Wikipedia:Geselshoekie/Argief2021+2022+2023 - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wikipedia:Geselshoekie
Hierdie bladsy dien as 'n
argief
van ou besprekings.
Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie.
Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die
huidige besprekingsblad
Ensiklopedie van Suidelike Afrika
Gemeenskap, die boek se naam op die buite blad is
ENSIKLOPEDIE VAN SUIDELIKE AFRIKA
alles hoofletters. Wat is die taalreëls indien mens daarna verwys? Groete!
Oesjaar
kontak
10:40, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Suidelike Afrika is met 'n hoofletter-S.
Burgert
(kontak)
13:10, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Jammer, ek dog dit was 'n spelfout.
Gebruiker:Burgert Behr
het my verwarring nou opgeklaar. –
K175
skil 'n appeltjie
13:49, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Cite web geskuif na Sjabloon:Siteer web
K175
Jy het sopas
{Cite web}}
na
{Siteer web}}
geskuif. Ons het jou nie toestemming gegee om dit te doen nie. Ek dink persoonlik jy raak nou so irriterend met jou aanhoudende veranderinge aan sjablone dat jy geblokkeer sal moet word deur die gemeenskap wat die wikipedia se belange behartig! --
Aliwal2012
13:04, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
ek het die titel van die sjabloon vertaal - ek glo nie dis 'n probleem nie? Of verwys jy na
{Webaanhaling}}
wat ek verander het in 'n aanstuur na
{Siteer web}}
Lg. wysiging is aangebring omdat
{Webaanhaling}}
presies dieselfde werk doen as
{Siteer web}}
, behalwe vir die feit dat
{Siteer web}}
se logika in 'n sentral module vervat word, naamlik
Module:Citation/CS1
, wat deur al die ander sitasiesjablone gebruik word. Dit maak myns insiens nie sin om die logika in elke sjabloon te dupliseer as hulle 'n enkele module kan deel nie. Jy kan nog steeds
{Cite web}}
in jou artikels gebruik. Dit sal net nou die module gebruik in plaas van die handgemaakte logika wat in die sjabloon was. –
K175
skil 'n appeltjie
13:48, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink maar ons sal moet dringend 'n beleid soos op die Duitse Wikipedia instel. Dis nou tyd dat ander gebruikers die hoofouteur se uitleg respekteer en nie verander nie. Wikipedia is mos 'n gemeenskapsprojek. Vir sjablone wat in derduisende artikels gebruik word, moet 'n konsensus bereik word en
vooraf
met die gemeenskap gepraat word. Ons het net hierbo gevra om
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... nie te verander nie, maar nou is
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... verander. Groete. --
SpesBona
22:11, 2 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek is glad nie tevrede met K175 se aksies nie! Hoekom dit enigsins verander as dit reg werk? Soos Burgert sê, skryf eerder nuwe artikels en los die sjablone soos dit is. Ek verstaan in elk geval nie jou vae redes hoekom goed kort-kort verander moet word nie! --
Aliwal2012
10:18, 3 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem met Aliwal2012 saam. Soos hulle in Engels sê "If it aint broke, don't mend it".
Martinvl
kontak
21:52, 3 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
So maklik soos dit:
Never change a running system.
Hier kla nou vyf gebruikers, maar niks gebeur nie.
K175
– Herstel asseblief
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... en los vir die toekoms alle sjablone, wat in baie artikels gebruik word en al sedert jare werk, soos hulle nou is. As jy 'n ander sjabloon wil gebruik, is jy meer as welkom om een vir jou te skep. Maar los die gewone sjablone vir die res van die gemeenskap. Hierdie is 'n meerderheidsbesluit. Respekteer dit asseblief. Groete. --
SpesBona
22:14, 3 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wanneer 'n artikel uit 'n ander taal vertaal word, is dit minder werk wanneer dit nie nodig is om die sjablone ook te vertaal nie.
Martinvl
kontak
10:41, 4 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
En dit sal nog makliker wees as ons niks vertaal en net alles in Engels of wat ook al hou! :P Maar om die werklike probleem aan te spreek: @K175 ek het nie 'n probleem met jou veranderings nie, maar as jy groot veranderings maak aan sjablone wat op honderde of duisende bladsye gebruik word, dan moet jy eers tenminste vir almal laat weet voor die tyd! Dan kan ons dit bespreek en dan weet almal hoekom daar 'n verandering is. -
Rooiratel
kontak
09:54, 5 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Soos hier besluit is die sjablone terug op hul plek. Boonop stem ek saam met Martinvl, die Engelse Wikipedia het derduisende sjablone in hul artikels wat die vertalings van artikels net belemmer. Ek verkies 'n suiwer bronteks bo 'n ingewikkelde ding wat net slim lyk, maar baie ingewikkeld is. Ek verkies die Duitse beleid van 'n maklike teks vir nuwe gebruikers bo die Engelse s'n. Groete. --
SpesBona
22:05, 24 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Cornelius de Jong
Gemeenskap, ek het die woord
landfregat
in die artikel raakgeloop. Dit is 'n nuwe woord vir my, is dit 'n Afrikaanse woord? Groete!
Ek kry wel in een van die verwysings en elders op die internet
's Lands Fregat
, maar g'n mens weet wat dit in Afrikaans is nie.
Burgert
(kontak)
20:44, 4 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Uit die Nederlandse Wikipedia: "In de periode van de Republiek werden oorlogsschepen soms aangeduid met: 's Lands Schip of 's Lands Schip van Oorlog, hoewel daar waarschijnlijk geen officiële regels voor bestonden." Dis seker maar net 'n fregat.
Burgert
(kontak)
20:52, 4 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Op my versoek het ons Nederlandse vriende die artikel vertaal na Nederlands en interessant genoeg dit
nl:Cornelius de Jong van Rodenburgh
genoem. Dankie aan
Velocitas
. Is ons artikel se naam verkeerd? Groete!
Oesjaar
kontak
15:52, 5 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
My 12de verjaarsdag hier...
Gemeenskap, vandag is my 12de verjaarsdag hier op ons Wikipedia! 6100+ artikels en 134 579 wysigings later! Dankie vir julle ondersteuning! Groete!
Oesjaar
kontak
04:27, 6 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Baie geluk Oesjaar! En dankie vir al jou bydraes. Groete. -
Rooiratel
kontak
08:21, 6 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Baie geluk Oesjaar! Ek het ook jou toekenning op jou gebruikersblad opdateer na grootmeester. Jy is een van min bydraers op die Afrikaanse wiki wat so ver kon vorder, dit moet werklik 'n eer vir jou wees! (en vir vroutjie wat jou die tyd gegun het
:) ) --
Aliwal2012
09:24, 6 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Veels geluk en doen gerus so voort!
Frank
kontak
09:34, 6 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Sjoe, twaalf jaar! Baie geluk en baie dankie vir al jou harde werk! Groete --
Lefcentreright
kontak
19:41, 6 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wikipedia se 20ste verjaarsdag
Gemeenskap, hier is inligting insake die partytjie:
Dear all
As we are approaching Wikipedia’s 20th birthday, Wikimedia South Africa would like to invite you to join us in celebrating 20 years of humans around the world who make Wikipedia possible.
The event is taking place virtually on 15 January at 13:00 - 14: 00.
Click here learn more about our event.
Looking forward to your presence.
Join Zoom Meeting
Meeting ID: 919 2740 0671 Passcode: 860401
Kind regards
Bobby Shabangu
Sien
Wikipedia at 20 is more relevant than ever in a social media era
Groete!
Oesjaar
kontak
07:07, 20 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ons verjaarsdag: 16 November 2021 - dan is ons 20 jaar jonk!
Gemeenskap, nou dat al die opgewondenheid oor die Ontkiemingskompetisie en Wikipedia (Groot Boet) se 20ste verjaarsdag verby is, is dit tyd dat ons praat oor ons verjaarsdag op 16 November. Eerstens, dit gaan 'n groot geleentheid wees indien ons dit kan vier saam met ons 100,000ste artikel. Om dit te bereik moet ons ±15 artikels per dag voltooi tot dan! Nie onmoontlik nie, dit laat my terugdink aan ons 10de verjaarsdag toe ons 20,000 artikels gejaag het! Ek vra julle almal se hulp hier, en asb. kwaliteit bo kwantiteit!
18 Januarie
Ons sal ook 'n bietjie moet werskaf aan die voorblad; plante en diere, en 'n paar ander, moet ordentlike Portale kry. Sien
Sterrekunde
, dit is
Burgert Behr
se handewerk! Ek kan bevestig dat Burgert gisteraand reeds
Interessante brokkies
deurgewerk het om hulle almal op dieselfde standaard te kry. Dankie en goed gedoen meneer, aftrede doen jou goed!
Ek sal elke aand so 'n gedagte of twee hier los vir die volgende paar aande oor werk wat voltooi moet word...
Groete!
Oesjaar
kontak
19:07, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
16 November 2001
Gemeenskap, weet enige iemand hier watter gebruikers destyds betrokke was toe ons Wikipedia opgerig is? Groete!
Oesjaar
05:56, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Vir die volledige antwoord/bespreking, kliek asb
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2021#16 November 2001
. --
Aliwal2012
11:27, 14 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
14 Februarie
Gemeenskap: ons benodig 'n artikel wat 'n lys van Suid-Afrikaanse vroue-eerstes is: eerste vroulike dokter (
Anna Petronella van Heerden
), eerste vroueadvokaat (
Gladys Steyn
), eerste veearts, eerste vlieënier, ens. Enige vrywilligers? Groete!
Oesjaar
kontak
11:32, 14 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Joan Morice
, die eerste vrou om as 'n veearts in Suid-Afrika te kwalifiseer (bron:1904-artikel).
Aliwal2012
09:14, 5 Julie 2021 (UTC)
antwoord
8 Junie 2021
Op hierdie stadium moet ons 9.2 artikels per dag skep om die 100 000 mylpaal te haal. Dit is aansienlik beter as laasjaar toe die verlangde tempo 15 artikels per dag was! Dankie aan almal en hou so aan! Groete!
Oesjaar
kontak
05:30, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Verlatekloofpas
Gemeenskap, ek vermoed hierdie pas se noem moet Verlatenkloofpas wees, kan iemand dalk help hier asb? Groete!
Oesjaar
kontak
05:18, 9 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit is met 'n n in
Op pad in Suid-Afrika
Burgert
(kontak)
08:04, 9 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert, so verander. Wil net seker gemaak het dat ek nie mal raak nie! Groete!
Oesjaar
kontak
14:32, 9 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Lelieagtiges, Solanales, Nastergal en Bulbinella barkerae
Gemeenskap, ek het vanaf Vrydag baie tyd gespandeer aan artikels oor plant spesies. Ek het
Lelieagtiges
versorg (spelling en swak Optiese Karakter-herkennings werk) en artikels geskep vir die meeste van die spesies waarna hulle in die artikel verwys. Die bron is 1982 dus moet die families waarna in die artikel verwys word, nagegaan word om te kyk of hulle nog relevant is. Ook 'n skeppping van Maroela Media.
Terwyl ek daarmee besig was, het ek opgelet dat
Nastergal
se inhoud nie sin maak maak nie. Na ondersoek het ek agtergekom dat Maroela Media (wie anders) die inligting oor die orde
Solanales
net aangeplak het aan nastergal. Ek dit verwyder en 'n nuwe artikel vir Solanales geskep. Maar weereens, die bron is 1982 en die verskille tussen ons artikel en die weergawe is op die Engelse blad is 'n nagmerrie!
Ek soek 'n bietjie hulp asb om die twee artikels reg te maak.... Die vertaling van plante is nie my sterk punt nie, ek verkies die tegniese goed!
'n Bietjie goeie nuus: Sien
Dit is verblydend om te sien dat die mense ons nog help! Ek het
Prof van Wyk
gevra om die verwarrende inligting om
Bulbinella barkeriae P.L.Perry vs. Bulbinella barkerae P.L.Perry
te verklaar. Sy antwoord is wonderlik!
Sien ook
Roggras
, wonder julle nog waar die naam van die
Roggeveldberge
vandaan kom... Groete!
Oesjaar
kontak
19:09, 10 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wikipedia se 20ste verjaarsdag en Pretoria FM
Gemeenskap, Pretoria FM se Elsje van Jaarsveld gaan 'n 10 min onderhoud met my voer komende Sat 16 Jan. om 14:30 insake die 20ste verjaarsdag van Wikipedia. Ter inligting! Groete!
Oesjaar
kontak
19:25, 10 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Hierdie onderhoud is nou om 15:15. Groete!
Oesjaar
kontak
12:06, 15 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Gawe onderhoud gewees, met goeie vrae (ek beny haar stem). ('n Jammerte oor onderstaande (ek was heeltyd op die hete kole)). Ek sal later die vrae bywerk. Dankie aan Kanaal 887 op DStv Oudio.
Suidpunt
kontak
13:30, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
RSG gaan ook 'n onderhoud voer tussen 12:30 en 13:00! Groete!
Oesjaar
kontak
12:05, 15 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
RSG is uitgestel na Maandag oggend om 7:30 tot 08:00, hulle het uit tyd gehardloop... Ai! Groete!
Oesjaar
kontak
10:48, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
RSS Reader (1.7.9) en vergemakliking van patrollering
RSS Reader toon hoe Oesjaar 'n vandaal in die bek ruk. Nota: die toepassing is nou in die leesmodus.
Waarom ek hierdie toepassing ophaal, die een geskryf deur Svyatoslav Vasilev en andere vir Android, is omdat ek nou veral dink aan ons gebruikers soos Oom Gert wat maar sukkel met die datatjies en Oesjaar wat, veral destyds,
immer in Bewegung
was.
Wat doen mens eerste as jy by Wikipedia aankom? Heel waarskynlik, as jy nog nie 'n boekmerk het nie, gaan jy eers by die Tuisblad aankom en oorskakel na Onlangse wysigings. Ekskuus, jy moes eers ingeteken het. Geluk, 'n hele dag se asemrowende werk wag op jou.
En nou, as jy nie elke liewe skakel of onlangse wysiging in 'n nuwe oortjie (tab) oopmaak nie, gaan die volgende gebeur, as jy nog besonder dom is soos ek:
1. Jy klik op die artikelskakel.
2. Jy wag vir die hele artikel om te laai, wat enigiets tussen 5 kilogreep tot 1 megagreep groot is. Afhangend ook hoe lus die internetdiensteverskaffer is, kan dit enigiets tussen 15 sekondes tot 5 minute duur.
3. Nou moet nog jou muis stuur na "Wys geskiedenis". En daarop klik.
4. Nou verskyn "weergawegeskiedenis" voor jou. Klik op die kolletjies wat die verskillende datums uitwys en klik "Vergelyk gekose weergawes"
5. En nou het jy die verskillende wysigings gevind.
6. Terug na onlangse wysigings vir die volgende artikel. Mis, eet, slaap, herhaaaaal.
Dis die omslagtigste metode denkbaar.
As jy 'n bietjie slimmer is, gaan jy na die Onlangse wysigings, regsklik op "verskil" langs elke wysigings en vra dat dit in 'n nuwe oortjie oopgemaak moet word. Maar nog duur dit te lank as jy later met 34 tot 150 oortjies sit wat jy nog elkeen moet deurwerk.
Onlangs het ek
hierdie toepassing
op my foon afgelaai. By die horisontale toebroodjiestrepies linksbo klik jy daar en voeg die volgende adres toe:
Dis die adres van daardie Atom-simbool onder "Gereedskap" op die Onlangse Wysigings-blad.
Wat nou gebeur: elke wysiging word afgelaai op jou foon, na 'n paar minute, as jy die krulpyltjie regsbo klik. Dit hang van jou af of jy alles as "gelees" wil merk (daardie opsie kry jy by die adres) en dan wil uitvee (daardie opsie kry jy by die drie stippelpunte bo-op mekaar).
Sodra jy die eerste inskrywing oopmaak, dan sleep jy met jou vinger gewoon na die volgende of vorige "boodskap" toe. Jy
blaai
letterlik deur die onlangse wysigings soos deur 'n boek.
Dit het sy voordele en sy nadele.
Voordele
1. Die hoeveelheid tyd word aansienlik verminder. Die hoeveelheid "geklik" verminder drasties.
2. Geen onnodige data met prentjies word afgelaai nie, want dit is suiwer Wikikode. As jy in die normale websnuffelaar op "verskil" sal tik, word die hele sous eers gelaai: prentjies, verskillende tale, en 'n magdom onnodige skakels wat jy nie nou nodig het nie.
3. Dit staan jou vry om, nadat jy die veranderinge gesien het, met die drie stippeltjies die volledige artikel te bekyk soos dit werklik lyk.
4. Jy kan besluit of jy die lys veranderinge outomaties wil aflaai, sê nou maar elke 6 of 24 uur. Die toepassing laat weet jou wat die veranderinge is. Jy kan ook kies of hierdie aflaai deur middel van slegs Wi-Fi moet geskied, of nie.
5. Jy weet nie altyd wie die veranderinge aangebring het nie. Dis eintlik goed so, want selfs ons grootste voorbladskrywers maak soms nalatige foute. Ons is gans te geneig om die anonieme bydraers eerste aan te val.
Nadele
1. Jy kan geen veranderinge deur middel van die toepassing aanbring nie. Jy lees dit slegs. Jy moet maar onthou wie die moeilikheid waar gemaak het.
2. Ek sal dit nie aanbeveel met die Duitse of Franse Wikipedia nie, nog minder met die Engelse Wikipedia.
Onsekerheid
1. Ek is nie seker of die toepassing beter op 'n selfoon werk as op 'n tablet nie. Op 'n kleiner skerm sleep dit wel makliker.
Ek sou graag van ander se ervaring wil hoor. Die program was vir my 8 megagreep groot.
Suidpunt
kontak
10:51, 11 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
IMPORTANT: Admin activity review
Hello. A policy regarding the removal of "advanced rights" (administrator, bureaucrat, interface administrator, etc.) was adopted by
global community consensus
in 2013. According to this policy, the
stewards
are reviewing administrators' activity on all Wikimedia Foundation wikis with no inactivity policy. To the best of our knowledge, your wiki does not have a formal process for removing "advanced rights" from inactive accounts. This means that the stewards will take care of this according to the
admin activity review
We have determined that the following users meet the inactivity criteria (no edits and no logged actions for more than 2 years):
BenBezuidenhout (administrator)
RAM (interface administrator)
These users will receive a notification soon, asking them to start a community discussion if they want to retain some or all of their rights. If the users do not respond, then their advanced rights will be removed by the stewards.
However, if you as a community would like to create your own activity review process superseding the global one, want to make another decision about these inactive rights holders, or already have a policy that we missed, then please notify the
stewards on Meta-Wiki
so that we know not to proceed with the rights review on your wiki. Thanks,
علاء
kontak
15:24, 12 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Remove their status. Regards.
Oesjaar
kontak
13:17, 13 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
KOVIS, Kovis, Covid, covid . . .
Ek sien in die artikel
Covid-19-pandemie
ons skryf KOVIS-19 en Kovis-19. In die artikel
Covid-19-pandemie in Suid-Afrika
skryf ons Covid-19. Daar is sover ek weet net een erkende afkorting, en dit is covid-19. Hoewel die meeste media van Covid-19 praat, moet dit eintlik volgens reël 9.24 van die
AWS
met ’n kleinletter gespel word, omdat die siekte se volle naam kleinletters is:
corona virus disease
. Dit is bevestig met iemand wat aan die huidige AWS gewerk het. Hoofletters word in sulke gevalle net by uitsondering gebruik, soos in BTW. Daar is glad nie ’n erkende afkorting soos KOVIS of Kovis nie.
Burgert
(kontak)
13:29, 13 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Bogenoemde inligting is verskaf deur Jana Luther op
Dankie Burgert! Groete!
Oesjaar
kontak
14:22, 13 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
ek het die aanbevole veranderings aangebring aan
Covid-19-pandemie
. Groete,
Aliwal2012
15:13, 13 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek verstaan dat "KOVIS" nie "erken" is nie, maar hoe kan dit korrek wees om afkortings van
Engelse
woorde te maak, en dan sê dat dit korrekte Afrikaans is? -
Rooiratel
kontak
10:31, 14 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
En hoekom is dit korrek om VIGS te skryf in plaas van AIDS, maar nie KOVIS in plaas van COVID nie? -
Rooiratel
kontak
10:34, 14 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit word meestal
vigs
gespel.
Burgert
(kontak)
11:28, 14 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
OK, ek praat nou nie oor hoof- of kleinletters nie. Hoekom is "vigs" in plaas van "aids" korrek, maar "kovis" in plaas van "covid" nie? En ek sien op
vigs
is daar geskryf MIV en nie HIV nie. Hoekom?
Rooiratel
kontak
11:43, 14 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Nee, ek het ook al die vraag gevra, maar geen antwoord gekry nie. Ek vermoed die taalghoeroes begin wegbly van die vertaling van siektes, om belaglike name soos "ears" te vermy. Of anders is hulle nie meer so vinnig of so voorskriftelik soos voorheen nie.
Burgert
(kontak)
15:00, 14 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Vader help ons taal. As die mense alles in Engels wil skryf, dan hoekom werk hulle nie eerder vir die Oxford woordeboek nie? Ek het geen respek vir sulke mense...
Rooiratel
kontak
15:09, 14 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Covid gaan altyd as kouwid uitgespreek word, soos RSG dit oor en oor doen, maar kovis hopelik nie as kouvis nie, daarom eerder lg., kovis, na my mening.
JMK
kontak
12:33, 25 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
JMK
Laat RSG maar weet as hulle iets verkeerd uitspreek. Hulle reageer op e-posse, ek kan dit bevestig (2/2). Wat die uitspraak van Duitse politici (
Ursula von der Leyen
) of landsname soos
Poland
en
Estonië
betref, was ek al op die punt om hulle te laat weet, maar ja. Diesselfde nou met
vaksien
pleks van entstof. Groete. --
SpesBona
20:29, 8 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
189.11.50.50
Kan iemand gebruiker 189.11.50.50 verban, asb. Hy is besig om die
Sjabloon:Siteer vaktydskrif
te vandaliseer.
Wyatt Tyrone Smith
kontak
18:12, 13 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Gedoen!
Oesjaar
kontak
20:34, 13 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Hulp met Sjabloon asb!
Gemeenskap, kan iemand asb help en 'n sjabloon skep genaamd:
Genommerde roetes in die Oos-Kaap
geskoei op
{{Genommerde roetes in die Wes-Kaap}}
? Ek sal sal die data bywerk, ek soek net die sjabloon. Groete!
Oesjaar
kontak
14:33, 15 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
. Ek dink dat die grootse stuk werk is om die kaart te ontwikkel.
Gebruiker:Htonl
het die Wes-Kaap se kaart onwikkel. Miskien weet hy hoe om 'n kaart gou te ontwikkel. Vra hom maar.
Martinvl
kontak
18:08, 15 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Soek jy dit?
Genommerde roetes
in die
Oos-Kaap
Nasionale roetes
N2
N6
N9
N10
Provinsiale roetes
R56
R58
R61
R62
R63
R67
R72
R75
Streeksroetes
R102
R329
R330
R331
R332
R334
R335
R336
R337
R338
R342
R343
R344
R345
R346
R349
R350
R351
R352
R390
R391
R392
R393
R394
R396
R397
R398
R400
R401
R402
R405
R408
R409
R410
R411
R412
Al wat nou nodig is is die skakels vir die paaie en as jy wil, 'n kaart.
Martinvl
kontak
18:30, 15 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, ek sal aan die inhoud begin werk! Groete!
Oesjaar
kontak
18:41, 15 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
16 November 2001
Gemeenskap, weet enige iemand hier watter gebruikers destyds betrokke was toe ons Wikipedia opgerig is? Groete!
Oesjaar
kontak
05:56, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Die vroegste gebruikers wat ek kry, is in April 2004 - mense soos RAM, Alias en ene TeunSpaans. Kyk na die eerste inskrywings vir Geselshoekie. Ek sal nog soek. Ook in Desember 2003 Greenman, Jcwf en Brion VIBBER. Laasgenoemde was die eerste geregistreerde gebruiker volgens
Spesiaal:Gebruikerslys
, maar dit was eers in 2003.
Burgert
(kontak)
07:56, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Baie interessant, dankie Burgert! Ek het ook RAM (9/2004), Alias (4/2004), Jcwf (7/2003) en Greenman (10/2003) in my kop gehad. --
Aliwal2012
08:24, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Die eerste Afrikaanse artikel is blykbaar reeds in November 2001 geskep. Teen 2004 is was daar reeds meer as 1000 artikels.
Jcwf
het eers in 2003 aangesluit en
Alias
RAM
en
TeunSpaans
in 2004. Dus dink ek nie ons kan met sekerheid sê wie die eerste artikels geskep het nie. Groete.
Frank
kontak
15:14, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Die oudste rugsteun (
backup
) van die Afrikaanse Wikipedia dateer uit 2006. Ek sal later kyk of mens iets daaruit kan wysraak. Groete.
Frank
kontak
15:54, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Die oudste artikel is
Godsdiens
en is 16 November 2001 deur
Gebruiker:Clasqm
geskep. Die eerste 25 inskrywings word gelys:
+------------------------+--------------------------+----------------+
| cur_title | cur_user_text | cur_timestamp |
+------------------------+--------------------------+----------------+
| Godsdiens | Clasqm | 20011116223307 |
| Teksredaksie | m041.cyberserv.co.za | 20020810055936 |
| Romaans/Italies | Jak | 20020828051036 |
| Suid-Slawies | Jak | 20020828054002 |
| Sasolburg | Jak | 20020831045509 |
| Taalverskeidenheid | Jak | 20020905041133 |
| Geolek | chsfpc10.chem.ncsu.edu | 20020909135202 |
| Jak | chsfpc10.chem.ncsu.edu | 20021004173638 |
| Upington | ctb-cache3-vif1.saix.net | 20021017220648 |
| Rekenaar_Ingenieur | netcache6.is.co.za | 20021224192230 |
| Patrick | Patrick | 20030213114329 |
| Midde-Ooste | I Am Jack\'s Username | 20030315193753 |
| Sentraal-Amerika | I Am Jack\'s Username | 20030316052659 |
| Lineêre_Programmering | ndf-cache1.saix.net | 20030403190538 |
| 04-25 | Jeandré | 20030506230103 |
| 2001 | Jeandré | 20030602190254 |
| 04-27 | Jeandré | 20030622211551 |
| 21_Junie | Jeandré | 20030625225328 |
| 22_Junie | Jeandré | 20030626222206 |
| 30_Februarie | Jeandré | 20030628014652 |
| 23_Junie | Jeandré | 20030628031424 |
| 24_Junie | Jeandré | 20030630225425 |
| Peter | Jcwf | 20030704173950 |
| 25_Junie | Jeandré | 20030706214512 |
| 26_Junie | Jeandré | 20030706221154 |
+------------------------+--------------------------+----------------+
Groete.
Frank
kontak
17:23, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Naudefj
, dankie vir die ongelooflike werk. Groete!
Oesjaar
kontak
18:17, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wie sou dan die Wiki opgestel het? Mense uit die VSA? Was iemand van SA betrokke? Ek wonder maar net...
Oesjaar
kontak
18:26, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Frank
, ek wonder nou
hieroor
: dit lyk my die grootste ironie is juis dat hy dié blad eerste geskep het: "Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep" (maak seker logies sin!), en dit was op 16 November 22:56 SAST. Dit wil ook lyk of hy
Hindoeïsme
voor Godsdiens geskep het.
Suidpunt
kontak
20:54, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
"Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep" is nie regtig 'n artikel nie, so mens kan dit seker ignoreer, maar dit lyk tog of Hindoeïsme voor Godsdiens geskep is. Ek dink die teenstrydigheid is te wyte aan die feit dat die rugsteun nie geskiedenis bevat nie, en iemand dit teen daai tyd reeds gewysig het. Groete.
Frank
kontak
21:15, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
stats.wikimedia.org kan ook help, byvoorbeeld
en
Greenman
kontak
01:51, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
22:56 - 16 November - Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep
23:01 - 16 November - Wikipedia:Redigeringsinstruksies
00:30 - 17 November -
Hindoeïsme
00:31 - 17 November - Godsdiens
00:48 - 17 November - Wikipedia:Recentchanges
00:50 - 17 November - Gebruiker:Clasqm
00:57 - 17 November - Biologie
01:00 - 17 November - Beeldende Kunste
01:05 - 17 November - Uitvoerende kunste
20:07 - 19 November - Opera
21:11 - 20 November - Sielkunde
21:17 - 20 November - Psigiatrie
21:26 - 20 November - Sigmund Freud
21:28 - 20 November - Id
21:29 - 20 November - Super-ego
21:30 - 20 November - Ego
Dankie
Greenman
, dit strook geheel en al met Clasqm se bydraelys. Ek dink daar kan nou onomwonde gesê word daar was slegs één bydraer die eerste vyf dae van die Afrikaanse Wikipedia bedrywig (op 16, 17, 18, 19, 20 November 2001).
Suidpunt
kontak
05:33, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie!
TeunSpaans
kontak
06:46, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Baie interessant!
Burgert
(kontak)
08:15, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit lyk my die eerste artikels is net ná middernag op 17 November geskep, volgens hulle weergawegeskiedenis. 16 November was seker UTC of iets.
Burgert
(kontak)
17:40, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
TOEP vir Afrikaanse Wikipedia
Gemeens, ek het navrae gekry vir bogenoemde, wat is die beste antwoord? Groete!
Oesjaar
kontak
13:46, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Daar is defnitief 'n Wikipedia-toep op die
Android Playstore
en ek dink ook op die
Apple istore
? Nadat jy dit afgelaai het, kan jy dit instel op watter taalweergawe(s) van Wikipedia jy verkies. Ek het die toep op my Samsung selfoon en ek het dit op beide die Afrikaanse/Engelse Wikipedias ingestel. Dit werk baie goed. Groete,
Lefcentreright
kontak
16:35, 16 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Groot-Winterhoekberge
en
Klein-Winterhoekberge
Gemeenskap, word dit met of sonder 'n koppelteken geskryf? Groete!
Oesjaar
kontak
12:39, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Volgens die AWS word alle geografiese name met Groot- en Klein- met 'n koppelteken gespel.
Burgert
(kontak)
12:45, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Reggemaak! Groete!
Oesjaar
kontak
14:17, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Interessante brokkies/128/9
Gemeenskap, kan 'n slim persoon asb help om bogenoemde twee brokkies te skep:'
...dat die eerste artikel op die Afrikaanse Wikipedia,
Hindoeïsme
, op 16 November 2001 geskep is?
...dat die nedersetting
Darlington
deur die
Darlingtondam
bedek word?
Groete!
Oesjaar
kontak
12:47, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Gedoen
Burgert
(kontak)
18:00, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
18:18, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Interessante brokkies
Ek skaaf nou 'n bietjie aan die brokkies. Ek sien baie het vraagtekens agteraan en baie nie. Hoe sal ons dit eenvormig maak - met of sonder vraagtekens?
Burgert
(kontak)
18:22, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Seker met vraagtekens, want daar is nie 'n vraagteken ná "Het u geweet" nie.
Burgert
(kontak)
18:26, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Met vraagtekens. Dankie vir jou hulp hier, party van die brokkies lê seker al vir 15 jaar! Groete!
Oesjaar
kontak
18:30, 17 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Afrikaans-vrae
Is 'n "turf war" 'n "turfoorlog" in Afrikaans soos google translate dit weergee? Dié is nou 'n oorlog om beheer van 'n sekere gebied of roete tussen opponerende bendes. Ek sien dat dit in Nederlands en Duits 'n grasperkoorlog genoem word, wat nie in Afrikaans sal deug nie. En wat noem mens die "wet market" waar die corona-virus vermoedelik ontstaan het? In Nederlands en Duits is dit die ekwivalent van 'n "natmark", maar ek is nie seker of dit in Afrikaans ook so is nie. Iemand kan dalk vir ons 'n artikel daaroor skryf want ek weet ook nie wat presies hier ter sprake is nie.
JMK
kontak
07:18, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
"Ek sou sê 'n
turf war
is 'n gebiedsoorlog, of 'n oorlog om 'n sekere gebied. 'n "Nat mark" is 'n mark waar lewende diere verkoop word en dan daar geslag word vir die klant.
Burgert
(kontak)
09:19, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Iewers in
Benzin im Blut
die volgende woorde ('n straatwedren à la
Need for Speed
):
Ich cruise hier durch meine City
Überhole Schickimicki
Reiche Sönchen, du bist Schnösel
Ich bin Prolo, ich bin Pöbel
Ich hab' meine Crew dabei
Und hab' einen Fuß aus Blei
Ich hab' kein Respekt vor dir
Denn das ist mein
Revier
En toe dag ek... klink Revierkrieg nie dalk beter nie? En dit is toe ook die korrekte woord! Daardie "grasperkoorlog"-ding is 'n afskuwelike vertaling, en slaan boonop die bal heeltemal mis. Gooi hom subiet weg. Ek verkies ook gebiedsoorlog. Of, vir die digterlikheid, "bloedbad op die swartmark" (as daar handelware en strooitjiepoeier by betrokke is).
Oor daardie "natmark"... Verstaan ek nou reg? Sluit dit ook in om die kalf sommer so van sy ma af weg te ruk en op straat keelaf te sny? Sommer so, al fresco, langs die verlepte koolblare op die sypaadjie? Die vleis bulk sommer nog vrolik van die varsheid? (Sal die gesondheidsinspekteur ook beaam). Die honde, vlieë en Bennie Brommer koek so al om die vars bloed wat van die randsteen af drup? 'n Mikrokosmos in die kleine? Dan noem ek dit gewoon 'n straatslagter, as onderafdeling. Die Hollanders ken "straatslagerij".
Suidpunt
kontak
12:38, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Heel gepas:
Massive Töne – Cruisen
. Maar "grasperkoorlog" en "wet market" is nie Duitse woorde nie! Groete. --
SpesBona
19:56, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ontkiemingskompetisie 2020
Baie dankie aan ons agt dapper skrywers wat hier bydraes gelewer het. 'n 110 artikels is ontkiem met ten minste 5 000 grepe, dus 'n totaal van minstens 550 000 grepe! Dit maak 'n wesentlike verskil. Ek sal werk maak om die top vier se geskenk bewyse aangestuur te kry. Stuur asb julle pos/woon adresse (julle keuse) vir my op 082 320 8878. Groete!
Oesjaar
kontak
07:19, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ons verjaarsdag: 16 November 2021 - dan is ons 20 jaar jonk!
Gemeenskap, nou dat al die opgewondenheid oor die Ontkiemingskompetisie en Wikipedia (Groot Boet) se 20ste verjaarsdag verby is, is dit tyd dat ons praat oor ons verjaarsdag op 16 November. Eerstens, dit gaan 'n groot geleentheid wees indien ons dit kan vier saam met ons 100,000ste artikel. Om dit te bereik moet ons ±15 artikels per dag voltooi tot dan! Nie onmoontlik nie, dit laat my terugdink aan ons 10de verjaarsdag toe ons 20,000 artikels gejaag het! Ek vra julle almal se hulp hier, en asb. kwaliteit bo kwantiteit!
18 Januarie
Ons sal ook 'n bietjie moet werskaf aan die voorblad; plante en diere, en 'n paar ander, moet ordentlike Portale kry. Sien
Sterrekunde
, dit is
Burgert Behr
se handewerk! Ek kan bevestig dat Burgert gisteraand reeds
Interessante brokkies
deurgewerk het om hulle almal op dieselfde standaard te kry. Dankie en goed gedoen meneer, aftrede doen jou goed!
Ek sal elke aand so 'n gedagte of twee hier los vir die volgende paar aande oor werk wat voltooi moet word...
Groete!
Oesjaar
kontak
19:07, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wikipediaː Stand van Suid-Afrikaanse tale
Sien Ian Gilfillan se webjoernaal plasing
Sobaka
kontak
19:36, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Sobaka, gelees!
Aliwal2012
21:00, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
Bogenoemde is tans weer 'n bietjie stil. Ongewoond... Groete. --
SpesBona
19:41, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Hi SpesBona, kyk asb by
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad/2021
, ons het reeds 7 kandidaatartikels soontoe geskuif. Dit moet net deur jou opgestel word Sondagaande! Groete, --
Aliwal2012
20:55, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Wie was dit nou?
;) Ek praat van die huidige stembus. Ons kan in 2021 dieselfde doel behaal as in 2020. Ek kort net motivasie (en ondersteun amper alles). Kyk maar na die
Duitstalige belangstelling
. Groete. --
SpesBona
22:00, 18 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Geluk aan Morne
Gemeenskap, geluk aan
Morne
wat nou 'n lid is van die Vyftienjaarklub! Dankie vir al jou bydraes! Groete!
Oesjaar
kontak
09:07, 19 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Spelfout op spesiale blad
Gemeenskap, daar is 'n spelfout op
. Sien derde woord links bo. Hoe maak mens dit reg? Groete!
Oesjaar
kontak
11:09, 19 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit vertoon reg op Translatewiki. Ek weet nie hoekom dit verkeerd op die bladsy is nie.
Burgert
(kontak)
18:41, 19 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Universal Code of Conduct enforcement consultations
Dear all,
you may know me under my Wikimedia username –
Nadzik
. I came here last year to contribute to your project as well as I can. I am sorry for writing to you in English, but this will make the message more understandable, than using an automatic translator. Feel free to translate my post!
Over the next few weeks,
Wikimedia Foundation
will be consulting on the implementation and the enforcement of the
Universal Code of Conduct
, which will constitute an appendix to the currently applicable
What is the Universal Code of Conduct?
The UCoC is intended to serve as a document that will incorporate the basic standards of behaviour in order to standardize them across all Wikimedia projects. It aims to include a list of inappropriate behaviours that will not be accepted in our projects, and also takes care of the safety of all users.
It is also intended to provide a common ground in those communities that do not have their own specific regulations and rules on this subject. It will widely help smaller and younger projects that have not yet had the opportunity to write down their own rules related to the inappropriate behaviour of their contributors.
Consultations carried out in 2019 and in the first half of 2020
allowed for the preparation of a preliminary proposal of rules, however, there are still no provisions related to the implementation of the UCoC. To this end consultations started in many Wikimedia project communities.
How will the consultations work?
In January and February 2021, nine language facilitators from the Wikimedia Foundation will engage in a series of consultations with different language communities (including Wikidata and Commons user communities). I've also asked to be allowed consulting with the Afrikaans community, as I've had the pleasure to work with some of you before. In the coming weeks, we will have the opportunity to talk together about your views, visions and ideas for implementation in connection with the introduction of UCoC .
The goal of the Wikimedia Foundation is to obtain information from various communities, and only on the basis of the currently conducted consultations, our team will prepare and present reports and various possibilities of implementing UCoC into force. I encourage everyone to share their opinion with me and with other members of our community. Starting in February, some of you may also be contacted by a dedicated affiliate outreach or user group outreach.
How to participate?
Feel free to express your opinion in the most convenient way for you. To enable everyone willing to participate in consultations, they will be conducted in several ways:
Village pump discussion at
af.wikipedia
Opening a new thread on my
User talk page
Emailing me
directly via Wikimail
Additionally, in the coming days, an anonymous poll will be launched for community members who would like to privately convey their feelings about the UCoC, as well as the spheres surrounding it (the state of the rules in our projects, unwanted situations and other developments you are willing to discuss).
I also invite you to visit
FAQ-page
, that already has answers to most frequently asked questions.
I wish us all a fruitful debate!
MNadzikiewicz (WMF)
kontak
09:37, 20 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
MNadzikiewicz (WMF)
Hi, Are the participation routes that you mentioned aimed mainly at those who prefer using Afrikaans or are they also aimed at those who are happy to use English? Most of our members are competent in both languages.
Martinvl
kontak
21:39, 22 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Martinvl
Unfortunately I am not fluent in Afrikaans. If you would choose to write me in Afrikaans I would use google translate and ask you if anything is not clear to me. If you would be kind enough to write your answer in English, that would save us time and any possible misunderstandings from my side of the discussion.
MNadzikiewicz (WMF)
kontak
11:46, 24 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
H.S. van Jaarsveld
Ek sien verwysings na hierdie man oral, maar ons het nie 'n bladsy vir hom nie. Daar is ook baie verwysings na hom op die Engelse Wikipedia, maar hulle het ook nie 'n bladsy oor hom nie. Ek het ook op die internet gesoek vir bronne, maar ek kon niks vind nie. Al wat ek weet is dat hy 'n paar
GKSA
kerke gestig het in Suid-Afrika/Namibië/Angola. Kan iemand dalk bronne vind oor hierdie man?
Morne
jy sal seker beter doen as ek. -
Rooiratel
kontak
11:56, 22 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit vir my asof dit 'n dominee is... Groete!
Oesjaar
kontak
18:10, 23 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
KWV
Gemeenskap, terwyl ons nie mag wyn koop nie kan ons daaroor skryf... Enige vrywilliger om
KWV
te vertaal? Cheers!
Oesjaar
kontak
18:56, 26 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek sal (snik).
Burgert
(kontak)
07:56, 27 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie. Ek voel 'n klein bietjie beter.... Snaaks die maatskappy is gestig in die jaar van die grootgriep. Ek wonder wat ons hierdie jaar gaan sien... Groete!
Oesjaar
kontak
09:43, 27 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
"KWV is a founder member of the Industry Association for Responsible Alcohol Use." – Dit lyk nie of hulle baie suksesvol was nie.
Burgert
(kontak)
10:01, 27 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie
Burgert Behr
dit lyk my na 'n goeie artikel! --
Aliwal2012
10:06, 27 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Moving Wikimania 2021 to a Virtual Event
Hallo
. Apologies if you are not reading this message in your native language.
Help met die vertaal na uw taal
Baie dankie!
Wikimania will be a virtual event this year
, and hosted by a wide group of community members. Whenever the next in-person large gathering is possible again,
the ESEAP Core Organizing Team
will be in charge of it. Stay tuned for more information about how
you
can get involved in the planning
process and other aspects of the event.
Please read the longer version of this announcement on wikimedia-l
ESEAP Core Organizing Team, Wikimania Steering Committee, Wikimedia Foundation Events Team
, 15:15, 27 Januarie 2021 (UTC)
Tyl Uilspeel
Gemeenskap, moet die artikel se naam nie
Tyl Uilspieël
wees nie? Groete!
Oesjaar
kontak
06:53, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
O gaats, ek gaan kyk nou na my eie kopie van
Die vermaaklike lewe van Tyl Uilspieël
en ek was wraggies verkeerd. Dankie
Dumbassman
kontak
07:40, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Titel reggemaak
--
Aliwal2012
07:50, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Project Grant Open Call
This is the announcement for the
Project Grants program
open call that started on January 11, with the submission deadline of February 10, 2021.
This first open call will be focussed on Community Organizing proposals. A second open call focused on research and software proposals is scheduled from February 15 with a submission deadline of March 16, 2021.
For the Round 1 open call, we invite you to propose grant applications that fall under community development and organizing (offline and online) categories. Project Grant funds are available to support individuals, groups, and organizations to implement new experiments and proven ideas, from organizing a better process on your wiki, coordinating a campaign or editathon series to providing other support for community building. We offer the following resources to help you plan your project and complete a grant proposal:
Weekly proposals clinics via Zoom during the Open Call. Join us for
#Upcoming_Proposal_Clinics|real-time discussions
with Program Officers and select thematic experts and get live feedback about your Project Grants proposal. We’ll answer questions and help you make your proposal better. We also offer these support pages to help you build your proposal:
Video tutorials
for writing a strong application
General
planning page
for Project Grants
Program guidelines and criteria
Program officers are also available to offer individualized proposal support upon request. Contact us if you would like feedback or more information.
We are excited to see your grant ideas that will support our community and make an impact on the future of Wikimedia projects. Put your idea into motion, and
submit your proposal
by February 10, 2021!
Please feel free to get in touch with questions about getting started with your grant application, or about serving on the Project Grants Committee. Contact us at projectgrants
Sjabloon:Atwikimedia
.org. Please help us translate this message to your local language.
MediaWiki message delivery
kontak
08:01, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ericas
Dagsê almal. Oesjaar wou al van laasjaar af hê dat iemand outomaties bladsye skep vir al die
Erica
spesies. Ek het uiteindelik tyd gekry om dit te doen. Ek het van gister af toetse geloop waar ek een of twee skep, om te sien waar ek dit kan verbeter. Ek het nou al die foute uitgewerk, en Oesjaar is tevrede met die resultate. Ek skryf hierdie boodskap om julle in kennis te stel dat ek nou 50 artikels gaan skep as die volgende stap in hierdie proses. Die artikels wat ek skep is net 'n raamwerk vir Oesjaar om later uit te brei. Die doel is om al die eentonige en herhalende werk by die skep van hierdie bladsye te verminder. My kode koppel die bladsye outomaties met wikidata, maar wikipedia vat gewoonlik 'n lang tyd voordat dit besef dat dit gekoppel is. So julle sal seker nie die taksonbalk of taalskakels sien vir party van die bladsye nie. Maar as u
?action=purge
aan die einde van die URL byvoeg en Enter druk, dan sal dit die bladsy verfris en die taalskakels sal verskyn. -
Rooiratel
kontak
12:58, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, die Erica's het oor die 700 spesies... Dankie aan Rooiratel vir sy werk hier. Groete!
Oesjaar
kontak
13:03, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Kan jy dalk die artikels se titels kursief maak, of is dit nie moontlik/maklik nie?
Burgert
(kontak)
13:22, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Kan jy vir my 'n bladsy wys wat dit doen, as 'n voorbeeld? My kode kan dit seker ook doen as ek weet hoe. -
Rooiratel
kontak
13:30, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Tyrannosaurus rex
Burgert
(kontak)
14:57, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Die toorwoorde is
{{TITELAANSIG|''Tyrannosaurus rex''}} of {{Skuinse titel}}
. Groete, --
Aliwal2012
15:55, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Rooiratel
watter wikitaal of databank gaan jy as bron gebruik? --
Aliwal2012
16:01, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert en Aliwal. Ek sal van nou af die Titel so skryf. Ek het nie 'n bron of databank nie. Dit is net 'n baie basiese bladsy met 'n generies een lyn inleiding, taksoboks, en skakel na 'n sanbi bladsy oor die genus as 'n bron. Dit dien net as 'n basis vir Oesjaar om op te werk, om dit makliker vir hom te maak. Die lys wat ek gebruik vir al die spesie name is
hier
. Groete.
Rooiratel
kontak
05:52, 29 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek gaan nou omtrent 100 Erica bladsye skep, die keer met die kursiewe titels.
Rooiratel
kontak
10:01, 29 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, laai dit maar op... Groete!
Oesjaar
kontak
10:04, 29 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
96,000 artkels!
Gemeenskap, dankie en geluk! Nou is ons net 4,000 weg van die magiese 100 000.
Gebruiker:Aliwal2012
het ons 96,000ste artikel geskep! Groete!
Oesjaar
kontak
20:06, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Sjoe! Die 100 000 artikels mylpaal kom al hoe nader. Groete!
Lefcentreright
kontak
20:16, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Die gehalte van artikels in
Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
Nie so nie!
Goeie naand, almal. Ek is baie ontevrede oor die gehalte/kwaliteit van artikels in
Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
. Ek meen, kom ons kyk na
Tsepo Mhlongo
se artikel. Dit sê net: "Tsepo Mhlongo is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA." Dit sê nie wat hy voor sy parlementsloopbaan gedoen het nie, op watter datum hy as 'n parlementslid inhehuldig is nie, of wat hy in die parlement doen nie. Sy artikel herinner my aan die Engelse gesegde: "Meat on the bone". Daar is net mooi niks "meat on the bone" op sy artikel nie. Kyk net na die Engelse weergawe van sy artikel (
en:Tsepo Mhlongo
; wat ek geskryf het).
Daar is honderde en honderde van hierdie saadjies wat sulke min (geen) inligting bevat. Ek sou almal aangepak het, maar ek het nie die geduld/tyd om dit te doen nie. Wat gaan ons as die gemeenskap daaraan doen, want die artikels help niemand nie? Kan ons miskien 'n Skryfweek-tipe ontkiemingskompetisie hou, of miskien hulle almal skrap? Ek verstaan meeste van julle hou nie van politiek nie. Ek is ook nie anti-saadjies nie. Ek hou van saadjies, maar hierdie ekstreme saadjies in die kategorie help weereens niemand nie. Groete!
Lefcentreright
kontak
22:02, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem 100% saam. Van die name hoor ek elke dag op RSG en ek sit in Duitsland. Vir die Duitstalige Wikipedia het ons 'n jaar gelede 'n
Bundestagsprojekt
gedoen en parlementslede ontmoet, prente geneem en met die politikus aan die artikels geskaaf en waar nodig, hersien. Politieke inmenging was natuurlik verbode. Van hulle het dit natuurlik probeer, veral die een verregse party. Ek stel belang in politiek, maar ek verpes sulke artikels sonder inhoud. Wat is die verskil tussen dit en 'n rooi skakel? Wat my betref, sal ek net min kan doen, want ek wil nie mense omkrap deur twak in hul artikels weens onkennis te skryf nie. Groete. --
SpesBona
22:15, 28 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink ook die artikels oor Suid-Afrikaanse politici is maar skraal, meeste het nie eens 'n geboortedatum nie. Persoonlik skryf ek nie politieke artikels nie. Myns insiens, mense wat nog lewe verdien nie 'n artikel nie, maar dié geveg sal ek nie wen nie. Plaas enige artikel waarmee julle nie gelukkkig is nie in
Bladsyverwyderig
. Groete!
Oesjaar
kontak
06:04, 29 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek sal werklik graag wil help om saadjies uit te brei, bv. ten minste met 'n geboortedatum.
Lefcentreright
kan ons nie maar daardie gov-verkiesingslyste raadpleeg wat hul ID-nrs op gehad het nie? Andersins is
"People's Assembly"
ook maar onbeduidend as inligtingsbron! Groete, --
Aliwal2012
10:39, 29 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, hoekom nie? Hier
2019 LIST OF REPRESENTATIVES IN THE NATIONAL AND PROVINCIAL LEGISLATURE - GAZETTE
> National.
Lefcentreright
kontak
10:49, 29 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie hiervoor! Die uwe het die afgelope 30 uur die pen (of is dit
swaard
?) opgeneem en onder 'n klomp DA-parlementslede se artikels ingeklim. Geb. datums en ook 'n paar teenstrydighede versus die Engelse artikels reggemaak. Maar soos Oesjaar sê, dis soos om 'n woordeboek te lees...die storielyn raak baie voorspelbaar! --
Aliwal2012
12:51, 31 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Hi
Aliwal2012
. Ek sou meer wou help, maar ek
sulke
sukkel al die afgelope paar dae met ernstige spanningshoofpyne. Dankie vir die artikels! Groete,
Lefcentreright
kontak
13:52, 31 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Jan Hendrik en sterkte met die hoofpyn! --
Aliwal2012
17:30, 31 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
...en ek het vir hulle Heide (
Erica
) gekweek! Groete!
Oesjaar
kontak
20:29, 31 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Spogbeeld
Ai, wat is nou weer die adres van die spogbeeld op die Tuisblad as 'n mens die onderskrif wil verander?
Burgert
(kontak)
18:29, 30 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Is dit waarna jy verwys?
Groete!
Oesjaar
kontak
18:40, 30 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie!
Burgert
(kontak)
18:47, 30 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Jammer, ek hoop dis darem nie só erg nie! Groete. --
SpesBona
19:05, 30 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Sien
Wikipedia at 20 is more relevant than ever in a social media era
Groete!
Oesjaar
kontak
07:07, 20 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Vandag weer 'n bydrae gelewer op RSG
Onverwags het ek vandag weer 'n toevallige bydrae gelewer tot RSG se program (nadat reeds twee van my e-posse in die verlede voorgelees is). Vandag het Jodie Hendricks die inleiding van ons artikel
krieket
voorgelees, wat gedeeltelik deur my geskryf is. Baie interessant! Groete. --
SpesBona
19:20, 30 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
Wikipedia is een ongelooflike ding. Ek meen, jy weet mos nou van
Xiaomei Havard
, die Chinese vrou wat as 'n lid van die Nasionale Vergadering ingehuldig is. Ek het Woensdag toe sy ingehuldig is, gou vinnig die aand 'n artikel oor haar daar op die Engelse Wikipedia geskep. Die volgende dag het ek veral op Twitter en Facebook gesien hoe mense "screenshots" van die artikel plaas en dit dan bespreek.
Lefcentreright
kontak
19:46, 30 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Geluk aan
Lefcentreright
, jy is baie slim! --
Aliwal2012
09:07, 31 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Goed gedoen julle twee. Ek het vanoggend aan Deon Meyer se nuwe boek begin lees en voor in die boek begin hy met 'n aanhaling en die bron: Wikipedia!
SpesBona
, laat weet asb as jy weer e-pos stuur ens, dit is lekker vir die gemeenskap om na sulke dinge te luister. Groete!
Oesjaar
kontak
11:30, 31 Januarie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek sal so maak. Die twee e-posse was egter spontaan, aangesien ek elke dag op RSG inskakel. Ek kan die onderwerpe nie meer onthou nie, maar dit was nie Wikipedia nie, alhoewel ek daarna verwys het (dat ek onder andere hier betrokke is). Groete. --
SpesBona
20:24, 8 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
New Wikipedia Library Collections Available Now (February 2021)
Hello Wikimedians!
The TWL owl says sign up today!
The Wikipedia Library
is announcing new free, full-access, accounts to reliable sources as part of our
research access program
. You can sign up to access research materials on the
Library Card platform
Taxmann
– Taxation and law database
PNAS
– Official journal of the National Academy of Sciences
EBSCO
– New Arabic and Spanish language databases added
We have a wide array of
other collections available
, and a significant number now no longer require individual applications to access! Read more in our
blog post
Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects!
This message was delivered via the
Global Mass Message
tool to
The Wikipedia Library Global Delivery List
--12:57, 1 Februarie 2021 (UTC)
Dankie, ek sal beslis van EBSCO gebruik maak. Ek het op 6 Desember 2020 aansoek gedoen om toegang tot Sabinet te kry, maar dit lyk my ons vier nog Kersfees, al tokkel die mandolien-minnaars reeds oor Valentynsdag. Geen kommer, ek sal vanaand nog met my bibliotekaresse praat - dis hoegenaamd nie haar skuld nie, maar ek het my vermoedens daar skeel iets in Suid-Afrika.
Suidpunt
kontak
16:20, 1 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Tegniese woordeboeke
Ek het nogal moeite met 'n paar tegniese woorde uit die Duits gehad toe ek
Strandbeest
vertaal het; nie eens my tweetalige
Van Dale
-woordeboeke kon my help nie. Gelukkig het ek geholpe geraak met die internet.
Ek sluit graag hier twee woordeboeke in wat enigeen na hartelus kan aflaai. Ons het slegs
Lys van Afrikaanse vakwoordeboeke en terminologielyste
, maar ongelukkig nêrens 'n plekkie vir buitelandse tegniese woordeboeke nie. Dit vind ek jammer. Maar hier is hulle nou:
Meulkundige begrippe in Engels, Duits, Frans en Nederlands
(veral seker nodig as jy 'n "klap van de molenwiek" weg het en oor
Kinderdijk
skryf?)
Termen en definities van begrippen in de produktietechniek
(wéér in Engels, Duits, Frans en Nederlands). Hier kon ek die naam in Nederlands vir
Kurbelschwinge
kry: dis gewoon 'n hefboom.
Suidpunt
kontak
16:16, 1 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Skuif die wêreld in die Kaap...
Die Kaapse gemeenskap: ek werk aan
Erica cremea
, 'n blommetjie artikel.
SANBI
sê die plant kom voor by Wellington, Sneeukop terwyl
Plantsofworld
sê dit kom voor in die Bainskloofberge. Ons artikel oor die
Bainskloofpas
sê die pas is in die Limietberge. Ek sien ook daar is 'n Sneeukop noord van
Villiersdorp
... Word ek mal? Groete!
Oesjaar
kontak
14:07, 4 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit lyk my Bainskloofpas loop deur die Drakensteinberge, naby Wellington. Volgens
hierdie blad
kom die
Erica cremea
op Sneeukop naby Wellington voor.
Burgert
(kontak)
14:56, 4 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Daar is 'n Sneeukop in die Klein-Drakensteinberge.
Burgert
(kontak)
15:04, 4 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Gedagte vir die dag...
Ek en
Gebruiker:Sobaka
het so bietjie buite die Wikipedia-omgewing gekommunikeer en een ding besef: Ons (ek, jy, julle...) is die laaste geslag wat Afrikaanse tegniese artikels kan skryf omrede die meeste van ons ons opleiding in instansies soos Telkom, Transtel, Eskom ens in Afrikaans gedoen het. In my Honneurs-jaar het RAU ook oorgeslaan na Engels. Hef aan manne! Groete!
Oesjaar
kontak
19:45, 4 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek vermoed daar is ook nie tegniese opleiding in Xhosa, Zoeloe, ens. nie. Ek dink maar die voorkeur aan Engels is teen nadeel van al die ander Suid-Afrikaanse tale. Net soos Frans of Spaans in ander Afrikalande. Groete. --
SpesBona
22:00, 4 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Engelse Wikipedia: Een miljard wysigings
Gemeenskap, ek sien ons Engelse vriende het 1 000 000 000
wysigings
verbygesteek! Sjoe! Groete!
Oesjaar
kontak
10:49, 5 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Terwyl jy nou by die Engelse is,
Gebruiker:Oesjaar
, wonder ek of julle hardebaarde in die Afrikaanse fabriek dalk enige raad het oor hoe om by Engelse Wikipedia se legioene der legioene polisiemanne verby te kom. Ekskuus dat ek vra, want die Engelse monster is mos nie jul bybie nie, maar 'n ou weet naderhand nie meer herwaarts of derwaarts met hulle nie. 'n Tyd gelede het ek 'n artikel oor die joernalistieke prof. Arnold (Arrie) de Beer in Afrikaans geplaas en toe maar skoorvoetend die Engelse een ook aangepak, want die prof is ook internasionaal bekend, met lyste publikasies wat 'n mens eenvoudig verstom. Moes my neerlê by die Engelse Wikipedia-"editors" se aandrang op verwysings anders as wat die Universiteit van Stellenbosch self verskaf (asof die geëerde ou instansie nou rede sou hê om te jok). Maar nou, ja, uiteindelik is die artikel so vol voetnotas en goed dat ek regtig nie dink enigiemand sou nog beswaar kon hê oor te min verwysings nie. Maar nou hang hy net stil-stil daar rond in die Draft-legger en wag op beter dae en iemand se goedkeuring. Hul lys Draft-artikels word al hoe langer -- nou al oor die vierduisend -- en hulle sê hulle werk dit weg in geen spesifieke volgorde nie. Ou mense soos ek aan die ander kant van tagtig weet eenvoudig nie of ons die jare (?) gespaar gaan bly om publikasie te beleef nie. Die Draft is by:
. Mooi groete en dankie!
Mieliestronk
kontak
11:02, 7 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
, ek het weinige kontak met die Engelse Wiki maar ek sal lid van die WikimediaZA raad vra om daarna te kyk. Groete!
Oesjaar
kontak
15:11, 7 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Hulle is reg, die rooinekke. Die oom de Beer het sy CV by Stellenbosch ingedien en dié word nou bronne. En oom de Beer het elke ou dingetjie waaraan hy deelgeneem het, of aangesluit het, of as komiteelid gedien het, getrou opgeskryf en deurgegee. Behalwe natuurlik dat hy niks vertel van sy 1977 aansluiting by die Gebroedertebond nie,
so ek weet ook nie hoeveel ek op sy CV-lys kan staatmaak nie. Het nie tyd om sy CV deeglik deur te werk nie, maar kyk bv. na die volgende: "Hy [lees "ek"] was die eerste Afrikaanssprekende lid van die internasionale raad van die International Association for Media and Communication Research (IAMCR) en hoof van die IAMCR se internasionale navorsingsafdeling." Nouja, as ek aansluit by 'n internasionale organisasie gaan ek ook miskien die eerste Afrikaanse lid wees. En hy was hoof van die "internasionale navorsingsafdeling", sonder bron. Nou hoe lank was dit, en watse navorsing is gedoen waarvan ons moet kennis neem? Of was hy dalk "interim head"?
Sal nie weet nie, maar ek dink sy eie land het nie eers van hom kennis geneem nie. Dis nou wat gebeur as jy jou kosbare tyd mors op daai broedervergaderings.
JMK
kontak
23:30, 7 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Wilkins, Ivor; Strydom, Hans; du Preez, Max (2012).
The Super-Afrikaners: Inside the Afrikaner Broederbond
. Johannesburg: Jonathan Ball Publishers SA. p.
A22.
ISBN
978-1-86842-535-8
Oesjaar
, baie dankie!
Mieliestronk
kontak
19:11, 8 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
JMK
, gelukkig is ek darem nie my Broeder se hoeder nie...
Mieliestronk
kontak
12:45, 9 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Wiki Loves Folklore 2021 is back!
You are humbly invited to participate in the
Wiki Loves Folklore 2021
an international photography contest organized on Wikimedia Commons to document folklore and intangible cultural heritage from different regions, including, folk creative activities and many more. It is held every year from the 1st till the 28th of February.
You can help in enriching the folklore documentation on Commons from your region by taking photos, audios, videos, and
submitting
them in this commons contest.
Please support us in translating the
project page
and a
banner message
to help us spread the word in your native language.
Kind regards,
Wiki loves Folklore International Team
MediaWiki message delivery
kontak
13:25, 6 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Omuramba
Kan ons taalkundiges asb net die spelling van die artikel verifieer? Volgens ander gebruikers moet dit
omaramba
wees? Groete!
Oesjaar
kontak
16:08, 8 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Interessant genoeg beskryf ons op die Duitstalige Wikipedia dié onderwerp onder
de:Rivier
, aangesien Duitstalige Namibiërs juis die term gebruik om 'n ding te beskryf, waarvoor ons geen Duitse woord het nie. In Duitsland, Oostenryk en Switserland is die verskynsel onbekend. Hier op die Afrikaanse Wikipedia kan ons dit natuurlik nie onder
Rivier
beskryf nie, aangesien dit natuurlik die algemene term is en met
de:Fluss
ooreenstem. Groete. --
SpesBona
20:14, 8 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Volgens die WAT is "omuramba" en "omaramba" wisselvorme. Die volgende woordeboeke gee "omaramba" aan: HAT, Verklarende Afr. Woordeboek (hy gee ook "omoeramba"), Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands, en Tesourus van Afrikaans. Die Hererowoord is volgens die WAT "omuramba".
Burgert
(kontak)
08:07, 9 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek spreek dit uit as "Omoeramba" maar skryf dit "Omuramba". Sterkte
Dumbassman
kontak
16:38, 9 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Net om te wys ek praat nie nonsens nie, my Ma doen werk in hierdie
gebou
so al die naam miljoen keer gehoor.
Dumbassman
kontak
08:00, 10 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Unblocked 58.145.185.227
Goeiedag mede-admins,
Ek dink nie ons moet iemand blok vir "voeg gemors in" wat net 'n onskuldige eerste bydrae probeer maak nie. Dit was net 'n paragraaf oor die dra van
bikini
-klere in die Moslemgemeenskap. Geen vloekwoorde of ander oogwinke nie, net bietjie "persoonlike navorsing". Ons gaan nuwelinge afskrik as ons hulle na hul eerste wysiging reeds blokkeer! Aangename dag,
Aliwal2012
09:05, 10 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Klink goed, net daai "selfoonbydrae" wat mens laat wonder.
Dumbassman
kontak
09:29, 10 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met Aliwal. Dit is nie op ons wiki standaard nie, maar dit lyk nie vir my kwaadwillige nie. Geen rede om die mens te blokkeer nie.
Rooiratel
kontak
10:31, 10 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Wanneer gebruik 'n mens trans-title?
Die "cite" sjabloon het 'n parameter "trans-title". Aangesien die meeste mense wat Afrikaans gebruik, beide Engels en Nederlands verstaan, is dit nog nodig om the brontitel uit hierdie tale te vertaal? En wat van Duits of ander tale?
Martinvl
kontak
17:47, 10 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Beskawing pleks van kultuur
Goeienaand Gemeenskap, soos belowe is ek besig met die uitbreiding van
Nederland
tot voorbladstatus deur driehoekig uit Duits, Engels en Nederlands te vertaal. In al drie tale praat hulle in die oudheid van kultuur, maar ons noem dit soms ook 'n beskawing. Is dit nou bv. die
Hallstatt-beskawing
of die
Hallstatt-kultuur
? Enige hulp sal waardeer word. Baie dankie! Groete. --
SpesBona
21:30, 11 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek sou sê dis in sekere gevalle sinonieme, maar my aanvoeling is dat die woord "beskawing" hier meer gebruiklik is, terwyl "kultuur" meer spesifiek betrekking het op kuns, musiek en ander kultuurgoedere.
Burgert
(kontak)
11:59, 12 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek dog beskawing beteken meer iets soos "civilization", teenoor "culture".
Rooiratel
kontak
12:19, 12 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Dit is ons kultuur om beskaafde antwoorde te gee! Groete!
Oesjaar
kontak
12:26, 12 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Ek sien, baie dankie. Ek gaan dit in Nederland konsekwent gebruik, maar ek is waarskynlik weer te lui om al die ander artikels aan te pas.
;) Groete. --
SpesBona
21:20, 12 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
As jy byvoorbeeld onder
Asteke
kyk, sal jy die oorvleueling sien. Afrikaans noem dit "'n beskawing", Engels "a culture" en Nederlands "een beschaving".
Burgert
(kontak)
07:24, 13 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Die WAT stel eenvoudig "beskawing" teenoor "barbaarsheid", wat darem 'n baie skeefgetrekte abstrakte versinsel kan raak. Vir my is die grootste verskil tussen "beskawing" en "kultuur" die
orde
, gesag, geneeskuns, die opvoeding, voedselkweking, die krygskuns, die regte, maar ook die
ekonomie
- alles in sy geheel gesien, maak nie saak hoeveel elemente daarvan by 'n natuurvolk afwesig is nie. (Die
Titanic
sonder Wi-Fi is nie beskawing nie, dis primitief en barbaars ) En dan gaan daar ook diegene wees wat kultuur en godsdiens van mekaar afsonderlik beskou. Beskawing strek vir my veel wyer as net kultuur. Kultuur is "wat gekweek is", die gewoontes, die tradisies, ensomeer, soos waarna Oesjaar en Burgert Behr verwys het.
Suidpunt
kontak
21:23, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
In Duits is die Asteke 'n
Zivilisation
, baie interessant. Waarskynlik selfs 'n
Hochkultur
Kom ons word nou prakties: Is dit die Hallstattbeskawing of die Hallstattkultuur (met of sonder koppelteken)? In Nederland het ek op eersgenoemde besluit.
'n Ander probleem is die meervoud van
Lehen
, die enkelvoud is, net soos in Nederlands "leen", maar hoe vorm ek die meervoud? "Leens", "leëns", "lene"?
Ein Lehen, zwei Lehen
; "een leen, twee X"?
My stand van sake wat die artikel betref: Nederland het sopas onafhanklik van Spanje geword en hulle is nou op die punt om Kaapstad te stig, skakel volgende keer weer in! Enige proeflees is meer as welkom! Groete. --
SpesBona
19:00, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Numero Uno: Volgens die WAT:
Hall’stattkultuur s.nw. (argeologie) Voorhistoriese en vroegste kultuur van die Ystertydperk in Sentraal- en Wes-Europa; so genoem na die belangrike vondste te Hallstatt in Oostenryk, bestaande o.m. uit baie versierde bronsgebruiksvoorwerpe en wapens wat 'n hoë kultuur aandui, en ook kopergroewe in die nabyheid.
Mens kan net nie wen nie, nè. O, maar ons weet nie die ekonomie, die regstelsel of die orde nie. En verder, hoe kan mens van 'n beskawing praat as mense nie eens hul name kan teken nie?
Oor die leen: dis langer uitskryf: "Jannie het Sannie se broodjie twee keer 'geleen' ". "Hy leen sy tjekboek twee keer uit". "Hoeveel keer het jy haar tandeborsel vir die aand geleen? Twee maal/keer." "Moet jy nou my koki-pen twee keer leen?" "Dit is twee keer geleen, Mevrou." "Daar sal nie 'n derde keer geleen (of 'Daar sal nie 'n derde leen wees nie'?? ) word nie, ek swéér oor my koekstruifresep." "Leen my,
Suidpunt
" (
kontak
19:56, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Oeps, ek bedoel die Duitse
Lehen
, nie
leihen
nie.
Lehnsheer
, nie
Stift leihen
nie. Sien
de:Lehnswesen
;) Groete. --
SpesBona
20:05, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Blonde oomblik. OK, as jy die grond bedoel: leengoed (
feudum
). Enkelvoud en meervoud. As jy die man bedoel: leenheer, leenhere. Anders is daar leenreg, en leenregte.
Suidpunt
kontak
20:15, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Dan besit 'n mens twee leengoedere, reg? Uit die artikel Nederland: "In 1433 is die meeste van die Keiserlike en Franse
leengoedere
in die hedendaagse Nederland en België in 'n personele unie onder Filips die Goeie, Hertog van Boergondië, verenig." en later "Onder die Habsburger Karel V, keiser van die Heilige Romeinse Ryk en Koning van Spanje, is alle
leengoedere
in die huidige Nederland verenig in die Sewentien Provinsies, wat ook die grootste deel van die huidige België, Luxemburg en bykomende gebiede in die huidige Frankryk en Duitsland ingesluit het (met uitsondering van die Prinsbisdom Luik)." Al die beskawings sal ek blykbaar weer in kulture terugverander. Ek versorg myself met werk! Nog 'n rede om ander artikels nie aan te pas nie. Asem in, asem uit. Groete. --
SpesBona
20:25, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Het jy my wérklik nog nodig, of net 'n WAT by
Virtuele Instituut vir Afrikaans
b (dikw. i.d. mv.
— leengoedere leengoedere) (histories) Goed, veral grond, wat 'n vasal van sy leenheer vir gebruik ontvang; sin. leen: Die hertog van Lorraine betuig ... eer aan die Franse koning vir die hertogdom van Bar en ander leengoedere (L. Eksteen, vert.: Wêreld-Ens., 1977, 133). Die feodale kenmerke (het) ontwikkel, ... 'n onderworpe boerestand, algemene gebruik van leengoedere pleks van salaris (C. Pama in J.A. Heese, e.a.: Families, 1975, 5).
Suidpunt
kontak
20:30, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Hoe nou? Nee, die "leengoedere" is nuut, dié woord staan nog nie in die artikel nie. Ek sal dit nog moet redigeer.
:) Baie dankie vir jou hulp in elk geval. 'n Proeflees van die hele artikel is waarskynlik broodnodig. Groete. --
SpesBona
20:46, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
A/B test
Help met die vertaal na uw taal
The A/B test for
mw:Talk pages project/Replying
described at
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2020.2#A/B test for the Reply tool
has started. Some editors will see a
[reply]
button at the end of each comment. If you want, you can turn it on or off at
Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures
Whatamidoing (WMF)
kontak
21:04, 12 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Geriewe [...] die eerste klas op die Titanic...
Ek het 'n vraag rondom
fr:Installations de première classe du Titanic
Die probleem is, die Rykes was nie slegs bedrywig op Dek A nie. Ook Dek B, C, D én E het heelwat "Slegs Eerste Klas" gehad.
Is dit nou:
"Geriewe
op
die eerste klas op/van die
Titanic
"? (ek dink hier aan al die dekke op die Titanic )
"Geriewe
in
die eerste klas op/van die
Titanic
"? (ek dink hier aan die kajuite, maar ook die behandeling self)
"Geriewe
van
die eerste klas op die
Titanic
"? (kan ook na die passasiers verwys).
Suidpunt
kontak
08:13, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Hallo Suidpunt, ek sal eerder sê:
"Geriewe
vir
die eerste klas op die
Titanic
". Groete, --
Aliwal2012
09:00, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Nè! Dis 'n netjiese een, dankie, Oom Gert. Geen wonder "vir" is so 'n lekker paswoord nie (daar is iewers 'n artikel daaroor geskryf, maar deur wie, het my nou ontgaan): jy wag nie meer
op
iemand nie, maar
vir
iemand. Jy is nie meer kwaad
op
iemand nie, maar
vir
iemand.
Suidpunt
kontak
09:47, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Jy's welkom Suidpunt!
Aliwal2012
15:23, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Jeep track
in ons taal!
Help my asb met 'n vertaling van bogenoemde! Groete!
Oesjaar
kontak
16:12, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
(Diep) bandspore/-spoor; of jeepspore/-spoor.
Suidpunt
kontak
16:39, 15 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
As die jeep nie tel nie, seker tweespoorpaadjie. Waar paslik miskien sand-, berg-, plaas-, toegangs- of verbindingspaadjie, en daar is ook quadroetes en maanhaarpaadjies.
JMK
kontak
22:56, 1 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Feminism & Folklore 1 February - 31 March
Help met die vertaal na uw taal
Greetings!
You are invited to participate in
Feminism and Folklore
writing contest
. This year Feminism and Folklore will focus on feminism, women's biographies and gender-focused topics for the project in league with Wiki Loves Folklore gender gap focus with folk culture theme on Wikipedia. folk activities, folk games, folk cuisine, folk wear, fairy tales, folk plays, folk arts, folk religion, mythology, etc.
You can help us in enriching the folklore documentation on Wikipedia from your region by creating or improving articles centered on folklore around the world, including, but not limited to folk festivals, folk dances, folk music, women and queer personalities in folklore, folk culture (folk artists, folk dancers, folk singers, folk musicians, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch-hunting, fairy tales and more. You can contribute to new articles or translate from the list of
suggested articles here
You can also support us in translating the
project page
and help us spread the word in your native language.
Learn more about the contest and prizes from our
project page
. Thank you.
Feminism and Folklore team,
Joy Agyepong
talk
02:40, 16 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Boekverkope 2020
Kollegas, ek het gisteraand die nuutste
Kaapse Bibliotekaris
afgelaai.
Op bl. 15 sal jy nogal verstom wees oor die Top20 boeke van Afrikaans (waarvan ons bewus is, te midde van covid-19).
Wat duidelik opval is
Deon Meyer
se
Donkerdrif
met 29 813 verkope wat R7 355 442 ingepalm het.
Nommer 2 is
Kanaän
deur
Sophia Kapp
met 'n veel minder 3 635, maar die markwaarde is R1 227 269.
2. Die wérklike nommer 2 (aantal eksemplare) is
Hans gee Herklaas horings
deur
Rudie van Rensburg
, met 4 761 verkope; R959 304.
'n Paar opmerkings wil ek hier maak:
Die verkope kon beïnvloed gewees het deur die voorlesing deur
RSG
van die voorganger van Rudie Van Rensburg -
Hans steek die Rubicon oor
(en hier moet ek
Tobie Cronjé
al die eer gee.).
Deon Meyer se boeke kos gewoonlik R400 stuk in die boekwinkels (en ek was meer as 'n jaar laas in Bargain Books). Alleen die Engelse eksemplaar is op Google Play beskikbaar (let wel, die statistiek is strepieskode-gerig, dus slegs Afrikaanse boeke word hier betrek). Ek het eers gedink dis internasionale verkope hierby ingereken, maar toe lees ek Christiaan Boonzaier se artikel weer:
Nielsen Bookscan SA het oudergewoonte weer ’n jaarverslag uitgereik wat die jaar se
boekverkope in Suid-Afrika saamvat
. Ek het regtig nie gedink soveel geld sit nog in die Afrikaanse publiek nie. Nou ja, as jy gewild is, is jy gewild. Baie geluk!
Bemarking, bemarking, bemarking...
Moenie jou blindstaar teen die syfers nie, die tantième vir die skrywers is gewoonlik véél minder.
Suidpunt
kontak
04:30, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, ek geniet altyd statistiese inligting. Groete!
Oesjaar
kontak
05:18, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Proposal: Set two-letter project shortcuts as alias to project namespace globally
Help met die vertaal na uw taal
Hello everyone,
I apologize for posting in English. I would like to inform everyone that I created a new global request for comment (GRFC) at Meta Wiki, which may affect your project:
m:Requests for comment/Set short project namespace aliases by default globally
In this GRFC, I propose that two-letter project shortcuts for project names will become a default alias for the project namespace. For instance, on all Wikipedias, WP will be an alias to the Wikipedia: namespace (and similar for other projects). Full list is available in the GRFC.
This is already the case for Wikivoyages, and many individual projects asked for this alias to be implemented. I believe this makes it easier to access the materials in the project namespace, as well as creating shortcuts like
WP:NPOV
, as well as helps new projects to use this feature, without having to figure out how to request site configuration changes first.
As far as I can see, Afrikaans Wikipedia currently does not have such an alias set. This means that such an alias will be set for you, if the GRFC is accepted by the global community.
I would like to ask all community members to participate in the request for comment at Meta-Wiki, see
m:Requests for comment/Set short project namespace aliases by default globally
Please feel free to
ask me
if you have any questions about this proposal.
Best regards,
--
Martin Urbanec
talk
14:11, 18 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Hi Martin, I have answered you, and added my support on the discussion page. But please limit the quantity of new shortcuts you want to implement to, say, 5 or 8. Please do not "spam" our wiki, they will be deleted! Thanks,
Aliwal2012
08:15, 19 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Hoe bekend is julle met 'broodjietyd'?
Geskuif na
Bespreking:Padkos
Bladsye ruil
Na die veranderinge in die 9de uitgawe van die SI-brosjure is dit gepas dat die artikels
Verenigde atoommassaeenheid
en
Dalton (eenheid)
omgeruil moet word. Hoe moet dit gedoen word? Die teks is reeds opgedateer.
Martinvl
kontak
21:38, 1 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Knip en plak alles uit die "minder belangrike" (of ongewensde) artikel oor in die gewensde titel, Die verloorartikel word dan 'n aanstuur na die groter/belangriker boetie. Groete --
Aliwal2012
22:23, 1 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Ek kom nou agter wat jy wil hê, die naam moet "Dalton (eenheid)" lees, met "Verenigde atoommassaeenheid" as 'n aanstuur, korrek?
Aliwal2012
22:37, 1 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Wikifunctions logo contest
Hallo
. Help asb om 'n ontwerpkonsep vir die logo van die nuwe Wikifunctions-wiki te kies. Die stemming begin vandag en sal vir 2 weke oop wees. As u wil deelneem,
leer meer en stem nou
by Meta-Wiki.
Baie dankie!
--
Quiddity (WMF)
01:46, 2 Maart 2021 (UTC)
Bladtrekke
Sien by verskillende Suid-Afrikaans-verwante artikels, selfs op wikiquote, in Afrikaans en Engels, 'n skielike sprong in bladtrekke op 14 of 15 Februarie, wat dan langsamerhand terugkeer na normale vlakke. Nie seker watter onderwerpe alles so reageer nie, maar het gewonder wat dit kon veroorsaak ― of dit bv. een of ander bot is, of die skole wat geopen het?
JMK
kontak
22:24, 24 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Kom ons hoop dit is skole! Groete!
Oesjaar
kontak
05:52, 25 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
97 000 duisend artikels!
Gemeenskap, watter Erica was ons 97,000ste artikel? Dankie aan almal in elk geval! Groete!
Oesjaar
kontak
10:41, 3 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Dit was
Erica taylorii
. -
Rooiratel
kontak
11:02, 3 Maart 2021 (UTC)
antwoord
PE nog PE
Terloops nog PE.
Mothotoane, Tumelo (3 Maart 2021).
"Eastern Cape name changes not yet finalised"
. enca.com. eNCA
. Besoek op
3 Maart
2021
Fire breaks
Gemeenskap, wat is bogenoemde in Afrikaans? Vuur voorkomingsgordels? Groete!
Oesjaar
kontak
08:02, 4 Maart 2021 (UTC)
antwoord
(Vuur)voorbrand.
Aliwal2012
08:39, 4 Maart 2021 (UTC)
antwoord
En 'n brandbaan
is daardie ontbosde stroke waar jy kan inkom om die brand te bestry.
JMK
kontak
10:23, 4 Maart 2021 (UTC)
antwoord
O, ons noem dit sommer brandpaaie. En ek het heeltyd gedink dis om die brand self te stuit (totdat die kooltjie deur sterk wind aangedra word, ja).
Suidpunt
kontak
10:26, 4 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Hulp deur SA Rugby
Goeienaand gemeenskap, nadat die Springbokke se kenteken op die Duitse Wikipedia tydens die kandidatuur van die artikel verwyder is, het ek by SA Rugby aangeklop en hulle gevra vir 'n toestemming oor die gebruik van beide hul kenteken en dié van die Springbokke te vra. Hulle het ingestem! Aansluitend het ek hulle vir prente van die 2019-span gevra. Kom ons kyk. Groete. --
SpesBona
21:45, 4 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Goed gedoen Sören! Jy is skerper as 'n Minora lemmetjie! Groete!
Oesjaar
kontak
07:08, 5 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Op die Duitse Wikipedia is SA Rugby se kentekens intussen verwyder en SA Rugby antwoord nie meer nie. Jammer! Groete. --
SpesBona
21:50, 17 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Wikidata-probleempie
Weet iemand dalk of dit moontlik is om 'n bron vir die Afrikaanse Wikipedia uit
{{
Normdata
}}
te verwyder? Iemand plaas op Wikidata ongeldige kodes by die bron LNB (wat 'n Letlandse bron is) en dit gee 'n fout op talle van ons artikels en ook by die Engels. Sien bv.
Familie (verwantskap)
. Ek en iemand anders het hom gevra om die regte kodes in te sit, maar hy het al honderde artikels so opgekoffie. Ek weet nie eintlik wat om te doen as hy nie wil toegee nie. Het enigiemand ondervinding van Wikidata en hoe 'n mens te werk kan gaan om hom te stop? Sien
User talk:Mapenite
. Dankie!
Burgert
(kontak)
10:09, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
jy sal 'n Admin op wikidata moet vra om hom te blokkeer en om al sy veranderings terug te rol. Anders moet iemand maar een vir een, al die LNB kodes regmaak/skrap.
Rooiratel
kontak
12:28, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, ek sal maar 'n admin moet kontak. Ek sal net eers kyk of hy nie reageer nie. 'n Mens kan nie al die honderde goed individueel regmaak nie, want hy skep voortdurend kodes op nuwe bladsye.
Burgert
(kontak)
12:56, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Nadzik
, do you know any Admin on Wikidata? Regards!
Oesjaar
kontak
13:57, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Hulle sê in hulle geselshoekie hulle gaan 'n bot gebruik om dit reg te maak. Kom ons hoop dis die einde van die gemors. Dit sal seker nie dadelik reg vertoon nie.
Burgert
(kontak)
13:10, 10 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, I know
User:Rzuwig
, he may be able to help.
Nadzik
kontak
17:40, 15 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, dit lyk of die probleem op die een of ander manier opgelos is.
Burgert
(kontak)
18:04, 15 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Rooiwal-kragstasie
Hi, ek wil bogenoemde skep, maar bestaan nie op en:wp nie.
Ek vind wel
hierdie
wat deur MediaWiki ondersteun word. Die artikel se uitleg lyk soos wikipedia s'n, mag dit gekopieer word, of sal dit plagiaat wees?
Groete, --
Aliwal2012
12:57, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Hulle goed is beskikbaar onder 'n Creative Commons-lisensie. So, jy kan dit gebruik.
Burgert
(kontak)
13:02, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Dankie vir jou spoedige antwoord Burgert, ek sal netnou aan die werk spring daarmee!
Aliwal2012
13:18, 9 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Simonstad Ooreenkoms
Gemeenskap, is daar enige vrywilligers om die artikel
te vertaal? So 'n stukkie van ons geskiedenis... Groete!
Oesjaar
kontak
17:30, 18 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Dit het ek darem nie verdien nie,
JMK
• As ou joernalis met vele dekades se ervaring in die 20ste-eeuse Afrikaanse joernalistiek met al sy omwentelinge, het ek dit een van my aftreejoppies gemaak om darem te help sorg dat bekende bydraers uit hierdie geskiedkundige era se name en deugde nie vir die nageslag verlore gaan nie - deur middel van artikels oor hulle in die Afrikaanse Wikipedia. Oor enkeles sou ek toe ook iets in die Engelse Wikipedia wou skryf.
• Omdat daar nie veel joernaliste is wat ook die joernalistiek as akademici op universiteite gedien het nie, het ek self vir prof. Arrie de Beer gekies as verteenwoordiger op hierdie gebied. Ander, soos wyle Piet Cillie, kon vanweë hul monumentale bydrae in die koerantwêreld self, nie hiervoor oorweeg word nie.
• Toe ek egter hier op die geselshoekie raad vra oor hoe 'n mens die Engelse kan oorreed om De Beer se kort "draft"-artikel daar vinniger vir publikasie te keur, het gebruiker
JMK
ook De Beer se betrokkenheid by die Broederbond as sy "doodsonde" bygesleep. Asof hoeveel ander Afrikaners, en selfs die bestes onder hulle, nie ook lede was nie. Ek het op my eentjie gedink behoede ons die dag as mede-Afrikaners mekaar nou op Wikipedia oor iets soos die Broederbond pak.
• Maar JMK het toe verder gegaan om sy spykers in te hamer. Hy het by die kort Engelse "draft", waarvoor ek hier slegs om raad aangeklop het, 'n aanbeveling gaan plak dat De Beer se artikel omrede die man se Broederbond-verbintenis en gewaande belangrikheid (lei ek af) nie goedgekeur moet word nie.
• Ek moet dit duidelik stel dat ek JMK se onkollegiale gedrag as erg steurend ervaar. As ek nie hier op die hoekie gepraat het nie, het hy bes moontlik nie eens sy vendetta begin nie.
• Hy kon my darem eers vertel het dat hy van plan was om my artikel in Engels "af te skiet", wat my die geleentheid sou gebied het om hom te vertel dat ek dit gedoen het vir die geskiedenis van die Afrikaanse joernalistiek en nie om die Broederbond te bevorder nie. Ek het nie eens geweet die prof was 'n Broederbonder nie, en as ek geweet het, sou dit hoegenaamd nie ter sake gewees het nie. Daar was immers nie Neurenberg-verhore om die Broederebonders te kruisig nie.
• Moet 'n ou man in sy skemer tagtigs nou so "suffer" met die jongeres wat jeuk om te veroordeel en af te breek?
Mieliestronk
kontak
11:23, 27 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Ek het die artikel in Engels goedgekeur, op die basis van
WP:ACADEMIC
, maar dis 'n bietjie onregverdig om te sê dat iemand 'n "vendetta" het omdat hy sy mening gee. Vir my selfs was dit 'n grensgeval. Soos die Engelse sê,
Assume good faith
Greenman
kontak
18:35, 29 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Baie dankie,
Greenman
dit word grootliks waardeer. En ek aanvaar dat "vendetta" inderdaad darem nie die regte woord is nie. Het eintlik net bedoel dat dit lyk of die persoon 'n geneigdheid kan hê om teen oud-Broederbonders uit te vaar, terwyl dit in my verwysingsraamwerk iets is wat nooit strafbaar verklaar is nie, hoe 'n mens ook al self polities oor daardie kontensieuse ou snare sou voel! En daarom weet ek nie hoekom dit hier ter sake is nie. Maar nou ja, soos ek gesê het, het ek geen, absoluut geen ander doel gehad met die plasing van die artikel nie as dat hierdie akademikus 'n duidelike vermelding verdien in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse joernalistiek. En dis is maar al. Hy het my glad nie genader om oor hom te skryf nie. Ek het hom nog nooit persoonlik ontmoet nie. Ek het self besluit om oor hom te skryf en hom ingelig, soos ons e-posse sal toon. Ek skryf oor verskillende Afrikaanse joernaliste, hoewel dit maar bitter stadig gaan. Oor prof. Arrie de Beer is daar boonop artikels in drie publikasies wat hopelik vanjaar nog verskyn. Een van drie is weliswaar 'n onderhoud met hom in die veertigste verjaardaguitgawe van African Journalism Studies, wat hy self gestig het. Maar in "Theoretical Lances and Epistemological Knights" skryf Keyan G. Tomaselli oor die "Paradigm Shift in the Work of Arnold de Beer" wat beskryf word as "a founding scholar of journalism studies in South Africa". En dan is hy deur die internasionale uitgewer Routledge genooi om as "key scholar" mee te doen aan "Key Thinkers in African Media and Communication Studies" (to be published by Routledge in 2021). Trouens, sy vorige bydraes in 'n menigte verskillende publikasies het my verstom. Dis 'n hele berg van publikasies, glo my. As to yours truly's good faith ... I was a journalist for more than fifty years, in the last decades mostly in the senior editorial staff of the magazine with the largest circulation in South Africa. Right now, in this regard, I have no other intention than to write up the history of Afrikaans journalists in an historic era never to be repeated. Be such persons previous Broederbonders or not. Ai tog, ja. Vriendelike groete, Greenman, van
Mieliestronk
kontak
23:02, 29 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar
Nadat my prente van die
Suid-Afrikaanse randbanknote
in my eie besit op Commons verwyder is, het ek hulle hierheen gereed, waarmee die Afrikaanse Wikipedia die enigste is, wat die nuutste reeks Suid-Afrikaanse banknote wys. Intussen het ek ook die prente van die
Namibiese dollar
hierheen oorgedra, wat hulle op Commons nie wil hê nie. Let op, die Suid-Afrikaanse banknote het ek in Duitsland by eBay gekoop om van hulle prente te neem en hier beskikbaar te stel. Dis my beskeie bydrae tot die Suider-Afrikaanse ekonomie en Commons sal dit nie kan verhoed nie! (Is dit billik om vir die ou op Commons my rekening te stuur?) As gevolg van hierdie saak en die Springbokke se verwyderde kenteken op die Duitse Wikipedia is die Afrikaanse Wikipedia vanaf nou die enigste, waar ek toekomstige prente sal laai, dis nou amptelik. Groete. --
SpesBona
21:00, 29 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Hi SpesBona! Ek is dankbaar vir jou moeite met die
Suid-Afrikaanse banknote
, maar ek is bevrees jy oortree (steeds) hiermee die kopieregwetgewing van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Dit is hoekom die prente van Commons afgehaal is.
Sien motivering
hier
Not OK
: Copyright of the designs of South African banknotes and coins is owned by the South African Reserve Bank. Their document "
Policy on the reproduction of images of South African Currency
" sets out the policy of the bank in respect to the reproduction of South African coins and banknotes. In short, only news media can produce such images and then only because of time constraints in obtaining formal permission. Under the Copyright Act of 1978, such copyright lasts for 50 years.
Groete!
Aliwal2012
11:15, 30 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Interessant genoeg het die Afrikaanse Wikipedia reeds in 2008
billike gebruik
goedgekeur, nes die Engelse Wikipedia se
fair use
(dis 1:1 van toepassing). As die rand net by Suid-Afrikaanse rand verskyn, mag ons daardie prente gebruik. Sien
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2008#Billike gebruik
. Ek het dit nou raak gelees en dus besluit om kentekens te laai. Elke prent op die Engelse Wikipedia mag op die Afrikaanse Wikipedia op dieselfde manier gebruik word. Groete. --
SpesBona
21:05, 30 Maart 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
Daardie argief is baie oud. Hier is 'n meer onlangse bespreking:
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2019#Billike_gebruik
Burgert
(kontak)
11:52, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Vir wat dit dalk net in hierdie verband werd mag wees: Hier is 'n universitêre video van die Amerikaners oor "fair use" in Suid-Afrika en hoe die Amerikaanse gebruik sou verskil van die veel meer rigiede Suid-Afrikaanse benadering:
. In die "ou dae", waarvan ek deel was, was enige afdrukke van SA banknote natuurlik 'n doodsonde en daar is uiters streng daarby gehou by die koerante en tydskrifte. Om egter dowwe afdrukke soos hierdie klompie in Wikipedia te verbied, maak eintlik nie vir my sin nie. 'n Skelm skarminkel wat afdrukke van note wil maak, gaan mos baie "beter" resultate behaal deur regte geld in te skandeer! Sulke dowwe afdrukke sou eintlik vir hom waardeloos wees, want elke Jan Rap sal kan sien dis "vals geld". Groete.
Mieliestronk
kontak
07:32, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
Die video is baie interessant, dankie.
Burgert
(kontak)
11:34, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink 'n kopie van die noot is in elk geval meer werd... Groete!
Oesjaar
kontak
11:46, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
As die noot ouer is as 50 jaar, verval die Suid Afrikaanse kopiereg, maar die kopiereg bly nog steeds daar in die VSA. In die VK is dit nie so nie, want onder Britse reg, wanneer kopiereg van 'n regeringsdokument verval, verval dit orals in die wêreld, nie net in die VK nie.
Martinvl
kontak
17:52, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Nou wonder ek. Maak die nuwer 2019-gesprek die 2008-gesprek ongedaan of kort ons soos op die Duitse Wikipedia 'n nuwe stemming om 'n ou een ongedaan te maak? Geld die billike gebruiksbeleid nog steeds? Myns insiens sal dit net sin maak, veral aangesien die meeste mense hier uit die Engelse Wikipedia vertaal. Dit sal net nadelig wees, as ons die Engelse teks mag vertaal, maar nie hulle prente mag gebruik nie. Ek sien daai nadele reeds op die Duitse Wikipedia. Dit vat baie tyd van baie gebruikers, om al daardie prente te soek, te bespreek en te verwyder. Aan die ander kant, die gebruikers wat alles moontlik insit om daai prente te kan behou, praat ek nie eers van nie. Groete. --
SpesBona
20:50, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Dit lyk my billike gebruik hang van 'n land se wette af en Wikipedia moet hom daarby neerlê. Ek weet nie wat die Duitse wet sê nie, maar die laaste wat ek van Suid-Afrika gehoor het, is dat 1978 se wet nog geld, en dit maak nie voorsiening vir billike gebruik nie. 'n Nuwe wet wat wel daarvoor voorsiening maak, is sover ek weet nog nie deur die president onderteken nie.
Burgert
(kontak)
21:11, 31 Maart 2021 (UTC)
antwoord
Myns insiens hang billike gebruik af van beide Suid-Afrikaanse wet en Amerikaanse wet. Ek dink mens moet
hierdie artikel
lees en daarna 'n beleid vir billike gebruik vir die Afrikaanse Wikipedia opstel.
Martinvl
kontak
16:48, 1 April 2021 (UTC)
antwoord
Die artikel verwys na billike gebruik in Amerika en Amerikaanse hofsake. Suid-Afrikaanse wette verskil.
Burgert
(kontak)
17:34, 1 April 2021 (UTC)
antwoord
Daar is heelwat omstandighede waar die kopiereg in Suid Afrika reeds verval het, maar nog in die VSA geld. In hierdie geval kan ons die Amerikaanse "Fair use" konsep gebruik om die Amerikaanse kopieregwet te oorkom. Byvoorbeeld, die kopiereg op Suid-Afrikaanse banknote en muntstukke verval na 50 jaar, maar in die VSA verval die kopiereg 70 jaar na die dood van die laaste kunstenaar wat hulle ontwikkel het. Dus, onder Suid-Afrikaanse wet kan ons beelde van enige banknoot of muntstuk wat voor 1970 gemaak is, gebruik, maar as ons hierdie beelde op Wikipedia wil gebruik, moet ons die Amerikaanse wet oorkom.
Martinvl
kontak
17:55, 1 April 2021 (UTC)
antwoord
Nou word dit interessant. Watter wet is van toepassing as ek bv. die gebou van 'n lewende argitek wil oplaai, maar sy werk word volgens die wet van die land, waar die gebou staan, beskerm? Hoe maak mens dan? Die Duitse Jan Alleman bou 'n wolkekrabber in Frankryk ('n land sonder
vryheid van panorama
) en ek wil dit op die Afrikaanse Wikipedia oplaai. Nóg die Suid-Afrikaanse nóg die Amerikaanse wet het myns insiens hier iets te sê. Die gebou word volgens Franse wet beskerm en Suid-Afrikaanse wette sal dit nie kan omkeer nie (die Duitse wet natuurlik ook nie). Vryheid van panorama bly maar 'n wens in Suider-Afrika. Ek was al op die punt om die een of ander stadion in Suid-Afrika te neem (
Bolandpark
en
St. Georgespark, Port Elizabeth
), maar ons het in 2018 net verbygery. Groete. --
SpesBona
20:30, 1 April 2021 (UTC)
antwoord
Sover ek weet, is die wet met betrekking tot die vryheid van panorama die reg in die land waarin die voorwerp geleë is. Ingevolge die Bernkonvensie moet ander lande daardie wet respekteer, selfs al verskil hul eie reg. Die Afrikaanse Wikipedia moet dus die Franse wet op panoramavryheid nakom, alhoewel die Wikipedia-bedieners in die Verenigde State is en die meeste lesers van die Afrikaanse Wikipedia in Suid-Afrika is.
Martinvl
kontak
21:00, 1 April 2021 (UTC)
antwoord
Hierdie kwessie begin vir my so verwikkeld lyk dat ek nou sou dink 'n regsmening dalk nodig is, hoe ons plebs ook al sou gis en twis wat 'n mens te doen staan met kopiereg. Daar kan byvoorbeeld selfs die teenargument geopper word dat kopiereg nie sou geld ten opsigte van waar lesers is en watter taal hulle sou gebruik nie, maar in watter land die hoofkantoor van die "publikasiehuis" gesetel is. Daar is boonop duisende Afrikaanse lesers van Wikipedia in, sê, Australië. En van hulle kan besluit om artikels in Afrikaans te skryf oor Australië. Watter land se kopieregwette geld nou vir hulle? Taal is mos nie gebonde aan land nie. Of het die Afrikaanse Wikipedia sy eie geregistreerde adres binne Suid-Afrika? Dit sou die prentjie natuurlik heeltemal verander.
Mieliestronk
kontak
22:50, 1 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek sit en skryf in Duitsland en my moedertaal is Duits. Wat my betref geld natuurlik Duitse wette, maar ek staan ook nie bo Suid-Afrikaanse wette nie.
Burgert Behr
"'n Nuwe wet wat wel daarvoor voorsiening maak, is sover ek weet nog nie deur die president onderteken nie." Is daar 'n billike gebruik-wet wat net deur die president onderteken moet word? Ek het al gehoor van wette vir Gebaretaal as twaalfde ampstaal en die wettiging van dagga. Groete. --
SpesBona
20:30, 2 April 2021 (UTC)
antwoord
Dis die
Copyright Amendment Bill
. Sien ook
Copyright Infographic
Greenman
kontak
12:33, 3 April 2021 (UTC)
antwoord
Moedertaalonderrig
'n Belangrike onderwerp! Enige vrywilligers? Groete. --
SpesBona
20:56, 2 April 2021 (UTC)
antwoord
'n Baie teer onderwerp... Groete!
Oesjaar
kontak
12:52, 4 April 2021 (UTC)
antwoord
RSG het lekker daaroor gesels en die belangrikheid daarvan beklemtoon... Groete. --
SpesBona
21:00, 7 April 2021 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, my laaste hoop hier. Groete. --
SpesBona
20:46, 9 April 2021 (UTC)
antwoord
Moedertaalonderrig is eintlik 'n holle begrip. As jou ouers so Afrikaans soos boerseep is, maar besluit die huistaal is voortaan Engels, al praat hulle dit hoe skeef en krom, dan kan jy maak net wat jy wil - die kind gaan in Engels op skool onderrig word. Dan kry jy ook verwaarlosing: my suster het die gawe ontwikkel om Gods water oor Gods akker te laat loop; ek koop spesiaal DVD's wat ook in Duits en Hollands beskikbaar is, sodat die kind 'n veelvoud van tale kleintyd kan aanleer. Maar omdat sy self nie eens Hollands kan begryp (laat staan nog die Duits) nie, speel die Engels heeldag. En ek kan dit later nie verhelp om die kind vriendelik, maar ferm rég te help nie. Vat ek my sibbe hieroor vas, sê sy die kind sal nie Hollands verstaan nie (haar eie taalgebruik laat my tande kners). Asof die stomme kind nou Engels sal begryp?! Ek onthou nog as kind hoe ek
The Lion King
gekyk het en telkemale my moeder gevra het wat die woorde beteken (dit was nog die jare van VHS). Maar haar redenasie is twak, want as hy by my is, en ons kyk
Paw Patrol
in Nederlands saam, tel hy veel makliker saam met die diertjies. Die Engels verwar hom nog.
Suidpunt
kontak
18:44, 13 April 2021 (UTC)
antwoord
As my moedertaal Duits is (my ouers se taal), geniet ek die reg op onderwys in Duits (natuurlik in 'n land met Duits as 'n ampstaal). Onderrig in 'n vreemde taal sal my net verwar en kort altyd 'n vertaling en 'n volledige begrip daarvan. Dit is waaroor dit gaan. Groete. --
SpesBona
20:45, 14 April 2021 (UTC)
antwoord
Manhattan-projek
Gebruiker:Sobaka
het die artikel klaar vertaal, dit is die 9de grootste artikel op ons Wikipedia! 'n Reuse taak, inderdaad! Goed gedoen! Dit is myns insiens 'n belangrike artikel want dit lê die grondwerk vir 'n horde ander artikel wat hieruit kan voortspruit. Ek kan nie dink dat daar enige ander Afrikaanse weergawe oor die onderwerp beskikbaar is nie! Die gemeenskap word genooi om te proeflees. Groete!
Oesjaar
kontak
12:49, 4 April 2021 (UTC)
antwoord
Pioneer 11
Bogenoemde artikel is ons nuutste voorblad. Dankie aan veral
Burgert Behr
en
Aliwal2012
wat gehelp met die fynere instellings van die artikel! Spanwerk voorwaar! Groete!
Oesjaar
kontak
08:25, 5 April 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Oesjaar! Ek sien Pioneer 11 se lanseerdatum van 6 April is toevallig ook van toepassing by vandag se herdenkings, maar nog nie daar bygewerk nie? Groete,
Aliwal2012
07:58, 6 April 2021 (UTC)
antwoord
Ja, en vandag is my huweliksherdenking ook, 36 jaar! Groete!
Oesjaar
kontak
08:05, 6 April 2021 (UTC)
antwoord
Baie geluk!
Aliwal2012
09:12, 6 April 2021 (UTC)
antwoord
Universal Code of Conduct – 2021 consultations
Universal Code of Conduct Phase 2
Help met die vertaal na uw taal
The
Universal Code of Conduct (UCoC)
provides a universal baseline of acceptable behavior for the entire Wikimedia movement and all its projects. The project is currently in Phase 2, outlining clear enforcement pathways. You can read more about the whole project on its
project page
Drafting Committee: Call for applications
The Wikimedia Foundation is recruiting volunteers to join a committee to draft how to make the code enforceable. Volunteers on the committee will commit between 2 and 6 hours per week from late April through July and again in October and November. It is important that the committee be diverse and inclusive, and have a range of experiences, including both experienced users and newcomers, and those who have received or responded to, as well as those who have been falsely accused of harassment.
To apply and learn more about the process, see
Universal Code of Conduct/Drafting committee
2021 community consultations: Notice and call for volunteers / translators
From 5 April – 5 May 2021 there will be conversations on many Wikimedia projects about how to enforce the UCoC. We are looking for volunteers to translate key material, as well as to help host consultations on their own languages or projects using suggested
key questions
. If you are interested in volunteering for either of these roles, please
in whatever language you are most comfortable.
To learn more about this work and other conversations taking place, see
Universal Code of Conduct/2021 consultations
--
Xeno (WMF)
talk
21:53, 5 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek verstaan niks van hierdie goed nie. Moet ons ons tyd mors om dit te lees?
Aliwal2012
17:56, 6 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek wag maar totdat hulle klaar geswoeg en geredekawel het, dan sal ek kyk waaroor dit gaan.
:)
Burgert
(kontak)
18:56, 8 April 2021 (UTC)
antwoord
My pla nog steeds die kleiner taalskakels... Groete. --
SpesBona
21:00, 9 April 2021 (UTC)
antwoord
Global bot policy changes
Hallo
I apologize for sending a message in English.
Help met die vertaal na uw taal
. According to
the list
, your wiki project is currently opted in to the
global bot policy
. As such, I want to let you know about some changes that were made after the
global RfC
was closed.
Global bots are now subject to a 2 week discussion, and it'll be publicized via a MassMessage list, available at
Bot policy/New global bot discussion
on Meta. Please subscribe yourself or your wiki if you are interested in new global bots proposals.
For a bot to be considered for approval, it must demonstrate it is welcomed in multiple projects, and a good way to do that is to have the bot flag on at least 5 wikis for a single task.
The bot operator should make sure to adhere to the wiki's preference as related to the use of the bot flag (i.e., if a wiki doesn't want a bot to use the flag as it edits, that should be followed).
Thank you for your time.
Best regards,
Thanks for the fish!
talk
contribs
18:48, 6 April 2021 (UTC)
antwoord
'n Rondte
Sestigers
vir ons voorblad.
Oesjaar het vir my 'n puik idee gewys: 'n Rondte digters vir ons voorblad. Ek het so pas bekende
Sestigers
genomineer. Van hulle inleidende paragrawe sal net uitgebrei moet word. Ek vereis net dat van my ander voorstelle, veral die sport, ook ondersteun word. Ons is ook nader aan die herhaling van die 2020-mylpaal, elke week 'n nuwe voorbladartikel. Dis al wat ek tans vir Afrikaans kan doen. Groete. --
SpesBona
21:06, 11 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek ondersteun jou idee! Kan die gemeenskap solank begin proeflees aan die artikels! Groete!
Oesjaar
kontak
07:00, 12 April 2021 (UTC)
antwoord
Enige tyd! Van die Sestigers sal waarskynlik oor die jaar heen verdeel word, net soos poeiersuiker op 'n soetkoek. Maar die sport is blykbaar steeds vervelend en dis juis die rede hoekom ek sporttoernooie soos in krieket en rugby eers in 2023 weer gaan nomineer. Ek praat nie eers van Olimpiese Spele of Sokker-Wêreldbekertoernooie nie. Vir 2021 is net drie nasionale krieketspanne oor. In Duits sit ons met dieselfde probleem, dis alles behalwe motiverend. 'n Mens kan baie meer doen, maar motivering is jou enigste salaris hier. Groete. --
SpesBona
20:55, 12 April 2021 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
hier is my redenasie rondom die Sestigers. Myns insiens verdien van die
Dertigers
ook voorbladstatus. Groete. --
SpesBona
21:00, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
Nee, dis reg. Ek lê maar net my eiertjie.
Burgert
(kontak)
21:14, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Line numbering coming soon to all wikis
Example
From April 15, you can enable line numbering in some wikitext editors - for now in the template namespace, coming to more namespaces soon. This will make it easier to detect line breaks and to refer to a particular line in discussions. These numbers will be shown if you enable the syntax highlighting feature (
CodeMirror extension
), which is supported in the
2010
and
2017
wikitext editors.
More information can be found on
this project page
. Everyone is invited to test the feature, and to give feedback
on this talk page
--
Johanna Strodt (WMDE)
15:06, 12 April 2021 (UTC)
antwoord
R580 (Suid-Afrika)
Kan iemand dalk die foto wat ek hier probeer aanskakel wel aanskakel? Groete!
Oesjaar
kontak
17:17, 12 April 2021 (UTC)
antwoord
Die foto wys nou. Kyk maar of dit min of meer reg lyk. Groete.
Frank
kontak
18:43, 12 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink dit behoort reg te werk as iemand dit in 'n svg-lêer kan omskakel. Dit is nou 'n png-lêer. Ek kan ongelukkig nie met svg-lêers werk nie. Dit lyk my die sjabloon soek 'n svg-lêer.
Burgert
(kontak)
22:20, 12 April 2021 (UTC)
antwoord
Dankie
Naudefj
en
Burgert Behr
! Groete!
Oesjaar
kontak
05:53, 13 April 2021 (UTC)
antwoord
As ek vanaand tyd kry, sal ek die korrekte beelde skep en op wikicommons sit.
Rooiratel
kontak
06:52, 13 April 2021 (UTC)
antwoord
Nuwe dag, nuwe breinselle. Die foto's werk nou reg.
Burgert
(kontak)
10:13, 13 April 2021 (UTC)
antwoord
Freesia praecox
Gemeenskap, kan iemand asb help en die ding koppel op Wikidata? Ek kom net nie reg nie. Groete!
Oesjaar
kontak
17:47, 17 April 2021 (UTC)
antwoord
Dis geskakel, maar daar is nog nie 'n ander Wiki met so 'n artikel nie.
Burgert
(kontak)
20:30, 18 April 2021 (UTC)
antwoord
Hoekom sê jy nie jy het reggekom nie?
Burgert
(kontak)
20:44, 18 April 2021 (UTC)
antwoord
As ek nou reg onthou, ek het die Afr skakel gedoen maar kon dit nie sien op die kantbalk nie van die artikel nie. Dit wys as
Wikidata-item
. Groete!
Oesjaar
kontak
08:40, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Geen ander Wikipedia het 'n ooreenstemmende artikel nie, so daar is tans niks om te skakel nie. Groete.
Frank
kontak
13:16, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
jy het nie die "Wikidata-item" aan die kant gesien omdat die
kasstelsel
nie verfris was nie. As dit weer gebeur:
Voeg
?action=purge
aan die einde van 'n bladsy se URL, druk Enter, en kliek op die "Reg so" knoppie. Dan sal jy dit sien.
Sien hier vir 'n voorbeeld:
Rooiratel
kontak
09:58, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Nuwe mylpaal op 'n verjaarsdag
Mostert se meul...voor die brand.
Van molen tot kolen
Ná presies 13 jaar (geregistreer om 10:32 op 19 April 2008) is hierdie my 60
000ste wysiging op die Afrikaanse Wikipedia. Wat het mens alles hier beleef en vir lekker mense ontmoet. Baie dankie vir al daardie! Dis net hartseer dat die tragiese brand daar in my geliefde Kaapstad hierdie oorskadu! Ek hoop maar net dit gaan op een dag weer alles amper herstel. Ek wil nie eers van dié prente sien nie! Groete. --
SpesBona
20:45, 18 April 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
Baie geluk met jou 60 000 wysigings! Die brand op Tafelberg is verskriklik. Ek is so onsteld oor Mostert se meul wat nou heeltemal vernietig is. Groete.
Lefcentreright
kontak
22:10, 18 April 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
Goed gedoen en geluk! nou vir die volgende 60,000! Groete!
Oesjaar
kontak
03:11, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Wel gedaan. Doe zo voort! Groete.
Frank
kontak
08:34, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Baie geluk ook van my kant af, Spes Bona.
Suidpunt
kontak
12:15, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Uitstekend, baie dankie vir al die werkǃǃǃ
Sobaka
kontak
15:43, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Waardevolle bydraes. Niemand anders sou dit kon doen nie.
JMK
kontak
09:31, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Wêreldspektrum
Gemeenskap, wie het toegang tot bogenoemde? Daar is nou weer 'n klomp gemors van Maroela Media wat reggestel moet word. Groete!
Oesjaar
kontak
15:59, 19 April 2021 (UTC)
antwoord
Moet ons toegang tot Wêreldspektrum hê om dit reg te stel? Het al opgemerk dat die Wêreldspektrum-verwysings / -bronne nie voltooi word nie.
JMK
kontak
10:24, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
JMK
, sien
Freesia
, die paragraaf wat met
Ter onderskeiding van die gekweekte...
begin. Miskien word ek oud. Groete!
Oesjaar
kontak
11:33, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Ja ek raak ook deurmekaar daar, en vind nie die oplossing in Christo Pienaar of C.A. Smith nie. Opmerkings soos "laaste 60 jaar" gaan ook verouderd raak, as dit nie reeds verouderd is nie.
JMK
kontak
12:01, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek het reeds die 60 vanaf 40 verander... Groete!
Oesjaar
kontak
12:06, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Dit moet "wildefreesia" wees, volgens die WAT.
Burgert
(kontak)
14:55, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Christo Pienaar praat wel van tuin-freesias vir die hibriede, dan seker tuin- en wilde-.
JMK
kontak
19:47, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
In die artikel
Artillerie
het maroela media nooit die tabel heel onder voltooi nie. Hoe nou gehasie? Groete!
Oesjaar
kontak
14:17, 22 April 2021 (UTC)
antwoord
Industrial and Mining Water Research Unit
Wat is die gemeenskap se gevoel oor die artikel? Behalwe die Engels begin dit skerp oorhel na bemarking... Groete!
Oesjaar
kontak
08:55, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Mens sou kon vra wat sal gebeur as baie universiteitsdepartemente dit sou doen. Aan die positiewe kant is hulle redelik gevestig, 10 jaar oud en bedrywing, en hulle het 'n fokus wat miskien nie deur enige ander departement in die land vervul word nie, ook weens hulle ligging. Sien geen streke nie, die skrywer bemoei hom wel met 'n klein getal onderwerpe rakende Wits en omgewing.
JMK
kontak
11:42, 20 April 2021 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Inligtingskas Pad
Aan die slim manne: in bogenoemde sjabloon word
Cities
met Hoofstede,
Towns
met Nedersettings en
Villages
met gehugge vervang. Na 'n paar honderd artikels oor ons paaie vra ek dat
Cities
met Stede,
Towns
met dorpe en
Villages
met nedersettings vervang word. Goedkeuring asb! Groete!
Oesjaar
kontak
14:59, 22 April 2021 (UTC)
antwoord
Beslis, ja!
Burgert
(kontak)
07:26, 23 April 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
ek sal dit kan verander in die sjabloon
Nee, jammer, ek kan nie die genoemde parameters opspoor in die sintaks vd sjabloon nie!
Aliwal2012
08:20, 23 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek het die module verander. Dit lyk my dit werk nou reg.
Burgert
(kontak)
14:55, 23 April 2021 (UTC)
antwoord
Mag ek mense daaraan herinner dat die terme "stad" en "stad" wettige terme is wat nie altyd in ander lande gebruik word nie.
Martinvl
kontak
16:24, 23 April 2021 (UTC)
antwoord
Jy mag, maar ons gaan ons nie daaraan steur nie.
:)
Burgert
(kontak)
16:51, 23 April 2021 (UTC)
antwoord
Dankie
Burgert Behr
dit werk reg! Groete!
Oesjaar
kontak
17:09, 23 April 2021 (UTC)
antwoord
Martinvl, wat bedoel jy met "stad" en "stad"? In elk geval, ek sou versigtig wees om gehug met nedersetting te vervang. Nedersetting (Eng:
settlement
, colony, establishment) is 'n baie breë term, en kan beteken "kolonie", of "volksplanting". 'n Nedersetter is tewens nie 'n dorpenaar of gehug-boorling nie, maar 'n immigrant, inkomeling, kolonis, pionier, volksplanter ensomeer. Gehug (Eng: hamlet) ook effens dubbelsinnig, maar een betekenis is daardie groeipunt wat tot 'n dorp kan ontwikkel.
JMK
kontak
20:46, 25 April 2021 (UTC)
antwoord
Hallo daar! Ek is die "skuldige een" wat
gehug
daar ingevoer het as vertaling vir
village
. Ons het op skool geleer enige plek met minder as 500 siele is 'n gehug. (As jou buurman 'n windjie los in 'n gehug, dan weet almal dit!)
Ek deel ook die vermoede dat 'n nedersetting 'n baie breë betekenis het. For that matter kan Pretoria ook 'n nedersetting wees! Groete!
Aliwal2012
21:58, 25 April 2021 (UTC)
antwoord
'n Nedersetting is eintlik volgens die HAT 'n informele byplek. Toe dit op Wikipedia begin gebruik is, was ek ook daarteen gekant, maar die WAT gee die volgende betekenis aan: "Plek waar mense gevestig is, dikw. 'n klein gemeenskappie wat met 'n bep. doel tot stand gekom het of 'n klein dorpie".
Burgert
(kontak)
09:06, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Stem saam met jou onderwysers, Aliwal, en die 1820 setlaars se plase en dorpe in geheel, 'n nedersetting. Maar hoor ook Burgert, die HAT neem waar hoe die mense praat. "Village" volgens Bosman-vdMerwe (1945) en Kritzinger-Steyn (1961) is maar 'n dorp. Gehug (meerv. gehugte) volgens Kritzinger-Labuschagne (1965) 'n "klein dorpie", en nedersetting volgens vg. 'n "woonplek, kolonie, vestiging", wat seker klein dorpie insluit. Die "bepaalde doel" raai ek, sluit in die gemeenskappe wat bv. rondom besproeiingskemas ontstaan soos aan die Oranjerivier.
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
JMK
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
Ek weet nie of dit net ek is nie, maar gehug is my baie neerhalend.
Burgert
(kontak)
12:55, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Vir my ook. Is daar 'n alternatief vir Nedersetting? Groete!
Oesjaar
kontak
12:59, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek voel 'n mens moet alles wat nie stede is nie, dorpe maak.
Burgert
(kontak)
11:25, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Burgert_Behr
. Dis reg, my ma (gebore in die vroeë 1950's) voel ook gehuggie is 'n baie neerhalende benaming. Sy't haar bloedig vererg omdat iemand
Stormsvlei
'n gehuggie genoem het, al was daar 'n poskantoor en skool in daardie jare. Ek staan toe stomverbaas hierhoor, want vir my is 'n gehuggie soos wat dit oorspronklik in Hollands staan, soos ek dit in die
Van Dale
lees: 'n dorp sonder 'n sentrale kerk; dus was die persoon in elk geval verkeerd wat Stormsvlei 'n gehuggie genoem het, want daar staan een (nou wel sonder 'n toring, en al is hy verkoop). 'n
Village
is 'n stat of 'n kraal as dit na die tradisionele versameling hutte bedoel word - en hier sluit ek ook daardie stroois(e) >[strooishuise] van die Oergermaanse en Keltiese volke in. Vir die res is ek heel tevrede met dorpie of gehuggie. As die naam egter aanstoot gee, moet mens dit net in gedagte hou. Sal interessant wees of GenY en die "millennials" dieselfde sal ervaar.
Suidpunt
kontak
11:13, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
Die neerhalende konnotasie spruit uit 'n moontlike homoniem (tweede betekenis) daarvan, 'n huisie, maar spesifiek iets soos 'n pondok. Die "huisie"-homoniem vind ek in 'n blokkiesraaiselwoordeboek, maar die verklarende en tweetalige woordeboeke wat ek kon raadpleeg lewer net die betekenis: dorpie, klein dorpie of
hamlet
JMK
kontak
18:14, 2 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ontkiemingskompetisie/2020
Ek kan die gemeenskap meedeel dat ons vier wenners hulle geskenkbewyse gekry het. Goed gedoen julle! Groete!
Oesjaar
kontak
08:34, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Oesjaar! Koopbewys ontvang.
Aliwal2012
10:24, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Plesier! Ek dink nie ek gaan 'n kerskaart van gebruiker 176.103.33.188 kry nie! Groete!
Oesjaar
kontak
10:26, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Ja, hierdie persoon het vanoggend omstreeks 09:39 'n reuse aanslag hier geloods deur 22 artikels se inhoud te vandaliseer, nogal met BLOKLETTERS. Ek was baie verbaas dat hy Oesjaar betrek het, maar kon dit darem als gou terugrol en 176.103.33.188 blokkeer!
Aliwal2012
10:35, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
So gesien, dankie. Ek het sy Engelse politieke artikel twee keer geskrap oor die naweek, dit was Abdire Wed Abdu. Jammer hierdie is 'n publieke website, ek sou hom graag in my beste Afrikaans wou geantwoord het! Groete!
Oesjaar
kontak
10:41, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar, jy kan maar jou antwoord aan hom plaas hier, ons sal dit "sensor" daarna! Ha-ha!!
Aliwal2012
11:08, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Dit gaan oor
Frank Mortenson
, 'n ou wat NIEMAND ken nie. Hy of sy liewe aanhanger het hom met blatante rassisme self gediskwalifiseer. Terloops het julle die vandalisme by
Brycinus
oor die hoof gesien. Groete. --
SpesBona
20:55, 26 April 2021 (UTC)
antwoord
Leeudoringstad-spoorwegramp
Burgert Behr
en
Morne
: met julle joernalistiese agtergrond, bevestig asb net die datum van bogenoemde ramp. Ek sien baie ander bronne in die wolk het die datum van 17 April vanaf ons Wiki geleen! Groete!
Oesjaar
kontak
17:30, 27 April 2021 (UTC)
antwoord
Dis reg soos dit nou is, 17 Julie.
Burgert
(kontak)
09:23, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
10:02, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
NC Commons
Gemeenskap, daar is 'n nuwe
Commons
beskikbaar, wel amper. Sien
NC Commons
. Dit het ander lisensie voorwaardes en beteken dat ons meer toegang sal hê tot foto's wat tans nie beskikbaar is nie. Hier is teks uit 'n e-pos wat ek ontvang het:
As you know from our conversation NC Commons has the potential to be of great service to us in South Africa as it will open up a large number of photographs and other material held by the South African government under a CC-ND copyright. Over 46 000 photographs from them along and growing. This is currently content that we cant use on Wikipedia because normal Commons refuses both ND and NC content. This will help all language versions as we will all have equal access for using this content on Wikipedia when it is all uploaded.
Gaan ons dit ondersteun, ek sê ja! Julle gevoel? Groete!
Oesjaar
kontak
14:06, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek neem aan dit is soos toesprake, opnames, foto's van ouer as 50 jaar... wel, ja!
Suidpunt
kontak
14:34, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
O, so die regering het sowaar sy eie Flickr-rekening van 46 000 foto's. Nou toe nou. Die vroegste foto's is in 2012, toe tannie Merkel kom kuier het.
Suidpunt
kontak
14:40, 28 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink die webwerf help ons niks. Dit verander nie die reëls oor watter lisensies ons op Wikipedia mag gebruik nie. Anders kan ons maar net enige iets oplaai omdat "die lisensie voorwaardes op my eie rekenaar laat my toe om enige lêer te gebruik".
Rooiratel
kontak
07:24, 29 April 2021 (UTC)
antwoord
Ek het meer inligting gekry, en ek verander nou my opinie. Lees asb. hierdie dokument oor die reëls om lisensies op wikimedia projekte:
Dit lyk vir my dat 'n projek (bv. af-wiki) mag 'n "Exemption Doctrine Policy (EDP)" skep. Ons sal dit verder moet bespreek en al die moontlike probleme met die beleid moet uitwerk. Maar in afsluiting, lyk dit vir my dat ons die NC Commons lêers kan gebruik, as ons die EDP vir af-wiki reg skep.
Rooiratel
kontak
07:52, 29 April 2021 (UTC)
antwoord
Lyk my ons moet
(laas in 2007 gewysig) weer besoek en 'n nuwe/opgedateerde beleid voorstel en stem. -
Rooiratel
kontak
07:59, 29 April 2021 (UTC)
antwoord
My mening: dit verwar die eindgebruiker. Met huidige wikipedia-inhoud en -fotos kan jy byna maak wat jy wil. Nou allerhande nuanses. Sou (gewone) Commons aanbeveel vir 99%-100% van ons inhoud. Is ten gunste van die bestaan van NC Commons, die argiefwaarde daarvan ens, maar nie baie tevrede met die gebruik daarvan op wikipedia nie. CC-by-SA is die goue middeweg.
JMK
kontak
18:22, 2 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Hindoeïsme
Mense, sal julle asb. na
Gebruikerbespreking:Burgert Behr#Hindoeïsme
gaan kyk en sê wat julle dink? Moet ons die artikel heeltemal oorskryf vir ons 20ste verjaarsdag of dit hou soos dit is ter wille van "historiese" waarde?
Burgert
(kontak)
18:16, 29 April 2021 (UTC)
antwoord
Voel vry en gaan jou gang. Die vorige weergawes kan in die bladsygeskiedenis geraadpleeg word. –
K175
skil 'n appeltjie
15:02, 22 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Invitation for Wikipedia Pages Wanting Photos 2021
Hello there,
We are inviting you to participate in
Wikipedia Pages Wanting Photos 2021
, a global contest scheduled to run from July through August 2021.
Participants will choose among Wikipedia pages without photo images, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years.
In its first year (2020), 36 Wikimedia communities in 27 countries joined the campaign. Events relating to the campaign included training organized by at least 18 Wikimedia communities in 14 countries.
The campaign resulted in the addition of media files (photos, audios and videos) to more than 90,000 Wikipedia articles in 272 languages.
Wikipedia Pages Wanting Photos (WPWP) offers an ideal task for recruiting and guiding new editors through the steps of adding content to existing pages. Besides individual participation, the WPWP campaign can be used by user groups and chapters to organize editing workshops and edit-a-thons.
The organizing team is looking for a contact person to coordinate WPWP participation at the Wikimedia user group or chapter level (geographically or thematically) or for a language WP. We’d be glad for you to reply to this message, or sign up directly at
WPWP Participating Communities
Please feel free to contact
Organizing Team
if you have any query.
Kind regards,
Tulsi Bhagat
Communication Manager
Wikipedia Pages Wanting Photos Campaign
Message delivered by
MediaWiki message delivery
kontak
06:24, 2 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Crosswiki vandalism
Hi! I don't know where to put this message, and unfortunately I don't know any Afrikaans so I hope you will tolerate that I write in English. I would like to tell you that the article new
Riley Ann Sawyers
appears to have been created by a long-time vandal who inserts false dates and causes of death, mostly in article about people who died recently. If you look at the article and compare it to other language versions you will see that the dates and her age at death are off. You might want to be alert for changes to other articles about child murders, now that the vandal has found their way here.
Sjö
kontak
05:36, 8 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Thanks
Sjö
, this vandal appears to quite deft at hiding the distortions.
Greenman
kontak
20:55, 8 Mei 2021 (UTC)
antwoord
98,000 artikels!
Gemeenskap, dankie aan almal wat gehelp om die mylpaal te bereik. Nou vir 99,000! Groete!
Oesjaar
kontak
12:35, 14 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Demokratiese Republiek die Kongo
en
Republiek die Kongo
Vandag het ek
Demokratiese Republiek die Kongo
en
Republiek die Kongo
konsekwent aangepas en ek hoop maar, ek het niks oor die hoof gesien nie. Veral kategorieë is in dié verband belangrik en die res werk met aansture. Groete. --
SpesBona
20:55, 14 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Dankie,
SpesBona
Burgert
(kontak)
09:06, 15 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Sportakkommodasies-kategorieë: argument met Gebruiker:Mukdro
Ek sien hier duik ook nou oral Sportakkommodasies-kategorieë op, so reg uit Nederlands. 'n Mens praat in Afrikaans van sportgeriewe of sportterreine, of so iets. Daar is dosyne van dié goed.
Burgert
(kontak)
09:06, 15 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Ek het ook van sportplekke en sportfasiliteite gehoor, maar voel gemaklik met sportterreine. Ek dink maar ons moet vir
2a7835289a642
Mukdro
Wikix
, en
Wwikix
laat weet. Hy tree baie vinnig op, dalk sal hy dit self kan fieks. Groete. --
SpesBona
19:40, 15 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ek hoop so!
Burgert
(kontak)
19:48, 15 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Sportakkommodasie is 'n gebou, nie 'n terrein nie.
2a7835289a642
kontak
09:56, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Daar bestaan nie so 'n woord in Afrikaans nie. "Akkommodasie" word gebruik vir verblyf, soos 'n plek waar mense bly. Dit het geen meervoud nie.
Burgert
(kontak)
10:18, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ek voorstel sportgeriewe of sportfasiliteite.
2a7835289a642
kontak
11:16, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ek weet nie hoekom julle so 'n liefde vir
2a7835289a642
Mukdro
Wikix
, en
Wwikix
het nie, persoonlik dink ek hy weet nie wat hy doen nie. Kyk hoe het hy Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië opgedonner, sal dit maar self moet regmaak. Ons sal seker die eerste Wikipedia wees wat meer kategorieë as artikels het! Nogal jammer...
Oesjaar
kontak
10:22, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Die voormalige kategorie Flora van Arabië het artikels betref wat in die
kategorie:Flora van Saoedi-Arabië
behoort.
2a7835289a642
kontak
10:48, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Dit help nie jy stry met 'n idioot nie!
Oesjaar
kontak
10:56, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Solank dit kategorieë soos
Kategorie:Aken
is, het ek nie 'n probleem daarmee nie. Ander taalweergawes het ook spesialiste wat net kategorisering doen. Ons het immers ook mense nodig wat dit doen. Veral as daar kategorieë sonder inhoud of dubbelkategorisering is. Maar dit raak tydmors as ons die verskil tussen eiland en skiereiland moet verduidelik. Mens moet mos by
Wikipedia:Kategorisering
hou. Groete. --
SpesBona
11:20, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Die verskil tussen eiland en skiereiland is duidelik, wat is nie die punt nie. Ek het geprobeer bepaalde kategoriale informasie te verskaf oor omstrede skiereilande.
2a7835289a642
kontak
11:37, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Aangesien ons 'n ensiklopedie is, moet ons kategorisering altyd juis wees. Dit help nie om volgens moontlikhede of "dit lyk soos", "dis naby", "ek dink dit is" te kategoriseer nie. Ons het reeds 'n bot gehad wat
Wikipedia:Kategorisering
geïgnoreer het. Groete. --
SpesBona
11:45, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Die vraag is: wat is juis? Is die (nie) juis om skiereilande onder eilande te kategoriseer (nie)? Skiereilande is nie eilande nie maar skiereilande het wel te doen met eilande, het is byna eilande, vandaar die naam skiereilande. Uit die informasie se oogpunt kan dit nuttig wees as die kategorie (omstrede) skiereilande daarom is terug te vind onder die kategorie (omstrede) eilande.
2a7835289a642
kontak
12:13, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Juis is wat ensiklopedieë sê. Ons kan nie halfwoestyne as woestyne kategoriseer nie, want hulle is nie. Ons kan nie Hindi as Oerdoe kategoriseer nie, want dit is nie. Ons kan nie rugby as sokker kategoriseer nie, want dit is nie. Andersins sou al die dinge aansture wees en nie aparte artikels nie. Kategorisering volg artikels, nie andersom nie. 'n Vasteland is nie 'n eiland nie en 'n skiereiland is ook nie 'n eiland nie. Dis geografiese beginsels uit skooltyd. Groete. --
SpesBona
13:05, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Is dit heeltemal korrek? Ek kan my voorstel dat 'n kategorie halfwoestyne onder die kategorie woestyne staan vanweë die relasie tussen beide.
2a7835289a642
kontak
15:27, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Dit is.
en:Semi-arid climate
de:Semiarides Klima
en
nl:Steppeklimaat
is nie as woestyn gekategoriseer nie. Soos reeds gesê is halfwoestyne nie woestyne nie. Die helfte van een is ook nie een nie. Groete. --
SpesBona
18:16, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Kategorie:Sportakkommodasies
Waarin kan dit verander word:
sportfasiliteite
sportgeriewe
sportplekke
sportterreine
anders?
Die oorspronklike kategorie sportakkommodasie is gemaak deur Gebruiker:165.143.130.30.
Mukdro
kontak
12:21, 19 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Sportfasiliteite.
Oesjaar
kontak
12:26, 19 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Persoonlike verkies ek "sportgeriewe" omdat dit nie 'n anglisisme is nie.
Rooiratel
kontak
13:10, 19 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ek hou ook van "sportgeriewe".
Burgert
(kontak)
13:21, 19 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem hiermee saam.
2a7835289a642
kontak
13:37, 19 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Voorstel: kategorie sportakkommodasies wysig na kategorie sportgeriewe.
Stem jy saam?
Mukdro
kontak
07:55, 22 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ter interessantheid:
faciliteit
bestaan sedert ten minste 1553 ook in Nederlands wat dit uit Frans ontleen, wat op sy beurt dit uit Latyn ontleen.
Dit is dus waarskynlik in Afrikaans afkomstig van die Nederlands en nie die Engels nie, maar ek het nie nou 'n bron om dit te staaf nie. Maar ek vermoed dus dat dit nie 'n
anglisisme
is nie:
'n woord, uitdrukking of sinskonstruksie wat uit Engels kom of direk onder invloed van 'n Engelse woord, uitdrukking of sinskonstruksie ontstaan het
. –
K175
skil 'n appeltjie
15:22, 22 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Mukdro
gaan maar voort. Terloops, dit is "watervalle in X", nie "watervalle van X" nie, dink maar aan riviere. Waterstrome soos die
Benguela-stroom
is ook nie landvorme nie. Batswana werk nie vir al die mense in Botswana nie, aangesien dit 'n etniese groep is. Daar is ook ander etniese groepe en tale in Botswana. Groete. --
SpesBona
20:40, 24 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Gladiolus diluvialis
Gemeenskap, kan iemand asb net die skakel van die artikel met Wikidata voltooi? Groete!
Oesjaar
kontak
12:25, 16 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Rooiratel
kontak
09:14, 17 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
10:02, 17 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Sergei Rachmaninoff
Al die ander Wiki's sê dat hy op 28 Maart gesterf het en nie, soos ons s'n nie, op 23 Maart nie. Kan ek die datum verander? Groete!
Oesjaar
kontak
17:40, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Natuurlik, gaan mal! --
Aliwal2012
21:19, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Jip!
Burgert
(kontak)
21:54, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Wikipedia Pages Wanting Photos 2021
Hallo Zuid-Afrikaanse collega's,
Ik hoop dat jullie het mij vergeven als ik in jullie Geselshoekie in het Nederlands schrijf: ik had zojuist een overleg over WPWP en moest aan jullie denken.
Wikipedia Pages Wanting Photo's
(WPWP) is een actie om meer foto's vanaf Commons te linken in meer Wikipedia-artikelen in alle talen. Ik wil mij inzetten om ook de
Papiamentse
taal en eilanden vertegenwoordigd te zien, en zou het heel erg leuk vinden als jullie prachtige land en taal ook meedoet. Bij het overleg dat ik zojuist had waren ook Isaac (
T Cells
) en Deborah (
Deborahjay
) aanwezig, die ons/jullie graag zal helpen bij vragen.
WPWP zal lopen van 1 juli tot 31 augustus, en werken met de hashtag #WPWP die je gebruikt in de bewerkingssamenvatting. Op die manier hopen ze dit jaar meer dan 100.000 foto's op artikelen in alle talen ingevoegd te krijgen: lijstjes van foto's die nog niet in gebruik zijn, of artikelen over onderwerpen die hier nog geen foto hebben maar waar wel een foto van bestaat op Commons, kunnen vanuit Wikidata gemaakt worden met een query van de Wikidata database. Deze lijsten kunnen gemaakt worden door anderen op jullie verzoek, of door jullie zelf.
Ik zou het leuk vinden om hierin samen te werken, laat maar weten als ik wat kan doen!
Ciell
kontak
18:09, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Komende Wikimedia verkiesing.
Gemeenskap, sien die versoek aan ons:
Thank you Douglas.
And very nice to meet you Deon. This year, the Wikimedia Board wants to increase the number of voters in the upcoming board elections and would need the help of community members in order to increase the voter turnout from 10% in the previous election year to 20%.
In that regard, We are looking for volunteers to serve as Election Volunteers. You can read more about this role here:
The facilitation team sees Election Volunteers as doing the following:
Promote the election in their communities’ channels
Organize discussions about the election in their communities
Translate messages for their communities
I was hoping to find some volunteers from the Afrikaans Wiki community to serve as Election volunteers for the Afrikaans Wiki. Anyone who is interested in this role can sign up here.
Looking forward to hearing from you soon.
Warm regards,
Zita
Ek sal 'n kopie van die skakel waarna sy verwys kry. Enige vrywilligers of voorstelle vir 'n kandidaat? Groete!
Oesjaar
kontak
18:18, 18 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Keiserin Cixi
Hoe sou die
Dowager
in Afrikaans vertaal kon word? (
Dowager: a widow with a title or property derived from her late husband
.) Opsies sluit in
Keiserin-weduwee Cixi
Keiserin-regentes Cixi
Keiserin Dowager Cixi (aanvaar Engelse voorbeeld)
Keiserin adellike weduwee Cixi
Keiserin- douairière Cixi (Franse /Nederlandse benadering)
In Chinees is die 太后
Tàihòu
- Koninginmoeder, dus moontlik Koninginmoeder-regentes Cixi, behalwe as daar iemand is wat weet of daar wel ‘n amptelike Afrikaanse vertaling bestaan.
Sobaka
kontak
12:54, 28 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Dowager = adellike weduwee; queen dowager = koningin-weduwee; empress dowager = keiserin-weduwee. Sy was ook 'n regentes, maar ek dink nie dis nodig om alles in die titel in te prop nie. Ek sou dan eerder sê "die keiserin-weduwee en regentes Cixi".
Burgert
(kontak)
15:20, 28 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert
Sobaka
kontak
16:02, 28 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Sobaka
en
Burgert Behr
Wat van
Cixi
soos in
de:Cixi
. Sien ook
Puyi
. Groete. --
SpesBona
20:25, 30 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Die gebruik van die woord geweste.
Ek sien Mukdro het die woord streke met Geweste vervang waarmee ek glad nie saamstem nie. Julle opinie asb? Groete!
Oesjaar
kontak
14:32, 30 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Mukdro alias Wikix sal 'n boksie vuurhoudjies met lighter vervang en dan stry dis korrek! --
Aliwal2012
14:58, 30 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ek het nou genoeg gehad van die man se dinge. Kyk asb na sy gebruik van die woord Geweste, ek weet nie waar hy leer Afr praat het nie. Hierdie geveg sal aangaan totdat hy verwyder is of ek....
Oesjaar
kontak
19:59, 30 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Hierdie man het nou onder 'n ander naam verskyn. Soos ek gesê het, hy of ek...
Oesjaar
kontak
05:44, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Mense is al permanent hier verban vir die gebruik van veelvuldige rekeninge om versperring to omseil. Terloops, hoe weet ons Wwikix is ‘n man?
155.93.154.236
10:29, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Ja, dit kan dame ook wees... Groete!
Oesjaar
kontak
11:31, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Wys miskien vir ons die spesifieke wysigings want dit lyk of Mukdro juis geweste-kategorieë na streke-kategorieë verander het, wat korrek is. Maar met Oesjaar se sentiment dat ons nie sommer streke geweste moet noem nie, stem ek saam. Dit gaan weer, soos by "nedersetting", oor die vraag of daardie entiteit formeel, geografies en standhoudend afgebaken is aldan nie. Die nedersetting van die 1820 setlaars was aanvanklik amptelik, geografies en standhoudend afgebaken as die plase wat aan hulle toegeken is. Maar kort daarop het setlaars die plase verlaat en dorpe gestig ensomeer. Op al hierdie stadia was dit nog 'n enkele nedersetting, hetsy dit afgebaken was, verander het, of nie. Ek vermoed dat "geweste", behalwe by daardie enkele lande waar ons dit vir gedefinieerde "regions" gebruik, min of meer so werk. Geweste is vaag en algemeen, en word verkieslik in daardie vae en algemene opsig gebruik. So gebruik ons ook nie "aantal" (vaag) waar ons "getal" (getel, bereken) moet gebruik nie. En nog 'n voorbeeld: as ek wes-Vrystaat skryf verander my medegebruikers dit na Wes-Vrystaat, en wes-Mediterreens na Wes-Mediterreens. Vertel my nou, is Bloemfontein in die wes-Vrystaat of nié? Ons sal nie weet voor iemand die wes-Vrystaat amptelik afbaken nie. Daarom gebruik ek 'n kleinletter, dis nie 'n naam nie maar 'n beskrywing. Ook sal ek skryf sub-Sahara (in 'n sin, nie opskrif), want tensy ons bakens gegee word is die noordgrens van hierdie gebied vaag en verander na gelang van weersomstandighede ensomeer. Sahara natuurlik met 'n hoofletter want dis 'n naam, nie van 'n mens-afgebakende gebied nie, maar van 'n woestynarea.
JMK
kontak
10:19, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
en
Oesjaar
Hi, julle. Dit is so duidelik soos daglig dat Mukdro en Redisals kouspoppe van Wwikix is. Moet ek gou vir die Stewards om te bevestig? Groete,
Lefcentreright
kontak
20:37, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Asb en kry die man uit my aangesig uit! Groete!
Oesjaar
kontak
20:38, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Reg so. Ek vermoed
Gebruiker:2a7835289a642
is ook 'n kouspop van Wwikix.
Lefcentreright
kontak
20:41, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Hy is!
Oesjaar
kontak
20:46, 31 Mei 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
Lefcentreright
Waar vra 'n mens vir 'n IP-blokkade vir dié ou? Andersins sal hy altyd terugkom. Groete. --
SpesBona
17:30, 9 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar se
Gladiolus
-projek
Gemeenskap, ek is amper klaar hiermee, nog net twee
spesies
... Ek het navrae gehad oor dié twee en
Dr. J.C. Manning
gekontak via prof.
Ben-Erik van Wyk
. Dr John was vinnig reg met antwoorde! Groete!
Oesjaar
kontak
12:31, 1 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Nou is dit klaar, 277 spesies waarvan ek 272 gedoen het. Daar is nog baie inligting in ander bronne wat bygevoeg moet word. Volgende jaar, nou eers 100,000...
Oesjaar
kontak
14:05, 1 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek en die sjablone...
Gemeenskap, wat is die doel met die
Sjabloon:Taksonomie/Trachyandra
? Groete!
Oesjaar
kontak
14:41, 3 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dit werk saam met die
Sjabloon:Spesieboks
en
Sjabloon:Outomatiese taksoboks
, om inligting oor die Trachyandra genus te verskaf.
Rooiratel
kontak
06:12, 4 Junie 2021 (UTC)
antwoord
CheckUsers: Oesjaar en SpesBona
Goeie naand, almal. Hiermee nomineer ek
Gebruiker:SpesBona
en
Gebruiker:Oesjaar
om as CheckUsers op die Afrikaanse Wikipedia te dien. SpesBona en Oesjaar is al lank betrokke op die Afrikaanse Wikipedia en beide dien as burokrate. Ek voel hulle is betroubaar en sal nie hierdie rol misbruik nie. Vir die wat nie weet wat 'n CheckUser doen nie,
lees hier
. Laat ek sommer die stemming afskop.
Ondersteun
Lefcentreright
kontak
22:01, 7 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Frank
kontak
07:45, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Aliwal2012
09:08, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Burgert
(kontak)
09:27, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
, as hul toestem.
Suidpunt
kontak
14:28, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Sobaka
kontak
18:04, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
--
Martinvl
kontak
19:23, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Rooiratel
kontak
08:52, 9 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
SpesBona
Hi, julle. Dis nou al 'n week. Die gemeenskap het jul nominasies eenparig ondersteun. Julle moet nou net asb hierdie bladsy (
) besoek, die instruksies hier volg (
) en dan uiteindelik julle versoeke hier rig (
). Julle moet dan 'n "confidentiality agreement" met die Wikimedia Foundation onderteken. Groete!
Lefcentreright
kontak
16:17, 14 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
SpesBona
Hi, julle. Dis nou al meer as 'n week. Julle moet
hierdie bladsy
besoek om julle CU regte te kry. Net die stewards op Meta Wikimedia kan dit vir julle gee. Niemand op die Afrikaanse Wikipedia het die funksie om dit vir julle te gee nie. Groete!
Lefcentreright
kontak
11:17, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Shaleen Surtie-Richards
Gemeenskap, gister was haar blad 'n allemintige 2718 keer besoek! Sjoe! Groete!
Oesjaar
kontak
05:23, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Iets is bitter, bitter snaaks met die algoritmes op Google. Julle onthou nog
Elize Cawood
se afsterwe?
Wel kyk gou hierna:
Elize Cawood
12 561 (
18
Julie 2020) - Afrikaanse Wikipedia
4 098 (eers op
19
Julie 2020, die volgende dag, die hoogtepunt) - Engelse Wikipedia
Shaleen Surtie-Richards
30 388 - 7 Junie 2021 - Engelse Wikipedia
2 679 - 7 Junie 2021 - Afrikaanse Wikipedia (Pageviews)
Dit kan onder meer wees
(1)
dat die taalinstellings op jou foon 'n prominente rol speel.
Of,
(2)
watter nuuskanaal die eerste én die meeste lawaai maak. Is dit die nuus in Engels, het die Engelse lesers die voorsprong, en dus sal hul eerste die Engelse Wikipedia besoek. Dus, kry ek die gedagte die webwerf wat die meeste besoek word, deur Suid-Afrikaners, bepaal watter resultaat eerste in die soekresultate van Google aanhoudend gaan verskyn. Hoe meer mense kliek, hoe hoër bly hy.
En tog, my Firefox is Duits, aangesien Duits, soos op my foon, makliker ander tale soos Russiese en Franse resultate toelaat (danksy 'n baie veeltalige volk in Europa wat Latyn, Russies en Frans op skool leer). Met ander woorde, my soekalgoritmes word deels bepaal deur die Duitssprekendes en 'n paar Russiese immigrante. Maar as ek 'n onderwerp op Wikipedia soek in Google, sukkel ek my gat af om Afrikaanse resultate te vind, want die gemiddelde Duitser gebruik nooit Afrikaans nie.
Suidpunt
kontak
14:10, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Gemeenskap, vir die wat belangstel - hier is hulle kanaal op Youtube:
Groete!
Oesjaar
kontak
12:41, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, klokkie gedruk.
Suidpunt
kontak
14:19, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Vandalis
Genugtig, hierdie kategorievandalis van ons is darem die hardegatste klein wetter.
Burgert
(kontak)
18:22, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Kan ons nie sy/haar energie iewers kanaliseer nie? –
K175
skil 'n appeltjie
09:41, 9 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek het die meneer by die Stigting gerapporteer. Kom ons kyk. Groete!
Oesjaar
kontak
08:34, 10 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Hierdie meneer is nou amptelik op die stigting se radar, uiteindelik! Groete!
Oesjaar
kontak
08:01, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Weense kongres en Kongres van Wene
Gemeenskap,
Daar is 'n voorstel dat die artikels
Weense kongres
en
Kongres van Wene
behoort versmelt te word. Ek stem saam en ek is gewillig om die twee artikels met mekaar te smelt. Ek het een vraag "Wat behoort die artikel se title te wees?". Meins insiens behoort dit "Kongres van Wene" te wees - ons praat van die
Verdrag van Vereeniging
en die
Verdrag van Versailles
, nie die Vereeningingse verdrag of die Verseillesse verdrag nie. Stem mense met my saam?
Martinvl
kontak
19:26, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Kongres van Wene klink reg. Soos in worsie van Wene.
:)
Burgert
(kontak)
20:01, 8 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Vra
Afrikaanse Wikipedia gebruikers
Ek wil jou vra my blokkade op te hef. Ek nie doen slegte dinge nie, ek doen baie kategorieë en skep wat artikels. Hierdie kategorieë en artikels is opbouend en nie ontwrigtend.
Kouspop van Mukdro
kontak
12:08, 10 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek het jou amptelik by die Wikimedia Safety & Trust Board aangegee as 'n vandaal.
Kouspop van Mukdro
Ons is nou moeg vir jou nonsins. Jy tart en intimideer ons die hele tyd. Jy kan soveel as moontlik kouspop-rekeninge skep, maar ons gaan jou eenvoudig nie weer toelaat om hier te wysig nie. Jou versperring bly staan. Jou wysigings is nie opbouend nie. Jy is nie 'n spanspeler nie. Voor ons jou versper het, het ons vir jou 'n klomp kanse gegee. Jy het vir ons middelvinger op verskeie kere gewys en ons het genoeg gehad. Totsiens!
Lefcentreright
kontak
12:29, 10 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek is nie 'n vandaal nie, ek maak nie slegte kategorië en wysigings nie en ek neem ander se opinie in ag.
Kouspop van Mukdro
kontak
12:56, 10 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dagsê gemeenskap! Ek vermoed die nuutste kouspop van Mukdro is
Gebruiker:Delareyy
. Kan ons checkusers dit nagaan asb.? (Indien dit nie die geval is nie, sal ek sy blokkade ophef.) Dankie, --
Aliwal2012
11:14, 13 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Hy is. Dit is sonder enige regte duidelik. Ons is nog nie CUs nie. Groete. --
SpesBona
21:55, 13 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Is Wikipedia betroubaar?
Gemeenskap: sien
Geniet!
Oesjaar
kontak
06:00, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Wel, dit hang af. Die Breederivier was voor 6 Mei nog 'n onbeduidende 337 m lank...
Maar, ek het binne twee dae
A Brief History of Russia
(Michael Kort) klaargelees. Dankie Beurtkrag.
Want dis wat jy in die dorpsbiblioteek kry. Dis aan die "grootmenskant". Dis wat jou gewone mense lees. En jy moet weet wat hulle weet.
Al het die boek my op die spoor van Leibniz geplaas (wat Pieter die Grote beïnvloed het om die eerste biblioteek in Rusland op te rig; deur sy eie versameling te skenk, nes ons eie Joachim von Dessin, ook in die 1700's, wat ook deur Leibniz beïnvloed is - 'n raakpunt tussen Suid-Afrika en Rusland; behalwe dat Pietertjie s'n slegs vir die adel bestem was (en 'n intellektuele kloof ontstaan het tussen gepeupel en adel), en ons s'n vir die ganse volk en vaderland - hoewel niemand gelees het nie!) wat my deur bietjie te google gebring het by
Leibniz in seinen Beziehungen zu Russland und Peter dem Grossen
(1873) [met die lieflikste briewe in sy oorspronklike fleurige Frans, ai, waar is Voyageur nou?]...
bly my grootste kritiek dat die boek slegs uit Engelse bronne bestaan het, met twee of drie vertalings in Engels uit die Russies, en miskien 'n vertaling uit die Frans wat skerp teen die kommunisme gekant is (die Duitse vertaling daarvan,
Das Schwarzbuch des Kommunismus
lê op die boekrak by die koppenent van my bed). Op die ou end sit jy met 'n boek met 'n baie, baie, sterk eensydige en oorvereenvoudigde Amerikaanse en Halfeuropese blik. Jy sien wat gebeur het, jy sien 'n patroon van absolutisme wat herhaal... maar jy verstaan steeds nie die Russiese mentaliteit nie. Boonop beslaan 9 van die 10 hoofstukke net politiek. Slegs een hoofstuk word aan die letterkunde afgestaan, en dis voor die Oktober (Juliaanse kalender)/November (Gregoriaanse kalender)-revolusie. Verder... is daar net mooi niks anders nie.
Betroubaarheid? Dit hang af.
Dis net soos "
Middeleeuse filosofie
" wat verlede jaar uitgegee is en met 'n beperkte oplaag reeds uitverkoop is. Met die uitsondering van één Duitse bron, is die hele bibliografie net Engels. Nie eens vertalings nie. Ek bedoel - dis heiligskennis! Was dit immers nie die Italianers, die Franse, die Spanjaarde, die Pous en 'n paar Duitsers, en een Hollander en een Engelsman wat die wêreld op sy kop gekeer het nie? Waar is hulle sê in die saak?
Vergelyk dit nou met
The Cathars
deur Malcolm Lambert (1998), wat geen oomblik huiwer om oertekste uit Duits, Frans, Italiaans, Latyn aan te haal nie (bykans geen sekondêre bronne nie!). Hy vra wel nederig om verskoning dat hy nie Bosnies altyd so goed ken nie (die laaste oorblyfsel van die Kathare was daar saamgekoek).
Waar laat dit Wikipedia? [Nog probleme waaraan ek gedink het]
1. Wikipedia moet noodgedwonge, deur opsomming, sekere delikate inligting weglaat wat die geheel verduidelik. Hoe som jy 'n 300-bladsyboek op met slegs 5 sinne? Dis soos 'n kaart wat elke boom en baken moet weglaat om 'n hele Suid-Afrika van bo in sy geheel te sien. 5 000 km bo die aarde.
2. Die donker kant van die maan sien ons nie.
Suidpunt
kontak
08:22, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Hebreeuse Bybel
Kan Afrikaanse mense asb. vir my sê of kategorieë soos
Kategorie:Mense uit die Hebreeuse Bybel
vir hulle ook vreemd aandoen? Ek dink nie Afrikaanse mense praat so nie. Hulle praat van die Ou Testament.
Burgert
(kontak)
16:21, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met jou Burgert. Groete!
Oesjaar
kontak
16:26, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Jode noem die eerste vyf boeke die
Tora
en die OT die
Tanag
. Groete. --
SpesBona
18:15, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
En hoeveel Afrikaanse Joodse lesers het ons?
Burgert
(kontak)
21:05, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Burgert het gelyk. As mens na die
Woordeboek van die Afrikaanse Taal
kyk, wat die taalpubliek so ruim moontlik probeer bedien, dan word Ou Testament mildelik gebruik. Selfs die Sabbatsreis word uit 'n Christelike oogpunt beskou: "Afstand van 2 000 el wat volgens rabbynse voorskrif i.d. tyd van Christus die toegelate perk was vir Joodse gelowiges om op die Sabbat te reis, en wat tans gelyk is aan ong. 880 m"
Suidpunt
kontak
07:39, 12 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Hoeveel Zoeloe-lesers het ons? - Maak nie saak nie. Ons skryf vir almal en ons is neutraal. Wikipedia is nie 'n Christelike ensiklopedie nie. Kaapse Maleiers praat ook Afrikaans. Groete. --
SpesBona
21:53, 13 Junie 2021 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Teenargumente:
1. As jou teikenmark "vir almal" is, wil ek sien hoe die Duitse Wikipedia paniekbevange met al wat Afrikaanssprekende onderhoud kom voer om tog hul ensiklopedie meer toeganklik vir ons te maak. Dit gaan nie gebeur nie. Net so min soos ons elke stoppel in Duitsland se agtergrond of subteks ken (en hul dit geensins nodig ag om daaroor breedvoerig uit te wei nie, maar vir my heeltemal onverstaanbaar of onverklaarbaar bly, omdat ek nie daar woon nie), ewe min in die Afrikaanse Wikipedia.
En hoe kan jy vir 6 500 taalgemeenskappe (+ ander uitgestorwe, en halfdooies, en herleefde taalgemeenskappe) "neutraal" skryf, as jy maar net twee of drie en hul inligtingsbronne of kultuur ken? En dit sluit dialekte, sektes, subkulture in. Dan begin jy alleen vir spookbeelde en spookkarakters uit jou eie gedagtewêreld skryf en bluf jouself, want jy ken hul nie werklik nie - jy dink dit wel. So alwetend is geen mens nie. Die spoke moet maar uit hul doodskiste klim en eers protes aanteken.
En tog sal die Franse Akademie met 'n geïrriteerde handveeg die spook wegwys - "on parle pas comme ça".
2. Wanneer begin mens praat van taalmanipulasie, en wanneer praat mens van korrekte begrippe? Skryf jy om die taalgemeenskap te bedien, word aangevoer jy moet op die mense se vlak skryf, om tot hul vlak met die boodskap deur te dring. Soos Luther met die Bybel gemaak het (
die waarskynlike leser
). Skryf jy uit 'n vakkundige oogpunt, gebruik jy jargon en moet die volk maar gelate daarby aanpas. Waar presies vind mens die goue middeweg? Moet ek Koptiese grammatika vir 'n kind skryf, vir die leek, vir die taalkundige wat reeds Hebreeus ken? En dus dieselfde hier.
3. Watter een van die volgende sluit die Apokriewe in? Ou Testament, die Hebreeuse Bybel, die Tanag? Teenvraag: Moet ons die Apokriewe hierby insluit, of uitsluit? Waarom nie? Waarom wel?
4. As ons geen uitsluitsel hieroor kry nie - wie gaan die Taalkommissie hieroor opkommandeer?
Suidpunt
kontak
05:20, 14 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Niemand sê Wikipedia is 'n Christelike ensiklopedie nie. Maar daar is ’n teikengehoor. Skryf jy vir Afrikaanssprekende Jode, gaan jy bitter min lesers hê. Skryf jy vir Afrikaanssprekende Zoeloes, gaan jy 'n nog kleiner teikengehoor hê. Jy kan maar op die internet opsoek hoeveel Jode in Suid-Afrika praat Afrikaans (teenoor Engels). Ek weet nie of iemand syfers noem nie, maar die Engelse Wikipedia sê die "vast majority" praat Engels. Dis ook my ondervinding. Ons oorgrote meerderheid lesers is dus Afrikaanse Christene en ja, Afrikaanse Moslems. Dit is dus die mense vir wie jy skryf. Jy kan nie voorkeur gee aan die term "Hebreeuse Bybel" nie, want jou Christelike teikengehoor praat van die "Ou Testament" en weet waarskynlik nie eens wat "Hebreeuse Bybel" beteken nie. Ek twyfel of jou Moslemse teikengehoor regtig omgee.
Burgert
(kontak)
17:04, 14 Junie 2021 (UTC)
antwoord
En soos ek dit verstaan, is daar 'n verskil tussen die Hebreeuse Bybel en die Ou Testament. 'n Mens kan dus albei akkommodeer, maar elkeen op sy plek. "Kategorie:Mense in die Hebreeuse Bybel" moet bv. nie 'n subkategorie wees van die "Kategorie:Ou Testament" nie.
Burgert
(kontak)
17:09, 14 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Daar is 'n groot verskil tussen weet, doelbewus ignoreer, onbewus ignoreer en nie weet nie. Hoekom het ons die artikels
Pesach
én
Paasfees
Sjawoe'ot
én
Pinkster
Tenag
én
Ou Testament
? Omdat daar 'n verskil is en ons nie oor Joodse onderwerpe uit 'n Christelike siening mag skryf nie. Dieselfde geld natuurlik vir Christelike onderwerpe uit 'n Islamitiese siening, ens. Vir Jode was Jesus net 'n Jood, vir Christene die seun van God en vir Moslems
een
profeet. Vir wie skryf ons nou? Skryf die Kroate net vir Katolieke, die Bosniake net vir Moslems en die Serwiërs net vir Ortodokse? Wat van Hindi- en Oerdoe-taliges, ignoreer hulle mekaar se minderhede? Skryf ons in Duits net oor sokker of is daar ook plek vir ander sportsoorte (
Randsportarten
)? Weet ons in Duitsland net van die
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
en ignoreer die ander twee groot toernooie van 1995 en 2003? Die meeste Duitsers ken net eersgenoemde. 'n Onlangse voorbeeld gister by Duitsland se openbare uitsaaiers ARD/ZDF (vergelykbaar met Suid-Afrika se SAUK):
Der erste Titel der Engländer seit 1966
. Die meeste Duitsers weet niks van
Rugbywêreldbeker 2003
en
Krieketwêreldbeker 2019
nie. Tot op
10 Februarie 2021
is in die lesenswaardige (!) artikel
de:Neuseeland
nie eens krieket genoem nie, omdat die meeste Duitstaliges nie daarvan kennis dra nie. Jy sien, ons kry 'n voorbeeld vir elke saak.
Terloops is Joodse lesers een van my teikens en artikels soos
Moses
Lys van Joodse feeste en herdenkings
en
Abraham
vaar nie te sleg nie, kyk maar net
my
Userviews
. Blykbaar is ek een van die gelukkige mense wat 'n Boerejood leer ken het (uit
Koffiefontein
) en ons het natuurlik van my artikels soos
Chanoeka
Pesach
Poerim
Sjawoe'ot
en
Tisj'a be'Aw
bespreek (ek het hulle op aanbevelling deur hom geskryf). Hy het ook die hele
vlag van Israel
vir my/ons uit Hebreeus vertaal. Groete. --
SpesBona
21:05, 14 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink regtig jy maak 'n berg van 'n molshoop.
Burgert
(kontak)
21:42, 14 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dit was deels ook 'n antwoord op Suidpunt vir watter lesers ek o.a. hier skryf en hoekom. Myns insiens kan ons met 'n ensiklopedie van 'n hoë gehalte ander mense motiveer om Afrikaans aan te leer en ons artikels te lees, omdat dit die moeite werd is. Ek dink maar veral aan Nederlanders, Duitsers, Friese en al die nou verwante dialekte. Dit bring my weer na die ingekorte taalskakels en die sterretjies vir lesenswaardige en voorbladartikels. Maar dit was nie die oorspronklike onderwerp nie, ek weet. Groete. --
SpesBona
13:10, 15 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Universal Code of Conduct News – Issue 1
Universal Code of Conduct News
Issue 1, June 2021
Read the full newsletter
Welcome to the first issue of
Universal Code of Conduct News
! This newsletter will help Wikimedians stay involved with the development of the new code, and will distribute relevant news, research, and upcoming events related to the UCoC.
Please note, this is the first issue of UCoC Newsletter which is delivered to all subscribers and projects as an announcement of the initiative. If you want the future issues delivered to your talk page, village pumps, or any specific pages you find appropriate, you need to
subscribe here
You can help us by translating the newsletter issues in your languages to spread the news and create awareness of the new conduct to keep our beloved community safe for all of us. Please
add your name here
if you want to be informed of the draft issue to translate beforehand. Your participation is valued and appreciated.
Affiliate consultations
– Wikimedia affiliates of all sizes and types were invited to participate in the UCoC affiliate consultation throughout March and April 2021. (
continue reading
2021 key consultations
– The Wikimedia Foundation held enforcement key questions consultations in April and May 2021 to request input about UCoC enforcement from the broader Wikimedia community. (
continue reading
Roundtable discussions
– The UCoC facilitation team hosted two 90-minute-long public roundtable discussions in May 2021 to discuss UCoC key enforcement questions. More conversations are scheduled. (
continue reading
Phase 2 drafting committee
– The drafting committee for the phase 2 of the UCoC started their work on 12 May 2021. Read more about their work. (
continue reading
Diff blogs
– The UCoC facilitators wrote several blog posts based on interesting findings and insights from each community during local project consultation that took place in the 1st quarter of 2021. (
continue reading
--
MediaWiki message delivery
kontak
23:05, 11 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ixia rigida
Gemeenskap, vier saam met my fees! Hierdie nederige artikeltjie is my 7000ste! Groete!
Oesjaar
kontak
12:29, 12 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Baie geluk Oesjaar, jy trek nou loshande voor!
Aliwal2012
13:29, 12 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Lindiwe Sisulu
Goeiemiddag gemeenskap, ek is op soek na die ensiklopediese waarde van die nuutste byvoeging omtrent wit mense. Groete. --
SpesBona
15:12, 15 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Baie bladsye (op alle wikis) oor mense (gewoonlik politici) het 'n afdeling oor omstredenheid. Ek sien juis die Engelse weergawe van haar bladsy het 'n klomp sulke goed onder die "Controversies" opskrif. Mense wil sien wat hulle standpunt is oor sake. Sal jy vir iemand stem as jy niks oor hulle weet nie?
Rooiratel
kontak
06:52, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Sal 'n mens ook iets soortgelyks skryf as 'n "wit" politikus dit oor "swart" mense skryf? Maar ons het waarskynlik nie "swart" lesers nie, ek weet. Groete. --
SpesBona
11:21, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ja mens sal, en ek belowe vir jou
dit
sal in die nuus wees as so iets hier gebeur!
Rooiratel
kontak
12:43, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink nie sulke blatante rassistiese opmerkings hoort op Wikipedia nie. En daar is genoeg bewyse van rassisme na albei kante toe. As ons eers begin, waar gaan ons stop? Ek het so vinnig gekyk, maar ek dink nie die Engelse artikel noem rassistiese opmerkings nie.
Burgert
(kontak)
12:45, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Tussen "in die nuus wees" en op Wikipedia verskyn is 'n groot verskil: ensiklopediese relevansie. Groete. --
SpesBona
12:54, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dan is daar ook die Wikibeleid oor biografieë oor lewende mense.
Burgert
(kontak)
13:34, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek het dit nou verwyder, aangesien die reëls duidelik is. Ek vertrou só iets verskyn nooit ooit weer hier, dit was nie nie eerste keer nie! Groete. --
SpesBona
13:42, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Volgens die
beleid
is daar niks fout nie, daar moet net meer as een bron wees as dit iets negatief is, en ek kan baie bronne vind. So die reëls is duidelik, ons kan dit hou solank daar meer as een bron is.
"Ek dink nie sulke blatante rassistiese opmerkings hoort op Wikipedia nie" hoekom nie? As 'n publieke figuur moet Lindiwe Sisulu die gevolge aanvaar as haar publieke gedrag en kommentaar gepubliseer word.
Hoekom wil julle dit weg steek dat sy 'n blatante rassis is? Gaan julle nou al die artikels oor apartheid, AWB tipe mense, vroeë VSA geskiedenis, of die nazi's wysig om die rassisme weg te steek? Ek verstaan dit nie.
"En daar is genoeg bewyse van rassisme na albei kante toe." Stem saam, maar sy is 'n lid van die parlement wat in die openbaar rassistiese kommentaar gelewer het. As dit nie noemenswaardig is nie, dan weet ek nie wat is nie.
"Ek het so vinnig gekyk, maar ek dink nie die Engelse artikel noem rassistiese opmerkings nie." Nie vir hierdie spesifieke saak nie, maar ek praat in die algemeen. Daar is baie voorbeelde. Hier is 'n paar as jy my nie glo nie:
Rooiratel
kontak
14:03, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
In die artikels
Eugène Terre’Blanche
en
Afrikanerweerstandsbeweging
word nie eens genoem dat hulle rassiste is nie. Daai simbool is vir ons Duitsers baie duidelik. Volgens Duitse howwe mag ons
Björn Höcke
amptelik 'n fascis noem, waar staan dit? Groete. --
SpesBona
14:10, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, en ek is seker daar staan ook nêrens dat Hitler 'n rassis was nie. Maar in al die artikels kan die leser tot hierdie gevolgtrekking kom op grond van hul optrede en woorde. En dit is wat in die artikel oor Lindiwe Sisulu ook gebeur. Dit het net gesê wat sy gesê het. So wat is die probleem?
Rooiratel
kontak
14:25, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
"Met die eerste boekdeel van sy verhandeling Mein Kampf, wat in 1925 gepubliseer is, het hy die grondslag vir die antisemitiese en rassistiese ideologie van die nasionaalsosialisme gelê." --
Slashme
kontak
16:04, 24 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Die probleem is dat ons Admin nie die beleid dokumente wil lees nie en dus nie wil toepas nie. Neutraliteit verstaan hulle nie, sien
Akademia
. Die bron is hulle eie webwerf, dus nie objektiewe bronne nie. Laat ek net eers verby die 20 jaar verjaarsdag dinge kom, dan takel ons die dinge volgende jaar.
Oesjaar
kontak
16:44, 24 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek het die beleid gelees. Hier skakel ek dit weer -->
beleid
. Het _jy_ dit gelees? Watter een van daai reëls is oortree? As daar geen goeie bronne is nie, dan stem ek saam dat dit kan geskrap word. Maar ek verstaan nie hoekom Lindiwe Sisulu se rassisme weggesteek kan word, maar nie Hitler sin nie (soos Slashme gewys het). Verduidelik dit asseblief. Hoe is dit neutraal, en hoe hou dit by die beleid?
Rooiratel
kontak
18:19, 24 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Die agenda is die probleem. Waar is al die dinge wat Eugène Terre’Blanche en Björn Höcke gesê het? Sommige gebruikers noem net rassistiese uitlatings deur "swart" politici, maar nie die teenoorgestelde nie. Wikipedia is neutraal. Groete. --
SpesBona
14:35, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Voel vry om dit by te voeg, ek het geen probleem daarmee nie. Ek het nou net 3 voorbeelde gegee oor rassistiese kommentaar wat wit mense gelewer het, so dit lyk net vir my asof julle die agenda het. Ek het nie die inhoud op die Lindiwe Sisulu bladsy gesit nie. Maar ek het net 'n probleem as mense dinge onnodig wil verwyder. Maak nie saak of hulle wit of swart is nie.
Rooiratel
kontak
14:44, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Kyk na my wysigings en noem my politieke agenda. Ek doen nie biografieë nie aangesien ek nie flaters (
Fettnäpfchen
) wil begaan nie. Buitendien is ek besig met ander artikels in twee tale. Die opskrif hier is Lindiwe Sisulu. Groete. --
SpesBona
14:50, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
As die Admin's op hierdie Wiki dink hul grootste werk is om politieke aanhalings by artikels te voeg moet hul liefs maar hulle spreekwoordelike tasse pak. Hulle is welkom om Politiekmedia te begin, iewers op 'n ander plek. Groete!
Oesjaar
kontak
14:55, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Wie het gesê ek dink dit is my grootste werk? Soos ek al reeds gesê het, dit was nie eers my wysigings nie. Ek lewer net my kommentaar op die saak. Julle sê dit is teen die beleid, maar ek sien niks fout daarmee volgens die beleid nie. En ek gee voorbeelde waar sulke "politieke" sake reeds op wikipedia is, sonder enige probleme. So ek sien nog steeds nie wat die probleem is nie. As SpesBona nie aan politieke artikels wil werk nie, dan lekker! Almal werk aan wat hulle wil. Maar nou verwyder julle ander mense se werk sonder 'n goeie rede. En dit is my probleem met die saak.
Rooiratel
kontak
16:09, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Die PretoriaFM nuusartikel is so vol foute, bv.
Fanie du Toit is 'n lid van die NRVP
en nie die Noordwes wetgewer nie (Moerse verskil), dat dit kan nie as 'n betroubare bron gesien word nie (in my opinie). Ek voel dit is ook onprofessioneel van
K175
om die "bron" weer terug te voeg op so 'n skelm wyse sonder om met die gemeenskap daaroor te praat nadat
SpesBona
dit verwyder het. Sies man! K175 se politieke wysigings is in my opinie problematies. Ek het vir julle laas jaar ingelig oor hoe skokkend Panyaza Lesufi se
artikel gelyk het
voordat ek dit oorgeskryf het. Een van Wikipedia se kernbeleide is
neutraliteit
en as K175 nie hom daaraan wil steur nie, dan moet hy nie meer toegelaat word om by hierdie Wikipedia by te dra nie. Dit is goed soos dié wat 'n mens net heeltemal van Wikipedia kan afsit. Groete.
Lefcentreright
kontak
13:24, 22 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Succulent Karoo
Gemeenskap. wat sou dit in Afrikaans wees? Groete!
Oesjaar
kontak
15:41, 15 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Sien
Sukkulente Karoo
. –
K175
skil 'n appeltjie
18:15, 15 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, jy mag my aan die slaap noem... Groete!
Oesjaar
kontak
18:27, 15 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Met koppelteken dink ek, Sukkulente-Karoo
, soos Klein-Karoo, Bo-Karoo, ens.
JMK
kontak
18:35, 15 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek dink nie daar is 'n rede vir die koppelteken nie, want "sukkulent" kan 'n byvoeglike naamwoord ook wees. Verskillende publikasies spel dit egter verskillend. Landbouweekblad skryf dit twee woorde, en ek vermoed hulle is nader aan "reg".
Burgert
(kontak)
08:33, 17 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Wikimania 2021: Individual Program Submissions
Dear all,
Wikimania 2021 will be
hosted virtually
for the first time in the event's 15-year history. Since there is no in-person host, the event is being organized by a diverse group of Wikimedia volunteers that form the
Core Organizing Team
(COT) for Wikimania 2021.
Event Program
- Individuals or a group of individuals can submit their session proposals to be a part of the program. There will be translation support for sessions provided in a number of languages. See more information
here
Below are some links to guide you through;
Program Submissions
Session Submission Guidelines
FAQ
Please note that the deadline for submission is 18th June 2021.
Announcements
- To keep up to date with the developments around Wikimania, the COT sends out weekly updates. You can view them in the Announcement section
here
Office Hour
- If you are left with questions, the COT will be hosting some office hours (in multiple languages), in multiple time-zones, to answer any programming questions that you might have. Details can be found
here.
Best regards,
MediaWiki message delivery
kontak
04:18, 16 Junie 2021 (UTC)
antwoord
On behalf of Wikimania 2021 Core Organizing Team
Jesca Wilfredy
Gemeenskap, ek kyk na hierdie artikel en wonder wat se ensiklopediese waarde dit het? Daar is honderde sulke persone in Suid-Afrika alleen, my eie maatskappy kan hiermee vergelyk word en ek droom nie eens van Wikipedia status nie. Die bronne is in 'n taal wat geen mens kan verstaan nie. Dit is een van die beter masjien vertalings maar het maar sy foute. Dit bestaan ook net in baie kleiner Wikipedia's. Jammer, myns insiens moet dit geskrap word. Julle gevoel? Groete!
Oesjaar
kontak
10:18, 16 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
die artikel verduidelik nie waarom sy noemenswaardig is nie. Om daardie rede alleen is dit 'n kandidaat vir spoedige verwydering. –
K175
skil 'n appeltjie
10:25, 16 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Die taal is natuurlik
Swahili
, die belangrikste inheemse Afrikataal. Volgens die bronne in die Swahili-artikel word dit selfs op Suid-Afrikaanse skole aangebied. Terloops is die Poolse Wikipedia nie klein nie. Maar ek gaan die artikel vir die ander redes nou skrap. Groete. --
SpesBona
10:35, 16 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Rostof vs
Rostof aan die Don
Gemeenskap, is dit dieselfde plek? Groete!
Oesjaar
kontak
20:19, 16 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Nee is nie dieselfde plek nie. Daar is 'n Rostof (200 km noord van
Moskou
) en Rostof aan die Don is in die suide van Rusland.
Sobaka
kontak
20:28, 16 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Tritonia cooperi subsp. quadrialata
Gemeenskap, hierdie is die verste wat ek nog gevorder het met enige item op Wikidata:
Die identifiseerders kry ek nie reg nie. Hulp is welkom! Groete!
Oesjaar
kontak
05:41, 18 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek het dit nou bietjie verbeter.
Rooiratel
kontak
05:47, 18 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Tritonia crocata
Gemeenskap, wat is die maklikste manier om die lys Sinonieme in die artikel as twee kolomme te laat vertoon? Groete!
Oesjaar
kontak
06:06, 18 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Kyk gou wat ek gedoen het. Jy kan die getal kolomme vermeerder of verminder deur die kolombreedte te verander.
Burgert
(kontak)
13:18, 18 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie o wyse man! Groete!
Oesjaar
kontak
13:19, 18 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Oproep vir kandidate
Hallo almal,
Zita
het vir my gevra om die Afrikaanse gemeenskap te nader om kandidate vir die Raad te werf. Sy voel sterk dat Afrika (veral Subsahara-Afrika) beter verteenwoordiging moet kry, en ek het gesê dat ek bereid is om 'n boodskap te vertaal en hier te plaas:
Die
2021 Trusteeraad verkiesing
is net om die draai. Kandidate uit die gemeenskap word vir die beskikbare poste aangevra.
Soos julle weet, lewer die Wikimedia Stigting se kuratorium (Board of Trustees) oorsig oor die Wikimedia Stigting se werksaamhede. Die raad bestaan uit trustees vanuit die gemeenskap asook gekoöpteerde trustees. Elke trustee dien vir drie jaar. Die Wikimedia gemeenskap het ‘n stemreg oor die gemeenskapstrustees.
Daar is vier oop posisies in 2021. Ons het hier ‘n moontlikheid om die verteenwoordiging, diversiteit en vakkundigheid van die raad te verbeter.
Wie is geskikte kandidate? Is jy 'n potensiele kandidaat? Meer hieroor by die
aansoekbladsy
Dankie vir julle ondersteuning,
Van die
Trusteeraad van die Wikimedia Stigting
Groete, --
Slashme
kontak
22:18, 18 Junie 2021 (UTC)
N.S. taalsuiwering deur Aliwal2012
antwoord
Gemeenskap, ek het so pas 'n video konferensie voltooi met twee persone van die Wikimedia Stiging. Lang storie kort, hulle het my gevra om my beskikbaar te stel as 'n Kandidaat vir die opkomende verkiesing, die gedagte is dat ek my ondervinding as 'n kleiner Wikipedia kan gebruik om hulle te help. Het ek julle inkoop? Groete!
Oesjaar
kontak
16:35, 24 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Carol Baron Thompson
Gemeenskap, ek sien die dame (bekende pianis) is oorlede. Enige van ons musikale gebruikers wat 'n stukkie wil skryf oor die dame? Groete!
Oesjaar
kontak
15:21, 21 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Covid virus
My vrou, seun en dogter is almal positief en dwaal hier in die huis rond wat beteken dat ek myself maar moet toesluit in 'n hoekie. Ek het die afgelope maandag my inenting ontvang en op hierdie stadium is ek nog aan die gang agter die rekenaar soos julle kan sien! Kom ons hou duimvas! Groete!
Oesjaar
kontak
18:06, 23 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Sterkte daarǃ
Sobaka
kontak
18:10, 23 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ek leef nog... Oesjaar.
Sterkte!
JMK
kontak
14:19, 25 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Hierdie virus is nie mens se maat nie, ek ry elke dag soos 'n nuwe golf! Gelukkig is my vrou, seun en dogter verby die ergste en geen suurstof probleme nie. Groete!
Oesjaar
kontak
10:23, 27 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Bly vir hulle onthalwe! Jy nou ook positief getoets? Onder my verwante en kennisse ook verskillende wat positief toets.
JMK
kontak
16:18, 27 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, ek is positief. Gelukkig is my suurstof vlak nog 93%. Nie die beste tyd van my lewe nie.
Oesjaar
kontak
17:58, 30 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, manne - ek is nog aan die gang, ook maar net! My longe is bestaan net in naam, so voel dit. Dankie vir die 99,000 artikels! Dit word waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
15:14, 5 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Sterkte ou maat! Groete. --
SpesBona
20:47, 5 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ek is baie beter, het die siekte oorleef! My gestel is swak, ek het 5 kg verloor oor vier weke! Maar ek kan die storie vertel! Dankie Heer! Groete!
Oesjaar
kontak
09:04, 14 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Bly om te hoor jy is beter Oesjaar! Die ding is nie 'n grap nie. -
Rooiratel
kontak
11:00, 14 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Editing news 2021 #2
Read this in another language
Subscription list for this multilingual newsletter
When newcomers had the Reply tool and tried to post on a talk page, they were more successful at posting a comment. (
Source
Earlier this year, the Editing team ran a large study of
the Reply Tool
. The main goal was to find out whether the Reply Tool helped
newer editors
communicate on wiki. The second goal was to see whether the comments that newer editors made using the tool needed to be reverted more frequently than comments newer editors made with the existing wikitext page editor.
The key results were:
Newer editors who had automatic ("default on") access to the Reply tool were
more likely
to post a comment on a talk page.
The comments that newer editors made with the Reply Tool were also
less likely
to be reverted than the comments that newer editors made with page editing.
These results give the Editing team confidence that the tool is helpful.
Looking ahead
The team is planning to make the Reply tool available to everyone as an opt-out preference in the coming months. This has already happened at the Arabic, Czech, and Hungarian Wikipedias.
The next step is to
resolve a technical challenge
. Then, they will deploy the Reply tool first to the
Wikipedias that participated in the study
. After that, they will deploy it, in stages, to the other Wikipedias and all WMF-hosted wikis.
You can turn on "
Besprekingsnutsgoed
in Beta Features
now. After you get the Reply tool, you can change your preferences at any time in
Special:Preferences#mw-prefsection-editing-discussion
Whatamidoing (WMF)
talk
14:13, 24 Junie 2021 (UTC)
Romulea cruciata var. intermedia
Hierdie spesie moet bygewerk word Wikidata sodat dit inlyn is met
KEW Plants of the world
. Groete!
Oesjaar
kontak
18:58, 30 Junie 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Rooiratel
kontak
07:16, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
18:24, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Mukdro se gemors
Ons gaan 'n bot nodig hê om al Mukdro se Landvorms-kategorieë in
Landvorme
te verander. Any takers?
:)
Burgert
(kontak)
14:45, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Gedoen as gevolg van Rooiratel se wysiging:
Stefonti
kontak
12:38, 7 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Blokkade Mukdro
Hierdie blokkade is onregverdig!
Stefonti
kontak
12:43, 7 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
As jy nog nie verstaan dat die Afrikaanse Gemeenskap jou nie hier wil hê nie, sal jy nooit verstaan nie. Hou op om ons tyd te mors, daar is 'n miljoen ander belangrike dinge wat gedoen moet word.
Oesjaar
kontak
07:32, 8 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Kom ek wag, ek het jou nog net 2 keer geblokkeer vandag.... Baie groete!
Oesjaar
kontak
09:22, 8 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Die vent gebruik nou die volgende truuk: Gebruiker:5.4185.O6.72 registreer gebruiker naam as IP adres!
Oesjaar
kontak
10:07, 10 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gisteraand Gebruiker:7245.6328.8O9 gebruik!
Oesjaar
kontak
10:12, 10 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Romulea hirsuta var. zeyheri
Hierdie spesie moet bygewerk word Wikidata sodat dit inlyn is met
KEW Plants of the world
. Groete!
Oesjaar
kontak
18:27, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Rooiratel
kontak
11:47, 2 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Halsstarrige sjabloon
Kan iemand wat iets van sjablone weet my dalk help, asb. Ek het die sjabloon
{{
Plaaslike naam
}}
gemaak, en hy werk lekker. Hy gee die volgende:
[Bonjour]
Error:
{Lang}}: invalid parameter:
sjabloon= (
help
Frans
. Die enigste probleem is dat hy die taalskakel na "Frans language" maak in plaas van na "Frans".
Burgert
(kontak)
18:34, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Uitgevoer
K175
skil 'n appeltjie
19:58, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
K175
Ag, jy is wonderlik, dankie!
Burgert
(kontak)
20:04, 1 Julie 2021 (UTC)
antwoord
GFDL
Hi! I made a suggestion at
MediaWikibespreking:Licenses
to remove GFDL from the list of suggested licenses. I guess not many users watch that page. I just wanted to inform users of my suggestion. If there is a better place please let me know or make a notice for me. Thank you. --
MGA73
kontak
12:29, 3 Julie 2021 (UTC)
antwoord
English Wikipedia have recently decided that
GFDL-only is no longer permitted (August 2021)
. --
MGA73
kontak
18:05, 5 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
USS Maryland (BB-46)
Gemeenskap, wat sal die korrekte vertaling van
shakedown cruise
wees? Toetsvaart? Groete!
Oesjaar
kontak
19:31, 5 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek dink so. Kyk ook
en:Shakedown cruise
. Groete. --
SpesBona
20:47, 5 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Dit beteken amper meer iets soos "litte losmaak" (wat natuurlik in sportbeoefening gebruiklik is) --
Aliwal2012
08:58, 7 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Die nooiensvaart?
Frank
kontak
09:21, 7 Julie 2021 (UTC)
antwoord
My woordeboeke sê: shakedown cruise = trial cruise = proefvaart.
Burgert
(kontak)
11:03, 7 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Events Company
Gemeenskap, ek deel die volgende met julle. Ek besit 'n
Events Maatskappy
en was nooit seker van die Afrikaans hiervoor nie. Sophia Kapp van
VivA
het my gehelp:
Hallo Deon
Die persoon is 'n geleentheidsbeplanner of geleentheidsorganiseerder. Die onderneming waar so 'n persoon werk, is 'n geleentheidsmaatskappy.
Groete
Sophia Kapp
Dankie aan VivA.
Sophia was ook so gaaf om my met die volgende te help:
Die "Secretary of State" is die Amerikaanse minister van buitelandse sake (PAEEA) en die "Commander-in-Chief" is die opperbevelhebber.
New_Hebrides
Gemeenskap, kan iemand asb help met kort saadjie oor die eilande?
Groete!
Oesjaar
kontak
09:27, 9 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ek sien dit staan nou bekend as
Vanuatu
. Nooit te oud om te leer nie... Groete!
Oesjaar
kontak
09:31, 9 Julie 2021 (UTC)
antwoord
USS Maryland (BB-46)
Gemeenskap, die artikel is bykans klaar. Watter infoboks moet gebruik word vir oorlogskepe? Groete!
Oesjaar
kontak
13:53, 12 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Daar bestaan nie tans een vir skepe nie. Ek sal solank begin bou aan 'n sjabloon wat se parameters outomaties vertaalbaar is. (In lyn met bestaande inligtingskassies vir vliegtuie en wapentuig). Lekker slaap!
Aliwal2012
19:25, 12 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
, sien
{{
Inligtingskas Skip
}}
Aliwal2012
09:52, 13 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Fluweeltjie
vs.
Sparaxis
Gemeenskap, ons
fynbos
artikels groei baie goed, tans het die Afr. Wikipedia meer skakels na
fynbos
as wat die Engelse Wikipedia het! Die artikel
Fluweeltjie
gaan oor die genus Sparaxis, lees maar. Die inligting oor
Sparaxis tricolor
is maar skraal. Ek gaan die relevante inhoud van Fluweeltjie na Sparaxis oordra en Fluweeltjie dan verander na
Sparaxis tricolor
omrede 'n paar spesies binne die genus as Fluweeltjie bekend staan. Groete!
Oesjaar
kontak
15:36, 20 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Klink reg so.
JMK
kontak
17:54, 22 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Taaldinge op RSG- 18 Julie 2021
Gemeenskap, luister na Sophia Kapp van VivA:
Groete!
Oesjaar
kontak
14:04, 21 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Mount Anderson
Gemeenskap, is dit Berg Anderson in Afrikaans? Groete!
Oesjaar
kontak
18:15, 21 Julie 2021 (UTC)
antwoord
In die titel, ja, maar in 'n sin sal dit "die berg Anderson" wees.
Burgert
(kontak)
19:02, 21 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Merendeel
Volgens my woordeboeke is dit "merendeel/s" i.p.v. "meerendeel/s", maar ek sien baie van lg. As daar nie 'n wisselvorm bestaan waarvan ek nie weet nie moet dit seker gekorrigeer word.
JMK
kontak
17:56, 22 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem, "meerendeel" en "meerendeels" is spelfoute. Dik lyk verder of "merendeel" 'n selfstandige naamwoord is, terwyl "merendeels" 'n bywoord is, hoewel mense dit nie reëlmatig so gebruik nie.
Frank
kontak
10:24, 23 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ek het elke keer die eerste
verwyder. Hoop dit is reg so... Groete!
Oesjaar
kontak
11:06, 23 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Sekretarisvoël
Hallo almal, ek wil die
Sekretarisvoël
se bewaringstatus verander. Die bron is 13 jaar oud. Kan iemand my leer hoe om dit te doen? Dankie
Dumbassman
kontak
16:30, 27 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Tans is die status VU [| status = vu ] VU=vulnerable. Wat wil jy dit maak? Die volgende is EN:Endangered.
Oesjaar
kontak
16:33, 27 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ja, wil verander na Endangered. Ok ek sien die status afkortings is in Engels. Dankie
Dumbassman
kontak
16:48, 27 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ball pit
Hoe noem 'n mens 'n 'ball pit' in Afrikaans? Is dit 'n balput? Ek kan nêrens die Afrikaanse vertaling vind nie. By voorbaat dankie.
Servien
Bespreking
13:45, 31 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Ek sal dit 'n balspeelput noem, net sodat mense verstaan wat dit is.
Burgert
(kontak)
20:50, 31 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Dankie vir die antwoord.
Servien
Bespreking
06:30, 3 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Seiljagvaart
Aangesien
seil
en
seiljagwedvaart
nou verwyder is (blykbaar sinoniem met
seiljagvaart
?), waar is nou die ekwivalent van
de:Segeln
en:Sailing
en
de:Regattasegeln
en:Sailing (sport)
(en wat is dit in Afrikaans)? As ek in 'n Brandenburgse meer
segle
(seil?), is dit beslis nie 'n Olimpiese sportsoort nie en met die welbekende
America's Cup
het dit ook net min in gemeen. Groete. --
SpesBona
18:40, 2 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Seiljagvaart het baie vertakkings. Ek ken nie eers al die tipe bote in Afrikaans nie. Sal opvolg.
Oesjaar
kontak
19:08, 2 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Sailing is sailing, of dit 'n Olimpiese sportsoort is of nie. In Afrikaans is dit
seilvaart
. Die
kategorie:Seiljagwedvaarte
bestaan nog, maar daar is nie 'n artikel wat die wedvaarte beskryf nie. Die artikel
seiljagwedvaart
het, as ek reg onthou, begin met: "Seiljagwedvaart is 'n sportsoort". Nee dit is nie. Die goed moet korrek beskryf word, anders werk dit nie.
Burgert
(kontak)
19:56, 2 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
New Wikipedia Library collections and design update (August 2021)
Hello Wikimedians!
The TWL OWL says log in today!
The Wikipedia Library
is pleased to announce the addition of new collections, alongside a new interface design. New collections include:
Cabells
– Scholarly and predatory journal database
Taaghche
- Persian language e-books
Merkur
Musik & Ästhetik
, and
Psychologie, Psychotherapie, Psychoanalyse
- German language magazines and journals published by Klett-Cotta
Art Archiv
Capital
Geo
Geo Epoche
, and
Stern
- German language newspapers and magazines published by Gruner + Jahr
Additionally,
De Gruyter
and
Nomos
have been centralised from their previous on-wiki signup location on the German Wikipedia. Many other collections are freely available by simply logging in to
The Wikipedia Library
with your Wikimedia login!
We are also excited to announce that the first version of a new design for My Library was deployed this week. We will be iterating on this design with more features over the coming weeks. Read more on the
project page on Meta
Lastly, an Echo notification will begin rolling out soon to notify eligible editors about the library (
T132084
). If you can translate the notification please do so
at TranslateWiki
--The Wikipedia Library Team 13:23, 11 Augustus 2021 (UTC)
This message was delivered via the
Global Mass Message
tool to
The Wikipedia Library Global Delivery List
WAAAAAAAAAAAAAAAAAT?!
De Gruyter!
Daardie boeke sou my miljoene gekos het!
Dis die beste nuus ooit!
Ek het pas
Portugiesische Grammatik
en
Hebraïsche Grammatik
en
Russische Grammatik
afgelaai. Nou kan ek dit van my wenslysie op Google Play skrap. Dankie Wikimedia, julle is verruklik! Dit is die grootste Kersgeskenk ooit. Ek raak skoon bewoë; ek het pas R3 358,22 gespaar. Nou gaan ek daardie plek leegroof!
Suidpunt
kontak
07:32, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
100
000 artikels teen 15 November
Indien ons 100
000 artikels wil bereik teen 15 November om 23:59:59 sal ons 13 nuwe artikels elke dag moet skep. Dit is nie onmoontlik nie, maar elke gebruiker sal iets na dié partytjie moet bring, elke dag... Ek nooi die gemeenskap om te help om die doelwit te bereik! Kom ons maak dinge gebeur en gee ons self 'n verjaarsdag geskenk! Groete!
Oesjaar
kontak
19:09, 14 Februarie 2021 (UTC)
antwoord
Hi almal, ons het die 13 reeds afgewerk na 11 artikels per dag (2322 gedeel deur 212 dae). Soos die Proteas se krieketteiken, dit kom stadig maar seker af! Kom ons sit skouer aan die wiel...
Aliwal2012
20:05, 18 April 2021 (UTC)
antwoord
Moenie mense met krieket verveel nie, dis my en RSG se taak. Ek en die blykbaar meerendeels Afrikaanse gehoor het daai Namibiese krieket op Wanderers verskriklik geniet. Groete. --
SpesBona
20:55, 5 April 2021 (UTC)
N.S. Ja!
antwoord
Hallo almal, die teiken het nou afgekom na 6,8 per dag (766 gedeel deur 112 dae). Ons vorder goed! --
Aliwal2012
13:23, 24 Julie 2021 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, tans moet ons voortbeweeg teen 4.3 artikels per dag om die 100,000 mylpaal te bereik! Dankie vir almal se hulp hier! Groete!
Oesjaar
kontak
09:01, 16 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Sewehoekige piramide
Hoeveel rande,vlakke,hoekpunte en vorm van die vlakke het n sewehoekige piramide? IP adres 165.73.111.43
Tel gerus self!
Burgert
(kontak)
12:50, 12 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Afrikaansdag
Ek sien die
Akademie
vier Afrikaansdag op 14 Augustus.
Geniet!
Oesjaar
kontak
20:29, 12 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Die tabel oor die Afrikaanse Wiki
Gemeenskap, kan iemand met die regte kennis net die tabel wat ons artikels wys net bywerk, ek benodig dit vir 'n aanbieding nou Sondag aand vir die Wikimania virtuele konferensie. Groete!
Oesjaar
kontak
14:17, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Ek het die rooi lint (barometer) bygewerk, as dit jou sal help Oesjaar?
Aliwal2012
08:55, 14 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Mukdro en al sy kouspoepe
Ag nee, mense, is daar niks wat ons aan dié man kan doen nie. Arme Oesjaar. Dis tog seker onmoontlik dat so 'n idioot nie gekeer kan word nie?
Burgert
(kontak)
18:09, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Hi, ek het vir
Oesjaar
en
SpesBona
genomineer om as CheckUsers op hierdie Wikipedia te dien. Hulle het ingestem. Die gemeenskap het hulle nominasies eenparig gesteun. Toe ek vir hulle sê dat hulle kan maar na Metamedia gaan om hulle CheckUser-regte te kry, het hulle my net ignoreer. As hulle CheckUsers was, kon Mukdro en sy "kouspoepe" al iets van die verlede gewees het, maar...nou, ja. Groete!
Lefcentreright
kontak
19:18, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
SpesBona
Manne, ek dog julle is lankal CheckUsers. As julle nie weet hoe nie of 'n probleem het om aanvaar te word, vra gerus. Hier is baie slim manne wat hier rondhang (nie ek nie).
Burgert
(kontak)
19:34, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Ja, kak maar op my kop! Dankie vir die hulp om 100,000 artikels te maak! Dankie vir die positiewe terugvoering toe ek julle gevra het of ek mag staan as kandidaat vir die stigting se verkiesing! Dankie dat ek elke 2de Dinsdag aand op video konferensies sit met die WikimediaZA stigting en my verveel! Dankie vir die positiewe reaksie op ons 20ste verjaardag, die borge staan tou! En volgende keer as ek bronchitis, reaksie op my Covid inspuiting, longontsteking en Covid kry sal ek die virusse versoek om eers julle toestemming te vra voor hulle my aanval! En dankie vir Afrikaner se beste talent, ongelooflik slim en 100% akkuraat na die tyd... Groete!
Oesjaar
kontak
20:04, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
👍 🤲 🙀
Burgert
(kontak)
20:19, 13 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Sjoe, dit gebeur as 'n mens met 'n reuseprojek in twee tale besig is en ondersteuning taamlik min is. Boonop vra ek gereeld vir 'n proeflees van my werk wat elke keer 'n hele naweek vat (Donderdag tot Sondag) en daar gebeur net min. Ek hoor altyd beloftes maak skuld, geld dit net op RSG? Van my beplande artikels is reeds 20 klaar en afgesluit, dit beteken ek het 20 volledige naweke (80 dae!) aan daai artikels gewy en wat ek kry is reaksies soos
hierdie
. Ja, liewe klaende gebruiker, ek het die krieketrade in Junie 2021 self geskep (met my ou slimfoon by vriende), aangesien ek tevergeefs gewaag het! Bowendien het ek dié artikels uitgebrei en daardie ou kla net lekker. Het ek ooit by 'n artikelreeks van daardie aanklaer ingemeng?
Waarvoor benodig ek CU-regte as Mukro elke van sy kouspoep self deklareer en hulle voor die hand liggend is? Ons kan hulle mos net blokkeer soos gewone admins. 'n CU speur kouspoepe volgens IP-adresse op as 'n gebruiker dit nie deklareer nie, maar dit baie waarskynlik is.
Tans is ek, om eerlik te wees, van plan om meer op die Duitse Wikipedia besig te wees, aangesien ons daar waarskynlik nog bykomende lesenswaardige artikels gaan saamstel (wanneer ek hulle in Afrikaans vertaal is 'n ander vraag, ons het mos genoeg "sportartikels", en is nie lus om nog baie naweke op dié manier deur te bring nie.) Van my ander werk hier om al die nedersettings en politici met kassies te versorg was blykbaar ook tevergeefs, aangesien ander gebruikers dit nie doen nie en daai aantal artikels skerp toeneem. Van al die rekenaarvertaalde artikels en sjabloonwerk met al daai nuwe veranderinge praat ek nie eers nie.
Daai Mukdro benodig net 'n ander stokperdjie, ek wonder of hy homself nie dalk self verveel nie. Hy doen elke keer dieselfde dinge en word altyd teruggerol. Onthou hy nie Albert Einstein se definisie van waansinnigheid nie? Groete. --
SpesBona
21:00, 15 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Daar moet 'n beter manier wees. As
SpesBona
nie belangstel nie, moet iemand anders benoem word. 'n Mens kan nie net aanhou om iemand onder verskillende name te blokkeer nie. Hierdie idoot het geen keer nie. Daar moet 'n manier wees om hom permanent te blokkeer.
Burgert
(kontak)
20:00, 19 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Ek het die saak na die Stewards/Checkusers verwys:
Nadat hulle dit afgehandel het, het die man maar net aangegaan.... Die bietjie vertroue wat ek gehad het in die mense is weg. Groete!
Oesjaar
kontak
05:22, 20 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
En al die sekuriteit dinge van bo af het boggerol gedoen, het die vent sopas weer 2 keer geblokkeer! Hieronder vra iemand dat ons moet reageer oor die
Code of Conduct
, hoekom my tyd mors? Groete!
Oesjaar
kontak
11:10, 22 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
As
Oesjaar
instem, gaan ek binnekort op meta vir ons CU-regte vra en ons kyk hoe ons kan help.
Burgert Behr
selfs groot taalweergawes soos die Duitse Wikipedias het met CUs dieselfde probleme as ons met daai ou, kyk maar net
de:Benutzer:Seewolf/Liste der Schurken im Wikipedia-Universum
. Groete. --
SpesBona
20:59, 22 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
, asb meneer! Groete!
Oesjaar
kontak
05:04, 23 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Uitgevoer
. Groete. --
SpesBona
20:30, 23 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
Vielen dank!
Oesjaar
kontak
05:25, 24 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
Lefcentreright
Interessant genoeg is een van die voorwaardes dat 25–30 vir ons stem. Solank gaan ons nie CUs kry nie. Ons het mos nie genoeg aktiewe lede nie. Kyk maar hier:
Groete. --
SpesBona
20:35, 24 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
SpesBona
, ek wonder waar is die 16 admins as jy hulle nodig het.... Ons as 'n klein Wiki sal maar altyd die onderspit delf teen die grotes! Groete!
Oesjaar
kontak
20:41, 24 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Daai ingekorte lys taalskakels links sê alles vir my. Dit maak my nog steeds kwaad en diskrimineer al die klein wikis. Ek onthou die Wikimenia in Kaapstad nog baie goed. Elke liewe detail oor die Engelse Wikipedia: In watter Kaapstadse voorstad word wat op die Engelse Wikipedia geskryf én gelees. Groete. --
SpesBona
20:45, 24 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Voorgestelde kategorie: Endemiese spesie sonder Afrikaanse naam
Gemeenskap, ek gaan die voorgestelde kategorie verwyder aangesien daar reeds duisende van die artikels is, verwysende na onder andere fynbos spesies. Ons sal nooit genoeg Afrikaanse name hê nie! Groete!
Oesjaar
kontak
12:42, 16 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Met 23,000 Suid-Afrikaanse plantspesies kan die kategorie nogal groot word.
JMK
kontak
10:47, 20 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Tankwa Karoo
Gemeenskap, enige vrywilliger om iets oor die gebied aan mekaar te slaan...? Groete!
Oesjaar
kontak
14:26, 16 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Bestaan dit nie reeds nie?
Tankwa Karoo Nasionale Park
Of is die gebied meer as die Park. Op die Engelse Wikipedia word Tankwa Karoo deurgestuur na die Park.
Sobaka
kontak
15:50, 16 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Die gebied is groter as die park! Moenie alles glo wat die Engelse doen nie. Groete!
Oesjaar
kontak
17:47, 16 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Waterberg
is nog 'n artikel wat uitgebrei moet word, en waar die Engelse artikel weereens die kat aan die stert beet het. Die Engelse artikel beskou dit blykbaar alles as deel van die Waterberg-biosfeer te oordeel aan die titel, maar eintlik is Waterberg > Waterbergplato > Waterbergbiosfeer. Baie werk daar nodig.
JMK
kontak
10:47, 20 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Fynbos
Gemeenskap, ek is al van laasjaar besig met fynbos spesies, die inperking het ook sy voordele! Ek kan bevestig dat daar op die oomblik 1528 skakels na ons fynbos artikel is. Die Engelse Wikipedia het slegs 1061 skakels na hulle fynbos weergawe. Groete!
Oesjaar
kontak
17:58, 16 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Wel gedaan.
JMK
kontak
10:47, 20 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Request for comment notification
Here is a link to a
RFC on Meta
concerning all Wikimedia projects. Best,
Lionel Scheepmans
kontak
00:08, 17 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Lionel Scheepmans
, the problem is all this stuff that you want us to comment on means absolutely nothing to us. We are a small/medium size Wiki and the only real communication we get is at election time! Our needs/requirements means nothing to the big Wiki's out there. Yes, thanks for the invite but I cannot see anybody responding including me. Regards.
Oesjaar
kontak
08:01, 17 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, thanks for this reply. If it was easier, I'll send the message to all Wikimedia projects. It's also interesting to me to visit all general forums. That's an interesting trip. And I'm pretty sure that almost one person will read the message as you. And that's fine for me. Have a nice day
Lionel Scheepmans
11:47, 17 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gladys West
Ek het pas die afsluiting van Wikimania 2021 geniet, en een van die sprekers het haar artikel oor die dame genoem, so ek het my deel gedoen met die vertaling in Afrikaans. Dalk het die een of ander van julle tyd om dit 'n bietjie te poleer! --
Slashme
kontak
22:46, 17 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Slashme
, dit was goed om weer met jou te kon praat tydens my aanbieding. Moeilik om te glo dat ons laas in 2018 in Kaapstad gesels het. Ons sal jou artikel poleer! Dankie daarvoor! Groete!
Oesjaar
kontak
06:31, 18 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Kelkiewyn (plant)
en
Geissorhiza
Gemeenskap, (amper sê ek gemeente!), ek is tans besig met die spesies van die genus Geissorhiza. Ek het die volgende tameletjie teëgekom, die volgende spesie moet
Geissorhiza eurystigma
wees, wat alreeds 'n aanstuur is na Kelkiewyn. Die probleem is dat laasgenoemde 'n artikel is wat nie werklik die spesie of die genus beskryf nie - soos die Wikipedia styl is nie. Die artikel verwys na drie verskillende spesies (
Geissorhiza eurystigma
Geissorhiza radians
en
Babiana rubrocyanea
). Ek stel voor dat ons die bestaande Kelkiewyn 'n dubbelsinnigheid artikel maak sodat ek die ander twee Geissorhiza spesies kan skep. Julle gedagtes asb! Groete!
Oesjaar
kontak
13:25, 19 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Klink goed. Maak dit eenvormig.
Burgert
(kontak)
21:32, 19 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Kelkiewyn (plant) liewer 'n dubbelsinnigheidsbladsy want (benewens die voël) is Kelkiewyn ook
Gladiolus alatus
Babiana rubrocyanea
G. radians
en
G. eurystigma
Die voormalige
G. rochensis
het genoeg volksname: Blousyblom, Blousysie (ook
G. aspera
), Wynblommetjie
of Wynkelkie.
G. inflexa
is die Rooisysie.
Blousysie (plant) kan miskien ook 'n dubbelsinnigheidsbladsy word, en Sysie (plant) 'n aanstuur na die genus.
JMK
kontak
10:20, 20 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Verwysings
C. A. Smith (1966), p. 286
Kelkiewyn (plant)
Una vd Spuy (1971), p. 178-79
C. A. Smith (1966), p. 546
Afgehandel! Groete!
Oesjaar
kontak
06:54, 24 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
NS.
Gladiolus alatus
is nou
Tritoniopsis parviflora var. parviflora
. Die taksonomie verander by die dag!
Volgens
World Flora Online
word
Gladiolus alatus
L.
nog erken, maar daar was 'n
Gladiolus alatus
Burm.f.
wat nou
Tritoniopsis parviflora
(Jacq.) G.J.Lewis
is. C.A. Smith het wel eersg., d.i.
Gladiolus alatus
L.
in gedagte, en op p. 546 gee hy bykomende volksname daarvoor: "Kalkoentjie, Kelkiewyn, Kipkippers, Kipkippies (blomme) en Rooikalkoentjie". Bg. wetenskaplike name is terloops gekontrolleer. Is daar 'n meer aktuele bron as
WFO
JMK
kontak
09:57, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Dr.
John Charles Manning
het my ingelig dat
Plants of the World
die gesaghebbendste bron is. Siende dat ek glad nie 'n botanikus is nie moet ek die slim mense glo! Groete!
Oesjaar
kontak
10:22, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Discussion tools update
Hello, all. I have good news about the
mw:Talk pages project
Help met die vertaal na uw taal
We have finally scheduled the deployment of
mw:Talk pages project/Replying
, which puts the
antwoord
button on talk pages. Thank you again for being part of
the test that showed the tool was successful
. When this change happens, everyone will have the Reply tool turned on. You will be able to turn it off in
Special:Preferences#mw-prefsection-editing-discussion
. You can read more about it at
mw:Help:DiscussionTools
If you have enabled "
Besprekingsnutsgoed
" in
Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures
, you will get a new feature. The new feature adds a
inteken
button to each ==Level 2 section== on a talk page. If you subscribe to the section, then you will get
Special:Notifications
if someone adds a new comment to that section (but not if they fix typos or edit other parts of the page). This can be very helpful on busy pages, especially if you only want to follow one conversations. Please try it out and share your thoughts at
mw:Talk:Talk pages project/Notifications
These changes are currently scheduled for Wednesday, 25 August, probably around 23:00 UTC. Please let me know if you have any questions.
Whatamidoing (WMF)
kontak
19:06, 20 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, dra enige gebruiker kennis van die projekte? Wees eerlik asb! Groete!
Oesjaar
kontak
12:59, 21 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, you can test it on this page. Click on
to see the new buttons.
Whatamidoing (WMF)
kontak
19:50, 24 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
The
mw:Talk pages project/Replying
deployment has been delayed. It should happen next week instead. I apologize for the delay.
Whatamidoing (WMF)
kontak
16:55, 27 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Kennisgewings
Hallo vrinne,
Ek is gevra om die volgende aankondigings hier te maak:
Raadsverkiesing open
Oproep vir kandidate vir die Opstelkomitee vir die Bewegingshandves
Universele gedragskode - hersiening van Handhawingskonsepriglyne
Groete,
Slashme
kontak
10:47, 21 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Slashme
, hier by my huis (ek weet nie van ander plekke nie) weier my laptop, selfoon en seun se laptop (via ander domein) om die Verkiesings banier te vertoon. Die gemene deler is Chrome. Dit wys wel via MS Edge. Interessant! Groete!
Oesjaar
kontak
12:55, 21 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, dis nou vir jou 'n ding. Ek's op die oomblik op vakansie in Kroasië, so ek kan self geen data hiertoe bydra nie. Uit pure nuuskierigheid, wat maak vuurvos daarmee? --
Slashme
kontak
20:56, 21 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Universal Code of Conduct - Enforcement draft guideline reviews
The
Universal Code of Conduct Phase 2 drafting committee
would like comments about the
enforcement draft guidelines
for the
Universal Code of Conduct
(UCoC). This review period is planned for 17 August 2021 through 17 October 2021.
These guidelines are not final but you can help move the progress forward. The committee will revise the guidelines based upon community input.
Comments can be shared in any language on the
draft review talk page
and
multiple other venues
. Community members are encouraged to organize conversations in their communities.
There are planned live discussions about the UCoC enforcement draft guidelines:
Wikimania 2021 session
- 16 August @ 11:00 UTC - 11:45 UTC
Conversation hours
- 24 August, 31 August, 7 September @ 03:00 UTC & 14:00 UTC
Roundtable calls
- 18 September @ 03:00 UTC & 15:00 UTC
Summaries of discussions will be posted every two weeks
here
Please let me know if you have any questions. Best,
Zuz (WMF)
kontak
11:49, 23 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, ek het die dokument deur gelees... Volgens my 'n pragtige teoretiese werkstuk maar 95% van ons probleme is IP adresse wat skade aanrig en dan verdwyn... Nog 'n projek wat iemand besig hou, maar boggerol beteken vir ons gebruikers hier onder waar die wiele op die pad rol nie. Miskien is ek negatief. Julle insette asb. Groete!
Oesjaar
kontak
12:45, 23 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
2021 Voting Opens
Voting for the
2021 Board of Trustees election
is now open. Candidates from the community were asked to submit their candidacy. After a three week long Call for Candidates, there are
19 candidates for the 2021 election
The Wikimedia movement has the opportunity to vote for the selection of community-and-affiliate trustees. By voting, you will help to identify those people who have the qualities to best serve the needs of the movement for the next several years. The Board is expected to select the four most voted candidates to serve as trustees. Voting closes 31 August 2021.
The
Wikimedia Foundation Board of Trustees
oversees the Wikimedia Foundation's operations. The Board wants to improve their competences and diversity as a team. They have shared the
areas of expertise
that they are currently missing and hope to cover with new trustees.
Learn more about candidates
Learn about the Board of Trustees
Vote
Read the
full announcement
Best,
Zuz (WMF)
kontak
17:17, 23 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gemeenskap
Gebruiker:Discott
is 'n kandidaat. Hy is 'n Suid-Afrikaner vanaf Kaapstad. Hy is spesiaal gevra om as kandidaat te staan, eerstens om Afrika te verteenwoordig en tweedens om die klein Wikipedia's te verteenwoordig. Ek vra dat julle hom sal ondersteun, dit gee ons klein Wikipedia's 'n kans om 'n hou in te kry teen die groot Wikipedia's. Groete!
Oesjaar
kontak
05:44, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Frank
kontak
07:33, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Burgert
(kontak)
09:16, 28 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Thank you all! Currently only 2 eligible voters from Afrikaans Wikipedia have voted. But 75% of eligible voters from the Igbo Wikipedia have voted. Meanwhile Afrikaans is the biggest small African wiki. We can do better!
Zuz (WMF)
kontak
12:07, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gestem, dankie en groete! --
Aliwal2012
12:51, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Never heard of Igbo Wikipedia... The reason why we are growing is that we create content and does not interfere with other Wikipedia's business! I find your remark offensive!
Oesjaar
kontak
15:59, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
I did not mean to offend you with my comment. You made a comment about one of the candidate contesting to ensure that small wikis are represented on the board. As a result, I think it is very important that small wiki communities vote. And I just shared one of the small wiki community from Africa whose members are doing well in voting in the ongoing board election. My comment was to trigger the Afrikaans community members and encourage more voting from your community. All the same, I apologize if my comment sounded offensive.
Zuz (WMF)
kontak
16:10, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
die Igbo-Wikipedia is hier:
ig:
Igbo
is een van die nasionale tale in
Nigerië
. Interessant genoeg was
ek reeds op die Igbo-Wikipedia
aktief. Ek het vandag vir Discott gestem. Groete. --
SpesBona
18:15, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Die probleem is dat die gebruiker op een of ander obskure komitee dien en nou 'n titel het en dink ons moet op aandag staan as sy praat. Ons is almal vrywilligers hier wat vrye tyd, familie tyd opoffer om inhoud te skep. Hierdie is nie 'n politieke party nie, wat ek doen met vrye tyd is my voorreg en hoef dit aan niemand te verduidelik nie. As hulle al die tyd wat hulle mors in vergaderings wil omskakel na artikels skep sal die artikels globaal aansienlik meer wees. Hierdie is my positiewe mening. Groete!
Oesjaar
kontak
18:25, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Dis hoekom ek 99% van my vrye tyd aan artikels wy. Die res is net bywerk. Ek wil nie weer kyk hoekom hierdie sjabloon stukkend is of daai prent op Commons verwyder word nie. Ek wil skryf en soms 'n eie foto bysit. Dan is ek gelukkig. Lekker gesels werk maar altyd ook. Dis juis hoekom ek 'n groot probleem met diepgaande of onnodige veranderinge aan sjablone het wat werk. Terloops is die meeste sjablone op die Engelse Wikipedia net oorbodig en vir die alledaagse skrywer oorbodig. Maar dis weer 'n ander onderwerp. Groete. --
SpesBona
18:40, 25 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Have you voted?
Hi all,
Kudos! to the Afrikaans Wikipedia community. Thank you to all who have voted so far.
There are 14 eligible voters in Afrikaans Wikipedia for the ongoing
Wikimedia Board of Trustees elections
. 4 people have voted so far. It will be great if more people can cast their votes.
The Wikimedia Foundation Board of Trustees election is still ongoing. Votes will be accepted until 23:59 31 August 2021 (UTC).
2021 Wikimedia Board election video
:Please watch and share this widely so we can motivate more participation from all eligible voters!
Please visit
here
to cast your vote. You can also read more about the candidates
here
Best,
Zuz (WMF)
kontak
10:19, 26 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
How can we with 139134 registered users only have 14 votes?
Oesjaar
kontak
10:34, 26 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Good question! And thank you for asking. I believe this is due to the eligibility criteria which has been set by the
Elections committee
. Please read more about the eligibility criteria
here
Zuz (WMF)
kontak
10:53, 26 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Sorry, not interesed in corporate politics and mathematics. Makes the election somewhat of a joke.
Oesjaar
kontak
11:02, 26 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Zuz (WMF)
, what are the top three African Wikipedia's in terms of eligible voters?
Oesjaar
kontak
20:30, 26 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Swahili, Afrikaans and Hausa Wikipedia are the top 3. Another factor that is causing the low eligibility numbers for the African language wikis is because most users of the African language Wikipedia's first created their accounts on bigger projects like English Wikipedia, French Wikipedia etc. So the system considers the first project a user created their account on as the user's home wiki. And so their eligibility will be accounted for on those Wiki's.
Zuz (WMF)
kontak
09:48, 27 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
To add to what I have said above, In general registered users is always an extremely big number but not all registered users have made edits or are active editors. The German Wikipedia for instance has 3.8 million (!) registered users alone, so that is not unusual. It includes all users, including those who never edited. Active users are any users, that have been editing during the last 30 days. The number for these in Afrikaans has been on average 345 users per month in the last 2 years and 240 since af-WP has started. Eligible voters are a narrower group and thus it sounds fine, that only 14 are eligible. For reference more information can be found
here
Zuz (WMF)
kontak
13:30, 30 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Now I understand, Afrikaans with 99000 articles (depth 46) , Swahili with 66000 (depth 9) and Hausa with 11000 (depth 3). Without the Afrikaans votes Africa has actually no change to vote for anybody. Yet Africa support the Moleskine Foundation and the Goethe Institut, neither recognises Afrikaans as an indegeous language. Interesting situation...
Oesjaar
kontak
16:59, 27 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Adventures of Huckleberry Finn
Gemeenskap, het hierdie boek nie 'n Afrikaanse titel nie? Of word ek oud... Groete!
Oesjaar
kontak
06:08, 30 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Inderdaad:
Die Avonture van Huckleberry Finn
Burgert
(kontak)
07:36, 30 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Nuwe uitdaging...
Gemeenskap, wees asb op die uitkyk vir die volgende: gebruikers plaas verwysings in artikels - wat egter na dobbel plekke en die tipe plekke deurskakel. Ons sal elke verwysing wat net by gelas word moet ondersoek! Groete!
Oesjaar
kontak
07:26, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
2de een vir die dag!
Oesjaar
kontak
08:31, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Toegang vir IP-adres gebruikers.
Gemeenskap, die afgelope paar weke was daar ongelooflike vandalisme en dergelike dinge gedoen deur gebruikers wat nie geregistreer is nie, hier op ons Wikipedia. Ons die gemeenskap, het dit reggemaak en soveel tyd gemors om gemors reg te maak! Ek het met Wikimedia, daar bo in wolke iewers, gesels... Daar is 'n opsie wat ons sal toelaat dat slegs geregistreerde gebruikers veranderinge en bydraes tot ons Wikipedia kan maak, dus IP-adres gebruikers kan slegs lees. Maar dit moet 'n meerderheidsbesluit wees. Ek wil graag julle meninge hê - gee net
ondersteun
of
teen
. Groete!
Oesjaar
kontak
18:26, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
, tensy dit sulke afmetings aanneem dat dit glad nie beheer kan word nie.
Frank
kontak
19:35, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
: ek dink dit stuur die verkeerde boodskap. Wysiging moet oop wees aan almal en kan op spesifieke onderwerpe of vir IP-adresreekse beperk word. Ons kort ook meer mense wat vandalisme patroleer. –
K175
skil 'n appeltjie
19:59, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
, Sien daar is wel ook IP-adres gebruikers wat klein regstelling maak terwyl daar ander met gebruikername is wat skade aanrig. Sal voorstel dat mens na ander oplossings soek.
Sobaka
kontak
20:48, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
: Hulle kan dit sommer 'n algemene Wikipediareël maak. Dit sal lei tot groter beheer.
Burgert
(kontak)
21:06, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
: JA! Die Portugese Wikipedia is besig om dit te doen en ek stem 100% saam met dit.
Lefcentreright
kontak
21:40, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
Voorlopig gekant, maar julle kan my oortuig, of ignoreer. Dis trouens nie ek wat alles dophou en kole uit die vuur krap nie. Wonder of dit nie is omdat ons nie sagteware het wat hierdie onsin betyds stopsit nie. Wat ek al vir die Engelse wikipedia voorgestel het is sagteware wat verdagte bydraes deur, en net vir, ongeregistreerdes weier. Hul antwoord was dat die vandale dan sal leer waarmee hulle kan wegkom aldan nie. Het wel goeie bydraes deur ongeregistreerdes opgemerk, en dis jammer as ons hulle moet uitsluit. Probeer miskien eers a) 'n zero-tolleransie-beleid teen oortreders, of b) 'n tydelike blok van ongeregistreerdes om die vlaag vandalisme te onderbreek, wat dan later sonder aankondiging gelig word.
JMK
kontak
21:58, 31 Augustus 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
: dit gaan verseker nuwelinge afskrik om hier te werk. Boonop sal ons nie Mukdro & Kie met so 'n reëling kan keer nie! Maar dit is werklik 'n moeilike besluit, om gereeld vandalisme te patroleer is 'n tydrowende werk. --
Aliwal2012
11:29, 2 September 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
– wie hersien dan al die Afrikaanse televisiereekse? Baie jare gelede was 'n welbekende Anoniem hier betrokke. Goeie ou dae daardie! Groete. --
SpesBona
20:55, 6 September 2021 (UTC)
antwoord
Ek is bevrees dit was waarskynlik ek gewees. Groete.
Frank
kontak
08:48, 7 September 2021 (UTC)
antwoord
Neutraal
Ek, die draadsitter.
Pro:
1. Minder werk vir ons om te doen, meer vrye tyd vir navorsing.
2. Dit dwing voornemende gebruikers om te registreer; daardeur bou mens 'n band op en hulp kan verleen word. I.P.-adresse verander en niemand onthou buitendien nommers nie, wel name.
3. 'n Mens kan 'n gebruikersnaam opbou, of afbreek. Verkieslik wil jy 'n mooi reputasie bou om as voorbeeld te dien vir ander. 'n I.P.-adres is soos 'n outjie met 'n spuitkan in sy hand: 'Vandaal' staan op sy voorkop nog voordat hy iets gedoen het.
4. Dit maak dit net makliker vir ander om opvolgwerk te doen. As sekere individue verdwyn kan mens makliker 'n e-pos stuur of uitvind wat van hulle geword het.
5. Die voordele van lidmaatskap moet sterk benadruk word. Besef die meeste gebruikers ons kan gratis peperduur akademiese e-boeke en wetenskaplike artikels aflaai by die Wiki-biblioteke? As jy hierdie boeke moes koop sou dit enigiets tussen $20 per artikel en $350 vir 'n boek kos. Nog 'n voordeel is prente wat jy hier op die Afrikaanse Wikipedia kan oplaai; 'n gewone I.P.-gebruiker besef dit nie.
6. Jy het die voordeel om vinnig deur jou eie bydraes te sif wat jy die afgelope 100 jaar aangevang het.
Contra:
1.
My eerste bydrae was
per I.P.-adres. Iemand het aan my "artikel" geskaaf en 'n week of wat later het ek geregistreer.
2. Dit is 'n ergernis om per selfoon te werk. Nou moet jy eers inteken bloot omdat jy net vinnig 'n spelfout wil regmaak. As 'n rekening die "kredietkaart"-metode is, moet die I.P.-adres soos "kleingeld" beskou word. Jy kan nie altyd per kaart betaal nie. Die app/toep maak dit regtig moeilik, veral vir beginners. Voor die rekenaar gaan dit sommer voor die wind. Onthou - bejaardes wat skrikkerig is vir die komper wil ook graag bydra, maar is so bang hulle maak 'n fout en hul naam krater. In hulle oë kyk miljoene mense nou na hulle bydraes.
3. Dikwels wil jy miskien 'n omstrede onderwerp aanroer waaraan jy nie gekoppel wil word nie. Ons is almal mooi groot en as
Oesjaar
skielik oor die ginekologie begin skryf sal niemand eers opkyk nie, maar nie almal is ewe mooi groot nie (ek bedoel nou volwassenes). 'n Voorbeeld: 'n uiters links- of regsgesinde in die publiek kan sowaar! hom in 'n ander se skoene dink en 'n neutrale artikel skryf. Maar sy beeld sal aangetas word; dis nie deel van sy "image" nie. Maar jy soek steeds daardie voorbeeld vir 'n klas.
Nou kom jy in 'n onderhoud en die ou vir wie jy met daardie duur Cappuccino probeer omkoop vra uit oor jou betrokkenheid by Wikipedia. Dis 'n werksonderhoud. Wat is jou gebruikersnaam? Suidpunt. Nou gaan soek hulle wat Suidpunt doen en wat hy as minderjarige destyds kwytgeraak het. As Suidpunt oor onderwerpe skryf wat teen sy werkgewer se wil is, dan is Suidpunt dalk sy aansoek kwyt.
4. Ons steun en kreun oor kouspoppe, maar ons mag eintlik nie twee rekeninge hê nie, omdat ons nie verkiesings wil opdonder nie - so, hoe nou gemaak? Party mense het die gawe om soos 16 verskillende "persoonlikhede" te dink. Dis nie moeilik nie, want by 'n robot moet jy buitendien namens alle motoriste dink wat net "huis" en "Kentucky" op die brein het. As ek maar dink aan die skrywer
Gert Basson
wat 'n legio skuilname het vir elke genre of reeks wat hy skryf. Die ou agter die rekenaar sou verkies dat die gebruikersnaam SaartjieSkote skryf oor Pompeji, The4unis oor die Kaap, Ricardo798 oor die nut van teddiebere. Dis soos geordende lêers in houervouers. Gun hierdie mense dan die geleentheid om ten minste in I.P.-adresvorm te skryf om tog die chaos uit hulle lewe te hou. En die Wiki-verkiesings vry en regverdig.
5. Party mense wil net eenmalig 'n bydrae lewer en nooit weer van hulle laat hoor nie. Dit kan miskien die bywerking van 'n gemeente-artikel wees. Hulle pla niemand nie.
6. Het ons nie alreeds honderde-duisende nuttelose registrasies nie? Wat van nog 'n addisionele 100 000 vir die grap?
Voorstel
: 'n proefperiode van 6 maande.
Suidpunt
kontak
16:48, 7 September 2021 (UTC)
antwoord
Aardbol
Geen
aardbol
op Afrikaanse wikipedia.
JMK
kontak
18:46, 2 September 2021 (UTC)
antwoord
Die aarde is plat.
Burgert
(kontak)
19:25, 2 September 2021 (UTC)
antwoord
Ek verstaan ook nie hoekom mense sê die aarde is rond nie. Dis tog 'n kwessie van perspektief. Van 'n ruimtelike perspektief is dit ronderig, maar van waar ek sit, is dit relatief plat.
Frank
kontak
08:52, 7 September 2021 (UTC)
antwoord
Haworthia
Gemeenskap, hierdie genus is ook nou klaar. Loer asb gerus deur die spesies, daar is die ongelooflikste foto's! Groete!
Oesjaar
kontak
19:45, 6 September 2021 (UTC)
antwoord
Hi Oesjaar, dankie!
Lees net weer hierdie sin (inleidende paragraaf): "Die taksonomie
van die
genus
van die
spesies word tans hersien."
Aliwal2012
20:05, 6 September 2021 (UTC)
antwoord
Reggemaak, toets julle net... Groete!
Oesjaar
kontak
20:12, 6 September 2021 (UTC)
antwoord
The 2022 Community Wishlist Survey will happen in January
Hello everyone,
We hope all of you are as well and safe as possible during these trying times! We wanted to share some news about a change to the Community Wishlist Survey 2022. We would like to hear your opinions as well.
Summary:
We will be running the
Community Wishlist Survey
2022 in January 2022. We need more time to work on the 2021 wishes. We also need time to prepare some changes to the Wishlist 2022. In the meantime, you can use a
dedicated sandbox to leave early ideas for the 2022 wishes
Proposing and wish-fulfillment will happen during the same year
In the past, the
Community Tech
team has run the Community Wishlist Survey for the following year in November of the prior year. For example, we ran the
Wishlist for 2021
in November 2020. That worked well a few years ago. At that time, we used to start working on the Wishlist soon after the results of the voting were published.
However, in 2021, there was a delay between the voting and the time when we could start working on the new wishes. Until July 2021, we were working on wishes from the
Wishlist for 2020
We hope having the Wishlist 2022 in January 2022 will be more intuitive. This will also give us time to fulfill more wishes from the 2021 Wishlist.
Encouraging wider participation from historically excluded communities
We are thinking how to make the Wishlist easier to participate in. We want to support more translations, and encourage under-resourced communities to be more active. We would like to have some time to make these changes.
A new space to talk to us about priorities and wishes not granted yet
We will have gone 365 days without a Wishlist. We encourage you to approach us. We hope to hear from you in the
talk page
, but we also hope to see you at our bi-monthly Talk to Us meetings! These will be hosted at two different times friendly to time zones around the globe.
We will begin our first meeting
September 15th at 23:00 UTC
. More details about the agenda and format coming soon!
Brainstorm and draft proposals before the proposal phase
If you have early ideas for wishes, you can use the
new Community Wishlist Survey sandbox
. This way, you will not forget about these before January 2022. You will be able to come back and refine your ideas. Remember, edits in the sandbox don't count as wishes!
Feedback
What should we do to improve the Wishlist pages?
How would you like to use our new
sandbox?
What, if any, risks do you foresee in our decision to change the date of the Wishlist 2022?
What will help more people participate in the Wishlist 2022?
Answer on the
talk page
(in any language you prefer) or at our Talk to Us meetings.
SGrabarczuk (WMF)
talk
00:23, 7 September 2021 (UTC)
antwoord
Koekemakranka
Gemeenskap, bogenoemde artikel handel oor die genus
Gethyllis
. Ek gaan al die
Gethyllis
-spesies beskryf en 'n klompie van hulle dra ook die naam Koekemakranka. Met julle goedkeuring, ek gaan die bestaande Koekemakranka oorskuif na
Gethyllis
en dan 'n Koekemakranka-dubbelsinnigheid bladsy open om al die Koekemakranka's te kan hanteer. Ek sal ook Wikidata bywerk, ek vertrou dit in orde so!
AFM
, jy het Koekemakranka geskep, reg so? Groete!
Oesjaar
kontak
14:46, 7 September 2021 (UTC)
antwoord
Dis reg so Oesjaar! Ek sien jy roei nou sterk om die 100 000 artikels vol te maak (ons kort nog
23!!!
) Kan ons net asb. 'n artikelnaam kry wat uitspreekbaar is vir daardie mylpaal? Groetetetete ("eggo")
Aliwal2012
17:35, 7 September 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer en dit lyk goed.
Oesjaar
kontak
11:49, 9 September 2021 (UTC)
antwoord
100 000 artikels!
Wel, geluk manne (en madames)!
Julle het dit voor Novembermaand gemaak (my aandeel is te min vir enige melding).
Suidpunt
kontak
08:41, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Dankie aan almal wat gehelp het! Nou kan ek 'n bietjie asemhaal... Kan iemand asb die tabel op datum bring? Groete!
Oesjaar
kontak
08:58, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
RSG
sal môre onderhoud doen (opname) wat iewers uitgesaai sal word.
Gebruiker:Morne
help tans sodat
Beeld
ook 'n artikel plaas oor ons mylpaal! Ek sal ook Pretoria FM laat weet. Elsje van Jaarsveldt het ongelukkig hulle diens verlaat.
Oesjaar
kontak
09:24, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Dis 'n groot mylpaal! Goeie werk mense. Groete.
Frank
kontak
10:14, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Mag ons 'n kenteken vir dié mylpaal skep? Ek het dit al by ander taalweergawes gesien, maar ek is nie 'n kunstenaar nie! Ek het die Duitse Wikipedia ingelig. Groete. --
SpesBona
10:15, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Lyk dit nie goed nie:
Oesjaar
kontak
12:22, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Congratulations from Germany! --
Holder
kontak
15:12, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Onderhoud tussen 12:00 en 13:00 op RSG, luister saam! Groete!
Oesjaar
kontak
07:10, 9 September 2021 (UTC)
antwoord
Skakel môre-oggend in op
Monitor
... (tussen 06:00 en 08:00 ante meridiem)
Suidpunt
kontak
11:34, 9 September 2021 (UTC)
antwoord
Ook Maandag, 13 September, 11:30 Pretoria FM (DSTV Kanaal 887) bevestig. Omroepster is Susan Botha. Groete!
Oesjaar
kontak
11:48, 9 September 2021 (UTC)
antwoord
...of luister hier:
Groete!
Oesjaar
kontak
12:57, 9 September 2021 (UTC)
antwoord
Congratulations from Ghana!--
Zuz (WMF)
kontak
09:39, 12 September 2021 (UTC)
antwoord
Thanks
Gebruiker:Zuz (WMF)
, can't recall any other African Wikipedia ever communicating on Geselshoekie! Regards
Oesjaar
kontak
14:07, 13 September 2021 (UTC)
antwoord
Die
Zoeloe Wikipedia
het ook intussen so stil-stil oor die 10
000 artikels geskuif. Baie geluk aan hulle!--
Aliwal2012
10:19, 14 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
2021 Wikimedia Board of Trustees Election Result
Thank you to everyone who participated in the 2021 Board election. The Elections Committee has reviewed the votes of the 2021 Wikimedia Foundation Board of Trustees election, organized to select four new trustees. A record 6,873 people from across 214 projects cast their valid votes. The following four candidates received the most support:
Rosie Stephenson-Goodknight
Victoria Doronina
Dariusz Jemielniak
Lorenzo Losa
While these candidates have been ranked through the community vote, they are not yet appointed to the Board of Trustees. They still need to pass a successful background check and meet the qualifications outlined in the Bylaws. The Board has set a tentative date to appoint new trustees at the end of this month.
Read the full announcement
here
Best,
Zuz (WMF)
kontak
10:12, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
And we will most probably only hear from them at the next election!
Oesjaar
kontak
10:33, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Opdatering van voorblad.
Hoe kry mens Afrikaans in die 100
000ste blok op die voorblad? Groete!
Oesjaar
kontak
12:15, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– Groete. --
SpesBona
14:05, 8 September 2021 (UTC)
antwoord
Call for Candidates for the Movement Charter Drafting Committee ending 14 September 2021
Die Bewegingstrategie groep kondig
die oproep vir kandidate vir die Bewegingshandves
aan. Die oproep begin op 2 Augustus en eindig op 14 September 2021.
Van die komitee word verwag om
diversiteit in die beweging
te verteenwoordig. Diversiteit sluit geslag, taal, geografie en ervaring in. Dit sluit deelname in projekte, susterorganisasies, en die Wikimedia stigting in.
Om 'n lid van die komitee te word, is dit nie nodig om vlot Engels te praat nie. Indien nodig, word vertalings- en tolkondersteuning beskikbaar gestel. Kommiteelede kry 'n toelae om die koste van deelname te betaal. Die toelae beloop $100 elke twee maande.
Ons is op soek na mense met die volgende
vaardighede
Weet hoe om in samewerking met ander te skryf (bewese ervaring is voordelig)
Bereid om kompromisse te vind.
Fokus op inklusiwiteit en diversiteit.
Kennis van gemeenskapskonsultasies.
Interkulturele ervaring.
Ervaring in die bestuur of organisasie van organisasies sonder winsbejag of van gemeenskappe.
Ervaring in onderhandeling met verskeie partye.
Daar word verwag dat die komitee met 15 lede opgestel sal word. Indien daar 20 of meer kandidate is, sal 'n gemengde seleksie en verkiesingsproses plaasvind. Indien daar 19 of minder kandidate is, sal 'n seleksie sonder 'n verkiesing plaasvind.
Wil jy in hierdie belangrike rol help om Wikimedia vooruit te dryf? Stel jouself
hier
verkiesbaar. Kontak asb. strategy2030
wikimedia.orgmittee#Candidate_Statements met enige vrae.
Xeno (WMF)
17:01, 10 September 2021 (UTC)
antwoord
Talk to the Community Tech
Read this message in another language
Help met die vertaal na uw taal
Hello!
As we have
recently announced
, we, the team working on the
Community Wishlist Survey
, would like to invite you to an online meeting with us. It will take place on
September 15th, 23:00 UTC
on Zoom, and will last an hour.
Click here to join
Agenda
How we prioritize the wishes to be granted
Why we decided to change the date
from November 2021 to January 2022
Update on the
disambiguation
and the
real-time preview
wishes
Questions and answers
Format
The meeting will not be recorded or streamed. Notes without attribution will be taken and published on Meta-Wiki. The presentation (first three points in the agenda) will be given in English.
We can answer questions asked in English, French, Polish, and Spanish. If you would like to ask questions in advance, add them
on the Community Wishlist Survey talk page
or send to sgrabarczuk@wikimedia.org.
Natalia Rodriguez
(the
Community Tech
manager) will be hosting this meeting.
Invitation link
Join online
Meeting ID: 898 2861 5390
Dial by your location
See you!
SGrabarczuk (WMF)
besprekings
03:03, 11 September 2021 (UTC)
antwoord
Agadir
Gemeenskap, kan iemand asb die stad op die kaart in die infoboks plaas? Groete!
Oesjaar
kontak
17:26, 16 September 2021 (UTC)
antwoord
Wikimedia Stigting se nuwe HUB
Gemeenskap, die dame is ons nuwe HUB:
Maryana Iskander
Kan iemand asb iets skep hier op ons Wikipedia. Ek het reeds 'n gelukwensing per e-pos gestuur en haar ook genooi vir 'n koppie koffie! Kom ons kyk.. Groete!
Oesjaar
kontak
19:46, 16 September 2021 (UTC)
antwoord
Sy het 'n baie indrukwekkende CV.
Lefcentreright
kontak
21:27, 16 September 2021 (UTC)
antwoord
Ek het so pas 'n uurlange konferensie met die dame gehad. Slim en die Afrikaanse Wikipedia laat haar dink... Groete!
Oesjaar
kontak
14:38, 21 September 2021 (UTC)
antwoord
Dankie
Aliwal
!!
Oesjaar
kontak
19:13, 22 September 2021 (UTC)
antwoord
Flora van Suid-Afrika: Taksonomie kategorisering
Gemeenskap, soos julle kan sien is ek nou al amper 16 maande besig met fynbos spesies en verwante dinge. Die een probleem wat ek geïdentifiseer het is dat die kategorisering van die taksonomie van Flora van Suid-Afrika geen struktuur het nie. Daar is kategorieë soos
Blomme
Tuinplante
Struike
Endemiese plant van Suid-Afrika
Bome van Afrika
en nog ander. Daar is egter geen struktuur aan die verskeie kategorieë nie en elke gebruiker doen sy eie willekeurige kategorisering.
Ek stel voor dat die struktuur geskep moet word van koninkryk, klade, klade, klas, orde, familie, genus. Elke spesie moet deel wees van 'n genus kategorie. Die bestaande ongeordende kategorieë
Blomme
Tuinplante
Struike
ens. sal dan soos 'n matriks toegepas word en dat elke spesie ten minste nog een kategorie sal hê.
Om die proses te begin, het ek reeds 59 genera geskep wat direk na Flora van Suid-Afrika skakel. Ons moet die taak so ver as moontlik afhandel alvorens na stap 2 oorgaan. Baie grasse en bome het nog geen genera artikels nie.
Stap 2: As ons eers genoeg genera geskep het, moet hulle na families gekoppel wat op hulle beurt na orde sal skakel ens.
Die bestaande Orde artikels: die meeste is bygewerk met Wêreldspektrum 1982 deur Maroela Media wat hulle so woord vir woord oorgedra het. Die taksonomie het in baie gevalle drasties verander, bv, genera skuif na ander families en families skuif na ander ordes. Moet nie dié artikels blindelings volg nie, ek gaan prof's John Manning, Ben-Erik van Wyk of Tony Rebello vra vir hulp hier. Selfs die magtige Engelse Wikipedia is agter!
Ek hoor graag hoe julle oor die saak voel. Groete!
Oesjaar
kontak
18:32, 19 September 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Solank jy op
Wikipedia:Kategorisering
let, is alles in die haak. Net
Kategorie:Oos-Kaap
én
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap
in dieselfde artikel is oorbodig. Net laasgenoemde moet in die artikel wees. Groete. --
SpesBona
18:55, 19 September 2021 (UTC)
antwoord
Reg só! Ek het gou die Oos-Kaapse riviere wat my verantwoordelikheid is, na
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap
oorgedra. Groete,
Aliwal2012
13:34, 21 September 2021 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Kinderensiklopedie
'n Mens besef terdeë hoe uiters, uiters versigtig te werk gegaan moet word met die oorname van materiaal uit ou ensiklopedië. Feite verouder vinnig en selfs verlede jaar s’n kan vandag nie meer geld nie. Ek weet dat dit juis om hierdie rede is dat Naspers hoeka reeds die uitgee van die ou geroemde Afrikaanse Kinderensiklopedie gestaak het. Dit is egter steeds so dat daar 'n magdom inligting in die Kinderensiklopedie is (sê nou maar die geskiedenis van 'n ridder uit die gryse verlede of wat dan nou ook al) wat steeds so geldig is as toe dit destyds geskryf is. As die uwe kan reël dat van daardie materiaal vryelik beskikbaar word vir die Afrikaanse Wikipedia, sal iemand enige beswaar daarteen hê? Daar kan selfs so bepaal word dat opname van enigiets daaruit eers voorgelê word vir goedkeuring van admin. Maar dit sou jammer wees as so 'n magdom bruikbare materiaal net verlore gaan in argiewe waar dit gou onder die stof sou vergaan. Mooi groetnis.
Mieliestronk
kontak
05:13, 20 September 2021 (UTC)
antwoord
Naskrif: Let wel, ek waarborg nie dat ek so iets gereël sal kan kry nie. Ek het wel rede om te hoop dat ek miskien sal kan. Maar ek kan mos nie sommer sonder magtiging namens Wikipedia optree nie! Groete.
Mieliestronk
kontak
05:17, 20 September 2021 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
, dinge wat nie verander het in Wêreldspektrum nie is die data oor persone, dus is jou boeke welkom. My visie is dat sulke databronne by 'n instansie soos die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
bewaar moet word. Ek sal dit noem aan prof.
Anne-Marie Beukes
. Kry daardie boeke meneer! Groete!
Oesjaar
kontak
05:24, 20 September 2021 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
, prof.
Anne-Marie Beukes
het bevestig dat hulle nie oor 'n kopie van die Kinderensiklopedie beskik nie, dus kan hulle ons s'n oppas. Groete!
Oesjaar
kontak
15:03, 20 September 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, jammer ek kom nou eers terug hiermee, maar twee ander dinge het die afgelope week 'n ou se volle aandag geverg! Ek moet nietemin nou bieg dat ek ietwat in die war is oor wat ek moet probeer beding. Moet ek vra vir die opname van materiaal uit die Kinderensiklopedie in Wikipedia? Of moet ek vra dat of die Kinderensklopedie se data bewaar mag word by die Akademie?
Mieliestronk
kontak
00:43, 26 September 2021 (UTC)
antwoord
Mieliestronk
, eerste prys: kry alles, daarna wat ook al! Elke bietjie help! Groete!
Oesjaar
kontak
08:32, 27 September 2021 (UTC)
antwoord
Bladsy wat nie kategorieë het nie...
Gemeenskap, kan julle asb help:
Groete!
Oesjaar
kontak
07:41, 20 September 2021 (UTC)
antwoord
Dankie, die aantal het gedaal van 54 tot 29 tans waarvan ek 'n paar reggemaak het. Groete!
Oesjaar
kontak
06:36, 22 September 2021 (UTC)
antwoord
Daar is tans nog net drie oor! Dankie julle! Groete!
Oesjaar
kontak
08:11, 28 September 2021 (UTC)
antwoord
Dankie julle! Die bladsy is nou skoon! Groete!
Oesjaar
kontak
18:30, 3 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Movement Charter Drafting Committee - Community Elections to take place October 11 - 24
This is a short message with an update from the Movement Charter process. The call for candidates for the Drafting Committee closed September 14, and we got a diverse range of candidates. The committee will consist of 15 members, and those will be (s)elected via three different ways.
The 15 member committee will be selected with a
3-step process
Election process for project communities to elect 7 members of the committee.
Selection process for affiliates to select 6 members of the committee.
Wikimedia Foundation process to appoint 2 members of the committee.
The community elections will take place between October 11 and October 24. The other process will take place in parallel, so that all processes will be concluded by November 1.
We are very happy about the wide range of diverse Wikimedians that are running for the election and selection processes for the drafting committee of the Movement Charter! As the number of candidates is quite large and thus informing yourself about them might be a bit more complicated, we want to try something different this time: We want to organize a so-called “Voting Advice Application
(or “Election Compass
) with statements related to the Movement Charter. All candidates can propose their statements
here
For the full context of the Movement Charter, its role, as well the process for its creation, please
have a look at Meta
. You can also contact us at any time on Telegram or via email (wikimedia2030@wikimedia.org).
Best,
Zuz (WMF)
kontak
10:41, 21 September 2021 (UTC)
antwoord
Voorbladkandidaat week 39 gesoek
Hallo gerespekteerde mede-outeurs, wees gegroet!
Ons het 'n probleem met 'n kandidaat vir eerskomende week se voorbladartikel. Die een wat in lyn staan vir goedkeuring, is
Joachim Nikolaus von Dessin
, maar die artikel het geen foto beskikbaar nie. Gewoonlik sal ons nie dit mag oplaai nie, want teks alleen vertoon baie saai op die voorblad.
Ek het gaan kyk na
Bloemfontein
, aangesien ons reeds voorheen Johannesburg, Pretoria en Kaapstad gehad het. Ek vra julle toestemming om Bloem te plaas, al het dit nog nie deur die gebruiklike stemproses gegaan nie?
U spoedige antwoord sal waardeer word
, of
stem asb. hier
. Dankie!
Aliwal2012
19:53, 21 September 2021 (UTC)
antwoord
N.S. Die Bloemfontein-artikel is reeds op 25 Mei 2003 geskryf, 241 keer gewysig en is 1 605 keer in die afgelope 30 dae besoek, dus 'n swaargewig!
Die artikel
Joachim Nikolaus von Dessin
wys sy familiewapen, myns insiens is dit 'n geskikte prent vir ons voorblad.
Bloemfontein
is myns insiens egter te klein vir ons voorblad, dit is 'n goeie artikel, maar in vergelyking met ons meeste stadartikels wat reeds op die voorblad was, te klein. Ek het altyd Bloem in die agterkop gehad, maar ook
Windhoek
. Aangesien veral
Gebruiker:Voyageur
daardie artikels uitgebrei het, lyk dit onwaarskynlik dat daar nog iets sal gebeur. (Tensy hy terugkom, 'n klein bietjie hoop is nog steeds daar). Groete. --
SpesBona
20:30, 21 September 2021 (UTC)
antwoord
Antwoord gelees, dankie! Kan jy asb jou stem
hier
uitbring vir Von Dessin? Danke!
Aliwal2012
20:38, 21 September 2021 (UTC)
antwoord
Aliwal, hou by Joachim Nikolaus von Dessin as voorblad, daar sal nooit 'n foto wees nie. Die inhoud is egter van onskatbare waarde vir die gemeenskap. Groete!
Oesjaar
kontak
05:28, 22 September 2021 (UTC)
antwoord
Hallo almal, ek het Von Dessin vir volgende week geplaas by
Wikipedia:Voorbladartikel week 41 2021
. Kan iemand dit proeflees asb.? Dankie,
Aliwal2012
15:44, 8 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Invitation to the East Africa and South Africa EDGAR meeting
I am reaching out to invite you to the East Africa and South Africa EDGAR conversation happening on
Friday 24th September 2021
at
5:00 pm UTC
The Universal Code of Conduct
Phase 2 Drafting Committee
recently shared
a draft of the Enforcement Guidelines
. This is a necessary addition to the Universal Code of Conduct (UCoC), and will help guide community members on how the new policy should be implemented. The draft is available for review by the entire community. The review process opened on 18 August and closes on 18 October.
The suggestion for a UCoC is connected with the Movement Strategy recommendations. The Wikimedia Foundation Board of Trustees decided to make it a priority among other Movement Strategy actions. The UCoC is a step to ensuring the safety and inclusion of volunteers. This policy must be relatable for all the Wikimedia communities and stakeholders of the Movement.
The success of the Universal Code of Conduct depends on you. Your feedback during this review is important. Please think of answers to the open question asked by the drafting committee
here
. Our discussion will centre around the questions about escalation, appeal and the U4C committee. You may comment on the draft or join us this Friday to share your feedback on What you would like to be added to the draft? What language is confusing? Which parts of the draft do you like best or least?
If you will be interested in joining this Friday's meeting please email me via
zuz-ctr@wikimedia.org
to send you the meeting link.
Best regards,
Zuz (WMF)
kontak
15:31, 22 September 2021 (UTC)
antwoord
Kaapse Vlakte
Goeiedag mense
Die misdaad afdeling van die
Kaapse Vlakte
bladsy bevat verskeie sinne en aanmerkings wat nie pas by Wikipedia se beleid nie. Die woordgebruik van sekere interpretasies van verwysings is in sekere gevalle glad nie neutraal nie. In ander gevalle is die negatiewe afleidings wat gemaak word glad nie teenwoordig in enige van die verwysings nie. In verdere aanmerkings word die strekking van die artikel wat gebruik word as 'n verwysing verdraai om 'n sekere punt te maak. Daar is ook verskeie neerhalende opmerkings wat glad nie 'n verwysing het nie.
As mens die eintlike misdaadsyfers opsoek en vergelyk met die grote van die bevolking in die area is dit duidelik dat die oorgrote meerderheid van die bevolking wetsgetrou is. Maar die hele afdeling lyk asof dit geskryf is juis net om die mense van die area sleg te laat lyk. Ek dink nie so iets behoort nie in 'n ensiklopedie nie.
Wat dink julle?
Groete.
Rogue2030
kontak
08:09, 23 September 2021 (UTC)
antwoord
Rogue2030
, die artikel is uit die Engelse artikel,
Cape Flats
, vertaal. Jy het in Maart vanjaar ook die Engelse artikel probeer verander, maar jou veranderings is teruggrol. Ek is seker in die verwysings wat aangegee word, is daar genoeg bewyse van die misdaad op die Kaapse Vlakte. En nêrens staan almal is misdadigers nie?
Burgert
(kontak)
08:36, 23 September 2021 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Burgert_Behr
, ek sê nie dat daar nie misdaad is nie. My punt is dat die manier waarop die situasie daar uitgelê word nie op 'n neutrale wyse gedoen is nie. As ek reg verstaan is
WP:NEUTRAAL
nog steeds een van die mees belangrikste beginsels van Wikipedia. Daar is in die afdeling ook interpretasies wat glad nie in die verwysings verskyn nie, wat weer
WP:OORSPRONKLIK
oorskry. Boonop word lewende mense bespreek, direk sowel as indirek, dus is
WP:LEWEND
ook van toepassing. Hierdie is 'n sensitiewe onderwerp, en ek dink as dit nie op die regte manier beskryf kan word nie, moet dit liewers nie hier verskyn nie.
Rogue2030
kontak
09:12, 23 September 2021 (UTC)
antwoord
Rogue2030
, ek werk nou aan die artikel. Ek sal daarna kyk.
Burgert
(kontak)
09:24, 23 September 2021 (UTC)
antwoord
Wikimedia ZA Annual General Meeting 2021
Wikimedia South Africa invites you to the 2020/21
Wikimedia ZA
AGM will be taking place online on 25 September 2021. See below for more details.
Time
: Saturday, 25 September 2021, starts at 10:00 to 16:00. With intermission at 13:00
Location
: held digitally online
this link
We hope to see you there. Please let me know if you have any questions.--
Schnabel Mchuchu (WMZA)
kontak
10:59, 10 September 2021 (UTC)
antwoord
Die lewe na 100,000 artikels...
Gemeenskap, daar is lewe na 100,000 artikels! Maar ek dink voor ons enige ander groot projekte aanpak moet ons eers 'n bietjie fokus op instandhouding. Die probleem is hoe meer ons Wiki groei, hoe moeiliker word dit om alles te onderhou! Ek het die protea spesie se kategorie probleem reggemaak en in die proses 'n probleem met
Protea venusta
onder dr. Tony Rebelo se aandag gebring. Hy het die data op
Plants of the World
laat regmaak. Wow!
Die ander groot uitdaging is
Gesoekte kategorieë
. Ek het reeds van die
[[Kategorie:Sterftes in JJJJ]]
begin skep, die geboortes moet NOG gedoen word. Enige hulp is welkom hier.
'n Ander probleem is ook ons taksobokse: daar is weergawe een en weergawe twee en nou ontdek ek dat daar ook 'n outomatiese taksoboks is. Ons sal moet standaardiseer en die spesialiste soos
Rooiratel
Burgert Behr
Naudefj
en
K175
sal moet aanbevelings maak.
Daar is ook 713 ongebruikte sjablone, sien
Ongebruikte sjablone
. Ek kan verstaan dat sommige net aktief raak indien daar foute is maar seer sekerlik nie al 713 nie! Spesialiste, asb....
As daar enige ander probleme/uitdagings is plaas dit hier sodat ons dit kan bespreek en regstel op een of ander manier.
Groete!
Oesjaar
kontak
09:39, 28 September 2021 (UTC)
antwoord
Hallo Oesjaar, en al die ander bydraers. Met betrekking tot die taksobokse: ek het nooit die punt van
{{Taksoboks2}}
verstaan nie. Die docs sê iets oor klade, maar beide
{{Taksoboks}}
en
{{Outomatiese taksoboks}}
kan dit doen. Sien byvoorbeeld
Giraffatitan
. So ek dink ons kan maar
{{Taksoboks2}}
skrap.
{{Outomatiese taksoboks}}
aan die ander hand is nie selfstandig nie. Dit maak gebruik van
{{Taksoboks}}
. Die doel daarvan is om dinge makliker te maak vir gebruikers, soos om die taksonomiese lys outomaties in te vul. Dit is veral baie nuttig as die taksonomie van 'n hele Orde of Familie verander, dan kan ons dit net in een plek verander in plaas van op elke spesie se bladsy.
Vir die wat 'n uitdaging soek:
- Ek wil graag die volgende lyste voltooi:
Lys 1
en
Lys 2
(Ek werk daaraan elke nou en dan)
- Ons
portale
kort baie werk. Dit kan ook insig gee oor watter onderwerpe nog inhoud kort.
- Probeer om meer gebruikers te werf! Dit is iets wat ek volgende jaar wil doen. Nie groot groepe nie maar net een of twee mense wat ek persoonlik kan mentor totdat hulle self kan bydra sonder enige vra.
Rooiratel
kontak
11:17, 28 September 2021 (UTC)
antwoord
"co-authors" word in 'n paar verwysingsjablone in rooi uitgegooi.
JMK
kontak
17:08, 28 September 2021 (UTC)
antwoord
JMK
, as jy dit opmerk,
skrap
asb. die
"co-authors"
of vervang hulle met author2, author3, of last2, first2, ens. Groete!
Aliwal2012
17:24, 28 September 2021 (UTC)
antwoord
Select You the question statements for candidates of Drafting Committee Movement Charter
Into 2021-10-04 11:59:59 UTC you can select
question statements
for the
candidates
of
Drafting Committee
Movement Charter
. ✍️
Dušan Kreheľ
kontak
21:40, 29 September 2021 (UTC)
antwoord
Grant for Movement Charter Drafting Committee candidates statements translation
Hi all,
The call for candidates for the Movement Charter Drafting Committee was a huge success with more than 72 candidates. However, as the applications are mostly in English, but the election is global, we need to translate some candidate information into many languages.
We understand that this task is too much to be asked for as voluntary work. So we are offering a grant program for this. What we expect of you from now till October 4(next Monday) is to translate only the statement of each candidate
here
Please translate it directly on Meta.
We will compensate this work with $736 once translation is complete in your language. When translation is complete you can request for the compensation
here
. For guidance, you can refer to the template
here
. Please do not wait for the grant to be approved first, but start right away with the translation, as there is a lot of work but limited time.
Do not consider French, Spanish, Russian, German, Arabic, Hindi, Chinese, Portuguese, Bahasa Indonesia, Bengali and Swahili in the scope. Some facilitators are already working on them.
Also, please get in touch with me first and let us know the language you are translating to.
If you have any questions, please feel free to ask here or to contact me. Regards,
Zuz (WMF)
kontak
08:32, 1 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Sjabloon:{{cite journal|...
Gemeenskap, hoekom is daar skielik so baie
Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
-boodskappe by bogenoemde? Groete!
Oesjaar
kontak
10:47, 5 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Burgert Behr
K175
Aliwal2012
SpesBona
, kan ek die month parameter verwyder? Groete!
Oesjaar
kontak
05:52, 11 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ek versmelt die maand met die jaar aangedui, en tik dan "date" i.p.v. "year" en "month", net om veilig te wees. Ek het aan die sintaks probeer verander, maar dis ongelukkig verskuil agter "
{{#invoke:}}
"-funksionaliteit!
Aliwal2012
10:28, 11 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ek sien die month probleem is beide in die sjablone:
Cite book
en
Cite journal
. Indien die probleem opgelos kan word gaan honderde CS1 foute verdwyn. Waar is die slim manne... Groete!
Oesjaar
kontak
09:43, 12 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Kan jy dalk Frank se hulp vra?
Aliwal2012
Oesjaar
Op watter bladsye sien jy hierdie foute? –
K175
skil 'n appeltjie
14:45, 12 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Hier is solank een:
Waterstof
. Ek gaan deur die lys van
Asb, maak 'n plan. Groete!
Oesjaar
kontak
14:48, 12 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Voorstanders van IP-gebruikers...
Gemeenskap, na nog 'n nag van vadalisme op ons Wikipedia, kan die voorstanders van IP-gebruikers asb. ook hulle deel doen en in die oggend vroeg net [
verwysings
] nagaan en herstelwerk doen? Groete!
Oesjaar
kontak
05:34, 6 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Universal Code of Conduct Draft Enforcement Guidelines review still needs your ideas and opinions
Hello everyone,
This is just a reminder that the
Universal Code of Conduct Draft Enforcement Guidelines
are open for review and comment. The Drafting Committee will start working on revisions and improvement in less than two weeks (October 17), so it is important that you give them your ideas and opinions soon!
There is now a short, simple version of the Draft Guidelines
here
to make your review easier. If possible, also help translate the short version into more languages!
We will also hold
one last conversation hour
on October 15, 2021 03:00 and 14:00 UTC.
On behalf of the Drafting Committee, much thanks to everyone who has given ideas so far. We hope to hear from more of you - the Guidelines will be much stronger if more opinions are included.
Best,
Zuz (WMF)
kontak
11:28, 6 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Iets nuuts van Wikipedia...
Gemeenskap: iets moontliks bruikbaar.
Suidpunt
Burgert Behr
kyk maar asb!
Hi,
The Wikipedia Library team is excited to announce that a centralized search tool is now available to all users eligible to use the library!
Instead of needing to search across individual collections one-by-one, you’ll now be able to search content from across a wide range of collections from one search bar. This search tool uses the EBSCO Discovery Service software and contains a wide array of filtering and advanced search options.
To check which collections are indexed, we’ve also added icons and filters to My Library. Search pulls content from almost all of the collections which are accessible by default for eligible users (the Library Bundle).
This means you can search with the confidence that every result will be accessible to you. In the future, we plan to enable users to turn off this limit, so that you could also search across collections which require individual applications, but we can’t guarantee that you’ll be able to access all results in this mode, as this depends on your individual authorizations.
To check out the search tool just head over to
log in, and you’ll find the search bar at the top of your screen.
We hope you find this feature useful, and would love to hear your feedback at
Finally, as a reminder, we’re planning to start rolling out an on-wiki notification to editors who are eligible to use the library in the near future. Users will only receive the notification once. Please check
to see if you can help translate the notification text!
Thanks.
Christiaan Bakkes
Gemeenskap, sien die nuutste bywerking, sonder bronne? Aanvaarbaar? Groete!
Oesjaar
kontak
06:33, 11 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Artikels met bronne in Nederlands (nl)
Burgert Behr
, is hierdie net 'n
nota
tipe kategorie? Dit is nie 'n fout nie en kan dus geskep word? Groete!
Oesjaar
kontak
07:16, 11 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Dis net 'n versteekte kategorie en kan geskep word.
Burgert
(kontak)
19:11, 11 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Bach se kantates
Gemeenskap, daar is 128 kantates, elk met 'n spesiale inligtingskassie. Die probleem is dat die kassies bykans geen inligting bevat en dus 'n alarm kategorie skep. Sien
. Om van die rooi kategorie ontslae te raak moet ons een van twee dinge doen: voeg meer inligting in elke kassie of verwyder die kassie. Ek luister.... Groete!
Oesjaar
kontak
19:00, 12 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ek is vir die verwydering van sinlose kassies.
Burgert
(kontak)
21:28, 14 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Voting begins for the MCDC Election
Voting for the election of the members for the Movement Charter drafting committee is now open. In total, 70 Wikimedians from around the world are running for 7 seats in this election.
Voting is open from October 12 to October 24, 2021.
The Movement Charter committee will consist of 15 members in total: The online communities will vote for 7 members, 6 members will be selected by the Wikimedia affiliates through a parallel process, and 2 members will be appointed by the Wikimedia Foundation. The plan is to assemble the committee by November 1, 2021.
You can learn more about each candidate to inform your vote
here
You can also learn more about the Drafting Committee
here
We are piloting a voting advice application for this election. Click through the tool and you will see which candidate is closest to you! To try out this tool, visit:
App
Go vote at SecurePoll:
Vote
Read the full announcement:
here
Best,
Zuz (WMF)
kontak
17:42, 13 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Nobelprysartikels as voorbladsters
Goeienaand Gemeenskap, sedert verlede jaar se uitbreiding van die artikels
Nobelprys vir Chemie
Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe
Nobelprys vir fisika
Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde
Nobelprys vir Letterkunde
Nobelprys vir Vrede
dink ek daaroor om dié artikels vir ons voorblad te benoem, maar ná al die kritiek op my rugby- en krieketreekse asook die
Sestigers
op ons voorblad het ek hulle tot op hede nie benoem nie. Nou vra ek julle, is hierdie artikels geskik vir ons voorblad of is dit net die vierde vervelende genomineerde reeks van my kant af? Miskien iets oor die jaar 2022 heen verdeel? Groete. --
SpesBona
21:00, 13 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ondersteun
. Moenie worry nie, mens kan nie altyd almal tevrede stel nie! --
Aliwal2012
21:16, 13 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Gekant
- Dis basies kort artikeltjies met lang lyste name, waarvan die meeste rooi skakels is. Nie juis voorbladmateriaal wat my betref nie. Gebruik een of twee, dan sal ek dit steun; andersins nie.
Burgert
(kontak)
08:23, 14 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Miskien onder die titel "Lys van Nobelpryswenners vir X". Rooi skakels is myns insiens nie 'n probleem nie, aangesien al die persone ongetwyfeld relevant is. Watter een of twee sal jy steun, aangesien al die artikels op dieselfde manier uitgebrei is (inleiding en lys)? Andersins is daar tans nie voorstelle vir ons voorblad van my kant af nie (behalwe vir al die sportgoed wat ek tans op die Duitstalige Wikipedia voorberei).
;) Groete. --
SpesBona
20:41, 14 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Kein Deutsch! Ek sou sê Vrede en Letterkunde, omdat daar 'n paar wenners uit Suid-Afrika is. Maar dis net my persoonlike keuse.
Burgert
(kontak)
21:35, 14 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
My voorstel is dat hierdie ses artikels oor die hele jaar 2022 versprei op ons voorblad verskyn. Dis ses artikels uit 52 voorbladsters. Hierdie artikels is ewe goed. As net een of twee op ons voorblad mag verskyn, het ek min lus om een te nomineer. Dink maar net as een planeet op ons voorblad mag verskyn, maar nie al die ander nie. Ek sou elke planeet op ons voorblad ondersteun, selfs as alle agt binne een jaar op ons voorblad verskyn. Aan die einde van die dag doen ons dit mos vir die kwaliteit van ons Wikipedia en Afrikaans. Groete. --
SpesBona
21:40, 2 November 2021 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met SpesBona, al ses goed versprei. Groete!
Oesjaar
kontak
05:23, 3 November 2021 (UTC)
antwoord
Kwaliteit is juis my probleem. Ek het nou na Fisika en Fisiologie gekyk. Albei artikels is een skerm lank, waarvan 'n kassie en foto die helfte van die plek in beslag neem. Die res is lyste name en verwysings. Waar is die kwaliteit?
Burgert
(kontak)
07:27, 3 November 2021 (UTC)
antwoord
Universal Code of Conduct News – Issue 4
Read the full newsletter
Welcome to the fourth issue of Universal Code of Conduct News! This newsletter will help Wikimedians stay involved with the development of the new code and will distribute relevant news, research, and upcoming events related to the UCoC.
If you haven’t already, please remember to subscribe
here
if you would like to be notified about future editions of the newsletter, and also leave your username
here
if you’d like to be contacted to help with translations in the future.
Enforcement Draft Guidelines Review Wrap-up
- The Universal Code of Conduct Enforcement Draft Guidelines Review will come to a close on 17 October 2021, after more than two months of extensive consultations. (
continue reading
Roundtable Discussions and Conversation Hours
- Another successful roundtable session happened on September 18, 2021 to discuss the EDGR. One last conversation hour will be happening on October 15th, 2021. (
continue reading
Movement Charter Drafting Committee Elections
- The Movement Charter Drafting Committee selection process has kicked off and will be open until October 25, 2021. Contributors to Wikimedia projects can elect their favorite candidates on to the committee. (
continue reading
New Direction for the Newsletter
- As we round-up the consultation processes for the Universal Code of Conduct, the facilitation team is currently envisioning new directions for the newsletter. (
continue reading
Diff Blogs
- Check out the most recent publications about the UCoC on Wikimedia Diff. (
continue reading
--
Zuz (WMF)
kontak
16:02, 14 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
ISSN (identifier) vs ISSN
Die slim manne: binne in die
cite journal
is 'n skakel na ISSN (identifier) wat nie bestaan nie. Indien dit verander word na net ISSN sal ons 'n klomp rooi skakels verwyder. Asb! Groete!
Gedoen
, dink ek.
Burgert
(kontak)
17:41, 15 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Jy is ook skerper as 'n Minora lemmetjie!
Oesjaar
kontak
17:50, 15 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Nou presies 'n jaar sonder Voyageur
Goeienaand Gemeenskap, vandag sit ons presies 'n jaar sonder enige bydrae deur
Voyageur
. Niemand weet wat met hom gebeur het nie en hoekom hy nie meer hier betrokke is nie. Ek hoop maar net dit is 'n soort sabbatjaar van sy kant af en hy kom binnekort terug. Ek wil nie eers daaraan dink wat hy alles in dié jaar kon geskryf het... Dis te veel wat moontlik was. Vir ons, wat net sy artikels het, is sy bydraes die belangrikste, maar ek hoop regtig hy is gesond daar waar hy is. Groete. --
SpesBona
20:45, 18 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ek mis die man ook! Groete!
Oesjaar
kontak
08:02, 19 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Beaam. Ek hoop werklik nie hy het die lewe gelaat nie! Enigiets is deesdae moontlik, siestog!
Aliwal2012
08:36, 19 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Learn how Movement Strategy Implementation Grants can support your Movement Strategy plans
Movement Strategy Implementation grants now provide more than $2,000 USD to put Movement Strategy plans into action. Find out more about Movement Strategy Implementation grants, the criteria, and how to apply
here
Also, the Movement Charter Drafting Committee election is still ongoing. It would be great to increase community participation. If you haven't voted now is the time. Please
vote here
before October 24. Regards,
Zuz (WMF)
kontak
13:55, 20 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Taalvermenging
As iemand bekommerd is oor taalvermenging tussen Afrikaans en Engels luister maar net na
Urdish
, d.w.s. die vermenging van
Engels
en
Oerdoe
. As iemand oor RSG se taalgebruik kla, luister maar net na PTV, Pakistan ste openbare uitsaaier, se Urdish. Soms verstaan ek wat hulle praat, veral danksy al die Engels. Groete. --
SpesBona
19:21, 20 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Interessant dat Duitssprekendes deesdae (of het hulle ooit?) nie hard probeer om nuwe Duitse woorde te maak nie. Woorde soos "team", "take off", "interview", "shipping container" en ander word sommer as Duitse woorde gebruik. In Afrikaans sal jy iets uitdink soos "skeepsvraghouer".
JMK
kontak
14:02, 12 November 2021 (UTC)
antwoord
Dié woorde ken ek ook, maar "take off" kan mens maklik met Start vervang en "shipping container" met Schiffscontainer. Ons "probleem" is veral woorde soos Internet, Computer, Handy, Online/Offline, Website/Webseite, Browser, WLAN, ens. Vir al dié woorde ken ek Afrikaanse ekwivalente, maar vra my asseblief nie vir Duitse s'n. Baie mooi vir my is aanlyn en vanlyn. Nes Nederlanders skep ons deesdae maar min nuwe woorde. Groete. --
SpesBona
21:40, 17 November 2021 (UTC)
antwoord
Baie geluk aan alle Namibiese krieketondersteuners wat hier lees
Van hulle praat mos ook Afrikaans en hulle dien nou as 'n inspirasie vir 'n nuwe generasie. Die
Namibiese nasionale krieketspan
het ook regstreeks vir die 2022-toernooi gekwalifiseer! Dis altyd uitstekend om 'n "klein" nasie op die hoogste sportvlak te sien presteer, beide krieket en rugby. Groete. --
SpesBona
16:50, 22 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ope bedankingsbrief aan Radio Sonder Grense
Beste Radio Sonder Grense
'n Groot woord van dank vir die onderhoud tussen Mariska Spoormaker en Robin McDonald van die Tsitsikamma Wolf Sanctuary.
Ek het verlede Vrydagmiddag, 15 Oktober, tussen 14:42 en 14:53 aandagtig geluister, maar ek dink ek was toe tot by my ore gedompel in die Brasso-politoer en koperware.
Om daardie artikeltjie,
Wolfkruisings in die Suid-Afrikaanse Weermag
van my te skryf, soos dit nie daar lyk nie, het my
R1 057,99 bedroë gelaat. Dankie vir die geldjie wat ek nou spesiaal nie op reiskoste of toegangsgelde of verblyfskoste of lewensversekering hoef uit te gee nie.
Ek sou nooit kon dink Suid-Afrikaners sou in 2019/2020 nog neuk met wolfkruisings vir troeteldiere nie. Ek bedoel, by
Wolwedans in die skemer
, sal ons nog lees Leon van Nierop het 'n troetelwolf by 'n gastehuis in Pretoria teëgekom, maar ek het gedink dis alles toe te skryf aan daardie vervlakste CGI
Twilight
-reeks van Stephanie Meyer waarvan almal al genadiglik vergeet het. Maar nee! En dis 10 jaar later! 'n Mens sou dink die samelewing het effens wyser geword, veral nou dat die wolwe in Holland weer begin skaapvang.
Ek meen maar, toe ek gister ons buurman se hondeboek (
Kies die regte hond
, 1992) deurblaai, was selfs Huskies in 1988 tot 1991 nie eens op die toptelerslys van die Kennel Union of Southern Africa nie! Hulle word by hierdie
hondenfokkersvereniging
met 'n sterretjie aangedui as "skaars rasse". Die geliefdste teelhonde vir daardie tyd was buitendien die Staffordshire-bulterriër (die skattige Staffies), die Duitse herdershond, die Rottweiler, die Engelse bulldog en die Labrador.
Ieder geval, dankie weer. Ek is seker die Afrikaanse Wikipedia is vir sulke wedersydse simbiose te vinde.
Suidpunt
kontak
10:27, 23 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
CS1-errors
Gemeenskap, daar is net 17 oor. Help met hulle asb:
CS1_errors
Groete!
Oesjaar
kontak
11:43, 24 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Dankie manne!
Oesjaar
kontak
18:13, 24 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ons verjaarsdag: 16 November 2021 - dan is ons 20 jaar jonk!
Gemeenskap, ek kan bevestig dat ons nuwe HUB die geleentheid gaan bywoon. Ek het gereël vir 'n vertaler vir haar. Ek beplan om 15 skyfies aan te bied, wat sal julle inhoud van die skyfies wees? Groete!
Oesjaar
kontak
16:47, 30 Oktober 2021 (UTC)
antwoord
Ek is die 16de November van 7:20 tot 7:45 op die Groot Ontbyt, kanaal 144 op DSTV as ek reg onthou en op 90.5 FM. Groete!
Oesjaar
kontak
18:21, 2 November 2021 (UTC)
antwoord
Taxobox: trinomiale naam
Gemeenskap, sien
tolletjies
. Hoe word die Trinomial naam vernader om blou te wees en te skakel na
Trinomiale naam
? Groete!
Oesjaar
Uitgevoer
K175
skil 'n appeltjie
10:36, 1 November 2021 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
18:18, 2 November 2021 (UTC)
antwoord
Meet the new Movement Charter Drafting Committee members
The Movement Charter Drafting Committee election and selection processes are complete.
The
election results have been published
. 1018 participants voted to elect seven members to the committee:
Richard Knipel (Pharos)
Anne Clin (Risker)
Alice Wiegand (Lyzzy)
Michał Buczyński (Aegis Maelstrom)
Richard (Nosebagbear)
Ravan J Al-Taie (Ravan)
Ciell (Ciell)
The affiliate process has selected six members:
Anass Sedrati (Anass Sedrati)
Érica Azzellini (EricaAzzellini)
Jamie Li-Yun Lin (Li-Yun Lin)
Georges Fodouop (Geugeor)
Manavpreet Kaur (Manavpreet Kaur)
Pepe Flores (Padaguan)
The Wikimedia Foundation has appointed two members:
Runa Bhattacharjee (Runab WMF)
Jorge Vargas (JVargas (WMF)
The committee will convene soon to start its work. The committee can appoint up to three more members to bridge diversity and expertise gaps.
If you are interested in engaging with
Movement Charter
drafting process, follow the updates
on Meta
and join the
Telegram group
You can read this announcement in other languages
here
With thanks from the Movement Strategy and Governance team
Zuz (WMF)
kontak
12:12, 2 November 2021 (UTC)
antwoord
Vertaling vir Sjabloon:Koronaviruspandemie van 2019-2020
Kan iemand help met 'n goie vertaling van 'n paar sinne vir die
Sjabloon:Koronaviruspandemie van 2019-2020
bladsy? Sien
Gebruikerbespreking:Tol
Greenman
kontak
00:01, 6 November 2021 (UTC)
antwoord
Gedoen
Burgert
(kontak)
08:57, 6 November 2021 (UTC)
antwoord
Instandhouding: Lint errors
Gemeenskap, meer spesifiek
Gebruiker:Burgert_Behr
Gebruiker:Naudefj
Gebruiker:Rooiratel
Gebruiker:K175
- julle manne het die nodige kennis. Sien
Iewers in die sjabloon Chemiekas2 is daar iets klein wat baie foute veroorsaak. Kan julle help asb? Groete!
Oesjaar
kontak
06:25, 10 November 2021 (UTC)
NS: Julle is ook welkom om na die ander soortgelyke sjabloon foute te loer!
antwoord
Ek het chemiekas2 reggemaak, maar ek het nie krag om al die ander goed reg te maak nie. Hoekom is alles wat voorheen reg was, nou skielik verkeerd? Sulke goed raak duisende artikels. Is dit regtig nodig om dit reg te maak. 'n Mens het 'n bot daarvoor nodig.
Burgert
(kontak)
06:40, 10 November 2021 (UTC)
antwoord
In my onkunde vra ek maar net... Vat maat 'n sigaretjie... Groete!
Oesjaar
kontak
06:43, 10 November 2021 (UTC)
antwoord
Hierdie lyk soos HTML-sintaksisfoute. Ek dink as dit niemand pla nie dan hoef dit nie dringend reggemaak te word nie. Ek stem saam dis eerder 'n werk vir 'n robot of dalk iemand wat Autowikibrowser gebruik. –
K175
skil 'n appeltjie
18:27, 10 November 2021 (UTC)
antwoord
Rapport vandag.
Daar behoort 'n berig in vandag se Rapport te wees. Ek werk op 'n event kyk asb of julle iets sien. Oesjaar.
Sien
Ek kan dit nie lees nie want ek is nie 'n Netwerk24 intekenaar nie.
Oesjaar
kontak
16:01, 14 November 2021 (UTC)
antwoord
Dankie Oesjaar, ek kon dit lees! Wou dit vir jou "copy & paste" hiernatoe, maar die Netwerk24 webblad laat dit nie toe nie.
Goete!
Aliwal2012
17:57, 14 November 2021 (UTC)
antwoord
16 November 2021
Gemeenskap, vandag is ons Wikipedia 20 jaar jonk en het ook die 101,000 artikel merk verbygesteek! Baie dankie aan alle gebruikers wat oor die afgelope 20 jaar 'n bydrae gemaak het. Elke bietjie help! Ek vertrou dat ons die groei sal volhou en sal versnel, ek beplan 'n paar opleidings sessies volgende jaar. Toe ek 12 jaar terug hier betrokke geraak het as 'n rou, rou nuweling het ons ongeveer 15 000 artikels gehad... Daar was baie meningsverskille oor die tydperk en daar sal ongetwyfeld ook in die toekoms wees maar dit is my mening dat ons sterker geraak het as gevolg daarvan. Ons gebruikers bly ons grootste bate en het definitief 'n verskil in meer as een skolier se lewe gemaak!
Cheers! Op 20 jaar!
Oesjaar
kontak
17:34, 15 November 2021 (UTC)
antwoord
Galery
Rooiratel
Oesjaar
en
Sobaka
Prof.
Anne-Marie Beukes
, Oesjaar en
Maryana Iskander
Prof. Anne-Marie Beukes, gasvrou
Prof.
Laurette Pretorius - gasspreker
Prof. Laurette Pretorius, Oesjaar,
Discott
, Bobby Shabangu en Maryana Iskander
Dankie aan
SAAWK
Oesjaar en Marlinee Fouche van
RSG
Deel van Spektrum op RSG
Gemeenskap, luister:
Skryfkompetisie 2021!
Gemeenskap, skryf kompetisie 2021, hiermee my gedagtes. Ons begin op 15 Des 2021 tot 15 Jan 2022. Nuwe artikels van ten minste 5 k grepe. Tema: persoonlik soek ek goggas en insekte want ons rak is maar leeg hier! Meerderheids mening wen natuurlik... Groete!
Oesjaar
kontak
19:12, 17 November 2021 (UTC)
antwoord
Geologiese breuke
vs.
Breuk (geologie)
Gemeenskap, ek gaan laasgenoemde skrap en aanstuur los, dit is identiese artikels. In orde? Groete!
Oesjaar
kontak
08:17, 19 November 2021 (UTC)
antwoord
Oesjaar
voor jy enige iets skrap:
breuk (geologie)
is al aan wikidata gekoppel. Versmelt eerder die inhoud van
Geologiese breuke
in
Breuk (geologie)
en dan kan ons vir
Geologiese breuke
verander na 'n aanstuur bladsy.
Rooiratel
kontak
08:40, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Luafout in package.lua op reël 80: module 'Module:ISO 3166/data/GQ' not found
Gemeenskap, wat beteken dit? Groete. --
SpesBona
21:55, 19 November 2021 (UTC)
antwoord
Kategorie:Bladsye met nie-numeriese argumente vir formatnum
... en dit? Groete. --
SpesBona
21:55, 19 November 2021 (UTC)
antwoord
Dit beteken dat iewers is daar 'n parameter wat 'n waarde het met letters, maar die parameter verwag waardes met net nommers. Ek het nou nie tyd om op te spoor waar presies dit gebeur nie.
Rooiratel
kontak
08:44, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Jy is reg daarmee Rooiratel, ek het dit ook op die Noord-Sotho Wikipedia ondervind. Met 'n uitsluitingsoefening ("elimination drill") het ek agtergekom dis die parameter "sensuskode" wat die nie-numeriese fout veroorsaak.
Maar ons kan heelaas nie daaraan peuter nie, want dit word tans op 4744 artikels gebruik! Groete,
Aliwal2012
14:43, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Hoofartikel?
Aanvaar die onderwerp is seker al snuif getrap, maar 'skuus tog, ek stuit elke keer teen die woord "hoofartikel" soos die Afrikaanse Wikipediane dit gebruik. In die volle bestel van die drukkerswese is 'n hoofartikel nie die vernaamste artikel in 'n publikasie of oor 'n onderwerp nie, maar die stuk geskrif waar die redaksie sy eie mening onomwonde verkondig, as 'n deel van sy meningsvormende taak. Die koerant se hoofberig op die voorblad is natuurlik glad nie sy hoofartikel nie, wat selfs op die middelblad kan verskyn. Wikipedia kan natuurlik besluit om 'n ander betekenis aan "hoofartikel" toe te dig, maar nêrens in ons mees gerekende woordeboeke word "hoofartikel" gesien as die belangrikste geskrif oor 'n onderwerp nie. Dit is die Afrikaans vir wat die Engelse 'n "editorial" noem.
• HAT stel dit so:
hoof·ar·ti·kel s.nw. [hoofartikels] [afk. hoofart.] redaksionele artikel van ’n koerant/tydskrif; inleidingsartikel: In die hoofartikel word die sienswyse van die betrokke blad gewoonlik geopenbaar.
• En die grote WAT se definisie is:
hoof’artikel s.nw. Inleidende, redaksionele artikel van 'n koerant of tydskrif, waarin die sienswyse of beleid van die blad geopenbaar word; dit val gew. op deur besondere tipografiese opmaak, bv. groter letter en wyer setmaat, wat dit onderskei van die orige artikels; inleidingsartikel: Soms is daar twee, drie of meer hoofartikels oor aktuele sake.
• Alternatief vir hoofatikel in Wikpedia dan? Goeie vraag. Hoofgeskrif sou dalk hoofdrawend kon klink, maar net totdat dit ingeburger raak en almal dit gebruik. Groete in liefde en vrede --
Mieliestronk
kontak
17:36, 20 November 2021 (UTC)
antwoord
Suidpunt
Burgert Behr
Geebee100
, julle mening? Groete!
Oesjaar
kontak
17:56, 20 November 2021 (UTC)
antwoord
Meins insiens het beide bronne twee verskillende betekenisse vir die woord "hoofartikel" - Wikipedia gebruik die tweede betekenis - "inleidingsartikel". Die nederlandse Wikipedia gebruik die frase "Zie XXXX voor het hoofdartikel over dit onderwerp" en die Duitse Wikipedia gebruik die frase "Hauptartikel: XXXX".
Martinvl
kontak
20:32, 20 November 2021 (UTC)
antwoord
Ek het nie 'n probleem met hoofartikel nie.
Burgert
(kontak)
12:15, 21 November 2021 (UTC)
antwoord
Werk "hoofartikel" nie soos die "hoof-" in hoofstad en hoofrondte (in sport) nie? Ons skryf artikels en die artikel wat dieper inligting oor 'n onderwerp gee, is die hoofartikel omtrent dié afdeling se onderwerp. Ons skryf mos artikels en só kry ons die term "hoofartikel". Ek is natuurlik vertrou met die Duitse term "Hauptartikel". Dalk sien ek iets mis? Groete. --
SpesBona
21:55, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Dis hoe ek dit ook beskou. By 'n koerant het die woord 'n spesifieke betekenis, maar dit stem nie ooreen met hoe ons dit hier gebruik nie.
Burgert
(kontak)
07:22, 23 November 2021 (UTC)
antwoord
Vir my beteken hoofartikel "die artikel wat as spilpunt dien waaruit ander artikels voortvloei".
Op universiteit onthou ek nog het ons "Die spilfiguur" behandel, wat deur Karen de Wet beskryf is in die vaktydskrif
Stilet
. Dit wil sê - alle TERUGVERWYSINGS na 'n boek, 'n karakter, 'n episode... maak nie saak of dit 'n parodie, 'n bespotting, 'n verwerking, 'n bespreking, 'n roofkopie, 'n goedkoop namaaksel op straat is nie - dit wys alles terug na een sentrale punt:
die spilfiguur
. En die spilfiguur kry met elke liewe woordjie en bespotting net meer aandag.
Voorbeeld:
Titanic
. Selfs in
Timon & Pumbaa
is daar 'n episode waar die skip sink
Spilartikel
bestaan wel in Nederlands, maar verwys meestal na "artikel" as die onderafdeling van wetgewing wat 'n groot
invloed
uitoefen en daarom die
middelpunt
is waaruit ander wetgewing voortspruit en na terugverwys.
Kernartikel
sal jy nie kan gebruik nie, want
dit is artikels
wat alle Wikipedias eintlik veronderstel is om te hê, soos godsdiensleiers, fisici van dwarsoor die wêreld, die hoofskrywers uit elke taal, 'n roofdier soos
leeu
... dus, onderwerpe wat in elke ensiklopedie eintlik moet voorkom.
Oorsig(s)artikel
bestaan wel in die WAT:
Artikel waarin 'n oorsig (OORSIG 1 a) gegee word v.d. navorsing of produksie in 'n bep. vakgebied of gebied vir 'n bep. tydperk
, met die voorbeeldsin:
Daar bestaan 'n uitgebreide literatuur oor primêre vaatweefseldifferensiasie by hoër plante wat in
oorsigsartikels
... behandel word
en
Die oorgrote meerderheid artikels (i.d. werk) is
oorsigartikels
...
Hierdie tipe benadering loop altyd die gevaar om te versand in oppervlakkige samevattings van bekende insigte
. En dit maak sin, want jy kan nie alles in detail in 'n oorsigartikel bespreek nie.
Suidpunt
kontak
16:30, 23 November 2021 (UTC)
antwoord
As ons 'n andere woord wil gebruik in plaas van "Hoofartikel", moet ons ook die titels "Introduction to XXX" en "Outline of XXX" uit Engels in Afrikaans vertaal. (Sien
en:wp:OUTLINE
en
en:WP:Make technical articles understandable#"Introduction to..." articles
vir meer inligting). As dit nie gedoen word nie, loop ons die risiko om 'n woord te gebruik wat in 'n ander konteks gebruik moes word.
Martinvl
kontak
21:18, 23 November 2021 (UTC)
antwoord
Die Nederlandse Wikipedia sien ek gebruik
hoofdartikel
in die betekenis: " 'n artikel wat hoofsaaklik die volgende onderwerp in meer detail bespreek", soos hier te sien by
Homunculus
Suidpunt
kontak
03:48, 24 November 2021 (UTC)
antwoord
Broenei
Gemeenskap, ek betwyfel die die volgende sin nadat dit verander is:
Broenei is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander ses is Namibië, Suid-Afrika, eSwatini, Lesotho, Maleisië en Tonga).
Julle mening asb! Groete!
Oesjaar
kontak
12:09, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Nee twak! Daai ou (180.244.84.205) het dit uit sy duim gesuig!
Ek het die foute reeds om 11h00 teruggerol. Groete!
Aliwal2012
13:54, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Malva
Gemeenskap, die artikel Malva is deur
Gebruiker:Burgert_Behr
geskep as 'n
genus
oor die malva spesies. Maroela Media/Elana Barker het ander families daarin geplak wat glad niks met die artikel te doen het nie. Ek gaan die ander families skuif en/of skep. Hulp is welkom... Groete!
Oesjaar
kontak
19:36, 22 November 2021 (UTC)
antwoord
Closing the comment period for the Universal Code of Conduct Enforcement Draft Guidelines
Thank you for your continued comments and ideas on the Universal Code of Conduct enforcement guidelines. Your responses have helped to build a stronger Universal Code of Conduct.
If you have not already provided your comments, now is the time as the drafting committee has been
meeting to update the enforcement guidelines
. The drafting committee wants to consider all comments as they make their updates. Please submit any comments by the end of November. The Committee hopes to finish its revisions before the end of the year, and the revised guidelines will be published as soon as they have been completed.
The next steps for the Universal Code of Conduct include conversations about ratification of the enforcement guidelines. There will be
a conversation about ratification on Nov 29
The Wikimedia Foundation will make recommendations to the Board of Trustees about the ratification of the guidelines in December. The recommendations will inform the next steps in the Universal Code of Conduct process.
Best,
Zuz (WMF)
kontak
16:07, 25 November 2021 (UTC)
antwoord
Taaldinge op RSG - 28 November 2021
Gemeenskap, luister asb na gister se
Taaldinge
waar Prof.
Laurette Pretorius
gepraat het oor die Afrikaanse Wikipedia se eerste 20 jaar! Baie, baie goeie gesprek! Dankie aan haar! Groete!
Oesjaar
kontak
06:53, 29 November 2021 (UTC)
antwoord
Artikels oor Suid-Afrikaanse politiek
Artikels oor Suid-Afrikaanse politiek verouder tans bitter vinnig en ek kan nie alles uit Duitsland hersien nie.
Lefcentreright
het jy na aanleiding van die onlangse
Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2021
tyd, weer op die Afrikaanse Wikipedia skouer aan die wiel te sit? Veral nuwe burgemeesters kort nuwe en goeie artikels. Ander is verskriklik verouder. Ek het sopas die metros gedoen, maar al die res... Groete. --
SpesBona
21:55, 15 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Hi,
SpesBona
. Ek sal sommer nou begin skouer aan die wiel sit. Groete!
Lefcentreright
kontak
09:51, 16 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
Sterkte en 'n geseënde kerstyd! Groete. --
SpesBona
22:05, 18 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Upcoming Call for Feedback about the Board of Trustees elections
The Wikimedia Board of Trustees is preparing a call for feedback about the upcoming Board Elections, from January 7 - February 10, 2022.
While details will be finalized the week before the call, we have confirmed at least two questions that will be asked during this call for feedback:
What is the best way to ensure fair representation of emerging communities among the Board?
What involvement should candidates have during the election?
While additional questions may be added, the Movement Strategy and Governance team wants to provide time for community members and affiliates to consider and prepare ideas on the above confirmed questions before the call opens.
Community members can also organise local conversations during the call. You can find more information about this upcoming call for feedback
here
Best,
Zuz (WMF)
kontak
23:58, 23 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Iets om te lees...
Gemeenskap, hier is iets vir julle om te lees wat onder my aandag gekom het: "A Social & Political History of Southern Africa's Languages" The introductory chapter includes a look at the Wikipedias, and following chapters (by various authors) look at a selection of languages.
Groete!
Oesjaar
kontak
06:48, 24 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Geseënde Kersfees!
Gemeenskap, 'n geseënde Kersfees aan julle en julle geliefdes! Groete!
Oesjaar
kontak
20:18, 24 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Insgelyks.
Logteruna
kontak
10:15, 25 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Wikix/Mudro/Logteruna
Gemeenskap, raai wie is terug? Ai, nou nie eintlik wat ek wou gehad as 'n Kersgeskenk nie. Groete!
Oesjaar
kontak
13:21, 25 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Deesdae sien ek hy skryf 'n paar artikels, kom darem so bietjie reg met Afrikaans. Net skrikkerig as hy weer met honderde kategorie veranderinge begin. Groete en Geseënde Kersfees. Odriskelmac11
Ek het met die Nederlandse Wikipedia gekommunikeer oor die man. Hulle gaan ons help om van hom ontslae te raak. Groete!
Oesjaar
kontak
15:40, 3 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
En nou is hy terug as
Lotgeruna
Oesjaar
kontak
12:35, 14 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
En
Clyklotvi10
...
Oesjaar
kontak
13:39, 14 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Beter woord in Portale
Gemeenskap, sien
Portaal:Geologie
. Kyk na die gebruik van die woord Gebiede. Daar moet 'n beter woord wees bv Vakgebied? Dit word ook so gebruik in twee ander portale. Loer asb! Groete!
Oesjaar
kontak
05:50, 27 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Onderafdelings kan werk.
Burgert
(kontak)
13:40, 31 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, ek het Geologie gedoen en dit lyk baie beter! Kyk self. Groete!
Oesjaar
kontak
19:38, 2 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ja, dit lyk goed.
Burgert
(kontak)
17:10, 3 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Global ban proposal for Musée Annam
Apologies for writing in English.
Help met die vertaal na uw taal
There is an on-going discussion about a proposal that Musée Annam be globally banned from editing all Wikimedia projects. You are invited to participate at
Requests for comment/Global ban for Musée Annam
on Meta-Wiki.
Baie dankie!
NguoiDungKhongDinhDanh
besprekings
14:22, 27 Desember 2021 (UTC)
antwoord
Voorspoedige 2022!
Gemeenskap, ek wens julle 'n artikel ryke 2022 toe! Baie dankie aan almal wat gehelp het in 2021 om ons Wikipedia te groei! 2021 sal onthou vir twee redes: 100
000 artikels en ons 20ste verjaarsdag! In 2022 gaan daar amptelike opleidingsessies wees, ten minste twee in Gauteng en een in Kaapstad. Hou aan stoei met daardie sleutelborde... Groete!
Oesjaar
kontak
07:52, 1 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Goeie werk almal. En voorspoedige nuwe jaar vir almal. -
Rooiratel
kontak
09:14, 1 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Alles van die beste vir 2022ǃ
Sobaka
kontak
16:22, 1 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Voorspoed vir 2022! Beide in 2020 en 2021 het ons elke liewe week 'n nuwe voorbladartikel gehad, iets wat ons voorheen nooit ooit gehad het nie. Maar vir 2022 lyk dit baie onwaarskynlik sonder
Voyageur
. Ons het tans vier gebruikers wat voorbladartikels doen. Groete. --
SpesBona
21:45, 1 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
SpesBona
, ja, dit is kommerwekkend en ons gaan nie gou sulke mense kan oplei nie! Ek is tans besig met die beplanning van opleiding sessies, daar gaan een wees hierdie maand by
SAAWK
in Pretoria en dan in Stellenbosch by die universiteit, so gou as moontlik. Soos hulle sê, 'n slegte plan is beter as geen plan nie! Dankie vir jou ondersteuning! Groete!
Oesjaar
kontak
19:36, 2 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Ek oorweeg nog watter voorbladartikels ek kan doen... Groete. --
SpesBona
21:45, 2 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Ek julle ook.
Lieno Kk
kontak
09:52, 15 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Fynbos
Gemeenskap, ons het nou meer as 2000 artikels wat na fynbos skakel! Die Engelse Wikipedia maar slegs 1162! Groete!
Oesjaar
kontak
06:28, 3 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Welkom aan Maryana Iskander!
Gemeenskap, ons heet
Maryana Iskander
welkom, sy begin vandag as die nuwe
hoof- uitvoerende beampte
van die Wikimedia Stigting, doer in San Francisco! Na my aanbieding tydens ons 20ste verjaarsdag was haar kommentaar: Dankie Deon, ek het so baie geleer! Groete!
Oesjaar
kontak
05:51, 5 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
My 13de jaar hier!
Gemeenskap, dit is met plesier dat ek julle meedeel: vandag is my 13de verjaarsdag hier op ons Wiki! Dankie vir ondersteuning en geduld met my! Groete!
Oesjaar
kontak
10:24, 6 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Baie geluk, en dankie vir die aanhoudende werk!
Rooiratel
kontak
12:16, 7 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Baie geluk! In 2022 betree ek ook my 13de jaar hier. Op nog 13 jaar saam! Groete. --
SpesBona
21:57, 19 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Wiki Loves Folklore is back!
Help met die vertaal na uw taal
You are humbly invited to participate in the
Wiki Loves Folklore 2022
an international photography contest organized on Wikimedia Commons to document folklore and intangible cultural heritage from different regions, including, folk creative activities and many more. It is held every year from the
1st till the 28th
of February.
You can help in enriching the folklore documentation on Commons from your region by taking photos, audios, videos, and
submitting
them in this commons contest.
You can also
organize a local contest
in your country and support us in translating the
project pages
to help us spread the word in your native language.
Feel free to contact us on our
project Talk page
if you need any assistance.
Kind regards,
Wiki loves Folklore International Team
--
MediaWiki message delivery
kontak
13:14, 9 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Enquête over de verlanglijst van de gemeenschap 2022
De
2022 enquête over de verlanglijst van de gemeenschap
is nu geopend!
De enquête is de manier waarmee gemeenschappen bepalen waar het
Community Tech
team volgend jaar aan moet gaan werken. We moedigen iedereen aan om voorstellen in te dienen voor de deadline op
23 januari
, of om te reageren op andere voorstellen om ze te helpen verbeteren.
De gemeenschappen stemmen op de voorstellen tussen 28 januari en 11 februari.
Het Community Tech team is gefocussed op hulpmiddelen voor ervaren Wikimedia bewerkers. U kunt voorstellen in elke taal opstellen en wij vertalen deze. Bedankt en we kijken uit naar uw voorstellen!
SGrabarczuk (WMF)
talk
18:15, 10 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Feminism and Folklore 2022
Greetings! You are invited to participate in
Feminism and Folklore 2022
writing competion. This year Feminism and Folklore will focus on feminism, women biographies and gender-focused topics for the project in league with Wiki Loves Folklore gender gap focus with folk culture theme on Wikipedia.
You can help us in enriching the folklore documentation on Wikipedia from your region by creating or improving articles focused on folklore around the world, including, but not limited to folk festivals, folk dances, folk music, women and queer personalities in folklore, folk culture (folk artists, folk dancers, folk singers, folk musicians, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch hunting, fairy tales and more. You can contribute to new articles or translate from the list of suggested articles
here
You can also support us in organizing the contest on your local Wikipedia by signing up your community to participate in this project and also translating the
project page
and help us spread the word in your native language.
Learn more about the contest and prizes from our project page. Feel free to contact us on our
talk page
or via Email if you need any assistance...
Thank you.
Feminism and Folklore Team
Tiven2240
--
05:49, 11 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Opvoedkundige onderwerp: Sagte vrugte
Gemeenskap, ons kort iets oor Sagte vrugte, dit is 'n onderwerp wat op laerskool behandel word. Enige vrywilligers... Groete!
Oesjaar
kontak
08:28, 11 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Sagtevrugte
. Daar bestaan reeds 'n artikeltjie, maar dit het min om die lyf.
Burgert
(kontak)
14:52, 11 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
The Call for Feedback about the Board of Trustees elections is now open
The Call for Feedback: Board of Trustees elections is now open and will close on 7 February 2022.
With this Call for Feedback, the Movement Strategy and Governance team is taking a different approach. This approach incorporates community feedback from 2021. Instead of leading with proposals, the Call is framed around key questions from the Board of Trustees. The key questions came from the feedback about the 2021 Board of Trustees election. The intention is to inspire collective conversation and collaborative proposal development about these key questions.
There are two confirmed questions that will be asked during this Call for Feedback:
What is the best way to ensure more diverse representation among elected candidates? The Board of Trustees noted the importance of selecting candidates who represent the full diversity of the Wikimedia movement. The current processes have favored volunteers from North America and Europe.
What are the expectations for the candidates during the election? Board candidates have traditionally completed applications and answered community questions. How can an election provide appropriate insight into candidates while also appreciating candidates’ status as volunteers?
There is one additional question that may be presented during the Call about selection processes. This question is still under discussion, but the Board wanted to give insight into the confirmed questions as soon as possible. Hopefully if an additional question is going to be asked, it will be ready during the first week of the Call for Feedback.
Join the conversation.
Best,
Movement Strategy and Governance,
Zuz (WMF)
kontak
16:43, 11 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
This whole issue stink of politics and is an arrogant view. A very small language Wikipedia wants equal rights to say a 6 million article Wikipedia? I know why the small Wikipedia's want representation - to get their hands on the donor money! The actual idea of Wikipedia is to create content - articles, but somehow that seems to have been forgotten! North America and Europa have created articles, Africa not! Which raises the question, has Africa become a bottemless pit for Wikipedian donor money? How can a group that cannot even build a Wikipedia in its own language manage the whole foundation? The Afrikaans Wikipedia is not prepared to play political games.
Oesjaar
kontak
20:25, 13 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
On what basis are you saying that small Wikipedia's want representation in decision making just to get donor money? Are these communities not already getting funds? Even though the actual idea of Wikipedia is to create content, volunteers play different roles such us helping to develop technological tools, organising events, or participating in governance discussions and processes to ensure effective decisions are taken, all these are very important and contribute to the sustainability of the movement. If your community wants to focus on content creation that is fine, but you should understand that volunteers are free to contribute in any role. Your comments about Africa is so wrong and insulting. It makes me wonder if you are even aware of the several Africa wiki communities and their contributions to not only English Wikipedia, French Wikipedia, Arabic Wikipedia, Wikidata, Wikimedia Commons and other indigenous language Wikipedia such as the Swahili Wikipedia, the Hausa Wikipedia, Yoruba Wikipedia, Igbo, Dabgbani, Twi, etc. When making comparisons between the amount of content that has been made by volunteers in Europe and America, please bare in mind that African volunteers did not get to know or join Wikipedia the same time as volunteers in these regions. And the conditions in Europe and America is not the same us those in Africa so please be mindful of such comparisons. By the way, only the expertise of knowing how to build a Wikipedia is not enough to manage the foundation. And that is why diverse perspectives, expertise and representation is needed on the governing body that manages the foundation.
Zuz (WMF)
kontak
11:27, 14 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
If money does not matter, why do you take a salary?
Oesjaar
kontak
12:24, 14 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Die onderwerp spesifieke saadjies....
Gemeenskap, sien
Sjabloon:Azerbeidjan-geo-saadjie
. Ons het 'n saadjie sjabloon, is dit werklik nodig elke onderwerp 'n unieke saadjie moet hê? Groete!
Oesjaar
kontak
14:08, 16 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Ek het nie regtig iets teen sjablone vir geskiedenissaadjies, ruimtesaadjie, ens. nie. Maar 'n Azerbeidjan-geo-saadjie of Frankryk-geskiedenis-saadjie en so aan is vir my effens oordoen.
Burgert
(kontak)
16:58, 16 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Buitendien met 'n stukkende prent! Ek het dit teruggesit en dié sjablone verwyder. Groete. --
SpesBona
21:40, 19 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Seegolf: artikel om klaar te maak.
Gemeenskap, sien
Dit is een van Maroela Media se mense wat dit net so gelos het, omtrent 85
% voltooi. Enige vrywilligers? Groete!
Oesjaar
kontak
13:13, 17 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Subscribe to the This Month in Education newsletter
Dear community members,
Greetings from the EWOC Newsletter team and the education team at Wikimedia Foundation. We are very excited to share that we on tenth years of Education Newsletter (
This Month in Education
) invite you to join us by
subscribing to the newsletter on your talk page
or by
sharing your activities in the upcoming newsletters
. The Wikimedia Education newsletter is a monthly newsletter that collects articles written by community members using Wikimedia projects in education around the world, and it is published by the EWOC Newsletter team in collaboration with the Education team. These stories can bring you new ideas to try, valuable insights about the success and challenges of our community members in running education programs in their context.
If your affiliate/language project is developing its own education initiatives, please remember to take advantage of this newsletter to publish your stories with the wider movement that shares your passion for education. You can submit newsletter articles in your own language or submit bilingual articles for the education newsletter. For the month of January the deadline to submit articles is on the 20th January. We look forward to reading your stories.
Older versions of this newsletter can be found in the
complete archive
More information about the newsletter can be found at
Education/Newsletter/About
For more information, please contact spatnaik
wikimedia.org.
Bo-Karoo Opleiding
Gemeenskap, is julle tevrede met die neutraliteit van die artikel? Bronne is Solidariteit se eie dinge. Sien ook vir
Akademia
, geen neutrale bron nie. Groete!
Oesjaar
kontak
14:39, 23 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Die twee artikels lyk vir my na redelike wegspringpunte en is redelik georganiseerd, en is nie misbruik as 'n stortingsterrein soos sekere ander artikels op af.wikipedia nie. "in die pyplyn" is terloops nie goeie Afrikaans nie.
JMK
kontak
14:01, 6 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Rondom
Afri-Frans
Afri-Spaans
Afri-Talia
: 'n nugtere vraag/nabetragting
Middag mense en gelukkige 2022.
Ek was bietjie uitstedig, en my rekenaar was ook kapot.
Ek het 'n vraag oor die Afri-projek, veral as moontlike strategie ter bevordering van Afrikaans.
As hierdie strategie gewerk het, goed so. Indien nie, dan moet die geskiedenisboeke ook daarvan weet. Anders gaan die probleem hom net weer herhaal.
Op 12 Januarie 2022 het ek by Swellendam se DBV-winkel 'n tweedehandse
Afri-Frans
-CD gekoop teen R5,00. "Vyf rand alleen", soos mens 'n
tjek
sou uitskryf.
Binne die CD-omslag staan daar (my beklemtoning):
"Dagsê,
Hierdie album is die eerste van 'n reeks cd's
wat gemik is om ons Afrikaanse musiek toeganklik te maak vir die buitewêreld
Deur ons gunsteling musiek te vertaal na wêreldtale, blaas ons nuwe lewe in ons eie kultuur, hoor ons dieselfde verhale met nuwe ore en gee ons dus nuwe lewe aan liedere wat ons lewens die afgelope dekades verryk het." [...]
Ek benadruk daardie woorde.
Ek het vandag, Maandag, 24 Januarie 2022, by ons Spar op die dorp twee Afri-Spaans-CD's bekom teen R59,99 stuk. Binne staan geen verdere nuttige inligting nie.
In 'n koerantberig uit die
Beeld
-bylaag van 19 Maart 2010
staan die volgende:
Meer as 25 000 eksemplare van Afri-Frans 1 is binne vier maande in Suid-Afrika verkoop.
[...]
Later vanjaar, wanneer Matthys saam met 'n kenner een CD uit die twee Franse versamelings
saamgestel het, sal Afri-Frans ook in Frankryk versprei word.
Afri-Spaans sal dieselfde pad na Spanje en Suid-Amerikaanse lande volg en wanneer Afri-Italiaans
voltooi is, sal ook Italianers die kans kry om na van ons mooiste liedjies in hul taal te luister.
Nou hier breek my klomp en loop my spoor nou dood.
As ons kyk na die positiewe puntjies, die volgende:
Die Franse vertaalwerk is onder andere gedoen deur die tot-ridder-geslane prof. Naòmi Morgan van die Universiteit van die Vrystaat. Die gehalte daarvan hoef ek glad nie te bevraagteken nie. Die Spaanse vertaalwerk is deur Marta Gomez wat in Colombia gebore is.
Die liedjies se vertaalwerk staan naas mekaar in die liedjieboekie, wat veral kan help as jy Frans en Afrikaans wil vergelyk. Die vertalings is nie letterlik nie, maar iemand met 'n oop gemoed en belangstelling sal verstaan as "Blouberg se strand" dan "Côte atlantique" word. Iemand soos ek en
SpesBona
wat Frans onder die knie probeer kry, sal beslis die musiek geniet.
Die melodie bly dieselfde.
Dan, bykomende inligting vir die ongewyde wat 2010 nog kind was, of diegene wie se geheue hul begin parte speel:
Vanaf 2008 tot 2013 kon iedereen wat kitaar kon slaan in die ry by 'n platemaatskappy staan. Dit was die tydperk toe Afrikaans, danksy Jack Parow-hulle se "skokmusiek" (baie soos
Bakgat
se "skokfilm") die Afrikaanse bedryf "skokterapie" gegee het. Of, dit was die vonk uit die vonkprop wat die enjin aan die loop gekry het. "As hulle dit kan maak, kan ek ook", so iets. Wat die rolprente betref, weet ons reeds daar was later te veel films op die kringloop, en mense het net soveel geld, so... ek weet nie van die musiek af nie.
So ons moet besef hierdie eerste
Afri-Frans
-CD is in 2009 uitgegee,
Afri-Spaans
in 2010 en
Afri-Spaans 2
in 2011. Almal dus in die bloeitydperk / golf.
Reg, nou - 25 000 laserplate binne 4 maande iewers tussen 2009 en 2010 beteken platinumstatus. So, 'n sukses in Suid-Afrika, hier te lande, is dit gewis. Ek stry nie. Hoegenaamd nie. Baie geluk. Afrikaanssprekendes het 'n geweldige liefde vir die eksotiese ter afwisseling van die tradisionele (Starbucks vs. brou jou eie koffie tuis; KFC vs. potjie op die vuur).
Selfs Jaco Alant het 'n uitvoerige stukkie geskryf oor die
nostalgie in Afri-Frans
, ens.
In
Les littératures africaines: Textes et terrains
(2011), in die hoofstuk
Le projet «
Afri-Frans
: tissant des liens entre l’Afrique du Sud, la France et Madagascar
word geskryf dat 90% van die liedjies uit die Afrikanergemeenskap kom en watter moeite daar met die vertaling was. Deur Naòmi Morgan self. Die hoofstuk kan gelees word deur enige Wikipediaan met biblioteektoegang.
Alles goed en wel.
Maar mense mis die punt!
Hulle sit die pot geheel en al mis.
Is selfs die kluts kwyt!
Orals struikel ek oor daardie woorde in die Afri-Frans CD 1, die
oorspronklike doel
wat gemik is om ons Afrikaanse musiek toeganklik te maak vir die buitewêreld
Hier sê Alant egter, in sy berig, die "ontvanger" van die vertaling [dis nou vir diegene wie die vertaling voor bedoel is, net soos mens, as jy uit Frans in Afrikaans vertaal, jy vir die Afrikaanssprekende gemeenskap moet dink en in hulle taal en wêreld moet skryf] was in die eerste plek nie die Franssprekendes nie, ten spyte van die woorde in die CD, maar wél die Afrikaanssprekendes!
Die probleem is, ons het geen verkoopsyfers uit die buiteland nie.
Maar het die CD ooit daar uitgekom?
Het die projek geslaag in
daardie
doel? Indien nie, dan moet ek melding daarvan maak.
Le Figaro
en
Le Monde
spreek egter geen dooie woord oor die projek nie, wat my klaar laat wonder.
Amazon.fr
en
CDiscount.com
(Frankryk se eie takealot.com) het blykbaar nog nooit van Rakotondravohitra gehoor nie.
Worldcat.org
lys laasgenoemde slegs by die Afrikaanse CD en 'n paar van haar ander musiek, maar geen ander CD merk ek op wat oor Afrikaans handel nie.
Soos dit vir my lyk, was die projek in daardie opsig 'n volslae mislukking?
Ek het nie die inligting nie. Ek het gehoop iemand sou my hiermee kon help. Miskien het iemand iets raakgelees?
Suidpunt
kontak
14:56, 24 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Suidpunt, kyk op
Google Scholar
, het ten minste vier artikels oor die projek gesien waaronderː "Afrikaners is nostalgierig
: Afri-Frans as vertaling van identiteit". beskikbaar by
Groete.
Sobaka
kontak
17:52, 24 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
RSG en
Taalkommissie
se nuwe voorsitter.
Gemeenskap, neem kennis dat RSG komende Sondagoggend om 11:00 'n onderhoud voer met die Taalkommissie se nuwe voorsitter: Suléne Pilon. Geniet en groete!
Oesjaar
kontak
09:47, 25 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Potgooi
Groete!
Oesjaar
kontak
12:13, 31 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Spesieboks
Kan iemand asb vir my 'n spesieboks vir
Hyalosepalum
skep? Nou maar weer terug na Taksobokse. Ai!
Oesjaar
kontak
16:06, 31 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Ja, ek sien jy het 'n kraaines by
Oranje-druiweranker
! As jy dit wil verander na taksoboks, lyk die resultaat heelwat beter!!
Groete. --
Aliwal2012
17:50, 31 Januarie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek het dit reggemaak. Die sjabloon vir Hyalosepalum was seker nie geskep nie omdat dit verouderd is. Alles is nou in orde.
Rooiratel
kontak
10:38, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Hyalosepalum is die korrekte naam, die ander een is oud!
Oesjaar
kontak
10:39, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
lol, ek het dit nou terug verander na Hyalosepalum caffrum. Dit was nêrens duidelik watter naam die korrekte een is nie. Dit sal baie help as hulle datums byvoeg om te sê wanner hulle van die een na die ander verander.
Rooiratel
kontak
11:37, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Nou praat jy!
Oesjaar
kontak
11:46, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Ek het hierdie item gekoppel aan Sweeds en Cebuano (interwiki-skakel), maar dit forseer my toe na die naam
Tinospora caffra
op hulle wiki's! Sê maar as julle nie tevrede is daarmee nie, dan kan ek dit ontkoppel/terugrol. Groete,
Aliwal2012
13:42, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Na 2000 spesies, ons is voor al die Wiki's met spesies se taksonomie! KEW: Plant of the World Online is ons fondasie!
Oesjaar
kontak
13:51, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Dit was al reeds aan die wikidata item vir Hyalosepalum caffrum gekoppel. Ek sien jy het die twee items versmelt. Ek het probeer om dit terug te rol, maar dit is nou opgefoeter. XD Ek sal dit probeer regmaak.
Rooiratel
kontak
07:05, 2 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Ek moes toe die wikidata item vir Hyalosepalum caffrum weer van die begin af skep. Vir toekomstige verwysing: elke
sinoniem
van 'n takson kry sy eie wikidata item, so moet asseblief hulle nie versmelt nie. En ook, net omdat daar nie taalskakels is aan die kant van 'n wikibladsy is nie, beteken dit nie dat dit nie aan wikidata gekoppel is nie. Dit kan wel die enigste taal wees wat aan wikidata gekoppel is. As jy kyk aan die linkerkant van die bladsy onder "Gereedskap" dan sal daar 'n "Wikidata-item" skakel verskyn as die bladsy gekoppel is. -
Rooiratel
kontak
07:22, 2 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Jammer Meesterbrein! Nie geweet dis die geval nie. Groete!
Aliwal2012
08:49, 2 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Geen probleem.
:) Ek het die goed alles maar bietjie vir bietjie geleer soos ek deur die dinge sukkel. -
Rooiratel
kontak
08:55, 2 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Boodskap van Prof. Braam van Wyk
Gemeenskap, hier is die antwoord op 'n vraag wat ek aan prof
Braam van Wyk
gestuur het oor die Nasionale Boom nommers:
Beste Deon (gekopieer aan Erika van den Berg),
Aangename kennis!
Kom ek begin met jou laaste vraag. Geruime tyd reeds verwys ons nie na "nasionale" boomnommers nie, maar na die "FSA-nommer", of bloot net "boomnommer". Om ooglopende redes, soos jy tereg opmerk, is "nasionaal" nie meer van toepassing siende dat Namibië onafhanklik is. Net 'n bietjie agtergrond. Daar is 'n verskil in betekenis tussen die begrippe "flora" en "Flora". Laasgenoemde, met hoofletter, verwys na die standaard taksonomiese behandeling van die flora van 'n gebied. Vir doeleindes van Floras word bepaalde gebiede afgebaken (deur plantkundiges; nie politici nie). So byvoorbeeld is daar die Flora Zambesiaca [FZ]-gebied wat insluit Zimbabwe, Botswana, Mosambiek, Malawi en Zambië. Aan die suidpunt van Afrika is die Flora of Southern Africa-gebied / Flora van Suider-Afrika-gebied ---afgekort FSA-gebied (die Flora is net in Engels beskikbaar; daarom word gewoonlik na die Engelse benaming verwys). Die FSA-gebied dek die RSA, Namibië, Botswana, Eswatini en Lesotho. Let daarop dat Botswana deur beide die FSA en FZ gedek word. Ons kon dus die "nasionale boomnommers" behou vir Namibië deur daarna te verwys as FSA-nommers.
Die standaardpublikasie vir FSA-nommers is die "Saklys van Suider-Afrikaanse Bome" (2014), uitgegee namens die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika deur Briza Publikasies, Pretoria. Omdat dit 'n hardekopie is, is dit ook nie meer op datum nie. Die lys van boomnommers word vir die Dendrologiese Vereniging op datum gehou deur Erika van den Berg
Ek moet ook daarop wys dat die meriete/toekoms van die boomnommers tans onder bespreking is. Daar is verskillende menings oor die saak; onder andere word die vraag gevra of die nommers nog enige doel dien. Toe die nommers in die 1960s die eerste keer toeken is, is dit o.a. gebruik op bome langs nasionale paaie (het gelyk soos nommerplate van voertuie) sodat mens uit jou motor en in die verbyry bome kon identifiseer deur die nommer in die boomlys na te slaan. Die gebruik bestaan lankal nie meer nie (het ook die omgewing ontsier!). Deesdae word naambordjies by plekke soos ruskampe en wandelpaaie op bome geplaas waarop die naam gewoonlik reeds verskyn. Aangeheg 'n nota oor die saak wat ook in die laaste Dendron verskyn het en waarin lede van die Dendrologiese Vereniging gevra word vir hul mening oor die voortgesette gebruik van die boomnommers.
Hoop die inligting help. Laat weet gerus as jy verdere vrae het.
Voorspoed met die werk aan die Wikipedia.
Beste groete
Braam
Sy epos het twee aanhangsels, enige persoon wat na dit wil loer plaas net jou epos adres hier asb! Groete!
Oesjaar
kontak
07:55, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Ons artikel
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
sal seker hernoem moet word na iets soos
Alfabetiese lys van Suider-Afrikaanse bome
. Julle gedagtes asb! Ons kort ook so kort artikeltjie oor FSA-nommers! Groete!
Oesjaar
kontak
08:11, 1 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Die nuwe nommers is myns insiens so onbelangrik as die oues en sal met verloop van tyd weens taksonomiese skommelinge weer deurmekaar raak. Dis beter om energie aan die alfabetiese lys te spandeer, deur bv. een vir Suid-Afrika benewens een vir Suider-Afrika te hê. D.w.s. lyste wel belangrik maar nommers 'n ewige beslommernis.
JMK
kontak
00:00, 6 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Updates on the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines Review
Hello everyone,
The
Universal Code of Conduct (UCoC) Enforcement Guidelines
were published 24 January 2022 as a proposed way to apply the
Universal Code of Conduct
across the movement. Comments about the guidelines can be shared here or
the Meta-wiki talk page
There will be conversations on Zoom on 4 February 2022 at 15:00 UTC, 25 February 2022 at 12:00 UTC, and 4 March 2022 at 15:00 UTC.
Join the UCoC project team and drafting committee members to discuss the guidelines and voting process
The
timeline is available on Meta-wiki
. The voting period is March 7 to 21.
See the voting information page for more details
You can read the full announcement
here
. Thank you to everyone who has participated so far.
Sincerely,
Movement Strategy and Governance
Wikimedia Foundation
Zuz (WMF)
kontak
09:32, 4 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Windkrag
Windkrag
en
Windenergie
moet versmelt word.
Krag
en
drywing
is nie energie nie, maar in hierdie konteks moet dit onder dieselfde hoof val, soos by ander wikipedias. Ons moet dus besluit welke van eersgenoemde twee behou word, wat binne dae van mekaar in 2007 geskep is. Ons het terloops Windkrag, Windenergie, Windenergieaanleg en Windplaas, d.w.s. baie duplikasie.
JMK
kontak
19:59, 6 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
JMK
Ek sou sê windkrag, net omdat dit korter is en in die HAT voorkom.
Burgert
(kontak)
15:04, 8 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Leadership Development Task Force: Your feedback is appreciated
The Community Development team at the Wikimedia Foundation is supporting the creation of a global, community-driven Leadership Development Task Force. The purpose of the task force is to advise leadership development work.
The team is looking for feedback about the responsibilities of the Leadership Development Task Force. This Meta page shares the proposal for a
Leadership Development Task Force
and how
you can help
. Feedback on the proposal will be collected from 7 to 25 February 2022.
Best,
Zuz (WMF)
kontak
09:41, 8 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Trisa Hugo
Gemeenskap, is die gemors werklik ensiklopedies van aard? Groete!
Oesjaar
kontak
07:58, 13 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Skokkende vandalisme deur CharlotteHall1226644! Ek stel voor ons rol die gemors terug na die goeie versie van Maankind1 in 2018.
Aliwal2012
09:08, 13 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Haha, die vrou se kaloolse gewoontes hoort eerder in die Huisgenoot. Groete.
Frank
kontak
10:39, 13 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Aliwal2012
, en
Naudefj
Blykbaar het ons 'n klein probleemtjie met vandalisme wat nie betyds raakgesien word nie. Groete. --
SpesBona
19:45, 13 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Ukraine's Cultural Diplomacy Month: We are back in 2022!
Help met die vertaal na uw taal
Hello, dear Wikipedians!
Wikimedia Ukraine
, in cooperation with the
Ministry of Foreign Affairs of Ukraine
and
Ukrainian Institute
, has launched the second edition of writing challenge "
Ukraine's Cultural Diplomacy Month
", which lasts from 17 February to 17 March 2022. The campaign is dedicated to famous Ukrainian artists of cinema, music, literature, architecture, design and cultural phenomena of Ukraine that made a contribution to world culture. The most active contesters will receive
prizes
We invite you to take part and help us improve the coverage of Ukrainian culture on Wikipedia!--
ValentynNefedov (WMUA)
kontak
12:56, 21 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Wiki Loves Folklore is extended till 15th March
Help met die vertaal na uw taal
Greetings from Wiki Loves Folklore International Team,
We are pleased to inform you that
Wiki Loves Folklore
an international photographic contest on Wikimedia Commons has been extended till the
15th of March 2022
. The scope of the contest is focused on folk culture of different regions on categories, such as, but not limited to, folk festivals, folk dances, folk music, folk activities, etc.
We would like to have your immense participation in the photographic contest to document your local Folk culture on Wikipedia. You can also help with the
translation
of project pages and share a word in your local language.
Best wishes,
International Team
Wiki Loves Folklore
MediaWiki message delivery
kontak
04:50, 22 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
SAAWK se nuwe Taalkommissieadviespaneel
Gemeenskap, sien die
aankondiging
My naam is ook daar iewers... Hopelik gaan ons 'n verskil kan maak. Groete!
Oesjaar
kontak
14:59, 22 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Ek sien 'n boekie kan ook by die Akademie bestel word wat jou raad gee hoe om by Wikipedia betrokke te raak.
JMK
kontak
14:03, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Coming soon
Several improvements around templates
Hello, from March 9, several improvements around templates will become available on your wiki:
Fundamental improvements of the
VisualEditor template dialog
),
Improvements to make it easier to put a template on a page (
) (for the template dialogs in
VisualEditor
2010 Wikitext
and
New Wikitext Mode
),
and improvements in the syntax highlighting extension
CodeMirror
) (which is available on wikis with writing direction left-to-right).
All these changes are part of the “
Templates
” project by
WMDE Technical Wishes
. We hope they will help you in your work, and we would love to hear your feedback on the talk pages of these projects.
Johanna Strodt (WMDE)
12:38, 28 Februarie 2022 (UTC)
antwoord
Ons 20ste verjaarsdag: TV onderhoud
Gemeenskap, ek loop vandag toevallig 'n opname van die TV onderhoud met my op Groot Ontbyt raak:
Loer maar as julle 'n kansie kry.
Groete!
Oesjaar
kontak
18:49, 1 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ontginning
Hallo. Ek wil graag hoor wat ’n beter woord vir "ontginning" (binne die mynbedryf) is?
Abrahamvisser
kontak
09:31, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ek weet nie van 'n beter woord nie. "Ontgin" en "ontginning" word gebruik. Goud word ontgin.
Burgert
(kontak)
09:52, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ek wil ook graag weet of ek die ekonomiese data op die "Ekonomie van Suid-Afrika"-blad kan aanvul met die nuutste syfers? (Hoewel ek sukkel nog kwaai met die redigering van die sjablone.)
Abrahamvisser
kontak
09:58, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ja, gaan asb. voort daarmee Abraham! Onthou, niks kan gebreek word op die wiki nie. As dit blyk 'n flop te wees, kan jy of 'n ander bydraer dit net terugrol, soos maklik soos dit. Redigering is sports!
NS: Dankie vir jou vrae hier, ons sal jou beslis help. Groete!
Aliwal2012
10:21, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ook "eksploiteer", die "geëksploiteerde", "ontgonne" mineraal. En "delf" is beter as "myn", myns insiens. Sand of modder word uit 'n rivier "gebagger". Wat mens in 'n steen- of gruisgroef doen kan julle my vertel. 'n Goeie blokkiesraaiselwoordeboek kan jou help om al die sinonieme te kry, en die verkeerdes te systap.
JMK
kontak
14:15, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Thank you for your feedback about the Board of Trustees elections
The
Call for Feedback: Board of Trustees elections
is now closed. This Call ran from 10 January and closed on 16 February 2022. The Call focused on
three key questions
and received broad discussion on
Meta-wiki
, during meetings with affiliates, and in various community conversations. The community and affiliates provided many proposals and discussion points. The
reports
are on Meta-wiki.
This information will be shared with the Board of Trustees and Elections Committee so they can make informed decisions about the upcoming Board of Trustees election. The Board of Trustees will then follow with an announcement after they have discussed the information.
Thank you to everyone who participated in the Call for Feedback to help improve Board election processes.
Best,
Movement Strategy and Governance
Zuz (WMF)
kontak
10:19, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ekonomie
Hallo. Ek is tans besig om die
Ekonomie van Suid-Afrika
by te werk. Voordat ek aankarring, wil ek net jul gedagtes toets. In die afdeling oor
Internasionale handel en buitelandse beleggings
wil ek nogal skerp verander. Soos dit nou daarna uitsien kom Suid-Afrika nie sonder die Duitse regering klaar nie. Wat nie meer die geval is nie. Internasionale handel het aanbeweeg van bilaterale verhoudings en word in hierdie era van laatkapitalisme suiwer deur maatskappye gedryf. Ek wil dus voorstel dat die afdeling hernoem word na: Internasionale handel (dus sonder buitelandse beleggings). Buitelandse beleggings kan 'n afsonderlike afdeling word. Onder die afdeling vir Internasionale handel stel ek dan die volgende onderafdelings voor: Afrika, Asië, Australasië, Europa, Noord-Amerika en Suid-Amerika.
Verder wil ek ook voorstel dat die afdeling vir
Arbeidsmag
aangepas word. In plaas van die huidige onderafdelings, wil ek die volgende voorstel: Informele arbeid, Formele arbeid, Opleiding van arbeidsmag.
Ek hoor graag van julle.
Abrahamvisser
kontak
16:37, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Artikel lyk verouderd. Gaan gerus voort.
Sobaka
kontak
17:31, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Flora van Namibië
Met die bywerking van
Witkaree
het die
Kategorie:Flora van Namibië
nou 200 inskrywings! Ons groei!
Oesjaar
kontak
19:00, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Van groei gepraat, ek het nou ook persoonlik 7
000 nuwe Afrikaanse artikels geskep, en mik vir my 10de verjaarsdag hier 31 Maart.
Groete, --
Aliwal2012
19:15, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
7000 op Afrikaans? En jou bydraes op Sotho, kan nie onthou noord of suid nie! Geluk Aliwal! Min mense besef wat dit neem om die mylpale te behaal. Groete!
Oesjaar
kontak
19:20, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
3995 op Noord-Sotho. Stem saam met jou opmerking oor mylpale! Dan het ek nog 'n vrot stadige skootrekenaar, so frustrerend, moes nooit na Windows 11 opgegradeer het nie!! --
Aliwal2012
19:35, 3 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Sjoe
Is daar iets fout met Wikipedia, of is dit net my fantastiese skootrekenaar wat vandag fantastieser as gewoonlik is?
Burgert
(kontak)
09:53, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ek het ook daai "toetspatroon" gekry wat sê:
Wikimedia servers under maintenance
Aliwal2012
10:30, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Nee, dit was net verskriklik stadig, maar dit lyk my / ek hoop dis nou beter.
Burgert
(kontak)
10:38, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Miskien word al die wêreld se bandwydte tans in Rus/Ukr ingespan!
Aliwal2012
10:47, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
NS het jy al jou Amazon-voucher v.d. 2021-skryfkompetisie gebruik? Myne van R500 lê maar nog rond.
Ek het maar e-boeke begin koop, want ek het twee bewyse gehad wat rondlê.
Burgert
(kontak)
12:19, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ja, die afgelope twee dae het Wikipedia 'n paar verrassinkies... Groete!
Oesjaar
kontak
11:28, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Somme
Die covid-stertes in SA per 1 miljoen is 1
698,
d.w.s. 170 per 100
000, of 481 per 100
000.
Hoe bring mens hierdie syfers bymekaar uit?
JMK
kontak
15:27, 4 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Gemeenskap, ek dien reeds van 2014 op die raad van die
Wikimedia ZA Chapter
as direkteur en my portefeulje is Afrikaans. Iewers gedurende die tyd het ek soort van die leiding geneem hier op ons Wikipedia om te verseker dat ons meer doelgerig kan werk. Gedurende die tydperk het ek meer en meer besef dat ons die dienste van 'n administratiewe persoon benodig om te help met die dinge buite die normale gebruiker (julle) se verwysingsraamwerk. Behalwe die admin persoon, benodig die Afrikaanse Wikipedia ook 'n fisiese adres, sigbaarheid, iets meer tasbaars... Na ons 20ste verjaarsdag by die
SAAWK
het ek besluit op 'n plan van aksie en samesprekinge gehou met Prof.
Anne-Marie Beukes
, die HUB van die Akademie. Ek het gevra of ons iewers daar in hulle gebou 'n banier kan plaas wat min om meer as volg sal lees:
Hierdie is die tuiste van die Afrikaanse Wikipedia. Vir meer inligting skakel/epos xxxxx
ens. Tweedens het ek gevra of die Afrikaanse Wikipedia een van hulle administratiewe persone kan gebruik op 'n deeltydse basis, teen 'n fooi natuurlik. Die Wikimedia Stigting sal die koste dra via die
ZA Chapter
Die SAAWK het na 'n Raadsvergadering my laat weet dat hulle beide voorstelle verwelkom en goedgekeur het en groot sinergie saam met ons sien! Ek is tans besig om 'n werkbeskrywing op te stel. Vir die rekord, die Voorsitter van die SAAWK se raad is prof. Oppel Greef. Die Akademie het tans oor die 900 lede waarvan almal doktors en professors is, dink net as ons die klompie
aangeskakel
kan kry!
Uiteraard sal daar opleiding vir die admin persoon wees oor Wikipedia, daar sal nie verwag word dat die persoon artikels moet skep nie. Van die take wat so 'n persoon sal verrig is om opleidingsessies te reël, pryse vir mylpale bereik (bv 5000, 6000 artikels/sjablone 100,000 wysigings ens) deur ons gebruikers te reël, baniere hier op ons eie Wikipedia, kommunikasie vanaf en met die Stigting en sy gebruikersgroepe te behartig, kommunikasie met gebruikers, ons te waarsku as sy/hy vandalisme gewaar, ens.
Ek vra julle goedkeuring om voort te kan gaan met die plan en tweedens soek ek voorstelle vir die banier wat binne die SAAWK se kantoor geplaas moet word. Sien dit as 'n gemeenskapsprojek.
Groete!
Oesjaar
kontak
18:40, 6 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Ek stem heelhartig saam hiermee, dit was lankal nodig. Beaam en bekragtig!
Dankie ook aan die Akademie vir hul bereidwilligheid om saam te werk, dis 'n pluimpie vir die Afrikaanse Wikipedia!
Aliwal2012
19:25, 6 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Goeie inisiatief
Sobaka
kontak
19:41, 6 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Hierdie is ’n wonderlike inisiatief! Buiten vir die banier (ek is werklik nie goed met sulke dinge) nie, laat weet asb waarmee ek kan help. En nogmaals geluk en dankie vir al julle uithouerhande hier op Wikipedia. Julle het wondere oor die jare verrig.
Abrahamvisser
kontak
07:20, 7 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Neutraal
Solank daar geen eksterne outoriteite oor ons aangestel word nie het ek nie 'n probleem daarmee nie. En solank daar nooit van die Akademie se kant template voorgestel word waarvolgens ons moet werk nie. Wikipedia het sy eie reëls, vryhede en outoriteite (slegs as verwysings), goeies, minder goeies, en hopelik nie slegtes nie.
JMK
kontak
11:38, 7 Maart 2022 (UTC)
antwoord
En miskien sal dit goed wees om 'n memorandum op te stel wat 'n onderskeid tref tussen alle skenkings van die Akademie aan Afrikaanse Wikipedia (bv. verskaf van kantoorruimte, elektrisiteit, rekenaar, of nie) en die aspekte wat deur ZA Chapter befonds word, bv. salaris en posbeskrywing.
JMK
kontak
10:18, 11 Maart 2022 (UTC)
antwoord
En werknemers het deesdae baie regte. As die werknemer oor iets ongelukkig raak, moet dit duidelik gemaak word dat dit die Akademie se werknemer is en dit 'n saak tussen hulle en die CCMA is. Die sinergie wat die Akademie sien moet ook uitgestippel word. Wikipedia se gewone sinergie is dat 'n skenking (tyd, energie, geld, ens.) uitloop op 'n vrye, gratis, deursigtige ensiklopedie sonder vooroordele of kickbacks. Die enigste voordeel vir 'n skenker is dus laasgenoemde, en daar moet nie verwarring oor wees nie. "Hierdie [*] is die tuiste ..." is terloops nie korrekte Afrikaans nie, want daar kort iets by die sterretjie. Miskien beter om te sê: "Welkom by ..."
JMK
kontak
07:33, 14 Maart 2022 (UTC)
antwoord
JMK
, daar sal 'n ooreenkoms wees en die Wikipedia reëls en vyf pilare bly net so! Die ooreenkoms is met die Akademie, juis om die arbeid wet dinge te vermy! Die Akademie is bekommerd dat geen tegniese artikel meer in Afrikaans geskryf word nie (behalwe ons Wikipedia) vandat daar nie meer Afrikaanse handboeke in universiteite is nie. Ek sal verseker dat ons nie die babatjie met die badwater uitgooi nie! Dankie vir jou bekommernis, dit is nodig! Groete!
Oesjaar
kontak
14:50, 14 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Geluk aan Burgert!
Geluk aan
Burgert
wat vandag verjaar! Ons vertrou jy gaan 'n lekker dag hê! Groete! Van ons almal!
Invitation to Hubs Global Conversation
Hello!
The Movement Strategy and Governance team of the Wikimedia Foundation would like to invite you to the next event about "Regional and Thematic Hubs". The Wikimedia Movement is in the process of understanding what Regional and Thematic Hubs should be. Our workshop in November was a good start (
read the report
), but we're not finished yet.
Over the last weeks we conducted about 16 interviews with groups working on establishing a Hub in their context (
see Hubs Dialogue
). These interviews informed a report that will serve as a foundation for discussion on March 12. The report is planned to be published on March 9.
The event will take place on March 12, 13:00 to 16:00 UTC on Zoom. Interpretation will be provided in French, Spanish, Arabic, Russian, and Portuguese. Registration is open, and will close on March 10. Anyone interested in the topic is invited to join us.
More information on the event on Meta-wiki
Best regards,
Movement Strategy and Governance
Zuz (WMF)
kontak
09:56, 8 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar se Fynbos (en ander) projek
Gemeenskap, ek gaan nou eers halt roep met al die plant artikels van die afgelope amper twee jaar. Dit het begin toe
Gebruiker:Burgert_Behr
sy
Tafelberg
-artikel geskryf het met baie rooi skakels na plante. Toe het ek opgemerk dat ons
fynbos
versameling maar skraal was. Dit is nou aansienlik beter met meer 2300 skakels na fynbos, dubbel wat die Engelse Wiki het! Ek het net nog so paar notas wat ek wil opvolg oor plante wat ek gemaak het. Dan weer tyd vir 'n paar tegniese artikels! Groete!
Oesjaar
kontak
14:17, 14 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Wiki Loves Folklore 2022
International photographic contest
Wiki Loves Folklore 2022
ends on 15th March 2022 23:59:59 UTC. This is the last chance of the year to upload images about local folk culture, festival, cuisine, costume, folklore etc on Wikimedia Commons. Watch out our social media handles for regular updates and declaration of Winners.
The writing competition Feminism and Folklore will run till 31st of March 2022 23:59:59 UTC. Write about your local folk tradition, women, folk festivals, folk dances, folk music, folk activities, folk games, folk cuisine, folk wear, folklore, and tradition, including ballads, folktales, fairy tales, legends, traditional song and dance, folk plays, games, seasonal events, calendar customs, folk arts, folk religion, mythology etc. on your local Wikipedia. Check if your
local Wikipedia is participating
A special competition called
Wiki Loves Falles
is organised in Spain and the world during 15th March 2022 till 15th April 2022 to document local folk culture and
Falles
in Valencia, Spain. Learn more about it on
Catalan Wikipedia project page
We look forward for your immense co-operation.
Thanks
Wiki Loves Folklore international Team
MediaWiki message delivery
kontak
14:40, 14 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Leadership Development Working Group: Apply to join!
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hello everyone,
Thank you to everyone who participated in the feedback period for the
Leadership Development Working Group
initiative. A
summary of the feedback
can be found on Meta-wiki. This feedback will be shared with the working group to inform their work. The application period to join the Working Group is now open and will close on April 10, 2022. Please
review the information about the working group
, share with community members who might be interested, and apply
here
if you are interested.
Best,
Zuz (WMF)
kontak
15:43, 15 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Community Resilience and Sustainability Conversation Hour
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
The
Community Resilience and Sustainability
team at the Wikimedia Foundation is hosting a conversation hour led by its Vice President
Maggie Dennis
, to be held on 24 March 2022 at 15:00 UTC
Topics within scope for this call include Movement Strategy, Board Governance, Trust and Safety, the Universal Code of Conduct, Community Development, and Human Rights. Come with your questions and feedback, and let's talk! You can also send us your questions in advance.
You can
read details on Meta-wiki
Best,
Zuz (WMF)
kontak
12:10, 21 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Maitansien: is dit 'n Afrikaanse woord?
Gemeenskap, help asb! Sien
Putterlickia
. Groete!
Oesjaar
kontak
14:50, 22 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Ja, volgens die chemiese woordeboek.
Burgert
(kontak)
15:22, 22 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Feminism and Folklore 2022 ends soon
Feminism and Folklore 2022
which is an international writing contest organized at Wikipedia ends soon that is on
31 March 2022 11:59 UTC
. This is the last chance of the year to write about feminism, women biographies and gender-focused topics such as
folk festivals, folk dances, folk music, folk activities, folk games, folk cuisine, folk wear, fairy tales, folk plays, folk arts, folk religion, mythology, folk artists, folk dancers, folk singers, folk musicians, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch hunting, fairy tales and more
Keep an eye on the project page for declaration of Winners. We look forward for your immense co-operation.
Leadership Development Working Group: Reminder
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hello everyone,
The Community Development team at the Wikimedia Foundation is supporting the creation of a global, community-driven
Leadership Development Working Group
. The purpose of the working group is to advise leadership development work. Feedback was collected in February 2022 and a
summary of the feedback
is on Meta-wiki. The application period to join the Working Group is now open and is closing soon on April 10, 2022. Please
review the information about the working group
, share with community members who might be interested, and
apply if you are interested
Thank you,
From the Community Development team
Best,
Zuz (WMF)
kontak
16:48, 28 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Aliwal2012 se eerste tien jaar hier...
Gemeenskap, geluk aan
Gebruiker:Aliwal2012
wat vandag sy 10de verjaarsdag met ons deel! Dankie vir al jou harde werk Gert! Groete!
Oesjaar
kontak
19:23, 31 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Baie geluk!
Burgert
(kontak)
19:54, 31 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Baie geluk, en dankie vir jou wye bydrae. Groete.
Odriskelmac11
20:35, 31 Maart 2022 (UTC)
antwoord
Dankie, julle goeie wense word waardeer! Wonder wanneer kry ons weer damesbydraers hier? --
Aliwal2012
10:51, 4 April 2022 (UTC)
antwoord
Ek was afwesig vir die laaste klomp dae, maar baie geluk met die groot mylpaal Aliwal. Jou bydraes is waardeer.-
Rooiratel
kontak
09:03, 7 April 2022 (UTC)
antwoord
Ek was nou vir 'n baie lang ruk afwesig as gevolg van 'n klomp dinge (swak geestesgesondheid veral), maar ek wil net baie geluk sê,
Aliwal2012
! Dit is 'n groot mylpaal en baie dankie vir al jou bydraes op die Afrikaanse en Engelse Wikipedias. In Junie is ek amptelik vyf jaar op die Engelse Wikipedia besig.
Lefcentreright
kontak
22:23, 8 April 2022 (UTC)
antwoord
Baie dankie Lefcentreright en sterkte met jou gesondheid en die matriekjaar! Groete!
Aliwal2012
07:49, 9 April 2022 (UTC)
antwoord
Ranger-program
Gemeenskap, nou dat die flora einde se kant toe staan, ek beplan om die hele Ranger-program te vertaal.
Ranger 1
is amper klaar! Hoe gedoen om die
Infobox spaceflight
wat die Engelse Wikipedia gebruik te vertaal? Of bestaan dit reeds? Groete!
Oesjaar
kontak
13:26, 4 April 2022 (UTC)
antwoord
Hi Oesjaar, ek stel voor ons gebruik "Databoks" bo-aan. Dis 'n groot werk om daai [Infobox spaceflight] te vertaal.
Groete
Aliwal2012
15:37, 4 April 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
Aliwal2012
ons het reeds in
2019
besluit om liewers nie daai Databoks te gebruik nie. Hoofrede is sy swak taalgebruik en wysigings aan Wikidata-items wat ons by Onlangse wysigings steeds nie hier raaksien nie, al raak dit regstreeks ons artikelinhoud. Gebruik maar liewers die algemene
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... en vul dit in. Groete. --
SpesBona
18:15, 4 April 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Voorwaardes
Kan 'n mens 'n blad soos
Wikipedia:Voorwaardes
beskerm sonder om dit te skep? Die blad word oor en oor geskep en geskrap, geskep en geskrap.
Burgert
(kontak)
17:51, 4 April 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Uitgevoer
– Groete. --
SpesBona
18:30, 4 April 2022 (UTC)
antwoord
Mooi so!
SpesBona
Universal Code of Conduct Enforcement guidelines ratification results
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
The Trust and Safety Policy team published the results of the Universal Code of Conduct Enforcement guidelines ratification vote. The vote ended 21 March 2022.
See the results and read more on Meta-wiki.
Best,
Zuz (WMF)
kontak
12:00, 6 April 2022 (UTC)
antwoord
Senuweestelsel
Gemeenskap, bogenoemde is nou amptelik ons 500ste voorbladartikel! Wat 'n mylpaal! Baie dankie aan almal wat lekker voorbladartikels skryf. Hou só aan! Kom ons haal die 1000ste voorbladartikel. Groete. --
SpesBona
19:38, 10 April 2022 (UTC)
antwoord
Wow! Dankie aan almal wat voorblaaie geskep het! Groete!
Oesjaar
kontak
20:00, 10 April 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia in Namibië
Gemeenskap, ek was die afgelope naweek in Namibië en het laas Vrydag oggend kontak gemaak met
Die Republikein
, die plaaslike Afrikaanse koerant in my spaar tyd. Wel, 'n uur na die eerste kontak sit ek toe vir 'n onderhoud met hulle! Sien
en kyk vanaf minuut 14:30. Kom ons hoop ons kry die werkswinkel daar aan die gang! Groete!
Oesjaar
kontak
06:34, 13 April 2022 (UTC)
antwoord
Uitstekende onderhoud!
Dumbassman
kontak
09:30, 13 April 2022 (UTC)
antwoord
Movement Strategy and Governance News – Issue 6
Welcome to the sixth issue of Movement Strategy and Governance News! This revamped newsletter distributes relevant news and events about the Movement Charter, Universal Code of Conduct, Movement Strategy Implementation grants, Board of trustees elections and other relevant MSG topics.
This Newsletter will be distributed quarterly, while the more frequent Updates will also be delivered weekly. Please remember to subscribe
here
if you would like to receive future issues of this newsletter.
Leadership Development -
A Working Group is Forming! - The application to join the Leadership Development Working Group closed on April 10th, 2022, and up to 12 community members will be selected to participate in the working group. (
continue reading
Universal Code of Conduct Ratification Results are out! -
The global decision process on the enforcement of the UCoC via SecurePoll was held from 7 to 21 March. Over 2,300 eligible voters from at least 128 different home projects submitted their opinions and comments. (
continue reading
Movement Discussions on Hubs -
The Global Conversation event on Regional and Thematic Hubs was held on Saturday, March 12, and was attended by 84 diverse Wikimedians from across the movement. (
continue reading
Movement Strategy Grants Remain Open! -
Since the start of the year, six proposals with a total value of about $80,000 USD have been approved. Do you have a movement strategy project idea? Reach out to us! (
continue reading
The Movement Charter Drafting Committee is All Set! -
The Committee of fifteen members which was elected in October 2021, has agreed on the essential values and methods for its work, and has started to create the outline of the Movement Charter draft. (
continue reading
Introducing Movement Strategy Weekly -
Contribute and Subscribe! - The MSG team have just launched the updates portal, which is connected to the various Movement Strategy pages on Meta-wiki. Subscriber to get up-to-date news about the various ongoing projects. (
continue reading
Diff Blogs -
Check out the most recent publications about Movement Strategy on Wikimedia Diff. (
continue reading
Zuz (WMF)
kontak
10:32, 13 April 2022 (UTC)
antwoord
Join the Wikimedia Foundation Annual Plan conversations with Maryana Iskander
Hello,
The
Movement Communications
and
Movement Strategy and Governance
teams invite you to discuss the
2022-23 Wikimedia Foundation Annual Plan
, a plan of record for the Wikimedia Foundation's work.
These conversations continue
Maryana Iskander
's
Wikimedia Foundation Chief Executive Officer listening tour
The conversations are about these questions:
The
2030 Wikimedia Movement Strategy
sets a direction toward "knowledge as a service" and "knowledge equity". The Wikimedia Foundation wants to plan according to these two goals. How do you think the Wikimedia Foundation should apply them to our work?
The Wikimedia Foundation continues to explore better ways of working at a regional level. We have increased our regional focus in areas like grants, new features, and community conversations. What is working well? How can we improve?
Anyone can contribute to the Movement Strategy process. Let's collect your activities, ideas, requests, and lessons learned. How can the Wikimedia Foundation better support the volunteers and affiliates working in Movement Strategy activities?
You can find
the schedule of calls on Meta-wiki
The information will be available in multiple languages. Each call will be open to anyone to attend. Live interpretation will be available in some calls.
Best regards,
Zuz (WMF)
kontak
09:56, 15 April 2022 (UTC)
antwoord
TolBot
Hallo. Kan iemand
my bot-aansoek
goedkeur? Die bot loop al maande, maar niemand het dit goedgekeur nie. Dankie.
Tol
kontak
bydraes
) @
19:04, 15 April 2022 (UTC)
antwoord
Enabling Section Translation: a new mobile translation experience
Hallo
Afrikaans Wikipedians!
Apologies as this message is not in Afrikaans language,
Help met die vertaal na uw taal
The
WMF Language team
is pleased to let you know that we will like to enable the
Section translation
tool in Afrikaans Wikipedia. For this, our team will love you to read about the tool and test it so you can:
Give us your feedback
Ask us questions
Tell us how to improve it.
Below is background information about Section translation, why we have chosen your community, and how to test it.
Background information
Content Translation
has been a successful tool for editors to create content in their language. More than one million articles have been created across all languages since the tool was released in 2015. The Wikimedia Foundation Language team has improved the translation experience further with the Section Translation. The WMF Language team enabled the early version of the tool in February in Bengali Wikipedia. Through their feedback, the tool was improved and ready for your community to test and help us with feedback to make it better.
Section Translation
extends the capabilities of Content Translation to support mobile devices. On mobile, the tool will:
Guide you to translate one section at a time in order to expand existing articles or create new ones.
Make it easy to transfer knowledge across languages anytime from your mobile device.
Afrikaans Wikipedia seems an ideal candidate to enjoy this new tool since data shows significant mobile editing activity.
We plan to enable the tool on Afrikaans Wikipedia in the coming weeks if there are no objections from your community.
After it is enabled, we’ll monitor the content created with the tool and process all the feedback. In any case, feel free to raise any concerns or questions you may already have in any of the following formats:
As a reply to this message
On
the project talk page
Try the tool
Before the enablement, you can try the current implementation of the tool in
our testing instance
. Once it is enabled on Afrikaans Wikipedia, you’ll have access to
with your mobile device. You can select an article to translate, and machine translation will be provided as a starting point for editors to improve.
Provide feedback
Please provide feedback about Section translation in any of the formats you are most comfortable with. We want to hear about your impressions on:
The tool
What you think about our plans to enable it
Your ideas for improving the tool.
Thanks, and we look forward to your feedback and questions.
UOzurumba (WMF)
kontak
13:24, 19 April 2022 (UTC)
On behalf of the WMF Language team
antwoord
See my message below. If you do not respond within 24-hours, I will remove your message.
Oesjaar
kontak
13:46, 19 April 2022 (UTC)
antwoord
PS: Sending your feedback or questions in English is particularly appreciated. But, you can still send them in the language of your choice.
UOzurumba (WMF)
, I am going to be short: none of your so called committe can speak Afrikaans. You have not involved a single Afrikaans language specialist, read Professor or Doctor which means that you have little respect for my language or culture. There is currently not an acceptable electronic translator available for Afrikaans. The best is Google Translate and it is poor.
Stop treating my language like something cheap from Africa. You are welcome to set-up a Teams/Zoom meeting to discuss this at deon@masterevent.co.za. Untill then remove this junk that you want to force down our throats.
Oesjaar
kontak
15:13, 14 April 2022 (UTC)
antwoord
Hello
Oesjaar
Thank you for your feedback; I would like to bring to your notice that this tool has not been enabled in Afrikaans Wikipedia. The message above is a consultation process to deploy the Section Translation tool in the Afrikaans Wikipedia if your community has no objections. The Section Translation is a boost initiative of the Content Translation tool that helps mobile users easily translate articles. So, this tool is not made explicitly for Afrikaans hence the need to consult language specialists or read Professor from Afrikaans.
I understand that Google's initial machine translation support is poor. However, the
initial machine translations
are meant to be a starting point, more like a guide to make translators work faster. The intention is not to publish the initial machine translation without modification, as there are
set limits
that restrict users from publishing unmodified translations. Your community can decide to adjust the initial machine translation limits if there is a need to ensure a better quality of articles. Also, there is an option for a user to translate from scratch if the initial translation is not good enough; the above means that Google translate is not imposed on users; translators of articles can decide to start from scratch by selecting the blank option.
Notifying your community about our plans of enabling a tool before we do that and asking them to test it and give feedback before deployment ensures that we don't impose anything on them; therefore, I had no intentions of treating your language "like something cheap from Africa".
Lastly, I believe that there are other community members of the Afrikaans Wikipedia, so I am assuming that you are speaking as an individual unless otherwise.
Best regards,
UOzurumba (WMF)
kontak
16:54, 19 April 2022 (UTC)
antwoord
UOzurumba (WMF)
I am a member of the WikimediaZA Chapter since 2014, officially representing Afrikaans on the board. If you scan through Geselshoekie you will notice that I am the only one responding to WMF stuff now and again... The reason for that is simple, the stuff that happens in Africa simply bores us as it does not really have anything to do with creating content. Regards.
Oesjaar
kontak
17:14, 19 April 2022 (UTC)
antwoord
Hi
UOzurumba (WMF)
. I am an occasional editor on the Afrikaans Wikipedia. May I put the quality of the Google Translate tool into perspective. I will be the first to admit that my Afrikaans is second-rate - I only edit niche articles and people like
Oesjaar
often correct my grammar. The way in which I add information to the Afrikaans Wikipedia is to write it out in English (my mother tongue), and translate it using Google translate. Google produces a thrid-rate translation. I then go through the Google translation and from my knowledge of Afrikaans, convert it into a second-rate translation. I am grateful to other members of the Afrikaans Wikipedia who have the patience to correct my grammar. In addition to the Afrikaans Wikipedia, I also contribute to Wikimedia Commons and often add my images to various language Wikipedias. I make extensive use of Google Translate. My observation of Google Translate is that it does a good job in Dutch and German (both of which I speak) and probably also of other European languages that have a large user base.
I agree with Oesjaar that using Afrikaans as a test bed is not a good idea. In my view, German is one of the best langauges for initial tests for translation to and from English as it has a large user base, has a different word order to English and its nouns have strict gender rules. Once you can get that done, look at French and Spanish as those also have large user bases. Once experience has been obtained for the "large" languages, then implementing it for the "smaller" languages will make sense.
Martinvl
kontak
20:16, 19 April 2022 (UTC)
antwoord
Hello
Martinvl
Thank you for your feedback; I would like to clarify that the Section Translation has been enabled in 19 Wikipedias. The Afrikaans Wikipedia is not a testbed or the first community to go through this process. The Language team seeing significant mobile edits and the contributions in Afrikaans Wikipedia, anticipated that the tool would be helpful to Afrikaans and decided to approach your community to get feedback if we can enable it in your Wikipedia. So, the test instance provided is to try out the tool to help your community make an informed decision if you want the tool or not.
In summary, we are targeting the communities with significant mobile edits first and not necessarily "large user base" communities since the tool is an improvement for mobile users, hence approaching your community.
Best regards,
UOzurumba (WMF)
kontak
01:02, 20 April 2022 (UTC)
antwoord
Your comment
communities with significant mobile edits first
refers: see
It measures 20 k. The corresponding desktop figures measures is up to ten million. Please stop this bullshitting and go and waste other peoples time. If you continue this exercise I will personally report you to our CEO Maryana Iskaner, she is currently in South Africa.
Oesjaar
kontak
07:06, 20 April 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
wees asb beskaafd
Dumbassman
kontak
15:45, 20 April 2022 (UTC)
antwoord
I sense your objections to having the tool enabled in your Wikipedia, as a policy, we respect that, and we won't be deploying it to Afrikaans Wikipedia. Thank you,
Oesjaar
and
Martinvl
for your feedback.
Best regards,
UOzurumba (WMF)
kontak
16:01, 20 April 2022 (UTC)
antwoord
This is not a victory for me but a tragedy for the Wikimedia Foundation...
Oesjaar
kontak
17:10, 20 April 2022 (UTC)
antwoord
Pemba-eiland
Gemeenskap, ons benodig 'n artikeltjie oor die eiland, dit is net noord van
Zanzibar
. Enige vrywilligers? Groete!
Oesjaar
kontak
19:15, 20 April 2022 (UTC)
antwoord
Kan jy ons oortuig dat Pemba-eiland enige ensiklopediese waarde het vir enige persoon in Suider-Afrika? Dit is seker maar toevallig dat Pemba-eiland nooit in ons skool handboeke beland het nie. -
Rooiratel
kontak
12:35, 26 April 2022 (UTC)
antwoord
Toevallig is Pemba amptelik saam met die Oengoeja bekend as Zanzibar, wat wel in ons skool boeke is. Gaan loer maar as jy wil.
Oesjaar
kontak
14:47, 26 April 2022 (UTC)
antwoord
Ja maar Pemba-eiland is self nie in die skoolboeke nie. Ek is nie oortuig dat dit enige ensiklopediese waarde het vir mense in Suider-Afrika nie. -
Rooiratel
kontak
06:55, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Geen probleem nie, maar dit het hier siende dat van die
flora
spesies daarna verwys.
Oesjaar
kontak
11:40, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Nou gaan dit skielik oor hoeveel skakels na die onderwerp verwys. Jy verander jou argument sonder om enige iets te bewys oor jou oorspronklike punte. Uiters swak. -
Rooiratel
kontak
12:41, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Die argument het begin oor die onbekende sokker speler, toe verander jy dit na sport... Jammer jy kan soveel tyd mors oor niks maar wou nie help met Ranger 5 soos jy belowe het nie. Ek sal ander plan maak. Ek beskou die argument as afgehandel.
Oesjaar
kontak
12:50, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Hy is nie 'n onbekende sokker speler nie. Hy speel vir een van Peru se mees bekende sokkerspanne. Die engelse wiki het meer as 53 verwysings op die bladsy, en die Spaanse wiki het 90 verwysings. Baie meer bekend as Pemba-eiland. Maar jy het nie gekla dat Percy Liza onbekend was nie, jy het gekla dat die artikel geen ensiklopediese waarde het vir enige persoon in Suider-Afrika. So ek moes self raai wat jou probleem was met die artikel. Dit was beslis nie dat dit die Wikipedia grondbegensils volg nie. Ek verstaan nog steeds nie wat Suider-Afrika met enige iets oor Wikipedia te doen het nie. So ek probeer om jou eie argumente teen die Percy Liza artikel te gebruik in die geval van Pemba-eiland om te sien of ek enige beginsels daaruit kan kry, maar dan verander jy net die argument na die hoeveelheid skakels.
"Ek beskou die argument as afgehandel."
Ja want jy weet jy kan glad nie jou argument verdediging nie en jy het verloor. Of kan jy ons enige Wikipedia beleid/grondbeginsel/reël wys waar dit sê 'n artikel moet relevant wees vir mense van Suider-Afrika? Of kan jy vir ons bewys hoe Percy Liza hoegenaamd 'n onbekende sokkerspeler is? Jy verloor die argument outomaties totdat jy daai twee dinge kan bewys.
"Jammer jy kan soveel tyd mors oor niks maar wou nie help met Ranger 5 soos jy belowe het nie"
Ek het gesê ek sou dit doen oor die naweek, maar toe kry ek nie 'n kans nie. Maar ek het niks belowe nie. Jy wil hê ander mense moet jou help met die artikels waarin jy belang stel, maar as jy nie in 'n ander artikel belang stel nie, dan wil jy dit skrap volgens jou eie opgemaakte grondbeginsels. Uiters skynheilig. Jy het ook dieselfde hoeveelheid tyd gemors deur my te antwoord. Maar niks oor die Ranger 5 beeld self gedoen nie. Uiters skynheilig. Ek mors nie tyd nie. Ek beskerm ons wiki teen jou twak oor Suider-Afrika wat jy weereens nog geen bewyse het dat daar enige Wikipedia beleid/grondbeginsel/reël wys waar dit sê 'n artikel moet relevant wees vir mense van Suider-Afrika. -
Rooiratel
kontak
13:26, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Kommentaar
: Aggenee julle twee, begrawe nou die strydbyl!
Julle kan nie jul elke nou en dan vir mekaar "wip" nie, dit dra net by tot onsmaaklikheid. --
Aliwal2012
13:30, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Percy Liza
Kan iemand my oortuig dat die artikel enige ensiklopediese waarde het vir enige persoon in Suider-Afrika? Groete!
Oesjaar
kontak
05:23, 22 April 2022 (UTC)
antwoord
Ek verstaan nie wat die probleem is nie. Wat het
Wladimir Lenin
of
Albert Einstein
met Suider-Afrika te doen? Niks. Moet ons nou elke artikel oor 'n mens/plek/ding wat nie iets te doen met Suider-Afrika skrap? Hierdie is
nie
die Suider-Afrika Wikipedia nie. Hierdie is die Afrikaanse Wikipedia. Ons skryf oor
alles
, maar ons skryf in Afrikaans. Net soos ander wikis oor alles skryf, maar in hulle eie taal.
Maar om jou vraag te antwoord, daar is baie mense (selfs in Suider-Afrika!) wat belang stel in sport. So hulle sal artikels wil lees oor sport en sportlui. -
Rooiratel
kontak
07:21, 22 April 2022 (UTC)
antwoord
Dit is seker maar toevallig dat Albert Einstein en E=MC
in ons skool handboeke beland het... Ons skryf nie oor alles nie, wel oor alles wat van ensiklopediese belang is. Doen tog moeite en gaan lees die die Wikipedia grondbeginsels. Groete!
Oesjaar
kontak
17:17, 22 April 2022 (UTC)
antwoord
Ja want mens leer oor wiskunde en geskiedenis in skool. Dit is hoekom dit daar is. Maar wat het dit met Suider-Afrika te doen? Niks. En wanneer ek alles se, beteken ek alle onderwerpe. Ek stem saam dat dit nog steeds ensiklopediese waarde moet hê. Ek het die Wikipedia grondbeginsels gelees, maar het jy? Waar staan daar enige iets oor Suider-Afrika? Wat het dit met enige iets te doen? Waar sê dit dat sport nie enige ensiklopediese waarde het nie? -
Rooiratel
kontak
12:34, 26 April 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia is nie papier nie, maar die plaser van so 'n randonderwerp moet meer moeite aan die dag lê. Daar is wel 'n statistiek-kolom maar net een sin in die teks is te min. Die plaser maak tot 'n mate misbruik van die wikiruimte – want 'n sin is nie 'n paragraaf nie, en nog minder 'n artikel. Die keuse van onderwerpe en hantering van onderwerpe moet wel internasionale strekking hê, maar hierdie wiki bied ons ruimte om lig te werp op onderwerpe wat nooit elders die paal sal haal nie. Vgl. bv. die artikel van
Thomas de Ridder
, 'n jong man wat tragies dood is voordat hy eintlik sy merk kon maak.
JMK
kontak
08:29, 3 Mei 2022 (UTC)
antwoord
2022 Board of Trustees Call for Candidates
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
The Board of Trustees seeks candidates for the 2022 Board of Trustees election.
Read more on Meta-wiki.
The
2022 Board of Trustees election
is here! Please consider submitting your candidacy to serve on the Board of Trustees.
The Wikimedia Foundation Board of Trustees oversees the Wikimedia Foundation's operations. Community-and-affiliate selected trustees and Board-appointed trustees make up the Board of Trustees. Each trustee serves a three year term. The Wikimedia community has the opportunity to vote for community-and-affiliate selected trustees.
The Wikimedia community will vote to fill two seats on the Board in 2022. This is an opportunity to improve the representation, diversity, and expertise of the Board as a team.
Who are potential candidates? Are you a potential candidate? Find out more on the
Apply to be a Candidate page
Thank you for your support,
Movement Strategy and Governance on behalf of the Elections Committee and the Board of Trustees
Zuz (WMF)
kontak
13:00, 26 April 2022 (UTC)
antwoord
New Wikipedia Library Collections Available Now - April 2022
Hello Wikimedians!
The TWL owl says sign up today!
The Wikipedia Library
has free access to new paywalled reliable sources. You can these and dozens more collections at
Wiley
– journals, books, and research resources, covering life, health, social, and physical sciences
OECD
– OECD iLibrary, Data, and Multimedia published by the Organisation for Economic Cooperation and Development
SPIE Digital Library
– journals and eBooks on optics and photonics applied research
Many other sources are freely available for experienced editors, including collections which recently became accessible to all eligible editors: Cambridge University Press, BMJ, AAAS, Érudit and more.
Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects: log in today!
--The Wikipedia Library Team 13:17, 26 April 2022 (UTC)
Let's talk about the Desktop Improvements
Hallo!
Have you noticed that some wikis have a different desktop interface? Are you curious about the next steps? Maybe you have questions or ideas regarding the design or technical matters?
Join an online meeting with the team working on the
Desktop Improvements
! It will take place on
29 April 2022 at 15:00 and 20:00 CEST
on Zoom.
Click here to join
. Meeting ID: 88045453898.
Dial by your location
Agenda
Update on the recent developments
Questions and answers, discussion
Format
The meeting will not be recorded or streamed. Notes will be taken in a
Google Docs file
Olga Vasileva
(the Product Manager) will be hosting this meeting. The presentation part will be given in English.
We can answer questions asked in English and Polish, and additionally: Indonesian at the first meeting, and French and Italian at the second meeting. If you would like to ask questions in advance, add them on the
talk page
or send them to sgrabarczuk@wikimedia.org.
At this meeting, both
Friendly space policy
and the
Code of Conduct
for Wikimedia technical spaces apply. Zoom is not subject to the
WMF Privacy Policy
We hopen je te zien!
SGrabarczuk (WMF)
overleg
14:48, 27 April 2022 (UTC)
antwoord
"We hopen je te zien!" Hoekom praat hulle Nederlands met ons? Is daar nie 'n plek waar 'n mens dié nonsens kan afsit nie? Hulle neem ons hele Geselshoekie oor.
Burgert
(kontak)
16:59, 27 April 2022 (UTC)
antwoord
I will inform the authorities to leave us alone. I also had enough of these projects that means absolutely NOTHING, it seems like somebody find a solution and then tries to find a problem for it.
Oesjaar
kontak
17:26, 27 April 2022 (UTC)
antwoord
Epos gestuur. Kom ons kyk. Groete!
Oesjaar
kontak
19:05, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Ek het die volgende gestuur:
I have been asked by the Afrikaans community to request the Foundation to stop dumping all these strange projects in Geselshoekie. We have never requested to be part of the projects, they do not add value and most of them we simply do not understand anyway. None of our requests have been attended to and we accept the fact that we will never get the recognition we deserve. Just let us be, we only have three objectives: create content, create content and create content. We will pass the 103,000 article mark this weekend.
Die Chapter oorweeg aksie teen my! Interessant! Groete!
Oesjaar
kontak
19:44, 2 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Het gedink dat as Afrikaanse wikipedia 'n kantoor kry, daardie beampte miskien 'n deeltjie van sy/haar tyd kan bestee aan vertaling van hierdie boodskappe. Dan verstaan ek minstens waaroor dit gaan.
JMK
kontak
07:16, 3 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Rooi word blou...
Gemeenskap, in die verlede wanneer ek 'n artikel geskep het wat 'n rooi skakel was, het die rooi geskakel feitlik onmiddellik blou geword nadat die betrokke artikel geskep is. Nou skielik gebeur dit nie. Van die plante van
Euryops
neem tot 24 uur. Is dit my verbeelding? Of het dit iets te doen met my rekenaar? Ondervind julle dieselfde verskynsel? Groete!
Oesjaar
kontak
19:09, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Dit lyk my die Wikimedia-bedieners is oorlaai.
Aliwal2012
19:41, 28 April 2022 (UTC)
antwoord
Ek ondervind dit ook.
Burgert
(kontak)
08:07, 29 April 2022 (UTC)
antwoord
Coming soon: Improvements for templates
Fundamental changes in the template dialog.
Hello, more changes around templates are coming to your wiki soon:
The
template dialog
in VisualEditor
and in the
2017 Wikitext Editor
(beta) will be
improved fundamentally
This should help users understand better what the template expects, how to navigate the template, and how to add parameters.
project page
talk page
In
syntax highlighting
CodeMirror
extension), you can activate a
colorblind-friendly
color scheme with a user setting.
project page
talk page
Deployment is planned for May 10. This is the last set of improvements from
WMDE Technical Wishes'
focus area “
Templates
”.
We would love to hear your feedback on our talk pages!
--
Johanna Strodt (WMDE)
11:13, 29 April 2022 (UTC)
antwoord
Aantal besoekers
Goeienaand gemeenskap, doen nog iemand statistiek oor ons aantal besoekers? Ek vermoed sterk dit het afgeneem, veral ná die verkorte aantal interwikis op net nege. Met die nuwe beplande desktopuitleg, waarvolgens al die taalskakels versteek word, is ek erg bekommerd oor ons aantal besoekers. Buitendien verdwyn die sterre vir voorbladartikels. Groete. --
SpesBona
20:05, 30 April 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Wat dink Wikimedia Suid-Afrika hieroor? Kyk maar net na die aantal besoekers vir onlangse voorbladartikels:
Swastika, Senuweestelsel, Nyabêla, Rosettasteen, Vlad Dracula, Wat Phra Kaew, James Webb-ruimteteleskoop, Hongaarse Rewolusie van 1956, Militêre geskiedenis van Suid-Afrika, Moord op die Romanofs
. Lesers is ons kliënte. Groete. --
SpesBona
18:20, 2 Mei 2022 (UTC)
antwoord
SpesBona
, verwys jy na die syfers:
Page Views
Groete!
Oesjaar
kontak
19:48, 2 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Wil met SpesBona saamstem dat daardie bladuitleg onnodig en teen die etos van wikipedia is. Julle mag ook opgemerk het dat ek lankal aansoek gedoen het om as burokraat by Afrikaanse wikiquote aangestel te word, net om minstens daardie voorblad in orde te bring, maar die eksterne burokratiese rondslomp het my dusver verhinder. Nie bevorderlik vir Afrikaans nie. Dankie vir bostaande nuttige statistiek! Darem effense groei.
JMK
kontak
08:12, 3 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Dis nou interessant dat ons voorblad gelees word, maar ons nuwe voorbladartikels blykbaar minder. Dit sal interessant wees as pageviews.wmcloud.org dieselfde aantal besoekers gee as stats.wikimedia.org. Waar soek jy by laasgenoemde vir bepaalde artikels? Groete. --
SpesBona
21:00, 4 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Sören
, kan ons oor Teams/Zoom ontmoet een aand asb? Dan kan ons dit bespreek, ander gebruikers is ook welkom om deel te neem. Groete!
Oesjaar
kontak
08:37, 5 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Editing news 2022 #1
New editors were more successful with this new tool.
The
New topic tool
helps editors create new ==Sections== on discussion pages. New editors are more successful with this new tool. You can
read the report
. Soon, the Editing team will offer this to all editors at the 20 Wikipedias that participated in the test. You will be able to turn it off at
Special:Preferences#mw-prefsection-editing-discussion
Whatamidoing (WMF)
18:54, 2 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Whatamidoing (WMF)
, after almost 14 years and 9700 articles later: I absolutely cannot relate to this article... Simply do not understand what they mean...
Miskien is dit 'n funksie wat dusver by selfoonbydraers afgeskakel was, maar waarmee diegene wat met rekenaars bydra lankal bekend is.
JMK
kontak
10:06, 3 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Wikix, Mukdro, Jjfpunn en Kameelperde0
Gemeenskap, ek sien ons ou vriend is al weer terug.
Gebruiker:Wutsje
, bogenoemde gebruiker is dieselfde persoon wat ons in die verlede so 'n harde tyd gegee het. Ek vertrou hom niks nie. Skielik het Jjfpunn verdwyn en Kameelperde0 verskyn, klink so bekend. Hy werk ook net op ou Mukdro se artikels. Myns insiens is hy nie welkom hier nie, ek moes te veel keer baie vroeg in die oggende opstaan om sy gemors terug te rol. Groete!
Oesjaar
kontak
08:49, 5 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Van my besprekings blad:
"Hi Oesjaar, regarding
this edit
: I agree that's him. For your information: on April 21 he (or rather his zillionth sock puppet) was blocked on nl:wiki (
link
). The usual pattern that follows then is that for some time he becomes active on other wikis (e.g. this one, or fy:wiki), until he thinks the storm on nl:wiki has blown over and he can continue his disrupting activities there. Then, for some time, it will become more quiet on the other wikis, but he will inevitably be found out on nl:wiki again, after which he – et cetera, ad nauseam. Keep up the good work. Regards,
Wutsje
kontak
) 12:38, 14 Mei 2022 (UTC)"
Oesjaar
kontak
09:23, 15 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Wat bewys dat my stelling dat die
Code of Conduct
geen waarde het nie, waar is! Groete!
Oesjaar
kontak
09:23, 15 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Zuz (WMF)
Please read the English part of the second paragraph. It just confirms that the Code of Conduct is meaningless.
Oesjaar
kontak
09:26, 15 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Mooi,
Oesjaar
Burgert
(kontak)
17:15, 15 Mei 2022 (UTC)
antwoord
... en
Diepeboo
Ai!
Oesjaar
kontak
09:12, 16 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Hy moet verreweg die grootste hardekwas wees wat 'n mens kan kry.
Burgert
(kontak)
10:10, 16 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Neem asb kennis: hierdie man is 'm plaag regdeur Wikipedia en moet uitgewis word! Groete!
Oesjaar
kontak
11:41, 25 Mei 2022 (UTC)
antwoord
In antwoord op vraag na Nederlandse Wikipedia:
Hi Deon,
That guy is a real nuisance. He is blocked on NLWP too.
Is it possible to block his ip-address? Assuming he uses the same one every time.
Best,
Sandra Rientjes
Directeur/Executive Director Wikimedia Nederland
Nou weet ons!
Afrikaans se posisie op die Wikipedia ranglys
Gemeenskap, laasjaar toe ons 100,000 artikels bereik het was ons in die 71ste posisie met die
Birmaanse Wikipedia
wat in die 70ste posisie was met ongeveer 1 400 artikels meer as ons. Die gaping het nou gekrimp na net 60 artikels! Sien
Meta Wikipedia
Groete!
Oesjaar
kontak
12:07, 11 Mei 2022 (UTC)
antwoord
En ons is verby die
Birmaanse Wikipedia
en tans is ons in die 70ste posisie! Dankie aan almal wat bydraes maak. Groete!
Oesjaar
kontak
14:42, 29 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Geluk aan almal (behalwe Mukdro en sy kouspoppe)! --
Aliwal2012
08:58, 30 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia in Engels...
Gemeenskap, gaan loer asb na
; moet ons nie by Milestones net eerder elke 5000 artikels aandui nie? Dit sal meer beter vertoon. Groete!
Oesjaar
kontak
11:55, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Beslis, ja.
Burgert
(kontak)
14:10, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar: Praat jy van die rooi lint of die tabel?
Aliwal2012
16:08, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Tabel, het eers nie na rooi lint geloer nie. Groete!
Oesjaar
kontak
16:29, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Ek het sopas die rooi lint opdateer met 103 000 by en:wp en af:wp
Aliwal2012
17:07, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Dankie, stem jy saam met my voorstel oor die tabel op die Engelse Wiki?
Oesjaar
kontak
17:14, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Geen probleem, verander dit gerus!
(Moet net nie die tabel korter as die lint maak nie, dan vloei alles weer oormekaar.)
Aliwal2012
17:50, 19 Mei 2022 (UTC)
antwoord
As die grafiek in die afdeling "Milestones" na die bokant van die afdeling "Visits and edits" geskuif word, sal die bladsy baie beter outomaties formateer wanneer dit op 'n nou skerm bekyk word, byvoorbeeld op 'n selfoon. Ek het dit op
Gebruiker:Martinvl/Test
getoets.
Martinvl
kontak
21:08, 20 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Beginknoppie vir vertalings met ContentTranslator
Hallo, mens kan nou nie meer "ContentTranslator" vanaf 'n taalkieslys links vd Engelse artkel gebruik nie, dit is ontkoppel daar.
HERSTEL
: Dit werk nou weer! Maandag 23 Mei 2022
Ek stel voor diegene wat dit wil gebruik, klik op
ContentTranslator
NS: Ek vind ContentTranslator baie handig vir Engelse artikels met uitgebreide inligtingskassies, baie beelde, en lang verwysing. Maar ek gaan altyd die taal weer deur nadat dit geskep is. Ek is nou doenig met lughawens en lugdienste oor die wêreld. Groete,
Aliwal2012
17:47, 22 Mei 2022 (UTC)
antwoord
NG gemeente Hermanus
Gemeenskap, bogenoemde artikel is 100% plagiaat vanuit die bron. Kan ek dit skrap? Ons sal hierdie gebruiker se ander bydraes ook moet ondersoek. Groete!
Oesjaar
kontak
16:16, 23 Mei 2022 (UTC)
antwoord
NG gemeente Wellington-Noord
en
NG gemeente Laingsburg
ook! Ai!
Oesjaar
kontak
16:30, 23 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Hinderlaagbemarking
Gemeenskap, ek het die afgelope twee dae twee pogings van Hinderlaagbemarking verwyder. Die was in die
Solidariteit
artikel en die ander in drie bemarkings verwante artikels deur
Gebruiker:Deepanshunegi123
. Beide het eksterne skakels by sleutelwoorde geplaas, verbloem as verwysings. Bly maar op die uitkyk daarvoor. Groete!
Oesjaar
kontak
09:34, 26 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Volkslied van die Azerbeidjanse SSR
Gemeenskap, wat is julle siening oor hierdie artikel? ASB! Groete!
Oesjaar
kontak
18:25, 29 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Franse universiteite
Gemeenskap, daar is 'n klompie Franse universiteite geskep met die Franse naam as titel. Die artikels kan getranskribeer word, ek het vir Burgert gevra om die Afrikaanse name te bevestig, dan gaan daar 'n klompie skuiwe kom! Groete!
Oesjaar
kontak
12:41, 30 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Ek het geen kennis hiervan nie, maar ek dink 'n mens moet dalk net Université Paris I Panthéon-Sorbonne en Université Paris-Panthéon-Assas verander na Universiteit Panthéon-Sorbonne en Universiteit Panthéon-Assas. Die res lyk reg na aanleiding van ander Wikipedias.
Burgert
(kontak)
16:21, 30 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Invitation to participate in the #WPWPCampaign 2022
Dear Wikimedians,
We are glad to inform you that the 2022 edition of Wikipedia Pages Wanting Photos campaign is coming up in July.
This is a formal invitation to invite individuals and communities to join the campaign to help improve Wikipedia articles with photos and contextual images.
The campaign will run from July 1 to August 31, 2022 and several communities and Wikimedia Affiliates have already indicated interest to organize the campaign in their localities. Please find your community or community closer to you to participate:
WPWP2022 Campaign: Participating Communities
The campaign primarily aims to promote using images from Wikimedia Commons to enrich Wikipedia articles that are lacking them. Participants will choose among Wikipedia pages without photos, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years. In this third edition of the campaign, eligibility criteria have been revised based on feedback and campaign Evaluation Reports of the previous editions. Please find more
details about these changes and our FAQ here on Meta-Wiki
For more information, please visit the
campaign page on Meta-Wiki
Best,
Ammar A.
Global Coordinator
Wikipedia Pages Wanting Photos Campaign 2022.
17:38, 31 Mei 2022 (UTC)
antwoord
Ons FB groep...
Gemeenskap, ons
FB groep
het nou 811 lede! Groete!
Oesjaar
kontak
19:11, 6 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Daar is ook 'n Telegram-groep,
, vir die wat belangstel.
Frank
kontak
11:25, 8 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Adviespaneel van die Taalkommissie
Gemeenskap, ek is verkies as lid van die Adviespaneel weens my betrokkenheid hier by ons Wikipedia. Ek het so pas 'n lang inligtingstuk gekry wat ek met julle wil deel. Gee vir my epos adresse asb. dan stuur ek dit aan. Tipes een van die dinge wat ons toekomstige Admin sal doen! Groete!
Oesjaar
kontak
07:55, 7 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Stuur asb. Terloops, baie geluk!
Frank
kontak
11:27, 8 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Vuurpylterminologie
Gemeenskap, na kommunikasie met Dr. Sias Mostert (ruimtewetenskaplike) het hy die volgende bevestig:
Die stadiums skei van mekaar.
. Dus nie fases nie en dit ontkoppel ook nie, dit skei. Jou opmerking oor ontkoppeling is reg
Burgert Behr
! Groete! 07:52, 8 Junie 2022 (UTC)
Oesjaar
kontak
07:52, 8 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Johanna Corneluis: verwyder op Wikidata
Gemeenskap, hierdie artikel se titel was verkeerd en het ook bestaan onder die korrekte naam. Dit moet nou verwyder word op Wikidata. Kan iemand hier help asb? Groete!
Oesjaar
kontak
06:21, 10 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Ek dink nie dit is moontlik om items oop wikidata te verwyder nie. (Of miskien kan net 'n admin dit doen) Maar ek het die twee items versmelt, en net die korrekte spelling gebruik. -
Rooiratel
kontak
09:38, 10 Junie 2022 (UTC)
antwoord
'n Mens kan dit verwyder, maar dit is nou reg.
Burgert
(kontak)
09:57, 10 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Centurion (tenk)
Gemeenskap, help asb! Wat is bogenoemde soos gebruik in die volgende sin:
2 stowage positions for track links on glacis
. Wat de joos is Glacis? Groete!
Oesjaar
kontak
13:48, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Ratel
Uit Google kom die definisie "Glacis: a sloping piece of armour plate protecting part of a vehicle". Volgens Google Translate, is die Afrikaanse vertaling: "'n Skuins stuk pantser wat 'n deel van 'n voertuig beskerm". 'n Mens ken hierdie skuins stukke mooi in die prent van die ratel langsaan sien .
Martinvl
kontak
20:44, 14 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Sien ook
en:Glacis
die "Glacis" is deel van 'n kasteel, en 'n "Glacis plate" is deel van 'n tenk. -
Rooiratel
kontak
06:50, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Ranger 8
Gemeenskap, uit bogenoemde is die sin:
Sufficient video bandwidth was provided to allow for rapid framing sequences of both narrow- and wide-angle television pictures.
Dit het te doen met bandwydte... Enige raaiskoot oor die vertaling sal verwelkom word! Ja,
Burgert Behr
, ek weet van ruimtetuie vertaling... Groete!
Oesjaar
kontak
Oesjaar
kontak
13:51, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
"Voldoende videobandwydte is voorsien om 'n vinnige raampiespoed vir beide nou- en wyeskoot-televisiebeelde moontlik te maak"
Oesjaar, vra is vry. Groete!
Aliwal2012
14:23, 14 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Voorstelling vir "Interessante brokkies" op die voorblad
Hallo almal. Ek het 'n voorstel vir die Interessante brokkies op ons voorblad. Op die oomblik kry ons voorblad die "Interessante brokkies" so:
{{Wikipedia:Interessante_brokkies/Week {{CURRENTWEEK}}}}
En dan lyk
Wikipedia:Interessante brokkies/Week 24
so:
{{Wikipedia:Interessante brokkies/47}}
{{Wikipedia:Interessante brokkies/48}}
Ons het tans 130 "Interessante brokkies" maar nie almal verskyn op die voorblad nie omdat nie almal op een van die "Wikipedia:Interessante brokkies/Week XX" gesit is nie.
Ons kan hulle almal handmatig byvoeg, of my nuwe idee probeer: skrap die bladsye vir elke week en gebruik net die een wat outomaties 5 willekerige "Interessante brokkies" laai.
Hier is my voorbeeld:
Wikipedia:Interessante_brokkies/Toets
Die sjabloon wat ek gebruik maak seker dat hulle almal anders is. Die enigste werk wat ons moet doen is as ons nuwe "interessante brokkies" maak, dan moet ons net die nommer 131 groter maak. (dit kry 'n nommer tussen 0 en (in die geval) 131 - 1. So die 131 moet altyd 1 hoër wees as die hoeveelheid "interessante brokkies".
As julle tevrede is daarmee, dan kan ons die naam verander na iets soos
Wikipedia:Interessante_brokkies/Voorblad
en dan die voorblad wysig om dit te gebruik.
Groete. -
Rooiratel
kontak
11:54, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Ek verstaan nie hoe dit werk nie (ek kan nie so ver tel nie). Maar dit klink vir my goed.
Burgert
(kontak)
20:17, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Groot asseblief: Behou die ou bladsye vir historiese doeleindes. Van hulle is meer as 16 jaar oud en deur gebruikers geskep wat lankal inaktief is. Groete. --
SpesBona
20:55, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Ons kan die nuwe bladsy gebruik en die oues behou sonder om enige probleme te veroorsaak. -
Rooiratel
kontak
21:06, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Dit klink vir my goed.
Lefcentreright
kontak
18:32, 16 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Okei, ek het nou 'n paar dae gegee vir almal om hulle kommentaar te lewer. Ek gaan nou voort met die idee. As daar enige probleme op kom, laat weet maar hier onder. Groete -
Rooiratel
kontak
06:42, 20 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Politieke POV
Gemeenskap, wees maar op die uitkyk vir politieke POV. Vandag het iemand probeer om deur middel van kaarte
Marokko
se gebied te vergroot en die
Wes-Sahara
-konflik probeer verswyg, ondanks die
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
se lidmaatskap in die
Afrika-unie
en beide
Namibië
en
Suid-Afrika
se erkenning van dié republiek. Myns insiens is dit nou (maar ook altyd) die verkeerde tyd vir dié dinge! Groete. --
SpesBona
20:55, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Gemini-bemanning
oorgedra van SpesBona se besprekingsblad deur Aliwal2012
SpesBona
, Ek het my hand gewaag aan sjablone! Kan jy help asb? Groete!
Oesjaar
kontak
18:23, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, watter sjabloon probeer jy vertaal? Dan kan ek kyk en dalk help. Groete. --
SpesBona
19:50, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Spaceflight crew uit Engels. Groete!
Oesjaar
kontak
19:53, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ai, dié is 'n lank infokas. Dit sal sekerlik 'n hele dag vat om dit mooi te vertaal. Gee net tyd asb. Groete. --
SpesBona
19:55, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Dalk kan
Burgert Behr
hier help, hy is mos ons kenner van ruimtedinge. Groete. --
SpesBona
21:00, 13 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Nee, ek weet nie wat daar aangaan nie. Dit lyk soos deel van 'n groter sjabloon.
Burgert
(kontak)
08:49, 14 Junie 2022 (UTC)
antwoord
────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────────
Dankie julle vir julle bereidwilligheid! Groete!
Oesjaar
kontak
09:46, 14 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Wie doen nou wat?
:)
Burgert Behr
, Oesjaar probeer
en:Template:Spaceflight crew
in Afrikaans vertaal. Groete. --
SpesBona
20:55, 15 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek het dit nou gedoen. Kyk hier:
{{
Ruimtevlugbemanning
}}
, en onderaan in die dokumentasie hoe dit in aksie lyk.
Burgert
(kontak)
09:01, 16 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, dankie Burgert! Dit gaan 'n verskil maak! Groete!
Oesjaar
kontak
13:54, 16 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Mooi so Burgert, hoop nie dit het jou hele Jeugdag opgeneem nie! --
Aliwal2012
14:25, 16 Junie 2022 (UTC)
antwoord
SAAWK
Gemeenskap, die Akademie het 'n nuwe webblad, sien:
. Binnekort is ons naam ook hier onder organisasies! Groete!
Oesjaar
kontak
15:38, 21 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Pasop net vir bemarking nè!
Aliwal2012
15:56, 21 Junie 2022 (UTC)
antwoord
WMF se Werkbladverbeteringsprojek – opdatering
Uit Nederlands vertaal deur Aliwal2012
Om dit die nuwe standaard te maak
Hallo! Ek wil graag 'n opdatering lewer oor die
Werkbladverbeterings
-projek, waaraan die Wikimedia Stigting-webspan die afgelope paar jaar gewerk het. Ons werk is amper klaar!
Ons wil graag sien dat hierdie verbeterings die standaard word vir lesers en redigeerders op alle wiki's.
In die komende weke sal ons gesprekke op meer wiki's begin, insluitend hierdie een.🗓️
Ons lees graag jou voorstelle!
Die doel van die projek is om die koppelvlak meer uitnodigend en gemaklik vir lesers te maak, en meer bruikbaar vir gevorderde gebruikers. Die projek bestaan uit 'n reeks kenmerkverbeterings wat dit makliker maak om te lees en te leer, binne die bladsy te navigeer, te soek, tale te wissel, artikeloortjies en die gebruikerskieslys te gebruik, en someer. Die verbeterings is reeds by verstek sigbaar vir lesers en redigeerders op meer as 30 wiki's, insluitend die Wikipedias in
Frans
Portugees
en
Persies
Die veranderinge is slegs van toepassing op die
Vektor-vel
en
Monobook
of
Timeless
word nie geraak nie.
Die nuutste funksies
Inhoudsopgawe
- ons weergawe is makliker om toegang te verkry, konteks vanaf die bladsy te kry, en oor die bladsy te navigeer sonder om te af te rol. Dit word tans op ons loods-wiki's getoets. Dit is ook beskikbaar vir redakteurs wat vir die Vector 2022-vel ingeteken het.
Bladsyhulpmiddels
- daar is nou twee tipes skakels in die kantbalk. Daar is aksies en nutsmiddels vir individuele bladsye (soos
verwante veranderinge
) en skakels van 'n wiki-wye aard (soos
onlangse veranderinge
).
Ons gaan dit in twee intuïtiewe spyskaarte verdeel.
Hoe om die verbeterings te aktiveer
Globale voorkeure
Dit is moontlik om dit op individuele wiki's te aktiveer in die Voorkoms-oortjie in die voorkeure deur "
Vector (2022)
" te kies. Dit is ook moontlik om dit op alle wiki's gelyktydig te aktiveer met behulp van die
Globale Voorkeure
Op wiki's waar die veranderinge by verstek publiek sigbaar is, kan aangemelde gebruikers altyd na die ou Vector terugkeer. Daar is 'n maklik-toeganklike skakel in die sybalk van die nuwe Vector.
Kom meer te wete en sluit aan by ons aktiwiteite
As jy die vordering van ons projek wil volg, kan jy
inteken op ons nuusbrief
. U kan die
projekbladsye
lees, ons
Gereelde Vrae bekyk
, kommentaar lewer op die
projekbesprekingsbladsy
en by 'n
aanlynvergadering met ons aansluit
Baie dankie.
SGrabarczuk (WMF)
overleg
15:47, 21 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Launch escape system
in Afrikaans?
Gemeenskap, ek gaan bogenoemde uit Engels vertaal. Wat sal die korrekte Afrikaans daarvoor wees? Lanseringontsnappingstelsel afgekort LOS? Groete!
Oesjaar
kontak
19:42, 22 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Lanseerontsnapstelsel, lanseer-ontsnapstelsel, of iets dergeliks. Groete.
Frank
kontak
09:34, 23 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Die Ruimte dinge...
Na ek 'n klomp ruimtevlugte vertaal het, het gedink daar sal nie meer verrassings wees nie... Wel, wat is die volgende in Afrikaans:
propellant slosh
? Daar is ook 'n Engelse artikel:
Slosh dynamics
. Ek luister...
Oesjaar
kontak
16:26, 24 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Die spoel/rondplas van dryfmiddel in die tenk? Groete.
Frank
kontak
17:28, 24 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Vakuumbuis
Bogenoemde artikel is uit Nederlands vertaal en kort aandag! Kan iemand met beter Nederlandse kennis as ek asb. hier help? Groete!
Oesjaar
kontak
19:10, 25 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
met pyn!
Aliwal2012
21:05, 25 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Vegvliegtuie, destyds en nou!
'n Interessante brokkie:— Vergelyk die klimvermoë van hierdie drie
vegvliegtuie
Royal Aircraft Factory S.E.5
(1916)
3 050 m in
13¼ minute
English Electric Lightning
(1957)
15 240 m per minuut (250 m/s)
F-15E Strike Eagle
(1986)
ook 15 240 m per minuut (50 000 vt/min)
Laat mens dink?
Aliwal2012
23:32, 25 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Vostok vs. Wostok
Gemeenskap, advies asb! Watter een...
Oesjaar
kontak
13:28, 27 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Wostok, hoewel beide waarskynlik reg is. Vostok lyk soos 'n wisselvorm. Groete.
Frank
kontak
16:28, 27 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia en SAAWK
Gemeenskap, net kortliks insake die vordering oor die samewerkings tussen ons en die SAAWK: die Memorandum van Verstandhouding is tans by die SAAWK vir goedkeuring en ondertekening. Hul nuwe admin persoon begin op 1 Julie, haar werk beskrywing sluit die take in wat sy moet verrig vir ons Wikipedia. Ek gaan in die 2de week van Julie na die SAAWK se kantore om te begin met haar opleiding. Groete!
Oesjaar
kontak
14:29, 27 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Sjabloon:
Mercury-program
Gemeenskap, my doelwit vir die volgende jaar is om ruimte artikels te vertaal, 'n proses wat ek reeds begin het. Kan iemand help om die Mercury-program sjabloon te vertaal? Dit gaan 'n enorme taak wees, ek onderneem om elke rooi skakel op die sjabloon blou te maak. 'n Klomp is reeds geskep! Groete!
Oesjaar
kontak
16:17, 27 Junie 2022 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
. Sien navigasiesjabloon by
{{
Mercury-projek
}}
--
Aliwal2012
20:31, 3 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Engelse teks op die afwiki koppelvlak
Ek het altyd gewonder waar mens die teks op Wikipedia se koppelvlak vertaal. Ek het onlangs Oesjaar se nota op sy gebruikersbladsy gesien, en besluit om die saak te ondersoek.
Om die teks op 'n wiki se koppelvlak te vertaal, moet mens 'n gebruiker-rekening skep op
. Ek sien van die gebruikers hier het dit al gedoen
Daar is blykbaar baie nuwe teks wat verander of bygevoeg is, en kort nog vertaling. Ek gaan bydra, en ek vra almal hier doen wat hulle kan om ook by te dra.
Groete. -
Rooiratel
kontak
07:26, 1 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Asb! 'n Relatiewe klein maar baie belangrike taak. Groete!
Oesjaar
kontak
12:18, 3 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Lunar Orbiter program
Gemeenskap, ek mag seker dit die Maanwentelbaan-program noem? Of is dit Maanomwentelings-program? Groete!
Oesjaar
kontak
12:18, 3 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Of sommer net maanwentelprogram.
Burgert
(kontak)
15:15, 3 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Results of Wiki Loves Folklore 2022 is out!
Help met die vertaal na uw taal
Hi, Greetings
The winners for
Wiki Loves Folklore 2022
is announced!
We are happy to share with you winning images for this year's edition. This year saw over 8,584 images represented on commons in over 92 countries. Kindly see images
here
Our profound gratitude to all the people who participated and organized local contests and photo walks for this project.
We hope to have you contribute to the campaign next year.
Thank you,
Wiki Loves Folklore International Team
--
MediaWiki message delivery
kontak
16:12, 4 Julie 2022 (UTC)
antwoord
64ste Springbokkaptein
Gemeenskap, is
Handré Pollard
ons 64ste
Springbokkaptein
? Groete!
Oesjaar
kontak
17:41, 5 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Volgens die mediaberigte, blykbaar "ja"!
Aliwal2012
12:15, 6 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Transliterasie vir
Oekraïens
Gemeenskap, ek loop hierdie skakel op VivA Afrikaans raak:
Groete!
Oesjaar
kontak
05:58, 6 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Oesjaar
. Weet jy of hulle 'n soortgelyke gids het vir Sjinees? –
K175
skil 'n appeltjie
18:56, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Kom ons vra... Groete!
Oesjaar
kontak
18:58, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Chinees word nie meer in enige taal getranslitereer nie.
Burgert
(kontak)
19:26, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ek het
hierdie musiekgroep
se naam self na Afrikaans getranslitereer. Die transliterasie is oorspronklike navorsing. Hoe nou gemaak? –
K175
skil 'n appeltjie
19:53, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
K175
Dongshi zhang yuetuan, lyk dit my.
Burgert
(kontak)
22:22, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Dankie, is dit
pinyin
? Hoe het jy dit van die Sjinese karakters afgelei? –
K175
skil 'n appeltjie
08:59, 9 Julie 2022 (UTC)
antwoord
K175
Ja, dis pinyin, wat in alle tale dieselfde is. Ek het die Chinese karakters op Google Translate ingetik en hulle het vir my die transliterasie gegee. As jy dit google, kry jy 'n paar inskrywings met dié spelling. Dit lyk dit kan ook "yue tuan" (twee woorde) wees.
Burgert
(kontak)
09:25, 9 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Baie dankie! –
K175
skil 'n appeltjie
09:39, 9 Julie 2022 (UTC)
antwoord
O, Opera!
Alles wat ek nog op Wikipedia gedoen het (lyk dit my) lyk deesdae so in die Opera-blaaier. Ander mense se goed lyk reg, en alles lyk reg in Fire Fox. Het enigiemand dalk enige idees of raad? "Wis kas" help niks.
Burgert
(kontak)
12:05, 6 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Dit het nou ná twee of drie dae reggekom. Vreemd.
Burgert
(kontak)
11:43, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ek vermoed dit is weens ontwikkeling en dinge agter die skerms met sy soms onvoorsiene gevolge... Groete!
Oesjaar
kontak
13:03, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Dit lyk vir my soos CSS wat nie laai nie. Kan netwerk probleme wees, of iets anders wat Opera in die agtergrond doen. Ek weet min oor Opera so kan nie meer sê nie. -
Rooiratel
kontak
08:28, 8 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Transliterasie van die Oekraïense politici se name
Hallo, julle! Ek wil vir die volgende paar weke artikels skep oor Oekraïense politici, maar ek het effens van 'n probleem...hoe translitereer 'n mens die politici se name in Afrikaans? Ek het nou die artikel
President van Oekraïne
geskep, maar ek moes omtrent rondsoek vir die korrekte spelling van die presidente met rooi skakels se name in Afrikaans. Help asseblief. Groete.
Lefcentreright
kontak
16:46, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Sien twee opskrifte hierbo... Groete!
Oesjaar
kontak
16:53, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Vra gerus vir my as jy vashaak met 'n spesifieke naam.
Burgert
(kontak)
19:22, 7 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Gebruiker opleiding.
Gemeenskap, ek bied 'n opleiding sessie op 4 Augustus te SAAWK aan van 09:00 tot 13:00. Enige bestaande gebruikers wat wil handgee is welkom! Laat weet hier asb. Groete!
Oesjaar
kontak
19:46, 11 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Daar is nog plek vir belangstellendes! Laat weet net hier! Groete!
Oesjaar
kontak
10:49, 29 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar skep sy 10 000ste artikel
Baie geluk aan
Oesjaar
wat op 9/7/2022 sy 10 000ste Afrikaanse artikel geskep het:
Lunar Orbiter 2
Werklik 'n groot mylpaal, hou so aan Deon!
Aliwal2012
16:01, 12 Julie 2022 (UTC)
antwoord
In dieselfde asem, geluk ook aan
Burgert Behr
wat op 2/7/2022 sy 7 000ste Afrikaanse artikel geskep het! Groete, --
Aliwal2012
10:26, 15 Julie 2022 (UTC)
antwoord
...waarvan 109 of meer voorblad artikels is! Dankie en geluk Burgert! Groete!
Oesjaar
kontak
17:26, 15 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Voorbladfoto
Voorstel vir 'n voorbladfoto: James Webb se eerste amptelike foto,
Webb se Eerste Diepveld
Beeld:Main image deep field smacs0723.png
Burgert
(kontak)
12:11, 13 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun! Groete!
Oesjaar
kontak
12:28, 13 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Rooiratel
kontak
14:03, 13 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
K175
skil 'n appeltjie
11:11, 16 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– Dit sal heel waarskynlik 'n spogbeeld op Commons word, so hoekom nie?
:) Groete. --
SpesBona
19:32, 17 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Duitse setlaarsmonument
Gemeenskap, moet die S in hoofletters wees? Groete!
Oesjaar
kontak
14:15, 14 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ja, dis die naam van die monument.
Burgert
(kontak)
16:31, 14 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ai, dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
18:45, 14 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Lunar Orbiter 4
Gemeenskap: uit die Engels van bogenoemde:
Changes in the attitude raised the temperature of the camera and generally eliminated the fogging. Continuing problems with the readout drive mechanism starting and stopping beginning on May 20 resulted in a decision to terminate the photographic portion of the mission on May 26. Despite problems with the readout drive the entire film was read and transmitted.
Atttitude myns insiens is posisie beheer en watter kant van die ruimtetuig bo,onder,links en regs is. Indien jy die posisie van die ruimtetuig wil verander, verander jy dan die ordinering of koördinering - of waaraan dink ek?
Tweedens, die stuk vanaf
Continuing
tot by tot by
transmitted
, is daar nie 'n teenstrydigheid hier nie? As die fotografie gestaak is, hoe kan die hele film gestuur word na die Aarde?
Die Engelse teks is nog in die artikel.
Groete!
Oesjaar
kontak
07:13, 16 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Help 'n ou man asb....
Ek is met die Maan gepla...
Gemeenskap, praat ons van die voorkant en agterkant, of die nabykant en verkant of die ligtekant en donkerkant van die maan... Groete!
Oesjaar
kontak
09:49, 16 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ek dink die kant wat na die Aarde wys en die "donker kant".
Burgert
(kontak)
16:35, 17 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Die ruimteterme...
Gemeenskap, ek soek hulp met
inertial reference unit
asb! Toe ontdek ek
gimball
is kompasbeuel in Afrikaans! Wow! Groete!
Oesjaar
kontak
19:32, 16 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek weet nie, maar ek sou raai
rustraagheidsverwysingseenheid
of
traagheidsverwysingseenheid
of
inersieverwysingseenheid
. –
K175
skil 'n appeltjie
19:50, 16 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Wikimedia: Bewegingstrategie- en Koördinasienuus - Uitgawe 7
Uitgawe 7, Julie-September 2022
Lees die volle nuusbrief
Welkom tot die 7de uitgawe van Bewegingstrategie- en Koördinasienuus! Die nuusbrief versprei relevante nuus en bekendstellings omtrent die implementasie van Wikimedia se
Bewegingstrategievoorstelle
, en ander relevante onderwerpe betreffende Bewegingkoördinasie, benewens verskillende projekte en aktiwiteite wat deur die Bewegingstrategie- en Koördinasiespan (Engels: MSG) van die Wikimediastigting ondersteun word.
Die MSG-Nuusbrief word kwartaalliks vrygestel, en die meer gereëlde
Bewegingstrategie Weekliks
word weekliks uitgestuur. Onthou asb. om
hier
in te skryf as jy graag voortaan verdere uitgawes van hierdie nuusbrief wil ontvang.
Beweging-volhoubaarheid
: Wikimediastigting se jaarlikse volhoubaarheidsverslag is gepubliseer. (
lees verder
Verbetering van gebruikerervaring
: onlangse verbeterings aan die tafeltop-intervlak vir Wikimediaprojekte. (
lees verder
Veiligheid en inklusie
: opdaterings van die hersieningsproses van die Handhawingsriglyne van die Universele Gedragskode. (
lees verder
Gelykheid in besluitneming
: verslae van
Hubs pilots
-besprekings, onlangse vordering deur die Beweging se Handves-opstellerskomitee, en 'n nuwe witskrif vir geleënthede vir deelname aan die Wikimediabeweging. (
lees verder
Aandeelhouerskoördinasie
: inwerkingstelling van 'n hulptoonbank vir geaffilieerdes en vrywilliger-gemeenskappe wat aan inhoudvennootskappe werk. (
lees verder
Leierskapontwikkeling
: opdaterings van leierskapprojekte deur die Wikimediabeweging se organiseerders in Brasilië en Kaap Verde. (
lees verder
Interne kennisbestuur
: lansering van 'n nuwe portaal vir tegniese dokumentasie en gemeenskapshulpbronne. (
lees verder
Innovasie in vrye kennis
: hoë kwaliteit oudiovisuele hulpbronne vir wetenskapseksperimente en nuwe gereedskap vir transkribering van verbale rekords. (
lees verder
Evalueer, itereer, en pasmaak
: resultate van die Loodsprojek vir 'n Ekwiteitslandskap (
lees verder
Ander nuus en opdaterings
: 'n nuwe besprekingsforum vir die inwerkingstelling van die Bewegingstrategie, die komende Trusteeverkiesing van die Wikimediastigting, 'n nuwe potgooi om Bewegingstrategie te bespreek, en personeelskuiwe in die Stigting se Bewegingstrategie- en Koördinasiespan. (
lees verder
Zuz (WMF)
kontak
10:50, 19 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Ons is nou 69ste...
Ek sien daar was aktiwiteite op die
Volapük
-Wikipedia met die gevolg dat ons tans in die algehele 69ste posisie is met die aantal artikels! Interessant! Groete!
Oesjaar
kontak
09:15, 31 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Taaldinge op RSG
Sophia Kapp
het so pas die Afrikaanse Wikipedia 'n groot pluimpie gegee op die program Taaldinge! Luister na die potgooi as julle kan. Dit is as gevolg van die Afrikaanse Gemeenskap se harde werk! Dankie julle! Groete!
Oesjaar
kontak
09:28, 31 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Hier is die skakel:
Taaldinge
Groete!
Oesjaar
kontak
13:29, 31 Julie 2022 (UTC)
antwoord
Dankie!
Burgert
(kontak)
18:39, 31 Julie 2022 (UTC)
antwoord
As sy by 15:33 sê: "Die dae wat Wikipedia sommer 'n prulskrywery was is lankal verby," dan herinner ek my nie daaraan nie. Die eerste bydraers het goeie bydraes gemaak. Miskien onvolledige bydraes (stompies), soos vandag nog, maar nie bog nie. Of mis ek iets wat al uitgevee is?
JMK
kontak
19:27, 4 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die Engelse het 'n spreekwoord:
Perception is stronger than fact!
So waar! Ek het dit gister weer gesien: wat het die nuwe gebruikers gedink voor ons begin het. Almal se persepsie:
Wikipedia kan nie gebruik word nie, want almal kan dit verander...
ens. Nadat ek die hele Wikipedia-stelsel aan hulle verduidelik was die visie agterna: Wow, het ons maar net geweet. Die kwaliteit was nog altyd goed, die probleem is die geskinder oor Wikipedia sonder dat die mense gaan kyk. Kyk na die nuwe lede van ons FB-blad: Doktors en Professors. Saam met prof.
Anne-Marie Beukes
gaan ons die mense aangeskakel kry vir Wikipedia. Dit neem net tyd, soos alles maar. Intussen, hou aan met jou werk, dit word waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
06:04, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Museum van Legendes
Gemeenskap, ek het die paragraaf oor omstredenheid verwyder na aanleiding van kommunikasie van iemand se prokureur. Lyk vir my daar is iewers sensitiewe dinge rondom die Museum in die wêreld daar buite. Miskien moet ons maar die artikel skrap. Julle gedagtes? Groete!
Oesjaar
kontak
10:11, 2 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Skrap maar gerus. Die persoon hou nie op met sy terugrolle nie!
Aliwal2012
12:04, 2 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
, hulle wil nie saam met ons werk nie, so nou kry hulle niks. -
Rooiratel
kontak
12:53, 2 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia op FB
Ek probeer hard om erkenning vir ons Wikipedia binne die Afrika gemeenskap te kry. Sien
WikiAfrica
- maar my kommentaar word elke keer verwyder! Tyd om
Maryana Iskander
te verwittig! Groete!
Oesjaar
kontak
11:39, 2 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die opleidingsessie te
SAAWK
Gemeenskap, na 'n oggend van opleiding, lag en 'n miljoen vrae- ons verwelkom onder andere vir Gebruikers
Groesbekos
Karooklippie
Pro Patria Museum
Uitentuis
BankovsBoulevard
en
Taaldiva
! Ek vertrou dat julle ons outoppies hier so bietje sal verligting gee! Rol daai artikels uit... Groete!
Oesjaar
kontak
13:48, 4 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Baie welkom julle! Voel vry om nog vra te vra as julle vashaak. Ons is hier om te help. Ons waardeer al julle bydraes, en hoop julle voel welkom hier. Moet nie bang wees om foute te maak nie, alles kan maklik teruggerol word as daar 'n probleem is. En dankie aan Oesjaar wat vir die nuwe gebruikers opleiding gegee het! -
Rooiratel
kontak
14:41, 4 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
NS: Dankie vir jou moeite met die opleiding in Pretoria Oesjaar!
Aliwal2012
20:53, 4 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Wat ons nodig het is mense soos daai wat destyds aan Flinkdink deelgeneem het. Mense wat iets van alles weet en daarom 'n nuwe onderwerp kan aanpak sonder om by die diep kant weg te raak. En wat onderwerpe betref is die bestes dié waarby jy nie te direk betrokke is nie, maar wat ook nie buite jou vermoë en verwysingsraamwerk val nie. Terloops, ons het nog geen artikel vir
Dawid van Lill
nie.
JMK
kontak
19:48, 4 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Benodig
'n Artikel oor
Guillain-Barré-sindroom
sal nuttig wees.
JMK
kontak
14:06, 4 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Groete uit Duitsland!
Gemeenskap, sien
Brief uit Duitsland
Gebruiker:SpesBona
iets dalk vir jou om op te volg... Groete!
Oesjaar
kontak
08:18, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, ek lees so lekker die hele brief en dit laat my baie sterk aan my eie vermenging van tale dink. Toe kom ek by die kommentare uit en lees die datums. Dis op 17 Februarie 2017 gepubliseer. Nou wonder ek wat van hom geword het. Groete. --
SpesBona
20:10, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
SpesBona
, ek het eers nie na die datum gekyk nie. Hy is nog aktief, hy LIKE baie van my FB dinge! Probeer met hom kontak maak. Groete!
Oesjaar
kontak
20:13, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Endemies aan/in/vir
Gemeenskap, is iets endemies aan/in/vir? Ek het altyd
aan
gebruik, een van ons lede verkies
in
. Volgens die
Taalkommissie
is al drie bogenoemdes korrek! Praat van verwarring! Kan ek voorstel dat ons
aan
gebruik vir die eenvoudige rede dat dit die meeste reeds gebruik word? Groete!
Oesjaar
kontak
10:08, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Alhoewel almal reg mag wees, mag die betekenis verskil omdat endemies twee verskillende gebruike het. 'n Siekte kan endemies in 'n bevolking of miskien gebied wees, wat beteken dat dit goed en permanent gevestig is. Of 'n spesie kan endemies aan, of effektief beperk tot 'n area wees. "Endemies vir" slaan my dronk, en "endemies tot" sou ek nie uitsluit as 'n sinoniem vir "endemies aan" nie.
JMK
kontak
11:03, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Goed vertolk mnr. Kellerman, ek stem saam!
Aliwal2012
13:20, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Verskillende woordeboeke gee verskillende voorsetsels aan. Die WAT sê bv.: Van die olifante is die geslag Loxodonta endemies
vir
hierdie gebied. Maar dit klink vir my vreemd.
Burgert
(kontak)
13:56, 5 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Louisa Bolus
Met die skep van
Ruschia fugitans
is daar nou 400 skakels na Louisa Bolus! Ek jaag nie gou weer so iets nie. Nou kan ek 'n positiewe boodskap op ons FB blad plaas Dinsdag met Vrouedag vanaf die Afrikaanse Wikipedia! Groete!
Oesjaar
kontak
15:10, 7 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
En sommer die vroulike bydraers tot Afrikaanse wikipedia ook bedank en aanmoedig, want die hele Augustus is vrouemaand in SA.
JMK
kontak
08:37, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Vandag is my 5de Wiki-verjaarsdag
Vandag 5 jaar gelede het ek my eerste wysiging op Wikipedia gemaak. Ek het die artikel
Bill Skarsgård
geskep. Dankie vir almal se hulp die afgelope vyf jaar, ek waardeer dit! Ek hoop om nog so 55 jaar aan te hou, kom ons sien of ek dit kan regkry. -
Rooiratel
kontak
08:12, 8 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Baie geluk Rooiratel, jy is werklik 'n staatmaker!
Aliwal2012
08:23, 8 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Geluk Rooiratel. Jou hulp met Wikidata en Sjablone word veral waardeer. Groete!
Oesjaar
kontak
12:36, 8 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Baie geluk!
Burgert
(kontak)
08:01, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Dankie julle.
:) -
Rooiratel
kontak
05:47, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Reëls vir afkappingsteken/apostroof
Sien asb. die geskiedenis van
Groot Trek
Gebruiker:Puvircho
sê " ’ " is die korrekte karakter vir die apostroof, maar volgens
die bron
is beide " ’ " en " ' " aanvaar. Ek het ook gekyk in my eie AWS Afrikaanse Woordelys & Spelreëls, en dit sê ook altwee is korrek.
Ek dink op Wikipedia moet ons konsekwent wees. Ek verkies die " ' " karakter omdat dit makliker is vir meeste mense om te tik omdat dit deel is van 'n standaarde sleutelboord.
Wat sê julle? -
Rooiratel
kontak
08:23, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Op Engelse wikipedia word " ’ " getrou in " ' " verander.
JMK
kontak
08:37, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ons is gelukkig nie Engels hier nie en kan dus nie hulle reëls blindelings hier toepas nie. Wat die apostroof betref sê
die bron
dat die “ ’ ” korrek is en die “ ' ” is ook aanvaarbaar. Dit is tog dan duidelik. Ek verander buitendien op talle blaaie waar ek kom die apostroof na die
korrekte
vorm en daar het tot onlangs nog geen haan na gekraai nie. Ek verkies dus die “ ’ ” karakter bloot omdat dit korrek is. Maak julle gerus die regafstrepie, ek sal dit korrigeer indien ek daarby uitkom.
Puvircho
kontak
17:11, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die teenoorgestelde behoort hier te geld. Die regte vorm is
’n
(dink Nederlands,
een
), maar
'n
is deesdae ook aanvaarbaar omdat dit maklik is om te tik. Groete.
Frank
kontak
17:53, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Hoekom moet ons almal wit onderbroekies dra? As jy rooi wil dra, dra dit en los ander uit wat geel wil dra.
Burgert
(kontak)
18:08, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Wit onderbroekies, hahaha! Dalk omdat julle besluit het dat Langenhoven nie kon spel nie en die wisselvorm Sjina hier verban het
:-)
Frank
kontak
07:28, 11 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die AWS reël sê altwee is korrek. Woord-vir-woord sê dit
: " Let op die korrekte vorm van die afkappingsteken, naamlik ’ of ', en nie ‘ nie. " So een is nie meer korrek as die ander nie. Nou hoekom verkies jy die een wat moeiliker is vir mense om te tik? -
Rooiratel
kontak
07:22, 11 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Maar natuurlik, ons is almal gelyk, sommige is net meer gelyk as ander
:-)
Frank
kontak
07:32, 11 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ek het nog nooit gestry teen die korrektheid van ' nie. Dit is vir my bloot ewe maklik om altwee te tik (op ’n Apple-rekenaar), daarom verkies ek die ’.
Puvircho
kontak
08:01, 12 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Jy het. Jy het gesê "Ek verander buitendien op talle blaaie waar ek kom die apostroof na die
korrekte
vorm". So as ' korrek is, dan is daar geen verandering nodig nie. -
Rooiratel
kontak
13:32, 12 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Cleopatra VII
- Voorbladartikel
Kan ons dalk die artikel nou nog in Augustus plaas? Die maand van die vrou... Groete!
Oesjaar
kontak
18:06, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Enige van die ruimteartikels kan oorstaan. Daar is twee.
Burgert
(kontak)
18:27, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar, ek dog jy is net met die maan gepla? (Lag) As selfaangestelde bestuurder van die voorbladvolgorde, sal ek Cleopatra vroeër inpas!
Aliwal2012
20:08, 10 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Theunis C.C. Lombard
Ek wonder of hierdie man nog leef. Is hy baie oud of ontbreek die sterfdatum?
JMK
kontak
08:40, 11 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Volgens
hier
is 'n "Theunis Christiaan Christoffel Lombard" wat in 1923 gebore is, oorlede. Maar dit gee nie die sterfdatum nie. -
Rooiratel
kontak
10:40, 11 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ek het 'n vraag oor sy sterfdatum op ons FB Groep geplaas. Groete!
Oesjaar
kontak
17:46, 11 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ou Mukdro was al weer hier in 'n ander gedaante...
Gewonder wanneer hy sy verskyning gaan maak.... Bietjie opwinding op 'n Saterdag aand! Groete!
Oesjaar
kontak
18:51, 13 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Statistiek oor Suider-Afrika se Wikepedia's...
Gemeenskap, sien:
Groete!
Oesjaar
kontak
19:31, 14 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Geluk prof. Anne-Marie Beukes!
Geluk aan prof.
Anne-Marie Beukes
, HUB van die SA Akademie vir Kuns en Wetenskap, wat vandag verjaar!
Oesjaar
kontak
05:18, 15 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia op Facebook!
Gemeenskap, ons het die 900 lede mylpaal verbygesteek!
Oesjaar
kontak
05:14, 16 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Bemarking....
Gemeenskap: nou Don aand tussen 20:00 en 20:30 saai Pretoria FM so 'n 5 minute onderhoud uit op Rondomtalie! RSG saai dan Sondag na 11:00 'n onderhoud uit op Taaldinge - dankie Ina Strydom. Beide is vandag met my gevoer. Luister as julle kan.
Groete!
Oesjaar
kontak
11:48, 16 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die skakel na "Taaldinge" is
hier
Louisa Bolus
Gemeenskap, ek bevestig dat daar nou presies 500 skakels na die artikel van
Louisa Bolus
is! Groete!
Oesjaar
kontak
18:51, 19 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia en Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Gemeenskap, hierdie week finaliseer ons die dokumente en dan begin 'n nuwe hoofstuk vir die Afrikaanse Wikipedia asook vir die Akademie! Ons kontak persoon by die Akademie is Sanita Meyer (086 133 3786). Ons gaan 'n groot kennisgewingbord (advertensiebord?) buite die Akademie oprig. Myns insiens moet die volgende op die bord verskyn:
Hier is die tuiste van die Afrikaanse Wikipedia!
vergesel met die Wikipedia logo en relevante tel. nommer en epos adres.
Ek hoor graag wat julle dink oor die kennisgewingbord. Enige persoon wat wil help met die ontwerp is welkom! Kuns is nie my sterk punt nie. Ek hoor graag van julle! Groete!
Oesjaar
kontak
17:44, 20 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Latynse musiek
Help asb: By "Latin music" soos gesing deur
Julio Iglesias
, skryf mens "Latyns" of bly dit "Latin"? Dankie,
Aliwal2012
18:18, 21 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ek sien die paar Wikipedias wat artikel daaroor het, vertaal "Latin".
Burgert
(kontak)
08:32, 22 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Artikels met bronne/verwysings wat onleesbaar is
Gemeenskap, ek het 'n wesenlike probleem met die skielike klomp artikels wat bronne/verwysings in ander tale het wat nie geverifieer kan word nie, veral die Russiese goed. Enige gebruiker het die reg om feite te verifieer wat ons nie kan doen nie. Hoe weet ons die bronne is nie bemarking materiaal of iets politiekery nie? Dit skep geleenthede waar leuens/onwaarhede ens versprei kan word ten koste van ons Wikipedia. Myns insiens moet ons dit nie toelaat nie. Groete!
Oesjaar
kontak
05:09, 22 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Gekant
Nee. Die Romeine het die spreekwoord gehad:
Graecum est, non legitur
(dis Grieks, dit is onleesbaar), en ons weet wat van hul wonderlike beskawing geword het.
Nommer 1
. Nou sien, in die akademie werk dit so: enige mite moet jy by sy oorspronklike teks naspoor. Ons noem dit die
primêre teks
of
oerteks
. Die oudste bestaande teks wat daar is. As dit in Grieks is, dan is dit Grieks. As dit in Kopties is, dan is dit Kopties. Die teks is onveranderlik, jy egter nie.
Want, ek kyk hierdie week hoe
Wolraad Woltemade
vreeslik baie aandag geniet het. Die teks wat ons oor hom het is wel in 1805. Onthou, die heldedaad is in 1773. Maar daar is die sinnetjie wat sê dat die VOC van hom en sy heldedade verwittig is. Ek soek onder andere
daardie bronne
. Wie het die VOC meegedeel? Waar is die bewyse? Hoe weet ons dit is nie nog 'n mite soos die
Heks van Hexrivier
nie? Die lesers het die reg op die waarheid. As dit versinsel is, is dit versinsel.
Of, die enigste inligting wat ons oor
Johanna van Arkel
eintlik het, is haar verhoor van twee bundels lank, wat natuurlik in daardie jare in Latyn opgeteken is. Hier is
bundel 1
, en
bundel 2
. Die res is omstandigheidsgetuienis, of briewe of wat in
egodokumente
opgeteken staan.
Enigiets anders OOR daardie oerteks is
sekondêre tekste
. Dit sluit vertalings in, en kantlynaantekeninge, kommentaar, maar soos die Italiaanse spreekwoord lui: vertaling is verraad. Want, orals is daar sprake van
interpretasie
. Elkeen vertolk die waarheid anders. Die oerteks spreek vanself. Probeer Afrikaanse tekste in Engels vertaal. Nie altyd bevredigend nie, nè, fynere nuanses gaan verlore.
Dus moet jy 'n kenner kry, van die universiteit. Of, iemand van 'n anderstalige Wikipedia.
As ons goed oor die VOC wil hê, dan moet ons by nationaalarchief.nl gaan soek. Die skrif is in die skeepsjoernale iets
ongoddelik lelik
, maar daar is paleograwe wat hul daarmee besig hou. Die Kaapse argief, so verneem ek, wil skynbaar alles kopiereg op hê, ook hul getranskribeerde tekste. Die Hollanders sê weer: "maar donder op, leef en laat leef!" Al hul bronne is absoluut gratis en toeganklik en in die openbare besit; jy kan daarmee maak wat jy wil. So watter bron mag mens nou gebruik? Dikwels, soos by
Joachim Nikolaus von Dessin
, is die enigste
toeganklike
kopie van sy testament juis in daardie een
ongoddelik lelike teks
In
Dan Sleigh
se boek,
Fort Lydsaamheid
, sal ons byvoorbeeld van kartograaf De Bucquoij (in die boek wel 'n chirurgyn) te lese kry wat vanaf Delagoabaai met die
Northhampton
terug is Kaap toe. Dis op bl. 90. Dis in Afrikaans,
suiwer Afrikaans
, maar suiwer
versinsel
. De Bucquoij is
ONTVOER
deur Engelse seerowers met die
Victory
in die baai, het 'n draai gaan maak in Madagaskar (daar is hy sonder seremonie gelos), daarna is hy weer baai toe, uitgetrap in Batavia (Jakarta), na Formosa (Taiwan), en het eers in 1735 rond teruggekeer, via die Kaap, Nederland toe. Daar het hy belewenisse op skrif uitgegee. En daardie boek het ek verlede jaar op Goeie Vrydag gelees. So ek weet Sleigh skryf fiksie.
So ook word gepraat van ene Jan Mona wat ook terug Kaap toe is, nadat hy feitlik die wa deur die drif help trek het. In die boek is hy glo vreeslik spaarsamig, al sy gasie word opgepot in die Kaap, want hy wil sy vader, wat in die tronk sit, se skuld afbetaal. Toe hy in die Kaap terugkom, word hom meegedeel die tronk het afgebrand. Sy vader en sussie is albei dood.
Weer suiwer Afrikaans, weer liederlike versinsel. Jan Mona is in 1729 in Delagoabaai vermoor. Hy het die Kaap nooit weer gesien nie. Die VOC het wel sy geld aan naasbestaandes gestuur.
Nommer 2
. 'n Mens kan bloot die naam van 'n fiktiewe Afrikaanse/Engelse/Duitse boek gegee het, wat ook nie bestaan nie. Wie sal weet?
Nommer 3
. Die Kataloniese Wikipedia het al probeer wys dat daar "leemtes" bestaan, in kennis. Ons kan tog nie verwag dat alle Staatsadministrasie dwarsoor die wêreld in Engels sal geskied nie. Wel in Spaans, Frans, Russies,
und so weiter
. Voorts moet mens onthou, as mens oor Russiese sake skryf, dan sal jy noodwendig Russiese bronne moet raadpleeg. As jy dus kennis kan deel wat ander tale nie het nie, het jou Wikipedia die voorsprong.
Oplossings:
Bevriend ander gebruikers op anderstalige Wikipedias, wat jy kan vertrou (en jou gratis verblyf by buitelandse Wikimanias kan bied...).
Google Chrome verskaf 'n blitsige vertaaldiens vir webblaaie.
Begin maar 'n ander taal aanleer by Duolingo...
Suidpunt
kontak
07:48, 22 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia Opleiding in Stellenbosch.
Gemeenskap, neem kennis dat die
Woordeboek van die Afrikaanse Taal
hulle konferensie geriewe vir ons beskikbaar gestel het vir opleiding en inligting sessies. Ek beplan 'n sessie vir iewers in die middel van Oktober. Alle plaaslike gebruikers is welkom om te help! Groete!
Oesjaar
kontak
11:59, 22 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
The 2022 Board of Trustees Election Community Voting period is now open
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hi everyone,
The Community Voting period for the
2022 Board of Trustees election
is now open. Here are some helpful links to get you the information you need to vote:
Try the
Election Compass
, showing how candidates stand on 15 different topics.
Read the
candidate statements
and
answers to Affiliate questions
Learn more about the skills the Board seeks
and how the
Analysis Committee found candidates align with those skills
If you are ready to vote, you may go to
SecurePoll voting page
to vote now.
You may vote from August 23 at 00:00 UTC to September 6 at 23:59 UTC.
To see about your voter eligibility, please visit the
voter eligibility page
Best,
Movement Strategy and Governance
This message was sent on behalf of the Board Selection Task Force and the Elections Committee
Zuz (WMF)
kontak
20:57, 23 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ons en die SAAWK
Gemeenskap, ek bevestig dat alle papierwerk afgehandel is en daar is nou 'n kontraktuele verbintenis! Sanita Meyer - die Skakel en Bemarkingsbeampte van die SAAWK - gaan ons help. Haar kontak nommer is 086 133 3786 en e-pos adres: akademie@akademie.co.za. Van die take waarmee sy moet help is as volg:
Hanteer navrae van nuwe gebruikers
Heet nuwe gebruikers welkom op Wikipedia en FaceBook
Skep databasis vir Wikipedia Admins - epos en tel .no.
Kommunikeer met WikimediaZA administrasie. (ontvang en stuur eposse)
Kommunikeer met Wikipedia Komitee (admins)
Rol blatante vandalisme terug op Wikipedia – oggend taak.
Verwyder gemors op die Afrikaanse Wikipedia se FaceBook.
Organiseer opleidings sessies (2-3 per jaar waarvan ten minste een by SAAWK sal wees)
Organiseer ander funksies (bv soos ons 20ste verjaardag. Daar gaan maar min wees)
Verleen hulp aan Wikipedia Internasionale besoekers (eenkeer per jaar)
Hanteer alle boodskappe van Wikipedia gebruikers en publiek.
Daar is seer sekerlik nog ander take waarmee sy ook kan help, ons sal dit met tyd uitsorteer. Ek het gister begin met haar opleiding. Daar sal in die eerste week van Oktober 'n amptelike persverklaring wees oor die Memorandum geteken met die SAAWK.
Niks gaan onmiddellik verander nie, die Aarde gaan nog om die Son wentel, Mars voortgaan op sy baan en Castle Lager gaan my nog altyd
gout
gee! So met tyd sal ons haar inburger!
Ek vra die admins om hulle inligting vir haar te gee, volgens wet mag ek dit nie doen nie. Enige vrae is welkom. Groete!
Oesjaar
kontak
07:02, 24 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
NS: Voor ek vergeet, ek het die boek
Plekname van Suider-Afrika
gekoop deur die Stigting en gaan dit na Gebruiker:Aliwal2012 stuur; ek dink hy sal dit beste gebruik! Groete!
Oesjaar
kontak
07:39, 24 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Ek bevestig graag dat ek die
Plekname van Suider-Afrika
vanoggend ontvang het. Dit lyk na 'n baie insiggewende en volledige naslaanwerk, ek sal dit beslis gebruik.
Dankie aan Oesjaar vir die aankoop d.m.v. die Wikimedia-stigting en koerier daarvan!
Aliwal2012
09:20, 26 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Wikiwoordeboek
Gemeenskap, wie is 'n kundige vir Wikiwoordeboek? Groete!
Oesjaar
kontak
11:00, 24 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Frank
het in 'n stadium daar gewerk, maar ek dink nie meer nie.
Burgert
(kontak)
15:44, 25 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Gebruikersblad
Ek dink nie mense se gebruiker(s)blad is die regte plek om hulle te vra om meer van hulleself te vertel nie, veral wanneer nuwe mense nie weet hoe Wikipedia se dinge werk nie. Gebruikerblaaie is vir die uitsluitlike doel van die gebruiker. Sê eerder op die persoon se gebruikerbesprekingsblad: Vertel ons meer van jouself op jou gebruikerblad. Of hoe?
Burgert
(kontak)
16:06, 25 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Maak sin! Ander menings? Dankie!
Oesjaar
kontak
16:19, 25 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Dink mens moet dit heeltemal los. Ek kry nie een van die "verwelkominge" wat gemaak het dat iemand iets skryf nie. Dankie
Dumbassman
kontak
08:59, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Stem saam met
Dumbassman
, ek het 'n aantal vd bladsye ter goeder trou geskrap, en 'n boodskap aan
Josefskleed
gerig. Hoop dit klaar dit op!
Aliwal2012
11:16, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Rietbok (vliegtuig)
Ek sien hulle het die wrak gevind. Het enige iemand toegang tot die koerante om die artikel by te werk? Groete!
Oesjaar
kontak
05:06, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Gedoen
Sobaka
kontak
16:50, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
16:57, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Dankie Sobaka! Ek het die skakel na die bronverwysing verbeter sodat lesers dit op die web kan opkyk (vir diegene wat Netwerk24-subskripsie het). Groete!
Aliwal2012
20:45, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Uit die Eng. Pioneer 1 artikel.
Ek sukkel om te verstaan wat die
sec
gedeelte is in die sin:
The third stage was a solid-propellant unit based on Vanguard design, rated at 116,500 lb (52,844 kg)-sec total impulse.
Word die stukrag per sekonde gedefinieer? Iets vreemd vir my. Enige hulp is welkom.
Oesjaar
kontak
16:47, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Sover ek kan sien nie "per sekonde" nie, maar "x sekonde" of ".s". Ek dink hulle "lb" moet eintlik wees "lbf", oftewel "poundforce", wat miskien pondkrag in Afrikaans kan wees. Dis in elk geval 'n krag (nie pond-massa) wat met sekondes vermenigvuldig word, wat dan die impuls of stukrag.tyd (verandering in momentum) lewer. Die regte eenheid is dus lbf.s wat omgeskakel kan word na kg·m/s of kg·m·s
-1
of Newton.s.
JMK
kontak
17:11, 30 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Tsetsevlieg
As iemand hou van gogga artikels, ons kort een oor die tsetsevlieg. Groete!
Oesjaar
kontak
19:58, 29 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Ek het solank 'n begin gemaak. Mense kan dit uitbrei as hulle wil. -
Rooiratel
kontak
13:15, 30 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
Dankie.
Oesjaar
kontak
17:50, 30 Augustus 2022 (UTC)
antwoord
My indrukke van die Zoeloekursus op Duolingo
Beste kollegas, jammer dat ek die afgelope tydjie afwesig was.
Een van die vele reise wat ek meegemaak het, is die Duolingo-kursus in Zoeloe (nog wel in betafase) wat ek gisteraand laat klaargemaak het.
Ek weet ek het voorheen my kritiek
teen Afrikatale as pligvak op skool uitgespreek
(want dan moet Afrikaans immers ook ewe veel 'n regverdige kans gegun word), maar een Donderdagaand kry ek 'n boodskap van Duolingo dat die Zoeloekursus in betaformaat beskikbaar is.
Ek het nie gedink nie, ek het onmiddellik begin.
Terwyl ek nou skryf is daar reeds 34 400 intekenare. Toe ek begin het, was daar 19 000.
Hier is my indrukke:
1. Al daardie woorde wat jy jou hele leeftyd lank gehoor het, kry nou skielik betekenis. Van
inja
tot
indlovu
. Woorde word uiteindelik sinne.
2. 'n Mens raak heeltemal begeesterd om die kursus klaar te maak. Nie eens die Latynse kursus kon my nog so op dreef kry nie.
3. Die stemme is nie robotte nie. Dis egte mensestemme. VRIENDELIKE stemme. Warm stemme. Meelewende stemme.
4. Die aantal woorde wat ek op vlak 1 klaargemaak het, is altesaam 455 woorde. Maar dit sluit "ek drink", "jy drink", "ons drink" as verskillende woorde in. 75 woorde leer binne net 'n paar uur op 'n Vrydagaand? Ja, my skapies. Baie maklik. Maar jy gaan net eendag
die grootste skok van jou lewe beleef as jy sien hoeveel vervoegings
daar van -phuza is! Dit laat Latyn gewéldig eenvoudig lyk.
Gaan koop dus die boek "my eerste 1000 woorde in Zoeloe" en help jouself. En soek Doke en Vilakazi se woordeboek. Volgens die
Europese verwysingskader
het jy op vlak C2 seker 30 000 woorde (wat al die verbuidings insluit) nodig om op
akademischer Niveau
te verkeer.
5. Het die kursus my aangespoor om die etimologie van woorde na te spoor? Natuurlik. Is daar baie woorde uit Afrikaans in die taal? Sonder twyfel.
6. Waar van die Afrikaanse handboeke vroeër jare baie van die imperatiewe (gebiedende) wyse gebruik gemaak het hoe om 'n graaf, piksteel, besem of strykyster ordentlik vas te hou, is Duolingo gemik op die toeris. En 'n hele hoofstuk word afgestaan aan... jy't reg geraai, die potensiële toeris word medepligtig in die moordende gatskuur
taxi
-kartel van Suid-Afrika (in die hande van 'n paar begunstigdes), en die habitatvernietiging, ook bekend as
safari
(die toergids). Ek wag nog op die swierige bankwese eSandton, maar kom ons kyk wat gebeur. Moontlik sal daar nog 'n filosofiegedeelte bykom wat
ubuntu
verduidelik aan die leek.
7. Ten spyte van die heerlike en opbouende tydverdryf, is dit nie sonder 'n greintjie
bitterheid à la
Oesjaar
oor my krummelpap nie.
Want vanoggend lees en SIEN ek foto's op twitter mense is GEHUUR (geld betaal, $$$$) om aan hierdie kursus te help werk. En ek dag dit is vrywillig. My dooie donder. My naam is hoe lank, seker met hoeveel ander, op 'n lys wat ons beskikbaar gestel het om gratis te help werk aan 'n kursus vir Afrikaans. As vrywilligers. Gratis. Mahala. Om nog méér kapitaal vir Duolingo, Inc. op die Dow Jones te in ($88,39 miljoen in Junie) met elke irriterende advertensie. Dis soos Wikipedia, maar met 'n prysetiket. Ek wag nou nog op 'n gunstige antwoord.
Ek was dus terdeë bewus van die potensiaal van Duolingo.
Ek gun Zoeloe as taal en kultuurdraer al die voorspoed, sukses en belangstelling in die wêreld, wat hom toekom. As sy belangstelling selfs Swahili se 433 000 kursusgangers oorskry, dan sal ek die eerste een wees wat hande klap.
Maar ek vind dit jammer, of dit nou met Firefox is, of met Duolingo, of Wikimedia dat maatskappye alles met geld probeer "regkoop" of "regruk". Geld wat stom is, maak mos reg wat krom is? Nie altyd nie. Dit laat my werklik dink aan die Chinese boubedryf. Jy sien toringhoë geboue wat leegstaan, of gesloop word. Hoekom? Presies soos
Gebruiker:Jcwf
destyds gesê het toe hy die Xhosa-Wikipedia wou toemaak: is geld werklik al dryfveer om 'n taal te laat ontwikkel? Want wie sit dan die werk voort? Of, liewer: wie
wil
die werk voortsit? Jy kan mense nie koop om 'n taal te laat praat nie.
Vir my is dit net onregverdig dat amateurs, wat gehalte betref, op eie houtjie moet meeding met professionele persone wat ruim vergoed word. Of, is dit maar weer die ark vs.
Titanic
Jy moet iets hê WAAROM mense jou taal WIL praat of lees.
Suiwer ekonomie: VRAAG EN AANBOD. Hoe hoog is die vraag? Hoe hoog is die aanbod?
Maar, ek moet toegee dat Xhosa in sekere opsigte uitstekend georganiseerd is, en hieroor kan die
SAAWK
bietjie marknavorsing gaan doen vir die volgende simposium.
Asseblief. Ek smeek die organisasie.
Vraag 1.
Daar bestaan
imbeko.org
wat kliënte belowe om hulle binne 12 weke te laat Xhosa praat. Klink te goed om waar te wees, maar nou ja. Hang seker van baie faktore af.
Die eerste keer wat ek hiervan gelees het, was in 'n advertensie in die Pick 'n Pay se tydskrif 'n paar jaar gelede.
Wat het Afrikaans?
Wie is die teikengroepe wat Afrikaans wil leer? Wat moet jy doen? Waarheen moet volwassenes gaan wat Afrikaans wil leer? Wie befonds imbeko? Met hoeveel welslae slaag imbeko in sy doel? Kry mens iets soos 'n Uber toep, soos "juffrou op wiele" of "die driewiel-driekamp"? Hoeveel tutors is daar? Tot op watter vlak is dit? A1, C2? Kan dit moontlik die werkskaarste laat ophou? Is daar ander platforms? Wie sal sulke aanlyn aangesig-tot-aangesigklasse kan fasiliteer en kontroleer?
Of ten minste, watter empiriese bewyse is daar dat sulke tutorklasse werk? By wie moet 'n Duitser of Zoeloe gaan aanklop as hy Afrikaans van vlak 0 wil leer? En tot hoe ver kan jy die perd tot by die water bring, voordat jy sê: nou moet jy maar Brink se romans lees om jou taal op te knap?
Vraag 2.
Wat presies is die SAAWK se geleidelike strategie? Niks val uit die hemel uit nie. Kry hul eers die bronne agter mekaar, voordat hul beplan om een enorme aanlyn taalklas te begin? Wie sal daardie taalklasse kan befonds? Wie sal daaruit wil geld maak? Al sulke vrae hou my saans wakker.
En waar presies pas die Afrikaanse Wikipedia in? Dankie, doktore en professore.
Suidpunt
kontak
07:42, 3 September 2022 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, dankie vir die verslag, ek vind dit interessant. Ek gaan dit onder
Anne-Marie Beukes
en
Suléne Pilon
se aandag bring, ek sal graag wil hoor wat hulle gedagtes is oor die onderwerp. Hou jou op hoogte!
Oesjaar
kontak
18:21, 4 September 2022 (UTC)
antwoord
Dankie
Oesjaar
. Ek't hierdie boodskap geskryf op 'n Saterdagoggend toe ek hoogs ontsteld was. Die res van die middag het ek op
Google Trends
gesoek wat die stand van Afrikaans in Suid-Afrika en die wêreld werklik is. Dis al barometer wat mens kan gebruik. En hierdie is my bevindinge:
1. In Suid-Afrika neem die soektogte na Afrikaans jaar op jaar toe. Meestal om iets uit Afrikaans in Engels te vertaal en vica versa. Zoeloe en Xhosa vorder baie stadig, maar dit is vas en seker. Tydens vakansies is daar beduidend minder navrae rondom Afrikaans. Die stand van Duits en Frans is redelik baie goed in die Wes-Kaap, met die grootste belangstelling in Frans natuurlik in Franschhoek. Frans is net-net onder die belangstelling van Xhosa, Duits is onder Frans, Italiaans is onder Duits, Nederlands sukkel om kop bo water te hou, en Swahili se ophef is totaal en al ongegrond.
Eintlik baie vreemd, aangesien die meeste dokumentasie van die ZAR en die ou Kaap immers in Nederlands geskrywe was.
Kortom:
solank jy enigiets in Afrikaans skryf, sal mense dit lees. Skryf dit in enige ander taal, buiten Engels, en niemand lees dit skynbaar nie. Die gewone Suid-Afrikaanse publiek sal eerder inligting in Afrikaans as in Frans of Duits lees, lyk dit my.
Kyk mens egter na die wêreld buitekant Suid-Afrika, het Frans en Duits 'n véél, véél, véél hoër aansien.
2. Ek was onder die indruk, as Xhosa en Zoeloe volgens Encyclopaedia Britannica dan nou dialekte van mekaar is, die twee tale baie bymekaar sou leer en in wisselwerking met mekaar sou verkeer. Volgens Google Trends vind ek juis die teendeel in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Daar is net weinig belangstelling. En dit vind ek wérklik vreemd.
Suidpunt
kontak
18:59, 4 September 2022 (UTC)
antwoord
Suidpunt
, ek het so 'n gesprekkie met
Suléne Pilon
gehad oor die jou brief. Eerstens sy het dit baie positief ontvang en gaan jou antwoord, weens werkdrukte eers volgende week. Ek persoonlik hou baie van wat sy gesê het. Jy mag dalk net hier 'n ding begin het.... Groete!
Oesjaar
kontak
16:43, 6 September 2022 (UTC)
antwoord
Dankie
Oesjaar
vir die moeite.
'n Mens moet net jouself die vraag afvra: "Meneer, waar kan ek Afrikaans leer?" en die antwoord kom vanself.
Ek dink navorsing is op die oomblik die heel beste; ek besef alte goed geld raak al hoe skaarser en mens wil nie oornag 'n platform skep wat jy ten eerste nie weet of dit veilig is en ten tweede of dit ekonomies haalbaar is nie.
Ek weet die
Goethe-Instituut
en
Alliance française
word ruim befonds deur Duitsland en Frankryk onderskeidelik, maar natuurlik is hy net in die hoofsentra geleë, soos Kaapstad en Johannesburg. Jy kan natuurlik deur
Zoom
leer,
maar kyk mooi na die pryse
. En kyk na die kursusure. Dit is bitter intensief, soos by C1 en C2: vanaf 28 November tot 2 Desember, Maandag tot Vrydag, elke dag vanaf 14:00 tot 17:30. Asof beurtkrag hulle of vir jou nie sal raak nie.
Goed, veronderstel jy wil A1 haal. Dis Babaduits. Jy kan 100 tot 160 uur werk, virtueel. Vanaf 26 September 2022 tot 13 Januarie 2023. Vir
R10 500
. Ek dink eerlikwaar nie eens 'n tweedejaarsmodule kos soveel by 'n Suid-Afrikaanse universiteit nie.
Maar ek kan altyd Johannesburg toe gaan, vir hierdie Babaduits, op iemand se rusbank gaan plak, vanaf 4 Oktober tot 31 Oktober
INTENSIEF
vanaf 08:00 tot 13:00 op Maandae tot Vrydag daar deurbring. En vir hierdie halwe maand haal jy
R13 000
sommer net so uit jou konfytpot. Net so. Dis 'n derde van 'n goue Krugermuntstuk!
Maar die res van die kursusse moet jy by die instansie self gaan aanklop. In persoon. Of, halflyf op kantoor, halflyf tuis.
Vir die outjies op die platteland bly dit maar net 'n onhaalbare droom. Daar is natuurlik ook goed soos "Deutsch für dich", met sy 200 oefeninge, maar mense soek steeds daardie C2-papiertjie, die Heilige Graal, om by hul CV te voeg. Natuurlik.
Wat vir my verder chaoties van die Goethe Institut is, nêrens word vir jou uitdruklik gesê: jy is nou op Vlak B1, hier is die roete wat jy verder moet volg as jy X wil bereik nie. Dit is wat dit jou gaan kos, dit is al die papierwerk wat jy sal moet invul, dit gaan jou studiemateriaal wees; maar as jy oulik is, 24 uur tot jou beskikking het, en al die rompslomp wil vermy en binne 'n maand kan bereik wat ander in twee jaar nie kan vermag nie... probeer hierdie eksklusiewe ondergrondse tonnel.
Ek voel daar kan Afrikaans baie duideliker met 'n padkaart werk.
Alliance Française
ma chérie
, wat help dit jy het die mooiste geboue in Pretoria, Port Elizabeth, Johannesburg, Durban, Kaapstad, op Stellenbosch, Potch, as jy nie eens 'n
Franse boekwinkel in Suid-Afrika het nie
? Maputo, laat ek herhaal, MAPUTO!, het wel een, raai?
Suidpunt
kontak
08:20, 7 September 2022 (UTC)
antwoord
PS. O, en voor ek vergeet - 'n heerlike klein gatslag. Hoewel jou Goethe-sertifikaat lewenslank sy waarde behou, is daar sekere universiteite wat by die aansoek wil hê dit moenie ouer as twee jaar wees nie. Wie't geweet lewenslange leer kan soveel pret wees?
Suidpunt
kontak
08:51, 7 September 2022 (UTC)
antwoord
Sibuyan Sea
Gemeenskap, wat sal bogenoemde in Afrikaans wees? Groete!
Oesjaar
kontak
10:10, 5 September 2022 (UTC)
antwoord
Ek kry dit nie, maar na aanleiding van die Nederlandse en Duitse Wikipedia sou ek sê Sibuyansee.
Burgert
(kontak)
10:41, 5 September 2022 (UTC)
antwoord
IP-adres gebruikers...
Gemeenskap, ek word nou moeg om blatante vandalisme, moedswilligheid, astrantheid, vloekwoorde ens. dag-na-dag deur IP-adres gebruikers reg te maak of terug te rol en dan die mense te versper. Ek dink dit is tyd dat ons as 'n gemeenskap daaroor praat en 'n besluit neem. Ek stel voor dat ons nie meer IP-adres gebruikers toelaat nie en dat sodanige gebruikers as gebruikers registreer voor hulle enige bydraes maak. Ek voorsien gereelde opleidingsessies regdeur die land waar ons die voornemende gebruikers kan help en bystaan om te registreer. Julle menings... Groete!
Oesjaar
kontak
17:26, 5 September 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Ek stem honderd persent saam. 'n Mens moet elke wysiging deur 'n IP-gebruiker gaan tjek, en die meeste is vandalisme. Ons het nie genoeg mense om dit te doen nie.
Burgert
(kontak)
17:58, 5 September 2022 (UTC)
antwoord
Dit is moeilik vir my om te besluit. Dit (blokkering van IP-adres wysigings) gaan teen die filosofie van Wikipedia, maar ek moet erken dat meeste IP-adres wysigings gemors is (op afwiki). Daar is darem waardevolle IP-adres wysigings. Wil ons die verloor net om ons eie lewens makliker te maak? Die projek is nie net vir "ons" (geregistreerde gebruikers) nie. Dit is vir almal wat belang stel in Afrikaans. -
Rooiratel
kontak
11:04, 6 September 2022 (UTC)
antwoord
Daar is bitter min waardevolle IP-adreswysigings. Dié een of twee mense moet maar registreer.
Burgert
(kontak)
13:06, 6 September 2022
Ek stem 100% saam met Oesjaar. Volgens
en:Ban on IPs on ptwiki, paid editing for Tatarstan, IP masking
het die Portugese Wikipedia in Oktober 2020 as 'n gemeenskap besluit om IP-adres gebruikers te verban. Dit het blykbaar gelei tot 'n aansienlike afname in vandalisme op die Portugese Wikipedia soos ek dit verstaan. Ek sien Oesjaar het vanaand weer 'n IP-adres gebruiker versper. Die handjievol IP-adres gebruikers wat nou en dan waardevolle bydraes maak moet maar registreer. Groete!
Lefcentreright
kontak
19:34, 6 September 2022 (UTC)
antwoord
Ons kan miskien 'n boodskap plaas vir IP-adresgebruikers wat iets probeer wysig, soos: "Ons sal baie waardeer as jy registreer weens die werkslas wat vandalisme deur IP-adresgebruikers vir ons meegebring het."
JMK
kontak
22:09, 6 September 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Ek stem ook 100% saam met Oesjaar...verban die verpeslike IP adresse! --
Aliwal2012
10:41, 7 September 2022 (UTC)
antwoord
Neutraal
– die jammerte is omtrent elke IP-adres wysiging is vandalisme. Sou tog graag wil hê almal wat wil kan Wikipedia wysig, en daar is geldige redes om anoniem te wysig. Doen dalk 'n toetslopie van 6 maande?
Dumbassman
kontak
15:43, 8 September 2022 (UTC)
antwoord
Of ons kan begin deur probleemgebruikers permanent te versper eerder as 1 maand. D.w.s. as jy duidelik hier is vir grappies bêre ons jou weg en vergeet van jou. Zero verdraagsaamheid, maar op individuele vlak.
JMK
kontak
17:44, 8 September 2022 (UTC)
antwoord
Dit maak steeds nie die werkslas minder nie.
Aliwal2012
17:55, 8 September 2022 (UTC)
antwoord
En daar is die probleem dat verskeie mense dieselfde IP-adres gebruik, of dat iemand se IP-adres verander. As jy dit blokkeer, blokkeer jy 'n klomp onskuldige mense ook.
Burgert
(kontak)
18:49, 8 September 2022 (UTC)
antwoord
As die plan is om alle onskuldiges te blokkeer, kan ons seker maar 'n paar onskuldiges per abuis blokkeer. En as die IP-adres verander kan dit seker nie baie gebeur nie? As ons situasie egter is dat ons daagliks nuwe vandale teëkom, is my voorstel nie die oplossing nie.
JMK
kontak
22:54, 8 September 2022 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met
Gebruiker:Dumbassman
, kom ons doen 'n toetsloop van 6 maande en kyk hoe dit gaan. Ek stem ook saam met
Gebruiker:Rooiratel
dat ons wil hê almal moet kan bydra, maar ongelukkig lyk dit of die meerderheid anonieme bydraers vandale is of toetswysigings maak. En soos
Gebruiker:Burgert Behr
sê, hulle kan mos 'n rekening skep indien hulle werklik van plan is om bydraes te maak. –
K175
skil 'n appeltjie
09:22, 9 September 2022 (UTC)
antwoord
Gekant
– Uit die artikel
Wikipedia
: "Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur
enigiemand
gelees,
verbeter en uitgebrei
te word." Hoe verduidelik ons dit vir ander, as dit nie die geval is nie? Buitendien sien ek baie goeie anonieme wysigings. Wie van ons het nie as 'n IP begin nie?
:) Groete. --
SpesBona
18:30, 11 September 2022 (UTC)
antwoord
Enigiemand kán dit uitbrei; hulle moet net registreer soos op enige ander webtuiste waar jy iets wil skryf.
Burgert
(kontak)
18:35, 11 September 2022 (UTC)
antwoord
Ek gaan nou voort om IP-adres gebruikers te verhoed om op ons Wikipedia te werk. Ek word nou moeg om elke dag gemors te verwyder, terug te rol ens. Hierdie boodskap het nou al oor die twee maande verskyn. Groete!
Oesjaar
kontak
07:54, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek is steeds bekommerd oor dié besluit, sien my beredenering bo. Ek sien minder vandalisme deur IPs as deur ingetekende gebruikers. IPs kan nie "Inhoudvertaling" doen nie, dis veral vreemde ingetekende gebruikers wat sulke goed hier plaas en nie meer daaraan werk nie. Ek sien veral IPs wat akteurartikels en televisiereekse redigeer en daarmee is myns insiens niks fout nie. IPs wat op ander taalweergawes werk (akteurartikels van prente voorsien) sal vir dieselfde goed hier waarskynlik nie inteken nie. Vir ons sal hierdie soort bydraes verlore gaan. Hoekom moet Jan Alleman inteken en 'n e-pos gee net om tikfoute te verbeter? Ons reëls noem niks daarvan nie. Op die Duitstalige Wikipedia mag IPs saamwerk en dit doen in die meeste gevalle nie skade nie. Groete. --
SpesBona
14:50, 11 November 2022 (UTC)
antwoord
Stem saam met SpesBona. Daar is gebruikers wat 'n fout raaksien en dit gou regmaak. Ek self, sal as ek op 'n ander toestel is, soms iets klein verander en verseker nie die moeite doen om op elke toestel wat ek gebruik in te teken nie. Vandalisme is die realiteit van Wikipedia en moet op 'n ander manier bestuur word.
Sobaka
kontak
15:18, 11 November 2022 (UTC)
antwoord
Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk
Gemeenskap, dankie aan
Gebruiker:Burgert Behr
wat 'n reuse klomp werk gedoen het om te verseker dat ons Wikipedia op datum is as gevolg van die koningin se afsterwe! Ek kon dit nie doen. Groete!
Oesjaar
kontak
11:23, 9 September 2022 (UTC)
antwoord
Plesier!
Burgert
(kontak)
12:26, 9 September 2022 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Burgert Behr
As prins William se titel weer binne die volgende 10 jaar verander, weier ek om die artikels oor te verander.
Burgert
(kontak)
11:26, 10 September 2022 (UTC)
antwoord
Ek sal hom sê... Weereens dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
11:40, 10 September 2022 (UTC)
antwoord
Afsterwe en staatsbegrafnis van Elizabeth II
Gemeenskap, bogenoemde artikel is vertaal deur
Gebruiker:Blommetjie1
. Die gebruiker was deel van die opleidingsessie op 4 Aug te die
SAAWK
. Wat 'n artikel om mee te begin! Sjoe!. Help asb waar julle kan! Groete!
Oesjaar
kontak
13:31, 15 September 2022 (UTC)
antwoord
Goeie poging, maar daar is nou letterlik 'n honderd rooi foute in die verwysings. Ek sal maar uit liefde vir die saak hand bysit om dit te herstel, fase 4 beurtkrag pla maar!
Aliwal2012
18:21, 15 September 2022 (UTC)
antwoord
NS: Die rooi foute is nou herstel na 'n dag se gesukkel!
Aliwal2012
Infoboks vir die (vliegdekskepe)
Gemeenskap, dit sal hoog waardeer word as iemand slimmer as ek met die Infobokse kan help! Groot asb! Groete!
Oesjaar
kontak
19:58, 16 September 2022 (UTC)
antwoord
Ons Facebook blad.
Gemeenskap, ons FB blad se ledetal het gisteraand deur die 1000 merk beweeg. Tans 1005 lede! Groete!
Oesjaar
kontak
07:20, 17 September 2022 (UTC)
antwoord
The Vector 2022 skin as the default in two weeks?
The slides for our presentation at Wikimania 2022
Hello. I'm writing on behalf of the
Wikimedia Foundation Web team
In two weeks, we would like to make the Vector 2022 skin the default on this wiki.
We have been working on it for the past three years. So far, it has been the default on more than 30 wikis, including sister projects, all accounting for more than 1 billion pageviews per month. On average
87% of active logged-in users
of those wikis use Vector 2022.
It would become the default for all logged-out users, and also all logged-in users who currently use Vector legacy. Logged-in users can at any time switch to
any other skins
. No changes are expected for users of these skins.
Top of an article
Vector legacy (current default)
Vector 2022
A section of an article
Vector legacy (current default)
Vector 2022
About the skin
[Why is a change necessary]
The current default skin meets the needs of the readers and editors as these were 13 years ago. Since then, new users have begun using Wikimedia projects.
The old Vector doesn't meet their needs.
[Objective]
The objective for the new skin is to make the interface more welcoming and comfortable for readers and useful for advanced users. It draws inspiration from previous requests, the
Community Wishlist Surveys
, and gadgets and scripts. The work helped our code follow the standards and improve all other skins.
We reduced PHP code in Wikimedia deployed skins by 75%
. The project has also focused on making it easier to support gadgets and use APIs.
[Changes and test results]
The skin introduces a
series of changes
that improve readability and usability. The new skin does not remove any functionality currently available on the Vector skin.
The sticky header makes it easier to find tools that editors use often. It decreases scrolling to the top of the page by 16%.
The new table of contents makes it easier to navigate to different sections. Readers and editors jumped to different sections of the page 50% more than with the old table of contents. It also looks a bit different on talk pages.
The new search bar is easier to find and makes it easier to find the correct search result from the list. This increased the amount of searches started by 30% on the wikis we tested on.
The skin does not negatively affect pageviews, edit rates, or account creation. There is evidence of increases in pageviews and account creation across partner communities.
[Try it out]
Try out the new skin by going to the appearance tab in
your preferences
and selecting Vector 2022 from the list of skins.
How can editors change and customize this skin?
It's possible to configure and personalize our changes. We support volunteers who create new gadgets and user scripts. Check out
our repository
for a list of currently available customizations, or add your own.
Our plan
If no large concerns are raised, we plan on deploying in the week of October 3, 2022
. If your community would like to request more time to discuss the changes, hit the button and write to us. We can adjust the calendar.
Request for more time to discuss the change
If you'd like ask our team anything, if you have questions, concerns, or additional thoughts, please ping me here or write on the
talk page of the project
. We will gladly answer! Also,
see our FAQ
. Thank you!
SGrabarczuk (WMF)
talk
04:14, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
SGrabarczuk (WMF)
, after 3 years that somebody did something about something on Wikipedia, we as the community must make a call in 13 days about something that we do know nothing of. Tragic but I guess that is the Foundation's ways....
Oesjaar
kontak
05:45, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Hello @
Oesjaar
. Thank you for pointing at this problem. I understand that you'd prefer for your community to be informed more frequently. That's fair. As you can see, everything we've done is documented on wiki. We can have a longer discussion here - we don't have to make any sudden changes.
SGrabarczuk (WMF)
kontak
18:43, 29 September 2022 (UTC)
antwoord
Gekant
Ek like dit niks. I am raising a large concern.
Dumbassman
kontak
06:08, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Ondersteun
ek gebruik dit al vir 'n paar maande en hou daarvan. Dit is makliker om te lees, en om tussen tale te wissel. Die inhoudsopgawe is nou aan die kant van die bladsy en neem nie plek op in die bladsy se inhoud nie.
Dumbassman
wat hou hy nie daarvan nie?
Oesjaar
hulle het klomp kennisgewing gegee, selfs hier op ons geselshoekie. Gaan kyk in die argief. -
Rooiratel
kontak
10:34, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Ek verstaan 90% van die goed wat hulle sê nie, gee my eerder praktiese voorbeelde.
Oesjaar
kontak
10:38, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Hulle het fotos hierbo geplaas wat van die grootste veranderings wys. Jy kan selfs in jou voorkeure die "Wikipedia skin" verander van "Vector (legacy)" na die nuwe "Vector 2022" om self te sien hoe dit lyk.
Maar in elk geval soos hulle sê die standaardvel vir Wikipedia gaan verander na die nuwe "Vector 2022". So al ons lesers gaan dit met die nuwe vel sien. Dit sal sin maak vir ons as gebruikers om dieselfde vel te gebruik sodat ons kan sien hoe ons wysigings rêrig sal lyk vir ons lesers. -
Rooiratel
kontak
10:47, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
'n Vel is iets wat my liggaam beskerm en 'n vektor is die rigting waarin jy loop na 'n kaartlees sessie. Glo nie verandering gaan hiermee help nie... Groete!
Oesjaar
kontak
10:54, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Nou is jy net ligsinnig. Jy weet dit is net 'n naam vir die dinge. Gee 'n geldige rede hoekom ons nie die nuwe koppelvlak veranderings moet gebruik. As jy net sê dat jy nie daarvan hou nie dan erken jy dat daar niks daarmee fout is nie. Sulke niksseggende kommentaar is net geraas en dra niks by tot die gesprek nie. -
Rooiratel
kontak
11:02, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Hey @
Rooiratel
dit is vir my te nou. Ek skuif ook baie my bladsye rond dan kan ek meeste van die keer niks lees nie.
Dumbassman
kontak
14:23, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Ja, die noue lynlengtes is iets waaraan mens gewoond sal moet raak. Maar daar is baie akademiese studies oor baie jare en deur verskillende mense wat bewys dat 'n lynlengte van omtrent 80 karakters makliker is om te lees. Sien al die bronne op
en:Line Length
vir 'n begin. Ek verstaan nie wat jy bedoel met jou tweede sin nie. -
Rooiratel
kontak
06:45, 26 September 2022 (UTC)
antwoord
Ek is nie ligsinnig nie. Ek het nog nooit met vel en vektor andersins te doen gekry nie. Ek kan nie enige rede gee vir of teen die nuwe wat-ook-al nie want ek weet nie wat dit doen of nie doen nie. Die laaste groot verandering hier by het ons het ons gelaat met Engelse teks waar daar voorheen Afr was en dit is nooit reggemaak nie. Maar dan het Wikipedia se sogenaamde kundiges nog nooit werklik omgegee oor wat ons mening is nie. Groete!
Oesjaar
kontak
11:20, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Lyk nie veel anders nie; daar is eintlik min veranderings. 'n Mens moet dit maar net gewoon raak.
Burgert
(kontak)
11:59, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Die Engelse teks op die koppelvlak het verskyn omdat die oorspronklike "bron teks" vir die koppelvlak verander het. Dit moet vertaal word op translatewiki.net, en dit was van die begin af so. Lank voor ons albei hier was. Dit is dus niks nuuts nie. So as jy nie tevrede is met die Englese teks op ons koppelvlak nie, dan moet jy inspring op translatewiki.net. Ek gaan nie alles op my eie vertaal nie. En met betrekking tot die nuwe koppelvlakveranderinge: as jy weier om dit te verstaan, dan moet nie kommentaar lewer nie. -
Rooiratel
kontak
14:30, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Hier is iets op FB oor ons nuwe vel wat op 'n vektor loop...
Wikipedia Weekly
Groete!
Oesjaar
kontak
18:20, 23 September 2022 (UTC)
antwoord
Gekant
– Sedert ek met Wikipedia begin het, is ek mal oor taalskakels (Wikipedia betrek meer as 300 tale). Met die 2010-vektor is dit drasties ingekort (net nege is te sien) en met die 2022-vektor word dit nou versteek. Op Wikidata merk ek ons voorbladsterre met 'n goue ster en dit wys vir lesers daar buite dat Afrikaans vir hulle iets het om aan te bied. Ek dink maar veral aan tale soos Duits, Engels en Nederlands, waarin ons voorbladsterre vertaal kan word. Maar wie gaan dit in die toekoms sien, as taalskakels nie meer altyd sigbaar is nie? Is daar 'n opname, hoe versteek/wys van taalskakels die getal lesers beïnvloed? Groete. --
SpesBona
18:30, 25 September 2022 (UTC)
antwoord
Wat help dit jou om afwiki op die ou Vektor-2010 vel te hou (met die "sigbare" taal skakels) as al die ander wikis die nuwe Vektor-2022 vel gebruik? -
Rooiratel
kontak
06:41, 26 September 2022 (UTC)
antwoord
Gekant
Afskaling van sigbare taalskakels is teen die Wiki-etos. Daarsonder word elke projek soos 'n Orania wat hom in sy eie silo / eggokamer inkluister. Hulle kan juis die taalskakels "sticky" maak omdat dit so belangrik is. 'n "Sticky header" is 'n lastige gimmick wat eintlik niks help nie. Ek sien net een verbetering, naamlik dat die soekraampie links skuif. Dit beteken die artikelnaam direk onder die raampie verskyn waar jy daarna gesoek het - direkte assosiasie. 2 cm ongebruikte wit spasie aan die linkerkant, dan die inhoudsopgawe, dan weer 3 cm ongebruikte wit spasie, dan die artikel - en tussen die soekraampie en artikel weer ongebruikte spasie. Hulle is laf en benut nie die bladspasie op 'n meer sinvolle manier nie. Die 2010-vel is naby optimaal, 'n paar klein verstellings kan nuttig wees. As jy nouer lynspasies wil hê, gebruik dan die regterbaan nuttig.
JMK
kontak
20:09, 27 September 2022 (UTC)
antwoord
SGrabarczuk (WMF)
thank you for your message. There has been a largely negative reaction to the idea of changing to the new skin by the editors of the Afrikaans Wikipedia. The main complaints being either that it is not to their personal taste, or that the new language links will reduce visibility to our wiki. To the second objection I don't see how not changing the skin on afwiki will have any positive effect on our wiki's visibility since I am assuming most other wiki's will make the change. So far no one has given a valid reason why we shouldn't adopt the new skin, but if it would be put to a vote it would largely skew in favour of staying on the old skin. The editors on this wiki are mostly older and strongly averse to change. Apologies for the negative responses. -
Rooiratel
kontak
13:47, 28 September 2022 (UTC)
antwoord
Thank you @
Rooiratel
for pinging me and doing the ambassador's job, for all these comments above and this summary. I very much appreciate that. Today we discovered we have a bit more flexibility, so we can continue the discussion and make the change later. I need to find out what the next date would be.
It seems it'd be the week of October 17 at earliest
. (Bold for others scrolling through the page to notice that bit.) I'll inform you as soon as I can. By then, we'll definitely address the concern about the language button. (On a side note, I'd like to point at my
comment on the Western Frisian Wikipedia
which I posted just about an hour ago. In short, there are a few options for what could be done, both from the WMF side, and the volunteers' side.)
Thank you everyone for all the comments!
SGrabarczuk (WMF)
kontak
18:56, 29 September 2022 (UTC)
antwoord
Die oorlog teen Afrikaans...
Gemeenskap, ek het hierdie terloops raak geloop...
Oorlog teen Afrikaans
. Gebruik dit as motivering want niemand anders skep ensiklopediese boeke meer nie. Groete!
Oesjaar
kontak
06:22, 22 September 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia is miskien een rede waarom niemand meer Afrikaanse ensiklopedië beoog nie, te riskant. In 2009 was daar wel 'n interessante vertaling,
Diere: Ensiklopedie vir kinders
deur Human & Rouseau. Ek weet nie of enige professore nog bymekaarkom om Afrikaanse handboeke te skryf soos in die 70's en 80's nie. Daar was bv. 'n reeks wiskunde- en fisika-handleidings vir voorgraadse studente met verskeie herdrukke, waarvan die duurste een vandag R650 sou gekos het. D.w.s. baie goedkoper as die swak handboeke wat deesdae in die universiteite se boekwinkels aangebied word. Steeds 'n geleëntheid na my mening, en hopelik nie die laaste sodanige werke wat Afrikaanses ooit gaan sien nie. Wat die Maroela-opiniestuk betref: miskien is die ANC nie Afrikaans se grootste vriend nie, maar daar moet ernstig voor eie deur gevee word. 'n Wye reeks negatiewe tendense en gedragspatrone (o.m. antisosiale gedrag, barbarisme en
misdadigheid
) in eie geledere kniehalter Afrikaans vandag soos in die verlede.
JMK
kontak
13:25, 29 September 2022 (UTC)
antwoord
Benewens
Diere: Ensiklopedie vir kinders
(2009) sien ek darem 'n paar ander onlangse ensiklopediese of semi-ensiklopediese boeke in Afrikaans, en daar mag nog meer wees:
Die Aarde: Ensiklopedie vir kinders
(2014)
deur H&R,
My ensiklopedie van baie belangrike dinge
Ontdek diere
en
Ontdek planete
deur DK-Uitgewers/H&R,
Insektopedie
deur Erik Holm (Struik, 2017),
Vrae en feite vir feitevrate
deur Adinda Vermaak (Penguin, 2021),
Hoekom nie: 1,111 vrae en antwoorde vir nuuskierige agies
(2019) deur Tafelberg/National Geographic,
Die Storie Van Planeet Aarde
(Protea Boekhuis, 2014),
Die Periodieke Tabel-Boek
(Protea Boekhuis, 2019),
Die storie van sterre en planete
(Protea, 2017)
. Hulle is dus beskikbaar vir Afrikaanse lesers as jy bietjie soek.
JMK
kontak
22:39, 8 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Grasveldboomvaring
Gemeenskap, terwyl ek besig is om taksobokse te vervang, het ek agter gekom daar is 'n probleem met bogenoemde se taksonomie, ek dit na Dr. Ronel Klopper by SANBI verwys. Groete!
Oesjaar
kontak
14:04, 25 September 2022 (UTC)
antwoord
Daar is niks fout met die spesie se taksonomie nie. Die probleem is dat daar twee genera is met die naam
Alsophila
, een is 'n mot en een is 'n plant. Ek het die taksoboks reggemaak. -
Rooiratel
kontak
06:54, 26 September 2022 (UTC)
antwoord
Hier is die antwoord van Dr. Klopper:
Beste Deon
Dankie vir jou epos.
Vroeër was meeste boomvarings in die familie Cyatheaceae in die genus Cyathea ingesluit (daar is ook ander families wat boomvarings bevat – egter nie natuurlik in SA teenwoordig nie). Molekulêre studies het gewys dat die Cyatheaceae boomvarings duidelik verskillende groepe vorm. Sien ‘Korall et al. 2006. Tree ferns: Monophyletic groups and their relationships as revealed by four protein-coding plastid lociMolecular Phylogenetics and Evolution 39: 830–845’, vir meer inligting.
Op grond van hierdie studies is Cyathea in drie genusse opgedeel. Die Afrika boomvarings is nou almal in Alsophila.
Die nuwe klassifikasie was aanvanklik baie kontroversieel en nie almal het dit aanvanklik gevolg nie. Maar ek dink deesdae het meeste varingkundiges daarby berus.
Daarom sal ou literatuur verwys na Cyathea dregei en Cyathea capensis, maar nuwer bronne na Alsophila dregei en A. capensis.
Hoop die verduideliking klaar jou probleem op.
Groete
Ronell
Lyk of daar tweespalt oor die saak is, miskien omdat die DNA-ontleding tot 'n beperkte greep van die genoom beperk is. Dit mag beteken dat die onlangse splyting op afgeleide, moontlik onbelangrike, kenmerke gebasseer is. En omdat hierdie familie in onbegaanbare bergwoude voorkom word baie nuwe ontdekkings verwag. "Alsophila" is ook nie tot Afrika beperk nie, en is dus nie afgesonderd nie.
JMK
kontak
16:31, 28 September 2022 (UTC)
antwoord
IKT-navorsing in Afrikaans
Gemeenskap, iets wat julle mag interesseer...
Groete!
Oesjaar
kontak
08:39, 7 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Ons Wikimedia Commons foto op MSN nuuswerf geplaas
Gelukwense aan ons Afrikaanse wikipediaan,
Gebruiker:JMK
, wie se
foto van die e-toltoring by Lynnwood vandag op MSN "The South African" se nuuswerf verskyn het!
Gaan kyk by
Gauteng motorists may soon be forced to pay a NEW ‘road tax’
Wel gedaan JMK! Groete,
Aliwal2012
18:54, 10 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Goed gedoen! Groete!
Oesjaar
kontak
19:07, 10 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Die prentjie was deel van die artikel oor die onderwerp wat redelik tydig geskryf is na inwerkingstelling van e-tol. Hopelik het die inligting mense gehelp om die onderwerp beter te verstaan. Ek het egter nie probeer om elke latere kinkel en draai van die sage op te volg nie.
JMK
kontak
19:07, 17 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Nogmaals dankie JMK!
Aliwal2012
Afrikaanse Wikipedia op die Nederlandse Wikipedia
Gemeenskap, is daar enige van ons lede wat Nederlands magtig en ons blad daar op datum kan bring? Sien
Nederlands
Groete!
Oesjaar
kontak
19:01, 10 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Preview Wikitext edits in real time from the Editor toolbar
Screenshot with button highlighted
Help met die vertaal na uw taal
Hallo
⧼wikieditor-realtimepreview-beta-label⧽
" is now available in beta. This feature allows editors to see a live preview at the side of the wikitext editor while they edit.
Realtime Preview is a Community Wishlist Survey 2021 proposal.
How to use it
In the 2010 wikitext editor toolbar, a new button appears with the label "Preview". Clicking the button enables a side-by-side comparison showing what the published content would look like. Check out the screenshot.
Try out this feature
Go to the
Beta features section of your Preferences
. Ensure "
⧼wikieditor-realtimepreview-beta-label⧽
" is turned
on
while "
⧼visualeditor-preference-newwikitexteditor-label⧽
" is turned
off
If you have any feedback after using it, please share it with us at
the project talkpage
, or below (and @ping me please!).
Baie dankie!
Community Tech,
STei (WMF)
19:25, 12 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Good morning! I've tried this out just now. The implementation works fine, but the negative side is that the user's screen gets divided in two now, making it even more crowded for sight-stressed people like me. Sorry, but I won't use it in future!
Aliwal2012
07:15, 13 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Wikipedia-opleiding...
Gemeenskap, ek gee môre opleiding in die konferensie saal van die WAT, enige van ons Kaapse gebruikers wat wil gesig wys is welkom! Ek wil bitter graag Burgert en Suidpunt ontmoet. Groete!
Oesjaar
kontak
05:38, 17 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Ons FB-blad
Gemeenskap, ons FB blad het nou 1110 lede! Goeie nuus, hoe kry ons die mense aan die skryf... Groete!
Oesjaar
kontak
09:38, 17 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Uit die kantoor van
WAT
...
Welkom aan
Gebruiker:Kisduiweltjie
Gebruiker:Letjie
Gebruiker:Angel Hoffman
Gebruiker:Vierblaarklawer
en
Gebruiker:Skoenlappertjie
, ons nuutste gebruikers! Groete!
Oesjaar
kontak
10:28, 18 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, jammer as ons julle gister 'n bietjie ontstig het met al die aktiwiteite maar dit was baie lekker om vyf nuwe gebruikers te hê wat net wil weet hoe werk dit, hoe werk dat... Twee van hulle is werknemers van die WAT en wraggies, daai oë van hulle mis nie 'n spelfout, koppelteken dinge ens. nie! Goed om julle ook aan boord te hê! Groete!
Oesjaar
kontak
05:47, 19 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Opleiding van nuwe gebruikers...
Gemeenskap, een dag is werklik nie genoeg om nuwe gebruikers op te lei in die fyner dinge van Wikipedia nie. As 'n mens moet fokus op sê, slegs 10 sjablone, wat sal die mees belangrikste sjablone wees volgens julle? Selfs vyf. Groete!
Oesjaar
kontak
05:54, 19 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Wat van dié:
{{
breuk
}}
{{
koördinate
}}
{{
Commons-kategorie inlyn
}}
{{
vlagland
}}
{{
TITELAANSIG
}}
{{
Hoofartikel
}}
{{
audio
}}
{{
nowrap
}}
{{
Geboortedatum en ouderdom
}}
{{
Sterftedatum en ouderdom
}}
{{
Verwysings
}}
{{
Normdata
}}
Burgert
(kontak)
07:13, 19 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, sou wat wou gee om jou gister daar te gehad het as
wingman
! Groete!
Oesjaar
kontak
07:26, 19 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Enige ander voorstelle? Groete!
Oesjaar
kontak
11:55, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Dit hang ook af van die onderwerp waaroor jy wil skryf. Ek hou baie van inligtingskassies, krieket- en rugbysjablone,
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... en
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me .... Groete. --
SpesBona
18:25, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
105 000 artikels!
Dankie aan almal wat bydraes gemaak het! Groete!
Oesjaar
kontak
07:24, 19 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Dr.
Leopold Scholtz
Gemeenskap, enige vrywilliger om iets te skep oor die man wat so pas oorlede is? Groot baanbreker vir Afrikaans. Groete!
Oesjaar
kontak
07:28, 20 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Dankie Sobaka en 196.250.216.41!
JMK
kontak
16:19, 23 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Proximity fuze
Gemeenskap, my woordeboek gee vir my 'n vertaling wat ek betwyfel. Ek luister... Groete!
Oesjaar
kontak
11:54, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Pharos gee "nabyheidsbuis", en die WAT bevat ook die woord: "(krygskunde) Elektroniese, infrarooi- of radartoestel waarmee 'n projektiel, bom, myn of lading gedetoneer word wanneer dit i.d. nabyheid v.d. teiken geaktiveer word.
Burgert
(kontak)
14:19, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Behoort dit nie 'n nabyheidsontsteker te wees nie?.
Sobaka
kontak
14:57, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Letjie
, wat is die WAT se siening hier? Groete!
Oesjaar
kontak
17:35, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Die
WAT
het slegs "nabyheidsbuis" opgeneem. Opname geskied op grond van gebruiksfrekwensie. "Nabyheidsbuis" word in die tydskrifte
Paratus
en
Militaria
gebruik, asook in At van Wyk se boek
Honoris crux: ons dapperes II
(1985). Ek kry nie opgawes van "nabyheidsontsteker" nie.
105.226.29.132
19:21, 23 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Opgedateerde boomlys
Gemeenskap, die Dendrologiese Vereniging het die Nasionale boomlys hersien. Ek is nou op hulle eposlys, wie soek 'n kopie? Groete!
Oesjaar
kontak
17:04, 22 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
100% publisiteitsfoefie en nie die digitale papier werd waarop dit gratis versprei word nie. As daar iets aan was sou jy moet betaal vir 'n ordentlik gedrukte boek. Met "hersien" bedoel hulle dat 'n paar bossies en rankers met houtagtige stamme (vgl.
Lopholaena coriifolia
) nou bome genoem word, hulle sinnelose en onnodige boomnommers wil populariseer sodat jy elke keer na hulle moet verwys as daarvan gebruik maak, swak deurdagte genusname wil afdwing (vgl.
Vachellia
met nuwe tipespesie, in plaas van
Acacia
met sinvolle tipespesie), en na my mening oningeligde lede met wikipedia se hulp wil werf sodat Sasol en kie hulle meer geld gee. Daar is wel 'n
Ochna
-spesie wat bykom wat seker weer die fopnommers opdons. Nie aan te beveel as verwysing nie. Ons moet onafhanklik daarvan bly.
JMK
kontak
15:56, 23 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
"Skin"
Is die 2022-skin nou die verstek? Ek dog daar is nog 'n bespreking daaroor, of is ek verkeerd?
Burgert
(kontak)
17:09, 25 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Iemand luister nie na ons nie. Het persoonlik teruggeskuif na die 2010-weergawe.
JMK
kontak
22:55, 25 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Ek het ook teruggeskuif na die 2010-weergawe, kan nie op so 'n smal bladsy werk nie!
Aliwal2012
18:43, 26 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Ek ok!
Oesjaar
kontak
18:45, 26 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Tabelle en galerye word beïnvloed, vertoon minder netjies, omdat teks meer vou of fotos nie meer ewe groot is nie. Wysingsblad benut soms 1/3 van die bladsy, soms wel hele bladsy. Die soekraampie moet nou fotos wys, weereens wyd gespasieer sodat dit oor die onderrand van my bladsy gaan. En dit praat nog Engels: "Loading search options". Voorgestelde tale sluit gereeld Zazaki en Hindi in om een of ander rede. Die Asiatiese tale 'n warboel van kolomme omdat hulle volgens skriftipes gesorteer word, en dié ook wyd uitmekaar, sodat jy ver moet scroll. Afrikatale volg darem tweede laaste op die lys van streke. Ek glo nie hul statistiek nie – as hulle doof is vir ons, dan ook doof vir ander klagtes.
JMK
kontak
21:06, 26 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Hello @
JMK
, thanks for writing about these problems. Let me see what we can do:
"Voorgestelde tale sluit gereeld Zazaki en Hindi in om een of ander rede", "Die Asiatiese tale 'n warboel van kolomme omdat hulle volgens skriftipes gesorteer word, en dié ook wyd uitmekaar, sodat jy ver moet scroll. Afrikatale volg darem tweede laaste op die lys van streke" - I believe this was all true before the change, too. This has been part of the
Universal Language Selector
Language team
. This is a good few/several years old. I don't know how exactly the suggestion functionality works, but I can ask a friend who might help (@
UOzurumba (WMF)
). Regarding the sorting aspect - traditionally, with the alphabetical order, there was chaos, too. For example, there was no clear answer to the question if Spanish should be between R and T, or D and F. This applied to a number of languages.
About things not belonging to other teams:
"Tabelle en galerye word beïnvloed, vertoon minder netjies, omdat teks meer vou of fotos nie meer ewe groot is nie" - if I'm correct, you're referring to a problem what has been existing for many years. Indeed, sometimes, we, Wikipedians, "design" articles to look good - in our opinion, on our screens. But this only works for certain resolutions. I don't have a simple solution. Even some technically-skilled volunteers tell that the solution would be a different approach to writing articles
:/
"Wysingsblad benut soms 1/3 van die bladsy, soms wel hele bladsy" - would you be able to elaborate on that? I don't quite understand what wysingsblad is and what issue you're referring to.
"Die soekraampie moet nou fotos wys, weereens wyd gespasieer sodat dit oor die onderrand van my bladsy gaan" - could you perhaps share a screenshot? I'd like understand better what it looks like on your screen.
"En dit praat nog Engels:
Loading search options
" -
here you can add interface translations
SGrabarczuk (WMF)
kontak
04:18, 10 November 2022 (UTC)
antwoord
8,8 cm-Flak 18/36/37/41
Museumname
Gemeenskap, kan ek maar die museumname so in Engels in kursief gebruik? Groete!
Oesjaar
kontak
18:32, 30 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Nee. 8,8 cm-Flak 18/36/37/41.
Burgert
(kontak)
11:56, 31 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, help asb met die laaste paar in vreemde tale... Groete!
Oesjaar
kontak
18:34, 31 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Ek weet nie wat jy bedoel nie, maar die artikel se naam moet wees 8,8 cm-Flak 18/36/37/41, amper soos in Duits en Nederlands, maar volgens Afrikaanse spelreëls.
Burgert
(kontak)
19:39, 31 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Al die name moet ook nie elke keer vet wees nie.
Burgert
(kontak)
19:43, 31 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, die vet is weg. Ek soek asb hulp onder die hoofstuk Museumstukke. Groete!
Oesjaar
kontak
07:40, 1 November 2022 (UTC)
antwoord
Die FAK se FB blad
Uit die FAK se FB die volgende oor Eric Nobss:
Hy is op Nuwejaarsdag in 1954 gebore, maar ondanks sy bekendheid bestaan daar geen Wikipedia-bladsy oor hom nie en geen verdere biografiese inligting oor hom is bekend nie.
terwyl
Eric Nobbs
bestaan! Niemand is so blind as hulle wat nie wil sien nie. Ek wonder hoeveel van die FAK se lede lewer 'n bydra hier by ons? Is dit erkenning van die FAK se kant af? Ek wonder maar net... Groete!
Oesjaar
kontak
14:43, 31 Oktober 2022 (UTC)
antwoord
Pioneer 3
Gemeenskap, ek sukkel met die term:
Injection angle
uit die Engels
. Ek vermoed dit is die hoek waarmee die vuurpyl die aarde mee verlaat. Enige hulp is welkom! Groete!
Oesjaar
kontak
05:37, 2 November 2022 (UTC)
antwoord
Die Engelse artikels se beskywings van "orbitale oordrag" (transfer orbit) en "orbitale injeksies" (orbital injections) is so lendelam uiteengesit dat 'n leser nie maklik uitmaak wat hulle bedoel nie. En vg. natuurlik ongedefinieerde Afrikaanse "terme". Vir "injection angle" is "orbitale invalshoek" miskien intuitief verstaanbaar, waar "orbitale" 'n oordrag-wentelbaan impliseer, waarin die "oordrag" die oordrag van die tuig uit die aarde na maan se invloedsfeer is.
JMK
kontak
19:18, 3 November 2022 (UTC)
antwoord
Voorstel: Staatshoof-sjabloon vir elke land
Wat dink julle as ons 'n Staatshoof-sjabloon skep vir elke land? B.v.
{{Staadshoof-ZA}}
= Skakel na Ramaphosa. Elke keer as 'n land se staatshoof verander, dan moet dit by 'n klomp plekke verander word, en sommige van hulle vergeet mense om te verander. Elke land se kantbalk, G8, G20, ens. sjablone kan dit gebruik, en dan kan ons dit net in een plek verander. -
Rooiratel
kontak
07:58, 7 November 2022 (UTC)
antwoord
Klink goed.
Burgert
(kontak)
09:46, 7 November 2022 (UTC)
antwoord
WikimediaZA
Gemeenskap, so tussen al die pille en dinge: tydens die laaste AJV was ek weer verkies as 'n Direkteur op die WikimediaZA raad met die portefeulje Afrikaans. Ek is ook nou deel van die Finansiële komitee, dit sal verseker dat ons ons regmatige deel van die beskikbare fondse kry. Groete!
Oesjaar
kontak
14:58, 8 November 2022 (UTC)
antwoord
Jy kan ook daar aanspraak maak op meer outonomie vir Afrikaanse wikipedia, Afrikaanse wikiquote ensomeer. Daar is op die oomblik mense van die WMF wat vir ons voorskryf en niks na ons luister nie. Ons moet ons eie lot kan bepaal wat programmering, aanstelling van admins, velle en alle ander sake betref, solank dit net nie die ethos van wikipedia te buite gaan nie. En dit weens ons ervaring die laaste tyd.
JMK
kontak
09:15, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Ons word 21!!!
Gemeenskap, ons word op 16 November 21 jaar jonk! Ek kon daarin slaag om 'n paar rand in die hande te kry en daar sal dus 'n klein funksie by die
SAAWK
wees. Enige gebruikers in Gauteng en omgewing wat belangstel om by te woon, RSVP (nee, dit beteken nie Reël Self Vir Partner nie) asb by Sanita Meyer (sanita@akademie.co.za). Ek wens ons kon van die toesprake daar uitsaai oor Whatsapp of iets. Rooiratel, jy is mos 'n IT man... Sien julle daar. Groete!
Oesjaar
kontak
15:04, 8 November 2022 (UTC)
antwoord
Subhofie "Begin" by Inhoud
Kan die subhofie "Begin" by "Inhoud" nie miskien verander word na "Inleiding" nie? In die joernalistiek word die beginparagrawe van 'n berig of artikel die "inleiding" genoem. Ek voel "Begin" as 'n bietjie vanselfsprekend of naìewerig aan, soos om te sê die laaste paragrawe is die "einde". (die persmense praat wel informeel van die storie se "stert", of het in geval so gepraat in "my dae". ai ....)
Mieliestronk
kontak
00:15, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Inleiding klink ook vir my beter. Ek dink mens kan dit op translatewiki.net verander. -
Rooiratel
kontak
05:47, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Ek het dit gevind en verander na "Inleiding". Dit sal 'n paar dae vat om te verskyn. -
Rooiratel
kontak
06:10, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Dankie! Ek ondersteun. Groete!
Oesjaar
kontak
06:11, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Watse "begin" en watse "inhoud"? Ek sien geen "begin" in ons inhoudsopgawe.
JMK
kontak
09:22, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Dit vertoon slegs as jy die "2022-skin" opsie gebruik, soos
hierbo
bespreek.
Aliwal2012
09:49, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Dankie Aliwal. Beteken dit dat die kode van die "2022-skin" wel vir ons toeganklik is om te verander? Of net sover dit die vertaling daarvan betref?
JMK
kontak
11:03, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Die rede hoekom ek bg. vra is omdat ek in kontak is met 'n programmeerder wat bereid is om ons te help, en wat met die nodige toegang alles vir ons kan doen wat ons nodig het. Dan geen meer WMF-inmenging en mnr Grabarzcuk wat hom aan ons afsmeer nie. Ek sien nog verskillende Engelse opmerkings op die 2022-vel insluitend: "Languages: On this Wikipedia the language links are at the top of the page across from the article title. Go to top." Die hele 2022-vel lyk vir my persoonlik na 'n onpraktiese, obsessie-gedrewe projek, waarvan ons moeilik ontslae gaan raak.
JMK
kontak
16:13, 18 November 2022 (UTC)
antwoord
Daar is geen nood vir programmering nie. As daar enige Engelse teks is op die koppelvlak dan kan enige iemand dit vertaal op translatewiki.net -
Rooiratel
kontak
11:15, 20 November 2022 (UTC)
antwoord
Wat die 2022-vel betref dink ek nie ons praat van iets wat "amper reg" is nie. Ons praat van iets wat myns insiens verregaande is, net so verregaande as mnr Grabarzcuk se toondoof houding teenoor ons. Die 2022-vel is (m.i.) ideaal vir 'n naïewe of hoogstens 10-jarige gebruiker, en blykbaar dink mnr Grabarzcuk dat ons almal in daai kategorie val. Kinderboeke vir kleuters lyk baie so: verregaande groot spasies en wit ruimtes, prentjies by elke soekitem, wydgespasieer sodat jou onbeholpe duime nie miskien miskliek nie, ens. Nee ons het 'n in-house Afrikaanssprekende programmeerder en toegang tot ons eie kode baie nodig. Wat 'n slegte verrassing is mnr Grabarzcuk nie.
JMK
kontak
23:32, 20 November 2022 (UTC)
antwoord
Ja, dis net jou opinie. Ten minste het hulle navorsing gedoen oor hulle veranderings. Wat het jy gedoen om te bewys dat jou voorkeure beter is? Toe dit nog in die toets fase was het meeste mense wat dit probeer aangehou om dit te gebruik. So meeste mense verkies die nuwe weergawe.
Ons het reeds "in-house Afrikaanssprekende programmeerders" maar hulle het nie probleme met die veranderings nie. Ons het ook toegang tot die kode, sien
hier
. Maar jy gaan baie gou uitvind dat dit nie ons kode is nie. Dit behoort aan die hele mediawiki gemeenskap volgens die kode se lisensie (GPLv2). En as 'n gevolg daarvan moet mens saamwerk met die gemeenskap. As jy dinge jou eie manier wil doen, dan kan jy jou eie webwerf gaan skep met jou eie reëls. Anders kan jy jou klagtes soos almal
hier
bespreek. Daar was een ding wat nie vir my lekker was op wikidata nie, en hulle het dit toe verander. Maar ek het goeie redes gegee, nie net dat ek nie daarvan hou nie. -
Rooiratel
kontak
10:12, 21 November 2022 (UTC)
antwoord
Nie 'n opinie of gebrek aan samewerking nie, en insgelyk onnodig om "bewyse" te lewer. Ook onnodig om my "eie webblad met eie reëls" te skep. Wat Grabarzcuk se sg. navorsing betref, laat ek maar eers sien: hoop dis gepubliseer anders is dit blote bewerings van navorsing. Alles behoort aan die hele wiki-gemeenskap en daarom is dit wel ons kode, verbeterings ingesluit. As die redes wat regbo, heelbo, op Grabarzcuk se besprekingsblad, en op die projekterugvoerblad aangebied word iemand steeds ontval, het ek geen raad nie. Short recap: 1) Dumbassman: raising a large concern. 2) Spesbona: gekant weens taalskakels. 3) JMK: gekant weens taalskakels en ander redes, duidelik uiteengesit 4) Oesjaar: the new skin is terrible! Op terugvoerblad: 5) Xena: Too narrow (again). What a waste of space. 6) 90.188.46.13: give an option to unrestrict the width. It's beyond ridiculous ... Don't ruin Wikipedia ... 7) Krnl0138: By default it is really narrow to read and it feels like a news site rather than an encyclopedia article. 8) Arthurfragoso: toggle option [for wide screen] should be there by default! 9) Grebles: giv[e] users freedom of choice. 10) 80.56.112.145: I have the same problem. Only half the page is filled. 11) Moilleadóir: Why should actually using the space require a special gadget?? 12) DerpFox: I don't understand why you are still pushing on us that bad design choice. 13) Kageneko: those empty strips on the sides ... constantly remind about the space wasted. 14) Gugalcrom123: Please no 14) Dave247: I still don't like or agree with the main justification [Dan wel positiewe kommentare, blykbaar diegene met besonder groot skerms] 15) Unskathd: new format is very disappointing as a whole lot of white space is wasted, and the page is too narrow. 16) 1rre: near impossible to read as either the letters had to be too big to read quickly or the width had to be so narrow that it was jarring. 17) DKDIB: avoid such foolish justification 18) OverAWallOfMetaKnight: I totally agree! I dislike the vector skin because how small it is. 19) Emptyflask: this new layout forces all the content to occupy a comically narrow strip 20) Techny3000: I agree, there is simply too much space wasted. — Ek stop maar by kommentaar 20, want as mens nie wil luister nie, wil mens seker nie luister nie.
JMK
kontak
14:33, 22 November 2022 (UTC)
antwoord
Hahaha uiters kinderagtig van jou. Alles is 100% perfek met die nuwe veranderings en dis nie 'n opinie nie, en dit is onnodig om dit te bewys. Sien ek kan dit ook doen.
Hier
kan jy sien dat oor die afgelope 3 jaar tydens die toetsfase het omtrent 60% tot 80% van gebruikers op al die wikis wat die Vector (2022) getoets, gekies om aan te hou om die nuwe vel te gebruik in plaas daarvan om terug te gaan na die ou een. So die oorgrote meerderheid verkies dit. Daar is die bewys. Waar is joune?
Mens sal altyd meer opmerkings sien van mense wat kla, in vergelyking met opmerkings van mense wat tevrede is. Die oorgrote meerderheid wat tevrede is, voel nie die behoefte om iets te sê nie. Maar soos ek gewys het, is die oorgrote meerderheid tevrede met die veranderings.
Maar vir nou gaan ons jou blote bewerings van navorsing ignoreer totdat jy ernstig is. Jou opinie beteken maar min want jy dink bewyse is "onnodig".
En met betrekking tot die nouer teks, hier is die wetenskaplike navorsing dat die nouer teks beter is:
Optimal Line Length in Reading - A Literature Review (2005)
, from the peer reviewed journal
Visible Language
-- "studies concluded that moderate line length in between 50 to 70 cpl [characters per line] are the easiest to read and users do not prefer extreme line lengths (very short or very long) while reading from screen. There was no significant effect of line length found on comprehension, though fast readers benefit from narrow columns with short lines due to specific reading patterns (with one contradictory finding)".
Effects of Surrounding Information and Line Length on Text Comprehension from the Web (2002)
, from
Canadian Journal of Learning and Technology
-- "Comprehension was affected by whitespace; participants had better comprehension for information surrounded by whitespace than for information surrounded by meaningless information", which is more likely to happen if the text stretches to the edge of the browser.
The influence of reading speed and line length on the effectiveness of reading from screen (2001)
, from
International Journal of Human-Computer Studies
-- "A line length of 55 cpl appears to support e!ective reading in terms of both rate and comprehension. However, as the line lengths used in this study were spread across a wide range, there may be a more optimal setting than this. By varying the range and extremes of line lengths in future research, it may be possible to more precisely identify an optimal format and to explore the relative contributions of mechanical and cognitive factors."
Shorter Lines Facilitate Reading in Those Who Struggle (2013)
, from
PLOS_One
-- "short lines reduce the number of regressions, and generally improve reading speed and comprehension, simply by reducing the probability that crowded text in locations previously fixated can be perceived."
The Effects of Line Length on Children and Adults' Online Reading Performance (2002)
, from Software Usability Research Laboratory (SURL) at Wichita State University -- "This study examined the effects of line length on reading performance. Reading rates were found to be fastest at 95 cpl. Readers reported either liking or disliking the extreme line lengths (35 cpl, 95 cpl)".
The Effects of Line Length on Children and Adults' Perceived and Actual Online Reading Performance (2003)
, from Proceedings of the Human Factors and Ergonomics Society Annual Meeting -- "No differences were found for either reading time or efficiency for either adults or children. However, adults preferred shorter line lengths to full-screen line lengths." and "The narrowest line length condition was perceived as promoting the highest amount of reader concentration, while the medium line-length condition was considered to be the most optimally presented length for reading."
Reading Online Text: A Comparison of Four White Space Layouts (2004)
, unclear if this was peer reviewed -- "Results from this study showed that the manipulation of the Margin white space affected both reading speed and comprehension; participants read the Margin text slower, but comprehended more than the No Margin text. In general, the results favored the use of Margins."
Waar is jou wetenskaplike navorsing wat wys dat die wye teks beter is? Of is dit weer net jou opinie? -
Rooiratel
kontak
07:17, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
'n Neiging tot neerhalende opmerkings in die uwe se replieke op medegebruikers, bv. "uiters kinderagtig", "ligsinnig", "niksseggende kommentaar". Nietemin, die WMF het geen studie gedoen nie, maar haal eksterne studies aan, en het dan voortgegaan met implementering. Hul terugvoer
is geen studie nie, maar implementering-statistiek op baie ongelyke basis. Die leser moet eerstens die Grieks systap: "The user will be double counted if the user ... was hashed with different salts," en dan moet die belangrike fynskrif heel onder insak: "Please note that registered users include a large proportion of users that are not active and may not have visited the wikipedia site while the vector-2022 has been available." Presies, dooie mense, mense wat nie besoek aflê nie, of nie belangstel om te soek na 'n vektor terugstel nie, of 1 edit-gebruikers, of 5 edit-gebruikers soos die gemiddelde vandaal, endiesmeer, word almal as gelykes getel. Die tabel wys ook dat die grootte orde verskil tussen 1-edit en 5-edit-gebruikers omtrent 4 is, en so neem dit eksponensieel af, maar hul opt-out persentasies tel almal gelyk: dooies, half-dooies en aktiewes. Wat die werklike studies aangaan, dankie, ons sal dit moet lees om hul konteks te verstaan, maar die essensie word darem insluit: "There was no significant effect of line length found on comprehension." D.w.s. óf ons word word toegelaat om die bladsy self te ontwerp, óf dit word afgedwing en laat gebruikers en die galery-sagteware met minder opsies. Dit gaan nie net oor teks nie, en nie net oor lees nie, maar oor tabelle, illustrasies, konnektiwiteit en aanbieding van inligting.
JMK
kontak
09:59, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
As jy dit beledigend vind om kinderagtig genoem te word, dan moet jy dalk nie optree soos 'n kind wat so arrogant is dat hulle dink hul mening is 'n feit wat geen bewyse nodig het nie.
Wat is fout met eksterne studies? Jy het geen studies gedoen nie. So weereens beteken jou mening minder as hulle sin.
Met die "fynskrif" het jy baie gerieflik die deel uitgelaat "The opt-out rate of editors is overestimated". Ek sien jy is glad nie oortuig met die nommers nie.
Hier
kan jy sien dat hoe meer wysigings 'n gebruiker het, hoe minder geneig is hulle om terug te skakel na die ou weergawe.
"There was no significant effect of line length found on comprehension." dis net in daai een studie. Uit die laaste studie
: "shorter line lengths produced significantly greater retention". So in die ergste geval is begrip dieselfde in vergelyking met wye teks, maar dit kan ook baie beter wees. Maar ek is seker jy gaan dit ook ignoreer.
Mens kan nog steeds die ou vel kies in jou voorkeure as jy dit verkies. So ek sien nie hoe dit op jou afgedwing is nie. Die ou Vector_2010 was ook "afgedwing". Hoeveel meer beheer het jy oor Vector_2010 as Vector_2022? Hoe is daar minder opsies? Wat van die mense wat die nuwe vel verkies? Gaan jy dit nou op hulle afdwing weens jou eie voorkeure?
Ja ek weet dit gaan nie net oor die teks nie, dit was maar net een voorbeeld.
Sien hier
Hulle probeer 'n nuwe taal-skakel. Toe sien hulle minder mense gebruik dit. Toe maak hulle verbeterings en nou het die gebruik gestyg.
Met die nuwe soekkassie was daar 'n 28,9% toename in gebruik
Met die "sticky header" is daar 'n "15% decrease in scrolls per session"
Met die inhoudsopgawe het meer mense die nuwe weergawe gebruik as die oue.
Hulle meet hoe mense die veranderings gebruik, en of dit beter/slegter is. Waar is jou data? Of is dit weereens net jou opinie? -
Rooiratel
kontak
17:40, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
Indien 'n gebruiker 'n onvermoë toon om siviel met medegebruikers om te gaan, en sy neerhalende opmerkings beaam eerder as staak, is hy nie geskik vir deelname aan wikipedia nie. Daar is reëls wat hierdie dinge reguleer.
JMK
kontak
22:08, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
Ek sal dit aanvaar as jou erkenning dat jy verkeerd is, aangesien jy nie eintlik enige teenargumente kan maak nie.
En ek vind dit snaaks dat jy sê ek kan nie burgerlik met medegebruikers optree nie, terwyl jy en Oesjaar terselfdertyd heeltemal onbeskof teenoor die WMF-mense is. Jy kan dit aan ander mense doen, maar kan dit nie hanteer wanneer dit met jou gebeur nie.
Rooiratel
kontak
05:47, 24 November 2022 (UTC)
antwoord
Maandelikse bladtrekke...
Gemeenskap, ek het so 'n bietjie hulp nodig met die bladtrekke data. Uit
Maandeliks
was daar 11,3 miljoen bladtrekke vir Oktober. My vraag, hoeveel bladtrekke is werklik gemaak aan artikels, hoeveel was die sogenaamde
crawlers
ens. Watter bladsye was die meeste gelees in Okt 2022? Enige raad, hulp sal verwelkom word.
Ek wil graag komende Woensdag aand tydens die verjaarsdag funksie daaroor praat. Groete!
Oesjaar
kontak
09:07, 9 November 2022 (UTC)
antwoord
Sien
hier
vir die mees gelese bladsye. Dit wys net die stats vir een maand op 'n slag. Jy sal moet self dit verander vir elke maand. Ek kon nie uitwerk hoe om dit te stel vir jaarlikse stats nie. -
Rooiratel
kontak
06:43, 11 November 2022 (UTC)
antwoord
En
hier
is jou bladtrekke bladsy met die "crawlers" uitgefiltreer. -
Rooiratel
kontak
06:45, 11 November 2022 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Qoqjan
Hierdie gebruiker het 'n klomp artikels oor prinse en die dinge van Brasilië geskryf wat myns insiens swak rekenaar vertalings. Van die bronne is onleesbaar: in 'n ander taal. Julle opinies asb. Groete!
Oesjaar
kontak
06:19, 14 November 2022 (UTC)
antwoord
Ja-nee, sulke goed is 'n verleentheid vir die Afrikaanse Wikipedia. Dit sal jammer wees om al die artikels te skrap, maar ek sien nie kans om sulke goed reg te maak nie. Dit gaan ook nie maklik wees nie, want daar is hoevele van hulle. Selfs die artikelname is nie volgens ons styl nie.
Burgert
(kontak)
07:23, 14 November 2022 (UTC)
antwoord
Dagsê! Ek sien die vertaalprobleem, ek sal van die artikels kan red! Moet asb. net nie dit skrap nadat ek moeite gedoen het daarmee nie.
Burgert, sê my net watter se titels is volgens jou nie reg nie, dan kan ek dit verbeter. Dankie,
Aliwal2012
10:12, 14 November 2022 (UTC)
antwoord
Prins Louis moet byvoorbeeld wees prins Louis van Orléans-Braganza. 'n Mens sal maar by die Engels moet gaan kyk of die ander mense ander huise se name moet bykry.
Burgert
(kontak)
12:21, 14 November 2022 (UTC)
antwoord
Ons 21ste verjaarsdag!
Gebruikers wat die Wikipedia geskep het
Gister was ons 21 jaar jonk! Baie dankie aan al die gebruikers oor die 21 jaar wat 'n bydrae gelewer het! Elke bietjie help! Dankie aan die
SAAWK
wat as gasheer opgetree het vir ons funksie gisteraand, prof.
Anne-Marie Beukes
, julle is ysters! Ek sal vandag iewers 'n foto of twee beskikbaar maak! Netwerk24 was ook daar! My boodskap vorentoe, hef aan! Een miljoen artikels lê voor! Groete!
Oesjaar
kontak
06:03, 17 November 2022 (UTC)
antwoord
Hier is 'n inligting!
FB
Geniet!
Oesjaar
kontak
13:31, 17 November 2022 (UTC)
antwoord
Mooi man, wens ek kon die funksie bywoon!
Aliwal2012
13:41, 17 November 2022 (UTC)
antwoord
Nou moet onderwysers oortuig word dat wikipedia 'n goeie invloed op hul leerlinge het, en saam met leerlinge 'n draai daar maak. Veral met hoërskoolleerlinge wat al kan begin bydra.
JMK
kontak
11:41, 23 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Skole 2023: ek het 'n plan.... Gee net kans! Groete!
Oesjaar
kontak
12:30, 23 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Ontkiemings skryfkompetisie 2022 is aan!
Gemeenskap, hier is julle Kersfees 2022 uitdaging! Ek het daarin geslaag om drie pryse van R 3000, R 2000 en R1000 te kry vir die kompetisie. Gee my net asb.'n dag of twee om die reëls uit te sorteer. Enige nuwe idees, julle is welkom om dit hier neer te pen... Groete!
Oesjaar
kontak
18:16, 17 November 2022 (UTC)
antwoord
Ongelukkig gaan ek weg wees vir die meeste van Desember/Januarie, maar hier is maar 'n paar idees vir ontkiemings:
Brasiliaanse adel artikels (skoonmaak van die wat Qoqjan geskep het)
Voltooi die rooi skakels in
Sjabloon:Artikels oor Suid-Afrika
Nobelprys-wenners
Afwesige kernartikels
Kategorie:Artikels wat geproeflees moet word
Kategorie:Gaan taal na
Spesiaal:KortBladsye
Rooiratel
kontak
12:32, 20 November 2022 (UTC)
antwoord
Duitse aanstuur name en afkortings...
Het ons die klomp Duitse aansture nodig? Myns insiens nie. Groete!
Oesjaar
kontak
05:21, 22 November 2022 (UTC)
antwoord
Join the Movement Charter Regional Conversation Hours
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
More languages
Please help translate to your language
Hi all,
As most of you are aware, the
Movement Charter Drafting Committee
(MCDC) is currently collecting community feedback about three draft sections of the Movement Charter:
Preamble
Values & Principles
, and
Roles & Responsibilities
intentions statement
).
How can you participate and share your feedback?
The MCDC is looking forward to receiving all types of feedback in different languages from the community members across the Movement and Affiliates. You can participate in the following ways:
Attend the community conversation hours with MCDC members. Details about the regional community conversation hours are published
here
Fill out a
survey
(optional and anonymous)
Share your thoughts and feedback on the
Meta talk page
Share your thoughts and feedback on the
MS Forum
Preamble
Values & Principles
Roles & Responsibilities
(statement of intent)
Send an email to:
movementcharterwikimediaorg
if you have other feedback to the MCDC.
Community consultation hour for the Sub-Saharan Africa region will take place this Friday, November 25, on Zoom. It will be translated into French language. The conversations will not be recorded, except for the section where participants are invited to share what they discussed in the breakout rooms. We will take notes and produce a summary report afterwards.
If you want to learn more about the Movement Charter, its goals, why it matters and how it impacts your community, please watch the
recording
of the “Ask Me Anything about Movement Charter” sessions which took place earlier in November 2022.
Thank you for your participation.
On behalf of the Movement Charter Drafting Committee,
Zuz (WMF)
kontak
11:58, 22 November 2022 (UTC)
antwoord
Zita
, we have had this discussion before. Stop dumping what-ever-you-guys-do-stuff on us. The Afrikaans Wikipedia is a giant on the African continent yet gets ZERO recognition. Some of our users have created 7000 articles+ each but do not get no recognition at all. We have accepted the fact that we are an outcast on the continent and frankly it does not bother us anymore. Not a single Afrikaans speaking member serves on any committee, barring me, as I represent the Afrikaans Wikipedia on the WikimediaZA Chapter.
Please take note that we grow at 15 articles a day! Regards!
Oesjaar
kontak
13:44, 22 November 2022 (UTC)
antwoord
Zuz (WMF)
, you are most welcome to setup a video call with me at deon@masterevent.co.za. Regards!
Oesjaar
kontak
13:48, 22 November 2022 (UTC)
antwoord
Dear
Zita
, I think the time has come that we distance ourselves from the WMF, and not only from your dumping, but also from your inconsiderate interference with our activities, especially in the light of the 2022-skin debacle and your tone deaf attitude in this regard. The high values that the WMF espouses are disconnected from what filters down. We have to consider working around you out of necessity, and not because we are uncooperative. And it may be necessary to liaise with Jimmy Wales to get some traction on this situation.
JMK
kontak
08:45, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
Hi
Oesjaar
JMK
,Please I am only doing my job. Which is, to keep you informed about ongoing discussions and ongoing processes around the Movement Strategy and Governance so that you can get involved in the processes and discussions if you want to. Some of the information I share are time bound, and hence I may not have the time to meet with you every time before posting on your village pump. You said that there is no member from the Afrikaans wiki on any committee, but I wonder whose fault this is so. During the formation of the MCDC committee and the Board election, I shared the call for candidate announcements here to give your community members a chance to nominate someone who can serve on the committee, but no one did. And instead, you sent me an email warning me not to post on your village pump. If you are not happy with getting the recognition you think you deserve, I would suggest your community take advantage of the information I have been sharing by trying to participate in the Movement Strategy and Governance discussions. I believe in doing so, you have the potential to maybe change things you do not like within the movement. All the same, I will try and set up a meeting with you next week, Oesjaar
Zuz (WMF)
kontak
14:33, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
Zita
, from your comment
I will try
, don't bother and just let us be. Worry about the other African languages. With all the text that have created in this discussion I could have created at least two flora articles.
Oesjaar
kontak
15:55, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
Likewise
Zita
, kindly inform all your WMF colleagues that we do not need their reports, as they are out of touch with the community's needs, refuse to listen, and have become a negative force to be reckoned with.
JMK
kontak
22:00, 23 November 2022 (UTC)
antwoord
Nog 'n onderhoud op Pretoria FM
Gemeenskap, hier is die link
Die groot nuus is dat ek daarin geslaag het om hulle te oortuig het om 'n maandelikse onderhoud te hê waar daar oor Wikipedia dinge gepraat sal word.... Groete!
Oesjaar
kontak
20:03, 28 November 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
lanklaas van hulle gehoor, maar ek onthou my onderhoud op 20 Februarie 2020 nog baie goed! Groete. --
SpesBona
21:45, 28 November 2022 (UTC)
antwoord
Fourier-transform
Help bietjie hier asb! Ek vermoed hierdie is Engels, ek onthou dit uit my opleiding dae in 1983 as Fourier-transformasies... Julle gedagtes? Groete!
Oesjaar
kontak
06:51, 29 November 2022 (UTC)
antwoord
Tog soos in die opskrif, en met koppelteken,
en dieselde geld vir die Laplace-transform. Die meervoud moet blykbaar "transforms" wees, want ek sien dat "transformasie/s" gebruik word vir die transformasies van basisse van vektorruimtes,
iets heel anders.
JMK
kontak
08:21, 29 November 2022 (UTC)
antwoord
Engelbrecht, J.C.; Grobler, J.J.; Penning, F.D.; Strydom, B.C.; Swart, J.; Van der Walt, T.; Van Eldik, P. (1984).
Analise 2: Meerveranderlike en Komplekse Funksies
(1ste
uitg.). Pretoria: Uitgewers Mathematicae. pp.
427, 432, 435, 462.
ISBN
0-620-07064-1
Rund, H.; Van der Merwe, J.H.; Van der Mark, J.; Grässer, H.S.P.; Viljoen, G.; Wille, R.J. (1970).
Inleiding tot Algebra en Analise vir Voorgraadse Studente
(1ste
uitg.). Johannesburg: McGraw-Hill. p.
141.
ISBN
0-07-091265-3
Wat is dan die korrekte Afrikaans vir "Fast Fourier Transform"? "Vinnige Fourier-transformasie", "Vinnige-Fourier-transformasie"
?-
Rooiratel
kontak
06:46, 30 November 2022 (UTC)
antwoord
Byvoeglike naamwoorde staan los van die woord wat hulle beskryf, en dit moet dan wees "Vinnige Fourier-transform", sonder 'n tweede koppelteken of "-asie". Dis hoekom "privaat skool" twee woorde is, want "privaat" is 'n byvoeglike naamwoord. Die uitsondering is by betekenisverdigting soos "blouduiker".
JMK
kontak
11:15, 30 November 2022 (UTC)
antwoord
Dankie vir hierdie notas. Waneer ek klaar is om die artikel
Joseph Fourier
to skryf, is ek van plan om kort artikels oor die
Fourier-transform
en die
Fourier-reeks
te skryf.
Martinvl
kontak
11:43, 30 November 2022 (UTC)
antwoord
Vector 2022 - continuation of the discussion
Hallo Gemeenskap. I didn't want you to see the change of the default skin before a proper conversation with me. What happened was an unfortunate exception to the rule. I'm deeply sorry. As I wrote to JMK, this was
only
due to a human error.
I appreciate all the time you've spent thinking about the skin and writing comments. It took me a long while to address those. I wanted to share some of the answers. On Monday, I'll write more. (I'm trying to be succinct.)
Limited and full width
We have listened to those who were asking for a setting for increasing the page width.
We have made this as a preference in, I think, late October (
T319447
). You can access the preference through the
appearance section on your preferences page
About three weeks ago, we added a shortcut to this preference. It appears on every page, as a toggle at the bottom right corner of the screen, and is available for both logged-out and logged-in users (
T319449
).
We will measure how often people use that toggle (
T322772
).
Necessity for the new skin
Some patterns in this skin might seem like a push for a change for the sake of change. We receive such comments occasionally. That is not the intent.
Since 2009 (
when the old Vector was designed
), new people have begun using the wikis, either because of their age, or because they now have Internet access where they back then didn't. Their needs are different than the needs in 2009, and the differences grow. You certainly are well aware of that. So, at the beginning of our project, we decided to build the new skin to tackle the problems the current users have. I mean occasional users, new contributors, people who've been our readers for years - all these groups combined are most of our websites' users.
We started the project with research, and in particular, we learned the following issues:
Too much information on the page: It made it difficult to focus on a particular reading or editing task.
Confusing placement and hierarchy of tools: Readers were unable to understand the purpose, terminology, and concepts of available tools such as the sidebar, user tools (like the user talk page), and page tools (like the page talk page).
Too much scrolling for contributors and readers: Readers found it difficult to navigate the page. Contributors wanted easier access to tools they used frequently without scrolling to the top of the page.
Search too hard to find and use for readers.
Interwiki not used at all by many readers: Multilingual readers were not aware of language switching functionality, even if they used different Wikipedias frequently - they would use an external search engine (like Google) instead.
Too hard to read: Wikipedia's character count per line was more than three times the recommended value (see
en:Line length
).
We have fixed many of the above mentioned issues. On the other hand, we don't want to make it more difficult for the most experienced contributors whose needs are sometimes very different. (I'll write more about that part on Monday.)
Next changes
Page tools
; see the
latest prototype
In December or January, we'll put some links from the sidebar on the left to a menu to the right. We'll announce it via the weekly
Tech News
newsletter. (
No one watches it in your community?
In January, we'll start a new project where nothing has been decided or researched yet. As soon as I have anything to share, I'll invite you to a more regular collaboration.
I would like to encourage you to read over our documentation, for example our
FAQ
. Hope this helps and gives some context. I'm open to more questions. Thank you!
SGrabarczuk (WMF)
kontak
04:23, 2 Desember 2022 (UTC)
antwoord
The moving of the article tools will make the pages look better en less lopsided. It's a pity about the language tools, though. Some of us use them a lot. I know I do. Just for that I stick to the old skin.
Burgert
(kontak)
12:04, 2 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Carbon copy of your previous project: nothing decided, nothing researched (don't call that research), except this time nothing to share either. Yet you are open to questions about, I suppose, the unresearched, undecided, and nothing to share surprise project, to be revealed on Tech News on an undecided date. I get it, edit less and keep one eye on Tech News to avoid another bad surprise! The above shuffling of screen content does not reveal either a grasp of the main problems or solutions, but embroiders on existing bad ideas. Skipping over your previous project's stacks of unanswered complaints, I do love your answer to the first and very sensible FAQ: "Why is the opt-out link not available for logged-out users?" Answer: "...because of limited server capability." So the reading public never had an option! And it gets worse from there on: those FAQs are questions out of desperation, and judging by the answers given that is not grasped either.
JMK
kontak
22:40, 5 Desember 2022 (UTC)
antwoord
JMK
, I might have made this not clear enough. The Desktop Improvements project (the outcome of which is the skin Vector 20222) was started in 2019. Back then I wasn't working with this team, so I don't know if you were informed about the early ideas for Desktop Improvements. The largest communities certainly were. Between 2019 and mid-2022, what is now called Vector 2022 was tested across a growing number of pilot wikis, so it was its beta phase. Since June, more or less, it's technically ready or
almost
ready. Lately, I informed you about its deployment.
On the other hand, what I meant in the message above about a new project, is that we'll start working on something new. It's like the 2019 phase of Desktop Improvements. There's relatively a lot more to be discussed. The earlier any individual or a community joins, the more impact on the final product they have. This is what I'm offering.
SGrabarczuk (WMF)
kontak
02:02, 6 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Hey, unfortunately I couldn't continue earlier this week
:/
In the first discussion, @
SpesBona
added a comment about the number of interwiki and the Good/Featured content icons next to interwiki. "Maar wie gaan dit in die toekoms sien, as taalskakels nie meer altyd sigbaar is nie? Is daar 'n opname, hoe versteek/wys van taalskakels die getal lesers beïnvloed?"
Thank you for that comment. I understand the care for the quality and reputation in readers' eyes. For example, it was a
strong point of the strategic discussions
in 2017. With this change, we wanted to tackle a more basic issue, though. I mentioned it above ("Interwiki not used at all by many readers").
We have also learned that readers find the language links faster when there is a language button at the top of the page (
see the initial test results
more information about different tests
).
Regarding the project we'll be working on in 2023, we want it to be focused more on how (if) the readers understand and interpret the quality. We'd like to make the community "layer" easier to explore. This is a related issue, and I think you may be interested.
About our approach to the needs of experienced users, this is perhaps a source of some confusion. As I wrote above, this project isn't focused on experienced Wikipedians. We only want not to make your workflows more difficult, and we're mainly aiming at making new/occasional users' experience better. This is why we give the option to opt-out, or to use gadgets and customize our skin, or even create new gadgets/user scripts in collaboration with us. Many people who mainly edit wikis (but read to learn more rarely) have asked us for the option to use the full width. There's a toggle now and I'm interested how the usage tests would go - we'll collect some statistics.
I'll let you know when we have the next update.
Groete!
SGrabarczuk (WMF)
kontak
05:33, 10 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Dear User:SGrabarczuk, I personally expect that you will just use your new statistics to misconstrue what the users need. I don't trust any of what is coming. Your claim that the new language link, based on statistics, helps users to find it faster is typical. They will not find it much faster, only (perhaps) a little faster, and they will find the actual language they require much slower, or not at all. If I use our page
Nieu-Seeland
as an example, I find the link quite easily, BUT, it recommends to me: 1. Deutsch, 2. English, 3. IsiXhosa, 4. IsiZulu, 5. Kiswahili, 6. Nederlands, 7. Picard, 8. Sesotho sa Leboa, 9. Tetun, 10. Zazaki and 11. हिन्दी (Hindi). First of all the Picard, Tetun, Zazaki and Hindi appear completely random. I can't even tell you where some of those are spoken, and certainly I don't understand them, and certainly some of them do not have the best articles on New Zealand. Conversely, if someone from another language is looking for Afrikaans, Afrikaans will likely not be in his short list, and in fact it will be hidden under scores of random languages of struggling wikipedias (only 261 to search through!). A successful wikipedia has essentially disappeared from their radar. I find discussions with you unproductive, so you don't have to answer.
JMK
kontak
18:45, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
SGrabarczuk (WMF)
, you have not yet fixed any of the mess you've made, on any of the wiki projects. Doing nothing does not improve anything, and problems don't disappear by themselves. If you are not the person to talk to, give us another contact person.
JMK
kontak
15:25, 12 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Ontkiemingskompetisie 2022
Kan iemand my asb help om dit as banier bo-aan Wikipedia te plaas? Groete!
Oesjaar
kontak
05:02, 6 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Ek dink net @
K175
kan dit op die oomblik doen. Hy is tans ons enige
koppelvlakadministrateur
. -
Rooiratel
kontak
09:01, 7 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Hoe lykit?
Dumbassman
kontak
14:03, 15 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Postgenderisme inhoud
Sien asseblief
hierdie
bespreking. Kan iemand net die inhoud van hierdie bladsy nagaan? -
Rooiratel
kontak
09:04, 7 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Persoonlik dink ek die artikel voeg nie veel waarde by nie. Groete!
Oesjaar
kontak
09:21, 7 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Ek het dit verkort en verbeter. Dit is nou meer soos in Engels.
Burgert
(kontak)
13:20, 7 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Baie dankie @
Burgert Behr
. Goeie werk! -
Rooiratel
kontak
19:18, 7 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Dis reg, dankie van my ook,
Burgert
Apdency
kontak
17:16, 8 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Hierdie "artikel" is sover ek kan sien sonder bruikbare inligting. 'n Toekomsvisie. Dui nie aan hoekom sodanige toekomssituasie nodig is nie. Dui nie aan wie die aanhangers sou wees nie. Dui nie aan hoeveel ondersteuners dit het nie. Dui nie aan watse vordering of agteruitgang daar in die verwesentliking van die vae toekomsdroom is nie. Enige suksesse of praktyke moet darem aangetoon word. Nederlandse weergawe nie veel beter nie. "fokus op die vervaging"! "sommige wil net hê dat...", ... wat "sommige wil hê" is nie wikipedia se saak nie. "skepping van and[r]oginiese individue", any volunteers? 'n "Werklike kans dat [seks] 'n ander vorm kan aanneem", tell me about it baby! Dan dadelik: "niks met [seks] te doen nie." Kwalik 'n "teorie", want daar is kwalik praktyk wat by die teorie pas. Eerder "wat sommige wil hê" of droom. Hierdie "artikel" gebruik wikipedia as stukrag vir sienings buite wikipedia. Reg vir uitvee.
JMK
kontak
17:19, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Community Wishlist Survey 2023 opens in January!
Help met die vertaal na uw taal
Hallo
The
Community Wishlist Survey (CWS) 2023
, which lets contributors propose and vote for tools and improvements, starts next month on Monday,
23 January 2023, at 18:00 UTC
and will continue annually.
We are inviting you to share your ideas for technical improvements to our tools and platforms. Long experience in editing or technical skills is not required. If you have ever used our software and thought of an idea to improve it, this is the place to come share those ideas!
The dates for the phases of the Survey will be as follows:
Phase 1: Submit, discuss, and revise proposals – Monday, Jan 23, 2023 to Sunday, Feb 6, 2023
Phase 2: WMF/Community Tech reviews and organizes proposals – Monday, Jan 30, 2023 to Friday, Feb 10, 2023
Phase 3: Vote on proposals – Friday, Feb 10, 2023 to Friday, Feb 24, 2023
Phase 4: Results posted – Tuesday, Feb 28, 2023
If you want to start writing out your ideas ahead of the Survey, you can start thinking about your proposals and draft them in
the CWS sandbox
We are grateful to all who participated last year. See you in January 2023!
Baie dankie!
Community Tech,
STei (WMF)
12:32, 13 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Vote for your favourite Wikimedia sound logo
We are really sorry for posting in English
Voting in the Wikimedia sound logo contest
has started
. From December 6 to 19, 2022, please play a part and help chose the sound that will identify Wikimedia content on audio devices.
Learn more on Diff
The sound logo team is grateful to everyone who participated in this global contest. We received 3,235 submissions from 2,094 participants in 135 countries. We are incredibly grateful to the team of
volunteer screeners
and the
selection committee
who, among others, helped bring us to where we are today. It is now up to Wikimedia to choose the Sound Of All Human Knowledge.
Best wishes,
Arupako-WMF
kontak
08:02, 15 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Tankwa Karoo en Agulhasvlakte
Gemeenskap, het enige van julle gebruikers toegang na bronne om bogenoemde twee artikels te skep? Die twee name kom baie voor in ons Flora artikels. Groete!
Oesjaar
kontak
05:51, 16 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Sover ek kan sien, verwys "Tankwa Karoo" uitsluitlik na
Tankwa Karoo- Nasionale Park
. Dit is maar net 'n afkorting. Ons kan maar 'n aanstuurbladsy skep. Ek het nou 'n saadjie oor die
Agulhasvlakte
geskep. -
Rooiratel
kontak
12:00, 11 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Salitje se Dag/Jaartal bydraes
Gemeenskap, kyk asb na die Gebruiker se bydraes. Duidelik het hy/sy 'n politieke agenda. Ek het ook koerant gelees in die daardie tye, (ja, ek is so oud) en daar het ook baie, baie ander dinge gebeur. Julle gedagte asb? Groete!
Oesjaar
kontak
18:18, 16 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Salitje werk blykbaar met koerantuitknipsels en het sekerlik nie meer die oorspronklike koerante nie. Hy gee dus weer wat vir hom opvallend of belangrik was. Sover lyk dit vir my interessant en werp meer lig op die lokale verwikkelinge. Van die vorige Durbanonluste sou ek bv. nie geweet het as hy ons nie herinner nie. Hy kan net bietjie netjieser werk, meer skakels insit en moeite met die dag/jaar kruisverwysings doen. Inskrywings se negatiewe of positiewe inslag sien ek nie as baie belangrik nie. Solank dit interessant is en relatief belangrik, dink ek hy kan maar voortgaan.
JMK
kontak
09:30, 20 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Comore
vs
Comore-eilande
Wat is die korrekte naam van die eilande? En kan iemand dit versmelt? Groete!
Oesjaar
kontak
05:07, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Albei is reg.
Burgert
(kontak)
06:04, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Ek het Comore na Comore-eilande aangestuur, want albei artikels sê presies dieselfde; laasgenoemde is net langer.
Burgert
(kontak)
06:11, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Dis hoe dit tot vandag was. Ek weet nie hoekom dit verander is nie.
Burgert
(kontak)
06:20, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
06:36, 18 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Paris Saint-Germain
Gemeenskap, dit is
Lionel Messi
se klub. Geen bronnelys en swak Afrikaans... Enige hulp hier? Groete!
Oesjaar
kontak
07:21, 19 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Ek begin nou verbeter daaraan, as beurtkrag my nie in die donker laat nie!
Aliwal2012
08:22, 19 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Ons is nou self deur 'n 4 en halfuur sessies! Groete!
Oesjaar
kontak
08:50, 19 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Geseënde Kersfees 2022!
Aan al ons gebruikers, administrateurs, burokrate, ondersteuners en familie: Die Afrikaanse Wikipedia wens julle 'n geseënde Kersfees toe! Mag julle die Vrede van God ervaar! Groete!
Oesjaar
kontak
20:45, 24 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Dankie Oesjaar, selfde vir jou en jou familie.
Frank
kontak
19:57, 25 Desember 2022 (UTC)
antwoord
'n Voorspoedige 2023
'n Voorspoedige 2023 aan al ons gebruikers, admins, burokrate en familie! Hierdie jaar is die jaar van die skool, ons gaan hulle tromp-op aanvat! Dankie aan
Gebruiker:SpesBona
en
Gebruiker:Aliwal2012
wat seker maak dat ons elke Maandag 'n nuwe voorblad het! Dankie aan
Gebruiker:Burgert Behr
met sy ondersteuning - 26 voorblaaie vir 2022! Onthou, Burgert - rekords is daar om gebreek te word! Groete!
Oesjaar
kontak
12:02, 1 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Feminism and Folklore 2023
Dear Wiki Community,
Christmas Greetings and a Happy New Year 2023,
You are humbly invited to organize the
Feminism and Folklore 2023
writing competition from February 1, 2023, to March 31, 2023 on your local Wikipedia. This year, Feminism and Folklore will focus on feminism, women's issues, and gender-focused topics for the project, with a
Wiki Loves Folklore
gender gap focus and a folk culture theme on Wikipedia.
You can help Wikipedia's coverage of folklore from your area by writing or improving articles about things like folk festivals, folk dances, folk music, women and queer folklore figures, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch hunting, fairy tales, and more. Users can help create new articles, expand or translate from a
list
of suggested articles.
Organisers are requested to work on the following action items to sign up their communities for the project:
Create a page for the contest on the local wiki.
Set up a fountain tool or dashboard.
Create the local list and mention the timeline and local and international prizes.
Request local admins for site notice.
Link the local page and the fountain/dashboard link on the
meta project page
This year we would be supporting the community's financial aid for Internet and childcare support. This would be provided for the local team including their jury and coordinator team. This support is opt-in and non mandatory. Kindly fill in
this Google form
and mark a mail to
support@wikilovesfolklore.org
with the subject line starting as [Stipend] Name or Username/Language. The last date to sign up for internet and childcare aid from our team is 20th of January 2023, We encourage the language coordinators to sign up their community on this link by the 25th of January 2023.
Learn more about the contest and prizes on our
project page
. Feel free to contact us on our
meta talk page
or by email us if you need any assistance.
We look forward to your immense coordination.
Thank you and Best wishes,
Feminism and Folklore 2023 International Team
Stay connected
--
MediaWiki message delivery
kontak
10:23, 24 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Feminism and Folklore 2023
, It is with great pleasure that I can inform you that there are already 649 links to our South African female botanist
Louisa Bolus
!! You can give the 1st prize to us already! Regards!
Oesjaar
kontak
17:36, 26 Desember 2022 (UTC)
antwoord
Kinshasa
Die infoboks is te breed weens die teks in die laaste reël wat nie vou nie, en dis nie duidelik hoe om dit reg te stel nie. Dit forseer die artikelteks in 'n baie nou kolom.
JMK
kontak
16:21, 1 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Beter?
Aliwal2012
17:36, 1 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
IMPORTANT: Admin activity review
Hello. A policy regarding the removal of "advanced rights" (administrator, bureaucrat, interface administrator, etc.) was adopted by
global community consensus
in 2013. According to this policy, the
stewards
are reviewing administrators' activity on all Wikimedia Foundation wikis with no inactivity policy. To the best of our knowledge, your wiki does not have a formal process for removing "advanced rights" from inactive accounts. This means that the stewards will take care of this according to the
admin activity review
We have determined that the following users meet the inactivity criteria (no edits and no logged actions for more than 2 years):
JCBrand (administrator)
Jcwf (administrator)
Voyageur (bureaucrat, administrator)
These users will receive a notification soon, asking them to start a community discussion if they want to retain some or all of their rights. If the users do not respond, then their advanced rights will be removed by the stewards.
However, if you as a community would like to create your own activity review process superseding the global one, want to make another decision about these inactive rights holders, or already have a policy that we missed, then please notify the
stewards on Meta-Wiki
so that we know not to proceed with the rights review on your wiki. Thanks,
Stanglavine
kontak
11:48, 3 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Stanglavine
, I understand and do what you have to do! Regards!
Oesjaar
kontak
11:53, 3 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Die Amerikaanse woord
County
Gemeenskap, wat is die korrekte vertaling van die Amerikaanse woord
county
? Dit is nie provinsie of Graafskap nie. Distrik? Ek verneem graag wat julle te sê het! Groete!
Oesjaar
kontak
13:36, 4 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Ja, "distrik".
Burgert
(kontak)
13:59, 4 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, wat is dan die korrekte manier om bv.
Avery County, Noord-Carolina
te skryf? Groete!
Oesjaar
kontak
15:02, 4 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
en
Oesjaar
Volgens WP:GON moet ons betroubare bronne volg waar dit bestaan. As hulle nie bestaan nie, moet ons nie ons eie name skep nie, maar die name gebruik waarmee hulle aan die plaaslike bevolking bekend is. Met ander woorde, moenie vertaal nie.
Volgens
en:County (United States)
kom die Amerikaanse woord "
county
" uit Engeland, dus as 'n mens die woord "
county
" wil vertaal, moet ons die woord "graafskap" gebruik. Ek woon in die graafskap van
Hampshire
in Engeland, maar daar is geen graaf Hampshire nie, dus deesdae is dit nie verplig dat 'n graafskap 'n graaf het.
Martinvl
kontak
17:25, 4 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Sien ook
af.wiktionary
Martinvl
kontak
17:33, 4 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Verenigde State is 'n land, en sy state tree op as "distrikte" en sy graafskappe is soos voorstede. So as ons hierdie "graafskappe" as "distrikte" noem, mis ons dalk iets. Ek dink ons moet "xx county, Noord-Carolina" gebruik sonder om die woord "county" te verander. Hierdie is net idees.
Tumbuka Arch
kontak
22:22, 4 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Ons gebruik betroubare bronne. Volgens Pharos is county in Engeland 'n graafskap en in Amerika 'n distrik. Ons skep dus nie ons eie name nie. Die HAT sê ook onder "distrik": afgebakende gebied vir regspraak en administrasie met ’n landdros aan die hoof. Dit klink vir my dieselfde as wat in
County (Verenigde State)
gesê word.
Burgert
(kontak)
06:14, 5 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Ek woon in
Hart District
in Engeland. Ons het 'n
Chairman of the District Council
wat administratiewe sake omsien, maar onder die Engelse regstelsel word die gebiede vir regspraak nie deur
districts
of
counties
landgrense beperk nie. Dus het
Hart District
nie sy eie landdros nie. Dus, volgens HAT, kan
Hart District
nie in Afrikaans vertaal word nie.
Martinvl
kontak
22:37, 5 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Martinvl
, dankie vir jou bydraes en kommentaar hier. Maandag is almal terug, dan vra ek die
Taalkommissie
se mening. Nogal nuuskierig wat hulle te sê het! Groete!
Oesjaar
kontak
06:06, 6 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Epos gestuur! Nou wag ons!
Oesjaar
kontak
08:04, 6 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Hier is die antwoord:
"Die Taalkommissie se benadering die afgelope paar jaar is soos volg: As daar nog nie 'n gevestigde verafrikaansing bestaan nie, (a) gebruik die vorm soos dit deur daardie plek se inwoners gebruik word; of (b) translitereer dit as daar 'n ander skrifstelsel gebruik word.
Ingevolge hierdie benadering, sal die plek se naam “Alexander County” bly. Volgens Pharos se A-E/E-A woordeboek word “county” in hierdie konteks met “distrik” vertaal en nie met “graafskap” nie. In 'n sin sou jy dan wel skryf: “Alexander County, Noord-Carolina is 'n distrik in die staat Noord-Carolina in die Verenigde State van Amerika in Noord-Amerika.”"
Groete!
Oesjaar
kontak
10:11, 16 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
En wat van Frankryk? Hulle het:
13
régions
96
départements
320
arrondissements
1.995
cantons
34.826
communes
Martinvl
kontak
18:55, 18 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Boomnommers
Die Dendroniese Vereniging het my laat weet dat hulle die proses om FSA (ou nasionale) nommers aan bome toe te ken en te onderhou gestaak het. Ai, na al die moeite! Wat nou? Groete!
Oesjaar
kontak
11:40, 5 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
1. Dié vereniging moet nie as riglyn, bron of raadgewers gebruik word nie. Gebruik 'n boek, enige boek. 2. Die nommers was 'n waardelose, onwerkbare, energieverkwistende stelsel soos reeds twee keer tevore op die geselsblad aangedui. As dit egter in 'n boek gebruik is kan dit so aangehaal word.
JMK
kontak
23:11, 8 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
> Wat nou?
Nou verwyder ons al die inhoud oor boomnommers. Daar is niks anders om te doen nie. Hulle het geen waarde nie, en daar is geen toekoms vir boomnommers nie. -
Rooiratel
kontak
11:17, 20 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Wat ons wel nodig het vir alle lyste is volgorde. Sonder volgorde, soos iemand dit stel, is jou enigste opsie om die lys van "aap" tot "zebra" te rangskik. Die volgorde kan slegs geneties bepaal word, en vir die volgorde van bv. 'n SA boomlys moet verskillende studies saamgevat word, want niemand doen een genetiese studie van honderde spesies wat nie eens naverwant is nie. Ek sal inligting probeer inwin oor bronne vir korrekte orde van lyste.
JMK
kontak
13:36, 20 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Die Sjabloon:Apollo-program
Hoe stel mens die ding dat dit toegevou is wanneer 'n artikel waarin dit is oopgemaak word? Tans bly dit oop, ek het seker aan iets geraak wat ek nie moes nie! Groete!
Oesjaar
kontak
17:01, 5 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Jy moet |state=collapsed inplaas by elke aanhaling vd sjabloon
Aliwal2012
17:48, 5 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
My verjaarsdag hier!
Vandag is my 14de verjaarsdag hier op ons Wikipedia! Wat 'n fees! Wat het ek bereik? 11 548 artikels, 883 kategorieë geskep en 197
143 wysigings later! Dankie aan almal wat saam met my die pad gestap het, ons het en maak steeds 'n verskil! Groete!
Oesjaar
kontak
06:04, 6 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Mooi so. Baanbrekend.
JMK
kontak
23:19, 8 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Baie geluk Oesjaar! Hou so aan. -
Rooiratel
kontak
12:51, 11 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia en Pretoria FM
Gemeenskap, dit is met groot vreugde dat ek julle meedeel dat
Pretoria FM
maandeliks met my 'n gesprek gaan voer oor ons Wikipedia! Dat sal elke eerste Dinsdag wees om 8:40, beginnende hierdie komende Dinsdag. Prof.
Anne-Marie Beukes
gaan met my die mikrofoon deel, ons gaan praat oor die samewerkings ooreenkoms. Ek sal ook die luisteraars inlig oor die komende weke se voorblad artikels en die outeurs (hul gebruikers naam) daarvan. Ons maak vordering! Dankie aan Esmarie Yssel. Groete!
Oesjaar
kontak
19:39, 10 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Vra sommer of hulle die opnames onder CC-by-SA wil vrystel. Dan kry ons nog Afrikaans op Commons. Pretoria FM sal natuurlik as bron vermeld word, en ons kan vir hulle 'n Commons-kategorie skep.
JMK
kontak
10:55, 11 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Môre oggend om 8:30 is ons op die lug! Geniet!
Oesjaar
kontak
10:13, 16 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Trans-lunar injection
Gemeenskap, uit die
Engels
, enige raaiskoot wat dit in Afrikaans is? Eish! Groete!
Oesjaar
kontak
08:54, 11 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Hi Oesjaar, wat van "maaninserteringsvlug" of "maanbereikingsvlug"
? Die
trans-
en
...injection
is eintlik misleidend hier!
Aliwal2012
11:40, 11 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Sommer "trans-lunêre injeksie" (TLI), dan sluit dit mooi aan by die Engelse afkorting daarvoor. Groete.
Frank
kontak
14:48, 11 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Eerste radiopraatjie Dinsdag...
Ek benodig 'n klein bietjie hulp. Ek sal graag die volgende inligting will kwoteer: 'n Opsomming van ons 106 plus artikels - bv xxx plante, yyy ruimteartikels, uuu politici, iii aardrykskunde ens. Enige syfer is beter as beter as niks, dit kan afgerond ook wees. Groete!
Oesjaar
kontak
06:11, 13 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
NS. Wat 'n week, my voorkeur laptop het opgepak laas naweek, 250 mm waterpyp bars by my huis, loadshedding, tuindienste se grasmasjien skiet klip deur groot glasvenster, gister se internet onderbreking, my bankkaarte weier om te werk... Die jaar het inderdaad goed begin! Groete!
Oesjaar
is dié gesprek êrens beskikbaar? Groete. --
SpesBona
22:01, 18 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Hier is dit:
Groete!
Oesjaar
kontak
10:23, 19 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie Oesjaar! Jy het goed gedoen oor die lug!
Aliwal2012
20:17, 21 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Picture descriptions gone
I note that picture descriptions, even those starting with
"{{af|1="
do not show when you open a picture. Is this
SGrabarczuk (WMF)
at work again? There is nothing that I don't expect from this man.
JMK
kontak
15:58, 18 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Please give an exampe.
Martinvl
kontak
18:40, 18 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Examples:
JMK
kontak
19:18, 18 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Personally I think that Afrikaans wikipedia should commit itself to the removal of
SGrabarczuk (WMF)
from the WMF. Surely he is unlikely to be the only WMF member with a lack of insight, a can't care less attitude, and willingness to present baseless arguments to force through damaging changes, but he appears to me to be leading this destructive phase of the WMF. His removal will not end the troubles, but will be a step in the right direction. Personally I would encourage him to find a job elsewhere, one where he has a boss to answer to, as he does not consider himself answerable to the wide wikimedia community and I saw many complaints to support this. A few days ago by the way, commons and various wikipedias were replaced with error messages, and I see it as one of these type of incidents again.
JMK
kontak
10:09, 20 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
I see the picture descriptions for both the examples you gave. And I checked on the Vector-2022 and Vector-2010 skin. No issues with image descriptions anywhere. Please can you share a screenshot of the issue you are experiencing?
Also SGrabarczuk (WMF) is just a spokesperson for the WMF. He doesn't make any of the changes himself. Getting rid of him isn't going to change anything. You are just making assumptions that this issue that you are experiencing is his fault. Now you are making baseless arguments. Very hypocritical of you.
As for "A few days ago by the way, commons and various wikipedias were replaced with error messages" so what? Software breaks, just like anything else. Nothing is perfect. They fixed it didn't they? Have you ever made a mistake? Or did you resign at every job you had the moment you made a mistake? You should quit editing wikipedia if you ever make a typo. Same logic. -
Rooiratel
kontak
11:31, 20 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
SGrabarczuk (WMF) does not fix mistakes, because he does not consider them mistakes. My own mistakes are irrelevant here as anyone can fix them. SGrabarczuk (WMF) and colleagues on the other hand, walk away and absolve themselves.
JMK
kontak
13:41, 20 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Hey! Thanks for pinging me. Sorry, I'm not able to find out what caused that problem you mentioned, @
JMK
. Just as Rooiratel, I can't replicate the bug, unfortunately. Also, I work with the Web team on the Vector 2022 skin, and the issue above, if existed for everyone, must have been related to a different part of the software.
SGrabarczuk (WMF)
kontak
17:34, 23 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Since JMK didn't share a screenshot or a more detailed description of the missing image description issue, I'm assuming he cares more about complaining than actually solving a problem (if there is even a problem to begin with). Why else would he mention a completely unrelated and irrelevant wikimedia outage? -
Rooiratel
kontak
12:28, 25 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia en ons skole...
Gemeenskap, my vrou is 'n hoërskoolonderwyseres en ek deel dus heelwat met die onderwys omgewing. Ek was ook amper 20 jaar betrokke by hoërskool bergfiets ligas in Gauteng en Noordwes. Gedurende die tyd het een ding my opgeval: die hoofde se negatiewe houding teenoor Wikipedia. Volgens hulle kan almal dit verander en dit is nie betroubaar nie, dus mag die kinders nie aanhaal uit Wikipedia nie. Tydens gesprekke met ouers oor Wikipedia (ek maak dit gou duidelik aan hulle dat ek 'n Direkteur op die WikimediaZA raad is en verantwoordelikheid vir Afrikaans aanvaar het) het die ouers gesê dat hulle Wikipedia wel gebruik en die bronne weergee soos dit verklaar is by die betrokke artikel en nie die naam Wikipedia gebruik nie! Hulle sê ook dat daar maar bloedweinig Afrikaanse alternatiewe is. Wat 'n grap, eintlik 'n tragedie! Ek wonder hoeveel van die hoofde het al ooit na Wikipedia geloer... Hulle weet definitief nie van die ouditspoor van elke artikel nie.
Hierdie jaar gaan ons dinge verander! Ek het 'n driepunt plan: eerstens gaan ek die HUB van die
Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole
(Fedsas: artikel asb!) sien. Die HUB is Dr. Jaco Deacon, ek het hom al ontmoet. Fedsas se hoofkantoor is Bloemfontein, al moet ek soontoe ry, dit gaan nie verskil maak nie. Hier gaan ek al die voordele van ons Wikipedia en harde werk van die Afrikaanse gemeenskap onder sy aandag bring. Kom ons wees positief... Prof.
Anne-Marie Beukes
gaan ook haar invloed gebruik, gaan selfs miskien saam met my. Ek gaan hom ook vra vir 'n spreekbeurt op die Hoofde-simposium, dit is die tweede gedeelte van die plan. Ons het niks om te verloor nie...
Die derde gedeelte: ons gaan 'n hoërskole- skryfkompetisie hou in die 2de gedeelte van die jaar. Alle hoërskole word genooi om 'n artikel by ons te registreer en dit dan te skep. My gedagte is dat as bv. 20 skole sou inskryf, elke skool die top vyf artikels moet identifiseer (maar mag nie vir hulle eie artikel stem nie). Dus wys die skole self die wenner aan! Enige idees hier is welkom! Elke skool moet ook 'n projekbestuurder aanstel en by ons registreer. Die Akademie is reeds deel van die kompetisie. Ek praat die 7de Feb weer op Pretoria FM, ek het die kontakbesonderhede van die programbestuurder daar gekry en gaan 'n afspraak met hom reël om te sien of hulle nie deel van die kompetisie wil wees nie. Hulle kan bv. elke week met 'n skool gesels oor hulle artikel, die vordering, uitdagings, bronne ens. Na afloop van die kompetisie sal ons 'n klompie jongmense hê wat praktiese ondervinding van Wikipedia het! En indien die kompetisie jaarliks gehou word... Ek gaan ook met die
WAT
praat om te hoor of hulle sou belangstel om betrokke te raak. Ek het 'n kennis daar...
Enige hulp en voorstelle van julle is welkom.
Die een konsep wat ek aan die hoofde wil verkoop is KWALITEIT! Maar ons sal ook ons huis in orde moet kry, bv. duplikaat artikels wat versmelt moet word en artikels sonder bronne. Ons sal ook strenger na nuwe artikels in die toekoms moet kyk; kwaliteit is meer belangrik as kwantiteit. Die ander konsep wat ek aan die hoofde wil verkoop is die inligting wat uit ons artikels verkry kan word. Die beste voorbeeld hier is die flora-artikels waarmee ek so stoei. Indien elke flora-artikel kategorieë het vir genus, watter land(e) hulle voorkom en inheems/endemies is daar baie inligting beskikbaar. As mens in gedagte hou dat die bewaringstatus van elke plant tot gevolg het dat die plant outomaties in die korrekte bewaringkategorie geplaas word beteken dit dat elke plant dan in ten minste vier kategorieë geplaas word en dit is inligting wat skoolkinders kan gebruik vir projekte. Ek is ook besig om die jaartal van publikasie hier by te voeg wat ons flora-artikels definitief in 'n ander liga plaas. Hulp is ook welkom hier!
Ons sal ook vir 'n groep skole 'n mentor moet aanstel uit ons seniorgebruikers om hulle te help met die tegniese aspekte soos bv. sjablone.
Ek hoor graag wat julle van die plan dink... Dink net: 'n skryfkompetisie met vennote soos die Akademie, WAT en Pretoria FM!
Groete!
Oor na julle...
Oesjaar
kontak
19:48, 30 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Ek kan bevestig: WAT is deel van die projek! Lekker man lekker! Groete!
Oesjaar
kontak
15:15, 31 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Ek hou van die hoërskole kompetisie idee
Dumbassman
kontak
17:14, 31 Januarie 2023 (UTC)
antwoord
Beste Oesjaar
Baie dankie dat u maar weereens wys dat jy mense kry in posisies wat in droomwêrelde leef, wat nie strook met die werklikheid nie.
Ek wil dit liewer nie krasser stel nie, want in 'n mate is ons seker almal daaraan skuldig. Party net meer as ander. Nog in hierdie week het ek gewonder, toe ek bietjie oor die sekstant en astrolabium nageslaan het, waarom Suid-Afrika nooit 'n seevarende nasie geword het nie. Kyk tog net die lang kuslyn. Ek bedoel, daar is maar een hoërskool (Engels) in Simonstad wat 'n seevaartskool is. Daar is spesiaal 'n webwerf vir daardie skool opgerig om te help met Graad 11 en 12:
Dit, terwyl die Hollanders vir eeue op see was. Hoe moeilik is dit om die terminologie oor te neem? Waarom kan daar byvoorbeeld nie 'n seevaartskool vir Afrikaanssprekendes in Langebaan of Saldanhabaai wees nie?
Dan is my vraag: is dit omdat die mark in die eerste plek nie bestaan nie, omdat daar logiese redes is wat ek nie ken nie? Of is dit omdat die mark nie bestaan nie, omdat die mark nog nie geskep is nie?
Wat die hoërskole en Wikipedia aanbetref: die hoofde leef in 'n droomwêreld. Van spookasem. Dit is nie meer die 1970's nie. Ek gaan gereeld middae biblioteek toe, en dis doodstil in die middae. Dink jou vir een oomblik 'n leerling se posisie in:
1. Al wat hy het, is 'n selfoon, soms met 'n bietjie Wi-Fi, maar in die meeste gevalle net lugtyd. As die selfoontorings werk tydens beurtkrag. Selfs al gaan hy biblioteek toe, die afrolmasjien werk nie. Punt. Ek het nou die dag met die hand Nicolas-Louis de LaCaille se biografie begin oorskryf uit die boek, en ek kan jou verseker, dit duur ure! Ek sou graag 'n skoolhoof 'n skooltaak wou sien doen. Dit sal ook sommer die lakmoestoets wees of hy sy amp waardig en bevoeg is.
2. Tans werk ons Slims-stelsel nie in die dorpsbiblioteke nie, wat vir my uiters lastig is om te weet watter boeke in die Wes-Kaapse biblioteke beskikbaar is. Dis 'n feit.
3. Boeke omtrent sekere onderwerpe is onverkrygbaar of peperduur. Vra my, ek moes 10 maande wag om die eerste deel van
Die Epistulae Morales van Seneca
in Afrikaans te bekom. En ouers is maar skugter om 'n boek vir een skoolprojek aan te koop. Met rede. Hoeveel te meer vir Sipho wat in KwaZulu-Natal bly?
4. Die hoofde besef nie as jy 6 maande vir Wikipedia gewerk het, met 500 bydraes, jy outomaties toegang het tot Wikimedia se rykste biblioteekdienste wat jou toegang gee tot die duurste, die beste boeke van Oxford University Press, De Gruyter, en andere nie. Almal e-boeke. Siedaar.
5. En laastens, tyd!!! Die mens volg die pad van die minste weerstand wat die meeste bied. Dit is die wet van die ekonomie. Soos
Freakonomics
stel:
if morality represents an ideal world, then economics represents the actual world.
Dis tyd dat die hoofde se borrels geprik word.
Oor die plan: gaan voort in vrede, maar wees tog net versigtig dat die skole nie oorgaan tot beeldpoets van hul eie skole nie. Daarin blink hulle tog te meesterlik uit. Al is die skoolvakke maar presies dieselfde by elke skool. Regtig.
Suidpunt
kontak
) 07:59, Kal.Feb. MMXXIII (UTC)
Dankie vir die terugvoer. Jy het my nou iets laat dink, die skole se artikels gaan NIE oor hulle skole wees nie. Meer beslis oor iets soos biologie, aardrykskunde, wetenskap, wiskunde ens! Ons sal dit in die reëls plaas. Groete!
Oesjaar
kontak
08:33, 1 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar, dit is 'n goeie idee, kom ons hoop dit lewer goeie resultate. Dis nie net 'n probleem met die Afrikaanse Wikipedia nie. Dis 'n wêreldwye probleem. Ek ontmoet vandag nog mense my ouderdom wat Wikipedia glad nie vertrou nie want hulle skooldae het hulle so bang gemaak daarvoor. Maar as jy die ingesteldheid van die wortels tot bo kan verander, sal dit wonderlik wees.
Maar nou 'n ander ding:
> "Die een konsep wat ek aan die hoofde wil verkoop is KWALITEIT! Maar ons sal ook ons huis in orde moet kry."
Wil jy vir hulle 'n voltooide produk wys (soos 'n teksboek), of wil jy hê hulle moet ons help om wat ons het te verbeter en betrokke te raak by die projek? Die hele idee van Wikipedia is nie dat die inhoud van hoë gehalte is nie, maar dat dit voortdurend verbeter word. Baie voorblaaie het as saadjies begin. -
Rooiratel
kontak
11:15, 1 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ek het eerste kontak met Dr. Jaco Deacon gehad, wat 'n positiewe gesprek! Dit lyk asof ons einde Feb gaan ontmoet! Daar is hoop!
Oesjaar
kontak
07:50, 3 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Huis in orde kry? Vir seker. Afrikaanse wikipedia is tans (na my waarneming, omdat ek by talle betrokke is) 'n abberasie onder die wikipedias in terme van
trolling
en beledigings wat hier plaasvind en wat nie deur die admins raakgesien of gestaak word nie. Al ooit daaraan gedink om beledigers uit ons eie geledere te blokkeer? As hierdie gedrag op ander wikipedias plaasvind word die skuldiges dadelik geblokkeer (eers koelkas toe), en gou daarna permanent geblokkeer (sonder enige spyt oor hul verlies) om ontwrigtende optrede stop te sit. Maar Afrikaanse wikipedia is dusver nog te verleë vir enige bydraes om op te tree? Die taak van admins is myns insiens eerstens om 'n volkome siviele werksomgewing te verseker, en daarná om werksaamheid en artikelinhoud te reguleer. Ek dink admins kan dadelik voortgaan om een gebruiker van ons geselsblad te blokkeer sonder dat ek hulle daaroor pols, en daar is 'n tweede wat al aangespreek moes gewees het. L.W. dat ek hierdie probleem slegs by hierdie twee persone op hierdie een wikipedia ondervind, terwyl ek al by meer as 100 wikipedia projekte probleemvry betrokke was. Dis weens die streng optrede daar en die gebrek aan en nalaat in optrede hier. Let ook daarop dat sodanige probleem-gebruikers beslis ook met reg geblokkeer kan word omdat hulle gereeld onsin praat en foutiewe inligting gee, want dit is ook ontwrigtend om al die onsin te moet weerlê. Dis presies hoe die saak met sukses op die Engelse wikipedia hanteer word.
JMK
kontak
00:39, 5 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
My afspraak met Dr. Jaco Deacon is 22 Februarie 2023, iewers in Pretoria. Groete!
Oesjaar
kontak
13:37, 7 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Burgert Behr
Burgert Behr
, namens die gemeenskap, baie geluk met jou 15de verjaarsdag hier by ons! Ons waardeer jou harde werk en dit is lekker om jou voorblaaie aan die wye wêreld te wys! Jy het en ek glo, gaan nog 'n verskil in die toekoms ook maak! Op die volgende 15 jaar! Cheers!
Oesjaar
kontak
09:54, 2 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie!
Burgert
(kontak)
10:56, 2 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Baie geluk Burgert, jy is voorwaar 'n staatmaker op hierdie wikipedia! Sterkte vorentoe.
Aliwal2012
12:10, 2 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Iemand soek hulp FB
Gemeenskap, iemand soek hulp met 'n musiekvertaling op ons FB: sien
FB
Kan iemand help asb? Groete!
Oesjaar
kontak
14:32, 2 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Dit lyk my dit werk nou. Kyk
Gebruiker:Burgert_Behr/Sandput
Burgert
(kontak)
16:38, 2 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
17:15, 2 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Proeflees deur gebruiker
Gemeenskap, daar is 'n gebruiker wat proeflees en vertaalwerk doen vir die SAUK en wil ons ook help daarmee. Sy werk naby die Voortrekker Monument in Pretoria. Sy soek 'n bietjie opleiding om aan die gang te kom met ons Wikipedia. Is daar enige Pretoria gebruiker wat wil help hier? Laat weet asb, dan stuur ek vir jou haar kontak details. Ons moet so aanbod gebruik! Groete.
Oesjaar
kontak
12:01, 3 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Hallo Oesjaar, jy kan my hiervoor koōpteer. Ek kan haar aanlynhulp bied, my gmail.com is meestal aanlyn, behalwe tydens ons beurtkragsessies. Jy het my e-posadres, gee asb. vir haar.
Ek kon ongelukkig nie blyplek in die Voortrekkermonument kry nie, anders was ek nog in Pretoria! Rustige naweek...
Aliwal2012
12:19, 3 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, jy het haar nommer, gooi kole!
Oesjaar
kontak
13:24, 3 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Desktop improvements. A new change is coming!
Next week (the week of February 6), the
Wikimedia Foundation Web team
will move some links from the side menu ("sidebar") to a
new menu on other side of the screen
This will make it easier to intuitively use all the links and tools within our interface. The
table of contents
will also appear a bit higher up the screen because the sidebar will be shorter. The latter change would mostly be interesting for editors. This is because readers use the sidebar much more rarely.
Why we are changing this
The interface does not distinguish between the links and tools that are relevant to the website and the links and tools that are relevant to a single page. Main page, random page, recent changes, are in the first group. What links here, related changes, cite this page, belong to the second one. This mix is confusing to new readers. Also new editors are not familiar with what each link does. Mixing these groups makes it less likely for people to explore these tools naturally.
This change also addresses the concern for the location of the table of contents. Previously, some editors using an earlier version of Vector 2022 told us that because the table of contents appeared below the sidebar, it was placed too much down below the page. After this change, the sidebar will be shorter and thus will shift the table of contents further up in the page. Also, this change will reduce the white space on the page by using more of the space for the display of tools.
Gadgets' compatibility
Technically skilled editors may need to update some gadgets and user scripts. Some of these might become redundant or obsolete. We provide support for users who would like to maintain the compatibility. Please explore
this section of our documentation
for more information on gadget compatibility.
Let's work together
Subscribe to our newsletter
to receive regular updates.
Share your ideas and ask questions on
our talk page
Create a task on Phabricator and add
Desktop Improvements (Vector 2022)
tag or
write to us
if you notice a bug.
Translate the documentation
on MediaWiki.org.
Baie dankie!
SGrabarczuk (WMF)
besprekings
20:55, 3 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
SGrabarczuk (WMF)
, Why do you people tell us what you are going to do? You do it anyway, just steamroller your way through. We are never asked for advise or is never part of a Beta test. I wonder what is not going to work this time?
Oesjaar
kontak
21:04, 3 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
I'll second that. Thank you Oesjaar.
JMK
kontak
23:50, 4 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
U sal alle wiki's op 1 Maart vir 'n kort tydjie slegs kan lees
Die
Wikimedia Stigting
toets sy sekondêre datasentrum. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia wiki's aanlyn kan bly, selfs ná 'n ramp. Om seker te maak dat alles werk, moet die afdeling Wikimedia Technology 'n beplande toets aflê. Hierdie toets sal wys of hulle betroubaar van die een datasentrum na die ander kan oorskakel. Dit verg baie spanne om voor te berei vir die toets en beskikbaar te wees om enige onverwagte probleme op te los.
Hulle sal alle verkeer na die sekondêre datasentrum op
1 Maart
oorskakel.
Die toets begin om
14:00 UTC
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkings in MediaWiki, sal alle redigering moet stop terwyl ons oorskakel. Ons vra om verskoning vir hierdie ontwrigting en werk daarna om dit in die toekoms tot die minimum te beperk.
U sal alle wiki's vir 'n kort tydjie kan lees, maar nie kan redigeer nie.
U sal
Woensdag 1 Maart 2023
vir 'n uur lank nie kan wysig nie.
As u gedurende hierdie tye probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap sien. Ons hoop dat geen wysigings verlore sal gaan gedurende hierdie minute nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As u die foutboodskap sien, wag dan totdat alles weer normaal is. Dan moet u u redigering kan stoor. Maar ons beveel aan dat u eers 'n afskrif van u wysigings maak, net vir ingeval.
Ander effekte
Agtergrondfunksies sal stadiger wees en sommige sal moontlik afgeskakel moet word. Rooi skakels word moontlik nie so vinnig soos gewoonlik opgedateer nie. As u 'n artikel skep wat reeds elders gekoppel is, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. Sommige skrifte met 'n lang hardloop moet gestop word.
We expect the code deployments to happen as any other week.
However, some case-by-case code freezes could punctually happen if the operation require them afterwards.
GitLab
sal vir ongeveer 90 minute onbeskikbaar wees.
Hierdie projek kan indien nodig uitgestel word. Jy kan
die skedule lees by wikitech.wikimedia.org
. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word. Daar sal meer kennisgewings hieroor wees.
'n Bannier sal vertoon word op alle wikis 30 minute voor hierdie toets begin.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap.
Trizek (WMF)
Bespreking
21:20, 27 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Trans-Kaukasus
Gemeenskap, wat is die korrekte vorm om Trans-Kaukasus te skryf? Groete!
Oesjaar
kontak
05:32, 6 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Dit lyk my Transkaukasus of Trans-Kaukasus. Pharos gee Transkaukasië, en dit is waarskynlik die regte naam vir die streek, met Kaukasus die naam van die bergreeks.
Burgert
(kontak)
07:20, 6 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Wêreldspektrum
Gemeenskap, is daar enige van ons gebruikers wat 'n stel van Wêreldspektrum besit? Groete!
Oesjaar
kontak
19:15, 6 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Global ban for PlanespotterA320/RespectCE
Per the
Global bans
policy, I'm informing the project of this request for comment:
m:Requests for comment/Global ban for PlanespotterA320 (2)
about banning a member from your community. Thank you.--
Lemonaka
talk
) 21:40, 6 February 2023 (UTC)
Wikix met 'n ander gebruikersnaam: Gricle
Gemeenskap, Gebruiker:Gricle is al weer Wikix in 'n ander gedaante. Hy het my nou laat dink: is artikels soos
2019 in Suid-Afrika
werklik nodig? Dit is net 'n verfyning van ons jaartal waar die inligting in elk geval is. Julle opinie asb. Groete!
Oesjaar
kontak
14:24, 12 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ek dink dit is heeltemal onnodig.
Burgert
(kontak)
15:13, 12 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Sulke artikels maak sin op 'n groter wiki, maar ongelukkig is ons wiki nie groot genoeg om dit te regverdig nie. Ons kan dit maar skrap. Daar is klomp "sterftes" op daai bladsy wat niks met Suid-Afrika te doen het nie. -
Rooiratel
kontak
09:54, 16 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ellias Aghili Dehnavi
Gemeenskap, hierdie artikel bestaan nie op die Engelse Wikipedia, wat my bekommmer. Die bronne is in 'n ander taal. Dit beteken die skrywer kan moord en doodslag verkondig en ons sal dit nie weet nie, met tragiese gevolge vir ons. Sien
Wikipedia:Haal bronne aan
. Ons, as gemeenskap, sal moet 'n beginsel besluit maak oor die aangeleentheid, so gou as moontlik. As 'n skoolhoof my sou vra hoe weet ek die bronne is betroubaar kan ek hom nie antwoord nie, dit is onmoontlik. Ek verneem graag wat julle mening oor die saak is. Groete!
Oesjaar
kontak
15:12, 14 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Stem saam, 55 vreemde aanhalings, niemand gaan daardeur werk nie! Die persoon se geboortejaar word ook as 1374 aangegee, volgens die
Irannese kalender
? Die Persiese bronartikel sê dit is 1995 op die
Gregoriaanse kalender
(volgens sy foto's nader aan reg)!
Aliwal2012
15:45, 14 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Stem saam. Die paar verwysings wat ek nagegaan het, verwys na boeke wat die man geskryf het; dit is nie stawings van die feit nie.
Burgert
(kontak)
16:04, 14 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ja selfs 'n soektog op die Internet lewer net anderstalige Wikis en sy eie gepubliseerde werke op. Kon geen onafhanklike bron opspoor nie.
Sobaka
kontak
16:18, 14 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Skakel na my onderhoud op PretoriaFM van vanoggend!
Gemeenskap, ter inligting:
Oesjaar
kontak
20:07, 14 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Apomiksie
Gemeenskap, is iemand bereid om 'n kort iets te skep oor die onderwerp? Ek het vanoggend die woord geleer, op my 61 jarige ouderdom! Dit gaan saam met
Partenogenese
, ook 'n nuwe woord vir my! Groete!
Oesjaar
kontak
08:47, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Die sponse!
Sien
Agelas cerebrum
. Wat moet gedoen word om die taksoboks reg te laat vertoon? By outer in die sjabloon? Daar is net 6000 van die sponse?
Oesjaar
kontak
15:07, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Al die sponse se taksobokse vertoon korrek aan my kant. Groete
Aliwal2012
16:09, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Bedoel jy die spesie wys nie?
Burgert
(kontak)
16:54, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Lyk my jy moet maar net "spesie" gaan invul?
Burgert
(kontak)
16:58, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Lyk hy nou reg? Ek is nie seker of dit is wat jy bedoel nie.
Burgert
(kontak)
17:11, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, dankie! Nou wonder ek hoeveel moet reggemaak word? Waar is 'n bot as jy een nodig kry... Groete!
Oesjaar
kontak
18:02, 15 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
State of emergency
SGrabarczuk (WMF)
, AGAIN, went ahead with two very important changes without consulting us. There is no talking to this man that helps. There is no reasoning with him that helps. There is no warning him that helps. Wikipedia is in danger. We do not see what our readers are seeing and the outlay that they are seeing is unacceptable. While I told SGrabarczuk that it makes no sense, he actually went ahead in his usual way, and moved the tools / gereedskap to the right hand column and thereby took away some additional lateral space which we WARNED him, was already too little. The problem with this man has reached ridiculous proportions. Furthermore, he implemented the subscription function to posts on this page and removed the edit function, WITHOUT consulting us. The previous problem reported with the display of the description of some images has of course not been fixed, and I noticed additional problems with inline coordinates and notes on pictures with have disappeared from media viewer. I won't even waste my time to report it to him. So I declare an emergency, and recommend that we act in coordinated manner to remove him, as nothing else will work.
JMK
kontak
18:24, 21 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Enough of this.
Burgert
(kontak)
20:11, 21 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Naboomspruit
Gemeenskap, interessante bydrae maar sonder bronne.... Ons kan dit nie so aanvaar nie. Groete!
Oesjaar
kontak
17:53, 22 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
, lees hier asb! Groete!
Oesjaar
kontak
12:49, 23 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Het gelees Oesjaar, wat wil jy hê moet ek doen?
Aliwal2012
13:53, 23 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ons sal dit moet verwyder. Groete!
Oesjaar
kontak
14:03, 23 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Gaan asb. voort, ek het de Ruytershedding!
Aliwal2012
14:08, 23 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Editing news 2023 #1
Read this in another language
Subscription list for this multilingual newsletter
This newsletter includes two key updates about the
Editing
team's work:
The Editing team will finish adding new features to the
Talk pages project
and deploy it.
They are beginning a new project,
Edit check
Talk pages project
Some of the upcoming changes
The Editing team is nearly finished with this first phase of the
Talk pages project
. Nearly all
new features
are available now in the
Beta Feature for
Besprekingsnutsgoed
It will show information about how active a discussion is, such as the date of the most recent comment. There will soon be a new "
Nuwe onderwerp
" button. You will be able to turn them off at
Special:Preferences#mw-prefsection-editing-discussion
. Please
tell them what you think
Daily edit completion rate by test group: DiscussionTools (test group) and MobileFrontend overlay (control group)
An A/B test for
Besprekingsnutsgoed
on the mobile site
has finished. Editors were
more successful with
Besprekingsnutsgoed
. The Editing team is enabling these features for all editors on the mobile site.
New Project: Edit Check
The Editing team is beginning
a project to help new editors of Wikipedia
. It will help people identify some problems before they click "
Publiseer wysigings
". The first tool will encourage people to add references when they add new content. Please
watch
that page for more information. You can
join a conference call on 3
March
2023
to learn more.
Whatamidoing (WMF)
besprekings
23:23, 22 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Waterstofbom
Gemeenskap, is daar enige vrywilligers wat belangstel om bogenoemde te vertaal? Sien
Thermonuclear_weapon
. Ek vra maar net... Groete!
Oesjaar
kontak
14:34, 27 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ukraine's Cultural Diplomacy Month 2023: We are back!
Hello, dear Wikipedians!
Wikimedia Ukraine
, in cooperation with the
Ministry of Foreign Affairs of Ukraine
and
Ukrainian Institute
, has launched the third edition of writing challenge "
Ukraine's Cultural Diplomacy Month
", which lasts from 1st until 31st March 2023. The campaign is dedicated to famous Ukrainian artists of cinema, music, literature, architecture, design and cultural phenomena of Ukraine that are now part of world heritage. We accept contribution in every language! The most active contesters will receive
prizes
We invite you to take part and help us improve the coverage of Ukrainian culture on Wikipedia in your language! Also, we plan to set up a
banner
to notify users of the possibility to participate in such a challenge!
ValentynNefedov (WMUA)
talk
) 07:58, 1 March 2023 (UTC)
Taalhulp benodig
Sien asb. hier:
Bespreking:Wiener_Secession#Afrikaanse_naam
. -
Rooiratel
kontak
10:32, 6 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Geluk met jou verjaarsdag!
Burgert Behr
, geluk met jou verjaarsdag vandag! Ek vertrou daar gaan nog vele wees! Groete!
Oesjaar
kontak
16:00, 7 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Baie dankie.
Burgert
(kontak)
19:06, 7 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Www.tism.wanker.com
Gemeenskap, behalwe dat daar geen bronne is nie, het ons die artikel, amper sê ek gemors, nodig? Ensiklopediese waarde? Groete!
Oesjaar
kontak
18:48, 8 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Nou is daar twee bronne. Hoe is dit gemors? Dit gee goeie inligting oor die album. -
Rooiratel
kontak
10:51, 9 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Gister toe ek dit geskryf het as daar niks.
Oesjaar
kontak
10:54, 9 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Ja, dis hoekom ek sê "
Nou
is daar twee bronne", nie "Gister was daar nie twee bronne nie". Die probleem is opgelos. -
Rooiratel
kontak
10:59, 9 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Brandwaterkom
Gemeenskap: (van my besprekingsblad)
Geagte Oesjaar,
(Verskoon my slegte Afrikaans hierna...)
Dankie vir jou werk oor mense in die Tweede Boereoorlog! Hulle het my baie gehelp en die weg gewys vir die Engelse wikipedia! Ek het die eer om Wikipedian in koshuis (in koshuis) by die Afrikastudiesentrum in Leiden, Nederland, te wees.
Daar is ek toegelaat om vermiste mini-biografieë op die Engelse wikipedia te skryf oor
w:en:Chris_Botha
w:en:Philip Botha
w:en:Ben Bouwer
w :en:Jan Celliers
w:en:Jonathan Crowther (1853-1926)
w:en:Piet de Wet
w:en:Petrus Johannes Liebenberg
w:en:Chris Muller
w:en:Marthinus Prinsloo
w:en:Paul Hendrik Roux
en
w:en:Wessel Jacobus Wessels
Kritiek is baie welkom. Om die oorgawe van generaals Prinsloo, Roux en Crowther in Julie 1900 te verstaan, is 'n artikel nodig oor die Brandwaterkom, waar hulle vasgekeer was.
Maar ek het nie 'n kopieregvrye kaart behalwe 'n rowwe skets nie en jy weet natuurlik baie meer van die
Brandwaterkom
(Brandwaterkom?) as ek (feitlik niks). Vergelyk
Kan jy my help, moontlik deur 'n artikel by die Afrikaanse wikipedia of ander data?
Jy kan self 'n artikel op Engelse wikipedia skryf, beter as wat ek dit kon doen...
By voorbaat dankie vir u aandag, beste groete uit Leiden, Projekte
w:en:Wikipedia:GLAM/African_Studies_Centre_Leiden
Hansmuller
kontak
) 14:19, 9 Maart 2023 (UTC)
Oesjaar
kontak
14:46, 9 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Spelling "individu" vs "indiwidu"
Ek sien baie voorvalle van altwee. In my woordeboeke sien ek ook altwee is aanvaar. Is een meer korrek as die ander? Sal ons 'n "huis styl/reël" stel vir een oor die ander? (Vir konsekwentheid). -
Rooiratel
kontak
11:37, 10 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Hallo Rooiratel, ek dink eerlik dis nie nodig om 'n reël hiervoor te maak nie, ons het al genoeg reëls op die wiki! Ek hou van "voel vry en gaan jou gang".
Aliwal2012
17:17, 10 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Reg so. Ek het net daaraan gedink om dinge konsekwent te hou. Dit maak nie rêrig saak nie. -
Rooiratel
kontak
09:28, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Ek sou individu verkies, want dit is wat in die nuusmedia gebruik word. Indiwidu is 'n ouer spelling, soos rewolusie, Sjina, ens.
Burgert
(kontak)
09:46, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Ek ondersteun Burgert se standpunt. Groete!
Oesjaar
kontak
17:18, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Meeteren
en hoeker
Ek sien
Gebruiker:Suidpunt
het die woord
hoeker
in sy artikel
Meeteren
gebruik. Dit is 'n nuwe woord vir my, 'n tipe skip en is 'n Nederlandse woord. Dit kom in geen woordeboek van my voor nie. Word dit gebruik in Afrikaans? Ek wonder maar net... Groete!
Oesjaar
kontak
17:18, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Jip, maar net in 'n historiese konteks, want daardie tipe skepe word nie meer gebruik nie. Om skepe te bou van hout is nogal duur... Dit bestaan wel in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, ek haal gou aan:
a Kleinerige platboomskuit, meestal met twee maste en 'n hoogopgeboude kajuit op die agterstewe, gebruik vir visvangs met 'n net waaraan hoeke bevestig is; hoekboot.
b Soortgelyke vaartuig, veral met breë boeg en agterstewe, bedoel vir goederevervoer:
Dat die Kompanjie ... een of twee skepe of hoekers van Nederland na die Kaap stuur, vol gelaai met allerlei ware
(Coenraad Beyers).
2 Ou, afgetakelde vaartuig wat nie meer see toe kan gaan nie en gebruik word as kaai, bergplek vir steenkool, ens.
Suidpunt
kontak
17:40, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, so word ons wys! Groete!
Oesjaar
kontak
18:06, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Geen probleem: hier is 'n hele lys Hollandse skepe:
Blykbaar was 'n hoeker aanvanklik net 'n vissersbootjie, want die naam is glo afgelei van die "hoekwant" ('n tipe visnet, viswant met hoeke of angels, gebruik om kabeljou te vang) waarmee op die boot visgevang is. Dit word hierbo vermeld, asook by
etymologiebank.nl
. Nou wat is viswant? Dis nette, of touwerk, dink die -want, wat mens kry met "ingewand", dit is mos iets wat gedraai is, dink Engels "winded", en so is touwerk ook. Toevallig is daar in Nederlands die spreekwoord ook "‘van het want weten’, wat presies ooreenstem met "to know the ropes", met ander woorde, om op die hoogte van sake te wees, jy ken van, of... "touwys wees"!
Die voordeel is dat dié bootjie nogal vinnig (vir sy tyd) kon wees, soos
De Zeepost
wat tussen die Kaap en Mosambiek heen en weer gependel het. Ongelukkig, omrede hy so veeldoelig is, is
De Zeepost
dikwels ook vir ander doeleindes in die Kaap gebruik, met die gevolg dat die pos later as gewoonlik was. Wat probleme vererger het: voorheen het buiteposte van die VOC (dink Mosambiek) dikwels hul pos sommer vir 'n verbygaande (Engelse, Deense, Franse) skepe gegee om hulle Kaap toe te neem; dit was tog op hul pad. Maar nadat die Fort in Mosambiek op 'n stadium deur seerowers oorval is, het hulle besluit: van nou af, slegs met ons eie posbote. Wat beteken dat die pos maande lank kon sloer om by die Kaap uit te kom en vica versa. Moontlik was daar teen die 1700's meer VOC-skepe op see op pad Batavia toe, maar ek twyfel.
Suidpunt
kontak
19:19, 12 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Wikimania 2023 Welcoming Program Submissions
Do you want to host an in-person or virtual session at Wikimania 2023? Maybe a hands-on workshop, a lively discussion, a fun performance, a catchy poster, or a memorable lightning talk?
Submissions are open until March 28
. The event will have dedicated hybrid blocks, so virtual submissions and pre-recorded content are also welcome. If you have any questions, please join us at an upcoming conversation on March 12 or 19, or reach out by email at wikimania@wikimedia.org or on Telegram. More information on-wiki.
Ek het 'n voorstel ingedien! Kom ons kyk... Groete!
Oesjaar
kontak
13:12, 16 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Sterkte boet, ek het aansoek gedoen vir 'n beurs, maar twyfel of ek dit sal kry.
Dumbassman
kontak
13:24, 16 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Ek het my voorstel
The Afrikaans Wikipedia - The lone ranger in Africa
genoem. Kom ons kyk... Groete!
Oesjaar
kontak
15:12, 16 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Pragtig, maar sterkte met daai een
Dumbassman
kontak
15:14, 16 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Sterkte aan prof. Anne-Marie Beukes.
Namens die gemeenskap, sterkte aan prof.
Anne-Marie Beukes
wat vanoggend 'n knievervangingoperasie ondergaan het! Groete!
Oesjaar
kontak
18:59, 21 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Alkaloïde vs Alkaloïede
Gemeenskap, wat is die korrekte spelling? Groete!
Oesjaar
kontak
20:30, 23 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Die 2de een is seker 'n spelfout. Ek sou sê alkaloïde of alkaloïed (wisselvorme). Groete.
Frank
kontak
11:38, 24 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Ah, "alkaloïede" is dan seker die meervoud van "alkaloïed" soos by
Frank
kontak
12:45, 24 Maart 2023 (UTC)
antwoord
As praktiserende apteker verkies ek die spelling
alkaloïed
, soos beaam op die webwerf hierbo. Die gebruik van
alkaloïd
is 'n woord wat "rypgedruk" is uit die Britse taal. --
Aliwal2012
18:15, 24 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Nuus van SANBI
Gemeenskap, aan ons Flora vriende: ek het nuus van SANBI gekry via
Ronell Renett Klopper
, as julle dit wil lees stuur vir my 'n epos aan deon@masterevent.co.za Groete!
Oesjaar
kontak
20:47, 23 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Katastrofiese besering
Gemeenskap, die artikel se bronne is ontoeganglik. My gevoel is dat ons dat die artikel moet skrap omrede daar nie bronne is nie en die inhoud gebruik kan word in hofsake:
Wikipedia het so gesê
en sonder bronne is ons in die moeilikheid. My eie maatskappy doen Veiligheidswerk vir byeenkomste en skoue. Groete!
Oesjaar
kontak
19:04, 27 Maart 2023 (UTC)
antwoord
In plaas van om die artikel te skrap, moet een van ons net die tyd vat om 'n bronnelys vir die artikel te versamel. Dit is hoogs waarskynlik dat die skepper van die artikel dit net so van Engels na Afrikaans vertaal het.
Lefcentreright
kontak
22:32, 27 Maart 2023 (UTC)
antwoord
As jy kyk sal jy sien hy is nie van Engels af vertaal nie.
Dumbassman
kontak
17:40, 30 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Mylpaal vir ons burokraat
Dagsê wiki-gemeenskap!
Baie geluk aan
Oesjaar
wat vandag (30/3/2023) sy 12
000ste nuwe artikel geskep het:
Senegalia donaldi
. Voorwaar 'n prestasie om op trots te wees!
Groete --
Aliwal2012
14:57, 30 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Baie geluk @
Oesjaar
. Ons sien uit na die volgende 12000! -
Rooiratel
kontak
14:41, 31 Maart 2023 (UTC)
antwoord
Werkswinkel in Windhoek: 27 April 2023
Gemeenskap, ek bied 'n werkswinkel op 27 April 2023 in Windhoek aan. Sien
Faceboek
Sien julle daar! Groete!
Oesjaar
kontak
18:21, 7 April 2023 (UTC)
antwoord
Amper vergeet ek, ek doen dit saam met
Netwerk (Namibië)
! Groete!
Oesjaar
kontak
19:31, 7 April 2023 (UTC)
antwoord
Vorderingsverslag oor die skoleprojek
Die popularisering en verhoogte deelname van die jonger persone bly ‘n belangrike doelwit om die die volhoubaarheid van die Afrikaanse Wikipedia te verseker. Een praktiese manier om dit te doen is met ‘n skryfkompetisie vir skole. Sodoende kan die Afrikaanse Wikipedia nader aan ons skole en kinders te bring. Na afloop van die kompetisie sal ons vaardighede en ondervinding en baie meer kennis van Wikipedia by die skole agterlaat. Ons sal ook die werklike waarde van Wikipedia kan ontsluit vir die kinders en opvoeders. Met die doel in die oog het
Oesjaar
gesprek gevoer met die
SAAWK
WAT
Pretoria FM
en
FEDSAS
. Al hierdie gespreksgenote het entoesiasties op die idee van ‘n skole kompetisie gereageer.
Terwyl die besonderhede nog gefinaliseer moet word, is die konsep as volg:
Alle hoërskole word genooi om deel te neem, die artikels moet in Afrikaans wees. Hulle mag nie oor hulle eie skool, godsdiens of politiek skryf nie. Die artikels moet ten minste 30 k grepe groot wees, ons vereiste vir voorblad artikels en moet voldoen aan die Wikipedia vereistes, bv. bronne en neutraliteit. Hopelik sal van die artikels gebruik kan word vir ons voorblad wat fantasties sal wees vir die betrokke skole.
Hoërskole wat geïnteresseer is moet by ons registreer (verniet) via die SAAWK wat die admin funksie sal verrig. Die skole moet ‘n projekbestuurder (opvoerder of ouer) identifiseer wat sal dien as die koördineerder en skakelpunt vir die skool. Wikipedia sal met die persoon skakel ten opsigte van opleiding en tegniese ondersteuning vir hulle.
Kommunikasie met alle rolspelers sal in die wintervakansie gefinaliseer kan word. Dan kan daar ‘n aankondiging gedoen word in Julie sodra die skole begin. Registrasie vind plaas in Augustus en die kompetisie duur van September tot einde Oktober. Aankondiging van wenners en oorhandiging van trofee vind in November plaas.
Enige addisionele voorstelle en kommentaar in dié verband sal waardeer word.
Sobaka
kontak
10:26, 25 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Hi Sobaka! Dit klink goed, maar kom ons maak die minimum lengte 15 kilogrepe, onthou hulle is nog skoolkinders, en moet miskien ook die gebruik van 'n rekenaar by die skool deel. (30 kilogrepe is vir gesoute bydraers soos ek en jy!) Groete,
Aliwal2012
10:49, 25 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Wat dink julle daarvan as ons onder andere 'n skootrekenaar vir die wenskool gee? Groete!
Oesjaar
kontak
14:35, 27 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Ek bevestig:
Pretoria FM
is 'n vennoot in die kompetisie! Wat kan ek sê... Hou hierdie spasie dop! Groete!
Oesjaar
kontak
17:49, 6 April 2023 (UTC)
antwoord
My maandelikse geselsie op PretoriaFM
Gemeenskap, hier is die potgooi van laas Dinsdag se geselsie:
PretoriaFM
Geniet!
Oesjaar
kontak
18:36, 7 April 2023 (UTC)
antwoord
2022-skin
Ek dink ons moet 'n besluit neem oor watter skin ons gaan gebruik met die skep van nuwe artikels. Ek gebruik nou (teen my sin) die 2022-skin en kom agter baie artikels vertoon vreemd, bv.
Niki Lauda
. Ek het van my eie artikels al aangepas. Ek het nie heeltemal bygebly met die besprekings nie. Sien alle gebruikers nou outomaties die 2022-skin? Dan het ons 'n probleem.
Burgert
(kontak)
17:57, 23 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, ek klou nog verbete aan die oorspronklike skin. Stem saam, ons moet daaroor praat. Groete!
Oesjaar
kontak
14:37, 27 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Dit is nie die oorspronklike "skin" nie. Dit was eers in 2010 vrygestel. Daar was al verskeie "skins" en daar sal nog weer nuwes in die toekoms kom. Hoe gaan dit ons baat in die lang termyn om nou hardkoppig aan een vas te klou net omdat ons gewoond daaraan is? -
????
Rooiratel
kontak
14:49, 27 Februarie 2023 (UTC)
antwoord
Geen twyfel wat ons hier moet doen nie. Die 2022-vel is myns insiens die resultaat van obsessiewe en ongesonde denke, gerugsteun deur valse beweegredes. Die 2022-vel is nie net vreemd nie, maar duidelik onbruikbaar en gooi wikipedia omver. As gebruikers moet ons saamstaan om dit onverwyld wortel en tak uit te gooi. 'n Goeie nuwe skin sal verwelkom word, en slegtes moet uitgegooi word. Korrek, ons het 'n probleem, want die publiek word gedwing om die 2022-vel te sien, want die wikimedia-bedieners word oorlaai as die publiek 'n keuse van meer as een vel gegun word.
JMK
kontak
17:33, 10 April 2023 (UTC)
antwoord
Stem saam met JMK, ons moet dit verwerp! Ek gebruik steeds die oorspronklike skin, en voel baie tuis daarmee. Wikigroete!
Aliwal2012
10:39, 13 April 2023 (UTC)
antwoord
Die 2022-vel is sedert Januarie 2023 die verstek vel op alle wikis. So alle lesers wat nie ingeteken is nie, sien die 2022-vel. Lees asb.
hier
vir al die besonderhede.
Opsommend: meer mense het dit verkies, dit het meetbare verbeterings gebied, en het geen bestaande funksionaliteit verwyder nie. En tydens die toetsfase in 2019–2022 het hulle verskeie veranderinge en verbeterings aangebring op grond van die terugvoer wat hulle ontvang het.
Ek weet JMK gaan sê dat die maatstawwe vals is, maar hy het selfs geen data nie. So sy opinie daaroor kan heeltemal geïgnoreer word.
Burgert Behr
wat lyk vreemd oor die
Niki Lauda
bladsy? [Antw. hierop: Ek het nounet
Niki Lauda
bekyk met die 2022-vel...dit vertoon OK! --
Aliwal2012
13:46, 13 April 2023 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
om tuis te voel met die ou vel beteken niks. As ons dit gaan bespreek, dan kort ons 'n lys van werklike probleme wat nie opgelos kan word nie. En spesifiek 'n lys probleme vir mense sonder 'n Wikipedia-rekening. As jy selfs die ou vel verkies, kan jy dit nog steeds verander in jou voorkeure.
Lyk vir my mense lees nog steeds vir Wikipedia in verskeie tale. Die bladtrekke is maar dieselfde voor/na Januarie. Ek het nog nie 'n nuus artikel gelees wat sê dat sedert die veranderings, lees niemand meer Wikipedia nie. Hou dit in gedagte wanneer jy die werklike impak van die veranderinge oorweeg. -
Rooiratel
kontak
13:05, 13 April 2023 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Dit lyk nou reg nadat jy in Februarie die uitleg verander het. Ek sien in elk geval as mense nie aanteken nie, sien hulle 'n vroeeër skin as die een wat ons sien as ons dit verander in ons voorkeure. Die kolom regs is nie daar nie. Hulle sien dit dus in elk geval anders as ons. Op Engels het die skin ook nie die kolom regs nie. Hoekom sou ons dit hê?
Burgert
(kontak)
07:59, 14 April 2023 (UTC)
antwoord
Party mense wou die kolom aan die regterkant sien, ander wou nie. Hulle het toe vir mense 'n opsie gegee om dit weg te steek of om te wys. (Selfde vir die aan die linkerkant) -
Rooiratel
kontak
19:21, 15 April 2023 (UTC)
antwoord
Om van jan publiek te verwag om bladvoorkeure te gaan soek en regstel (indien hulle die opsie het) gaan nie werk nie. Selfs vir gereelde gebruikers is dit 'n beslommernis wat eenvoudig beteken dat elkeen dit anders sien, en dat dit wat gebruikers ontwerp anders lyk as wat jan publiek dit sien. Maar verder merk ek op dat outomatiese taksobokse nie (of nie meer) "image_size =" akkomodeer nie, voorheen 'n baie nuttige funksie. 'n Verdere poging, vermoed ek, om obsessiewe beperkings op gebruikers af te dwing. 10:29, 2 Mei 2023 (UTC)
Ek is seker "jan publiek" is nie te onnosel om die "skuif na kantbalk" en "versteek" knoppies uit te werk nie. As hulle ander webwerwe en sagteware kan uitpluis, dan sal dit nie te moeilik vir hulle wees nie. En die outomatiese taksoboks sjabloon is deur ons eie gebruikers ontwikkel, net soos elke liewe sjabloon op Wikipedia. Voel vry om dit self te verbeter as iets jou pla. -
Rooiratel
kontak
16:42, 3 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Kirby van der Merwe
Gemeenskap, kan iemand asb help met 'n inligtingskas vir
Kirby van der Merwe
? Hy het die Eugène Maraisprys vir 2023 ontvang. Groete!
Oesjaar
kontak
20:13, 20 April 2023 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– Baie geluk, Kirby van der Merwe! Groete. --
SpesBona
20:30, 20 April 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek het hom 'n melding op ons voorblad gegee. Groete. --
SpesBona
20:00, 21 April 2023 (UTC)
antwoord
Baie dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
20:15, 21 April 2023 (UTC)
antwoord
Seeking volunteers for the next step in the Universal Code of Conduct process
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hello,
As follow-up to
the message about the Universal Code of Conduct Enforcement Guidelines
by Wikimedia Foundation Board of Trustees Vice Chair, Shani Evenstein Sigalov, I am reaching out about the next steps. I want to bring your attention to the next stage of the Universal Code of Conduct process, which is forming a building committee for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C). I invite community members with experience and deep interest in community health and governance to nominate themselves to be part of the U4C building committee, which needs people who are:
Community members in good standing
Knowledgeable about movement community processes, such as, but not limited to, policy drafting, participatory decision making, and application of existing rules and policies on Wikimedia projects
Aware and appreciative of the diversity of the movement, such as, but not limited to, languages spoken, identity, geography, and project type
Committed to participate for the entire U4C Building Committee period from mid-May - December 2023
Comfortable with engaging in difficult, but productive conversations
Confidently able to communicate in English
The Building Committee shall consist of volunteer community members, affiliate board or staff, and Wikimedia Foundation staff.
The Universal Code of Conduct has been a process strengthened by the skills and knowledge of the community and I look forward to what the U4C Building Committee creates. If you are interested in joining the Building Committee, please either
sign up on the Meta-Wiki page
, or contact ucocproject
wikimedia.org by May 12, 2023.
Read more on Meta-Wiki
Best regards,
Xeno (WMF)
19:00, 26 April 2023 (UTC)
antwoord
Groete uit Windhoek!
Gemeenskap, groot opgewondheid hier in Windhoek! Ek was om 12:00 lewendig op Kanaal 7 radio en om 16:00 in 'n video onderhoud vir Die Republikein se Kletskamer; dit sal môre op hulle FB-blad wees. Ook, môre van 08:00 tot 13:00 is ons werkswinkel! Groete!
Oesjaar
kontak
20:06, 26 April 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar in Namibië!
Gemeenskap, loer hierna, vanaf die 11de minuut:
Groete!
Oesjaar
kontak
20:20, 27 April 2023 (UTC)
antwoord
Lyk goed, presies wat nodig is. Die ooms moet net begin oefen nadat hulle tydens Corona voor die skerm stilgesit het. Ek het al 'n paar 4 km draffies agter die rug – as mens dit draf kan noem.
JMK
kontak
13:44, 2 Mei 2023 (UTC)
antwoord
COVID-19-pandemiedata
Sien daar is ‘n bot wat die COVID-19-pandemiedata (Sjabloon:Koronaviruspandemie van 2019-2020/data) opdateer, maar dit vertoon nou al ‘n geruime tyd nie reg op
Covid-19-pandemie
nie. Iemand wat die tegniese aspekte beter verstaan kan dit miskien regstel.
Sobaka
kontak
14:24, 28 April 2023 (UTC)
antwoord
Jammer, dis ver bo my vuurmaakplek! --
Aliwal2012
17:44, 28 April 2023 (UTC)
antwoord
Ek sal sien of ek dit kan regmaak. -
Rooiratel
kontak
16:45, 3 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Dankie!
Tol
, het toe vir my gehelp. Alles is nou reg. -
Rooiratel
kontak
07:59, 5 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Dis 'n plesier!
Tol
kontak
bydraes
) @
14:19, 5 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Global ban proposal for Piermark/House of Yahweh/HoY
Apologies for writing in English.
There is an on-going discussion about a proposal that Piermark/House of Yahweh/HoY be globally banned from editing all Wikimedia projects. You are invited to participate at
Requests for comment/Global ban for Piermark
on Meta-Wiki.
Baie dankie!
U.T.
besprekings
12:35, 4 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Hi all! This wikipedia is not being targeted, in fact never edited by above user. So best resolved that we on the Afrikaanse wikipedia stay out of any controversy and the Global Ban request. We have other severe abusers like
Mukdro
that we are trying to block globally.
Regards,
Aliwal2012
15:04, 4 Mei 2023
Hi @
Aliwal2012
. Piermark did make edits on this wiki, using at least the following sockpuppets:
and
. --
Golmote
kontak
) 20:00, 4 Mei 2023....Thanks, noted.
Aliwal2012
Carina Diedericks-Hugo
Gemeenskap, kan iemand my asb sê wat aangaan by jare 2002 en 2007 onder die hoof: Publikasies? Groete!
Oesjaar
kontak
19:13, 4 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Dit is spam. Ek sal die bladsy skoon maak. -
Rooiratel
kontak
07:58, 5 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Dit was toe nie spam nie. Die boeke se name is wel e-posadresse, maar iemand het dit titels verander in skakels na die e-posadresse. Ek het dit nou reggemaak. -
Rooiratel
kontak
08:14, 5 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Kunsmatige intelligensie
Gemeenskap, sien
Groete!
Oesjaar
kontak
09:24, 8 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Dankie vir die artikel.
Kunsmatige intelligensie
veral groot
taalmodelle
soos
ChatGPT
gaan ‘n reuse toekomstige uitdaging (maar ook geleentheid) vir Wikipedia word. Die debat is maar in sy aanvang stadium, sien (
). Afrikaans is ‘n klein Wikipedia met ‘n beperkte aantal aktiewe bydraers en sal moet kennis neem van verwikkelinge in dié verband.
Sobaka
kontak
14:40, 8 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Apollo 8
Hierdie artikel het my al hard laat dink! Sjoe! Wat sal die laaste helfte van die sin beteken:
They would continue to do so until they performed their last mid-course correction, switching to a reference frame based on ideal orientation for the second engine burn they would make in lunar orbit
? Enige voorstelle is welkom... Groete!
Oesjaar
kontak
16:34, 16 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Miskien onvoldoende inligting om uit die sin alleen te beantwoord. Jy moet oplees oor die verwysingsraamwerke wat aangewend word. Blykbaar twee, een wat die aarde volg en daarop gesentreer is, en een wat die maan volg, en daarop gesentreer is. Wat die maan betref is daar blykbaar twee, Moon Principal Axis (MPA) en Moon Mean Earth (MME).
Daarom sê hulle maar "a reference frame", wat verskillende dinge kan beteken, en die leser die detail spaar.
JMK
kontak
07:04, 19 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Die jaarlikse Ontkiemingskompetisie
Gemeenskap, met die laaste kompetisie het ons R 6000 se geskenkbewyse aan die beste drie gebruikers gegee. As ons dit vervang met 'n Skootrekenaar, net een prys... Hoe voel julle daaroor? Groete!
Oesjaar
kontak
17:28, 21 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ja, ek dink 'n skootrekenaar as prys is 'n goeie voorstel. Die geskenkbewyse is maar 'n gesukkel, ek het nie eers my R1000 Amazon voucher gebruik nie. Bydraers moet dan net asb nie vuisslaan oor die skootrekenaar nie! Oesjaar, ons sal moet
definitiewe reëls
opstel vir die Ontkiemingskompetisie.
Aliwal2012
18:21, 21 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Reëls: ek luister...
Oesjaar
kontak
20:35, 21 Mei 2023 (UTC)
antwoord
My idees:
Die skeidsregter v.d. kompetisie moet aantoon watter artikels "ontkiem" mag word (dus nie nuutgeskrewes nie) en met hoeveel grepe dit uitgebrei moet word om te kwalifiseer. Sien asb.
Wikipediabespreking:Ontkiemingskompetisie 2022
en
Gebruikerbespreking:Odriskelmac11#Filippynse_See_benodig_korreksies
Ook moet vasgepen word watter tydperk/periode die kompetisie gaan loop, m.a.w. dit mag nie net lukraak verleng word (sonder om eenstemmigheid te bereik) nie.
Tipe inhoud waarmee die artikel uitgebrei behoort te word. Ek wil nie agterna hoor ek het slegs tabelle of prente bygevoeg nie!
Groete!
Aliwal2012
13:10, 22 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
Aliwal2012
en
SpesBona
: Dankie vir julle manne se hardewerk met die weeklikse voorblaaie. As ek so kyk na die lys tans, lyk dit asof ons drie sport artikels na mekaar gaan hê! Enige kans dat ons van die artikels so 'n bietjie kan skommel? Groete!
Oesjaar
kontak
07:58, 22 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ons voorblad
Gemeenskap, kan iemand met beter vaardighede as ek, net ons
Tuisblad
bywerk. Ek verwys spesifiek na die blok, regs onder: Wikipedia in ander tale. Bv. daar is tale met net minder as 750,000 artikels. Gebruik:
Lys van Wikipedias
. Groete!
Oesjaar
kontak
08:02, 22 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Uitgevoer
. Groete. --
SpesBona
21:00, 14 Junie 2023 (UTC)
antwoord
SpesBona
, dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
06:01, 15 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Irriterende IP-adresse
Gemeenskap, ek begin nou moeg raak vir die gemors waarmee die IP-adresgebruikers ons pla: vandalisme, invoeg van gemors ens. en dit word meer! Ons kan vra dat slegs geregistreerde gebruikers hier toegelaat word mits 'n meerderheid daartoe instem. Hoe voel julle daaroor? Groete!
Oesjaar
kontak
18:38, 23 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Ek is ten volle ten gunste daarvan, maar hoe gaan ons 'n meerderheid stemming verkry? Dit sal maar 'n subjektiewe persentasie wees, weens al die "slapende" bydraers (mense soos
PuvirCHO
Suidpunt
K175
) wat net eenkeer per maand hier aanmeld. --
Aliwal2012
11:50, 24 Mei 2023 (UTC)
antwoord
"Slapend" tel nie. As drie mense hiervoor stem, is dit 'n meerderheid wat my betref.
Burgert
(kontak)
17:03, 25 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Ek is uiteindelik ten gunste daarvan!
:)
Suidpunt
kontak
11:59, 24 Mei 2023 (UTC)
-- dankie! Aliwal2012
antwoord
Ondersteun
– Ten gunste.
Burgert
(kontak)
16:45, 25 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Ek is teen die besluit, maar ek is bereid om dit vir 'n tydperk te probeer en te sien wat gebeur. -
Rooiratel
kontak
08:31, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Ek is saam met
Rooiratel
hier. En oor my “slapende” of “rustende” stand is ek ongelukkig met werk besig. ’n Man moet eet en sy gesin kan voed.
Puvircho
kontak
09:49, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Daarteen. Daar is ook positiewe anonieme bydraers, terwyl geregistreerde gebruikers ook soms vandalisme pleeg. Vandalisme is egter ‘n probleem maar wonder of daar nie ander tegniese oplossings kan wees nie.
Sobaka
kontak
15:19, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Neutraal
- Ons sal nooit vandalisme kan stopsit as mense aanhou skop teen die voorstel nie.
Burgert
(kontak)
09:44, 28 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Daar is ook anonieme gebruikers wat nuttige werk doen. Groete. --
SpesBona
21:00, 28 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Vraag: Het ons al enige hulp van die Akademie in hierdie verband? Ons het gedink aan 'n administratiewe pos daar wat sulke dinge sou behartig. Selfs een opgeleide persoon wat daagliks terugrol en blokkeer kan voldoende wees om hierdie werklas van ander gebruikers se skouers te haal.
JMK
kontak
23:44, 8 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Van my beste werk hier was anoniem gelewer. Blok gerus problematiese IP's, maar 'n algehele verbod op anonieme bydraes is in my beskeie opinie teenproduktief. Groete.
Frank
kontak
07:53, 6 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Naudefj
Ek beaam dit. Sien jy enige kans dat ons jou puik werk weer hier sal kan sien? Groete. --
SpesBona
20:30, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
: Gemeenskap, die meeste gebruikers wat geantwoord het is gekant teen die blokkering van IP-gebruikers. Ons moet die meerderheidstemming aanvaar, maar: kan daardie gebruikers wat daarteen gestem het dan ook hulle kwota diens doen en die IP-vandalisme blokkeer ens? Tans is dit net ek, Aliwal2012, Burgert en Rooiratel wat die ondankbare werk doen amper 24/7! Ek hoor graag van julle! Groete!
Oesjaar
kontak
13:10, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Alles 'n meegevolg van, of dit word vererger daardeur, dat ons in die steek gelaat word deur die
higher ups
. Eerstens is die lawwe Grabarzuk-geinspireerde voorkoms, gister weer oopgeslaan om my te vergewis, 'n uitnodiging aan elke vandaal. As hulle sien dit lyk soos 'n game console of ander lawwigheid eerder as ensiklopedie gaan hulle dit bekrap. Tweedens, wat baie sal help, is as ons al daai ongeregistreerde gebruiker-bydraes (OGBs) op een bladsy kan sien (of mis ek iets wat reeds bestaan?) waarvoor ons ook 'n skakel in die linkerbaan het. Tans moet ek deur dosyne bydraes kyk om 1 of 2 OGBs raak te sien, wat maak dat ek en ander vanselfsprekend baie sulke bydraes gaan oorslaan. Dis heel programmeerbaar, en indien nog nie beskikbaar kan ek dit by die
higher ups
opper, maar nie by Grabarzuk nie, want ek mors nie graag my asem nie.
JMK
kontak
17:08, 19 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Hallo JMK, jy kan die hofie
"Ongekontroleerde anonieme wysigings"
iewers vir jouself neerpen. Ek het onlangs hierdie sintaks vir my eie gebruik gekopieer uit
Gebruiker:Naudefj
. Dit werk nogal goed!
Aliwal2012
17:25, 19 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
In die onlangse wysigings kan 'n mens in die filtreerder vir "ongeregistreer" + "nuutste weergawe" filtreer om 'n oorsig van IP-bydraes te kry wat (nog nie) ongedaan gemaak is nie. –
K175
skil 'n appeltjie
17:35, 19 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Navraag aan Viva-Afrikaans
Gemeenskap, ek het bogenoemde gevra om
trans-lunar injection
te vertaal:
Jou vraag:
Wat is "trans-lunar injection" in Afrikaans?
Kort antwoord:
"translunêre inspuiting"
Lang antwoord:
Die prefiks "trans-" is gestandaardiseer. Die woord "lunêr" is insgelyks gestandaardiseer met betrekking tot 'wat die maan betref' (ontleen uit Latyn, "luna"). Die woord "inspuiting" dui op die meganisme of proses wat die tuig sal voortdryf.
Bron(ne): 2017-AWS Woordelys; HAT; Pharos se A-E/E-A woordeboek
Uit 'n tegniese oogpunt is ek nie gelukkig nie. Julle menings? Groete!
Oesjaar
kontak
19:15, 23 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Klink nie goed nie. Definisie van "trans-lunar injection": "a
propulsive maneuver
used to set a spacecraft on a trajectory that will cause it to arrive at the Moon", d.w.s. 'n voortstuwingsmaneuver om 'n tuig op 'n maangebonde trajek te plaas. As vuurpyle ter sprake is kan mens dit seker ook 'n ontbrandingsmaneuver noem? D.w.s. "maangebonde ontbrandingsmaneuver"?
JMK
kontak
20:15, 23 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Of "maanbestemde (ontbrandings)maneuver": "bestem" impliseer aanwys of destineer, en "bestemming" impliseer destinasie, doeleinde, doelwit, eindpaal, hawe, mikpunt of voorland. "trans-" impliseer anderkant, borand, oor, oorkant, ... Lg. is dubbelsinnig want beteken dit nou: oor die maan, oorkant die maan, of oor na die maan?
JMK
kontak
08:26, 24 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ek dink nie daar is iets fout met "translunêre inspuiting" nie, want almal sal weet waavan jy praat. En as VivA sê dis reg, is dit reg.
Burgert
(kontak)
16:50, 25 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Kwalik. Selfs die Engelse term moet mens opkyk. Viva is (n.m.m.) soos
ChatGPT
: as jy 'n vraag vra gaan jy beslis 'n antwoord kry. Maar of dit reg is moet jy maar self besluit.
JMK
kontak
20:18, 25 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Vermoed terloops hulle "gestandaardiseer" is 'n duimsuigterm. Watter standaard? Deur wie bepaal? In watter konteks?
JMK
kontak
20:36, 25 Mei 2023 (UTC)
antwoord
VivA (met 'n hoofletter-A, vir Afrikaans) is die Afrikaanse Taalkommissie. Hulle is beswaarlik soos ChatGPT.
Burgert
(kontak)
09:08, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
"vanlyn"
Gemeenskap, sien asb.
Bespreking:Kiwix
. Wat dink julle? -
Rooiratel
kontak
07:45, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Geantwoord.
Burgert
(kontak)
09:06, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Dankie @
Burgert Behr
! -
Rooiratel
kontak
09:41, 26 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ek en die roes...
Ek werk hier by 'n uitstalbyeenkoms in beheer van Veiligheid, naby
Brits
. Ek het myself en ons Wikipedia bekend gestel aan
WESSA
, ek is baie beïndruk met hulle werk. 'n Juffrou het my later voorgekeer en geëis dat ons onmiddellik 'n artikel oor roes skryf... Sy het dit behandel in die klas en soek meer inligting vir haar kinders! Sy het gepraat! Groete!
Oesjaar
kontak
12:05, 27 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Ek het maar solank 'n saadjie geskep. -
Rooiratel
kontak
09:44, 29 Mei 2023 (UTC)
antwoord
Geluk met jou verjaarsdag
Veels geluk aan
Oesjaar
wat op 3 Junie verjaar het! Baie dankie vir al jou bydraes en raad hier, ons almal waardeer dit. --
Aliwal2012
11:46, 4 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Baie geluk @
Oesjaar
Rooiratel
kontak
11:33, 5 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Baie geluk
Oesjaar
Lefcentreright
kontak
18:03, 5 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Invitation to participate in the #WPWPCampaign 2023
Dear Wikimedians,
We are glad to inform you that the 2023 edition of Wikipedia Pages Wanting Photos campaign is coming up in July.
This is a formal invitation to invite individuals and communities to join the campaign to help improve Wikipedia articles with photos and other relevant media files.
If you're interested in participating, please find your community or community closer to you to participate from the
Participating Communities
page. If you're organizer, please add your community or Affiliate to the page.
The campaign primarily aims to promote using images from Wikimedia Commons to enrich Wikipedia articles. Participants will choose among Wikipedia pages without photos, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years. In this edition of the campaign, eligibility criteria have been revised based on feedback and campaign Evaluation Reports of the previous editions. Please find more
details about these changes and our FAQ on Meta-Wiki
For more information, please visit the
campaign page on Meta-Wiki
Kind regards,
Wikipedia Pages Wanting Photos International Team.
MediaWiki message delivery
kontak
23:25, 7 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Cunonia
Gemeenskap, kan iemand asb help met die artikel op Wikidata? Groete!
Oesjaar
kontak
06:37, 12 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
. Die probleem was dat
Cunonia capensis
gekoppel was aan die wikidata item vir
Cunonia
. Altwee is nou aan die regte items gekoppel. -
Rooiratel
kontak
10:18, 12 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
10:20, 12 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Segge
Gemeenskap, die artikel
Segge
het my aan die raai gehad, want dit dek eintlik die genus
Carex
-wat deur beide SANBI en
Plants of the World
erken word. Na 'n bietjie navorsing: die woord
Segge
kom nie in een Afr. woordeboek voor nie en die artikel is geskep deur ons ou vriend prof. Jaap Folmer (Gebruiker:Jcwf) en in Nederlands staan die artikel as
Zegge
bekend. Ek vermoed dit is die vertaling van die Engelse woord Sedge soos in
Sedgefield
. Met julle goedkeuring gaan ek die artikel skuif na
Carex
. Groete!
Oesjaar
kontak
18:36, 13 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien die Duitse naam is ook soortgelyk
: "Seggen". Miskien is "Segge" wel die Afrikaanse naam vir die genus. Dalk moet ons meer navorsing doen, voordat ons die naam verwyder. Kan jy nie vir @
Jcwf
kontak nie? -
Rooiratel
kontak
07:17, 14 Junie 2023 (UTC)
antwoord
"Segge" lyk reg:
segge. The literal equivalent of SEDGES, but seldom heard in South Africa.
kyk Common Names of South African Plants, deur C.A. Smith, Departement van Landboutegniese Dienste, 1966
JMK
kontak
12:50, 15 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Sien
Wikipedia:Geselshoekie/Taalforum#Carex
Jcwf
kontak
22:57, 20 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Wees geduldig, ek het die taalkundiges se mening ingeroep... Dit lyk of Segge gaan bly. Groete!
Oesjaar
kontak
12:36, 21 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, na 'n gesprek met die Voorsitter van die Taalkommissie,
Suléne Pilon
het sy en een van haar M-studente 'n bietjie ondersoekwerk gedoen en hulle bevinding is dat die woord Segge moet bly! Geluk, so groei ons Afrikaans!
Oesjaar
kontak
07:16, 22 Junie 2023 (UTC)
antwoord
MinT Machine Translation added to Afrikaans Wikipedia
Hallo
Afrikaans Wikipedians!
The WMF Language team has added another machine translation (MT) system for
Content Translation
in your Wikipedia called MinT; you can use
MinT machine translation
when translating Wikipedia articles using the Content Translation tool.
The WMF Language team provides the MinT service. It is hosted in the Wikimedia Foundation Infrastructure with
neural machine translation
models that other organizations have released with an open-source license. MinT integrates translation based on
NLLB-200
and
OpusMT
and will replace those as separate options. This MT is set as optional in your Wikipedia. Still, you can choose not to use it by selecting "Start with empty paragraph" from the "Initial Translation" dropdown menu.
Since MinT is hosted in the WMF Infrastructure and the models are open source, it adheres to Wikipedia's policies about attribution of rights, your privacy as a user and brand representation. You can find more information about the MinT Machine translation and the models on
this page
Please note that the use of the MinT MT is not compulsory. However, we would want your community to:
use it to improve the quality of the Machine Translation service
provide feedback
about the service and its quality, and ask questions about this addition.
We trust that introducing this MT is a good support to the Content Translation tool.
Thank you!
UOzurumba (WMF)
kontak
18:53, 13 Junie 2023 (UTC)
On behalf of the WMF Language team.
antwoord
Thanks @
UOzurumba (WMF)
I will try it out. -
Rooiratel
kontak
07:13, 14 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Jaarkategorieë
Na aanleiding van
Gebruiker:Vargenau
wat 'n internasionaal baie ervare gebruiker
en
administrator op die Franstalige Wikipedia
is) se versperring hier op die Afrikaanse Wikipedia en die gesprek oor jaarkategorieë (bv.
Kategorie:1584
Kategorie:2000
Kategorie:806
en
Kategorie:200 v.C.
) het ons blykbaar 'n gespreek nodig oor die sin (of onsin) van dié kategorieë. Myns insiens kan ons jaarkategorieë hê as ons ook geboorte- en sterfeskategorieë het, bv.
Kategorie:Geboortes in 1583
en
Kategorie:Sterftes in 1583
. Julle menings asb. Al die groot taalweergawes het dit. Groete. --
SpesBona
11:40, 18 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Comme ci comme ça.
Burgert
(kontak)
11:43, 18 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
, is jy siek? Groete!
Oesjaar
kontak
11:44, 18 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Rooi kategorieë is
hier beskikbaar
. Groete. --
SpesBona
11:45, 18 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Jaarkategorieë maak vir my sin. Ek sien nie die nadeel daarvan nie. Ek sien ook op
Wikipediabespreking:Administrateur
sê
Oesjaar
"Ons het BAIE, BAIE groter uitdagings as kategorieë vir jare." OK, maar as jy die kategorieë nie wil skep nie, maar
Gebruiker:Vargenau
bereid is om dit te doen, dan wat is die probleem? -
Rooiratel
kontak
11:13, 19 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Hello,
In the last days, I have linked about 200 af: categories in Wikidata.
About the year categories, we have the following ones:
Kategorie:Sterftes in 2630 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2609 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2580 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2570 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2503 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2500 v.C.
Kategorie:Sterftes in 3255 v.C.
Kategorie:Sterftes in 3100 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2479 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2473 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2499 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2490 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2480 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2460 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2430 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2420 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2280 v.C.
Kategorie:Sterftes in 2121 v.C.
They have no equivalent in any other language and make no sense. You cannot determine a very old death date with such precision. I would advise to deleted these categories and put the articles in more generic categories (death by century).
Best regards,
Vargenau
kontak
09:04, 20 Junie 2023 (UTC)
antwoord
I agree.
Burgert
(kontak)
15:25, 20 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Having thought about it, I agree as well. Regards.
Oesjaar
kontak
08:36, 21 Junie 2023 (UTC)
antwoord
It's done!
Vargenau
kontak
16:12, 23 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Merci pour le bon travail! Groete. --
SpesBona
21:20, 25 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Vyftienjaargemeenskap
Gemeenskap, ek kom toevallig op hierdie sjabloon af, hoe kry mens die ding om die lede te tel? Tans wys dit 0 maar daar is ten minste vyf. Groete!
Oesjaar
kontak
15:26, 21 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Mens moet die
{{vyftienjaargemeenskap}}
sjabloon op jou gebruikersblad plaas, dan sal dit daardie gebruiker by die "Vyftienjaargemeenskap"-kategorie byvoeg.
Of as jy die
{{15 Year topicon}}
sjabloon gebruik, dan sal dit daardie gebruiker by die "Lede van die vyftienjaargemeenskap"-kategorie byvoeg. -
Rooiratel
kontak
06:55, 22 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Korreksie: lyk asof altwee net gebruikers by die "Lede van die vyftienjaargemeenskap"-kategorie byvoeg. -
Rooiratel
kontak
07:03, 22 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Gefieks
Burgert
(kontak)
09:17, 22 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Freylinia brevistyla
Gemeenskap, kan iemand dalk help? Die spesie bestaan nog nie op Wikidata nie, dit is eers in 2021 beskryf. Groete!
Oesjaar
kontak
13:20, 26 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Rooiratel
kontak
13:32, 26 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie. Groete!
Oesjaar
kontak
13:35, 26 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Schazi
Gemeenskap, ek het
Gebruiker:Schazi
nou mooi gevra om verwysings by sy kort, definisie tipe artikeltjies te plaas, sonder sukses. Ek gaan hulle nou begin verwyder. Groete!
Oesjaar
kontak
12:33, 27 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Jy mag nie!
Aliwal2012
12:44, 27 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Nog Apollo 8...
Gaan die artikel ooit einde kry? Sien die sin uit die Engelse artikel:
With the computer controlling the descent by changing the attitude of the spacecraft, Apollo 8 rose briefly like a skipping stone before descending to the ocean.
Hoe sal julle dit vertaal? Ek sukkel 'n bietjie met die een... Enige hulp is welkom! Groete!
Oesjaar
kontak
14:55, 27 Junie 2023 (UTC)
antwoord
So iets dalk: "Met die rekenaar wat die daling beheer het deur die ruimtetuig se oriëntasie te verander, het Apollo 8 vir 'n kort rukkie soos 'n hoppende klip gestyg voordat dit na die oseaan afgedaal het."
Burgert
(kontak)
13:12, 28 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Merci! Groete!
Oesjaar
kontak
18:47, 28 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Hopenlik my laaste navraag oor die artikel: Hoe sal julle die subhofie
In popular culture
vertaal? Ek weet nie... Pleit ouderdom... Groete!
Oesjaar
kontak
11:40, 1 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek sukkel ook altyd daarmee. Dalk "In die moderne kultuur"? Pharos gee "volkskultuur", maar ek weet nie of dit so lekker werk nie. Anders maar "In die gewilde kultuur" of "In die massakultuur".
Burgert
(kontak)
21:13, 1 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Burgert_Behr
, Dankie! Ek kan sweer ek sukkel meer met die Amerikaanse Engels. Groete!
Oesjaar
kontak
18:10, 2 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek weet ek is dalk laat tot die gesprek, maar ek dink dit is ook moontlik om
popular culture
net eenvoudig as "populêre kultuur" of selfs "pop-kultuur" te vertaal. Groetnis!
Taalfoendi
kontak
13:17, 3 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Announcing the new Elections Committee members
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hello there,
We are glad to announce
the new members and advisors of the Elections Committee
. The
Elections Committee
assists with the design and implementation of the process to select Community- and Affiliate-Selected trustees for the Wikimedia Foundation Board of Trustees. After an open nomination process, the strongest candidates spoke with the Board and four candidates were asked to join the Elections Committee. Four other candidates were asked to participate as advisors.
Thank you to all the community members who submitted their names for consideration. We look forward to working with the Elections Committee in the near future.
On behalf of the Wikimedia Foundation Board of Trustees,
RamzyM (WMF)
17:59, 28 Junie 2023 (UTC)
antwoord
Voetnota-sjabloon beskikbaar?
'skuus tog, mense, ek wil maar net hoor of ons 'n sjabloon het wat ons kan gebruik vir voetnotas.
Gewoonlik word mens afgeraai om enige voetnotas te maak, en liewer die gedagte by die teks self te integreer, maar ek sien veral die Franse Wikipedia is ongoddelik lief daarvoor.
Nou, onlangs by Haarhoff se vertaling uit Latyn van Petronius se
Weerwolf
vind ek die sin: "Die vent maak 'n waterkring om sy klere en verander skielik in 'n wolf."
Toe ek dit lees het dit nie vir my sin gemaak nie, tot ek die Latynse teks gelees het.
Die oorspronklike Latyn lui:
At ille circumminxit vestimenta sua, et subito lupus factus est.
Circumminxit
beteken letterlik: circum-minx-it
rondom-piepie-hy
, dus: "Maar dié piepie rondom sy klere en verander skielik in 'n wolf."
'n Nederlandse vertaling gee (studeersnel.nl):
Hij plaste om zijn kledingstukken heen, en is plotseling een wolf geworden.
'n Duitse vertaling gee:
Er aber pißte einen Kreis um seine Kleider - und verwandelte sich plötzlich in einen Wolf
. (
Sammlung Tusculum
En nog een:
Aber der andere hat einen Kreis um seine Kleider gepißt, und plötzlich ist er zum Wolf geworden.
Sammlung Tusculum
'n Franse vertaling gee:
Alors il pisse autour de ses habits et d'un seul coup
[op een slag]
se transforme en loup.
'n Mens sou netsowel kon skryf: "Maar dié pie 'n sierlike kring om sy klere en verander skielik in 'n wolf."
Nou wat maak die taal so besonders? Jy't 'n klomp vrygestelde slawe (die gasheer hier is
Trimalchio
) wat skielik oornag ryk geword het en by een van sy partytjies hul nou hééltemal te buite gaan. Ons praat van voëls wat uit 'n vark se maag vlieg as dit oopgesny word. Hulle gebruik braakmiddels, want uit die oordaad kos is altyd nog om te probeer. Hulle probeer mekaar beïndruk, of hulle spog geweldig swak met hul kinders se (wan)prestasies, of hulle skinder oor ander rykes wat inhalig is en niks vir liefdadigheid doen nie (ene met hoender in die bek), probeer "in tel" en
salonfähig
lyk. Maar die lagie vernis bly maar dun. Eintlik dryf Petronius die spot met die
niveau riche
pasrykes
se enorme swak smaak en oordaad.
In die Sammlung Tusculum word self in 'n voetnota geskryf dat die klere op daardie manier (deur dié heksery of towery) beskerm moet word, anders kan jy nie in 'n mens terugverander nie.
Sien, hier is die agtergrond klaar te lank om by die storie ingeskryf te word.
Suidpunt
kontak
14:44, 3 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Sien
Sjabloon:Notas
. Ek het nou die dokumentasie geskep met 'n voorbeeld. Dit kan nog verbeter word, maar dit sal seker werk. -
Rooiratel
kontak
16:18, 3 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Vreeslik baie dankie!!
Suidpunt
kontak
19:24, 3 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Zantedeschia valida - Oesjaar was stout!
Gemeenskap, ek tans besig om die genus
Zantedeschia
se spesies te skep. Ek kon nie 'n Afrikaanse naam vir
Zantedeschia valida
kry nie toe spring
Drakensberg varkoor
uit! Het julle enige beswaar teen my vingerprobleme? Of moet dit Drakensbergse varkoor wees? Groete!
Oesjaar
kontak
16:29, 4 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Drakensbergvarkoor, sou ek sê.
Burgert
(kontak)
17:30, 4 Julie 2023 (UTC)
antwoord
As ons Drakensberg- aanvaar, dan eerder "Drakensbergse varkblom". Het sewe boeke oopgeslaan en met een uitsondering (Jo Onderstall, 1984, se "persvarkoor" vir
V. rehmannii
) vermy hulle "varkoor" vir
Zantedeschia
. "Varkoor" is volgens Smith, 1966,
Cotyledon orbiculata
, met geen alternatief, en "varkoortjies" is
Centella coriacea
. Smith gee "varkblom" of "varklelie" aan vir
Zantedeschia
, en Christo Pienaar, 1984, gee ook "aronskelk" aan. Araceae word ook aangegee as die Varkblomfamilie. Die name wat ek kon vind gee ek onder, met sterretjies waar hulle oorvleuel.
JMK
kontak
23:02, 4 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Z. aethiopica
: Aronskelk*, Varkblom, Varklelie, Varkoorlelie
Z. albomaculata
: Kleinvarkblom*
Z. angustiloba
: Geelvarkblom*
Z. melanoleuca
: Geelvarkblom*
Z. oculata
: Kleinvarkblom*
Z. pentlandii
: Geelaronskelk, Aronskelk*, Mapoglelie
Z. rehmannii
: Rooiaronskelk, Persvarkblom (Pienaar beskryf die kleur as "pienkrooi")
Z. tropicalis
: geen naam
Pniel vs Pniël
Gemeenskap, uit die artikel
Drakenstein
: ek vermoed die weergawe met die deelteken is reg, ons artikel se naam het nie 'n deelteken nie. Help asb met die regte weergawe? Groete!
Oesjaar
kontak
09:14, 5 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Pniel.
Burgert
(kontak)
10:38, 5 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Die term "resspanning"
Gemeenskap, die Afrikaanse term vir "stress", in metaalkundige konteks, is nie "stres" nie, maar "spanning" (dws belasting per eenheidsoppervlakte). (Sien Terblanche se Tegniese Woordeboek). Verder: die "oorblywende" in die term "Oorblywende (stres)" word ook nie algemeen aanvaar nie. “
Resspanning
” word meer gebruik en is meer aanvaarbaar. Dit word ook in Terblanche as een van vier opsies genoem. Eskomwoordeboek (en Terblanche) dui ook "naspanning" aan en Yskor se Staal Woordeboek "residuspanning". Hierdie termverwarring smeek om verlos te word van al die variante, en Wikipedia kan help om die Afrikaanse term te standaardiseer.
Die term "
resspanning
" is reeds sedert die middel-vyftigerjare van die vorige eeu in gebruik by UP se Ingenieursfakulteit en word sekerlik deur duisende ingenieurs gebruik. By Stellenbosch se Ingenieursfakulteit blyk dit dat die term ook daar aanvaar word, soos hieronder aangedui:
Dhansay, N.M., 2021. Fatigue crack growth rate threshold of laser powder bed Fusion Ti-6AI-4V (Doctoral dissertation, Stellenbosch University).
...Ongelukkig is die meganismes van vermoeidheidfaling wat deur die
resspanning
en mikrostruktuur veroorsaak word, nog nie goed vasgestel nie...
BOTHA, H.; MARAIS, D. and KLOPPERS, C.P.. The efficacy of the inherent strain method in determining residual stress in in 718 SLM specimens. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.3, pp.264-278. ISSN 2224-7890.
… Die simulasies het 'n geskikte voorspelling van die
resspanning
met die inkorporering van luikrotasie …
Cuperus, J.L., 2017. Effects of modelling simplifications in FEA of railway wheels (Doctoral dissertation, Stellenbosch: Stellenbosch University).
...'n hittebehandelingskedule, ontwerp om druk hoepel
resspanning
te skep in die rand van die...
Resspanning
van die nuwe wiel is bepaal deur die hitte behandeling proses te simuleer...
The effect of LPBF post-processing solutions on material properties to meet functional Ti-6Al-4V requirements
by William Motsoko Ishmael Makhetha
Dissertation presented for the degree of Doctor of Philosophy in the Faculty of Engineering at Stellenbosch University. March 2023. Stellenbosch University
… gekarakteriseer deur hoë oppervlakgrofheid, hoë
resspannings
, martensitiese mikrostruktuur, hoë porositeit en anisotropiese eienskappe.
‘n Voorbeeld uit die tegniese literatuur is die volgende:
Du Preez, S., du Plessis, J., Fourie, J., du Preez, W., & de Beer, D. (2022). Laagvervaardiging en beroepsgesondheid in Suid-Afrika: ’n Literatuurstudie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie, 41(1), 92-105. Verkry
hieruit
Resspanning
word veroorsaak deur die unieke …
Resspanning
kan verminder word deur addisionele hittebehandelings tydens die produksiefase of as postproduksiehittebehandeling …
Ek pleit dus vir die aanvaarding van die term “resspanning" as die vertaling van “residual stress”.
Schazi
kontak
14:00, 5 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek
Ondersteun
Gebruiker:Schazi
se versoek. Groete!
Oesjaar
kontak
15:47, 5 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Restantspanning
sou ek makliker lees en verstaan.
JMK
kontak
09:21, 6 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Die Nederlandse term
resterende spanning
lyk vir my aaneemlik in Afr as resspanning nie deug nie. Dit kan dalk die oorsprong van resspanning wees. Groete.
Schazi
kontak
07:30, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Is dit nie beter om maar te hou by wat in woordeboeke staan nie? Die WAT gee ook "naspanning" aan, met "residuele spanning" as sinoniem.
Burgert
(kontak)
09:00, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Of
residuspanning
soos bo in Yskor se Staalwoordeboek, "dit wat oorbly na die proses". My oog haak net vas op "resspanning", en dit vertel die leek nie wat gebeur nie.
JMK
kontak
09:21, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
'n Residu is 'n fisiese substans (bv 'n vloeistof, vaste stof of gas) wat agterbly nadat 'n proses voltooi is. Residuspanning pas nie hier nie, want die "res" waarna verwys word, is nie 'n "stukkie" van die vooraf toegepaste spanning wat agterbly nie. Die term
resterende spanning
daarenteen verwys bloot na 'n situasie wat heers nadat die spanning eers toegepas en toe verwyder is, 'n situasie wat omgekeer kan word deur 'n "spanningsverligting-uitgloeiproses".
Schazi
kontak
12:06, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Naspanning is nie korrek in die huidige konteks nie. Dit is 'n term wat in gespannebeton-ingenieurswese gebruik word. 'n Soektog op Google Scholar het 16 trefslae opgelewer, 4 in Afr en 12 in Nederlands; almal verbandhoudend met betonkonstruksie. In Terblanche self kom dit voor as "nagespanne beton" vir "post-stressed concrete". Naspanning in beton is ver verwyderd van wat bedoel word in metaalkunde. Ek is bevrees die meeste van die woordeboek-terme is nooit in die bedryf aanvaar nie. Twee Terblanche-inskrywings nl "remanente spanning" en "spanningsres" kom nie in geskrewe bronne voor nie.
Schazi
kontak
12:34, 8 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Klink of jy baie meer met die nuanses hier vertroud is as (meeste van) ons. As dit een van daai baie spesifieke situasies is waar die taal-outoriteite net 'n algemene eerder as spesifieke uitslag kan of wil waag, dink ek jy moet net voorgaan met jou oortuigde keuse en 'n nota by die betrokke artikels laat wat dit verduidelik. As "resterende" bv. 1. presies aan die nodige vereistes voldoen, 2. terwyl al die ander opsies tekort skiet, 3. al is dit 'n nuutjie, sien ek nie 'n probleem daarmee nie.
JMK
kontak
11:10, 9 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Baie dankie! Riaan Grobler van Viva het soos volg op my navraag gereageer: "Die woord "resspanning" is nie in enige Afrikaanse bron opgeneem nie, maar word in die praktyk gebruik ... grootliks in akademiese tekste." By UP word die term al vir meer as 6 dekades gebruik. "Resspanning" met "resterende spanning" in 'n verduidelikende rol vind ek 'n bevredigende en elegante oplossing!
Schazi
kontak
11:54, 9 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Crosslinking
Ek het gesoek na 'n Afrikaanse weergawe van hierdie polimeerteg-term. Ek vind beide kruisverbinding en kruiskoppeling.
Sien hier
Watter term is beter?
Jcwf
kontak
09:53, 6 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ons het ook reeds 'n bladsy
Kruiskoppeling
oor 'n ander onderwerp. -
Rooiratel
kontak
11:24, 6 Julie 2023 (UTC)
antwoord
SASOL-Terminologie (3de Uitg., 1993) het
kruisbinding
vir cross-linking.
Schazi
kontak
11:13, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie!
Jcwf
kontak
14:16, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Sjabloon vir
Kaapse Plooigordel
Gemeenskap, die slimmer as ek gebruikers: kan enige van julle dalk vir ons 'n Kaapse Plooigordel/berge sjabloon skep? Noudat
Gebruiker:AFM
die laaste van die berge geskep het nl die
Stettynsberge
dink ek dit sal waarde toevoeg. Groete!
Oesjaar
kontak
14:12, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Gedoen, met my k.. rekenaar en al.
Burgert
(kontak)
20:57, 7 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Burgert_Behr
! Waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
08:56, 10 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Egeïese eilande
Gemeenskap, enige persoon wat belangstel om
Aegean_Islands
te vertaal? Dit kom al hoe meer en meer by Flora spesies voor. Groete!
Oesjaar
kontak
09:19, 10 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Gedoen
Burgert
(kontak)
19:02, 13 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, waardeer. Ek dit ook ge-integreer! Groete!
Oesjaar
kontak
19:46, 13 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Mos
Blaarmosse
Gemeenskap, is dit dieselfde onderwerp?
Jcwf
, wil jy nie hierna loer nie asb? Groete!
Oesjaar
kontak
18:56, 10 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Sjoe... Ja en nee, daar is baie overlap. Die blaarmos-pagina het verouderde terminology.~Bv. dit sê klas "Musei", maar dit moet "Musci" wees en is baie verouder. Daar is soos die bladsy "Mos" sê drie groepe mosplante blaarmosse, lewermosse en horingblad. Die verskille is op divisie-peil (hoër as klasse!) of selfs op filum soos op
WFO plantlist
en aldrie verdien dus hulle eie bladsy. Lewermosse en horingblad het dit reeds, maar die bladsy blaarmosse is baie verwarrend. Ek dink die mos-bladsy sou oor die mosplante van die subregnum Bryobiotina moet handel en die bladsye horingblad, blaarmos, lewermos oor die fila Anthocerotophyta, Bryophyta en Marchantiophyta resp.
Hoop dit help!
Jcwf
kontak
20:01, 10 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ongelukkig stem wikispesies nie met Planlist saam oor die filum/divisie kwessie nie.
Ek dink ons moet wikispesie volg. Hoewel hulle dalk ook die indeling van Plantlist gaan adopteer.
Dis nie prakties nie omdat dit die driedeling nie duidelik maak nie. Ek gaan Plantlist volg.
Jcwf
kontak
21:05, 10 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek het begin om die bladsy mos te verander in 'n bladsy oor die subregnum. Die probleem is dat daar baie info is -dink ek- spesifiek is vir die blaarmosse en nie die ander twee groepe nie, maar dit word nie duidelik gemaak nie. Ek gaan dit almal op die blaarmosbladsy sit en probeer te integreer met wat daar al aanwesig is. Maar dis 'n bietjie 'n gamble.
Jcwf
kontak
21:45, 10 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Free Nations League
Gemeenskap, hoe sal julle die organisasienaam "
Free Nations League
" vertaal? Dis 'n vereniging van Rusland se separatistiese bewegings soos die
Oirat-Kalmikiese Volkskongres
. Aangesien ek nie 'n moedertaalspreker is nie, is ek nie seker wat die beter bewoording is nie: "Vryvolkebond"? "Bond van (die) Vrye Volke/Nasies"? Groete!
Bondeldraer
kontak
04:17, 11 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Vryenasiesbond, sou ek sê.
Burgert
(kontak)
17:22, 11 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dit klink goed, dankie!
Bondeldraer
kontak
18:18, 11 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Etnonieme wat plekname bevat
Goeiedag! Ek het nog 'n taalvraag. Hoe vertaal ons die name van sub-etniese groepe wat plekname bevat? Byvoorbeeld,
Astrakhan Kazakhs
en
Astrakhan Jews
. Moet dit wees
Astrachanse Kasakke
en
Astrachanse Jode
of
Astrachankasakke
en
Astrachanjode
? Groete!
Bondeldraer
kontak
14:00, 12 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Astrachanse, sou ek sê. Dit is altyd beter om byvoeglike naamwoorde te gebruik as jy kan om lang name te voorkom.
Burgert
(kontak)
18:12, 12 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ontmoeting met Prof.
Braam van Wyk
Gemeenskap, ek en
Gebruiker:Taalfoendi
het gister vir prof Van Wyk ontmoet om met hom te praat oor verskeie dinge wat ek nie altyd so duidelik verstaan nie, veral met die taksonomie. Ek is dankbaar dat hy ingestem het tot die vergadering en hy was 'n absolute openbaring! Die eenuur sessie het amper twee ure geduur! Eerstens: hoe sien hy ons Wiki? Hy het ons geluk gewens met die werk, soos hy sê:
Julle doen meer as van sy kollegas!
Hy het my keuse van
SANBI
en
KEW: Plants of the World Online
as databasisse ondersteun en die verskille verduidelik!
Hy het vir my en Taalfoendie 'n kopie van sy boek
Dictionary of names for southern African Trees
gestuur direk na die ontmoeting. Die boek bevat 968 bladsye en ondersteun iets soos 30 tale van Suidelike Afrika! Soos julle kan sien het Taalfoendi reeds begin werk maak van die nuwe inligting en hopenlik oor 2 tot 3 weke is ons boom spesies op 'n nuwe vlak! Enige navrae is welkom!
Prof. van Wyk beskik oor iets soos 60,000 (ja dit is reg 60,000) fotos en skyfies wat hy tans besig is om op Wikicommons te laai. Ek het hulp aangebied van die Stigting se kant af, hetsy mannekrag of finansieel. Hy gaan my later laat weet hoe ons kan help.
Hy en Taalfoendi het ook lank gepraat oor die
Afrikaanse woordelys en spelreëls
en hoe dit binne die konteks van taksonomie gebruik word. Hier kon ek maar net luister! Taalfoendi het 'n boek vol notas gemaak. Ek wens
Gebruiker:Burgert Behr
kon die sessie bywoon! Na die vergadering het ek en Taalfoendi so vinnig gepraat - sy gaan vir ons 'n dokument opstel vir gebruik vir ons gebruikers as dit by Flora kom. Sy gaan dit 'n Styl-dokument noem. Ek het haar gevra om dit saam met Burgert te doen.
Ons het nog oor baie ander dinge gesels, eerder hy het gesels en ons het geluister! Ek weet ook nou wat
Gebruiker:JMK
se naam is maar sal dit geheim hou uit respek! Ek weet nou wraggies nie wie se oë was die grootste na die tyd nie, myne of Taalfoendi s'n nie! Dit is goed om te weet hy is aan ons kant en hy het gesê hy sal help waar hy kan. Groete!
Oesjaar
kontak
18:10, 12 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dit was werklik 'n eer om met prof. Braam te kon gesels. Die woordeboek is reeds 'n reuse hulp.
Nou begin die regte harde werk aan die Stylgids!
Taalfoendi
kontak
13:18, 13 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
en
Taalfoendi
is daar dalk 'n webskakel beskikbaar na sy
Dictionary of names for Southern African Trees
(elektroniese kopie)?
Sal dit graag wil lees! Groete,
Aliwal2012
19:52, 13 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Sal uitvind! Groete!
Oesjaar
kontak
19:59, 13 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Die dokument verwys na
Cunonia capensis
as
Rooi-els
. Groete!
Oesjaar
kontak
20:02, 13 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Rutuls
Wonder hoe dit uitgespreek word. As dit "Roetoels" is kan ons dit miskien so skryf om uitspraak-verwarring te voorkom.
JMK
kontak
10:36, 14 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ja, in Russies word hierdie etnoniem/taalnaam met die "oe"-klank uitgespreek.
Nou dat ons oor die name van Dagestan se etniese groepe praat, het ek ook 'n taalvraag. Gebruik ons altyd die "s"-agtervoegsel? Is dit "Nogais", "Laks", "Dargins" of moet ons ander vorms gebruik soos byvoorbeeld "Nogaiërs" en "Lakke"? As 'n nie-moedertaalspreker het ek nog nie genoeg intuïsie nie.
Bondeldraer
kontak
12:09, 14 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dis ongelukkig iets wat 'n mens in 'n woordeboek sal moet opsoek, as jy dit kan kry. Jy kan die Nederlands as 'n rigtingwyser gebruik en dit probeer verafrikaans.
Burgert
(kontak)
15:50, 14 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek sal sê Nogais en Lakiërs.
Burgert
(kontak)
15:59, 14 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie!
Bondeldraer
kontak
18:50, 14 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Vertaling "Versterkingsmeganismes van materiale"
Dit wil voorkom of die Engelse weergawe probleme lewer met die oordra van die wiskundige formules. Miskien moet ek hierdie vertaling laat vaar.
Schazi
kontak
03:35, 17 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Jy hoef nie alles woord vir woord te vertaal nie. Jy kan dit ook net gebruik om jou eie weergawe daarmee te maak. Trouens, watter probleme is daar daai formules? Is
hierdie bladsy
dalk nuttig?
Jcwf
kontak
06:02, 17 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Schazi
Volgens my ondervinding is dit maklik or formules oor te dra. Jy moet net alles vanaf
""
vanuit die Engels uitsny en in die Afrikaans neer plak. As jy 'n paar voorbeelde wil sien, besoek maar gerus
Gebruiker:Martinvl/Sandput#Toets
Martinvl
kontak
13:26, 17 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie. Probleem opgelos,
Schazi
kontak
15:07, 17 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Die Alfabetiese boomlys en Rooi-els
Gemeenskap, ek vra dat julle asb net wag totdat ek en
Gebruiker:Taalfoendi
klaar is met bogenoemde. Ons doelwit is om die boomlys te voltooi en op gelyke vlak te bring met prof.
Braam van Wyk
se dokument. Daarna sal ons julle vra om te kyk na afwykings, verskille ens. anders gaan ek en sy net in sirkels werk. Groete!
Oesjaar
kontak
09:43, 18 Julie 2023 (UTC)
NS: En moet asb. nie dink die Engelse Wiki is op datum nie!
antwoord
Engelse wiki sal ook kennis neem van julle resultate. Alleenstaande Afrikaanse name kan maar een hoofletter behou, soos tans, terwyl jul bronlys waarskynlik kleinletters wys. Selde by Engelse name op bg. bladsy, sommige het nog drie hoofletters, wat afgeskaal kan word tot een. In sinne kan, of moet, ons wel die hoofletters weglaat.
JMK
kontak
06:19, 20 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Wiskundige terminologie
Gemeenskap, sien die artikel se besoekstatistieke:
Wiskundige terminologie
Sjoe! Groete!
Oesjaar
kontak
12:24, 19 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Beslis skoolkinders wat dit besoek. Oor die laaste drie jaar is Desember die enigste maand met min besoeke. -
Rooiratel
kontak
12:32, 19 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dit is 'n pluimpie in ons hoed! Groete!
Oesjaar
kontak
12:34, 19 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Seker. Wie die jeug het, het die toekoms. Heelparty artikels se bladtrekke vertoon daai 'skoolpatroon'. Baie bladtrekke in die week, minder in die naweek. En baie minder in skoolvakansietyd. Nogtans is wiki nie net vir skoolkinders nie, maar vir alle mense. En skoolkinders groei vinnig op en word volwasse.
Jcwf
kontak
18:19, 19 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Raffia
Gemeenskap, met julle goedkeuring: ek wil
Raffia
skuif na
Raphia
. Die rede is eenvoudig- die materiaal raffia is die Afr. vir die Eng. Raphia maar 'n genus se naam kan nie vertaal word nie. Dus Raphia bly Raphia as dit gebruik word as verwysing na 'n genus of deel van 'n spesie se naam. Groete!
Oesjaar
kontak
12:50, 19 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dis reg Oesjaar, maar dan net die genusnaam. Die materiaal/produkte bly "raffia".
Aliwal2012
14:03, 19 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Gesigsvermoë
vs
Sigvermoë
Gemeenskap, beide die artikels is direkte kopieë van Wêreldspektrum, gedoen deur Maroela Media, dus een kan geskrap word. Ek gaan vir die volgende drie dae maar skaars wees hier. Ek vra dat iemand na die twee artikels loer, 'n besluit neem, een skrap en die geskrapte artikel se aansture en skakels ooreenkomstig aanpas. Groete!
Oesjaar
kontak
05:42, 20 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Na 'n bietjie rondkrap stel ek voor dat Sigvermoë gehou word. Groete!
Oesjaar
kontak
06:08, 20 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ja, hou asseblief tog vir
Sigvermoë
. Dit is reeds aan wikidata gekoppel ens. As daar enige nuttige inhoud op
Gesigsvermoë
is, dra dit oor na
Sigvermoë
. Dan kan ons vir
Gesigsvermoë
skrap.
Rooiratel
kontak
08:01, 20 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Gedoen, toe nie so groot taak nie! Groete!
Oesjaar
kontak
17:28, 20 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Oenzerduits
'n Anonieme gebruiker hou aan om hierdie sin by die
Oenzerduits
-artikel te voeg: "In 2023 het dit die derde amptelike taal van die Manus-provinsie geword." Nadat ek sy/haar wysigings teruggerol het en oor die bron gevra het, het die gebruiker 'n skakel na 'n KI-webwerf bygevoeg wat verdag lyk. Die koerant wat daar genoem word, kan nie op Google gevind word nie en bestaan waarskynlik nie. Hierdie inligting word nie deur enige ander bron bevestig nie. Boonop lyk dit onwaarskynlik dat dit waar is: die Manus-provinsie het geen Oenzerduitssprekende bevolking nie, die kreooltaal kom van 'n ander streek, East New Britain. Ek dink dis 'n (baie ongewone) geval van vandalisme. Wat moet ons doen?
Bondeldraer
kontak
04:05, 23 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek het die artikel beskerm, sodat net gevestigde gebruikers dit kan verander. Kyk net of jy nog die artikel kan verander.
Burgert
(kontak)
10:47, 23 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Komplekse Russiese plekname
Goeienaand! Hoe moet ek die name van Rusland se rajons (distrikte) in Afrikaans spel wat op twee of meer woorde gebaseer is? Die naam Малодербетовский район kom byvoorbeeld van die rajon se setel, Malije Derbeti. Is dit Malije Derbeti-rajon of Malije-Derbeti-rajon?
Bondeldraer
kontak
16:04, 24 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Maloderbetovskij rajon?
Jcwf
kontak
17:11, 24 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Малодербетовский (
Maloderbetofski
in Afrikaanse transliterasie) is die byvoeglike vorm in Russies. Die meeste name van administratiewe eenhede gebruik byvoeglike naamwoorde in Russies, maar ons vertaal dit gewoonlik nie direk na Afrikaans nie. As Астраханская область (
Astrachanskaja oblast
Astrachan-oblast
is, glo ek ons moet dieselfde strategie gebruik vir ander distrikte.
Bondeldraer
kontak
19:07, 24 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek sal ook sê Maloderbetofski-rajon. As 'n koerant hieroor skryf, sal hulle nooit by 'n naam soos Malije Derbeti-rajon uitkom nie. Astrachan-oblast is veel makliker, want Astrachan is 'n bekende naam.
Burgert
(kontak)
20:37, 24 Julie 2023 (UTC)
antwoord
OK, dankie, dit maak sin!
Bondeldraer
kontak
21:33, 24 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Potas en kalium
Die artikel
potas
sê dat hierdie Afrikaanse woord gebruik word vir
alle
soute van kalium. Maar is dit reg? Of is dit 'n anglisisme? Die as wat in potte versamel is (ook deur die Khoisan byv.) bevat kaliumkarbonaat of kaliumhidroksied, nie so seer kaliumchloried nie. Dit is kaliloog wat gebruik kan word om vette te verseep. KCl kan dit nie. In Engels is dit almal as "bron van kalium" bymekaar gewerp, omdat die hele element
potassium
genoem word. Maar Afrikaans het 'n ander woord daarvoor: kalium. In Nederlands is KCl geen potas nie, omdat dit uit mynbou verkry word en nie van verbrande plante nie.
Jcwf
kontak
22:06, 25 Julie 2023 (UTC)
antwoord
My chemie-agtergrond is beperk maar die eerste woordeboeke wat ek oopslaan blyk potas sowel as potassium in Afrikaans te aanvaar. In 'n Afrikaans-Duitse woordeboek sien ek ook "potas, Pottasche, w." Kritzinger et al. se Verklarende Afrikaanse Woordeboek gee "potas, koolsuur-plantloogsout, kaliumkarbonaat." En: "potassium, kalium, sagte metaal met silwerige kleur." Uit skooldae onthou ek egter net kalium. Minstens taalkundig mag bg. artikel dus korrek wees, maar ek laat die chemie vir 'n kundige.
JMK
kontak
06:34, 26 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Net om nog 'n bron by te voeg vir 'n kundige om in ag te neem, want ek self is 'n leek in die chemie, is die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Volgens hierdie woordeboek verwys
potas
na
Kaliumkarbonaat, K
CO
, veral onsuiwer of natuurlike kaliumkarbonaat, wat vroeër verkry is deur hout in potte tot as te verbrand en die as uit te loog, en wat veral gebruik word b.d. vervaardiging van glas en seep, en as 'n bemestingstof.
minder korrek
) Kalium, of enigeen van verskillende verbindings wat kalium bevat, veral oplosbare verbindings soos kaliumoksied, kaliumchloried en verskillende kaliumsulfate, wat veral b.d. bereiding van kunsmis gebruik word.
Taalfoendi
kontak
09:08, 26 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dit bring my by die term: Vakkundige Woordeboeke! Hoekom dink ek daaraan... Groete!
Oesjaar
kontak
16:50, 26 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek het nog wat navorsing gedoen oor die geskiedenis en die etimologie van hierdie woord en het die saadjie doen groei. Hoop dit is beter so. Ek het ook die kalium-artikel bygewerk en gaan nog meer doen daar.
Daar was baie rooi skakeltjies wat Aliwal so haat.
Kalium het 9 bladtrekke per dag gekry en potas twee. Baie dankie almal
Oesjaar
Taalfoendi
JMK
Jcwf
kontak
04:07, 6 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Astrachan/Astrakan en Kalmikiërs/Kalmukke
oorgeskuif na
Bespreking:Astrachan
Robert Oppenheimer
Gemeenskap, met die rolprent
Oppenheimer
wat tans op almal se lippe is, is dit goed om te weet dat ons artikels oor hom,
Edward Teller
en die
Manhattan-projek
het. Dankie aan almal wat gehelp het. Groete!
Oesjaar
kontak
12:28, 26 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien 'n berig in die koerant van 'n fout in die rolprent, die Amerikaanse vlag in die rolprent het 50 sterretjies terwyl dit net 48 moes gehad het. Onthou dat elke sterretjie 'n Amerikaanse deelstaat voorstel en as ek reg onthou was Alaska en Hawaii nog nie deel van die Verenigde State in daardie tyd nie. Groete!
Oesjaar
kontak
12:24, 27 Julie 2023 (UTC)
antwoord
The Covenant
We pledge to act and interact in ways that contribute to an open,
welcoming
, diverse, inclusive, and healthy community.
(my emphasis)
Ek kan werklik nie insien hoe 'n nuwe gebruiker met 'n dreigement begroet kan word,
Oesjaar
. Dit is 'n skending van die covenant.
Jcwf
kontak
) 07:41, 27 Julie 2023 (UTC)
Jcwf
kontak
07:41, 27 Julie 2023 (UTC)
antwoord
meta
Moedertaalonderrig
Gemeenskap, sien
Moedertaalonderrig
Hier gaan ons Wikipedia definitief 'n belangrike rol speel! Groete!
Oesjaar
kontak
09:51, 28 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Vryheid van Panorama
Suid-Afrikaanse wetgewing in hierdie verband, of eerder gebrek aan wetgewing in hierdie verband, belemmer ons om sekere fotos beskikbaar te stel, en dié word gereeld versink tot tyd en wyl die argitekte of beeldhouers se sg. regte daarop verval het. Kyk bv.
SA FOP cases pending
. Miskien moet ons een of ander regskundige aanmoedig om 'n akademiese artikel daaroor te skryf, wat dan die basis vir toekomstige wetgewing kan vorm.
JMK
kontak
17:48, 30 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Discott
, van die Engelse Wikipedia en ook op die Raad van WikimediaZA, is deel van 'n publieke groep wat met die probleem worstel. Soek julle kontak details? Groete!
Oesjaar
kontak
18:11, 30 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Dankie vir die verwysing na Discott. Voorlopig sal ek egter 'n akademikus of een van sy of haar studente probeer opspoor wat die saak akademies wil aanpak, anders kan ons lank gesels sonder om enige vordering te maak.
JMK
kontak
09:15, 31 Julie 2023 (UTC)
antwoord
Oorsig van die vorige maand
Hallo almal. Ek het 'n nuwe idee wat ek wil probeer. Ek wil elke maand op die eerste dag van die maand 'n oorsig van die vorige maand hier bespreek. Laat my weet wat julle hiervan dink. Hou julle daarvan, is daar enige iets wat ek moet byvoeg/uithaal?
Lees stats
Bron
Statistiek
Vergelyk met die vorige maand
Vergelyk met die vorige jaar
Vorige 12-maande
Bladtrekke
(11 Miljoen)
4.84%
minder
11.83
minder
124 Miljoen (totaal)
Unieke toestelle
(1 Miljoen)
12.92%
minder
15.55%
meer
844000 (gemiddeld)
Top 20 bladsye
Bron/volledige lys
Rang
Naam
Wysingings
Bladtrekke
Notas
Varkgriep
18360
Gewild
sedert Mei
Carles Puigdemont
7763
Pampoentjies
7010
Gordelroos
4121
Trappe van vergelyking
3941
Skooldinge
Cleopatra VII
3915
Altyd gewild
Seks
3912
Altyd gewild
Suid-Afrika
3695
Oranjerivier
3570
10
Intensiewe vorm
3432
Skooldinge
11
Selfstandige naamwoord
3097
Skooldinge
12
Swangerskap
3073
Altyd gewild
13
Seksposisie
3072
Altyd gewild
14
Byvoeglike naamwoord
3056
Skooldinge
15
Getal
3015
Skooldinge
16
Die Real Housewives van die Wynlande
2863
Gewilde TV-reeks
17
Voornaamwoord
2605
Skooldinge
18
Aardbewing
2546
Daar was 'n
M5 aardbewing
in JHB.
19
Tropiese sikloon
2481
20
Afrikaans
2436
Bydrae stats
Bron
bron2
Statistiek
Vergelyk met die vorige maand
Vergelyk met die vorige jaar
Vorige 12-maande
Wysigings
(5000)
10.76%
meer
27.20%
minder
74000 (totaal)
Aktiewe gebruikers
(36)
7.69%
minder
7.69%
minder
37 (gemiddeld)
Nuwe bladsye
(527)
5000 (totaal)
Groete -
Rooiratel
kontak
10:48, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Altyd nodig, ek word gereeld sulke vrae gevra op radio. Gaan aan. Waar kry jy Unieke Toestel syfers vir Julie? Myne wys nul. Groete!
Oesjaar
kontak
11:20, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Sien die bron bo die tabel. As jy daai skakel gebruik het en dit 0 wys, is daar seker 'n fout. Probeer maar net weer. -
Rooiratel
kontak
11:26, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Uitstekende idee.
Burgert
(kontak)
15:21, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023
Goeie dag Wikipediane
Die direksie van WikiMedia SA deel graag met die Afrikaanse Wikipedia (AW)-gemeenskap dat die AW die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023 geloods het op Dinsdag, 25 Julie 2023. Die kompetisie het ten doel om jong skrywers te motiveer om die Afrikaanse Wikipedia met vertroue as kredietwaardige studiehulpbron te gebruik en ook om hulle oor te haal om artikels te skep. Verder is die doel van die kompetisie om die toekoms van die Afrikaanse Wikipedia te verseker.
Die kompetisie vind in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, FEDSAS en PretoriaFM plaas. Hoërskoolleerders tussen die ouderdomme van 13 en 18, met ander woorde leerders in graad 8 tot 12, moet artikels volgens die vereistes van die Afrikaanse Wikipedia skep en hier publiseer waarná die artikels beoordeel gaan word deur gekose individue.
Die organiseerders poog om die inskrywers op te lei en bewus te maak van die aard en vereistes van die AW vóór hulle begin artikels skep. Die organiseerders doen ʼn vriendelike beroep op bestaande gebruikers om hierdie jong Wikipediane op die ensiklopedie te verwelkom en aan te moedig soos hulle gewoond raak daaraan om artikels hier op die regte manier te skep. Verder versoek die organiseerders dat indien u bekommerd is oor ʼn artikel of aktiwiteite deur die deelnemers dat u asseblief vir @
Oesjaar
direk sal kontak en nie die deelnemer nie.
Dankie vir u samewerking en ondersteuning.
Vriendelike groete
Taalfoendi
kontak
17:06, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Wonderlik, is daar 'n
Programs and Events Dashboard
vir dit?
Dumbassman
kontak
17:12, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ongelukkig is daar nie op die oomblik een nie, maar u is welkom om die Afrikaanse Wikipedia se sosiale media dop te hou (Facebook: Afrikaanse Wikipedia OF Instagram: @afrikaanse_wikipedia) en om na PretoriaFM se program "Klankkoerant" te luister. Daar word gereeld inligting oor die kompetisie geplaas.
Taalfoendi
kontak
17:25, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Voorspoed.
Burgert
(kontak)
18:21, 1 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dankie aan die veterane!
Dankie aan jul veteraangebruikers wat die aanslag van vandalisme van die afgelope klompie dae suksesvol hanteer het. Ek wonder wat die vlaag vandalisme veroorsaak het? Dit laat my weereens aan die vraag dink:
Moet ons IP Gebruikers verban
want die meeste vandalisme is deur dié gebruikers veroorsaak. Ons kon 'n paar ordentlike artikels geskep het met die energie wat vermors is op die persone om regstellings ens. en versperrings te doen. Groete!
Oesjaar
kontak
18:36, 3 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, ek beaam jou. Wat nogal skokkend is, is die blatante skendings op ons wiki met vulgêre taal daarin. Dis om van naar te word!!
Aliwal2012
18:59, 3 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Skoolkinders is so deesdae en hul onderwysers kla ook. Geen respek en het nou van vakansie teruggekeer. 'n Anonieme gebruiker het darem 'n paar foutjies by Alfred Brendel gekorrigeer. Ons kort 'n bot wat sekere Afrikaanse woorde herken en terugrol.
JMK
kontak
19:07, 3 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
> Ons kort 'n bot wat sekere Afrikaanse woorde herken en terugrol.
Ek stem saam. Daar is reeds so ding wat ons kan probeer. Dit is baie meer gesofistikeerd as om net 'n paar wysigings met slegte woorde terug te rol. Lees asb. hier
Ander wiki's gebruik dit vir 'n lang tyd en dit werk baie goed.
Ons sal moet aansoek doen vir ondersteuning vir ons wiki:
Ek is nog steeds sterk teen die blokkering van IP Gebruikers. -
Rooiratel
kontak
07:28, 4 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek is vir die blokkering van IP-gebruikers.
Burgert
(kontak)
10:02, 4 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ons het reeds 61 IP-adresse en gebruikers versper in Augustus en daar is nog nege dae in die maand oor! Ai!
Oesjaar
kontak
13:20, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Paradysvoël
Gemeenskap, ek sien in bogenoemde artikel word die woord
balts
deur
Wêreldspektrum
gebruik. Ek ken nie die woord nie, ken julle dit? Groete!
Oesjaar
kontak
16:12, 6 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Germanisme vir hofmakery, pronkery of pralery, vgl.
balzen
. Ek raai die WAT sal finale uitslag gee.
JMK
kontak
17:14, 6 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Volgens WAT:
balts
s.nw. Die eienaardige vertonings, soos dans, vliegtoere, veg van kemphane, ens. wat baie voëls in die paartyd maak.
Die gebruik van die woord is dus korrek.
Taalfoendi
kontak
08:38, 7 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
My geskenk aan Vrouedag!
Gemeenskap, my geskenk aan julle vir Vrouedag: die artikel
Louisa Bolus
het nou 800 skakels na haar naam! Groete!
Oesjaar
kontak
19:03, 9 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
...en nou is dit 900 skakels! Groete!
Oesjaar
kontak
19:17, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Uraanverryking
Gemeenskap, ek sien die woord
geëkstraheer
in die artikel. Behalwe die verkeerde spelling, is dit die korrekte woord? Wat van onttrekking? Groete!
Oesjaar
kontak
07:05, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek het SABINET gebruik om dit te soek en 'n twintigtal publikasies gevind. Sitaat "Die hoeveelheid koper geëkstraheer deur vyf verskillende middels is met die Cu-gehalte van die wortels en blare van sitrusbome gekorreleer..."
R. Du T. Du Plessis, S.F. & Burger (1972).
"Die bepaling van die koperstatus van sitrusboordgronde"
AgrochemophysicaVol. 4, No. 3
Maar ek het niks teen "onttrek" nie.
Jcwf
kontak
07:15, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, ek het gedink aan
Ekstrateer
vir een of ander rede.
Ekstraheer
kom voor in die
HAT
! Dit sê:
'n Aftreksel maak
Groete!
Oesjaar
kontak
07:23, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Vertaal van "Executive car"
Dagsê gemeenskap! Ek ondervind nou al 'n paar jaar 'n probleem om hierdie te vertaal:
Executive saloon
(dis vir motorkarre soos 'n Audi 500 of Mercedes C-klas).
Die Google-masjienvertaler gooi dit uit as 'n "uitvoerende salon", dis baie rou!
Enige voorstelle? --
Aliwal2012
12:32, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Toe luuksemotor? Luuksesedan? 'n
Saloon
is 'n toe motor.
Burgert
(kontak)
13:41, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert!
Aliwal2012
14:17, 17 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Sobaka en
BRICS
Ons sê sterkte aan
Gebruiker:Sobaka
wat vir die volgende 10 dae die BRICS vergadering bywoon; elke dag van 09:00 tot 22:00! Sterkte broer!
Oesjaar
kontak
06:47, 18 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Taalvraag
Wat is die byvoeglike naamwoordvorm van
Bangladesj
? –
K175
skil 'n appeltjie
17:02, 19 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
"Bangladesjiese", en die inwoner is 'n "Bangladesjer" of "Bangladesji".
JMK
kontak
20:48, 19 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
JMK
Dankie! –
K175
skil 'n appeltjie
22:12, 19 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Kernsplitsing, kernsplyting of kernklowing...
Gemeenskap, al drie bogenoemde terme word gebruik om dieselfde ding te bespreek. Watter een is die mees korrekte? Groete!
Oesjaar
kontak
11:50, 20 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Weet nie of daar 'n meer korrekte een in kernfisika is nie. Maar die werkwoorde is "splits", "splyt", ens. Split is 'n drankmengsel. En splytbom is 'n atoombom, kernbom, ens. Die teenoorgestelde is kernsmelting of -saamsmelting, -versmelting, -fusie. "Kerndeling" word ook in biologie gevind, en verwante woorde is dan amitose, kariokinese, kariomitose, meiose, mitose, reduksiedeling, seldeling.
JMK
kontak
16:13, 20 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
kern'splitsing
s.nw.
kernfisika
) Kernsplyting:
Deur krag uit kernsplitsing te verkry, soos dit tans die geval is met die enkele atoomkragsentrales wat reeds opgerig is, word 'n byna onbeheerbare probleem geskep deur gevaarlike en onhanteerbare radioaktiewe afvalprodukte
(Tegniek).
Ternêre (driedelige, drievoudige) kernsplitsing
, kern-in-drie-splitsing.
chemie
) Splitsing, verdeling van 'n kern of ring(struktuur), bv. wanneer naftaleen sterk geoksideer en ftaalsuur gevorm word.
Vgl.
KERN, 1 b x β
biologie
) Direkte kerndeling — sien onder
KERNDELING, 1
kernsplitsingsproses
Taalfoendi
kontak
10:14, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Maanwentelprogram
Gemeenskap, uit bogenoemde: moet ek
Astrogeology Research Program
en
US Geological Survey
vertaal? Of dit in skuinsdruk los? Groete!
Oesjaar
kontak
05:41, 21 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Die navorsingsprogram in
astrogeologie
van die
US Geological Survey
Jcwf
kontak
05:58, 21 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek dink dit mag dalk van waarde wees om beide die oorspronklike naam in Engels in skuinsdruk te behou, sowel as om vertalings daarvoor tussen hakkies te voorsien.
Taalfoendi
kontak
09:21, 23 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Pressure vesel
Enige gedagtes oor die beste Afrikaanse vertaling? Groete!
Oesjaar
kontak
11:48, 21 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Google-vertaler sê "drukhouer".
Aliwal2012
12:10, 21 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Artikelbeskrywings
Ek weet nie wie om te bedank nie, maar ek vermoed iemand hier. Ek merk op dat die artikelbeskrywings (Wikidata-beskrywings) op die Wikipedia-app aansienlik verbeter het. Ek dink nie alle gebruikers weet dat hulle op hierdie manier kan bydra nie. Mooi aand
Dumbassman
kontak
16:55, 21 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Wikimania 2023 en idees vir die Afrikaanse Wikipedia
Hier is 'n foto van my (lang rooikop), Ingrid en natuurlik, Jimmy Wales wat by die Wikimania 2023-konferensie in
Singapoer
geneem is.
Hallo almal, ek het verlede week die Wikimania 2023-konferensie in Singapoer bygewoon nadat ek een van die Wikimedia ZA reisbeurse vir die konferensie ontvang het. Dit was 'n ongelooflike ervaring en ek het Wikimediane van regoor die wêreld ontmoet en ek en Ingrid het 'n foto saam met
Jimmy Wales
geneem. Ek was natuurlik een van die jongste deelnemers en Jimmy was baie beïndruk om te hoor dat ek Wikipedia op die ouderdom van 12 begin wysig het.
Ek het talle werkswinkels en praatjies bygewoon en 'n paar idees van ander Wikipediane gekry wat ons moontlik hier op die Afrikaanse Wikipedia kan toepas:
1. Bydraers op die Bashkir Wikipedia ontvang sertifikate en selfs medaljes vir hul bydraes, terwyl die gebruikers op die Oekraïnse Wikipedia ontvang 'n blikkie kondensmelk vir hul harde werk. Miskien kan ons ook sertfikate en medaljes (en kondensmelk) vir ons super produktiewe gebruikers stuur?
2. Die
WikiProject Medicine
op die Engelse Wikipedia het 'n
translation dashboard
(sien hierdie
skakel
) wat ons kan gebruik om alle mediese verwante artikels wat ons tans hier op die Afrikaanse Wikipedia ontbreek, te skep. Volgens die
dashboard
is daar tans meer as 2,600+ mediese verwante artikels wat op die Afrikaanse Wikipedia ontbreek.
3. Douglas
Discott
en twee ander Wikimediane het 'n praatjie oor foto's wat onder ND en NC lisensies gelisensieer is, aangebied. Tans kan sulke foto's nie op Wikimedia Commons opgelaai word nie en dit is 'n jammerte omdat meeste foto's oor Suid-Afrikaanse regeringsamptenare en politici is onder NC en ND lisensies gelisensieer. Douglas het wel genoem dat as 'n bespreking en stemming hier op die Geselshoekie gehou word en meeste mense ten gunste is om foto's wat ND en NC lisensies het, te gebruik, kan ons vir die
Foundation
dwing om vir ons toe te laat om daardie foto's te gebruik.
Groete, Jan-Hendrik.
Lefcentreright
kontak
11:01, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Kan ek jou daaraan herinner dat jy jou gebruikerblad hier op die Afrikaanse Wikipedia skoongemaak het en vra dat ons jou op die Engelse blad moet kontak.
Oesjaar
kontak
12:12, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Wat het dit met die prys van eiers te doen,
Oesjaar
? Ek het my gebruikersblad skoongemaak want ek was ongelukkig met hoe dit gelyk het en ek kry nie boodskappe van ander Wikimedia projekte nie, so as jy my in die hande wil kry, is die Engelse Wikipedia die beste keuse.
Lefcentreright
kontak
12:29, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ontmoeting met prof. Wannie Carstens
Gemeenskap, neem kennis dat ek vanoggend 'n ontmoeting met prof.
Wannie Carstens
gehad het waar ons twee sake bespreek het: hoe om afgetrede academici betrokke te kry by ons Wikipedia en ons tekort aan Vakkundige woordeboeke.
Insake die eerste item het prof Carstens onderneem om met die klomp academici te skakel, hy het ook gevra dat ons 'n Afrikaanse Wikipedia- strategiedag reël. Hy is tans op pad na België en Nederland en het onderneem om met die HUB van die Nederlandse Wikipedia, Sandra Rientjes, te skakel. Soos hy sê: in Nederland ondersteun al die academici hulle Wikipedia.
Hy besef dat ons 'n oplossing moet vind vir die tekort van Vakkundige Woordeboeke. Oplossing, tyd sal leer...
Ons het ook kortliks gepraat oor die digitaliseringprojek as deel van die Afrikaans 100-jaarfees beplan vir 2024. As ek meer nuus hier het sal ek julle laat weet.
Groete!
Oesjaar
kontak
12:53, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Geselsie oor gebruik van Kabouterbot
of nie
Ek sit juis en dink die Afrikaanse Wikipedia kort meer dekking van onderwerpe in verband met Namibië. Ek speel nou bietjie rond met ChatGPT en dink dit kan gebruik word om vinnig inhoud hier by te voeg. Maar 'n mens wil ook nie te vinnig werk nie, want alles moet geproeflees word en in wiki-sintaksis geplaas word. Dit lol ook met verwysings oordra. Dalk kan ek of
Gebruiker:Rooiratel
'n program skryf wat die hele proses behartig. –
K175
skil 'n appeltjie
17:35, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Yes! Jou bot wat baie sponse en akteurs geskep het, kan sy nie weer loop nie? Ons stagneer op die ranglys teenoor ander wiki's
Aliwal2012
17:44, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Aliwal2012
, ja, dit kan. Ek kan dit selfs weer oor die sponse en akteurs laat loop. Ek dink nie daar was baie sponsartikels oor om te skep nie, maar daar is dalk nog wel baie akteurs waarvoor ons nog nie artikels het nie. Dit sal nie baie moeite wees om weer artikels oor daardie onderwerpe te begin genereer nie. –
K175
skil 'n appeltjie
17:53, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, wat van lughawens en lugrederye, ek is nou besig daarmee, maar dis tydrowend. Jy kan net die intro doen, dan sit ek later vleis by?
Aliwal2012
18:12, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek vra net dat K175 sy bot nagaan, Rooiratel het die naweek 'n klomp sponse oorgedoen wat se taksonomie verkeerd was. Ook, die akteurs het nie bronne nie. Die probleem van ChatGPT is dat dit Wikipedia as verwysing gebruik, het juis met Rooiratel daaroor gepraat (ek het lang artikel daaroor). My laaste opmerking en dit is my mening: indien ons artikel telling opskiet na bv 300,000 met 'n diepte van 10 (tans is dit 41) - wat het ons nou eintlik bereik? Bewys ons kan 'n bot gebruik? Ek vra maar net. Dit is 'n gemeenskapsbesluit om 'n bot te gebruik, nie 'n enkeling s'n nie.
Oesjaar
kontak
18:26, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Oesjaar
is dit moontlik dat die taksonomieë by die bron verkeerd was toe die artikels geskep is? Hoe dit ookal sy, ons sit nou met hordes saadjies oor sponse, terwyl ons geen artikel sonder 'n bot sou gehad het nie. Dit is 'n goeie ding. Wat ChatGPT betref: ek stel voor om dit as vertaler te gebruik, en nie as 'n skrywer van oorspronklike artikels nie. Ek het reeds oorspronklike artikels met dit probeer skryf en die probleem is erger as net dat dit Wikipedia as verwysing gebruik. Dit maak ook feite op. Dit is dus buite die kwessie om dit as artikelskrywer te gebruik, maar as vertaler werk dit redelik goed. Wat ons sal bereik met 'n artikeltelling van 300k: 'n voorsprong op inhoudvlak wat vir redakteurs 'n wegspringplek gee om verdere inhoud by te voeg. Die doel van outomaties gegenereerde artikels is nie om voltooide artikels te plaas wat nooit weer gewysig hoef te word nie. Dit is juis die teenoorgestelde en dit gee vir redakteurs inhoud om mee te werk. Kyk hoe baie wysigings het ons nou al met die akteurartikels uitgelok. Hoeveel datumbladsye is sedertdien bygewerk om na die akteurs te skakel? In my opinie is dit alles 'n goeie ding. Maar soos jy sê, dit is 'n gemeenskapsbesluit, en as die gemeenskap daarteen besluit, dan sal ek nie my robot loop nie. Ek dink so 'n besluit sou egter kortsigtig wees. Myns insiens moet ons robotte aan die werk sit en as hulle droogmaak kan ons nog 'n robot aan die werk sit om betrokke artikels en/of wysigings te skrap. Ek dink nie ons verloor enigiets met die robotte nie. Ons maak dalk net 'n paar bydraers gespanne met die oorweldigende aantal wysigings. –
K175
skil 'n appeltjie
18:40, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek stem saam met @
K175
oor die saadjies. Die doel is nie om voorblad status, of reeds goeie artikels te skep met 'n bot nie. Dit skep net die raamwerk vir mense om later te verbeter, en spaar hulle tyd en moeite. Sien byvoorbeeld al die spesie artikels. Duisende is met 'n bot geskep, en daar is nog baie wysigings daarna op die artikels.
Ek sou voorstel dat as @
K175
nog botartikels wil skep, dan sal films 'n goeie keuse wees. Ons kan dan al die akteurartikels aan die filmartikels skakel en vise versa. -
Rooiratel
kontak
19:11, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Inhoud is hoogte maal lengte maal breedte. Oftewel in wikiterme:
breedte=meer saadjies
lengte=hoeveel daaroor gesê word
hoogte=skakels, verwysings, kategorieë, goeie taal, prentjies wat verduidelik, inligtingskassies, logiese verhale.
Jy kan aan een dimensie werk maar dit gee 'n inhoud van nul as die ander dimensies nul bly.
Jcwf
kontak
19:43, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Nota: lees gerus ook die 2018-argief by
"Masjienvertaling van saadjies"
--
Aliwal2012
23:52, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Die wikibilioteek
As gereelde gebruikers van Wikipedia het ons toegang tot die
wikibiblioteek
. Hoe is julle ervarings daarmee?
Myne is sowel positief as negatief
Positief
Dit verskaf toegang tot heelparty vakliteratuur en jy kan daarmee soek na inligtings en verwysings oor 'n artikel wat jy wil uitbrei of skryf. Jy kan bv.
Delosperma
in die soekmasjien van Sabinet sit en kyk of oor hierdie genus nog publikasies verskyn het. Dikwels kan jy die oorsrponkelike artikel of boekhoofstuk lees en daaruit inligtings verkry wat jy in die artikel kan verwerk. Vir die meeste publikasies is daar 'n "cite"-knoppie êrens op die blad waarmee jy maklik 'n verwysing kan vervaardig.
Negatief
Daar is heelparty uitgewers wat meedoen in die biblioteek maar dit is dikwels 'n raaisel om die juiste uitgewer te vind. Sabinet gee bv. veral publikasies vanen oor Suid-Afrika (en die res van Afrika). Wiley het baie kristallografiese info. Maar dikwels moet jy gewoon probeer. Die siteerknoppies is ook almal anders. 'n Ander probleem is serendipies. Jy sien dikwels goeters wat vir 'n ander artikel nuttig kan wees as waaraan jy werk. Dit kan jou aflei.
Watter inligting jy gaan vind is 'n avontuur. Soms soek jy 'n uur en die oes in een sinnetjie. Soms is dit 'n stortvloed.
Soms word jy outomaties afgemeld vir die biblioteek. Maar op wiki is jy nog ingelog. Ek weet steeds nie goed hoe dit werk nie.
Jcwf
kontak
20:24, 22 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Beste
Jcwf
Vir enigiemand wat bietjie van tale hou, is dit absoluut positief, POSITIEF,
POSITIEF
, veral
De Gruyter
en
Oxford
(of,
Ossevoort
, as die Hollanders van die eiland 'n kolonie gemaak het) en
Cambridge
(of
Cambrug
) gee vir my van die allernuutste tekste oor Latyn. Ek sou nooit in my lewe Latin Syntax I en II deur Harm Pinkster by Oxford University Press kon bekostig het nie. Die
Tusculum Sammlung
bied bykans elke liewe vertaling van Latynse tekste wat ek nodig het.
Dit neem wel tyd om alles enetjie vir enetjie, dikwels hoofstuk vir hoofstuk af te laai.
Een boek oor Goties (
The Oxford Gothic Grammar
), wat ek Sondag afgelaai het by Oxford University Press, sou my R2 030,01 gekos het, boonop as e-boek by Google Books. 'n Gemiddelde roman in Suid-Afrika kos enigiets tussen R279 en R395 stuk (kortom: selfs dit is duur, want 'n brood kos R13,99 tot R17,99+). Verder is daar
The Oxford Handbook of Chinese Linguistics
- genoeg om my nuuskierigheid oor die bakermat van die Austronesiese tale (Malagassies, Maleis, Hawaiies, ens.) te bevredig - jip, in Taiwan van alle plekke.
En as mens net op 'n dag met Hindi op Duolingo begin en wonder - waarom is Hindi tog so vervuil met Persiese en Arabiese woorde? Dan kry jy die antwoord:
India in the Persianate Age
(1000 - 1765) - De Gruyter. Wil jy nou meer, dis in 2019 gepubliseer.
Meer nog - by Cambridge is daar selfs 'n vertaling beskikbaar van Thomas Molofo se
Chaka
, in Afrikaans, deur Chris Swanepoel, uit Sesotho (her)vertaal. Daar is ook 'n Zoeloe-Engels-woordeboek deur Vilikazi en kie.
As mens lus het om uit te vind waarom die naam
Nama
bo
Khoekhoegowab
verkies is, is daar
Nama als Sprachbenennung in der Koloniallinguistik Deutsch-Südwestafrikas: zwischen Endonym und Exonym
Kortom: al daardie tale wat u op skool geleer het in Holland - uiteindelik kry dit nut!
Omdat mens ook jou siel met 'n handtekening aan Google verpand, begin dié blikbrein later resultate sommer vir jou soek, want hy ken jou tog beter as jou eie moeder. Jy ken later ook die ".wikipedialibrary.idm.oclc.org/" wat tussen alles ingevoeg moet wees. En mens raak later oulik waar die hond jou gebyt het.
Suidpunt
kontak
08:05, 23 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Prof. Braam van Wyk
Gemeenskap, prof . Braam het bevestig dat hy sopas foto's van die genera
Tricalysia
en
Empogona
gelaai het. Groete!
Oesjaar
kontak
17:16, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dobbelhuise in eksterne skakels
Gemeenskap, asof ons nie genoeg probleme het met vandalisme nie sien ek ook 'n toename onder andere dobbelhuis skakels wat by Eksterne Skakels gelas word asook tussen bestaande verwysings met mooi titels - totdat jy op dit kliek! Die meeste word gedoen deur, julle het reg geraai - IP adres gebruikers. Hou maar julle oë oop en die vinger op die "terugrolknoppie"! Groete!
Oesjaar
kontak
09:09, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Inwonernaam van Ivoorkus
Wat is die inwonernaam van Ivoorkus? –
K175
skil 'n appeltjie
12:23, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ivooriaan, soos Samaritaan. (Terloops, vir 'n Peru-inwoner gee die outovertaler Peruaan aan.)
Aliwal2012
13:33, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, ek het ook gewonder! Groete!
Oesjaar
kontak
13:59, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Pasop net vir die gebruik by
Australië
-- dis nie 'n
Australiaanse motor
nie, maar wel 'n
Australiese motor
Aliwal2012
14:37, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Bedankt. En wat van Siprus? Jammer, ek het nie my AWS byderhand nie. –
K175
skil 'n appeltjie
15:09, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dis Siprioot
;)
Aliwal2012
15:29, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Debat oor Afrikaanse sorteerprotokol
Oorgedra van (Your changes are wrong) op
Gebruikerbespreking:Dutchy45
deur Aliwal2012
Dutchy45
, can you please reverse al these default sort changes that you have made as they are wrong. The Afrikaans grammer rules differ from Nederlands and Flemish. It is urgent.
Oesjaar
kontak
05:18, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Hello @
Oesjaar
African grammar rules do not apply here since we are talking about Dutch people. I've had this exact same conversation on other Wikimedia language projects. As you can see
here
in the 2nd paragraph and
here
, the English language WP knows this and has devoted space to exactly how Dutch names should be alphabaticed. Ofcourse I understand that the Afrikaans WP has not since it's a lot smaller. A lot of Dutch names with prepositions on the Afrikaans WP were already correctly alphabaticed so there are editors active who already knew this. I am just correcting the ones that were not.
Regards,
Dutchy45
kontak
05:46, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Editing to add that I will not continue defaultsorting till this is resolved/you are satisfied.
Dutchy45
kontak
06:16, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
I appreciate that. I have referred this to an Afrikaans/Nederlands specialist and will get back to you once I have an answer. For the record, your use of the word African is wrong, we are Afrikaans and there is a huge difference as Afrikaans have nothing in common with African languages except for a couple of borrowed words. We can only relate to the Nederlands and Flemish langauges. We are indeed in a interesting situation down here in Africa. My one dream still is to build a better relationship with the Flemish/Nederlands Wikipedia communities. Groete.
Oesjaar
kontak
06:28, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ah yes, I already know that (the African/Afrikaans thing). One can't live for over a year in SA without figuring that out. No rush with an answer. Let's get this right while not watching the clock. 1 more thing about this that I've thought of: I got these names from categories of Dutch people. I did not check if some of them had become South-African after immigrating. They might have been categorised wrong. Or there might be some dual nationality thing going on. And I have no idea what the rules are then.
Groete,
Dutchy45
kontak
07:01, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek kan my nie uitlaat oor wat die regte manier is nie, maar die HAT se Taal- en Feitegids gebruik die vorm "Van Gogh, Theo" en "Van Rensburg, Brümilda".
Burgert
(kontak)
08:20, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Greetings @
Burgert Behr
FYI,
The issue is not about Brümilda van Rensburg. She is South-African and the discussion Oesjaar and I have been having is about correctly categorising Dutch people's names. I don't know the language guide book you're referencing but I actually don't believe it matters. IMO, this is about how WP sorts Dutch people's names, not how different languages sort those names. With respect to
Taalfoendi
(I've looked at her userpage and she very much seems like a expert), I don't believe she can be off much help here. I am curious about what she has to say though. So I'm pinging her here
Taalfoendi
Regards,
Dutchy45
kontak
12:13, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
If you continue with this attitude this discussion is over.
Oesjaar
kontak
12:21, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek kon via
Gebruiker:Taalfoendi
met prof. Nerina Bosman van UP daaroor praat. Nou moet ons net wag... Groete!
Oesjaar
kontak
09:13, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Good afternoon, everyone
I have talked to prof. Bosman and, interestingly enough, this was also a heated debate under the editors of the journal
Internationale Neerlandistiek
. After consideration these editors decided that ONE convention would be followed and, again interestingly enough, they chose the Afrikaans convention. Thus, prof. Bosman and I both agree that the Afrikaans way of sorting the surnames should be the convention on Afrikaanse Wikipedia. Kind regards!
Taalfoendi
kontak
15:01, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Thank you
Taalfoendi
Dutchy45
this was an interesting exercise. We have been fair, can you kindly please reverse your changes now. Groete!
Oesjaar
kontak
17:12, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ek het op VivA se Taalwerkersforum gevra, en die antwoord is eenparig - "Van Rensburg, Brümilda", ens. En
Dutchy45
, dit gaan oor eenvormigheid, dus hoe dit in Afrikaans geskryf word, nie uit watter taal die van kom nie.
Burgert
(kontak)
20:55, 25 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Moet ons ook die Afrikaanse kapitalisering van vanne met "van" en "de" vir nie-Afrikaanssprekendes gebruik? Sien bv.
Kategorie:Belgiese boogskutters
. Van die vanne begin met hoofletters, wat vreemd vir 'n Afrikaanssprekende leser sal lyk, al is dit moontlik korrek in Vlaams of Nederlands. –
K175
skil 'n appeltjie
12:00, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Ja ons moet want dit is die Afrikaanse manier. Hierdie klompie lyk reg behalwe dat sommige kleinletters en ander hoofletters is. Groete.
Oesjaar
kontak
12:52, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Oesjaar
Burgert Behr
Taalfoendi
JMK
, en
Suidpunt
stem julle saam? –
K175
skil 'n appeltjie
12:57, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Kleinletters.
Burgert
(kontak)
13:23, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Hallo daar! Ek het 10 van die Belgiese boogskutters solank omgeskakel.
Aliwal2012
13:31, 26 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Die kleinletters geld nie vir defaultsort nie, want daar is geen naam of voorletter vooraan die van nie. Jammer as ek die verkeerde indruk gewek het. Al die vanne sal dan ook volgens hoofletters gekategoriseer word.
Burgert
(kontak)
13:10, 27 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Die
Kategorie:Belgiese boogskutters
is reg soos dit nou is.
Burgert
(kontak)
13:17, 27 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
My naam is genoem. Maak soos dit julle goed dink. Persoonlik sal ek steeds in 'n brief aan
Ilse De Vis
met 'n hoofletter skryf, soos dit op haar Belgiese ID-kaart staan, en die lekkerte is dat mens met die eerste oogopslag dadelik sien sy is 'n gebore Belg. In Nederland sou haar van met 'n kleinletter "de" gewees het, d.i. "Ilse de Vis", maar soos ons sien op die Nederlandse Wikipedia is dit nie die geval nie, want hulle is meer oopkop as dit. As dit oombliklik verander moet word volgens die Afrikaanse Wikireëls, doe so voort. Oor 20 jaar verander die reëls tog weer om inklusiwiteit en sensitiwiteit te bevorder sodra hulle eendag verby die Boereworsgordyn kyk.
Suidpunt
kontak
19:04, 27 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar ly aan Maandagoggend skok...
Gemeenskap, wat is die korrekte vertaling van:
Earth landing system
? Groete!
Oesjaar
kontak
08:58, 28 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Apollo-beheer en diensmodule
het aardlandingstelsel.
Frank
kontak
12:25, 28 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Review the Charter for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hello all,
I am pleased to share the next step in the
Universal Code of Conduct
work. The
Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) draft charter
is now ready for your review.
The
Enforcement Guidelines
require a
Building Committee
form to draft a charter that outlines procedures and details for a global committee to be called the
Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C)
. Over the past few months, the U4C Building Committee worked together as a group to discuss and draft the U4C charter. The U4C Building Committee welcomes feedback about the draft charter now through 22 September 2023. After that date, the U4C Building Committee will revise the charter as needed and a community vote will open shortly afterward.
Join the conversation during the
conversation hours
or on
Meta-wiki
Best,
RamzyM (WMF)
, on behalf of the U4C Building Committee,
15:35, 28 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
RamzyM (WMF)
, Couldn't this have been finalised at the Singapore Wikimania two weeks ago? I have lost interest in this document. We have had a record number of vandalism issues of users using IP-address this past month with virtually nothing to stop them - accept hard word to revert it or block them.
Oesjaar
kontak
16:23, 28 Augustus 2023 (UTC)
antwoord
Krieket
As hier nou nog EEN krieketartikel op die voorblad kom, verlaat ek hierdie Wikipedia.
Burgert
(kontak)
08:09, 4 September 2023 (UTC)
antwoord
Gelukkig sien ek die pad vorentoe is skoon! Enige kans dat jy iets oor
Romulus Augustus
kan skep, 'n rooi skakel op op Tuisblad vandag. Groete!
Oesjaar
kontak
08:14, 4 September 2023 (UTC)
antwoord
Hi Burgert, ek het Emirate krieketspan probeer afkeur, sonder sukses! Sien
Gebruikerbespreking:Aliwal2012#"Mislukte_kandidatuur"
Aliwal2012
09:34, 4 September 2023 (UTC)
antwoord
Ek het gesien, dankie. Ons kyk maar wat vorentoe gebeur.
Burgert
(kontak)
09:37, 4 September 2023 (UTC)
antwoord
Essen
Daar is 'n stad met hierdie naam in Duitsland, maar ook 'n dorp in België amper op die grens met Nederland. Ek het 'n dubbelsinnigheidsbladsy geskep en
Hubert Lampo
na die Belgiese dorp laat verwys. Maar
Francis Notenboom
is 'n probleem. Hy sal dalk ook van die Belgiese dorp kom, maar die databoks maak daar Duitsland van. Weet iemand hoe om dit te wysig?
Jcwf
kontak
17:04, 10 September 2023 (UTC)
antwoord
Jcwf
die data is afkomstig van
Wikidata
. 'n Mens kan dit daar wysig indien dit daadwerklik verkeerd is. –
K175
skil 'n appeltjie
17:12, 10 September 2023 (UTC)
antwoord
Die fout het van en.wiki gekom. Ek het dit daar reggemaak, maar ek weet nie of dit genoeg is nie. Wikidata verwys na en.wiki, maar ek weet nie hoe dit werk nie
Jcwf
kontak
18:30, 10 September 2023 (UTC)
antwoord
Jcwf
Ek dink ek het dit nou reggemaak. –
K175
skil 'n appeltjie
18:46, 10 September 2023 (UTC)
antwoord
Apollo-beheer en diensmodule
: luike
Gemeenskap, in die subhoofstuk oor luike praat hulle van "The unified crew hatch (UCH) measured..." Wat sal die woord unified beteken? My grys stof sukkel met die een. Groete!
Oesjaar
kontak
20:17, 11 September 2023 (UTC)
antwoord
Dit sal dalk verwys na die meganisme wat 15 afsluitings saam bedien het, maar en.wiki is nie duidelik daaroor nie. Ek dink dat 'n mens dit net as 'n naam kan behandel. "Die UCH (
unified crew hatch
) is bla bla." As jy werklik wil weet het NASA daaroor dalk meer inligtings, maar is dit nodig vir hierdie bladsy?
Jcwf
kontak
20:50, 11 September 2023 (UTC)
antwoord
Los uit.
Burgert
(kontak)
18:59, 12 September 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar buite aksie...
Ek vlieg môre na die DRK vir besigheid, sien julle eers weer op 23 Sep. Ek weet nie hoe lyk die
Wi-Fi
daar in die hotelle nie. Groete!
Oesjaar
kontak
20:15, 12 September 2023 (UTC)
antwoord
Bon voyage et bonne chance là.
Jcwf
kontak
20:42, 12 September 2023 (UTC)
antwoord
Groete uit
Kolwezi
Ek is terug. Om deur enige stad in die DRK te ry is nagmerrie op sigself. Sjoe! Ek het 'n paar gebede opgesê! Groete!
Oesjaar
kontak
17:37, 22 September 2023 (UTC)
antwoord
Welkom terug in die
States
Oesjaar! Bly jy is veilig. --
Aliwal2012
08:03, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Radiopraatjies as bronne
Ek sien
Gebruiker:AFM
plaas nou radiopraatjies as bronne by 'n klomp artikels. Dit is nie 'n aanvaarbare bron nie vir die eenvoudige rede dat dit nie nagegeaan kan word nie - wat enige gebruiker se reg is. Ek vra dat hy hierdie praktyk staak. Groete!
Oesjaar
kontak
19:14, 16 September 2023 (UTC)
antwoord
Ek stem saam. Dit is nie 'n bron nie, tensy daar 'n opname is waarna ons kan luister. -
Rooiratel
kontak
01:54, 17 September 2023 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Wikipedia: die pad vorentoe...
Gemeenskap, ek is nou al amper tien jaar betrokke op die WikimediaZA Raad as 'n Direkteur. WikimediaZA is 'n geregistreerde Niewinsgewende Organisasie (NWO), dus 'n regspersoon. Daar is agt Direkteure volgens die grondwet op die raad. Ek het van die begin af verantwoordelikheid aanvaar vir die Afrikaanse Wikipedia as Direkteur. Nou na tien jaar se ondervinding dink ek is dit tyd dat ons wegstap van WikimediaZA en die Afrikaanse Wikipedia as 'n onafhanklike NWO registreer. Daar is baie redes daarvoor.
Ek wil graag met soveel as moontlik gebruikers praat tydens 'n videokonferensie oor die situasie, watter datum sal julle pas: Woens 27 September of 6 Oktober? Vanaf 19:00 tot 20:00. Om julle details te privaat te hou, stuur asb jou epos adres na afrikaansewikipedia@gmail.com.
Gebruiker:Taalfoendi
gaan my help om die video konferensie te reël en sê ook watter datum julle pas.
Maryana Iskander
het belowe om my te sien volgende maand... Kom ons kyk. Groete uit Kolwezi!
Oesjaar
kontak
07:00, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Persoonlik dink ek nie dit is 'n goeie idee nie, maar ek sal graag die vergadering bywoon. Kan jy dalk nou die probleme lys sodat ons intussen aan oplossings kan dink? -
Rooiratel
kontak
09:21, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Jy sal ongelukkig moet wag, ek is nie bereid om my hier bloot te stel nie.
Oesjaar
kontak
10:07, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Kan ek vra dat almal wat graag die konferensie wil bywoon net teen 25 September laat weet watter datum hul beter sal pas? Dis maar net om administrasie te vergemaklik.
Baie dankie
Taalfoendi
kontak
11:32, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Afrikaans word nie net in Suid-Afrika gepraat nie en van ons bydraers woon ook buite Suid-Afrika. Dit maak vir my sin dat die NWO agter die Afrikaanse Wikipedia apart van WikimediaZA kan funksioneer. –
K175
skil 'n appeltjie
14:46, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
WikimediaZA Raad het geen gesag hier nie, en Oesjaar jy weet dit. Dit was hulle voorstel al 5+ jaar terug gewees.
Dumbassman
kontak
14:55, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Wil jy nie miskien daarna kyk om 'n Afrikaanse
Wikimedia User Group
te stig nie? Jy kan dan nog steeds befondsing van die Wikimedia Foundation kry en spesifiek fokus om alle relevante Afrikaanse Wikimedia projekte soos dié Wikipedia, die Afrikaanse Wikibooks asook die Afrikaanse Wikiquote te bevorder. Groete,
Lefcentreright
kontak
13:16, 22 September 2023 (UTC)
antwoord
Gesprek met Esmarie op PretoriaFM 5 September
Ek plaas graag namens @
Oesjaar
die volgende radiogesprek:
Taalfoendi
kontak
11:36, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Afrikaans 100-jaar fees in 2025
Gemeenskap, so 'n bietjie nuus: die projekbestuurder wat aangestel om die fees te reël is
Giep van Zyl
en sy luitenant is Rene Arendse. Groete!
Oesjaar
kontak
17:10, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
En ons gaan deel daarvan wees! Al moet ek ook nou die duiwel aanvat! Groete!
Oesjaar
kontak
17:20, 21 September 2023 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, die een taak wat ons kan verrig as ons bydrae vir die Afrikaans 100-jaarfees is om seker te maak dat alle artikels van die
Ensiklopedie van Suidelike Afrika
hier op ons Wikipedia geskep is. Daar is al reeds 'n klomp gedoen deur myself, tewens dit was nog een van my doelwitte, maar nou ja... Die boek is reeds meer as 50 jaar oud, gedruk in 1967 en kopiereg dinge is nie meer 'n kwessie nie. So kan ons dit bewaar vir die nageslag. Groete!
Oesjaar
kontak
17:46, 22 September 2023 (UTC)
antwoord
Uit die artikel
Genootskap van Regte Afrikaners
word verwys na Gideon Malherbe. Het enige iemand bronne oor die man? Daar is niks in die Ensiklopedie van Suidelike Afrika nie. Groete!
Oesjaar
kontak
18:19, 22 September 2023 (UTC)
antwoord
'n Vlugtige internetsoektog dui aan dat die Genootskap in sy huis gestig is en dat
Di Patriot
in sy huis gedruk is, maar dat hy nie vir enigietsanders juis bekend is nie. Die interne skakel na sy naam mag moontlik maar verwyder word. –
K175
skil 'n appeltjie
12:57, 23 September 2023 (UTC)
antwoord
Ontkiemingskompetisie
Hallo gemeenskap, wanneer is die volgende ontkiemingskompetisie? Ek neem graag deel. Kan ook help met reëlings esv. –
K175
skil 'n appeltjie
11:32, 23 September 2023 (UTC)
antwoord
Dit is gewoonlik Nov, Des Jan... Dankie vir die hulpaanbod! Tans hou skole kompetisie my besig. Groete!
Oesjaar
kontak
11:52, 23 September 2023 (UTC)
antwoord
Minerale, chemiese verbindings en die wikidata-baas
Minerale en chemiese stowwe is dikwels verwant maar tog effens anders. Bv. kalsiet is kalsiumkarbonaat maar kalsiumkarbonaat kan ook aragoniet wees in plaas van kalsiet. En chemiese stowwe het dikwels 'n hoë suiwerheid, terwyl minerale meestal
mengkristalle
is.
Jy kan ook baie verbindings in die lab maak wat jy nooit in die natuur sal aantref nie en omgekeer, jy vind minerale wat diep in die aarde onder hoë druk en temperature eeue lank die geleentheid gehad het om te kristalliseer of fases wat net bestaan
omdat
hulle onsuiwer mengkristalle is. Dit is soms selfs moeilik om in die lab na te maak.
En dan is hulle natuurlik onderwerpe van twee verskillende wetenskappe: chemie en geologie. 'n Leser verwag chemiese inligtings oor die reaktiwiteit of die gebruik op die een, en inligting oor die geologiese sake soos waar en hoe dit gevind word en watter onsuiwerhede dit gewoonlik het op die ander een. Ek het daarom eintlik altyd twee aparte bladsye gehandhaaf.
Maar soms lei dit tot wikidata-probleme. Bv. ek het nou probeer om die bladsy
kadmiumkarbonaat
aan wikidata te skakel. En.wiki het dit egter as 'n aanstuur (
redirect
) na otavite en die meeste ander wiki's ken dit ook net onder die mineraalnaam. Dit word 'n probleem as ek nog 'n artikel
otaviet
wil skep. Natuurlik kan jy sê: is daar genoeg kennis om twee aparte bladsye te regvaardig. Die antwoord is moontlik nee. Maar dit is wel
nee, in hierdie geval
Wat vind die gemeenskap?
Jcwf
kontak
02:27, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Ons vind jou interessant prof Jaap!! Dankie vir jou werk hier, ons het die kennis broodnodig!
Aliwal2012
07:47, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Prof Jaap, dankie vir jou werk hier, al slaan die Nederlands so dan en wan deur! Wat my betref is jou kennis oor die onderwerp by verre meer as myne, doen wat jy goeddink!
Gebruiker:Rooiratel
, enige idee...? Groete!
Oesjaar
kontak
17:01, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Hallo @
Jcwf
, ek het ook soms met dieselfde probleem gesukkel, maar oor ander onderwerpe. enwiki is die grootste, so die kans dat hulle reeds 'n onderwerp gedek het is baie groot, maar nie altyd nie. Byvoorbeeld met die spesie bladsye is daar 'n groter kans dat cebwiki of viwiki 'n bladsy het oor dieselfde spesie, en dan is dit gekoppel aan 'n wikidata item wat ons kan gebruik. Partykeer skep iemand 'n bladsy wat ensiklopedies baie interessant is, maar wat niemand anders nog in 'n ander taal geskep het nie. Seldsaam is daar reeds 'n wikidata item daarvoor, maar baie keer moet ons die wikidata item self skep, en aan die bladsy skakel.
En nou oor jou spesifieke probleem: twee baie nou verwante onderwerpe, wat nie eintlik dieselfde is nie. Met sommige onderwerpe is enwiki eindelik agter die ander tale. Soms sal een taal eintlik 'n baanbreker in 'n sekere onderwerp wees. In daai gevalle moet 'n nuwe wikidata item geskep word.
Hier is my proses wanneer ek bladsye aan wikidata koppel:
Probeer die ooglopende enwiki-ekwivalent. As dit bestaan, lees die inleiding vinnig om te bevestig dat dit presies dieselfde onderwerp is, en dan skakel ek hulle aan mekaar.
As daar nie 'n ooglopende enwiki-ekwivalent is nie, dan soek ek in wikidata self vir 'n item wat die onderwerp dek.
As dit bestaan, en daar is reeds taalskakels, lees ek die inleiding van die taal wat ek die maklikste kan verstaan/"Google Translate", en bevestig dat dit dieselfde onderwerp is. Dan skakel ek die items.
As dit bestaan, en daar is geen taalskakels, dan lees ek al die item se eienskappe/bronne ens. en as dit lyk asof dit dieselfde onderwerp is, dan skakel ek die bladsy daaraan.
As daar geen wikidata item oor die onderwerp is nie, dan skep ek dit self en skakel die bladsy daaraan.
Dit is ook moontlik, maar baie ongewoon, dat daar nie 'n wikidata item is nie, maar dat daar 'n ekwivalente bladsy bestaan in 'n ander taal. Dit is te veel moeite vir my om op te spoor, en as ek #3 doen, dan sal iemand in elk geval uiteindelik die ander taal se bladsy koppel.
Dit klink eenvoudiger as wat dit is. En mens moet in die meeste gevalle tyd spandeer om die wikidata item mooi uit te dink.
Dit is maar wat dit is. As julle ooit met wikidata vashaak, is julle altyd welkom om 'n boodskap aan my te stuur. Ek sal altyd my bes probeer om dit op te los. Ek dink daar was net een keer wat ek dit toe nie kon doen nie. -
Rooiratel
kontak
19:55, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Dankie Rooiratel
Ek dink ek gaan 'n mineraalbladsy otaviet skep op basis van wat mindat daaroor sê ~ en dit koppel. Miskien kan jy my daarna help om die kadmiumkarbonaatskakel op wikidata te skep? Ek is daar nie goed tuis nie en ek wil nie dit opmors nie.
Jcwf
kontak
20:03, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Geen probleem. Kadmiumkarbonaat het toe reeds op wikidata bestaan. Daar is 'n klomp taal skakels, maar nie 'n enwiki een nie. Sien
. Ek het nou
kadmiumkarbonaat
daaraan gekoppel. En ek sien daar bestaan 'n wikidata item vir Otaviet
, en dit skakel aan die enwiki bladsy vir Otavite. Jy kan
Otaviet
daaraan koppel wanneer jy dit klaar geskep het. -
Rooiratel
kontak
20:07, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Baie dankie, Rooiratel.
Jcwf
kontak
20:58, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Sobaka
Gemeenskap, ons sê sterkte aan
Gebruiker:Sobaka
wat Donderdag middag 'n aanbieding doen op die
SAAWK
se Algemene Simposium. Sy tema is
KI
. Groete!
Oesjaar
kontak
19:05, 24 September 2023 (UTC)
antwoord
Komende veranderinge m.b.t. IP-adres gebruikers
Hallo almal, lees asseblief
hier
. En
verbeter my vrot vertaling
as julle kans kry. -
Rooiratel
kontak
19:19, 25 September 2023 (UTC)
antwoord
Ek het na die video gekyk en hou van wat ek hoor!
Rooiratel
, jy is welkom om namens ons daar te registreer! Ek weet die een probleem wat Wiki Internasionaal het is dat die Gedragskode nie van toepassing is op IP-adresgebruikers nie. Groete!
Oesjaar
kontak
19:46, 25 September 2023 (UTC)
antwoord
Sonkrag
Die bladsy
sonkrag
was 'n taamlik agterhaalde saadjie. Dit het nogtans gemiddeld 13 bladtrekke per dag gekry, maar dit wissel sterk. Dit kom veral uit skole dink ek. Sedert 4 Julie tot nou was daar 48 bladtrekke per dag. Ek het dit 'n bietjie uitgebrei en aktueler gemaak, insluitend wat verwysings en 'n koppie oor Namibië.
Daar sou ook oor Suid-Afrika gepraat kan/moet word, maar ek weet dat dit vanweë Mantashe en Eskom 'n taamlik politieke saak is. Ek vind dat dit beter deur 'n Suid-Afrikaner geskryf kan word as deur 'n kaaskoppie. (
skuus
Jcwf
kontak
04:05, 26 September 2023 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Wikipedia - die pad vorentoe
Goeie middag almal
Ek plaas hierdie boodskap namens @
Oesjaar
aangaande die videokonferensie oor die toekoms van die Afrikaanse Wikipedia. Dit blyk asof die meeste van julle ingestem het vir 6 Oktober, maar ongelukkig is hierdie datum nie meer beskikbaar nie en
11 Oktober
is voorgestel. Indien iemand hierdie sessie wil bywoon, stuur asseblief 'n e-pos aan afrikaansewikipedia@gmail.com.
Groete!
Taalfoendi
kontak
13:28, 26 September 2023 (UTC)
antwoord
Tydelike rekeninge vir ongeregistreerde redakteurs
Lees dit in jou taal
Help met die vertaal na uw taal
• Vertel asseblief ander gebruikers van hierdie veranderinge
Volgende jaar sal ongeregistreerde redakteurs begin met die gebruik van
tydelike rekeninge
In 2024 sal redakteurs wat nie
'n rekening geregistreer
het nie, outomaties begin met die gebruik van 'n
tydelike rekening
. Die redakteurs word soms "IP-adres gebruikers" genoem omdat die
IP-adres
in die bladsygeskiedenis vertoon word.
Die
Vertroue- en Veiligheidsprodukspan
het 'n aanbieding by Wikimania oor hierdie verandering gedoen. Jy kan
dit op YouTube kyk
Daar is meer inligting by
m:IP-redigering: Privaatheidverbetering en misbruikversagting
SGrabarczuk (WMF)
kontak
02:20, 30 September 2023 (UTC)
antwoord
"Luiperdbewaring in die Kaapprovinsie"-inligtingsboekie uit circa 1986 - mag ek dit oplaai of nie?
Mense, ek het nou die hele oggend die boekie se feite opgesom - maar ek sit nou tussen die kruim en die kors.
Die boekie is duidelik een van daardie soort wat jy vir boere uitdeel, soos mens Vigsboekies onder tieners in die 2000's uitgedeel het (ék was daar).
Die doel is om mense/boere van die luiperdbewaring bewus te maak.
Nou, die ouens wat die boekie gedruk, gekram en uitgereik het, is die "Hoofdirektoraat Natuur- en Omgewingsbewaring K.P.A.".
Hierdie liggaam bestaan nie meer nie, want die Kaapprovinsie het opgelos in drie provinsies, naamlik Noord-, Wes- en Oos-Kaap.
Nêrens word 'n kopiereg vermeld nie. Nêrens is daar sprake van enigiemand wat uit die boekie wins kon maak nie. Al wat daar staan:
Die doel van dié publikasie is om die publiek in te lig oor die navorsing wat oor die luiperd gedoen is, en om die beleid ten opsigte van luiperdbewaring te verduidelik.
In hierdie gees kan ek nie insien waarom mens dit nié mag oplaai nie. Hierdie boekie is 'n enorme legkaartstukkie. En ek voel die publiek is daarop geregtig.
Indien wel, kan ons dit onder CC 2.0 oplaai?
Suidpunt
kontak
10:22, 30 September 2023 (UTC)
antwoord
Ek's nie 'n prokureur nie, maar ek is redelik seker die eenvoudige antwoord is "nee". Geen kopiereginligting beteken "alle regte voorbehou". Dit mag dalk wees dat niemand ons gaan dagvaar nie, maar ek dink dis beter om 100% skoon te bly en dit eerder as bron en/of inspirasie te gebruik. --
Alias
kontak
10:47, 30 September 2023 (UTC)
antwoord
Kopiereg word outomaties op enige werk toegepas, ongeag of dit verklaar word. Jy mag nie wetlik iemand anders se werk herlisensieer nie.
Maar aangesien hulle nie meer bestaan nie, weet ek nie hoe dit enigiets raak nie, m.b.t wie die wetlike eienaar nou is nie. -
Rooiratel
kontak
07:11, 2 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Julianus
Skuus
Burgert Behr
Rooiratel
Ek het 'n rooi skakel op die
Lys van Romeinse keisers
probeer blou maak deur 'n artikel Julianus Apostata te skryf, maar ek het nie gesien dat daar reeds
Julianus
was nie. Ek het dit nou versmelt. Daar bly egter 'n probleempie: Daar is
twee
keisers met hierdie naam.
Romeinse
keisers, nie Bisantynse nie. 'Apostata' is eintlik Julianus II. Die eerste was 'n usurpator 284-285.
Jcwf
kontak
00:08, 3 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Hallo @
Jcwf
ek sien jy het die twee versmelt. Dankie. Moenie daaroor bekommer nie, dit gebeur maar van tyd tot tyd. Titles kan maar moeilik wees. Iemand anders sal moet help met die dubbelsinnigheid van die twee Julianus Keisers. -
Rooiratel
kontak
07:20, 3 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Jcwf
Kan 'n mens die usurpator se naam net van die lys verwyder? Ek sien die Engelse lys het hom nie.
Burgert
(kontak)
11:26, 3 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Afrikaanse Wikipedia - Die pad vorentoe
Goeie môre Wikipediane
Ek wil almal net weer herinner aan die
videokonferensie aangaande die toekoms van die Afrikaanse Wikipedia
wat op
11 Oktober
plaasvind. Indien u die aanlynsessie wil bywoon, stuur asseblief 'n e-pos aan afrikaansewikipedia@gmail.com vóór
10 Oktober
Vriendelike groete
Taalfoendi
kontak
08:29, 3 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Grootrivier
Ons artikel vir Grootrivier (Tuinroete) was met die verkeerde Grootrivier op ander wikipedias geskakel, en dus ook by die verkeerde wikidata-item, en die commonsfoto's was deurmekaar. Die verskillende Grootriviere is nou op Commons en wikidata uitgesorteer. Daar is Grootrivier/Oranje/Gariep, Grootrivier (Gourits), Grootrivier (Tuinroete/Nature's Valley/Tsitsikamma), Grootrivier (Oos-Kaap/Gamtoos) en Grootrivier (Cederberg). Vir die laaste twee kort ons terloops nog artikels.
JMK
kontak
09:19, 3 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Voorspoed aan Aliwal!
Gemeenskap,
Gebruiker:Aliwal2012
het nou amptelik afgetree en is nou weer terug in Limpopo. Sterkte meneer en nou het jy meer tyd vir ons Wikipedia. Groete!
Oesjaar
kontak
09:37, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Naskrif- jy en
Gebruiker:Burgert Behr
kan nou breipatrone uitruil... Groete!
Oesjaar
kontak
09:42, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ja grootbek, dankie vir die goeie wense! Jammer ek was bietjie skaars, ek ondervind probleme in
Modjadjiskloof
om 'n stabiele sein op te tel. Gelukkig is vesel op pad hierheen! Groete aan almal! --
Aliwal2012
19:18, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Alkaloïde vs. Alkaloïede
Gemeenskap, watter een is korrek? Groete!
Oesjaar
kontak
10:30, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Alkaloïde of alkaloïed. Maar die AWS verkies alkaloïed.
Burgert
(kontak)
12:02, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Groete.
Frank
kontak
18:10, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Gefieks! Groete!
Oesjaar
kontak
19:08, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Opportunities open for the Affiliations Committee, Ombuds commission, and the Case Review Committee
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Hi everyone! The
Affiliations Committee
(AffCom),
Ombuds commission
(OC), and the
Case Review Committee
(CRC) are looking for new members. These volunteer groups provide important structural and oversight support for the community and movement. People are encouraged to nominate themselves or encourage others they feel would contribute to these groups to apply. There is more information about the roles of the groups, the skills needed, and the opportunity to apply on the
Meta-wiki page
On behalf of the Committee Support team,
Keegan (WMF)
talk
16:41, 9 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Vertaling van "Powerlifting"
Hallo almal, wat is die Afrikaanse woord vir
en:Powerlifting
? Vir nou het ek maar "kragoptel" gebruik. -
Rooiratel
kontak
06:32, 10 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Kragoptel is in die WAT.
Burgert
(kontak)
07:23, 10 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Baie dankie @
Burgert Behr
Rooiratel
kontak
08:27, 10 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Toekoms van AW
Goeie môre Wikipediane
Hiermee net 'n herinnering aan môreaand, 11 Oktober, se videokonferensie aangaande die toekoms van die Afrikaanse Wikipedia om 19:00.
Indien u die sessie wil bywoon, stuur asseblief 'n e-pos aan afrikaansewikipedia@gmail.com so gou as moontlik.
Baie dankie!
Taalfoendi
kontak
08:18, 10 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Waar is die ou garde? Dis mos nie die Wiki-way nie?
Dumbassman
kontak
18:02, 11 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Pniël vs. Pniel
Gemeenskap, hulp hier asb... Groete!
Oesjaar
kontak
10:06, 10 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Praat jy van die dorpie buite Stellenbosch? Ek het vanoggend daar verby gery en daar staan "Pniel" op die borde langs die pad. Groete.
Lefcentreright
kontak
13:25, 10 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dit is al
hier
beantwoord.
Burgert
(kontak)
19:14, 11 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie vir jou geduld! Ek word nou oud! O, blikemmer! Groete!
Oesjaar
kontak
19:19, 11 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Die posisie van die Afrikaans Wikipedia binne WikimediaZA
Status van Afrikaans:
Taal
Aantal artikels
Afrikaans
111 729
Zoeloe
11 113
Noord-Sotho
8 577
Xhosa
1 496
Tswana
1 120
Suid-Sotho
932
Swati
847
Tsonga
753
Venda
751
Totaal
137 318
Afrikaans verteenwoordig dus 81,3% van al die artikels wat onder Suid-Afrikaanse tale val - Engels uitgesluit.
Oesjaar
kontak
18:50, 11 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Kategorie: Flora van Volksrepubliek China
Gemeenskap, moet dit eerder
Flora van die Volksrepubliek China
wees? Groete!
Oesjaar
kontak
05:54, 13 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek sou so dink, ja.
Burgert
(kontak)
06:38, 13 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, gefieks! Groete!
Oesjaar
kontak
07:14, 13 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Skooldeelnemers
Kan adolessente wat aan die skryfkompetisie vir hoërskole deelneem asseblief gevra word om dit op hulle gebruikerbladsy te noem, dan weet almal wat aangaan. Ek voel so half almal weet nie.
Burgert
(kontak)
18:10, 13 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek voel ook dis nodig dat 'n bladsy geskep word met inligting oor die wedstryd. Wie neem deel, hoeveel deelnemers is daar, wat is die reëls, wat kan gewen word, ens. Dan kan die wedstrydartikelsjabloon daarheen skakel. Iets soos
dié
Burgert
(kontak)
18:17, 13 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Stem saam, Burgert. Dit kan dalk ook nuttig wees hulle te begroet met 'n welkom-sjabloon. Ons het nuwe gebruikers nodig.
Jcwf
kontak
00:03, 14 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek en
Gebruiker:Taalfoendi
sal werk daarvan maak. Groete!
Oesjaar
kontak
06:49, 14 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Middag almal
Ek maak so gou as moontlik die nodige inligting bymekaar sodat ek dit kan oplaai.
Groete!
Taalfoendi
kontak
12:46, 16 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie julle. Ek dink dit sal ook help as ons 'n sjabloon skep om bo-aan al die bladsye wat aan die kompetisie deelneem, te plaas. -
Rooiratel
kontak
13:28, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dink ook julle moet 'n
Programs & Events Dashboard
skep
Dumbassman
kontak
08:18, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Moraea minima
Gemeenskap, sien die wonderlike nuus oor die spesie. Groete!
Oesjaar
kontak
06:44, 14 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien hulle het foto's geneem, maar die lisensie is ongelukkig onversoenbaar met wiki commons. Ek het hulle op iNaturalist gevra of hulle asb. die lisensie kan verander sodat ons die foto's kan gebruik. Hou maar duim vas. -
Rooiratel
kontak
13:30, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Mooi man!
Oesjaar
kontak
13:38, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Help asb!
Ek sit hier by Mugg & Bean in Cradlestone terwyl my vrou geld belê by een of ander winkel. Ek soek hulp met die woord
probe
soos in
The probe head located in the CSM was self-centering and gimbal-mounted to the probe piston.
Groete!
Oesjaar
kontak
09:40, 14 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Kan dit
sensor
wees?
Jcwf
kontak
19:50, 14 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
In my en-af tegnise woordeboek gee dit
: (n) voelpen, taster, sondeerder, sonde; proefstiffie, soeker (kabelpare); koppelstiffie (golfleier); (v) sondeer, voel, proef.
Ek sien ook op die internet
: sondeeryster, sondeerstif, voelstafie
Hoop dit help. -
Rooiratel
kontak
13:35, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Vryheid van panorama
Hoe staan sake in Suid-Afrika?
Gebruiker:505noscope
skuif van
Gebruiker:Morne
se prente hier op die Afrikaanse Wikipedia na Commons, waar in onlangse weke baie prente van Suid-Afrikaanse geboue, waarvan die argitek minder as 70 jaar oorlede is (ek skryf onder korreksie) verwyder is (
c:Commons:Deletion requests/File:Bloemfontein.jpg
). Hier op die Afrikaanse Wikipedia het ons billike gebruik, nes die Engelse Wikipedia (sien
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2021#Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar
), en ons mag enige prente van ensiklopediese belang gebruik, maar nie op Commons nie. Julle menings? Groete. --
SpesBona
22:30, 15 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Discott
is ons spesialis. Ek het dit na hom verwys. Groete!
Oesjaar
kontak
05:41, 16 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Wysigingswet op Kopiereg
: Wikimedia Suid-Afrika en vriende maak 'n beroep om Vryheid van Panorama in Suid-Afrika by die Uniegebou in Pretoria, 2023. Die standbeeld van Nelson Mandela word gesensor om te voldoen aan die gebrek aan 'n Vryheid van Panorama-klousule in SA-wetgewing.
[Afrikaanse vertalings volg:] Hallo almal, verskoning dat ek julle in Engels antwoord. Ek voel my kennis van Afrikaans is onvoldoende om 'n tegniese onderwerp soos hierdie na regte te beantwoord.
A1Cafel
is hier korrek, hy het selfs baie van my eie foto's om hierdie rede uitgevee gekry. Tans sal Commons slegs volledige foto's van nuwe geboue aanvaar van lande wat
Vryheid van Panorama
het of in gevalle waar skriftelike toestemming deur die gebouontwerp-eienaar ('n entiteit wat amper altyd baie moeilik is om te op te spoor of te konsulteer) verskaf en ingedien is. Tans erken Suid-Afrika steeds nie Vryheid van Panorama nie en het ons ook nie
Billike Gebruik / Fair Use
nie (ten spyte van
ons beste pogings
oor die afgelope dekade om albei in SA-wetgewing te kry), hoewel die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg wat in Desember 2018 deur die parlement goedgekeur is, albei in Suid-Afrikaanse wetgewing invoer. Ons gebruik steeds 'n stelsel genaamd
Billike Oorleg / Fair Dealing
in plaas van Billike Gebruik wat Wiki Commons nié erken nie (weens die komplikasies van internasionale kopieregwetgewing is dit bloot eenvoudiger as almal slegs Billike Gebruik toepas). Aangesien die wetsontwerp ongelukkig 5 jaar later nog nie in die staatskoerant geproklameer is nie, word ons steeds deur die ou wet van 1978 beperk wat geen Vryheid van Panorama erken nie, aangesien ons wet Billike Oorleg gebruik. 'n Argument soos 'n Billike Gebruik kan wel deur middel van Billike Oorleg-uitsonderings vir opvoedkundige doeleindes gemaak word, maar oor die algemeen vind dit nie by die Commons-gemeenskap byval nie, weens hul verbintenis tot die "strengste moontlike interpretasie van kopieregwetgewing" wanneer inhoud na Wiki's opgelaai word. Daar is egter 'n brokkie goeie nuus hier. Daar word verwag dat die regering binnekort die nuwe wet sal publiseer wat alles vir ons in orde sal bring (maar niemand is seker wanneer of hoe lank dit nog sal duur nie) en wanneer dit in werking gestel word, kan alle foto's wat om panoramavryheid-verwante redes uitgevee is, weer herstel word. Dit blyk dat foto's op Commons nooit werklik uitgevee word nie, en solank die lêerbenamings dienooreenkomstig gemerk is, kan die Commons-administrateurs dit kollektief uit verwydering herroep. Persoonlik laai ek steeds foto's van openbare werke en geboue op wat moontlik onder panoramavryheid kan val, want ons is net so naby daaraan om dit in Suid-Afrikaanse wetgewing opgeneem te kry.--
Discott
kontak
11:38, 16 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
P.S.
SpesBona
, jy is korrek omtrent die vervaldatum van kopiereg in Suid-Afrika. In Suid-Afrika het ons die lewe van die outeur + 50 jaar. As die ontwerper dus meer as 50 jaar gelede oorlede is, verval sy/haar kopiereg en die kopiereg van die ontwerp/fasade van die gebou betree die gemeenskaplike eiendom en kan vrylik op Commons opgelaai word. Dit geld nou as die outeur voor 1973 oorlede is. As jy nie weet wanneer die outeur oorlede is nie, gebruik ons gewoonlik 1946 as 'n verstekdatum vir kopieregverval in Suid-Afrika. Jy kan hierdie kopieregsjabloon op Commons daarvoor gebruik:
Template:PD-South-Africa
--
Discott
kontak
12:15, 16 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie,
Discott
, vir jou omvattende antwoord. Ek is altyd raadop met kopiereg.
(kontak)
19:33, 16 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Discott
Daar is een scenario wat jy gemis het - die geval van die anonieme of pseudoanonieme outeur - in sulke gevalle verval die kopiereg 50 jaar nadat die kopiereghouer die werk vir die eerste keer gepubliseer het.
Martinvl
kontak
17:24, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Review and comment on the 2024 Wikimedia Foundation Board of Trustees selection rules package
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Dear all,
Please review and comment on the Wikimedia Foundation Board of Trustees selection rules package from now until 29 October 2023. The selection rules package was based on older versions by the Elections Committee and will be used in the 2024 Board of Trustees selection. Providing your comments now will help them provide a smoother, better Board selection process.
More on the Meta-wiki page
Best,
Katie Chan
Chair of the Elections Committee
01:12, 17 Oktober 2023 (UTC)
Boogskutters
As ek reg getel het, het ons nou al meer as 230 saadjies van twee reëls elk oor boogskutters. Wil ons regtig meer hê? Dink julle dit is 'n positiewe ontwikkeling?
Burgert
(kontak)
06:58, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Verstaan jou vraag... Die outeur is 'n parapleeg wat dink hy doen goed. Wat dink die res van die gemeenskap? Groete!
Oesjaar
kontak
07:09, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Sien niks fout daarmee nie. –
K175
skil 'n appeltjie
10:35, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Stem saam. Jy kan natuurlik die vraag stel hoe nuttig dit is, maar die oordeel daaroor lê eintlik by die leser, nie by ons nie. Ek verwag nie dat daar baie bladtrekke gaan kom, maar daar is verskeie soorte lesers met verskeie interesses. En ons is vir almal daar.
Jcwf
kontak
14:17, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Aan die Olimpiese Somerspele 2020/1 het altesaam 11
090 atlete deelgeneem. Kry ons nou slegs twee sinne oor al daardie sportlui, terwyl lesers op die Engelse Wikipedia heelwat meer inligting oor hulle kan verwag? Die meeste lesers verstaan waarskynlik genoeg Engels om Afrikaans oor te slaan. My beleid is "kwaliteit bo kwantiteit" want anders kan ons ander tale nie klop nie. Groete. --
SpesBona
19:39, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Wel, ek sien niks fout met Nikolai se bydraes nie. Hy skep artikels wat andersins nie geskep sal word nie en ek sien niks verkeerd met die taalgebruik nie.
Lefcentreright
kontak
19:48, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien die meeste is ook maar net saadjies op die Engelse Wikipedia. Groete!
Oesjaar
kontak
17:14, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Prof. van Wyk, die blomme en flora partytjie...
Gemeenskap, na aanleding van prof.
Abraham Erasmus van Wyk
se aanbod oor sy 60,000 fotos, die HUB van Wikimedia
Maryana Iskander
het besluit dat sy 'n fondse beskikbaar sal maak aan prof. Van Wyk om 'n skandeerder te koop om die relevante 35-mm skyfies te digitaliseer. Hy sal kwotasies kry ens. Dit is goeie nuus vir Wikipedia. Prof Van Wyk het reeds begin om die meer moderne fotos op Commons te laai. Hy reeds onder andere
Monsonia
Pelargonium
Sarcocaulon
Cysticapnos
Fumaria
Trigonocapnos
Conophytum
Rinorea
Hybanthus
Pigea
Viola
Erodium
en
Geranium
gelaai.
Ons twee het ook gepraat oor die verskille/probleme met databasisse bv SANBI/KEW ens hoe ons dit gaan oplos. Daar is toe besluit dat ons 'n Flora werkswinkel gaan reël vir die 7 Maart 2024 te die
SAAWK
. Prof van Wyk gaan help om soveel botaniste te nooi, ook verteenwoordigers van onder andere KEW. Ek vra gebruikers
Gebruiker:Rooiratel
om 'n aanbieding te doen oor die Spesieboks en Wikidata en
Gebruiker:Sobaka
om 'n aanbieding te doen oor
Kunsmatige intelligensie
en Wikipedia. Voorstelle vir enige ander relevante aanbiedings is welkom.
Ai, ek sien prof het ook reeds ook
Cordylostigma
Mussaenda
Coptosperma
Oldenlandia
Kohautia
Richardia
Posoqueria
Hamelia
en
Bouvardia
gelaai. Hulp is welkom om die genera en spesies te skep!
Groete!
Oesjaar
kontak
10:27, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek kan niks belowe, maar ek sal heel moontlik die geleentheid kan bywoon. -
Rooiratel
kontak
13:42, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
wat is Prof. van Wyk se gebruikersnaam op wikicommons? Ek wil sien watter beelde hy laai sodat ek hulle op ons bladsy kan plaas. -
Rooiratel
kontak
13:52, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Iets soos SAplants.
Oesjaar
kontak
13:56, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Neem kennis van Werkswinkel.
Sobaka
kontak
14:09, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, ek sal dit uitsoek. -
Rooiratel
kontak
14:16, 17 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Kaapse Republiek
en
Soewereine Staat van Goeie Hoop
Wat is julle gedagtes hieroor? Albei artikels bestaan slegs hier en op die Engelstalige Wikipedia (geskep deur dieselfde gebruiker). Is hulle neutraal genoeg en wat van die bronne? Groete. --
SpesBona
19:40, 18 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Na my mening is
Kaapse Republiek
heeltemal neutraal, maar kort nog bronne.
Soewereine Staat van Goeie Hoop
moet in die algemeen opgeruim word, effens NPOV, maar niks problematies wat mens nie maklik kan opruim nie. -
Rooiratel
kontak
19:56, 18 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Hi,
SpesBona
. Albei hierdie artikels moet geskrap word omdat dit blatant opgemaak is. Die Kaapse Republiek is voorgestelde land wat deur die Cape Party voorgestel is met minimale bronne. Die Soewereine Staat van Goeie Hoop is die "
brain child
" van 'n selfverklaarde en onerkende Khoi leier. Ek kan nie glo dat hierdie artikels al vir so lank op die Engelse Wikipedia is nie!
Lefcentreright
kontak
20:43, 18 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek stem heelhartig saam met jou. Die onderwerp en diskoers kry nou al baard op die internet. Ek voel die bovermelde artikels, as daar nou werklik die behoefte is, is klein genoeg dat mens dit eerder as 'n voetnota kon gebruik in 'n artikel soos
"Kaapse afstigting"
(nie my vakgebied nie) wat die groter probleem eerder indringender bespreek: soos die redes waarom mense wil wegskeur, enkele voorstelle; waar kom hierdie inspirasie vandaan? hoe vergelyk dit met die res van Afrika waar die grense deur die koloniale magte getrek is en steeds geld?; die voorlegging aan Alan Winde en waarom hy dit teengestaan het; AfriForum/VF+ se siening daarvan; die ANC se interpretasie van die grondwet; die regsaspekte; hoe dit aansluit by die ooreenkomste van die uitroep van 'n volkstaat [en waarom die een toegelaat word, en die ander nie]; hoe breed word "selfbeskikking" interpreteer; wat van die reg op die individu; hoeveel so iets sou kos; waarom dit wenslik/onwenslik is; hoe Katalonië/Skotland/Beiere/Suid-Tirool se sienswyses verskil; watter skeidings internasionaal al geweldloos plaasgevind het; 'n mens sou ewe veel kon vra of Natal, wat desjare baie pro-Brits was, tydens die Republiekwording van die Unie van Suid-Afrika kon verlaat het, en waarom dit destyds toelaatbaar sou wees of nie. En laastens die VN, wat vir Katalonië net gesê het: "dis 'n interne saak tussen jou en Spanje, ons wil nie inmeng nie".
Party voel die wet gebeur net, en niemand wag op 'n wet op goedkeuring nie - dis soos: as jy Kosovo wil speel, wel, gaan voort. Gedenk die Romeinse Ryk wat verbrokkel in stadstate, of lande wat onafhanklikheid soek. Die reëls en wette volg daarna. Gedenk Suid-Soedan. Dit gebeur net.
Ander voel weer
, teen die koers wat nasionale instansies verswak en provinsiale owerhede meer mag soek (bv. met buitelandse betrekkinge), omdat hulle beter opgewasse daarvoor is en die nasionale liggame "vertraag" is, is jy besig om
de facto
desentralisering te kry. Die premier doen net wat die Wes-Kapenaars van hom verwag; maar die nasionale liggame staan hom teë of is eenvoudig net onbeholpe. 'n Goeie voorbeeld: 'n vrugtedief. Dit kos die plaaswag of buurtwag om die
munisipale polisie
(of wetstoepassers) te kontak, wat die dief kom arresteer, om hom dan uit te lewer aan die
Suid-Afrikaanse Polisiediens
. DRIE organisasies!
En so kan mens aangaan en aangaan.
Kortom: As ek dus 'n lys moet opstel van elke voorgestelde volkstaat of republiek in die boeke wat ek al gesien het, gaan ons Wiki seker 500 artikels bykry. Daar is baie kaarte sedert die 1960's al opgetrek, baie grense is afgebaken. Dit het by Saterdagmiddagdrome gebly.
Suidpunt
kontak
22:19, 18 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Lefcentreright
ek verstaan nie hoe dit opgemaak is nie. Ja, hulle is nie erken nie. Is
en:Catalan independence movement
opgemaak omdat dit nie erken is nie? Is
Sealand
opgemaak omdat dit nie erken is nie? -
Rooiratel
kontak
07:47, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Die
Kaapse Republiek
is niks meer as verkiesingsliteratuur van die
Kaapse Onafhanklikheids Party
wat reeds deur die party se artikel gedek geword, terwyl die
Soewereine Staat van Goeie Hoop
is een man en sy ondersteuners se "
brain child
". Alles in die artikel is pure fiksie/blatant opgemaak. Beide "lande" is nie soos die
Somaliland
en die
Republiek Artsach
wat grondgebiede beheer asook regerings met staatsinstellings en beduidende nuusbedekking het. Ek is nie gekant teen 'n artikel oor
Kaapse onafhanklikheid
. Miskien kan albei die bogenoemde artikels op die toekomstige oor Kaapse onafhanklikheid gedek word?
Lefcentreright
kontak
13:10, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien nog steeds nie die probleem nie, maar ek sal ook nie om gee as altwee eerder deel van 'n
Kaapse onafhanklikheid
bladsy is nie. Iets soortgelyk aan
en:Catalan independence movement
. -
Rooiratel
kontak
15:37, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek het die Engelse ekwivalente van die artikels vir verwydering genomineer by
en:Wikipedia:Articles for deletion/Sovereign State of Good Hope
and
en:Wikipedia:Articles for deletion/Cape Republic
. The
Sovereign State of Good Hope
is geskrap terwyl die
Cape Republic
nou 'n
redirect
is.
Lefcentreright
kontak
12:57, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Nuwelinge
Die bladsye
Wikipedia:Hoe kan ek help?
en
Wikipedia:Welkom nuwelinge
kry baie bladtrekke (gemiddeld 41 en 111 per dag sedert 1/1/2020). Maar die uitleg van die bewerking behels net die klassieke "wysig bron"-metode en nie die grafiese editor nie. Ek kan dit nie verbeter nie. Ek is oud en het die grafiese gizmo nooit geleer nie en gaan dit ook nie doen nie. Is daar iemand wat dit kan verbeter? Die twee metodes moet dink ek hulle eie plek kry en dit moet duidelik word wat die verskil tussen "wysig" en "wysig bron" is. 'n Ander ding is dat vir nuwelinge dit dalk beter is om eers wat foutjies te verbeter of so en nie onmiddellik nuwe artikels te gaan skryf nie. Ek dink dat die bladsye onderwyskundig nog baie beter kan.
Jcwf
kontak
21:52, 18 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Taalfoendi
gaan hieraan aandag gee tesame met 'n paar ander dinge soos opleiding videos in Afrikaans. Dit gaan 'n paar maande neem. Groete!
Oesjaar
kontak
17:15, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ons 22ste verjaarsdag
Gemeenskap, ons 22ste verjaarsdagpartytjie vind plaas op 16 November te
SAAWK
. Dagboek solank asb, ek sal môre die kontakbesonderhede gee. Daardie aand word die skoolwenners ook gekroon en ons beplan ook Vriende van Wikipedia-aand uitnodings na 'n paar instansies... Groete!
Oesjaar
kontak
18:48, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Goeie môre gemeenskap
Indien iemand die geleentheid wil bywoon stuur asseblief so gou moontlik 'n e-pos aan afrikaansewikipedia@gmail.com. RSVP voor 8 November, maar hou in gedagte dat daar beperkte plek beskikbaar is.
Vriendelike groete!
Taalfoendi
kontak
07:24, 20 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Genl. JBM Hertzoggedenklesing
Ek en
Gebruiker:Sobaka
het gisteraand bogenoemde bygewoon by die
SAAWK
soos gelewer deur Dr.
Conrad Steenkamp
, uitvoerende hoof van die
Afrikaanse Taalraad
. Die tema was:
Armblankes, armbruines en die SA Akademie
Ek het die lesing baie interessant gevind en gaan kyk of dit nie iewers opgeneem is nie. In kort, ons Wikipedia het 'n groot te speel in die bewaring van ons taal vorentoe... Praat weer! Groete!
Oesjaar
kontak
20:30, 19 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Hongaarse Rewolusie van 1956
Hallo, ek merk op dat die skakel (die skakel verwys na "Hongaarse Rewolusie (1956)") betreffende bogenoemde gebeurtenis op die tuisblad van die Afr WP rooi is (onder "vandag in die geskiedenis", "1956"), terwyl die artikel bestaan onder bg. naam. Sal iemand asb. die tuisblad wysig sodat dit nie 'n rooi skakel is nie. By voorbaat dankie.
Johannescharlesventer
kontak
03:28, 23 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek het 'n AANSTUUR geskep. Nie elegant, maar dit werk.😊
Jcwf
kontak
04:01, 23 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie 😊
Johannescharlesventer
Nog foto's van Prof Braam
Gemeenskap, neem asb kennis dat prof Braam foto's vir Liquidambar,
Trichocladus
, Loropetalum,
Apodytes
en
Cassinopsis
gelaai het op Commons. Groete!
Oesjaar
kontak
10:40, 26 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
BELA-onderwyswet
Gemeenskap, die wetgewing is goedgekeur vandag, nie die nuus wat ek wou hoor nie. Wat gaan gebeur, die ANC ontbind Ouerverenigings en stel een persoon aan om skoolbeleide onder andere taal daar te stel. Ek voorspel die volgende vyf dinge: kontant in die bank gaan verdwyn, bates gaan verdwyn, wit onderwyseres gaan vervang word met swart, Afrikaanse handboeke gaan verdwyn en skoolsport soos ons dit ken gaan verdwyn.
Hoe kan ons help? Skep soveel as moontlik artikels... Tot later.
Oesjaar
kontak
15:10, 26 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ja, dit groei.
Periode
bladtrekke/dag af.wiki
jaargemiddelde
Okt 2016/Okt 2017
64 594
Okt 2017/Okt 2018
69 422
Okt 2018/Okt 2019
79 670
Okt 2019/Okt 2020
80 066
Okt 2020/Okt 2021
86 966
Okt 2021/Okt 2022
81 337
Okt 2022/Okt 2023
92 641
Jcwf
kontak
10:54, 27 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Veral soos die eindeksamen naderkom... Groete!
Oesjaar
kontak
18:38, 27 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dit was jaargemiddeldes.
Jcwf
kontak
23:06, 30 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Reserwebank van SA
Het die Reserwebank deesdae 'n goewerneur of president? Ek sien ons gebruik albei range.
JMK
kontak
22:30, 30 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Lyk vir my asof hulle net 'n goewerneur het. Dit is wat op hulle webwerf en op ons geld verskyn. Sien
hier
en
hier
. -
Rooiratel
kontak
07:11, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, ek verander dan ook vise-president na adjunk-goewerneur, waar van toepassing.
JMK
kontak
10:27, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Impak
Hallo almal, sien asseblief hierdie nuwe bladsy:
Spesiaal:Impact
. Dit wys bladtrekke vir bladsye wat jy onlangs gewysig het. Jy kan meer daaroor lees
hier
Ek sal probeer om dit te vertaal. -
Rooiratel
kontak
09:19, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Lyk my dit is deel van:
Dit is ook op ons wiki, maar ek weet nog nie hoe dit werk nie. @
Oesjaar
dit lyk na iets waarin jy sal belangstel. -
Rooiratel
kontak
09:57, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek het meeste van die teks op die Spesiaal:Impact bladsy nou vertaal. Dit sal seker Donderdag verskyn. As julle wil help met die vertaling van al die "Growth Team features" bladsye, kan julle dit
hier
doen. -
Rooiratel
kontak
10:08, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Bladtrekke
"Vou oop" van Daaglikse bladtrekke op die besprekingsblaaie werk lankal nie meer nie. Is daar 'n manier om dit te fieks?
Burgert
(kontak)
09:55, 1 November 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
. Ongelukkig nie. Dit is in April afgeskakel weens 'n sekuriteitsprobleem. Sien
en:Wikipedia:Village pump (technical)/Archive 205#Graph extension disabled per immediate effect
. Ons kan oorweeg om intussen 'n plekhouerboodskap te publiseer. Sien bv.
en:Talk:Main Page
. –
K175
skil 'n appeltjie
11:38, 1 November 2023 (UTC)
antwoord
K175
Dit sal gaaf wees as jy dit kan doen. Anders lyk ons so 'n bietjie onnosel.
Burgert
(kontak)
09:26, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
Uitgevoer
K175
skil 'n appeltjie
21:49, 5 November 2023 (UTC)
antwoord
K175
Baie dankie!
Burgert
(kontak)
16:12, 6 November 2023 (UTC)
antwoord
Spesiename in Afrikaans
Gemeenskap, kan enige persoon asb help met die volgende spesiename in Afrikaans:
Elgon shrew
Crocidura elgonius
),
Rudd's mole-rat
Tachyoryctes ruddi
) en
Thomas's pygmy mouse
Mus sorella
)? Groete!
Oesjaar
kontak
12:31, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Erens anders of Wikipedia kom ons teen
de:Elgon-Spitzmaus
nl:Crocidura elgonius
es:Crocidura elgonius
it:Crocidura elgonius
ens. Aangesien dat hierdie dier nie in Afrikaasnse-spreekende lande te vinde is, kan ons of die Engelse naam vertaal (soos dit in Duitsland gedoen is) of die Latynse naam geruik. Dus of "Elgon-spitzmuis" of "
Crocidura elgonius
".
Martinvl
kontak
13:10, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Crocidura maquassiensis
is die Makwassieskeerbek, en
C. elgonius
kan dan die Elgonskeerbek wees. Mole-rats word soms in Afrikaans bloot molle genoem, maar in
Diere: Ensiklopedie vir kinders
Human & Rouseau (2009), p.48, word die naked mole-rat (
Heterocephalus glaber
) weergegee as naakte tandmol, wat die opvallende haastande beklemtoon.
Tachyoryctes ruddi
kan dus Rudd se tandmol wees.
Mus
is 'n muis of dwergmuis, soos
M. musculus
, die huismuis, of
M. minutoides
, die dwergmuis.
M. sorella
kan dus Thomas se dwergmuis wees.
JMK
kontak
16:34, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia verjaar!
Die Afrikaanse Wikipedia word 22
Die Afrikaanse Wikipedia vier hierdie jaar ons 22ste verjaardag en ons wil graag hierdie mylpaal saam met ons mede-Wikipediane op 'n gepaste wyse vier!
Nie net sal ons ons 22ste verjaardag vier met lekker gesellighede nie, maar tydens die geleentheid sal die wenners van die 2023 Skryfkompetisie vir hoërskole ook aangekondig word.
Die Afrikaanse Wikipedia is by verre die grootste Wikipedia op die Afrikakontinent. Daar is tans meer as 111 000 artikels wat ons in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas uit die 333 Wikipedias in ander tale en ons het maandeliks meer as ʼn miljoen bladtrekke! Hierdie statistieke sou nie moontlik wees sonder hardwerkende en pligsgetroue vrywilligers se bydraes nie.
Moet nie hierdie fees misloop nie!
Dit is ook moontlik om die geleentheid virtueel by te woon. Indien dit die geval is, moet dit asseblief op dit RSVP aangedui word.
Vriendelike groete, Taalfoendi
Groot Mere van Afrika
Rooiratel
Burgert Behr
, kan een van julle kundige manne dalk nie vir ons 'n Sjabloon vir bogenoemde skep nie asb? Daai tabelletjie lyk maar oes! Groete!
Oesjaar
kontak
14:26, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Uitgevoer
. Groete. --
SpesBona
15:15, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
VivA
Ek het die volgende vraag op VivA se webtuiste gevra (ek hoop hulle kan dit oplos):
Hallo, ek vra maar hier, want ek weet nie wie anders om te kontak nie. Op Wikipedia word baie "aansture" gebruik: verkeerde spellings wat aangestuur word na die regte spelling (byvoorbeeld Wit Nyl na Wit-Nyl). Soms word die verkeerde spelling ná die tyd na die regte spelling aangestuur, en ek vermoed dit is dalk hier waar die probleem lê.
Ek sien as 'n mens op VivA soek, kry jy spellings van aansture soos Wit Nyl en Wit-Rusland op Wikipedia, maar nie die spellings van die regte artikels, Wit-Nyl en Belarus, nie. Jy kry dit eers wanneer (en as) jy op die verkeerde naam klik. Dit is nogal kommerwekkend, want dit lyk of ons verkeerde spellings en name aanhang. Is dit dalk vir julle tegniese ouens moontlik om net hoofartikels se spellings op VivA aan te dui en nie dié van aansture nie?
Dankie
Burgert
Burgert
(kontak)
16:17, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Dink julle hulle sal verstaan?
Burgert
(kontak)
16:18, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Wow, kom ons kyk... Groete!
Oesjaar
kontak
17:20, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Geebee100
, jy is betrokke op VivA, wat dink jy? Groete!
Oesjaar
kontak
17:22, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Dit behoort heeltemal moontlik te wees. CTexT (aan die Noordwes-Universiteit) het altyd hierdie tipe woordeboekwerk vir VivA gedoen, maar VivA het nou waarskynlik 'n ander diensverskaffer gekry. Aangesien ek nie meer by VivA betrokke is nie, sou ek voorstel die versoek word aan hulle uitvoerende hoof gestuur.
Geebee100
kontak
12:44, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Burgert_Behr
, probeer Marlie Coetzee by navraag@viva-afrikaans.org Groete!
Oesjaar
kontak
13:27, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
2023-Springbokke
Goeie aand, neem iemand dalk prente van die Springbokke tydens hul toer deur Suid-Afrika met die Webb Ellis-beker? Groot asseblief! Groete. --
SpesBona
21:15, 2 November 2023 (UTC)
antwoord
Hulp met sjablone
Gemeenskap, kan die slimmes net my werk met die sjbalone van
Elgon
en
Rosseiland
nagaan en verbeter. Soms wil die grysstof maar net nie... Groete!
Oesjaar
kontak
07:20, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
..en ek en die koördinate in
Erebus (berg)
wil net nie saamwerk nie... Ai!
Oesjaar
kontak
11:01, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
Sound
in Afrikaans
Gemeenskap, het ons 'n Afrikaanse woord vir
sound
soos in
McMurdo Sound
Wilkins Sound
George VI-sound
ens? Groete!
Oesjaar
kontak
08:02, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
In Nederlands is dit 'n "Sund". Sien
nl:Sund
Rooiratel
kontak
08:46, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
Jammer ek is laat, ek's besig met navorsing oor Spoorbek. Volgens die Geologiewoordeboek uitgereik deur die Raad vir Geowetenskap is dit of 'n sont of 'n seestraat of see-engte. Maar soos die Nederlande Wiki tereg sê,
sound
is 'n uiters vae begrip van eintlik weinig waarde, want dit is of 'n inham of 'n seestraat.
Suidpunt
kontak
07:36, 7 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek kry see-engte en nou seestraat, wat volgens die HAT en WAT sinonieme is.
Burgert
(kontak)
18:14, 7 November 2023 (UTC)
antwoord
SANBI
Wat gaan aan op SANBI se webwerf. Bitdefender blokkeer my en waarsku dat dit onveilige skakels bevat. Is dit gekraak?
Jcwf
kontak
19:25, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek weet nie, maar ek werk tans daar met
Groete!
Oesjaar
kontak
19:31, 3 November 2023 (UTC)
antwoord
Die webwerf se SSL sertifikaat het verval. Dit is nog steeds veilig om dit te besoek. Bitdefender is net maak ekstra versigtig. -
Rooiratel
kontak
06:31, 6 November 2023 (UTC)
antwoord
Die probleem lyk erger as wat ek oorspronklik gedink het. Lyk vir my mens kan net hulle webwerf via http besoek, en glad nie via https nie. Daar is heel waarskynlik probleme met die opstelling van hul webbediener. Niks wat ons daaraan kan doen nie. -
Rooiratel
kontak
06:36, 6 November 2023 (UTC)
antwoord
Dit is vir my onbereikbaar. Oesjaar se skakel hierbo lewer 'n "Forbidden"-skerm op en die webwerf gee 'n skerm wat my vra om in te log met my eposadres. Ek gaan dit nie doen nie. Ek het 'n VPN geprobeer, maar dit het niks verander nie. Het hulle probeer ons buite te sluit?
Jcwf
kontak
15:28, 7 November 2023 (UTC)
antwoord
Dit is net op jou rekenaar. Soos ek gesê het, mens kan nie hulle webwerf op die oomblik via https besoek nie, net http. Maar dit werk nog via http. Die "Forbidden"-skerm wat jy sien kom van iets op jou rekenaar af. Dit kan bitdefender wees, dit kan jou webblaaier wees, dit kan jou bedryfstelsel wees. -
Rooiratel
kontak
18:12, 7 November 2023 (UTC)
antwoord
Artikels met geen bronnelys.
Gemeenskap, daar is tans 150 artikels gemerk met die
Geen Bronnelys
sjabloon. Sien
Geen bronnelys
Die beleid is dat sodanige artikels na 2 weke verwyder kan word. Wat gaan ons maak? Groete!
Oesjaar
kontak
13:14, 9 November 2023 (UTC)
antwoord
Skep nog 5 artikels sonder bronne, dan het ons 155 met
Geen Bronnelys
! LOL --
Aliwal2012
15:43, 9 November 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
moet die bevraagtekende inligting verwyder word, of die hele artikel? –
K175
skil 'n appeltjie
15:00, 9 November 2023 (UTC)
antwoord
Kom ons voeg bronne by die artikels by! Groete,
Lefcentreright
kontak
17:12, 9 November 2023 (UTC)
antwoord
Geen bronnelys is veronderstel om te verwys na daardie artikels wat oor
geen
bronne/verwysings beskik nie. Dan word die hele artikel verwyder want geen feite kan geverifieër word nie.
Oesjaar
kontak
06:03, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek neem aan jy het die gesprek geskep na al daai artikels oor Australiese sokker geskep is. Die bronne is baie maklik beskikbaar op die ander taal wikis wat geskakel is via wikidata. Ek sien geen rede om die artikels te skrap, as dit so maklik is om bronne by te voeg. Met betrekking tot die ander ~145 artikels, dink ek die selfde daaroor. As daar maklik bronne bygevoeg kan word, doen dit eerder as skrap. -
Rooiratel
kontak
07:00, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek doen genoeg op hierdie Wikipedia buite artikels skep, spandeer onder andere ure met WikimediaZA se vergaderings. Ek gaan ook nie dit doen nie. Dit is die outeur/gebruiker se plig om die bronne te verskaf. Jammer!
Oesjaar
kontak
07:10, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Ja, die tydfaktor is 'n groot probleem, Oesjaar, omrede ons met 'n klein klompie mense is. Veral as jy elke sin 'n verwysing wil gaan gee, soos en.wiki dit doen. Jy kan dit dalk eis vir artikels wat nuut geskryf word, en ek skryf nou meestal artikels deur eers geskikte verwysings te lokaliseer, maar om ouer materiaal te gaan bewerk is taamlik dodelik. Dit is dikwels 'n soektog om te agterhaal waar dit vandaan gekom het.
Maar dit wil nie sê dat dit nie waar is nie. Mense kan dit gewoon uit hul eie ervarings of kennis opgeskryf het. En dan is dit 'n bietjie snaaks om dit te gaan skrap. Ek het bv. gekyk na die artikel
stoigiometrie
. Dis uiters basiese chemiekennis wat in amper elke boek oor algemene chemie gevind kan word. Ek het net met google book 'n paar boeke opgesoek en 'n lysie bygevoeg, maar dit is geheel lukraak: ek kan hulle op google books nie lees nie. Net 'n paar snippets. Die wikilibrary is ook nie behulpsaam nie. Wat jy daar vind is artikels op 'n baie hoër vlak, nie op die basiese vlak nie. Ek kan nog kyk of Delpher was volledige (Nederlandse) tekste oplewer, maar dit is gewoonlik van voor 1950 en ook nie ideaal nie, hoewel dit soms tog bruikbare goeters oplewer.
'n Ander verhaal is as mense aktief 'n
sjabloon:feit
het aangebring. Dit gee aan dat daar getwyfel word aan die inhoud. In daardie geval dink ek dat ons na voldoende tyd regtig moet skrap, of ander dit moet vervang met beter inligting liefs met verwysing. En dit is 'n ander ding: bronnelyste is eintlik ook nie wenselik nie. Ons moet na verwysings toe.
Jcwf
kontak
08:58, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Dit hoef nie jy te wees wat dit doen nie. Persoonlik verkies ek om ons wiki te op te bou in plaas daarvan om dit af te breek. Ons is nou reeds af na
135
119 artikels sonder bronne. -
Rooiratel
kontak
09:41, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, ek moes vanoggend 'n skrywer en sy nuwe boek van ons FB-blad verwyder, hy wou dit gebruik as 'n bemarkingsmeganisme...
Oesjaar
kontak
09:48, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Oesjaar
het my vanoggend versoek om aan die artikel
Farmasie
se bronne te werk, aangesien dit my nering is. Dink julle ek moet die artikel nuut vertaal uit
Ingils
of die
Nederlandse artikel
? --
Aliwal2012
10:15, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Nee. Die af.wiki moenie 'n versameling (slegte?) vertalings word nie. Oorspronklike werk is beter as 'n vertaling, seker as dit jou nering is. Dit beteken dat lesers redes het om (ook) ons werk te lees pleks van (net) die Engelse artikels. Maar jy kan natuurlik die ander wiki's plunder vir idees en vir bronne.
Jcwf
kontak
10:52, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Dankie vir die aanmoediging Jaap! --
Aliwal2012
16:42, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Tjienkerientjie
Gemeenskap, volgens die HAT is die korrekte spelling Tjienkerientjee. Kan ek verander? Groete!
Oesjaar
kontak
06:21, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Geen probleem Oesjaar, gaan gerus voort!
Aliwal2012
06:25, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Skryfkompetisie vir Des/Jan
Gemeenskap, ek het 'n paar rand beskikbaar as pryse vir 'n skryfkompetisie oor Des/Jan. Dit was altyd die Ontkiemingskompetisie gewees, ons kan dit so hou of iets nuut probeer. Ek luister.... Groete!
Oesjaar
kontak
07:15, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
NS Ek as organiseerder mag nie deelneem nie.
Oesjaar
07:15, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Wat van eerder 'n foto- of fotobyvoegkompetisie? Meeste eenlyners is maar vaal...--
Aliwal2012
10:08, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Die wedstryd is taai, ons gee alles om 'n plek te kry, maar hoor dan later die pryse het na takealot koopbewyse verander. Dan vat dit ook nog 'n maand of drie om die koopbewys uit die regstellende aksie klerk te kry.
Ten spyte van alles bly dit lekker om artikels uit te brei.
Odriskelmac11
Ten gunste van 'n "Ontkiemingskompetisie".
Sobaka
kontak
16:14, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek stem ook vir 'n ontkiemingskompetisie. En kontantpryse is seker beter as geskenkbewyse? Ek het nie juis nut vir Takealot nie. –
K175
skil 'n appeltjie
20:20, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Volgens Oesjaar is die Wikistigting se beleid: geen kontantpryse nie!
Aliwal2012
20:37, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Dis jammer! –
K175
skil 'n appeltjie
20:54, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Dis jammer om soveel negatiewe opinies te hoor. Maar ja, om 'n sent uit WikimediaZA te kry (vir ons) is amper onmoontlik en hulle sal die reëls verander.
Dumbassman
kontak
06:56, 13 November 2023 (UTC)
antwoord
Dalk kan ons geskenkbewyse kry wat vir meer mense iets werd is, bv. Amazon? @
Dumbassman
het julle Takealot in Namibië? –
K175
skil 'n appeltjie
14:33, 13 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met Amazon vouchers. Daar is nie Takealot in Namibië nie. Ek het self eenkeer die Amazon vouchers gekoop en toe gegee vir wenners, en WikimediaZA het my maande daarna terug betaal.
Dumbassman
kontak
16:27, 13 November 2023 (UTC)
antwoord
Ons het vanaand 'n Bestuursvergadering, dan sal ek hoor oor die Amazon vouchers. Groete!
Oesjaar
kontak
09:33, 14 November 2023 (UTC)
antwoord
Dit gaan Amazon vouchers wees! Kan die kompetisie van Vry, 15 Des tot Son, 14 Jan 2024 strek! Moet dit ontkieming wees? Nuwe artikels? Ek vra maar net... Groete!
Oesjaar
kontak
18:11, 28 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek is ten gunste van 'n ontkiemingskompetisie (
destubathon
). –
K175
skil 'n appeltjie
21:35, 30 November 2023 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
Burgert Behr
Sobaka
Odriskelmac11
Rooiratel
Dumbassman
, wakker word, wakker word! Groete!
Oesjaar
kontak
14:14, 2 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ja, ontkiemingskompetisie, soos laas.
Dumbassman
kontak
08:27, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Reeds bo aangedui ontkiemingskompetisie. Groete.
Sobaka
kontak
17:42, 2 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek gaan julle ander staatmakers rook in hierdie jaar se kompetisie, want ek het mos nou fibre in my huis. Hoop nie beurtkrag nie, LOL! Cheers,
Aliwal2012
12:27, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Tik tok, 15de stap nader. Ek kan nie help fasiliteer nie, ek soek daai tweede plek agter Aliwal2012.
Dumbassman
kontak
06:23, 8 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Hallo mense, more is die 15de
Odriskelmac11
kontak
20:28, 14 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Inderdaad! Groete!
Oesjaar
kontak
20:40, 14 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek het solank die
Wikipedia:Ontkiemingskompetisie 2023
-bladsy geskep. Ek sou nog iets soos taalgebruik, bronne en die plasing van bronne byvoeg (soos in die oorspronklike artikel by die teks wat die bron staf, nie aan die einde van die bygevoegde inhoud). Ek het dit al by verlede kompetisies opgeruim. Wat dink julle? Lekker skryf almal. Groete. --
SpesBona
22:05, 14 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Hartwater
vs
Hartswater
Gemeenskap, ek het die veesiekte Hartwater geskep en wil 'n nota plaas om die onderskeid te maak met die dorp Hartswater. Wat is korrekte manier? Groete!
Oesjaar
kontak
18:17, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Oesjaar, ek het dit bo-aan altwee artikels vir jou ingevoer. Groete! --
Aliwal2012
05:47, 11 November 2023 (UTC)
antwoord
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
07:28, 13 November 2023 (UTC)
antwoord
Cisjordanië
Gemeenskap, bestaan daar werklik so 'n naam? Groete!
Oesjaar
kontak
09:09, 14 November 2023 (UTC)
antwoord
Sien
en:West_Bank#Cisjordan
Rooiratel
kontak
09:21, 14 November 2023 (UTC)
antwoord
Maar moet dit dan nie eerder Cisjordaan wees nie, aangesien dit na die rivier en nie die land verwys nie?
Burgert Behr
. –
K175
skil 'n appeltjie
10:37, 14 November 2023 (UTC)
antwoord
Nee, die land se naam was Jordanië en daar is twee dele onderskei: Cisjordanië en Transjordanië: aan hierdie kant van die rivier en aan die oorkant. Vanuit die weste gesien natuurlik.
Jcwf
kontak
11:03, 14 November 2023 (UTC)
antwoord
Cisjordaan en Transjordaan klink vir my ook reg. Dit is nie aan dié en die ander kant van Jordanië nie, maar van die Jordaan. Soos Transvaal.
Burgert
(kontak)
16:45, 14 November 2023 (UTC)
antwoord
Coming soon: Reference Previews
A new feature is coming to your wiki soon: Reference Previews are popups for references. Such popups have existed on wikis as local gadgets for many years. Now there is a central solution, available on all wikis, and consistent with the
PagePreviews feature
Reference Previews will be visible to everyone, including readers. If you don’t want to see them,
you can opt out
. If you are
using the gadgets
Reference Tooltips or Navigation Popups, you won’t see Reference Previews unless you disable the gadget.
Reference Previews have been a beta feature on many wikis since 2019, and a default feature on some since 2021. Deployment is planned for November 22.
Help page
Project page with more information (in English)
Feedback is welcome
on this talk page
-- For
Wikimedia Deutschland’s Technical Wishes
team,
Johanna Strodt (WMDE)
13:11, 15 November 2023 (UTC)
antwoord
Veels geluk aan die Afrikaanse Wikipedia met jou 22ste verjaarsdag!
Gemeenskap, vandag - 16 November 2023 - is ons 22 jaar jonk! Baie dankie aan ons gebruikers vir julle, harde vrywilligerswerk! Niks soos spanwerk nie! SANBI het ons 'n kersgeskenk gegee: een van hulle dokumente wat die meeste inligting en foto's van Suid-Afrikaanse botanici bevat! Enige persoon wat wil help met die skep van artikels oor die persone kontak my asb. Die artikelskep is maklik, daardie integrasie... Groete!
Oesjaar
kontak
20:09, 15 November 2023 (UTC)
antwoord
Baie geluk aan ons wiki, en baie dankie aan al die bydraers! Hopelik sien ek van julle by SAAWK vanaand. @
Oesjaar
ek sal die SANBI dinge vanaand met jou bespreek. -
Rooiratel
kontak
08:12, 16 November 2023 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia het hul 22ste verjaarsdag by die Akademiekantoor gevier. By hierdie geleentheid is 'n nuwe ondersteuningsgroep, Die Beyweraars vir die Afrikaanse Wikipedia gestig. Hierdie groep se hoofdoel is om ondersteuning te gee om toe te sien dat die somtotaal van mensekennis op 'n vrye Afrikaanse digitale ensiklopedie beskikbaar sal wees as nalatenskap vir Afrikaanssprekendes nou en in die toekoms. Die stigterslede van Die Beyweraars is deur Deon Steyn, die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, en prof
Anne-Marie Beukes
bekendgestel:
Afrikaanse Taalraad
, Die
Taalkommissie
Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Pretoria FM
FEDSAS
; Afrikaans.com,
Naledi
, Vriende van NALN,
Protea Boekhuis
Voortrekkermonument
Die Erfenisstigting
FAK
, Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans en Nuuseum. Die stigterslede het by die funksie hul onderneming om 'n Beyweraar te wees bekragtig deur hul stigterlidsertifikate te onderteken. Die Afrikaanse Wikipedia het ook erelidmaatskap van die Beyweraars toegeken aan prof Laurette Pretorius vir haar uitsonderlike bydrae tot die bewusmaking van en die beywering vir die groei van die Afrikaanse Wikipedia.
Sobaka
kontak
15:52, 17 November 2023 (UTC)
antwoord
Dankie aan
Gebruiker:Aliwal2012
Sobaka
en
Rooiratel
wat daar was, dit word waardeer! Groete!
Oesjaar
kontak
18:16, 19 November 2023 (UTC)
antwoord
Hier open prof Beukes die verrigtinge:
Prof. Beukes open die verrigtinge
Groete!
Oesjaar
kontak
20:14, 7 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Skryfwedstrydartikels
Oesjaar
Taalfoendi
nou dat die Skryfwedstryd voltooi is, kan ons die Skryfwedstrydartikels wysig om by die wiki-styl te pas? -
Rooiratel
kontak
10:31, 17 November 2023 (UTC)
antwoord
Natuurlik. Baie dankie vir julle geduld.
Taalfoendi
kontak
14:18, 17 November 2023 (UTC)
antwoord
Mediadekking van ons verjaarsdagpartytjie
Gemeenskap sien die
berig in Beeld
en
Maroela Media
. Ek hoop dit dien as motivering!
Sien ook ons vriend
Dan Roodt
se
kommentaar op Facebook
Groete!
Oesjaar
kontak
19:48, 19 November 2023 (UTC)
antwoord
Datumformaat in aanhalingssjablone
Ek het die aanhalingsmodules, wat deur sommige aanhalingssjablone gebruik word (bv.
{Cite web}}
), bygewerk en die datumformat ge-
hard-code
na dag-maand-jaar. Nou sal datums in hierdie aanhalings volledig uitgeskryf word, bv. 20 November 2023 i.p.v. 2023-11-20 soos voorheen. Laat weet asb. as julle enige foute in die aanhalings opspoor (gewoonlik in vet rooi gemerk). –
K175
skil 'n appeltjie
17:48, 20 November 2023 (UTC)
antwoord
Ook: laat weet asb. as daar enige onvertaalde teks in die aanhalingssjablone vertoon word. –
K175
skil 'n appeltjie
17:50, 20 November 2023 (UTC)
antwoord
As dit werk, sal dit 'n groot verbetering wees.
Burgert
(kontak)
19:16, 20 November 2023 (UTC)
antwoord
Uitspraak vir 'roket', die een vir slaaie.
Roket
Môre mense!
Ek wil net graag die uitspraak weet van
roket
. Dit is:
Eruca sativa
Gisteroggend was daar 'n chef op
RSG
wat "rocket" gebruik het (uitgespreek soos die Engelse vuurpyl, wat rym met
pocket
en
socket
), en sy allerbeste probeer het om die Afrikaanse woord daarvoor te vind. Hy het ook Google Translate gebruik en net die vertaling vuurpyl gevind. Hy het nie die Afrikaanse naam geken nie. Ek was nogal verstom hieroor, want veral my moeder kweek roket in haar potte. Jy koop die saad sommer by U$ave, en dit groei nogal welig. Die eerste keer toe ek dit geëet het was op 'n broodjie by Checkers op Hermanus met brie-kaas en soetrissiesous. Jy eet die blare vars. Die blomme is nogal kenmerkend en nogal mooi vir versiering.
Tot my verbasing, vir iets so algemeen soos tiemie, roosmaryn, oreganum, sout en peper, ken slegs die
WAT
die woord. Dit staan nie in die
HAT
nie, en ook nie in die
Afrikaanse Verklarende Woordeboek
van Pharos nie.
Dit definisie is: Kruisblommige jaarplant,
Eruca sativis
(fam.
Brassicaceae
), met wit blomme en groen blaartjies wat 'n skerp, rokerige smaak het en in slaaie gebruik word; sin. damasblom.
Nou, ons gesin spreek dit
roe-kêt
uit, identies met die Frans,
roquette
(die r natuurlik minder gerol).
Die WAT erken ook die oe-klank hierbo, maar is daar mense wat die ander uitspraak ken? Is dit roo'ket (lang o), of roket soos met die Engels "rocket", maar met 'n -êt agterna?
Ek kan nie sê waarvandaan ons woord ingevoer is nie, want bo en behalwe Engels se "rocket", ken Nederlands ook "raket", of ons kon die woord sommer direk uit Frans ingevoer het.
Suidpunt
kontak
04:48, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Dit is 'n indringerplant wat hier genaturaliseer geraak het. Groete!
Oesjaar
kontak
05:32, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Sien
REDLIST Sanbi
en hulle naam! Groete!
Oesjaar
kontak
05:34, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien op inaturalist.org gee hulle ook die volgende Afrikaanse name
tuin-Eruca
en
wildekool
. Maar m.b.t die uitspraak van roket, kan ek nie help nie. -
Rooiratel
kontak
08:42, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek sê roket soos in Frans met 'n Afrikaanse r. –
K175
skil 'n appeltjie
10:06, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Sjabloon vir ruimtetuie
Gemeenskap, wat is die beste sjabloon vir ruimtetuie? Sien die verskil tussen
Apollo 8
en
Wenera 1
. Ek wil die ruimtetuig artikels standariseer. Groete!
Oesjaar
kontak
09:50, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Slegs vir duidelikheid:
Wenera 1
se artikel gebruik die generiese "Inligtingskas2" en
Apollo 8
sommer 'n "vrystyl wikitable". Beste,
Aliwal2012
10:58, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Miskien kan ons jong Turke
Gebruiker:K175
of
Gebruiker:Rooiratel
iets vir ons oorneem uit die Engels? Groete!
Oesjaar
kontak
11:38, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek stel voor ons dra
en:Template:Infobox spaceflight
oor na afwiki en vertaal dit. –
K175
skil 'n appeltjie
11:48, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Asb! Groete!
Oesjaar
kontak
12:13, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Yebo, hoera!
Aliwal2012
12:16, 21 November 2023 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
. Gaan asb. die vertaling van die sjabloon na. –
K175
skil 'n appeltjie
20:49, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Sluipmoord op John F. Kennedy
Ek wil graag 'n bladsy begin vir die sluipmoord op John F. Kennedy en het hulp nodig. Daar is geen ander artikels vir 'n "sluipmoord" nie. Enige iemand wat belangstel? Ek sien die Engelse sjabloon is "civilian attack". Dankie
Dumbassman
kontak
15:54, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Dumbassman
wil jy
en:Template:Infobox civilian attack
oordra na afwiki? Jy moet net onthou hulle
en:Template:Infobox
is ons
{Inligtingskas4}}
. Ek dink ons het nog sjablone wat die ou
{Infobox}}
gebruik. Wanneer hulle almal eendag na
{Inligtingskas4}}
gemigreer is, kan ons
{Inligtingskas4}}
na
{Infobox}}
skuif (of na
{Inligtingskas}}
met 'n aanstuur vanaf
{Infobox}}
). Maar intussen as jy die sjabloon van die Engelse Wikipedia kopieer, en alle sjablone wat die sjabloon gebruik en wat op afwiki nog ontbreek ook oordra, en al die sjablone wat jy oorgedra het, vertaal, en alle gebruik van
{Infobox}}
vervang met
{Inligtingskas4}}
, dan het jy 'n werkende sjabloon wat baie netjies lyk. Ek kan daarmee help, maar ek is net gou besig met
{Ruimtevlug}}
. Ek is ook besig om 'n Discord-bot te bou. Jy kan dit reeds
hier
uitprobeer. Op die oomblik publiseer dit net al die onlangse wysigings en ek is nog besig om dit goed te laat werk. Tussen dit en werk en admin weet ek nie wanneer ek jou met die sjabloon kan bystaan nie, maar as jy daarmee kan begin en dan om hulp vra wanneer jy vashaak dan kan ek daarna loer tydens my teepouse. –
K175
skil 'n appeltjie
18:10, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Ok, ek volg maar swaar. Maar sal solank die bladsy skep
Dumbassman
kontak
18:41, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien nou
John F. Kennedy-sluipmoordsamesweringsteorieë
bestaan. Nou twyfel ek of dit nodig is om dit te skep. Wat dink die wyse manne?
Dumbassman
kontak
19:01, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Daar is beter dinge om oor te skryf. Groete!
Oesjaar
kontak
19:05, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Dumbassman
nes jy wil. Ek dink daar is ruimte vir twee artikels. Die bestaande artikel handel oor die samesweringsteorieë rondom die sluipmoord. Jy kan die inligtingskas by
Gebruiker:K175/Sandput/Burgerlike aanval
gebruik. –
K175
skil 'n appeltjie
19:07, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Bench tests
Gemeenskap, wat is bogenoemde in Afrikaans? Groete!
Oesjaar
kontak
19:10, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Soos in "benchmark tests"? My tegniese woordeboek gee
: "hoogtemerk" of "hoogtebaken". -
Rooiratel
kontak
19:38, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Of "normtoetse". Hang seker af van wat jy bedoel.
Burgert
(kontak)
20:32, 22 November 2023 (UTC)
antwoord
Oekraïne op die voorblad
Sperdatum:
1 Desember 2023
(Bespreking geskuif vanaf
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad#Oekraïne
Ondersteun
– Dit het reeds voorbladstatus, maar miskien kan dit weer verskyn aangesien dit verband hou met onlangse gebeure. -
Rooiratel
kontak
10:38, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Rooiratel, ons het reeds 'n oormaat nominasies wat ons tot diep in 2024 sal dra. Ek dink eerlikwaar nie ons moet ou artikels weer promoveer nie.
Aliwal2012
15:05, 31 Oktober 2023 (UTC)
antwoord
Ek verstaan. Maar aan die ander hand, miskien is dit 'n goeie probleem om te hê. Ander wiki's het 'n nuwe voorbladartikel elke dag. Ek sien in Kategorie:Voorbladartikels dat ons tans 580 artikels het met voorbladstatus. Meer as genoeg vir 'n nuwe een vir elke dag van die jaar.
Ek is tevrede met 'n voorbladartikel per week, maar ek dink 'n nuwe een per dag kan ook goed wees. Die nadeel is dat dit sal ekstra werk verg, maar ek is bereid om in te spring en daarmee te help as dit nodig is. Die voordeel is dat dit ons lesers wys dat ons baie aktief is, en dat ons baie voorbladartikels het om mee te spog.
Ek sal graag wil weet wat die gemeenskap hieroor dink. -
Rooiratel
kontak
08:43, 1 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Sobaka
kontak
16:17, 10 November 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
– Ou voorbladartikels mag natuurlik enige tyd op ons voorblad verskyn, dis dus nie nodig om hulle weer te nomineer nie. Groete. --
SpesBona
21:45, 19 November 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
– Behalwe dat baie voorbladartikels nie meer aan die standaarde voldoen nie en sekere mense (jy inkluis) wil hê daar moet elke week 'n nuwe voorbladartikel wees.
Burgert
(kontak)
17:52, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Gee nuwe artikels eers 'n kans. Groete!
Oesjaar
kontak
19:25, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met @
Burgert Behr
oor die feit dat baie voorbladartikels nie meer aan die standaarde voldoen nie. Vergeet maar oor Oekraïne. Ek wil weet wat almal dink oor die idee om elke dag 'n nuwe voorbladartikel te wys in plaas van elke week. -
Rooiratel
kontak
19:31, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Daar is tans net vyf outeurs van voorblaaie, nou moet die volume van 52 na 365 gaan! Die lesers gaan baie van die voorblaaie nie sien as dit net een dag verskyn nie. Ek is gelukkig met die status quo. Groete!
Oesjaar
kontak
19:39, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Dit verg baie tyd en werk om 'n nuwe voorbladartikel te skryf. Dis veral die groot taalweergawes soos Duits, Engels, Frans, ens. met duisende voorbladartikels wat elke dag 'n nuwe een kan wys. Selfs Nederlands het nie genoeg om dit te kan doen nie. Ons het tans 583 voorbladartikels. Voeg maar 'n nulletjie by, dan sal ek dit ondersteun. Groete. --
SpesBona
19:45, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek stem saam dit sal meer admin wees. Maar ons hoef nie ekstra voorbladartikels te skep as ons nie wil nie. Ons het meer as een vir elke dag van die jaar. Ek sien nie hoe die huidige getal 'n probleem is nie. -
Rooiratel
kontak
09:06, 24 November 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
Die
status quo
werk piekfyn.
Lefcentreright
kontak
23:08, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
: Een opsie is om die sjablone wat die voorbladartikel publiseer, te herskryf sodat dit elke dag 'n ander artikel uit die versameling van artikels met voorbladstatus kies. Ons kan ook voorbladstatus van ouer artikels verwyder indien hulle nie meer aan die standaarde voldoen nie. Ek dink die Engelse Wikipedia doen lg., maar ek is nie 100% seker nie. Ek dink ons moet lg. dalk in elk geval doen, want dit maak nie veel sin om 'n artikel wat in 2001 op die voorblad verskyn het, of later, maar wat intussen sodanig gewysig is dat dit nou 'n swak artikel is, in die versameling van voorbladartikels te hou nie. –
K175
skil 'n appeltjie
00:42, 26 November 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
: Ek dink dat ons moet verseker dat die artikel
Oekraïne
altyd op datum is en as daar 'n groot ontwikkeling is, moet ons bereid wees om dit as 'n voorbladartikel te gebruik en om alle ander artikels met 'n week uit te stel.
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
Martinvl
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
Fluxgate magnetometer
Gemeenskap, vir julle wat so bakleierig is, wat is bogenoemde in Afrikaans? Vir eenkeer is ek sprakeloos... Daardie woord fluxgate! Ai!
Oesjaar
kontak
19:57, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Is dit dalk 'n flukspoort?
Sien
Jcwf
kontak
20:10, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Vloedhek
Frank
kontak
Netwerk24 as bron
Gemeenskap, hoe nuttig is dit om verwysings na
Netwerk24
-artikels te plaas? 'n Mens kan nie die artikels sonder 'n betaalde subskripsie lees nie. Is dit dus ooit 'n aanvaarbare bron? Voldoen
Netwerk24
aan Wikipedia se beleid van
Wikipedia:Verifieerbaarheid
? –
K175
skil 'n appeltjie
19:58, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Ja definitief. Hulle bedryf van die grootste Afrikaanse koerante, bv Beeld en Rapport. Groete!
Oesjaar
kontak
20:01, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Ek sien die Engelse Wikipedia beskou bronne agter betaalmure as geldig. Ek gaan dus intussen begin om verwysings na
Netwerk24
te plaas as ek nie 'n beter bron kan kry nie. –
K175
skil 'n appeltjie
20:11, 23 November 2023 (UTC)
antwoord
Vir my is dit dieselfde as om 'n boek as 'n bron te gebruik. Nie almal het toegang tot 'n spesifieke boek nie, of hulle moet dit koop (
betaalmuur
). Maar die boek is nog steeds 'n geldige bron in my opinie. -
Rooiratel
kontak
09:24, 24 November 2023 (UTC)
antwoord
My frustration with the cite templates
Let me do this in English because I think that these frustrations stem from changes like
this
by the Lua-author
Trappist the monk
K175
is faithfully implementing Afrikaans versions of the 'maintenance' categories here and warning messages have started to appear when I try to use the |authors parameter in references. Apparently use of the |editors parameter is now punished by an error message visible to the reader and so are "extra punctuations".
But these "errors" are not mine Trappist the monk. They are yours. When using the wikilibrary you can often download or copy a citation for a journal or a book pretty easily although formats can vary a little. For a book, the reference typically gives
the author
of the chapter or article
the title of the chapter or article
the editors of the whole book
the title of the book/proceedings whatever
And there are good reasons for this common practice in formatting scientific references. Editors are
not
authors. They have a different task and they have a supervisory function and deserve to be credited for that. The editors are often older, more experienced scientists in a field, usually professors. The authors are often grad students or post docs, people who do the hard work in the labs and need to get papers out to establish themselves in the field.
The title of the book is not the title of the article or chapter either.
Why the cite book template no longer allows one to add this info is really beyond me and the fact that information I have painstakingly copied into the references before is now earmarked as errors on my part is downright insulting.
Another thing that I find infuriating is the deprecation of the |authors= option in favor of having to specify each and every author separately. Many scientific papers have multiple authors. Sole authors have become rare. Some papers have
dozens
of authors. It really makes no sense to force users to annotate them separately as |author1 |author2 etc. even more so if you demand separate entries for first and last names. It adds absolutely nothing of value for the readers of our encyclopedia. It just add a lot of tedious make-work for the poor users trying to add content here, especially on sites like this one. The Afrikaans wiki does not have oodles of willing slaves ready to jump through every senseless hoop you have so artfully crafted for them. Having to add references contributes enough to our burden. already. And we are pretty much forced to use your software, hoops included, because otherwise we can no longer translate content from larger wikis, especially en.wiki.
Therefore, please respect the formats in which references are given and stay as close to them as possible. That also goes for punctuation. Usually the components of a reference are separated by commas. Why your software forces us to edit them all out is also beyond me.
Jcwf
kontak
21:59, 25 November 2023 (UTC)
antwoord
Jcwf
kan jy asb. 'n paar voorbeelde deel van waar jy hierdie probleme ondervind? Ek vermoed ons kan van die waarskuwings onderdruk en/of die Lua-kode aanpas sodat die voormalige gebruike van die sjablone steeds sal werk. –
K175
skil 'n appeltjie
23:13, 25 November 2023 (UTC)
antwoord
There are five namelists supported by cs1|2. They are the author-, contributor-, editor-, interviewer-, and translator-namelists. Some of those name lists had plural parameters:
|authors=
deprecated at
this edit
|contributors=
never supported
|editors=
deprecated at
this edit
; unsupported at
this edit
|interviewers=
replaced
|cointerviewers=
at
this edit
; unsupported at
this edit
|translators=
never supported
These parameters hold free-form text strings so could have (in theory) held anything that a wiki editor wanted to put in them.
cs1|2 creates
en:COinS
metadata for each template in an article. The metadata allows readers to consume our citations using reference management software (
en:Zotero
and the like). If we could rely on wiki editors to
always
create accurate, sensible namelists, with grammatically correct separator characters (comma between surname and given name, semicolon between individual names) we could write code to parse those text strings into their individual names so that the citations are machine readable. Alas, we cannot. If cs1|2 citations were read only visually (as you are likely reading this sentence) we could probably get away with
|authors=
and similar namelist parameters though oftimes reading the names in a manually formatted list of names can become very difficult because wiki editors most often (at least on en.wiki) separate all names (given, surname, individual names) with commas and sometimes space characters.
The purpose of a citation is
not
to give credit to anyone. The purpose of a citation is to help our readers locate a copy of the source that supports the wikitext in our articles.
I know that the title of a chapter is not the chapter of a book. What I don't understand is why that is important in this discussion.
please respect the formats in which references are given and stay as close to them as possible...
There are as many possible reference formats as there are editors to write them. It is unreasonable to expect a cs1|2 template to parse those formats into a single consistent rendering; the template and module processors don't have enough available memory or horsepower to do that.
Trappist the monk
kontak
00:03, 26 November 2023 (UTC)
antwoord
Thanks, Trappist, for the clarification.
Jcwf
ons kan 'n robot laat loop wat die meeste gevalle waar die authors-parameter gebruik word, kan probeer oplos deur 'n lys van outeurs wat 'n voorspelbare patroon volg, bv. naam + van + komma outomaties in naam-, van-pare op te breek. Dié wat dan nie so eenvoudig is nie, bv. mense met meer as een naam of van, of by lyste van outeurs wat nie enige voorspelbare patroon volg nie, kan ons handmatig nagaan.
Kategorie:AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter
hou rekord van al die bladsye waar die authors-parameter gebruik word. Kopieer jy die cite-sjabloon wat die authors-parameter bevat van iewers af? Ek sien op enwiki is daar ook bladsye wat authors gebruik, maar daar word ook foute vertoon (moontlik ook weens die onlangse wysigings aan die Lua-kode). –
K175
skil 'n appeltjie
00:49, 26 November 2023 (UTC)
antwoord
May I remind both you K175 and
Trappist the monk
that you do not pay me a salary and therefore have no right whatsoever to demand from me to jump through your unreasonable hoops. I am not going to add |author1= |author2= |author3= |author4= |author5= |author6= |author7= etc. again and again and again and again, to every reference I add, just because
you
have decided I have to waste my time on your terrible user-unfriendly programming. I am not your slave.
Jcwf
kontak
19:33, 27 November 2023 (UTC)
antwoord
I agree 100% with Jcwf. Dit lui immers
Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang
, as jy "authors", "work", "coauthors", etc. wil gebruik, mag jy dit doen. Niemand mag 'n verbod daarop plaas nie. Hoekom is daar twee sjablone wat amper dieselfde is:
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... en
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me .... Omdat ons
mag kies
. Op die Duitse Wikipedia het ons
de:Vorlage:Internetquelle
de:Vorlage:cite web
en
de:Vorlage:cite news
. Elke liewe gebruiker mag sy voorkeursjabloon kies, as iemand anders dit gaan verander, geld
de:Wikipedia:Korrektoren
wat in kort sê: "Nee, jy mag nie verander nie!", andersins mag ek jou rapporteer op
de:Wikipedia:Vandalismusmeldung
en 'n admin kan jou rekening versper weens vandalisme. Hierdie is die Afrikaanse Wikipedia en ons mag self besluit, watter sjabloon en parameters ons wil gebruik. Dit is 'n besluit deur die Afrikaanse Gemeenskap, niemand anders nie. Trappist the monk of enige ander mag vir ons nie parameters verbied wat ons wil gebruik nie. Dit is heeltemal onnodig om 'n bot duisende oorbodige wysigings te laat doen as daar 'n baie makliker oplossing is: Laat die parameters toe en elke gebruiker mag self kies, watter een hy gebruik. Ons het immers die vryheid, om die sjabloon nie te gebruik nie. "the template and module processors don't have enough available memory or horsepower to do that":
We do not have the ability
om altyd te kyk wat die Engelse Wikipedia doen nie, ons wil artikels skryf en hulle op datum hou, nie stukkende sjablone fieks nie. Wikipedia is 'n ensiklopedie wat ons in ons vrye tyd doen, dis nie ons werk nie. Ons almal is vrywilligers en ons besluit self wat ons in ons vrye tyd doen. As ons
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ... met die parameter "work=", etc. wil gebruik, mag ons dit doen. Die Afrikaanse Gemeenskap kan self oor al die parameters besluit. K175 het reeds Nederlandse parameters toegelaat, hoewel hulle nie by die Engelse sjabloon is nie. Ons is vry om ook ander parameters by te voeg. Groete. --
SpesBona
19:50, 27 November 2023 (UTC)
antwoord
Sjabloon vir Christelike teoloë, strominge en filosowe?
Hallo, ek het nog nie die geselshoekie gebruik nie so vee maar uit as die nie die regte formaat is nie.
Ek wou net hoor of daar nie sjablone is vir teoloë, Christelike Strominge en Filosowe nie, ek wil graag die Gereformeerde Stroom se artikels oordra en opdateer vanaf die Engelse wiki maar ek sien nie sjablone vir die bogenoemdes nie. --
ATravelingWizard
kontak
18:42, 27 November 2023 (UTC)
antwoord
Watter sjablone soek jy? Miskien moet jy hierdie sjablone self skryf.
Martinvl
kontak
22:09, 27 November 2023 (UTC)
antwoord
Sjablone soos op die engelse wiki vir teoloë en filosowe, en dan 'n sjabloon wat informasie van Christelike strominge bevat, soos vormings datum, stigter, hoof van stroming, hoeveelheid lede, kerke in gemeenskap, watse interkerklike organisasies hulle deel van vorm en hoof leerstellings.
Ek sou hulle self wou maak maar ek weet nie hoe nie.
ATravelingWizard
kontak
23:05, 27 November 2023 (UTC)
antwoord
Jy het 'n groter probleem met jou taalgebruik, sorteer dit eers uit dan kan ons kyk na ekstra sjablone.
Oesjaar
kontak
06:58, 28 November 2023 (UTC)
antwoord
ATravelingWizard
Het jy die name van die Engelse sjablone? Dan is dit net die kwessie van vertaling.
Martinvl
kontak
16:54, 28 November 2023 (UTC)
antwoord
Photometer
Gemeenskap, help asb! Wat sal 'n [
Photometer
] in Afrikaans wees? Groete!
Oesjaar
kontak
19:23, 29 November 2023 (UTC)
antwoord
Goeiemôre @
Oesjaar
Volgens die Fisikawoordeboek en die Sciwoord Chemiewoordeboek is dit
fotometer
of
ligmeter
Groete!
Taalfoendi
kontak
08:29, 30 November 2023 (UTC)
antwoord
Fotometer? Sien:
..SDH bepalings was gedoen met behulp van 'n LP 6
fotometer
(dr Lange fotometer, Wes Duitsland)..
Of: ligmeter?
Sien
Van Amstel, S.R., Olivier, G.C., Reyers, F. (1987). "GEDISSEMINEERDE INTRAVASKUlERE STOlLiNG IN PERDE: '1\1 VERSlAG VAN SES GEVAllE".
Journal of the South African Veterinary Association
58
(3):
109–
112.
(Afrik.). }}
Vandat ek die vraag hier gestel het was my gedagtes besig met die kwessie, die voordeel van oud word! Nadat ek die Engelse artikels oor die
Ligmeter
en die
Fotometer
gelees het, het ek besef wat die verskil is. Die ligmeter meet net die sigbare spektrum terwyl die fotometer die reeks frekwensies vanaf die ultraviolet tot infrarooi meet. Ek het reeds die artikel ligmeter geskep, fotometer sal ek later die naweek doen. Iemand is welkom om die Engelse artikel oor
lux
te vertaal.
Dankie aan almal wat insae hier gelewer het. Ons woordeboeke sal moet kennis neem van die verskille.
Groete!
Oesjaar
kontak
10:37, 1 Desember 2023 (UTC)
antwoord
SANBI,
Abraham Erasmus van Wyk
en Wikipedia
Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om met julle die volgende te deel: Ek het prof van Wyk gevra of hy dalk oor foto's beskik van
Louisa Bolus
en
Anna Amelia Obermeyer
, van ons twee bekendste vroulike plantkudiges, vir gebruik op Commons. Sy antwoord was nee maar hy gaan vir
SANBI
vir hulp vra. Sy woorde was dat hulle maar vol draadwerk was met hulle fotos. Hy het 'n lang motivering per epos na hulle gestuur en jou wrintie waar, hulle kom met 'n positiewe antwoord terug en ek kan kan bevestig dat die twee dames se foto gelaai en aanvaar is deur Commons nadat SANBI ook 'n vrye gebruik goedkeuring per epos aan Commons gestuur het. Ek en prof. van Wyk kyk nou na die volgende fotos wat ons wil hê.
Onthou, volgens my vorige skrywe insake SANBI, ek het 'n Engelse 17M lêer in my besit oor SA plantkundiges, wie soek 'n kopie om te help biografiese artikels skep oor hulle? Groete!
Oesjaar
kontak
14:09, 2 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dit is uitstekend! Baie dankie julle, dit is nie maklik om so iets te doen nie. -
Rooiratel
kontak
14:18, 2 Desember 2023 (UTC)
antwoord
O, en die lêer, wat is dit? 'n PDF of iets? Jy kan dit gerus vir my epos, ek sal dit graag gebruik om bladsye te skep. -
Rooiratel
kontak
14:20, 2 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dis vooruitgang. Die Akademie kan ook oortuig word om 'n fotograaf aan te stel by hul funksies, en dié fotos onder CC-by-SA vry te stel, of minstens op rekenaar te hou met hierdie oogmerk. Enkeles is reeds op commons, maar slegs waar dit wikipedia spesifiek aangaan. Daar is geleerdes van wie wikipedia bladsye sonder fotos het, en wat by sekere Akademie-funksies betrokke is.
JMK
kontak
20:34, 2 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek het vandag die lêer na
Gebruiker:Rooiratel
Gebruiker:Sobaka
Gebruiker:Burgert_Behr
en
Gebruiker:Aliwal2012
gestuur via We_Transfer.
Gebruiker:Jcwf
, soek jy ook 'n kopie? Wie anders soek ook 'n kopie? Groete uit 'n donker Krugersdorp!
Oesjaar
kontak
18:50, 5 Desember 2023 (UTC)
antwoord
HEC Paris
Hallo almal. Die
HEC Paris
-artikel is twee keer agtereenvolgens deur
Oesjaar
geskrap sonder bespreking en sonder geldige rede (die bronne was van goeie gehalte). Dit is die beste Europese sakeskool. Wat kan ons doen? Dankie by voorbaat.
138.99.239.142
20:12, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Jong,
Oesjaar
het die reg om die bladsy te verwyder as hy dink dit is nie voldoende nie. Ek het gekyk en jou artikel is kort. Probeer dalk eers 'n rekening skep en dan paar wysings maak?
Dumbassman
kontak
20:39, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dankie. Om die artikel te kan wysig moet dit steeds aanlyn wees. Kan jy dit asseblief heraktiveer en ek kan dit voltooi? Ek kan niks daar doen nie. Weereens dankie.--
138.99.239.142
21:01, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Die Franse artikel het 96 verwysings. Baie daarvan is onafhankelik van HEC self. Jy kan dalk 'n paar van hulle gebruik om die artikel beter te ondersteun.
Jcwf
kontak
21:20, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dankie. Ja, geen probleem. Die artikel moet net weer geaktiveer word. Ek kan niks daar doen nie. Dankie by voorbaat.--
138.99.239.142
21:24, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Daai is Oesjaar se besluit. Ek stel voor jy registreer op Wikipedia
Dumbassman
kontak
21:27, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek wil graag 'n rekening skep en die artikel oorskryf maar as dit beteken dat dit weer sonder bespreking uitgevee sal word...Wat dink jy?--
138.99.239.142
21:59, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek het die tyd geneem om weer die artikel te skep:
HEC Paris
. Asseblief wat is jou mening? weereens dankie. --
138.99.239.142
22:40, 3 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek het 'n paar taal en ander veranderinge aangebring in 'n poging om dit meer neutraal te maak. Maar dit sal waardeer word as jy registreer as gebruiker wat dit heelwat makliker behoort te maak, om die bona fides van die soort artikel te vertrou.
Sobaka
kontak
06:09, 4 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Baie dankie vir jou hulp. My IP is reg sodat ons normaal kan praat. Ek hoop dat ander bydraers hierdie artikel verder sal verbeter. Die Engelse weergawe is 'n goeie bron:
en:HEC Paris
asook die Financial Times-ranglys van die dag
Weereens dankie. Die uwe. --
138.99.239.142
14:17, 4 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Maroela Media
Gemeenskap, neem kennis dat ek nou reeds twee keer by Maroela Media gaan kuier het, ek was op soek na toegang tot die
Wêreldspektrum
, omrede ek vrae daaroor het. Tot my verbasing het hulle 'n hele stel aan my geskenk wat nou hier in my huis is. Indien julle navrae het laat weet maar. Hulle het ook 'n stel Afrikaanse Kinderensiklopedie beskikbaar, maar ek het eenvoudig net nie plek by my huis nie. Wie stel belang? Ek het reeds
Sobaka
daaroor ingelig. Groete!
Oesjaar
kontak
18:55, 5 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek bied aan om die boeke in
Modjadjiskloof
te huisves, ek het toevalling 'n leë vertoonkas met glasdeure. Welkom!
Aliwal2012
13:49, 10 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Beurtkrag
Kan iemand dalk 'n saadjie hieroor skryf? Ek het 'n stukkie oor GoSolr bygevoeg op
sonsel
. Dit lyk of
beurtkrag
nou die gebruik van sonkrag in Suid-Afrika stimuleer. Dit is 'n wonderlike ontwikkeling.
sien
Jcwf
kontak
03:03, 6 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Sobaka
kontak
08:40, 6 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Portale
Die portale se bladtrekke is ongelukkig 'n bietjie afdraand. Kan ons dalk 'n hoekie op die tuisblad bestee aan 'n "Portaal van die Maand" of so? Portale is mos 'n investering van tyd en moeite en kan lesers na die beste artikels lei.
Jcwf
kontak
04:44, 8 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Wat van "voorbladportale"? Die Duitse, Engelse en Franse Wikipedia het dit ook? Groete. --
SpesBona
22:10, 14 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang
Gemeenskap, daar ontstaan weer 'n debat oor watter onderwerpe vrywilligers mag skryf en of ons vir ander vrywilligers mag se waaroor hulle liewers nie mag skryf nie. Ek is 'n voorstander van
Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang
. Solank jy by die reëls hou, neutraal skryf, bronne gebruik en daar taalskakels is, mag jy daaroor skryf en niemand mag jou keer nie. Dis jou vrye tyd wat jy hier spandeer en jy mag self kies, waaroor jy in jou vrye tyd skryf. Terloops, dit gaan oor Burgert Behr se artikel
menslike penisgrootte
wat Aliwal2012 al twee keer verwyder het en wat ek twee keer teruggeplaas het. Dit herinner my ook aan
Bespreking:Tuisblad/Argief 1#Voorbladartikel oor seks
. Dit is net my beskeie mening, maar wat dink julle? Groete. --
SpesBona
16:35, 8 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Die artikel is op 35 ander Wikipedias en is wetenskaplik gefundeer. Ek het die Engelse artikel van 67
199 grepe ingrypend verkort.
Burgert
(kontak)
17:17, 8 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek dink dis gruwelik! Daar is 50 000 ander onderwerpe om oulike artikels oor te skryf. Burgert, dis nie nodig om jou kombuistaal hier af te forseer nie!
Aliwal2012
17:23, 8 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Oulik? Ek het nog nooit oulike artikels geskryf nie. En wat is "kombuistaal"? Styf en slap?
Burgert
(kontak)
17:42, 8 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
die
holocaust
is gruwelik,
kanker
is gruwelik. Ek kan 'n baie lang lys van gruwelike onderwerpe skep. Kan ons maar al daai artikels skrap? -
Rooiratel
kontak
08:06, 15 Desember 2023 (UTC)
antwoord
(New) Feature on
Kartographer
: Adding geopoints via QID
Since September 2022, it is possible to create geopoints using a QID. Many wiki contributors have asked for this feature, but it is not being used much. Therefore, we would like to remind you about it. More information can be found on the
project page
. If you have any comments, please let us know on the
talk page
. – Best regards, the team of Technical Wishes at Wikimedia Deutschland
Thereza Mengs (WMDE)
12:31, 13 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Flash fiction en Fan fiction
Hoe sou mens
en:Flash fiction
en
en:Fan fiction
vertaal? "Blitsfiksie" klink OK. "Ondersteuner-fiksie" klink aaklig! @
Taalfoendi
Suidpunt
Geebee100
enige idees? -
Rooiratel
kontak
15:57, 15 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dit sal ondersteunersfiksie wees, maar dit verander nie aan die wenslikheid van die woord nie.
Burgert
(kontak)
16:39, 15 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Volgerfiksie is 'n voorstel in 2016
by Viva, ek wou sê ek onthou nog die woord.
Suidpunt
kontak
16:46, 15 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dankie julle. Ek sal 'n saadjie skep vir elk en so vertaal. Wanner ek klaar is, maak asseblief enige veranderinge as julle goeddink. -
Rooiratel
kontak
10:02, 16 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Cook Strait
Gemeenskap, sal dit die Cookstraat of Cookseestraat in Afrikaans wees? Straat van Cook... My vesel hier by die huis was vir 24 uur af! Ai! Groete!
Oesjaar
kontak
19:22, 17 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Die Cook-seestraat of Cook Seestraat. Groete.
Frank
kontak
12:29, 18 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gemors onderaan bladsye
Ag nee, hoe kom dié gemors nou weer onderaan bladsye? Kyk
Indrik
. En hoekom is my naam nou skielik twee keer agteraan die kommentaar? En wat se intekending staan nou hier? Wie het weer aan die goed gelol, of raak ek mal?
K175
, is dit jy?
Burgert
(kontak)
19:33, 17 Desember 2023 (UTC)
Burgert
(kontak)
19:33, 17 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Hi, ek het die formaatfout by
Indrik
reggemaak. Ek sien jy het jou gebruikersnaam verander. Het jy al jou handtekening verander? Goed gaan,
Lefcentreright
kontak
19:49, 17 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dankie! Jammer,
K175
Burgert
(kontak)
19:56, 17 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Bybelonderwerpe
Bybelonderwerpe is baie moeilik in Wikipedia. Die sienings van die kenners is teenstrydig, denominasies is baie en emosies loop hoog. Kan julle nie liewers vir elke Bybelonderwerp 'n afdeling vir elke denominasie of siening maak nie?
Byvoorbeeld, 2 Korinthiers 5 is kern in die bespreking van die vraag of mens 'n onsterflike sien het wat dadelik hemel (of hel) toe gaan. Mens sou kon dink aan 'n bladsy vir hierdie hoofstuk, en afdelings vir die verskillende interpretasies daarvan. As mens elke sodanige afdeling beperk tot, byvoorbeeld, 300 woorde, maar dan die denominasie die geleentheid gee om self sy afdeling te formuleer, kan dit 'n pragtige bron van inligting word.
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
Aniekerk
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
Gekant
-- Ons is 'n onafhanklike neutrale ensiklopedie, nie 'n preekstoel vir jou denominasie nie. Jy kan ons nie misbruik vir gratis propaganda nie.
Jcwf
kontak
10:33, 18 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Ons het reeds bladsye wat handel oor spesifieke onderwerpe en strominge in Christendom bv.
Predestinasie in Calvinisme
Saligheid
Siel
Erfsonde
Sola Scriptura
. Ek verstaan nie heeltemal wat U van ons verwag nie. -- Groete
ATravelingWizard
kontak
21:45, 19 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
-- Bybel en politiele artikels het een ding in gemeen: dit is onmoontlik om dit neutraal te skryf.
Oesjaar
kontak
05:54, 20 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
Ja, en nee. Wag, wag, wag... word daar bedoel soos elke vers word afsonderlik beskryf? Soos Spurgeon, Kuyper en kie en feitlik elke Hollandse en Duitse kommentaarboek wat bestaan deur die eeue heen? Dit sou nogal
cool
gewees het, moet ek toegee. Maar dit bly 'n onbegonne taak. Ons sal ook na die binnekamer van die Vatikaan toe (en my Latyn is nog bietjie vrot).
Die probleem is, elke dominee en akademikus gebruik elke week die verse in 'n ander konteks. En party dele in 'n hoofstuk word uitgesonder, weggelaat, ingesluit... my kop draai. Nuwe opgrawings word ook konstant gemaak, sodat die Bybel-interpretasie dikwels in die akademiese wêreld verander. Ongelukkig kry jy ook
Hineininterpretierung
waar die predikant een Sondag 'n vers aanhaal soos Ace Attorney (OBJECTION!!!!) in sy welvaartprediking, terwyl presies dieselfde vers in 'n ander kerk die vlamme van die hel teen die suile laat oplek, om die gemeentelede van hul toekoms te waarsku as hul die drankduiwel bly aanbid.
Suidpunt
kontak
09:33, 23 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Is u dalk bewus van
? Daardie Afrikaanse ensiklopedie het artikels klein en nommerpas soos u dit sou verkies. En boonop deur kundiges op hul gebied geskryf. Nie bitter groot nie, dalk bietjie eensydig [uit een oogpunt geskryf], maar tog baie nuttig op sy gebied. En 'n ewe groot aanwins vir Afrikaans.
Suidpunt
kontak
09:37, 23 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ysland
Indrukwekkend...
Jcwf
kontak
11:16, 19 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Prof Braam en die fotos's!
Gemeenskap, neem asb kennis dat Prof Braam foto's vir die volgende genera op Commons gelaai het:
Acharia
Ceratiosicyos
Guthriea
Salix
Kiggelaria
Gerrardina
Populus
Scolopia
Trimeria
Xylotheca
... indien julle niks te doen het nie! Groete!
Oesjaar
kontak
13:43, 19 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ons straf...
Ek sien meer en meer, nie werklik ensiklopediese artikels, word hier by ons geskep oor onbenullige mense iewers in Afrika - sonder dat daar ooreenstemmende artikels op die Engelse Wikipedia is. Die rede daarvoor is eenvoudig dat die Afrikaanse Wikipedia 'n reus in Afrika is en die ander Wiki's in Afrika nie werklik uitreik nie omrede hulle so klein is. Ons kan nie toelaat dat die Afrikaanse Wikipedia 'n stortings terrein vir gemors raak nie. Groete!
Oesjaar
kontak
14:41, 20 Desember 2023 (UTC)
antwoord
'n Geseënde Kersfees!
'n Geseënde Kersfees almal!
Jcwf
kontak
19:22, 24 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, Jaap!
Lefcentreright
kontak
19:45, 24 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dankie, dieselfde! Groete!
Oesjaar
kontak
20:38, 24 Desember 2023 (UTC)
antwoord
'n Geseënde Kersfees! Groete,
Aliwal2012
07:29, 25 Desember 2023 (UTC)
antwoord
'n Geseënde Kersfees van my kant ook! Groete. --
SpesBona
22:00, 25 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dieselfde! Groete!
Tiedmied
kontak
22:34, 25 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Uitnodiging
Kollegas, ek nooi u uit om deel te neem aan die
bespreking
op Meta oor die toelaatbaarheid van die nominasie van die artikel
Poetin – choeilo!
tot goeie status en plaas dit op die hoofblad van Wikipedia.
Asorev
kontak
08:10, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dit gaan oor die Russiese artikel,
ru:Путин — хуйло!
Burgert
(kontak)
09:23, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ek dink hier is min bydraers wat Russies lees of in Russies bydra.
Asorev
sou dit nie beter wees om op die Russiese Wikipedia te vra nie? Terloops, die Russiese artikel lyk kort. Ek weet nie wat ruwiki se vereistes is nie, maar ek dink nie so 'n kort artikel sou hier voorbladstatus behaal nie. –
Pynappel
kontak
22:38, 29 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Sensitiewe lesers
Nie vir sensitiewe lesers
Van die feite of beelde in dié artikel kan sommige lesers ontstel
In die lig van die "bohaai" oor
Menslike penisgrootte
en
Seks
het ek gewonder of ons die sjabloon hier bo by sommige artikels kan plaas (net vir uiterse gevalle, soos
Sataniese rituele misbruik
, wat oor die seksuele misbruik van kinders handel).
Burgert
(kontak)
08:52, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Baie goeie idee, ek ondersteun! Groete!
Oesjaar
kontak
09:07, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Steun idee.
Sobaka
kontak
10:34, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Ek dink dis onnodig.
Pynappel
kontak
11:08, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Aliwal2012
13:07, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
- Dis 'n moeilike ene. Die Europeërs loop elke dag verby standbeelde van kaalgat gode sonder om te blik of te bloos - want die feit dat hulle nie klere dra nie, maak hulle gode. En wat, in alle eerlikheid, dink jy gaan jy kry by die manlike roede? En dan is daar ook die ouderdomsaspek: die mediese feite van hoe radioaktiewe straling byvoorbeeld selverdeling staak, met die gevolg dat iemand letterlik in lewende lywe voor jou oë wegvrot, bloed wat by alle liggaamsopeninge onkeerbaar uitloop, is vir my veel erger om te verteer as 'n haai wat 'n man se been afknabbel, of Antjie Somers wat 'n vrou se nekvel soos 'n rot deurgeknaag het. Die grootste vrees is goed waaroor jy absoluut geen beheer het nie. Ek belowe: Fanie Viljoen se omskrywing van 'n operasie in
Nova
het die surigheid in my keel laat opkook 🤮. En dit beskou ek as briljante skryfwerk! En nou sal enige dokter of apteker my verwilderd aankyk: maar mens, c'est la vie!
Suidpunt
kontak
14:00, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
Ek dink dit gaan veral 'sensitiewe' lesers aantrek wat se grooste genoege is om bohaai te skep. -
Jcwf
kontak
15:16, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
- Ek dink juis dit is om ons te "cover" as die sensitiewe leser dan aangetrek word. Ons het hom gewaarsku. Sulke waarskuwings word dikwels in koerante en tydskrifte gebruik, want ons ou volkie is maar "sensitief".
Burgert
(kontak)
16:32, 28 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Goeie idee!
ATravelingWizard
kontak
09:34, 29 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
– Jy kan agt miljard mense op agt miljard verskillende maniere ontstel. Groete. --
SpesBona
22:00, 29 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Kommentaar
- die groot rede hoekom dit is ondersteun: dit gee my 'n lekker bemarkingpunt wanneer ek met skoolhoofde en die tipe mense praat. Dit stuur 'n boodskap uit van: ons gee om! Groete!
Oesjaar
kontak
07:41, 30 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
- Wikipedia is veronderstel om 'n ensiklopedie te wees en nie 'n sogenaamde "
safe space
" nie.
Lefcentreright
kontak
11:33, 30 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- Dit is die moeite werd om te probeer, al is dit nie perfek vir almal nie. Dit is iets. Ja! Ek self sal dit vir my en my kinders wou sien.
Thermofan
kontak
08:32, 9 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ontsluit van "
Kategorieë
Wikipediabesprekingargiewe
Navigasiebokse vir Suid-Afrikaanse paaie
Wikipedia
Geselshoekie/Argief2021+2022+2023
Nuwe onderwerp
US