Wikipedia:Geselshoekie/Argief2024 - Wikipedia
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wikipedia:Geselshoekie
Hierdie bladsy dien as 'n
argief
van ou besprekings.
Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie.
Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die
huidige besprekingsblad
'n Voorspoedige 2024
'n Voorspoedige 2024 aan al ons gebruikers, admins, burokrate en familie! Hierdie jaar is nog 'n jaar vir skoolkontak, ons gaan verder probeer! Dankie aan
Gebruiker:SpesBona
en
Gebruiker:Aliwal2012
wat seker maak dat ons elke Maandag 'n nuwe voorblad het! Groete!
Oesjaar
kontak
22:02, 1 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
My straf...
Nasionale
krieketspanne
volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:
Voorbladster
Amper klaar
Ander artikels
Nasionale
rugbyspanne
volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:
Voorbladster
Amper klaar
Ander artikels
...is dat die Afrikaanse Wikipedia blykbaar te klein is vir 'n unieke projek soos ek in krieket en rugby doen. Op die Duitse Wikipedia verloop dit met heelwat minder probleme, minder weerstand en aansienlik meer ondersteuning. Met elke nuwe nominasie van my kant af vrees ek net dat dit verwerp word en my voorbladreeks ná 27 van 34 krieket- en 22 van 27 rugbyartikels en vyf jaar se intensiewe werk daaraan gekelder word. Let op: Al die artikels klop die Engelse Wikipedia s'n en stem ooreen met die Duitse artikels, terwyl alles ook by elke geleentheid mooi hersien word. Elke liewe artikel het op die Duitse Wikipedia weke se uitbreiding deur myself en Voyager (rugby) en Maphry (krieket) ondergaan en is daarna binne vier dae in Afrikaans vertaal, elkeen van die nou sowat 50 voorbladartikels! Daar is min artikels oor in dié reeks, soos julle op
Gebruiker:SpesBona/Werksbank
sal kan sien. Die artikels wat oor is, is baie min in vergelyking met dié wat ek reeds agter die rug het:
Krieket
Rugby
Duitse nasionale krieketspan
Hongkongse nasionale krieketspan
Krieket
Papoea-Nieu-Guinese nasionale krieketspan
T20I-wêreldbeker 2021
T20I-wêreldbeker 2022
Ugandese nasionale krieketspan
Britse en Ierse Leeus
Chileense nasionale rugbyspan
Duitse nasionale rugbyspan
Portugese nasionale rugbyspan
Spaanse nasionale rugbyspan
Die goeie nuus is: Ná hierdie genoemde artikels sal net toernooie soos die
Krieketwêreldbeker 2027
en
Rugbywêreldbeker 2027
voorbladartikels kan word, maar net met meer as 100
000 grepe. Dit belowe ek julle, aangesien dan al die toets-, EDI- en wêreldbekertoernooispanne reeds voorbladartikels is. Onthou maar ook van my voorbladartikels soos
Durban
vlag van Suid-Afrika
Proteas
en my opknapping van
Springbokke
. As my laaste projek vir die jaar 2023 het ek al die oorblywende beheerliggame vir die nasionale spanne geskep in die gewoonte manier, saam met die nodige kategorieë en kentekens. Dit was 40 nuwe artikels binne vier dae en hulle vergelyk goed met die Engelse eweknieë. Hiermee sal julle ook my beplande voorbladartikels kan sien, soos op die kaarte langsaan. Onlangs het ek ook kontak gemaak op die
Swahili-Wikipedia
oor my projek en hulp aangebied. Is daar enige Goeie Hoop vir 'n eenmalige projek in die hele, groot wêreld van Wikipedia en mag ek dit in 2024 afsluit? Op die Duitstalige Wikipedia is net die nasionale krieketspanne van Duitsland en Uganda oor, al die ander is reeds klaar en "lesenswaardig". 'n Derde manier waarmee julle my beplande artikels sal kan sien. Enige verrassings uitgesluit. Groete. --
SpesBona
21:45, 29 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Dalk is die Afrikaanse Wikipedia te klein vir so baie sportartikels. Ons plaas net een keer per week 'n nuwe voorbladartikel, en 12 van hulle kan nie oor sport gaan soos in 2023 nie. Ek beweer nie alles wat ek doen is reg nie, maar kyk watter verskeidenheid artikels ek doen, van
Koninkryk Juda
tot
Sagittarius A*
tot
Russiese folklore
. Ek doen dit met opset om die verskeidenheid groot te hou. Dit is tog waaroor die voorbladartikels gaan: om iets vir almal aan te bied, nie om een mens se passie ten toon te stel nie.
Burgert
(kontak)
11:04, 30 Desember 2023 (UTC)
antwoord
My twee sente: voorbladartikels is eintlik veronderstel om volgens
kwaliteit
te beoordeel word en nie volgens die onderwerp daarvan nie nie.
SpesBona
is duidelik baie passievol oor sport en hy sit die tyd en die moeite om die artikels om tot voorbladartikelstatus te bring. Daarvoor kan ons hom nie straf nie. Hy moet toegelaat word om voort te gaan met sy projek en ons moet hom die nodige ondersteuning bied.
Lefcentreright
kontak
11:19, 30 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Kom ons doen die wiskunde: Bogenoemde artikels is altesaam twaalf (sewe in krieket en vyf in rugby), saam met
Krieketwêreldbeker 2023
Rugbywêreldbeker 2023
Omaanse nasionale krieketspan
en
Zimbabwiese nasionale rugbyspan
is daar tans 16 moontlike sportartikels van my kant af.
T20I-wêreldbeker 2024
gaan heel waarskynlik ook 100
000 grepe haal, en ek nomineer slegs toernooie met meer as dié aantal grepe en nasionale spanne bo 50
000 grepe (eintlik amper 60
000 grepe soos op die Duitstalige Wikipedia) vir voorbladstatus. Al die nasionale spanne nomineer ek in paartjies, byvoorbeeld sal ek albei Duitse nasionale spanne saam voorstel. En ek nomineer hulle teen 'n stadige koers, nadat een paartjie klaar genomineer en geargiveer is, nomineer ek die volgende. Met die huidige stand van sake streek ons reeds by week 30 2024 en my huidige paartjie Oman en Zimbabwe is slegs die onderskeidelik derde en vierde sportvoorblaaie vir 2024. As ons al die genoemde artikels agter die rug het, sal oor die volgende jare baie min voorbladartikels oor sport wees, aangesien daar tans nie nasionale spanne is waaroor ek genoeg kan skryf vir voorbladstatus nie. Slegs krieket- en rugbywêreldbekerartikels sal dan voorbladartikels kan woord. Dit beteken hoe vinniger (slegs teen die genoemde koers) ons die artikels agter die rug het, hoe beter vir almal, waarvolgens enige vertraging myns insiens nie sin maak nie (
Aliwal2012
). Al die artikels voldoen aan die
riglyne vir voorbladartikels
en ek nomineer hulle net op grond van hul kwaliteit (en weens my konsekwentheid). Voorspoedige nuwe jaar 2024 vir almal! Groete. --
SpesBona
20:00, 31 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Sobaka
en
Lefcentreright
voel vry en sê asseblief julle sê op
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
hieroor. Groete. --
SpesBona
21:45, 1 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie vir die goeie werk. Sien geen rede waarom die artikels nie voorblad status moet bekom nie.
Sobaka
kontak
07:21, 2 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
, jammer ek het nie gouer gereageer nie maar het ander Wikipedia Stigting probleme. Groete!
Oesjaar
kontak
23:07, 2 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Is daar werklik 'n "teveel aan sportartikels op ons voorblad? Hier is 'n bietjie statistiek oor
voorbladartikels
81
landartikels (insluitende deelstate, provinsies, gebiede, ens.):
Alabama
Andorra
Antarktika
Argentinië
Armenië
Australië
Azerbeidjan
België
Berg Athos
Botswana
Brasilië
Bretagne
Bulgarye
Chili
Costa Rica
Denemarke
Duitsland
Estland
Ethiopië
Faroëreilande
Finland
Frankryk
Frans-Guyana
Georgië
Hawaii
Hesse
Ierland
Iran
Italië
Japan
Kambodja
Kanada
Kasakstan
Krim
Letland
Libië
Litaue
Madagaskar
Malawi
Malta
Meksiko
Moldowa
Monaco
Namibië
Nederland
Nedersakse
Nieu-Seeland
Noord-Ierland
Noord-Masedonië
Noorweë
Normandië
Oekraïne
Oostenryk
Paaseiland
Papoea-Nieu-Guinee
Pole
Provence
Quebec
Réunion
Rusland
São Paulo
Senegal
Siberië
Skotland
Slowakye
Suid-Afrika
Svalbard
Swede
Switserland
Tahiti
Thailand
Tsjeggië
Uruguay
Verenigde Koninkryk
Verenigde State van Amerika
Vermont
Waalse Gewes
Wallis
Wes-Australië
Ysland
Zambië
57
stede:
Alexandrië
Amsterdam
Arles
Belfast
Berlyn
Bergen
Bernau bei Berlin
Bordeaux
Bredasdorp
Bremen
Brussel
Buenos Aires
Carcassonne
Chicago
Darmstadt
Durban
Frankfurt am Main
Genua
Glasgow
Gotenburg
Hamburg
Harlem
Helsinki
Istanboel
Johannesburg
Kaapstad
Kaliningrad
Keulen
Leiden
Londen
Los Angeles
Miami
Milwaukee
Montreal
Montreux
Moskou
Parys
Perth
Port Elizabeth
Potsdam
Pretoria
Reykjavik
Riga
Rio de Janeiro
São Paulo
Shanghai
Straatsburg
Sydney
Tirus
Treviso
Turyn
Valencia
Venesië
Vilnius
Warskou
Washington, D.C.
Zürich
26
nasionale vlae:
Vlag van Argentinië
Vlag van Armenië
Vlag van Australië
Vlag van Azerbeidjan
Vlag van Brasilië
Vlag van Chili
Vlag van Denemarke
Vlag van die Filippyne
Vlag van die Republiek China
Vlag van die Verenigde Koninkryk
Vlag van die Verenigde State
Vlag van die Volksrepubliek China
Vlag van Duitsland
Vlag van Europa
Vlag van Frankryk
Vlag van Hongkong
Vlag van Indië
Vlag van Israel
Vlag van Japan
Vlag van Kanada
Vlag van Meksiko
Vlag van Namibië
Vlag van Nieu-Seeland
Vlag van Puerto Rico
Vlag van Singapoer
Vlag van Suid-Afrika
Die meeste van ons voorbladartikels, meer as 100, dalk 150, gaan oor geografie. Daar is altyd iemand wat nie van 'n onderwerp hou nie en persoonlike smaak is nie 'n rede of reël vir of teen voorbladartikels nie. Sover ek weet is op die Finse Wikipedia die meeste lande lesenswaardig of selfs voorbladartikels, bv.
fi:Etelä-Afrikka
(Suid-Afrika),
fi:Namibia
en
fi:Botswana
. Sou hulle dieselfde debat gehad het oor teveel landartikels as lesenswaardige artikels? Groete. --
SpesBona
15:15, 5 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ag hou nou op met jou gekerm, toe?
Burgert
(kontak)
16:16, 5 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Pampoentjies
Ek het gevind dat dit 'n saadjie was, maar dit het baie bladtrekke gekry ('n gemiddelde 125 per dag) en ek het nie besef waarom nie. Maar dit blyk dat daar in 2023 'n uitbraak in Suid-Afrika was. As iemand nog onlangser inligting het of verbeter kan, vul gerus aan. Ek is geen medikus nie.
Jcwf
kontak
11:48, 30 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Die realiteit is dat mense meer en meer
Google
vir inligting en die koste van boeke word net meer en meer. Hoekom R500 spandeer vir 'n boek as jy dit verniet aanlyn kan kry, iets wat in ons guns tel! Groete!
Oesjaar
kontak
06:38, 2 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Iets wat net in ons guns tel wanneer hulle hier ook regtig iets daaroor kan vind. Anders werk dit dalk afstotend. Albei
pampoentjies
en
witseerkeel
was klein saadjies wat baie bladtrekke gekry het.
Jcwf
kontak
16:33, 5 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Daar is tans 'n uitbraak van
Cholera
in Zimbabwe, die artikel is 'n bietjie groter as pampoentjies en witseerkeel. Groete!
Oesjaar
kontak
16:43, 5 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Voorspoedige Nuwejaar
Voorspoedige Nuwejaar aan jul almal, mag 2024 geseënd wees🎉🎆, Groete!
ATravelingWizard
kontak
23:54, 31 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Voorspoedige nuwejaar aan al ons gebruikers en outeurs! Aan al die outeurs, ons het met oor die 7000 artikels gegroei, 2023 is begin met net oor die 106
000 artikels en ons staan tans op 113 747! Nie te versmaai nie! Groete!
Oesjaar
kontak
07:11, 1 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dieselfde! Groete!
Tiedmied
kontak
09:40, 3 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
En van my! -
Jcwf
kontak
12:00, 3 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Besoekstatistieke...
Gemeenskap, hier is die jongste besoekstatistiek:
Maandeliks
. Dit is duidelik dat daar 'n opwaartse neiging is bv. Desember, tradisioneel ons swakste maand, het verdubbel sedert 2021/22! Dit is ook duidelik dat ons besoekstatistieke afneem tydens skoolvakansies in Julie en Desember. Dit bevestig dat skoolkinders wel ons Wikipedia gebruik - terwyl die skoolhoofde dit ontken! Ek sou graag wou weet waaraan ons groei toegeskryf kan word? Die radiopraatjies deur myself en
Gebruiker:Sobaka
, ons uitstekende voorbladartikels, ons FB-blad wat tans oor 1344 lede beskik en weekliks bygewerk word? Dankie aan almal se bydraes! Laat dit dien as motivering vir julle! Groete!
Oesjaar
kontak
06:34, 2 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Antimima pulchella
Vraag aan ons slimmer, jonger manne: hoekom kry ek nie foto uit
Antimima_pulchella
oorgedra uit Commons nie? Ek vermoed dit het iets met die naam te doen. Groete!
Oesjaar
kontak
06:32, 4 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek is nie jonk nie, maar . . . Bedoel jy dié een?
Burgert
(kontak)
07:11, 4 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja oom! Groete!
Oesjaar
kontak
07:59, 4 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Die 15-jaar klub!
Gemeenskap, komende Sat die 6de vier ek my 15de verjaarsdag op ons Wiki. Ek weet
Gebruiker:BurgertB
is reeds deel van die klub. Is daar nog ander lede? Groete!
Oesjaar
kontak
06:36, 4 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Daar is 8 lede behalwe jy:
Gebruiker:Alias
Gebruiker:BurgertB
Gebruiker:Morne
Gebruiker:Naudefj
Gebruiker:NJR ZA
Gebruiker:Sobaka
Gebruiker:SpesBona
Gebruiker:Voyageur
Aliwal2012
20:02, 4 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie geluk @
Oesjaar
! -
Rooiratel
kontak
20:44, 7 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Louisa Bolus
Die van julle wat hou van statistiek, ek bevestig dat daar tans 1024 skakels na die botanikus
Louisa Bolus
is. Die Engelse Wikipedia se ekwivalent is 112. Dit is lekker bemarkings materiaal. Groete!
Oesjaar
kontak
15:19, 4 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Kan ons 'n sjabloon skep wat wys dat 'n bladsy meer as 'n 1000 skakels het? Groete!
ATravelingWizard
kontak
10:18, 5 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
waar sien jy dit? Ek sien dit nie op die bladsy inligting nie, en as ek op "Skakels hierheen" kliek, dan moet ek die skakels 50 op 'n slag met die hand tel. Is daar 'n makliker manier? -
Rooiratel
kontak
20:46, 7 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Rooiratel
, langs die 50 vertoon 'n reeks getalle met 500 die grootste. Kliek op die 500. Groete!
Oesjaar
kontak
05:27, 8 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
LUX en Lumens
Iemand wat niks te doen het nie..... Hier is die rak maar leeg! Groete!
Oesjaar
kontak
10:06, 5 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Do you use Wikidata in Wikimedia sibling projects? Tell us about your experiences
Hello, the
Wikidata for Wikimedia Projects
team at Wikimedia Deutschland would like to hear about your experiences using Wikidata in the sibling projects. If you are interested in sharing your opinion and insights, please consider signing up for an interview with us in this
Registration form
Currently, we are only able to conduct interviews in English.
The front page of the form has more details about what the conversation will be like, including how we would
compensate
you for your time.
For more information, visit our
project issue page
where you can also share your experiences in written form, without an interview.
We are looking forward in speaking to you,
Danny Benjafield (WMDE)
talk
) 08:53, 5 January 2024 (UTC)
Oesjaar slaan 15 jaar!
Baie geluk aan
gebruiker:Oesjaar
(Deon Steyn). Hy werk reeds 15 jaar hier! Baie dankie vir al jou artikels, ondersteuning, WikiMediaZA-raadslid, ens ens. --
Aliwal2012
08:11, 6 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Jammer om te sien niemand wens Oesjaar geluk nie! Dis maar 'n saai wêreld hier....
Aliwal2012
12:06, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
!! Baie geluk
Oesjaar
, en baie dankie namens almal van ons wat te "besig" of aandagafleibaar is om meer by te dra! Ons sal seker nooit weet wat die waarde van al jou bydraes en betrokkenheid is nie. Geseënde jaar vir jou.
Thermofan
kontak
08:39, 12 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Veels geluk Oesjaar! Jou harde werk gaan beslis nie ongesiens verby nie. Groete.
Frank
kontak
16:10, 12 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek dink ek het reeds op 'n ander plek geluk gewens, maar jy verdien beslis nog 'n gelukwensing! Baie dankie @
Oesjaar
vir al jou bydraes oor die jare! -
Rooiratel
kontak
17:18, 14 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Reusing references: Can we look over your shoulder?
Apologies for writing in English.
The Technical Wishes team at Wikimedia Deutschland is planning to
make reusing references easier
. For our research, we are looking for wiki contributors willing to show us how they are interacting with references.
The format will be a 1-hour video call, where you would share your screen.
More information here
Interviews can be conducted in English, German or Dutch.
Compensation is available
Sessions will be held in January and February.
Sign up here if you are interested.
Please note that we probably won’t be able to have sessions with everyone who is interested. Our UX researcher will try to create a good balance of wiki contributors, e.g. in terms of wiki experience, tech experience, editing preferences, gender, disability and more. If you’re a fit, she will reach out to you to schedule an appointment.
We’re looking forward to seeing you,
Thereza Mengs (WMDE)
Rooiratel
en
Pynappel
, is dit iets wat julle sal wil bywoon? Groete!
Oesjaar
kontak
11:17, 10 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie!
Oesjaar
kontak
11:22, 10 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek het reeds geregistreer. Ek sal 'n verslag deel wanneer dit voltooi is. -
Rooiratel
kontak
11:19, 10 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Taalfoendi
Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om julle mee te deel dat
Ankia
'n pos by
Aros
losgeslaan het. Haar betrokkenheid hier by ons was deurslaggewend tydens die onderhoud! Ek vertrou dat sy daar vir ons as ambassadeur sal optree! Nou soek ek 'n nuwe intern... Groete!
Oesjaar
kontak
08:01, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie geluk Ankia. Alles van die beste met die pad voortentoe.
Sobaka
kontak
08:29, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Wat van haar beloofde werk aan Prof Braam se boomname?
Aliwal2012
12:07, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dit is gedoen, die koppeltekens is verwyder. Groete!
Oesjaar
kontak
12:24, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie, ek sal dit graag wil nagaan. Ek is net baie besig in die regte lewe met tuinwerk en huisonderhoud, van vroeg tot laat!
Aliwal2012
15:14, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie geluk @
Taalfoendi
, en dankie vir al jou bydraes hier. Ek hoop jy wysig nog elke nou en dan hier op ons wiki. -
Rooiratel
kontak
17:16, 14 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie baie dankie aan al my mede-Wikipediane.
Dankie vir al die mooi wense. Natuurlik is die nuwe werk 'n groot aanpassing, maar ek geniet elke oomblik en is dankbaar vir al die vaardighede wat ek tydens my kort tydperk by julle kon leer.
Ek sal sover moontlik steeds aktief bly hier op die Afrikaanse Wikipedia.
Groete!
Taalfoendi
kontak
19:23, 22 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Entomologie
Gemeenskap, hou duim vas: ek het 'n ontmoeting met die
entomoloog
("goggakundige")
Erik Holm
môre. Hou duim vas... Groete!
Oesjaar
kontak
11:44, 11 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, die gesprek was positief. Prof Holm was net geskok met ons vordering met plante en die dinge wat daarmee saamgaan. Hy is bereid om die kopiereg op al sy publikasies te laat wegval sodat ons dit kan gebruik. Hy gaan sy publiseerder, Struik, versoek om dieselfde te doen. Hy sal dan stuur/gee wat hy kan. Hy stem saam, daar gaan nie sommer weer gedrukte Afrikaanse boeke oor goggas wees nie weens onder andere kostes. Hy gaan ook sy kollegas vertel wat hy gesien het - ek het hom deur 'n toer geneem op ons Wikipedia. Hierdie is ook'n langtermyn projek om aan die gang te kry... Wees geduldig!
Gebruiker:SpesBona
, hy praat vlot Duits! Ek het hom vertel van jou en dat jy hom moontlik vrae mag vra.. Groete!
Oesjaar
kontak
18:22, 16 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek sien hy is in
Thüringen
gebore, só sy moedertaal is waarskynlik Duits. Hoe geskied die vrae? Via epos? Groete. --
SpesBona
21:55, 16 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Rampgebiede
Die artikels
hidroëlektrisiteit
en
energie-ontwikkeling
kry gemiddeld
10 en 8 bladtrekke per dag
(!!). Van dieselfde mense, skoolkinders, dink ek. Maar die kwaliteit wat ons aan hulle gebied het, was nie so geweldig nie.
Hidro was 'n saadjie maar ek het dit nou (meer as) ontkiem (kyk gerus wat verbeter kan word asseblief), maar die ander een is 'n groter probleem. Ek het nou die 'vyand se taal' uit die voetnota verwyder en probeer om die teks minder na hierdie taal te laat ruik, maar my vermoëns daartoe is beperk en dié artikel is eintlik taamlik verouder en het ook politiek bedenkelike uitsprake bevat. Die beelde was ook taamlik verouder, maar ek kan min onlangser materiaal vind. Die klimaatprobleem was glad nie vermeld nie, maar ek het nou 'n klein verwysing na COP28 bygevoeg.
Daar kan nog baie verbeter word, dink ek, maar kan die haatlike "gaan taal na"-sjabloon nou verwyder word?
Jcwf
kontak
17:34, 12 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Jcwf
, ek sal later daarna kyk. Plaas intussen die 15-jaar simbool op jou blad! Groete!
Oesjaar
kontak
17:40, 12 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Twintigjaarklub
Kan iemand vir ons asb. 'n twintigjaargemeenskap sjabloon skep ter voorbereiding.
Gebruiker:BurgertB
is oor 'n paar jaar daar.
Prof Jaap
is reeds daar. Groete!
Oesjaar
kontak
17:32, 14 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, ek is gelukkig om die
Hierdie gebruiker werk al meer as
twintig jaar
op Wikipedia
aan
Gebruiker:Jcwf
toe te ken. Kyk maar na sy
Geskiedenis
as julle sou twyfel. Groete!
Oesjaar
kontak
20:01, 14 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie geluk aan prof Jaap! Bly om te sien jy is nou weer aktief betrokke hier!! --
Aliwal2012
02:49, 15 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Bemarking van ons Wikipedia
Gemeenskap, PretoraFM se onderhoude het tot 'n einde gekom, hulle beleid is om instansies net vir 'n jaar te dra. Intussen gaan ek en
Gebruiker:Sobaka
voort om om die beurt weekliks op Waarheidradio te praat. Die goeie nuus is dat ek en hy van komende Dins om 10:15 elke Dins op Overvaal Stero 96.1 ook gaan praat. Ons het niks om te verloor nie. Enige gebruiker wat belangstel om deel te wees hiervan, laat my weet asb. Groete!
Oesjaar
kontak
18:27, 16 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek wou dié vraag al lankal gevra het. Wie doen die onderhoude oor ons voorbladartikels? Ek onthou my onderhoud met PretoriaFM op 20 Februarie 2020 nog baie goed, dit was 'n mooi ervaring daardie! Groete. --
SpesBona
21:55, 16 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ontkiemingskompetisie 2023
Deur hierdie kompetisie is 200 saadjies ontkiem. My gelukwense aan Sobaka wat dit gewen het. Ek dink 200 is nie sleg nie as ek dit vergelyk met ander jare:
Jaar
Aantal
2018
255
2019
272
2020
110
2022
154
2023
200
Jcwf
kontak
19:29, 16 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Geluk aan Sobaka, jy is 'n yster met ontkieming! Dankie aan
Jaap
wat hard teruggeveg het! Trots op die 200 wat ontkiem is die jaar!
Ek self het bietjie uit die bus geval weens etlike huistake by my nuwe blyplek (lekkende krane, gloeilampe vervang, gras sny, ens.). Ek kon ook nie vinnig genoeg saadjieartikels identifiseer wat ontkiem moes word nie. Sal in 2024 'n ander strategie volg.
Aliwal2012
06:49, 17 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja, ek het soms ook gesukkel om ontkiemingskandidate te vind en ek dink ons kan dit verbeter voor 'n volgende ontkiemingskompetisie. Ek dink dat dit ook die bemarking wat Oesjaar en Sobaka probeer te verwesenlik kan versterk. Laat my dus 'n paar opmerking daaroor maak
Saadjies is nie saadjies nie
. Of liewer die een saadjie is nie die ander nie. Bv. die
kategorie:Saadjies
bevat baie saadjies soos Oesjaar se plantjies wat dalk eintlik in 'n ander kategorie tuis behoort. Die probleem met hulle is dat daar dikwels gewoon nie genoeg inligting daaroor
bestaan
om 5 000 grepe daaroor vol te praat nie. Ek probeer soms om wat inligtings op te spoor, veral deur Sabinet op die wikilibrary te gebruik maar ek kan van geluk spreek as ek 'n paar honderd grepe kan vind oor een plantjie uit 'n genus van 30 of so. Dit wil nie sê dat hierdie uitbreiding nie nuttig is nie. Natuurlik versterk dit Oesjaar se projek. Maar dit vervul nie die 5 000 grepe-eis nie. Ons sou dalk aan hierdie soort saadjies ander eise moet stel. Dit sou ook reeds help as iemand met 'n bot hulle in 'n ander kategorie plaas. (biologiesaadjies of plantkundesaadjies of so).
Daar is ander metodes om ontkiembare saadjies te vind as die kategorie:Saadjies. As jy op "spesiale bladsye" kliek kan jy onder
onderhoud verslae
"kort blasye" vind
sien
. Dit bevat ook baie ontkiemingskandidate
'n Ander metode is om
versamelsjablone
te gebruik. Ek het bv. die sjabloon
sjabloon:Romeinse provinsies 120
gebruik daarvoor, want baie bladye oor Romeinse provinsies was saadjies waaroor genoeg geskryf kan word. Dit is dalk nuttig om hierdie soort inligtings in die kompetisie se omskrywing in te sluit. Dit kan die ontkiemingsproses bevorder.
Ontkieming is veral belangrik vir bladsye wat reeds talle bladtrekke verkry. Bemarking is pragtig maar as ons lesers hier kom en hulle word afgeskeep met 'n nuttelose nikssêende saadjies, werk dit dalk net negatief. Veral as dit van jong mense kom wat vanuit skole ons besoek. Hulle is belangrik, want wie die jeug het het die toekoms. Dit wil sê dat hierdie
topviews
-lys nog 'n moontlikheid verskaf om ons bemarking te versterk. Dit is dink ek nie net vir die ontkiemingskompetisie belangrik nie.
Jcwf
kontak
19:58, 17 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek wil net baie geluk aan
Sobaka
sê omdat hy die meeste saadjies ontkiem het. Ek stem saam met
Jcwf
dat dit nogals moeilik was om ontkiemingskandidate te vind.
Oesjaar
, kry ons geskenkbewyse? Groete,
Lefcentreright
kontak
20:03, 18 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek werk my gat af om 52 artikels te ontkiem (sonder die hulp van Google Translate), ek kry nie eers 'n dankie nie en dan word ek nog geïgnoreer wanneer ek 'n vraag stel.
Amazing
, nè?
Lefcentreright
kontak
18:16, 22 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dit is voorwaar amazing. Jammer ek moet 'n besigheid hardloop, sit in WikimediaZA meetings, onderhoude voer met nuwe interns, 12 Beyweraars Instansies welkom heet en kommunikeer, 'n familie onderhou, vroeg opstaan in die oggende om wysings van die nag te gaan om te kyk vir vandalisme, ons FB blad in stand te hou, navrae van die publiek antwoord, nuwe radiostasies opspoor sodat ons bemarking kan doen, ander wysings van die dag na te gaan soos dit 'n Admin betaam, skakel met WAT om tegniese woorde met die Wenera ruimtetuig-series ui te sorteer, potensiële voorblaaie te kan lees, my 14754 artikels te laat groei na 15,000 ens. Sê asb. vir my watter take moet ek los? O, ja laat ek jou herrinner, môreaand sit die WikimediaZA raad weer waar ek eers die permissies vra - maar jy weet dit want jy sit ook op die raad....
Wanneer doen jy weer so 'n bietjie Admin werk, die ander Admins sal dit waardeer? Groete!
Oesjaar
kontak
18:35, 22 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Feminism and Folklore 2024
Help met die vertaal na uw taal
Dear Wiki Community,
You are humbly invited to organize the
Feminism and Folklore 2024
writing competition from February 1, 2024, to March 31, 2024 on your local Wikipedia. This year, Feminism and Folklore will focus on feminism, women's issues, and gender-focused topics for the project, with a
Wiki Loves Folklore
gender gap focus and a folk culture theme on Wikipedia.
You can help Wikipedia's coverage of folklore from your area by writing or improving articles about things like folk festivals, folk dances, folk music, women and queer folklore figures, folk game athletes, women in mythology, women warriors in folklore, witches and witch hunting, fairy tales, and more. Users can help create new articles, expand or translate from a generated list of suggested articles.
Organisers are requested to work on the following action items to sign up their communities for the project:
Create a page for the contest on the local wiki.
Set up a campaign on
CampWiz
tool.
Create the local list and mention the timeline and local and international prizes.
Request local admins for site notice.
Link the local page and the CampWiz link on the
meta project page
This year, the Wiki Loves Folklore Tech Team has introduced two new tools to enhance support for the campaign. These tools include the
Article List Generator by Topic
and
CampWiz
. The Article List Generator by Topic enables users to identify articles on the English Wikipedia that are not present in their native language Wikipedia. Users can customize their selection criteria, and the tool will present a table showcasing the missing articles along with suggested titles. Additionally, users have the option to download the list in both CSV and wikitable formats. Notably, the CampWiz tool will be employed for the project for the first time, empowering users to effectively host the project with a jury. Both tools are now available for use in the campaign.
Click here to access these tools
Learn more about the contest and prizes on our
project page
. Feel free to contact us on our
meta talk page
or by email us if you need any assistance.
We look forward to your immense coordination.
Thank you and Best wishes,
Feminism and Folklore 2024 International Team
Stay connected
--
MediaWiki message delivery
kontak
07:26, 18 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Thank you, this will be our wiki's first attempt at joining in.
Hallo almal, ek het maar gedink dit sal interessant wees as ons wiki deelneem. Ek het 'n kompetisie-bladsy geskep
Wikipedia:Feminisme en Folklore 2024
. Daar is pryse vir die wenners (almal wat internasionaal deelneem), geen plaaslike pryse nie. Kom ons sien hoe dit gaan. -
Rooiratel
kontak
18:23, 19 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Wiki Loves Folklore is terug!
Beste Wiki-gemeenskap, Jy word graag uitgenooi om deel te neem aan die
Wiki Loves Folklore 2024
, 'n internasionale fotografiekompetisie wat op Wikimedia Commons georganiseer is om folklore en ontasbare kulturele erfenis uit verskillende streke te dokumenteer, insluitend volkskeppende aktiwiteite en vele meer. Dit word elke jaar van
1 tot 31 Maart
gehou.
Jy kan help om die folklore-dokumentasie op Commons van jou streek te verryk deur foto's, oudio's en video's te neem en
dit in te stuur
na die commons-kompetisie.
Jy kan ook 'n
plaaslike kompetisie in jou land organiseer
en ons ondersteun met die vertaling van projekbladsye om ons te help om die boodskap in jou moedertaal te versprei.
Kontak ons gerus op ons
projekgespreksbladsy
kontak as jy enige hulp nodig het.
Vriendelike groete,
Wiki loves Folklore International Team
--
MediaWiki message delivery
07:26, 18 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Afrikaanse name vir sekere Karibiese eilande
Hallo almal. Wat is die Afrikaanse name vir die volgende groepe van eilande:
en:Windward Islands
en:Leeward Islands
, en
en:Leeward Antilles
. -
Rooiratel
kontak
17:28, 19 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Windward - Bowindse Eilande
Leeward - Benedewindse Eilande
En seker die Benedewindse Antille.
Burgert
(kontak)
19:45, 19 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
En nou weet ek ook! Groete!
Oesjaar
kontak
06:58, 20 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie @
Burgert Behr
! -
Rooiratel
kontak
07:37, 20 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Let wel
: daar is Bowindse Eilande en Benedewindse Eilande in die
Geselskapseilande
, en daar is ander eiland groepe met dieselfde name in die
Klein-Antille
. Die in die
Geselskapseilande
is minder bekend. -
Rooiratel
kontak
10:50, 20 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek het hulle nou almal geskep om dubbelsinnigheid te vermy. -
Rooiratel
kontak
11:45, 20 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Stem asb. vir die Universele Gedragskode-koördineringskomitee
Hallo almal,
Ek kondig graag aan dat die stemperiode vir die
Universele Gedragskode-koördineringskomitee (U4C)-handves
nou oop is. Gemeenskapslede kan
hul stem uitbring en kommentaar lewer oor die handves via SecurePoll
tot op 2 Februarie 2024. Diegene van julle wat jul mening uitgespreek het tydens die ontwikkeling van die
UCoC Handhawingsriglyne
sal hierdie proses bekend vind.
Die
huidige weergawe van die U4C-handves
is op Meta-wiki met vertalings beskikbaar.
Lees gerus die handves, gaan stem en deel hierdie kennisgewing met ander in jou gemeenskap. Ek kan met vertroue sê die U4C Boukomitee daarna uitsien dat jy deelneem.
Namens die UCoC-projekspan,
RamzyM (WMF)
18:08, 19 Januarie 2024 (UTC)
Boodskap vertaal in Afrikaans deur Aliwal2012
antwoord
Inkscape, .svg-lêers en prentjies Afrikaans maak
Ek probeer soms om met inkscape .svg-prentjies te maak of om bestaande prentjies van commons na Afrikaans te vertaal. Maar ek sukkel soms met inkscape. Is daar ander gebruikers hier wat ervaring hiermee het?
My ervarings:
.svg-lêer is tekslêers. As 'n mens sulke lêers vanaf commons stoor, kan hulle met bv. notepad oopgemaak word en die Engelse teks van die opskrifte deur Afrikaanse teks vervang, die tekslêer as xxxx-af.svg gestoor en weer op commons opgelaai word. Dit is taamlik eenvoudig
As jy inkscape gebruik om self prentjies gemaak, pas op dat:
jy dit nie in inkscape-svg-formaat stoor nie maar in ru-svg
jy teks-voorwerpe
unflow
. anders word hulle as swart blokkies weergegee
jy voorwerpe (
objects
) soos sterre met
objects to path
in paaie (
paths
) verander. Commons erken nie alle inkscape-opsies nie en voorwerpe kan dus magies verdwyn.
Is dit dalk nuttig om 'n hulp-bladsy daaroor te skep?
Dit bestaan reeds
Jcwf
kontak
06:03, 21 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Weeklikse orde van voorbladartikels vroeg in 2024
Gemeenskap (
lees: Aliwal 2012
), loer asb na
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad/2024
. Ek vra asb dat die orde verander moet word, kan
Son
die eerste week in Februarie,
Uranus
die eerste week in Maart en
Venus
die eerste week in April wees? Dit gee my 'n ongelooflike goeie bemarkingsgeleentheid gemik op ons skoolkinders. Interessant, dan sal ons hele sonnestelsel voorbladstatus hê!
Daar is ook twee gekeurde sportartikels wat na mekaar gaan verskyn, ek dink nie dit is wys nie. Kan ons die orde hier ook verander? Volgens my is dit belangrik om die temas weekliks te roteer. **Ek suiwer dit aan baas Oesjaar! Groete, Gert**
NC Commons
Gemeenskap, vanaand het ek,
Oesjaar
en
Discott
oor
NC Commons
tydens die Wikimedia Suid-Afrika
Operations
vergadering gepraat. Vir diegene wat nie weet nie, NC Commons is amper soos Wikimedia Commons maar net vir foto's/media wat onder die onvrye
CC-BY-ND lisensie
gelisensieer is. Media/beeldmateriaal wat onder die bogenoemde lisensie gelisensieer word, mag nie op Wikimedia Commons opgelaai word nie, dus is NC Commons geskep. Byvoorbeeld, die berugte foto waar voormalige staatspresident Jacob Zuma saam met een van die Gupta-broers ontbyt eet is
'n leêr op die NC Commons
Nou, Douglas wou gehoor het of ons as 'n gemeenskap moontlik daarin belangstel om die foto's hier op die Afrikaanse Wikipedia te gebruik. Ons moet net ten gunste daarvan stem om die skakel na NC Commons te aktiveer en vir Douglas en James Heilman (betrokke by NC Commons) in kennis stel, dan kan NC Commons as 'n susterprojek van Wikipedia ingelyf word.
Laat ek sommer die stemming afskop deur te sê dat ek
Ondersteun
dat NC Commons 'n susterprojek van die Afrikaanse Wikipedia word. As die gemeenskap ten gunste hiervan stem, kan ons geskiedenis maak en die Afrikaanse Wikipedia sal 'n regte baanbreker wees. Groete.
Lefcentreright
kontak
17:42, 28 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Groete!
Oesjaar
kontak
18:06, 28 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Sobaka
kontak
18:43, 28 November 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
Dink dis 'n afwyking van kernwaardes. Kool nie sous werd na my mening. Nie 'n probleem met NCC as sodanig nie.
JMK
kontak
18:18, 29 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Burgert
(kontak)
18:36, 29 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Viva vooruitgang! Groete --
Aliwal2012
21:00, 29 November 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Groete. --
SpesBona
22:25, 29 November 2023 (UTC)
antwoord
Gekant
- Dit maak nie sin vir my dat net een taal van Wikipedia 'n suster projek is met NC Commons nie. As ons die gebruik van die foto's op NC Commons wil toelaat, is dit 'n ander storie, maar ek is erg gekant teen die idee van 'n Susterprojek van net een Wikipedia en nie die ander nie.
– Hierdie ongetekende kommentaar is deur
Rooiratel
Bespreking
Bydraes
) gelewer.
Neutraal
- Gaan dit nie juridiese probleme vir Wikimedia oplewer nie? En wat is die kans dat Wikimedia dit vir ons gaan verbied? Dit sou beteken dat ons die ingevoegde beelde weer moet verwyder en dit gaan dalk oorbodige werk oplewer.
Jcwf
kontak
01:31, 1 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Jcwf
I hope my comment below answers your question. The basic answer from the legal experts at the Wikimedia Foundation is 'no' it will not create problems for Wikimedia and there is no chance that Wikimedia will take any negative action towards Afrikaans Wikipedia for this. How it works is that should a consensus be reached on Afrikaans Wikipedia on this issue then a request will be lodged with the engineers at the Wikimedia Foundation to activate this integration. That means that should it be activated they would have agreed to it by default anyway.--
Discott
kontak
11:43, 5 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Thanks, Discott.
Jcwf
kontak
17:21, 5 Desember 2023 (UTC)
antwoord
The majority decision is that we accept the usage of NC Commons in the Afrikaans Wikipedia. Best regards.
Oesjaar
kontak
14:20, 29 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Presentation at Wikimania 2023 on the case for NC Commons, WMF's General Counsel, Stephen Laporte, addresses issus of legal concern related to it and gives this professional opinion that NC Commons does not present additional legal concerns.
Kommentaar
- Apologies for making this reply in English but there is something I want to add that will give some important context here and might answer some concerns. At Wikimania this year I was part of a presentation group on this topic. One of the presenters, the Wikimedia Foundation's General Counsel and head of their legal department -
Stephen LaPorte
-, stated that in his professional opinion there are no significant concerns or reasons why Wikipedia should not adopt NC Commons. That there is no legal reason why would should not accept CC-NC or CC-ND copyright licence media of the type that is hosted on NC Commons, especially since Commons already supports CC-BY and CC-SA, expanding this to non-commercial -NC- or non-derivative -ND- would not expose the community to additional risks or legal exposure over what we already have with SA or BY. I know this might not address your concerns
Gebruiker:Rooiratel
and
Gebruiker:JMK
of mission-creep but I wanted to add it here anyway as it was an issue that was raised in the past. It is worth noting that there is a great deal of support for this from the
Wikipedia medical community
who have hundreds of thousands of otherwise free to use photographs on NC Commons that they really want to use to illustrate medical articles on Wikipedia. In South Africa it is useful to us partly due to government photographs all having the ND copyright tag as
Lefcentreright
has already mentioned, allowing NC Commons would allow Afrikaans Wikipedia to illustrate articles with this content and so further our free knowledge mission.--
Discott
kontak
09:00, 5 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Thanks @
Discott
I really appreciate the extra info. Personally I would think that if CC-SA or CC-BY licensed stuff is allowed then CC-NC should be fine. I know when I asked before it was told to me that Wiki Commons decided against using CC-NC because legally it is very tricky to define what is considered commercial use for something like Wikipedia. (They "make money" off it in a way, but it is not for profit. So is that commercial or not? I don't know. IANAL, so I'll leave it to the legal pros). If Wikimedia as a whole decides to accept the use of CC-NC licensed media I would very happily welcome the decision.
But again my main concern is not the use of CC-NC media, but the idea that singular Wikipedia languages start making "official sister projects" that are not aligned with the rest of Wikipedia/Wikimedia. To me that sounds like an even bigger legal mess. I'd rather we all (Every Wikimedia project, and every language version of each of those) use the same policy for things like that. -
Rooiratel
kontak
18:13, 5 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Rooiratel
more than happy to help and thank you for the thanks.
:-) You are right about Wikimedia Commons' decision on this when it was first brought to them. That is why
Doc_James
and I talked with the Wikimedia Foundation's legal counsel for their opinion on this and get the clarity we now have. I agree with you that the parallel projects are not ideal but it does fix the lack of access to CC-NC/ND images issue on at least one language Wikipedia until Wikimedia Commons can get around to reviewing it again which will likely take years. Much like
Wikidata
, a project started by the German Wikimedia community which is now an official Wikimedia project, NC Commons has been setup by Wikimedia community members to overcome a specific problem/serve a specific function; with the intension of merging it with all the other Wikimedia projects in the future.--
Discott
kontak
15:01, 12 Desember 2023 (UTC)
antwoord
It also just occurred to me that this would also be a good opportunity to get a wish-list of other plugins and widgets that the Afrikaans Wikipedia community might want activated. I know that there are a number of widgets and plugs that English Wikipedia/Dutch Wikipedia/German Wikipedia (for example) have that have not yet been activated on Afrikaans Wikipedia, largely because it is difficult to get the Wikimedia engineers attention to do it. This might be a good opportunity to do that should the Afrikaans community want it and get many things done at once.--
Discott
kontak
15:08, 12 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Hi @
Discott
okay well that does put me more at ease with the idea. I'm willing to give it a try. As for the "other plugins" which ones do you have in mind? Maybe we can start another discussion below about this. If you could please list out the plugins that you think are useful, then I think we can give a chance for everyone at afwiki to express interest in plugins that they might find useful.
Personally, I would love to get ORES support on our wiki, but I know that is a huge change. But even if we just use it for fighting spam, I think it would help us a lot. -
Rooiratel
kontak
08:17, 15 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Ek ondersteun veral die gebruilk van CC-ND maar kan ons CC-NC beelde in Wikipedia gebruik?
Martinvl
kontak
23:42, 11 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Hi
Martinvl
, the answer to your question is that currently CC-NC (or CC-ND for that matter too) can only be used on Wikipedia IF each image in question is individually uploaded to that particular language version of Wikipedia and a
Fair Use
argument is successfully made for each image. Integrating NC Commons into Wikipedia would overcome this tedious and arduous process by allowing editors to access and use NC & ND images in the same way we currently do on Wikimedia Commons.--
Discott
kontak
14:37, 12 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Discott
: Since you posted your reply in English, I will continue in English (which is my mother tongue). Wikipedia articles are totally free - other users may use them, even if they charge for them (For example
this artcile
was lifted from WIkipedia and repackaged). Under "Fair Use", the Wikipedia editor must argue, amongst other things, that the original copyright holder is not being deprived of his rightful reward. If a third party makes a charge for somebody to use a Wikipedia article that he has lifted and which contains an image with a CC_NC licence, does the original copyright holder have a case that he is being deprived of his rightful reward for creating the image. If so, against whom - Wikipedia or the third party?
In view of this, how does ND Commons and Wikipedia intend to ensure that a third party cannot use either the English or the Afrikaans Wikipeida as a conduit to circumvent the "fair use" restictions.
Martinvl
kontak
21:10, 12 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Martinvl
as pinged... NC does not restrict all commercial transactions. Per Creative commons NC means "
not
primarily
intended for or directed towards commercial advantage or monetary compensation
". This means use which is primarily educational is permitted, even if teachers and administrators are paid. Others state "
they cannot sell it or profit from it except to recuperate the costs of printing, for example
." This would indicate that an NGO fundraising from a banner on an article containing NC content would be permissible as would selling a DVD or a book at the cost of manufacturing.
Interestingly Italian Wikipedia already permits NC licensed material per
their EDP
. A list of these local NC and ND images can be found
here
. The hope would be to eventually collect these at NC Commons to make use by the projects who chooses to reuse them easier.
Part of the roll out of any effort will also include improved functionality to exclude certain image types by users. For example some regions of the world do not recognize "fair use". Thus we would improve mechanism to download all of Wikipedia without "fair use" images. Similarly this would be build for NC or ND images.
Doc James
talk
contribs
email
14:40, 13 Desember 2023 (UTC)
antwoord
Ondersteun
- Baie woorde hier, kon nie alles lees nie..! Of is dié saak al afgehandel? Ek ondersteun die voorstel. 'n Artikel sonder foto's is saai.
Discott
, thanks for your help here. About widgets: can the English Wiki feature be implemented that gives a preview of a topic if you hover your mouse over a Wiki-link? Is there another place where the new features wish-list is/was discussed?
Thermofan
kontak
11:34, 9 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Foto's deur Prof. van Wyk
Gemeenskap, ek bevestig dat prof
Abraham Erasmus van Wyk
die volgende foto's gelaai het:
Aizoon
- alle foto's gelaai!
Aloinopsis
- geskep en gelaa!
Amphibolia
- alle foto's gelaai!
Antegibbaeum
Antimima
- alle foto's gelaai!
Braunsia
- Geskep en foto's gelaai!
Carpobrotus
Cephalophyllum
Chasmatophyllum
Cleretum
Conicosia
Conophytum
Cylindrophyllum
Delosperma
Drosanthemum
Erepsia
Faucaria
Gibbaeum
- alle foto's gelaai!
Glottiphyllum
Lampranthus
Lithops
Malephora
Mesembryanthemum
Mitrophyllum
Nananthus
Oscularia
Peersia
Ruschia
Stomatium
Tanquana
Tetragonia
Trichodiadema
Julle is welkom om te help hier! Waar die skakels rooi is, het ons 'n uitdaging...Groete!
Oesjaar
kontak
07:09, 22 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
A new feature for previewing references on your wiki
Apologies for writing in English. If you can translate this message, that would be much appreciated.
Hi. As announced some weeks ago
] [
, Wikimedia Deutschland’s
Technical Wishes
team introduced
Reference Previews
to many wikis, including this one. This feature shows popups for references in the article text.
While this new feature is already usable on your wiki, most people here are not seeing it yet because your wiki has set
a gadget as the default
for previewing references. We plan to remove the default flag from the gadget on your wiki soon. This means:
The new default for reference popups on your wiki will be Reference Previews.
However, if you want to keep using the gadget, you can still enable it in
your personal settings
The benefit of having Reference Previews as the default is that the user experience will be consistent across wikis and with the
Page Previews feature
, and that the software will be easier to maintain overall.
This change is planned for February 14. If you have concerns about this change,
please let us know on this talk page
by February 12. – Kind regards,
Johanna Strodt (WMDE)
09:30, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Rooiratel
en
Pynappel
, kan julle asb in Afr. verduidelik wat dit beteken? Groete!
Oesjaar
kontak
09:33, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Sien die beeld hier langsaan. Dit sê net dat wanneer mens jou muis op die verwysing plaas: soos die [7] in die beeld, gaan dit nou lyk soos wat jy in die beeld sien. Geen groot verandering nie. -
Rooiratel
kontak
17:37, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dekades
Wat is die korrekte manier om dekades te skryf in Afrikaans? Ek het in my AWS gekyk, maar dit sê niks daaroor nie. B.v. in Engels is dit 1990s. Hoe skryf ons dit in Afrikaans: 1990s, 1990's, iets anders? Ek vra omdat ek opgemerk het dat al het ons bladsye vir jare en eeue, het ons vir dekades geen bladsye nie. -
196.10.113.30
14:04, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
1990's.
Burgert
(kontak)
16:19, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie @
Burgert Behr
! -
Rooiratel
kontak
17:38, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Carpobrotus chilensis
Kyk die mooi foto's! Sjoe! Groete!
Oesjaar
kontak
17:30, 23 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie mooi.
Burgert
(kontak)
12:01, 24 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Stortingsterrein vir Brasiliaanse gemors
Nasionale Kunstenaarsklub van Brasilië
Arlyzinho BR
Arlyson Gomes Santos
Al die bronne is in 'n ander taal en feite kan nie geverifieer word nie. Ensiklopediese waarde is betwyfelbaar, bestaan nie in Engels nie en het duidelik sterk bemarking eienskappe. Ek luister... Groete!
Oesjaar
kontak
06:07, 24 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dit lyk of LG7854 heel besig is... en dit lyk of
Vinícius Oliveiirax
en
Camylle Margarida Gomes Santos
dalk ook hier hoort.
Thermofan
kontak
11:27, 24 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Die koningin is dood, lank lewe die koningin!
Gemeenskap, noudat Ankia 'n droombetrekking aanvaar het, is dit vir my 'n plesier om Maroné van Veijeren welkom te heet as ons nuwe intern. Sy sal die
Gebruikersnaam Taalfoendi
oorneem by Ankia. Maroné hou 'n BA Hons. in Taalkunde, sy sal ons meer vertel. Dankie aan
Gebruiker:Sobaka
wat gehelp het met die onderhoudproses. Maroné begin amptelik op 1 Februarie 2024. Groete!
Oesjaar
kontak
05:49, 25 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Geluk en welkom Maroné, hoop jy sal dit genietǃ
Sobaka
kontak
08:01, 25 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Welkom, Maroné.
Lefcentreright
kontak
08:52, 25 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
moet hulle 'n gebruiker deel, of moet Maroné 'n nuwe gebruiker vir haarself skep? –
Pynappel
kontak
10:46, 25 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Die twee het besluit dat taalfoendi altyd die intern se naam sal wees, Ankia sal vir haar 'n nuwe naam moet registreer. Groete!
Oesjaar
kontak
10:48, 25 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek dink nie dit is 'n goeie idee vir meer as een mens om dieselfde rekening te gebruik nie. Dit is verwarrend. Dit is nie soveel moeite om 'n rekening te skep nie. -
Rooiratel
kontak
08:36, 26 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Baie welkom Maroné! -
Rooiratel
kontak
08:35, 26 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Overvaal Stereo
Gemeenskap, dit is vir my 'n plesier om julle mee te deel dat ek gister
Overvaal Stereo
se satellietateljee in Parys vanaf 10:15 tot 11:00 besoek het. Dit was nou regtig lekker om te praat oor dinge waarvan jy hou en 'n passie voor het! Daar sal nou 'n weeklikse 5-min telefoniese onderhoud op Dinsdagoggende wees. Groete!
Oesjaar
kontak
05:55, 25 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Opnuut die #$@#$ cite-sjablone
Ek het net 'n Duitse artikel
erbium(III)fluoried
vertaal. Daarby insluitend die verwysingsjablone van Duitse formaat na die cite-gemors hier. In die artikel kom drie verwysings na bladsye van google-books voor. Ek het dit met "cite web" en met "cite book" probeer te vertaal, maar in albei gevalle gee dit 'n foutmelding dat die |url nagegaan moet word en die leser en ek word bestraf met 'n rooi kategorie wat skreeu dat hierdie artikel waardeloos is. Maar as jy op die skakels na die verwysing kliek, kry jy die juiste bladsy te sien... Wat daar fout is, is dus die "cite"-gemors.
Jcwf
kontak
21:05, 27 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Jcwf
in die "url="-parameter hoort net die "naakte" url, sonder enige spasies of iets daarby. D.w.s.
"url=https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia:Geselshoekie&action=edit§ion=8"
werk in elk geval, maar nie
"url=https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia:Geselshoekie&action=edit§ion=8 wikipedia.org"
nie. Ek hoop maar dit help. Groete. --
SpesBona
21:15, 27 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
dankie
Jcwf
kontak
20:50, 29 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Karpathos (Carpathos) in Afrikaans.
Is dit
Karpatos
of Karpathos? Groete!
Oesjaar
kontak
10:52, 28 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Karpatos, volgens die Lys Klassieke Eiename op Pharos.
Burgert
(kontak)
10:58, 28 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie, sjoe, dan is ek reg en alles bly so! Groete!
Oesjaar
kontak
11:00, 28 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Die
SAAWK
se Geskiedenissimposium
Gemeenskap, die SAAWK het my laas Don. middag op kort kennisgewing genooi om bogenoemde simposium op Vry. 26 Januarie by te woon. Geskiedenis is buite my verwysingsraamwerk maar die geleentheid om besigheidskaartjies uit te ruil was net te aanloklik! Die simposium het gehandel oor Erfeniswetgeing in Suid-Afrika en verwante dinge. Die eerste spreker was Prof. Anton van Vollenhoven wat oor Erfenis wetgewing gepraat het, 'n aanbieding wat ek baie interessant gevind het! Lang storie kort: ek die prof gevra om vir ons 'n artikeltjie te skryf, kom ons kyk... Groete!
Oesjaar
kontak
12:20, 28 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
QR-kode
Hallo almal, hieronder is 'n brokkie van mediawiki TechNews:
On February 1, a link will be added to the "Tools" menu to download a
QR code
that links to the page you are viewing. There will also be a new
Spesiaal:QrCode
page to create QR codes for any Wikimedia URL. This addresses the
#19 most-voted wish
from the
2023 Community Wishlist Survey
Hoe vertaal ons name van bladsye in die "Spesiaal"
naamruimte
? Op enwiki byvoorbeeld is daar
en:Special:Statistics
, maar op ons wiki is dit
Spesiaal:Statistiek
. Hoe het ons dit vertaal? Dit is nie op translatewiki.net nie. -
Rooiratel
kontak
13:37, 31 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
En terwyl ek vra, hoe het ons die vertoonnaam van die naamruimte van "Special" na Spesiaal vertaal? Moet mens 'n koppelvlak administrateur wees?
Rooiratel
kontak
13:48, 31 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek sien ook byvoorbeeld op enwiki is daar
en:Special:Impact
en op afwiki is dit
Spesiaal:Impact
. Die inhoud van
Spesiaal:Impact
kan vertaal word op translatewiki.net maar hoe vertaal ons die bladsynaam sodat ons
Spesiaal:Impak
kan gebruik? -
Rooiratel
kontak
13:52, 31 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek weet niks van dié goed af nie, maar help dit dalk?
Burgert
(kontak)
16:43, 31 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie @
BurgertB
, dit sê net dat mens dit kan doen, nie hoe nie. -
Rooiratel
kontak
13:06, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Last days to vote on the Charter for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello all,
I am reaching out to you today to remind you that the voting period for the
Universal Code of Conduct Coordinating Committee
(U4C) charter will close on
2 February 2024
. Community members may
cast their vote and provide comments about the charter via SecurePoll
. Those of you who voiced your opinions during the development of the
UCoC Enforcement Guidelines
will find this process familiar.
The
current version of the U4C charter
is on Meta-wiki with translations available.
Read the charter, go vote and share this note with others in your community. I can confidently say the U4C Building Committee looks forward to your participation.
On behalf of the UCoC Project team,
RamzyM (WMF)
17:00, 31 Januarie 2024 (UTC)
antwoord
Verenigde Arabiese Republiek
Gemeenskap, ons nuwe intern, Maroné, het die volgende onder my aandag gebring: gaan loer na die enigste verwysing van die artikel - dit lyk meer soos 'n advertense van 'n slotmasjien as 'n nasionale volkslied. Julle opinies asb. Groete!
Oesjaar
kontak
19:57, 1 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja-nee.
Burgert
(kontak)
20:09, 1 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Verwysing URL was 'n teiken van domeinkaping, het die skakel reggemaak. Groete!
ATravelingWizard
kontak
17:20, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Sjabloon: spaceflight
Rooiratel
Pynappel
ek soek hulp met bogenoemde asb. Vir al die Wenera artikels word die een parameter
Apsis
gelaai met helion wat dan veroorsaak dat
Perihelionhoogte
en
Aphelionhoogte
korrek in Afrikaans vertoon word. By Wenera 15 en 16 word die parameter
Apsis
egter met cytherion gelaai wat dan apokiterionhoogte en perikiterionhoogte moet gee. Tans gee dit Pericytherionhoogte en Apocytherionhoogte wat die Engels is. Groete!
Oesjaar
kontak
16:46, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
wat is
Cytherocentric
in Afrikaans? Ek het dit intussen as
Kiteriosentries
vertaal. –
Pynappel
kontak
16:55, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Pynappel
, ek volg nie die artikels of die probleem nie.
Cytherocentric orbit
is bloot 'n wentelbaan om Venus. Dus: Venuswentelbaan?
Burgert
(kontak)
17:25, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
dit verwys na die verwysingstelsel. Bv. heliosentries = verwysingstelsel met die son in die middel, geosentries = verwysingstelsel met die Aarde in die middel. Wat noem 'n mens 'n verwysingstelsel met Venus in die middel? In die Engelse artikel
en:Venera 12
sê hulle vir "Reference system" "Cytherocentric". –
Pynappel
kontak
17:38, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek sal maar sê Venussentries. Dan verstaan almal dit.
Burgert
(kontak)
18:03, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Burgert Behr
dankie. –
Pynappel
kontak
18:17, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Google Translate vertaal "Cytherocentric" na Siterosentries. Groete.
Frank
kontak
18:30, 2 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Koffiedrinksessie
Gemeenskap, ek nooi al ons gebruikers uit vir 'n koffiedrinksessie saam met ons nuwe intern, Maroné, op 17 Feb iewers in Pretoria - sal later plek vasmaak. Ek kyk so van 10h00 tot 12h00. Ek wil dit meer Centurion se kant toe maak om dit makliker vir Johannesburg se mense te maak. Ook gebruikers wat ek nog nooit ontmoet het maar vir jare
ken
, julle is welkom om 'n
celeberty
verskyning te maak. Ek dink bv. aan
Gebruiker:Naudefj
Gebruiker:JMK
Gebruiker:Odriskelmac11
. Mense, ek is besig om te verouder en wil graag julle hand ten minste eenkeer skud. Laat weet asb of julle belangstel. Groete!
Oesjaar
kontak
09:39, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dit sal goed wees, groete
Odriskelmac11
kontak
12:13, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek stel belang, maar ek het reeds heeldag-planne vir die 16de en 17de Februarie. Ek kan ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie, maar julle moet dit geniet. -
Rooiratel
kontak
05:44, 5 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
weet jy dalk iets van
Gebruiker:Morne
af? Sy vorige baas dr.
Nicol Stassen
van
Protea Boekhuis
het op ons verjaarsdagfunksie vir my gesê hy is nog in die omgewing. Groete!, --
Aliwal2012
05:51, 8 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Aliwal2012
, laas toe ek met hom gepraat het (Sep 2023) was hy werksaam by OFM en het in Bloemfontein gebly. Groete!
Oesjaar
kontak
06:13, 8 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
O ja, dis korrek, ek onthou nou! Ouderdom. Die persoon het darem baie bygedra in die vorige dekade, wens hy kan weer.
Aliwal2012
12:35, 8 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
17 Februarie is reg.
Sobaka
kontak
13:33, 8 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Koerantknipsels argiefwebwerwe
Hello almal!
Ek het onlangs 'n paar bronne ondek wat handel oor die gewese jukskei legende en senator
Oom Prinsie Prinsloo
. Die probleem wat ek het is dat omtrent al die bronne fisiese media is. Baie van die bronne kom uit tydskrifte en koerantartikels wat nooit gedigitaliseer was nie en heelmoontlik nie meer volledige kopieë het nie. Ek wil graag die bronne digitaliseer sodat dit beter gebruik kan word, so ek wil vra of die gemeenskap dalk weet van enige argiefwebwerwe waar ek die informasie kan argiveer.
Groete!
ATravelingWizard
kontak
18:24, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
ATravelingWizard
jy kan kyk op archive.org. Hulle skandeer self boeke maar dalk kan jy jou eie skans oplaai.
46.211.236.233
20:46, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek het op archive.org gekyk, maar ek het nie 'n opsie gesien nie. Dankie in elk geval! -
ATravelingWizard
kontak
22:13, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
ATravelingWizard
as die kopiereg reeds verval het dan kan jy dit op Wikisource laai. –
Pynappel
kontak
23:19, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie! -
ATravelingWizard
kontak
07:46, 4 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Afrikaans duisend jaar gelede.
Oftewel 'n rekonstruksie van hoe dit toe gepraat is.
Rotta
Hoeveel kan Afrikaanses daarvan verstaan?
Jcwf
kontak
23:26, 3 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Feitlik niks.
Burgert
(kontak)
06:42, 4 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Kan 'n paar woorde uitmaak, klink amper identies aan Oudfrankies. -
ATravelingWizard
kontak
09:23, 4 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Thiusa huova is viftien vuotstapo lanc endi wi buwon hiera mit twen hiwikon.
— "Hierdie hoewe is vyftien voetstappe lank en ons (be)woon hier met twee gesinne." Sal dit gou kan leer, maar op dag een gaan ek min verstaan.
JMK
kontak
09:38, 6 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Kontakpersoon by WAT
Gemeenskap, die
WAT
is 'n amptelike beyweraar van ons Wikipedia en hier is die kontankbesonderhede van 'n persoon vir ons gerief:
Mev. Alet Cloete, aec@sun.ac.za. Sy is net Maandae en Dinsdae op kantoor en is bereikbaar by 021 887 3113. Ek hoop dit help. Groete!
Oesjaar
kontak
11:32, 5 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Die taal van die vyand:
atm
Gemeenskap, in Engels word
Standard atmosphere (unit)
(Atmosfeer (eenheid) in Afrikaans) afgekort as
atm
, dus 'n druk van 10 atmosfere is 10 atm. Het ons 'n soortgelyke afkorting in Afrikaans? Ek sê tans 10
atmosfere
. Ek luister... Groete!
Oesjaar
kontak
17:20, 5 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Die afkorting bly "atm" in Afrikaans. Groete.
Frank
kontak
) 20:09, 5 Februarie 2024
Oesjaar en bemarking...
Gemeenskap, ek het vanoggend weer op
Overvaal Stereo
gepraat en onder andere verwys na
Gebruiker:BurgertB
se voorbladartikel:
Son
. Môre is dit
Gebruiker:Sobaka
se beurt op die Waarheidradio. Die groot nuus: hou duim vas, ek praat met 'n TV-programvervaardiger.... Groete!
Oesjaar
kontak
12:56, 6 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
A new feature for your wiki: Edit check
Hello!
I'm sorry to use English for this message.
Help met die vertaal na uw taal
Dank u.
Reference Edit Check at Arabic Wikipedia.
The Editing Team is building a new feature for the
visual editor
. It is called "
Edit Check
".
Edit Check is designed to encourage newcomers to add inline citations. The project has also been designed to benefit projects as a whole by increasing the likelihood that newcomers add citations
before
publishing new information to an article.
Could you all try the initial version of the feature and share what you think?
Testing instructions are below.
Why are we building this?
At the moment, any newcomer not aware of "please cite your sources" policy can edit an article and add facts with no citations. You certainly saw this quite often! When this happens, the users who make these edits often become disappointed when they discover the changes they made were reverted. On the other hand, experienced volunteers grow frustrated by needing to continually revert low-quality edits and post messages on inexperienced volunteers' talk pages that often go unnoticed.
We are focusing our work on adding citations for now, but
we can imagine many different types of prompts
in the future!
Testing instructions
We offer your community the possibility to test the feature and to provide initial feedback.
Edit check is only activated if you follow the instructions written below;
the feature is not yet visible for newcomers
To try Edit Check at Afrikaans Wikipedia:
Edit any article in the main namespace using the VisualEditor.
The feature is only available for articles.
Add
&ecenable
to the URL in your browser.
Example:
&ecenable=1
Reload the page with the new URL.
Create a new paragraph, that is at least 50 characters long
without
adding a citation
Press the
Publiseer...
Notice the prompt that appears
✅ Test is completed.
Don't save your edit unless you know what you are doing!
Our questions to you:
Your feedback is very important, as it will define the next steps for this project, for all Wikipedias.
The team is curious to know:
We would be very happy to offer this feature as a test on your wiki. Only newcomers would get it. What do you think?
What changes do you think the team could make that would improve the feature?
Please note: we won't be able to apply the changes you suggest immediately. We ask your community, and others, in order to define the next development steps that fit global needs.
What questions does trying this feature bring to your mind?
Please do not feel limited to the questions above, the team is interested in any and all feedback!
Trizek (WMF)
kontak
16:29, 6 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Oh, sure, come and heap more demands on our plate, Trizek! I suppose your intention is to kill smaller communities like this one dead for good? Given how incredibly unuserfriendly gizmos like "cite web" and "cite journal" are, I think we should block you from this site.
Jcwf
kontak
19:10, 6 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Trizek (WMF)
I apologize for the rude response from @
Jcwf
. I will try out the feature and provide feedback if I have any.
Jcwf
How exactly is this going to kill smaller wikis? Did you even read what it was about? The intention is to prompt new users to also add references when they add content to a page. How is that a bad thing? For now this is an optional test that has no effect on anyone unless they intentionally try it out. And if it does go live, it is just a prompt to include a reference for when you add a lot of content without a reference. Again how is that a bad thing?
And finally if you do have any ACTUAL complaints about this feature, they are asking you for feedback so that they can improve it!
Please stop being rude to the WMF people who are the ones who actually build and maintain Wikipedia for us. If it wasn't for them, none of us would be here in the first place. -
Rooiratel
kontak
13:43, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Have you actually ever tried to put in references using those shitty cite-templates, Rooiratel? As WMF seems to think they can force down the throats of people whose salary they are
not
paying? Or do you still live in the previous millennium and is "userfriendliness" an unknown concept to you? And no, I don't think you have the right to apologize in my name. You have no business doing that. And no, you have no business demanding from me that I have to try out more of their crap either, because you too do not pay my salary and I am not your cheap laborer en jy is nie baas nie. And yes, I do have the right to voice my opinion about your misbehavior. Read the Universal Declaration of Human Rights and stop trying to violate my human rights.
And yes, this is the same terribly wrong idea that the WMF people have: that they are
our managers
, i.e. our bosses who can make us jump through whatever hoops they have come up with. That may actually work on en.wiki because there is a big slave army there. But here we are with few. And they keep heaping more nonsense -oh, sorry, "options" we lowly slaves or to call them- on us, without considering that when en.wiki had 100,000 pages its users did not have that burden on their shoulders either.
Jcwf
kontak
17:44, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja ek het die cite-sjablone gebruik sonder enige probleem. Niemand forseer jou om daai sjablone te gebruik nie. Die WMF mense het hulle nie eers geskep nie, dit was wikipedia gebruikers soos jy en ek.
Ek het nie namens jou om verskoning gevra nie. Ek het namens ons wiki om verskoning gevra, want ons is nie almal so onbeskof soos jy nie.
Weereens, niemand het geëis dat jy iets moet probeer nie. Dit is 'n nuwe kenmerk wat net nuwe gebruikers raak, dit sal niks met jou te doen hê nie. Hoeveel keer moet ek dit sê? Het jy probleme met leesbegrip?
Watter menseregte skend ons hier? Weereens niemand forseer jou om enigiets te doen nie.
Jy dink hulle sê vir jou wat om te doen, maar jy doen dieselfde vir julle. Betaal jy vir die bedieners wat die Wikimedia sagteware loop? Betaal jy vir die Teragrepe van netwerk verkeer wat hulle hanteer? Betaal jy vir die Teragrepe van hardeskywe wat al die inligting van Wikimedia stoor? Het jy die Wikimedia sagteware geskryf en onderhou? Jy het niks van dit gedoen nie, en hulle skuld jou niks. So as jy nie van al die goed hou wat hulle verniet aan almal verskaf nie, dan kan jy maar voetsek.
Jy is te vertraag om te verstaan dat hulle niks van jou verwag met hierdie toets nie. Jy is te onnosel om te verstaan dat hierdie toets hoegenaamd geen effek op jou sal hê nie. Jy is te dom om te besef dat die Wikimedia Foundation niks te doen het met die cite-sjablone nie. Maar jy wil julle sleg sê. Wat het jy nou eintlik bereik deur te kla oor dinge wat nie eers 'n probleem is nie? -
Rooiratel
kontak
20:09, 8 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Trizek (WMF)
I have given it a try, and I'm quite happy with it. However there are some things I'd like to mention:
1) Many times people will do a bunch of bulk edits (adding large sections at a time, often by translating chunks of text from another wiki) and then once they are done, they will do another pass to add the references from the source wiki.
Maybe add an option in the "No" dialog to say that you are still busy with a batch of edits
Alternatively maybe have this feature (the whole thing) enabled by default, but let users disable this check for themselves. Experienced users will better know when they should/shouldn't add references, and they will be more comfortable editing their user preferences to disable this warning.
2) Sometimes users will do a large review of a page and do many spelling/formatting changes. This might set off your "50 chars with no reference" trigger, when they haven't actually added any new information.
Please think about this scenario, and how you could possibly detect it. Off the top of my head I'm not sure how I'd do it either.
3) For the "No" dialog, there are a bunch of options that a user can select, but as far as I can tell, they don't do anything.
Maybe append whichever option they select to the edit summary. Or use it to add a specific tag to the edit. The tag being something like: "no-ref because: xyz"
Thanks again for this new feature, I think it will help inspire new users to add references. Maybe it might even deter some spammers if there's extra steps to dumping a bunch of crap on a page.
Rooiratel
kontak
14:08, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Thank you for the constructive feedback, @
Rooiratel
! You're right: we are here to collect feedback, and, beyond that, to imagine together new ways to help newcomers on wiki.
On the "no" menu, we can add there an option that would say "I'll add sources later" or something similar. Aren't you afraid that users would just forget about them? At least, the edits would be tagged and anyone could return back to the user and post them a reminder.
(As the case you mention is mostly for translators, one side note: it could be useful for your community to explore more what
Section translation
offers. This tool allows translations of sections of articles, that often quite well convert sources and templates.)
The "50 chars with no reference" trigger targets paragraphs only. If you abut 50+ chars to an existing sentence, or if you add two 30 chars long paragraphs, you will not get the current Edit check. 50 is a number that could be locally changed if needed (50 chars in English are definitely not the same thing as 50 chars in Chinese!).
We can imagine new Edit checks for people who work on spelling and formatting. Highlighting spelling or formatting issues could be possible, like suggesting some formatting templates. An example from another wiki: some users add bold to section titles while it is prohibited. It could be a way to introduce the existence of styling guidelines. We also look for new ideas.
After "no" is selected, the edit will be tagged as you suggest, with the reason selected by the user. You could find these edits back in Recent Changes or on your Watchlist. Look at
Spesiaal:Etikette
: you will find several "Edit check" tags. They are hidden at the moment (i.e. not visible in history), but we already identify when contents are added, when they are added with no citation, etc.
We already observed at smaller wikis (smaller than Afrikaans actually) that newcomers learn about citing sources when they see this Edit check for references. If you think it would be beneficial for your wiki, we can deploy it as a test. 50% of newcomers would see it, and we will measure if and how they react to the feature. This could be the start of a collaboration between Afrikaans Wikipedia and the Editing team, so that your community would be one of the pilot communities to test the new improvements and suggest changes that would fit wikis of the same size and with similar dynamics. What do you think?
Trizek (WMF)
kontak
16:42, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
> On the "no" menu, we can add there an option that would say "I'll add sources later" or something similar. Aren't you afraid that users would just forget about them? At least, the edits would be tagged and anyone could return back to the user and post them a reminder.
Yes it's not ideal, and I don't have a better solution. Just something to think about. I was unaware of the section translation tool, and will check that out. It could be very useful, thank you.
> The "50 chars with no reference" trigger targets paragraphs only. If you abut 50+ chars to an existing sentence, or if you add two 30 chars long paragraphs, you will not get the current Edit check. 50 is a number that could be locally changed if needed (50 chars in English are definitely not the same thing as 50 chars in Chinese!).
Yeah I think the overall parameters can be tweaked as time goes by to see what works best. In my opinion two (or even many more) 30 character paragraphs are the same as one 50 character paragraph, and should trigger the alert as well. But I guess one heuristic is if all the changes are very spread out, then it shouldn't trigger the alert, since that is likely a large spellcheck/format edit. But as you already mentioned, the current functionality does already do that.
> After "no" is selected, the edit will be tagged as you suggest, with the reason selected by the user.
Awesome!
> We already observed at smaller wikis (smaller than Afrikaans actually) that newcomers learn about citing sources when they see this Edit check for references. If you think it would be beneficial for your wiki, we can deploy it as a test.
That is promising that it already has a positive impact at such an early stage in testing.
I do think it would help our wiki a lot, but I cannot solely speak for my entire wiki. I suspect that if we put it to a vote there would be some pushback (to changes in general) as you have already seen. But given that we do have a problem that newcomers rarely add references, and that this test has already shown positive results, I think most people on our wiki would support the idea.
> 50% of newcomers would see it, and we will measure if and how they react to the feature.
How do you determine who a newcomer is? Does this also apply to IP-address edits?
> This could be the start of a collaboration between Afrikaans Wikipedia and the Editing team, so that your community would be one of the pilot communities to test the new improvements and suggest changes that would fit wikis of the same size and with similar dynamics. What do you think?
I am 100% supportive of this, but as I already mentioned, there are many users on this wiki that are very averse to change, so it could be challenging or unpleasant to attempt this. Let me try to convince others to try this feature, and we see how it goes from there.
Ek vra nou vir
almal
, maar ek ping maar solank 'n paar mense om die gesprek te begin: @
Oesjaar
, @
Sobaka
BurgertB
Jcwf
Kan ons asseblief hierdie nuwe funksie op ons wiki toets? Dit sal net nuwe gebruikers affekteer, en al wat dit doen is om hulle te herinner om verwysings by te voeg as hulle 'n groot paragraaf skryf sonder enige bronne. Daar is reeds positiewe veranderings op ander wikis wat dit probeer het. -
Rooiratel
kontak
17:07, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
On the configuration, you can already have a look at
Spesiaal:EditGrowthConfig
. It is a prototype page of what local community configuration will look like. The number fo characters the tool would detect would be set there, and editable by any admin at your wiki.
It is also the place where the number of edits would be set to decides who see Edit check. At the moment,
users with less than 500 edits see the check
, which is more or less the limit defined for newcomers (this limit is used in Recent changes, for instance). IPs won't get it for now.
What we offer here is not a
change
(like in "it is there and won't move") but a
test
(we work together on making it better, and we can stop the test if your community decides to).
Let me know if you have any other questions. Beyond this, I can help you with solutions we have to help newcomers making their first edits.
:)
Trizek (WMF)
kontak
17:56, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
As ons nie probeer nie, sal ons nooit weet nie. Groete!
Oesjaar
kontak
17:33, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
This feature will be available starting Monday. If you have any questions, please contact me!
:)
Trizek (WMF)
kontak
09:08, 16 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Thanks @
Trizek (WMF)
. -
Rooiratel
kontak
09:33, 16 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Trizek (WMF)
One of the problem that I have found when editing the Afrikaans Wikipedia is that the citation template is not always the same as the the equivalnet template that is used elsewhere - often it appears to be an older version. If I am copying a citation from say the English Wikipedia, I cannot garauntee that the template will be the same. I appreciate that this puts considerable pressure on the Admins of the smaller Wikipedias, but is there a means whereby templates between Wikipedias could be better synchorinised? I appreciate of course that I cannot just cut and paste a citation, but that a bit of transdlation is usually neccessary - for example, I might be to add "|language = Engels" to the citation and change the date from "4 March 2024" to "4 Maart 2024" etc.
Martinvl
kontak
14:09, 4 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Martinvl
, do you have a few diffs available, so that I can check on the case?
If you copy a full template from one wiki to the other, these templates aren't always compatible, indeed. There is a project to create
Global templates
, but it is not getting enough attention. Meanwhile, some wikis have a bot to convert the different parameters of a pasted template to the matching one.
A possible solution would be to defined which templates should be used by the visual editor. We can define one for books, articles, websites...
Thanks,
Trizek (WMF)
kontak
17:28, 4 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Onbekende vrug
Goeie dag
Ek het tans 'n vrug wat niemand my kan sê watse vrug dit is nie.
Waar kan ek navraag doen en foto's stuur vir moontlike identifisering van die besonderse vrug.
Alta
164.151.138.226
11:31, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Hallo anon. Die beste plek om 'n plant of dier te identifiseer is op
. Skep 'n nuwe "Observation" en voeg foto's by. Dit maak dinge nog makliker as jy die GPS koördinate gee waar jy die vrug gevind het. Die mense daar sal jou kan help met die identifikasie. -
Rooiratel
kontak
13:46, 7 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Besoekstatistieke van die Son-artikel
Gemeenskap, soos julle reeds weet het Overvaal Stereo laas Dinsdag, 6 Februarie met my 'n onderhoud gevoer. Ek het spesifiek moeite gedoen om na
Gebruiker:BurgertB
se voorbladartikel oor die
Son
te verwys. Kyk na die besoekstatistieke:
Besoeke
Interessant! Groete!
Oesjaar
kontak
06:56, 12 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Announcing the results of the UCoC Coordinating Committee Charter ratification vote
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Dear all,
Thank you everyone for following the progress of the Universal Code of Conduct. I am writing to you today to announce the outcome of the
ratification vote
on the
Universal Code of Conduct Coordinating Committee Charter
. 1746 contributors voted in this ratification vote with 1249 voters supporting the Charter and 420 voters not. The ratification vote process allowed for voters to provide comments about the Charter.
A report of voting statistics and a summary of voter comments will be published on Meta-wiki in the coming weeks.
Please look forward to hearing about the next steps soon.
On behalf of the UCoC Project team,
RamzyM (WMF)
18:23, 12 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Geostasionêre wentelbaan
Hierdie artikel is nou feitlik klaar, hoe kry ek die twee foto's heelbo regs ewe groot? Wat sal
Low Earth orbit
in Afrikaans wees? Wat is die korrekte vertaling vir
real time
? Enige hulp is welkom! Hierdie artikel was 'n uitdaging! Groete!
Oesjaar
kontak
20:40, 12 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Foto's gefieks
Burgert
(kontak)
19:40, 13 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Waardeer Burgert! Groete!
Oesjaar
kontak
19:53, 13 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Koffiedrinksessie
Sobaka, Woordgenoot en Oesjaar by Karoo, 17 Februarie 2024.
Gemeenskap, die sessie sal plaasvind nou Sat, 17 Feb. by die Karoo Cafe vanaf 10:00-12:00. Sien julle daar! Groete!
Oesjaar
kontak
15:40, 13 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Die een op Lynnwood Rd in Pretoria? Ek sal probeer, maar dink nie ek sal dit kan maak nie. Geniet dit julle. -
Rooiratel
kontak
09:33, 16 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja! Groete!
Oesjaar
kontak
11:33, 16 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Jammer ek het die boodskap gemis, sou graag julle wou ontmoet, tot volgende keer,groete
Odriskelmac11
kontak
17:27, 18 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Daai ontkiemingskompetisie...
Hoe gaan ons die prysgeld verdeel? Net 3 plekke of 4 plekke? Daar is R10,000.00 se bewyse. Ek luister... Groete!
Oesjaar
kontak
15:42, 13 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Hallo, ek voel dit moet so verdeel word: R5000 vir die wenner, R3000 vir tweede plek en R2000 vir derde plek. Dis net my opinie. Laat dit goed gaan,
Lefcentreright
kontak
07:30, 14 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Gee dit als vir die wenner
Dumbassman
kontak
16:39, 15 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Die uwe, Aliwal2012, was in die vierde plek, maar baie ver agtertoe. Ek berus my daarby as slegs 1ste, 2de en 3de plek pryse kry! Vriende, baie dankie vir julle insette, --
Aliwal2012
15:36, 18 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Teen hierdie spoed gaan ek tienteen al my graad hê en oorsee werk voordat ek my prysgeld ontvang. Ek twyfel of daar Takealot in Nieu-Seeland is...
Lefcentreright
kontak
23:44, 3 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ek vind dit ironies dat hierdie besluite goedgekeur word deur die komitee waarop jy sit en dan maak jy hier opmerkings. Die finansiële komitee het dit laas Donderdag goedgekeur en nou moet sekretaresse die aankope doen. Ek is nie die komitee nie, ongelukkig slegs een lid van sewe en die meerderheidsbesluit tel. Groete!
Oesjaar
kontak
) 07:12, 4 Maart 2024
Jy meen dit sou help as hierdie besluite vooraf geneem was? Is tog nie die eerste keer nie?
Dumbassman
kontak
14:27, 4 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Nog van prof. Van Wyk se foto's...
Gemeenskap, geniet dit saam met my!
Cephalophyllum pillansii
Groete!
Oesjaar
kontak
18:33, 19 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Indringerplante en -diere
Is die haat teen hierdie spesies eintlik wetenskaplik geregverdig?
En: moet wikipedia nie 'n bietjie neutraler wees op hierdie punt nie?
sien
Jcwf
kontak
08:48, 21 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja dit is wetenskaplik geregverdig. Sien byvoorbeeld die tweede verwysings op
en:Invasive species
Dit hang ook af aan die spesifieke spesie. Byvoorbeeld, "blackjacks" (genus
Bidens
) doen nie ekologies skade nie, maar is meer kompetisie vir die inheemse plante, en maak die lewe moeiliker vir hulle. Maar ander spesies, soos byvoorbeeld die
pompombossie
Campuloclinium macrocephalum
) "veroorsaak ernstige agteruitgang van die veld, verlaag die biodiversiteit en verminder die weidingskapasiteit deurdat dit onsmaaklik is vir groot herbivore"
Vir meer inligting lees
en:Invasive_species#Adverse_effects
. Die waterkrisis in Kaapstad kon moontlik vermy gewees het as die indringerplante verwyder was.
Rooiratel
kontak
09:17, 21 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
O, dat
sommige
indingers skadelik kan wees, is duidelik, Rooiratel. Maar die gedagte dat
alle
indringers skadelik is – bloot omdat hulle indringers is – is 'n dogma wat met feite ontkrag kan word. En dogma behoort in 'n kerk, nie in die wetenskap of in 'n neutrale ensiklopedie nie.
Jcwf
kontak
23:29, 21 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ja, dit kan moontlik wees dat sommige indringers nie skadelik is nie.
> is 'n dogma wat met feite ontkrag kan word
Deel asseblief die feite, en hulle bronne. Ons kan dit op ons bladsy byvoeg. -
Rooiratel
kontak
09:47, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Coritiba Foot Ball Club
Gemeenskap, is die naam aanvaarbaar so? Coritiba-sokkerklub? Groete!
Oesjaar
kontak
19:19, 21 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie Burgert! Groete!
Oesjaar
kontak
06:52, 22 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Arsenal F.C.
Die gebruiker 37.212.13.164 het die kleure van die Arsenal sokkerklub se uniform verander en die resultaat het verskil van wat op die Engelse en Duitse wiki's is, toe rol ek dit terug, MAAR toe was die kleure nog meer verkeerd. Ek aanvaar nou 37.212.13.164 se verandering was in goeder trou en het dit weer herstel, maar iemand wat weet (@
BurgertB
of @
SpesBona
?) moet dalk die kleure nagaan.
Thermofan
kontak
20:00, 21 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Thermofan
ek weet nie eers hoe deesdae die kleure van die Duitse klubs in die Fußballbundesliga lyk nie. :D Ek doen eintlik internasionale krieket, rugby en sokker.
:) Groete. --
SpesBona
22:00, 21 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek het dit gaan regmaak op
Arsenal F.C.
, maar al die ander sokkerklubs wys nou verkeerd, want die sjabloon is verander. Iemand moet óf die sjabloon gaan terugrol óf al die ander sokkerklubs se derde kleure gaan verander. is dit die moeite werd?
Burgert
(kontak)
08:23, 22 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek het die sjabloon teruggerol sodat ons net twee kleure wys. Daar is te veel sokkerklubs.
Burgert
(kontak)
08:28, 22 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
BurgertB
, Sou dit nie beter wees om die kleure eenvoudig met 'n foto voor te stel nie, eerder as 'n sjabloon? 'n Toevallige kyk op die selfoontoepassing het die kleure verkeerd gewys in Af. en Eng.Wiki, anders as op die rekenaar. Nee, ek dink nie dit is die moeite werd om baie tyd aan sjablone vir sokkerklub kleure te spandeer nie.
Dankie die hulp.
Thermofan
kontak
06:25, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Stevygidog
Gemeenskap, neem asb kennis dat bogenoemde deel van 'n Cross Wikispam span was. Ek het al sy gemors verwyder. Ek wens ek kon my hier ordentlik uitdruk... Groete!
Oesjaar
kontak
10:04, 22 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Blykbaar skep hy nou soortgelyke artikels anoniem, byvoorbeeld
Dobbel in Suid-Afrika
. Groete. --
SpesBona
22:10, 22 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Sthubertliege
Gemeenskap, ek het bogenoemde se veranderinge na die Voorsitter van die Belgiese Wikipedia verwys. Hy het bevestig dat dit Bona Fide veranderinge is. Groete!
Oesjaar
kontak
05:59, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Is daar 'n Belgiese Wikipedia? Ek was nie bewus dat België hulle eie taal het nie. Kan jy asb. vir my meer inligting oor hulle stuur? Ek kan niks daaroor vind nie. -
Rooiratel
kontak
09:45, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Hulle praat
Vlaams
en
Frans
in België. België en Nederland het hulle eie chapters maar werk baie nou saam. Groete!
Oesjaar
kontak
10:49, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Lol, nou verstaan ek. Dit is die "chapter" en nie die wikipedia nie. Dankie. -
Rooiratel
kontak
10:55, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Bona Fide
(goedertrou), wat beteken dit? Dat hy/sy heeldag daarmee mag voortgaan? Vandag een vlag insit, môre dit met 'n ander vervang en oormôre alles terugverander, voordat dit weer van vooraf begin? Ek beskou dié veranderinge as onnodig. Groete. --
SpesBona
21:55, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
SpesBona
, ek was aanvanklik nie seker oor Gebruiker:Sthubertliege se veranderinge maar na my e-pos na die Belgiese Wikipedia het ek beter gevoel. Jy is baie nader aan die mense daar en behoort baie beter te weet as ons hier aan die suidpunt van Afrika. Indien jy nie saamstem nie; hier is Geert Van Pamel
Oesjaar
kontak
13:21, 24 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Dalk ná die volgende rondte, as hy/sy homself weer terugrol. Kom ons kyk! Groete. --
SpesBona
22:25, 24 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Daar was hy weer!
Sthubertliege
Please explain your edits! Groete. --
SpesBona
22:00, 25 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Op die Franse wiki doen hy dieselfde en antwoord ook nie op vrae en opmerkings nie.
sien
. Ek dink hy moet geblokkeer word.
Jcwf
kontak
02:34, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Jcwf
en
Oesjaar
Uitgevoer
. Groete. --
SpesBona
22:15, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Vielen dank! Grusse!
Oesjaar
kontak
06:32, 27 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Inset oor die Afrikaanse Wikipedia
Luister na die inset op
Jacaranda FM
vandag.
Sobaka
kontak
15:45, 23 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Opmerking: Soos hulle in Ingils sê :Life is great!" Ek sit en braai lamtjoppies op 'n bosveldvuur, my kleinkinders swem in die splashpool wat ek al- Krismis gekoop het, en my pensioen is so skaars soos 'n dubbel-bloumaan (was al 2x Pta Hooggeregshof toe daarvoor). Viva Suid-Afrika, ek hoop ek steek lepel in die dak voor die EFF aan bewind kom. Baie groete vrinne en vindinne!
Aliwal2012
15:17, 24 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Deon Steyn, direkteur van Afrikaanse Wikimedia. Van wanneer af? Daar is nie 'n Afrikaanse Wikimedia nie. Maleis is drie keer groter as Afrikaanse Wiki en meestal gedoen deur 'n robot. Maar nou ja, all publicity is mos good publicity...
Dumbassman
kontak
07:24, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
My woorde was: Direkteur - Afrikaans op die WikimediaZA Stigting... Wat hulle dan doen het ek geen beheer oor nie. Hoekom die venynigheid?
Oesjaar
kontak
07:29, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Gee wanpersepsie dat ons 'n Chapter of User group is wanneer jy al probeer het maar dit nog nooit reggekry het nie. En "paid-editing" bestaan.
Dumbassman
kontak
07:32, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Kom ons maak dit maklik, gaan soen jy die skape daar op die plaas en los die VRYWILLIGERS hier wat baie, baie moeite doen vir die Afrikaanse Wikipedia. Ek kan nie omgee wat in die res van die Wêreld gebeur nie. Jy is welkom om die Code-of-Conduct te gebruik en 'n klagte teen my in te dien.
Oesjaar
kontak
07:38, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Jou houding en persoonlike aanmerkings het al meer mense van ons Wiki af weggejaag as wat jy ooit wysigings sal maak. Maar jy worry mos nie
Dumbassman
kontak
07:39, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dien dan die klagte in...
Oesjaar
kontak
07:41, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek gaan nie, maar vra asb dat iemand anders doen. Ek het al gehoor Oesjaar is een klagte vanaf blokkeer word
Dumbassman
kontak
07:43, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dan is dit nou maar so...
Oesjaar
kontak
07:52, 26 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Kraankuil
Gemeenskap, kan iemand wat inligting oor die plek het dit skep? Groete!
Oesjaar
kontak
07:06, 28 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
die plekkie was nie opgeneem of gelys tydens S.A. se sensus 2011 nie. Probeer
search Kraankuil
Dus is dit baie moeilik om selfs 'n saadjie te skep---geen inligting volgens my nie, jammer!
Aliwal2012
08:05, 28 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dit lyk vir my dit is kleiner as klein! Op Google Maps wys dit 'n treinspoor en toetsstasie. Groete!
Oesjaar
kontak
08:14, 28 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Ek het 'n bladsy geskep oor die treinstasie. Alles wat ek kon vind verwys na 'n treinstasie. Daar is hierdie bron
wat sê dat dit 'n voorstad van Hopetown is, maar as ek op die kaart kyk is dit 'n entjie na die suide van Hopetown, en is in die presiese ligging van die treinstasie. Lyk nie vir my soos 'n voorstad nie. -
Rooiratel
kontak
08:18, 28 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie
Gebruiker:Rooiratel
. Groete!
Oesjaar
kontak
08:29, 28 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Erkenning deur prof. Wannie Carstens
Gemeenskap, sien prof. Carstens se verwysing na die Afrikaanse Wikipedia.
Groete!
Oesjaar
kontak
05:55, 29 Februarie 2024 (UTC)
antwoord
Besoekstatistiek
Gemeenskap, hier is die nuutste besoekerstatistiek:
Maandelikse besoeke
Meer as 'n miljoen besoeke vir Februarie is nie te versmaai nie! Dit is net oor die 34
000 besoeke elke dag. Groete!
Oesjaar
kontak
05:27, 1 Maart 2024 (UTC)
antwoord
As julle wil, help asseblief met
die vertaling
van wikistats in Afrikaans. Ons kort ook
proeflesing
van die vertalings wat reeds gemaak is. Ek sien wikistats het bv. 'n Viëtnamese vertaling. Viëtnamees staan op die oomblik op 76% vertaald, en 85% geproeflees. Afrikaans is nou by 77% vertaald, en 0% geproeflees. Ek dink as ons die proefleespersentasie bo 50% of 75% kan kry, sal 'n Afrikaanse weergawe van wikistats mag verskyn. Ek kan dit nie alleen doen nie, 'n proeflesing tel nie as jy ook die oorspronklike vertaling gedoen het nie. -
Rooiratel
kontak
09:23, 1 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Rooiratel
, ek het so bietjie gaan loer hier en 'n paar dinge vertaal en geproeflees. Maar van die dinge is moeilik indien jy nie 100% weet in watter verband dit gebruik word nie! Ek dink ons moet
Gebruiker:Woordgenoot
ook hier betrokke kry. Groete!
Oesjaar
kontak
14:27, 6 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Klink soos iets wat ons aandag moet geniet. Ek help graag waar ek kan. Groete
Woordgenoot
kontak
19:51, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Oekraïense kulturele diplomasiemaand 2024: Ons is terug!
Dagsê, geagte Wikipediane!
Wikimedia Ukraine
, in samewerking met die
Ministerie van Buitelandse Sake van Oekraïne
en die
Oekraïense Instituut
, is die vierde skryfuitdaging van die "
Oekraïense kulturele diplomasiemaand
" bekendgestel. Dit duur van 1 tot 31 Maart 2024. Die veldtog word opgedra aan bekende Oekraïense kunstenaars in rolprente, musiek, letterkunde, argitektuur, ontwerp en kulturele verskynsels van Oekraïne wat nou deel vorm van wêrelderfenis. Ons aanvaar bydraes in enige taal! Die mees aktiewe deelnemers sal pryse ontvang.
Ons nooi jou uit om deel te neem en ons te help om die dekking van die Oekraïense kultuur op Wikipedia in jou taal te verbeter! Ons beplan ook om 'n
bannier
op te rig wat gebruikers in kennis stel van die moontlikheid om aan so 'n uitdaging deel te neem!
ValentynNefedov (WMUA)
talk
Verslag van die U4C-handvesbekragtiging en U4C-oproep om kandidate nou beskikbaar
Dagsê almal,
Ek skryf vandag vir julle met twee belangrike stukke inligting. Eerstens is die
verslag van kommentaar op die Universele Gedragskoördineringskomitee se (U4C)-handvesbekragtiging
nou beskikbaar. Tweedens is die oproep om kandidate vir die U4C nou oop tot 1 April 2024.
Die
Universele Gedragskodekoördineringskomitee
(U4C) is 'n wêreldgroep wat aan 'n billike en konsekwente implementering van die UCoC toegewy is. Gemeenskapslede word genooi om hul aansoeke vir die U4C in te dien. Vir meer inligting en die verantwoordelikhede van die U4C, stel ons voor dat julle die
U4C-handves
hersien.
Volgens die handves is daar 16 setels op die U4C: agt gemeenskap-in-die-breë-setels en agt streeksetels om te verseker dat die U4C die diversiteit van die beweging verteenwoordig. Lees meer en dien jou aansoek in op
Meta-wiki
Namens die UCoC-projekspan,
RamzyM (WMF)
16:25, 5 Maart 2024 (UTC)
antwoord
cite book, cite journal, cite news, cite web ...
Hierdie sjablone het deesdae almal 'n Engelse opskriffie wat vertaal moet word as iemand weet hoe. As ek {{cite book ... gebruik, wys dit nou "cite book" ipv boekverwysing ..., "cite journal" moet miskien wees vaktydskrifverwysing, ens. By die reghoekige toep wat klankgrepe speel is daar ook "play" / "pause" wat aandag kort.
JMK
kontak
11:05, 6 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Rooiratel
en
Pynappel
, kan julle dalk 'n bietjie hier loer? Groete!
Oesjaar
kontak
11:16, 6 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ag ja! Laat ons dit nog moeiliker gaan maak om al daai verwysings oor te neem by 'n vertaling... Dit gaan nuwe gebruikers nog beter afskrik! Gebruikersonvriendelikheid is die hoogste doel!
Jcwf
kontak
01:10, 7 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ag prof Jaap, jy praat nou kak!
Aliwal2012
17:28, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Dis
Burgert Behr
se verjaarsdag
Geluk met jou verjaarsdag en dankie vir al jou harde werk, raad en geduld! Geniet jou dag! Groete!
Oesjaar
kontak
06:54, 7 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Geluk Burgert van my ook. Tussen Oesjaar, Burgert en Aliwal2012 se kort draadwerk kan ons 'n veldbrand veroorsaak! Rook jy nog? Nogmaals voorspoed maat.
Aliwal2012
08:35, 7 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Dankie, almal.
Burgert
(kontak)
09:53, 7 Maart 2024 (UTC)
antwoord
F1 raamwerk 2024
ter algemene insae oorgedra
Hoi Aliwal2012, ik heb net weer het raamwerk van de volgende
Grand Prix (Saoedi-Arabië)
verbeterd met kolommen op veel plekken weer gecentreerd en met vetgedrukte eerste kolommen bij de standen onderaan. Ook K1 107% ipv alleen 107%. Misschien kun je dit verbeterde raamwerk in je kladblok zetten voor als je de
2024 Australiese Grand Prix
pagina gaat beginnen? Met vriendelijke groet,
Balenda
kontak
16:33, 7 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Okay Balenda --
Aliwal2012
12:19, 8 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Traveling-wave tube
Gemeenskap, het iemand 'n woordeboek wat die monster kan vertaal? Groete!
Oesjaar
kontak
19:42, 8 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Dit kan dalk 'n Lopende golfbuis wees... Ag, hoekom het ek nie daardie dag in die klas opgelet nie... Groete!
Oesjaar
kontak
20:01, 8 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ja,
nl:lopende-golfbuis
werk goed. Groete.
197.245.55.209
18:26, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Loopgolfbuis, volgens die Fisikawoordeboek.
Burgert
(kontak)
18:37, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
My tegniese woordeboek gee ook "loopgolfbuis" -
Rooiratel
kontak
08:17, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Terme vir bofbal
Gemeenskap, die Amerikaners praat van
second baseman
in
bofbal
, wat sal dit in ons taal wees? Nooit gedog ek sal betrokke raak by die sport nie. Groete!
Oesjaar
kontak
13:36, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ook, wat noem jy iemand wat kolf (die bal slaan) in bofbal? Groete!
Oesjaar
kontak
13:38, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Die tweede veldwerker en kolwer/bofbalspeler? Groete.
Frank
kontak
17:11, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
In bofbal is daar vier bowwe. Die eerste, tweede en derde bowwe word deur spesifieke spelers verdedig – in Engels is hul name "first baseman", "second baseman" en "third baseman" (Sien
en:Baseball positions
). In Afrikaans stel ek dus voor "eerste bofman", "tweede bofman" en "derde bofman". Ek sou die woord "kolwer" vir "batter" geruik - dieselde as in krieket.
Martinvl
kontak
19:05, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
terme --
Aliwal2012
19:24, 10 Maart 2024 (UTC)
antwoord
In die goeie ou dae, toe Anoniem nog artikels soos
bofbal
geskryf het, het hy die term "slagman" gebruik. Aangesien die vier
bases
bowwe genoem word, is dit dalk die vier bofmanne. Groete. --
SpesBona
22:05, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Telstar 1
Gemeenskap, hierdie artikel is klaar. Kan 'n kundige my asb. help met die verwysings? Groete!
Oesjaar
kontak
05:25, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ek sal die verwysings reg maak. -
Rooiratel
kontak
08:18, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Rooiratel
kontak
08:28, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Rooiratel
dankie! Die goed maak my mal! Groete!
Oesjaar
kontak
09:02, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Proeflees en taalverbetering uitgevoer. Groete --
Aliwal2012
06:42, 13 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Maleisië
Kan iemand asb. die laaste wysiging op
Maleisië
bekyk? Dit lyk OK, maar ek is nie seker oor die inhoud wat die vervang het nie. Dit lyk as of dit eerder aan die onderkant aangeheg moes gewees het -
Rooiratel
kontak
09:58, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Aflatoksien
Aflatoksien
is in die nuus, ons kort 'n artikel... Enige vrywilligers? Groete!
Oesjaar
kontak
12:48, 11 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ons kort ook 'n artikel oor
Alkali
, 'n basiese begrip in chemie.
JMK
kontak
05:58, 13 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Wikimedia Foundation Board of Trustees 2024 Selection
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Meer tale
Help met die vertaal na uw taal
Dear all,
This year, the term of 4 (four) Community- and Affiliate-selected Trustees on the Wikimedia Foundation Board of Trustees will come to an end [1]. The Board invites the whole movement to participate in this year’s selection process and vote to fill those seats.
The
Elections Committee
will oversee this process with support from Foundation staff [2]. The Board Governance Committee created a Board Selection Working Group from Trustees who cannot be candidates in the 2024 community- and affiliate-selected trustee selection process composed of Dariusz Jemielniak, Nataliia Tymkiv, Esra'a Al Shafei, Kathy Collins, and Shani Evenstein Sigalov [3]. The group is tasked with providing Board oversight for the 2024 trustee selection process, and for keeping the Board informed. More details on the roles of the Elections Committee, Board, and staff are here [4].
Here are the key planned dates:
May 2024: Call for candidates and call for questions
June 2024: Affiliates vote to shortlist 12 candidates (no shortlisting if 15 or less candidates apply) [5]
June-August 2024: Campaign period
End of August / beginning of September 2024: Two-week community voting period
October–November 2024: Background check of selected candidates
Board's Meeting in December 2024: New trustees seated
Learn more about the 2024 selection process - including the detailed timeline, the candidacy process, the campaign rules, and the voter eligibility criteria - on
this Meta-wiki page
, and make your plan.
Election Volunteers
Another way to be involved with the 2024 selection process is to be an Election Volunteer. Election Volunteers are a bridge between the Elections Committee and their respective community. They help ensure their community is represented and mobilize them to vote. Learn more about the program and how to join on this
Meta-wiki page
Best regards,
Dariusz Jemielniak
(Governance Committee Chair, Board Selection Working Group)
[1]
[2]
[3]
[4]
[5] Even though the ideal number is 12 candidates for 4 open seats, the shortlisting process will be triggered if there are more than 15 candidates because the 1-3 candidates that are removed might feel ostracized and it would be a lot of work for affiliates to carry out the shortlisting process to only eliminate 1-3 candidates from the candidate list.
MPossoupe_(WMF)
19:56, 12 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Global ban proposal for Slowking4
Hello. This is to notify the community that there is an ongoing global ban proposal for
User:Slowking4
who has been active on this wiki. You are invited to participate at
m:Requests for comment/Global ban for Slowking4 (2)
. Thank you.
Seawolf35
kontak
22:22, 14 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Thanks for letting us know @
Seawolf35
. I checked their edits on our wiki, and all of them were just adding missing images to infoboxes in a non-disruptive way. -
Rooiratel
kontak
09:45, 15 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Rooiratel
Thanks, global policy requires that even wikis where they have just 1 edit are notified.
Seawolf35
kontak
12:37, 15 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Jou wiki sal binnekort oorskakel na die lees-alleen modus.
Lees hierdie boodskap in 'n ander taal
Help met die vertaal na uw taal
Die
Wikimedia Foundation
sal die verkeer tussen sy datasentrums ruil. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia wiki's aanlyn kan bly, selfs ná 'n ramp.
Hulle sal alle verkeer na die sekondêre datasentrum op
20 Maart
oorskakel. Die toets begin om
14:00 UTC
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkings in
MediaWiki
, moet alle redigering stop terwyl ons oorskakel. Ons vra om verskoning vir hierdie ontwrigting en werk daarna om dit in die toekoms tot die minimum te beperk.
U sal alle wiki's vir 'n kort tydjie kan lees, maar nie kan redigeer nie.
U sal vir 'n uur lank nie kan wysig nie om
Woensdag 20 Maart 2024
As u gedurende hierdie tye probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap sien. Ons hoop dat geen wysigings verlore sal gaan gedurende hierdie minute nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As u die foutboodskap sien, wag dan totdat alles weer normaal is. Dan moet u u redigering kan stoor. Maar ons beveel aan dat u eers 'n afskrif van u wysigings maak, net vir ingeval.
Ander effekte
Agtergrondwerk sal stadiger wees en sommige sal moontlik afgeneem word. Rooi skakels word moontlik nie so vinnig soos gewoonlik opgedateer nie. As u 'n artikel skep wat reeds elders gekoppel is, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. Sommige skrifte met 'n lang looptyd moet gestop word.
Ons verwag dat die uitrol van nuwe kode soos enige ander week sal plaasvind. Alhoewel, sommige gevalle van kodevries kan egter stiptelik plaasvind as die operasie dit daarna vereis.
GitLab
sal vir ongeveer 90 minute onbeskikbaar wees.
Hierdie projek kan indien nodig uitgestel word. Jy kan
die skedule lees by wikitech.wikimedia.org
. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word. Daar sal meer kennisgewings hieroor wees. 'n Banier sal op alle wiki's vertoon 30 minute voor hierdie operasie plaasvind.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap.
Trizek (WMF)
00:00, 15 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Nul is nie niks nie op Engels
Sal iemand asseblief 'n ogie gooi oor my vertaling van
Nul is nie niks nie
op die Engelse Wikipedia op
Dankie.
Thermofan
kontak
11:20, 26 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Vergadering met Akademia
Gemeenskap, ek het vanoggend 'n vergadering met die taalburo van
Akademia
gehad waar ek hulle baie dinge vertel het, onder ander ook oor
WikiWoordeboek
. Hulle soek meer inligting oor WikiWoordeboek, wie is kenner hier? Anders, wie gaan my help met 'n demonstrasie oor WikiWoordeboek? Groete!
Oesjaar
kontak
19:40, 26 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Naudefj
, kan jy help? Groete!
Oesjaar
kontak
12:45, 28 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Aktueel
Verander asb. "Russiese diktator" na "Russiese president" op voorblad.
JMK
kontak
14:43, 31 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Aliwal2012
15:39, 31 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Ons sonnestelsel
Met
Uranus
wat hierdie week op die voorblad verskyn het ons hele sonnestelsel nou voorblad status! Dit is inderdaad 'n mylpaal! Dankie
Gebruiker:BurgertB
, jy het die meeste werk gedoen. Groete!
Oesjaar
kontak
20:00, 31 Maart 2024 (UTC)
antwoord
wikidata, siteer en legerings
Ek skryf min oor legerings, want ek is 'n vastestofchemikus, nie 'n metalurg nie. Maar party van die
strukturbericht-klassifikasie
betref intermetaalverbindings en ek het nou my eerste Lavesfase geskep. Ek het dit
MgZn2
genoem. en.wiki doen dit ook vir 'n ander Lavesfase
en:MgCu2
en gebruik dan 'n DISPLAYTITLE funksie om dit as
MgCu
as titel weer te gee. Dis nie 'n ideale oplossing vir die feit dat ons geen subskripte in titles kan gebruik nie. In metallurgie word dikwels die chemiese formule met 'n Griekse prefiks gebruik om 'n intermetaalverbinding of legeringsfase aan te gee. Daar is gewoonlik nie 'n chemiese naam nie.
Ek het verniet gesoek na 'n wikidata-kode vir MgZn2, maar ek het in plaas daarvan
dit
gevind. Dit is een van die artikels wat ek as verwysings gebruik het... Waarom is dit in wikidata? Moet ons dit gaan gebruik? En hoe? Ek hoop die antwoord is nee, want dit sou dit nog meer werk gaan maak om goeters te gaan siteer. Dit vreet reeds baie van ons tyd. Ek weet okk nie goed hoe om 'n wikidata-kode vir MgZn2 te skep nie.
Jcwf
kontak
21:45, 31 Maart 2024 (UTC)
antwoord
Jcwf
m.b.t die wikidata item wat jy na verwys. Kyk altyd na die "instance of" parameter. Vir die een is die waarde daarvan "scholarly article". Dit beteken dat die Wikidata item verwys na 'n "scholarly article", nie aan 'n legering of enige iets anders nie. Jy moet nie jou artikel daaraan koppel nie. -
Rooiratel
kontak
11:24, 1 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek het 'n nuwe Wikidata item geskep en aan jou bladsy gekoppel. -
Rooiratel
kontak
11:28, 1 April 2024 (UTC)
antwoord
dankie
Jcwf
kontak
12:11, 1 April 2024 (UTC)
antwoord
'n Interessante video
'n Meta-ontleding van hoe en.wiki aan mekaar verbind is.
youtube video
Jcwf
kontak
18:11, 1 April 2024 (UTC)
antwoord
Dit is interessant! Groete!
Oesjaar
kontak
20:11, 1 April 2024 (UTC)
antwoord
Antwoord op die verkeerde plek! Ouderdom! Jammer! Groete!
Oesjaar
kontak
12:27, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Bloemfontein
as voorbladkandidaat
Ek het nog steeds geen antwoord oor hoekom
Bloemfontein
nie voorbladstatus gekry het nie.
Skakel na bespreking
. -
Rooiratel
kontak
07:31, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek ondersteun dit nie. Groete!
Oesjaar
kontak
12:28, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Maar hoekom! Dit is wat ek wil verstaan, maar niemand kan vir my sê nie! Wat is fout met die inhoud en die kwaliteit van die artikel? -
Rooiratel
kontak
12:43, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek het reeds gesê weens die huidige dinge wat daar aan die gang is nadat hulle die hofsaak gewen, soos ek reeds verduidelik het by jou oorspronklike voorstel. Dit is my rede. Groete!
Oesjaar
kontak
12:55, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Dat daar 'n hofsaak oor plaaslike dienste was verduidelik nie vir my wat fout is met die kwaliteit van die bladsy se inhoud is nie. So ek vra julle, wat het 'n hofsaak te doen met die kwaliteit van die bladsy se inhoud? -
Rooiratel
kontak
13:11, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Net 'n opmerking om my stuiwer ook in die armbeurs te gooi: die feite soos aangedui in die artikel is oud en nie korrek nie (soos bv. die bevolkingsgetalle en -samestelling), omrede dit gebaseer is op 'n sensus wat meer as 13 jaar gelede (2011) plaasgevind het. Sekerlik kan so 'n artikel nie op die voorblad geplaas word nie? Groete!
Johannescharlesventer
As daar inkorrekte feite is, sal ek dit aanvaar, maar sover het niemand hulle genoem, of probeer reg maak nie. M.b.t. die sensusdata, is al ons bladsye oor Suid-Afrikaanse nedersettings (groot of klein) se stats van die 2011-sensus af, omdat dit die enigste een is waar die data maklik is om te kry.
Johannesburg
Pretoria
, en
Kaapstad
het almal voorbladstatus, en hulle het almal ook sensusdata van 2011 af, net soos
Bloemfontein
. So hoekom kan
Johannesburg
Pretoria
, en
Kaapstad
voorbladstatus kry, maar nie Bloemfontein nie? Daar is nog nie 'n enkele mens wat kan sê nie. -
Rooiratel
kontak
15:00, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Aangesien jy nou Kaapstad (tans 125
153
grepe
), Johannesburg (172
373
grepe), Pretoria (63
114
grepe) met Bloemfontein (37
775
grepe) vergelyk is die grootte van dié artikels die hoofrede vir my. Die
Engelse Bloemfontein
het tans 60
259
grepe- en dié grootte sal vir my werk. Groete. --
SpesBona
21:10, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek dog die voorvereiste vir die grootte van 'n voorbladartikel was altyd 30k grepe, nie 60k nie. Ek sien hierdie voorvereiste is nie
hier gelys nie
, maar ander dink ook dit was altyd 30k,
sien hier
. Kan ons asseblief besluit wat die minimum lengte moet wees, en dit by die riglyne byvoeg?
Ek wag nog steeds om te hoor wat eintlik fout is met die bladsy. Is daar "feite" wat nie korrek is nie? Is die styl/taal nie aanvaarbaar nie (en hoekom)?
Hoekom sukkel julle so om te sê wat fout is met die bladsy? @
Oesjaar
BurgertB
ATravelingWizard
? -
Rooiratel
kontak
08:51, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Waar en wanneer het ons besluit dat 30
k die minimumgrootte vir voorbladartikels is? Ek het nog nooit 'n artikel ondersteun omdat dit 30
k het of een voorgestel omdat dit 30
k het.
Fernando Alonso
het ek nie ondersteun juis omdat dit slegs 30
k het. Die Bloemfontein-artikel is ewe groot as
Teheran
en
Josef Stalin
s'n, is hulle dan ook voorbladartikels? Hoekom moet ons in Afrikaans met minder tevrede wees as die Engelse, Duitse of Franse artikels meestal meer inhoud het? Ons kan die taaldebat slegs wen met kwaliteit. Vertaal die hele Engelse artikel oor Bloemfontein, dan sal ek dit ondersteun. Groete. --
SpesBona
11:25, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek weet nie, vra vir Oesjaar. Maar ek dink ons moet 'n minimum (en maksimum?) grootte hê, en by die riglyne byvoeg sodat almal weet wat verwag word. So ek stel voor dat ons nou daaroor besluit vir die toekoms.
M.b.t. Teheran en Josef Stalin se bladsye: dit bladsygrootte is net een van verskeie voorvereistes. So nee, die grootte beteken nie noodwendig dat hulle goed genoeg is vir voorbladstatus nie. As hulle ook aan al
die ander vereistes
voldoen, dan ja.
Ek probeer enige toekomstige argument oor die voorbladartikelbenoemings te voorkom deur al die vereistes te dokumenteer. Maar mense sal eerder een of ander vae snert noem as om eintlik te sê wat hulle dink die probleem is. Geen probleem sal ooit opgelos word as jy nie eers weet dat dit bestaan nie. So totdat antwoorde op hierdie vrae voorkom, is ons vervloek om hierdie argumente vir ewig te herhaal. -
Rooiratel
kontak
11:52, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Dis jy wat sukkel om te verstaan. 'n Hele paar mense het al gesê wat fout is. Die artikel is in die eerste plek VEROUDERD.
Burgert
(kontak)
14:50, 4 April 2024 (UTC)
antwoord
> Dis jy wat sukkel om te verstaan.
Ja presies, dit is wat ek die hele tyd sê! Ek sukkel om te verstaan, en julle sukkel om te sê wat presies die fout is! Wat is veroudered? Wat het 'n hofsaak oor dienslewering met die kwaliteit van die artikel te doen?
Jy het oorspronklik gesê: "Volgens iemand wat daar woon, gaan dit blykbaar maar beroerd hier – glad nie so rosig nie."
Wat het dit met die kwaliteit van die artikel te doen?????
Hoekom sukkel jy so om dit te verduidelik? -
Rooiratel
kontak
19:27, 7 April 2024 (UTC)
antwoord
Bevestig, dit was nog altyd 30k. Ek het my sê gesê. Wens jy wil jou tyd meer vrugbaar gebruik en my help met Wikiwoordeboek soos hierbo gevra, die 60
000 foto's van prof Van Wyk ens. Groete!
Oesjaar
kontak
09:29, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek sal wanneer ek antwoorde het. Jy het nog eintlik niks gesê oor wat fout is met die Bloemfonteinartikel nie. Verduidelik asb. wat 'n hofsaak oor plaaslike dienste te doen het met die kwaliteit van die artikel. -
Rooiratel
kontak
09:54, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Jy begin my nou grensloos irriteer met jou gekef. Wanneer skryf jy eendag 'n voorblad? Ook, dankie maar nee dankie vir ENIGE hulp vorentoe. Ek sal oorleef.
Oesjaar
kontak
10:01, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Hoe dink jy is 'n mens veronderstel om 'n voorblad te skryf as dit glad nie duidelik is wat aanvaarbaar is nie? Wat is so moeilik om 'n paar vrae te antwoord? Ek vra nie dat jy self die bladsy moet reg maak nie, ek wil net weet wat die probleem is, sodat ek (of iemand anders) dit kan reg maak. As jy so bekommerd is oor voorblaaie, dan hoekom help jy nie hier nie? -
Rooiratel
kontak
10:28, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Verifiëring van bronne
Gemeenskap, sien asb. op
Gebruikerbespreking:LorkBakk
die gesprek tussen myself en
Gebruiker:Rooiratel
. Ek hoor graag wat julle hieroor dink. Groete!
Oesjaar
kontak
11:28, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Die artikel
Puyo Pop Fever
, soos hy oorspronklik “vertaal” is, is op sigself die grootste probleem, myns insiens. Dit is nie net bietjie taalversorging wat benodig word nie, die artikel moet halfpad herskryf word. Of LorkBakk se bydrae die Afrikaanse Wikipedia 'n guns doen, is oop vir debat, maar ten minste stel hy belang.
Vreemdtalige bronne is wel ‘n komplikasie en maak verifiëring moeiliker, maar is nie op sigself onaanvaarbaar nie. Die kwaliteit van die bron is meer belangrik as die taal. Die Engelse Wiki aanvaar die aanhaal van anderstalige bronne en het
riglyne daaroor hier
. En ook hier:
Non-English sources
Thermofan
kontak
09:07, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Dat die bladsy taalversorging nodig het, stem ek saam. Maar dit is 'n totale ander saak.
Dit is totaal onprakties om net Afrikaanse bronne te aanvaar. En as ons Engelse bronne aanvaar, hoekom nie ander tale? En in gevalle soos bladsye oor die geskiedenis, of oor 'n spesifieke land sal die beste bronne heel waarskynlik nie in Engels of Afrikaans wees nie. -
Rooiratel
kontak
09:23, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Hoor-hoor Bontratel
Aliwal2012
12:19, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Prof. Anne-Marie Beukes
Gemeenskap, neem kennis dat Prof.
Anne-Marie Beukes
HUB
van die
SAAWK
, afgetree het op kort kennisgewing met haar laaste dag van diens laas Donderdag voor die Paasnaweek. Ons verloor 'n groot ondersteuner en vriend. Nou wonder 'n mens wie gaan haar opvolger wees? Dr. Linda Brink neem tans waar as HUB van die Akademie. Sien
SAAWK
Groete!
Oesjaar
kontak
12:26, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Ai, tog. Dit is 'n verlies.
Thermofan
kontak
06:59, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Chathameilande
Enige vrywilliger wat iets hieroor wil skep? Groete!
Oesjaar
kontak
13:03, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
Chathameilande
Puvircho
het lanklaas die
vlag van die Chathameilande
beskryf. Ek mis sy vlagartikels! Groete. --
SpesBona
13:30, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
14:18, 2 April 2024 (UTC)
antwoord
Bladtrekke vir Maart
Ons bladtrekke vir
Maart
was 'n nederige 710 833. Nes ek dink ek verstaan die statistiek, dan verras dit my! Groete!
Oesjaar
kontak
12:12, 3 April 2024 (UTC)
antwoord
Masters of the air
Laasjaar het die rolprent
Oppenheimer
ongekende besoeke na die artikels
Robert Oppenheimer
en die
Manhattan-projek
tot gevolg gehad. Ek voorspel dat die TV-reeks
Masters of the Air
, wat reeds oorsee uitgesaai is, ook groot belangstelling na vliegtuigartikels gaan veroorsaak. Die betrokke artikels volgens my sal wees:
Boeing B-17 Flying Fortress
Consolidated B-24 Liberator
Avro Lancaster
Spitfire
Messerschmitt Bf 109
en die
North American P-51 Mustang
. Die eerste drie is
bomwerpers
en die laaste drie is
vegvliegtuie
. Slegs een van die ses artikels het voorbladstatus - Boeing B-17 - terwyl die ander vyf eintlik nie eers inleidings is nie. Ek gaan die Liberator neem na voorbladstatus, is daar enige vrywilligers wat gaan help?
Oesjaar
kontak
19:57, 7 April 2024 (UTC)
antwoord
Turbo-aanjaer
Gemeenskap, volgens die nuwe HAT moet dit
Turboaanjaer
(een woord) wees. Kan ek voortgaan en dit skuif? Groete!
Oesjaar
kontak
07:21, 8 April 2024 (UTC)
antwoord
En volgens die WAT ook! Groete!
Oesjaar
kontak
07:47, 8 April 2024 (UTC)
antwoord
Ja, gaan asb. voort! --
Aliwal2012
11:40, 10 April 2024 (UTC)
antwoord
"Die Romeinse boer" (1925), Wikisource en die k-woord. Oplaai, of nie?
Beste Wikipediane
Ek moet my nou op die Keiser beroep, al moet ons ook WikimediaZA inroep.
Daar is 'n boek wat ek die afgelope tyd oorgetik het; dit is klaar, en gereed om opgelaai te word:
Die Romeinse boer
, deur T.J. Haarhoff. Die jaar 1925. Haarhoff is in 1971 oorlede. Dus is die werk sedert 2022 in die openbare besit.
Die boek is belangrik om die volgende redes:
Dit is die eerste volledige vertaling van die
Georgica
(Vergilius) in Afrikaans. Daar is ook 'n paar grepe uit stoere Cato ("die slinkse") se sêgoed omtrent die landbou.
Die boek is vandag skaars soos hoendertande. Ek het regtig moeite gehad om hom te bekom. By biblioteke sal jy hom in die diepste, donkerste en stowwerigste hoekie vind.
Anders as die versvertaling van Blanckenberg, is hier voetnotas wat van kritieke belang is. Veral vir iemand wat nog nooit met die klassieke te doene gehad het nie, is dit broodnodig.
Haarhoff, in my oë, het die regte bedoeling gehad. Al is daar akademici wat hom daarvan beskuldig dat hy moontlik Empaaiergesind was, of dat hy te eksklusief was, het hy die regte idee gehad, uit 'n ekonomiese oogpunt. Hy het gesien hoe die Afrikaner (die blanke Afrikaanssprekendes) geen nut in die klassieke of Latyn meer sien nie. Dit het hul gewoon koud gelaat. (Nou nog as ek Latynse boeke koop, vra mense of ek prokureur wil word - natuurlik om te weet of hulle meer geld kan vra...) By Afrikaanse skole het Latyn in die 1920's sterk agteruitgeboer, al was daar ouens, soos Langenhoven, wat 'n paar dekades tevore by Stucki uitgeblink het. Dus doen Haarhoff wat enige professor wat 'n passie vir sy vak het sou doen (en sy leerstoel probeer red) - hy probeer red wat daar te redde is. Hy soek 'n metafoor, en hy kry hom: soek die raakpunte tussen die Romeinse Boer en die Afrikaner (daar is nogal verbasend baie 'n eeu gelede), en siedaar... die volk sal hul met die Romeine vereenselwig, en die getalle sal terugstroom. Boonop is Afrikaans so te sê pas op die wetboeke as amptelike taal bekragtig. Hy spits hom dus toe op hierdie nismark (nie die sakeklas nie, maar boere, ook diegene wat pas verstedelik het, moontlik selfs die armblanke wat deur Latyn sosiale opgang sal kan geniet), ewe veel as wat 'n straatpredikant op die Kaapse vlakte sy eie mense sou bearbei. Ongelukkig kan een boek nie Latyn red nie; veral nie as dit geen herdruk beleef het nie.
Die terugvoer op die boek daardie tyd was besonder positief. Een boer het selfs aan Haarhoff gesê hy gebruik sy Vergilius-vertaling as handboek, met voorspoedige gevolge. Vir my klink dit na 'n oordrywing, maar goed, daar is goed soos "wisselbou" wat daarin genoem word. Hoewel die ploeëry, wat Vergilius hier ophemel as iets moois as die water in die voortjies afloop (ooit gehoor van erosie?), deesdae, waar moontlik, eintlik vermy word in die Overberg (en die Swartland).
Vergilius oordryf soms baie erg, soos dat die werksterbye, na die afsterwe van die "koning", hul eie selle begin plunder. Dit klink vir my eerder na Romeinse hiënapolitiek, dit is immers 'n gedig. Ons weet vandag die werksterbye maak die "koningin", vir die nes, deur die nes. As hulle nie 'n koningin het nie, maak hulle net 'n nuwe een. Maar dan sê hy die bye leef vir 7 jaar. "Onmoontlik!" dag ek. Maar daar is vaktydskrifartikels wat sê die afgelope 50 jaar het die bye se lewensverwagting halveer, toe te skryf aan genetiese veranderinge. Is dit moontlik dat 2000 jaar verloop het, en in hierdie 2000 jaar het hul lewensverwagting so geweldig ingekrimp? Wie weet. Die teks bied dus stof tot nadenke, dalk selfs 'n onderwerp vir 'n verhandeling of proefskrif.
Laastens kan die boek gebruik word sodra die artikel oor die Georgica begin word (daar is 'n Franse voorbladartikel). Drie vertalings kan langs mekaar gejukstaponeer word.
Nou wat is dan die probleem?
Op bladsy 24 word die k-woord gebruik, nie met verwysing na iemand nie. Laat ek dit gou aanhaal:
"Arbeid adel" was die prinsiep waarop die outydse boer te werk gegaan het; maar met die vermenigvuldiging van slawe en die steun op goedkope slawe-arbeid het baie die houding ingeneem, wat soms by ons ook voorkom, en seker soorte werk as k_____rwerk (
opus servile
) verag.
Dit voel half asof ons weer besig is met dieselfde muggiesiftery as in die 1970's met die sensuurwette, maar goed - ek is die ene ore.
Mag hierdie boek opgelaai word, ja, of nee?
Suidpunt
kontak
08:39, 9 April 2024 (UTC)
antwoord
Indien die kopiereg verval het, gaan maar voort. Dit is 'n historiese werk. Geen rede om dit te sensuur, of om dit te vernietig/weg te steek nie. Niemand gaan vir jou persoonlik dagvaar nie, jy het dit nie geskryf nie. -
Rooiratel
kontak
09:20, 9 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek stem saam met Rooiratel.
Burgert
(kontak)
09:57, 10 April 2024 (UTC)
antwoord
Oscars vir Afrika!
As ek in 2028 nog in die land van die lewendes is, gaan ek die 100ste Oscaraand doen. Goeiste!
Burgert
(kontak)
14:59, 10 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek sal dit lees! Groete!
Oesjaar
kontak
15:26, 10 April 2024 (UTC)
antwoord
Infobox aircraft engine
Oesjaar
het my opdrag gegee om bogenoemde inligtingskas in Afrikaans te vertaal, maar hoe langer ek daarna kyk, hoe minder verstaan ek dit. Die probleem is nie net dat dit as 't ware uit vyf (?) ondersjablone bestaan nie, maar ook dat ek nie weet waar dit eintlik begin nie. Heel boaan staan daar
{{Being deleted|2023 January 22|Template:Infobox aircraft begin|merge=Template:Infobox aircraft}}
en ek weet nie wat dit beteken nie. Lyk my hulle beplan om
Infobox aircraft begin
met
Infobox aircraft
te versmelt (wat ons wel het:
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me .... Sover ek kan sien bestaan dit uit vyf modules:
Infobox aircraft engine
Infobox aircraft begin
Infobox aircraft program
Infobox aircraft type
en
Infobox aircraft career
. Dalk moet jy self 'n tegnikus wees om dit te verstaan. Ek is regtig jammer en wil Oesjaar nie langer laat wag nie, dus klop ek hier vir hulp aan. Groete. --
SpesBona
20:30, 10 April 2024 (UTC)
antwoord
Dalk moet 'n mens wag totdat die Engelse hulle templates gemerge het, en dit dan vertaal.
Burgert
(kontak)
15:22, 11 April 2024 (UTC)
antwoord
Chem Sim 2001
Hierdie gebruiker het sopas 'n beeld van ammoniumsulfied verwyder met die argument dat dit verkeerd is. Dit is waar dat die uitbeelding nie ideaal is nie, omdat dit nie die volle kristalstruktuur toon nie, net die ione. Maar hy vervang dit ook nie met so 'n beeld nie, gaan na commons, eis die verwydering van die bestaande beeld en beweer dit is ongebruik...
Ek dink nie dit is aanvaarbaar nie. As hy 'n beter beeld sou maak om dit mee te vervang, sou dit 'n ander saak wees. Maar dit grens aan vandalisme. Die bestaande beeld is nie ideaal nie maar ook nie verkeerd nie.
Jcwf
kontak
19:21, 12 April 2024 (UTC)
antwoord
Kan jy dit terugsit? Groete!
Oesjaar
kontak
19:29, 12 April 2024 (UTC)
antwoord
Jcwf
sy of haar wysiging verbeter nie die artikel nie. –
Pynappel
kontak
19:30, 12 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek het dit teruggesit en my protes op commons aangeteken.
Sien
Jcwf
kontak
20:04, 12 April 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Pynappel
. Chem Sim 2001 het op commons gesê
If there is no replacement/alternative model available at the moment, it's better to have none instead of a factually incorrect one
. Die bestaande beeld is nie
factually incorrect
nie. Dit toon die korrekte ione van hierdie ionogene verbinding (sout). Ja, dit sou beter wees as dit deur 'n komplete kristalstruktuur vervang word, maar Chem Sim 2001 gaan dit nie doen nie. Ek dink dat hy geblokkeer moet word en dat af.wikipedia 'n protes op common moet laat hoor.
Jcwf
kontak
09:06, 13 April 2024 (UTC)
antwoord
Geluk aan Gebruiker:Sobaka met sy verjaarsdag!
Geluk
Gebruiker:Sobaka
met jou verjaarsdag. Dankie vir al jou harde werk, dit word hoogs waardeer! Ons hoop jy het 'n lekker dag! Groete!
Oesjaar
kontak
06:32, 19 April 2024 (UTC)
antwoord
Vervaardig vs. produseer
Wanneer word iets vervaardig en wanneer geproduseer? Of word ek net oud? Groete!
Oesjaar
kontak
12:01, 26 April 2024 (UTC)
antwoord
Produksie laat my dink aan 'n produksielyn waar eenderse produkte in reëlmaat van die vervoerband afrol. Vervaardiging laat my dink aan 'n breër proses wat ook die ontwerp, ens., kan insluit.
JMK
kontak
21:39, 27 April 2024 (UTC)
antwoord
Dis maar hoofsaaklik sinonieme.
Burgert
(kontak)
17:41, 28 April 2024 (UTC)
antwoord
Ek glo dat daar is eintlik 'n verskil - 'n goudmyn produseer goud en 'n kragstasie produseer elektrisiteit maar 'n televisie fabriek vervaardig televiesie-stelsels.
Martinvl
kontak
17:04, 1 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia en Netwerk24.
Gemeenskap, neem kennis dat daar 'n ooreenkoms aangegaan is met
Netwerk24
via
Rapport
... Hou hiedie spasie dop... Groete!
Oesjaar
kontak
19:02, 28 April 2024 (UTC)
antwoord
Dit sal wonderlik wees om 'n paar foto's van Suid Afrikaanse bekende persoonlikhede te kan kry, soos
Edwill van Aarde
, selfs al is dit ouer.
Thermofan
kontak
08:21, 29 April 2024 (UTC)
antwoord
Funksionele groepe
As gevolg van 'n vraag van Oesjaar het ek begin kyk na
funksionele groepe
soos die
hidroksielgroep
. Ek het gevind dat ons geen bladsye wat toegewy is aan spesifieke groepe het nie en ek het in 'n bietjie gemors daarmee beland. Bv.
amiene
bevat 'n groep atome wat algemeen 'n
aminogroep
genoem word. Sommige van die ander wiki's verwys egter eenvoudig deur van die term aminogroep na amien (soos nl.wiki), maar ander (soos de.wiki) doen dit nie. Daar is 'n paar redes om dit nie te doen nie, dink ek, bv. amiede bevat ook hierdie groep en hulle het nogal verskillende eienskappe. Maar dis waar dat afsonderlike bladsye baie potensiële oorvleueling sal hê, of die bladsy vir die eintlike groep bly dalk 'n saadjie wat nie sal ontkiem nie.
Gedagtes?
Jcwf
kontak
15:10, 29 April 2024 (UTC)
antwoord
Ronell Renett Klopper en ons Wikipedia
Gemeenskap, neem kennis dat ek en
Gebruiker:Woordgenoot
vanoggend 'n koppie koffie en sjokalade met Dr.
Ronell Renett Klopper
geniet het by die
Herbarium
by
SANBI
in Pretoria. Na ons gesprek was haar woorde:
Ek ondersteun julle!
. Groete!
Oesjaar
kontak
16:21, 29 April 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
, gooi asb. 'n ogie oor
dié Engelse artikel
. Dit was nie dadelik na die Afrikaanse
Ronell Renett Klopper
geskakel toe ek gekyk het nie.
Thermofan
kontak
10:18, 30 April 2024 (UTC)
antwoord
Hy is nou geskakel; het hom op Wikidata geskakel. Groete!
Oesjaar
kontak
10:59, 30 April 2024 (UTC)
antwoord
Bladtrekke vir April
Gemeenskap, ons het slegs 947 187 bladtrekke vir April gehad. Ek het so gehoop dat ons weer meer as 1 miljoen sou kry! Groete!
Oesjaar
kontak
08:40, 1 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Mei behoort om 'n beter maand te wees - daar is 31 dae in Mei en net 30 in April.
:-)
Martinvl
kontak
17:07, 1 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Mei gaan beter wees: eerste groot eksamen vir die jaar begin! Groete!
Oesjaar
kontak
17:10, 1 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Die
Siteview analysis
sê nogtans dat daar 2 914 980 pageviews was.
Jcwf
kontak
07:57, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Nou wat is die verskil met:
Unique Devices
dan? Groete!
Oesjaar
kontak
08:50, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Ek veronderstel as daar een rekenaar is wat 4 blaaie besoek, was daar 4 page views, maar een unique device.
Burgert
(kontak)
12:56, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Veranderbare steekhoekskroef
Ek het julle hulp nodig. Uit
Veranderbare steekhoekskroef
se Engelse kant sê hulle dat:
Reversible propellers are those where the pitch can be set to negative values
. Reversible propellers = omkeerbare skroewe? Tru-skroewe? Sien my vertaling- een lang sin. Ek weet nie... Groete!
Oesjaar
kontak
11:24, 6 Mei 2024 (UTC)
antwoord
... en na 15 jaar hier betrokke ontdek ek nou eers die artikel:
Lys van Afrikaanse vakwoordeboeke en terminologielyste
. Ai! Groete!
Oesjaar
kontak
06:36, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Pynappel
en
Rooiratel
, van die skakels na die boeke werk nie. Kyk asb of julle kan help? Groete!
Oesjaar
kontak
06:51, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Dooi skakels. As jy gelukkig is sal dit op die internet argief wees. Anders sal iemand met die hand 'n nuwe skakel moet vind wat nog werk (as daar een is). Dit is nooit 'n goeie idee om net 'n skakel te gebruik nie, want dit sal eendag breek. Mens moet altyd die skakel eers stoor op die internet argief, en dan die argief skakel op die bladsy gebruik. Dit is maar hoe die internet werk. -
Rooiratel
kontak
07:25, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
As julle kan help om hierdie boeke op of ander manier beskikbaar te stel sal dit baie help siende dat Tegniese Woordeboeke skaarser as hoendertande is. Groete!
Oesjaar
kontak
08:52, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Dalk is die term veranderbare steekhoekskroef effens te ambisieus. Selfs die Engelse term probeer nie al die eienskappe van dié skroef in die benaming vervat nie. Wat van net iets soos wisselbare skroef (die steekhoek kan mos wissel van positief tot negatief).
Mauritsvw1
kontak
14:02, 16 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Pterosauria
Die Engelse artikel het twee klades voor die orde, maar die Afrikaanse
Pterosauria
nie. Weet iemand hom om dit in te sit? Dankie.
Burgert
(kontak)
13:23, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Ek het dit nou meer soos enwiki gemaak. -
Rooiratel
kontak
08:44, 13 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Voorbladartikels vir 2024 is volgemaak
Beste vriende, vriendinne (weet nie of daar nog so iets op af:wp bestaan nie), medewerkers, skryfslawe, politici, bedelaars en leeglêers (soos die uwe):
Dit gee my as opsiener van die
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
genoë om u in te lig dat hierdie oefening nou ten volle gedek is met suksesvolle kandidate tot 31 Desember 2024. Maar soos ook in die verlede die geval was, verhoed dit u egter nie om nog steeds bydraes tot hierdie oefening te maak nie.
[Terloops: Dink julle SpesBona gaan ooit klaarkry met sy internasionale sportspanne? Ai tog!]. Ek sal so twee of drie weke blanko hou indien 'n bydraer soos Oesjaar 'n dringende behoefte ontwikkel om nog vir oulaas 'n vuurpyl te lanseer, voordat ons ons vuurwerke afskiet op Oujaarsaand.
Sien julle weer eendag op 'n reëndag! (Ek is nog steeds hier). --
Aliwal2012, alias "Die Perd se Bek"
17:08, 8 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Lyk my
Formule Een
is nie sport nie! Ons Duitstalige en die vertaalde Afrikaanse internasionale krieket- en rugbyartikels kan die ooreenstemmende Engelse artikels maklik klop. Het jy al 'n vergelyking gedoen?
Al daardie nasionale spanne in krieket en rugby geniet lesenswaardige status op die Duitstalige Wikipedia en hierdie artikels is 1:1 deur my vertaal, wys my maar enige ander soortgelyke projek in die hele Wikipediawêreld.
Ek was baie opgewonde, toe ek reeds in
2010
artikels soos
Afrikaans
(!),
Denemarke
en
Estland
voorgestel het. Ek gee dié gevoel vir niks nie!
In die volgende jare het my voorbladbetrokkenheid hoogte ingeskiet, toe ek in
2011
Puvircho
se uitstekende vlagartikels soos dié van
Kanada
Meksiko
en die
Verenigde State
voorgestel het. Daai opgewondenheid sal ek nooit vergeet nie! Kyk maar ook my argumente omtrent
Rugbywêreldbeker 2011
in daardie jaar.
Reeds sedertdien soek ek geskikte artikels vir ons voorblad en as jy alles saamtel, het ek baie meer voorbladartikels van ander gebruikers benoem as eie geskryf. Hoe gereeld het ek nie by
Voyager
aangeklop vir voorbladartikels soos
Bremen
Johannesburg
Londen
en
Nieu-Seeland
nie?
In 2011,
2012
en
2013
is die meeste voorbladartikles deur my benoem, insluitende nog mooi vlagartikels deur Puvircho.
My eerste eie twee voorbladartikels is
vlag van Nieu-Seeland
en
vlag van die Verenigde Koninkryk
uit
2014
. My drie volgende voorbladartikels
Meksiko
vlag van Europa
en
Chili
het in onderskeidelik
2015
en
2016
gevolg. Daai vreugde sal ek nooit vergeet nie!
In
2018
het twee reuse voorbladartikels uit my pen gevolg:
Vlag van Duitsland
(vertaal uit Duits) en
Vlag van Israel
(wat ek saam met 'n Afrikaansonderwyser uit
Koffiefontein
in Berlyn uit Hebreeus vertaal het!). Ons het weke daaraan gewy!
Eers in
2019
het my eerste vier sportvoorbladartikels verskyn:
Krieketwêreldbeker 2015
Krieketwêreldbeker 2019
Rugbywêreldbeker 2015
en
Rugbywêreldbeker 2019
. Hoekom? Hulle het almal meer as 'n 100
000
g!
In onderskeidelik
2020
en
2021
het onderskeidelik
Amsterdam
Botswana
Nederland
en
Papoea-Nieu-Guinee
gevolg.
Hoeveel Suid-Afrikaanse artikel het ek solank bewerk totdat hulle uiteindelik voorbladstatus verkry het?
Vlag van Suid-Afrika
Durban
Gqeberha
Proteas
Krieketwêreldbeker 2003
, ens. Sedertdien is ek ook baie bedrywig om voorbladartikels soos
Suid-Afrika
Kaapstad
Johannesburg
Pretoria
en
Springbokke
op datum te hou. Suid-Afrika het intussen twaalf amptelike tale en ek het die artikel op datum gebring, Gqeberha (die ou PE) het 'n nuwe burgemeester en die uwe het dit bygewerk!
Terloops, sien jy dit:
Verwante veranderings aan voorbladartikels
? Die hele Meimaand het ek spandeer om ou voorbladartikels by te werk en te hersien. Daar was verouderde stellings in onder andere
Helsinki
en
Warskou
. Al die susterstede is gestaaf deur die betrokke stad se amptelike webwerf, nie die Engelse Wikipedia nie! Almal het nou 'n etimologie en weerkas.
Helaas, ek het tans die
Vlag van Suid-Korea
, drie Asiatiese lande, drie Europese lande en drie Suider-Afrikaanse stede op my pyplyn. Groete. --
SpesBona
21:45, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Microlight
Gemeenskap, help asb die ou man uit die sloot... Wat is 'n
microlight aeroplane
in Afrikaans? Groete!
Oesjaar
kontak
19:52, 12 Mei 2024 (UTC)
antwoord
...uit die sloot, of van die wal af..? Ek het nie nou vinnig 'n woordeboek handig nie, maar ek is seker dit is maar bloot
mikroligte vliegtuig
, sonder 'n koppelteken. Oom Google stem saam, ook die departement van onderwys in hul
SENIORSERTIFIKAAT toerisme vraestel
op bl.11.
Thermofan
kontak
08:34, 13 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Unfucked Pussy
Gemeenskap, ek het 'n wesenlike probleem met hierdie artikel se naam. Dit is eenvoudig bar. Dit bestaan ook nie in Engels nie. Watse ensiklopediese waarde kan dit hê? Julle mening? Groete!
Oesjaar
kontak
05:43, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Niks te doen met die naam nie, maar dink nie hulle voldoen aan Wikipedia:Notability nie. Prost
Dumbassman
kontak
06:32, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
O nee, skrap dit onmiddellik! 'n Mens wil nie goeie gebruikers met slegte inhoud verwilder nie.
Frank
kontak
08:18, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Jy mag dit nie skrap omdat jy nie van die naam hou nie. Dit is onnosel. Ons het baie bladsye op hierdie wiki wat nie op die Engelse wiki bestaan nie. As dit 'n probleem is, dan sal ons meeste van jou spesie bladsye moet skrap.
m.b.t die enige geldige vraag: "die ensiklopediese waarde". Die artikel het reeds baie bronne, en met 'n vinnige soektog op Google vind ek hierdie: https//:doi.org/10.3402/jac.v1i0.4619 wetenskaplike joernaal wat oor hulle geskryf het. As dit nie noemenswaardig genoeg is nie, dan weet ek nie wat is nie. -
Rooiratel
kontak
12:01, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
My tien sent hieroor: Sien die artikel is op 6 April 2009 deur SunbeamDog geskep, waarskynlik vertaal uit Sweeds. Duidelik 'n groepnaam gekies vir maksimale skokwaarde. Interessant geen ander Wikipedia het gewaag om dit te vertaal nie, self nie met die feministiese aktivistiese ondertone van die groep se aktiwiteite nie. Die Sweedse artikel reflekteer die gebeure soos in die Afrikaanse artikel uiteengesit. As dit nie destyds noemenswaardig was nie moes dit toe uitgedaag geword het. Nou voel ek dit is ‘n artikel wat ‘n voetnota oor die geskiedenis van feministiese aktivisme in Swede beskryf. Ek dink ons taak is om die goeie en slegte in die wêreld daar buite te reflekteer, sonder vooroordeel. Die ander opsie is dat die Afrikaanse Wikipedia word soos sommige Amerikaanse Universiteite ‘n “Veilige Plek wat bedoel is om vry te wees van vooroordeel, konflik, kritiek of potensieel dreigende optrede, idees of gesprekke”
Sobaka
kontak
14:09, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
'n Taamlik oninteressante artikel, dink ek, wat niemand sedert 2008 verwilder het nie, selfs Frank nie. Die ensiklopediese waarde kan twyfel oproep. Ek stem daaroor saam met Dumbassman. Dit was 'n tydelike en plaaslike fenomeen in Swede, nie in die wêreld nie. Maar die lesers stem nie heeltemal met ons saam nie, as ek na die bladtrekke kyk. Dit styg. Ek sien geen rede om dit te skrap nie, maar dit maak vir my eintlik nie saak nie.
Jcwf
kontak
16:01, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Dan moet ons seker
Fokofpolisiekar
ook verwyder, en
Pussy Riot
, ens.
Burgert
(kontak)
18:41, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Die politiek ter syde gestel vir 'n oomblik, ek sien Pussy Riot is 223,034 grepe groot op die Engelse Wikipedia. Ek wonder wat is ons grootste artikel? Groete!
Oesjaar
kontak
19:06, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Styg die aantal bladtrekke omdat meer en meer lesers 'n belangstelling in hierdie groep het, of styg die aantal toe meer en meer lesers pornografiese woorde in die soekkassie intik? As dit die tweede rede is, dan kan ons die artikel verwyder. Aangesien die Afrikaanse Wikipedia die enigste Wikipedia buite Swede is waar die artikel verskyn, glo ek dat die tweede rede die ware rede is. In die onwaarskynlike geval dat die eerste rede die ware rede is, stel ek voor dat die artikel "Unfucked Pussy (Sweedse protesgroep)" hernoem word.
Martinvl
kontak
21:20, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Dan moet ons dit doen vir al die protesgroepe, bewegings of musiekgroepe. En waarom eintlik? Ons is 'n
ensiklopedie
, nie 'n kerk, moskee, sedemeester, die leser se opvoeder, sy pa of ma of psigiater of polisieagent of skerpregter nie. Die leser se keuses bly die leser se verantwoordelikheid en nie ons s'n nie. Ons moet ensiklopediste bly, nie dominees word nie. Mense wat wiki as preekstoel wil misbruik, moet geblokkeer word want anders verloor ons die neutraliteit wat ons nodig het.
Jcwf
kontak
07:49, 20 Mei 2024 (UTC)
antwoord
AS 'n mens "pussy" in die soekkassie intik, soek hy (of sy) seker iets oor seks en nie oor Swedse protesgroepe nie. Die artikel "Unfucked Pussy" het niks met seks te doen nie, alleenlik oor 'n klein groepie wat nie noemenswaardig is nie. Treffers wat op hierdie manier veroorsaak word is vals trefslae en as hulle uitgeskakel word, moet ons to artikel broordeel oor die aantal trefslae wat oor bly.
Martinvl
kontak
21:05, 20 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Sign up for the language community meeting on May 31st, 16:00 UTC
Hello all,
The next language community meeting is scheduled in a few weeks - May 31st at 16:00 UTC. If you're interested, you can
sign up on this wiki page
This is a participant-driven meeting, where we share language-specific updates related to various projects, collectively discuss technical issues related to language wikis, and work together to find possible solutions. For example, in the last meeting, the topics included the machine translation service (MinT) and the languages and models it currently supports, localization efforts from the Kiwix team, and technical challenges with numerical sorting in files used on Bengali Wikisource.
Do you have any ideas for topics to share technical updates related to your project? Any problems that you would like to bring for discussion during the meeting? Do you need interpretation support from English to another language? Please reach out to me at ssethi(__AT__)wikimedia.org and
add agenda items to the document here
We look forward to your participation!
MediaWiki message delivery
21:22, 14 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Vertaling van "Stuntman" en "Stuntwoman"
Is daar 'n Afrikaanse naam vir hierdie woorde? Ek wil dit gebruik op die bladsy vir
Susan Backlinie
. -
Rooiratel
kontak
09:04, 15 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Waagarties. Waaghals is vir my te dubbelsinnig.
Burgert
(kontak)
10:44, 15 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Waagarties, of Waagartis? Jammer dit lyk net vreemd vir my.
Verder, is "waaghals" nie die woord vir "Daredevil" nie? As nie, dan wat is die Afrikaanse woord vir "daredevil"?
Ek sien op enwiki: "Stunt performers usually appear in films or on television, as opposed to a daredevil, who performs for a live audience."
Ek neem aan Afrikaans maak nie 'n onderskeiding nie -
Rooiratel
kontak
12:13, 15 Mei 2024 (UTC)
antwoord
waagarties
voorbeeld
). Nie seker of dit die betekenis van
stuntman
direk oordra nie. Wat sê die woordeboeke? Dalk moet 'n mens eerder die ondubbelsinnige Engelse woord
stunt double
vertaal. –
Pynappel
kontak
10:35, 19 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Ek sien die woord "waagkunstenaar" duik ook op. "Waaghals" kan 'n
stuntman
of 'n
daredevil
wees. Dus dubbelsinnig, ja. Ek dink
stunt double
is nog moeiliker om te vertaal.
Burgert
(kontak)
11:15, 19 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Artikels oor persone
Gemeenskap, kan ons asb. die sjabloon Inligtingskas Persoon by alle artikels oor persone gebruik? Alle spesies word bv voorsien van die sjabloon Spesieboks. Groete!
Oesjaar
kontak
10:29, 19 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Ek verstaan nie. Iets soos Ampsbekleër-sjabloon bestaan tog vir 'n rede.
Dumbassman
kontak
07:25, 20 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Hi, ons het verskeie sjablone vir persone, selfs "Gholfspeler". Dink ons moet die status quo behou.
Aliwal2012
06:49, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Daar is 'n probleem met sjablone vir persone. Kyk bv. na
en:Clive van Ryneveld
. Hy was kaptein van die Suid-Afrikaanse krieketspan en ook 'n lid van die Volksraad. Die Engelse Wikipedia het die krieketspelersjabloon vir hom gebruik met slegs 'n beeld van hom met sy mede-volksraad partylede. Eintlik het ons 'n persoonsjabloon nodig met ondersjablone vir verskeie aktiwiteite.
Martinvl
kontak
17:42, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Die enigste probleem omtrent kassies is dat hulle te min gebruik word, dus stem ek 100% saam met Oesjaar! In die verlede het ek al duisende kassies in artikels bygesit, maar nie meer die tyd vir 'n voltydse Wikidag nie. As iemand rugby en krieket gespeel het, gebruik ons albei kassies. Op die Duitse Wikipedia doen ons dit ook of ons kies die belangriker een (afhangende van sy loopbaan). Ek stel voor dat nuwe artikels oor persone, stede, riviere, mere, kerke, ens. slegs aangepak word as die kassie ook gebruik word. Ons vat mos alles van die Engelse Wikipedia oor, hoekom nie die kassies ook nie? Maar asb. met Afrikaanse paragrawe, hierdie is nie die Engelse Wikipedia nie! Andersins mag ek ook Duitse paragrawe gebruik! Groete. --
SpesBona
21:55, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Helena Hettema
Gemeenskap, daar is 10 707 grepe inligting tot die artikel (
Helena Hettema
) toegevoeg sonder enige bronne. Indien ek dit verwyder is ek die vark in die verhaal. Die taalgebruik is ook nie aanvaarbaar nie. Hoe gaan ons dit hanteer anders as terugrol? Groete!
Oesjaar
kontak
08:50, 21 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Rol dit gerus terug.
Burgert
(kontak)
12:16, 21 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Ek het nou bronne bygevoeg. -
Rooiratel
kontak
06:48, 22 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Voorbladartikels vir die res van die jaar.
Gemeenskap, ons moet dankbaar wees dat ons voorbladlys vir die jaar vol is! Ek het gekyk na die lys van artikels vir die res van die jaar en het iets opgemerk wat ek dink ons na moet kyk.
Vanaf week 28 lyk die lys as volg:
28 Omaanse nasionale krieketspan
29 Steven Spielberg
30 Vlag van Belarus
31 Hongkongse nasionale krieketspan
32 Portugese nasionale rugbyspan
Dit beteken drie sport voorblaaie in vyf weke. Dit is nie slim nie. Ek vra dat
Gebruiker:SpesBona
en
Gebruiker:Aliwal2012
daarna kyk en twee van die artikels met twee ander verder ondertoe in die lys omruil. Julle insae asb? Groete!
Oesjaar
kontak
09:07, 21 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Hi almal en Oesjaar! Ek is bewus van hierdie situasie met volop sportartikels. Ek het dit al voorheen genoem, soos hierbo:
[Terloops: Dink julle SpesBona gaan ooit klaarkry met sy internasionale sportspanne? Ai tog!]
. Dis moeilik om die burokraat met die landsvlaggie tot ander insae te kry (my tweesent). Groete,
Aliwal2012
05:56, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar het net vir 'n verandering in die volgorde gevra, niks anders nie ("
ons moet dankbaar wees dat ons voorbladlys vir die jaar vol is
")! Daar is geen rede om nou snaaks oor my te praat nie, liewe ou met daardie Limpopowapen op die rug wat Oesjaar al oor "arrogansie" gewaarsku het. Groete. --
SpesBona
21:50, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
ek het die vervoerband intussen aangepas.
Aliwal2012
dit is onnodig om te krap waar dit nie jeuk nie (sien bo)! Ek beplan reeds voorbladartikels vir 2025, maar in teenstelling met vanjaar baie min sport en baie meer soos lande, stede en vlae! Groete. --
SpesBona
23:00, 23 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Feedback invited on Procedure for Sibling Project Lifecycle
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Dear community members,
The
Community Affairs Committee
(CAC) of the
Wikimedia Foundation Board of Trustees
invites you to give feedback on a
draft Procedure for Sibling Project Lifecycle
. This draft Procedure outlines proposed steps and requirements for opening and closing Wikimedia Sibling Projects, and aims to ensure any newly approved projects are set up for success. This is separate from the procedures for opening or closing language versions of projects, which is handled by the
Language Committee
or
closing projects policy
You can find the details on
this page
, as well as the ways to give your feedback from today until the end of the day on
June 23, 2024
, anywhere on Earth.
You can also share information about this with the interested project communities you work with or support, and you can also help us translate the procedure into more languages, so people can join the discussions in their own language.
On behalf of the CAC,
RamzyM (WMF)
02:25, 22 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Vygies
Gemeenskap, neem kennis dat ek amper klaar met die
vygies
-familie is. Daar is reeds 1727 spesies geskep in 118 genera, alle foto's is gelaai (dankie prof. Van Wyk) en slegs 16 spesies van
Tetragonia
moet nog geskep word. As daar in ag geneem word dat 98% van alle vygiespesies in Suid-Afrika voorkom, is hierdie 'n lekker vertoonstuk vir ons.
Rooiratel
, is daar 'n manier om te bepaal watter van die ouer artikels het nog taksobokse?
Tweedens, ek het vir elke genus 'n aparte Kategorie geskep wat aan Kategorie:Aizoaceae (die familienaam) gekoppel is. Voor dit was daar net 'n Kategorie:Vygies geskep waarin alle spesies gegooi was; daar is tans net 79 spesies in hierdie kategorie. Ek gaan die kategorie:vygies verwyder, dit dien geen doel nie. Enige besware? Groete!
Oesjaar
kontak
18:03, 27 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Dankie @
Oesjaar
. Ek stem saam dat ons Kategorie:Vygies kan skrap. As dit kom by taksonomie, kom ons hou by die taksonomiese name vir kategorieë, en nie volksname nie.
> is daar 'n manier om te bepaal watter van die ouer artikels het nog taksobokse
Ek kan nie nou sê nie, maar dit klink moontlik. Ek sal dit ondersoek. -
Rooiratel
kontak
07:22, 28 Mei 2024 (UTC)
antwoord
En daar is dit grootliks klaar: 120 genera en 1755 spesies later! Sjoe, wat 'n taak! Daar is ongeveer 30 spesies wat gedoen moet word maar weens wesenlike verskille tussen Sanbi en KEW moet dit wag tot 'n deskundige kan help. Groete!
Oesjaar
kontak
13:02, 29 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
die eenvoudigste manier is om hier te kyk ->
Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjabloon:Taksoboks
Rooiratel
kontak
09:21, 9 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Flora van Suid-Afrika
Gemeenskap, hierdie kategorie is nou 7000 artikels sterk! Ek voel soos 'n blommekind! Groete!
Oesjaar
kontak
19:11, 27 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Bonin-eilande
Enige vrywilligers hier...? Sien
Groete!
Oesjaar
kontak
16:35, 28 Mei 2024 (UTC)
antwoord
Sjabloon vir Zambië
Gemeenskap, is daar 'n vrywiliger om 'n sjabloon vir
Zambië
se nege provinsies te skep Groete!
Oesjaar
kontak
11:26, 2 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
sien
Sjabloon:Provinsies van Zambië
Rooiratel
kontak
12:04, 3 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie. Groete!
Oesjaar
kontak
12:18, 3 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Antisubmarine and maritime patrols
Gemeenskap, hoe sou julle hierdie in Afrikaans vertaal? Groete!
Oesjaar
kontak
16:03, 2 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Teenduikboot- en seepatrollies (of maritieme patrollies).
Aliwal2012
03:02, 3 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Geluk Oesjaar!
Gemeenskap, dit gee my groot plesier om Oesjaar geluk te wens met sy verjaarsdag vandag! Ons almal hoop jy het vreugde, voorspoed en goeie gesondheid in die komende jaar.
Hou skouer aan die wiel! --
Aliwal2012
03:04, 3 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Baie geluk, Oesjaar (laat...), en baie dankie vir jou toegewydheid!
Thermofan
kontak
11:26, 4 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Announcing the first Universal Code of Conduct Coordinating Committee
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello,
The scrutineers have finished reviewing the vote results. We are following up with the results of the first
Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) election
We are pleased to announce the following individuals as regional members of the U4C, who will fulfill a two-year term:
North America (USA and Canada)
Northern and Western Europe
Ghilt
Latin America and Caribbean
Central and East Europe (CEE)
Sub-Saharan Africa
Middle East and North Africa
Ibrahim.ID
East, South East Asia and Pacific (ESEAP)
0xDeadbeef
South Asia
The following individuals are elected to be community-at-large members of the U4C, fulfilling a one-year term:
Barkeep49
Superpes15
Civvì
Luke081515
Thank you again to everyone who participated in this process and much appreciation to the candidates for your leadership and dedication to the Wikimedia movement and community.
Over the next few weeks, the U4C will begin meeting and planning the 2024-25 year in supporting the implementation and review of the UCoC and Enforcement Guidelines. Follow their work on
Meta-wiki
On behalf of the UCoC project team,
RamzyM (WMF)
08:14, 3 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Invitation to participate in the #WPWPCampaign 2024
Dear community members,
We are inviting you to participate in the Wikipedia Pages Wanting Photos 2024 campaign, a global contest scheduled to run from July through August 2024:
Participants will choose among Wikipedia pages without photo images, then add a suitable file from among the many thousands of photos in the Wikimedia Commons, especially those uploaded from thematic contests (Wiki Loves Africa, Wiki Loves Earth, Wiki Loves Folklore, etc.) over the years.
In its first year (2020), 36 Wikimedia communities in 27 countries joined the campaign. Events relating to the campaign included training organized by at least 18 Wikimedia communities in 14 countries.
The campaign resulted in the addition of media files (photos, audios and videos) to more than 90,000 Wikipedia articles in 272 languages.
Wikipedia Pages Wanting Photos (WPWP) offers an ideal task for recruiting and guiding new editors through the steps of adding content to existing pages. Besides individual participation, the WPWP campaign can be used by user groups and chapters to organize editing workshops and edit-a-thons.
The organizing team is looking for a contact person to coordinate WPWP participation your language Wikipedia. We’d be glad for you to sign up directly at
WPWP Participating Communities page
on Meta-Wiki.
Thank you,
Reading Beans
/ readthebeans
gmail.com)
Project manager and coordinator
Wikipedia Pages Wanting Photos 2024
...to all theaters of the war.
Gemeenskap, hoe sal ons woord
theater
vertaal; seker nie teater nie. Gebied, area? Groete!
Oesjaar
kontak
17:29, 7 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Oorlogsteater?
Frank
kontak
19:34, 7 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Oorlogstonele, volgens Pharos.
Burgert
(kontak)
21:07, 8 Junie 2024 (UTC)
antwoord
The final text of the Wikimedia Movement Charter is now on Meta
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hi everyone,
The final text of the
Wikimedia Movement Charter
is now up on Meta in more than 20 languages for your reading.
What is the Wikimedia Movement Charter?
The Wikimedia Movement Charter is a proposed document to define roles and responsibilities for all the members and entities of the Wikimedia movement, including the creation of a new body – the Global Council – for movement governance.
Join the Wikimedia Movement Charter “Launch Party”
Join the
“Launch Party”
on
June 20, 2024
at
14.00-15.00 UTC
your local time
). During this call, we will celebrate the release of the final Charter and present the content of the Charter. Join and learn about the Charter before casting your vote.
Movement Charter ratification vote
Voting will commence on SecurePoll on
June 25, 2024
at
00:01 UTC
and will conclude on
July 9, 2024
at
23:59 UTC.
You can read more about the
voting process, eligibility criteria, and other details
on Meta.
If you have any questions, please leave a comment on the
Meta talk page
or email the MCDC at
mcdc@wikimedia.org
On behalf of the MCDC,
RamzyM (WMF)
08:44, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Aktueelsjabloon
Ek het laas jaar 'n voorstelling hier gemaak
Sjabloonbespreking:Aktueel#Idee_van_enwiki
, maar het geen kommentaar gekry nie. Ek dink nog steeds dat dit 'n goeie idee is.
Ek wil 'n afdeling by ons
Sjabloon:Aktueel
byvoeg, soos op enwiki. Hulle het 'n "Ongoing" en "Recent Deaths"-afdeling aan die onderkant van hulle "In the news"-sjabloon.
Ek het 'n voorbeeld geskep om te sien hoe dit sal lyk
Gebruiker:Rooiratel/Aktueel2
Wat dink julle almal hiervan? -
Rooiratel
kontak
09:27, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Hou daarvan. Ondersteun, dankie.
Sobaka
kontak
09:31, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Kom ons probeer dit. Groete!
Oesjaar
kontak
09:51, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Lyk goed, maar "deurlopend" is vir my ietwat wat van 'n vae term. Wat van "voortdurend" of "voortgaande" of so iets?
Burgert
(kontak)
14:49, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
"Deurlopend" sou ek vervang met "Aktuele gebeurtenisse" en "onlangse sterftes" met "onlangs oorlede". Ons kan dié twee seker ook in een lyn plaas? Groete. --
SpesBona
21:00, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
"voortgaande" maak vir my ook sin. "Aktuele gebeurtenisse" maak vir my minder sin, wat alles in die Sjabloon is 'n "Aktuele gebeurtenis".
"onlangs oorlede" klink ook goed vir my. -
Rooiratel
kontak
06:51, 12 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Hulp benodig:
Vindelrivier
Hallo mede-Wikipediane! Ek het hulp nodig...ek het 'n artikel oor die Sweedse rivier vertaal waarna daar in hierdie week se voorbladbeeld verwys word - Vindelälven.
Twee dinge:
1) Die beeldbeskrywing by die foto is vir my onduidelik: "CargoNet 185 met die 44819
Narvik
Oslo
kruis die Vindelälven tussen Vindeln en Tvärålund,
Swede
". Ek neem aan dis die CargoNet 185-trein wat die 44819 roete gebruik wat in totaliteit van
Narvik
na
Oslo
strek en die Vindelälven (Vindelrivier) kruis. Nou, oor die "tussen Vindeln en Tvärålund" kon ek nie presies vasstel of dit na twee dorpies of twee treinstasies verwys nie. Dis ook vir my onduidelik omdat die roete na Noorweegse stede verwys, maar die rivier is in Swede? As enigiemand inligting hieroor het, sal dit interessant wees om meer te hoor. Ek wil dit ook aanwend vir 'n duideliker beeldbeskrywing.
2) In die Vindelrivier-artikel verwys hulle na 'n "bullhead" (
Cottus gobio
) – ek het geen idee wat die Afrikaanse woord vir hierdie gedierte is nie. Enige idees?? Hulle verwys ook na 'n "pearl mussel" (
Margaritifera margaritifera
) wat ek as pêrelmossel vertaal het, maar geen sekerheid oor het nie.
By voorbaat dankie! Groete
Woordgenoot
kontak
13:47, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Jy is nie veronderstel om ons te laat rondhardloop nie, dit moet andersom wees! In die artikel
Hesse
word varswater-pêreloester (
Margaritifera margaritifera
) gebruik.
SpesBona
kan jy dalk help hier? Groete!
Oesjaar
kontak
14:27, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Tvärålund en Vindeln word in Engels
localities
genoem. Dis 'n vae beskrywing wat as dorp, stad of gebied vertaal kan word.
Dit lyk of die rivier naby die grens met Noorweë vloei, vandaar die Noorweegse stede. Dalk kan jy die Sweedse artikel google translate.
Burgert
(kontak)
15:17, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Dit lyk of 'n mens 'n
bullhead
'n bulkop kan noem. Google translate van die Duitse
Groppe
Burgert
(kontak)
15:44, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Waarom heet dit eintlik
Vindelriver
en nie
Vindelrivier
nie?
Jcwf
kontak
) 18:12, 11 Junie 2024 (UTC) PS: Ek het dit geskuif --
Aliwal2012
04:06, 12 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Woordgenoot
ek het lankal gevra vir 'n proeflees van my bydrae, want my moedertaal is Duits! Hoe kan 'n mens sy taalvermoë verbeter as jou taalgebruik nie verbeter word nie? Hoe die treinroete presies loop, weet ek nie mooi nie, maar met daardie
Skandinawiese bergreeks
kan daar 'n ompad deur Swede wees.
Oesjaar
dit sal gaaf wees as daar 'n sessie gehou word vir gebruikers hoe inligtingskassies werk, vir riviere het ons
@Maximi301
momka1234/README.md
👋 Hi, I’m @momka1234
👀 I’m interested in ...
🌱 I’m currently learning ...
💞️ I’m looking to collaborate on ...
📫 How to reach me ..., sien bv.
Oranjerivier
. Minder en minder nuwe artikels het inligtingskassies en ek het, anders as in die verlede, nie die tyd om by al die artikels uit te kom nie. Groete. --
SpesBona
20:51, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Dit is mos maklik om te leer? 1) Soek 'n ander rivier, koning, slak, chemiese verbinding of wat ook. 2) Knip en plak sy inligtingskas na jou artikel. 3) verander die kas se inhoud na behoefte.
Jcwf
kontak
21:01, 11 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Mooi gestel prof Jaap, ek stem saam!
Aliwal2012
03:11, 12 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie aan almal vir die bydraes, foute regstel en insette lewer. Dit word waardeer. Groete!
Woordgenoot
kontak
14:39, 12 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Mens is nooit te oud (of te jonk) om nog iets te leer nie!
Woordgenoot
kontak
14:35, 12 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Koördinate
Dié sjabloon skree in rooi:
Koördinate: Missing latitude Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
. Sien ook
Kategorie:Pages with malformed coordinate tags
. Wat het vandag gebeur? Groete. --
SpesBona
21:52, 15 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Allerhande vreemde dinge gebeur. Iemand word toegelaat om te peuter, en ek moet nog sien dat hulle iets verbeter.
JMK
kontak
15:01, 21 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Wikimedia-stigting Trustee kandidaat Oesjaar
Die
Wikimedia-stigting
betrek gereeld die Wikimedia-beweging om individue tot sy Raad van Trustees te verkies. Die goeie nuus vir die
Afrikaanse Wikipedia
is dat een van ons eie nou as ‘n kortlys kandidaat aanvaar is vir vanjaar se verkiesing. Welgedaan
Oesjaar
. Jou onverpoosde werk op hierdie Wikipedia word waardeer en jou welverdiende geleentheid om nou ook op globale vlak ‘n betekenisvolle bydrae te maak, word heelhartig ondersteun.
Sobaka
kontak
12:01, 21 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Hallo gemeenskap, ek ondersteun ook Oesjaar graag sonder voorbehoud. As jy sy "wikipedia-CV" by bg. skakel gaan lees, sal jy opmerk dat hy oor 'n breë spektrum besig is met verskeie groot projekte ten bate van die Wikimedia-stigting en veral die Afrikaanse een. Hy het werklik die af:wiki as 'n "weeskind" aangeneem!
Welgedaan Deon, en voorspoed met jou kandidatuur...
Aliwal2012
06:39, 8 Julie 2024 (UTC)
antwoord
GFDL
Hallo!
Die sjabloon
{{
GFDL
}}
het vrywarings (Onderhewig aan
vrywarings
).
Vrywarings is oor die algemeen nie goed nie, dus dit moet verwyder word volgens
en:Wikipedia:GFDL standardization
. Die probleem is dat slegs die kopiereg houer dit kan doen.
Om te voorkom dat nuwe lêers met vrywarings opgelaai word, stel ek voor om die volgende te doen:
Skep nuwe sjablone soos
{{
GFDL-with-disclaimers
}}
(deur net 'n kopie van
{{
GFDL
}}
te neem).
Verander alle lêerbladsye wat die lisensiesjabloon
{{
GFDL
}}
gebruik na
{{
GFDL-with-disclaimers
}}
Verwyder die vrywarings van
{{
GFDL
}}
Verder is GFDL nie 'n goeie lisensie vir mediabestande nie, dus Wikimedia Commons, Engelse Wikipedia en ander wikis het die oplaai van nuwe lêers met slegs GFDL beperk.
Ek stel dus voor om GFDL ook van
MediaWiki:Licenses
te verwyder. En die nuutste weergawe van cc-lisensies is 4.0, so ek stel voor om daarmee op te dateer.
Laastens stel ek voor om almal wat lêers met GFDL opgelaai het, te vra of hulle bereid is om die vrywarings te verwyder (verander die lisensie terug van
{{
GFDL-with-disclaimers
}}
na
{{
GFDL
}}
). Jy kan sien
wie opgelaai het deur hierdie skakel te kliek
Daar is 182 lêers, dus sou dit goed wees as iemand met 'n bot kan help.
As enige lêers met
{{
GFDL
}}
opgelaai word, kan dit 'n goeie kans wees om ook
{{
Cc-by-sa-4.0
}}
by te voeg. --
MGA73
kontak
08:15, 22 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Puvircho
and
Gebruiker:Aliwal2012
perhaps? --
MGA73
kontak
17:43, 2 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Wag net asb, ek het nie tans tyd nie. Groete!
Oesjaar
kontak
18:30, 28 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Engelse woord
Gemeenskap: hier is 'n nuwe woord in Engels wat ek nie ken nie.
It is a
holomycotrophic
perennial
. Wat is dit in Afrikaans en wat beteken dit? Groete!
Oesjaar
kontak
19:10, 22 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Toe help
prof Van Wyk
my so laat op 'n Sat. aand! Sien
Holomikotrofies
. Groete!
Oesjaar
kontak
19:47, 22 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Voting to ratify the Wikimedia Movement Charter is now open – cast your vote
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello everyone,
The voting to ratify the
Wikimedia Movement Charter
is now open. The Wikimedia Movement Charter is a document to define roles and responsibilities for all the members and entities of the Wikimedia movement, including the creation of a new body – the Global Council – for movement governance.
The final version of the Wikimedia Movement Charter is
available on Meta in different languages
and attached
here in PDF format
for your reading.
Voting commenced on SecurePoll on
June 25, 2024
at
00:01 UTC
and will conclude on
July 9, 2024
at
23:59 UTC
. Please read more on the
voter information and eligibility details
After reading the Charter, please
vote here
and share this note further.
If you have any questions about the ratification vote, please contact the Charter Electoral Commission at
cec@wikimedia.org
On behalf of the CEC,
RamzyM (WMF)
10:51, 25 Junie 2024 (UTC)
antwoord
'n Nuwe Afrikaanse woord.
Gemeenskap, sien
Statite
in die taal van die vyand. Ek wil die artikeltjie vertaal as Statiet en dan skep ons 'n nuwe woord. Ek het dit met
Suléne Pilon
van die Taalraad en Dr.
Mariëtta Alberts
bespreek en beide het gesê: Groei die taal! Enige besware? Groete!
Oesjaar
kontak
18:00, 26 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
sou dit nie
oorspronklike navorsing
wees nie? –
Pynappel
kontak
18:47, 26 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Geen beswaar, maar dit lyk op die oog af of iemand nie "statuut" kon spel nie
:-) Groete.
Frank
kontak
19:56, 26 Junie 2024 (UTC)
antwoord
Frank
, ons kan dit nog verander... Groete!
Oesjaar
kontak
20:00, 26 Junie 2024 (UTC)
antwoord
"Statiet" is 'n samestelling van "staties" en "satelliet". Dit klink vir my dooddollies (hoewel effens vulgêr).
Burgert
(kontak)
11:48, 27 Junie 2024 (UTC)
antwoord
WikiIndaba
So, wie gaan WikiIndaba toe?
Dumbassman
kontak
05:24, 3 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Lyk my niemand nie. Groot ai. Ek is ook bang vir Gauteng boys
Dumbassman
kontak
07:48, 29 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Voting to ratify the Wikimedia Movement Charter is ending soon
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello everyone,
This is a kind reminder that the voting period to ratify the
Wikimedia Movement Charter
will be closed on
July 9, 2024
, at
23:59 UTC
If you have not voted yet, please vote
on SecurePoll
On behalf of the
Charter Electoral Commission
RamzyM (WMF)
03:45, 8 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Die storting van kort politieke figuur artikels...
Gemeenskap, 'n IP-adresgebruiker laai bykans elke dag een of twee kort artikels oor politieke figure sonder bronne. Ek het met hom probeer kommunikeer sonder sukses; hy ignoreer my boodskappe. Die taalgebruik van die artikels is goed maar soos ek gesê het, sonder bronne. Ek kan net een afleiding maak: die gebruiker gebruik ChatGPT. Iemand kan bronne byvoeg maar hoe lank gaan dit neem? My probleem is: indien ons dit nie vasvat nie, gaan die spreekwoordelike vloedhekke oop... Die res van Afrika kyk met jaloerse oë na ons Wiki en dit bied vir hulle 'n aanloklike bemarkingsgeleentheid. Dink daaroor. Groete!
Oesjaar
kontak
12:04, 9 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Neem aan die politici-artikels lewer 'n oorsig oor staatshoofde, d.w.s. relatief belangrike persone. Het 'n groter probleem met "hierdie sportman het aan so en so olimpiese spele deelgeneem", terwyl ons geen idee het of die sportman belangrik is (om te kwalifiseer vir die spele is onvoldoende), presteer het, of elders figureer nie. Waarskuwings wat jy boaan plaas is die oplossing vir eersgenoemde, maar albei hierdie bydraers moet sterk aangemoedig word om meer omvattend te skryf, en vee maar uit as hulle nie luister nie.
JMK
kontak
15:18, 9 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Die Afrika leier-artikels is uit die Engels vertaal en dit is nie moeilik om bronne by te voeg nie. So ek sien nie 'n probleem daarmee nie.
Sobaka
kontak
15:43, 9 Julie 2024 (UTC)
antwoord
U4C Special Election - Call for Candidates
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello all,
A special election has been called to fill additional vacancies on the U4C. The call for candidates phase is open from now through July 19, 2024.
The
Universal Code of Conduct Coordinating Committee
(U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the
UCoC
. Community members are invited to submit their applications in the special election for the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, please review the
U4C Charter
In this special election, according to
chapter 2 of the U4C charter
, there are 9 seats available on the U4C:
four
community-at-large seats and
five
regional seats to ensure the U4C represents the diversity of the movement.
No more than two members of the U4C can be elected from the same home wiki
. Therefore, candidates must not have English Wikipedia, German Wikipedia, or Italian Wikipedia as their home wiki.
Read more and submit your application on
Meta-wiki
In cooperation with the U4C,
--
Keegan (WMF)
talk
00:02, 10 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Bemarking van ons Wikipedia.
Gemeenskap: bemarking van ons Wikipedia vind tans plaas via vier radiostasies -
Pretoria FM
, Midvaal Stereo, Waarheidsradio en
Radio Overberg
. Ek self,
Gebruiker:Sobaka
en
Gebruiker:Woordgenoot
hanteer tans die onderhoude. Elke onderhoud is ongeveer 5 minute lank en ons dek gewoonlik die nuutste voorblad, besoekerstatistieke en ander interessante dinge. Ek voorsien nie dat ons gaan uitbrei nie, tussen ons drie is dit nogal 'n uitdaging! Groete!
Oesjaar
kontak
08:27, 15 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Sterkte, deel maar as julle iets regkry
Dumbassman
kontak
13:58, 15 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Wat van geld deel?
Aliwal2012
14:35, 15 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Sterkte met daai een. Manne is so suinig soos die dag lank is
Dumbassman
kontak
17:05, 15 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Die skryfkompetisie en die Afrikaans 100-Projek
Gemeenskap; die
Afrikaans100-beweging
het ook aanboord geklim van ons skole skryfkompetisie [
]. Hier is hulle HUB,
Giep van Zyl
, se rede hoekom hulle ons ondersteun, ek haal aan uit 'n epos:
Wonderlik, hierdie is iets prakties – dit bly nie net by praat nie en pas in by die volgende fase van Afrikaans Amptelik 100 – die “nou begin ons doen” fase.
Groete!
Oesjaar
kontak
07:05, 18 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Wikimedia Movement Charter ratification voting results
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello everyone,
After carefully tallying both individual and affiliate votes, the
Charter Electoral Commission
is pleased to announce the final results of the Wikimedia Movement Charter voting.
As
communicated
by the Charter Electoral Commission, we reached the quorum for both Affiliate and individual votes by the time the vote closed on
July 9, 23:59 UTC
. We thank all 2,451 individuals and 129 Affiliate representatives who voted in the ratification process. Your votes and comments are invaluable for the future steps in Movement Strategy.
The final results of the
Wikimedia Movement Charter
ratification voting held between 25 June and 9 July 2024 are as follows:
Individual vote:
Out of 2,451 individuals who voted as of July 9 23:59 (UTC), 2,446 have been accepted as valid votes. Among these,
1,710
voted “yes”;
623
voted “no”; and
113
selected “–” (neutral). Because the neutral votes don’t count towards the total number of votes cast, 73.30% voted to approve the Charter (1710/2333), while 26.70% voted to reject the Charter (623/2333).
Affiliates vote:
Out of 129 Affiliates designated voters who voted as of July 9 23:59 (UTC), 129 votes are confirmed as valid votes. Among these,
93
voted “yes”;
18
voted “no”; and
18
selected “–” (neutral). Because the neutral votes don’t count towards the total number of votes cast, 83.78% voted to approve the Charter (93/111), while 16.22% voted to reject the Charter (18/111).
Board of Trustees of the Wikimedia Foundation:
The Wikimedia Foundation Board of Trustees voted
not to ratify
the proposed Charter during their special Board meeting on July 8, 2024. The Chair of the Wikimedia Foundation Board of Trustees, Nataliia Tymkiv,
shared the result of the vote, the resolution, meeting minutes and proposed next steps
With this, the Wikimedia Movement Charter in its current revision is
not ratified
We thank you for your participation in this important moment in our movement’s governance.
The Charter Electoral Commission,
Abhinav619
Borschts
Iwuala Lucy
Tochiprecious
Der-Wir-Ing
MediaWiki message delivery
kontak
17:52, 18 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Twee vrae rondom treine (1900's)
Mense, ek het 'n vragie of wat. Want ek is nou kniediep besig om te lees hoe treine gewerk het by 'n dorpstigting.
Jcwf
kan ook meedoen, want die beginsel bly dieselfde.
Vraag 1.
Dit is 1903. Jy wil hê 'n vriend moet vir jou kom besoek (om welke rede ook), maar die arme sukkel het nie geld om sy gat mee te krap nie. Nou wonder ek hoe mens daardie tyd kon maak. Kom ons sê dis vanaf Oudtshoorn na Moorreesburg (of Amersfoort na Amsterdam). Jy sal verniet vra vir Google Pay, SnapScan, PayPal... of, as jy van Nederland is, die
Nederlandse Spoorwegen
-app [ek kan my klaar voorstel hoe Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij dit hier sou gebruik het].
Onthou, ons is haastig. Dit is dringend.
Nou beteken dit jy kon (teoreties en in die praktyk) by die stasie 'n kaartjie koop vir Persoon X, daardie kaartjie [toestemming] word dan telegrafeer na die ander stasie waar die persoon behoort op te klim, en die genoemde persoon kan dan net by 'n stasie opklim? Die probleem is, jy't geen groen/donkerblou ID-boekie of ID-kaart daardie tyd gehad nie. Ek weet nie eens of die staat geboortesertifikate uitgereik het nie, ek weet net van doopsertifikate van die kerk.
Ek neem dus aan jy sal moet sê: "Ek is Johannes [18 doopname later] du Preez van Oudtshoorn, en hier is 'n gemagtigde brief van die predikant, die stadsklerk en hoëkommissaris net om te sê - 'ja, hierdie siel is inderdaad van hierdie dorp. Ons herken en erken hom.'?" En dan sal die stasiemeester seker die magtiging teken, met sy stempel, ens.?
Goed en wel as iemand in die dorp bly waar almal weet hoeveel suiker jy in jou koffie gooi, maar hoe gemaak in die stad?
Of:
Moes jy eers geld deponeer na 'n persoon se bank- of spaarrekening (dit sou Standard Bank of die poskantoor wees), of 'n tjek uitskryf, en dan moet jy, die sender, persoon X seker telegrafeer [as jy kan!] of per pos verwittig dat die geld vir hom wag? Drie dae sal moet verloop, want die bankberekeninge is deur rekenmeesters gedoen by 'n sentrale kantoor, nie rekenaars nie. En dan eers kan persoon X by die stasie aanmeld en 'n kaartjie koop.
Suidpunt
kontak
08:43, 19 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Om te reël dat iemand jou in 1903 per trein besoek, sou jy begin deur 'n treinkaartjie vir hulle te koop, wat behels het om 'n fisiese kaartjie by jou plaaslike treinstasie te koop. Hierdie kaartjie sal die vertrek- en aankomsstasies insluit, sowel as die datum en tyd van reis. Nadat jy die kaartjie gekoop het, sal jy dit na die persoon in die ander dorp moet stuur. Dit kan gedoen word deur die kaartjie deur die posdiens te pos, om te verseker dat dit met genoeg tyd gestuur is sodat hulle dit voor die reisdatum kan ontvang. Alternatiewelik, in sommige gevalle, het treinstasies reëlings gehad waar jy besonderhede van die kaartjie kon telegrafeer, en die persoon kon dit by hul plaaslike stasie afhaal deur die telegraafkwitansie te gebruik.
Sobaka
kontak
09:08, 19 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie
Sobaka
. Wat my net pla is, enige kwaadwillige persoon kan dus die kaartjie onderskep en gebruik? Ek vra uit my onkunde, want ek weet nie of jy die persoon se naam daarop kon skryf nie. Die laaste keer wat ek trein gery het was ek maar 4 jaar oud (1994), en dit was met die Outeniqua Choo-Tjoe. Dit is hoe min ek weet.
Suidpunt
kontak
09:31, 19 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Sosiale gedrag in 1903 (veral in die konteks) was waarskynlik anders as vandag. Alhoewel daar individue sou wees wat sekere vryhede misbruik het, was sulke optrede waarskynlik uitsonderlik eerder as algemeen. Ouer generasies dink dikwels aan hoe mense in daardie dae nie eers nodig gehad het om hul huise te sluit nie.
Sobaka
kontak
09:46, 19 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Elke stasie is met die spoornet per telegraaf verbind. Dus was det moontlik dat ek die kaartjie by die bestemmingstasie kan koop, hulle sal 'n telegram na die oorsprongstasie stuur om te waarborg dat die geld betaal is en dus kan hulle die kaartjie (of reislasbrief) aan die persoon gee. As hulle daagliks opreken, kan hulle die telegramme gebruik om te bewys hoe die kaartjie betaal is. Ek weet nie of hulle sulke operasies gebruiik het nie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is reislasbriewe dikwels in the VK gebruik.
Vraag 2.
Op topografiese kaarte sal ek gereeld naambordjies langs die treinspore aantref sonder 'n perron, sonder 'n stasie.
Martinvl
kontak
) 14:53, 19 Julie 2024 (UTC)
Ek neem dus aan dis 'n trein
halte
? Bedoelende, jy staan in die middel van die veld, in die versengende hitte, onder 'n sambreel, met jou sakhorlosie en wag op die trein? Anders moet jy myle stap stasie toe?
Suidpunt
kontak
08:43, 19 Julie 2024 (UTC)
antwoord
NZASM trein - LW - die passassierswaens het trappe dus kan 'n mens die koets bereik.
Sulke haltes is nog steeds in the VK te sien, maar deesdae het hulle perrone en die treine het geen trappe nie. Passasiers dui aan dat hulle met die trein reis reis deur hul arm in die lug te plaas, net soals 'n mens deesdae met 'n bus doen.
Martinvl
kontak
14:53, 19 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Martinvl
Dankie Martinvl! Dit word waardeer, jammer ek antwoord nou eers!
Suidpunt
kontak
09:04, 21 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Beri Hanna
Gemeenskap, verduidelik vir my:'n Indonesiese skrywer wat nie eers 'n artikel in sy eie taal het nie, ook nie Engels nie. Iemand lieg vir iemand. Groete!
Oesjaar
kontak
11:29, 21 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ook gelys vir verwydering op die drie Wikis waar die artikel wel bestaan.
Sobaka
kontak
15:15, 21 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Inligtingskas vir Motorenjins
Rooiratel
en
Pynappel
, kan een van julle asb die Sjabloon:Inligtingskas Motorenjin so bywerk dat Superaanjaer en Turboaanjaer as skakels wys soos wringkrag? Groete!
Uitgevoer
Rooiratel
kontak
09:58, 22 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Dankie! Groete!
Oesjaar
kontak
11:43, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Benoeming as Administrateur: Sobaka
Gemeenskap, ons het tans 13 administrateurs, waarvan 5 eintlik glad nie meer admintake verrig nie. Ek vra dat ons
Gebruiker:Sobaka
verhoog tot Administrateurstatus! Hy het die afgelope tyd uit sy pad gegaan om ons Wikipedia te groei, o.a. lewer hy onderhoude op drie radiostasies. Ek soek ondersteuning asb. Groete!
Oesjaar
kontak
11:40, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Oesjaar
Ondersteun
Aliwal2012
11:57, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Burgert
(kontak)
16:01, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Suidpunt
kontak
17:43, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Dumbassman
kontak
18:00, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Groete. --
SpesBona
21:10, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Frank
kontak
11:57, 24 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Rooiratel
kontak
07:40, 25 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– aangesien binne 'n kort tyd baie gebruikers Sobaka as 'n administrateur ondersteun het, het ek hom dadelik tot administrateurstatus verhef. Baie welkom in dié span en sterke met daai knoppies, Sobaka! Groete. --
SpesBona
21:10, 23 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Baie geluk en welkom mnr. Sobaka! --
Aliwal2012
05:23, 24 Julie 2024 (UTC)
antwoord
PS: Ek dink dis die meeste "ondersteun"-stemme wat iemand binne 2 dae ontvang het. Aliwal2012
Dankie –
Sobaka
kontak
07:53, 24 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, nou is ek selfs verbaas: Ons het nie iets soos
inaktiewe admins
nie. Almal met daai regte is mooi aktief in 2024. Lyk my
Voyageur
Laurens
Anrie
JCBrand
en
RAM
is hul status lankal kwyt. Groete. --
SpesBona
21:30, 24 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Vote now to fill vacancies of the first U4C
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Dear all,
I am writing to you to let you know the voting period for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is open now through
August 10, 2024
. Read the information on the
voting page on Meta-wiki
to learn more about voting and voter eligibility.
The Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. Community members were invited to submit their applications for the U4C. For more information and the responsibilities of the U4C, please
review the U4C Charter
Please share this message with members of your community so they can participate as well.
In cooperation with the U4C,
RamzyM (WMF)
02:46, 27 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Nuus uit die florawêreld...
Plantkundiges het op die onlangse Internasionale Botaniese Kongres wat in Madrid, Spanje gehou is met ’n 63 persent meerderheidstem besluit dat 218 plante en alge nuwe taksonomiese name moet kry. Die besluit is geneem om afstand te doen van benamings wat as diskriminerende skelwoorde beskou word. Die nuwe name sal vanaf 2026 in gebruik wees. Dis die eerste keer dat ’n naamverandering op hierdie skaal onderneem word en is nie ’n algemene fenomeen nie aangesien dit ’n tydsame proses is. Hulle stel ook voor om ’n sensitiwiteitskommissie aan te stel wat sal besluit watter name nuutontdekte plante, skimmels en alge sal kry.
Woordgenoot
kontak
18:22, 29 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Ek wag in spanning vir die lys... Groete!
Oesjaar
kontak
18:45, 29 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Dink persoonlik die IBK hoef nie gevolg te word nie, en hou hulle lankal met onsin besig. Die griewe van die gegriefdes sal ook nie daar bly nie, maar sal oorspoel na die naam van die buffel, ensomeer. Ignoreer hul gerus.
JMK
kontak
20:07, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Ons FB-blad.
Gemeenskap, ons FB-blad het nou meer as 1500 lede! Ons groei... Groete!
Oesjaar
kontak
19:51, 30 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Onlangse veranderinge om die nuwe donkermodus te akkommodeer
Gemeenskap, volgens watter beleid word nou veranderinge in die bronteks aangebring om die nuwe donkermodus te akkommodeer? Ek verstaan dat sedert Julie 2024 die moontlikheid bestaan om die hele Wikipedia in 'n donkermodus te gebruik, maar is dit nou nodig om 'n magdom artikels aan te pas vir 'n nuwe verskynsel? Byvoorbeeld, pas ons vandag 'n duisend artikels aan en môre kom hulle met 'n oplossing vorendag wat al hierdie verandering onnodig maak (dalk KI of iets soortgelyks).
Kan ons maar eers daaroor praat wat die gemeenskap dink oor sulke veranderinge? Doen al die taalweergawes dit nou en moet ons dit nou doen? Waar staan dit dat dit nou nodig is om so baie artikels te verander? Is daar nie 'n ander oplossing nie? Werk hulle aan 'n outomatiese oplossing? Daar is 'n bladsy by die Engelse
Dark mode
, maar dit het slegs vier interwikiskakels (van rofweg 300 taalweergawes!). Terloops, op dié bladsy staan niks oor vereiste veranderinge aan die bronteks nie. Op die Duitstalige Wikipedia sien ek ook nie hierdie soort veranderinge nie. Gemeenskap, wil ons hoegenaamd sulke veranderinge toelaat? Wat as daar eendag 'n pienk/oranje/violetmodus kom? Wat doen ons met kleurblindes/gesiggestremdes? Waar begin ons, waar eindig ons? Groete. --
SpesBona
20:45, 30 Julie 2024 (UTC)
antwoord
SpesBona
watter probleme veroorsaak die veranderinge? Die idee van 'n "wiki" is dat dit verander kan word. Myns insiens is veranderinge wat donkermodus akkommodeer konstruktief. Ek twyfel of daar "pienk/oranje/violetmodus" gaan kom.
Donkermodus
is so oud soos die rekenaarskerm en verskeie webwerwe ondersteun dit. Ek gebruik dit self reeds jare lank. Jy moet dit probeer - dit is baie sagter op die oog as 'n wit agtergrond. Dit spaar ook 'n bietjie elektrisiteit. –
Pynappel
kontak
21:15, 30 Julie 2024 (UTC)
antwoord
SpesBona
daar is geen beleid wat vereis dat ons hierdie veranderinge
moet
doen nie. Donkermodus is nou beskikbaar vir almal (gebruikers of nie) op amper elke wiki, afwiki insluitend. Lees
So ja, ons kan maar alles los, en dit lyk lelik (of onleesbaar) vir ons lesers, of ons kan dinge verbeter. Ek sien nie hoekom ons die eerste opsie sal verkies nie.
En ja, die wikimedia mense doen wat hulle kan sodat ons so min as moontlik veranderings moet doen, maar daar is nog steeds dinge wat nie outomaties gedoen kan word nie.
"Wat as daar eendag 'n pienk/oranje/violetmodus kom"? As dit ooit gebeur dan sal die veranderings wat ons nou doen meeste van die werk reeds uit die weg kry.
"Wat doen ons met kleurblindes/gesiggestremdes?" Donkermodus is reeds een akkommodasie vir hulle. En weereens die veranderings wat ons nou maak is om die doel te ondersteun. Sien byvoorbeeld
Rooiratel
kontak
06:58, 31 Julie 2024 (UTC)
antwoord
As enigiemand wil help, klik op die skakel in die beeld regs, en gee so veel besonderhede oor die probleem.
Skermgreep met pyltjie wat na die knoppie op afwiki-koppelvlak wys om donkermodusprobleme aan te meld.
Kom ons maak ons wiki so goed as wat ons kan. -
Rooiratel
kontak
07:04, 31 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie vir dié inligting. Sou dit nie beter wees om byvoorbeeld die betrokke prente se bronteks op Commons aan te pas, sodat hulle in die donkermodus ook mooi werk, pleks daarvan om hulle in elke liewe artikel in moontlik 'n honderd artikels oor 300 taalweergawes aan te pas? Dit spaar beide baie wysigings en elektrisiteit. Selfs as daar nuwe prente op Commons geskep word wat die ou prente vervang om met die nuwe modus te werk sal dit heelwat minder wysigings veroorsaak as dit nou doen. Dalk kan ook modules sentraal aangepas word pleks van sjablone en kassies? Op die Duitstalige Wikipedia word ons aangeraai om wysigings te spaar, sien
de:Vorlage:Vorschau
, dit bestaan ook in Engels:
en:Template:Uw-preview
. Ek dink maar daar is 'n moontlikheid om dit sentraal te doen (watter een ook al). Ek wonder en vra maar net. Groete. --
SpesBona
21:20, 31 Julie 2024 (UTC)
antwoord
Het u geweet...
Gemeenskap, in ons voorblad se trivia
Het u geweet...
begin sommige inskrywings as volg:
... dat Wikings
en ander soos volg
...dat die
- sonder die spasie na die drie kolletjies. Wat is taalkundig korrek? Groete!
Oesjaar
kontak
11:18, 2 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Met 'n spasie weerskante as dit so gebruik word.
Burgert
(kontak)
12:22, 2 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Drie dinge wat my vandag besig gehou het
Goeienaand taalgemeenskap, met die Olimpiese Spele daar in Parys en my skriftelike reis deur Oos-Asië is daar drie dinge wat my vandag besig gehou het:
Wat is die korrekte Afrikaanse bewoording vir 'n land wat aan Olimpiese Spele deelneem? Is dit Suid-Afrika
by
die Olimpiese Spele of Suid-Afrika
op
die Olimpiese Spele. Ons het tans albei met
ROC op die Olimpiese Somerspele 2020
Gebruik ons vir Koreaanse en Japannese keisers die naam van die tydperk of die postume naam. Ook hier gebruik ons tans albei, sien
Meiji
(wat die tydperknaam is), maar ook
Yoshihito
en
Hirohito
(wat noemname is). Meiji se noemnaam was Mutsuhito. Daarna volg
Akihito
(Heisei) en
Naruhito
(Reiwa).
Wat my pla is die verwydering van rooi skakels by onderwerpe met 'n duidelike ensiklopediese waarde soos Suid-Afrikaanse atlete by
Suid-Afrika by die Olimpiese Spele
. Volgens watter beleid of reëls word dit gedoen? Stel julle voor, ek brei
Suid-Korea
tot voorbladstatus uit (soos gister), die volgende dag oggend word die skakel na
Koreaanse Keiserryk
verwyder omdat dit rooi is, ek is heel dag besig om nuwe artikels te skryf en moet die aand die skakel weer insit (vandag vyf nuwe artikels oor Suid-Koreaanse geskiedenis). Myns insiens is dit onnodige wysigings en vergroot net die geskiedenis van artikels (wat ons liefs moet vermy, sien my opmerkings bo). Wat dink julle hieroor? Groete. --
SpesBona
21:10, 5 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
BurgertB
Woordgenoot
Suidpunt
Sobaka
Rooiratel
, en
Dumbassman
enige iemand met raad of gedagtes? Groete. --
SpesBona
13:14, 6 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Beste SpesBona...hoekom
ontbloot jy my nie maar
as die gebruiker wat die titel hierbo terug verander het en al die rooi skakels uitgevee het nie? Nou hardloop jy na al ons ander kollegas toe vir ondersteuning, ai man!
Ek sal voorstel jy vra prof
Gerhard van Huyssteen
Gebruiker:Geebee100
) se opinie oor die Afrikaanse bewoording hierbo. Hy is tenminste 'n betroubare taalpraktisyn.
Geniet julle aand
Aliwal2012
15:17, 6 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Ek wou eers sê dit gaan van die werkwoord afhang, maar ja.
Jy kon my nou met 'n veer omtik toe jy praat van "op die Spele". Overberger hier - ek is net bekend met "
by
die Spele" (ek het my 72-jarige moeder ook gevra - en dié frons); ek weet nie of dit onder Engelse invloed is nie. Ek is wel bekend met "op die spel", maar dit is 'n vaste uitdrukking. En 'n televisieprogram...
As mens so na Nederlands kyk, lyk albei aanvaarbaar. Google gerus "brons
bij
de Spelen", "brons
op
de Spelen".
Dit laat my ook nou dink aan
Geld
op
de bank
; in Afrikaans sê ons
Geld
in
die bank
Suidpunt
kontak
15:46, 6 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Beste Aliwal2012, ek het hier drie vrae geplaas en ek respekteer jou mening oor "op/by" en rooi skakels. Dié vra het net onder my naels gebrand en ek wou ander gebruikers se menings hoor. Ek kla niemand aan en wil ook nie oorlog voer nie. Ek is hier om artikels te skryf. Ek is net van mening dat, as jy 'n rooi skakel na 'n onderwerp verwyder, negeer jy die ensiklopediese relevansie daarvan. As jy 'n rooi skakel na 'n onderwerp verwyder, dan moet jy dit myns insiens in al die artikels doen wat na die onderwerp skakel, andersins is dit nie konsekwent nie. Konsekwentheid is ook die agtergrond van my vrae, aangesien baie artikels na
Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
skakel, ons artikels oor Japannese keisers verskillende name gebruik en nie almal rooi skakels verwyder nie. As jy taalverbeteringe aan artikels doen, waar ek ook betrokke is, probeer ek maar om dit ook op al die artikels met dieselfde bewoording toe te pas (bv. land pleks van "nasie", slegs pleks van "net", ooit pleks van "nog", gebruik pleks van "inspan" ens.
Voorbeelde van Afrikaanse media wat
Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
gebruik:
Maroela Media 1
Nuus24 1
Hoërskool Garsfontein
Maroela Media 2
Nuus24 2
en
"Suid-Afrika+op+die+Olimpiese+Spele"&source=bl&ots=VbeFie1wAx&sig=ACfU3U2ghimWaEdXHKYZWDQQnwSsu5Qn1A&hl=de&sa=X&ved=2ahUKEwjsiPSb4eiHAxXx3gIHHT1mIng4ChDoAXoECB4QAw#v=onepage&q="Suid-Afrika%20op%20die%20Olimpiese%20Spele"&f=false "Die Penguin Boek van Sporttrivia"
. Groete. --
SpesBona
Awe, ek het persoon se no gestuur wat alles weet. Sterkte
Dumbassman
kontak
04:57, 7 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
SpesBona
Die WAT gee onder "op" onder meer die volgende:
2a By 'n bepaalde plek
3a By 'n bepaalde geleentheid of tydstip
Ek kry ook voorbeelde van "by" in woordeboeke, so ek wonder of dit nie maar albei korrek is nie. Ek hou self van "op", maar ek hoor soms ek is outyds.
Burgert
(kontak)
14:47, 7 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Wat rooi skakels betref, is ek van mening dat 'n paar rooi skakels na artikels wat ek dink ek of iemand anders later gaan doen, nuttig is. Maar nie soveel dat dit hinderlik is nie. (Ek het self in die begin hier te veel rooi skakels gebruik, maar pas dit nou versigtiger toe.
Burgert
(kontak)
14:58, 7 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
BurgertB
baie dankie! Daarmee is dit 2-elk wat by/op betref. Dit is dan nie taalkundig "inkorrek" nie. Die verskuiwing is nogal jammer omdat baie artikels daarna skakel en ek reeds vir 'n lang tydperk die bewoording met "op" in sportartikels gebruik. Volgens die WAT sal Afrikaanssprekendes "Suid-Afrika op die Olimpiese Spele" mooi verstaan. Op die Duitstalige Wikipedia is die verandering van 'n korrekte vorm in 'n ander volgens
Wikipedia:Korrektoren
verbode en enigiemand mag dit terugrol. As die eerste gebruiker die stryd voortsit, sal hy gestraf word. Interessant genoeg verbied dieselfde reël veranderinge van
[[Suid-Afrika]]ans
in
[[Suid-Afrikaans]]
ens.
Wat die Japannese en Koreaanse keisers betref stel ek veral belang in jou mening. Jy het
Mutsuhito
na sy amptelike naam
Meiji
geskuif en ek vermoed ons moet dieselfde met sy opvolgers (d.w.s.
Yoshihito
Taisho
en
Hirohito
Showa
) doen. Aangesien dit ook die postume naam is geld dit slegs vir hierdie drie. Waarskynlik is dieselfde vir die twee Koreaanse keisers van toepassing wat 'n soortgelyke naamstelsel gebruik het. Ek vermoed dat
Gojong van Korea
na
Gwangmu
en
Sunjong van Korea
na
Yunghui
geskuif moet word. Maar min Wikipedias gebruik dié name. Wat dink jy? Groete. --
SpesBona
20:45, 9 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Ek is nie 'n kenner nie en hou gewoonlik maar by wat die ander wiki's doen. Ek sien feitlik almal gebruik die name Hirohito, Gojong en Sunjong. Die laaste twee is waarskynlik omdat Korea nie die
Pinyin
-stelsel gebruik nie. Ek het nog nooit van Showa gehoor nie en kan nie sê of Hirohito regtig so bekend was nie.
Burgert
(kontak)
12:38, 10 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
BurgertB
baie dankie, dan hoef ons niks te verander nie:
Meiji
Yoshihito
Hirohito
Akihito
Naruhito
Gojong van Korea
en
Sunjong van Korea
. Nou kan ek rustig slaap. Groete. --
SpesBona
21:00, 10 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Ek hou van by! Groete!
Oesjaar
kontak
20:52, 9 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Reminder! Vote closing soon to fill vacancies of the first U4C
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Dear all,
The voting period for the Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) is closing soon. It is open through 10 August 2024. Read the information on
the voting page on Meta-wiki to learn more about voting and voter eligibility
. If you are eligible to vote and have not voted in this special election, it is important that you vote now.
Why should you vote?
The U4C is a global group dedicated to providing an equitable and consistent implementation of the UCoC. Community input into the committee membership is critical to the success of the UCoC.
Please share this message with members of your community so they can participate as well.
In cooperation with the U4C,
--
Keegan (WMF)
talk
15:29, 6 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Verborge Markovmodel
Gemeenskap, uit bogenoemde, het julle enige idee wat
Forward algorithm
in Afrikaanse sal wees. Klink Voorwaartse algoritme reg? Groete!
Oesjaar
kontak
11:40, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Voorwaartse algoritme
" is reeds gepleeg in
Viterbi-algoritme
. As jy dit so gebruik is jy dalk nie reg nie, maar ten minste eenvormig. Groete.
Frank
kontak
Wysiging verwyder
Kan die laaste wysiging van die artikel
Roodepoort
verwyder word? Rede: [In Engels] Oversight on grounds of
en:WP:BL
P".
Martinvl
kontak
16:52, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Martinvl
, ek het reeds 'n wysiging teruggerol. Verwys jy na iets anders? Groete!
Oesjaar
kontak
17:25, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Ek het did note gesien nie. JAmmer.
Martinvl
kontak
21:07, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Des Knaben Wunderhorn (Mahler)
Hallo, sal iemand asseblief die skakels na Des Knaben Wunderhorn verwyder en die artikel weer skakel na
Des Knaben Wunderhorn (Mahler)
By voorbaat dankie!
Johannescharlesventer
kontak
19:11, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Gedoen
Sobaka
kontak
20:12, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie
Sobaka
. Groete,
Johannescharlesventer
kontak
20:45, 8 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Radome
Gemeenskap, hier is 'n woord wat my aan die raai gehou het, maar na kommunikasie met Dr.
Mariëtta Alberts
is die amptelike vertaling as volg: radom, radarkoepel, antennekoepel. Ek het radarkoepel gebruik. Groete!
Oesjaar
kontak
09:57, 10 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Nuwe HUB van die SAAWK
Gemeenskap, neem kennis dat dr.
Annelise de Vries
die pos aanvaar het as die
HUB
van die
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
nadat prof.
Anne-Marie Beukes
afgetree
het. Groete!
Oesjaar
kontak
14:36, 13 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Wysigings word nie gewys nie
Goeienaand gemeenskap. Vandag het ek verder gewerk aan
Singapoer
om van dié artikel 'n voorbladartikel te maak, maar die twee wysigings verskyn nie op
Spesiaal:Onlangse wysigings
nie en hulle word ook nie as wysigings getel nie; hulle verskyn wel in die artikel se geskiedenis. Dit is reeds die derde keer wat dit gebeur (mees onlangs by
Suid-Korea
). Weet iemand die rede of oorsaak hiervoor?
Terloops, ek het intussen my 70
000 bydrae aangebring! Op die Duitstalige Wikipedia het ek slegs 27
690 bydrae. Groete. --
SpesBona
21:10, 13 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Weet nie, maar die groot bydrae word met dank erken.
JMK
kontak
11:24, 14 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Vind wel dat die Commons databasis baie sukkel oor die laaste dag of wat. Wysigings soms halsstarrig aanvaar, met verskillende lastige foutboodskappe ensomeer. Miskien 'n soortgelyke databasis-probleem op ander wikis.
JMK
kontak
21:20, 14 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Hulp met vlae.
Gemeenskap, sien asb die afdeling
Lande wat die B-24 gebruik het
in
Consolidated B-24 Liberator
. Kan iemand help met die vlagsjablone? Groete!
Oesjaar
kontak
11:56, 16 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
gebruik
{{vlagland|Suid-Afrika}}
vir
Suid-Afrika
of
{{vlagikoon|Suid-Afrika}}
vir
. Groete. --
SpesBona
12:08, 16 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Dankie, so gemaak! Groete!
Oesjaar
kontak
18:10, 16 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Coming soon: A new sub-referencing feature – try it!
Hello. For many years, community members have requested an easy way to re-use references with different details. Now, a MediaWiki solution is coming: The new sub-referencing feature will work for wikitext and Visual Editor and will enhance the existing reference system. You can continue to use different ways of referencing, but you will probably encounter sub-references in articles written by other users. More information on
the project page
We want your feedback
to make sure this feature works well for you:
Please try
the current state of development on beta wiki and
let us know what you think
Sign up here
to get updates and/or invites to participate in user research activities.
Wikimedia Deutschland
’s
Technical Wishes
team is planning to bring this feature to Wikimedia wikis later this year. We will reach out to creators/maintainers of tools and templates related to references beforehand.
Please help us spread the message. --
Johannes Richter (WMDE)
talk
) 10:36, 19 August 2024 (UTC)
Thank you! I've been wanting this exact feature for a very long time. -
Rooiratel
kontak
11:17, 19 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Ons fynbos kategorie
Gemeenskap, ons
fynbos
kategorie is nou 3 000 artikels sterk! Laas toe ek gekyk het, het die Engelse Wikipedia net oor die 1100 artikels gehad! Groete!
Oesjaar
kontak
05:52, 21 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Met die planteryk, sterrekunde en chemie blink ons uit, miskien ander temas ook.
JMK
kontak
10:02, 22 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie vir julle harde werk omtrent diere en plante, ek geniet dit! Die Afrikaanse Wikipedia kan ook spog met landartikels en stede (
Voyager
), landsvlae (
Puvircho
), sport (deels my werk, veral krieket, rugby, sokker en Olimpiese Spele), pouse (
Hansjoseph
), menslike evolusie (
BurgertB
), Suid-Afrikaanse politiek (
Lefcentreright
) en groot katte (
Suidpunt
). Maar ander Suid-Afrikaanse onderwerpe, items van Duitsland, Frankryk, Skandinawië, die Verenigde Koninkryk, Noord- en Suid-Amerika, asook Australië en Nieu-Seeland is ook nie te versmaai nie. Myns insiens verdien hierdie genoemde gebruikers ook 'n erkenning. Groete. --
SpesBona
20:45, 22 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Voorblad
Eerder "bespied die horison" of "tuur na die horison" op voorblad. "Skandeer" is iets wat 'n masjien doen. En dankie aan dié wat werk doen aan die voorblad.
JMK
kontak
18:09, 22 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
JMK
jammer, baie dankie. Ek het dit in "tuur na die horison" verander. Groete. --
SpesBona
18:15, 22 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Sign up for the language community meeting on August 30th, 15:00 UTC
Hi all,
The next language community meeting is scheduled in a few weeks—on August 30th at 15:00 UTC. If you're interested in joining, you can
sign up on this wiki page
This participant-driven meeting will focus on sharing language-specific updates related to various projects, discussing technical issues related to language wikis, and working together to find possible solutions. For example, in the last meeting, topics included the Language Converter, the state of language research, updates on the Incubator conversations, and technical challenges around external links not working with special characters on Bengali sites.
Do you have any ideas for topics to share technical updates or discuss challenges? Please add agenda items to the document
here
and reach out to ssethi(__AT__)wikimedia.org. We look forward to your participation!
MediaWiki message delivery
kontak
23:19, 22 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Groete uit Andorra
Groete uit
Andorra
, ek werk hier op die Wêreldbergfietskampioenskappe en sal die 3de Sep terug wees. Wat 'n interessante plek! Ek het vandag sit en kommunikeer met die spanbestuurder van België: hy in Vlaams en ek in Afrikaans! My kollegas was geskok, dat ek uit Suid-Afrika, met 'n persoon van België, in ons tale kan kommunikeer. Groete!
Oesjaar
kontak
21:05, 26 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Mooi so! Veilige reis Oesjaar. --
Aliwal2012
20:18, 27 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Kreool of kreools
Gemeenskap, watter spelling is korrek? Dit raak ook artikels soos
Haïtiaanse kreools
en
Louisiaanse kreools
. Groete. --
SpesBona
21:00, 27 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
"Kreool" is 'n selfstandige naamwoord, terwyl "kreools" selfstandig of byvoeglik gebruik kan word. Groete.
Frank
kontak
07:00, 28 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Kyk byvoorbeeld na die Nederlandse "creools", wat selfstandig 'n sinoniem vir "creooltaal" is. Groete.
Frank
kontak
07:28, 28 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Naudefj
baie dankie. Beteken dit dat ons bogenoemde artikels moet skuif (sonder die -s?). Groete. --
SpesBona
18:20, 31 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Omdat "
kreools
" ook 'n s.nw. is, vermoed ek dat "
Haïtiaanse kreools
" en "
Louisiaanse kreools
" reg is en dat dit so gelaat kan word. Groete.
Frank
kontak
07:27, 1 September 2024 (UTC)
antwoord
Kreools (met 'n kleinletter) is 'n taalsoort en kreool (meervoud: kreole) is 'n persoon. Kyk in julle woordeboeke en moenie sommer net raai nie.
Burgert
(kontak)
16:36, 1 September 2024 (UTC)
antwoord
Dan is daar mos reg geraai en kan jy jou voorskriftelike, prekerige woordeboek druk waar die son nie skyn nie.
colorbull-sjabloon
Template:Colorbull
is 'n sjabloon wat nuttig kan wees vir sleutels by sekere kaarte, maar wat nie tans op af.wiki beskikbaar is nie. Noem maar net ingeval iemand weet hoe om dit te kry of oor te dra.
JMK
kontak
23:01, 28 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad
Gemeenskap, vandag het ek my voorlaaste reeks drie voorbladkandidate voorgestel. Nou is daar nog drie artikels in my pyplyn oor wat ek in September wil uitbrei. Ek vind dit makliker om soortgelyke artikels naas mekaar uit te brei, maar ek beperk myself op slegs drie artikels van dieselfde onderwerp. Dit is hoekom ek drie soortgelyke artikels op een slag nomineer, maar hulle sal natuurlik op die vervoerband gemeng word. Die lande, stede en vlae sal beslis nie naas mekaar op ons voorblad verskyn nie. Aangesien daar slegs drie artikels vir 2024 van my kant oor is, sal ons vervoerband vir 2025 ook nie binnekort vol wees nie. Bring gerus julle stemme uit. Groete. --
SpesBona
20:30, 31 Augustus 2024 (UTC)
antwoord
Ná my tweemalige besoek aan Noorweë en Kopenhagen besoek ek oor presies 'n maand vir die eerste keer
Gdansk
Helsinki
Stockholm
en
Tallinn
. Dit is hoekom ek die vlae van
Estland
Finland
en
Noorweë
uitgebrei het. Ondersteun gerus die een of ander, as julle wil. Ek is bewus van die huidige opeenhoping van onderwerpe, maar vandag begin ek my heel laaste reeks, met drie landsartikels. Vandeesweek sal ek die helfte van ons voorstelle op ons vervoerband plaas en argiveer (gemeng natuurlik). Groete. --
SpesBona
13:00, 2 September 2024 (UTC)
antwoord
Van my kant is daar altesaam slegs sewe definitiewe kandidaatartikels oor: vier nasionale rugbyspanne (België, Ivoorkus, Nederland en Suid-Korea) en drie deelstate (Alaska, Brandenburg en Louisiana). Dan is al die artikels wat ek ooit beplan het en waarvoor ek hoegenaamd 'n kans sien benoem vir voorbladstatus. Al hierdie sewe artikels moet egter uitgebrei word. Die drie deelstate kort 'n Geskiedenis-afdeling en vir die vier nasionale rugbyspanne sal ek eers die bronliteratuur raadpleeg. Moenie bekommer nie, dit gaan eers aan die einde van die jaar gebeur. Die volgende moontlike voorbladartikels van my kant is eers die
T20I-wêreldbeker 2026
en die twee groot wêreldbekertoernooie in 2027. Dit beteken ek gaan in 2025 nie een voorbladartikel benoem nie. Dit belowe ek julle! Groete. --
SpesBona
21:05, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Jy is 'n regte "Jannie-jammergat"! Hoekom wil jy nie meer in 2025 enige voorbladartikels benoem nie, voel jou nou skuldig?
Aliwal2012
06:56, 18 September 2024 (UTC)
antwoord
Alan Hatherly
Gemeenskap, enige volunteer om 'n klein artikeltjie oor ons nuwe wêreldkampioen te skryf? Groete uit Barcelona!
Oesjaar
kontak
11:32, 2 September 2024 (UTC)
antwoord
'skies tog, dit bestaan reeds! Ouderdom. Groete!
Oesjaar
kontak
11:39, 2 September 2024 (UTC)
antwoord
Announcing the Universal Code of Conduct Coordinating Committee
Original message at wikimedia-l
You can find this message translated into additional languages on Meta-wiki.
Help met die vertaal na uw taal
Hello all,
The scrutineers have finished reviewing the vote and the
Elections Committee
have certified the
results
for the
Universal Code of Conduct Coordinating Committee (U4C) special election
I am pleased to announce the following individual as regional members of the U4C, who will fulfill a term until 15 June 2026:
North America (USA and Canada)
Ajraddatz
The following seats were not filled during this special election:
Latin America and Caribbean
Central and East Europe (CEE)
Sub-Saharan Africa
South Asia
The four remaining Community-At-Large seats
Thank you again to everyone who participated in this process and much appreciation to the candidates for your leadership and dedication to the Wikimedia movement and community.
Over the next few weeks, the U4C will begin meeting and planning the 2024-25 year in supporting the implementation and review of the UCoC and Enforcement Guidelines. You can follow their work on
Meta-Wiki
On behalf of the U4C and the Elections Committee,
RamzyM (WMF)
14:05, 2 September 2024 (UTC)
antwoord
Afrikaans vir "track and field"
Weet iemand wat die korrekte Afrikaans is vir "track and field"? -
Rooiratel
kontak
11:06, 3 September 2024 (UTC)
antwoord
"Baan en veld", as dit met atletiek te doen het.
Thermofan
kontak
11:15, 3 September 2024 (UTC)
antwoord
Have your say: Vote for the 2024 Board of Trustees!
Hello all,
The voting period for the
2024 Board of Trustees election
is now open. There are twelve (12) candidates running for four (4) seats on the Board.
Learn more about the candidates by
reading their statements
and their
answers to community questions
When you are ready, go to the
SecurePoll
voting page to vote.
The vote is open from September 3rd at 00:00 UTC to September 17th at 23:59 UTC
To check your voter eligibility, please visit the
voter eligibility page
Best regards,
The Elections Committee and Board Selection Working Group
MediaWiki message delivery
12:13, 3 September 2024 (UTC)
antwoord
Julle is welkom om vir my te stem. Groete!
Oesjaar
kontak
06:16, 4 September 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
jy is ook welkom om vir my voorstelle vir ons voorblad te stem (
sien bo
). Groete. --
SpesBona
10:00, 4 September 2024 (UTC)
antwoord
Reg so.
Thermofan
kontak
11:46, 4 September 2024 (UTC)
antwoord
Besoekstatistiek vir Augustus
Gemeenskap, ons bladtrekke vir Augustus was 'n allemintige 3,7 miljoen! Sien
Aug Bladtrekke
Gee julle self 'n handdruk! Groete!
Oesjaar
kontak
20:15, 4 September 2024 (UTC)
antwoord
Ek wonder hoe die langtermyntendens lyk, d.w.s. jaar op jaar. Op daardie grafiek lyk dit of ons oor twee jaar relatief stil staan. Sommige mense dink terloops ons is oningelig en weet nie hoe om te spel nie:
JMK
kontak
11:25, 12 September 2024 (UTC)
antwoord
Ingenieurs sukkel met die spelling want hulle is goed met wiskunde! Groete!
Oesjaar
kontak
12:00, 12 September 2024 (UTC)
antwoord
BurgertB
, sien die skakel. Groete!
Oesjaar
kontak
12:02, 12 September 2024 (UTC)
antwoord
Spesies
Ons moet miskien raad vra oor die woord "spesies" waar die enkelvoud bedoel word. Het persoonlik nie 'n voorkeur nie, maar ter wille van eenvormigheid sal ek graag weet hoe om voort te gaan.
JMK
kontak
15:16, 12 September 2024 (UTC)
antwoord
So ver my kennis strek is die enkelvoud spesie. Groete!
Oesjaar
kontak
16:07, 12 September 2024 (UTC)
antwoord
Ek dink beide vorme is toelaatbaar, maar ek verkies om "spesie" te gebruik om verwarring uit te skakel. Ek vermoed die gebruik van "spesies" deur wetenskaplikes is onder druk van die Engelse "species". (Daar bestaan mos nie 'n Engelse woord soos "specie" nie!)
Aliwal2012
18:40, 12 September 2024 (UTC)
antwoord
Daar bestaan eintlik 'n Engelse woord "specie" wat fisiese geldnoot beteken. Maar ek sal voortaan "spesie" vir die biologiese enkelvoud gebruik, en die enkelvoud "spesies" ook verander vir eenvormigheid. 'n Plantkundige se mening sal wel interessant wees.
JMK
kontak
05:28, 13 September 2024 (UTC)
antwoord
Waar staan "spesies" kan enkelvoud wees? Dis nonsens.
Burgert
(kontak)
12:18, 14 September 2024 (UTC)
antwoord
Het opgemerk dat "spesies" (enkelvoud) so gebruik word in Afrikaans, sekerlik in navolging van Latyn, en dit het by geleentheid ook op af.wiki opgeduik. Het egter nou verdere geleerde raad gevra en dit blyk dat "spesie" (enkelvoud) die enigste opsie in Afrikaans is. Sal die ander opsie verwyder waar ek dit sien.
JMK
kontak
13:30, 25 September 2024 (UTC)
antwoord
Kategorieë
Hallo almal. Tans word 'n bladsy se kategorieë vertoon in die volgorde wat hulle in 'n bladsy se wikiteks verskyn.
Die
MediaWiki
sagteware kan nou kategorieë outomaties in alfabetiese volgorde vertoon. Maar ons moet 'n versoek aanteken vir ons wiki om dit te aktiveer.
Skakel vir meer inligting
Stem asb. hieronder as jy die verandering ondersteun of nie.
Groete -
Rooiratel
kontak
08:43, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Pynappel
kontak
10:11, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Gekant
Wikipedia:Kategorisering
sê niks oor 'n "alfabetiese rangskikking" van kategorieë nie. Kategorieë word volgens die belangrikheid van hul onderwerp gerangskik, byvoorbeeld is
Berlyn
in die eerste sin 'n hoofstad en eers daarna 'n deelstaat van Duitsland. Onderwerpe se kategorieë moet in dieselfde volgorde wees, dit het niks met die alfabet te doen nie. Afghanistan is 'n land soos Zimbabwe en die hoofkategorie Afghanistan is die eerste kategorie in die artikel, dieselfde geld vir Zimbabwe. Ons kan nie die volgorde omkeer net omdat 'n onderwerp met Z begin nie, terwyl die ander onderwerp se eerste letter 'n A is. Ons het ander take te doen wat kategorisering aanbetref.
Anargisme
se hoofkategorie is
Kategorie:Anargisme
en daar hoort die onderkategorie
Kategorie:Politieke filosofie
en
Kategorie:Politieke ideologieë
. Dit is wat Wikipedia:Kategorisering sê, niks oor 'n alfabetiese rangskikking nie. Groete. --
SpesBona
10:25, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Neutraal
– ek verkies dat "geboortes in JJJJ" en "sterftes in JJJJ" bymekaar gelys word (opvolgend), enige ander kategorieë kan maar alfabeties gerangskik word. Groete, --
Aliwal2012
10:39, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Op enwiki gebruik hulle eerder "YYYY births" en "YYYY deaths". Dit maak vir my meer sin, en hulle sal outomaties langs mekaar wees as hulle sorteer is. Maar dit sal nou te veel werk wees om dit op ons wiki te verander. -
Rooiratel
kontak
15:01, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Let op, dit is volgens Engelse taalreëls. Ons stelsel volg Afrikaanse taalreëls en dit is reg só. Groete. --
SpesBona
15:05, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Kommentaar
– Nog 'n goeie voorbeeld:
"Belge"
, "Geboortes in 1935", "Sterftes in 2014", maar "Geboortes in 1935",
"Nederlanders"
, "Sterftes in 2015". Hoekom plaas ons nou Belge voor die ander, maar Nederlanders heelwat later? Net weens alfabetiese volgorde plaas ons die een land beter as die ander? Gelukkig is dit nou "Suid-Afrika" en nie "Zuid-Afrika" nie. Die volgorde van kategorieë geskied om ander redes, nie weens die alfabet nie. Groete. --
SpesBona
11:35, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Dankie SpesBona, jy het jou punt gemaak!
:) --
Aliwal2012
11:41, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Waar staan daar geskrywe dat kategorieë volgens belangrikheid gerangskik word? Ek het nog nooit daarvan gehoor nie. Hoe rangskik jy kategorieë wat deur sjablone by 'n bladsy gevoeg word? Sover ek weet, word die kategorieë volgens die orde waarin hulle verklaar word, gerangskik. Dus as 'n kategorie deur 'n inligtingskas ingevoeg word, dan sal dit voor kategorieë wat onderaan die bladsy verklaar word, verskyn. Ek mag verkeerd wees. Maar met 'n alfabetiese rangskikking is daar darem 'n logika agter die volgorde van die kategorieë. –
Pynappel
kontak
11:51, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Daarteenoor het ek nog nooit daarvan gehoor dat kategorieë alfabeties gerangskik word nie. Op die Duitstalige Wikipedia is die volgorde volgens belangrikheid die enigste manier hoe ons dit doen:
de:Wikipedia:Kategorien#Reihenfolge von Kategorien in Artikeln
Es wird empfohlen, die Kategorien vom Besonderen hin zum Allgemeinen anzuordnen, vgl. etwa Wikipedia:Formatvorlage Biografie.
"Daar word aanbeveel om kategorieë van die besondere na die algemene te rangskik." Beroep, nasionaliteit, geboorte, sterfte, geslag; dit het sy bepaalde volgorde en dit is beslis nie die alfabet nie. 'n Argentyn se nasionaliteit is op dieselfde plek as 'n Turk se nasionaliteit en 'n vrou is nie slegter af as 'n man nie. Dus is ons volgorde:
[[:Kategorie:Tiefsee-Astronom]], [[:Kategorie:Deutscher]], [[:Kategorie:Geboren 1000]], [[:Kategorie:Gestorben 1100]], [[:Kategorie:Mann]]
Groete. --
SpesBona
12:40, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Een onderwerp is net slegter af as 'n ander as die volgorde volgens belangrikheid bepaal word, en soos ek hierbo gesê het, is ek nie seker of ons die volgorde kan bepaal as kategorieë deur sjablone ingevoeg word nie. As die kategorieë egter gealfabetiseer word, dan is daar 'n bepaalde volgorde wat dit makliker maak om 'n kategorie in 'n lang lys te vind, en
Rooiratel
se voorstel sal seker maak die kategorieë is in alfabetiese volgorde, maak nie saak hoe die kategorie by die bladsy gevoeg word nie, hetsy deur middel van 'n sjabloon, module, of handmatig deur dit onderaan die bronteks te verklaar nie. –
Pynappel
kontak
12:56, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Onderwerpe op dieselfde vlak soos lande, beroepe, geslagte, ens. is veral slegter af as die een met 'n A begin en die ander met 'n Z. 'n Alfabetiese volgorde is dus nie 'n bepaalde volgorde waar geslagte, nasionaliteite, beroepe, ens deurmekaar gegooi word nie. In die een biografie sal dit 'n ander volgorde veroorsaak as in die ander slegs omdat die een 'n Franse sokkerspeler gebore in 2000 is, terwyl die ander 'n Tsjeggiese rugbyspeler uit die jaar 1888 is. Dit is hoekom ons op die Duitstalige Wikipedia 'n bepaalde volgorde vir kategorieë het. Afghanistan, Botswana, Paraguay en die Vatikaanstad se nasionaliteite moet op dieselfde plek in die kategorieë se volgorde verskyn. Hoekom moet ons 'n Zambiër se nasionaliteit later vermeld as dié van 'n Angolaan? Groete. --
SpesBona
13:10, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Want hoekom nie? Jou argument berus op die veronderstelling dat die volgorde volgens belangrikheid is, wat nie die geval is nie, tensy dit vooraf bepaal is dat die volgorde belangrikheid weerspieël, soos wat julle blykbaar op die Duitse Wikipedia gedoen het. Maar ek is nie bewus daarvan dat ons ooit besluit het om dit so hier te doen nie. Ons kan daardie besluit neem, maar ek dink dit gaan ingewikkeld wees om vir elke vakgebied 'n ranglys volgens belangrikheid te bepaal en voor te skryf. En soos ek reeds hierbo aangevoer het, weet ek nie of dit tegnies moontlik is om 'n kategorie wat deur 'n sjabloon ingevoer word se orde in die lys van kategorie onderaan die bladsy te bepaal nie. –
Pynappel
kontak
13:14, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
As iemand twee nasionaliteite en twee beroepe het waarvoor hy bekend is, moet albei nasionaliteite saam naas mekaar vermeld word, dieselfde geld vir die beroepe. Ons kan nie 'n Belgies-Rwandese argitek en doktor se kategorieë in 'n alfabetiese volgorde plaas nie. Belgie en Rwanda moet naas mekaar verskyn, dieselfde geld vir argitek en doktor. Ons kan nie geboorte en sterfte daartussen plaas nie. Dit is verwarrend. Dit is hoekom ons op die Duitstalige Wikipedia dié volgorde het. Groete. --
SpesBona
13:20, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Ek stem nie saam nie, ek dink nie die volgorde moet met belangrikheid verwar word nie. Ek ondersteun 'n alfabetiese volgorde sodat dit maklik is vir 'n leser om 'n kategorie in 'n lang lys kategorieë te vind. –
Pynappel
kontak
13:32, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
En ek stem nie daarmee saam nie. 'n Ander volgorde vir 'n Afghaanse swemmer teenoor dié van 'n Thaise bokser net vir alfabetiese doeleindes maak vir my nie sin nie. Swem verskyn later as boks, maar as dit 'n Duitser is, kom dit voor 'n Pool. Net omdat ons die alfabet gebruik pleks van 'n volgorde soos op die Duitstalige Wikipedia, dit sal ek nooit verstaan nie. Terloops, die meeste artikels het nie 'n lang lys kategorieë nie, veral nie biografieë nie. Groete. --
SpesBona
13:40, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Gekant
– Groete.
Oesjaar
kontak
12:02, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Neutraal
- Ek gee nie om een manier of die ander nie. @
SpesBona
maak 'n goeie punt, maar soos @
Pynappel
gesê het, dit val uit mekaar uit as deel van 'n bladsy se kategorieë van sjablone/module af kom. -
Rooiratel
kontak
14:59, 17 September 2024 (UTC)
antwoord
Gekant
Burgert
(kontak)
12:39, 18 September 2024 (UTC)
antwoord
Gekant
Is meer met commons-kategorieë as dié van wikipedia vertroud. By commons sal deurgaans alfabetiese kategorieë baie gebruikeronvriendelik wees. Daar is wel sekondêre alfabetiese kategorisering binne 'n kategorie, wat inderdaad nuttig is, en dit word deur die sleutel van die kategorie bepaal.
JMK
kontak
19:32, 18 September 2024 (UTC)
antwoord
Sjabloon:Infobox tool
Gemeenskap, het ons 'n ekwivalent in Afrikaans? Groete!
Oesjaar
kontak
13:27, 19 September 2024 (UTC)
antwoord
Gemeenskap, ons kort ook die volgende in Afrikaans:
Infobox electronic component
! Wie kan help?
Pynappel
Rooiratel
SpesBona
... Groot asb!
Oesjaar
kontak
18:53, 29 September 2024 (UTC)
antwoord
Jou wiki sal binnekort oorskakel na die lees-alleen modus.
Lees hierdie boodskap in 'n ander taal
Help met die vertaal na uw taal
Die
Wikimedia Foundation
sal die verkeer tussen sy datasentrums ruil. Dit sal verseker dat Wikipedia en die ander Wikimedia wiki's aanlyn kan bly, selfs ná 'n ramp.
Hulle sal alle verkeer na die sekondêre datacenter op
25 September
oorskakel. Die toets begin om
15:00 UTC
Ongelukkig, as gevolg van 'n paar beperkings in
MediaWiki
, moet alle redigering stop terwyl ons oorskakel. Ons vra om verskoning vir hierdie ontwrigting en werk daarna om dit in die toekoms tot die minimum te beperk.
'n Banier sal op alle wiki's vertoon 30 minute voor hierdie operasie plaasvind.
This banner will remain visible until the end of the operation.
U sal alle wiki's vir 'n kort tydjie kan lees, maar nie kan redigeer nie.
U sal vir 'n uur lank nie kan wysig nie om
Woensdag 25 September 2024
As u gedurende hierdie tye probeer redigeer of stoor, sal u 'n foutboodskap sien. Ons hoop dat geen wysigings verlore sal gaan gedurende hierdie minute nie, maar ons kan dit nie waarborg nie. As u die foutboodskap sien, wag dan totdat alles weer normaal is. Dan moet u u redigering kan stoor. Maar ons beveel aan dat u eers 'n afskrif van u wysigings maak, net vir ingeval.
Ander effekte
Agtergrondwerk sal stadiger wees en sommige sal moontlik afgeneem word. Rooi skakels word moontlik nie so vinnig soos gewoonlik opgedateer nie. As u 'n artikel skep wat reeds elders gekoppel is, sal die skakel langer as gewoonlik rooi bly. Sommige skrifte met 'n lang looptyd moet gestop word.
Ons verwag dat die uitrol van nuwe kode soos enige ander week sal plaasvind. Alhoewel, sommige gevalle van kodevries kan egter stiptelik plaasvind as die operasie dit daarna vereis.
GitLab
sal vir ongeveer 90 minute onbeskikbaar wees.
Hierdie projek kan indien nodig uitgestel word. Jy kan
die skedule lees by wikitech.wikimedia.org
. Enige veranderinge sal in die skedule aangekondig word.
Deel asseblief hierdie inligting met u gemeenskap.
Trizek_(WMF)
09:36, 20 September 2024 (UTC)
antwoord
AutoModerator
Gemeenskap, ek is seker julle is almal gatvol vir die oneindige stroom van vandalisme op ons wiki. Dankie aan almal wat die irriterende werk doen om vandalisme terug te rol.
Ek soek al lankal vir 'n outomatiese oplossing vir hierdie probleem. Ek weet ander wiki's het verskeie outomatiese oplossings en die een wat meeste wiki's gebruik is ORES. Ek wou 'n rukkie terug sien hoe ek dit op ons wiki kon kry, maar dit was ingewikkeld, en soos ek reeds genoem het, die ding is verouderd.
Daar is 'n nuwer hulpmiddel met die naam van "Liftwing" maar dit lyk ook ingewikkeld om op te stel.
Maar nou sien ek daar is lig aan die einde van die tonnel. Al die moeilike werk om "Liftwing" op te stel is nou vir ons gedoen deur die
MediaWiki
-sagteware. Dit kom in die vorm van die "AutoModerator" mediawiki uitbreiding.
As ons dit op ons wiki aktiveer sal dit 'n bot-rekening skep (soos
Gebruiker:CommonsDelinker
) en die rekening sal outomaties vandalisme terugrol.
Ons kan stel hoe sensitief ons dit wil hê. Ons kan dit self afskakel. Ons kan dit vertaal. Ons kan dit stel om gebruikers 'n boodskap te stuur wanneer dit hulle wysigings terugrol om mense in te lig waarom hul wysiging teruggerol is. Dit sal nie Admins se wysigings terugrol nie. Ons kan dit in kennis stel wanneer dit 'n fout begaan het.
Vir al die besonderhede oor wat dit doen
lees hier
Om dit te aktiveer moet ons hier stem, en as meeste mense dit goedkeur sal ek die Wikimedia tegniese span vra om dit op ons wiki te aktiveer.
Vir al die besonderhede oor hoe om dit te aktiveer
lees hier
Ons moet ook 'n naam kies vir die bot op ons wiki. My voorstelling
: "Outomatiese moderator"
Stem asseblief hieronder
. En onthou die ding kan ons baie tyd spaar, dit word beter met tyd, en ons kan dit baie maklik afskakel as daar 'n probleem opduik.
Rooiratel
kontak
13:30, 25 September 2024 (UTC)
antwoord
SpesBona
Suidpunt
Pynappel
Odriskelmac11
julle stemme asb. -
Rooiratel
kontak
07:32, 30 September 2024 (UTC)
antwoord
Ek gaan maar voort. -
Rooiratel
kontak
09:06, 7 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Sien
vir die status van hierdie poging. -
Rooiratel
kontak
09:16, 7 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Stemme
Ondersteun
Die ooms is aan die slaap. Jy moet seker voortgaan. Ek neem aan dit kan eksperimenteel wees en dat jy dit kan programmeer met al die woorde wat jy in Afrikaans nié moet sê nie. Of leer dit uit dit wat ons reeds teruggerol het?
JMK
kontak
15:28, 26 September 2024 (UTC)
antwoord
Die vroeër implementerings van hierdie konsep het 'n lys van "slegte woorde" gehad maar dit het nie goed gewerk nie. Hierdie weergawe is taal-agnosties, en leer outomaties uit vorige wysigings wat teruggerol was.
Ek kan nie net voort gaan nie. Een van die voorvereistes om dit te aktiveer is 'n groot ondersteuning van aktiewe redakteurs in die wiki. -
Rooiratel
kontak
09:12, 28 September 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Rooiratel
, kom ons gee dit 'n kans. Groete!
Oesjaar
kontak
16:24, 26 September 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
– Outomatiese oplossing sal verwelkom word.
Sobaka
kontak
18:11, 26 September 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Aliwal2012
18:28, 26 September 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Burgert
(kontak)
18:31, 26 September 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Pynappel
kontak
19:14, 7 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Thermofan
kontak
08:10, 16 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
'Wikidata item' link is moving. Find out where...
Hello everyone, a small change will soon be coming to the user-interface of your Wikimedia project.
The
Wikidata item
sitelink
currently found under the
General
section of the
Tools
sidebar menu will move into the
In Other Projects
section.
We would like the Wiki community's feedback so please let us know or ask questions on the
discussion page
before we enable the change which can take place October 4 2024, 15:00 UTC+2.
More information can be found on
the project page
. We welcome your feedback and questions.
Thank you, Danny Benjafield (WMDE)@metawiki
MediaWiki message delivery
18:56, 27 September 2024 (UTC)
antwoord
Taalgogga by IKR Oos-Asië-Pasifiek
Gemeenskap, ek plaas die titel
IKR Oos-Asië-Pasifiek
onder verdenking. Is "Pasifiek" die korrekte Afrikaanse woord vir "Pasific"? Ek sou eerder
Stille Oseaan
verkies, ek vra maar net! --
Aliwal2012
07:24, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Stille Oseaan
klink baie beter. As mens nou REGTIG daarop wil aandring, ... of eerder nie... ek kan nie die woord draai dat dit reg klink nie. ("You must be more
pacific
with your request.")
Thermofan
kontak
11:12, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Wat van Oseanië pleks van Pasifiek/Stille Oseaan? In
rugby
en
sokker
gebruik ons ook dié term. Of moet ons letterlik vertaal? Dieselfde geld waarskynlik vir
Pasifiese Nasiesbeker
ook. Is dit nou
IKR Oos-Asië-Stille Oseaan
of
IKR Oos-Asië-Stille-Oseaan
? Groete. --
SpesBona
20:30, 3 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Hallo
SpesBona
IKR Oos-Asië-Oseanië
is volgens my 'n goeie oplossing. Dankie, ek gaan dit sommer nou verander.
Aliwal2012
12:21, 4 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dankie
Aliwal2012
ek het die res konsekwent aangepas. Groete. --
SpesBona
18:00, 4 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Versoek aan alle gebruikers: AW Skryfkompetisie vir hoërskole 2024
Beste gebruikers
Ek wil graag versoek dat u nie te vinnig sal wees om veranderinge aan nuwe artikels tot en met 15 Oktober 2024 te maak nie. Leerders het reeds en gaan nou al hoe meer hul artikels vir die skryfkompetisie oplaai en dit neem baie administrasie om per e-pos die proses met hulle te koördineer en te verseker dat ek hulle artikels met die Wedstrydsjabloon kan beskerm. Ek probeer sover moontlik met die skep van nuwe gebruikers wat deelnemers aan die kompetisie is, op hul gebruikerblad aandui dat hulle aan die kompetisie deelneem. Daar glip egter elke nou en dan wel 'n gebruiker deur.
Ek vra dus groot asseblief dat u geduldig sal wees gedurende hierdie tydperk en die nuwe onervare gebruikers, wat werklik entoesiasties is en 'n positiewe bydrae wil lewer, die kans sal gee om te leer en foute te maak.
Hierdie kompetisie kan net suksesvol wees met u, die ervare en getroue gebruikers, se ondersteuning.
Vriendelike groete
Woordgenoot
kontak
09:10, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Aliwal2012
en
Gebruiker:Rooiratel
, kan julle asb die artikels Geslagsdisforie en Genderdisforie hetstel tot waar dit was vanoggend?. Die skolier
Hierdie gebruiker is 'n deelnemer aan die Afrikaanse Wikipedia skryfkompetisie vir hoërskole 2024.
se artikel is 24K-grepe groot, sover my kennis strek 'n nuwe skolerekord! Met hierdie standaard kan die artikel maklik in die top 10 wees! Ek het gisteraand vermoed dat sy 'n skolier is, maar kon dit vanoggend laat eers bevestig kry. Net haar werk moet beoordeel word! Ek weet julle bedoel goed! Ek is seker julle verstaan. Groete!
Oesjaar
kontak
09:25, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Jy is omtrent so effektief as die Amerikaanse Presidentskandidate! Praat van mostert na die maal...
Aliwal2012
09:39, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Ongelukkig hou die kliënte my aan die hardloop! Onthou, hulle is altyd reg!
Oesjaar
kontak
09:58, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Ek het nou
Geslagsdisforie
herstel. Dit het ook die skryfkompetisie sjabloon. Ons kan die inhoud weer versmelt met die bestaande bladsy wanneer die kompetisie klaar is. -
Rooiratel
kontak
14:53, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dankie ek sien nou eers hierdie boodskap. Ek sal bewus wees daarvan, maar dit is moeilik om te weet watter artikels deel van die kompetisie, en watter nie. Is dit nie moontlik om vir al die deelnemers te sê voor hulle begin dat hulle moet die Wedstrydsjabloon aan die artikel byvoeg nie? Ek sal ook voorstel dat dit deel van die reëls van die kompetisie is. As die sjabloon nie op die bladsy verskyn nie, dan tel dit nie. Ek weet hulle is almal nuut, en gaan baie foute maak, maar dan moet hulle ons laat weet. Selfs as hulle net teks in die inleiding van hulle artikels plaas om te vra dat iemand die sjabloon in sit, sal dit almal help. -
Rooiratel
kontak
12:00, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Woordgenoot
lees asb. hierdie skakels
en
Dit is 'n nuwe Mediawiki uitbreiding. (Soos die "AutoModerator" bo). Ek weet nog nie veel hiervan nie, en hulle dokumentasie het nie genoeg voorbeelde nie, maar as julle wil sal ek dit op ons Wiki aktiveer. Dit lyk as of dit baie kan help met die organisasie van kompetisies soos die hoërskool skryfkompetisie.
Laat my weet wat julle daarvan dink. -
Rooiratel
kontak
13:01, 1 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Vredefortkoepel
Kan iemand help met die ligging van die koepel op die kaart? Tans wys dit in Namibië. Groete!
Oesjaar
kontak
06:06, 3 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Uitgevoer
. Groete. --
SpesBona
20:45, 3 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Bladsyverwydering
Hallo, ek redigeer gewoonlik en Wikipedia, maar ek het 'n week gelede 'n versoek om bladsyverwydering
hier
gedoen. Dit het geen kommentaar gehad nie, lyk dit OK?
TSventon
kontak
11:48, 4 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Invitation to Participate in Wiki Loves Ramadan Community Engagement Survey
Dear all,
Apologies for writing in English. Please help to translate in your language.
We are excited to announce the upcoming
Wiki Loves Ramadan
event, a global initiative aimed at celebrating Ramadan by enriching Wikipedia and its sister projects with content related to this significant time of year. As we plan to organize this event globally, your insights and experiences are crucial in shaping the best possible participation experience for the community.
To ensure that Wiki Loves Ramadan is engaging, inclusive, and impactful, we kindly invite you to participate in our community engagement survey. Your feedback will help us understand the needs of the community, set the event's focus, and guide our strategies for organizing this global event.
Please take a few minutes to share your thoughts. Your input will make a difference!
Thank you for being a part of our journey to make Wiki Loves Ramadan a success.
Warm regards,
User:ZI Jony 03:19, 6 Oktober 2024 (UTC)
Wiki Loves Ramadan Organizing Team
Wikipedia in Afrika
Interessante webjoernaal plasing van
Greenman
oor die stand van inheemse Afrika-taal Wikipedia’s.
Sobaka
kontak
09:20, 6 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Mynwerkersunie
Gemeenskap, neem kennis dat
Gebruiker:Woordgenoot
tans besig is om prof. Wessel Visser te help met oudvoorsitters van die Mynwerkersunie na kommunikasie met die prof. Die artikels voldoen aan Wikipediastandaarde o.a. neutraliteit en bronne. Groete!
Oesjaar
kontak
10:14, 7 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dankie aan Gebruiker:Aliwal2012
Gemeenskap: dankie aan
Gebruiker:Aliwal2012
met sy kategoriseringswerk van die Olimpiese sportsterre! 'n Ondankbare taak wat gedoen moet word en 'n fondasie lê vir die toekoms! Groete!
Oesjaar
kontak
07:50, 9 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dankie @
Aliwal2012
, ons waardeer dit! -
Rooiratel
kontak
08:30, 9 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dankie julle, ek was bietjie weg see toe vir 'n week. Groete tuis!
Aliwal2012
07:33, 12 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:SpesBona/Voorbladreeks
Gemeenskap, 'n projek wat ek lanklaas wou gedoen het: Ons voorbladartikels sorteer volgens lande. As 'n land, sy hoofstad, een amptelike taal, sy vlag en 'n nasionale sportspan voorbladstatus geniet (soos in die geval van Suid-Afrika, Namibië en Nederland), dan noem ek dit 'n vyftal. Geniet en laat weet wat julle dink. Groete. --
SpesBona
21:00, 10 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dit is 'n goeie stel onderwerpe waarby ons wiki baie baat sal vind. As jy dit kan doen sal ek dit baie waardeer. -
Rooiratel
kontak
11:26, 15 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie, ek waardeer dit. Dit is natuurlik nie almal my eie voorbladartikels nie. Ek benodig veral
Puvircho
se hulp met die oorblywende vlagartikels. By
vlag van Griekeland
het ek reeds probeer help. Groete. --
SpesBona
21:00, 18 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Ons 23ste verjaarsdag!
Gemeenskap, neem asb kennis dat ons 23ste verjaarsdag funksie op 14 November sal plaasvind, 16 Nov is 'n Saterdag. Die plek moet nog bevestig word. My begroting is maar klein, ek sou graag gebruikers soos BurtgertB, Suidpunt, Puvircho ens, hier teenwoordig wil kry. Enige gebruiker wat wil bywoon, laat weet hier solank. Groete!
Oesjaar
kontak
09:10, 11 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
119,000 Artikels
Gemeenskap, dankie aan almal wat gehelp het om die mylpaal te bereik! Groete!
Oesjaar
kontak
15:33, 11 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Argipel of eilandgroep?
Gemeenskap, 'n anonieme gebruiker het vandag argipel in eilandgroep verander en aangevoer dat eersgenoemde 'n leenvertaling is van die Nederlands
Archipel
, terwyl laasgenoemde die korrekte Afrikaans sou wees. In Duits ken ons ook albei woorde (
Archipel
en
Inselgruppe
) en dit is beslis nie dieselfde ding nie (andersins sou ons nie twee artikels op die Duitstalige Wikipedia gehad het nie).
BurgertB
Suidpunt
, en
Woordgenoot
julle menings asb. Groete. --
SpesBona
20:20, 11 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Die alewige verwisseling van sinonieme is niks nuuts hier. Die een se voorkeur word in die ander se keel afgedruk. 'n Klassieke voorbeeld daarvan was die China/ Sjina-debakel. Rol terug of los dit so, dit bly tog dieselfde.
197.245.129.194
07:34, 12 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Rol die dôner terug.
212.233.86.201
12:03, 12 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Daar is niks verkeerd met die woord "argipel" nie.
Burgert
(kontak)
22:54, 13 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Hulle word as sinonieme gebruik in die WAT. Groete!
Woordgenoot
kontak
11:42, 16 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Uitgevoer
– Groete. --
SpesBona
21:35, 24 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Preliminary results of the 2024 Wikimedia Foundation Board of Trustees elections
Hello all,
Thank you to everyone who participated in the
2024 Wikimedia Foundation Board of Trustees election
. Close to 6000 community members from more than 180 wiki projects have voted.
The following four candidates received the most votes:
Christel Steigenberger
Maciej Artur Nadzikiewicz
Victoria Doronina
Lorenzo Losa
While these candidates have been ranked through the vote, they still need to be appointed to the Board of Trustees. They need to pass a successful background check and meet the qualifications outlined in the Bylaws. New trustees will be appointed at the next Board meeting in December 2024.
Learn more about the results on Meta-Wiki.
Best regards,
The Elections Committee and Board Selection Working Group
MPossoupe_(WMF)
08:25, 14 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
revolusionêre vs revolusioniste
Wat is die korrekte vertaling van die Engelse woord "revolutionaries"? -
Rooiratel
kontak
12:23, 15 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
"revolutionary forces" word vertaal in "rewolusionêre magte" in Verklarende Politieke Woordeboek deur Venter, Botha, du Plessis & Alberts. "rewolusionêr/e" is seker maniere om kortweg te praat, wanneer meer volledige begrippe bedoel word. Hierdie woordeboek beveel dus die "w" aan eerder as "revolusionêre", en van "revolusioniste" sien ek daar niks. In die Watter Woord Blokraaiselboek deur G. de Villiers word die "w"- sowel as "v"-spelling aangehaal, en by "revolusionis" staan "kyk revolusionêr". Daar is dus blykbaar so 'n sinoniem wat in die skadu van lg. staan.
JMK
kontak
05:16, 16 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Seeking volunteers to join several of the movement’s committees
Each year, typically from October through December, several of the movement’s committees seek new volunteers.
Read more about the committees on their Meta-wiki pages:
Affiliations Committee (AffCom)
Ombuds commission (OC)
Case Review Committee (CRC)
Applications for the committees open on 16 October 2024. Applications for the Affiliations Committee close on 18 November 2024, and applications for the Ombuds commission and the Case Review Committee close on 2 December 2024. Learn how to apply by
visiting the appointment page on Meta-wiki
. Post to the talk page or email
cst@wikimedia.org
with any questions you may have.
For the Committee Support team,
--
Keegan (WMF)
talk
23:07, 16 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar en die blommetjies...
Gemeenskap, dit is vir my 'n groot plesier om julle mee te deel dat die Kategorie:Flora van Suid-Afrika nou 8,000 artikels sterk is! Dit was een van my persoonlike doelwitte voor ons verjaarsdag op 16 November. Wanneer ek met mense praat oor die krag van Wikipedia verwys ek hierna:
Flora van Afrika
. Loer 'n bietjie daar!
Daar gaan gewis nou minder blommetjie artikels wees vir die onmiddelike toekoms, my fokus is nou op Elektronika en Vliegtuie. Groete!
Oesjaar
kontak
08:29, 17 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
'n Goeie basis is gestel. Met naby aan 24
000 spesies in Suid-Afrika alleen, is ons dan oor die ⅓-merk met die inheemses. Artikels kan uitgebrei word, bv. in die Proteaceae waar etlike goeie Engelse artikels vertaal kan word. Bekende uitheemse plante/bome, tuinbouplante en graan- en groentesoorte wag op aandag, benewens artikels oor botanie en nomenklatuur/vakterme in die breë. Ons het te min hande.
JMK
kontak
17:25, 20 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Planologie
Gemeenskap, eers vanoggend van die woord kennis geneem. Dit beteken stadsbeplanning in kort. Ons kort so ou artikeltjie... Groete!
Oesjaar
kontak
09:02, 22 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
'Wikidata item' link is moving, finally.
Hello everyone, I previously wrote on the 27th September to advise that the
Wikidata item
sitelink will change places in the sidebar menu, moving from the
General
section into the
In Other Projects
section. The scheduled rollout date of 04.10.2024 was delayed due to a necessary request for Mobile/MinervaNeue skin. I am happy to inform that the global rollout can now proceed and will occur later today, 22.10.2024 at 15:00 UTC-2.
Please let us know
if you notice any problems or bugs after this change. There should be no need for null-edits or purging cache for the changes to occur. Kind regards, -
Danny Benjafield (WMDE)
11:28, 22 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
I have noticed it. No problems so far. Regards.
Oesjaar
kontak
20:19, 24 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Transmissie
Ons kort 'n dubbelsinnigheidsblad vir Transmissie. Dit kan
Kragoorbrenging
wees, 'n motor se transmissie of die transmissie soos tussen radio sender- en ontvangers. Groete!
Oesjaar
kontak
20:22, 24 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Transmissie (dubbelsinnig)
. Daar is hy.
Thermofan
kontak
13:05, 28 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie, goeie poging!
Aliwal2012
13:35, 28 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Elektries
Ek gaan oor die volgende paar maande artikels oor generators, alternators, dinamos, magneto's, vliegtuigdinge en gepaargaande dinge en elektronika aanpak. Ek sal die meeste eers net skep met net 'n inleiding en sal terugkom om dit uit te brei. Wees net geduldig. Groete!
Oesjaar
kontak
20:25, 24 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Ek is vasgevang met sport
Goeienaand gemeenskap, die onlangse twee weke het ek al die 13
krieketwêreldbekertoernooie
bygewerk om al die rekords wat tydens die 2023-toernooi gebreek is, by die ander artikels op datum te bring. Die hoogste telling, die grootste oorwinning, die vinnigste honderdtal, die meeste sesse, vyf-paaltjie-oeste, ens. Daarbenewens het ek probeer om aan my eie taalgebruik te slyp. Hierdie jaar het ek dit reeds met al die tien
rugbywêreldbekertoernooie
en al die nege
T20I-wêreldbekertoernooie
gedoen. Dit is 'n baie harde werk om 'n klomp artikels van dieselfde reeks op datum te bring en ook om die baie hoë kwaliteit te handhaaf. Daar het egter steeds klein taalfoute en formele dinge ingeslyp soos hakkies wat nie sluit nie (ek tel altyd met die soekfunksie of die aantal van oop- en toemaak klop). By
Krieketwêreldbeker 2011
bestaan 'n verwysingsfout wat ek nie mooi verstaan nie. As ek die teksdeel met verwysings knip en dit in 'n ander artikel plak, bestaan die fout nie meer nie. Is daar 'n KI wat met al hierdie dinge kan help? Dit kos baie tyd en senuwees om hierdie harde werk te doen, terwyl mens eintlik jou regte egte werk moet doen vir jou eie salaris om te kan eet en slaap. Enige manier om dinge te vergemaklik is welkom! Groete. --
SpesBona
20:45, 24 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Ek het die verwysingsfout reg gemaak. Daar was niks fout met die verwysing self nie. Maar die een voor dit was nie toegemaak nie. Daar was 'n vroeër verwysingsfout in die bladsy "Verwysingfout:
Closing missing for tag"
Rooiratel
kontak
11:40, 25 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie! Dalk kan
Naudefj
help met die aantal hakkies "soos hakkies wat nie sluit nie (ek tel altyd met die soekfunksie of die aantal van oop- en toemaak klop)". Groete. --
SpesBona
21:05, 25 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Boonop beplan ek ná die oorblywende ses rugbyspanne vir mans (België, Hongkong, Ivoorkus, Kenia, Nederland en Suid-Korea) ook om met vrouekrieket en -rugby te begin. Aangesien ek die
Sokker-Wêreldbekertoernooie
doen, sal ek dit waarskynlik ook vir vroue moet doen, nee, ek wil!
:) Die sportdinge hou mos nooit op nie, veral ná lekker radio-onderhoude oor my voorbladartikels deur medegebruikers. Groete. --
SpesBona
21:00, 24 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Dankie vir al die sportbydraes, baie lesers se gunstelingonderwerp. Taaldetail: 'n stomp mes word geslyp, en by implikasie jou taal, ens., maar die luiperd sluip na sy prooi, en by implikasie die taalfoute in die taal (in).
JMK
kontak
17:59, 26 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie. Ja, rugby en krieket is vanselfsprekend baie belangrik vir Afrikaanssprekendes. Dit is nog altyd interessant dat ek uit Duitsland daaroor skryf, waar dié twee sportsoorte taamlik onbekend is. Groete. --
SpesBona
21:00, 26 Oktober 2024 (UTC)
antwoord
Final Reminder: Join us in Making Wiki Loves Ramadan Success
Dear all,
We’re thrilled to announce the Wiki Loves Ramadan event, a global initiative to celebrate Ramadan by enhancing Wikipedia and its sister projects with valuable content related to this special time of year. As we organize this event globally, we need your valuable input to make it a memorable experience for the community.
Last Call to Participate in Our Survey: To ensure that Wiki Loves Ramadan is inclusive and impactful, we kindly request you to complete our community engagement survey. Your feedback will shape the event’s focus and guide our organizing strategies to better meet community needs.\
Please take a few minutes to share your thoughts. Your input will truly make a difference!
Volunteer Opportunity
: Join the Wiki Loves Ramadan Team! We’re seeking dedicated volunteers for key team roles essential to the success of this initiative. If you’re interested in volunteer roles, we invite you to apply.
Application Link:
Apply Here
Application Deadline: October 31, 2024
Explore Open Positions: For a detailed list of roles and their responsibilities, please refer to the position descriptions here:
Position Descriptions
Thank you for being part of this journey. We look forward to working together to make Wiki Loves Ramadan a success!
Warm regards,
The Wiki Loves Ramadan Organizing Team 05:11, 29 Oktober 2024 (UTC)
Besoeke vir Oktober: 2,7 miljoen.
Gemeenskap, ons besoeke vir Oktober is 2.7 miljoen. Sien
Besoeke
Groete!
Oesjaar
kontak
06:06, 1 November 2024 (UTC)
antwoord
Die besoeke is maar 'n kreeftegang. Interessanter is waar die besoekers vandaan kom (page views by country), en dat daar baie in die VSA en Kanada is (ook Nederland en Duitsland). Miskien hou ons Afrikaans by vir diegene wat daarheen uitgewyk het. Wie al die Afrikaanses in Indië, Taiwan, Suid-Korea en Japan is weet ek nie. China is 'n blindekol want wikipedia word daar geblokkeer. Ook interessant is access method + top viewed articles. Dit toon duidelik dat die jonges (mobile apps) hoofsaaklik arriveer om oor seks te lees, tot 11 uit die top 20 artikels is seksverwant.
JMK
kontak
12:53, 1 November 2024 (UTC)
antwoord
Myns insiens is die bladtrekke 'n goeie indikator dat ons die groot taalweergawes slegs met kwaliteit kan klop. Ons kan nuwe lesers veral met spogartikels lok wat inhoud dek wat die Engelstalige Wikipedia nie het nie. Ek doen dit byvoorbeeld in sport (sien bo), indien ek slegs aan die begin die Engelstalige artikel vat, dit dan tydens die toernooi self verder uitbrei en ook self na bronne gaan soek. Boonop is ek konsekwent in my sportartikels, as in een toernooi 'n prestasie, mylpaal, rekord of iets anders noemenswaardig gebeur en dieselfde dan ook in 'n ander toernooi, dan noem ek dit. Boonop neem ek baie tyd om al die vorige rekords dan ook konsekwent te hersien. Dit voel dan asof die artikel van self groei. Miskien is dit wat ook baie Indiërs na ons taalweergawe lok, want hulle is mal oor krieket en hulle het ook 'n groot respek vir die Proteas. Ek het dit self ervaar, as ek met my Proteakappie rondloop, is dit veral Suid-Asiate wat daarop lekker reageer en dan begin ons gesels. 99% van die Duitsers stel nie eers belang nie. As ek na jou lys van lande kyk, is dit juis dié lande waaroor ons die meeste voorbladartikels het (sien verder bo). Anderstalige gebruikers erken ons voorbladartikels aan die geel sterretjie in die taallys. Myns insiens verskrik klein, swak en rekenaarvertaalde artikels slegs nuwe lesers en jaag hulle na die Engelstalige of ander taalweergawes toe. Derhalwe is die enigste antwoord wat ons het kwaliteit bo kwantiteit. My beskeie mening en ervaring. Groete. --
SpesBona
21:30, 3 November 2024 (UTC)
antwoord
Dit mag dalk Indië se besoekers verklaar en miskien vertaal hulle die teks in Engels. Nog 'n interessantheid is dat daar heelwat besoeke uit
Frans-Guyana
is, maar niks uit
Suriname
nie. Ek sou eerder besoeke uit lg. verwag het omdat hulle daar 'n vereenvoudigde Nederlands praat wat heelwat soos Afrikaans is.
JMK
kontak
18:10, 5 November 2024 (UTC)
antwoord
Ons aantal aktiewe gebruikers word minder
Gemeenskap, ek wonder deels sedert maande wat onder andere met
Lefcentreright
en
Jcwf
gebeur het. Hulle is al sedert maande baie stillerig en blykbaar is hulle met iets verskrik. Kan ons dit bekostig, aangesien ons aantal artikels wat ons op datum moet hou, skerp groei? Soos bekend vermis ek
Naudefj
se goeie artikelwerk volgens die HAT al sedert jare. Hy het dié woordeboek alfabeties deurgewerk.
Puvircho
het in die verlede uitstekende rugby-artikels oor die Verenigde Rugbykampioenskap geskryf, maar sedertdien was daar 'n aantal seisoene. Sy mooi en spogartikels oor vlae vermis ek natuurlik ook.
Oesjaar
kan jy hulle motiveer om weer betrokke te raak? Ons benodig hulle. Groete. --
SpesBona
21:46, 3 November 2024 (UTC)
antwoord
As Jcwf ons verlaat weens die skerp elmboog wat teen hom ingelê is, sal dit my nie verbaas nie. Ek hoop egter dat al hierdie mense net op 'n wiki-vakansie is, wat mens soms nodig het. Het self gewonder oor die langtermyn toekoms van af.wiki, en dit lyk glad nie seker nie. Wie is die jonger garde wat eendag die middeljarige en ouer garde gaan opvolg? Voyageur het ons blykbaar tydens covid ontval, en dit het reeds 'n reuseuitwerking op die wiki. 'n af.wiki-bydraer moet ook voldoen aan drie eienskappe wat eintlik selde oorvleuel, 1. taalvaardigheid en belangstelling in Afrikaans, 2. redelik analitiese ingesteldheid en/of intellektuele belangstellings, met die selfvertroue om dit op skrif te stel, 3. aanvaarding van geen finansiële voordeel vir die aansienlike persoonlike tyd wat afgestaan word.
JMK
kontak
17:57, 5 November 2024 (UTC)
antwoord
JMK
, kom woon asb ons verjaarsdag funksie by. Ek gaan 'n aankondiging doen. En ek wil jou graag ontmoet. Groete!
Oesjaar
kontak
20:33, 5 November 2024 (UTC)
antwoord
Ek vrees die ergste oor Jcwf want sy FB blad is stil... Groete!
Oesjaar
kontak
20:38, 5 November 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
prof. Jaap se laaste eie persoonlike profielboodskap was op 2 Januarie 2020. Alles daarna is deur ander mense op sy blad geskryf. Dit is meer as stil, dit is onaktiew. Groete. --
SpesBona
21:45, 5 November 2024 (UTC)
antwoord
Ek is besig met ander dinge op die oomblik, maar ek sal altyd 'n paar wysigings op Wikipedia maak wanneer ek 'n tydjie het.
Lefcentreright
kontak
09:20, 17 November 2024 (UTC)
antwoord
Wat die verjaardagparty betref, geniet dit gerus terdeë, wanneer en waar dit ook al mag plaasvind, maar geen rede vir my aanwesigheid daar, om redes soos voorheen hier gerapporteer.
JMK
kontak
15:22, 17 November 2024 (UTC)
antwoord
Naandsê, mense. Die afgetrede senior lektor in die chemie, dr. Jaap Folmer,
is allermins dood
. Hy is trouens
springlewendig
by
Quora.com
Suidpunt
kontak
19:00, 17 November 2024 (UTC)
antwoord
Voorstel om Kragoorbrenging na Elektriese kragtransmissie te skuif.
Mag ek voorstel dat ons die naam van die blad verander, soos dr. Alberts dit voorgestel het? Sien
Bespreking:Kragoorbrenging
. Ek verkies kragoordrag, maar die standaard woord "transmissie" word algemeen in die media gebruik, dus sal dit seker die beste wees. Objeksies? Sekondante? Groete,
Thermofan
kontak
14:14, 7 November 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang
. Ons kan dit altyd later weer terugskuif indien nodig. –
Pynappel
kontak
09:26, 8 November 2024 (UTC)
antwoord
Ondersteun
. Kragoorbrenging val moelik op die oor.
Sobaka
kontak
09:28, 8 November 2024 (UTC)
antwoord
Artikels vir skepping?
Hallo!
Ek is van Argentinië en ek leer die pragtige afrikaanse taal. Kan u my asseblief laat weet as "Articles for Creation" ook in die afrikaanse Wiki beskikbaar is? Miskien kan ek in die toekoms 'n artikel skryf.
Dankie en baie liefde!
CoryGlee
kontak
13:09, 11 November 2024 (UTC)
antwoord
CoryGlee
Wikipedia:Versoekte artikels
. –
Pynappel
kontak
13:29, 11 November 2024 (UTC)
antwoord
Verlede tyd van "e-pos"
Hoe skryf mens "e-pos" (die werkwoord) in die verlede tyd?
As 'n selfstandige naamwoord kan mense sê: "Ek het vir jou 'n e-pos gestuur".
Maar hoe sê mens: "Ek het vir jou die dokumente geë-pos"
Dit lyk lelik. "ge-epos" lyk beter, maar mag mens die koppelteken so rondskuif?
Woordgenoot
, @
Aliwal2012
, @
BurgertB
, @
Geebee100
julle menings asb. -
Rooiratel
kontak
18:32, 13 November 2024 (UTC)
antwoord
Die verlede tyd van
e-pos
is
ge-e-pos
. Groete.
Frank
kontak
20:13, 13 November 2024 (UTC)
antwoord
Frank is reg.
Burgert
(kontak)
17:12, 14 November 2024 (UTC)
antwoord
Stem saam met ge-e-pos.
Aliwal2012
06:28, 15 November 2024 (UTC)
antwoord
Gebruiker:Luthja
, jou insae asb! Groete!
Oesjaar
kontak
07:07, 15 November 2024 (UTC)
antwoord
"Ge-e-pos" is korrek, en enigste opsie volgens spelreël 12.9: samestelling met letternaam of afkorting ("e" in dié geval) as eerste woorddeel word met koppelteken aan voorafgaande voorvoegsel ("ge" in hierdie geval) verbind. Tweede koppelteken kan nie uitgelaat word nie, want dan het jy "epos", 'n verhalende gedig, eerder as elektroniese pos, afgekort. Vgl. ge-X-straal, ge-U-draai, eks-MK-kader en pre-BTW-prys.
JMK
kontak
21:20, 17 November 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie julle! -
Rooiratel
kontak
13:04, 18 November 2024 (UTC)
antwoord
120,000 artikels!
Gemeenskap, dankie aan al die gebruikers wat 'n bydrae gemaak het! Elke bietjie help! Groete!
Oesjaar
kontak
10:28, 18 November 2024 (UTC)
antwoord
Uit die Nederlandse Wikipedia
Gemeenskap, sien;
Interessant! Groete!
Oesjaar
kontak
07:20, 21 November 2024 (UTC)
antwoord
Dispatch runner
Wat dit op Afrikaans is hoor ek graag. Dis nou iemand wat tydens 'n oorlog hardloop om 'n boodskap oor te dra.
JMK
kontak
12:41, 21 November 2024 (UTC)
antwoord
Ek ken rapportryer
Sobaka
kontak
18:11, 21 November 2024 (UTC)
antwoord
Dankie. Ek sal hulle maar rapportdrawwers noem, en as iemand later 'n beter idee het, kan hy dit regmaak.
JMK
kontak
17:07, 25 November 2024 (UTC)
antwoord
Sign up for the language community meeting on November 29th, 16:00 UTC
Hello everyone,
The next language community meeting is coming up next week, on November 29th, at 16:00 UTC (Zonestamp! For your timezone <
>). If you're interested in joining, you can sign up on this wiki page: <
>.
This participant-driven meeting will be organized by the Wikimedia Foundation’s Language Product Localization team and the Language Diversity Hub. There will be presentations on topics like developing language keyboards, the creation of the Moore Wikipedia, and the language support track at Wiki Indaba. We will also have members from the Wayuunaiki community joining us to share their experiences with the Incubator and as a new community within our movement. This meeting will have a Spanish interpretation.
Looking forward to seeing you at the language community meeting! Cheers,
Srishti
19:53, 21 November 2024 (UTC)
antwoord
OutoModerator is nou aktief!
Almal, die
OutoModerator
is nou aangeskakel. Dankie aan die WMF mense wat my gehelp het.
Ek het dit ingestel met die mees versigtige instelling vir nou. Laat my weet as daar enige probleme is. Hopelik sal dit nou die grootste deel van die stryd teen vandalisme neem, en ons kan ons tyd spandeer aan minder irriterende werk op ons wiki. -
Rooiratel
kontak
03:05, 22 November 2024 (UTC)
antwoord
En lyk my dit werk
Spesiaal:Bydraes/OutoModerator
Ek sal aan hou om dit te monitor in geval daar enige probleme is. -
Rooiratel
kontak
08:01, 23 November 2024 (UTC)
antwoord
Vertaling van "Community Configuration"
Ek wil die volgende bladsy vertaal
Spesiaal:CommunityConfiguration
Wat is die korrekte Afrikaanse vertaling van "Community Configuration"?
As julle wil help met die vertaling/proeflees
Rooiratel
kontak
05:44, 22 November 2024 (UTC)
antwoord
NC Commons
Kommunikasie van
Doc James
rakende die gebruik van NC Commons:
'n Rukkie terug het ons 'n aantal SA beelde op NC Commons gelaai
Ons het reeds soos julle weet konsensus op af:wp gekry om NC-gelisensieerde beelde hier te gebruik
Ons het hierdie beleid op meta rakende NC saam met WMF Legal opgestel
Groete,
Lefcentreright
kontak
12:29, 26 November 2024 (UTC)
antwoord
Nie 100% konsensus nie. Kyk tog mooi of jy regtig NC nodig het, bloot ter wille van hergebruik.
JMK
kontak
10:30, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
Die Afrikaanse Wikipedia het baie jare gelede
billike gebruik
goedgekeur, dit is 1:1 die Engelse Wikipedia se
fair use
. Sien ook
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2021#Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar
en
Wikipedia:Geselshoekie/Argief2023#Vryheid van panorama
. Groete. --
SpesBona
22:15, 2 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Kladogramme wit, in stede van swart
geen takkies
Die takkies van al ons kladogramme, soos bv. by
Necrolestes
, wys wit oftewel onsigbaar. Weet nie of dit by julle ook so wys nie.
JMK
kontak
10:35, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
Hallo @
JMK
. Ek het
Necrolestes
bekyk, en dit lyk vir my korrek (swart takkies).
Ek het voorheen veranderings gemaak aan die kladogramme sodat die takkies wit verskyn in donkermodus en swart in ligmodus.
Kan jy asb. vir my 'n skermkiekie neem van wat jy sien, en op commons sit, en vir my die skakel stuur? Ek sal die probleem ondersoek. -
Rooiratel
kontak
11:26, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
Dankie @
JMK
ek sien jy gebruik nog die ou weergawe van die vel. Miskien is dit hoekom. Ek sal sien of ek dit kan reg maak.
Nog 'n vraag, het jy dalk donkermodus aangeskakel op jou webblaaier of bedryfstelsel? (Nie Wikipedia nie) -
Rooiratel
kontak
15:07, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
Dankie. Geen donkermodus.
JMK
kontak
15:35, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
OK. Dit is beslis 'n probleem met die ou vel. Ek het nou teruggeskakel na die ou vel en sien ook die probleem. Sal sien of ek die kladogram kan kry om met die nuwe en ou vel laat werk. -
Rooiratel
kontak
15:53, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
Was makliker as wat ek gedink het. Dit werk nou met beide die nuwe en ou Vector-vel. -
Rooiratel
kontak
15:57, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
Dit werk, dankie!
JMK
kontak
15:32, 1 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Sjabloon vir vliegtuigenjins...
Gemeenskap, my nood vir die
Sjabloon:Infobox aircraft engine
word groter... Groete!
Oesjaar
kontak
18:52, 29 November 2024 (UTC)
antwoord
AW Skryfkompetisie vir hoërskole 2024-wenartikels
Beste Afrikaanse Wikipedia-gemeenskap
Die wenartikels vir die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2024 is nou bekend. Die deelnemers is ook ingelig dat hulle verder aan hulle artikels kan werk en verbeter. Julle is ook nou welkom om te begin met opruimingswerk. Dis ook die Afrikaanse Wikipedia-gemeenskap se besluit watter artikels behoue moet bly met verbeterings en watter artikels geskrap of versmelt moet word.
Ons drie wenartikels:
Eerste plek:
James Christopher Harrison
Tweede plek:
Die Slag van Biddulphsberg
Derde plek:
Donker suurstof
Die Top Tien-artikels (die oorblywende sewe in alfabetiese volgorde):
Flaterwater
Geslagsverwarring as gevolg van hormoonwanbalans
Gesondheid sielkunde
Impak van videospeletjies op die jeug
Iwan Konstantinowitsj Aiwazovski
McLaren MCL38
...N.S. ek kon hd artikel al aan die
renspan
skakel, dit help! Dankie,
Aliwal2012
Met Gala
Vind die res van die artikels hier:
Kategorie:Skryfwedstrydartikels
Groete en lekker lees!
Woordgenoot
kontak
12:44, 3 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Ek dink 'n mens moet versigtig wees om sommer artikels te versmelt met wat reeds op Wikipedia is. Net die nuttige dele moet by ander artikels gevoeg word.
Burgert
(kontak)
19:13, 29 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Ondermeer
As "ondermeer" eintlik "onder meer" moet wees, is daar baie plekke waar ons moet korrigeer. Vind nie eersgenoemde in enige van my woordeboeke nie.
JMK
kontak
12:03, 6 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Dit is inderdaad "onder meer".
Burgert
(kontak)
14:37, 6 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Kry asb die manne met die gereedskap (K175 en RooiRatel) om dit oral te verander!
Aliwal2012
17:01, 6 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Daar is net een oor, in die artikel
Hilde Holger
. Hierdie artikel se taalgebruik is iets ysliks! Enige hulp hier? Groete!
Oesjaar
kontak
06:53, 7 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Organisasie sonder winsoogmerk
Gemeenskap, as ons 'n
Organisasie sonder winsoogmerk
laat registreer, watter naam sal julle verkies: Afrikaanse Wikipedia of Die Afrikaanse Wikipedia? Of iets anders? Groete!
Oesjaar
kontak
06:24, 20 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Geseënde Kersfees!
'n Geseënde Kersfees aan al ons gebruikers en lesers! Groete!
Oesjaar
kontak
06:20, 25 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie, aan u ook!
Aliwal2012
08:13, 25 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Baie dankie!! Seën aan almal hier ook.
Thermofan
kontak
12:22, 25 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Voorblad: Pterosauria
SpesBona
, wat het van ons voorblad van
Pterosauria
geword? Tans is dit
Tsjeggië
. Groete!
Oesjaar
kontak
09:10, 30 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Oesjaar
Uitgevoer
, jammer! Dit is nou die eerste keer in 15 jaar dat die stelsel op die eerste week van die vorige jaar terugspring. Interessant! Groete. --
SpesBona
11:30, 30 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Waarskuwing gekry
Ek het 'n waarskuwing gekry dat 'n vreemde toestel probeer toegang kry na my gebruikersrekening.
Oesjaar
kontak
21:41, 30 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Elon Musk, is dit jy
? Groete. --
SpesBona
21:50, 30 Desember 2024 (UTC)
antwoord
Ontsluit van "
Kategorie
Wikipediabesprekingargiewe
Wikipedia
Geselshoekie/Argief2024
Nuwe onderwerp
US