op die hoogste vlakke en nie gepubliseer word nie. Die outentisiteit van materiaal, wat op die internet en elders versprei word, kan ek nie verifiseer nie. Dit maak ook nie saak nie; lees net wat daaroor - en ander gelowe se mitologieë - in die Sciëntologie-artikel staan.
Ons is tans een van min projekte wat nie afsak tot die idiote- en trivia-vlak nie. Die term ensiklopedie insinueer akademiese en intellektuele werkwyse. Die hele Wikipedia-projek blyk tans nog nie neutraal teenoor die Kerk van Sciëntologie te staan nie. Ek sal ook nie kritiek van Nazi-publikasies by Holocaust-artikels insluit net om hulle ´neutraal´ en ´feitlik´ te maak nie.
Die openbare diskoers oor Sciëntologie word sterk beïnvloed deur persone wat om een of ander rede bande met die Kerk verbreek het, sowel as joernaliste en skrywers wat op ekonomiese sukses aangewese is en dus die sensasievlak bo ´n neutrale en wetenskaplike diskoers verkies. Min aandag word aan die kerklike lewe en aanhangers geskenk wat tevrede is met hul geloof. As Christene hier hul liewe Jesus met sukses kan opeis, moet Sciëntoloë êrens ook liewe Ron kan kry.
Wat die vertaling van Duitse artikels en oorskrywing van oorspronklike Afrikaanse bydraes aangaan - kyk tog net met watter stereotipes Afrikaners daar dikwels beskryf word. Ek sal julle graag uitvoerig berig watter neerhalende kommentare selfs deur sommige Duitse akademici gelewer is. Sal ons daardie soort negatiewe inhoud orals in artikels invoeg waar Afrikaanssprekendes trots voel oor iets om dit neutraal, feitlik en onpartydig te maak?
Die beste oplossing sal wees om die kritik in 'n aparte soort
bad bank
-artikel uit te plaas waar die hele saak in 'n historiese konteks en samehang beskryf word. Ongelukkig het selfverklaarde kritici al so baie opinies gelug dat die artikel anders te omvangryk raak.
Voyageur
kontak
07:59, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Net 'n vraag of twee. Ek het
Terra Piering 1
deur Juan Sadie (1979:69-72) gelees en die volgende val op:
'Jalet, glo julle in 'n Almagtige?'
'Jy is nou op 'n baie interessante onderwerp - godsdiens,' antwoord sy effens ontwykend. 'Dit is ook 'n gevaarlike onderwerp, want indien jy dit verkeerd verstaan, kan dit jou hele lewensuitkyk in 'n slegte mate beïnvloed.' Sy dink 'n rukkie na.
'Ek dink ek ken jou nou al lank genoeg om te weet dat jy 'n verstandige persoon is. Dus dink ek ek kan maar ons geloofsoortuiging aan jou verduidelik.'
'Ek waardeer dit werklik dat jy my vertrou,' sê Albert bly. 'Jy weet, ek het nog nooit iemand uitgelag oor sy geloofsoortuiging nie. Hy kan netsowel reg wees, en ek verkeerd.'
'Dis is 'n baie goeie uitgangspunt,' sê Jalet, duidelik beïndruk met Albert se woorde. ' 'n Mens moet altyd 'n ander mens se gevoelens en opvattings respekteer, hoe belaglik dit ook al klink.'
'Nou toe nou, vertel my nou waaraan julle glo,' por Albert haar aan.
'Nou goed, ons glo aan 'n God van die toekoms,' sê sy en kyk vol afwagting na Albert. Hy sê egter nie 'n woord nie en sy gaan verder. 'Dit klink miskien na 'n snaakse begrip, maar dis tog nie so moeilik om te verstaan nie. Elke mens strewe bewustelik of onbewustelik na volmaaktheid of anders gestel, na die ewige lewe. Om dit te kan bereik, moet die mens krag van iemand of iets ontvang. Hy skep dus vir homself 'n god en aanbid hom of hulle. Hierdie mens waarvan ek nou praat, is die primitiewe mens wat meer op instink as op intelligensie staatmaak. Dis 'n goeie ding dat die mens hierdie instink het, anders sou hy nooit volmaaktheid bereik het nie.
'As hy nie 'n god gehad het nie, sou hy geen sedes gehad het nie. Hy sou geroof en geplunder het, want hy sou nie die vrees gehad het dat 'n god hom sou straf nie.'
'Wat die primitiewe mens natuurlik nie kan besef nie, is dat die god waaraan hy glo in 'n ander tyddimensie is, naamlik in die toekoms, en nie by hom in die hede nie.'
'Wat bedoel jy met 'n god van die toekoms?' wil Albert weet.
'Dit is die mens van volmaaktheid.'
'Bedoel jy nou op materiële of geestelike vlak?'
'Natuurlik op geestelike vlak. Materiële dinge vergaan, maar die geestelike kan nie vergaan nie. Eendag sal die Heelal vergaan en dan al ons op geestelike en goddelike vlak moet bly voortbestaan. Wanneer die Heelal eendag vergaan sal die mense wat nie volmaaktheid bereik het nie, hel hê. Hulle sal tot in ewigheid in die ruimte ronddryf. Hulle sal nie hulle geeste kan beheer nie.'
'Weet jy, dit het nogal vir my sin,' erken Albert. 'In die Bybel word van die hel gepraat, 'n geween en gekners van tande, en 'n ewige vuur wat nooit geblus kan word nie. Dit sal vir iemand so voel as hy tot in ewigheid hulpeloos ronddryf.'
'Dit wys jou net hoe sterk die mens se instink is,' sê Jalet.'Hy het al van die vroegste tye af besef dat die toekoms vir hom een van tweede dinge kan inhou, of hemel of hel.
'Sê my nou, Jalet, as mens nou hierdie vlak van geloof bereik het, wat word van jou Bybel, die Kerk en gebed?'
'Jy behou dit alles nog,' antwoord sy kort en kragtig. 'Ek sal jou sê hoekom. Kom ons vat eers die Bybel. Ons Bybel behoort nie veel van julle s'n te verskil nie, ek bedoel nou op geregtelike vlak. Die Bybel is 'n rigsnoer. Die wette daarin is deur die mens se gesonde instink daargestel. Daar is drie belangrike begrippe wat so te sê die doel van die Bybel opsom, naamlik eerlikheid, liefde en woeker met jou talente. As jy hierdie drie dinge nakom, moet jy volmaaktheid bereik.
'Die Kerk is nét so belangrik. Dit gee aan 'n mens geestelike gemoedsrus. In die Kerk kry 'n mens ook die kans om as't ware na jouself in 'n spieël te kyk en jou foute te sien.'
Sy erken dat haar planeetbewoners in
reïnkarnasie
glo.
Dan kom die volgende vraag:
'Hoekom konsentreer julle nie nét op geestelike vlak, byvoorbeeld breinkrag nie? So behoort mens mos baie vinniger volmaaktheid te bereik.'
'Jy het 'n punt daar beet, Albert, maar 'n mens kan nie die materiële dinge afskeep nie. Ons moet eers die natuurwette volkome verstaan voordat ons al ons aandag op geestelike vlak kan vestig.'
VRAAG 1: Die toeval van reïnkarnasie, die mens se drif na volmaaktheid (wat teleologies in die toekoms gestel word - byna Aristoteliaans én Jungiaans), die mens self as 'god van die toekoms'... het ons dalk hier met Sciëntologie te make? Of, staan dit nader aan Oosterse gelowe, met in begrip die Boeddhisme? [Tussen hakies, ek is bewus van prof. Gerrit van Wyk Kruger wat aanvoer (
Die verhaal van die Griekse taal en 35 eeue daarheen
p. 153): "Die Westerse Christendom het 'n suiwer Oosterse oorsprong. Die leer van Jesus, wel deeglik gegrond op die Joodse Ou Testament, weerspieël inderdaad in sy etiek sterk Boeddhistiese gesigspunte wat vers en kapittel bewys kan word (iets wat 'n vergelykende studie onmiddellik aantoon)."]
VRAAG 2: Ek sou ook net graag wil weet wat die Sciëntologie se werksetiek is. Want die Nuwe Testament se swaar vermaning dink ek is moeilik te ewenaar (wat nog swaarder onder die Calvinistiese juk gestel word, so swaar dat dit beslis nie in die sonnige, ligsinnige, pretsoekende, Katolieke aarde van die Versailles kon gedy nie!): as jy nie jou talente ontwikkel nie, sal jy daarvan een vir een gestroop word en jy sal in die buitenste duisternis gewerp word. Waar daar 'n geween en gekners van tande sal wees (wat, soos verstaan word, beteken: God sal jou soos 'n sleg hond wegjaag!). Net Deuteronomeum 21:20-21 is erger: 'n
deurbringer
(FR: "qui se livre à des excès", DE: "Verschwender", La: "vacat et luxuriae atque conviviis" - ook maar goed Israel het toe nog geen konings gehad nie!) moet summier gestenig word ("So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei, en die hele Israel sal dit hoor en vrees."), terwyl die verlore seun (erfgeld is swerfgeld) darem weer genade (boonop met 'n vetgemaakte kalf!) toegestaan is (terwyl die verbitterde broer nog heeltyd al die (by-by-by-by)voordele (sy pa se besittings) nooit benut het nie - daar is die vermaning wéér!).
Suidpunt
kontak
13:05, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit herinner my aan 'n opmerking in 'n boek waar die werksetiek en geesteshouding van die Puriteine ter sprake is en 'n kort samevatting gegee word. "Om te verhoed dat enigiemand êrens pret het en sy lewe geniet." Die oosterse kultusse soos Islam het beslis ook binne hul geledere strominge voortgebring wat gelowiges (en nie-gelowiges wat met hulle moet saamleef) nog op aarde vir die vermeende paradys wil voorberei - met die barbaarse wreedheid van hul primitiewe chauvinistiese en paternalistiese samelewings.
Vir Sciëntologie is ons nog nie so ver nie - tans het ons die agt dinamieke in Afrikaans (wat ek persoonlik net soos Boeddhisme eerder sou aanbeveel as die boeke van die drie groot godsdienste wat in die Semitiese wêreld ontstaan het - dit bespaar papier en religieuse oorloë). Presbiterianisme is 'n uitsondering - een van min Christelike strominge wat my onder sy aanhangers kan tel en vir ons die kritiese gees gegee het om die belangrike sake in die kunsmatige stryd oor Sciëntologie te verstaan, en tirannie en die inperking van godsdiensvryheid te bestry. 'n Godsdiens wat hele supermoondhede soos die Verenigde State voortgebring het (of beslissende bydrae gelewer het tot sy ontstaan) danksy sy gees van onafhanklikheid.
Sciëntologie word beskryf in die Kerk se eie kanale (webtuiste en TV-netwerk). As ek dit in enkele woorde moet beskryf, dan sou ek dit 'n religieuse filosofie noem wat op soek is na die ware geestelike kern van die mens en sy bestaan en vir sy aanhangers wyse en praktiese raad gee hoe om hul lewe te bemeester, hul medemense en omgewing te verstaan en hoe om dieper insig te kry van dit wat voor hul lewe was en daarna sal wees. Geen kruisiging nie, geen genitalieë word besny nie, geen nuttelose tekste word een miljoen keer herhaal nie, niemand moet lang baarde dra - en artikels in Afrikaans se Wikipedia mag ook nog gerus geskryf word.
Ons kort nog 'n beskrywing van 'n tweede kerk wat deur sy teenstanders graag as "omstrede" beskryf word - die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Omrede van lede verwag word om tien persent van hul inkomste as
tithing
te betaal, het hulle finansiële bates ter beskikking wat honderd keer of meer groter is as dié van die Kerk van Sciëntologie.
Voyageur
kontak
15:02, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Susanna Viljanen ('n Fin en ateïs) glo 'n kerk het inderdaad invloed op die politiek en uiteindelik die kultuur. Volgens haar lewer Calvinisme van die beste samelewings op:
Nordiese lande, Switserland en Holland
. Sy dink wel Sciëntologie is 'n "bogus religion", maar beskou die laagste vorm van godsdiens die bokbloeddrinkende animisme: "Animism is the absolute bottom dregs. It creates similar society as if people lived in schizophrenia."
Ook
sê sy
The rule of thumb is the more negative view a religion has on
Homo sapiens
, the better society it creates. Calvinism (with core tenents of human total depravity and predestination) creates the best society, but Lutheranism creates the least bad.
Maar, sy kyk ook na die
VSA
en wys al die nadele van Calvinisme uit: die tronke (en kerke) is tot barstens toe vol, want met die uitverkiesingsleer is mense wat sleg is eenvoudig onrehabilitéérbaar kaksleg en net God alleen kan hulle red. Hoe gouer die sondaars afgeskrik word deur die hel in tronke, hoe meer die vlamme van die hel teen die kerksuile en kerkbanke oplek, soveel te beter die brandende bakens (lees: sondaars as brandende teerfakkels) om jou op die reguit paadjie te hou.
"The bright side of Calvinism is the incredible vigor, entrepreneurship, economy and vivaciousness of the society it creates."
Die nadeel is 'n hoogs verdeelde samelewing almal mooitjies ingedeel volgens trappe op pad hel toe (waaroor die Hollanders sal juig, want die 'verzuiling' het mos bewys hoe mens kan roem op 'n ruim diversiteit van denke! Die woord "monisme" gee hierdie mense 'n groter kramp as die see wat gedurig oor die dyk kom loer).
Maar nou vir 'n ander model:
Volgens Viljanen was die Russiese Ortodokse Kerk van die begin af
ten gunste van die patrimonialisme
, waar al die mag (en eiendom) in een persoon gesetel was. Kerk en staat moet een wees. Met die koms van die kommunisme, het van die Finse kommuniste (uit 'n Lutheraanse omgewing) in afsku opgemerk hoe die Kommunistiese struktuur (en die nuwe klassestelsel in 'n klaslose samelewing) bloot 'n ateïstiese parodie van die bestaande Ortodokse kerkstelsel was. Dinge het selfs met die verbrokkeling nog dieselfde gebly. "But Russia itself did not democratize: it returned to its perpetual, eternal state where it is doomed to remain until Gabriel blows his horn: Autocratic Patrimonialism." Soos ek haar antwoord sien: sy glo die Russe sal tot in ewigheid hul hoop op een man bly vestig. Die kalenders sal later aangepas word volgens v.P. en n.P. (voor Putin en na Putin).
Ook het ek agtergekom sodra die kerk en staat een en dieselfde persoon raak, raak die volk "afvallig" of kry 'n afkeer in enigiemand wat met sy geloof te koop loop. Ek sien byvoorbeeld
op 'n forum
waar Russe (wat hier in Suid-Afrika werk) sommer onlangs in 2018 nog gesels oor die Boerka (Boer + ka = die Afrikanervrou), en hulle grootste kritiek is dat die moderne Boerka (1) alles aan haar gat ophang (van ydelheid), (2) geen ander taal as Engels wil ken nie (hoewel die Russe hier ook maar lekker sukkel om Afrikaans te leer!), (3) nie te besonder geletterd is nie (Russiese boeke, kom net soos by die Duitsers uit 'n enorme groot leeskultuur, maar is spotgoedkoop en verbasend maklik te kry, moet mens ook begryp), (4) droom van haar ridder op die wit perd (of eerder, die wingerdblaar van Stellenbosch) om haar te kom verlos, (maar asseblief net geen uitlander nie), en, wat hul effe irriteer, (5) dat sy baie gelowig is (iemand wat jou na hul kerk uitnooi beskou hulle as dweepsiek; een wat met 'n Afrikanervrou getroud is, vergelyk dit selfs met dwelmmisbruik).
Die teenkanting is vir my goed te verstane, want dis immers in die samelewing waar jy grootword: hoe op aarde kan jy respek hê vir 'n organisasie, versinnebeeld deur die Russiese kerk (en daar is maar net één kerk wat deur die Russiese staat eintlik érken word) wat eergister nog die Khan se hand gesoen het? Wat 'n veer vir jou en jou familie of mense gevoel het. En of dit nou die Tsar of die Kommunistiese regime was, gepaai het die ruggraatlose paters gepaai teenoor wie ook al sy nuwe baas is of sal wees. My magtig, jy kan mos nie Machiavelliaanse Realpolitik probeer kruis met 'n "de wereld is onze woning niet"!
Terloops, ek het daardie
Boek van Mormon
, in Afrikaans, baie diep in een van my plastiekhouers weggebêre. Ek kan help as jy name soek.
Suidpunt
kontak
19:40, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ofskoon Calvinisme en sy leerstellings heelwat ingewikkelder is. Daar was en is waarskynlik ook geen Calvinistiese samelewings nie - mense beperk hulle tot enkele aspekte. Dit is John Knox en Skotse Presbiterianisme wat vir my die groter en beter invloed uitgeoefen het. Bekyk net die Skotse prestasies, die hoër persentasie jongmense wat eeue gelede toegang tot sekondêre en tersiêre onderwys gekry het (in vergelyking met Engeland) en baie meer. 'n Volk sonder natuurlike hulpbronne en rykdomme ontwikkel en gebruik sy breine. Die Scottish National Party waarborg met sy Sosiaal-Demokratiese beleid 'n minder verdeelde samelewing. As almal die wyshede en gevolgtrekkings van Presbiterianisme plus Sciëntologie plus Boeddhisme eerbiedig, word heelwat probleme opgelos.
Sciëntologie is religie op sy beste. L. Ron Hubbard se groot wyshede, as ons sy kritici net intelligent interpreteer en ander godsdienste bekyk:
1. Die religieuse idiote wil religieuse leiers hê. Gee hulle een.
2. Oordryf soos jy kan - dan is jy een.
3. Die idiote wil bedrieg word. Doen dit.
3. Sê vir hulle (nadat jy hul geld ingesak en bekyk het hoe die clowns alles doen wat jy wil): Julle kan glo en doen en betaal wat julle wil, idiote, julle sal glad nie agter die waarheid van die heelal kom nie.
4. Skiet almal.
Voyageur
kontak
19:49, 17 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
Goeiemiddag Gemeenskap. Nog 'n ding wat my besig hou. Daar blyk tans min belangstelling in nuwe voorbladartikels te wees. Miskien is almal nou sat of ons het nou 'n groot voorraad aan nuwe voorbladartikels wat eers verwerk sal moet word. Wat doen ons nou? Is julle ten gunste daarvan om dit vir nou te los of gaan ons voort met die doel om elke week in 2020 'n nuwe voorbladartikel te kan hê? Kom ons hou hier 'n stemming ten gunste van nuwe voorbladartikels of daarteen. Lekker stem! Groete. --
SpesBona
12:05, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
, soos ek Aliwal verstaan het hy tans genoeg tot diep in die jaar... Bedoel jy wat gaan ons doen daarna? Groete!
Oesjaar
kontak
12:12, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Dit gaan veral oor die res van die jaar, waarskynlik ook 2021. Daarvan hang ook my spoed af. Elke nuwe kwartaal sal ek 'n nuwe voorbladartikel soos
Nederland
Papoea-Nieu-Guinee
en
Israel
wil bydra. Groete. --
SpesBona
12:20, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek is altyd op soek na nuwe voorbladartikels en enige terugvoer is baie welkom. Groete. --
SpesBona
12:30, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek is besig met vier:
Tiger I-tenk
8.8 cm Flak 18/36/37/41
Rolls-Royce Merlin
en
Trinity kernwapentoets
wat ek hierdie jaar moet klaarmaak. Ek hoop dit sal help! Groete!
Oesjaar
kontak
12:36, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek hoop maar eerder jy voel nie gedwing om dit te doen nie!
:) Ek kan ook baie meer voorbladartikels aan die gemeenskap lewer, as ons dit net wil hê. Ek dink veral aan Olimpiese Spele en die een of ander Sokkerwêreldbekertoernooi. Groete. --
SpesBona
12:42, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ons het tans genoeg vir ongeveer 12 weke, maar intussen rol die vervoerband aan...ons het 'n vlaag benoemings vd gemeenskap ontvang gedurende "lockdown", maar dit sal ook opgebruik word. Dus, gaan maar voort met jul skrywe en benoemings, asb! Groete, --
Aliwal2012
12:42, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Selfs
Finland
en
Oostenryk
sal kan werk. Net om al die sport van my kant af 'n bietjie te laat verdwyn en aangenamer vir julle te maak. Ek sien reeds hoe verveel mense daaroor begin raak.
;) Groete. --
SpesBona
12:49, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Jagluiperd
Goud
Plinius die jongere
en
Tacitus
, net om nog vier moontlike kandidate te noem. Groete. --
SpesBona
12:53, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Wat van
Sciëntologie
? Die goed waaroor ek artikels skryf, motors en F1, haal nie 30kB in grootte nie...
Aliwal2012
13:16, 15 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit sou een van die belangrikste prestasies ooit wees vir ons Wikipedia as ons 'n voorbladartikel kan skep - maar só dat dit byvoorbeeld as akademiese teks by 'n Kaliforniese universiteit ingedien kan word, dit wil sê nie dieselfde slegte reputasie aan Wikipedia verskaf soos die tekste in ander projekte nie. Suid-Afrika het nogal 'n belangrike rol in die geskiedenis van die beweging geskryf - hier is dit byvoorbeeld jare vroeër gevestig as in Duitsland. L. Ron Hubbard het selfs premier Verwoerd gekontakteer, alhoewel die Kerk later eerder 'n rolspeler in die Anti-Apartheidbeweging was. Die stryd tussen hipermoderne Amerikaanse en Suid-Afrikaanse Sciëntoloë en verkrampte Boere-Oompies in die Apartheidregering bied nogal boeiende leesstof. Dan nog die Coert Steynberg-borsbeeld van Hubbard. Kan ons asseblief 'n Netflix-drama
No Religion for Old Men
daaroor kry (LOL)?
Daar is selfs akademiese materiaal oor die plaaslike Kerkgeskiedenis beskikbaar - die Kerk verwys ons vriendelik na 'n essay wat in Oktober 1995 geskryf is deur David Chidester, Professor in Comparative Religion (en dus in teenstelling met Wikipediane 'n gesaghebbende deskundige), verbonde aan die Universiteit van Kaapstad. Die artikel moet waarskynlik deur Amerikaners of plaaslike Kerklede saamgestel en dan in Afrikaans vertaal word. Dit maak blykbaar nie sin om met Afrikaanssprekendes oor die Rooms-Katolieke Kerk of die Kerk van Sciëntologie te gesels nie - hulle weet glad niks daaroor nie. Ofskoon daar in die 1960's nog heelwat Afrikaanssprekende Sciëntoloë was. Dit lyk asof hulle meestal uit die hoërklas gekom en baie Sciëntoloë intussen geëmigreer het.
Onafhanklik daarvan stel die Wikipedia-Sciëntologie cult wars navorsers in staat om die sektariese karakter van albei bewegings te bestudeer. Albei is afkomstig uit die kulturele konteks van die Amerikaanse weskus, het hul eie strategie van wêreldverbetering op hul vaandels geskryf en hul eie interne hiërargieë en prosedures, saam met hul eie neologismes, Scientology speak en Wikipedia speak asook nuwe betekenisse van terme en konsepte. Ons verstaan nou neutraliteit beteken in die Wikipedia-konteks nie dat 'n wetenskaplike 'n onemosionele en nugtere analise oor 'n onderwerp verskaf nie, maar eerder dat Wikipedia-bladsye in verskillende tale met mekaar vergelyk word en almal dieselfde persentasie onsin moet bevat wat deur clowns geskryf is. Ouers en onderwysers, nie in my artikels nie.
Die doel is om 'n artikel vir kritiese, vooruitstrewende en intelligente Afrikaanssprekendes te kan bied wat hulle nie tot Wikipedia, Sciëntologie of Anonymous wil bekeer nie, maar 'n betroubare oorsig oor die geskiedenis en geloofsbelydenis kan gee (beslis ook een of ander inspirasie), en ook aandag skenk aan die Kaliforniese en Suid-Afrikaanse konteks van die 1960's - die tydperk waarin belangrike gebeure afspeel. Ons raak net soos ons geagte lesers - wat nie juis idiote is wat deur Wikipedia-sekte-aanhangers teen Sciëntologie gewaarsku moet word nie, maar vir hulself besluite kan neem - hoegenaamd nie histeries soos Duitsers, Franse of Russe oor die onderwerp nie, begin ook nie aan vervolgingswaan te ly nie (aikôna, hulle oorneem nog die hele land!) en sal in plaas daarvan gerus kan vasstel - nou ja, Los Angeles is nie noodsaaklik Pretoria nie, maar een of ander nuwe insig kry ons ook. Ons keer terug na die oorspronklike ideaal van vrye sagteware en kennis.
Voyageur
kontak
08:27, 16 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sal die
Proteas
meer ondersteuning geniet as die Aussies en Engelse? Ek is op die punt om dít te toets. 'n Goeie voorbladartikel oor
Sciëntologie
sal ek in elk geval ondersteun. Groete. --
SpesBona
18:20, 16 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek ondersteun die artikel
Sciëntologie
glad nie. Daar is baie beter artikels wat op die voorblad kan kom. Groete!
Oesjaar
kontak
18:28, 16 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Tans het ek 15 moontlike kandidate in die pyplyn, dis al wat ek van my kant kan aanbied. 12 toetslande en die drie bogenoemde artikels wat ek nog sal uitbrei. Daarna sal ek weer kyk wat ek ter beskikking vir die Afrikaanse Wikipedia het. Groete. --
SpesBona
21:10, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Daar is wel artikels wat jy al begin het en wat geskik is vir ons voorblad.
:) Miskien sal ek tog die
Eerste Wêreldoorlog
weer aanvat. Groete. --
SpesBona
18:20, 22 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Vandalisme
Gemeenskap, vanoggend 03:00 was daar weer 'n vandalisme aanval op hierdie Wikipedia. Kyk maar net of al die vandalisme verwyder is.
Lefcentreright
kontak
07:07, 18 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ja, die aanval was erg. Slaan toe wanneer ons almal slaap, ai! Groete!
Oesjaar
kontak
08:01, 18 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek gaan nou slaap, kom ons hoop die goggas kom nie weer vannag uit nie! Lekker slaap, jy ook
Gebruiker:Wutsje
Oesjaar
kontak
20:02, 18 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Elize Cawood
Gemeenskap, Elize Cawood is ook oorlede. Kan iemand dalk help met die tannie se geboortedatum? Groete!
Oesjaar
kontak
12:35, 18 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Morne
! Groete!
Oesjaar
kontak
16:52, 18 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die artikel het vanmaand reeds meer as 12,000 bladtrekke:
Bespreking:Elize Cawood
. –
K175
skil 'n appeltjie
09:28, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sien ook
Die ooreenstemmende artikel in Engels het sover vanmaand slegs meer as 800 bladtrekke:
. –
K175
skil 'n appeltjie
09:37, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ongelooflik!
Oesjaar
kontak
09:53, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met Oesjaar. Dit is ongelooflik!
Lefcentreright
kontak
10:09, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek was een van daardie 12000, ek onthou haar nog uit die jare van
Stralerjakkers
op
Radio Sonder Grense
, daar was net een Girly Lubbe wat vir Olaf Stroebbel (die skobbejak vertolk deur
Leon van Nierop
) en "oorle' Gert" Lubbe (haar man, vertolk deur
Johan van der Merwe
), Maxi-perd (Marina Coetzee) en Ricky (Francois Henning, toe nog kwaito-DJ Lekgoa, vandag Snotkop) en "Maria!" (eintlik Marcel, vertolk deur Rika Sennett)op hulle plekke kon sit. Dit was ook die program waar ek in 1999/2000 rond vir die eerste keer die woord "joernalis" geleer het; ek het nooit koerant gelees nie, dit was vir oumense. Elke keer as ek
Skrikkelkind: Girly se storie
sien, hoor jy haar stem klokhelder in jou ore. Ek hoop RSG doen 'n deeglike dokumentêr oor haar lewe.
Suidpunt
kontak
14:13, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
O, maar hulle het!!!
Hierso
, 11 Augustus 2020.
Suidpunt
kontak
14:48, 16 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ordnance QF 17-pounder
Gemeenskap, wat sal die korrekte vertaling van bogenoemde wees? Dit verwys na die Engelse kanon. Sien
]. Groete!
Oesjaar
kontak
13:59, 19 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sou sê QF-17-ponderkanon.
Burgert
(kontak)
10:52, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
13:22, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Advertensieskakel
'n Onaangetekende persoon het
gaan voeg by die Eksterne skakels van
Boeddhisme
. Stem julle saam dat dit 'n advertensie is en verwyder moet word? Ek is nie seker wat in sulke gevalle gedoen moet word nie.
Burgert
(kontak)
10:49, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam dat dit 'n advertensie is vir 'n reis maatskappy. -
Rooiratel
kontak
11:07, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
In enkele gevalle verskaf kommersiële skakels nuwe insigte en waardevolle inligting. Hierdie een bevat baie min daarvan - ons kan maklik self ´n artikel oor Lumbini skep, siende dat dit ´n Unesco-wêrelderfenis is. Skrap dit gerus.
Voyageur
kontak
11:28, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Verwyder! Dit gebeur al meer en meer. Groete!
Oesjaar
kontak
12:09, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
. Dankie dat jy dit raakgesien het! Dit is 'n reuse probleem op die Engelse Wikipedia.
Lefcentreright
kontak
13:46, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Inligtingskas vir tenks
Gemeenskap: Die Engelse gebruik
Infobox weapon
vir tenks ens. Wat is die Afrikaanse ekwivalent? Groete!
Oesjaar
kontak
12:31, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Inligtingskas Wapen
sal seker werk?
Burgert
(kontak)
13:25, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, laat ek en die kas mekaar nou maar aanvat... Groete!
Oesjaar
kontak
13:41, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Dalk sal ek dít vir jou kan doen, dan sal jy op die teks kan fokus en hoef nie die kassie aan te vat nie. Hoeveel tenks het ons wat dié kassie nodig het? Waarskynlik sal dit maklik gedoen kan word, aangesien die kassie dieselfde parameters as die Engelse s'n gebruik, ek moet net die teksgedeeltes vertaal.
Gooi maar net 'n bietjie brandstof of diesel in my enjin
. Groete. --
SpesBona
21:30, 20 Julie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
, dankie vir die aanbod. Ons het net drie tenks artikels
Olifanttenk
Sherman Firefly
Tiger I-tenk
. Ek het begin met die Tiger, neem asb oor, jy is sterker as ek met die sjablone. Wanneer ek klaar is met die Tiger gaan ek 'n paar tenk saadjies skep. Groete!
Oesjaar
kontak
06:31, 21 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien nou, ook die
Eland pantserkar
en
Denel G6-kanon
. Groete!
Oesjaar
kontak
06:34, 21 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Uitgevoer
– Al hierdie artikels het nou die kassie, kyk maar vir moontlike foute. Tydens dié veldtog het ek op
8.8 cm Flak 18/36/37/41
afgekom, dit lyk soos 'n moontlike voorbladartikel. Groete. --
SpesBona
20:31, 21 Julie 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
, dankie, waardeer! Dit lyk nou baie beter! Ja, ek gaan die Flak kanon voltooi na die Tiger tenk. Groete!
Oesjaar
kontak
07:00, 22 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Subspesie vs. variëteit
Gemeenskap, terwyl ek onlangs geworstel het met die fynbos was daar kommunikasie oor subspesie vs. variëteit binne ons geledere. Ek het dit goed gedink om met Dr. Tony Rebelo, spesialis in protea spesies, te kommunikeer daaroor. Hier is sy kommentaar:
Subspecies and Varieties are what the author designated them as. A modern concept a subspecies is geographically distinct, and varieties occur as discreet populations within an area, but not neatly separated. In the old days, subspecies were regarded as very different (but not enough for a species) and varieties less so. And geographical data on specimens has improved so that many varieties can now be designated as subspecies. But this requires a formal, published change: otherwise we have to use what the authors set them as. Until then, the rank chosen by the author remains.
Ek hoop dit help. Hy het deur die Leucadendrons geloer en hier is sy enigste aanbeveling:
Leucadendron brunioides
subsp.
var. brunioides
Leucadendron brunioides
subsp.
var. flumenlupinum
Geniet! Groete!
Oesjaar
kontak
15:56, 22 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dis die regte man om te vra.
JMK
kontak
10:12, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Armour-piercing discarding sabot (APDS)
Gemeenskap, geniet die stukkie inligting saam met my. Ek het op ons FB-blad gevra of iemand die Afrikaanse term ken vir bogenoemde. Wraggies, na 'n week kry ek dit toe:
Armour-piercing discarding sabot
. Afrikaans:
pantserbreek skei-klomp
en sy verduideliking is: Dit is wanneer ń dunner projektiel gedra word deur dele wat wegval sodra die projektiel die loop van die wapen verlaat. Groete!
Oesjaar
kontak
18:54, 22 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Dit sal seker net pantserbreek-skeiklomp of pantserbreekskeiklomp wees.
Burgert
(kontak)
11:12, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek neem so aan Burgert! Groete!
Oesjaar
kontak
14:13, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Die probleem hier is dat dit miskien nie die klomp is wat die pantser breek nie, maar die projektiel. Die klomp val net by die bek van die loop uit, of hoe? Nie seker nie, want ek het net na videos gekyk en dis waar my kennis hiervan eindig. Of andersins is die klomp tog die hele samestelling wat afgevuur word.
JMK
kontak
16:40, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Delpher
Gemeenskap,
Gebruiker:Jcwf
, ja hy leef nog, het hierdie onder my aandag gebring: *
Sien
veral
Ek sukkel maar met die Nederlands. Kyk maar daarna... Groete!
Oesjaar
kontak
14:12, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sê vir hom dankie, dit het my skoon ontgaan. Ek het, toe ek nog op twitter was, op 20 April 2020 daardie skakel wat prof. LotteJensen14 gedeel het, weer getweet (ek het haar [hoogleraar in die Nederlandse letterkunde] begin volg omdat sy en haar kollegas by die Radboud Universiteit in opstand teen die klakkelose verengelsing gekom het). Ek glo egter nie daarin om mense met leë hande weg te stuur nie, so hier is 'n
rekonstruksie van oud-Rotterdams
, sy heimat.
Suidpunt
kontak
17:12, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, wat se waarde het dit vir ons? Groete!
Oesjaar
kontak
17:16, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Nee, die lewe is mos gee en neem, al het die Biologieonderwyseres vir my al gesê 'n mens moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie. Hy gee vir ons 'n mooie lysie, ek stuur ietsie sentimenteels van sy heimat (en my Ouma en Oupa ook wat aan die Rottekade gebly het). Maar wat ons betref kan jy alles uitvind oor Zuid-Afrika uit die 1970's, dis kostelike vermaak. Daaroor het die koerante baie te sê gehad. Met die Sensuur het die Hollandse pers geskryf daar is so min mense wat Hollands lees in Suid-Afrika (kug-kug, volg my oë
:)
!) dat jy elke sensuurwet in Suid-Afrika kon oortree en jy sou absoluut niks oorkom nie.
Suidpunt
kontak
17:25, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Terloops,vir diegene wat wel belang sou stel in Hollandse dialekte en woordherkoms en etimologie, "as is verbrande hout" in Afrikaans lyk op 'n druppel water na die Amsterdams (
as is verbrande turf
) en dit is haas onmoontlik om hierdie uitdrukking in Standaardnederlands te gebruik aangesien die dubbelsinnigheid van
as
(naamlik as/als) ontbreek.
Suidpunt
kontak
17:48, 23 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Vertaling uit Nederlands...
Gemeenskap,
Gebruiker:Ellywa
, ons suster op die Nederlandse Wikipedia het gevra of ons nie dié wil vertaal nie? Sien
Enige vrywilligers? Groete!
Oesjaar
kontak
15:32, 25 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Hier gaan ons:
Johannes van Staden
. Groete.
Frank
kontak
08:49, 28 Julie 2020 (UTC)
antwoord
92 000
Daar is nou 92 000 artikels op hierdie Wikipedia!
Oesjaar
het die 92 000ste artikel geskep. Nog net 8 000 voor ons 'n 100 000 artikels het.
Lefcentreright
kontak
17:00, 25 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Vertaling
Gemeenskap, wat sal die korrekte vertaling vir "Assembly of the Republic" wees? Groete!
Lefcentreright
kontak
08:44, 28 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Ek weet nie of daar 'n Afrikaanse term is nie. 'n Mens kan dit seker soos in ander tale direk vertaal as Vergadering van die Republiek. In Mosambkiek is dit die wetgewende vergadering, lyk dit my.
Burgert
(kontak)
08:58, 28 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Dis eerder
Vergadering van die Republiek Mosambiek
, sonder "Republiek
van
Mosambiek". Sien gerus
Bespreking:Botswana
vir die rede hoekom. Groete. --
SpesBona
19:31, 30 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Liggingkaart Sentraal-Amerika
Goeienaand Gemeenskap: wats fout met bogenoemde? In die artikel
Wes-Indiese nasionale krieketspan
werk dit nie mooi nie, alhoewel dieselfde sjabloon in al die ander taalweergawes werk. Dit sal gaaf wees as al die Wes-Indiese toetsstadions op een kaart kan verskyn. Help asseblief! Groete. --
SpesBona
21:20, 29 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Rooiratel
, en
Aliwal2012
Kan iemand help hier? Groete. --
SpesBona
21:00, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Bladtrekke
Dit blyk asof die kortstondige gemors by die taalskakels met 'n openbare vertoning van al die taalskakels vir almal saamgeval het. Dus het ons vir 'n kort tydperk meer bladtrekke as ooit, lyk dit my. Kan dit iemand bevestig? Dit sal myns insiens 'n baie goeie rede wees om die diskriminerende korter lys aan taalskakels uiteindelik af te skaf! Dit pla my al vir 'n lang tydperk. Groete. --
SpesBona
21:30, 30 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Gebruikers met 'n Wikipedia-rekening hoef net 'n hakie te sit of te verwyder in Voorkeure > Voorkoms > Tale. Hulle kan self kies of hulle die kompakte lys wil sien of nie. Net soos hulle self die beeldgrootte van lêers mag bepaal. Hierdie soort keuses moet in alle bedryfstelsels en sagteware-programme gemaak word - nie net op Wikipedia nie. Dit sal help om nuwe gebruikers 'n kort beskrywing van die basiese funksies van die sagteware te gee.
Voyageur
kontak
22:00, 30 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Gewone lesers het nie eens die kans om dit te doen nie. Ek het dit in die oomblik, toe ek dit agtergekom het, al afgeskakel. Maar vir die meeste mense is ons deur hierdie ding "versteek. Groete. --
SpesBona
17:35, 31 Julie 2020 (UTC)
antwoord
Lees eers
hierdie
Fokus veral op die tabel by die hofie
How about languages that are not tied to any territory, such as Esperanto? Won't this feature hurt the traffic to projects in these languages?
En dan
hierdie
Dit is vir my duidelik dat tale soos
Faroëes
(fo) en
Fries
(fy) meer voordeel daaruit trek, maar Afrikaans beslis nie. Dit is te verstane, want niemand gebruik eintlik meer soos ek 'n tafelrekenaar nie. Om die waarheid te sê, al sedert Julie 2016 nie meer nie. Die meerderheid lesers van die Afrikaanse Wikipedia
gebruik selfone
. Ek kies hier juis die opsie waar bots nie ingesluit word nie.
Suidpunt
kontak
21:15, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek gebruik in elk geval 'n skootrekenaar want ek benodig 'n sleutelbord en 'n effens groter skerm as wat dit 'n slimfoon sal kan hê. Ek behoort dalk aan die generasie wat slimfone meer verpes as gebruik. Groete. --
SpesBona
21:40, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
In elk geval is dit mobiele toestelle/mobiele bedryfstelsels. Daar is beslis ook heelwat tabletrekenaars met iOS/iPadOS/Android in gebruik.
Voyageur
kontak
22:30, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dit is heeltemal so, want daar is skole wat tablette pleks van handboeke uitgedeel het. Ek probeer maar net aan die gemiddelde sosio-ekonomiese omstandighede van Suid-Afrika dink (1M bladtrekke vir Julie 2020) - want ek betwyfel sterk of elke tweede ou 'n selfoon én tablet sal hê, laat staan nog bekostig. Vir die een wie se pappie wel 'n hoë possie beklee: daardie meneer en mevrou pasryk se kroos sal eerder, hoe onlogies ook al, oor die R15k-R23k uitgee op 'n
enkele
foon wat alles kan doen (weet mense hoe breek die goed?) en hul maatjies op skool beïndruk. Net soos daardie één matriekafskeidrok, vir een aand, tussen die vodde klere in die kas.
Ek probeer juis so min geld uitgee op my selfoondiensteverskaffer (slegs in nood!), want, net soos petrol eintlik 'n onnodige uitgawe is (koerierdienste is véél goedkoper as wat ek self sou moes ry), net so is selfoondatakoste absoluut buitensporing vergeleke met Wi-fi (nee, spoed beïndruk my nie - ek is selfs tevrede met 386kb/s, dis tog net lees- en skryfwerk). Dus, liewer 'n domfoon en 'n rekenaar en ergonomie (twee 17"-skerms ouer as 14 jaar) teen sakpaspryse wat by my behoeftes pas - tuis omring deur boeke vir ywerige navorsing, as 'n Apple iPhone wat met 5G rondrinkink teen pryse wat in die
gamers
/verbruikers-klas val (wat nie 'n enkele sent op boeke sal uitgee nie, maar op halfvoltooide speletjies, YouTube en Netflix). Kortom: ek spaar my geld om meer (uitlandse en tweedehandse) boeke te koop (en DVD's vir taalaanleer) - en wat 'n onbaatsugtige diens lewer mens nie hier op Wikipedia nie?
Vir iemand soos Voyageur wat konstant op reis is - sy behoeftes en lewensomstandighede (en invoertariewe) in die Verenigde Koninkryk verskil opmerklik.
Suidpunt
kontak
05:30, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Inligtingskas Wapen
Wapen ==
Gemeenskap, hoekom wys die inligting van die
armour
parameter nie? Sien
Tiger I-tenk
. Groete!
Oesjaar
kontak
15:12, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
SpesBona
K175
Rooiratel
, en
Aliwal2012
, kan julle dalk 'n bietjie raad gee hier? Groete!
Oesjaar
kontak
06:54, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hou net vas, ek werk gou daaraan. Die
armour
parameter was missing, dis later bygevoeg by bronsjabloon op en:wp.
Ek maak "armour" solank "Pantser" in die sjabloon, reg?
Aliwal2012
10:58, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Jy is skerper as 'n Minora blade! Dankie en groete!
Oesjaar
kontak
11:19, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek vermoed ons sal die sjabloon moet hernoem, aangesien dit nie vir artikels soos
Wapen van Suid-Afrika
werk nie. Ons kort nog 'n kassie vir wapens soortgelyk aan
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me .... My voorstel is om bogenoemde sjabloon na "Inligtingskas Wapentuig" te hernoem, wat dink julle? Groete. --
SpesBona
21:00, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Nasie en staat: die verskil
As die Engelse na 'n "nation" verwys, bedoel hulle die land en sy mense - of net die land - of net die land se mense. In Afrikaans kan 'n "nasie" NOOIT na 'n land verwys nie, dit verwys ALTYD, in watter verband ook al, na MENSE. Ons kan nie sê Nieu-Seeland is 'n eilandnasie nie. Dis 'n eilandstaat. Die Nieu-Seelanders is 'n nasie, met verskillende volkere soos Maori's en Engelse wat saam die nasie gevorm het. Het pas weer in die artikel oor Ysland gesien dat dit 'n eilandnasie genoem is, maar kyk maar of daar enige gerekende Afrikaans-taalhandleiding of -woordeboek is wat noem dat 'n nasie 'n staat kan wees. Eisj, 'n mens kom die dwaling oral teë! Mooi groete.
Mieliestronk
kontak
18:55, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Interessant. Baie dankie. In Engels is
island nation
en
island country
sinonieme. In Nederland en Duits kry ons dieselfde sinonieme
eilandnatie/eilandstaat
en
Inselstaat/Inselnation
. Maar dis ook een rede meer om konsekwent Eerste Nasies in plaas van Indiane in die Noord-Amerikaanse konteks te gebruik.
Voyageur
kontak
19:27, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dis juis die probleem. In Europa sit ons met meer nasies as state/lande. Duitsland, Frankryk en Italië is in elk geval
Nationen
en
Staaten/Länder
, terwyl die staat Verenigde Koninkryk uit drie en 'n deel van 'n vierde nasie bestaan, wat ons ook lande noem. In Spanje is dit baie ingewikkeld. Ysland sal ek wel as 'n
Nation
in Duits beskryf, maar Nieu-Seeland is weer iets anders. Lees maar
de:Nationalstaat
en
de:Kulturnation
. My probleem is nie hoe Engelse iets noem nie, my moedertaal is Duits, dis my grootste invloed op my Afrikaans. Terloops, die artikel
eilandstaat
het ek al in 2012 begin, nou sien ek die regte term. Ek luister graag wat verbeteringe betref. Groete. --
SpesBona
20:00, 2 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Jim Janssen van Raaij
Gemeenskap, ek het probeer om hierdie artikel uit Nederlands te vertaal. Ek sal dit waardeer as iemand dit gou kan proeflees. Groete!
Lefcentreright
kontak
11:28, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
--
Aliwal2012
13:10, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Baie dankie!
Lefcentreright
kontak
15:19, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Liami Smith
Ek het 'n sterk vermoede hierdie gebruiker is 'n kouspop van
Gebruiker:Elana Barker
Sockpuppeting to circumvent blocking
is nie toelaatbaar nie en lei gewoonlik tot die permanente versperring van die kouspopleier en sy kouspoppe.
Lefcentreright
kontak
15:17, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
My vermoede is
Gebruiker:Racheltjie
is ook een van haar rekeninge. Ek het al in Mei vir 'n Engelse Checkuser gevra en die antwoord was: "User:Racheltjie has never edited on the English language version of Wikipedia and so there is no data available to me with which to make an assessement." So hoe kan mens uitvind?
Dumbassman
kontak
16:36, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dumbassman
Hier is ons oplossing:
m:Steward requests/Checkuser
Lefcentreright
kontak
16:49, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink julle moet versigtig wees om summier onverantwoordelike, onbewese gevolgtrekkings te maak. Racheltjie is nie ‘n skuilnaam van enige ander persoon nie. Ek het geen verwantskap met enige ander Wiki verbruiker nie. Ek was, weens persoonlike redes vir ‘n tyd lank onaktief op Wikipedia, maar dit sal regtig vir my jammer wees as julle op grond van hoegenaamd geen bewyse my wil blokkeer. Ek sal ‘n verskoning waardeer.
Gebruiker:Racheltjie
, ek vra verskoning. Niks persoonlik nie, was net 'n vermoede. Lekker aand
Dumbassman
kontak
17:43, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Verskoning aanvaar, maar ek sal graag wil weet presies op grond waarvan die aanname gemaak is. Dis ietwat van ‘n heksejag.
Jou wysigingsgeskiedenis se tydstip was verdag na Elana se skorsing. Ook omdat jy die Content Translation Tool gebruik. Weereens niks persoonlik nie.
Dumbassman
kontak
18:19, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Hoekom is Elana Barker se rekening nou weer versper? Ek dog die bemarking en kopieregskendings is geskrap, en haar vertaalbydraes was waardevol. Is dit nie dalk tyd om die versperring op te hef nie?
102.165.236.165
18:31, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die kopieregwetgewing het nie verander nie, dus alle Kennis en Wêreldspektrum bydraes is teen die wet. Dit moet verwyder word, 'n brief is oppad na Maroela Media in die verband.
Oesjaar
kontak
18:39, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Die eerste sin hierbo lees
Sockpuppeting to circumvent blocking
is nie toelaatbaar nie, en dit bly staan in Elana se geval. --
Aliwal2012
18:51, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Moet ek gou vir 'n CheckUser vra?
Lefcentreright
kontak
18:53, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Gaan voort.
Oesjaar
kontak
18:54, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dit is gedoen.
Lefcentreright
kontak
19:03, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hardus.Maree en Liami Smith is kouspoppe van Elana Barker.
Lefcentreright
kontak
19:15, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Al drie gebruikers is nou oneindig versper.
Lefcentreright
kontak
19:23, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Baie dankie! As kruisverwysing, sien
Elana se blokkering
. Dit wys jou net,
wikipedia is verslawend
Aliwal2012
19:49, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
LOL. Net so!
Lefcentreright
kontak
19:54, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Tiger I-tenk
: die laaste laaste...
Gemeenskap: ek sukkel om hierdie verwysing te laat vertoon:
Spielberger, Walter & Doyle, Hilary (2007).
Tigers I and II and their variants
. Pennsylvania: Schiffer Publishing Ltd,
ISBN 978-0-7643-2780-3
Kan iemand help asb? Groete!
Oesjaar
kontak
20:09, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Daar's hy:
Luafout in Module:Citation/CS1/Utilities op reël 82: bad argument #1 to
message.newRawMessage
(string expected, got nil)
Groete. --
SpesBona
21:00, 3 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Australiese nasionale krieketspan
Gemeenskap, uit bogenoemde artikel: wat sal die Afr. wees vir
bodyline bowling
? Ook in Engels is hy uit vir 'n
duck
. Ek ken dit as 'n
nulletjie
. Enige ander voorstelle? Groete!
Oesjaar
kontak
13:01, 4 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Pharos Nuwe Woorde en oues wat in die slag gebly het
(1999): lyfboulwerk (ek vind die woord snaaks genoeg nêrens met Google nie, vreemd; lyfbouler ken Google ook nie).
Duck
is inderdaad 'n nulletjie volgens 1997
Pharos
Suidpunt
kontak
17:46, 4 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek het gewonder oor draaibouler, maar dis 'n "spinner".
Suidpunt
kontak
17:50, 4 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ons het die
Lyfkrieket-reeks
wat oor
bodyline cricket
gaan. Groete. --
SpesBona
18:10, 4 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Vol vervoerband vir 2020-voorbladartikels
Ter insae direk gekopieer
hieruit
Hi
SpesBona
ek hoop dit gaan goed met jou daar in Duitsland!
Ek het nou 'n blink idee in die stort gekry. Met die erge opeenhoping (oormaat) van voorbladkandidate tot einde 2020, wat van as ons twee artikels per week vertoon, totdat die opeenhoping afgekoel het?
Die eerste artikel van die week Maandag tot Don, dan 'n volgende een van Don. aand tot Sondagaand. Ek kan dit tegnies manipuleer op die tuisblad deur net die #weeknommer vorentoe te skuif. Dit sal mos nie afbreuk doen aan die sterre se status nie?
Laat weet asb wat jy dink! Groete, --
Aliwal2012
11:24, 5 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Hallo Gert, dis 'n interessante idee, al het ek persoonlik geen probleem om te
waag
wag totdat die artikels wat ek uitgebrei het op die voorblad verskyn nie. Ek het mos al planne vir 2023. Ek dink maar dis net 'n kort opeenhoping vir ons voorblad. Kyk maar wanneer ek die een of ander artikel begin bywerk het. Ek dink maar dis veral my skuld dat 2020 nou propvol met nuwe voorbladartikels is. Behalwe vir Zambië het ons elke week 'n nuwe voorbladartikel gehad. Dit is my hoofdoel vir 2020 en ons sal daarin slag. Vir my voel dit nou lekker rustig en is minder stres om nie elke week aan dieselfde artikel te moet skryf nie. Dis al voldoende as ek beide die land- en krieketartikels eers weer in 2021 begin aanpak. Intussen sal ek nuwe artikels skryf totdat ek die mylpaal van 2000 Afrikaanse artikels bereik het (nog minder as 450 artikels!) en saam met ene Voyager (dis 'n ander gebruiker as ons Voyageur) die Duitse Wikipedia met goeie rugbyartikels voorsien, wat ek later sal wil vertaal. Dus het ek nie 'n probleem met die gewone stelsel nie. Maar dis net my mening. Kom ons vra vir ander gebruikers wat al voorbladartikels geskryf het soos
Burgert Behr
Voyageur
Morne
Oesjaar
Puvircho
, en
Sobaka
. Sê julle sê asseblief. Groete. --
SpesBona
19:15, 5 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek wonder of dit nie beter is om dit te los soos dit is nie. Een van die dae is die voorbladartikels op, en dan moet ons dit weer verander. Of ons sit dalk weer met 'n probleem om artikels te kry.
Burgert
(kontak)
20:13, 5 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
, ek het oor die saak nagedink. Ja, jy het 'n lekker probleem maar kom ons los dit net soos dit tans is. Myns insiens is daar die naweek gebruiker wat dan 'n voorblad kan mis. Groete!
Oesjaar
kontak
20:17, 5 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
So gemaak, dankie vir julle insette! --
Aliwal2012
20:57, 5 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Technical Wishes: FileExporter and FileImporter intro
The
FileExporter and FileImporter
will become a default features on all wikis until August 7, 2020. They are planned to help you to move files from your local wiki to Wikimedia Commons easier while keeping all original file information (Description, Source, Date, Author, View History) intact. Additionally, the move is documented in the files view history.
How does it work?
Step 1: If you are an auto-confirmed user, you will see a link "Move file to Wikimedia Commons" on the local file page.
Step 2: When you click on this link, the FileImporter checks if the file can in fact be moved to Wikimedia Commons. These checks are performed based on the wiki's
configuration file
which is created and maintained by each local wiki community.
Step 3: If the file is compatible with Wikimedia Commons, you will be taken to an import page, at which you can update or add information regarding the file, such as the description. You can also add the 'Now Commons' template to the file on the local wiki by clicking the corresponding check box in the import form. Admins can delete the file from the local wiki by enabling the corresponding checkbox. By clicking on the 'Import' button at the end of the page, the file is imported to Wikimedia Commons.
If you want to know more about the
FileImporter extension
or the
Technical Wishes Project
, follow the links. --For the Technical Wishes Team:
Max Klemm (WMDE)
09:13, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Panyaza Lesufi
Hallo, gemeenskap! Ek vertrou dit gaan goed met almal. Ek is tans besig om artikels oor die lede van Gautengse uitvoerende raad daar op die Engelse Wikipedia te skep (Sien
Lebogang Maile
Tasneem Motara
en
en:Nomantu Nkomo-Ralehoko
). Ek sal later probeer om die artikels in Afrikaans oor te vertaal.
Nou vandag het ek op Panyaza Lesufi se artikel hier op die Afrikaanse Wikipedia afgekom. Ek verstaan hy is nou nie die geliefste persoon in Afrikaner-gemeenskappe daar in Gauteng nie, maar, regtig waar, sy artikel op hierdie wikipedia is skokkend. Dit voldoen glad nie aan
Wikipedia:Neutrale standpunt
nie. Dit is aspris so geskryf om hom as hierdie vreeslike persoon uit te beeld. Afdelings soos "Afrikaans", "Wit mense" en "Afrikaners" is, in my opinie, nie aanvaarbaar nie. Party van die bronne is meningstukke. Ek het sy artikel op die Engelse Wikipedia geskryf en dit lyk glad nie so nie (Sien
Panyaza Lesufi
).
Die rede hoekom ek dit nou opbring, is omdat sekere artikels op hierdie wikipedia nie geklassifiseer kan word as neutraal nie (Sien
Lys van Suid-Afrikaanse geloftes
en
Hendrik Verwoerd
). Ons kan nie 'n wêreldklas-ensiklopedie bou sonder om neutrale standpunt beleid in gedagte te hou nie. Ek meen, ek wil nie hê dat die Afrikaanse Wikipedia verval soos die Kroatiese Wikipedia nie (Sien die berig
hier
). So, asseblief, kom ons los ons politieke standpunte by die deur en bou 'n neutrale ensiklopedie. Dankie!
Lefcentreright
kontak
10:17, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Lefsentreright
, ek het die artikel gelees. Die bronne is definitief eensydig, omtrent net Maroela Media en dit wys in die artikel. Lesufi het 'n direkte invloed in my huis, my vrou is 'n onnie maar dit gaan nie my oordeel beinvloed nie. Wikipedia is polities neutraal en so gaan dit bly. Werk so lank aan 'n neutrale verbetering, stoor dit iewers sodat die gemeenskap daaraan kan kyk. Groete!
Oesjaar
kontak
10:38, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Wat skokkend is, is dat hy daardie goed kwytgeraak het.
Wikipedia word nie gesensor nie
. Ons kan nie inhoud met bronne skrap net omdat dit vir sommige mense aanstootlik is nie. As jy sy naam by 'n soekenjin intik, dan is dit die goed wat opkom. As jy meer inligting het om by te voeg, kan jy
vry voel en jou gang gaan
. –
K175
skil 'n appeltjie
11:25, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek het my kommentaar op die saak op die besprekingsblad geplaas.
Bespreking:Panyaza Lesufi
Rooiratel
kontak
11:30, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die radiostasie Capetalk bevestig Panyazi Lesufi se standpunte ten opsigte van Afrikaans as onderrigmedium:
My child went to an Afrikaans school' Panyaza Lesufi says not 'anti-Afrikaans
. Gaan hierdie ... nou beweer my bydraes hier is rasgebaseerd net omdat hulle in Afrikaans gepubliseer word? Skrap die hele artikel totdat hy iets noemenswaardigs doen of sê.
Hier is iets wat vermeld kan word en in almal se smaak val - neutraal, seks-georiënteerd, Twitter-gebaseerd, en mnr. Lesufi se
mistresses
is aan die woord:
MEC in Abuse Scandal
Voyageur
kontak
12:37, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dis nou interessant dat neutraliteit as "sensuur" beskryf word. Myns insiens geniet Lefcentreright elke reg om die eensydige artikel oor te skryf. Maar ek vra myself ook wat hierdie soort politici oor Europeërs dink wat
vrywillig
Afrikaans aanleer en hulle reeds twaalf jaar vir Afrikaans beywer. In Duitsland sal veral partye van 'n ander politieke spektrum met misnoeë reageer. Groete. --
SpesBona
21:10, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
en
Oesjaar
Die artikel is oorgeskryf.
Lefcentreright
kontak
21:18, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Baie dankie, ek waardeer opreg! Veral saadjies of eensydige artikels oor Suid-Afrikaanse politici is 'n uitdaging op die Afrikaanse Wikipedia. Dis nie ons tak om hulle met "blanke arrogansie" te voed nie. Ons doel is
neutraliteit
, niks anders nie. Wat ons dink, is net privaat en hoort nie in artikels nie. Die leser sal tot sy eie gevolgtrekking kom. Groete. --
SpesBona
21:25, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Ek stem 100% saam.
Burgert
(kontak)
09:56, 10 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Godsdiens en politieke artikels.
Gemeenskap, na amper 12 jaar hier betrokke op ons Wiki... Ek persoonlik vermy die skep van godsdiens en politieke artikels vir een rede: dit is bykans onmoontlik om dit neutraal te skryf! Vra bv. 'n DA ondersteuner, 'n ANC ondersteuner, 'n VF+ ondersteuner en EFF ondersteuner ens. elk om 'n neutrale artikel oor bv die ou Nasionale Party te skryf. Jy gaan 'n klomp totaal verskillende artikels kry waarby elke outeur gaan sweer dit is totaal neutraal en onpartydig! Feit soos 'n koei!
Dieselfde geld godsdiens artikels! Die enigste manier om politieke en godsdiens artikels neutraal te skep is om 'n verteenwoordiger van elke party/godsdiens te kry en dat hulle een artikel saam skryf... En dit gaan ook nooit gebeur nie!
Die artikel oor
Panyaza Lesufi
verwys: ja, die man het baie dinge gesê wat my ook warm onder die kraag kry. Maar dit is nie ons taak om politiekery onder die aandag van ons gebruikers te bring nie. Ons is nie 'n koerant of blog nie. Dit beteken dat ons elke dag elke politikus se artikel sal moet opdateer, dan word die artikel tegnies 'n blog. Ek kan nog baie oor die onderwerp skryf maar gaan nie. Ons is 'n ensiklopedie!
Aktuele nie-politieke artikels soos die ontploffing in Beiroet wat slegs die gebeure weergee sonder menings/opinies/gevolgtrekkings het wel waarde.
Ek het julle met die aanvang van die inperking gevra om te help om inhoud vir ons kinders te skep. Ons kort, korrekte, op datum inligting oor wiskunde, aardrykskunde, wetenskap, biologie, tegnologie, meganika, elektrisiteit, geskiedenis ens wat kinders kan gebruik. Ek het tot die sillabusse hier geplaas. Die inperking het tot gevolg dat aanlyn onderrig gekom het om te bly in baie skole. Youtube is hoofsaaklik Engels. Ons kan 'n verskil maak. Ek nooi julle uit, moenie tydmors met dinge wat nie werklik ons taak is nie.
Sien
, waar dinge werklik verkeerd geloop het! Die WikimediaZA stigting se voorsitter,
Gebruiker:Discott
het my ingelig dat Wikimedia Stigting reken die enigste manier om die probleem op te los, is om die Wiki te skrap en oor te begin.
Dink aan ons kinders op skool... Groete!
Oesjaar
kontak
18:46, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Liewe hel. So maklik. Dan sal ek van my voorbladartikels iewers op stiffies moet begin bêre. Ek weet daar was 'n stadium toe iemand sommer vir 'n gekkedaggrap (met genoeg ondersteuners) die
Franse Wikipedia
wou toemaak (die redes wat aangevoer is was goedige draaksteek), maar ek het nooit kon dink so iets sou ooit met enige Wikipedia kan gebeur tensy... ek weet nie, absoluut niemand meer kan bydra nie en/of die taal geheel en al
dood
is. Ek het selfs al gewonder of fiktiewe tale soos Quenya of High Valyrian (wat op Duolingo aangebied word) mettertyd bestaansreg gegun sou word, want hul grammatika is amper vasgelê.
As dit een maal toegestaan is, wie sê dit kan nie ook met die Afrikaanse Wikipedia eendag gebeur nie? En wat gaan hulle maak met die rugsteunkopieë by Kiwix.org? En waarom nie sommer die Anglo-Saksiese, Gotiese en ander dooie tale toemaak wat in elk geval byna geen bydraes het nie?
Dan nog iets: Soos mens "suurstofdiewe" in die Afrikaanse taal kry, so word sulke min-besoekte artikels eintlik net "energievreters" genoem - om krag en hulpbronne en slytasie te spaar word sulke data dan afgetrek, geargiveer en heeltemal êrens in 'n kluis weggebêre. Ek is doodernstig: sakebedrywe doen dit; hoe lank voordat Wikipedia uit een of ander "groen veldtog" nie dieselfde gaan doen nie? Daar is selfs van my bydraes uit die verlede wat ek netsowel nie kon geskryf het nie, want voor die volledige besoekstatistiek was ons almal nog in die war. Niemand lees sulke werke ooit nie.
Suidpunt
kontak
20:04, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek het pas deur die Engelse Wikipedia se artikel gelees en die navorsing was meestal almal in 2011 en 2013 en 2014 gedoen. Ook by die Duitse Wikipedia. Waar was die kritici die afgelope 7 jaar dan? Was daar enige opvolgwerk? Die ander berig uit 2018 is nie 'n akademiese artikel nie, maar gewoon dié van 'n poniekoerant.
Suidpunt
kontak
20:29, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dinge gaan nog net so aan... Maar nou ja...
Oesjaar
kontak
20:35, 6 Augustus 2020 (UTC)
Groete!
antwoord
Ek ondervind geen probleem om ander godsdienste soos Christendom, Judaïsme, Islam, Boeddhisme en Hindoeïsme op 'n neutrale manier te beskryf nie. Dis darem soos artikels oor 'n ander land se kultuur, volk of taal. Ek doen dit met gragte, veral om onkennis en haat te voorkom. Ek het eerder 'n probleem daarmee as na die
Tora
net heeltyd as "Ou Testament" verwys word of net die Christelike benamings van Moses se vyf boeke gebruik word. Dis alles behalwe neutraal. Ek dog daar bly sowat 70
000 Jode in Suid-Afrika en van hulle praat Afrikaans. Ons skryf ook vir hulle. Dis hoekom ek artikels soos bv.
Chanoeka
geskryf het. Dieselfde geld vir
Kaapse Maleiers
vir wie ek bv.
Asjoera
geskryf het. Groete. --
SpesBona
21:20, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Wernigruenenfelder
se bydraes.
Gemeenskap, sien asb
6 Augustus
, daar is ook baie ander. Ek het 'n probleem met die sinnlose bydraes en rooi skakels wat hy maak en in die verlede gemaak het. Die goed het geen waarde nie. Julle insae asb! In kort, ek begin nou gatvol word vir van die Europese gebruikers wat dink ons woon nog in bome... Groete!
Oesjaar
kontak
20:34, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hy doen net rekenaarvertalings en sulke goed. Van sy artikels is net gemors en bied geen ensiklopediese waarde nie. Ek is moeg vir daardie... Groete. --
SpesBona
21:05, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Stem heelhartig saam, Werni tree baie frustrerend op. --
Aliwal2012
05:59, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Help my dan asb. As iemand vir my kan se wat nie kwalifiseer as sinneloos nie, sal ek graag my fokus op daardie artikels fokus. My inligting is nie verkeerd nie en wat die geboortes/sterftes betref is dit ook nie sinnelose geskiedkundige figure nie (my doel is om vanaf die einde van 2020 dan ook die artikels oor die indiwidue te plaas sodra hulle deur die taalversorging goedgekeur is)? Ek sal baie graag nie ´n irritasie wil wees nie. Is daar iemand in Pretoria met wie ek kan gesels?
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
Wernigruenenfelder
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
Geboorte- en sterftedatums van onbekende mense het geen waarde nie. Dink net as ek die geboortedatum van 'n klubrugbyspeler op die Duitse Wiki plaas, wat se waarde gaan dit hê? Gee 'n lys van artikels wat jy wil skryf dan kyk ons. Ek bly in Krugersdorp, die een gebruiker wat ek ken in Pretoria wil anoniem bly.
Oesjaar
kontak
10:43, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Miskien kan Werni vir
Gebruiker:Ossewa
in Pretoria kontak? --
Aliwal2012
11:08, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Terwyl ons besig is om almal te skors, kan ons sommer sy rekening ook op die lykswa laai! –
K175
skil 'n appeltjie
12:08, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Wernigruenenfelder
Hallo! Hoe gaan dit? Een van die fundamentele beginsels op Wikipedia is
Wikipedia:Aanvaar goedertrou
. Ek het liggies deur jou bydraes en besprekingsbladsy gegaan. Ek aanvaar jy wil die projek help en nie afbreek nie, maar daar is twee probleme wat ek raakgesien het en dit moet dringend aangespreek word. Hulle is as volg:
Om rooi skakels te laai op bladsye soos
6 Augustus
en
Lys van outeurs/B
help nie eintlik nie. Jy moet die artikels skep en dan oplaai. Dit lyk net beter.
Jou gebruik van 'n masjienvertaler. Ek weet dit is gerieflik, maar rou masjienvertalings is gewoonlik gevul met Anglisismes, Germanismes, spelfoute, ens. Oor die algemeen van swak gehalte. Nou om talle masjienvertalings in 'n kort tydperk te skep, sonder om die taal na te gaan, help nie veel nie. Onthou die beginsel
Kwaliteit van kwantiteit
As jy dit aanspreek en daarop verbeter, is jou bydraes meer as welkom.
Lefcentreright
kontak
12:30, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Myns insiens is dit baie verkeerd om met rekenaarvertaalde goed en botartikels te groei. Ons kan net lesers trek as ons oor baie artikels met 'n hoë gehalte beskik. Ons kan ander taalweergawes net klop as ons aan die beginsel "kwaliteit bo kwantiteit" voldoen. Andersins gaan die leser na die Engelse Wikipedia of elders. Ek dink maar dis ook deel van die onderhoud van ons taal Afrikaans, of hoe? Groete. --
SpesBona
21:15, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Jy slaan die spyker op sy kop! Groete!
Oesjaar
kontak
21:16, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Mense wat Afrikaans verpes sal ons net kan teister as ons ensiklopedie van die boonste rakke is. As ons artikels net van 'n lae gehalte is, hoor ek hulle net lag. Groete. --
SpesBona
21:25, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir die insette. Dankie ook dat julle met my in kontak tree. Ek sien dat ek die etiket oortree en sal graag met Ossewa wil gesels om minder golwe te maak. Hoe kontak ek vir hom? Die Afrikaanse Wikipedia-projek is vir my verskriklik belangrik. My kinders begin nou die internet gebruik en dit is vir my belangrik dat hulle in Afrikaans op ´n bree spektrum naslaanwerk sal kan doen op Wikipedia. Ek het 30 jaar in die Duits en Franssprekende buiteland gebly en my Afrikaans het gevolglik ´n "Duitse inslag". Ek het in die begin die Wikipedia-vertalingsfunksie gebruik maar sedert meer as ´n jaar is al die kort artikels en bydraes my "eie Afrikaans". Ek het gevolglik opgehou om self lang vertaalde artikels te plaas en het op lyste en kort artikels gefokus. Indien moontlik (ek weet nie hoe nie), sal ek graag van my eerste artikels wil afhaal en erens hou totdat ek iemand kan kry om die taalversorging te doen. Hoe doen ek dit? Ek het tans so 300-400 artikels op Word wat vir ´n taalversorger wag voordat hulle geplaas kan word. Die kommentaar dat die mense "onbelangrik" is wil ek graag terugwys. Almal is indiwidue wat ´n groot bydrae gemaak het tot die geskiedenis van die mensdom. Ek stem met van die kommentaar ooreen dat akteurs en sportslui net in uitsonderlike gevalle ingesluit behoort te word (en very ek hulle dus). Die name wat ek in die geboorte en sterftelyste ingesluit is, is die vernaamste indiwidue op dieselfde artikels van die Duitse, Franse, Nederlandse, Sweedse, Deense en Norweegse Wikipedias. Vername en bekende mense wat in die kunste, politiek, wetenskap en ekonomie groot invloed gehad het. Baie van hulle is in die "Engelse wereld" (Suid-Afrika is deel daarvan) onbekend omdat die Engelse wereld hoofsaaklik net op die Engelse wereld fokuseer. Miskien moet ek die logika agter my bydraes verduidelik. In my besigheid het ek geleer dat as ´n mens groot volumes wil hanteer, dat dit altyd help om ´n raamwerk te bou en daarna die raakwerk in te vul. Sal dit aanvaarbaar wees as ek eers die lyste voltooi en die "rooi" skakels
vir eers ongedaan maak totdat ek artikel oor die spesifieke persoon geskryf het?
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
Wernigruenenfelder
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
PS Werni: Teken asb jou bydraes hier met 4 tildes (
~~~~
), dan weet ons jy het dit geskryf!
Woon jy in Pretoria? Los vir
Gebruiker:Ossewa
'n boodskap hier:
. Met jou agtergrond kan jy verseker 'n positiewe verskil hier maak! Groete!
Oesjaar
kontak
09:29, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
N.P. van Wyk Louw
Goeienaand gemeenskap! RSG gedenk in Augustus
N.P. van Wyk Louw
, maar daar is iets fout met sy sterfdatum. Help asseblief! Groete. --
SpesBona
21:30, 6 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
- elke plek waar ek soek sê 18 Junie en nie Augustus nie. Selfs 2 ander plekke in die artikel. Ek dink die 14 Augustus was maar net 'n fout.
Rooiratel
kontak
09:25, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam. Besoek
Wikidata
vir vyf verwysings en ook
Afrikaanse letternet
Martinvl
kontak
13:18, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek het sover as moontlik alle skakels wat ek kon kry aangeskakel... Groete!
Oesjaar
kontak
08:50, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek is 'n ryk man...
Gemeenskap: iets anders, ek vermoed julle kry dit ook. Iemand uit Suid-Soedan maak kontak met my op Linkedin. Na hoflike, saaklike kommunikasie, toe kom die ware kleure te voorskyn: die persoon se pa het baie geld (US $5.5miljoen) in Engeland wat hy nie kan kry nie omrede hy nie uit Suid-Soedan kan wegkom nie en ek kan help... Toe staak ek maar die gesprek want ek weet wat gaan kom: betaal 'n geldjie om die geld uit Engeland te kry en in die proses moet ek my bank besonderhede bekend maak... Ek het in elk nie sy geld nodig nie want ek die afgelope week die Europese Lotery, die Britse lotery en nog 'n Nasionale Lotery iewers gewen... Ek is 'n ryk man. Groete!
Oesjaar
kontak
13:05, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Soos ons in Engels sê "pigs will fly".
Martinvl
kontak
13:20, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Suid-Soedan
? Ek het dié artikel in 2010, voor dié land se onafhanklikheid in 2011, begin. Waar is my prys? Ek ontvang veral aanbode uit Nigerië en Benin. Groete. --
SpesBona
21:05, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Net laas week het ek Jamaika s'n gewen. Ek moet net R50K in een of ander rekening deponeer en dan kry ek die geld. Lekker.
Lefcentreright
kontak
21:12, 7 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Iets vir die gemeenskap...
Gemeenskap, sien
Geniet!
Oesjaar
kontak
21:42, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, ek het hierdie by prof. Laurette Pretorius gekry. Indien jy dit nog nie voorheen gelees het nie, sal ek graag jou mening oor die artikel wil hoor. Groete!
Oesjaar
kontak
15:20, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek is dankbaar oor die skakel, en vir massagebruik is die internet gunstig. Maar ook die internet het sy teenpool. Elsabé Brits vra - as alles dan digitaal is, wat het ons eendag oor vir die argeoloë in 'n post-digitale wêreld.
Spoorlose e-generasie
. Ook Steve Hofmeyr het al tydens 'n onderhoud gesinspeel as daar eendag 'n apokalips uitbreek en syne is die enigste boek wat op die ashoop gevind word, dan sal daar 'n ander oogpunt wees om na die jare 2010's te kyk.
Dit hinder my nogal ook. Ons sien reeds dat baie verouderde data-formate onversoenbaar is met huidige tegnologie. Ons sien hoe MXit uit die vroeë 2000's al sy data en mobi-boeke saam met hom in 'n digitale graf ingesleep het. Alles is weg.
Ook het ek al die nadele van e-boeke beleef. Feite verander, en mense is meer geneig om die ou feite uit te wis (en e-boeke dateer hulle sommer self op) as om die nuwe feite by te plak. Iemand in die toekoms gaan dus moeilik tot 'n gevolgtrekking kom hoe 'n denksprong gemaak is (dis soos om 'n Franse boek te lees sonder om die plaaslike Franse geskiedenis te ken). Dit is iets waarmee historici vandag nog probleme het. 'n Boek kan ook swerf, maar as 'n webwerf sluit, dan sluit hy. As jy vroegtydig by archive.org voorsorg getref het - wonderlik! Maar ook net jy sal daarvan weet.
Aan die ander kant help die digitale wêreld dat jy gouer terugvoer kan kry. En die onmiddellike voordele is ook nimmereindigend.
Ek het Vrydag na 'n onderhoud met Naomi Morgan op YouTube gekyk (professor in die Frans, deur die Franse Akademie tot ridder geslaan vir haar vertaalde werke uit Frans in Afrikaans): sy het nie geweet daar was soveel vertalings uit Frans in Afrikaans in die jare 1960 nie (wat vir my sê sy het moontlik
Lys van vertalings in Afrikaans
geraadpleeg), ook nie van die voorgeskrewe werk wat sy op hoërskool gehad het nie - en sy was aangenaam verras deur die goeie vertaling in Afrikaans. Ek dink sulke "lyste" as inventarisse moenie onderskat word nie - ek dink dit werk meer sielkundig as iets anders: dit skep 'n vastigheid: "daar is honderde werke om op terug te val".
Suidpunt
kontak
20:16, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Maroela Media
Gemeenskap, neem kennis asb. Ons het 'n brief gekry van Maroela Media se regspan en het gevolglik hulle artikel tydelik versper totdat die probleem opgelos word. Groete!
Oesjaar
kontak
21:50, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Hoekom? Groete,
Lefcentreright
kontak
21:52, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Naamskending blykbaar. Die WikimediaZA raad sal die saak bespreek Dinsdagaand. Kom ons los dit net hier asb. Groete!
Oesjaar
kontak
21:54, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek het net so groot geskrik toe ek die kennisgewing op die blad gesien het.
Lefcentreright
kontak
21:55, 8 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die oplossing is eenvoudig: verwyder enige laster van die artikel en herstel feitlike, onomstrede inhoud wat daar bestaan het voor die laster bygevoeg is. Ek het nou vry gevoel en my gang gegaan en die nodige wysigings aangebring. –
K175
skil 'n appeltjie
05:56, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
K175
, die WikimediaZA raad het opdrag gegee dat die artikel onsigbaar gemaak moet word totdat die regsdinge uitsorteer is.
Oesjaar
kontak
07:16, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
As dit waar is...
Wel, ek gaan my stuiwer ingooi as onafhanklike bydraer, want ek kan werklik nie insien hoe ek aanspreeklik gehou kan word vir 'n blad waaraan ek nie gekarring het nie (of is ek as administrateur/bydraer outomaties deel van die kollektiewe skuld?)
Het ek die dialoog op die besprekingsblad van die artikel misgeloop? Want sover ek weet moet jy eers 'n paar skietgoed versamel voordat jy... Huh?
In die verlede het ons 'n politikus Ferdi Hartzenberg gehad wat 'n skrywer, Advokaat P.J. Pretorius ("Gewese lid van Nasionale Intelligensie"), gedagvaar het oor die boek "Volksverraad". Hy was leier van een van die splintergroepe van die sogenaamde regse partye. Nou, volgens hierdie advokaat was hierdie versplintering van die regse partye 'n idee wat net die Nasionale Party kon bedink het om die Konserwatiewe Party te rysmier. Hoe groter die versplintering van die opposisieparty, soveel te beter. Die name van baie van hierdie partyleiers is verdag gemaak.
Nou die advokaat het by later tye, soos blyk uit 'n onderhoud wat Claus Nordbruch met ander politici gevoer het in 1995-1997, aan een van hierdie leiers erken dat hy by sekere puntjies 'n saak verkeerd verstaan het en diegene [dis nou die wat nie gedagvaar het nie] om verskoning gevra het. Baie skrywers, het ek nou ook al geleer, gooi 'n klip in die bos en kyk watter haas gaan uitspring. As iemand iets lasterlik van jou sê, help dit nie jy gooi 'n prokureursbrief voor nie, want dit lyk net of jy die waarheid
koop
of
afdwing
- en dit maak die publiek juis agterdogtig [juis oor transnasionale megakorporasies wat met die beste prokkies kry wat hulle wil hê, ek sê maar net].
Verder - 'n geniale 5-jarige (met die intelligensiekwosiënt van 'n 20-jarige, maar die emosionele intelligensie van 4-jarige) kon daardie artikels geskryf het. 'n Hond kon selfs daardie artikel geskryf het, en 'n hond kan jy nie belet om sy been teen die posbus te lig nie (ek het al probeer, maar dit werk nie). Nou wat maak jy dan? Beveg vuur met vuur: skryf 'n ontsettend goeie brander terug.
Dieselfde met
Jacques Pauw
: moenie hom dagvaar as hy versinsels het nie, pie op sy battery met 'n veel dikker boek wat al die waarhede bevat.
O, en eh... ek onthou nog hoe
Anoeschka von Meck
se artikel gelyk het voordat die outeur self op 7 Mei 2017 ingeklim en enige vorm van laster bloot verwyder het met as byskrif: "Onakkurate persoonlike inligting verwyder en geredigeer." Ek dink nie Wikipedia het nog 'n prokureursbrief van haar ontvang nie
Laastens onthou ek van
hierdie petalje
wat hiertoe gelei het:
News24.com
op 23 November 2011. En weer was daar geen prokureur by betrokke nie.
Suidpunt
kontak
13:09, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
'n Vandaal het nog een aand John Steenhuisen se artikel gevandaliseer en toe gebeur
dit
. Ek gaan Suid-Afrika mis :D
Lefcentreright
kontak
13:56, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
Die artikel oor Maroela is beskerm teen wysigings deur anonieme/nuwe gebruikers en die verwydering van lasterlike inhoud is aanhoudend teruggerol. –
K175
skil 'n appeltjie
14:12, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Eers was daar sprake van blatante plagiaat van Maroela Media se kant (wat dit natuurlik nie is nie - Elana Barker het nooit vreemde tekste as haar eie bydraes gekenmerk nie), dan was daar sprake van kopieregskending wat dit blykbaar dan ook nie is nie. Die kopiereghouer kan tog maklik gekontakteer word om die saak reg te stel.
Voyageur
kontak
15:27, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hoe ek dit verstaan is Wereldspektrum en KENNIS "orphaned works", maar die Suid-Afrikaanse kopieregwet maak voorsiening dat iemand die eiendom weer eendag kan koop en geld daarvanaf maak. My probleem lê dat Maroela Media nie 'n onpartydige, onafhanklik en neutrale bron is nie. Maar net my mening, netnou word ek gedagvaar vir nonsens praat.
Dumbassman
kontak
15:39, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die vraag is of daar êrens op aarde onpartydige, neutrale en onafhanklike bronne bestaan. Net skrywer en leser mag saam bepaal dat iets onpartydig is. Daar is ongelukkig miljoene en miljarde belange en menings en sienswyses en wat ook al. Eintlik moet ons 'n Wikipedia Evangelical, Wikipedia Progressive, Wikipedia Feminist, Wikipedia LDS, Wikipedia Liberal, Wikipedia Tea Party en wat nog alles beskikbaar stel.
Voyageur
kontak
15:52, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Jy is reg. Ek is ook nie die regte persoon om die besluit te maak nie. Iemand kan altyd aanstoot neem met enigiets... Die Engelse gesegte "It's offensive to be offended"
Dumbassman
kontak
15:55, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die artikelinhoud was korrek as die inhoud van Wêreldspektrum en Kennis, op die tydstip toe dit geskryf is, deur Suid-Afrikaanse kopiereg beskerm is en nie
A) onder 'n vrye lisensie beskikbaar gestel is vir gebruik op Wikipedia nie,
B) die kopiereghouer dit ook nie eksplisiet geskenk het aan die Wikimedia-stigting nie. 'n Sodanige ooreenkoms moet op Wikipedia vermeld word. Dit is blykbaar ook nie "orphaned works" volgens Amerikaanse kopieregwetgewing nie aangesien die kopiereghouer bekend is. Selfs in gevalle waar hy nie bekend is nie en die materiaal te goeder trou as orphaned beskou en gepubliseer word, bestaan die moontlikheid dat hy te eniger tyd regtelike stappe kan instel om sy kopiereg op te eis. Fair use is nie van toepassing op Suid-Afrika en die Afrikaanse Wikipedia nie.
Publikasie van inhoud op Wikipedia is regtelik 'n verklaring deur die betrokke gebruiker dat die gepubliseerde inhoud onder 'n vrye lisensie val. Van die inhoud is geskandeer en opgelaai.
Voyageur
kontak
16:37, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
APCBC
in Afrikaans...
Gemeenskap, so paar weke terug het ek julle ingelig insake die Afr. naam vir
Armour-piercing discarding sabot
(APDS) wat
pantserbreek skei-klomp
is. Oor APCBC, sien hierdie videos
en
wat onder ander APCBC verduidelik. Nou verstaan ek dit ook.
Nou, die Afrikaans is:
Pantserbreek-dop ballistiese-dop-projektiel
... Wat dink julle? Geniet die videos. Groete!
Oesjaar
kontak
11:02, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
MotoGP vs Motorfiets Grand Prix
Gemeenskap, na
Brad Binder
se historiese oorwinnig, wat is die korrekte bewoording? Groete!
Oesjaar
kontak
14:37, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink maar dis verwant aan
Formule Een
Aliwal2012
, wat dink jy? Groete. --
SpesBona
21:10, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
MotoGP is die gebruiklike term. Groete, --
Aliwal2012
06:28, 10 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Aktueel
Kan die histories oorwinning van
Brad Binder
asb in Sjabloon: Aktueel weerspieël word. Die mannetjie het geskiedenis gemaak. Groete!
Oesjaar
kontak
20:35, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
, kyk asseblief. Groete. --
SpesBona
21:01, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
21:06, 9 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Vraag
Gemeenskap, wat word 'n inwoner van Lesotho genoem? Ek is op pad om 'n klomp oor Lesotho-parlementslede te skep en ek soek graag die korrekte term. Ek kry dit as "Mosotho". Weet iemand miskien die antwoord? Groete,
Lefcentreright
kontak
18:47, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
selfde probleem met Botswana en Eswatini. Die etniese groepe help nie, aangesien van hulle natuurlik ook in Suid-Afrika bly. Groete. --
SpesBona
18:55, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Eswatini se finansies minister Neal Rijkenberg is nie etnies Swazi nie, maar hy word beskryf 'n Swazi politikus.
Lefcentreright
kontak
19:02, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Is Swazi(-land) nie verouderd nie? Groete. --
SpesBona
18:58, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Nee wat. Hulle gebruik nog steeds Swazi. Ook die
US State Department
beskryf 'n inwoner van Lesotho as 'n "Mosotho".
Lefcentreright
kontak
19:02, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
'n Lesotho-burger is wel 'n Mosotho, maar soos ek laas met jou geargumenteer het by
Moeketsi Majoro
, hoekom wil jy dit in die inleiding skryf? Dit maak dit baie eksplisiet, alhoewel dit die ware feite is. Dis so goed jy skryf "Barack Obama is 'n Hawaaiis-gebore Afro-Amerikaner" in sy inleidende paragraaf. Ek voel dis bietjie van 'n "over kill" as jy verstaan wat ek bedoel.
Ek is wel, net soos jy, 'n Boer/Afrikaner, maar ek verkies om nie so in 'n kassie geprop te word nie. Ek is wel 'n trotse Suid-Afrikaner en basta! Ek verpes dit om 'n Boer genoem te word, want dan kan die donkergroenes net weer die rassekaart teen my speel! Groete --
Aliwal2012
19:50, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hallo Aliwal. Dit is 'n probleem waarmee die Katalaanse Wikipedia sit. Hulle sal elkeen volgens sy geboortedistrik en etnisiteit takseer, byvoorbeeld X is 'n Kataloniër, maar nie 'n Spanjaard nie. Dit maak die Spanjaarde weer die moer in, want in hulle oë ontken die Katalane dat Spanje bestaan (wat eintlik die Katalane se soete weerwraak is op Spaanse onderdrukking van die taal en kultuur). Ek dink ons sien bloot 'n "generation gap" (met permissie gesê). Ek het in 'n anti-nasionalistiese en pro-globalistiese tydperk grootgeword (waar Disney en kie voortdurend soek na eksotiese verhale en een of ander verlore stam, soos te sien met
Moana
) en waar nasiestate bloot 'n konstruk is deur 'n paar Britse, Franse, Portugese en Belgiese here om 'n tafel vol drank bedink hoe Afrika as koek opgesny moet word. Daar is immers lande wat nie deur ander lande erken word nie, so wat is iemand van Kosowo? Staatloos? 'n Niks? Dis nou net 'n (on)gelukkie dat my paspoort en geboortesertifikaat in Suid-Afrika voor en na 1990 was. Sterf vir 'n
land
? Vir 'n naampie op 'n muur wat buitendien eendag gaan omdonder, terwyl jou vrou en kinders onsimpatiek sonder vaderfiguur moet voortploeter en hoor wat 'n gemors hy was omdat hy hom by 'n vorige regime geskaar het onder diensplig? Ha-ha-ha - die gedagte!
Suidpunt
kontak
20:09, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ons het dié probleem al bo gehad: die verskil tussen staat en nasie. Die Katalane is in elk geval 'n eie nasie, soos Puerto Ricane, Sahrawis, Palestyne, Koerde, Oeigoere, Tibettane, en baie ander. Maar hulle beskik nie oor 'n eie staat nie. Groete. --
SpesBona
21:10, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Die vyf pilare van Wikipedia
Gemeenskap, ek het twee van ons gebruikers (hulle weet wie hulle is) gevra om hierdie dokument uit Engels te vertaal. Ek persoonlik verkies hierdie weergawe, die ander weergawe is
. Die gemeenskap moet 'n keuse maak (versmelting is ook 'n moontlikheid...), help asb. Ek dink ek werk 'n bietjie gatkant vorentoe hier....maar nou ja! Groete!
Oesjaar
kontak
19:07, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar se weergawe is baie meer duidelik. Jy hoef nie te twyfel oor wat geskryf is nie, omdat dit so glasduidelik is.
Lefcentreright
kontak
19:16, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar se verwerking is die beste. (Beter as die Engelse Garbage-In-Garbage-Out). En basta.
Suidpunt
kontak
19:29, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Waar pas ons die dokument in, saam met ons beleide? Moet ons iewers daarna verwys? Groete!
Oesjaar
kontak
20:38, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
O ja, en dankie aan die twee Samritane wat hulle tyd op geoffer het! Dit word waardeer. Groete!
Oesjaar
kontak
20:39, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Springbokke
Net as iemand wonder waar ek die afgelope vier dae was: Ek het 'n groot vertaalwerk gedoen en die nuwe lesenswaardige artikel op die Duitse wiki, wat ek saam met
Gebruiker:Voyager
geskryf het, weer in Afrikaans vertaal. Enige proeflees word opreg waardeer. Groete. --
SpesBona
21:00, 11 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Blykbaar was hierdie uitbreiding "perfek", of hoe?! Groete. --
SpesBona
18:40, 17 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Mariner 4
Gemeenskap, ek soek hulp met die geskikte infoboks asb! Groete!
Oesjaar
kontak
19:24, 13 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek wou jou been trek met 'n databoks, maar kry nie Afrikaans vir "planetary flyby" of "space launch vehicle" nie. Sterkte
Dumbassman
kontak
21:11, 15 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hierdie artikel is nou voltooi en ek soek nog raad met 'n infoboks... Groete!
Oesjaar
kontak
12:07, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ag jy kan sommer 'n generiese een gebruik, jy hoef mos nie 'n doelgemaakte een te hê nie! Kopieer
Apollo 14
se inligtingskas en skryf jou eie parameters daarin. Bv., vervang "Maanlanding" met "Aankoms by Mars", ens.
'n Ander opsie is sjabloon
{{
Inligtingskas
}}
wat vir enige onderwerp gebruik kan word. Groete, --
Aliwal2012
13:41, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Negehoek
Gemeenskap, in Engels is dit 'n
nonagon
. Is daar 'n Afrikaanse woord vir dit? Groete!
Oesjaar
kontak
11:12, 14 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ons moes lankal 'n lys begin het:
oktagoon - ag(t)hoek
enneagoon of nonagoon - negehoek
dekagoon - tienhoek
endekagoon - elfhoek
ens.
Suidpunt
kontak
14:17, 15 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
(soortvan), sien
Veelhoek
, julle kan daar karring. -
Rooiratel
kontak
02:14, 16 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie,
Rooiratel
Suidpunt
kontak
11:30, 16 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Vyftienjaargemeenskap
Gemeenskap, geluk aan
Gebruiker:Sobaka
wat iewers in Julie 'n lid van die klub geword het! Ander aktiewe lede is
Gebruiker:Alias
en
Gebruiker:Puvircho
. As ek iemand oorgeslaan het, groot omverskoning... Groete!
Oesjaar
kontak
20:18, 15 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Hi Oesjaar, dankie daarvoor. Kan jy net met
Gebruiker:Puvircho
sy 15 jr bevestig? Die meter wat ek gebruik, sê hy is op 2008-11-20 21:14 geregistreer. Miskien was hy slegs 'n IP-bydraer voor dit? Groete, --
Aliwal2012
23:45, 15 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dag Aliwal, ek dink ek was ’n IP-bydraer voor ek as gebruiker geregistreer het, maar dit was nie van 2005 af nie. Ek is dit eens met jou inligting dat ek sedert 20 November 2008 onder my gebruikersnaam bydraes maak. Ek het nog ’n entjie om te gaan voor ek by die vyftienjaarklub kan aansluit.
Puvircho
kontak
13:59, 17 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Puvircho
, dankie vir die eerlikheid. Lyk vir my regtig die ouderdom begin my inhaal. Groete!
Oesjaar
kontak
15:05, 17 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, geen probleem. En die ouderdom kom maar nader aan my ook.
;)
Puvircho
kontak
07:48, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Puvircho
, ek is mal oor jou vlagartikels, onafhanklik van enige ouderdom. Baie dankie vir al daardie. Groete. --
SpesBona
10:50, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Skryfwedstryd
Goeienaand Gemeenskap, vandag het ek op ou bladsye soos
Wikipedia:Skryfwedstryd 2010
en
Wikipedia:Skryfwedstryd 2015
afgekom. Eersgenoemde onthou ek nog baie goed, ek was al hier betrokke, maar het nie daaraan deelgeneem nie; laasgenoemde het nooit plaasgevind nie. Nou is ons tien/vyf jaar later. Wat dink julle, is dit weer tyd om 'n
Wikipedia:Skryfwedstryd 2020
te hou? Ek dink maar dit sal 'n goeie geleentheid wees om al die onlangse moeilikhede met daardie virus oor te kom, bowendien kry ons waarskynlik nog artikels van 'n hoë gehalte. As iemand vra sal ek waarskynlik as 'n beoordelaar optree, soos tydens die
onlangse skryfwedstryd op die Duitse Wikipedia
(en
tydens een ander
). Wat dink julle? Groete. --
SpesBona
18:35, 17 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink so. Ons sal waarskynlik/hopelik 'n beter reaksie kry as in 2010, want daar is nou meer mense wat hier bedrywig is.
Burgert
(kontak)
15:36, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek voel dit is 'n briljante idee. Ek het vandag op die Nederlandse Wikipedia raakgelees dat daar gaan binnekort een op daardie wiki plaasvind. (Sien
nl:Wikipedia:Schrijfwedstrijd
). Ons kan miskien volgende jaar ons eie weergawe van die Engelse Wikipedia se
en:Wikipedia:WikiCup
hou? Wat dink julle? Groete,
Lefcentreright
kontak
19:03, 20 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Sterfdatums met v.C.
Gemeenskap, vir Sterfdatums van jaar 1 en aan gebruik ons die sjabloon
{{
Sterfjare
}}
. Kan dit gebruik word vir sterftes v.C.? Indien, hoe? Groete!
Oesjaar
kontak
06:30, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
...iets anders: ek sien
Djengis Khan
, leier van die Mongole, se sterfdatum word op die tuisblad-brokkies as 1227 genoem, terwyl artikel
1227
sê sy seun
Jotsji Khan
is ook dieselfde jaar oorlede. Vra maar net? --
Aliwal2012
10:12, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Volgens britannica.com is albei in 1227 oorlede. Help asb. met die
Springbokke
bo! Groete. --
SpesBona
10:39, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ike Moriz
Gemeenskap, ek het 'n probleem met al die eksterne skakels van die artikel. Dit dra niks by tot die artikel nie en is myns insiens suiwere bemarking. Julle gedagtes asb? Groete!
Oesjaar
kontak
18:59, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Gaan jou gang en vee dit gerus uit! --
Aliwal2012
22:16, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ons sit nou weer met een van daai nuwe bydraers wat oorywerig is en alles vir beter of wors wil verander. Julle opinie? --
Aliwal2012
22:42, 18 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Gee nuwe gebruikers maar 'n grasietydperk – om die wiki-styl te begryp verg 'n paar jaar. En wie ook al in daardie sanger belangstel sal seker gelukkig wees met die bladsy. Ja die eksterne skakels kan maar waai, of na die besprekingsblad oorgeplaas word indien iemand dit wil gebruik vir navorsing.
JMK
kontak
09:05, 20 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
T(h)embisa
Gemeenskap, blykbaar is
Tembisa
nou T
embisa, volgens
Lefcentreright
kontak
19:52, 22 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Breitbart.com as 'n bron 2.0
Goeienaand Gemeenskap en baie welkom binne-in die Amerikaanse verkiesings. Ja, dis om die draai. 'n Mens kan dit sien in die onlangse wysigings en van die bronne wat gebruik word is die verregse Breitbart.com. Ek dog ons het besluit om dié webwerf nie te gebruik nie, maar
kyk net hier
. Sien iemand kans om hierdie webwerf op 'n
Wikipedia:Spam blacklist
te plaas, soos die
Engelse Wikipedia dit al gedoen het
? Hulle versprei lekker
fopnuus
en is alles behalwe 'n betroubare bron vir 'n neutrale ensiklopedie. Ek weet, die eerste "konserwatiewe" gaan nou binne enkele minute "sensuur" skree, maar hierdie is nie die
Kroatiese Wikipedia
nie. Groete. --
SpesBona
21:00, 24 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die betroubare bronne vra ongelukkig intekengeld - iets wat Wikipedia se Anonymous- en ander onbetroubare skrywers ook nie so maklik ter beskikking het nie. Alle nuus en kommentaar, wat tans nog hoofsaaklik deur die pers gedek word nie, hoef nie eers hier te verskyn nie. Ons kan gerus wag totdat akademiese bronne (dinkskrums se artikels, monografieë en ander) gepubliseer is. Ons sal hier ook hoegenaamd geen invloed op kiesers kan uitoefen nie.
Daar is eerste interessante publikasies:
Stiftung Wissenschaft und Politik Berlin, 18 Augustus 2020: Johannes Thimm - Fundamentale Mängel im US-Wahlsystem
En belangstellendes mag die prosedures toets - voorbeeld:
Vote.Utah.gov
Voyageur
kontak
21:27, 24 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met
SpesBona
, Breitbart is nie 'n betroubare bron nie.
Greenman
kontak
00:02, 5 September 2020 (UTC)
antwoord
Nikolaus Laubscher
Gemeenskap, sien die artikel. Dit moet verbeter word, enige voorstelle is welkom. Op die besprekingsblad het iemand gevra of dit hoegenaamd op die Wiki hoort... Groete!
Oesjaar
kontak
08:06, 26 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek dink die artikel was voorheen min of meer aanvaarbaar, totdat iemand 'n stamboom boaan gaan plak het. Ek dink die stamboom moet beslis uitkom.
Burgert
(kontak)
14:02, 26 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Belangrik: dringende instandhouding op 1 September
Lees hierdie boodskap in 'n ander taal
Die
Wikimedia Foundation
toets tans sy sekondêre datasentrum. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia wiki's aanlyn kan bly, selfs ná 'n ramp. Om seker te maak dat alles reg werk, moet die afdeling Wikimedia Technology 'n beplande toets uitvoer. Hierdie toets sal wys of hulle betroubaar van die een datasentrum na die ander kan oorskakel. Dit verg baie spanne om voor te berei vir die toets en beskikbaar te wees om enige onverwagte probleme op te los.
Hulle sal alle verkeer na die sekondêre datasentrum oorskakel op
Dinsdag, 1 September 2020
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkings in
MediaWiki
, moet alle redigering stop terwyl ons oorskakel. Ons vra om verskoning vir hierdie ontwrigting en werk daarna om dit in die toekoms tot die minimum te beperk.
U sal alle wiki's vir 'n kort tydjie kan lees, maar nie kan redigeer nie.
U sal op Dinsdag 1 September vir 'n uur lank nie kan wysig nie. Die toets begin om
14:00 UTC
(15:00 BST, 16:00 CEST)
As u gedurende hierdie tyd probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap sien. Ons hoop dat geen wysigings verlore sal gaan gedurende hierdie minute nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As u die foutboodskap sien, wag dan totdat alles weer normaal is. Dan sal u u redigering kan stoor. Maar ons beveel aan dat u eers 'n afskrif van u wysigings maak, net vir ingeval.
Ander effekte
Agtergrondprogramme sal stadiger wees en sommige sal moontlik gestaak word. Rooi skakels word moontlik nie so vinnig soos gewoonlik opgedateer nie. As u 'n artikel skep wat reeds elders gekoppel is, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. Sommige skrifte met 'n lang looptyd moet gestop word.
Kode sal gevries word vir die week van 1 September 2020. Nie-noodsaaklike kode-ontplooiings sal nie plaasvind nie.
Hierdie projek kan indien nodig uitgestel word. Jy kan die skedule lees by
wikitech.wikimedia.org
. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word. Daar sal meer kennisgewings hieroor wees.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap.
Trizek (WMF)
talk
13:48, 26 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Skotse Wikipedia
Gemeenskap, kyk wat met die Skotse Wikipedia gebeur het,
Majority of Scots Wikipedia articles are gibberish due to single prolific editor
. --
Lefcentreright
kontak
15:09, 26 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Goddank het ons nog twee ander tale ter beskikking. Vir almal wat belang stel in
Skots
('n Germaanse taal wat nou verwant is aan Engels en onder meer met
Robert Burns
geassosieer word) - sien
The Open University
Open University: Scots
Daar is selfs 'n Sentrum vir die Skotse taal met aanlyn-kursusse:
Centre for the Scots Leid
. 'n Mens wonder net hoekom belangstellendes soos daardie administrateur in die Skotse projek nie hiervan gebruik maak nie.
Voyageur
kontak
15:23, 26 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dis maar 'n treurige Wikipedia as niemand hom in al die jare kon gestop het nie. Hy was maar 12 jaar oud toe hy begin het, sien ek.
Burgert
(kontak)
15:34, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Deesdae leer mense nog nouliks Skots as skryftaal aan, al is daar baie geesdriftiges wat prosa en poësie in Skots geniet. Ook is daar waarskynlik min behoefte aan 'n ensiklopedie in Skots. Ek sou ook die voorkeur gee aan blogs soos
Mak Forrit
. In Noord-Ierland sal Ulster-Skots in die toekoms moontlik naas Iers een of ander amptelike status kry.
Voyageur
kontak
15:47, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Administrateurs
Hallo, gemeenskap.
Oesjaar
het vir my gevra om die volgende gedeelte,
Procedural removal for inactive administrators
te vertaal.
Sê asseblief of julle met die volgende vertaling saamstem, want dit is nogal 'n
belangrike een
"Administrateurs wat vir minstens 12 maande geen wysigings of administratiewe aksies aangebring het nie, se status
kan
onthef word. Hierdie ontheffing is omkeerbaar en moet nooit as 'n besinning oor die gebruiker se gebruik van, of regte op, die status beskou word nie.
Voor die ontheffing uitgevoer word, moet die onaktiewe gebruiker minstens 'n maand voor die ontheffing via hulle gebruikersbesprekingsblad en e-pos in kennis gestel word. Hulle moet ook na die ontheffing gekontak word.
Ontheffing word deur Opsigters (
Stewards
) behandel en so 'n versoek moet
hier
gerig word."
Groete! --
Lefcentreright
kontak
19:39, 26 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Mense, dis 3 uur in die middag van die volgende dag en julle het nog nie jul mening hieroor gelig nie. Hierdie is 'n
ongelooflike
belangrike beleid. Ek kan nou 100% verstaan hoekom daardie admins gekies het om onaktief te raak.
Lefcentreright
kontak
13:21, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Admins, dit begin nou dringend raak dat ons as Admins, as 'n groep, begin om beleidsrigtings en dokumente te finaliseer. Ons Wikipedia het sy kinderskoene ontgroei, die wittebrood is verby. Volgende jaar is ons 20 jaar oud en hopenlik bereik ons die 100,000 aantal artikels ook! Ek wil graag 'n beter verjaarsdag partytjie wil reël as vir ons 15de verjaarsdag. Ons sal moet stem oor 'n paar dinge, maar met 'n groep van 18 waarvan x onaktief is, is dit moeilik om 'n stemming te hou en meerderheid besluite te kry. Bogenoemde uittreksel uit die Engelse dokument is deel 'n globale beleid, ons moet dit gehoorsaam. Groete!
Oesjaar
kontak
14:33, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die volgende admins is onaktief:
RAM
JCBrand
Jcwf
, en
BenBezuidenhout
Lefcentreright
kontak
14:51, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Reg so
Dumbassman
kontak
14:57, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Wat wen 'n mens met so 'n beleid? Gaan dit die ou administrateurs weer aktief laat deelneem? Dit lyk nie juis verpligtend nie, wat beteken julle "kan" dit doen as julle so voel, of dit sommer net los. Groete.
Frank
kontak
15:05, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, my kompetisie-inskrywing is pas voltooi en versend.
(Ek het presies hierdie bogenoemde antwoord geskryf, Frank het my nou voorgespring):
As ek 'n vraag mag opper: wat presies is die haas en die sin daarvan, ons praat nou al van... 19 jaar later (sedert 15 Januarie 2001) onder die klip uitkruip? En dit boonop vir 'n stokperdjie by 'n
piepklein
Wikipedia? (Ek wil amper sê, wat de donder?!). Is daar 'n eksklusiewe beperkte ledetal per Wikipedia in die losie op die ellelange waglys waarvan die ledegeld agterstallig is? Is dit 'n aanmoediging om administrateurs te noop om sê maar 30 artikels terug te rol per maand (en dus meer betrokkenheid as die aangewese klaskaptein aan te moedig) - en dit komende van die Engelse Wikipedia wat juis aktiewe bydraers op 'n string elke dag verloor - so ons looi maar die gewillige eseltjies wat oorbly? En verloor ons hulle ook... ag, nou ja -
tant pis
. So jy stroop hulle nou van hul status - is dit dan nou 'n straf vir diegene wat in ieder geval, in hulle oë, beter en lekkerder dinge het om te doen? En as daar later geen Admins oorbly nie, wat dan? Nie dat 'n mens verwag om tot na jou dood nog die status te behou nie, maar ek probeer werklik die logika van die stap te begryp. Dit is lankal nie meer 2011,
toe die besluit geneem is
nie - die partytjie is helaas verby: jy moet soebat en smeek om lede te kry!
Suidpunt
kontak
15:22, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek verstaan ook nie die haas nie. As niemand reageer nie beteken dit seker die vertaling is min of meer aanvaarbaar (ek sou dit beter kon doen, maar nou ja – grappie!). 'n Jaar is darem baie kort. As
Swartbaard
my vang en 'n jaar lank aanhou, gaan ek darem baie hartseer wees as ek terugkom en sien ek is my status kwyt.
Burgert
(kontak)
17:22, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ai hel, dit kan mos nou nie so moeilik wees om te begryp nie. Op elke liewe Wikipedia (behalwe die een!) word onaktiewe administrateurs se regte onthef vir sekuriteitsdoeleindes. BenBezuidenhout, RAM, ens. gaan nie terugkeer nie. Almal van hulle lewe sulke hul beste lewens buite Wikipedia. As hulle terugkeer (Onwaarskynlik, ek twyfel), dan kan hulle weer vir hul regte vra.
Lefcentreright
kontak
11:03, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
OK, dan. Ek het dit net aanvanklik ironies gevind dat ek jou nominasie ondersteun het omrede, sover ek kan onthou: "ag ja wat. As die Yslandse Wikipedia en Latynse Wikipedia onderskeidelik 28 en 21 admins het, waarom moet ons met slegs 17 tevrede wees?". En vir hierdie aanstelling moet nou onmiddellik 'n paar koppe rol... Dit het nogal snaaks gelyk, moet jy toegee.
Suidpunt
kontak
11:15, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, 18 op papier, minder as 10 in die praktyk...
Oesjaar
kontak
11:53, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Tsk. Herinner my nou aan my artikel oor
kerkverlating
. Ons het 3 000 lidmate, waarvan slegs 30-100 elke Sondag kerk toe gaan voor die kwarantyn. Tog word die 3 000 ander se verjaarsdae op die kerkblaadjie aangetoon. Wat 'n sonde sal dit nie wees as ons die ander 2 970 sonder genade net uit die kerkdatabasis wis nie (nie dat daar ooit moeite gedoen word om die ou skape te gaan haal nie) - want die meeste tiendegewers sit by die huis ("God het nie jou geld nodig nie, maar gee jou tiende!"). Jy sal later nie 'n enkele kerk oorhê nie. Ek moet erken, dis vinniger, makliker en geriefliker om 'n kontantoordrag te maak met die allernuutste toep as om 'n uur lank na 'n
Hineininterpretierung
te luister. Maar wis my net uit jou databasis, Dominee, dan kry jy nie 'n blou sent meer uit my nie. Dus: die name word behou. Maar eintlik het Leftrightcenter 'n geldige punt beet, want as ek, as 'ouderling' (spreekwoordelik, want sulke kerkpolitiek staan my regtig nie aan nie) sou weier om die kerkraadvergaderings by te woon sou ek seker een of ander dissiplinêre tug gekry het (deesdae omring die predikant hom in elk geval net met jabroers, so dit vergemaklik die snelle deurvoer van allerlei irrelevante projekte wat absoluut boggerol met Evangelisasie te make het). Aan die anderkant: dis net nog 'n rede waarom die kerke leegloop: te veel onsmaaklike binnekringpolitiek.
Suidpunt
kontak
14:52, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, ek was my hele lewe in bestuurs posisies en het paar dinge geleer: 1) moenie passasiers saam dra nie,2) bou 'n besigheid om uitsette en nie mense nie, 3) hou emosies uit jou besigheid. Die beginsels is in my gegiet. Rome was nie in drie dae gebou nie, maar dan was ek ook nie die projek bestuurder nie! As ek die dag weg is van moeder aarde, verwyder my gebruikers bladsy van die Wiki, my job sal dan gedoen wees. Daar is geen rede hoekom ek onthou moet word nie. Maar dit is my persoonlike siening... Groete!
Oesjaar
kontak
15:01, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Nadat die hond uitgesit is, wat nog nie eers 'n jaar oud mag geword het nie weens 'n vermoedelike breingewas, het ek besluit: se moer. Ek is in my hart bly ek het daardie video-opnames gemaak van die piepklein handjievol wat hy eers was. Nou goed, hy was later 'n verskrikking: hy kon my susterskind nie verdra nie, en dié het alles in sy vermoë gedoen om hom te tart. Hy het al die kind se goed afgevat, selfs die klere van sy lyf gestroop. Jy mag geen aandag aan iets anders as die hond gegee het nie. Nie verniet was sy bynaam later "Drakie" nie. Jy speel nog die een oomblik, die volgende oomblik hap hy verwoed na jou. Hy het 'n spoor van verwoesting gesaai. Hy het die ander honde se kos opgevreet (hy het 'n onversadigbare aptyt gehad - hy sou 'n hele sak hondekos opvreet tot hy naar is). Hy het die ander kleiner honde geboelie, al was hulle veel ouer, en kleiner as hy. Hy het om 07:30 soggens winter en somer geneul hy wil kos hê (soos net 'n roetine-vaste Dobermann kan). Hy het gedurig in jou pad gelê, en soos hy groter geword het moes jy hekkies oor hom spring. En tog - ons weet 'n hond laat sy geite staan na 2 jaar.
OK. Die geesteswetenskap wil rekord hou van elke liewe mens op die aarde. Wat anders soek jy dan nog hier? Hoe gaan mense jou lewensfilosofie begryp waarmee jy die lewe aangepak het? Wie gaan die verhaal vertel van die pioniersdae? Nou goed, die Aneïs se verhaal van Rome se ontstaan is gruwelik - eers is die groepie Trojane verdryf na Latium (dit is afgelei van
latere
- 'skuiling soek') en daarna het hulle die een bloedige oorlog met die volke rondom hulle ontketen - soos net Vergilius met tamatiesous op sy bors kan vertel.
Ek sal vir jou 'n paar kersies laat brand, soos die Franse Wikipedia maak:
Hierdie Wikipediaan het heengegaan op xx maand 20xx. Hierdie blad bly in sy nagedagtenis behoue.
Dankie, maar dit is waardeloos... Groete!
Oesjaar
kontak
15:53, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ons sal vir oom 'n boodskap hier skryf
en:Wikipedia:Deceased Wikipedians
Lefcentreright
kontak
16:06, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ons moet veral probeer om hulle hier weer betrokke te kry. Dit help meer as hulle van hul status te ontneem. Terloops, dit het niks met Lefcentreright se status te doen nie, hulle is al sedert jare inaktief. Jammer, maar ek beskou Frank ook as inaktief, veral in vergelyking met die ou dae, waar jy hier 'n uitstekende werk gedoen het! Frank, sien jy enige kans vir 'n terugkoms? Groete. --
SpesBona
18:00, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Wat Wikipedia betref, seker, maar daar is nog baie vuur in die kaggel! Onaktief of de not hou ek julle vordering met groot belangstelling dop. Miskien later, wie weet, maar dit lyk darem of julle goed aangaan, waarmee ek hoogs in my noppies is. Groete.
Frank
kontak
07:26, 5 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek ondersteun die voorstel. Die Engelse Wikipedia het dit reeds
in-diepte bespreek
. Dis belangrik vir die gesondheid van die Afrikaanse Wikipedia, en as 'n ou admin weer aktief raak, kan hy/sy maklik weer herstel word.
Greenman
kontak
00:18, 5 September 2020 (UTC)
antwoord
Karl Friedrich Abel
Gemeenskap, die meeste Wiki's gee die naam met 'n C, dis Carl. Wat is korrek in Afrikaans? Groete!
Oesjaar
kontak
18:26, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Lyk of Carl reg is.
Burgert
(kontak)
19:58, 27 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Statistieke
Aangesien die 93 000ste vanaand geskep is, het ek gewonder: hoe lyk die statistieke van die Afrikaanse Wikipedia? Dit is wat ek vir hierdie maand gekry het:
Bladtrekke (altesaam): 7,2 miljoen
Wysigings: 21 duisend (af met 15,19%)
Nuwe gebruikers: 41
Aktiewe gebruikers: 56 (op met 1,82%)
Bladtrekke per land:
SA: 1 miljoen
VSA: 282 duisend
Indië: 156 duisend
Rusland: 87 duisend, ens.
Bron:
Wikimedia Statistics
. Groete!
Lefcentreright
kontak
19:53, 28 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Lefcentreright
, jy gee my nou 'n verruklike idee.
Oesjaar
... as ons woordvoerder, sal u asseblief (indien ook, veral ook, miskien volgende jaar) met
Kaapse Bibliotekaris
in verbinding tree? Dis eintlik 'n koffietafel-tydskrif wat oor die algemeen goeie ruimte laat vir ondersoekende joernalistiek. As 'n onderhoud dan nie met u toegestaan word nie, dan wel met Wikimedia Suid-Afrika se Douglas Scott et al. Ons kan daarna die artikel by
Afrikaanse Wikipedia
voeg.
Waarom?
Tydens hierdie kwarantyntydperk is meer op ons gesteun as ooit tevore, juis omrede die biblioteke gesluit was.
Wikipedia dien slegs as aanvulling of selfs ondersteuning vir die biblioteke, ons vervang hulle nie.
Biblioteek
verskaf juis skakels na Provinsiale (Dorps)biblioteke, sodat die lesers binne 'n japtrap kan uitvind watter boek nog op die rakke is. Dink maar aan lyste van vertalings, woordeboeke, opsommings van boekresensies, asook aanhalings uit boeke wat verder geraadpleeg kan word. As jy mooi gaan kyk na Brocade se Slims-stelsel, word die outeurname outomaties geskakel met 'n verskeidenheid Wikipedias.
Die wetenskapsfiksieskrywer en argivaris (asook tekenaar),
François Verster
, wat gereeld uitstekende bydraes lewer (gegewe die beperkte ruimte!) het al vantevore op die Afrikaanse Wikipedia bygedra. Gebruik sy naam as verwysing.
Ek dink regtig die tydskrif word effens onderskat - dis boonop gratis en vryelik toeganklik (by party biblioteke word die lede egter geweier om die tydskrif uit te neem). Albei partye baat dus hierby.
Die Wikipedias op Suid-Afrikaanse bodem voldoen aan die kriteria betreffende eg-Suid-Afrikaanse sake, en die problematiek of vars indrukke wat nog nie op
Afrikaanse Wikipedia
uitgelig is nie, kan bygevoeg word.
Die nuwe redakteur was vroeër betrokke by die
Weg!
, so die avontuurlus ontbreek nie.
Die
Kaapse bibliotekaris
is al vir jare 'n tweetalige staatsblad, dus, op welke wyse ook al, roof en plunder ons hulle nie van enige wins of aansien nie.
Suidpunt
kontak
07:30, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek wil veral weet wat die liewe Indiërs lees. Indiese tale, Durban, krieket? Waar kom hulle vandaan? Leer hulle Afrikaans aan? Afrikaans en Hindi is mos albei Indo-Europese tale. Groete. --
SpesBona
17:45, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dit hang af van watter Indiërs jy praat. Daar was 'n tydperk toe Holland 'n deel van Indië besit het, en nee, dit was nie Nederlands-Indië (Indonesië) nie, maar Indië-Indië, soos afgelei kan word in boeke soos "Hortus Indicus Malabaricus" (
). Ek en
Jan Rabie
deel byvoorbeeld, ek dink, vir my twaalf geslagte terug ene
Catharina van Malabar
, maar as vrygekoopte slavin is sy reeds in Holland met 'n Hollander getroud. Dit kom dus 'n lang pad. Dit is dus die Hollander-aandeel.
Verder is dit nou al algemene kennis dat die Britte die Indiërs ingevoer het om in die suikerrietplantasies te werk. En, soos onder die Jode het die moedertaal by die omgewing aangepas.
Eintlik het die Duitse Wikipedia reeds genoeg geskryf
Ander etniese groepe wat jou moontlik sal interesseer: Ek het al boeke soos I.D. du Plessis se boek
The Cape Malays
in my trommel, en daar is ook 'n Duitse boek (eintlik 'n vertaling?) oor die
Chinese Mynwerkers
by archive.org.
Voyageur
moet asseblief kennis neem van
Report of the Commission of Enquiry into Scientology
uit die jaar 1972. Dit is deur die Suid-Afrikaanse regering uitgereik.
Suidpunt
kontak
19:27, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Heerlike vermaak... Dankie vir die skakel. Alhoewel ek graag eers die tegniese toestand van hul tikmasjien sou wil ondersoek...
Voyageur
kontak
14:05, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die Kaap en Indië binne die Britse Ryk, Suikerriet in Natal, Gandhi in Suid-Afrika, die INC 'n bondgenoot van die ANC, Indiese tale soos Gujarati, Hindi, Oerdoe, Portugees, Tamil, Telugu, in Suid-Afrika, Indiërs wat die Suid-Afrikaanse Proteas ondersteun,
Adriaen van der Stel
: Dis mos alles alombekend. Ons het al baie Indië-verwante artikels en ek gaan waarskynlik nog baie meer skryf. Nou weet ek ook hoekom. Ons prikkel belangstelling van 'n ander samelewing en dis presies wat ek wil bereik: Interkulturele kontak. Ons enigste voorbladartikel wat Indië betref is tans die
vlag van Indië
en as hy net genoeg ondersteuning kry sal in 2021 die
Indiese nasionale krieketspan
volg. Dit herinner my ook aan my belangstelling in al die groot katte van die wêreld: 'n Voorbladartikel oor die
tier
sal 'n uitstekende prestasie wees, nes die
leeu
poema
en
jagluiperd
. Groete. --
SpesBona
21:30, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Eintlik soek ek vir my 'n toep/app, maar iets wat nou nie heeltemal volgens 'n Gantt-skema werk nie. Het jy dalk vir my een?
Ek wil iets hê wat so werk: hy moet kan oopklap, doodtrek, kommentaar byvoeg. Byvoorbeeld:
Wikipedia-artikels
Korttermyn
(oorspronklike literêre navorsing)
[klap toe]
1.1.
Stigtingsdag
[klap toe]
1.1.0. Kry inligting by archive.org
Uitgevoer
1.1.1. Kry inligting uit die 1920's uit delpher.nl
Uitgevoer
1.1.2. Kry inligting uit die 1930's uit delpher.nl
1.1.3. Kry inligting uit die 1940's uit delpher.nl
1.1.4. Kry inligting uit die 1950's uit delpher.nl
1.1.5. Kry inligting uit die 1960's uit delpher.nl
1.1.6. Kry inligting uit die 1970's uit delpher.nl
Langtermyn
(oorspronklike literêre navorsing)
[klap toe]
2.1.
Intensiewe vorme
[klap toe]
2.1.1. Lees
Van Wapens en 'n man
deur (digterliker as J.T. Benade se prosavertaling van die
Aneïs
).
2.2.
Volksetimologie
[klap toe]
2.2.1. Sif
Op ons taalakker
deur J.J. Smith (674 bladsye)
2.2.2. Sif deur delpher.nl (dit is 'n nagbank vol!)
2.3.
Stigtingsdag
[klap toe]
2.3.1. Soek bykans onverkrygbare inligting oor die 1980's, veral waarom die dag weer heringestel is, nadat die Vorster-kabinet Van Riebeeckdag om ekonomiese redes afgeskaf het in 1973/1974.
2.4.
Die Oera Linda Boek
(Thêt Oera Linda Bok)
[klap toe]
2.4.1. Vra vir
Wutsje
of bogenoemde boek 'n bespotting vir die Friese kultuur is (en/of hoe hulle met hierdie boek omgaan). Is dit 'n heiligdom vir die moderne Friese, of is dit 'n vervalsing of 'n parodie van die Mosaïese verhale? Die boek is nogal postmodernisties in die sin dat dit die Friese was wat die Romeinse kultuur beïnvloed het, en nie vica versa nie. Tog is dit interessant dat die verhaal vertel van 'n beskawing wat tot niet gegaan het nadat die volk sy siel vir geld en blinkgoed verkoop het ('n didaktiese vermaning daarby!) - nogal 'n hele paar dekades
vóór
Oswald Spengler se
Der Untergang des Abendlandes
Uitgevoer
2.4.2. Lees die boek van voor af deur. Vergelyk die teks met die Hollandse vertaling van J.C. Ottema.
2.4.3. Kry die Afrikaanse resensies (reeds verlede jaar afgelaai by Sabinet). Neem in ag dat Adriaan Snyman se toegevoegte kommentaar die meeste aandag geniet, maar nie die vertaling self nie.
Uitgevoer
2.4.4. Vind uit of die "Rooi Haan op iemand se dak sit" (Snyman-vertaling vir brandstigting) verband hou met die Russiese kultuur, wat heel toevallig 'n soortgelyke uitdrukking ken:
"Hwa en ôtheris hvs ut nid thene
rade hôn
anstekt nis nèn Fryas, hi is en horning mith basterde blod."
"Wie eens anders huis uit boosheid den
rooden haan
opzet, is geen Fries, hij is een hoerenkind, met basterd bloed."
Dit laat mens ook nogal dink aan Rudyard Kipling se "Red Flower" uit
The Jungle Book
(18
94
) - vuur, natuurlik. Seker toevallig, want
Thêt Oera Linda Bok
is reeds in 18
72
gepubliseer.
2.4.5. Begin delpher.nl deursoek (verwag 'n bloedbad)
2.4.6. Fynkam archive.org vir nog meer inligting en kommentaar.
[...]
Suidpunt
kontak
13:26, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
Wat bedoel jy nou? Ek verkies my skootrekenaar altyd bo my "slimfoon". Ek voel net met 'n klawerbord veilig. Dis die generasie "PC", jy weet?
:) Groete. --
SpesBona
21:58, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
Oera Linda Boek
Regarding the
Oera Linda Boek
: imo, the text of
en:Oera Linda Book
is quite accurate. You will probably find no living Frisians around who regard it as a serious historical source. The
communis opinio
is that it is a 19th century falsification, with the aim of glorifying the origin and the history of the Frisian people. Regards,
Wutsje
kontak
13:45, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ik dank u hartelijk. Tot mijn spijt ken ik geen Fries.
:)
Suidpunt
kontak
13:55, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Kategorie:Kandidate vir spoedige verwydering
Gemeenskap, sien asb.
Kategorie:Kandidate vir spoedige verwydering
. Dit is vol leë subkategorieë wat deur Wwikix verouder is deur bladsye te herkategoriseer. Ons kan of sy herkategoriserings ongedaan maak (baie werk) of ons kan al hierdie leë subkategorieë skrap en hulle herskep wanneer die behoefte weer bestaan (dan maak ons ander gebruikers buiten Wwikix se bydraes ongedaan). Watter roete sal ons volg? –
K175
skil 'n appeltjie
20:36, 28 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
K175
, skrap maar... hoe seer dit my hart ook al maak. Groete!
Oesjaar
kontak
08:34, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Skrap asb. --
Aliwal2012
08:53, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Ek het omtrent 60 vandag geskrap --
Aliwal2012
11:40, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Ja, skrap maar.
Burgert
(kontak)
08:59, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Nog statistiek...
Aan ons analiste: sien
, ek wens ek kon weet wat die ouderdom verspreiding van die gebruikers is... Duidelik is die militêre/Tweede Wêreldoorlog (miskien tegnologie) dinge gewild. Julle menings.. Groete!
Oesjaar
kontak
08:41, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
OK, daar was 272 bewerkings in Julie 2020, dis die 264ste mees besoekte artikel vir Julie 2020, 4 betrokkenes, 0,5% mobiele kyke en altesaam 809 kyke volgens
Topview Analysis: Julie 2020
. Hou net aan met rol en rol en rol, en siedaar.
Suidpunt
kontak
09:06, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, vergelyk dit maar met
Weergawegeskiedenis van "Tiger I-tenk"
, dis presies die maande, waar jy aan die artikel gewerk het. Ná elke wysiging word die artikel opnuut gelaai en dus "gelees". Die statistiek vat dit as 'n "leesaksie" op. As mens 'n artikel 300 keer wysig, word die artikel 300 keer gelees, as jy elke keer nog "Wys voorskou" gebruik, lees jy die artikel 600 keer. Groete. --
SpesBona
17:55, 29 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Radio occultation
Gemeenskap, ek het my vasgeloop teen 'n Engelse tegniese term wat my opleiding, woordeboeke, tegniese boeke nie kan verklaar nie. Sien
. Ek wag, enige voorstelle... Eish! Groete!
Oesjaar
kontak
18:22, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Wat van die letterlike "radio-okkultasie". Groete. --
SpesBona
18:30, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dit klink amper soos die duiwel se dinge! Dankie en groete!
Oesjaar
kontak
18:32, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
okkultasie
- Verduistering van 'n hemelliggaam deur 'n ander hemelliggaam tussenin kom. Uit my HAT, so leer mens altyd! Groete!
Oesjaar
kontak
09:38, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Die Sterrekundewoordeboek gee ook "radio-okkultasie".
Burgert
(kontak)
10:07, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Kategorie:Bladsye met gebreekte lêerskakels
en
Kategorie:Gaan taal na
Goeienaand Gemeenskap, albei kategorieë groei tans lekker. Groete. --
SpesBona
21:45, 30 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dankie aan
Gebruiker:Burgert_Behr
wat die meerderheid van die Gebreekte lêerskakels herstel het. Groete!
Oesjaar
kontak
13:49, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Dis 'n plesier.
Burgert
(kontak)
14:14, 31 Augustus 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie van my kant ook. Wat al die Gaan taal na-artikels betref sal ek skrap bo herstel verkies, hulle groei maar net lekker. Groete. --
SpesBona
21:56, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker Sandput artikels
Gemeenskap, ek het begin skoonmaak aan
gesoekte kategorieë
. Ek het op verskeie gebruiker/sandput artikels afgekom bv.
Gebruiker:Wordscape/temp38
en
Gebruiker:Charlielv55/sandput/Kiri Te Kanawa
. Die probleem met die halfvoltooide artikels is dat dit rooi skakels en rooi kategorieë veroorsaak. Kan ek maar die sandput artikels skrap? Dit veroorsaak onder andere verkeerde statistiek ens. Groete!
Oesjaar
kontak
07:40, 1 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek het solank omtrent 8 van Charlie s'n geskrap. Doen asb. die res as julle dit raakloop. Groete/kragloos, --
Aliwal2012
07:46, 2 September 2020 (UTC)
antwoord
Domenico Veneziano
Gemeenskap, kan iemand asb help met die Boek sjabloon. Ek vermoed die redakteur gedeelte moet uit. Bevestiging asb. Groete!
Oesjaar
kontak
) 11:14, 2 September 2020 (UTC)
Uitgevoer
na 'n dag sonder krag. Groete!
Aliwal2012
16:21, 2 September 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
20:12, 2 September 2020 (UTC)
antwoord
Mariner program
Gemeenskap, my eie taal maak my soms deurmekaar... Moet bogenoemde vas, koppelteken of los wees? EK het besluit om maar die hele Mariner program/Mariner-program/Marinerprogram te vertaal met al sy ruimtetuie siende dat 4 amper klaar is. Groete!
Oesjaar
kontak
18:28, 2 September 2020 (UTC)
antwoord
Mariner-program en Marinerprogram is albei reg. Tegnies is sulke goed sonder 'n koppelteken, maar 'n koppelteken kan ingesit word as jy voel dit is werklik nodig.
Burgert
(kontak)
15:26, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
New Wikipedia Library Collections Now Available (September 2020)
Hello Wikimedians!
The TWL owl says sign up today!
The Wikipedia Library
is announcing new free, full-access, accounts to reliable sources as part of our
research access program
. You can sign up for new accounts and research materials on the
Library Card platform
Al Manhal
– Arabic journals and ebooks
Ancestry.com
– Genealogical and historical records
RILM
– Music encyclopedias
Many other partnerships are listed on
our partners page
, including
Adam Matthew
EBSCO
Gale
and
JSTOR
A significant portion of our collection now no longer requires individual applications to access! Read more in our
recent blog post
Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects!
--
The Wikipedia Library Team
09:49, 3 September 2020 (UTC)
This message was delivered via the
Global Mass Message
tool to
The Wikipedia Library Global Delivery List
Baie dankie, ek het onmiddellik toegang verkry. Ek is bly om weer toegang te hê tot JSTOR. Dit is juis hier waar ek artikels uit die pen van
Françoise Waquet
gekry het (ek is mal oor daardie Franse dame...). Ook ander blaaie is nou beskikbaar, soos Ulrich Ammon se stukke, wat vir my as universiteitstudent nie beskore was nie. Hier en daar is daar ook 'n artikel, soos H.F. Heese (Universiteit van Wes-Kaapland, 1989), wat meer detail verskaf oor
Die
Wet op Verbod van Gemengde Huwelike
(1949), 'n Wikipedia-artikel wat gereeld deur skoolkinders besoek word. [
].
Voyageur
sal sy gate uit geniet met die 3 400 stukke téén/of vir? die Sciëntologie. Oor die algemeen is daar baie... goedkoop, eensydige identiteitspolitiek rakende Suid-Afrika, hoewel daar ook argeologiese vondse opgeteken is. Opwindende pitkos oor waterstofmotors is ook daar te kry. Daar is ook 'n artikel waarna Voyageur kan kyk, naamlik "Der Protestantismus in Venedig im XIV Jahrhundert" (1990) [
]. ('n Artikelnaam wat my laat lag het: "
Asatru
– An Academic Religion?")
Suidpunt
kontak
13:05, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Wikipedia is nou amptelik die grootste Afrika-wiki
Dagsê gemeenskap!
Dis met groot vreugde dat ek kan aankondig dat die Afrikaanse Wikipedia die
Malgassiese Wikipedia
dié week verbygesteek het wat hoeveelheid artikels betref, na jare se volgehoue pogings. My bron:
List of Wikipedias
Dankie veral aan
KabouterBot
, maar ook die gereelde lewende bydraers (
Oesjaar
SpesBona
Voyageur
Burgert Behr
K175
Sobaka
Rooiratel
Suidpunt
Lefcentreright
, en
Puvircho
).
Dit beteken die af:wiki is nou die grootste Afrika-wiki volgens artikels. Beslis iets om te vier! Groete --
Aliwal2012
13:57, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
Dankie aan almal wat hier help! Elke artikel tel! Hou so aan! Groete!
Oesjaar
kontak
14:23, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
Die afgelope twee dae was ek 'n bietjie besig met die nasionale simbole van Namibië en Suid-Afrika, heelgeskik tydens Erfenismaand. Hoop maar julle hou daarvan (verskoon maar enige taalfoute!). Die volgende naweek sal ek besig wees met die vertaling van die nuwe Duitse lesenswaardige artikel
Englische Rugby-Union-Nationalmannschaft
in Afrikaans (dis baie werk!). Geniet! Groete. --
SpesBona
21:30, 3 September 2020 (UTC)
antwoord
Kategorieë:Sterfte jare v.C.
Gemeenskap, is daar 'n sjabloon wat gebruik kan word hiervoor? Of hoe gebruik mens sjabloon
{{
Sterfjare
}}
daarvoor en hoe? Groete!
Oesjaar
kontak
06:47, 4 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek verstaan nie wat jy bedoel nie. Soek jy so iets:
en:Template:DeathyrBC
Burgert
(kontak)
09:43, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, ja. As ek n.C. skep dan kom die volgende in:
{{Sterftejare|180|0}} {{Commons-kategorie|1800 deaths|Sterftes in 1800}}
Dit blyk dat daar nie 'n ekwivalent vir sterftes v.C. is nie. Groete!
Oesjaar
kontak
09:49, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek weet nou nie of ek drooggemaak het nie, maar ek die bostaande Engelse sjabloon vertaal as
{{
SterfjareVC
}}
. Kan jy kyk of dit werk?
Burgert
(kontak)
10:11, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk my dit werk. Sien
Kategorie:Sterftes in 44 v.C.
Burgert
(kontak)
10:55, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, dit werk! Groete!
Oesjaar
kontak
11:52, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, eina! Dit vat baie tyd om van die nuwe kategorieë met interwikiskakels te voorsien. Veral as dit baie lank gelede is! Vir die vierstellige jaargetalle v.C. kry ek dit nie eens reg nie. Help asb! Dis baie werk hierdie. Ek moet taalweergawes soos Portugees, Italiaans, Frans en soms selfs ander tale inspan. Groete. --
SpesBona
20:52, 8 September 2020 (UTC)
antwoord
Bosnies is baie konsekwent wat dit betref. Baie interessant! Groete. --
SpesBona
21:00, 8 September 2020 (UTC)
antwoord
'n Mens het seker 'n bot nodig daarvoor. Ek het ook nou honderde nuwe kategorieë geskep en gaan beslis nie elkeen met die hand koppel nie.
Burgert
(kontak)
11:03, 11 September 2020 (UTC)
antwoord
Dankie aan
Gebruiker:Burgert_Behr
by my wat oorgeneem het met die datum dinge! Tussen ons het ons seker meer as 'n 1000 nuwe kategorieë geskep! Groete!
Oesjaar
kontak
16:38, 11 September 2020 (UTC)
antwoord
Die konsep van onvanpastheid
Het in die middernagtelike ure afgekom op iets eienaardigs in die artikel
Werkdiere
. Werkdiere en werkende perde is vertaal as "konsepdiere" en "konsepperde". na aanleiding van die Engelse "draft animals of "draught animals". Ek het die eerste twee paragrawe probeer sub, en met bv. woorde soos "karweiperde" ensovoorts probeer red, maar daar is nog van daardie konsep-woorde elders in die artikel. Wonder hoe lyk so 'n konsepperd ... is hy nog op die ontwerperstafel of waar? Ander koddige vertaling in die artikel was van "conditions" as "voorwaardes", pleks van as die "toestande". (Naskrif: Ek het eers hierdie boodskap geskrap toe ek by nabetragting gedink het ek trap dalk te seer op die artikelskrywer se tone. Maar Oesjaar het gevra dat ek dit weer plaas, omdat sulke foute herstel moet word. Dis waar, ja.
;-)
Mieliestronk
kontak
05:31, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Oom Ollie, dankie vir die inligting. ja, ek sal ook graag 'n konsepperd wil sien!. Ongelukkig is hierdie nog een van Maroela Media se vertalings wat duidelik nie geproeflees is nie. Die gebruiker het nie een verbetering aangebring na die oorspronklike artikel geskep is nie.
Ek hoop jy geniet die reeks artikels oor die ruimtetuie en programme! So uit jou tyd! Groete!
Oesjaar
kontak
05:52, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek is bly iemand opper iets van "onvanpastheid", want ek is in 'n sielestryd geworstel, oor 'n woord: moet ek dit toevoeg tot
Intensiewe vorme
of nie? Ek gaan maar met omsigtigheid om, want daar is ook hormoonbomme wat die werk lees.
"Stokspils" (vulgêr). Ja, dit is 'n woord. In die konteks wat dit gebruik word, het dit gewoonlik niks met die man of vrou se koerasie uit te waai nie; dit word eerder gebruik om die persoon as stapelgek te beskryf, byvoorbeeld, soos ek onlangs gehoor het (uit die mond van 'n vrou): "Die f*kken vrou is stokspils!"
Suidpunt
kontak
06:18, 7 September 2020 (UTC)
antwoord
Boeke vir gebruik vir ons Wikipedia.
Gemeenskap, ek het vanaand, tydens 'n Raad vergadering, die bevestiging gekry dat daar fondse beskikbaar is vir die aankoop van boeke deur die Wikimedia Stigting. Die proses gaan so werk:
Gebruiker identifiseer die boek
Gebruiker doen voorstel aan Gemeenskap hier
Indien gemeenskap saamstem koop gebruiker die boek
Gebruiker dien eis in vir terugbetaling
Gebruiker skep baie artikels
Voorwaardes
Die boek is altyd die eiendom van die Stigting
Die titel sal op 'n databasis aangebring word
Die gebruiker bewaar die boek totdat 'n ander gebruiker dit wil gebruik
Gebruiker A stuur dit aan gebruiker B en stel ook biblioteek in kennis van die aanstuur van boek.
Tipiese boeke waaraan ek kan dink is die nuutste Suider Afrikaanse Fauna en Flora.
Gebruiker:Dumbassman
het reeds toestemming gekry om 'n boek oor Namibiese gras aan te koop. Ek vertrou dit sal help. Groete!
Oesjaar
kontak
18:43, 8 September 2020 (UTC)
antwoord
NS Miskien moet ons reël dat die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
ons boeke bewaar...
Die bewaringstorie sal seker nie werk nie, want dit sal beteken dat hulle die boeke na die volgende persoon moet stuur, of hoe?
Burgert
(kontak)
18:59, 8 September 2020 (UTC)
antwoord
As die gebruiker die boek deurgewerk het, bewaar hy dit totdat die volgende persoon dit wil gebruik. Hy stuur dit op sy eie koste aan. Gelukkig vir julle gebruikers daar in die moederstad en omgewing, is julle redelik naby mekaar. Groete!
Oesjaar
kontak
19:11, 8 September 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Oesjaar
ek sien in die begroting word daar ook voorsiening gemaak vir die pos van boeke. Dankie
Dumbassman
kontak
19:48, 8 September 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt: "My vroegtydige aftrede op 35-jarige ouderdom kom al hoe nader..."
Ek dink weer aan 'n skuiwergat wat uitgebuit gaan word. 'n Mens beskik oor 'n boek wat jy in die jaar voertsek aangekoop het en nou van ontslae wil raak. Pleks daarvan om nou astronomiese pryse te betaal by een of ander tweedehandse boekwinkel wat in elk geval geen belasting betaal nie, "skenk" die donateur die boek aan Wikimedia (teen "markverwante prys" = ontsaglike wins vir die ou wat dit teen R1,00 aangekoop het) en eis die geld (wat net so weer in die posgeld teruggeploeg word, asook die spaarvarkie gemerk:
Peperduur vakansie op my privaateiland
).
Suidpunt
kontak
08:40, 9 September 2020 (UTC)
antwoord
Invitation to participate in the conversation
Hallo
. Apologies for cross-posting, and that you may not be reading this message in your native language: translations of the following announcement may be available on
Meta
Help met die vertaal na uw taal
Baie dankie!
We are excited to share
a draft of the Universal Code of Conduct
, which the Wikimedia Foundation Board of Trustees called for earlier this year, for your review and feedback. The discussion will be open until October 6, 2020.
The UCoC Drafting Committee wants to learn which parts of the draft would present challenges for you or your work. What is missing from this draft? What do you like, and what could be improved?
Please join the conversation and share this invitation with others who may be interested to join, too.
To reduce language barriers during the process, you are welcomed to translate this message and the
Universal Code of Conduct/Draft review
. You and your community may choose to provide your opinions/feedback using your local languages.
To learn more about the UCoC project, see the
Universal Code of Conduct
page, and the
FAQ
, on Meta.
Thanks in advance for your attention and contributions,
The Trust and Safety team at Wikimedia Foundation
, 17:55, 10 September 2020 (UTC)
wikiquote
Wie is admins by wikiquote? Ek wil die voorblad effens herskik, maar het nie toegang nie.
JMK
kontak
10:52, 11 September 2020 (UTC)
antwoord
Daar is
geen admins nie
. Ek dink jy moet by
meta:Steward_requests
vra.
Greenman
kontak
23:28, 11 September 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
JMK
kontak
21:02, 12 September 2020 (UTC)
antwoord
Outomatiese vlieënier
Gemeenskap, die senior oomblikke word meer en meer... Het ons 'n beter/korter woord vir bogenoemde? Groete!
Oesjaar
kontak
19:02, 11 September 2020 (UTC)
antwoord
ː Wat van outomatiese vlugbeheerstelsel?
Sobaka
kontak
19:45, 11 September 2020 (UTC)
antwoord
Op die meeste ander Wikipedias word autopilot nie vertaal nie. Op die Nederlandse Wikipedia was daar 'n poging om die term te vertaal, maar die inleiding op daardie weergawe bevat eerder 'n lys van moontlike vertalings.
102.165.227.80
06:50, 12 September 2020 (UTC)
antwoord
Dis 'n stuuroutomaat (Pharos en HAT).
Burgert
(kontak)
08:15, 12 September 2020 (UTC)
antwoord
Intertaalskakels
Gemeenskap, ek sien
Gebruiker:K175
plaas nou intertaalskakels in artikels. So ver my kennis strek het ons dit nog nooit toegelaat nie. Het iemand hom toestemming gegee waarvan ek dalk nie geweet het nie? Groete!
Oesjaar
kontak
10:52, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, het jy sopas hierdie reël opgemaak? Of kan jy my verwys na 'n beleid hieroor? Ek het in elk geval nie intertaalskakels ingevoeg nie, maar eerder gebruike daarvan, waarvan omtrent die helfte stukkend was, gewysig om na die Afrikaanse weergawe van die sjabloon te skakel. –
K175
skil 'n appeltjie
11:14, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek het geen reël opgemaak nie, ek het gesê:
Sover my kennis strek...
wat beteken ek nie seker is nie. Wat in elk geval is die waarde daarvan?
Oesjaar
kontak
11:16, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Sien gerus
Gebruiker:Martinvl
se verduideliking
hier
. –
K175
skil 'n appeltjie
11:19, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Intertaalskakels, deur wie ook al ingevoeg, het m.i. geen doel nie. Wie gaan 'n artikel in Frans lees? (Dis nou nadat jy uitgefigure het jy moet op die "fr" tussen hakies klik om daar uit te kom.) As jy meer oor 'n persoon of onderwerp wil weet, kan jy dit eerder google as om na die Franse Wikipedia gestuur te word.
Burgert
(kontak)
15:54, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien daar is selfs skakels na Sweeds en in verwysings. Nee wat.
Burgert
(kontak)
16:22, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Intertaalskakels is in my opinie van geen nut of waarde nie. Om hulle in te voeg is bloot luiheid. Skep eerder die artikel i.p.v dat jy tyd mors om 'n intertaalskakel in te voeg! Groete,
Lefcentreright
kontak
17:06, 13 September 2020 (UTC)
antwoord
Retarding potential analyzer
Gemeenskap, nes ek dink ek is uit die moeilikheid, dan is dit weer hier... Enige voorstelle vir dié storie in Afrikaans? Groete!
Oesjaar
kontak
19:16, 15 September 2020 (UTC)
antwoord
As dit nou letterlik vertaal moet word, dan is dit seker:
vertraagpotensiaalmeetapparatuur /-meter/-meetapparaat/-instrument
Oftewel: "weetiemandwatdehelbetekenhierdiebegrip?"
Louis Eksteen
waarsku juis teen sulke konstruksies in sy boek
'n Beeld van Afrikaanse woorde
(1984, 51):
Lang woorde
Afrikaans word dikwels daarvan beskuldig dat sy woorde te lank is, of te lank kan word. Dan kom daar besware uit allerlei oorde dat Afrikaans sake vir sy skrywers te moeilik maak, en dat ons nou moet begin los skryf van 'n kant af. Een argument wat mens hoor, is dat Engels al sy woorde so lekker los skryf, hoekom moet Afrikaans dan nou benadeel word?
As ons mooi na die saak kyk, sien ons dat Afrikaans se probleem nie juis is dat hy samestellings vas skryf nie, maar dat die ding dieper lê: mense probeer in Afrikaans om dieselfde wyse as in Engels 'n lang string woorde agtermekaar in te span om 'n bepaalde saak te benoem. Dan kry jy die soort lintwurm waarvan byvoorbeeld ons tegniese taalgebruik wemel, soos
knoopslagspiraalvlegmetode
, wat in Engels sou wees
button-type spiral weaving method
. In Engels word die uitdrukking se woorde los van mekaar geskryf, maar in Afrikaans word alles agter mekaar en aanmekaar in 'n ry geplaas. Die Afrikaanse skryfwyse is korrek volgens ons spelling- en skryftradisie, maar is dit nodig om sulke lang woorde te maak, wat ons maar op die ou end bloot uit Engels gaan staan en vertaal? Kan ons nie probeer om meer gebruik te maak van ons eie woordskeppings nie? Daar is talle voorbeelde van woorde waar ons dit wel gedoen het; daar is verskillende moontlikhede van naamgewing. Miskien moet ons 'n reël maak en sê dat sodra 'n vertaling uit Engels 'n string woorde van drie of meer oplewer, ons ons eie Afrikaanse vinding moet kry, al kos dit kopkrap. Wat is byvoorbeeld verkeerd met
kurktrekkervleg
in plaas van die omslagtige
knoopslagspiraalvlegmetode
van netnou?
Iewers in 'n Nederlandse tydskrif lees ek dat 'n man juis sê dat 'n Engelse term soos
high velocity oscillation method
nie sonder meer so in Nederlands oorgesit kan word nie; in Afrikaans sal ons nie twee keer dink nie, en die Engelse term vertaal met
hoësnelheidsossilleringsmetode
, alles aanmekaar en alles gedrogtelik. Wat het die Nederlanders gedoen? Hulle het doodgewoon eie benoeming toegepas en hulle praat van
snelle slingering
. Nie sleg nie, nè? Veral vir Nederlands, wat dikwels Engelse woorde huidjie en muitjie oorneem.
Die mooiste is dat ons in Afrikaans die moontlikheid het om presies en duidelik te benoem, maar dat sprekers soms net eenvoudig nie die moeite wil doen nie. Hulle vertaal sommer maar direk uit Engels en dink dan boonop dat hulle woorde baie presies en "wetenskaplik" gevorm is. So kry ons terme soos
stoomontwikkelende swaarwaterreaktor
. Hierteenoor weer kry ons
afkomsbreuk
in Afrikaans vir die Engels
fractional parentage coefficient
. Die laaste twee voorbeelde toon duidelik die twee verskillende benaderings wat ek hierbo geskets het.
'n Mens moet eers jouself afvra wat hierdie bogenoemde RPA beteken, en eers dan kan jy 'n woord skep. Moet my asseblief nie vra nie - hierdie maand het elke liewe vorm van tegnologie my versaak. My snippermasjien (
shredder
) het homself begin opvreet - ja, hardeplastiek en al! Ek kon buitendien meer met 'n skêr regkry (want wanneer die ding oorverhit, skop hy vir 15 minute uit om af te koel - daarvoor het ek wragtig nie tyd nie!) - soos om kostedoeltreffend ongebruikte papier eenkant te sorteer.
Ek is so tegnies, my baadjiepunt, met -sak en al, beland vanmiddag onwetend in die emmer terwyl ek sementblokke skrop: die ene groenbruin kolkende seepmassa van die mos en dooie swamme. Al skitter daardie teëls nou hoe pêrelwit in die lenteson (dit laat my oë traan), toe ek opstaan drup dit langs my sy af - en toe besef ek my selfoon, met al sy notas en SMS'e op, is... Reël #5: moenie notas op fone maak nie, gebruik afvalpapier.
Kortom: as ek dit nog oorweeg het om 'n tablet te koop...
Suidpunt
kontak
20:14, 15 September 2020 (UTC)
antwoord
Vertraagpotesiaalontleder, sou ek sê. Vertraagpotesiaal kom in die Fisikawoordeboek voor.
Burgert
(kontak)
09:45, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Vir almal wat nog nie weet nie,
Burgert Behr
is die vertaler van
Dinosourium
, met vriendelike verwysing na ons plaaslike koerantjie
gedagteken 31 Julie 2020
, bladsy 10. Wat in daardie koerant staan, is die waarheid, ek sweer: sien, daar staan dit dan swart op wit! (Eintlik probeer ek net sê: van ons hele span Wikipedia-bydraers: ons is trots op jou.)
Suidpunt
kontak
15:11, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
En dit nogal in die Boekhoek! Baie dankie
:)
Burgert
(kontak)
15:59, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek moet darem ook bysê
Morné van Rooyen
was die boekredakteur. So dis 'n dubbeldoor vir Wikipedia.
Burgert
(kontak)
16:07, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Goed gedoen julle manne! Moet asb net nie van ons Wikipediatjie vergeet nie... Groete!
Oesjaar
kontak
18:01, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Hier is agtergrond insake die werking van die
Retarding potential analyzer
. Kry daai grysgoed aan die gang en laat ons Wiki die leiding neem met nog 'n nuwe Afrikaanse naam! Groete!
Oesjaar
kontak
19:38, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Uit nog 'n artikel:
A Retarding Potential Analyzer (RPA) is a sensor that measures the ion energy distribution of a plasma.
Dit is slegs Plasma-analiseerder? Groete!
Oesjaar
kontak
20:01, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Foute...
Gemeenskap, hoe word die foute reggestel:
? Groete!
Oesjaar
kontak
06:27, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Hallo, word die filum en regnum ook in kursief geskryf of geld kursief net vir die binomiale naam? Dit lyk of dit die probleem was, maar ek het die kursief vir nou eers toegelaat om die fout te verwyder. –
K175
skil 'n appeltjie
07:43, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Die binomiale naam is altyf kursief. Die res, dit hang af in watter konteks dit gebruik word. Nie vir die taksobokse nie. Groete!
Oesjaar
kontak
08:01, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk of die foute veroorsaak word deur die kleure wat in
{{
Taksoboks
}}
gestel is? Dalk kan 'n mens daardie kleure uithaal, want hulle wys in elk geval nie in die kassie nie.
Burgert
(kontak)
10:07, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Onsigbare foute
Kan 'n slimmer persoon asb help met die twee artikels uit
], Nikola Tesla en die radiostasie? Ek kon die ander gros artikel regmaak! Groete!
Oesjaar
kontak
08:49, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Ek is nie slimmer nie, maar ek het dit reggemaak.
Burgert
(kontak)
10:03, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
10:08, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
South African theme on book fair in Sweden
The book fair in Göteborg, a "normal" year.
The digital book fair of sv:wp in 2020.
Goeie dag!
(sorry for writing the rest in English
:-) )
Göteborg Book Fair
takes place late in September every year in
Göteborg
, and it's the largest book fair in Scandinavia. The
Swedish Wikipedia community
has been there since the early days, spreading information about Wikipedia, taking photos of writers and celebrities, talking to readers and developing contacts with organisations. On the fair, each year there is a specially invited guest of honour – this year one focus is on South Africa.
Due to the covid 19 pandemic,
this year's book fair
is unfortunately a digital-only event. Wikipedia follows suit, and we plan
four days of edit-a-thons and presentations
, as part of our
general wiki-meeting calendar
We will concentrate on South Africa for a whole week, with edit-a-thons on Saturday next week, combined with two
a weekly wiki contests
(similiar to your
skryfweek
) –
one this week around the book fair's themes
, and one next week concentrating on South Africa. During the week we will use
this wish list
, and articles such as
this
and
this
as a basis for our writing.
Feel free to send your ideas and advice our way, to point out articles that would be most important to start with at the edit-a-thons and contests. Also feel free to help us identify free content, text and photos, that we can use in our article work. And maybe you also will find interest in developing articles related to
Sweden
:-) All the best / Die uwe! --
Paracel63
kontak
10:55, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Oh, yes, I remember
you
! You are the writer of the Swedish article about the Catalan Wikipedia. Great job, by the way,
I've translated it already
. The Swedish syntax and the False Friends are quite challenging, but having a
Langenscheidts Taschenwörterbuch: Schwedisch-Deutsch/Deutsch-Schwedish
(1965) in my transparent drawer helps a bit. But I have something on my shopping list:
1. I want something completely untranslated, such as
sv:Varg i Skandinavien
. I bought
Vargattacken
by Lars Berge not that long ago - it's still on my reading list. The verbs are quite quirky, but original.
2. You taught yourself Catalan. In fact, it seems you contribute more to the Catalan Wiki than the Swedish one, nowadays. May I ask what resources you've used? Did you visit Catalonia quite frequently before the lockdown?
3. How is the Swedish Wikipedian community really like? I've noticed the Danish Community is not that active compared to their Norwegian counterparts. That said, it has nothing to do with laziness: the Danes are completely absorbed in real-life translation and reading of (e-)books - I would even dare say the book market is already oversaturated, for 18.000 - 23.000 (re)printed titles are impossible to read in one year (except 'picture books' for tods, that is) for one person out of say, 6 million people; Worldcat is my witness. The Norwegians, however, publish fewer books, but are more actively involved with Wikipedia - I see this with the Lithuanians as well. Of course, for the Swedes (10.3 million), it's 52.218 titles for 2019 (ebooks and hardcopy). That includes translations. But I was quite amazed when I came across a Danish copy of
Blodulv
by Steve Feasey - as far as I know, there isn't even a German translation of this British book yet.
4. I'm looking for a Swedish database of open scientific articles. Something like the Danish
. Do you have one?
Suidpunt
kontak
13:07, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
Baie dankie! Oh, so my Catalan "renommé" has travelled all the way to South Africa?
:-) Many thanks for translating
sv:Katalanskspråkiga Wikipedia
(which now is a
recommended article
). Yes, there are a lot of False Friends between our languages, but I think you got most of it alright.
1. Yes, the wolf in Scandinavia is an interesting and hot topic, as humans and wolves both vie for the role of being the top predator. In Sweden the humans are 20,000 times more frequent, so it's quite an uneven competition.
;-) Feel free to send your questions on the Swedish language my way, whenever needed. I can also be reached at paja
telia.com.
2. Yes, I taught myself Catalan quite by myself. Over time, and based upon my previous knowledge of French, Latin, Italian and Spanish. Personal dedication. More than 200 episodes of
Polònia
. A digital subscription on
Ara
since 2016. And listening to
a lot of Catalan language music
. I've never visited Catalonia (or any other part of Spain). But Internet is my friend. And as a translator (from French to Swedish), I take pride in learning the grammar early on, when diving into a language. However, I still edit around ten times more frequently in Swedish Wikipedia (
stats at bottom of page
).
3. The svwp community is quite healthy and well-behaved. We're not as crowded as enwp, frwp, dewp etc, and not as well developed in many important subjects. But we can congregate around important topics at
Bybrunnen
, we have
a lot of meetings
weekly contests
monthly article contests
and
ongoing wishlist contests
. In some respect svwp and afwp seem to share one or two cultural traits. The dawp community suffer from being a smaller language, closer to both English and German, and
the national encyclopædia
going online and using community input already in 2009. The Norwegians are quite active, despite sharing some of the Danish drawbacks.
4. I'm not sure. But you can start looking
here
in English
),
see links at bottom of page
around Medicine
and
a list of databases
.--
Paracel63
kontak
22:29, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Thank you!
Suidpunt
kontak
19:01, 19 September 2020 (UTC)
antwoord
Paracel63
, I am currently a bureaucrat on the Afrikaans Wikipedia and have been involved here since 2009. I am willing to sit in any session for questions and answers about the Afrikaans Wikipedia, the Wikipedia's past, our current situation and the future, our challenges etc. The Afrikaans Wikipedia is the biggest African language Wikipedia, is has taken us a while to get here. Note, I am not an author, I have a technical background and is determined that all knowledge will be available in Afrikaans to our youngsters! Groete!
Oesjaar
kontak
14:15, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Many thanks for your offer! That would be great to have you on, whenever you're around during our "digital book fair". On Saturday South Africa is the main focus, so if you're available for a short presentation of the country and the culture (and the afwp community) that day, it would be fantastic! But any day would be great. Presentation in English would be best, as few Swedes are fluent in Afrikaans or any of the other national ZA mother tongues. Let's keep in touch (I can be reached at paja
telia.com).--
Paracel63
kontak
22:29, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Paracel63
, what time on Saturday can I keep open for your guys? I am looking forward this session... Regards!
Oesjaar
kontak
17:33, 22 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Many thanks for keeping us company on Saturday.
We will be online
from 09:00 until 21:00, Central European Time (Summer Time). I presume that's the
same time in South Africa
right now. You can choose your hour freely, but some time in the afternoon (14:00–16:00?) would probably be most practical for us. A link to the online meeting will be posted on the event page soon. What do you think? Groete!
:-)--
Paracel63
kontak
18:31, 22 September 2020 (UTC)
antwoord
Paracel63
, 14:00 is fine. Send me the link. Regards.
Oesjaar
kontak
18:36, 22 September 2020 (UTC)
antwoord
Paracel63
, can other parties join as well? The
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
is interested. Regards.
Oesjaar
kontak
15:13, 23 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Hi! No problem at all, with other joining us! This is an open event, for anyone active on Wikipedia or interested in Wikipedia. It is organised by Swedish Wikipedia, and we are mainly working in the Swedish language. We have spread info on this event in social media, at libraries around Sweden and on public bulletin boards. So we expect a mix of newcomers and seasoned wikipedians. And this would be a great time to join forces and learn from each others experiences. BTW,
now the link to the meet has been posted
. You can click on
this link
on Saturday, or any time between 09:00 and 21:00 during the next four days.
:-)--
Paracel63
kontak
16:04, 23 September 2020 (UTC)
antwoord
Paracel63
, it was wonderful spending the time with you guys! It hope you have enjoyed it as much as I did! Regards!
Oesjaar
kontak
13:25, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Same to you! Many thanks for spending an hour with us. You made our day, being here for strange questions and talking about history, cultural phenomena and bringing a lot of things into context. Let's do this again, perhaps on next year's book fair here in Göteborg (Gotenburg). Groete!
:-)--
Paracel63
kontak
13:35, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
And every month we have our online "wikifika" here in Sweden.
Here is our general wikimeets listing
and here is the link to our next wikifika meeting
(5 October). It's a general meeting point, every month, here in Sweden.
:-)--
Paracel63
kontak
14:37, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Franse Vreemdeling Legioen vs Franse Vreemdelegioen vs...
Gemeenskap, wat is die korrekte naam van die leër? Groete!
Oesjaar
kontak
16:42, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
nl:Franse vreemdelingenlegioen
Vreemdelegioen (HAT en Pharos).
Burgert
(kontak)
19:28, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Merci!
Oesjaar
kontak
19:36, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
De rien.
Burgert
(kontak)
19:44, 17 September 2020 (UTC)
antwoord
Danny Titus
Gemeenskap, koerantmanne, help asb hier! Die kas is leeg... Groete!
Oesjaar
kontak
14:03, 20 September 2020 (UTC)
antwoord
Sobaka
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
05:08, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Plesier.
Sobaka
kontak
07:38, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar en die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Gemeenskap, ek drink môremiddag koffie met Prof
Anne-Marie Beukes
van die Akademie, ek wil kyk of die twee (Wikipedia en SAAWK) nader aan mekaar kan beweeg... Groete!
Oesjaar
kontak
18:53, 22 September 2020 (UTC)
antwoord
Mondkappies op!
Ek sien nou eers hoe baie inhaalwerk ek met die SAAWK se nuusbriewe het. Maar ek onthou iets anders:
Op 15 Januarie 2020 was daar 'n onderhoud met Pretoria FM. Is 'n kort opsomminkie en bron moontlik vir
Afrikaanse Wikipedia
, as dit kan?
Daar is nie 'n potgooi nie. Het hulle net die basiese vertel: bevestig aantal artikels, nooi nuwe gebruikers om deel te neem, gee web adres, bedank bestaande gebruikers vir harde werk en probeer slim klink!
En dan die Webinaar met Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en nog 'n paar groepe, rakende die onderwerp "Die vierde nywerheidsrewolusie en taal in die regsdomein". (28 Mei 2020). Enigiets interessants gebeur?
Suidpunt
kontak
20:16, 22 September 2020 (UTC)
antwoord
O blikskottel...
Terugvoering
Gemeenskap, hier sit ek en Prof Anne-Marie en Prof Laurette Pretorius (laasgenoemde is gekies tot die SAAWK se raad en ou vriend van ons) na die vergadering
Laurette, Anne-Marie & Deon
Terugvoer uit die vergadering:
Kan WikimediaZA (Afr) lid word van SAAWK as dit ledegeld betaal? (Ant: tans nie, slegs individue maar sal die vraag aan Raad stel)
20 Jaar partytjie volgende jaar, gaan SAAWK deelneem aan die partytjie? (Ant: Ja!)
Sal die SAAWK kyk na 'n prys vir beste voorbladartikel? (Ant: in beginsel ja, sal met Raad bespreek en prosedure vasstel)
Met WikimediaZA fondse, kan ons 2 keer per jaar werkswinkels reël by die Akademie? (Ant: BESLIS)
Wikiwoordeboek soek hulp... (Ant: Prof Laurette sal sakie bekyk)
Kan WikimediaZA (Afr) iets (plakkaat/plakker) opsit/plaas in Akademie kantoor as 'n simboliese adres? (Ant: sal met Raad bespreek en ook met Pansat)
Ek het 3 boeke geskenk aan SAAWK se biblioteek. Sal hulle WikimediaZA aangekoopte boeke oppas en beheer (Ant: ja, Wiki dra kostes vir versending)
Ek het ook gevra of ek iets mag sê op hul AJV. (Ant: ja, sal terugkom na my)
Groete!
Oesjaar
kontak
14:56, 23 September 2020 (UTC)
antwoord
Baie dankie! [Jammer, maar die internet het gister gelol]. Ek dink "prys vir beste voorbladartikel" is die belangrikste uit al bogenoemde. Dit gee die geleentheid vir Jan Alleman om uit voetsoolvlak uiteindelik Icarus se vlerke te sprei (en mag dit brand soos 'n verskietende ster!). Daar hoef nie noodwendig kontant of 'n Goue Kalf by betrokke te wees nie, want die SAAWK het reeds genoeg prestige (hoewel geld seker ook die duiwel sal laat dans). Vir baie skrywers en vertalers (buite Wikipedia) het dit jare se toewyding gekos om 'n erepenning, ens. te kry. Die liggaam moet net die streng kriteria stel. Is dit, soos met die ander Akademiepryse, slegs gegrond op jaartal - dan beteken dit al ons vorige voorbladartikels kom nie in aanmerking nie (dit is nogal 'n aansporing tot konstante vernuwing): is daar byvoorbeeld geen wafferse voorbladartikel nie, dan word eenvoudig geen toekenning gemaak nie (ek is tot hiertoe vol van goedkoop weggeepryse op hoërskool wat meriete bloot vir die skyn inboet). Is daar te min artikels, kan die prys tweejaarliks of vyfjaarliks of wat toegeken word. Dit staan ook die bydraers vry of hulle noodwendig in aanmerking wil kom deur die riglyne nougeset na te kom, aldan nie.
Suidpunt
kontak
05:40, 24 September 2020 (UTC)
antwoord
Noudat ek my eerste Cappuccino-uit-'n-sakkie in het, wonder ek of die Akademie nie ook die vryheid gegun moet word om self 'n artikel vir hul eie doeleindes te nomineer nie. Dit sal nie die eerste keer in die geskiedenis wees dat so iets plaasvind nie: die Pous is by magte om 'n Priester tot Pous te orden, sonder dat die Priester eers tot biskop, aartsbiskop en kardinaal georden hoef te word.
Suidpunt
kontak
06:32, 24 September 2020 (UTC)
antwoord
Toutologie (taalkunde) aangevra?
Tot dusver het ons
Toutologie (stylfiguur)
, wat alles gaaf is, maar dit mis die punt op taalkundige gebied.
In Afrikaans kry jy byvoorbeeld:
por(t)fisiedeur, portfesiedeur, portefisiedeur > porte de visite + deur
Leeu-Gamka (letterlik leeu + [Gam + ka (leeu + rivier)]
Ander wat ek nou onthou is
walvis
tortelduif
bulldoghond
en
windhond
(ek sal nog deur ander skoolboeke moet kyk). Jy kry ook
kraanvoël
muildier
oeros
en
rendier
volgens
etymologiebank.nl
(vergelyk
dyr
wat
juis 'n rendier in Oudnoors beteken
). 'n Mens kan eiland ook byvoeg, want "ø","øy", "ö", "oyggj" in Noord-Germaanse tale beteken juis "eiland" op sigself - waarom wil jy nou praat van eilandland? En waarom sal jy wil praat van
Faroëreilande
as dit letterlik Skaapeilande-eilande beteken?
In Engels is "greyhound" blykbaar afgelei van
grig
(teef) +
hund
. "Orchard" is 'n samestelling van die Latynse "tuin" (
hortus
) en Germaanse "tuin" (
geard
) ['n mens voel skoon dom dat jy so iets so voor die hand liggend misgekyk het]. Nog interessante voorbeelde het ek onlangs in 'n boek opgespoor uit 1909 (gedrukte kopie), waarvan 'n
latere uitgawe hier te vinde is.
(Ek moet wel sê die boek stel dit duidelik dat die eerste deel, wort/wyrt van Orchard, as
Germaanse
stam, aan die opmars was.)
Waarom gebeur sulke dinge?
1. Die oerbetekenis gaan heeltemal verlore, of, iemand kan die beeld aan die woord koppel, maar verstaan nie die woord se volle betekenis of reikwydte nie.
2. Om homonimiteit te vermy, byvoorbeeld: "Die kraan staan agter die kraan" - staan die kraanvoël nou voor die waterkraan, of vica versa?
3. 'n Nuwe betekenis word deur 'n nuwe samestelling geskep.
Moet ek 'n afsonderlike artikel begin en uitbou, of moet ons liefs dit alles een artikel hou?
Suidpunt
kontak
17:15, 25 September 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
Ek vertrou jou oordeel.... Groete!
Oesjaar
kontak
13:27, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Aardbewing in Kaapstad
Het enigiemand omstreeks 20:41 'n aardbewing gevoel? –
K175
skil 'n appeltjie
19:08, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Volgens die koerant was daar een! Hou vas boet! Groete!
Oesjaar
kontak
20:20, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Die nuusmedia berig oor 'n 6.2-aardbewing wat sowat 90 minute voor 20:41 2,000 km ver in die see plaasgevind het. Ek het egter
hierdie
2.5-aardbewing by die Geologiese Raad gevind wat die presiese tydstip van 20:41 en 'n ligging van noord van die Noordelike Voorstede het en ek weet nie of dit verband hou met die aardbewing wat vroeër in die see plaasgevind het nie. –
K175
skil 'n appeltjie
20:27, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Dis interessant. Heelwat mense in Melkbos en Milnerton sê hulle het om 20:40 trillings gevoel.
Burgert
(kontak)
21:25, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Uit die Overberg het ek niks gevoel nie. Maar blykbaar is dit geen nuwe verskynsel in Kaapstad nie:
1809 en verder getuig daarvan
, volgens 'n berig uit 2011. En Milnerton
is 'n ou kalant
Suidpunt
kontak
21:42, 26 September 2020 (UTC)
antwoord
Dis interessant dat dit op ‘n paar dae na (29 September 1969)41 jaar gelede is dat Ceres, Tulbagh en Wolseley deur ‘n groot aardbewing van 6.3 getref is.
Racheltjie
kontak
Ek het 'n ander teorie: Ek het 23 September uiteindelik onder die klip uitgekruip en vir my 'n Android 9-foon gekoop. My eerste Whatsapp was gisteraand. Boonop was ek besig om 13-jaar oue rommel te sorteer, al vir drie dae lank. Ek het selfs die Wikipedia-toep gebruik [en wat 'n geweldige nuttige voorblad!]. En toe ek sê: "Hey Google, scan QR code", toe verrys Google Lens uit die niet! Dit was duidelik teen die ganse planetêre samestand se wil en iets moes meegee: dit was 'n aardverskuiwende gebeurtenis! Suidpunt, welkom in die 21ste eeu.
Suidpunt
kontak
10:19, 27 September 2020 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, maklike verduideliking: Gister was die eerste rugbywedstryde in ses maande in Suid-Afrika aan die gang. RSG het die eerste regstreeks uitgesaai en almal was baie opgewonde. Die aarde moes meegee het! Volgende week speel groen teen goud, wees maar versigtig! Ek vrees net die voltooiing van die
Sesnasies-toernooi
op 24 en 31 Oktober hier in Europa.
:) Groete. --
SpesBona
11:20, 27 September 2020 (UTC)
antwoord
Neem kennis: Woordeboek van Eietydse Afrikaans
Môre almal. En spesifiek vir
Oesjaar
wat voortdurend na nuwe woorde soek.
Baie weet miskien daarvan, ek het vanoggend eers hiervan te hore gekom toe ek 'n Afrikaanse woord vir "
power bank
" gesoek het (al verkies ek "kragkassie" bo die leenvertaling "kragbank"). Die webwerf is in Oktober 2019 opgerig, dus, 'n jaar gelede.
Vergewis julle maar net van die nuutste toevoegings en bywerkings. Ciao.
Suidpunt
kontak
08:12, 29 September 2020 (UTC)
antwoord
O, maar ek het ook my besware teen die woordeboek. Met die uitsondering van "krimi" wat my vaagweg aan die Duits herinner, is daar nie veel oorspronklikheid nie. Ons almal weet mindf*ck is
breinbliksem
, nie kopf*k nie. Arme Fanie Viljoen se boek is skynbaar nog nooit van gehoor nie.
Suidpunt
kontak
08:24, 29 September 2020 (UTC)
antwoord
Die woord kopfok kom ook in Pharos voor, terwyl ek breinbliksem in geen woordeboek tot my beskikking kry nie. Die redakteur van die Woordeboek van Eietydse Afrikaans is Jana Luther, wat 'n uiters ervare woordeboekmaker is en in beheer was van Pharos se tweetalige woordeboek én die nuwe HAT. Sy was ook lid van die Afrikaanse Taalkommissie. Die woordeboek kan gerus gebruik word.
Burgert
(kontak)
09:10, 29 September 2020 (UTC)
antwoord
Wiki of functions naming contest
Help met die vertaal na uw taal
Hallo
. Please help pick a name for the new Wikimedia wiki project. This project will be a wiki where the community can work together on a library of
functions
. The community can create new functions, read about them, discuss them, and share them. Some of these functions will be used to help create language-independent Wikipedia articles that can be displayed in any language, as part of the Abstract Wikipedia project. But functions will also be usable in many other situations.
There will be two rounds of voting, each followed by legal review of candidates, with voting beginning on 29 September and 27 October. Our goal is to have a final project name selected on 8 December. If you would like to participate, then
please learn more and vote now
at meta-wiki.
Baie dankie!
--
Quiddity (WMF)
21:19, 29 September 2020 (UTC)
Ons benodig 'n CheckUser
Gemeenskap, die Afrikaanse Wikipedia benodig 'n CheckUser. 'n CheckUser is basies 'n gebruiker wat kan kyk of 'n ander gebruiker veelvoudige rekeninge misbruik. Lees meer hieroor
hier
. Enige nominasies?
Lefcentreright
kontak
14:01, 14 September 2020 (UTC)
antwoord
"Only stewards, ombuds, some Wikimedia Foundation staff, and a very small number of other users are allowed to have CheckUser access." Is dit waar? En daar moet minstens twee wees, lyk dit my.
Burgert
(kontak)
09:45, 15 September 2020 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Burgert_Behr
Lefcentreright
Wikis can nominate a person to become a checkuser. Afwiki currently has almost 100 000 articles, I think that it is big enough to have its own CUs. You have to choose at least 2 (there cannot be only one person), and report them to Stewards. That person has to sign a confidentiality agreement with Wikimedia Foundation and then she/he can become a Check User. IF you have any more questions about that, please let me know! :D (ping me, as it is not my main project). Cheers!
Nadzik
kontak
12:34, 16 September 2020 (UTC)
antwoord
Dit is hoekom hier CheckUsers moet wees
Gemeenskap, vandag het
Gebruiker:MrWaxwell
weer teruggekeer en 'n klomp swak rekenaarvertaalde inhoud geskep. Ek het hom toe onbeperk versper. Ek vermoed hy is 'n kouspop van
Gebruiker:ธนบดั เมืองโคตร
wat reeds versper is. As hier nou CheckUsers op hierdie Wikipedia was, kon hulle al lankal gekyk het of hy 'n kouspop van daardie gebruiker is en die kopseer van sy bydraes vermy het.
Volgens
die CheckUser beleid
, moet ons twee kies. Daar kan nie net een wees nie. Ek het vroeër die maand die onderwerp geopper. Net Burgert Behr en Nadzik het gereageer. Ek nomineer nou vir
Gebruiker:SpesBona
en
Gebruiker:Voyageur
, aangesien hulle beide burokrate is. Laat ek sommer die stemming afskop.
Ondersteun
Lefcentreright
kontak
13:06, 30 September 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Rooiratel
kontak
09:54, 1 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Oesjaar
kontak
17:47, 1 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Frank
kontak
10:26, 3 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Burgert
(kontak)
08:58, 4 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- for both of them, good for you guys! Cheers!
Nadzik
kontak
13:32, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- Vir albei.
Martinvl
kontak
17:43, 17 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Aliwal2012
08:41, 21 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Kan iemand asb. die woord 'kouspop' met 'n skakel aanvul, sal dit waardeer.
GerhardErasmus
kontak
08:42, 25 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Kategorie:Gehugge in Noorweë
Gemeenskap, moet bogenoemde nie eerder nedersettings in Noorweë wees nie? Groete!
Oesjaar
kontak
08:29, 1 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Nee, daardie kategorie bestaan reeds.
102.165.230.219
10:11, 1 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon hulp: Honde
Hallo Wikipediane. Ek benodig hulp met die sjabloon vir honde. Ek wil graag KUSA standaarde by die sjabloon bysit. Enige raad / voorstelle oor hoe ek dit kan doen? Sal enige hulp waardeer
Schallabrak
kontak
07:03, 3 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Het jy
{{
Inligtingskas honderas
}}
probeer? Groete,
Aliwal2012
11:39, 4 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk my nie daar is KUSA-standaarde in die
{{
Inligtingskas honderas
}}
nie.
Burgert
(kontak)
17:18, 4 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Dankie vir die terugvoer. Ek het
{{
Inligtingskas honderas
}}
gebruik. Ek sal verdere navorsing doen oor hoe om KUSA by die sjabloon by te bring. Groete,
Schallabrak
kontak
10:37, 5 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Styl
Gemeenskap (admins),
Gebruiker:Martinvl
het die die artikel (seker inligtingstuk) verbeter. Kyk asb of julle saamstem, dit is myns insiens 'n beleidsdokument. Groete!
Oesjaar
kontak
11:56, 4 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Lyk reg. Hy het net die taal verbeter.
Burgert
(kontak)
17:13, 4 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Voorblad: Het U geweet
Middag almal. Ek wil net hoor of ons dalk net die "Het U geweet" gedeelte op die Voorblad moet noem onder die diepste myn in die wêreld dat die myn se naam verander het na Mponeng? En dalk ook die diepte opdateer volgens hierdie artikel:
? Groete,
Schallabrak
kontak
10:37, 5 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Dankie, ons sal dit regstel.
Oesjaar
kontak
11:49, 5 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Bladsyverwydering
Die bladsy word al hoe langer. Kan 'n mens dit verwyder, of seker eerder in 'n argief sit? En wat van artikels wat stemme kry om dit te hou? Kan 'n mens die sjabloon verwyder, soos in
Skouergordel
Burgert
(kontak)
18:47, 6 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ek het dit sommer gefieks. Dit maak sin.
Burgert
(kontak)
20:43, 6 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert!
Oesjaar
kontak
05:51, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Hoeveel kruipende goggatjies op planeet Aarde?
Die artikel
Insek
bevat die volgende sinne in die inleidingparagraaf: "Die klas bevat ongeveer 950 000 spesies en is verreweg die grootste klas van alle diere: ongeveer 70% van die byna 1 miljoen ontdekte diersoorte hoort tot die insekte." Ek is nie baie goed met syfers nie, trouens, ek is beroerd daarmee. Maar 70% van 'n miljoen ontdekte diersoorte beteken mos 700 000 soorte insekte, wat die 950 000 spesies totaal weerspreek wat in net die vorige sin genoem word. Of werk my kop verkeerd?
Mieliestronk
kontak
23:52, 7 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
, ja, kyk na die bron, Wêreldspektrum 1983, dus 37 jaar oud! Dit is verstommend dat 'n maatskappy soos Maroela Media ou inligting soos dié laat publiseer sonder om 'n poging aan te wend om 37 jaar se navorsing by te werk. Ek dink ons moet die artikel herstel soos dit was voor die bywerking. In wese is elke fauna- en flora-artikel uit Kennis en Wêreldspektrum onder verdenking eenvoudig omrede die boeke verouderd is en nuwe DNS-navorsing, wat 'n direkte gevolg op taksonomie het, nie bygewerk is nie. Groete!
Oesjaar
kontak
06:28, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek is juis nou in 'n gesprek met Maroela Media oor 'n ander ding. Sal kyk of ek van my kant af my geringe deeltjie kan bydra om hulle ietsie duideliker bewus te maak van die feit dat hulle dink hulle doen 'n groot volksdaad terwyl hulle kennelik besig is met kolossale opmorswerk. Dis mos duidelik met die bietjie wat ek te sien gekry het. Ek neem aan jy en andere het ook al meerdere onderonsies met hulle gehad, maar hoe meer hoe beter, of hoe?
Mieliestronk
kontak
19:27, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
, Maroela Media is by verre my grootste teleurstelling in my amper 12 jaar betrokke hier! Groete!
Oesjaar
kontak
19:44, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Vra sommer dat hulle daai webwerf van hulle bywerk. Al hulle Afrikaanse inhoud is in HTML verklaar as
lang="en"
i.p.v.
lang="af"
. Ek sou self as ek geweet het hoe om hulle te kontak. Groete.
Frank
kontak
19:58, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Frank
Die taal van baie Afrikaanse webwerwe, dink ek, word as Engels aangedui in die html. Ek kon nog nooit agterkom waar dit werklik van belang is nie, want Google en kie. herken blykbaar die taal as Afrikaans en hanteer dit dan ook so. Of is ek verkeerd?
Mieliestronk
kontak
03:30, 9 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Google ignoreer dit (vir nou), maar soekenjins soos Bing gebruik dit wel. Dis net twee karakters om te verander. Groete.
Frank
kontak
08:12, 9 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Het dit nou in 'n langerige e-pos aan 'n senior meisie by Maroela oorgedra dat daar groot, groot ongelukkigheid onder hardebaarde by Afr. Wikipedia is oor die plasing van totaal verouderde inligting en hoe dit die dinge hier verfomfaai. Het selfs van jou opmwerkings ge-cut & paste (naamloos). Dink dit hoort hulle 'n bietjie hard te laat dink, maar of dit enigsins ietsie gaan red gaan red, daaroor twyfel 'n mens natuurlik sterk.
Mieliestronk
kontak
03:30, 9 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Terugvoering:
Oesjaar
Sou wel Maroela se kommentaar wou plaas, maar besef nou dat ek nie hul toestemming gevra het om dit hier weer te gee nie. Ek dink darem nie hulle sou beswaar hê nie as ek dit noem dat hulle besluit het om voortaan liewer hul "eie ding" te doen wat spesifiek gemik sal wees op skoolkinders en heeltemal kurrikulum-gedrewe vir verskillende skoolvakke aangepak sal word.
Frank
Ek sal hulle inlig oor die
lang="af"
. Groete.
Mieliestronk
kontak
02:16, 11 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Call for feedback about Wikimedia Foundation Bylaws changes and Board candidate rubric
Vertaal deur Aliwal2012
Hallo daar!
Vandag wil die Wikimedia-Stigting se Raad van Trustees twee oproepe vir terugvoer maak. Die eerste een is omtrent 'n verandering aan die verordenings, hoofsaaklik om die raadslede van 10 tot 16 lede te vermeerder. Die ander is oor 'n gesprek oor trusteekandidaatskap om nuwe, effektiewer metodes te vind om nuwe raadskandidate te evalueer. Die Raad verwelkom jou mening voor 26 Oktober.
Vir meer inligting hieroor,
lees asseblief die volledige aankondiging hier
By voorbaat dankie!
Qgil-WMF
talk
17:17, 7 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Gras en Grasfamilie
Gemeenskap, hier is nog een van die poefies van Maroela Media. Die artikel
gras
bestaan al lank en inligting is bygevoeg uit Wêreldspektrum, 'n bron van 1982. Toe skep Maroela Media die artikel
Grasfamilie
, bron Kennis, 1980 en ironies dek die inligting uit die twee bronne dieselfde inhoud. Ek gaan nie die taksonomiese akkuraatheid eers probeer verifieer nie. Kan ek voortgaan en Grasfamilie skrap en Gras terug rol tot sy status voor die byvoeging van die inligting uit Wêreldspektrum? Groete!
Ek weet nou nie hoe op datum enige van die artikels is nie, maar
Grasfamilie
lyk nogal vir my na 'n goeie artikel, met 'n goeie indeling van die grassoorte. Dit lyk nie of die ou weergawe van
Gras
veel om die lyf het nie. Dalk moet 'n mens eerder gedupliseerde inligting verwyder of die twee artikels versmelt?
Burgert
(kontak)
13:30, 9 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Na my mening maak dit sin om die bereidskap hier op Wikipedia/Wikimedia konstruktief mee te maak so veel as moontlik te bevorder. Na my mening is die opsie om die twee artikels oor Gras, en of Grasfamilie te versmelt, soos deur Burgert Behr hierbo voorgestel (Erasmus van Embrach, GerhardErasmus, 25 Oktober 2020, 10:39).
GerhardErasmus
kontak
08:39, 25 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Nog 'n nuwe Afr woord..
Gemeenskap, ek moet die met julle deel. Ek besit en bestuur 'n
events
maatskappy wat fokus op Bergfiets en
Trail running
Cross-country running
is bekend as landloop in Afrikaans, waar laat dit ons met
Trail running
? Ek het dit begin bemark as
Bosdraf
! Hoe klink dit vir julle? Groete!
Oesjaar
kontak
14:14, 12 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek hou baie van "bosdraf", maar ek sou sê dit is nie noodwendig altyd in die bos nie. So ek sal "spoordraf" voorstel. -
Rooiratel
kontak
08:34, 14 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
"Velddraf" miskien (soortgelyk aan veldren, veldfiets, ens), dit het ook 'n hoër frekwensie van gebruik op Google. Groete.
Frank
kontak
11:19, 14 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Die probleem lyk my is dat hierdie item eintlik maar landloop is, of 'n vorm daarvan. Wat is cross-country running of trail running nou anders as landloop? By eersgenoemde verlaat jy miskien die paadjie hier en daar, en spring oor die klippe, maar dis die enigste verskil. As lg. die roetes streng volg, kan mens dit seker roete-landloop noem, of paadjie-landloop, maar dit is maar landloop. Google gooi terloops roete-hardloop uit.
JMK
kontak
10:19, 15 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem vir
veldlandloop
Oesjaar
jou
bosdraf
is 'n mooi woord, maar dit het nog nie inslag gevind nie en kan obskuur (onbekend) voorkom. Groete, --
Aliwal2012
10:34, 15 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Slaan nou 'n blokkiesraaisel-woordeboek oop, en sinonieme vir landloop (in die breë) sluit in: veldloop, veldwedloop, veldnommer en landloopwedren. Sou raai dié met veld- is waar jy oor die klippe spring, en by grondwalle afgly.
JMK
kontak
12:27, 15 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Onderhoudskategorieë
Ek wonder al lank oor hierdie honderde onderhoudskategorieë wat ons so desperaat probeer "skoonmaak". Ek het nou die versteekte kategorie
Kategorie:CS1 maint: others
geskep omdat dit by 'n artikel van my opgekom het en ek nie kon uitvind wat die "probleem" is nie. Ons het 17 artikels in die kategorie; die Engelse Wikipedia het derduisende artikels in hulle soortgelyke kategorie. Dit lyk nie of hulle iets daaraan doen nie. Moet ons regtig?
Burgert
(kontak)
18:51, 14 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ek moet bieg, party van die onderhoudskategorieë verstaan ek nie, my HTML kennis is net te min. As die Engelse nie weet nie... Kom ons kyk:
Greenman
, jy is baie doenig op die Engelse Wikipedia, help ons hier asb! Groete!
Oesjaar
kontak
14:34, 20 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Vertaal van skets asb!
Gemeenskap, kan een van ons slim mense help om die in Afr te vertaal asb?
Pioneer speed and distance from Sun.svg
Groete!
Oesjaar
kontak
14:35, 20 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Gedoen
en geplaas in
Pioneer 11
Burgert
(kontak)
15:53, 20 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
dankie! Dit word waardeer!
Oesjaar
kontak
18:50, 20 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Vertaling van
Johannes Hevelius
uit Nederlands
Gemeenskap, kan iemand asb help met die vertaling van
Johannes Hevelius
uit Nederlands? Groete!
Oesjaar
kontak
19:58, 20 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ek het daarmee begin en ek maak gebruik van Google Translate (maar dit is nie 100% automaties nie). Sien
Johannes_Hevelius
Martinvl
kontak
22:06, 21 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Dankie aan almal wat hier gehelp het! Die artikel het 21 skakels vanaf ander artikels! Groete!
Oesjaar
kontak
15:42, 23 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ik kom toevallig even kijken hier: do you know of the translationtool? It's a beta feature, and gives you three columns for translating articles. You can translate manually, or have an automatic translation that you then copy-edit. It uses Google-translate, so Afrikaans should be supported. Watch this 4 minute introduction to get the basics:
link
. Because it's in beta, you'll have to turn it on, on the Wikipedia of the target language.
Ciell
kontak
21:10, 24 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Gebruik iemand die ding? Ek kry dit nie in die "beta"-keuse nie.
hansjoseph
kontak
13:00, 6 November 2020 (UTC)
antwoord
Môreson
Het
Morgenzon
se naam na Môreson verander? Ek dink nie so nie. Dis seker vandalisme op die Engelse blad wat nou van daar oorgedra is.
JMK
kontak
11:38, 30 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Hallo JMK, ek het die naam terug verander na Morgenzon, ook op die Engelse blad. Dankie vir die laat weet. --
Aliwal2012
12:38, 30 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Pioneer 11
Wat my betref is ek klaar met hierdie vertaling,
JMK
en
Aliwal2012
kan julle asb net klaar proeflees vanaf
Na verdere ontleding van die...
Ek het die Engels daar gelos vir julle gemak. Ek dog die artikel kom nooit klaar nie! Dankie vir julle ondersteuning sover! Groete!
Oesjaar
kontak
17:24, 3 November 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
dankie, ek het gaan kyk daar. Mooi artikel! --
Aliwal2012
08:01, 5 November 2020 (UTC)
antwoord
Wiki of functions naming contest - Round 2
Hallo
Reminder: Please help to choose the name for the new Wikimedia wiki project - the library of functions. The finalist vote starts today. The finalists for the name are:
Wikicode, Wikicodex, Wikifunctions, Wikifusion, Wikilambda, Wikimedia Functions
. If you would like to participate, then
please learn more and vote now
at Meta-wiki.
Baie dankie!
--
Quiddity (WMF)
22:10, 5 November 2020 (UTC)
"Her-standaardisering" van Afrikaans.
Dit sal nooit gebeur nie (my mening- want Standaardafrikaans soos ons dit ken is te stewig gevestig in die Akademie, en sonder die Akademie sal die plannetjies skipbreuk ly). Indien hulle dit waag doen sal die bietjie eenheid wat daar bestaan tussen die Afrikaanssprekende gemeenskap verseker daarmee heen wees en 'n taalskeuring plaasvind tussen die bruin (en ander blankes wat hulle daarvoor beywer) en blanke gemeenskap (nie dat blankes oftewel "wittes" se taalgebruik deesdae watwonders is nie - inteendeel- hulle verwaarloos hulle taal soos nog nooit tevore nie en toon geen vertedering of koestering ten opsigte daarvan nie!) . Maar maak maar reg daarvoor, dit is blykbaar hulle plan. Hulle wil Afrikaans besoedel, wesentlik vernietig en verengels met "Kaaps" en dit "dekoloniseer" en "transformeer" (ek wil opgooi as ek dié terme hoor) in 'n onsmaaklike en onverstaanbare brousel wat daarna geen verwantskap meer met haar moedertaal
Nederlands
sal hê nie.
My vraag is: Waarom los! hulle nie Afrikaans uit nie en standaardiseer op hul eie vir "Kaaps". Dinge raak al hoe meer belaglik. Ek is 'n Afrikaanssprekende, ek gebruik dit, ek het seggenskap oor my taal!
Kort voor lank hoor ons dat ons verplig sal wees om ons teks te verengels (lees: ver-"Kaaps") anders verloor ons die ondersteuning van die ATR en taalmonument (die hoof aandrywers van hierdie onsinnige spulletjie .... het die Afrikaanse Wikipediaprojek ooit in elk geval ondersteuning van daardie geweste geniet? Ek weet die akademie beywer hulle vir 'n sterk en uitmuntende Afr. Wikipedia ten minste in Standaardafrikaans.
Iemand moet iets sê.
Suidpunt
, wat is jou opinie hieromtrent?
As niemand opstaan vir wat reg is nie sal die bose en onsinniges oorwin! Los Afrikaans uit!
Charlielv55
kontak
10:25, 6 November 2020 (UTC)
antwoord
Die rede waarom ek so aanvallig is, is dat ek verseker nie onder 'n kalkoen uitgebroei is nie. Die ATR en die taalmonument mense bely 'n houding van nie-vyandigheid teenoor Standaardafrikaans (soos ons dit ken) maar agter die "koekiesbak" bakkies bespeur mens 'n onteenseglike antagonisme (dink bietjie daaroor: as't ware teenoor ons taal) teenoor Standaardafrikaans en afgunstigheid wat kwalik bedek is. Ek verwys natuurlik na die artikel " ’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum" deur Le Cordeur op Litnet asook uitlatings deur die ATR en hul meelopers. Jammer indien ek altyd ongemaklike onderwerpe ophaal en die slaai deurgemaak krap (bietjie soos Potus Trump), maar soos hulle sê (in Engels nogal): "The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing." -
Edmund Burke
. Ek hoor graag die mense met in-diepte kennis oor hierdie onderwerp se opinies (indien enige) en oor die feit dat mens weereens moet baklei en die verrotting stopsit van die laaste kulturele bate wat werklik joune is en waarvoor jy hartgrondig lief is, in hierdie ellendige, verdeelde land. Groete.
Charlielv55
kontak
11:33, 6 November 2020 (UTC)
antwoord
Charlielv55
Soos Onkel Freud toe nog aan sy beste vriend, dr. Jung, iets uit sy jeugjare in 'n brief (14 Maart 1911) onthou:
Cacatum non est pictum
. Met ander woorde, iets in die trant van "gekak is nie geskilder nie." Daar is 'n rede hoekom mense na die Louvre stroom, vir een skilderytjie, en daar is 'n rede hoekom Sarah Lucas se kuns wat 'n kamer vol staan nie veel aftrek kry nie. Selfs die gepeupel het bietjie elegansie-sin, na tydloosheid, na 'n medium wat tyd en ruimte oortref, en 'n sekere mate van... eksklusiwiteit. [En daarom is daar geen ander taal soos Latyn nie].
Suidpunt
kontak
07:38, 10 November 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Suidpunt
- ek kry die boodskap, en dis baie waar! Groete.
102.132.12.43
08:04, 10 November 2020 (UTC)
antwoord
Paraboliese antenne vs paraboolantenne
Gemeenskap, ek laat die ruimtetuie vir nou eers daar... My volgende projek is die vertaling van
Parabolic antenna
. Ek is nie heeltemal seker van die korrekte vertaling nie, die tweede naam kom uit my Poskantoor woordeboek. Julle insae asb! Groete!
Oesjaar
kontak
16:15, 7 November 2020 (UTC)
antwoord
Die Tegniese Woordeboek gee paraboolantenne en die Sterrekundewoordeboek paraboliese antenne. Ek sou met eersgenoemde gaan.
Burgert
(kontak)
09:18, 9 November 2020 (UTC)
antwoord
Merci Monsieur!
Oesjaar
kontak
09:20, 9 November 2020 (UTC)
antwoord
O, gonna! Artikel oor Kaapse luiperd moet weg.
Liewe lesers
Ons sit skynbaar met 'n probleempie.
Die benaming "Kaapse luiperd", so luister ek gistermiddag aandagtig na Martelize Brink en Cape Leopard Trust se geselsie, het 'n semantiese sprong ondergaan. Of van vlekke verwissel. Daar word nou bedoel "luiperd in Kaapland".
Dit het sonder twyfel verreikende gevolge: want ons almal weet Kaapse kobra (die geelslang,
Naia nivea
), Kaapse leeu (in die ou jare
Leo leo melanochaitus
) en Kaapse... is almal op die een of ander wyse afsonderlike (sub)spesies binne 'n bepaalde georuimtelike gebied, naamlik Kaapland.
En omdat die stigting as't ware nou erken het die dier is nie 'n subspesie nie, is daar geen bestaansreg vir hom op die Afrikaanse Wikipedia nie.
En eintlik het die organisasie ook geen bestaansreg meer nie. Ek bedoel, as katsenaam
Panthera pardus pardus
is, is hy een van die volopste roofdiere dwarsoor Afrika waarvoor wynbottels ten duurste opgeveil word. Dis soos 'n pleidooi voor die Wêreldbank vir muskiete. Dis tog waaroor die twispunt al vir jare gegaan het!
Dan ontstaan die vraag: waarom? Waarom bestaan die organisasie in die eerste plek? Want as daar 'n oorbevolking gryswolwe begin wemel en hap na mekaar in Oos-Europa, wyk hulle gewoon na ander gebiede soos Noord-, Suid- en Wes-Europa uit om die leemtes te vul. Dis wat alle roofdiere trouens doen. En waarom jy nou kinders wil opvoed, wat in hulle ganses lewens nog nooit 'n koei gemelk gesien het nie (of soos, ek geen behoefte het om berg te gaan klim nie), wat nog te sê hierdie skugter dier nog van aangesig tot aangesig ontmoet, soos die heuningtappers in Indië wat nie, soos die toeriste, in die tier se lêplek gaan lol nie...
En soos in Europa bestaan daar 'n paar vrae:
1. Waarom word die luiperd spesifiek uitgesonder, maar geen ander roofdier wat voorheen hier was nie? Ek dink maar aan die hiëna met die allervieslikste vaste gebit en gelag. Charisma, mense, charisma.
2. Waarom word 'n toproofdier uitgesonder, nou wel om ander mesoroofdiere in toom te hou, maar daar word nie gekyk na die laagste faktor in die voedselketting nie? Jy kan tog nie 'n luiperdbevolking laat aanwas sonder voedsel nie. En daardie voedsel moet weer op iets anders teer. Jy kan nie die kar voor die perde inspan nie. Begin eers bome plant, sou ek sê (tot die volgende bergbrand).
3. Het 'n luiperd meer charisma as 'n oewerkonyn, wat in die Kaap selfs meer bedreig is?
4. Is die besorgdheid oor die luiperd in Kaapland bloot 'n uitvloeisel uit wetenskaplike dwalinge uit die 1800's, of deur tradisie van oom Pietie Beukes van die 1970's wat voortgesit word?
5. Gaan dit werklik om die diere, of gaan dit om die miljoendollarbedryf gegrond op emosie?
Die belangrikste vraag is (en dit sou hardegat gewees het as Martelize dit sou vra):
OK, wanneer gaan julle ontbind?
Kyk, enige organisasie stel hom voor n mikpunt. Selfs die kerk sê: "tot Jesus kom moet elke siel op aarde gewin word". Maar wanneer gaan die Cape Leopard Trust heeltemal ontbind? Of, met reeds so 'n hoë digtheid in die Kaap besuide die bergreekse, wanneer daar 5 miljoen luiperds in die Wes-Kaap is? Wanneer elke studie oor die lewensgewoontes van die dier nou finaal opgeteken is?
Hande op wie
hierdie artikel
geskrap wil sien:
Ondersteun
Suidpunt
kontak
07:43, 10 November 2020 (UTC)
antwoord
Neutraal
Gekant
vir redes soos ander hieronder --
Aliwal2012
21:57, 12 November 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
Ek dink ons kan net verduidelik dat dit 'n takson was wat voorheen in die literatuur bespreek is, maar nou as sinoniem met die hoofspesie beskou word. –
K175
skil 'n appeltjie
19:33, 10 November 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
Ek stem saam met K175. Maar ons kan seker die meeste van die oorbodige inhoud verwyder, of versmelt met
Luiperd
. Ek sien ons het nie 'n artikel vir Afrika-luiperd (Panthera pardus ssp. pardus). Miskien kan ons dit skep met meeste van die inhoud in
Kaapse luiperd
. -
Rooiratel
kontak
07:47, 11 November 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
Selde geval as
Knysna-olifant
. Hou albei – ek sien ook geen oorbodige inhoud nie. By groot soogdiere kan daar dikwels op die oog af onderskei word tussen verskillende populasies. Dit beteken nie dat elke populasie sy eie artikel verdien nie, maar as dit redelik kenmerkend is, en die inligting en studies is beskikbaar, dan is dit interessant en ook nuttig uit 'n bewaringsoogpunt.
JMK
kontak
16:15, 11 November 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
stem saam met my kollegas. Plaas net nota in artikel oor taksonomie. Groete!
Oesjaar
kontak
16:35, 11 November 2020 (UTC)
antwoord
Die
Slag van Soutrivier
Gemeenskap, die voorsitter van WikimediaZA
Gebruiker:Discott
het die bogenoemde op die Engelse Wiki geskep:
Battle of Salt River
Sien iemand kans om dit te vertaal? Goeie Africana! Groete!
Oesjaar
kontak
17:18, 10 November 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Sobaka
! Groete!
Oesjaar
kontak
17:41, 17 November 2020 (UTC)
antwoord
Plesier
Sobaka
kontak
17:53, 17 November 2020 (UTC)
antwoord
Liggingkaart
Goeienaand gemeenskap, vandag het ek lekker geskrik, want liggingkaart werk nie meer lekker nie, wanneer dit nie in inligtingskassies gebruik word nie (d.w.s. as dit op sy eie gebruik word, bv.
Koeberg
, maar nie
Bredasdorp
). Dit raak baie artikels, waaronder voorbladsters! Sien iemand kans om hierdie te fieks? Groete. --
SpesBona
22:15, 15 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Dankie dat jy dit opgelet het! Ek het dit gou reggemaak. Laat weet asb. as jy nog sulke gevalle bespeur. –
K175
skil 'n appeltjie
22:32, 15 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Baie dankie! Sover ek sien werk nou alles reg.
:) Groete. --
SpesBona
22:40, 15 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Daar is nou kassies waar al die opskriffies links geskouer is. Kyk byvoorbeeld
{{
Inligtingskas siekte
}}
. Wat is fout?
Burgert
(kontak)
12:07, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Kan jy dit asseblief regmaak? Daar is nou honderde, of duisende, kassies wat verkeerd vertoon.
Burgert
(kontak)
19:16, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Ek glo
hierdie wysiging
maak dit reg. –
K175
skil 'n appeltjie
19:18, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Nee, dis steeds verkeerd. Tjek jy nie as jy kassies verander dat dit nie 'n gemors veroorsaak nie? Daar is gedurig 'n probleem met kassies wat mense toevallig sien en jou dan daarop moet wys.
Burgert
(kontak)
19:24, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Verander dit asb. gou terug en dan wys jy my op 'n voorbeeld waar dit nog gebreek is? –
K175
skil 'n appeltjie
19:25, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Kepler-11
en
Androgeenongevoeligheidsindroom
en enige artikel wat
{{
Infobox generiek
}}
gebruik.
Burgert
(kontak)
19:43, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Moet die deel "Klassifikasie en eksterne bronne" en die beeldonderskrif ook in die middel wees? En die "Mediese waarskuwing"? –
K175
skil 2 appeltjies
19:47, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ja.
Burgert
(kontak)
19:52, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Kyk asb. of dit nou reg is? –
K175
skil 'n appeltjie
19:59, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Die siektes is nou reg, maar al die ruimteartikels is nog verkeerd,
Burgert
(kontak)
20:25, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
En nou? Lyk die portaal reg by
Son
? –
K175
skil 'n appeltjie
20:35, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Die Portaal Sterrekunde staan nog links.
Burgert
(kontak)
20:39, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Is dit nou reg? –
K175
skil 'n appeltjie
21:09, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ja, baie dankie.
Burgert
(kontak)
21:14, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
"Eerste internasionale wedstryd" by
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... is nou links geskouer, terwyl dit voorheen gesentreer was. Die res van die sjabloon werk mooi, moenie verander nie. Sentreer net die "Eerste internasionale wedstryd" weer, asseblief. Wat
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... betref was dit voorheen een lyn, die "[Vou oop]" kort waarskynlik "nowiki". Die res werk mooi, fieks asseblief net dié probleem. Groete. --
SpesBona
22:56, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Bevestig asb. dat dit nou reg vertoon? –
K175
skil 'n appeltjie
06:26, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Jammer, maar dis nog nie op die punt nie. Dis nou beter, maar die spanne met hul vlae is nog nie gesentreer nie. Ek verwys na die inligting onder "Eerste internasionale wedstryd", "Grootste oorwinning" en "Grootste nederlaag". Die res lyk soos gewoon. Watter wysiging aan watter bladsy het tot dié nuwe uitleg gelei? Groete. --
SpesBona
19:10, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Kyk asb. nou weer. Ek kan nie sê presies watter wysiging die probleem veroorsaak het nie, maar ek dink dit het te doen met die feit dat baie van ons inligtingskassies verouderde HTML-sintaksis bevat wat nie meer geldig is nie, en die bygewerkte CSS definisies vir HTML elemente weglaat. –
K175
skil 'n appeltjie
20:07, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Dit lyk nou soos ek die kassie ken, baie dankie!
:) Die Rugbywedstryd lyk ook weer reg. Ek hoop maar ons sal hierdie sjablone kan "bewaar". Ek hou van daai uitleg. Ek vertaal elke week een rugbyspan uit Duits, waar hulle lesenswaardige status verkry, om sodoende ons voorbladartikels uit te brei. Aan die einde van die dag sal die artikels dan op dieselfde vlak wees. Dus val veranderinge in uitleg dadelik op. Groete. --
SpesBona
21:45, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Goed, kom ons behou hulle so vir nou. Ek wil volgende die bronteks vir kassies wat
{Inligtingskas Persoon}}
{Inligtingskas Ampsbekleër}}
en
{Inligtingskas Akteur}}
gebruik, vertaal en opruim, en dan wil ek na die aanhalingssjablone kyk om hulle eenvormig te maak en hul parameters te vertaal. –
K175
skil 'n appeltjie
07:47, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
Koring
Gemeenskap, hier is nog een (en definitief nie die laaste nie) van Maroela Media se pogings. Inhoud van Wêreldspekturm en Kennis is net eenvoudig aanmekaar gelas met geen poging om dit te integreer nie. Daar is herhalings van feite, verwysings na Transvaal en ooreenkomste met die regering (van voor 1980) wat ek betwyfel of dit nog waar is. Het enige persoon die moed om die artikel te verbeter? Dit kan in 'n goeie artikel omskep word. Ek het waar moontlik die OCR foute reggemaak.
Groete!
Oesjaar
kontak
13:44, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– ek het die ou Koringraad as "voormalig" aangedui, ek vermoed die raad is in die 1980's ontbind. --
Aliwal2012
14:01, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
2021 enquête over de verlanglijst van de gemeenschap
De
2021 enquête over de verlanglijst van de gemeenschap
is nu geopend! De enquête is de manier waarmee gemeenschappen bepalen waar het
Community Tech
team volgend jaar aan moet gaan werken. We moedigen iedereen aan om voorstellen in te dienen voor de deadline op
30 November
, of om te reageren op andere voorstellen om ze te helpen verbeteren. De gemeenschappen stemmen op de voorstellen tussen
8 Desember
en
21 Desember
Het Community Tech team is gefocussed op hulpmiddelen voor ervaren Wikimedia bewerkers. U kunt voorstellen in elke taal opstellen en wij vertalen deze. Bedankt en we kijken uit naar uw voorstellen!
SGrabarczuk (WMF)
05:11, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
WikimediaZA se Algemene Jaarvergadering
Gemeenskap, WikimediaZA se algemene jaarvergadering vind op 28 November 2020 plaas via Zoom. Ek vra julle toestemming om my verkiesbaar te stel as die Verteenwoordiger vir Afrikaans op die komitee, soos ek nou al van 2014 doen! Groete!
Oesjaar
kontak
07:19, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
vir Oesjaar.
Lefcentreright
kontak
) 13:03, 20 November 2020
Ondersteun
--
Aliwal2012
13:55, 20 November 2020
Vraag
: Indien
Gebruiker:Dumbassman
herverkies word, wie moet hy verteenwoordig? Namibië? --
Aliwal2012
Ja.
Oesjaar
kontak
) 14:21, 20 November 2020
Na afloop van die AJV, dien beide myself en
Dumbassman
nog steeds op die WikimediaZA se raad. Groete!
Oesjaar
kontak
) 11:41, 28 November 2020
Geluk aan albei en sterkte, hoop julle kan vreugde daaruit put! --
Aliwal2012
11:56, 28 November 2020
Baie geluk aan beide Oesjaar en Dumbassman.
Lefcentreright
kontak
14:49, 28 November 2020 (UTC)
antwoord
Global bot policy proposal: invitation to a Meta discussion
Hallo
I apologize for sending a message in English.
Help met die vertaal na uw taal
. According to
the list
, your wiki project currently is opted in to the
global bot policy
. Under this policy, bots that fix double redirects or maintain interwiki links are allowed to operate under a global bot flag that is assigned directly by the stewards.
As the Wikimedia projects developed, the need for the current global bot policy decreased, and in the past years, no bots were appointed via that policy. That is mainly given Wikidata were estabilished in 2013, and it is no longer necessary to have dozens of bots that maintain interwiki links.
proposal
was made at Meta-Wiki, which proposes that the stewards will be authorized to determine whether an uncontroversial task may be assigned a global bot flag. The stewards already assign permissions that are more impactful on many wikis, namely,
global sysops
and
global renamers
, and I do not think that trust should be an issue. The stewards will assign the permission only to time-proven bots that are already approved at a number of projects, like
ListeriaBot
By this message, I would like to invite you to comment
in the global RFC
, to voice your opinion about this matter.
Thank you for your time.
Best regards,
Martin Urbanec
besprekings
11:49, 24 November 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Aktueel
Die volgende insetsel in die aktueelboks is nie neutraal nie, en bevat ook twee voorspellings, terwyl voorspellings nie Wikipedia se doel is nie.
JMK
kontak
18:14, 25 November 2020 (UTC)
antwoord
Die
Demokrate
se kandidaat
Joe Biden
wen die
Amerikaanse presidentsverkiesing
en hy sal op 20 Januarie 2021 as 46ste
President van die Verenigde State van Amerika
ingehuldig word. Aansluitend word
Kamala Harris
as 49ste Adjunkpresident ingehuldig.
JMK
Ek stem saam, die
Electoral College
moet nog stem, maar die Amerikaners het wel 'n term
President-elect
wat na die persoon wat waarskynlik die volgende president gaan word, verwys, en die meeste media gebruik ook hierdie term en aanvaar dat Biden en Harris ingehuldig gaan word. –
K175
skil 'n appeltjie
18:33, 25 November 2020 (UTC)
antwoord
Die kieskollege ook, maar daar is onenigheid oor die uitslag van die verkiesing, benewens die verkose president.
JMK
kontak
07:20, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met
JMK
, dit is nog nie 'n uitgemaakte saak dat Biden deur die mense (via die kieskollege) verkies is nie, sien bv.
; sien ook
Daar was net TE veel ongerymdhede om nog die verkiesing te kan uitroep.
My persoonlike mening is dat ek nie eintlik meer omgee wie wen nie, Pres. Trump het Amerikaanse politiek en mense se denkwyse, hul skeptisisme jeens uitbuiting deur die elites [in die media, "big tech", die akademia, die sport (politieke) bedryf en vermaaklikheidsbedryf (Hollyweird) ] en aktivisme vir wat reg en goed is asook geregverdigde nyd jeens bose globalisme onherroeplik verander. Hy het die
GOP
verander na 'n party vir die werker, wie maar net sy lewe wil uitleef en die bes moontlike toekoms vir sy gesin skep, teen die belange in van die Demokratiese Party wat skynbaar nou die party van die Hollywood elite en groot skenkers is.
Wie ook al wen verloor dus eintlik, dis geen oorwinning nie - want die meningsverskille en verskillende houdings oor die VSA se toekoms (nieteenstaande ras, etnisiteit ens.) is net te groot, en die rede waarom daar nou sulke vurige en hewige verskille heers in die VSA is (volgens my) nie omdat Pres. Trump verdeel nie, maar omdat hy werklik die heel eerste konserwatief-Republikeinse president in menseheugenis is wat waag terug baklei (en so ook sy ondersteuners, wat nie meer terughou nie maar werklik opstaan vir die waardes waarin hulle glo). Hy is ook die eerste wat sy beloftes nagekom het en nie gaan lê het en verklaar het dat die demokrate en hul meelopers maar oor hom kan loop soos 'n skoothondjie nie. Hy is 'n "fighter" - ek sal hom nooit vergeet nie. Sy tyd as president is legendaries en epogmakend.
Dit sal dus goed wees indien die bespreekte bladsye teruggerol kan word totdat die uitslae finaal is en al die regsake afgehandel is. LET ASB. DAAROP BAIE VAN HIERDIE IS MAAR NET MY MENING. BAIE DANKIE.
102.132.12.43
07:43, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Dit is hoekom hier CheckUsers moet wees
Gemeenskap, volgens
die CheckUser beleid
, moet ons twee kies. Daar kan nie net een wees nie. Ek het vroeër die maand die onderwerp geopper. Net Burgert Behr en Nadzik het gereageer. Ek nomineer nou vir
Gebruiker:SpesBona
en
Gebruiker:Voyageur
, aangesien hulle beide burokrate is. Laat ek sommer die stemming afskop.
Ondersteun
Lefcentreright
kontak
13:06, 30 September 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Rooiratel
kontak
09:54, 1 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Oesjaar
kontak
17:47, 1 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Frank
kontak
10:26, 3 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Burgert
(kontak)
08:58, 4 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- for both of them, good for you guys! Cheers!
Nadzik
kontak
13:32, 8 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- Vir albei.
Martinvl
kontak
17:43, 17 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Aliwal2012
08:41, 21 Oktober 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
aan almal: Kan ons nou hierdie besluit deurvoer? Die stemming is afgehandel, die 2 menere is wettiglik verkies.
Lefcentreright
sal jy asb weer die voortou kan neem? Groete, --
Aliwal2012
12:15, 30 November 2020 (UTC)
antwoord
Sjoe, hierdie ding is al vir twee maande aan die gang!
SpesBona
en
Voyageur
Wil julle CheckUsers wees? Lees
hier
. Groete,
Lefcentreright
kontak
18:28, 30 November 2020 (UTC)
antwoord
Ook, ek sien nou eers dat Voyageur se laaste wysiging is meer as 'n maand gelede gemaak (18 Oktober presies). Dit is darem abnormale gedrag van sy kant af.
Lefcentreright
kontak
18:33, 30 November 2020 (UTC)
antwoord
Dit is inderdaad baie vreemd. Kan iemand hom in die regte lewe kontak en hoor of alles nog reg is? Dalk is hy op reis of het iets belangrik voorgeval. –
K175
skil 'n appeltjie
18:56, 30 November 2020 (UTC)
antwoord
Ek sien sy gebruikersblad sê: "Fall recess to allow for prolonged at-home spa treatment (LOL)". Groete --
Aliwal2012
11:11, 5 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ag, wat. Ons kan dit maar argiveer. Nie een van die betrokke partye stel belang nie.
Lefcentreright
kontak
13:22, 14 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Die
Slag van Soutrivier
Gemeenskap, die voorsitter van WikimediaZA
Gebruiker:Discott
het die bogenoemde op die Engelse Wiki geskep:
Battle of Salt River
Sien iemand kans om dit te vertaal? Goeie Africana! Groete!
Oesjaar
kontak
17:18, 10 November 2020 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Sobaka
! Groete!
Oesjaar
kontak
17:41, 17 November 2020 (UTC)
antwoord
Plesier
Sobaka
kontak
17:53, 17 November 2020 (UTC)
antwoord
Liggingkaart
Goeienaand gemeenskap, vandag het ek lekker geskrik, want liggingkaart werk nie meer lekker nie, wanneer dit nie in inligtingskassies gebruik word nie (d.w.s. as dit op sy eie gebruik word, bv.
Koeberg
, maar nie
Bredasdorp
). Dit raak baie artikels, waaronder voorbladsters! Sien iemand kans om hierdie te fieks? Groete. --
SpesBona
22:15, 15 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Dankie dat jy dit opgelet het! Ek het dit gou reggemaak. Laat weet asb. as jy nog sulke gevalle bespeur. –
K175
skil 'n appeltjie
22:32, 15 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Baie dankie! Sover ek sien werk nou alles reg.
:) Groete. --
SpesBona
22:40, 15 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Daar is nou kassies waar al die opskriffies links geskouer is. Kyk byvoorbeeld
{{
Inligtingskas siekte
}}
. Wat is fout?
Burgert
(kontak)
12:07, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Kan jy dit asseblief regmaak? Daar is nou honderde, of duisende, kassies wat verkeerd vertoon.
Burgert
(kontak)
19:16, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Ek glo
hierdie wysiging
maak dit reg. –
K175
skil 'n appeltjie
19:18, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Nee, dis steeds verkeerd. Tjek jy nie as jy kassies verander dat dit nie 'n gemors veroorsaak nie? Daar is gedurig 'n probleem met kassies wat mense toevallig sien en jou dan daarop moet wys.
Burgert
(kontak)
19:24, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Verander dit asb. gou terug en dan wys jy my op 'n voorbeeld waar dit nog gebreek is? –
K175
skil 'n appeltjie
19:25, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Kepler-11
en
Androgeenongevoeligheidsindroom
en enige artikel wat
{{
Infobox generiek
}}
gebruik.
Burgert
(kontak)
19:43, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Moet die deel "Klassifikasie en eksterne bronne" en die beeldonderskrif ook in die middel wees? En die "Mediese waarskuwing"? –
K175
skil 2 appeltjies
19:47, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ja.
Burgert
(kontak)
19:52, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Kyk asb. of dit nou reg is? –
K175
skil 'n appeltjie
19:59, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Die siektes is nou reg, maar al die ruimteartikels is nog verkeerd,
Burgert
(kontak)
20:25, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
En nou? Lyk die portaal reg by
Son
? –
K175
skil 'n appeltjie
20:35, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Die Portaal Sterrekunde staan nog links.
Burgert
(kontak)
20:39, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Is dit nou reg? –
K175
skil 'n appeltjie
21:09, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ja, baie dankie.
Burgert
(kontak)
21:14, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
"Eerste internasionale wedstryd" by
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... is nou links geskouer, terwyl dit voorheen gesentreer was. Die res van die sjabloon werk mooi, moenie verander nie. Sentreer net die "Eerste internasionale wedstryd" weer, asseblief. Wat
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... betref was dit voorheen een lyn, die "[Vou oop]" kort waarskynlik "nowiki". Die res werk mooi, fieks asseblief net dié probleem. Groete. --
SpesBona
22:56, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Bevestig asb. dat dit nou reg vertoon? –
K175
skil 'n appeltjie
06:26, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Jammer, maar dis nog nie op die punt nie. Dis nou beter, maar die spanne met hul vlae is nog nie gesentreer nie. Ek verwys na die inligting onder "Eerste internasionale wedstryd", "Grootste oorwinning" en "Grootste nederlaag". Die res lyk soos gewoon. Watter wysiging aan watter bladsy het tot dié nuwe uitleg gelei? Groete. --
SpesBona
19:10, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Kyk asb. nou weer. Ek kan nie sê presies watter wysiging die probleem veroorsaak het nie, maar ek dink dit het te doen met die feit dat baie van ons inligtingskassies verouderde HTML-sintaksis bevat wat nie meer geldig is nie, en die bygewerkte CSS definisies vir HTML elemente weglaat. –
K175
skil 'n appeltjie
20:07, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Dit lyk nou soos ek die kassie ken, baie dankie!
:) Die Rugbywedstryd lyk ook weer reg. Ek hoop maar ons sal hierdie sjablone kan "bewaar". Ek hou van daai uitleg. Ek vertaal elke week een rugbyspan uit Duits, waar hulle lesenswaardige status verkry, om sodoende ons voorbladartikels uit te brei. Aan die einde van die dag sal die artikels dan op dieselfde vlak wees. Dus val veranderinge in uitleg dadelik op. Groete. --
SpesBona
21:45, 19 November 2020 (UTC)
antwoord
SpesBona
Goed, kom ons behou hulle so vir nou. Ek wil volgende die bronteks vir kassies wat
{Inligtingskas Persoon}}
{Inligtingskas Ampsbekleër}}
en
{Inligtingskas Akteur}}
gebruik, vertaal en opruim, en dan wil ek na die aanhalingssjablone kyk om hulle eenvormig te maak en hul parameters te vertaal. –
K175
skil 'n appeltjie
07:47, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Jammer om weer te kla, maar waar is die besluit van die gemeenskap rakende al die veranderinge aan belangrike sjablone? Hoekom het ons nie meer
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... nie? Van die artikels, waar
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... in
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... verander is, vertoon nie reg nie (weereens die rooi waarskuwings, bv.
Jackie Chan
). Ons vra nou herhaaldelik dat jy vóór veranderinge aan belangrike en werkende sjablone met die gemeenskap praat. Groete. --
SpesBona
22:25, 3 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Koring
Gemeenskap, hier is nog een (en definitief nie die laaste nie) van Maroela Media se pogings. Inhoud van Wêreldspekturm en Kennis is net eenvoudig aanmekaar gelas met geen poging om dit te integreer nie. Daar is herhalings van feite, verwysings na Transvaal en ooreenkomste met die regering (van voor 1980) wat ek betwyfel of dit nog waar is. Het enige persoon die moed om die artikel te verbeter? Dit kan in 'n goeie artikel omskep word. Ek het waar moontlik die OCR foute reggemaak.
Groete!
Oesjaar
kontak
13:44, 18 November 2020 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– ek het die ou Koringraad as "voormalig" aangedui, ek vermoed die raad is in die 1980's ontbind. --
Aliwal2012
14:01, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
WikimediaZA se Algemene Jaarvergadering
Gemeenskap, WikimediaZA se algemene jaarvergadering vind op 28 November 2020 plaas via Zoom. Ek vra julle toestemming om my verkiesbaar te stel as die Verteenwoordiger vir Afrikaans op die komitee, soos ek nou al van 2014 doen! Groete!
Oesjaar
kontak
07:19, 20 November 2020 (UTC)
antwoord
Ondersteun
vir Oesjaar.
Lefcentreright
kontak
) 13:03, 20 November 2020
Ondersteun
--
Aliwal2012
13:55, 20 November 2020
Vraag
: Indien
Gebruiker:Dumbassman
herverkies word, wie moet hy verteenwoordig? Namibië? --
Aliwal2012
Ja.
Oesjaar
kontak
) 14:21, 20 November 2020
Na afloop van die AJV, dien beide myself en
Dumbassman
nog steeds op die WikimediaZA se raad. Groete!
Oesjaar
kontak
) 11:41, 28 November 2020
Geluk aan albei en sterkte, hoop julle kan vreugde daaruit put! --
Aliwal2012
11:56, 28 November 2020
Baie geluk aan beide Oesjaar en Dumbassman.
Lefcentreright
kontak
14:49, 28 November 2020 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Aktueel
Die volgende insetsel in die aktueelboks is nie neutraal nie, en bevat ook twee voorspellings, terwyl voorspellings nie Wikipedia se doel is nie.
JMK
kontak
18:14, 25 November 2020 (UTC)
antwoord
Die
Demokrate
se kandidaat
Joe Biden
wen die
Amerikaanse presidentsverkiesing
en hy sal op 20 Januarie 2021 as 46ste
President van die Verenigde State van Amerika
ingehuldig word. Aansluitend word
Kamala Harris
as 49ste Adjunkpresident ingehuldig.
JMK
Ek stem saam, die
Electoral College
moet nog stem, maar die Amerikaners het wel 'n term
President-elect
wat na die persoon wat waarskynlik die volgende president gaan word, verwys, en die meeste media gebruik ook hierdie term en aanvaar dat Biden en Harris ingehuldig gaan word. –
K175
skil 'n appeltjie
18:33, 25 November 2020 (UTC)
antwoord
Die kieskollege ook, maar daar is onenigheid oor die uitslag van die verkiesing, benewens die verkose president.
JMK
kontak
07:20, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met
JMK
, dit is nog nie 'n uitgemaakte saak dat Biden deur die mense (via die kieskollege) verkies is nie, sien bv.
; sien ook
Daar was net TE veel ongerymdhede om nog die verkiesing te kan uitroep.
My persoonlike mening is dat ek nie eintlik meer omgee wie wen nie, Pres. Trump het Amerikaanse politiek en mense se denkwyse, hul skeptisisme jeens uitbuiting deur die elites [in die media, "big tech", die akademia, die sport (politieke) bedryf en vermaaklikheidsbedryf (Hollyweird) ] en aktivisme vir wat reg en goed is asook geregverdigde nyd jeens bose globalisme onherroeplik verander. Hy het die
GOP
verander na 'n party vir die werker, wie maar net sy lewe wil uitleef en die bes moontlike toekoms vir sy gesin skep, teen die belange in van die Demokratiese Party wat skynbaar nou die party van die Hollywood elite en groot skenkers is.
Wie ook al wen verloor dus eintlik, dis geen oorwinning nie - want die meningsverskille en verskillende houdings oor die VSA se toekoms (nieteenstaande ras, etnisiteit ens.) is net te groot, en die rede waarom daar nou sulke vurige en hewige verskille heers in die VSA is (volgens my) nie omdat Pres. Trump verdeel nie, maar omdat hy werklik die heel eerste konserwatief-Republikeinse president in menseheugenis is wat waag terug baklei (en so ook sy ondersteuners, wat nie meer terughou nie maar werklik opstaan vir die waardes waarin hulle glo). Hy is ook die eerste wat sy beloftes nagekom het en nie gaan lê het en verklaar het dat die demokrate en hul meelopers maar oor hom kan loop soos 'n skoothondjie nie. Hy is 'n "fighter" - ek sal hom nooit vergeet nie. Sy tyd as president is legendaries en epogmakend.
Dit sal dus goed wees indien die bespreekte bladsye teruggerol kan word totdat die uitslae finaal is en al die regsake afgehandel is. LET ASB. DAAROP BAIE VAN HIERDIE IS MAAR NET MY MENING. BAIE DANKIE.
102.132.12.43
07:43, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Kassies (vervolg)
K175
{{
Inligtingskas Planeet
}}
werk ook nie meer reg nie. Sommige hofies is gesentreer en ander links geskouer. Sien
2020 CD
. Hier is 'n groot boggerop met die kassies.
Burgert
(kontak)
08:35, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Ditto met
{{
Inligtingskas Maan
}}
Burgert
(kontak)
08:47, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Uitgevoer
. Vreeslik jammer vir die ongerief, maar ek dink dis beter dat ons nou die nuutste HTML-sintaksis gebruik. –
K175
skil 'n appeltjie
10:39, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Ek gaan nou maar stelselmatig deur die artikels wat ek gedoen het. Ek het nou reeds gesien
{{
Inligtingskas farao
}}
het dieselfde probleem. Ek sal sê as daar nog is.
Burgert
(kontak)
10:41, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
By die volgende sjablone lê die foto links teen die kant:
{{
Inligtingskas steuring
}}
{{
Inligtingskas siekte
}}
{{
Inligtingskas Boeddhiste
}}
{{
Inligtingskas moskee
}}
{{
Inligtingskas kat
}}
{{
Moordenaar
}}
{{
Inligtingskas seerower
}}
{{
Inligtingskas kaas
}}
en
{{
Inligtingskas pryse
}}
. By
{{
Boeddhistiese name
}}
lê die opskrif "Vertalings" links. By
{{
Inligtingskas anatomie
}}
lê die foto en die hofie "Inligting" links, by
{{
Taksoboks3
}}
lê die opskrifte links en die linkerkantse kriteria in die middel iewers. Die kopie is ook klein. Die sjabloon
{{
Rooi sirkel
}}
gooi sy sirkel heeltemal op die verkeerde plek, soms sommer in die kopie. Elke ster het feitlik so ’n sirkel en dit was ’n ontsaglike werk om daardie sirkels op die regte plekke te kry. Nee, ek raak nou moedeloos.
Burgert
(kontak)
12:31, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Moenie moedeloos raak nie. Dit is min moeite om dit reg te stel. Kyk asb. by
55 Cancri
Canopus
en
Epsilon Eridani
of die rooi sirkel reg vertoon, en of dit nog bietjie geskuif moet word. Dan kan ek die res van die artikels wat daardie sjabloon gebruik met my robot regmaak. En ek glo die ander kassies vertoon nou reg - bevestig asb.? –
K175
skil 'n appeltjie
20:14, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Dit lyk of alles nou reg is, dankie.
Burgert
(kontak)
21:08, 26 November 2020 (UTC)
antwoord
Kommentaar
: Ek het ook na bogenoemde inligtingskassies gekyk, en alles lyk nou reg. Dankie K175 dat jy nie moed opgee nie! --
Aliwal2012
08:36, 28 November 2020 (UTC)
antwoord
K175
Sal jy asb. vir my sê wanneer jy klaar is. Ek sien jy het nog nie by almal uitgekom nie, maar sommige van die ander sirkels lê nog effens verkeerd. Ek sal dit met die hand probeer regmaak as dit nodig is.
Burgert
(kontak)
12:00, 28 November 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
OK, ek sien KabouterBot het nie al die artikels bygekom nie. Ek dink dis omdat ek dit met die
command line argument
-links geloop het in plaas van met -backlinks of iets dergeliks. Ek sal net 'n verandering aan die robot moet maak sodat hy nie weer wysigings aanbring aan die artikels wat reeds gewysig is nie. –
K175
skil 'n appeltjie
11:02, 30 November 2020 (UTC)
antwoord
Die nuutste Greenman verslag...
Gemeenskap, sien:
Groete!
Oesjaar
kontak
07:45, 27 November 2020 (UTC)
antwoord
Wikidata descriptions changes to be included more often in Recent Changes and Watchlist
Sorry for sending this message in English. Translations are available on
this page
. Feel free to translate it in more languages!
As you may know, you can include changes coming from Wikidata in your Watchlist and Recent Changes (
in your preferences
). Until now, this feature didn’t always include changes made on Wikidata descriptions due to the way Wikidata tracks the data used in a given article.
Starting on December 3rd, the Watchlist and Recent Changes will include changes on the descriptions of Wikidata Items that are used in the pages that you watch. This will only include descriptions in the language of your wiki to make sure that you’re only seeing changes that are relevant to your wiki.
This improvement was requested by many users from different projects. We hope that it can help you monitor the changes on Wikidata descriptions that affect your wiki and participate in the effort of improving the data quality on Wikidata for all Wikimedia wikis and beyond.
Note: if you didn’t use the Wikidata watchlist integration feature for a long time, feel free to give it another chance! The feature has been improved since the beginning and the content it displays is more precise and useful than at the beginning of the feature in 2015.
If you encounter any issue or want to provide feedback, feel free to use
this Phabricator ticket
. Thanks!
Lea Lacroix (WMDE)
14:39, 30 November 2020 (UTC)
antwoord
Ontkiemingskompetisie
Hallo, laat weet as iemand die
Ontkiemingskompetisie
wil oorvat. Ek is nie meer lus vir die besigheid nie. Dankie
Dumbassman
kontak
07:36, 2 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ek verneem daar is nie hierdie jaar fondse vir geskenkbewyse vir die ontkiemingskompetisie nie. Is dit so? Indien wel, moet ons dit dalk uitstel tot volgende jaar? –
K175
skil 'n appeltjie
20:08, 3 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Nee wat, WikimediaZA sit met iets soos 400 000 in hul begroting, maar is te sleg om my te antwoord oor fondse. Ek is gatvol om te bedel vir geld.
Dumbassman
kontak
06:19, 4 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, sal daar belangstelling wees om deel te neem indien daar geen geskenkbewyse is nie? –
K175
skil 'n appeltjie
08:22, 4 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
kan jy nie vir ons 'n paar toutjies by Wikimedia ZA trek nie? –
K175
skil 'n appeltjie
14:11, 5 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ek sal die kompetisie oorneem. Laat ek eers net met
Dumbassman
gesels... Groete!
Oesjaar
kontak
05:57, 8 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Die saak word volgende Dinsdagaand op die Raadsvergadering bespreek. Ek sal iets kry... Groete!
Oesjaar
kontak
09:20, 8 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
"Die saak word volgende Dinsdagaand". En wat sê die raad? Groete,
Lefcentreright
kontak
11:26, 16 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ek het R 5000 gekry. Soek net iemand om te help met die reëls. My gevoel: enige saadjie wat met 5 k groei en tydperk vanaf 18 Des tot 9 Jan. Groete!
'n Mens moet seker net bepaal wat 'n saadjie is. Is dit steeds enigiets onder 5 kilogrepe?
Burgert
(kontak)
16:51, 21 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
en
Oesjaar
Ja, op die Engelse Wikipedia word enigiets onder 5 000 grepe beskou as 'n saadjie. Kan ons nou asb begin! Groete!
Lefcentreright
kontak
19:03, 21 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Die kompetisie is nou oop. Die R5000 hierbo belowe is voorlopig as pryse aangedui. Sterkte! --
Aliwal2012
19:55, 21 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Plaas asb jou naam/handtekening en elke artikel ingeskryf
hier
A/B test for the Reply tool
Hello.
Help met die vertaal na uw taal
The
mw:Editing team
is building the
Reply tool
. This new tool was requested during the
mw:Talk pages consultation 2019
. If you want, you can turn it on now at
Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures
The Editing team would like to test the tool. They
want to study
whether it works better, especially for new editors. In the test, they will turn on the Reply tool for half of editors sometime during the week of 14 December 2020. They will not change preferences for the other editors. You will still be able to turn it on or off yourself in
Special:Preferences
The test will run for several weeks. The results will be posted at
mw:Talk pages project/replying#Metrics
in late January or February. The test results will help Wikipedia editors and the Editing team decide whether the tool should be turned on for everyone.
If your Wikipedia does not want to participate in this test, please contact
me
as soon as possible. Thank you.
Whatamidoing (WMF)
kontak
21:57, 2 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Update: The test will start in January 2021 instead. Thank you for your understanding,
Whatamidoing (WMF)
kontak
17:39, 18 Desember 2020 (UTC)
antwoord
2020 Coolest Tool Award Ceremony on December 11th
Hello all,
The ceremony of the 2020
Wikimedia Coolest Tool Award
will take place virtually on Friday, December 11th, at 17:00 GMT. This award is highlighting tools that have been nominated by contributors to the Wikimedia projects, and the ceremony will be a nice moment to show appreciation to the tools developers and maybe discover new tools!
You will find more information
here
about the livestream and the discussions channels. Thanks for your attention,
Lea Lacroix (WMDE)
10:55, 7 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Onderzoek naar het Verlanglijstje van de Wikipedia-gemeenschap 2021
We nodigen alle geregistreerde gebruikers uit om te stemmen op de
2021 Community Wishlist enquête
. Je kunt vanaf nu tot aan
21 december
stemmen voor zoveel verschillende wensen als u wilt.
In de enquête worden wensen voor nieuwe en verbeterde tools voor ervaren gebruikers verzameld. Na de stemming doen wij ons best om aan jouw wensen tegemoet te komen. We beginnen met de meest populaire.
Wij, het
Community Tech-team
, zijn een van de teams van de
Wikimedia Foundation
. We maken en verbeteren bewerkings- en moderatie-instrumenten voor wiki's. Waar we aan werken wordt besloten op basis van de resultaten van de Community Wishlist Enquête. Eenmaal per jaar kun je wensen indienen. Na twee weken kun je stemmen op de wensen die je het meest interesseren. Vervolgens kiezen we wensen uit de enquête om aan te werken. Een deel van de wensen kan worden ingewilligd door vrijwillige ontwikkelaars of andere teams.
We wachten in spanning op je stem. Dank je!
SGrabarczuk (WMF)
15:05, 11 Desember 2020 (UTC)
Burzum
Kan iemand aan my verduidelik wat die gemors is wat onlangs by hierdie artikel gevoeg is? Ensiklopedies is dit nie. Groete!
Oesjaar
kontak
05:42, 15 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Odriskelmac11
Verduidelik asb! 'n Wikipedia-artikel is nie die plek om 'n eier te lê nie.
Lefcentreright
kontak
09:28, 15 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Goeiedag ,
Ek kan begin deur te sê dat ek daarin gepoog het om in die verstand van jongmense in te gaan wat besig is om ' n Swartmetall muskiekpvoering by te woon
Dit is ongelukkig nie ' n simfonie orkes wat ek sowel kon bespreek het nie .
Wanneer swärtmetall musiek gespeel word drink mense en rumoer , ek kan nie maak of dit 'n teepartytjie is nie.
Ek poog daarin om nie masjienvertaling uit te voer nie. Die woorde is 'n letterkundige poging wat ook feite weerspieël . Ek het opgemerk daar nog nie veel oor die onderwerp geskryf is nie so ek het probeer om die leser midde in 'n pop neo metall vertoning in te bring
Black metal is wel swärtmetall in Noorweegs so dit kan net sowel so genoem word in Afrikaans as die vervelige direkte Engelse Black Metal
In die middelste paragraaf het ek uit Wilbur Smith se boek The Golden Fox probeer vertaal om die leser 'n gevoel te gee van wat by 'n swartmetall optrede gebeur.
En hulle sing wel uit die swärt spraak van Tolkien . Ook vervelig om te sê die swart taal.
Mens kan die mense se optrede by só konsert dalk vergelyk met die mense wat lank terug opgedaag het by Wagner se daelange musiekfeeste in Beyruth die Ring des Nebelungen , waar daar ook gekuier en baljaar is
Dalk is swartmetaal vandag jongmense se idee om so gevoel uit te beeld
Wikipedia is 'n Ensiklopedie. Ons soek feite, nie menings of opinies nie. Groete!
Oesjaar
kontak
11:33, 16 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Weereens, Wikipedia is nie die plek om 'n eier te lê nie. Ons soek
FEITE
, nie menings nie. Facebook, Twitter en Wordpress is briljante plekke om jou menings te deel.
Lefcentreright
kontak
12:22, 16 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ok , so ek het intussen 'n feitelike vertaling uit die Engelse wikipedia gedoen en ook bygesê dat die vertaling uit die Engelse Wikipedia uit kom . Die poging is ook afgeskiet dat ek nie bronne besorg nie terwyl ek wel Engelse Wikipedia gemeld het.
Nou is daar 'n Artikel oor Rooi Hemde wat ek probeer verbeter het maar sal na die oorspronklike teks moet teruggegaan word om alles as't ware van voor af oor te skryf om reg te doen aan die inhoud
Sien
Tiger I-tenk
. Ek het dit vertaal uit Engels en al die bronne oorgebring. Om te sê die artikel is uit Engels vertaal is NIE 'n vervanging van die bronne nie. Om te sê uit watter taal dit vertaal is net goeie maniere. Ons soek die bronne. Dit is die Wikipedia beleid. Groete!
Oesjaar
kontak
20:31, 21 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Dit help nie iemand laai mooi al die bronne op maar die nuwe vertaalde teks is onmoontlik om aan te wysig nie . Maar alles goed, ons leer so by die dag . Groete
Sjabloon:Infobox road
Die slim lede van die gemeenskap: hierdie sjabloon vertoon Major Cities. Sien
R27 (Suid-Afrika)
. Kan iemand dit na Afrikaans omskakel? Groete!
Oesjaar
kontak
08:14, 17 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ek het "Major cities" na "Hoofstede"
verander
Greenman
kontak
) 18:14, 20 Desember 2020 (UTC) — N.S. Baie dankie Greenman! --
Aliwal2012
18:39, 20 Desember 2020 (UTC)
antwoord
My kennis van sjablone is erg gebrekkig. Ek wil egter ook ’n versoek rig: Kan ons ander lande ook toevoeg tot die sjabloon? Wat ek bedoel is dat ek bv. by die
R31
’n padkruising wil invoeg na Namibië se C16-pad, maar die sjabloon herken nie NAM as ’n land nie.
Puvircho
kontak
09:23, 17 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Dit is nie moontlik om 'n tweede land by te voeg nie. Die C16 artikel bestaan nie in Afrikaans, maar jy kan 'n skakel onder "Belangrike aansluitings" byvoeg.
Greenman
kontak
18:27, 20 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Aloe subspicata
en Wikidata
Kan iemand asb die artikel op Wikidata koppel? Groete!
Oesjaar
kontak
05:32, 18 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Sobaka
het dit gedoen.
Greenman
kontak
18:16, 20 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Aloe bussei
My 6000ste artikel op die Afrikaanse Wikipedia! Na bykans 12 jaar! Sjoe! Groete!
Oesjaar
kontak
06:19, 22 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Baie geluk!
Lefcentreright
kontak
08:36, 22 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Geseënde Kersfees
Aan die Wikipedia Gemeenskap: Geseënde Kersfees julle! Ek vertrou Kersvader en sy slee met bokke het nie te veel skade aan julle tuine aangerig nie! Groete!
Oesjaar
kontak
07:57, 25 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Geseënde Kersfees almal!
Lefcentreright
kontak
08:49, 25 Desember 2020 (UTC)
antwoord
en 'n COVID-vrye Nuwe Jaar.
Martinvl
kontak
17:59, 30 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ek laat weet net, Oesjaar het my gister per WhatsApp gekontak, hy is opgeneem in die Flora Life-hospitaal vir sy hart, darem nie Covid nie!
Nog geen tyding van Voyageur nie? Hy was laas 20 Oktober sigbaar. --
Aliwal2012
16:29, 1 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek is nou terug by die huis! Het gister 'n stent gekry. Ouderdom is nie vir sissies nie! Voorspoed vir die jaar! Groete!
Oesjaar
kontak
16:53, 1 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek is bly die bekende Suid-Afrikaanse hartchirurgie werk! Voorspoed en gesondheid vir 2021! Groete. --
SpesBona
22:40, 1 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
"{{en}}"
of "|language = Engels"?
Onlangs is die teks
"{{cite book| ... |language=Engels|...}}"
in die artikel
Proteas
na
"{{en}}{{cite book|...}}"
verander. Myns insiens behoort ons, aangesien dit in ooreenstemming met standaard akademiese praktyk is en indien dit moontlik is "|language=Engels" in plaas van
"{{en}}"
te gebruik. Indien daar konsensus is met my waarneming, stel ek voor om dit in hierdie
riglyn
in te skryf.
Martinvl
kontak
17:57, 30 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met jou. Ek dink as ons die
en
vooraan die verwysing wil laat verskyn, moet ons eerder die sjabloon verander, as om dit handmatig in die artikel by te voeg. Sodoende sal alle artikels wat die sjabloon gebruik eenvormig vertoon. –
K175
skil 'n appeltjie
18:01, 30 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
– Dié wysiging is deur my (die hoofouteur van
Proteas
) aangebring, om die uitleg van die bygevoegde bron by al die ander bronne in die artikel aan te pas (boonop vertoon al die bronne in sportartikels, wat deur myself uitgebrei is, só). Daar is ook ander gebruikers wat hierdie sjabloon gebruik, kyk maar net na al die vlagartikels.
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... is nie 'n vreemde manier om bronne se tale aan te dui nie, kyk maar net na al die taalskakels van dié sjabloon. Die Nederlandse Wikipedia gebruik
hierdie sjabloon
ook, en hulle doen dit baie! Op die Duitse Wikipedia hou ons daarvan, om elkeen sy eie voorkeur toe te staan, ons noem dit
Wikipedia:Korrektoren
. Op die Duitse Wikipedia gebruik die een ou met graagte inligtingskassies, die ander verpes dit teen skerpste; die een skryf
US-Amerikanisch
, die ander
Amerikanisch
; die een gebruik genealogiese simbole, die ander haat dit. Wikipedia is mos groot genoeg vir verskeie voorkeure en as jy een voorkeur bo die ander deurdruk, gaan net een ding gebeur: die aantal gebruikers daal (die Duitse Wikipedia het dit al beleef). Dis ook nie 'n akademiese praktyk om 'n inskrywing as 'n saadjie aan te dui nie, maar ons doen dit; hulle gebruik ook nie kategorieë nie. Los dit soos dit is, groot asseblief! (ons het hierdie debat al gehad) – En aan die einde van die dag:
Wikipedia:Ignore all rules
. Groete. --
SpesBona
19:14, 31 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
– Ek stem saam met
SpesBona
. Hier is te veel mense wat goed wil "standaardiseer" soos hulle daarvan hou. Die ergste is wanneer mense begin spasies uithaal en ander spasies insit. As dit geen verskil aan die gehalte van 'n artikel maak nie, los dit uit. Skryf liewer artikels as jy iets wil doen. Voorspoedige 2021!
Burgert
(kontak)
20:19, 31 Desember 2020 (UTC)
antwoord
Gekant
– Die nagevolge van
Gebruiker:K175
se laaste verandering is nog nooit reggemaak deur hom nie. Ek soek nie nog rooi skakels nie. Sien
Groete!
Oesjaar
kontak
10:44, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ontsluit van "
Kategorieë
Wikipediabesprekingargiewe
Wikipediabesprekings
Bladsye wat vertaal moet word
Versteekte kategorieë:
AS1-bronne in Engels (en)
Bladsye met skripfoute
Wikipedia
Geselshoekie/Argief2020
Nuwe onderwerp
US